7 MAART 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
WWW.BLOEMNUUS.MOBI
GRATIS
Business news
Feestelikheid
Ons mense
Pretty Garden Lifestyle Centre changes hands – photos
Drink bier, eet skaap op dié makietie
Sendelinge stuur seënwense uit Siberië
Neem my af!
p9
bl. 5
bl. 8
Leonidas Ioannides (seun van Chris en Christina Ioannides) maak nader kennis met die lens van Evert Kleynhans (RooistoelTV) terwyl sy peetouers (Stratos en Marina Kambanis) hom voor sy doopplegtigheid aantrek. Foto: Gerhard Steenkamp
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014
Daar is nog veel meer te lees op www.bloemnuus.co.za
The Hellenic Greek Community in Bloemfontein celebrated the Apokries on Saturday, says Kyri Kambanis, president of this group. The Apokries is a traditional festival celebrating the last Saturday before Lent. It is normally celebrated with a fancy-dress party, barbecueing and dancing. With this festival funds were also raised to bring a priest and teacher from Greece to Bloemfontein. Photo: Juanita Duncan
Promosie: Jimmy’s Killer Prawns
Uiteet hiér ’n belewenis JIMMY’S KILLER PRAWNS in College Square, Bloemfontein, nooi mense hartlik om sy heerlike geregte en uitstekende diens op die proef te kom stel. Die eetplek spesialiseer in garnaal- en seekosgeregte. Maar of ’n mens nou ’n seekos- of vleisliefhebber is, daar is ’n wye verskeidenheid op die spyskaart om van te kies. Geregte van haloumi tot garnale, riblets, steak en groente en vele meer is beskikbaar. Die eienaars is self groot liefhebbers van garnale en glo 100% in Jimmy’s Killer Prawns. Omdat hulle dit self so baie geniet, is dit belangrik dat hul kliënte elke ervaring hier as ’n belewenis ervaar. Hulle glo niemand mag ooit ontevrede hier wegstap nie. Hier gaan goeie diens, ’n hartlike atmosfeer en heerlike kos hand aan hand. ’n Speelplek vir kinders is ook beskikbaar. Bel die eetplek by 051-444-4777 om meer oor private en sakegesellighede, asook die daaglikse spesiale aanbiedings, te hoor. Of kom nuttig ’n eersteklaskuier-ete saam met vriende en familielede by Jimmy’s Killer Prawns.
Wen eetbewys DIE restaurant Jimmy’s Killer Prawns gee ’n R200-eetbewys weg. Om ’n kans te staan om dit te wen moet jy ’n e-pos voor Vrydag 14 Maart stuur na jens.friis@media24.com met die volgende inligting: S jou naam en van; S selfoonnommer; en S voltooi die volgende sin: For great seafood, sushi, grills and . . .
Waar was jy?
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 3
Stoffel Cilliers Volg Bloemnuus op Twitter. Die adres is: @bloemnuus.
Politiek S DIE Britse koninklike gesin besoek Suid-Afrika (1947): Ek is agt jaar oud toe die Wit Trein die klein stasie Arlington naby Lindley, waar ek skoolgegaan het, instoom. Koning George VI, die koningin en prinsesse Elizabeth en Margaret klim uit om bene te rek. Ons rek ons nekke, maar staan tjoepstil, soos ons onderwysers gemaan het. Skielik verbreek ’n lang man, ’n boer, die stilte: “Dag, Jôrs!” skree hy. Die koning stap stil aan. Ons knyp die medaljes wat ons almal gekry het, verskrik vas. Regte Sap-medaljes, het een van my maats later gesê. S Referendum om ’n republiek te word (1960): Om derdejaarstudent aan die Puk en spesifiek in die koshuis Ons Huis te wees sou later blyk ’n voorreg te wees. Want F.W. de Klerk is ondervoorsitter van die studenteraad en André P. Brink is ’n sewendejaarstudent in die koshuis, op 24 jaar reeds aan die studeer aan sy derde meestersgraad. En eintlik heet ons koshuis Gatland. Die republikeinse ideaal is só sterk, ons doop die koshuis Republica Gatlandia. Ons dra lapelwapentjies met ’n hoender wat, nou ja, wégkyk. En ons marsjeer eendragtig deur die strate om ons te beywer vir ’n republiek toe in Oktober