Bloemnuus 20140207

Page 1

7 FEBRUARIE 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

WWW.BLOEMNUUS.MOBI

GRATIS

Valentynsdag

Kinkels kom

Ongewoon

Gaan kyk na ‘Pad na jou hart’ op dié dag bl. 5

Dít wag in storielyn van sepie op kykNET

Anderste blyplek in kloosters en grot

bl. 4

bl. 11

Beauty and the beach Friedl Janse van Rensburg (15) of the Jim Fouché High School was the only finalist from the Free State to compete in the Miss Teen Summer Heat SA competition (category 17 and under) at the Wild Coast Sun Casino in KwaZulu­Natal. Here she competed against finalists from eight provinces and took third place in South Africa, even though she was the youngest contestant. See more photos of Friedl at www.bloemnuus.co.za. Photo: Gary Pieterse


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014

Eet verniet uit met foto

DIE oud­Bloemfonteiner Johan Kok het dié foto met sononder in die Bloemhofdam­natuurreservaat geneem. Johan is die heel eerste oud­ Bloemfonteiner met wie Bloemnuus ’n Ons Mense in die Vreemde­ onderhoud gevoer het en woon en werk nou in Suid­Korea. Hy is met dié foto ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die Windmill­casino ryker. Stuur foto’s na jens.friis@media24.com. Digitale foto’s moet minstens 1 MB groot wees. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.

Bid vir verkramptes DIE Universiteit van die Vrystaat se jaarlikse jooloptog het Saterdag plaasgevind en is gevolg deur ’n feeskonsert in Chevroletpark. In die vroeë 1980’s het Die Volksblad die volgende brief van ’n leser ontvang na aanleiding van gebeure by die jool. Die brief is geplaas onder die opskrif: “Bid vir O.V.S. se verkramptes”: ONS betreur dit dat konserwatisme die botoon voer in die Vrystaat en dat niks of niemand ooit oortuig sal word dat ons nou in die twintigste eeu leef en nie in die vyftiende eeu nie. Dat die Vrystaat besig is om te

slaap, het ons duidelik besef tydens die onlangse joolkonsert van die Vrystaatse Universiteit. As die mense van Bloemfontein wel weet dat ’n groep soos Stingray sal optree, waarvoor kom hulle dan in die eerste plek; net om in die helfte van die vertoning op te staan en te loop? Dit skyn ook te wees dat Die Volksblad ’n tekort aan personeel het. Enige koerant stuur tog ’n vermaaklikheidsresensent na ’n musiekkonsert, en nie ’n politieke verslaggewer soos mnr. Braam Muller blyk te wees nie. Volgens mnr. Muller kon hy geen onderskeid maak tussen

liedjies van groepe nie, en hy het dit bestempel as “oordonderende desibels teen die ore”. Dit is Die Volksblad se plig om wel ’n verslaggewer te stuur wat die liedjies kan onderskei om sodoende regverdige kritiek die lig te laat sien. Miskien moet mnr. Muller ’n kursus in musiekwaardering loop en die resultate in boekvorm versprei onder diegene wat uitgeloop het tydens die vertoning. Net soos die mense gebid het teen die opvoering van Pyjama Tops, bid ons ook vir die verkrampte elemente in die Vrystaat. (Braam Muller is die kunsredakteur van Die Volksblad. – Red.)

Uit die possak S Dankie vir die interessante artikel “Vloed: Bfn steier” (17 Januarie 2014). Na aanleiding van die opmerking “polisie afwesig” en “brandweer sukkel” die volgende: Die polisie en die brandweer was een diens. Toe Brittanje Bloemfontein tydens die Anglo-Boereoorlog oorgeneem het, het die “South Africa Constabulary” ook die munisipale brandweerdiens oorgeneem en het toe ook baie gedoen om die diens professioneel te ontwikkel. Polisiemanne het dus sowel polisie- as brandweerwerk gedoen. Ek vermoed tydens die vloed is die personeel hoofsaaklik as brandweermanne aangewend en het dit gevolglik verkeerdelik gelyk asof daar geen polisiemanne teenwoordig was nie. Die brandweer, wat nog nie oor petrolaangedrewe voertuie beskik het nie, het van ’n “wielbrandleer” gebruik gemaak. Die houtleer wat baie swaar was, se onderkant is op twee ossewawiele gemonteer. ’n Span van sewe sterk manne was dan nodig om die leer na die toneel te stoot of trek. Die leer was uiters geskik vir al Bloemfontein se hoë geboue. Maar met die vloed het dit in die modder bly vasval. Vandag het die Mangaungbrandweer twee bote en verskeie ander stukke toerusting tot sy beskikking en is hulle beter vir vloede toegerus. Die oorspronklike “wielbrand-

leer” het ongelukkig verlore geraak, maar ons het nog ’n ander “wielbrandleer” in die museum wat die publiek kan besigtig. – B. van Zyl, kurator: Mangaung-brandweermuseum S Vroeër jare is graag van die sogenaamde bo- en onderdorp gepraat. Die bo-dorp was die grander deel waar die ryker mense gebly het, omdat hulle ’n mooi uitsig oor die stad gehad het en die rook in die laerliggende dele gehang het. Maar die afgelope dae in Bloemfontein was die bo-dorp nie meer só ’n lekker plek om te bly nie, want water het mos ’n geneigdheid om af te vloei. Die gevolg? Die “bo-dorp” was waterloos. Om nie te kan was of die toilet te kan spoel nie is allermins grand. Hieraan het die oudstadsvaders wat die dorp uitgelê het nooit gedink nie. – Brink Kern S Ek is bly om te sien daar is gereeld padversperrings naby die lughawe op die pad na Maseru. Baie mense het al hul lewe op dié pad verloor omdat die voertuie dikwels nie padwaardig is nie. Welgedaan aan die polisie en die verkeersafdeling. Dit is hoe dinge gedoen moet word: Tree voorkomend op en daar sal minder padsterftes wees. – Abrie Jordaan


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014 3

Verby die ompaaie praat Bernard Odendaal

In gebaretaal het elke begrip ’n eie gebaar. Woorde of name waarvoor nog nie ’n ge­ baar bestaan nie, word met die vingers ge­ spel. Dit word gedoen met ’n handalfabet: ’n versameling gebare waarmee alle letters van die alfabet uitgebeeld word. Foto: doof.nl

’n MENS kan nie verhelp dat jou aandag dwaal na waar die tolk, by Kovsies opgelei, die vergaderingsgebeure omsit in gebaretaal nie. Haar hande praat rats, kleinskalig. Glad nie die klap-van-die-windmeul-armswaaiery van daardie tolk op die gedenkgeleentheid ná Madiba se oorlye nie. Vingers rank, krul en wip tot tekens waarvan ek g’n snars snap nie. Dikwels spreek die duik of styg van hande, die oopen toekelk daarvan, die lewendige gesiguitdrukkings, die lippe wat rond aan stom klanke, egter boekdele. Die gebarepraat neig na betekenisduiding deur nabootsing. Na dramatisering. Kleinteater van gelaat en hande. My gedagtes spring na wat ek gelees het oor hoe babas leer verstaan, nog voordat taal op die spel kom. Uit smake, reuke, aanrakings, die aard van geluide en eers algaande uit wat hulle met die oë herken – so leer hul wat geborgenheid beteken, wat nie. Hulle begin begryp hier teenaan hulle; dan algaande verder weg. Sintuiglik. En die verstaan is aanvoeling; emotief. Eers later word dit snap met die intellek; word bepaalde woorde (spesifieke klanke) met bepaalde betekenisse verbind: “Mamma. Njammies. Woef.” Dis verwikkelder as wat ek hier skets, maar baiekeer kom ’n mens agter dat kunsuitings iets van daardie oerpraatwyse nastreef. Die treffendste skilderye spel nie uit nie – laat jou sien en tot eie belewenis kom. Musiekluister, voel ek dikwels, doen ek met die hele lyf. In die digkuns span jy beeld, klank, ritme, vorm in om mee te spreek met die woordbetekenisse. Ek bemerk die krag van daardie oerkommunikasie by my Alzheimer-siektelyer van ’n skoonpa. Woorde beteken niks nie. Die stemtoon van sy kinders soms wel. Die geneentheid op gesigte; die soene en strelings van my vrou as sy by hom kom, die lekkertjie wat sy in sy mond plaas – dit laat sy strak gesig soms skielik straal, of vertrek van bewoëndheid.

