VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
WWW.BLOEMNUUS.MOBI
GRATIS
Wel en wee
Dagboek
Op die spel
Nicisha tuis ná bestraling in VSA
Hougaard eerste keer in lang tyd in Bfn
Wen R500 se steak om te braai
bl. 3
bl. 4
bl. 7
Water(s)nood
JOU DRINKWATER KOM WAARSKYNLIK VAN HIER: Terwyl meer as 60 000 Bloemfonteiners enkele dae gelede gesukkel het met water, was die Welbedachtdam tussen Wepener en Smithfield tot oorlopens toe vol. Die rede vir die waternood was ’n klep wat by Brandkop aan die hoofwaterpypleiding van 118 km van die Welbedachtdam na Bloemwater toegedraai is. Niemand weet waarom dit gebeur het nie. Luidens ’n ooreenkoms tussen die Mangaungmetro en Bloemwater, wat 69% van die stad se water uit die Welbedachtdam voorsien, moet daar altyd ’n spaarkapasiteit van 36 uur se water vir inwoners gehandhaaf word wat in dié geval nie nagekom is nie. Op bladsy 11 berig Hannes Haasbroek dat dit sowat 100 jaar gelede so droog in Bloemfontein was dat inwoners hul badwater moes herbruik. Foto: Jens Friis
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014
Kindersorg bied sakeontbyt aan Anmi Honiball KINDERSORG BLOEMFONTEIN, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, hou op Maandag 17 Maart ’n sakeontbyt by Tuscan Rose in Bainsvlei, Bloemfontein. Volgens Riëtha Wagener, Kindersorg Bloemfontein en Childline
Vrystaat se projek-koördineerder van bemarking en finansiering, is dit ’n dinamiese welsynsorganisasie wat nie sonder die hulp en ondersteuning van die gemeenskap kan funksioneer nie. “As beloning wil ons graag iets aan ons getroue ondersteuners bied en die sakeontbyt stel ons in staat
om dit te doen. “Dit verskaf ’n geleentheid aan professionele sakelui van Bloemfontein om idees en kennis te deel en stel hulle ook in staat om met sprekers – wat hoë aansien geniet – in aanraking te kom. Hul bywoning dra by tot die verligting van kinders se nood.”
Volgens haar gee dié geldinsamelingsgeleentheid aan Kindersorg die vermoë om kinderbeskermingsdienste aan ongeveer 3 500 behoeftige kinders te verleen. Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficientgroep, sal die gasspreker op dié geleentheid wees.
Hy sal ’n oorsig van Suid-Afrika se huidige ekonomiese toestand gee en op ’n insiggewende manier verduidelik hoe dit sake- en ander mense raak. S Die ontbyt kos R175 per persoon. Vir verdere inligting bel Riëtha Wagener of Lize du Plooy by 051-430-3311.
Wel en wee
S DIE volgende Bloemfonteiners is onlangs oorlede: Hettie Schreuder (gebore 1916), Nic van der Walt (1934), Basil Tait (1940), Marie van Zyl (1918), Andy Gous (1941), Nicholaas Hendrik Swanepoel (1930), Elizabeth Marais (1959), Daniel Johannes Hewett (1948), Siegfried Gunther Hoehne (1925), Liena Pottas (1931), Christo Smith (1922), André Robberts (1970) en Johannes Ruben (Jan) van der Walt (1933).
deurgesoek. Hulle het hom van sy selfoon en beursie beroof en met sy motor weggery toe ’n vrou by die huis uitkom. Die polisie doen ’n beroep op motoriste om ekstra versigtig te wees.
S Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) Vrystaat se nuwe bestuur is Marnus Putter, Schalk van der Merwe, Hetienne von Abo-Moolman (voorsitter), Carel Thomas, Gerry Wessels en Rina Greyling.
