Bloemnuus 20140124

Page 1

VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Richard Smith is met dié foto ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die Windmill­casino ryker. Stuur foto’s na jens.friis@media24.com. Digitale foto’s moet minstens 1 MB groot wees. Voorkeur word gegee aan foto’s wat in Bloemfontein geneem is. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

HOPELIK KOM DIE REËN GOU: ’n Dorpie is Bloemfontein allermins meer. Die Mangaung­metro het immers meer as een miljoen inwoners. Richard Smith het dié foto van Naval Hill geneem terwyl die weerlig in die rigting van Leeuberg geslaan het. Daar is vandag ’n 30%­kans op 3 mm reën in Bloemfontein, volgens weathersa.co.za. Foto: www.iandicreations.co.za


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

PRENTJIEMOOI: Met besoek aan Italië het Alma Grové dié kleurryke foto op die Burano­eiland digby die waterstad Venesië geneem. Bloemnuus­lesers kan hul vakansiefoto’s na jens.friis@media24.com stuur.

Hou by dié reëls in forums BLOEMNUUS se Facebook- en Twitter-blad, mobi-site en webblad lok weekliks duisende lesers. Dit is vir almal met ’n belangstelling in dié weeklikse koerant en Bloemnuus wil graag van jou hoor. Die doel van die forum is ’n oop, veilige ruimte vir jonk en oud – daarom vra ons: S Neem jou eie privaatheid en dié van ander in ag. S Hou jou plasings skoon, moenie lasterlike kommentaar lewer nie, moenie vloek nie en vermy persoonlike aanvalle. S Hou by die onderwerp. S Dié blad is nie ’n plek vir gemorspos, kettingbriewe of advertensieplasings nie en dit sal summier verwyder word. S Let asseblief daarop dat die inhoud wat aanhangers op die blad deel nie noodwendig Bloemnuus se standpunte of menings weerspieël nie. S Bloemnuus is nie verantwoordelik vir die inhoud van webskakels of foto’s wat ander deel nie. S Bloemnuus behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder of besoekers te blokkeer. As jy kommentaar sien wat jou pla of wat jy dink onvanpas is, kan jy Bloemnuus gerus verwittig. Noem ook asseblief waar jy die kommentaar gesien het. Jy kan ’n e-pos stuur na jens.friis@media24.com met die woord “onvanpas” in die onderwerpsveld. Heel onder aan dié bladsy is die adresse van ons forums. Gaan maak ’n bietjie ’n draai daar.

’n Ou lekkerte

BUURMAN sê daar moet iets immoreels wees omtrent tuisswembaddens. Massas water met chloor vergiftig om dit helder te hou – in ’n land wat waterarm is? Waar mense, soos onlangs by Brits, deur doodskiet in die oë gestaar word omwille ’n emmer drinkbare water? Ek luister geduldig na Buurman. Dan borrel die ander beswaar oor: “Bowendien, om ’n swembad blou te hou onder die Vrystaatse stofwolke is ’n onbegonne taak. Amper soos daardie rotsrollery, bergop, in die mite van Sisifus. Nes jy dink jy kom bo, dons die spul met jou weer ondertoe in die dieptes van frustrasie.” Hy sê hy het self ervaar dat ’n tuinwerker nee gesê het vir

’n werkaanbieding toe hy hoor daar is ’n swembad op die erf. Ek onthou hoe ons as kinders van tyd tot tyd die ronde leidam op my pa se hoewe buite Bloemfontein van modder en “paddaslyk” moes reinig. As jy wou saamswem, moes jy saamskrop. Eendag besluit Pa hy bou ’n nuwe dam. Reghoekig; binnekant blou uitgeverf. Leién swemdam. Eindelik sit ons op die wal en kyk hoe begin hy vol loop. ’n Halfuur later staan hy nog maar halflyf, maar ons kleintjies ghoef al. Ouboet, van die universiteit af tuis vir die somervakansie, verskyn op die wal toe die dam omtrent gelykvol is. Swaeltjieduik deur die lug.

Om sy lyf tot ’n “bom” saam te trek net voordat hy die water tref. Toe ons kleintjies ons weer kom kry, spoel ons in die leivore weerskante van die dam af. Kaplaks, soos ’n kartondoos, het die vier blou enkelbaksteenmure oopgebars. Pa moes herbou, dié keer aansienlik stewiger. Jare se lekkerte was die gevolg. Soos te sien aan die kinderbaljaardery in Buurman se swembad, daar van waar ek en hy oor die heining heen weerskant kou aan die vreemde tameletjie van omgewingsliefde en selfgelding. S Bernard Odendaal (ATKV-skryfskool van die Noordwes-universiteit). S Spotprent: Frans Esterhuyse


BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 3

Toe/Nou

Bloemfontein het só gelyk rondom 1900. President Brandstraat is intussen geteer, die bome het groter geword, die sandsteenmuur bokant die Bloemspruit is ver­ vang met ’n staalheining en die Vrystaatse wetgewergebou is nie meer sigbaar van hier nie omdat hoë geboue tussenin opgerig is. Wat wel nog dieselfde is, is die indrukwekkende hooggeregshofgebou wat in 1906 geopen is.