Spel saam in Afrikaans LAERSKOOLLEERLINGE in Bloemfontein gaan binnekort die geleentheid kry om hul Afrikaanse spelvernuf ten toon te stel. Volksblad, in samewerking met AfriForum, die Eduplus- Onafhanklike Skool en die Vrystaatse departement van onderwys, bied in Maart sy eerste Spel-en-speelkompetisie aan. Die kompetisie is vanjaar gemik op laerskoolleerlinge in die intermediêre fase (gr. 4 tot 6). Twee leerlinge per graad per

skool mag ingeskryf word. Inskrywings kos R20 per leerling. Taallyste, wat die deelnemers kan bestudeer, word voor die tyd aan deelnemende skole beskikbaar gestel. ’n Paar onvoorbereide woorde sal ook in die eindronde gevra word. Die uitdunrondes vind op 13 Maart om 09:00 by Eduplus in Boerneefstraat, Langenhovenpark, plaas, terwyl die eindronde om 14:00 by die Gereformeerde

kerk Vleuels, ook in Boerneefstraat, gehou word. Die bekroonde Afrikaanse kinderboekskrywer Jaco Jacobs sal die programleier tydens die eindronde wees. Heerlike pryse is vir die wenners in die verskillende grade op die spel. Die inskrywings vir die kompetisie sluit op 14 Februarie. S Vir meer inligting, kontak Ronelle Ceronio, hoof van Eduplus, by 051-446-0527 of eduplusprimary@gmail.com.

Dit is tyd vir boeke vat DIÉ Bloemnuus-lesers het pryse op www.bloemnuus.co.za gewen. Dié boeke en CD’s moet voor Donderdag 13 Februarie afgehaal word, anders verval die prys. Dit wag op die wenners by die sekuriteit by Volksblad se ontvangs in Nelson Mandela rylaan 79. Vra vir Natacia Motloung. Bring jou rybewys of identiteitsboekie saam wanneer jy die prys kom opeis. Die wenners is: S Elrita Erasmus (Wenkbrou) S Ilse Nel (Atlas teen die Vergeetrivier) S Francois Rossouw (Is weer sagie)

S Reinette Bouwer (October) S Karin van Niekerk Behrens (Manie Jackson-CD); S Piet Smith (Diereland) S Elrita Erasmus (Liela Groenewald-CD) S Ans Kuhn (Om joune te wees) S O. Botha (Sushi en sjampanje) S Karin van Niekerk Behrens (Liefde op Langebaan) S Ilze Stergos (Lillie die heksie in die Wilde Weste) S Barend van der Merwe (Eiland van drome) S Madelein Buckle (Oupa se engel) S Marie-Louise Louw (Tommie en die toringhoë toebroodjie) S Pieter Herbst (Op ’n koue

winternag) Die volgende pryse is nou op die spel op www.bloemnuus.co.za se kompetisie-afdeling: S Anders se CD Liefdesverhale met die gewilde snit Jy is die een. S Knister se boek Lillie die heksie by die Seerowers wat deur Protea uitgereik is. Dié uitgewery het ’n boekwinkel in die Brandwagsentrum skuins oorkant die poskantoor. S Desmond Wells se CD Dans my verlief. S Elvis se Seun deur die Binneland-akteur Stefan Ludick. Die sluitingsdatum vir dié kompetisies is Maandag om 12:00.

Bepaalde woorde (spesifieke klanke) word met bepaalde betekenis­ se verbind. Só word kommunikasie deur taal bewerkstellig. Maar soms loop dinge skeef . . . Foto: taalschat.com S Bernard Odendaal is verbonde aan die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014

Dagboek Wat gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboekinskrywings. Stuur dagboek-inskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverkla-

rings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit plasing van die inskrywings is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 7 FEB. S Valentynsmark: Geskenke vir oud en jonk. Afleweringsdiens ook beskikbaar vir Vrydag 14 Februarie. Plettenbergstraat 1, Dan Pienaar. Lita Kotzé, 083-262-1165. S Aansoekvorms vir stalletjies op

die Vryfees se kunstemark is op vryfees.co.za beskikbaar. Die sperdatum is 20 Maart en die kontakpersoon is Atie Kamper by atie.kamper@volksblad.com. S Long Island Medium IV: Die psigiese medium Theresa Caputo probeer nog families met haar gawe help. Haar eie gesin is geïrriteerd met dié alomteenwoordige talent wat sommige prys en ander laat sidder. Comedy Central, 19:15. Kanaal 122. S Die 22ste Olimpiese Winter-

spele begin in die Russiese oord Sochi aan die kus van die Swartsee. Kyk hierna op SuperSport 6. S Paul Roux se Project Apology – video-dokumentasie ter verskoning aan lydende nie-mensespesies tot 28 Februarie in die Stegmann-galery op die UV-kampus. S Corlea Botha sing in Innie Skuur. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner te kry (Langenhovenpark) en Music Inc. Navrae: meerkatkolonie@vodamail.co.za.

S NG kerk Heuwelsig hou sy weeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00. Frances Wessels, 051-4365218. S Jong musici kan tot 28 Februarie aansoek doen om keuring om in die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes ingesluit te word. Die vereistes is minstens gr.6-vlak in ’n orkesinstrument en SuidAfrikaanse burgerskap. Meer inligting is beskikbaar by sanyo.org.za of stuur ’n epos na team@sayo.org.za.

Drama wag in sepie ’n PAAR opspraakwekkende oomblikke wag in kykNET (kanaal 144) se sepie Binneland weeksaande om 18:30: S Daleen en Tertius word ingelig klein Nina se mond moet met seep uitgewas word wanneer ’n vloekwoord vir meer as net een van die volwassenes ’n probleem word. Die probleem vir die Jonkers is egter dat hul dig bewaarde geheim heel moontlik op die lappe kan kom omdat nie almal meer lus het om die waarheid weg te steek nie. S Malan Koster daag onverwags op en die verlore seun se terugkeer na sy ouerhuis gaan met ’n hele paar gemengde emosies gepaard. Delia is nie so voorbereid op die terugkeer van die man aan wie sy eenmaal trou beloof het nie – maar dit is ook nie die enigste kinkel in die kabel wat gaan lei tot groot besluite wat sy ook baie vinnig sal moet uitvoer nie. S Malan is nie die enigste familielid wat na Pretoria terugkeer nie. Susanna Meyer is ook weer terug in die prentjie. Die keer ontdek Wimpie sy hart maak ’n paar wilde ritmes wanneer sy in die omtrek is. Om watter rede sal dit wees? S Rian en Pippa besluit eindelik waar en wanneer om hul liefde aan mekaar te verklaar en die hele Binneland-kliniek is in rep en roer oor die troue van die jaar. S Okkie ondervind probleme met Tonik, want daar is ’n nuwe man wat die leisels oorneem. Arme Naómi word vasgevang tussen die boom en die bas wanneer Zadie en Okkie nie meer langs dieselfde vuur sit nie. S Franz Basson word onder druk geplaas om ’n moeilike besluit te neem en dit beïnvloed sy toekomsplanne met Bea en die kinders. Sal die liefde gedy?