S Bob van Dijk volg in Maart vir Koos Bekker op as die uitvoerende hoof van Naspers. Koos het in 1985 die betaaltelevisiediens M-Net begin, die selfoonmaatskappy MTN gestig en het die wynplaas Babylonstoren naby die Paarl saam met sy vrou, Karen, ontwikkel. Bob, ’n gebore Nederlander, was vroeër baas van eBay se grootste bedrywighede buite Amerika. Koos beskryf hom as een van die skerpsinnigste bestuurders in die e-handel wêreldwyd. S Senda Edeling en Barend van der Merwe is die wenners van Wicus van der Merwe se CD’s wat weggegee is op bloemnuus.co.za. S Tabby du Plessis, jonger broer van die Springbokke Bismarck en Jannie, was Vrydagaand ’n plaasvervanger-haker vir die OP-Kings in hul vriendskaplike wedstryd teen die Griekwas. S Nicolaas en Natasha Slabbert, albei onderwysers, en hul kleinding Nicisha (21 maande) is deur gr. 7-leerlinge van die Laerskool Universitas op die Bram Fischer-lughawe verwelkom. Nicisha het sedert Desember proton-bestraling vir ’n seldsame gewas op haar
S Joe Geldenhuys van Huis Cecila, Noorderbloem, is oorlede. S Franco Smith, die voormalige Springbok-senter, is onlangs as die Vrystaat se agterlyn-afrigter vir die Curriekbekerreeks aangestel. Franco was vroeër ’n afrigter by Treviso in Italië. Sy drie kinders kan vlot Italiaans praat. Toe hy in 2007 hier weg is, het Franco gehoop hy sal eendag kan help om die Vrystaat af te rig. Hy is met Tania getroud.
Die Presbiteriaanse kerk St. John in Bloemfontein het sedert die begin van Februarie ‘n nuwe leraar. Hy is eerw. Jaques Murphy, voorheen van Queenstown. By hom is sy vrou, Mariaan, en hul dogters, Abigail (agter) en Bea. breinstam, wat selfs haar dood kan veroorsaak, in Amerika ondergaan. Die spesifieke soort behandeling is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. S Tharina Stassen en Tanya Beukes wen elk ’n pak met drie boeke wat deur NB-uitgewers geskenk is. Hulle het dit op bloemnuus.co.za gewen. S Leandra Grobler (14), ’n gr. 9-leerling aan die Hoër Meisieskool Eunice, is ná ’n lang siekte oorlede. Sy het in 2010 uitgevind sy het ’n gewas
op haar brein. Sy word oorleef deur haar pa, Willem, ma, Charlotte, en suster, Charlotte. S Maria Stryton is by ’n lykhuis se ontvangs in Oranjesig deur twee gewapende mans aangehou. Die booswigte, gewapen met messe, het met selfone en ’n kluis gevlug. S André Meintjies (21) is in Victoriaweg, Willows, gekaap terwyl hy voor ’n hek vir sy meisie gewag het. Die kapers het André uit sy Hyundai Getz laat klim en hom
S Charl Blom en Cobus Muller, die twee Kovsiestudente wat na bewering in ’n beweerde rasse-voorval glo eers ’n medestudent met hul bakkie raakgery en toe glo aangerand het, se verhoor is tot April uitgestel. S Die Knights sal volgende seisoen ’n nuwe krieketkaptein hê. Johan van der Wath (36) is nie vir die 2014-’15-seisoen gekontrakteer nie. Betrokkenes van die franchise het Maandag op Chevroletpark oor die kontrakte vergader. Van der Wath het ook Maandag – op die laaste dag van die meerdagwedstryd teen die Warriors – met ’n dyspierbesering van die veld gestap. Die lys van gekontrakteerdes was teen druktyd nog nie bekend gemaak nie.
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 3
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014
Dagboek VRYDAG 28 FEBRUARIE S Die NG kerk Hugenoot hou ’n Kuier-en-aandmark om 18:00. Wilma von Wielligh, 084-507-3608. S Maha Shivaratri (Hindu). S Karin Hougaard sing om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies teen R120 is te kry by Kiki Corner en Music Inc of bespreek plek by meerkatkolonie@vodamail.co.za. S Brixton Moord en Roof-orkes in die Aasvoëlklub. Bel 051-446566. S NG kerk Heuwelsig hou sy weeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00. Frances Wessels, 051-436-5218. S Landboudal-wildveiling, Cassie Carstens, 076-403-0972. S Beesstert (ox tail) en stampmielies – nes jou ouma dit sou maak. Ouma se Kombuis, Tweede Laan, Westdene, 051-447-2294. S Quenna-fees op Gariepdam. Bel 051-754-0045. S Nasionale Volkspele-eeufees op Boshof. Hannelie, 083-658-6633. S Jong musici kan tot vandag aansoek doen om keuring om in die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes opgeneem te word. Die vereistes is minstens gr. 