Today in history 1878 – Cable communication is established between England and the Cape. 1901 – Anglo Boer War 2: Emily Hobhouse reports that she found 2 000 women and children in shocking circumstances in the concentration camp at Bloemfontein. 1901 – Mashonaland and Matabeleland are united as Southern Rhodesia. 1931 – South African politician and author of Jock of the Bushveld, Sir Percy Fitzpatrick, dies at the age of 69. 1924 – The Russian city of St Petersburg is renamed Leningrad. The name has since been changed back to St Petersburg. 1961 – Elsa, the lioness, made famous by Joy Adamson’s book Born Free dies in Kenya.

Hul koerante nes soetkoek IN Januarie 1986 het Die Volksblad verskeie berigte geplaas oor hoe lekker en lonend dit is om smiddae koerante te verkoop of af te lewer. Talle staatmaker-koerantverkopertjies het einde 1985 met skool klaargemaak en was nie meer beskikbaar nie omdat hulle gaan werk, verder studeer of weermag toe is. Gevolglik was daar vakatures wat gevul moes word. Só word daar op 20 Januarie 1986 berig: Twee rekenaars, vyf fietse, twee bandopnemers, drie horlosies en ’n duur speeltrein is van die artikels wat vier Bloemfonteinse koerantverkopertjies met hul “maandelikse inkomste” gekoop het. Die vier hardwerkende seuns is Cornel Verwey (11) van Cleggsingel 1, Universitas, Annis Anderson (13) van Besselsenstraat

Uit die argief 45, Universitas, PW de Beer (14) van Benaderylaan 171, Fichardtpark, en Francois Kühn van Sermuaid Mansions 1, almal van Bloemfontein. Cornel verkoop al een jaar lank koerante. Hy verkoop sy koerante in die Universitas-hospitaal. “Die mense in die hospitaal ken my al en sê ek moet tog elke dag kom, anders kry hulle nie hul Volksblad nie,” sê hy. Hy het verlede jaar ’n rekenaar van R700 en ’n bandopnemer van R30 gekoop. Cornel werk drie tot vyf uur per dag. Die lekkerste deel van sy werk is om geld

te kry, sê hy. ’n Bloemfonteiner wat al ses jaar koerante in die stad aflewer, is Francois Kühn. Hy verdien gemiddeld R154 per maand en lewer koerante in Fichardtpark af. Hy het onder meer vir hom twee horlosies, ’n speeltrein van R600 en twee BMX-fietse gekoop. Francois sê dit is baie lekker om self jou geld te verdien. Hy het in 1985 sy matriekeksamen afgelê en gaan eersdaags die tuig neerlê. S Bloemfonteinse seuns wat daarin belang stel om ook op ’n gereelde grondslag sakgeld uit koerantverkope te verdien, kan mnr. Anton Muller by 7-3351 bel. S Volksblad vier vanjaar sy 110de verjaardag. Vir soortgelyke brokkies uit die verlede, blaai daagliks na bl. 2 van Volksblad.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Londen roep my terug Johann Nell, die Bloemfonteinse skrywer wie se boek Sondag op ’n voëlplaas van die rakke vlieg, was pas ’n negende keer in Londen. LONDEN het ’n reuk. En ’n klankie. Sit my enige plek geblinddoek en ek ruik en hoor dadelik dit is Londen. ’n Mengsel van deurmekaarparfuum, roltrap-olie, rooibus-uitlaatgasse, kloppende perdepote en die geskuifel van miljoene voete. O ja, en: “Please mind the gap between the train and the platform” (die dae van die blikstem wat tot vervelens toe “mind the gap” uitroep, is verby). Wat doen ’n mens in Londen op jou negende besoek? En as jy bevoorreg is om ’n maand daar te kuier? Seker heelwat meer as die gewone toeris se blitsbesoek van drie of vier dae. Jy word slim en straatwys. Ek was sewe jaar laas in Londen. En Londen het verander. Die gewone toeristedinge staan nog daar: die paleis, London Eye, Big Ben, Westminster, St. Pauls, Madame Tussauds, Harrods en Hamley’s. Maar verander ’n stad so dramaties in sewe jaar dat ’n mens dit met die eerste oogopslag gewaar? Met oop oë en ore, oral waar jy gaan, met die underground, die bus of te voet, klink Engelse skielik uitgedruk deur duisende immigrante (hulle praat van migrants). Nee, jy hoor bitter min Afrikaans. Trouens, ons het dit net twee keer gehoor – elke keer op Heathrow-lughawe. Daar is nou ander nuwe tale op die straat: iets wat klink soos Russies, Deens, Roemeens. Want die Engelse grens is wawyd oopgegooi vir migrants van veral die Oosbloklande en hulle stroom in hul honderde deur doeane.