Neels van Jaarsveld as Gideon in Binneland. ’n Paar opspraakwekken­ de oomblikke wag in kykNET (kanaal 144) se sepie Binneland wat weeksaande om 18:30 uitgesaai word.

bied aan...

‘n Liefdes Huldeblyk

met: MT2 Classical Trio (Il Divo Tribute) (Thabo Pitse,Mario Lategan & Thabo Hlongwane) Kevin Leo (Ge Korsten) & Ella Kotze (Gaskunstenaar)

SAND DU PLESSIS TEATER 14 FEBRUARIE 2014 19h30 R100 Kaartjies nou beskikbaar by PACOFS (051) 447- 7772 www.pacofs.co.za/info@pacofs.co.za @pacofs_co_za

VRYDAG 9 MEI: Kaartjies vir Volksblad se jaarlikse Vroue-oggend verkoop soos soetkoek en slegs sowat 100 kaartjies is nog beskikbaar. Vanjaar sal die sanger Chris Chameleon die vroue vermaak terwyl aan ’n watertand-ete gesmul word. Brenda Myburgh sal die seremoniemeester wees en elke vrou kry ’n geskenkpak. Die geleentheid word in die Woodlands-onthaalgerief gehou en begin om 08:30. Kaartjies kos R300 en is by Spotted Apple te kry. Bel 051-447-1086 as jy meer wil weet. Sien ook die advertensie elders op dié blad.


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014 5 SATERDAG 8 FEB. S Suid-Afrikaners wat hulle nog nie geregistreer het om in die nasionale verkiesing te stem nie, sal nog ’n kans hiervoor kry. Stemgeregtigdes mag hulle vandag en môre as kiesers registreer. Dit kan plaasvind tussen 08:00 en 17:00. Bel 0800-118000. S Boeremark van 06:00 tot 14:00, Langenhovenpark. S Hengelkompetisie in die Krugersdriftdam ten bate van die CVO-skool Dankbaar. Kaartjies is te kry by Kloppers, Hengel Mekka en die skool teen R130 vir twee stokke wat ook die toegangsgeld by die dam insluit. Talle pryse te wen waaronder R1 000 elk vir die swaarste karp en baber. Bel PM Oosthuizen by 051-451-1334. S Die Kiepersol-tuinbouklub vergader om 10:00. Cronette Nel gesels oor die herbeplanning en uitleg van gevestigde tuine. Dié wat hulle by die klub wil aansluit of meer inligting wil hê, kan dr. Tiney Krause (voorsitter) by 051-436-6669 bel. S Die Colour Me Crazywedloop vind by die Woodlands-konferensiesentrum plaas. Jy kry saam met jou kaartjie gekleurde poeierstof waarmee almal mekaar kan bestrooi om ’n kleurryke pret-ervaring te verseker. Ná die wedloop sal daar ’n musiekfees wees. Kaartjies is te kry by quiket.co.za. Gratis toegang vir kinders jonger as 10 jaar. S Jaarvergadering van die Vrystaatse Clivia-klub om 14:00 in die personeelkamer van die Laerskool Bloemfontein, Lormarinstraat, Bayswater. Almal is welkom en toegang is gratis. Kaartjies kan gekoop word vir ’n gelukstrekking waar ’n spogplant van die voorsitter, Hennie van der Mesch, gewen kan word. David, 072-614-3091. SONDAG 9 FEB. S PSL: Bloemfontein Celtic vs University of Pretoria, Free State Stadium, 15:30. S Die Nasionale Museum, Aliwalstraat 36, is Sondae van 12:00 tot 17:00 oop. Toegang is R5 (volwassenes), R3 (leerlinge) en voorskoolse kinders gaan gratis in. Skakel 051-447-9609 vir meer inligting. S Barok-ensemble bring om 16:00 Trumpets and double reeds na die Ou Presidensie. Dr. P.J. Krige, 083-468-6046. MAANDAG 10 FEB. S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. S Die Shimlas speel om 19:00 teen die NWU-Pukke in Potchefstroom. S Koop ’n burger by die Spur en kry ’n soortgelyke een gratis. Voorwaardes geld. S Amelia Smit, ’n paletmeskunstenaar, stal uit in Moerby, Reitzstraat 67, Westdene. S Skenk bloed tussen 10:00 en 16:45 by Shortstraat 11, Navalsig. Navrae: 051-4474122. S Die Vrystaat-tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika kom byeen in die ouditorium van die Oorlogsmuseum. Besoekers betaal R20 toegangsgeld. Skryf aan Marietjie van Zyl by rietjies@gmail.com. DINSDAG 11 FEB. S Bloemfonteinse Veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00 by The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-992-3199.

Bos op pad na Bloem Elretha Britz

STEF BOS het ’n besondere plek in die kleinkunswêreld verower. Sy digterlike, soms filosofiese, ingesteldheid lewer steeds pragtige nuwe materiaal – poëtiese Nederlandse nommers met ’n warm stem gesing. Só lui ’n (vertaalde) inskrywing op Bos se webtuiste. Dit is presies wat aanhangers kan verwag wanneer Bos op 20 Februarie een vertoning in Bloemfontein gee. Hy noem dit Kaaskop in Kaapstad. Vir sy bydrae tot die bekendstelling van die Afrikaanse taal en kultuur in die Lae Lande het Bos verlede jaar die Jan van Riebeeck-prys ontvang. Vanjaar bou hy verder aan die brug tussen die lande wat onder sy vel ingekruip het. Soos in die vertoning met stories van ’n buitestander oor die binneland. Vorige ontvangers van die prys is die vertaler Riet de Jong-Goossens (2012), die skrywer Adriaan van Dis (2011), die digter Gerrit Komrij (2003) en die ikoniese Afrikaanse digter Elisabeth Eybers (1997) wat feitlik ’n leeftyd lank in Nederland gewoon het. Bos, wat getroud is met die Suid-Afrikaanse kunstenaar Varenka Paschke en tuistes in

Stef Bos bring sy vertoning Kaaskop in Kaapstad op 20 Februarie na die Wynand Mounton­teater. Kaapstad en Vlaandere het, noem homself ’n verkleurmannetjie tussen noord en suid. Hy sal pas terug wees van optredes in Nederland wanneer hy vir Bloemfontein gereed maak. En in

Merwe. The exhibition will take the viewer on a visual tour of the vast plains of the Free State and into the hearts of its hospitable people and towns. S Lofprysing- en getuienisaand om 19:00 in Vanilla Sky met Ernst Toerien (sendeling uit Rusland), Jana du Plessis, Henri Scott, Riëtte van der Watt, Chris Pretorius en Marizanne, en andere. Laura, 082-417-7123. S Skenk bloed tussen 09:00 en 16:45 in die Southernsentrum, Benaderylaan, Fichardtpark,. Bel 051-4474122.

