21 FEBRUARIE 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
WWW.BLOEMNUUS.MOBI
GRATIS
Vrijstaat 160 jaar
TALLE geleenthede vind die naweek ter herdenking aan die totstandkoming van die Oranje-Vrystaatse Republiek 160 jaar gelede plaas. S Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge hou vandag om 08:00 ’n konferensie in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln). Van die sprekers is proff. Hermann Giliomee, Danie Goosen en Koos Malan. Oudpremier Mosiuoa Lekota sal oor ’n Vrystaatse perspektief op die ontwikkeling van demokrasie: 1994-2014 praat. Om 19:00 word in die Ou Presidensie langs Pres. Brandstraat feesgevier. Jak de Priester is die gaskunstenaar. S Dooie historiese bome voor Naln: ’n mini-seminaar: Alle kundiges en belangstellendes word genooi na ’n gesprek oor die belangrikheid van die geskiedkundige boomtuin, teorieë oor die vrekte van die bome en die pad vorentoe. Dit vind môre tussen 09:00 en 11:00 plaas. Om 11:30 vind ’n boomplantingsgeleentheid in samewerking met die Vriende van Naln plaas. Genetiesgetroue lemoenboompies
wat deur Citrus Research International (Pty) Ltd in Nelspruit van die eeu oue historiese lemoenbome in Naln se binnehof gekweek is, word geplant. Só sal ’n unieke stukkie Vrystaatse geskiedenis voortleef. Bel Otto Liebenberg (084-621-7350). S Die Vriende van die Ou Presidensie se jaarlikse geskiedkundige bustoer deur Bloemfontein vind Sondag op Vrystaat-dag plaas. Dit begin om 14:00 by Naln. Bel Reza Brits by 051-522-4675. S ’n Byeenkoms vind Sondag om 15:30 in die Tweetoringkerk plaas. Dit word deur die Vriende van die Ou Presidensie in samewerking met die Bloemfonteinse Afrikaanse Kultuurraad gereël. Verskeie kore met orrelspel, samesang, asook ’n geskiedkundige aanbieding van die Vrystaat oor 160 jaar, word met klank en beeld aangebied. Ds. Gert Terblanche is die prediker. Toegang is gratis. Bel Lambert van Rensburg by 051-422-5283. S Sondag om 17:30 sal ’n salvo in die Ou Fort geskiet word om Vrystaat-dag te herdenk.
Wen Stevekaartjies Tien lesers kan elk twee kaartjies na Steve Hofmeyr se konsert op Woens dag 26 Maart in die Kovsiekerk wen. Skryf jou in op www.bloemnuus.co.za. Kaartjies tussen R110 en R220 is ook by Computicket te koop. Bloemnuus is ‘n mediaborg van die konsert. Navrae: 0824818881.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014
Dié dinge laat Elmarie tik DIE Bloemskou vind vanjaar van 24 April tot 3 Mei plaas. Jens Friis het met Elmarie Prinsloo, die uitvoerende hoof wat jare reeds ’n leidende rol op dié skou vertolk, gesels. Wat behels aardse geluk? Om lief te wees vir jou Skepper, jouself en die mense om jou – daardeur is mense ook lief vir jou en leef jy gelukkig. Met watter tekortkominge in ander mense kan jy saamleef? Wat ook al jou tekortkominge, as iemand “wil” in die lewe kan jy wondere verrig. Wie en wat kan jy nie verduur nie? Korrupsie en negatiwiteit. Wat is jou grootste uitspattigheid? Ek dra graag ’n hoed en hou van mooi skoene. As jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen – waarheen sou dit wees? Ek sou enige eilandvakansie saam met goeie vriende kies – wie kan meer vra as die pragtige natuurskoon, rustigheid en goeie geselskap wat dit bied? Wat is jou gunsteling-eetplek? Bella Casa of Seven in Bloemfontein en in die natuur is my keuse De Oude Kraal en die Botaniese Tuin. Waarvan hou jy glad nie in Bloemfontein? Die vuil strate en die swak bestuursvermoë. Wat lees jy? One minute manager van Ken Blanchard en Spencer Johnson. Wat is vir jou snaaks? As iemand met groot inspanning ’n gholfbal misslaan.
Elmarie Prinsloo, die uitvoerende hoof van die Bloemskou.
Wat maak jou nostalgies? Mooi musiek en foto’s. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Ek kan met eerlikheid sê ek is oral gelukkig, maar spesiale plekke sluit enige plek in die natuur in – by die see, in die wildtuin, op ’n plaas. Jou kosbaarste besitting? Ek is nie op aardse besittings ingestel nie. As ek iets moet uitsonder, sal dit foto’s met spesiale herinneringe wees en vir seker my familie en spesiale vriende. Wie is jou helde? Alledaagse mense om my – ’n kollega, buurman, kliënt. My pa het ’n baie spesiale rol in my lewe vertolk en is daarom ’n held. Jy is ’n sportentoesias. Watter vier sportlui sou jy die graagste vir ete wou nooi? Inspirerende sportmanne soos Gary Player, Francois Pienaar, Alan Donald en John Smit. Wat sou jy dan vir ete maak? Daar is niks soos die braai van ’n skaaptjoppie nie. Ek sou wel iets tradisioneels wou bysit soos kerrie-afval.
Van links is Nico Nel (stiefpa), Elsie Nel (ma), die bruidspaar is Elmarie se broer Neels Prinsloo en skoonsuster Ludette, haar ander broer, Martiens Prinsloo, en skoonsus Lizanne, Elmarie en vriendin Esta van Heerden. Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Hoewel werk baie tyd vat en ek my werk geniet, maak ek tyd vir wegbreek en ontspan. Dit sluit in stap, gholf speel, tuinwerk of lees. Wat is jou gunsteling-versreël? Filippense 4:13 – Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Oor watter gawe sou jy wou beskik? ’n Supergeheue. Waar sou jy eendag wil aftree? In ’n rustige, nie-kommersiële dorpie by die see – dalk iewers langs die Weskus of Wildekus. Solank dit ’n mooi en rustige plek in die natuur is.