6-vlak in ’n orkesinstrument en Suid-Afrikaanse burgerskap. Meer inligting is beskikbaar by sanyo.org.za of stuur ’n e-pos na team@sayo.org.za. S Oros in ’n Lang Glas en Die Heuwels Fantasties tree op die Rietrivier-landbou-ekspo in Jacobsdal op. Bel Cindy Janse van Rensburg, 083-797-4565. S Skenk bloed tussen 09:00 en 16:45 in die Victorian Square, Pres. Reitzstraat. Navrae: 051-447-4122. S Clocolan-plaaskultuurfees met Pieter Koen, Francois Bouwer en Izelma Lombard. Chané, 073-8193215. S Oranje-selfhelp, ’n liefdadigheidsinstansie, hou ’n basaar met boeremusiek, kosstalletjies, skaapspitbraai, Dewald Louw se musiekskool, Franzel, Boeremusiekgilde, veteraanmotors . . . Dit duur môre voort. Jan de Wet, 084-4430727. S Skemerkelkpartytjie ten bate van Kansa op Schoemanspark om 18:30. Vir meer inligting skryf aan management@helpudc.co.za. S Big Room Men Event in die Oolong Lounge. Adèl Victor, 051-448-7244. S Franzel sing om 20:00 op die Oranje-selfhelpboerebasaar in Megapark. Jan de Wet, 084-443-0727. S Bambi Preprimêr, Thompsonstraat 2 op die terrein van die NG
Road to Miss South Africa Sondae om 17:30 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) volg. S Halfeeufees van die NG kerk Hospitaalpark word gevier. Die naweek van 21 tot 23 Februarie 1964 is die kerkgebou ingewy en op 26 Februarie is die gemeente gestig. Ter viering van dié vyf dekades word ’n Nagmaalfees om 09:00 gehou. Tee en “verjaardagkoek” word ná die diens bedien. Om 18:00 vind ’n dankdiens plaas met sang en orrelspel uit 1964 se program met die inwyding van die kerk. Alta Wessels, 051-522-8069. S Die son kom om 06:07 op en sak om 18:46. MAANDAG 3 MAART S Gholfdag ten bate van Kansa op Schoemanspark. Vir meer inligting skryf aan management@helpudc.co.za.
Lyle the Crocodile word van 12 tot 18 Maart deur Kovsiestudente in die Scaenarepetisielokaal van die UV opgevoer. Van die spelers is van links Ané van den Berg, Rumané Grey Kot, Willem Esterhuyse en Adriaan De Ridder. Debeer Cloete is die regisseur. Bespreek by die dramadepartement, 0514012160. Foto: Minette Grové kerk Bloemheuwel in Westdene, hou tussen 14:00 en 18:00 ’n kermis. Almal is welkom. Anneléne Pretorius, 051-447-1352. SATERDAG 1 MAART S Die televisieprogramverfilming van Op pad na God vind tussen 11:00 en 13:00 in die Mimosa Mall plaas. Die sanger is Henri Scott. Getuienisse sal gelewer word. S Boeremark van 06:00 tot 14:00, Langenhovenpark. S The Purple Shall Govern, Mary Sibande, Standard Bank Young Artist 2013 (main building of Oliewenhuis): The 2013 Standard Bank Young Artist Award winner for Visual Arts, Mary Sibande, is celebrated for her practice of employing the human form as a vehicle through painting and sculpture to explore the construction of identity in a postcolonial South African context. She at-
tempts to critique stereotypical depictions of (particularly black) women in society. S Die Vrystaat-tak van die Boeremusiekgilde hou om 19:00 ’n dansparty in die Rosenhof-skoolsaal ten bate van Genade in Aksie. Mientjie, 072-844-3667. S Philippolis-boeremark elke Saterdag van 08:00 tot 10:00. S Die 15de Konica-Minolta-sportdag met 33 rugbywedstryde en 80 netbalwedstryde begin om 07:30 in Brandfort. Die hoofwedstryd vind om 17:00 plaas wanneer SPS teen Bothaville speel. S Boekebasaar tussen 08:00 en 12:00 in die Fichardtpark-biblioteek, Benaderylaan. Rina, 051-5228884/5. S My Children, My Africa: Toneelstuk. Kaartjies teen R60 te kry by Pacofs, 051-447-7772. S Donkermaan. S Die Parlotones tree in die Ou Presidensie op. Die hekke open om
16:00 en die konsert begin om 20:00. Bring jou eie piekniekmandjie. S Ina Bonnette praat om 09:30 in die NG kerk Fichardtpark. Die boek Love is War: The Modimolle Monster sal te koop wees. Kaartjies kos R100 wat ’n ete insluit. Skryf aan johan@afmod.co.za. SONDAG 2 MAART S Die Freshford-huismuseum (Kellnerstraat 31, Westdene) is tussen 14:00 en 17:00 oop. S Wil jy hê jou hond moet gehoorsamer wees? Die Dog Training Club kan help. Klublede kom Sondae om 16:00 by die Laerskool Sand du Plessis byeen. Maak gebruik van die ingang in Hippocratestraat. Nelia Smit, smitnelia@gmail.com. S As deel van die opbou tot die kroningsgeleentheid van Mej. Suid-Afrika kan Suid-Afrikaners die werklikheidsprogram The