VRYDAG 14 FEBRUARIE: Op Valentynsdag begin die fliek Pad na jou hart – vind jou ware noord in teaters draai. Die hoofrolle word vertolk deur Ivan Botha (fo­ to), Donnalee Roberts en Marius Weyers. Kyk na ’n voorskou van dié fliek op www.bloemnuus.co.za. S The Purple Shall Govern, Mary Sibande, Standard Bank Young Artist 2013 (Main Building of Oliewenhuis): The 2013 Standard Bank Young Artist Award winner for Visual Arts, Mary Sibande, is celebrated for her practice of employing the human form as a vehicle through painting and sculpture to explore the construction of identity in a postcolonial South African context. S Die Voortrekkers van President Brand hou ’n waatlemoenfees. Kontak jasper@presidentbrand.co.za. WOENSDAG 12 FEB. S Free State Towns, Annex Gallery of Oliewenhuis: This photo exhibition is a compilation of the most beautiful pictures of the Free State and its people by two well-known Free State photographers, Philippe Burger and Jan van der

DONDERDAG 13 FEB. S Fiësta-eerbewyse: Dis tyd vir kykNET se jaarlikse Fiësta-toekenningsgeleentheid. Dit word as die Oscars van die Afrikaanse teaterbedryf beskou en vind in Pretoria se Staatsteater plaas. kykNET, kanaal 144, om 20:00 uitgesaai. S Ehrlichpark-kosprojek: Die NG gemeente Heuwelsig lewer Donderdae ’n bord gekookte kos aan 300 mense. As jy betrokke wil raak, bel Lauriette de Waal by 051-436-5482. S U3A meeting at 10:00, Synagogue Hall, 1 Dickie Clarke Street. Prof. Johan du Preez will speak on the Vredefort Dome. S Odeion-strykkwartet om 19:30 in die Odeion. Bespreek kaartjies (R50 tot R100) by Computicket. VRYDAG 14 FEB. S Sentraal se Top20-Atletiekbyeenkoms om 14:00, Vrystaat-atletiekstadion. Toegang: R20. Bel 051-4101800. S Anna Davel sing in die tuin van Koekela, Reidstraat 17. Bel Gabrielle by 073-1411-730 of 051-430-1949. S Sit aan vir ’n buffet-ete in Rosie’s Brasserie by die Windmill-casino en vermaaklikheidsentrum. Bespreek by Stephne Ackermann, 051-410-2046.

April keer hy terug na sy geboorteland vir ’n nuwe toer saam met ’n Nederlandse kitaarspeler. Aan poëtiese woorde ontbreek dit Bos nooit nie. Oor die toer sê hy: “ ’n Kleine toer met ’n

kleine besetting in kleine teaters op soek na iets groots. Die begin van ’n siklus, lente, ’n kraamkamer van nuwe liedjies. Met een klavier as moeder, een kitaar as vader en een stem om lewe daarin te

blaas.” S Kaaskop in Kaapstad is op 20 Februarie in die Wynand Mouton-teater. Kaartjies kos R180 en R150 vir pensioentrekkers, skoolkinders en studente. Bespreek by Computicket.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014

Wel & wee S Carrie van der Ryst van die Striata-aftreeoord het verlede Vrydag haar 100ste verjaardag gevier. Legacy Invest het vir tannie Carrie ’n verjaardagkonsert gehou waarop Jacobus Silwer opgetree het. Tannie Carrie het kleintyd vir Annelize van der Ryst, Matrone van 7de Laan, as kind aangeneem. Dié twee het volgens Beeld egter geruimte tyd nie meer kontak met mekaar nie. Annelize het blykbaar al voorheen genoem haar ma het haar oor die jare heen emosioneel afgebreek. Van der Ryst-Hattingh, wat as kind aangeneem is, het glo sowat drie jaar gelede die van Hattingh, haar biologiese ouers se van, by Van der Ryst gevoeg. Haar aangenome pa, Casper, is al ’n wyle lank dood. Hy was ’n speurder in Bloemfontein. Tannie Carrie se geheim om 100 jaar oud te word is om “geen pille te drink nie”. Verlede jaar was vier Panado’s die enigste medikasie wat sy heeljaar gebruik het.

Twee van die meisies wat om die kroon van Mej. Suid­Afrika meeding, is Kovsies. Dipalesa Mbola (22) en Rolene Strauss (21) is Sondagaand uit 33 semi­finaliste as twee van die 12 finaliste aangewys. Die kroning van Mej. Suid­Afrika vind op 30 Maart in Sun City plaas. As deel van die opbou tot die kroningsgeleentheid kan Suid­Afrikaners die realiteits­ program The Road to Miss South Africa Sondae om 17:30 op Mzansi Magic (DStv­kanaal 161) volg.

S ’n Opvolger word gesoek vir die Bloemfonteiner Palesa Mtjale, die huidige Mev. Statebond (Suid-Afrika). Die Statebond-skoonheidskompetisie bestaan uit drie kategorieë: Mej. Tiener Statebond (16 tot 19 jaar), Mej. Statebond en Mev. Statebond. “Ons verwys na ons wenners nie as skoonheidskoninginne nie, maar as liefdadigheids- en kulturele ambassadeurs. “Daar is geen ouderdomsperk in die Mejuffrou- en Mevrou-afdelings nie, want ons glo skoonheid word nie bepaal deur ouderdom nie,” sê die oudBloemfonteiner Anel de SwardtStrydom, Mev. Statebond Internasionaal 2013 en nasionale direkteur van die kompetisie in Suid Afrika. Loer by www.sacommonwealthpageants.co.za en skryf voor 15 April in. S Eddie Pienaar, ’n gr. 8-leerling, het in Bloemfontein ’n reuseskenking van tien stoetooie en ’n stoetram van die Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging ontvang. Die vereniging het van Eddie te hore gekom omdat hy die wenner was van Solidariteit Helpende Hand se Entrepreneurskompetisie verlede jaar. Die kudde is op die Bloemskouterrein op die vereniging se nasionale raadsvergadering aan Eddie oorhandig. Eddie het ook ’n gratis lidmaatskap van R1 200 per jaar ontvang, wat beteken dat hy tans die jongste lid is. Stephanus Malan, president van die vereniging, sê hulle belê in dié passievolle jong boer omdat hulle hoop dit sal ander jong boere motiveer om ook met boerbokke te boer. Malan sê die wengeld van R15 000 wat Eddie verlede jaar ontvang het, kan nou vir ander doeleindes gebruik word soos om voerbakke en drade te koop en sy boerdery in stand te hou. Die skenking is ongeveer R80 000 werd. Die Solidariteit Helpende Hand-entrepreneurskompetisie word vanjaar weer vir leerlinge van gr. 8 tot gr. 12 aangebied. Registrasie open op 19 Februarie en deelname is gratis. Leerlinge kan hulle aanlyn inskryf by www.loopbaan.co.za. Die wenner sal wegstap met ’n kontantprys van R15 000, asook R15 000 vir sy of haar skool. S Johan Volsteedt is die nuwe ambassadeur van Kindersorg Bloemfontein. Dié organisasie het onlangs sy 100ste verjaardag gevier. Mariëtha Johnson is die direkteur van Kindersorg Bloemfontein, Kiepie Jaftha die voorsitter en Tasha Cronjé die junior ambassadeur.

