VRYDAG 31 JANUARIE 2014
Tweestryd
Verkies Naka Shaun of Sarel?
bl. 12
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Uitblinkers
Dagboek
Benoem nou jou sportiewe spruit
Bly op hoogte met wat gebeur
bl. 12
bll. 4 en 5
Troufoto’s: Stem en wen DERDUISENDE rande se pryse is op die spel in Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie. “Week ná week stroom die troufoto’s vir plasing op Bloemnuus se gewilde troufotobladsy in. Baie van die paartjies dink selfs dit is ’n kompetisie om die mooiste troufoto aan te wys,” sê Bloemnuus se redakteur, Jens Friis. “Daarom is nou besluit om dit wel in ’n kompetisie te omskep.” Die finalisfoto’s is op bll. 8 tot 10 geplaas. Al die troufoto’s wat in 2013 in Bloemnuus geplaas is, is in ag geneem toe die finaliste gekies is. Buiten ’n span beoordelaars sal die lesers ook ’n sê hê in wie sal wen deurdat hulle nou op Bloemnuus se Facebook-blad hul gunstelinge kan gaan “like”. Die vier foto’s wat die meeste stemme trek, sal volgende week in die tweede been van die kompetisie op www.bloemnuus.co.za gelaai word. Daar sal dan daar daarvoor gestem kan word. Van die pryse wat op die spel is vir die paartjie op die wenfoto, asook die lesers wat reg stem, is onder meer: S geskenkbewyse van R3 000 van die Loch Logan-waterfront, die hoofborg; S geskenkbewyse van R2 000 van Kloppers; en S ’n naweek vir twee mense in die Black Mountain-hotel. Volgende week stel Bloemnuus die borge bekend en dui aan wie wat kan wen. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daarna daaroor gevoer word nie.
Regs: Dié troufoto is op 28 Desember 1894 ge neem toe C.P. de Leeuw en sy bruid, Maria So phia le Roux, in die eg verbind is. C.P. is ’n voorsaat van Neels de Leeuw van die Bewa reaaftreeoord. Watter van die finalistroufo to’s op bll. 8, 9 en 10 gaan as Bloemnuus se Troufoto van die Jaar aangewys word?
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014
LESERSLENSFOTO: Gideon Slabbert is met dié foto ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die Windmillcasino ryker. Hy vertel: “Hierdie foto van Raylin Boshoff en sy hond Lady het ek op sy eerste verjaardagpartytjie geneem. Raylin is baie lief vir sy hond en die tweetjies is onafskeidbaar.” Klein Raylin is die seun van Tersia Boshoff en Francois van Zyl. Stuur foto’s vir dié fotokompetisie na jens.friis@ media24.com. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.
Wel en wee S Die Gebaretaal-fiasko op Madiba se gedenkdiens het die kwessie van doofheid weer wêreldwyd onder mense se aandag gebring. Kobus Kellerman het Sondag in My Tyd, Rapport se tydskrif, in ’n artikel oor drie bladsye vertel hoe dit is om doof te wees in ’n horende wêreld. Dié Bloemfonteiner was die nasionale direkteur van DeafSA en is nou die finansiële hoofbeampte van die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning.
VOLG BLOEMNUUS OP JOU SELFOON: Dit is spesifiek só ontwerp dat jy die koerant maklik op jou selfoon se skermpie kan lees: http://bloemnuus.mobi.
S Dié Bloemfonteiners is oorlede: Eleanor Hoffman (geb. 1946), Cavin Stanissis (geb. 1974), Sbu Mngadi (geb. 1965), Birdie Greeff (geb. 1915), Yolanda Arundel (geb. 1961), Trevor Rudman (geb. 1935), Jacoba Aletta Catharina van der Walt (geb. 1928), Henri Pieters (geb. 1934) en Willie Schoeman (geb. 1928).
S Ingrid Steyn en ander vroue leer lidmate van die Kgotsonggemeente brei en hekel. Hulle benodig wol, hekelgare, breipenne en hekelpenne. Skenkings kan by die Klipkerk se kantoor afgegee word. Bel Dedrey du Randt, 051-448-1419.
S Die volgende Bloemnuus-lesers het pryse gewen in www.bloemnuus.co.za se kompetisie-afdeling: Daphne Venter, Karin Kersop, Annatjie Bothma, Cecile Burger, Lizelle Olivier, Colinda Bothma, Juan-Marie van Eck, Elana Fourie, Elrita Erasmus, Adriaan Nel en Marie-Louise Louw. S Savvas en Sheila Vrahimis (albei 61) is in die Mediclinic Bloemfontein vir kopwonde behandel nadat hulle op hul kleinhoewe buite Bloemfontein beroof en met ’n hamer aangeval is.
S Neels Bothma (55) en sy ma, Monica (79), is in die opstal op hul plaas Elim, Tweespruit, deur vyf aanvallers oorval en aangerand.
S Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het kontrakte vir 2014 toegeken aan Marcell Coetzee (flank), JJ Engelbrecht (senter/vleuel), Francois Hougaard (skrumskakel), Patrick Lambie (losskakel/heelagter), Willie le Roux (heelagter/vleuel), Coenie Oosthuizen (stut) en Flip van der Merwe (slot). Saru het in 2013 al ’n kerngroep tot 2015 gekontrakteer. Hulle is die losvoorspelers Willem Alberts, Siya Kolisi en Duane Vermeulen, hakers Bismarck du Plessis en Adriaan Strauss, die slot Eben Etzebeth, senter Jean de Villiers, stutte Jannie du Plessis en Tendai Mtawarira en die veelsydige agterspeler Frans Steyn. S Tumelo Moreri, ’n BSc-honneursstudent aan die UV, het ’n gesogte 2014-Mandela-Rhodesmerietebeurs ontvang. Hierdeur sal sy voordeel put uit leierskapontwikkelingsprogramme van die Mandela-Rhodesstigting terwyl sy vir haar meestersgraad studeer. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die UV só ’n beurshouer oplewer. Jaco Griessel het die beurs in 2012 ontvang en Joanie van der Merwe in 2013. Tumelo is ’n voormalige SR-lid en Kovsie-dux-student. S Joost van der Westhuizen, die oud-Springbok-kaptein, is op pad na Amerika vir kliniese studies oor motorneuronsiekte (MNS) waaraan hy ly.