landwyd referendum gehou word. En op 31 Mei 1961 word oom Blackie ons eerste Staatspresident. S Die moord op John F. Kennedy (1963): Op 22 November staan ek as redaksielid in Die Volksblad se druktelegraafkantoor toe ’n flitsberigsein weerklink. En onmiddellik daarna, die volgende woorde: DALLAS, Texas: THE PRESIDENT IS DEAD. S Twin Towers (2001): Byna 38 jaar later doen ek op 11 September op aflosgrondslag subwerk in die dagsubkantoor. Iemand sien iets vreemds op die TV-skerm in die verslaggewerskantoor: ’n vliegtuig het pas in ’n yslike wolkekrabber vasgevlieg – en toe nóg een. Ons subs staar soos meerkatte oor die afskorting. Ons word niks wyser nie. Toe gaan ons maar met ons werk aan. Daar is ’n spertyd om te haal. Kultuur S Inwyding van die Voortrekkermonument (1949): Ek is tien jaar oud. Dit is Dingaansdag toe ek en my ma-hulle en ’n klompie vriende oor die radio na dr. D.F. Malan se Afrikaner, Quo Vadis-toespraak luister. In die gees is ons saam met die kwartmiljoen Afrikaners op Monumentkoppie toe hy om 12:00 sê: “Die sonlig belig nou die woorde op die sarkofaag: Ons vir jou Suid-Afrika”. S Eerste swart skrywer van ’n Afrikaanse roman (1957): As assistent in die Johannesburgse Openbare Biblioteek vir ’n paar maande werk ek in al die takke van die biblioteek aan die Rand, ook ’n biblioteek in ’n swart woonbuurt. Ek is diep beïndruk dat die gebruikers die biblioteek as ’n studie- en navorsingslokaal gebruik. Arthur Fula kom wys sy boek, Jôhannie giet die beeld, wat in 1954 as die eerste Afrikaanse roman deur ’n swart skrywer uitgereik is. Hy het dit in 1957 opgevolg met Met erbarming, o Here, wat hy daar in die biblioteek gesit en skryf het.
Die moord op John F. Kennedy het ’n blywende indruk op Stoffel Cilliers gelaat.
Wie is die skrywer? Ek, Stoffel Cilliers, was van 1961 tot Desember 1963 hoofsaaklik ’n taalversorger (sub) en vertaler by Die Volksblad waarna ek na Die Oosterlig in Port Elizabeth verplaas is. Daar het ek ook subwerk gedoen, maar het ook die daaglikse geselsrubriek Land en Sand behartig. In 1965 het ek heeltyds vir my UOD gestudeer. Van 1966 tot Desember 1968 het ek aan die Hoërskool President Steyn, Waterbron, skoolgehou. Van 1969 tot einde 1986 was ek aan die Hoërskool JBM Hertzog in Bloemfontein verbonde waar ek onderrig in Engels, Bybelkunde en voorligting gegee het. Van Januarie 1987 tot Februarie 1999 was ek aan die hoofkantoor van die onderwysdepartement verbonde en was ek adjunksuperintendent van onderwys. Ek was 35 jaar lank die voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. Ná my aftrede het ek in 2000 en 2001 op kontrak subwerk in die dagsubkantoor van Volksblad gedoen. Ek het ook heelwat resensies vir veral Volksblad geskryf. Ek is nou 75 jaar oud. Boerdery S Een pond wol haal een pond geld (1949): Ná ses bitter moeilike oorlogsjare wat met onder meer petrolrantsoenering gepaardgegaan het, kon wolboere in die Riemland dit nie glo toe hulle hul wol na die Baai stuur en ’n pond wol (0.45 kg) daar vir £1 (R2) verkoop is nie. Al die boere het daardie jaar nuwe motors gekoop. Sport S Bokshelde: Vic Toweel word my groot held toe hy in 1950 vir Manuel Ortiz klop en só die eerste SuidAfrikaanse bokser word om ’n