Die gewone Brit is warm onder die kraag. In elke koffiekroeg, klerewinkel, restaurant en teater, agter die toonbank, hoor jy nou feitlik enige taal behalwe Engels. Agter die Costa-toonbank, die meisie skaars 18 jaar, en haar Engels swakker as my driejarige nefie op Prieska s’n. Maar die buitelanders wil werk. Skewe of geen Engels nie. Basta met die minimum loon, hoor ek die Britte kla, laat goedkoop arbeid dan maar kom. Hier word mos benefits aan die werkloses betaal. ’n Opspraakwekkende koerant-artikel vertel van ’n gesin met tien kinders (almal uit die Oekraïne). Die werklose ouers is op die Britse benefit-stelsel en kry maandeliks ’n ysingwekkende bedrag van £4 000 (R68 000). Die bedrag word met £1 000 per maand gesny, en die ma verklaar oorlog teen die regering, want toe is haar Kersfees bederf, aangesien sy begroot het vir ’n Kersgeskenk van £250 per kind (R4 250). Haar Kersfees sou dus, net aan geskenke, R42 500 kos. Daar is mos ’n spreekwoord oor iets van ’n gegewe perd se bek . . . Londen is duur. Teen R17 per pond (en dit styg steeds), en vir ons gesin van vier, is niks goedkoop nie. ’n Daaglikse retoerrit stad toe met die underground kos niks minder as £5 nie (R85). Vir £1 en 40 pennies is die rooi bus ’n gerieflike alternatief, want ’n mens sien die stad terwyl jy ry. Ons het talle kere op enige bus gespring net om die stad te verken. Iets wat jy nie met die underground kan doen nie. Of los jou luiheid. Stap. Wanneer jy dit doen, besef jy skaam-skaam hoe naby alles is: Die Piccadilly Circus is drie minute se stap van Leicester Square. Die paleis, Westminster en Trafalgar is alles bereikbaar binne een oggend se flinke voetslaan. En in die aand moet jy behoorlik uitrus om die volgende dag weer die immerbekende streets of London aan te durf.

PAS OP waar jy trap as jy van die trein klim.

DIE gehoor gee staande toejuiging ná Handel se Messias in die Royal Albert Hall.

Some facts

S THE tomb of Elizabethan poet Edmund Spenser in Westminster Abbey is said to contain unpublished works by his contemporaries – including Shakespeare – who threw manuscripts into his grave to honour his genius. S Only six people died in the Great Fire of London, but seven people died by falling or jumping from the monument to the Great Five before a safety rail was built. S London has four Unesco World Heritage Sites: Tower of London, Maritime Greenwich, Westminster Palace which includes Westminster Abbey and Saint Margaret’s Church as well as Kew’s Royal Botanic Gardens. S There are more than 17 000 music performances a year across London’s 300+ venues including the O2 Arena – the world’s most popular music venue for the

Alida, Wijbren, Mieke en Johann in Covent Garden.

Foto’s: Johann Nell

last five years running. S East London is the most popular film location in the city, playing host to everything from Oliver! to A Clockwork Orange and Full Metal Jacket. The naval buildings of Greenwich stood in for Washington in Patriot Games. S Before the 17 ft statue of Lord Nelson was erected on top of the Trafalgar Square column in 1842, 14 members of the memorial committee who had commissioned the work held a dinner party on the 170 ft-high plinth. S Covent Garden is a spelling mistake. The area used to be the garden for a convent. S There are more than 300 languages spoken in London, more than in any other city in the world. S From the first performance of Shakespeare at The Globe in 1599 there are now at least 200 shows to choose from every day across West End including current hits

AUDREY HEPBURN glimlag toe Wijbren vir haar ’n kus gee in Madame Tussaud. Matilda and War Horse. S In 1995 a flock of starlings landed on the minute hand of Big Ben and put the time back by five minutes. S Arsenal is the only football club to have its own, eponymous Tube station, even though London’s Arsenal was based

in Woolwich. S Cars are required by law to travel on the right-hand side of the road in Savoy Court – this law was originally decreed by Parliament in 1902 in order for theatregoers to be able to decamp from their carriages directly into the Savoy Theatre.


BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 5

Wat gebeur wanneer?

WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook op www.bloemnuus.co.za gelaai. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees, besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 24 JAN. S Faan se trein, die rolprentweergawe van die treffer-verhoogstuk deur Pieter Fourie, oud-Vrystater, begin vandag in teaters wys. S Zsa-Zsa van Zyl stal skilderye, sketse en beeldhouwerk tot 31 Januarie in die Moerby-galery uit wat by Reitzstraat 67 geopen het. S Aansoekvorms vir stalletjies op die Vryfees se kunstemark is op vryfees.co.za beskikbaar. Die sperdatum is 20 Maart en die kontakpersoon is Atie Kamper by atie.kamper@volksblad.com. S Willem Postma hou sy kleure-atletiek op Pelliespark van 07:00 tot 14:00. S Leierskamp van President Brand se leerlingraad.