Die UV se jaarlikse jooloptog vind Saterdag plaas. Lees meer hier oor in die Dagboek op bll. 4 en 5. Die uittredende Mnr. Jool is Stefan van der Walt en die joolkoningin van 2013 was Lesÿa Kasselman. Foto: Charl Devenish
S Ryno Steyn van Vishuis het op Pelliespark die beste op KovsieSport se eerstejaarsatletiekbyeenkoms gevaar deur ’n byeenkomsrekord van 14.2 in die 110 m-hekkies te behaal.
Paul Cassar S Paul Cassar (62), die enigste man wat Eunice nog gelei het, is reeds 27 jaar aan die stuur van dié meisieskool. Sedert 1942 het Eunice nog net drie skoolhoofde gehad. Eunice is pas die tiende agtereenvolgende jaar as die Vrystaat se topskool in wiskunde en wetenskap aangewys en spog die 28ste jaar agtereenvolgens met ’n slaagsyfer van 100%. Cassar is in Kaapstad gebore in ’n gesin wat die eerste-generasie-Suid-Afrikaners van hul familie was. Hy was op skool aan die Christian Brothers College (CBC) in Kaapstad en het hom daarna vir agt jaar by die Christian Brothers se onderwysorganisasie aangesluit. Hierdeur is hy na die Bloemfonteinse Onderwyskollege gestuur. Hy het later vir gr. 5-leerlinge aan CBC in Bloemfontein skoolgehou en sy vrou, Moira, wat self ’n oudleerling van Eunice was, ontmoet. Sy het in daardie stadium vir die gr. 1-leerlinge reg langs sy klaskamer skoolgehou. Die koeël was deur die kerk. Hul twee dogters, Kerry Louise (28), wat vir ’n versekeringsmaatskappy in Londen werk, en Kristina (25), ’n apteker in Kaapstad, het ook aan Eunice gematrikuleer.
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014 3
Huis is waar die hart is wou praat, was mense wat nie van Aldeburgh is nie. Hier is baie klieks en as dit nie vir die ma-en-kind-groep, die kerk en liefdadigheidswerk was nie, sou min inwoners steeds met my gepraat het. Nie dat dit my onderkry nie, ek het genoeg wat my besig hou. Wat my wel ’n bietjie onderkry, is die winters wat baie, baie lank kan wees en ’n mens depressief kan laat voel. Dit is meestal bewolk en so koud jy wil nie by die deur uit nie.
ANJA SHAW is ’n gebore en getoë Bloemfonteiner en is ’n oudleerling van die Hoërskool Jim Fouché. Ná matriek was sy ’n jaar in die Vroueleërkollege by George waarna sy voedseldiensbestuur aan die destydse Technikon (nou die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat) se Hotelskool gestudeer het. Sy en haar gesin woon nou in Aldeburgh, Engeland, waar sy as ontbytsjef werk. Sy het Theonie Kok meer oor hul lewe daar vertel.
Hoekom Aldeburgh? In 2004 het ek besluit dit is tyd vir ’n nuwe ervaring en vir ’n tweejaarwerkvisum in Engeland aansoek gedoen. Die agentskap waardeur ek gewerk het, het vir my werk by die Brudenell-hotel in Aldeburgh as chef de partie gekry (toe het ek skaars geweet wat dit is . . .) Ek het Jason, my man, daar ontmoet. Hy was die hoofsjef en toevallig in Suid-Afrika met vakansie. Ons het twee weke ná sy terugkeer begin uitgaan, is twee jaar later in Knysna getroud en het drie kinders: JP, Samuel en Sonja. Nadat ons twee jaar by die Windmill-casino-en-vermaaklikheidsentrum in Bloemfontein gewerk het, het ons besluit om na Aldeburgh terug te keer. Waar is dit? Aldeburgh is ’n dorpie aan die ooskus van Engeland, ongeveer een en ’n halwe uur se treinrit van Londen se Liverpool Street-stasie. Het dit ’n interessante geskiedenis? 2013 was ’n besonderse jaar vir Aldeburgh. Benjamin
Slenter: Pas op DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) waarsku mense dat booswigte op verskeie parkeerterreine in Bloemfontein bedrywig is. Motoriste word gemaan om seker te maak hul motors is wel gesluit voordat hulle loop. In die verklaring verduidelik die SAPD hoe die misdadigers vryelik toegang tot waardevolle eiendom in motors kry. Deur die gebruik van ’n afstandbeheertoestel belemmer die misdadigers die sentrale sluitstelsel van voertuie wanneer die eienaar die sluitknoppie druk. Dit keer dat die motor gesluit word terwyl die eienaar dink dit wel die geval is. Volgens lt.kol. Thandi Mbambo het reeds vier sulke voorvalle sedert die begin van die Chan-sokkertoernooi voorgekom. – Anmi Honiball
ANJA EN JASON SHAW. Anja werk as ontbytsjef by die Thorpenessho telengholfklub, terwyl Jason hoofsjef by ‘n plaaslike hotel en restau rant is. Sy vertel hy doen baie kookdemonstrasies vir die werk en vir liefdadigheidsorganisasies. Foto: Verskaf Britten, ’n bekende klassieke komponis, het hier grootgeword en sy 100ste herdenking is gevier. Op die strand is die bekende kunswerk Scallop deur Maggi Hambling ter herdenking aan hom. Wat doen jy daar? Ek werk by die Thorpeness-hotel-en-gholfklub as ontbytsjef. Tussendeur is ek besig met die kinders se aktiwiteite – ek en ander mammas bied elke Dinsdag ’n kindergroep in die munisipaliteit se saal aan. Ons as gesin is ook baie betrokke by die Baptistekerk en plaaslike liefdadigheidsorganisasies.