WEDNESDAY, 5 MARCH S Skenk bloed tussen 09:00 en 16:45 in die Southern-sentrum, Benaderylaan, Fichardtpark. Skakel 051-447-4122. S Vergadering van die Ladies 100-klub vind om 12:00 vir 12:30 in die digitale planetarium op Naval Hill plaas. ’n Piekniek sal daarna gehou word. Lede moet ’n opvoustoel saambring. Dit kos R120 vir lede en R130 vir gaste. Plekbespreking is noodsaaklik en kan by Mags Lewis-Houghton, 082-411-7412, gedoen word. S Kursus in praktiese toepassing van spelterapietegnieke. Dr. Elize Groenewald, info@drgroenewald.co.za. S Karaoke with Eddie Schoeman at Oolong Lounge from 20:00. Adèl Victor, 051-448-7244. DONDERDAG 6 MAART S Ehrlichpark-kosprojek: Die NG gemeente Heuwelsig gee Donderdae ’n bord warm, gekookte kos aan 300 mense. As jy betrokke wil raak, bel Lauriette de Waal by 051-436-5482. S Space Odyssey: Oudiovisuele aanbieding om 19:30 deur die Bloemfontein-stadsorkes in die Sand du Plessis-teater. Musiek uit Star Wars, Die planete van Holst. Dirigent:. Paul Loeb van Zullenburg. Kaartjies kos R120 tot R300 elk. Bespreek plek by Pacofs, 051-447-7772. S DGB Food & Wine Pairing in aid of the New Beginning Charity. Adél Victor, 051-448-7244.
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 5
Roodt by Oranje DIE Laer Meisieskool Oranje bied op Donderdag 24 April om 08:00 ’n sake-ontbyt met Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, in die ML Spiessaal aan. Roodt gaan ’n praatjie oor finansiële onafhanklikheid vir die individu lewer, maar die inspirerende oggend sal ook geskenke, ’n ontbyt en uitstallers bied. Kaartjies kos R200. Bel Marieta Meyer by 051-447-6845 of Karen Herbert by 083-440-3490.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014
PROMOSIE: RAJEUNI
Laserkliniek nou oop Wêreldgehaltebehandeling hier beskikbaar
RAJEUNI is die Franse woord vir rejuvenation of vernuwing. In die geval van die Rajeuni-laserkliniek verwys dit na vernuwing van gesigvoorkoms, asook massaverlies. Die kliniek kondig die opening van sy Bloemfontein-tak aan. Nou kan kliënte wêreldgehaltelaserbehandeling, asook estetiese werk, in die Rosestad laat doen. Die kliniek bestaan al ses jaar en word al lank in Bloemfontein en op Bethlehem bedryf. Daar sal nou egter ’n heeltydse ervare terapeut in ’n splinternuwe kliniek in Westdene wees.
Die personeel van die kliniek is opgewonde oor die bekendstelling van die Cutera Excel V-laser, ingevoer van Amerika. Die Excel V is ’n hoogaangeskrewe laser in Amerika en het selfs die aanbieders van die gewilde werklikheidsprogram The Doctors gaande gehad. Loer gerus na die insetsel op http://www.youtube.com/ watch?v=8ZN_fjLzdDk. Volgens die personeel is die laser uiters doeltreffend vir die behandeling van alle soorte are. Dit behandel van donker, opsigtelike spatare tot selfs fyn,
rooi gesigaartjies. Sonskade en vlekke op die gesig, sowel as nek, en décolleté word uiters doeltreffend verwyder. Die kliniek gaan ook oor Cutera se Coolglide-laserstelsel en die LX Prowave-haarverwyderingstelsel beskik. Die permanente haarverwyderingstelsels is vir alle velkleure geskik. Dit is die voorloper in die wêreld om hare permanent en met minder sessies en minder pyn te verwyder. Cutera se Titan en Lasergene-
sis, sowel as Limelight, is ook by die kliniek beskikbaar. Talle ander mediese estetiese behandelings is ook beskikbaar, insluitend My Cells (vampire facelift), Botulinium toxin, fillers, afskilferings (peels), asook die heel nuutste mesoterapie met die Dermapen. My Cells is uiters doeltreffend. Hier word die pasiënt se eie bloed getrek en van plasma wat die rykste aan bloedplaatjies is geskei. Die plasma kan dan in die probleemgebied ingespuit word. Groeifaktore word deur plaat-
jies vrygestel wat die vorming van kollageen, elastien en nuwe bloedvaatjies, sowel as interstisiële weefsel, stimuleer. Selfs verlies aan volume in die gesig kan herstel word. Só verkry die vel ná ’n enkele behandeling ’n fermer, gesonder en jonger voorkoms. Die personeel meen die kliniek het beslis met al die nuutste behandelings wêreldwyd bygebly. Kom besoek die kliniek en ervaar dieselfde behandelings as internasionale sterre – hier in Bloemfontein, nooi die personeel.