wêreldtitel te verower, naamlik as kapokgewig. Hy het sy titel verskeie kere met welslae verdedig en een van sy teenstanders 14 keer platgeslaan voordat hy sy bewussyn verloor het. Ek was ook ’n groot bewonderaar van die Bloemfonteinse swaargewig Johnny Ralph. Hy het twee hoogaangeskrewe buitelandse boksers, eers Freddie Mills in 1948 en daarna Bruce Woodcock in 1949, planke toe gestuur. Wie sal my verkwalik dat ek destyds dik boks-plakboeke gemaak het? S Bod vir Wêreldbeker-sokkertoernooi (Mei 2004): Toe Sepp Blatter die dag in Switserland aankondig Suid-Afrika gaan WB 2010 aanbied, juig ons almal spontaan: ek, die Bloemfonteinse skoolhoof langs my en al die klante van die supermark wat ons inkopies gelos het om eers na die Fifa-grootbaas se aankondiging te luister. Natuurverwoesting S Reënmaand: In Februarie 1988 het Bloemfontein 491 mm reën gehad, terwyl sy gemiddelde jaarlikse reënval 560 mm is. Een middag ná ’n erge reënbui staan ek op die twintigste verdieping van die destydse C.R. Swart-gebou na die suide en kyk. Binne ’n kwartier verander die kanaal wat in die Bloemspruit uitmond in ’n oorvol rasende spruit, wat Bloemspruit self weer in ’n siedende watermassa omskep. Op die TV se aandnuusbulletin sien ek die huis waarin my suster-hulle voorheen in Bainsvlei gebly het, is daardie dag drie keer deur die water deurspoel. S Onvergeetlike haelstorms: Op 20 November 2001 tref twee haelstorms Bloemfontein en rig ongeveer vyf miljoen rand se skade aan. Die eerste, omstreeks halftwaalf, was al erg genoeg. Die tweede, wat net ná twee die middag begin het, het net sowat twaalf minute geduur. Haelstene veel groter as gholfballe het neergereën. Voetgangers op straat is beseer, motors is beskadig en duisende ruite stukkend geslaan. Ek was saam met ander subs in die subkantoor van Volksblad. Ons het gesidder toe ons sien hoe die buitenste ruite van die gebou flenters geslaan word en water instroom. Ons motors was toe nog almal op die onbeskutte Ramblersterrein geparkeer. Wie beweer nog Bloemfontein is ’n rustige plek?
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014
Dagboek VRYDAG 7 MAART S Die fliek Vrou soek boer begin wys. S HTS Welkom vier sy 55-jarige reünie. Daar is ’n sportdag môre en ’n erediens Sondag. André van Dyk 082-371-3410. S Wesley Methodist Church International Food Fare by Preller Walk (op die gras) van 14:00 tot 19:00. Monica Michell, 082-557-3236. S Space Odyssey: Oudiovisuele aanbieding deur die Bloemfonteinstadsorkes om 19:30 in die Sand. Musiek uit Star Wars, Die planete van Holst. Dirigent: Paul Loeb van Zullenburg. Kaartjies kos R120 tot R300. Pacofs, 051-447-7772. S Dít gebeur vanaand op Binnelanders: Wimpie is baie ingenome met sy planne met Susanna, en Daleen maak ’n ontdekking oor Tertius se toekomsvisie. Morné verander in ’n monster, terwyl Delia in twee geskeur is oor Gideon se wraakplanne met At. S Saalperdskou op Bethulie. Bel 082-361-0158. S The Naval Hill Planetarium now offers regular public shows. The first digital planetarium in sub-Saharan Africa was inaugurated on 1 November 2013 and is already operational. In addition to a “fly through the universe” experience, planetarium events – lasting approximately 60 minutes – include the screening of one of several pre-recorded shows. Yolandie Loots, 051-401-9751. SATERDAG 8 MAART S Bloemfontein-orgedieëklub hou om 15:00 ’n werksessie by Ridderstraat 5, Fleurdal. Almal welkom. Jolene, 082-853-2196. S Kiepersol-tuinbouklub hou om
10:00 vergadering by Plants@Preller (Prellerplein). Angely Brown sal oor organiese maniere van tuinmaak praat. Prof. Tiney Krause, 051-436-6669. S Layers of Black – Jean Dreyer Exhibition, Gallery on Leviseur. S Die NG kerk Brandfort-Oos bied ’n Jubelfees aan. Awie Nel, 082-314-4409. S Sonsopkoms: 06:05. Sonsondergang: 18:30. S Dames-perspektief bied om 09:00 ’n verjaardag-geselligheid aan waar op die afgelope drie dekades teruggekyk word. Dit vind in die ouditorium van die Afrikaanse Letterkundige Museum plaas. S Wêreldbiddag vir mans word om 07:30 deur die NG gemeente Berg en Dal aangebied. Dit word deur ds. Gert Terblanche gelei. Die tema is Strome in die Woestyn. S ’n Interkerklike vrouekonferensie vind van 09:00 tot 