SATERDAG 25 JAN. S Boeremark van 06:00 tot 14:00, Langenhovenpark. S Die Vrystaat-tak van die Boeremusiekgilde hou ’n dansparty in die skoolsaal van Rosenhof (agter Life-Rosepark-hospitaal). Verskeie orkeste sal optree. Daar sal vure wees om vleis te braai. Bel Mientjie (072-844-3667) of Henriëtte (082-578-7532). S Die son kom vanoggend om 05:39 op en sak teen 19:15 oor Bloemfontein. S Nelson Mandela in Kimberley, curated by Andrew Lamprecht (Main Building of Oliewenhuis): Andrew Lamprecht, currently senior lecturer in Theory and Discourse at the Michaelis School of Fine Art, has been invited by the Oliewenhuis Art Museum to curate an exhibition of artworks from the permanent collections of the Oliewenhuis Art Museum, the William Humphreys Art Gallery, Kimberley, and the Johannes Stegmann Gallery at the University of the Free State. Lamprecht has been asked to “recontextualise these collections” and curate an exhibition that will provide new meaning

S Zsa-Zsa van Zyl stal skilderye, sketse en beelhouwerk tot vandag by die Moerby-galery uit wat by Reitzstraat 67 geopen het.

SATERDAG 1 FEB. S Riëtte van der Watt tree in die Naval Ranch Pub and Grill, Andries Pretoriusstraat 12, Navalsig, op. VRYDAG 7 FEB. S Valentynsmark: Geskenke vir oud en jonk. Afleweringsdiens beskikbaar vir Vrydag 14 Februarie. Plettenbergstraat 1, Dan Pienaar. Lita, 083-262-1165. S Corlea Botha sing in Innie Skuur. Kaartjies kos R100 en is te kry by Kiki Corner (Langenhovenpark) en Music Inc. Navrae: meerkatkolonie@vodamail.co.za.

MÔRE: Bloemfontein­veerpyltjieklub: klub­ en lederegistrasie om 13:00. Ope toernooi om 14:00 by The Old Shute, Long­ straat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072­992­3199. Foto: http://gazomg.deviantart.com spring en gehoorsaamheid vir alle honderasse begin om 15:00 by die Laerskool Sand du Plessis. Sosialiseringsklasse vir jong hondjies van drie maande af word ook aangebied. Bel Gawie by 083-303-0222. S Week van gebed begin by die Hugenoot-gemeente om 18:30 in die kerkgebou en om 15:30 in Noorderbloem. Dit duur tot Woensdag 29 Januarie en word deur ds. Nico Mostert gelei. Die tema is Geseënd is die Vredemakers. MAANDAG 27 JAN. S Koop ’n Huisgenoot en Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20.

DONDERDAG 30 JAN.: VS­ simfonieorkes. Solis: Anton Nel speel van Mozart se kla­ vier­concerto’s om 19:30 in die Odeion. Alex Fokkens di­ rigeer. Dit kos R150 en R100 vir groepe. Bespreek by Computicket. to some of the works to be included. SONDAG 26 JAN. S Free State Agility & Dog Training Club se opleidingsklasse vir honde-

MÔRE: Ray Dylan sing in Innie Skuur in Langenhovenpark. Kaartjies kos R100 en is te kry by Kiki Corner of Music Inc. Vir meer inligting skakel 079­387­3614.

DINSDAG 28 JAN. S Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00 by The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-992-3199. S Willem Postma hou van 08:00 tot 13:00 sy kleure-gala by die UV se swembad. S Leerlinge van President Brand kry offisiere-opleiding (Die Voortrekkers) om 15:00. Om 18:00 is daar ’n kommandobestuursvergadering. WOENSDAG 29 JAN. S Halfeindstryde van die Chan-sokkertoernooi word om 17:00 en 20:30 in die Vrystaat-stadion beslis. S Volksblad se nuwe projek gemik op tieners begin vandag. SkoolBLUES is ’n interaktiewe strokiesprent en gaan elke Woensdag in die koerant verskyn. Die hoofkarakters is Pieter Erasmus, John van Rooyen, Karin van Aswegen en Nthabiseng Dichabe. Hulle is almal op Facebook en Twitter. Tieners bepaal SkoolBLUES se storielyn deur op die karakters se Facebookblaaie te post of hulle te twiet – dis hulle wat sê wat volgende moet gebeur. Nog inligting sal later bekendgemaak word, maar gaan like solank SkoolBLUES se Facebook-blad (www.facebook.com/vbskoolblues). DONDERDAG 30 JAN. S The Purple Shall Govern, Mary Sibande, Standard Bank Young Artist 2013 (Main Building of Oliewenhuis): The 2013 Standard Bank Young Artist Award winner for

Visual Arts, Mary Sibande, is celebrated for her practice of employing the human form as a vehicle through painting and sculpture to explore the construction of identity in a postcolonial South African context. She attempts to critique stereotypical depictions of (particularly black) women in our society.