Lasers
Botulinium toxin/fillers/mesoterapie
Afskilferings
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 7
Wynand Scholtz, die bestuurder van die Mooihawetehuis vir be jaardes in Brandwag, staan hier by die mielies. Wynand is sowat 1,8 m lank en hier kan gesien word hoeveel hoër die mielies as hy is. Regs is van die soetmielies.
Hemelhoog! WAT eintlik as ’n stokperdjie begin het, het in ’n terapeutiese tuin ontwikkel. ’n Jaar gelede het Joe en Jules Venter ’n woonstel in die Mooihawe-tehuis vir bejaardes gekoop en ’n roostuin gevestig. Joe is egter ’n man wat graag sy eie groentetuin wil hê. Tussen twee van die geboue wat deel van Mooihawe is, was daar ’n stuk grond wat ongebruik gelê het. Dit was die ideale plek vir so ’n groentetuin. Met vurke en grawe is dit omgedolwe en die spinasie, tamaties, boontjies, wortels, komkommers, radyse, kool en blaarslaai het welig gegroei. En dit was mooi ook. Van die pampoene het pragtig geblom. Vir een van die mans wat daar woon, was veral die pampoenblomme baie mooi. Hy het besluit dit moet met van die
vroue gedeel word. Hy het die blomme afgepluk, dit in glase geplaas en aan die vroue geskenk. Die hele pampoen-oes was daarmee heen. ’n Paar maande gelede is besluit om ook mielies te plant. Dit is ’n lus vir die oog. Die gewone soetmielies sal binnekort gepluk kan word. Die groter mielies groei asof hulle bo die mure wil uittroon. Hulle staan nou al baie meer as twee of dalk drie meter hoog en enkeles maak al saad. Van die mense wat die tuin gesien het, glo dit het terapeutiese waarde. As van die ouer mense ’n boontjie plant en sien hoe dit groei, ál groter word, ’n blommetjie maak en die mense dan eindelik hul eie boontjies kan pluk en dit eet, moet dit hulle mos help om gesonder te word.
Wen vleis van AAA Die resep vir dié steak met mosterdenbrandewynbotter verskyn op Bloemnuus se Facebookblad en is ook te kry in Jan Braai se boek Vuurwarm. Skaf jou vleis by die AAAslaghuis (Hospitaal park) aan. Wen ’n steakpak ter waarde van R500 wat AAA weggee. Om te wen, stuur voor 14 Maart ’n epos met jou naam, selfoonnommer en die antwoorde op die volgen de vrae na jens.friis@ media24.com. Die vrae is: 1) Hoeveel jare bestaan AAA Hospitaalpark? en 2) Wat is die prys van AAAboerewors by AAA Hospitaalpark soos geadverteer in Bloemnuus?
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014
Getroud
Maryke en Neil Myburgh (Sangiro Lodge).
Brand Fouché Schoeman en Magda van Tonder.
Louw en Cornel Stadler (Sand Stone Sleeper Estate).
Foto: 3’kie’s Fotografie
Foto: Dream Creations Photography
Foto: EMET Fotografie
André en Coreen Jooste (Kopano Nokeng).
Chrismi en Ryno Verster (Emoya).
Foto: Eloise van Rensburg Fotografie
Foto: Go Urban Photography
Leon en Lizél de Jager (The Willows).
Foto: 3’kie’s Fotografie
STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 9
Lene en Lappies Labuschagne (Sandstone Sleeper).
Foto: Tania Allen Photography
JHB 45336/R
Dineo en Olihile Mojatau.
MerciaLee en Chelleroy Buys (Olive Ranch).
Foto: Tania Allen Photography
Karlien en Johan Coetzee (Indaba Lodge).
Foto: Gerhard Steenkamp
LOWEST GUARANTEED FLAT
UITSONDERLIKE FONE. ONGEËWENAARDE WAARDE. Samsung Galaxy S3 Mini Smartphone
R169
PM x24
OP STRAIGHT UP 100*
100 MINUTE
100 SMS
100 MB DATA
PLUS SKULL CANDY HESH 2-KOPSTEL VIR SLEGS
EKSTRA R20
PM
99c PER MIN. MET PER-SEKONDE KOSTEBEREKENING
KENMERKE: Android 4.1, 1Ghz “Dual-Core” Verwerker, 8GG Aanboord-geheue, 4” super AMOLED-skerm. Ook beskikbaar in Blou.