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 3
Waar was jy toe . . . Albé Grobbelaar DIT was op ’n Donderdag dat ek en my twee oudste seuns met die motor Durban toe is. Die SAUK se ses streekradiostasies is kort tevore geprivatiseer en ’n paar van ons by Ofm was ook by East Coast Radio, wat deur dieselfde maatskappygroep gekoop is, betrokke. Ek moes vergaderings gaan bywoon en het dit as ’n ideale geleentheid gesien om sommer ’n bietjie pa-en-seun-tyd in te werk. Dit was in Augustus 1997. Van die vergaderings die Vrydag onthou ek min. Maar die tydjie saam met die seuns in die luukse hotel was onvergeetlik. Reg langs die strand. Pragtige uitsig. Ons het die hele Saterdag rondgejol. Swem, branders ry, hamburgers en tjips in ’n strandkafeetjie eet, land en sand gesels, weer swem, in die winkelsentrums ronddwaal, musiek luister, en toe het ons die aand deftig gaan uiteet. Ons is laataand doodmoeg terug kamer toe en gou was almal vas aan die slaap. Ek was vroeg wakker die Sondag 31 Augustus 1997. Dit was seker nog voor sesuur toe ek die televisie aanskakel. Die seuns het vas langs my geslaap. CNN. Prentjies van flitsende ligte, sirenes, polisievoertuie, ’n motorwrak. ’n Mercedes. ’n Tonnel. Parys, Frankryk. Stadig het dit tot my deurgedring:
Albé Grobbelaar Prinses Diana is dood. Ek het die seuns wakker gemaak. Ons het geweet dit was ’n dag wat ons nooit sou vergeet nie. Ons Grobbelaars het altyd – of so het ons graag geglo – ’n spesiale band met die Britse koningshuis gehad. My ma het dikwels vertel sy en koningin Elizabeth was meer as
een keer saam swanger. En soos die toeval dit wou hê, is mý oudste twee seuns net so oud soos Diana se kinders. Louis en prins William verskil net ’n paar weke, en Duard en Harry ses maande. Op pad terug Bloemfontein toe was ons stil in die kar. Ons het geluister hoe die verskillende radiostasies die nuus hanteer. Meer inligting oor die ongeluk het bekend geword. Mense het ingebel. Hier ver aan die suidpunt van Afrika, duisende kilometers verwyderd van alles, het huilende luisteraars vertel wat prinses Di vir hulle beteken het. Ek het na my seuns gekyk en gedink aan daardie twee jong kinders wat hul ma verloor het. Ons het pas in Senekal stilgehou toe een van Ofm se omroepers my uit die ateljee bel. Hulle gesels met verskillende mense oor hoe hulle die tragiese voorval beleef. Wat is my indrukke? Ek het op die sypaadjie uitgestap terwyl die seuns hul koeldrank in die Wimpy drink. ’n Minuut of twee het ek oor die nuusdekking hier in Suid-Afrika en oor my belewenis daarvan gepraat. Ek onthou ek het klaargemaak en teruggeskakel na die ateljee toe. Ek onthou hoe ek op die sypaadjie in Senekal deur die venster na my twee seuns by die tafeltjie in die Wimpy gekyk het. En ek onthou hoe ek onbedaarlik begin huil het.
Today in history 1657: Free Burghers in the Cape receive their first agricultural plots.
1876: Chief Justice FW Reitz opens the first session of the Supreme Court of the OFS.
1803: Britain returns the Cape formally to the Netherlands and the flag of the Batavian Republic is hoisted on the Castle. The agreement was reached at the Treaty of Amiens in March 1802.
1973: The first general elections to the Ciskei’s Legislative Assembly are held in the territory’s nine districts.
1842: John J. Greenough patents the sewing machine. 1848: The Communist Manifesto is published by Karl Marx and Friedrich Engels. 1858: The first electric burglar alarm is installed in Boston.
1979: George Matanzima becomes premier of Transkei. 1989: Bodyguards of Winnie Mandela are accused of the murder of Stompie Sepei (14). 2001: Miriam Makeba is nominated in the category World Music Album for her album Homeland at the 43rd Annual Grammy Awards.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014
To-do list
Rosie’s Brasserie is die borg van Bloemnuus se gewilde Leserslens kompetisie. Dié restaurant in die Windmill Casinoenvermaaklikheid sentrum is veral gewild om sy groot buffetmaaltye. As jy ’n ete hier wil wen, stuur ’n foto na jens.friis@media24.com. Voorkeur word ge gee aan foto’s wat in en om Bloemfontein geneem is. Digitale foto’s moet minstens 1 MB groot wees. Vorige wenfoto’s verskyn op bloem nuus.co.za.