13:00 in die AGS-kerk Jubilate op die hoek van Breë- en Levistraat in Hilton plaas. Ena Botha, ’n kenner oor innerlike genesing, is die spreker. Die tema waaroor sy gaan praat, is Wys my die herder. Toegang is R80 per persoon. Cecilia Prior, 051-4488681. SONDAG 9 MAART S Die NG kerk Hospitaalpark, Moyastraat, het elke Sondag twee eredienste: om 09:00 en 18:00. MAANDAG 10 MAART S Die Shimlas speel om 19:00 teen die Ikeys in Kaapstad. S Dít gebeur vanaand op Binnelanders: Delia wil weet hoekom Malan terug in Suid-Afrika is, en Morné besluit om uit te glip. Linda se planne werk nie vir Pippa nie, en Nigel sit sy beste voetjie voor –
WOENSDAG 12 MAART S Byeenkoms van die Ou Presidensie- Historiese Vereniging: Dr. J. Swanepoel praat om 18:30 oor die Nasionale Party 100 jaar by Naln. Die NP is op 7 Januarie 1914 gestig. Almal is welkom. Lambert van Rensburg, 051-422-5283 of 072-418-8665. S Karaoke with Eddie Schoeman at Oolong Lounge from 20:00. Adèl Victor, 051-448-7244.
Die Bloemfonteinse duet-groep Chri-Zade bestaan uit Marizanne Bekker en Chris Pretorius, Bloemnuus se Spontaan-wenner van 2013. Dié groep neem nou sy eerste vollengte-CD op wat later vanjaar beskikbaar sal wees. Chri-Zade is op Facebook, sowel as Twitter. maar nie by Zadie nie. Daleen waarsku Tertius oor die swangerskaptoets, terwyl Gideon homself nie kan help om bly te wees oor die resultate wat begin wys nie. S Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika vier sy 50ste bestaansjaar deur elke maand ’n ander land/vasteland/groep van Suid-Afrika se bevolking deur middel van individue/groepe te bespreek. Maart hou Ierland sy nasionale dag, St Patrick’s Day, en daarom bespreek Johan Pottas twee Iere wat hulle hier kom vestig het en in die Vrystaat oorlede is. Daar word gekyk na die redes waarom Joseph Patrick Higgins en
John Montgomery na Suid-Afrika geëmigreer het. John en sy seun Thomas se dokumente gee ’n besonderse insig in die lewe van ’n reisende algemene handelaar in die jare 1828 tot 1870. Die Vrystaattak van die GGSA kom om 18:30 in die ouditorium van die Oorlogsmuseum byeen. Toegang is R20. Bel Marietjie van Zyl by 083-406-5975 sou jy meer wou weet. TUESDAY, 11 MARCH S Moshoeshoe’s Day, public holiday in Lesotho. S Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse klub-oefening om 19:00 in The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-99-231-99.
THURSDAY, 13 MARCH S Retrospective Exhibition by Maureen Quin (Main Building of Oliewenhuis): This travelling retrospective exhibition celebrates the life work of Maureen Quin from the 1950s to the present. It is curated by Virginia Reed. Maureen Quin explains her art: “Sculpture is my passion. It’s an extension of myself, reflecting my thoughts, my loves, hates, joys, and fears. Whether I am involved in representational wildlife studies, realistic figure studies or abstractions, I put my heart and soul into it. Each sculpture is an exciting journey. Starting with a vague concept, sketching it to achieve a visual form, building the armature, fleshing it out and having it cast in bronze are the elements which ultimately are to me the most rewarding and satisfying.” S Sopkombuis van die Klipkerk gee kos aan minderbevoorregtes. As jy kan help met die uitdeel daarvan of ’n skenking wil doen, bel Elize by 051-436-7322. S Dít gebeur vanaand op Binnelanders: Nigel laat harde woorde oor Okkie en die trollie val, en Daleen besluit om in die troue in te gryp. Delia en Gideon se verhouding neem ’n nuwe wending. Bea dwing Jan om met Morné oor Kanada te praat. At staan op die punt om Binneland terug te kry, en Wimpie vat ’n kans met Susanna. S James Redfern en Laura Pauna (vierhande-uitvoering) om 19:30 in die Odeion.