CALL RATE
LG G2 Smartphone
R329
PM x24
OP STRAIGHT UP 100*
100 MINUTE
DOUBLE
UP
100 SMS
100 MB DATA
VIR SLEGS R100 PM MEER
OP STRAIGHT UP 200
R389
PM x24
OP STRAIGHT UP 100 100*
100 MINUTE
DATA
BOOST
100
100
VIR SLEGS
400MB
SMS
MB DATA
MEER EKSTRA R30 PM KRY DATA PM
100 700MB 100 EKSTRA EKSTRA TOTAAL
99c PER MIN. MET PER-SEKONDE KOSTEBEREKENING
99c PER MIN. MET PER-SEKONDE KOSTEBEREKENING
KENMERKE: Sony G-lens, 20MP Exmore™ RS vir mobiele sensor, 4.3” TRILUMINOUS skerm met “X-reality”. Water- en stofbestand.
MINUTE
SMS
DATA PM
KENMERKE: Pragtige 5.2” Volle HD iPS-skerm, 13MP OIS-kamera met multipunt-fokus, Blitsvinnige 2.30GHz “Quad Core” sentrale verwerkingseenheid.
Available at the following Cell C stores:
Mimosa 084 828 0028 • Loch Logan 084 828 0612
WORD VANDAG NOG DEEL VAN DIE CELL C-FAMILIE. cellc.co.za *RICA IN WINKEL. Aanbiedinge geldig vanaf 1 Maart – 31 Maart 2014. Alle pryse sluit BTW in. Bepalings en Voorwaardes geld. Eenmalige SIM & aansluitingsfooi van R114 slegs op kontrakte van toepassing. Beperkings is van toepassing op hierdie produkte en promosies. Vir hierdie beperkinge en volledige bepalings en voorwaardes, besoek asseblief www.cellc.co.za of vra in winkel. BF&W.
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014
BETREKKINGS
K E N N I S G E W I N G S
PERSOONLIKE DIENSTE
TE KOOP
3680
ELEKTRIES TOEBEHORE FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
1620
GURU Sound and Vehicle Security. Ons herstel radio's, amps, subs, DVD-spelers, motoralarms en 'central locking'. We buy and sell secondhand sound. Hannes 076 734 9988 of 071 352 7626.
ALLERLEI 1655
EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP. Broeipare en jong eende. Kontak Cheryl 076 246 1414 of 056-515 3963 Epos: cherylgerbrands @gmail.com
LENINGS 1445
Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211. Jaco 079 603 9374 of Danie 076 757 4972. ALGEMENE & HUISDIENSTE ROMMELVERWYDERING 1860
PERSOONLIK 1460
Vir bekostigbare egskeidings teen R4 500 plus uitgawes. Skakel 082 335 7195.
BOEDELKENNISGEWINGS
ALGEMEEN
VERVOER VAN meubels, bourommel en tuinvullis. Skakel Kobus 072 288 7535.
EIENDOMME
TE HUUR 3205
FURNISHED LUXURY apartments and flats in Bochabelo, Bloemfontein/Mangaung. Next to paradise hall for limited rental period (3 to 6 months). This accomodation is often used for transitional period. For enquiries please call Tshidi: 072 141 8479. Les: 082 551 9732.
BETREKKINGS 3600
BETREKKINGS GESOEK 3670
EK LYDIA SOEK WERK vir 5 dae. Kan alles doen, skoonmaak, was en stryk, kook en babas oppas. Skakel my asseblief: 072 546 9148.