IETS OM TE DOEN DIÉ NAWEEK: Gaan kyk na die tiere wat John Varty, ’n bekende in wildbewaringsgeledere, op plase by Philippolis, sowat 190 km suidwes van Bloemfontein, hervestig het. Skryf aan info@jvbigcats.co.za om meer uit te vind. Foto: jvbigcats.co.za
FRIDAY, 21 FEBRUARY S South Africa’s top dedicated micro brewers return to the Eastern Free State for the Clarens Craft Beer Festival. Tickets are priced from R100 and include a tasting glass. Call Natalie Meyer on 082-901-4700. S Die Laerskool Willem Postma vier sy 69ste bestaansjaar met ’n pretstap op Naval Hill. Die eerste groep leerlinge sal om 09:00 aan die sirkelroete van ongeveer 5 km begin stap. Bel Isabel Homsek by 051-436-2730. S Grey-kollege en Standard Bank se skaaktoernooi. Bel Mareth Jooste by 051-444-1513. S Die halfeeufees van die NG gemeente Hospitaalpark word gevier. Oor die naweek van 21 tot 23 Februarie 1964 is die kerkgebou ingewy en op 26 Februarie is die gemeente gestig. Ter viering van dié vyf dekades word ’n feeskonsert om 19:00 in die saal van die Hoërskool Sand du Plessis gehou. Geen toegangsgeld word gevra nie, slegs ’n sagte kollekte. Bel Alta Wessels by 051-522-8069. S “Vir die jeug tot eer van God” – elke Vrydag om 19:00. Gospelmusiek, geestelike pitkos, speletjies en eetgoed te koop in Innie Lapa. Bel Jan de Wet by 084-443-0727. S Beesstert (ox tail) en stampmielies – nes jou ouma dit sou maak. Ouma se Kombuis, Tweede Laan, Westdene, 051-447-2294. S Elize stel haar tweede CD tussen 18:00 en 20:00 bekend by Putt a Ball, Parkweg. Skakel 051-447-3896. SATERDAG 22 FEBRUARIE S Die NG gemeente Heuwelsig hou ’n potjiekoskompetisie. Skryf aan vdwaltnico@gmail.com. S Die Bloemfontein-Baptistekerk hou ’n N1-voorbidding. Dié motorgebedsgeleentheid begin om 16:30 by die kerk in Langenhovenpark. Van hier ry die motors noordwaarts. Daar sal by al ses ingange van die stad gebid word. Van Sunninghill tot by Kerkstraat in die suide is dit omtrent 30 km. Daar sal by Kerkstraat teruggedraai word. S Vroueoggendteeparty met Bloemfonteinse Mannekoor en Lindie Stander in die ML Spies-saal by die Meisieskool Oranje. Kaartjies kos R250. Bel Christie by 082-380-0006 of Ansphi by 076-277-4527. S Die NG kerk op Brandfort hou sy Potjiekos-Stap-en-Trap op die kerkterrein. Daar kan tussen ’n skaapof hoenderpot gekies word. Kaartjies kos R40 per persoon en is te kry by die kerkkantoor (051-821-1102) of Nellie Schutte by 082-874-3752. S Nedbank en Bloemfontein Achilles se jaarlikse Kloppers-padwedloopbyeenkoms wat 10 km-wedloop, ’n halfmarathon (21,1 km) en marathon (42,2 km) insluit, vind plaas. Kontak Beverley Olivier deur e-pos te stuur na bloemachilles@gmail.com. S Volksblad se maandelikse Kos-enkunsmark hervat vandag. Die tema van die mark in die Botaniese Tuin is Kinderpret en daar sal aktiwiteite en lekkernye spesiaal vir kinders wees. Vir inligting kontak Bianca Prins by bianca.prins@volksblad.com. S Tommy Dell en Manie Jackson sing in Edenburg. Bel Rita by 051-7431133. S Urth Garden Club get-together with Vlam van Deventer. Call Dorinda Mostert on 051-4511-913.
Dít bly Wicus by WICUS VAN DER MERWE, die gaskunstenaar ná die Cheetahs se wedstryd vandag, deel ’n paar aanhalings wat hom oor die jare heen bybly: S The desire to become a politician should be the main reason preventing you from ever doing so! – Billy Connolly S Kommin is soos klas, jy het dit of jy het dit nie. – Riana Schreuder S Smile! It irritates people! – Anonymous S Speak softly and carry a big stick. – Teddy Roosevelt S No man in the world has more courage than the man who can stop after eating only one peanut. – Channing Pollock S To each his own. – Unknown S Never trust a man who, while being left alone with a tea cosy, doesn’t try it on! – Billy Connolly S My kind, onthou altyd: “The clown always goes home alone . . .” – Tolla van der Merwe Wicus van der Merwe sing vanaand op die Castle Deck in die Vrystaat-stadion ná die wedstryd tussen die Cheetahs en die Blou Bulle. Die wedstryd begin om 19:10. Castle Lager borg die kunsteS Die karakters Lollos en Lettie kom klein kindertjies by Arriva, Kelly’s View, vermaak. Daar is vertonings om 11:00 en om 14:00. Bel Erika by 072-355-6905 of Lindrie by 076-513-0430. S Valiant Swart en DEW in Slightly Nutty om 18:30. Kaartjies van R150 sluit ’n driegangete in. Bel Rudi by 083-432-9927. S Winetasting at the Botanical Gardens from 09:00 to 15.00. Taste and buy “DGB with Graham Beck” wines from the Makro stall. Makro is a regular advertiser in Bloemnews. S Die son kom om 06:02 op en sak om 18:55. MAANDAG 24 FEBRUARIE S Die Shimlas speel om 19:00 teen die Universiteit van Johannesburg op Xerox-Shimlapark. S Amelia Smit, ’n paletmeskunstenaar, stal in Moerby, Reitzstraat 67, Westdene, uit. DINSDAG 25 FEBRUARIE S Join Prof. Jonathan Jansen for a discussion on Reducing Joblessness between 08:00 and 10:00, in the EBW Auditorium (Business School Building, UFS). S Kringtelevisiekameras in Fichardtpark: Kom vind meer uit op ’n vergadering om 18:00 van die Fichardtpark-woonbuurtvereniging in die NG kerksaal, Fichardtpark. Alle Fichardtparkers is welkom. Bel Jenny by 079-225-5090. S Stilte wys om 20:00 op kykNET.