Die Stadion­swembad is teen R8 miljoen opgeknap. Op die bekendstel­ ling was talle bekendes in swemkringe onder wie Simon Gray, Lynette Wessels, dr. Henk Boshoff (uitvoerende direkteur: korporatiewe dienste van die Mangaung­metro) en Brent Holmes. Foto: Conrad Bornman S Pieter van Viegen (73), sakeman en sportman, is oorlede. Pieter het aanvanklik in die bank gewerk, maar het later sy eie makelaarsaak bestuur. Hy het in verskeie sportsoorte uitgeblink waaronder gholf, rugby, hokkie en waterpolo. Hy was onder meer die voorsitter van die Vrystaat se seniorsgholfvereniging. Pieter is op 14 Augustus 1940 op Kroonstad gebore en was 48 jaar met Louise getroud. Hulle het vier kinders, Des, Vanessa (le Roux), Minette en Lizelle. Hy word ook deur vier kleinkinders oorleef. ’n Gedenkdiens word Sondag by Tuscan Rose vir hom gehou. S Annatjie van der Post van Noorderbloem, Bayswater, het haar 90ste verjaardag Dinsdag gevier. S Die volgende Bloemfonteiners is onlangs oorlede: Jan Hendrik Carel Muller (gebore 1939), Lodewyk Moller (1935), Billy Diener (1933), Barbara Grobler

(1959), Douglas Peter Ross (1947), Philip Reginald van Rensburg (1958) en Rina Helena Combrinck (1944). S Heinrich Brüssow, die Cheetah-flank, was Saterdag ’n toeskouer by sy span se oefenwedstryd teen die Pumas op Oud-Greys se veld. Brüssow het ’n paar weke gelede ’n toon se ligamente beseer in ’n wedstryd vir sy Japanse klubspan Docomo Red Hurricanes. Daarna moes hy ’n operasie ondergaan. Heinrich sal minstens drie maande op die krukkelys wees. S Stephan Cloete, die departement van korrektiewe dienste se streeksportbestuurder van die Vrystaat en Noord-Kaap, is as die radiostasie RSG se rugbystem vir die Vrystaat en straks ook Noord-Kaap aangestel. Stephan (48), wat daagliks oor Radio Rosestad die sport-insetsels hanteer, sal reeds vir die Cheetahs se eerste Superrugbystryd op 15 Februarie teen die Leeus hier oor die lug gehoor kan word.

Die Gekombineerde Skool Dr. Viljoen spog met twee stelle tweelinge in die gr. 1E­klas. Hier is die onderwyser Doreen du Toit (agter) by Om­ phile Motlokoa en Oratile Motlokoa, asook Sinekhaya Koko en Siviwe Koko.

Die Hoërskool Sentraal se hoofleiers is van links, voor: Inge Schoeman (hoofmeisie: koshuis), Danielle Giorgi (hoofmeisie) en Martinique Ferrei­ ra (onderhoofmeisie: stad); agter: Pieter Kotzé (hoofseun: koshuis), De­ han Kotzé (hoofseun) en Richard Jansen (onderhoofseun: stad).


Droom word waar ’n DROOM word binnekort waar vir Ludwig Streso wat verlede jaar derde in Bloemnuus se Spontaan-kompetisie geëindig het. Ludwig sê musiek is in sy are en daar gaan nie ’n dag verby dat hy nie musiek maak en opneem nie. Om dié rede het hy al sy bed uit sy slaapkamer geskuif sodat hy daarvan ’n musiekateljee kon maak. Nou het dinge so uitgewerk dat ’n musiekateljee vir hom in Parkweg 81 gebou word. “My loopbaan sal nou lekker kan vlamvat,” sê dié 19-jarige wat verlede jaar aan die Hoërskool Fichardtpark gematrikuleer het. Kleintyd was hy vir ’n kwartaal by ’n sangskool, “maar dié sangonderwyser het ophou sang afrig. Hy het

vir my ’n musiekprogram gegee en gesê ek kan daarmee speel”. En só is die saadjie vir sy belangstelling in musiek (-opnames) geplant. Toe hy 11 jaar geword het, het hy sy eie rekenaar gekry. “Ek het met passie radio-radio gespeel, nuus gelees, advertensies gemaak . . . Ek kon my net indink hoe dit sal wees om op ’n regte-egte radiostasie uit te saai.” Baie van die liedjies wat hy op sy radiostasie gespeel het, was liedjies wat hy self gekomponeer en opgeneem het. “Ek kan dit vir enigeen aanbeveel om sy liedjies op te neem en daarna te luister. Dan hóór jy hoe jy klink.” Van die eerste liedjies wat hy as ’n

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014 7

kleuter gesing het, was Circle of life, die temalied van The Lion King, met oorfone oor sy ore. ’n Video hiervan is te sien op www.bloemnuus.co.za. In meer onlangse tye het Ludwig sy eie CD uitgereik en só baie geld gespaar. As jy dié CD wil aanskaf, bel 084-994-7746. Hy was twee jaar gelede die wenner van Express se Spontaan-kompetisie, verlede jaar was hy derde in Bloemnuus se Spontaan-kompetisie en hy was onder die toptien in Bloem Idols. Sedert hy matriek geskryf het, neem Ludwig regte radioadvertensies op vir stasies, sing en skryf liedjies, en maak ook musiekvideo’s. – Jens Friis

Ludwig Streso in sy ateljee wat hy binnekort vir ’n nuwe een gaan verruil.

Vroue WE’RE REGISTERED agter TO VOTE. ARE YOU? tralies DIT is weer tyd vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) in Bloemfontein se jaarlikse Jail ’n Bail-geldinsamelingsprojek. Wat vanjaar van die vorige jare anders maak, is net Bloemfontein se voorste professionele vroue is hierby betrokke. Die vroue het elkeen ’n spesifieke bedrag wat hulle moet insamel – die sogenaamde “losprys”. Elke vrou is “aangekla” en gaan op die betrokke Saterdag voor die regter verskyn in die “skynhof” wat in die atrium in die Mimosa Mall opgerig sal word. Vyf verhoorafwagtendes word die oggend in ses verskillende selle aangehou. Tydens die verhoor sal ’n prokureur hulle voor die regter verteenwoordig. Die verhoorafwagtendes kan daar om vrylating pleit. Die eerste 10 vroue maak reeds flink hul borggeld bymekaar. Hulle is: S Jo van Eeden, redakteur van Volksblad; S Lizette Botha van Estasi Shuttle; S Rothea van Biljon van Jenwil Bluestar Finansiële Adviseurs; S Sue Watson van Posh Lab; S Staff Management (Martie Bloem en personeel); S Jeannette Geldenhuys van Radio Rosestad; S Amanda Burger van 911 Woundcare; S Monia Stadler van Roco Fittings; S Hermien Borman van Ques; en S Jurien du Preez van die Reik na Herstelgroep vir borskankerondersteuning. Kansa se mikpunt is om 30 verhoorafwagtendes te hê. Rig telefoniese navrae aan Kansa by 051-444-2580, of stuur ’n e-pos aan hbotha@cansa.org.za of nvniekerk@cansa.org.za. S Kansa Bloemfontein se Jail ’n Bailprojek vind op Saterdag 8 Maart in die Mimosa Mall se hoofatrium plaas.

Rothea van Biljon

Jo van Eeden

Jeannette Geldenhuys

Hermien Borman

FINAL REGISTRATION 8 - 9 FEBRUARY 8AM - 5PM

0800 11 8000 900271/E


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014

R20 000!