Verkoopsman: Kathu Ons benodig die dienste van 'n verkoopsman om diens in Kathu te aanvaar. Vereistes: • Afrikaans en Engels magtig • Pastel-ervaring • Tegniese aanvoeling 'n vereiste Faks CV na: 053 723 1262. REGSKENNISGEWINGS & TENDERS HOFBEVELE/ SEKWESTRASIES/ LIKWIDASIES
4005
HOFBEVEL In die Landdroshof vir die distrik/streek van Bloemfontein, gehou in Bloemfontein, in die saak tussen: EX PARTE APPLICATION: STEVES BLOEM BK (Reg nr. 2007/100392/23) Applikant Na aanhoor van die regsverteenwoordiger vir die Applikant word daar gelas dat: 1. Steves Bloem BK ('applikant') onder voorlopige likwidasie in die hande van die Meester van die Hoë Hof geplaas word. 2. 'n Voorlopige Bevel uitgereik word wat alle belanghebbendes oproep om redes, indien enige, in hierdie hof op Donderdag 13 Maart 2014 om 08:30 aan te voer waarom die Applikant nie in finale likwidasie geplaas sal word nie. 3. Hierdie bevel sonder versuim gepubliseer word in Bloemnuus en Die Staatskoerant. 4. 'n Afskrif van die likwidasiebevel beteken moet word op: a. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. b. Die Meester van die Hoë Hof. OP LAS VAN DIE HOF Landdros
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
122 TI Rudman In die boedel van wyle Trevor Ian Rudman, boedelnommer 1019/2014, meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 7 Maart 1935, identiteitsnommer 350307 5042 085, laaste adres: Huis nr. 7, Sewe Damme Aftreeoord, Pentagonpark, Bloemfontein, datum van dood 24 Januarie 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae gereken vanaf 28 Februarie 2014 (datum van publikasie hiervan). EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHR0088)
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 11
Waternood niks nuuts SOWAT 100 jaar gelede was dit so droog in Bloemfontein dat mense hul badwater moes herbruik, skryf HANNES HAASBROEK.
“ELKE huiseienaar in Bloemfontein weet vandag dat daar ’n waterskaarste is . . . (tog) kan dit nie gesê word dat dié uiterste gevaar van dié situasie nie lank reeds aan die owerhede bekend is nie.” Klink dit bekend? Miskien ’n brief wat onlangs in ’n plaaslike koerant verskyn het? Amper reg, behalwe dat dié brief, wat oorspronklik in Engels in die Bloemfonteinse koerant The Friend verskyn het, uit Oktober 1919 dateer. Dit is miskien ’n geykte uitdrukking, maar so waar – die geskiedenis herhaal hom en daar is niks nuuts onder die son nie. En die ooreenkomste tussen 1919 en vandag is verstommend. Oktober en November 1919 was twee galbitter maande vir die inwoners van Bloemfontein. Net soos vandag was die destydse stadsraad vas aan die slaap en het nie vroegtydig voorsorg getref vir die naderende krisis nie. Die stadsingenieur, G.A. Steward, sou destyds onomwonde verklaar dat dit net deur die genade van God was dat die stadsraad tot in daardie stadium kon deurdruk met watervoorsiening. Teen die middel van Oktober 1919 was die Maselspoort- en Mockesdam buite die stad van waar die stad sy water kry, heeltemal droog. Dit het beteken dat die héle stad sonder water was – nie net ’n deel van die stad soos meermale vandag gebeur nie.
Op die stadraadsvergadering op 13 Oktober 1918 het die lede weinig lig op die waterkrisis gewerp en onseker voorgekom oor wie te blameer was. Ook moes toegegee word dat daar probleme is om die nodige masjinerie vir nuwe boorgate te bekom. Die stadsingenieur het nie doekies omgedraai nie. Hy was bereid om die blaam te dra, maar het tog benadruk dat hy die raad vroegtydig gewaarsku het dat die stad op ’n waterkrisis afstuur. Bloemfontein, wit en swart, wagtend op reën, moes oorleef deur boorgate wat inderhaas deur die plaaslike owerheid gesink is toe die krisis begin opbou, asook van private boorgate en putte. Toe vier boorgate boonop opdroog, het dit die krisis vererger.
Moddergooiery Soos te wagte het die pers en die inwoners weldra gevra hoe is dit moontlik dat die stadsraad en munisipaliteit sienderoë in die strik kon trap. Die waterprobleem is tog geen nuwe kwessie wat nou skielik opduik nie, is gesê. Reeds in 1914 het ’n spesiale kommissie bevind dat die Maselspoort- en Mockesdam onderskeidelik 45% en 75% toegeslik is. Daar is aanbeveel dat die wal by eersgenoemde met 10 voet (sowat 3 m) verhoog word en groot sluise by albei damme aangebring word. Betrokkenes en die belastingbetalersvereniging het hiertoe ingestem en geld daarvoor is begroot. Ná die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 is die planne op die lange baan geskuif en later heeltemal laat vaar ten gunste van die Modderrivier-waterskema – ondanks die feit dat dié skema jare sou neem om te voltooi.