naars wat ná elke wedstryd hier optree. Anton Botha kom op 5 April aan die beurt wanneer die Cheetahs teen die Chiefs uitdraf. Twee lesers kan CD’s van Wicus van der Merwe wen deur hulle in te skryf op www.bloemnuus.co.za. S ’n Ondersteuningsgroep vir ouers met kinders wat gay is, is onlangs gestig. Enigeen is welkom om hulle hier aan te sluit. Nie net ouers van gay kinders nie, maar ook broers, susters of vriende van iemand wat gay is en wat ’n behoefte het om hulle by so ’n groep aan te sluit is welkom. Doen navraag by 082-465-1402. WOENSDAG 26 FEBRUARIE S My Children, My Africa: Toneelstuk. Kaartjies teen R60 is te kry by Pacofs (051-447-7772). S Anmari van der Westhuizen (tjello) en Ilse Schumann (klavier) speel in die Odeion om 19:30. Kaartjies teen R100 en R90 is te kry by Computicket. DONDERDAG 27 FEBRUARIE S Koos van der Merwe bring om 20:00 Leonard Cohen in Afrikaans na die Aasvoëlklub. Kaartjies kos R90 (vooraf) en R120 (by die deur). Skakel 051-443-3439. S Ehrlichpark-kosprojek: Die NG gemeente Heuwelsig lewer Donderdae ’n bord warm, gekookte kos aan 300 mense. As jy betrokke wil raak, bel Lauriette de Waal by 051-436-5482. S Paul Roux se Project Apology – video-dokumentasie ter verskoning aan lydende nie-mensespesies – tot 28 Februarie in die Stegmann-galery op die UV-kampus. S U3A lecture by dr. Robert Book on The End of Life at the Synagogue Hall, 1 Dickie Clarke St, 10:00.
Meer as 500 mense het Saterdag voor die opstal van De Oude Kraal plek ingeneem om na Jannie Moolman en die Vrystaatse Simfonieorkes te luister. Foto: Melanie Moolman
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 5
Nuwe lewe vir gebruikte Bybel DIE nuwe Afrikaanse Bybel word op 12 Maart in Kaapstad bekend gestel. Soos met vorige vertalings word net eers Die Nuwe Testament en Psalms uitgereik. Die volledige Bybel volg later
vanjaar of vroeg aanstaande jaar. Daarom vra die Bybelgenootskap lidmate, wat vorige vertalings (1933, 1953 of 1983) het en dit nie meer gaan gebruik nie, om dit by die Bybelhuis vir
PROMOSIE: BFN Bruidskou en Leopards & Lace
Een van die talle paartjies wat die afgelope maande by Leopards & Lace getroud is, is Zelda en Marius van Straaten. Die Bloemfontein Bruidskou™ word binnekort by Leopards & Lace gehou. Sien advertensie onderaan dié bladsy. Foto: Eye Candy Photography House
Bruidskou wink DIE Bloemfontein Bruidskou™ word die 19de agtereenvolgende jaar aangebied, en wel in samewerking met Leopard & Lace onder die bekwame bestuur van Michael Hetzel. Hetzel is bekend vir sy bestuursvermoë en goeie menseverhoudings. Albei die betrokkenes het jare lange ondervinding in bruidskougeleenthede en die samewerkingsooreenkoms is ’n gulde geleentheid. Die bruidskou duur van Vrydag 7 Maart om 09:00 (tot 20:00), Saterdag 8 Maart om 09:00 (tot 18:00) en Sondag 9 Maart om 09:00 (tot 13:00). In die tyd sal die besoekers in Leopard & Lace se restaurant in die Ball Room kan ontspan waar heerlike eet- en drinkgoed bestel kan word. Die kontantkroeg sal deurentyd oop wees. Die besoekers sal ook die
geleentheid kry om hulle vir duisende rande se pryse in te skryf. Die wenners van die pryse sal op Sondag 9 Maart op ’n bepaalde tyd aangekondig word. ’n Goeie verskeidenheid diensverskaffers sal op die bruidskou verteenwoordig word. Verskeie stalletjies van troukoeke, blomme, klank en beligting, fotograwe, ontwerpers, ensovoorts, het reeds stalletjies vir die bruidskou bespreek. Ander uitstallers wat belang stel, kan Hetzel by sy kantoor by Leopard & Lace besoek. ’n Vloerplan is daar beskikbaar sodat die uitstallers hul keuse van die grootte van hul uitstalruimte kan maak. Die pryse wissel volgens die grootte van die ruimtes. Voorafbetaling sal ook by Leopard & Lace geskied.
Let asseblief daarop dat daar ’n beperkte aantal uitstalruimtes beskikbaar is. Leopard & Lace is reeds bekend vir sy pragtige lokale en gewild vir die gehaltediens wat hy aan sy kliënte bied. Die onderneming hanteer self die spyseniering en dit word wyd aanbeveel vir troues en konferensies, asook enige ander spesiale geleentheid. Daar is genoeg parkeerplek en die nodige sekuriteit. Alle belangstellendes, veral voornemende bruide en bruidegomme, hul ouers en ander jong mense word genooi om die bruidskou te besoek. Kom geniet die naweek in die feesatmosfeer. Vir inligting in die algemeen bel Nella by 083-262-2918 of Michael by 079-499-1464.
verspreiding af te gee. Die Bybelgenootskap begin nou ’n projek waardeur gebruikte Bybels ingesamel en gratis versprei word aan mense wat dit nie kan bekostig om ’n eie Bybel te koop nie.