PRYSE van sowat R20 000 is te wen in Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie. Nie net die paartjie op die eerste drie foto’s wen lekker vet pryse nie, maar ook die fotograwe wat die twee mooiste foto’s geneem het, asook twee gelukkige lesers wat hul stemme uitbring.

Ernst en Megan Bezuidenhout.

Moses en Candice Igbo (Ilanga­landgoed).

Foto: Genesis Images

Foto: Eye Candy Photography House

Wie bepaal die wenner? Die stemmery op Bloemnuus se Facebook-blad het reeds gesluit, maar jy kan steeds op Bloemnuus se webblad, www.bloemnuus.co.za, stem om in aanmerking te kom om ’n R1 000-geskenkbewys van Kloppers te wen. Buiten die lesers se stemme wat tel, bestaan die span beoordelaars uit: S Jens Friis: Redakteur van Bloemnuus; S Susna Pieters: Verkoopsbestuurder van Bloemnuus, Ons Stad en Express; S Christo van Staden: Assistent-redakteur: Volksblad, verantwoordelik vir Volksblad se plaaslike koerante; S Karen Herbert: Produksieredakteur, Sentrale Plaaslike Koerante van Volksblad; S Meryl Henning: Loch Logan-waterfront (borg); S Anton Smith: Omroeper by Radio Rosestad; S Bianca Prins: Bemarkings- en geleentheidskoördineerder van die Volksblad-groep; S Madelein Venter: Koördineerder van spesiale projekte en jeugbylaes: Volksblad; S Reza van Rooyen: Digitale redakteur: Volksblad; S Elretha Britz: Kunsredakteur van Volksblad. Die vier foto’s wat na die laaste ronde van die kompetisie deurgedring het, is hier langsaan. Die pryse Loch Logan-waterfront: Twee geskenkbewyse: S R2 000 – Fotograaf wat wenfoto geneem het; en S R1 000 – Fotograaf wat foto geneem het wat tweede kom. Kloppers: Twee geskenkbewyse: S R1 000 aan ’n Bloemnuus-leser wat gestem het op Bloemnuus se Facebook-blad; en S R1 000 aan ’n Bloemnuus-leser wat tans stem op Bloemnuus se webblad, www.bloemnuus.co.za.

Andrey en Elani Vermaak (Rosella Farms).

Foto: 3’kie’s Photography

Lindi en Hendre Moolman (The Willows).

Foto: Palm Photography

Black Mountain Hotel: Naweek vir twee. Visionnaire Beauty: Gesigsbehandeling (facial) en pedikuur (R530) aan bruid op wenfoto. Quest Gym: Drie geskenkbewyse aan elk van die paartjies op die eerste drie foto’s: S Eerste – drie maande se gim-toegang met ’n persoonlike afrigter (R1 800). S Tweede – een maand se gim-toegang met ’n persoonlike afrigter (R600). S Derde – een maand gratis gim-toegang sonder ’n persoonlike afrigter (R330). Kaleidoscope Studios: Fotosessie vir die paartjie op die wenfoto (R1 500). M.I. Adam Hypnotics Spa: NAP-sessie en hipnoterapie-sessie vir elk van die drie toppaartjies (R450 elk). House of Interior Design: Geskenkbewyse aan die paartjies op die eerste drie foto’s: S Eerste – R2 500. S Tweede – R1 800. S Derde – R1 500. The Wedding Shoppe: Drie geskenkbewyse van R150 elk wat in die Loch Logan-waterfront gebruik kan word aan die paartjies op die eerste drie foto’s.


My hond is g’n brak

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014 9

Lê jou troeteldier jou na aan die hart? Stuur dan gerus ’n foto van goeie gehalte van jou geliefde woef, kietsie, slang, muis of perd vir plasing in Bloemnuus na jens. friis@media24.com. Sien advertensie elders op dié blad.

Karmyn van Straaten Koen, die fotograaf, is ook die teler van dié honde. Die kleingoed se pa is Tux en die ma Roxy.

Christil Casey Viljoen vertel só van haar twee “kinders”: “Ace, die Belgiese herdershond­ kruising, en Xena, die Australiese kelpie, is die beste woefies nog. Hulle is vrek slim en het die mooiste maniere. Hulle is regtig ’n meisie se beste vriende.” ......................................... .........................Foto: Christil-Photography Bloemfontein

“Ons worshond Toffie het dié vakansie alte lekker op Port Alfred se strand gekuier. Hy hou veral van die rotspoele en het ure met sy kop onder die water na vissies gesoek,” vertel Dawie Kok.

Wayda Wiese met haar lieflinghond, Buddy.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014

Maak só poeding MAAK die poeding in ’n koekblik, vries oornag en teen die tyd dat jy by die piekniek aankom, sal dit romerig en koud wees. Dit sal jou omtrent drie minute vat om te maak. Jy het die volgende nodig: een blik (360 g) karamelkondensmelk een koppie room, styfgeklop drie Peppermint Crisps, gebreek Kwart koppie melk vier sopies brandewyn twee pakkies Tennisbeskuitjies Maak só: Meng die karamel met ’n kwart van die room. Meng die res van die room met die helfte van die Peppermint Crisp-sjokolade. Meng die melk en brandewyn en gooi dit in ’n plat bak. Doop die Tennisbeskuitjies een vir een daarin (vinnig!) en pak ’n laag onderin ’n koekblik (of twee kleintjies) of bak van ongeveer 20 cm x 20 cm. Smeer die helfte van die karamelroom daaroor en smeer

Of jy op die vakansiehuis se stoep ontbyt eet of om ’n kamp­ vuur en weglê, dié praktiese vol­ kleurkookboek is vol eenvoudi­ ge resepte vir kuier­kuier eet. dan die helfte van die sjokoladeroom bo-oor. Herhaal tot die bestanddele op is (jy gaan beskuitjies oorhê) en krummel die res van die sjokolade oor. Vries vir vier uur of oornag. Plaas dit 30 minute voordat jy dit wil opdien in die yskas sodat dit romerig is. Wenk: Jy kan die Tennisbeskuitjies met vingerbeskuitjies vervang en die brandewyn met Amarula.

Bevrore Peppermint Crisp­koek.

Foto: Weg! Naweekkos

PERSOONLIKE DIENSTE

PERSOONLIK 1460

FUNKSIES & KONFERENSIES

1445

VOLG BLOEMNUUS OP JOU SELFOON: Dit is spesifiek só ontwerp dat jy die koerant nou maklik op jou selfoon se skermpie kan lees: http://bloemnuus.mobi.