Ons mense in die vreemde Het jy maklik aangepas? Die taalaanpassing was nie te moeilik nie, maar hier is verskillende aksente en dit het my ’n ruk gevat om te bepaal wat sekere mense sê. Gelukkig het meer Suid-Afrikaners as Britte by die hotel gewerk en ons het te heerlik gekuier en dinge saam gedoen. Om buite die hotel aan te pas was moeiliker. Die enigste mense wat aan die begin met my
Wat maak dit beter of slegter daar? Dit is veilig in Aldeburgh. Ons vergeet gereeld om ons deure te sluit, die motors staan buite en is meestal nie gesluit nie. Jy het amper nie ’n motor nodig nie, want daar is busse en treine. Die skole is nie so goed soos dié in Suid-Afrika nie. Daar is nie sport nie en die kinders is nie so aktief soos in Bloemfontein nie, tensy jy bereid is om ’n uur na ’n klub te ry en die duur ledegeld te betaal. Dit bly egter maar beter om in Bloemfontein te woon, of Suid-Afrika. ’n Mens bly maar patrioties. Het die Britte vreemde, interessante tradisies en gebruike? In die somer doen baie gesinne wat hulle noem crabbing. Jy gaan na die riviermond en gooi ’n sakkie aan ’n spesiale tou gevul met rou spek in die water. Die krappe probeer die spek eet en as jy die sakkie uittrek, sit daar tot ses krappe aan die net. Dit is vet pret en die kinders is mal daaroor – dit is baie interessanter as hengel omdat jy altyd iets vang. Ek het geleer dat jy nie sommer kan aanbied om enigeen te help nie – soms vat jy hulle in die gesig. Hier is dit elkeen vir homself en jy moet ook nie enige
aanbod van hulp verwag nie . . . Ek moet bysê almal is darem nie so nie, maar oor die algemeen is die neiging om nie te help en nie hulp aan te bied nie. Engeland is baie health and safety-georiënteerd en sommige goed is belaglik – daar is nie restaurante soos die Spur en McDonald’s wat ’n speelgedeelte vir die kinders het nie, want dit is te gevaarlik. Hoe leef jy jou kultuur as Suid-Afrikaner daar uit? Ons braai meestal – selfs in die sneeu. Ek is baie lief vir kosmaak, so ek maak gereeld koeksisters, melktert, beskuit, bobotie en ander geregte en deel uit waar ek kan.
Watter raad het jy vir ander mense wat dit oorweeg om oorsee te gaan woon en werk? Doen dit voordat jy kinders het. As jy reeds kinders het, maak seker jy het genoeg geld om minstens die eerste drie maande te oorleef. Moenie al jou huisinhoud verkoop nie en neem soveel as wat jy kan bekostig saam. Dinge is nie noodwendig goedkoper in ’n ander land nie. As jy dit oorweeg, doen dit. Jy kan altyd weer teruggaan as jy nie van die skuif hou nie. Maar as jy nie probeer nie, sal jy nooit weet of dit sal werk of nie. Watter lewensles het jy daar geleer? Jou huis is waar jou hart is. Maak nie saak waar jy bly nie, as jy nie gelukkig is in jouself nie, sal jy nooit gelukkig wees nie. Ek het besef watter groot taak dit is om kinders op te voed en was die eerste keer toe ek in 2004 oorgekom het, dankbaar vir wat my ouers my geleer het. ’n Mens sê nie altyd vir jou ouers genoeg dankie nie.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014
Dagboek
WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboekinskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 31 JANUARIE S Zsa-Zsa van Zyl stal tot vandag skilderye, sketse en beeldhouwerk uit in die Moerby-galery wat by Reitzstraat 67 geopen het. S Evangelis Angus Buchan hou om 10:00 by die Christian Revival Church ’n biddiens vir reën en die vrylating van Pierre Korkie in Jemen. Toegang tot die biddiens is gratis, maar diegene wat die diens wil bywoon, moet hulle vooraf aanlyn registreer, omdat ’n beperkte aantal sitplekke beskikbaar is. Registreer jou by iTickets.co.za. Vir inligting bel 086-100-0291 of 051-444-0190. S Plantdag (Groendag) om 09:00 by Saailand Preprimêr. Die kleingoed gaan hul skoolterrein met plante verfraai. Bel Antoinette Fourie by 083-639-1161 of die skool by 051-522-5951. S Beesstert (oxtail) en stampmielies – nes jou ouma dit sou maak. Ouma se Kombuis, Tweede Laan, Westdene. Bel Lita Kotzé by 083-262-1165. S Man Up: Dié nuwe Britse realiteitsreeks met die aanbieder Olivia Lee help om mans te transformeer. Hulle kry met die hulp van ’n groep kenners en ’n sielkundige ’n volledige oormaaksessie – van die uiterlike én innerlike – en gaan dan op ’n romantiese ete-afspraak. Fox, DStv 125, StarSat 130, 20:20. S Diversiteitskollokwium om 09:00 deur die Instituut vir Versoening en Geregtigheid in die Eeufeessaal van die UV.