S President Brand se preprimêre oueraand om 18:00. S Donkermaan. VRYDAG 31 JAN. S Beesstert (ox tail) en stampmielies – nes jou ouma dit sou maak. Ouma se Kombuis, Tweede Laan, Westdene. Lita Kotzé, 083-262-1165.

WEDNESDAY, 12 FEB. S Free State Towns (Annex Gallery of Oliewenhuis): This photo exhibition is a compilation of the most beautiful pictures of the Free State and its people by Philippe Burger and Jan van der Merwe. VRYDAG 21 FEB. S Vir die eerste keer in Bloemfontein tree Tommy Dell en Manie Jackson saam op en wel om 20:00 in die Aasvoëlklub. Vir meer inligting skakel 082-481-8881. Dit word deur Afrikoon-Produksies aangebied. Bloemnuus is ’n mediaborg.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Getroud Ruan en Amoré van Aardt.

Foto: Igno van Niekerk

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens. friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.

Chris en Louise Jonker.

BJ en Cornia Meiring (Dewetsdorp).

Foto: Charlene Jonker

Lavinne en Ronaldo Bruintjies (Kiepersol­ rant). Foto: TM Photography

Sarel en Chanel van Rensburg (Leopards and Lace).

Foto: Elsa Vermeulen

Foto: Elmer van Zyl

Daniel en Sarah Rademeyer.

Foto: TM Photography

Simon en Chantelle van der Bijl (Goose Hill).

Foto: Freddie van Niekerk

Marelize en Christo Jansen van Vuuren (Senekal).

Tian en Noreen Bothma.

Foto: Liza Crawley


BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 7

Wel & wee S Adv. Theuns Engelbrecht (gebore 1938) se gedenkdiens is in die NG kerk Heuwelsig gehou. Die verassing het privaat plaasgevind.

NUWE SKOOLHOOF: Louis Smith is die nuwe skoolhoof van die Laerskool President Brand. Hy was die hoof van die Laerskool Sannieshof en is die opvolger van D.G.C. Potgieter. Louis is getroud met Marika en hulle het drie kinders, Marli, Albert en Lienka. Foto: Jasper Herbst

S PG Roos, ’n oogkundige, het hom op 90-jarige ouderdom vir Sotho-klasse aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ingeskryf. Bloemnuus het op sy webblad, bloemnuus.co.za, gevra watter taal jy die graagste sou wou aanleer. Die uitslae is: Sotho (64%), Frans (31%) en Chinees (5%). As jy reken jy het ’n oulike idee vir só ’n peilingsvraag stuur ’n e-pos na jens.friis@media24.com. S Pres. Jacob Zuma is perdfris en gesond en reg vir die komende verkiesing, het die Presidensie in ’n verklaring gesê. Die president het die afgelope dae sy jaarlikse mediese toetse ondergaan.

Ds. Nico en Lizaan van der Walt is Sondag as predikants­ paar van die NG gemeente Heuwelsig bevestig.

S Pierre Korkie, wat steeds in Jemen gyselaar gehou word, se ontvoerders sal nie weer uitstel verleen vir die betaling van die losprys vir sy vrylating nie. Só sê prof. Hussein Solomon, terreurkenner en lektor in politieke wetenskap aan die UV. Pierre, ’n voormalige onderwyser van Bloemfontein, se ontvoerders het Saterdagoggend die spertyd vir die betaling van die losprys van miljoene rande tot 8 Februarie uitgestel. Yolandé Korkie, Pierre se vrou, is reeds vrygelaat. S Die volgende Bloemfonteiners is in die afgelope dae oorlede: Esther (Toenkie) Matthew (geb. 1929), Elsie Grobbelaar (geb. 1935), Anna Sophia Britz (geb. 1930), Estelle Middlecote (geb. 1946) en Jack Herbert Webster (48).

AJ Wessels en Suné Olivier is verloof. Hulle trou op 1 Maart.

S Tate Makgoe, die Vrystaatse LUR vir onderwys, het gesê die Vrystaat sal sy titel as die provinsie in die land met die beste matriekuitslae verdedig. Met die Vrystaat – wat van 81% in 2011 tot 87% in 2013 verbeter het, het die LUR die nuwe matrieks aangemoedig om na onderskeidings te mik en só seker te maak hulle word tot universiteit en kolleges toegelaat. S Anje Venter, die Vrystaat se toppresterende matrikulant, het ’n raadsmedalje van haar alma mater, die Hoër Meisieskool Eunice, ontvang.

Gerda Bardenhorst (links) en Portia Boleu is nuwe onder­ wysers aan die Gekombineerde Skool Dr. Viljoen.

Foto: Martin Schwella

Dié leerkragte het hulle vanjaar by die Laerskool Willem Postma aangesluit. Hulle is van links, voor: Talita van Heer­ den, Loamie Kruger en Henrike Sabbagha; agter: Paul Al­ drich.