BOEDELKENNISGEWINGS

ALLERLEI

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

TE KOOP

LENINGS

1425

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845 1655

STAALWERKE Afdakke, Pallisade, Diefwering, wasgoedlyne, hekke. Alle tipe Staalwerk: Skakel Braam 0827262889 / Neels 0765183987. BURGER STAALWERKE

Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. ROMMELInskrywings 051 451 VERWYDERING 1211. Jaco 079 603 1860 9374 of Danie 076 757 Vervoer van meubels, 4972. bourommel, huis en tuinvullis. Skakel Kobus 0722887535

SOEK, KOOP, VERKOOP

BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

4201

122 STEPHANUS PETRUS ODENDAAL In die boedel van wyle Stephanus Petrus Odendaal en langslewende gade Carolina Christina Odendaal, boedelnommer 381/2014, Meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 14 Junie 1959, identiteitsnommer 590614 5215 086 van Panorama Park 133, Tielman Roosstraat, Bloemfontein, datum van dood 17 Desember 2013. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 7 Februarie 2014 (datum van publikasie hiervan). EE Pohl Symington & De Kok Posbus 12012, Brandhof 9324 (MHO0054)

BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN

Senior Handyman

3680

Salary: R96 363 per annum (Salary Level 4) Free State National Botanical Garden Requirements: • A Grade 10 qualification with at least 5 years’ working experience in the maintenance of workshop equipment, as well as in construction duties. Responsibilities: • Assist with installation and maintenance tasks associated with the following trades: Bricklaying; plastering; basic carpentry; plumbing; painting; roofing; fence repairing; and basic electrical work pertaining to buildings, structures, features and articles on the campus • Assist in construction, maintenance and repairs of all the machinery, equipment and tools of the garden. Enquiries: Mzekelo Mpatani, tel. (012) 843-5229 In addition to the salary, SANBI offers fringe benefits. In terms of the SANBI Employment Equity Plan, preference will currently be given to candidates from the designated groups. Persons with disabilities are encouraged to apply. Candidates are expected to be available for selection interviews on a date and time as determined by SANBI. Applications, including a completed application form, motivational letter, certified copies of qualifications and a concise CV, must be forwarded as per the details reflected on the website: www.sanbi.org.za Closing date: 21 February 2014 If no response has been received within 30 days of the closing date, candidates may consider their applications unsuccessful. SANBI reserves the right not to fill this position. Kone Solutions K22098

Opsoek na onafhanklike agente vir die bemarking van water suiweraars. Werk op 'n komussie basis. Baie goeie deeltyds of voltydse geleentheid. Kontak ons by info@betterlifesa.co.za

ALLE ADVERTEERDERS

VERKOPE & BEMARKING

"A", leestekens soos "!"

AANDAG Die gebruik van die letter

3760

Dringende betrekking vir persoon met televerkope en debiteure ondervinding. Faks CV na 0514302504

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 FEBRUARIE 2014 11

Gaan slaap in ’n grot Wilna en Héleret Wolmarans-Visser het in ’n kort wegbreektydjie uit die stad op ’n ongewone blyplek afgekom. WAT oor ’n jaar deeglik beplan is as die “verowering van die Sani-pas” (met 4x4-opleiding en die lot), het gelei tot ’n hemelse ontdekking in die Midlands Meander in KwaZuluNatal (KZN): ’n “Grot” wat tong uitsteek vir enige fênsie hotel! Nadat die Sani-pas van Underberg se kant in KZN aangedurf is (sommer “retoer” vir ekstra opwinding), het die twee avonturiers koers gekies deur die Midlands Meander na die Antbear Guest Lodge – nie ver van Giant’s Castle nie. Ná ’n soektog op die internet het hulle hier blyplek in ’n grot bespreek, maar nie naastenby geweet wat op hulle wag nie. Hoewel dit ’n mensgemaakte grot is, voel dit net soos die ware Jakob wat in ’n luukse, rustige, unieke woonplek omgetower is. Met die aardse kleur en afwerking van die (grot) mure, met as ’n bonus ook Boesmantekeninge daarop, kan jy jou verbeel jy is iewers diep in ’n berg waar niks of niemand jou kan steur nie. Maar dit is waar die ooreenkomste met ’n grot ophou. Die bonkige houtmeubels wat op die plaas self ontwerp en gemaak is, is iets uit ’n ander wêreld – elkeen ’n kunswerk uit eie reg. Selfs die yskassie is in ’n houtkassie “versteek” wat Wilna sou ingepak het as hy maar net in die Jimny gepas het. In die een hoek van die “grot”, wat aan die voorkant met groot glasvensters en -deure toegebou is, is ’n kaggel met ’n mandjie hout en vuuraanstekers. Op die bed lê ’n kwilt so mooi dat jy nie jou oë daarvan kan afhou nie. Aan die ander kant is ’n groot borrelbad waarin jy heerlik deur die groot venster oor die vallei kan uitkyk (ja, dit is só privaat!) – met Giant’s Castle op die horison. Is bad nie jou ding nie, kan jy in die badkamer wat op die dek uitloop, stort terwyl jy deur

Een van die “Boesman­tekeninge” aan die grotmuur.

’n Lekker bed om op te droom – gans anders as waarop ’n grotbewo­ ner in die jare toet sou slaap.

Die borrelbad in die een hoek van die “grot”.

Héleret ontspan in een van die hangstoele op die dek van die “grot”.

’n kunswerk van ’n venster die wêreld bekyk. Weelderige japonne hang gereed om jou in toe te draai. Gaan sit dan met ’n drinkdingetjie in een van die hangstoele op die dek voor die grot en verlustig jou in die rustigheid en stilte van die aand.

Getrou aan eko-toerisme kom die meeste van die groente en vrugte uit Conny se tuin. Haar hoenders voorsien die eiers en sy maak haar eie kaas. Daar is ook ’n “fabriek” waarin die meubels vervaardig word en jy kan selfs vir ’n paar houtwerklesse gaan.

Hierdie klein paradys van Conny en Andrew verskaf ook verblyf in ander keurig gemeubileerde kothuise. Ontbyt en driegang-aandetes word in die lodge se eetkamer aangebied. Almal sit om ’n reuse-tafel (nog een van Andrew se eie skeppings).

Of jy kan saam met Andrew in sy muggievliegtuig gaan vlieg. As jy sou oorweeg om ’n dag of wat hier te gaan uitspan onthou die volgende: stapskoene (daar is baie om te sien), ’n reënbaadjie (dit is nie verniet so groen daar nie!) en muskietafweermiddel.

Kloosters bied meer as beddens Jens Friis ROOK is hier verbode. Daar is nie ’n private telefoon nie en ook nie kamerdiens nie. Die bed is dikwels smal, die handdoek dun en die seep van swak gehalte. ’n Mini-kroeg en satelliet-TV is daar nie. Nie alle toeriste sal sin in sulke blyplek hê nie, maar ek dra my herinnerings van my verblyf in Europese kloosters soos ’n kleinood saam. Sheila Cussons het só gedig oor die non Teresa van Avilla wat geld vir haar klooster vra: As ons ons kaarte reg speel, Heer, (U is ook Jóóds) / en ons kan hierdie skenking kry, kan ek maar weer deur die benerige arts gebloei / en geradbraak word, dus help vandag u sakevrou. Kloosters was eeue lank ’n toevlugsoord vir pelgrims en studente. Nou is hul deure weer oop. Dié keer vir toeriste. Ekonomiese redes is die noodsaak. Jy word nie oor jou geloof gevra nie. In sommige kloosters mag net vroue oornag. In ander word paartjies, gesinne en selfs mans wat alleen toer, ontvang.