S Wil jy hê jou hond moet gehoorsamer wees? Die Dog Training Club se lede kom Sondae om 16:00 by die Laerskool Sand du Plessis byeen. Gebruik die ingang in Hippocratestraat. Kontak Nelia Smit by smitnelia@gmail.com. S World Wetlands Day. S Sit aan vir ’n afval-ete in Turksvy op Soutpan. Plekbespreking is noodsaaklik. Bel Krona en Liza by 076-768-8726. S Doop tydens die oggenddiens van die NG kerk Heuwelsig. Bel Elize van der Westhuizen by 083-709-0826. MAANDAG 3 FEBRUARIE S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by die koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. S Die Shimlas se eerste Varsitybekerreekswedstryd vind om 19:00 teen Wits op Xerox-Shimlapark in Bloemfontein plaas. S Gallery on Leviseur bied van vandag af kunsklasse vir kinders van gr. 1 tot gr. 12, asook vir volwassenes, aan. Rig navrae aan admin@galleryonleviseur.co.za.
Nombulelo Sikhosana van die Emily Hobhousekoshuis op die Kovsiekampus verkoop Ritsims om geld vir die UV se jaarlikse joolprojek in te samel. Foto: Conrad Bornman S Die NG kerk Heuwelsig hou sy weeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00. Bel Frances Wessels by 051-436-5218. S Om aan vanjaar se Nasionale Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge deel te neem beteken jy staan ’n kans om in die TV-sepie Binneland op te tree of om ’n oudisie vir ’n radiodrama in die RSG-ateljees af te lê. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 4 Februarie. Kontak Herman van der West-huizen deur vir hom ’n e-pos na herman@hsbellville.co.za te stuur of hom te bel by 021-9481801. SATERDAG 1 FEBRUARIE S Riëtte van der Watt tree in die Naval Ranch Pub and Grill in Navalsig op.
S Bloemfontein-veerpyltjieklub: ope toernooi vir spanne en individue om 14:00 in The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal word genooi. Bel Carien by 072992-3199 of Amanda by 073-185-7287. S Tony Cox bring om 19:30 sy vertoning Padkos na die tuin van Niel van Niekerk se huis by Marquardsingel 10. Kaartjies kos R120 en is te kry by Izami (051-436-1489). Die gaste sal by tafels sit, maar moet hul eie eeten drinkgoed bring as hulle ’n spesiale geleentheid van die konsert wil maak. S Die jaarlikse jool-optog van die UV vind vandag plaas en die tema is Flieks. Die sierwaens sal om 18:00 by die Tempe-verkeerslig in Nelson Mandelarylaan vertrek. Die gesinsfees vind vanjaar op Chevroletpark plaas en begin om 16:00. Mango Groove, Robbie Wessels en Zakes Bantwini sal die skare vermaak. ’n Vuurwerkvertoning word ook beplan. Toegang is R60 per persoon en R30 vir kinders jonger as 12 jaar. Kaartjies is by die hek of Computicket te kry. S ’n Spesiale aand met . . . Heinz Winckler: Skakel in vir dié nuwe kykNET-musiekreeks. Vanaand sing Heinz Winckler van sy treffers. Ander kunstenaars waarna kykers in die reeks kan uitsien, sluit in Rikus Nel, Monique en Adam Tas. kykNET, DStv 144, 21:30.
S Die son kom om 05:45 op oor Bloemfontein en sak om 19:12. S Die e-Waste Association of South Africa (Ewasa) hou vandag ’n nasionale e-afval-insamelingsdag. Die publiek word genooi om enige e-afval by verskillende plekke soos sommige Pick n Pay-takke, Makro en The Refurb Warehouse (Bontesstraat 3, Fleursig) in te handig. Volgens Ewasa word net 11% van alle e-afval in Suid-Afrika herwin. SONDAG 2 FEBRUARIE S Klipkerk: Ds. Johann Els lei die gesinsdiens om 09:00; dr. Wollie Grobler die oggenddiens (doop) om 09:30 en die informele diens om 11:00; en ds. Stephan van Heerden die aanddiens om 18:00. S Gallery on Leviseur bied tot 14:00 middagetes. S Die Freshford-huismuseum (Kellnerstraat 31, Westdene) is tussen 14:00 en 17:00 oop. S Oom Karoolus en Lente kuier op 2, 3 en 4 Februarie om 18:00 in die NG kerk Gardeniapark, Jasmynlaan 3. Elke aand word ’n ander tema behandel. Al die kleuters en laerskoolleerlinge word genooi om te kom sing en van Jesus meer te leer. Hul ouers kan ook saamkom. Toegang is gratis. Bel die kerkkantoor by 051-522-0392 (soggens) vir meer inligting.