S Lesego Motsepe (40), wat voorheen in Isidingo gespeel het, is dood in haar woonstel aangetref. Dit is bevind sy is weens “natuurlike oorsake” dood. Dit is egter nie weens ’n MIV-verwante siekte nie. Sy was voor haar dood gesond. Motsepe (40) het op Wêreldvigsdag in 2011 aangekondig sy is MIV-positief. Sy het sedert 1998 met die virus saamgeleef. Motsepe was veral bekend om haar rol as Letti Matabne in Isidingo wat sy meer as tien jaar vertolk het. Haar karakter is in 2008 in ’n motorongeluk dood. S Hoewel die Kovsie-krieketspan enkelinge verloor het, sal hy verskeie spelers wat op skool nasionale kleure behaal het en nou eerstejaarstudente is – soos die Noordelikes se Driaan Bruwer en Leus du Plooy, en Vrystaat se Sine Ntshona – kan oorweeg.

S Jean Cook is deur Naka Drotské by sy lostrio vir môre se Super-oefenwedstryd teen die OP Kings in Port Elizabeth ingesluit. Cook, wat verlede jaar vir die Bulle uitgedraf het, het die afgelope tyd in oefenwedstryde uitgeblink.

S Bryan Habana en sy vrou, Janine, verwag hul eersteling. Die paartjie woon nou in Frankryk waar Bryan vir die rugbyklub Toulon speel. S Annchen Richter, Bloemfontein beauty and Miss Earth South Africa Ambassador, was honoured at the Annual Miss Earth South Africa Gala Event 2013 which took place at Montecasino. Richter was awarded a Green Globe Award for her service and dedication to the Miss Earth South Africa organisation and its projects. This year, the organisation celebrated the third anniversary of the annual Green Globe Awards which are given in recognition of individual and organisational commitment to the betterment of the environment and championing women empowerment and skills development within a South African context. The ethos of the Green Globe Awards is directly aligned to that of the Miss Earth South Africa: the empowerment of women in the environmental sector and the education of children as the caretakers of tomorrow’s green economy.

Annchen Richter, Bloemfontein beauty and Miss Earth South Africa.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Help map butterfly migration CLOUDS of white butterflies are currently gracing the face of Southern Africa. This phenomenon is an annual event, especially in years when conditions are favourable. A big part of the endless flow of white butterflies is made up of the brown-veined white (Belenois aurota, Pieridae family) which have become famous for their en masse migrations in Southern Africa. What we do know, is that they move in the general direction from the south-western more arid parts of Southern Africa to the moister north-eastern parts, more or less mid to late summer. There is no evidence of a migration reaching Madagascar where the butterfly is also found. In Southern Africa core populations of the brown-veined whites originate from the Karoo and Kalahari. These populations owe their strength to the shepherd’s tree (Boscia albitrunca). The females lay eggs on these trees before they migrate. The mass of white butterflies probably plays an important role in pollination, but this is still poorly understood. Members of the Lepidopterists Society of Africa are studying the brown-veined white butterflies in detail. Reinier Terblanche includes this butterfly’s landscape ecology in his Ph.D study based at the

The butterflies probably plays an important role in pollination, but this is still poorly understood.

Eggs of the brown­veined white (Belenois aurota, Pieridae family).

Stellenbosch University. He leads a butterfly ecology project for the Diamond Route (De Beers Group of companies) at the Tswalu Kalahari Private Game Reserve to find out more about the life history, vegetation and landscape setting of the “breeding habitats” of the butterfly. Specialists and citizen

butterfly migration and numbers seen in order to better understand the extent of the current migration.(www.facebook.com/groups/ WhiteButterflyMigration.) This project is part of the larger project known as LepiMap which encourages members of the public to submit their photographic

scientists recently started to gather data for a project called the Great Little White Butterfly Migration, an initiative of the Animal Demography Unit (University of Cape Town) and the Lepidopterists’ Society of Africa. It asks the public, as citizen scientists, to submit observations on the date of arrival of the

Zoem op insekte van omgewing in BLOEMNUUS-LESERS het met hul kameras byderhand gaan loer hoe lyk van die insekte wat in hul omgewing woon. REGS ONDER: “Ek het die wurm vroegoggend op ’n takkie raakgesien en gedog ek moet die harige meneertjie op film vasvang. Ek weet nie watter kant is voor en watter agter nie, maar dis ’n mooie knapie met die ‘highlights’ in sy hare, is dit nie?” meen die fotograaf. Die Nasionale Museum sê dit is ’n larwe en sou daarna ’n mot of ’n skoenlapper geword het.

Foto: Carin van Vuuren

REGS BO: ’n By soek na ietsie soets by dié bos laventel.

Foto: Ann Posthumus

LINKS: Mieliekewers.

Foto: Melanie Moolman

ONDER: Naaldekoker.