’n Groot behoefte aan Afrikaanse Bybels by werklik behoeftige mense, asook in plekke soos kerke, skole, hospitale en gevangenisse, is geïdentifiseer. Bel die Bybelhuis by 051-444-5980.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014
GENERAAL SOLLY SHOKE, HOOF VAN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIONALE WEERMAG NOOI DIE INWONERS EN GEMEENSKAP VAN MANGAUNG OM ‘N MILITÊRE SKOUSPEL GADE TE SLAAN OP VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 WAARTYDENS GEWAPENDE MAGTE DAG GEVIER SAL WORD. Die Nasionale Weermag sal ‘n groot verskeidenheid spesialis militêre voertuie en uitrusting vertoon, waaronder Olifant Gevegstenks, Rooikat Pantserkarre, G-6 Selfaangedrewe kanonne, Ratel Infantrie Gevegsvoertuie en vele meer spesialis voertuie. Die konvooi van ongeveer 70 voertuie sal vanaf Lugmagbasis Bloemspruit ‘n roete deur Mangaung volg, onder eskort van militêre vliegtuie. Die konvooi sal ondermeer deur Heidedal, Rocklands, Bochabela, Fleurdal, Fichardtpark en Bloemfontein middestad beweeg en eindig in die Tempe Militêre Basis. DIE ROETE WAT TUSSEN 12H00 EN 14H00 GEVOLG WORD, KAN BESIGTIG WORD OP DIE WEBBLAD www.dod.mil.za
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 7
Skryf groot geld los met BSV Stoffel Cilliers ASPIRANT-SKRYWERS landwyd kan nou R15 000 losskryf danksy ’n gulde geleentheid wat die Bloemfonteinse Skrywersvereniging hulle bied. Op die koop toe kan hulle binnekort die fynere kunsies van die skryfwerk by een van die gewildste skrywers in Afrikaans aanleer. Op die eerste byeenkoms van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (die BSV) op 13 Februarie het die voorsitter, Corlietha Swart, aangekondig dat Chanette Paul die BSV se jaarlikse slypskool op 23 Augustus aanbied. Hierdie produktiewe skrywer van rillerromans is ook pas vir die tweede agtereenvol-
gende jaar deur duisende lesers van ’n groot uitgewery, Lapa, as Lekkerlitskrywer van die Jaar aangewys. Plekbespreking vir die slypskool kan reeds nou gedoen word. Die slypskool is die hoogtepunt van die jaarlikse landwye skryfwedstryd van die BSV, in samewerking met Naln, waarvan besonderhede ook deur Swart bekend gemaak is. Benewens wisseltrofeë vir skole, word die R15 000 se prysgeld deur die fakulteit geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat geborg. Hoërskoolleerlinge en volwassenes kan in verskillende kategorieë ’n kortverhaal, ’n kortkort-
verhaal, ’n skets, ’n opstel of ’n gedig oor ’n bepaalde onderwerp inskryf. Die sluitingsdatum is Maandag 12 Mei. Inskrywings word anoniem beoordeel en die bekroonde inskrywings verskyn in die BSV-publikasie, Inkvars 2014, wat op die slypskool uitgereik word. Die wenners in die onderskeie kategorieë woon die slypskool gratis as deel van hul prys by. Vir inskrywingsvorms en die onderwerpe waaroor geskryf word, bel Lelani Fourie (die sekretaresse) by 073-388-3377 of Ronelle Meyer by 082-411-3963. Rig navrae oor die wedstryd of die BSV per e-pos aan bloemsv@gmail.com. Kry inskrywingsvorms by http://
bloemsv.wordpress.com. Die wedstryd word reeds sedert 1979 aangebied. Vorige wenners wat later bekende skrywers geword het, is onder andere Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Carina Stander, Carina Diedericks-Hugo, wyle Piet Steyn en Sonja Loots. Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging is een van Bloemfontein se oudste kultuurverenigings. Die BSV word in Maart 44 jaar oud. Vir vanjaar word sewe informele byeenkomste en een formele jaarvergadering beplan. Nuwe lede, ook studente en leerlinge, is welkom om te kom kennis maak. Slegs ’n belangstelling in skryfwerk is nodig om te kwalifiseer.
Pad na jou hart Pad na jou hart – vind jou ware noord draai in teaters landwyd. Die fliek is geskoei op die boek deur Francois Bloemhof. Hier is ’n uittreksel uit dié liefdesverhaal (bll. 161 en 162). ’n MINUUT of wat later word hy weer geblinddoek. Met ’n stok swaai hy na waar hy meen die piñata hang terwyl Amory dit met die toutjie hierdie kant toe, daardie kant toe trek. Hy slaan dit raak, hard, maar dit breek nie. Selfs so geblinddoek is sy oog in. Hy slaan nog twee keer, tref dit telkens. Dis groot pret, en dit breek nie. Amory se beurt. Hy blinddoek haar en sy slaan blindelings, letterlike blindelings – en die stok swiep verby die piñata. Basson kan sy lag nie hou nie, dit het vrek snaaks gelyk. Toe hy egter nader staan om haar te help, is hy byna die slagoffer van die grap, want sy het weer vinnig gereed gemaak en swaai woes, en dit verg blitsige reflekse om nie getref te word nie. Hy gryp die punt van die stok raak en trek. En sy hou die ander kant styf vas, word nader getrek. En hulle is vas teen mekaar. Die oomblik rek. Die lappie is nog oor haar oë, daarom kan hy na haar kyk sonder om te wonder wat sy dink as hy so kyk, kan hy elke liewe detail van haar gesig waarneem. Hulle bly staan doodstil. Hy doen wat hy so lank al wou. Neem haar hand en sit dit teen sy bors. Op sy hart. Dit het dringender begin klop en hy wil hê sy moet dit voel, en weet sy kan. Hy kry skaars asem en hy weet sy ook. Haar lippe
Te wen
Francois Bloemhof (links) en die akteurs Donnalee Roberts en Ivan Botha. is effens oop, sy het geskrik. Hy kan dit nie inhou nie en wil ook nie, hy neem haar gesig tussen sy hande en plaas sy lippe op hare. Soen haar só dat sy kan weet wat hy alles voel. As dit die enigste keer is dat hulle soen, moet dit iets wees wat hy vir altyd met hom sal kan saamdra, die grootste indruk van die hele lot. Sy soen hom terug, passievol. Daar is ’n dowwe plofklankie naby en hy besef dis die stok wat sy laat val het. Hy lig haar van die grond af. Verbreek nie die soen nie, dit mag nie onderbreek word nie. Hy sit haar op die enjinkap neer, streel oor haar hare. Sy glimlag en hy weet dis omdat sy kan voel hoe vinnig sy hart klop. Sy asemhaling is net so gejaagd en hy kan dit nie keer nie, wil ook nie. Dis asof hy vir die eerste keer
soen, sy soen soos niemand nog het nie, en soveel lippe was tog al onder syne, maar dis nuut, dis soos dit moet wees, dis die soen van alle soene, en ’n volmaakte oomblik. Dit kon nie vir ewig aanhou nie, en dit gaan nie: Daar is ’n toetgeluid en hy gewaar ’n ou ligblou Volla wat verby kruie. Basson sien die voertuig word ver bo sy kragte versoek; dit vervoer nie slegs drie ouens nie maar ook kitare, tromme, alles wat kan musiek maak. Die bestuurder, net so opgeruimd soos sy passasiers, toet weer as ’n saluut vir die oomblik van passie wat langs die pad gewag het om waargeneem te word. Die soen is verby. Amory haal die lap van haar gesig af. Sy lag. Basson ook, maar hy wonder wie van hulle lyk die skaamste.