DINSDAG 4 FEBRUARIE S Die Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse oefening is om 19:00 in The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal word genooi. Bel Carien Els by 072-99231-99. S Vrouebybelstudie onder leiding van ds. Stephan van Heerden om 09:00 in die sysaal van die Klipkerk se sentrum. S Amelia Smit, ’n paletmeskunstenaar, stal uit in Moerby, Reitzstraat 67, Westdene. WOENSDAG 5 FEBRUARIE S Alps from Above: Die jongste lugkameraverfilmingswerk bied ’n uitsig op die Alpe en die natuurprag van dié streek wat deur Slovenië, Duitsland, Oostenryk, Switserland en Italië strek. Discovery World, 22:00. Kanaal 187. S Senior burgers word na die Klipkerk se eerste Aksie 60 Plusbyeenkoms om 09:30 in die gemeentesentrum genooi. Bring ’n foto van jou jongdae saam. DONDERDAG 6 FEBRUARIE S Ehrlichpark-kosprojek: Die NG kerk Heuwelsig bied Donderdae ’n bord gekookte kos aan 300 mense elk. As jy betrokke wil raak, bel Lauriette de Waal by 051-436-5482. S Die Sopkombuis van die Klipkerk gee kos aan minderbevoorregtes. As jy kan help met die uitdeel daarvan of ’n skenking wil doen, bel Elize by 051-436-7322. S Opening van keramiek-uitstalling en kompetisie in Gallery on Leviseur. Die opening en prysuitdeling is om 19:00. VRYDAG 21 FEBRUARIE S Die eerste keer nog in Bloemfontein tree Tommy Dell en Manie Jackson saam op. Die konsert sal treffers soos Little Rosa, Teddy Bear, Julia en Net Die Hemel Weet insluit. Kaartjies kos R125 per persoon (R155 by die deur) en is by Kiki Corner te kry. Moenie laatslaap nie. Die meeste kaartjies is reeds verkoop. Die konsert vind om 20:00 in die Aasvoëlklub plaas. Rig navrae by 082-481-8881. Dit word met trots deur Afrikoon-produksies aangebied. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert.
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014 5
Dagboek VRYDAG 7 FEB. S Valentynsmark: Geskenke vir oud en jonk. Afleweringsdiens ook beskikbaar vir Vrydag 14 Februarie. Plettenbergstraat 1, Dan Pienaar. Lita Kotzé, 083-2621165. S Corlea Botha sing in Innie Skuur. Kaartjies kos R100 en is te kry by Kiki Corner (Langenhovenpark) en Music Inc. Navrae: meerkatkolonie@vodamail.co.za.
Deelnemers aan die Barokensemblekonsert Trompet en Dubbelriete op Sondag 9 Februarie om 16:00 in die Ou Presidensie is van links, voor: Elize van Zuilenburg (hobo), Maretha Krige (virginaal), Kobus Malan (hobo) en Petrus Krige (blokfluit); agter: Paul van Zuilenburg (trompet), Asta Budack (kontrabas) en Brahm Henkins (fagot).
Klanke bekoor DIE Barok-ensemble het besluit om vanjaar se Ou Presidensie-konsert rondom ’n tema, Trompet en Dubbelriete, aan te bied. Dié konsert is op 9 Februarie om 16:00. Paul van Zuilenburg, die bekende Bloemfonteinse trompetspeler, is die trompetsolis. Saam met hom op die verhoog is drie dubbelrietspelers – Kobus Malan, gewilde hobospeler van Kimberley, Elize van Zuilenburg, bekende hobospeler van Bloemfontein, en Brahm Henkins op die fagot. Die hobo en fagot behoort tot dieselfde instrumentfamilie, naamlik die dubbelriete, want hul klank word op presies dieselfde manier gevorm – twee riete wat op mekaar in die speler se mond vibreer.
’n Fagot is die groter weergawe van die hobo en kan as ’n bashobo beskryf word. Die hoogtepunt van die konsert is ’n werk vir twee hobo’s, fagot, virginaal en kontrabas met die titel Sonate no. 5 in F-majeur deur die minder bekende Tsjeggiese komponis Zelenka. Hierin speel die dubbelriet-instrumente ’n solo-rol met groot tegniese vertoon. Veral die fagot speel dikwels kontrasterende partye. Die program begin met ’n trompetsolo saam met die hele groep – die bekende Prelude van Charpentier. Dit sluit ook met ’n skouspelagtige trompetwerk deur Gabrielli af. In die middel van die program is daar twee trio-sonates deur Telemann, die een vir hobo
en blokfluit en die ander vir trompet en hobo. ’n Ander buitengewone kenmerk van die konsert is dat die baslyn deur ’n kontrabas gespeel word; iets wat selde gebeur omdat die baslyn in Barokmusiek gewoonlik deur ’n tjello gespeel word. Die kontrabasspeler is Asta Budack, ’n Bloemfonteinse dokter. Ander lede is Maretha Krige op die virginaal en Petrus Krige wat die blokfluit en virginaal sal speel. Iets besonders is dat twee egpare deel van die ensemble is. Hulle is Paul en Elize van Zuilenburg en Petrus en Maretha Krige. Geen musiekliefhebber kan dit bekostig om hierdie konsert mis te loop nie. Die kaartjies sal by die deure beskikbaar wees.
SATERDAG 8 FEB. S Suid-Afrikaners wat hulle nog nie geregistreer het om in die nasionale verkiesing te stem nie, sal nog ’n kans hiervoor kry. Stemgeregtigdes mag hulle vandag en môre as kiesers registreer. S Hengelkompetisie in die Krugersdriftdam ten bate van die CVO-skool Dankbaar. Kaartjies is te kry by Kloppers, Hengel Mekka en die skool teen R130 vir twee stokke wat ook die toegangsgeld tot die dam insluit. Talle pryse is te wen waaronder R1 000 elk vir die swaarste karp en baber. PM Oosthuizen by 051-451-1334. S Die Kiepersol-tuinbouklub vergader om 10:00. Cronette Nel gesels oor die herbeplanning en uitleg van gevestigde tuine. Diegene wat hulle by die klub wil aansluit of meer inligting wil hê, kan dr. Tiney Krause (voorsitter) by 051-436-6669 bel.
WOENSDAG 12 FEB. S Lofprysing en getuienisaand in Vanilla Sky om 19:00 met Ernst Toerien (sendeling uit Rusland), Jana du Plessis, Henri Scott, Riëtte van der Watt, Chris Pretorius en Marizanne, en andere. Bel Laura by 082-417-7123.