Antwoorde op eksistensiële raaisels voel hier toegankliker. Dalk is die rede dat jy kans kry om nie net te kyk nie, maar ook te sien. Om nie net te hoor nie, maar ook te luister. Soort klooster Alles hang af van die orde waaraan die kloosters behoort en die mate waarin hulle vir geestelike toerisme gereed is. By Our Lady of the Atonement in Rome vra ’n vriendelike non jou naam as jy die klokkie lui. Sy lei jou na ’n kamer wat redelik spartaans ingerig is. Jy herinner jouself aan wat Job geleer het: ’n Mens kom die wêreld met niks in nie, en gaan ook só daar uit. Daar is ’n bed, lessenaar, leeslamp, hangkas en soms die luukse van ’n skryftafel – omtrent wat jy in ’n gewone hotelkamer sou verwag. Ontbyt word by tafeltjies in ’n keurige eetkamer bedien. By die Santa Caterina-klooster

in Siena moet jy ekstra betaal as jy ontbyt wil hê. Vir afwisseling neem jy die bus na Pienza om ontbyt te gaan eet daar waar ’n groot deel van die trefferrolprent The English Patient verfilm is. Die Domus Cavanis in Venesië se ingang is donker en koud, so ook die gange na die kamertjies. Dit is egter sentraal geleë. Om die draai is die Peggy Guggenheimmuseum en die Gallerie dell’ Accademia. Wie is die gaste? Wie bly hoofsaaklik hier oor? vra ek die non wat die deur oopmaak. Sy verduidelik vir sommige toeriste is die goedkoop pryse aanloklik. Maar wêreldmoeë reisigers stroom ook hierheen. Hulle soek ontvlugting van stres in ’n tegnologies gevorderde wêreld wat vir hulle dikwels so sinloos lyk. “Die mens is meer as net materie. Daar is ’n hernude soeke na die dieper dinge,’’ sê sy. En as jy daardie soektog in “weelde” wil doen, is die Casa di Santa Brigida in Rome die regte plek. Hier kry jy, anders as in die meeste kloosters, jou eie toegang-

sleutel vir die deur langs die Via Monserrato. Smullekker etes word hier bedien. Die maaltyd word begin met sampioen-risotto, wit wyn, gebottelde water en brood, gevolg deur wildsvleissteak, jong murgpampoentjies en aartappels. Nagereg is ’n ryp pruim en espresso. Die kamers het lugverkoeling en ’n telefoon. Jy kry dalk ’n kamer met ’n venster wat op ’n rustige binnehof of een met sy eie badkamer uitkyk. Ook in Oostenryk verskaf kloosters deesdae besoekersverblyf. Die 12de-eeuse klooster in Geras pryk tussen wingerde aan ’n heuwel naby die grens aan Tsjeggië. Die huisvesting en kos is goed. Boonop is daar die geleentheid om kunsklasse te volg. En mans kan hier ’n paar weke lank soos ’n regte monnik leef. Die eerste Europese klooster is in 529 by Montecassino, by die dorpie Cassino in Italië, deur St. Benedictus van Nursia gestig. Hy het ook die reëls neergelê wat steeds die grondslag van die lewe in ’n klooster in die Westerse wêreld vorm.

Geloof In een klooster loop ek ’n Australiër raak wat sê hy is ’n agnostikus. Sy siening van godsdiens eggo Wilson Mizner se woorde: “Ek respekteer geloof, maar dit is twyfel wat jou ’n opvoeding gee”. Tog, sê hy, in ’n klooster voel hy nader aan “iets soos ’n skepper”. “Antwoorde op eksistensiële raaisels voel hier toegankliker. Dalk is die rede dat jy kans kry om nie net te kyk nie, maar ook te sien. Om nie net te hoor nie, maar ook te luister.’’ Ek verstaan wat hy bedoel, want die gevoel van rustigheid en ordelikheid wat jy tussen kloostermure kry, is gerusstellend soos wanneer jy ’n CD só goed ken dat jy al weet wat die eerste note van die volgende snit gaan wees terwyl die laastes wegsterf. Om in ’n klooster te vertoef laat jou nader aan jouself beweeg en bring jou in voeling met dinge wat jy al vergeet het. Vir gelowiges wat glo dat God die maat is waarmee die heelal gemeet word, kan dit ’n persoonlike pelgrimsreis wees. Vir ander bied dit dalk die kans om die aardse en sintuiglike te herbeleef.


HULLE KAN GOOI: Johan Benade van Welkom het Saterdag die mansafdeling by die Bloemfontein-veerpyltjieklub gewen. Jaco Jacobs van Bloemfontein was tweede. Die vroue-afdeling is deur Juliana Olivier van Kroonstad gewen en Judy Marx van Welkom was tweede. In die dubbelsafdeling het dit beter met die Bloemfonteiners gegaan: Eddie Esterhuizen en Jaco Fourie het die mansafdeling gewen en Carien Els en Amanda Fourie die vroue-afdeling. Hulle is almal van Bloemfontein. Talle foto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.

WÊRELDKLAS: Die Stadion­swembad is vir meer as R8 miljoen opgeknap en sal gereed wees vir die groot skole­swembyeenkoms op 14 en 15 Februarie. Dit voldoen aan Fina­standaarde en kan deur dié swemliggaam vir internasionale swemtoernooie gebruik word. Sien nog ’n foto op bl. 6. Foto’s: Conrad Bornman

Cheetahs vol vertroue Span kry algaande voet op padel in oefenwedstryde NAKA DROTSKé, hoofafrigter van die Toyota-Cheetahs, kan met rede vanjaar se kompetisie met vertroue tegemoetgaan. In die Toyota-Cheetahs se voorseisoense oefenwedstryde het die groep algaande voet op die pedaal gekry. Saterdag op OudGreys se veld teen die Pumas het die span sy ritme gekry en met ’n sege van 31–6 gewys wat vanjaar van dié streekspan van SentraalSuid-Afrika verwag kan word. Die Toyota-Cheetahs het in vroeëre oefenwedstryde teen die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en ook die

Southern Kings nie juis die wêreld aan die brand gespeel óf verdedig nie. Ander oefenwedstryde S Interessant van die voorseisoense oefenwedstryde die afgelope naweek is drie voormalige kampioene – die Brumbies, Blou Bulle en Blues, wat drie van hul vier eindstryde gewen het, het almal die onderspit gedelf. S In die skilderagtige Nieu-Seelandse dorp Queenstown het die Highlanders (NS), wat in 2013 14de geëindig het, die Brumbies (Aus), wat verlede jaar in die Super-eind-

stryd gespeel het, met 15-11 verslaan. S Op Masterton het die Hurricanes, wat verlede jaar 11de was, die Blues, wat tiende was, met 38-35 geklop. S In die Peter Mokaba-stadion in Polokwane het die Stormers met ’n sterk eindpoging die Bulle met 26-19 geklop. Groot gewag is van Victor Matfield se terugkeer tot die Bulle se span gemaak, maar dit was nie genoeg om die omgekrapte Stormers te stuit nie. Die Stormers het vier drieë teenoor drie drieë gedruk.

Die Bulle se knap Springbok-losvoorspeler Arno Botha is in sy eerste wedstryd ná ’n besering wéér met ’n besering van die veld gehelp. S In Albury, Australië, het die Rebels die Waratahs met 33-28 in uiters warm weer geklop. Die wedstryd is in vier kwarte beslis. S Die Haaie het twee weke gelede hul voorseisoense kragmeting teen Saracens in Londen verloor, terwyl die Leeus hul stem Saterdag met ’n oorwinning van 19-12 oor die Southern Kings in die Nelson Mandela-stadion in Port Elizabeth begin dik maak het.

Nuwe truie Die Toyota-Cheetahs is opgewonde oor hul nuwe Superrugby-truie wat deur Puma gemaak word. Dit word bemark met die woorde Zero to try in a blink of an eye. Toyota-Cheetah-ondersteuners sal die replikatruie van vandag af in die Cheetah-winkel in die Loch Logan-waterfrontsentrum en aanlyn kan aankoop. Die afwagting vir en aanloop na die Superrugby-openingswedstryd op Saterdag 15 Februarie teen die Lions in die Vrystaat-stadion het begin. – Cheetah Bulletin


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.