TWEE Bloemnuus-lesers kan elk ’n pak met die volgende drie boeke wen in www.bloemnuus.co.za se kompetisie-afdeling. Die boeke word met die komplimente van NB Uitgewers weggegee.
Jaco Jacobs is ’n oudwenner van dié kompetisie.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014
Charné en Francois Froneman.
Foto: Eye Candy Photography House
Ralph en Deliwe Mtyongwe (Sandstone Sleeper). Foto: Laurika’s Photography
Hennie en Nastasha Nel (Kopano Nokeng). burg fotografie
Monyeen en Lesandro Hardnick (Ilanga Es tate). Foto: Elsa Vermeulen
Foto: Eloise van Rens
Christopher en Yolette Mendle (Tuscan Ro se). Foto: Laurika’s Photograpy
Lieschen en Ruaan Prinsloo (Tuscan Rose).
Foto: Emma Booysen
Desire en Ebbie Badenhorst.
SF en Chantell Naudé.
Foto: Abrie Davids fotografie
Getroud
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 9
Adean en Marli Havinga (Woodlands Function Venue).
Danique en Schalk Roestoff (Kopano Nokeng).
Foto: Laurika’s Photography
Foto: Francois Griesel
Angelique en Frikkie van Niekerk (Leopards and Lace).
Monique en Buks Pienaar (Urban Herbs).
Foto: Elsa Vermeulen
Foto: Surette Dunn Photography
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014
Wel en wee S Emmie Bester (96) van Bayswater Village is Saterdag oorlede.
S Prof. Stephen Brown, Bloemfonteiner van die Jaar, was die geleentheidspreker op die vergadering van die Vroue 100-klub.
S Winners at Makro Bloemfontein: Customers had to buy anything instore to the value of R3 000 (excluding liquor and food) to stand the chance of winning the prizes below, says Eileen Ndwere, marketing manager: S M. van Staden – Kenwood Titanium Mixer valued at R5 000. S P.S. Gape – Campmaster trailer valued at R9 000. S Dr L. du Toit – camping kit valued at R6 000 S J. Keet – 42” Sinotec Full-HD LED TV valued at R6 000. Makro is a regular advertiser in Bloemnews. S Cecile Burger en Rolene de Wit het elk ’n getekende CD van Arno Jordaan op www.bloemnuus.co.za se kompetisie-afdeling gewen. Talle ander pryse is steeds hier te wen. S Adj.pres. Kgalema Motlanthe tree ná vanjaar se verkiesing uit die amptelike politiek. Dit laat die deur nou oop vir Cyril Ramaphosa, die ANC se adjunkpresident, om as adjunkpresident van Suid-Afrika aangewys te word. S Die Odeion-skool vir Musiek aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs sy verbintenis tot uitnemendheid bevestig met die aanstelling van drie uitsonderlike uitvoerende kunstenaars en opvoedkundiges. Prof. Ruth Goveia (klavier) is aangestel as medeprofessor, Danré Strydom as ’n junior dosent in klarinet en saksofoon
S Jean-Chris Posthumus het verlede week sy eerste TV-rol in die sepie 7de Laan losgeslaan. Posthumus, ’n oud-dramastudent aan die UV, het sy eerste verskyning op 7de Laan as die 18-jarige rugbyspeler Bertus van Breda gemaak. Posthumus gaan vir drie maande in dié sepie verskyn, maar hoop op ’n verlengde kontrak. S Die volgende Bloemfonteiners is onlangs oorlede: Johannes Cornelius Pretorius (gebore 1954), Joey Snyman (1926), Dirkie Catharina Johanna van Schalkwyk (1940) en Catharina Susanna Elizabeth Weber (1933).
KAN JY DALK HELP MET ’n HUIS? Bloemnuus het onlangs berig hoe ’n verlore identiteitsdokument wat by onderwyser Gina du Preez beland het, opgeëis is nadat die koerant daaroor berig het. Sy hoop om weer as weldoener op te tree, maar dié keer is die verlore artikel nie ’n identiteitsdokument nie, maar dié pragtige, verlore hondjie. Sy eienaars het hom ná twee weke nog nie opgeëis nie en dis nie vir Gina moontlik om verder na hom om te sien nie. As enigeen hom wil aanneem, kan hulle Gina by 082 9298238 bel. en as koördineerder van die houtblaas-program, en George Foster as ’n junior dosent in koperblaasinstrumente.
S Sylvester Mqeku is die wenner van Galery on Leviseur se nasionale keramiekkompetisie. ’n Internskap by die Oliewenhuiskunsmuseum het hom na Bloemfontein gelok. Hy woon tans in Johannesburg, maar beoog om na Bloemfontein terug te keer. S Anneke Blaise (52), redakteur van Tuis/Home, is in Kaapstad oorlede nadat sy in Desember met kanker gediagnoseer is. Sy was die onderhoofmeisie van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein waar sy in 1979 gematrikuleer het. Nadat sy ’n graad in drama en ’n hoëronderwysdiploma aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) behaal het, het sy as verslaggewer by Volksblad begin werk. Anneke word oorleef deur haar ma, Anna-Marie Richter (ook ’n oud-Vrystater wat
Die Preprimêre Skool Kontiki het ’n waterpretdag gehou. Hier is juffrou Elsabé Badenhorst saam met haar Pikkewynklassie. Foto: Jannie Verster nou in Montagu woon), broers Chris Richter van Bainsvlei, Bloemfontein, en Albert Richter, ook van Montagu, en ’n dogter, Guénola (24), wat saam met haar ma in Kaapstad gewoon het.