VRYDAG 28 FEB. S Karin Hougaard sing om 19:30 in Innie Skuur. Kry kaartjies teen R120 by Kiki Corner en Music Inc. of bespreek plek by meerkatkolonie@vodamail.co.za. S Brixton Moord en Roof-orkes in die Aasvoëlklub. Skakel 051-446-566.
VRYDAG 14 FEB. S Valentynsdag. S Anna Davel sing in die tuin van Koekela, Reidstraat 17. Bel Gabrielle by 0731411-730 of 051-430-1949. S Liefdeshuldeblyk: MT2, Kevin Leo en Ella Kotzé in Sand du Plessis om 19:30. Kaartjies teen R100 is te kry by Pacofs, 051-447-7772.
DONDERDAG 20 MAART S Jaarlikse gholfdag van die NG kerk Waterbron by die Bloemfontein-gholfklub. Bel Gustav Claassens by 082-339-9835. Vir meer inligting kyk by facebook.com/waterbron.
SATERDAG 22 FEB. S Die NG kerk Heuwelsig hou ’n potjiekoskompetisie. Skryf gerus hieroor aan vdwaltnico@gmail.com. S Vroueoggendteeparty met Bloemfonteinse Mannekoor en Lindie Stander in die ML Spies-saal by die Meisieskool Oranje. Kaartjies kos R250. Christie, 082-380-0006. S Die NG kerk Brandfort hou sy Potjiekos-stap-entrap op die kerkterrein. Daar kan tussen ’n skaap- of hoenderpot gekies word. Kaartjies kos R40 per persoon en is te kry by die kerkkantoor (051-821-1102) of Nellie Schutte (082-874-3752). S Kloppers-padwedloop. Kontak Beverley Olivier, bloemachilles@gmail.com.
VRYDAG 21 MAART S Chris Chameleon sing vanaand (en môreaand) om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies teen R120 is by Kiki Corner en Music Inc te kry. WOENSDAG 26 MAART S Steve Hofmeyr tree op in die Kovsiekerk. Kaartjies wissel tussen R110 en R220 en is by Computicket te kry. Skakel 082-481-8881. Met trots deur Afrikoon-produksies aangebied. S Coppélia: Joburg-ballet om 19:30 in die Sand. Kaartjies teen R120 tot R180 kan jy by Pacofs, 051-4477772, aanskaf. VRYDAG 11 APRIL S Die Meisieskool Oranje se matriekklas van 1964 hou van vandag tot Sondag reünie. Carlen, 082-7844-549.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014
Verblyf vir studente vlieg Vida Booysen GOEDKOPER studenteverblyf in Bloemfontein word opgeraap en laatslapers gaan dalk sukkel om ’n blyplekkie te kry. Verhuringsagente verwag ’n groot toeloop. Dit lyk wel asof meer studente in 2013 hul studie voltooi en die stad verlaat het, sê Mike Spencer van Platinum Global. In November en Desember het heelwat woonstelle en meenthuise leeggestaan, “maar daardie syfer krimp by die dag”. Verhuringsagente sê die grootste vraag is in die prysklas tussen R1 800 en R2 300 per maand vir studentekamers en tussen R2 400 en R3 000 per maand vir enkelwoonstelle, en dat dit moeilik raak om verblyf in dié kategorieë te vind. Eienaars van studenteverblyf het die afgelope jaar ook heelwat verbeterings en opknappings gedoen, wat die standaard en prys van verblyf in die stad verhoog, sê Francois du Toit van National Real Estate. “Ons ondervind veral ’n groot vraag na tweeslaapkamer-eenhede in die prysklas onder R4 500 – en dis nie net studente nie, maar ook jong werkendes wat verblyf benodig.” Woonbuurte soos Willows, die Bloemfonteinse middestad en selfs Navalsig is gewild onder mense wat goedkoper verblyf naby hul werkplek of die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) benodig, sê hy. Ander gewilde woonbuurte vir studenteverblyf is Universitas, Brandwag en Langenhovenpark.
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014 7
PROMOSIE: RAJEUNI
Laserkliniek nou oop Wêreldgehaltebehandeling hier beskikbaar
RAJEUNI is die Franse woord vir rejuvenation of vernuwing. In die geval van die Rajeuni-laserkliniek verwys dit na vernuwing van gesigsvoorkoms, asook massaverlies. Die kliniek kondig met trots die opening van sy Bloemfontein-tak aan. Nou kan jy wêreldgehalte-laserbehandeling, asook estetiese werk, in die Rosestad laat doen. Die kliniek bestaan al ses jaar en is al lank in Bloemfontein en op Bethlehem werksaam. Daar sal nou egter ’n voltydse ervare terapeut in ’n splinternu-
we kliniek in Westdene wees. Die kliniek is opgewonde oor die bekendstelling van die Cutera Excel V-laser, ingevoer van Amerika. Die Excel V is ’n hoogaangeskrewe laser in Amerika, en het selfs die aanbieders van die gewilde werklikheidsprogram The Doctors gaande gehad. Loer gerus na die insetsel op http://www.youtube.com/ watch?v=8ZN_fjLzdDk. Hierdie laser is uiters effektief vir die behandeling van alle soorte are. Dit behandel van donker,
Lasers
Botulinum Toxin / fillers / Mesoterapie
Afskilferings
opsigtelike spatare tot selfs fyn, rooi gesigaartjies. Sonskade en vlekke op die gesig, sowel as nek, en décolleté word uiters effektief verwyder. Die kliniek gaan ook beskik oor Cutera se coolglide-laserstelsel en die LX prowave-haarverwyderingstelsel. Hierdie permanente haarverwyderingstelsels is geskik vir alle velkleure. Dit is die voorlopers in die wêreld om hare permanent en met minder sessies en minder pyn te verwyder. Cutera se Titan en lasergenesis,
sowel as limelight, is ook by die kliniek beskikbaar. Talle ander mediese estetiese behandelings is ook beskikbaar, insluitend My Cells (vampire facelift), Botulinium toxin, fillers, afskilferings (peels), asook die heel nuutste mesoterapie met die dermapen. My Cells is uiters effektief waar die pasiënt se eie bloed getrek en geskei word van plasma, wat die rykste aan bloedplaatjies is. Hierdie deel van die plasma kan dan in die probleemgebied ingespuit word.