Foto: Simonè de Meyer

observations of butterflies and moths. These records are invaluable to science for understanding the distribution and conservation status of our butterflies and moths. For up to date and factual information please contact the Lepidopterists’ Society of Africa on www.lepsoc.org.za.


BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 9

WENPAAR: Ademarie Haasbroek en Rynhard Rademeyer het aan die einde van verle­ de jaar met ’n pragtige, ou, wit Mercedes­Benz by die Hoër Meisieskool Eunice se matriekafskeid opgedaag. (Sien ook advertensie onderaan die blad van John Wil­ liams.) Die foto van die matriekpaartjie wat deur TM Photography geneem is, was die wenner van Bloemnuus se Matriekafskeid­fotokompetisie van 2013. Rynhard het aan die Hoërskool Sentraal gematrikuleer. Foto: San-Mariè Vogel Photography

When to stop DrinkIQ, a brandhouse initiative, gives some tips on how to drink in moderation and make sure that your party lives up to its promise. S Plan for everything: You know how you are going to get to the party, and what you are going to wear. But the one thing that people forget is to plan how you are going to get home safely. Always have cash set aside for your taxi ride home; or get a designated driver. S Eat before you drink: Drinking on an empty stomach can be a recipe for disaster. Food will help to slow the absorption of alcohol. S Pace yourself: Alcohol will dehydrate you, so drink plenty of water or soft drinks beforehand and during the night. S Don’t ever accept drinks

from strangers: Make sure you get your drinks from the barman directly, and make sure you watch the barman open the drink in front of you to ensure nothing is spiked. S Sip your drink: It’s all about quality and not quantity. And your head will feel better in the morning. S Know your limit: Avoid drunkenness. S Respect the rights of individuals who do not wish to drink: It is considered impolite to attempt to get people to drink who do not wish to. They may abstain for religious or medical reasons, because they are recovering alcoholics or they just don’t like it. S Don’t drink and drive: Whatever you do, always ensure that you don’t drink and drive. DrinkIQ suggests that if

you track how much alcohol you drink, you are well on your way to making responsible choices about alcohol. “DrinkIQ is an initiative to get people to understand the effect of alcohol,” says Zanele Njapha, sustainability manager at Brandhouse. “It is a resource designated to help South Africans make responsible choices about drinking – or not drinking. “Drinking responsibly is about enjoyment. It’s about pleasure and sharing and about getting together with friends and family and sharing good times.” If you have an alcohol dependence or suspect someone else needs help, you can call Alcoholics Anonymous on the national helpline: 086-143-5722 or visit http://www.aasouthafrica.org.za/Home.aspx.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Dr. Boet Troskie en Huibrie by lede van die Bloemfonteinse Kinderkoor. Van links is Bernard Haasbroek, Filomena Goncalves en Loné du Toit.

Só sê ... Huibrie Verster Dr. Huibrie Verster is alombekend as afrigter en dirigent van die Bloemfonteinse Kinderkoor. JENS FRIIS het met haar gesels.

Met watter tekortkominge in ander mense kan jy saamleef? Ander mense is wie hulle is, maar venyn en onegtheid maak dit moeilik om in sulke mense te glo. Ek hou van eienskappe soos opregtheid, onselfsugtigheid en mense wat liefde uitstraal.

Wat behels aardse geluk? Aardse geluk is om te weet jy as mens lewe so dat jy geluk in ander mense se lewe bring deur jou optrede en gesindheid. Dat ’n mens deur hier te wees ’n verskil maak. Vir my speel geloof in dié opsig ’n groot rol.

Wat is jou kenmerkendste eienskap? Dat ek baie lief vir kinders is.

Wat is jou grootste tekortkoming? Verstrooidheid.

Wat sou jy anders doen as jy jou lewe kon oorhê? Ek sou so graag veel vroeër in my lewe meer empatie en lewenswysheid wou gehad het – veral oor hoe om die ware innerlike van medemense te verstaan sonder om iets as persoonlik te beskou.

Huibrie saam met familielede op haar pa, Jan Cilliers (middel met die kierie), se 100ste verjaardag. Regs van hom staan Huibrie se ma, Alida Cilliers. Wat is jou grootste uitspattigheid? Boeke koop. Spanningsverhale en goeie literatuur – ook uit ander lande. Wie of wat is of was die liefde van jou lewe? My gesin is die allergrootste liefde in my lewe. Elkeen van hulle: my man en vier kinders hou my nederig deur hul uitgesproke lewensfilosofieë waaroor ek dikwels dink en waaruit ek lewenswaarhede neem. Vir hulle is ek net deel van hul bestaan en kritiek word nie in wol toegedraai nie. Ek koester ook opregte vriendskappe. En Afrikaanse poësie, musiek van alle genres en skilderkuns lê my na aan die hart. Hierin neem ek baie van my eie weerloosheid, nostalgie en begeertes waar. As jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen, waarheen sou dit wees? Ek sou graag na Noorweë wou gaan. Dit is ’n ongelooflik mooi land.

Vriendin Trienkie Laurie en Huibrie.