Serfontein en Cameron Maree. Tilde-Mari Lourens is die eerste prinses en Marjomalé Kernekamp die tweede prinses. Lebo Duiker is die eerste prins en Esteon Steyn die tweede prins.
S Die UV het Vrydagaand sy Joolkoningin en Mnr. GD Jool in die Callie Human-sentrum gekroon. Die wenners is Lizelle
S Bruce Fordyce, negemalige Comrades-wenner, was ’n gasspreker op die Old Mutual-beleggingsgroep se beleggingseminaar.
Uit die possak S Ons het verlede Saterdagmiddag by Greenside-kwekery gaan eet en wat ’n wonderlike ervaring was dit nie. My ouma Edna de Klerk het op 4 Februarie haar 93ste verjaardag gevier en ons het haar vir ete uitgeneem. Die kos was van ’n heerlike, tuisgemaakte gehalte en die diens wat ons kelner gebied het, was onberispelik. Net voordat ons die rekening gevra het, het hy toe sommer blomme vir Ouma namens die Greenside-kwekery gebring om haar geluk te wens. – L. Eloff
S Graag wil ons al die mense wat ons gehelp het toe my moeder einde verlede jaar op die trap in die Mimosa Mall geval het, bedank. Ons wil veral dankie sê vir die sekuriteitsbeamptes in die sentrum wat gereël het vir ’n ambulans, asook die vroue wat hulle oor my seuntjies ontferm het terwyl ons vir die paramedici gewag het. Dankie, julle sal nooit weet wat die bystand vir ons beteken het nie. – Celeste Pretorius S Ons het Reddersburg onlangs besoek, maar ons uitstappie het met ’n
skok-ondervinding geëindig toe ons Bloemfontein inry: die vieslike, vuil toestand van die omgewing rondom die suidelike ingang na die hoofstad van die Vrystaat, die eens pragtige Rosestad, Bloemfontein. Dit is ’n skande. – Marie S Ek wil net sê Bloemnuus is lekker interessant, baie om te lees en mooi foto’s. – L. Geyer S Dankie vir die boekprys wat ek op Bloemnuus se webblad gewen het. Ek het dit vir my dogtertjie vir haar verjaardag gegee. – Marizka
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 11
Kraai koning in prettrap Fietsryers het Saterdag aan die ShellVPowerprettrap in Bloem fontein deelgeneem. Francois Oosthuizen het die mansafdeling in die 108 kmwedren gewen, ter wyl Adele Jansen van Vuuren die vroueafdeling gewen het. In die 81 kmwedren het Damean Oost huizen en Ankia Coetzee onder skeidelik die mans en vroueafde lings gewen, terwyl George Stroe bel en Eric Newby (gesamentlike wenners van die mansafdeling) en Nikkie de Bruyn die 54 kmren ge wen het. In die 27 kmwedren het Raymond Prinsloo en Chante Oli vier koning gekraai. Foto: André Damons
SLAAN DIE BAL KIS: Op vanjaar se SuidVrystaatse tennisproewe het die Laer Meisieskool Oranje se meisies hul staal getoon. Dié skool spog met 18 meisies wat vir die onderskeie SuidVrystaatse tennisspanne gekies is. Daar is ook vier meisies wat as reserwes aangewys is, sê Adéle Naudé, sportorganiseerder.
PERSOONLIKE DIENSTE
TE KOOP
FUNKSIES & KONFERENSIES
ALLERLEI
1425
EIENDOMME
1655
EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP. Broeipare en jong eende. Kontak Cheryl 076 246 1414 of 056-515 3963 Epos: cherylgerbrands @gmail.com
LENINGS 1445
Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211. Jaco 079 603 9374 of Danie 076 757 4972.
1860
VERVOER VAN meubels, bourommel en tuinvullis. Skakel 072 288 7535.
BOME 1871
I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
Bayswater: Charolaisstraat: Dame gesoek om huis te deel. R1 950 p.m. 082 463 1559. MEENTHUISE TE HUUR 3325
Panorama Park 20: 2 slk, volbadk, toesluitmotorhuis, tuin voor en agter. Beskikbaar 1 Maart 2014. R3 800 p.m. Annemie Tel. 051 506 2551.
BOEDELKENNISGEWINGS
4201
ROMMELVERWYDERING
1485
3210
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
OP SOEK NA
AKKOMMODASIE OM TE DEEL
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE 2635
BUFFELSBAAI: Vakansiehuise en woonstelle te huur. Cecily Botha 044 383 0220 / 082 448 6419. UVONGO: Ruim 2-slkwoonstel op strand. Lieflike seeuitsig. 082 429 1105.
Estate late: David Moss NOTICE In the estate of the late David Moss, estate no. 3975/2013. Identity number 420407 5039 08 5, who was resident at 114 Headingley, 1 Jacobs Avenue, Fairway and who died at Johannesburg on 2 February 2013. The first supplementary account to the first and final liquidation and distribution account in the above estate will lie open for inspection at the office of the Master, Bloemfontein and at the Magistrate's office, Johannesburg, for a period of twenty one (21) days as from 21 February 2014. Dated at Bloemfontein on this 7th day of February 2014. CJ STANDER Executor Lovius-Block 31 First Avenue Westdene Bloemfontein.
122 HGDJ Holtzhauzen Die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in die boedel van wyle Hendrik Gert David Johannes Holtzhausen, identiteitsnommer 430323 5076 08 4, pensioenaris, getroud binne gemeenskap van goedere met Anette Francina Holtzhausen, identiteitsnommer 461023 0077 08 5, voorheen woonagtig by Van Heerdenstraat 29, Willows, Bloemfontein 9300, boedelnommer 348/2013, lê ter insae by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 21 Februarie 2014. EE POHL P/a Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHH0080).