Groeifaktore word deur plaatjies vrygestel wat vorming van kollageen, elastien, nuwe bloedvaatjies, sowel as interstisiële weefsel, stimuleer. Selfs verlies aan volume in die gesig kan herstel word. So verkry die vel ’n fermer, gesonder en jonger voorkoms ná ’n enkele behandeling. Die kliniek het beslis bygebly met al die nuutste prosedures wêreldwyd. Kom besoek die kliniek gerus en ervaar dieselfde behandelings as internasionale sterre – hier in Bloemfontein.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014
BLOEMNUUS SE TROUFOTO VAN DIE JAAR
Stem vir mooiste troufoto van 2013
Nelis en Christel van Zyl (Onze Rust).
Foto: Mandie Niemann Photography
Conrad en Minette Dormehl (Monte Bello).
Foto: Go Urban
Jacques en Madele le Roux (Golden Gate).
Foto: Elsa Vermeulen
Sannika en Dean Futter.
Foto: Tania Allen
Jacques en ChristyLee Benson (Haldon Estate).
Foto: Eye Candy Photography House
Esté en Kobus Vorster (Lavender Hill Country Estate).
Foto: Palm Photography
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014 9
BLOEMNUUS SE TROUFOTO VAN DIE JAAR
Só maklik: stem, wen Jens Friis
DERDUISENDE rande se pryse is op die spel in Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie. Buiten ’n span beoordelaars sal jy, die leser, ook ’n sê hê in wie sal wen deurdat jy op Bloemnuus se Facebookblad jou gunstelinge kan “like”. Die vier foto’s wat die meeste stemme trek, sal volgende week in die tweede been van die kompetisie op www.bloemnuus.co.za gelaai word waar jy weer jou stem sal kan uitbring.
Onder die pryse wat op die spel is vir die paartjie op die wenfoto’s, asook die lesers wat reg stem, is: S geskenkbewyse ter waarde van R3 000 van die Loch Logan-waterfront, die hoofborg; S geskenkbewyse ter waarde van R2 000 van Kloppers; S ’n naweek vir twee by Black Mountain; en S talle ander pryse. Volgende week stel Bloemnuus die borge deeglik bekend en dui aan wie wat kan wen.
Ernst en Megan Bezuidenhout.
Moses en Candice Igbo (Ilanga Estate).
Lourens en Anneque Smuts (Monte Bello).
Foto: Genesis Images Photography
Foto: Eye Candy Photography House
Foto: Steyn Hanekom
Andrey en Elani Vermaak (Rosella Farms).
Foto: 3’kie’s Photography
Marissa en Van Heerden Fourie (Woodlands Function Venue).
Foto: 3’kie’s Photography
Letitia HenningGriesel en Henri Griesel (Sandstone Sleeper Estate).
Dean en Zelna Linde (Tuscan Rose).
Foto: Heinrich Louw
Foto: Francois van Zyl
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014
BLOEMNUUS SE TROUFOTO VAN DIE JAAR
Lindi en Hendre Moolman (The Willows).
Brenden en Martiné Heymans (Woodlands Function Venue).
Riaan en Cherise Britz (Pepper Tree).
Portia en Teboho Nthunya.
Foto: Palm Photography
Foto: Johan Pretorius
Foto: 3’kie’s Photography
Foto: Juanita Duncan
Carina en Christo Noeth (Goose Hill).
Foto: Minette Grové
Germus en Elrene Marais (Woodlands Function Venue).
Foto: Zander Visser
Hilda en Muller Heyns (Indaba Lodge).
Foto: Genesis Images
BLOEMNUUS, VRYDAG 31 JANUARIE 2014 11
PROMOSIE
Die Greykollegeinterhuisgalabyeenkoms in samewerking met Van Rensburgpatoloë het op 22 Januarie in die Gustav Fichardtswembad by Greykollege plaasgevind. Die koshuis en die stad het mekaar die stryd aangesê en die stad het eindelik met die louere weggestap. Greykollege se susterskole, die Meisieskole Oranje en Eunice, het teen mekaar in die aflosnommers meegeding. Van links is Wilmar du Plessis, swemonderkaptein, dr. Chris van Rensburg, mikrobioloog van Van Rensburgpatoloë, Deon Scheepers, skoolhoof van Greykollege (sekondêr), Marlene Jooste, bemarkingsbestuurder van Van Rensburgpato loë, Helene du Toit, hoof van swem aan Greykollege (sekondêr), en David Wille, swem kaptein.