Kleinkind Janika Huibrie Pieterse.

Huibrie se man, Pierre, en klein­ kind Johan.

Wat is die mooiste pleknaam in Afrikaans? Dassiesfontein. Dit is die plaas van my ouers wat reeds weg is van dié aarde. ’n Padstal op die N2 in die Wes-Kaap het dieselfde naam. Wat is jou gunsteling-versreël? W.E.G. Louw het iets geskryf wat omtrent só klink: In die diepste van sy siel is daar ’n plek waar elke mens in eensaamheid moet kniel. Die verwonding van jou menswees en die alleenheid daarvan wat niemand kan begryp nie, het hy só goed gestel. Wat maak jou nostalgies? Dat dinge, foute en belewenisse nooit weer oorgedoen, reggemaak of beleef kan word nie. Langenhoven het geskryf: Met die water wat verby is, sal jou meule nooit weer maal nie.

Huibrie (middel) by Barry en Sybil Lessing.

Wat gebeur ná die dood? Daar is by my geen twyfel nie dat ons net hier op aarde vertoef: Die werklike lewe is beslis ná die dood.

Huibrie kry graad. Hier is sy by haar dogter Lida.


BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 11

Rugby for dads, sons Gean Viljoen en Carmi van Niekerk is aange­ wys as die Laerskool Willem Postma se sportseun en ­meisie vir 2013.

Zander Rasmussen en Nelius Volschenk van die Laerskool President Brand is gekies vir die Suid­Vrystaatse krieketspan.

PERSOONLIK PERSOONLIKE DIENSTE

Su­Mari Gouws van die Laerskool Presi­ dent Brand het die Barkhuizen­trusttrofee as die beste Vrystaatse atleet (laerskool­ meisies) ontvang. Die geselligheid is deur Vrystaat­skole­atletiek, in samewerking met die SP Barkhuizen­trust, aangebied.

IT is time for the Fathers and Sons Coaching Series. Taking place at the Free State Stadium in Bloemfontein on 8 February, this special rugby experience is open to boys and girls aged 6 to 13. With what Toyota South Africa started as cricket coaching clinics, the Fathers and Sons concept was an instant hit when it launched back in 2010, says Toyota senior manager: Promotions and Sponsorship, Mary Willemse. “These hands-on coaching clinics offer a unique experience to eager youngsters as they are coached by current players and past heroes – a memorable opportunity and one that is cherished and spoken about long after the day draws to a close.” As the development of rugby talent remains a key

focus for Toyota, the brand has ensured that the event is a one of a kind as players such as Adriaan Strauss, Heinrich Brüssouw, Pieter (Lappies) Labuschagne, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Sarel Pretorius and Raymond Rhule will be participating in the day. With activities such as video sessions and team talks, passing, tackling, kicking and set piece drills, as well as tours of the change rooms and media room; this is most certainly an adventure few will want to miss. “We encourage all of our young fans to come join us on 8 February from 08:30 to 14:00. We’ve always been a union who values our fans and this is a great way to open the door to them, ensuring that they get to know some of our players better, as well as experience the behind the scenes

activities,” comments Harold Verster – managing director of Free State Rugby. As an extension to the successful Toyota Cheetahs partnership this fun day out is available to all rugby lovers at a cost of R100 per adult and child couple and R50 extra per additional child – the package includes a kiddies lunch pack and goodie bag. The tickets are available at the Toyota Cheetahs store at the Loch Logan Waterfront from today. For those not based in the Free State, but eager to attend, an ‘Out of Towners’ element is available whereby fans can call through to the Waterfront-based Cheetahs shop (051-448-1707) and confirm their bookings via a credit card payment. For more information visit www.toyota.co.za or www.fscheetahs.co.za.

Die Laerskool President Brand se veelsy­ digste leerlinge vir 2013 was Ladene Lie­ benberg (grondslagfase) en Bianca van Huysteen (senior fase).

EIENDOMME 1460

DUETS TE HUUR 3235

1-slk-tuinwoonstel te huur in Leviseurstraat vir verkieslik werkende persoon. Gebruik van lapa en swembad. R3 500 per maand W&L ingesluit. Beskikbaar einde Februarie. Skakel Piet 082 336 2346.

LENINGS 1445

HUISE TE KOOP 3275

TE KOOP

TROETELDIERE

Ehrlichpark: R600 000 onderhandelbaar: 3 slaapkamers, eet- en sitkamer, badkamer, kombuis, buitekamer met toilet, motorhuis, baie groot hoekerf, pallisadeheining. Skakel Vincent 081 317 5600.

1660

CHIHUAHUA reuntjies. Wit en tan R850. Worshondjies, swart tefies R600. Dapple reuntjie R600. Ingeent. Navrae: 057 3576196.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VOLG BLOEMNUUS OP JOU SELFOON: Dit is spesifiek só ontwerp dat jy die koerant nou maklik op jou selfoon se skermpie kan lees: http://bloemnuus.mobi.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.