Grain Field Chickens has these opportunities at their Reitz Abattoir:
Warehouse & Dispatch Manager (Night Shift)
Req: • ND/NC in Logistics an adv • Min 2 yrs appropriate exp in FMCG industry • Can function alone, responsibly and in a structured manner • Good computer + comm skills • Can work extended/abnormal hrs • Can continuously add value.
Maintenance Electrician (3 Posts)
Req: • Min N3/NQF4 • Valid Sec 23 Trade Cert in Elec issued by accredited inst • Wireman’s Lic an adv • PLC + VSD exp and able to read elec plans • Computer skills (Windows 7 + PC and rel electronics programming) • Min 3 yrs in FMCG in maintenance • Familiar with high- + low-voltage conn • Can work alone and in team, identify + solve problems • Comm skills + good people relations • Can work under pressure + extended hrs • Own reliable transport • Medical fitness • Prepared to relocate to Reitz.
Maintenance Fitter (2 Posts)
Req: • Min N3/NQF4 or BTech Mech Eng/equiv • 3 yrs exp after obtaining qual in Mech Services • Min 3 yrs in FMCG in maintenance • Familiar with high+ low-voltage conn • Can work alone and in team, identify + solve problems • Comm skills + good people relations • Can work under pressure + extended hrs • Own reliable transport • Medical fitness • Prepared to relocate to Reitz. Market-related rem packages are offered + can be structured. Enq: Andre Botha 087 358 8413. Full CV to cv@vkb.co.za or fax: 086 687 3948 (clearly quote post title) before 28 Feb 2014. Only cand’s that meet req’s will be considered. If no correspondence within 1 month of closing, please accept application as unsuccessful. Human Communications 106503
12
BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014
The Athletics Free State Coaches Committee Invitational Talent Identification Meeting was held on Tuesday evening at the Free State Athletics Stadium after a late afternoon shower. Photo: Jens Friis
Só vergelyk hulle NÁ Saterdag se Motheo- en Gariepatletiekkampioenskapsbyeenkoms vir laerskole wat in die Mangaungstadion in die Rosestad beslis is, kyk RUFUS BOTHA hoe vergelyk dié Suid-Vrystaatse streek se seuns-naellopers met die meisies. As barometer is Usain Bolt se senior wêreldrekord van 9.58 sekondes in die 100 m met dié van die seniorvroue-wêreldrekordhouer, Florence Griffith-Joyner (Flo-Jo), se tyd van 10.49 vergelyk. Dit werk uit dat Joyner 91,3% van die vaart wat Bolt genael het, kon vermag. Interessant genoeg is die SuidAfrikaanse seniormans- en -vrouerekord baie naby aan dieselfde (90,9%). Om appels met appels te vergelyk het Bloemnuus slegs die 100 m-wedlope (eindrondetye) op die byeenkoms vergelyk. Volgens die genoemde barometer is dit duidelik die meisies het heelwat beter as die seuns vertoon. Annamé Fourie (Universitas) se 100 m-oorwinning (12 jaar) was ’n
Leeus ouer BAIE is ná die nederlaag van die Cheetahs daarvan gemaak dat hulle deur ’n “jong” Leeus-span geklop is. Maar die Leeus se beginspan was Saterdag ouer. Die Leeus se 15-begintal was gemiddeld 25,73 jaar oud teenoor die Toyota-Cheetahs se gemiddelde ouderdom van 24,26 jaar. Twee Leeus, Deon van Rensburg (32) en Franco van der Merwe (30), is ouer as 30 jaar, terwyl Adriaan Strauss (28) en Francois Uys (27) die oudstes aan Cheetah-kant is.
blitsige 13.04. Vergelyk jy dit met die wentyd (12.80) in die seunsafdeling het sy 98,2% van die seunswenner se vaart genael. Dit is baie hoër as die genoemde verskil tussen Bolt en Flo-Jo. In die 100 m (10 jaar) het die ster van Oranje, Alex Klopper, 14.73 vir haar oorwinning genael. Dit is 93,4% van die tempo wat die seunswenner, Gerrie Henning, (13.75) in dieselfde ouderdomsgroep behaal het. In die 100 m vir 11-jariges vergelyk die seunswenner, Lucky Moleyane (Kruitberg), se 13.29 baie beter met dié van Karabelo Leche (Tlotlanang) se 14.50-meisieswentyd. Karabelo het 91,6% van Lucky se vaart gehandhaaf en dit vergelyk goed met die genoemde barometer. Toe kom die yster van die Laerskool Bloemfontein, Tony August, en krap die meisiesbarometer-oorwinningskaarte deurmekaar met ’n skitterende 11.87 in die 100 m vir seuns 13 jaar. Sy eweknie onder die meisies, Inge Verster (Universitas), het in 13.38 gewen en dit was slegs 88,7%
van Tony se vaart. Ter versagting moet ’n mens in aanmerking neem Inge is ’n beter hekkiesloper as naelloper. Die voorste tien atlete op die Joba-puntestelsel wat gebruik is vir die bepaling van die beste vertonings van die byeenkoms is: 1. Michela Steenkamp (Jacobsdal, meisies 11 jaar, gewigstoot, 10,15), 2. Thabo Verster (Universitas, seuns 11 jaar, 70 m-hekkies, 10.66), 3. Jessica Kalp (Hendrik Potgieter, meisies 11 jaar, gewigstoot, 9,04), 4. Su-Mari Gouws (Pres. Brand, meisies 12 jaar, diskusgooi, 29,70), 5. Elaine Pretorius (Fichardtpark, meisies 11 jaar, gewigstoot, 8,50), 6. Jana Smith (Universitas, meisies 11 jaar, gewigstoot, 8,47), 7. Amy Jacobs (Pres. Brand, meisies 10 jaar, gewigstoot, 7,27), 8. Corli Hertzog (Fichardtpark, meisies 11 jaar, gewigstoot, 8,22), 9. Inge Verster (Universitas, meisies 13 jaar, 75 m-hekkies, 11.77), 10. SJ Marais (Grey, seuns 10 jaar, 70 m-hekkies, 12.14).