Die GreykollegeDiscoveryfietswedren word vanjaar die negende jaar aangebied. Die fietswedren sal op 1 Februarie by Greykollege plaasvind. Die wedren vind plaas oor 97 km, 60 km en 20 km. Inskrywings kan op 1 Februarie om 06:00 tydens registrasie gedoen word. Die inskryfgeld op die dag is onderskeidelik R150, R100 en R50. Met die wedren word beoog om ongeveer 700 fietsryers van oor die land heen te lok. Van links is Juan van den Berg, hoof van fietsry: Greykollege (sekondêr), Berno Maarsingh, kaptein van fietsry, Pieter Herbst, wedrenorganiseerder, Rob Lauwrens, Discoveryfranchisedirekteur, Jody Foster, Discovery: hoof van borgskappe, Natasha Kruger, Discovery: kantoorbestuurder, en Deon Scheepers, skoolhoof van Greykollege (sekondêr).
PERSOONLIKE DIENSTE
HUISVERBETERINGS BUITE
FUNKSIES & KONFERENSIES
Oprig van afdakke, installering van diefwerings, veiligheidshekke, devilsfork en skuifhekke. Skakel Frans 082687 9335 of Agnes 082 5060 615
1836
1425
ALLERLEI 1845
STAALWERKE Afdakke, Pallisade, Diefwering, wasgoedlyne, hekke. Alle tipe Staalwerk: Skakel Braam 0827262889 / Neels 0765183987. BURGER STAALWERKE BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
TE KOOP
4201
ALLERLEI 1655
TWEE BLUE MARLIN-2,45 meter-visstokke: Koop 2 en kry 1 see visstok van 1,45 meter gratis. R1 200 vir altwee. Skakel 072 265 7128 / 051 444 6838.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
122 JOHANNES MARTHINUS KOORSEN In die boedel van wyle Johannes Marthinus Koorsen, boedelnommer 12643/2013, Meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 18 November 1941, identiteitnommer 411118 5015 089 laaste adres Clindill Gardens 6, Uitsig, Bloemfontein, datum van dood 1 Desember 2013. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae gereken vanaf 31 Januarie 2014 (datum van publikasie hiervan). EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHK0119)
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
Benoem jou spruit Lynne Landman BLOEMNUUS en SuperSport se Let’s Play is op soek na sportiewe jong mense. Is jy sportief – of weet jy van iemand in jou skool wat goed vaar op sportgebied? Is jy besig om jong mense sport-aktief te kry by jou skool, gemeenskap of die gimnasium? Ons wil graag van jou hoor. In 2008 het Z PR en SuperSport se Let’s Play die behoefte onder jong mense geïdentifiseer om meer aktief betrokke by sport te raak. Met hierdie gedagte het SuperSport en Let’s Play in samewerking met Bloemnuus ’n spesiale geleentheid begin: Hulle wil jong mense van laer- of hoërskole vind en erkenning gee aan diegene wat goed vaar in sport of wat ander jong mense help om meer sport-aktief te wees. Die SuperSport’s Let’s Play-sportster van die Maand is ’n maandelikse kompetisie wat oop is vir enigiemand van 6 tot 18 jaar.
Jy kan jouself benoem of deur ’n vriend, onderwyser, jou afrigter of ’n familielid benoem word. Die wenner word maandeliks uit al die benoemdes gekies. Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpakkie en word dan ook op die Let’s Play-webwerf geplaas. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, sal een inskrywing gekies word as die SuperSport Let’s Play-sportster van die Maand. Teen die einde van die jaar sal daar een algehele wenner gekies word uit die maandelikse wenners en hy/sy sal as die SuperSport Let’s Play-sportster van die Jaar aangekondig word. (Moenie bekommerd wees nie – ’n algehele jaaropsomming van al jou sportprestasies word aan die einde van November gedoen voordat die wenner gekies word). Let’s Play is ’n projek om ’n gesonde leefstyl en ontwikkeling by skole deur spel en sport aan te moedig. Elke skool het beslis talentvolle sportmanne of -vroue.
Moenie skaam wees nie – ons wil graag van jou hoor. Stuur vir ons jou benoeming vandag (benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal oorgedra word na die volgende maand). Die SuperSport’s Let’s Play-sportster van die Maand-wenners sal van Februarie tot November gekies word. Jou benoeming moet die volgende insluit: jou naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) wat jy op sportgebied bereik het, asook jou kontakbesonderhede. Byvoorbeeld: Naam: Ouderdom en graad: Skoolnaam: Wat jy bereik het (200 woorde of minder), kontaknommer of adres: Jy kan jou benoemings na supersport@zpr.co.za e-pos of na 086-5524922 faks. Navrae: Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-5229574.
PROMOSIE
ITEC en Greykollege (sekondêr) het van 23 tot 25 Januarie ‘n o.18waterpolotoernooi aangebied wat skole van oor SuidAfrika heen gelok het. Die topwaterpoloskool in die land, Clifton, het in die eindstryd teen die Wynbergseuns te staan gekom en het die WesKapenaars met 14 teen 6 doele verslaan. Van links is Flos Pretorius (hoof van water polo aan Greykollege (sekondêr)), Johan Viviers (kaptein van die o.18waterpolospan), Deon Scheepers (skoolhoof van Greykollege (sekondêr)), Elshe van der Westhuizen (Itec) en Jacques Richter (afrigter van die o.18waterpolospan van Greykollege).
Naka Drotské, die Cheetahs se hoofafrigter, sal Saterdag op Parys uit sy twee voorste skrumskakels, Sarel Pretorius en Shaun Venter (foto), in sy 23tal kan kies. Die wedywering om die Cheetahs se nr. 9trui sal dan in alle erns begin wanneer Sarel ná ’n skouerbese ring terugkeer. Super Sarel sal die eerste keer sedert einde 2013 in sy span se laaste van vier Superrugbyoefenwedstryde teen die Pumas uitdraf. Shaun Venter het Saterdag teen die Kings gewys hy was ’n goeie kopie toe hy as plaasvervanger in Port Elizabeth opgedraf het. Foto: Conrad Bornman