Ja-nee, het The Friend die stadsvaders karnuffel. Julle het tyd en energie verspeel met grandiose nuwe waterskemas in plaas daarvan om voorbereidings te tref om die krisis waarin die stad verkeer vroegtydig te troef. Veral Die Volksblad, as spreekbuis van die Afrikaner, het kwistig die roede ingelê om die Engels-oorheerste stadsraad by te kom. Hulle het die voortvarende neus-in-die-lug-houding van die lede uitgewys en hul vergaderings afgemaak as “sigaret-en-tee-byeenkomste”, waar onbenullige sake aandag kry pleks van lewensnoodsaaklike kwessies. Kyk na Kaapstad, is gesê, hulle laat nie hul damme halfvol modder raak nie en hulle bepaal daagliks die vlak van hul water. En asseblief, is die raad versoek, moet tog nie die boorgate te naby mekaar sink nie, want dan sal die een die ander leeg trek, of private boorgate gaan gekneus word deur amptelike boorgate in hul nabyheid. Ontstoke inwoners het, net soos vandag, deur die pers van hulle laat hoor.
Bespaar water só Op 29 Oktober het die stadsraad vergader en sy noodmaatreëls duidelik uitgestippel om waterbesparing in die “extremely critical condition” tuis te bring. Enige weggooi-water, selfs badwater, is nie vir die tuin nie, maar om toilette te spoel – oortreders se name sal in die pers aangekondig word. Diegene met windpompe en boorgate op hul erf is versoek om dit aan die stadsraad beskikbaar te stel. Hotels, klubs, losieshuise en private wonings is aangesê om slegs te stort en dan slegs tussen
ses en sewe soggens en saans. Waterkarre sou die stad bedien en almal kon twee petrolkanne vul vir onder meer hul toilette. ’n Sentrale noodkomitee, ’n water-opspoorkomitee, waterverspreidingskomitee en klagtekomitee is in die lewe geroep. Aan die begin van November 1919 het welkome reën begin uitsak en weldra was die waterkrisis onder beheer. Hoewel modder kwistig rondgegooi is oor wie die skuldiges in die krisis kon wees, is die burgemeester en sy raadslede, die komitee van openbare werke en die
stadsingenieur en sy hoofde geloof vir hul onbaatsugtige werk om midde-in die krisis met die geriewe tot hul beskikking te poog om water aan die stad te verskaf. So, terwyl daar reuse-druk was dat ’n kommissie van ondersoek die hele debakel moes ondersoek en dat die skuldiges aan die pen moes ry, het die stadsraad besluit: nee wat! Klink bekend, nie waar nie? Dit kon net so wel gister geskryf gewees het . S Dr. Hannes Haasbroek is verbonde aan die Nasionale Museum in Bloemfontein.
Pak die Naval Duiwel Rufus Botha DIE Bloemfontein-Striders-marathonklub se jaarlikse Spar-padwedloopbyeenkoms wat ’n marathon (42,2 km), halfmarathon (21,1 km), 10 km- en 5 km-pretwedloop insluit, word môre gehou. Goeie nuus is dat atlete wat nog vir die Twee Oseane- en Comrades-ultramarathons wil kwalifiseer, môre se marathon daarvoor kan gebruik, omdat dit ’n amptelike kwalifiserende wedloop is. Die marathon begin om 06:00 en dit kos R90 om in te skryf terwyl die halfmarathon 15 minute later (06:15) begin. Inskrywings vir laasgenoemde kos R70. Die skoot vir die 10 km (R50) sal om 06:30 klap en vir die pretwedloop (R30) om 07:15. Die wegspring- en eindpunt is by die Bloemfontein-rolbalklub langs Unielaan naby die ingang van Naval Hill. Hierom staan die wedloop ook as die Naval Duiwel bekend. Inskrywings kan vandag van 16:00 tot 19:00 by die wegspringplek gedoen word en ook die oggend van die byeenkoms van 05:00 af. Goeie prysgeld is op die spel vir die kategoriewenners van die marathon, halfmarathon en 10 km-wedlope. Die mansen vrouewenners van die marathon sal elk met R1 400 huiswaarts keer. Vir verdere inligting bel Leana by 082-573-7222 of Jaco by 082-416-6779.
EERSTEKLAS: Wynand Bloem en Joubert Klopper van Greykollege (primêr) het SuidVrystaatAspankleure in tennis ver werf. Foto: Eric Grobbelaar
Getrouer kan dit nie Adriaan Strauss, kaptein van die Cheetahs, wys na die tatoeëer merk op die rug van ’n ondersteuner. Die Cheetahs het Saterdag middag na Melbourne, Australië, vir die volgende ronde van die Superrugbyreeks vertrek. Hulle meet vandag kragte teen die Re bels. Daarna kom hulle in Brisbane teen die Reds te staan, voor dat hulle na NieuSeeland vertrek om die Hurricanes en Blues aan te vat. Maak ’n draai op Bloemnuus se Facebookblad om te sien hoe van die Cheetahs voor die vlug na Australasië van hul geliefdes afskeid geneem het.