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 5
(Ver)drink (in) bier Jens Friis
VOLGENDE Saterdag word ’n Skaap-en-bier-makietie op die De Oude Kraal-gasteplaas, 30 km suid van Bloemfontein, gehou. Dit beloof om ’n lekker geleentheid met danse, rugby kyk van 16:00 af, en baie te ete én te drinke, te wees. Drinkebroers sou dalk meen jy val met jou alie in die botter as jy in kiloliters bier kan swem. En The London Collection meen dit is een van die beste maniere om te sterf naas oorvreting aan sjokolade en seksuele
uitputting. Maar die dag toe hordes mense regtig in bier verdrink het, was dit glad nie pret nie. ’n Bekende gebou in die Londense middestad is die Dominion-teater. Bokant die ingang staan ’n reuse-beeld van ’n flambojante Freddie Mercury. Voordat dit ’n gewilde bymekaarkomplek vir teatergangers was, is bier hier in die Meux’s Horse Shoe Brewery gebrou. ’n Deel van die uitstalling was ’n vat wat byna so hoog soos vier volwasse mans was. Dit kon meer as ’n miljoen
glase bier hou. Maar in 1814 was daar konsternasie toe die vat gebars en die bier ’n reuse-golf gevorm het. Diegene wat nie verdrink of versmoor het nie, is honderde meters ver deur die drank weggeswiep. Dit was ’n tragiese einde, maar soos die Queen-liedjie lui: Who wants to live forever? S Kaartjies teen R250 vir die Skaap-en-bier-makietie op De Oude Kraal moet by 051-5640636 bespreek word. Vir meer inligting blaai na die advertensie op die agterblad.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014
Getroud
Claudine en ArnĂŠ Gouws (The Willows).
Foto: Astrid Cordier
Eli en Lizette Saunders (Jakkalsdraai).
Hennie en Isobel Viljoen (Toadbury Hall).
Foto: Eloise van Rensburg Fotografie
Foto: Mandie Niemann
Pierre en Elize Pelser (Montebello).
Foto: On 3 Photograhy
Lizette en Barry Malan (Slightly Nutty).
Danelle en Pat van Heerden (Jakkalsdraai).
Foto: Duvenhage Fotografie
Foto: Lorike Botha
Anzel en MornĂŠ de Beer (Kiepersolrant).
Foto: Eloise van Rensburg Fotografie
STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 7
Ruan en Marlie Rautenbach (Lovedale, Rhodes).
Foto: Tania Allen Photography
Minette en PC van der Merwe (Rosella Farms).
Foto: 3’kie’s Fotografie
Chenelle en JP Joubert (Pepper Tree).
Foto: Tania Allen Photography
Jacques en Yolinda Loots (Lettie Fouché-lapa).
Foto: Tania Allen Photography
PROMOSIE: Bfn Bruidskou en Leopards & Lace
Bruidskou gehou DIE Bloemfontein Bruidskou™ word die 19de agtereenvolgende jaar aangebied en wel in samewerking met Leopard & Lace onder die bekwame bestuur van Michael Hetzel. Hetzel is bekend vir sy bestuursvermoë en goeie menseverhoudings.
Albei die betrokkenes het jare lange ondervinding in bruidskougeleenthede en die samewerkingsooreenkoms is ’n gulde geleentheid vir hulle. Die bruidskou is môre van 09:00 tot 20:00, Saterdag van 09:00 tot 18:00 en Sondag van 09:00 tot 13:00.
’n Pragtige bruid: Lene Labuschagne is onlangs met die Cheetah-rugbyspeler Lappies getroud. Foto: Tania Allen
In die tyd sal die besoekers in Leopard & Lace se restaurant in die Ball Room kan ontspan waar heerlike eet- en drinkgoed bestel kan word. Die kontantkroeg sal deurentyd oop wees. Die besoekers sal ook die geleentheid kry om hulle vir pryse van duisende rande in te skryf. Die wenners van die pryse sal Sondag op ’n bepaalde tyd aangekondig word. ’n Goeie verskeidenheid diensverskaffers sal op die bruidskou verteenwoordig word. Verskeie stalletjies van troukoeke, blomme, klank en beligting, fotograwe, ontwerpers, ensovoorts, het reeds stalletjies vir die bruidskou bespreek. Ander uitstallers wat belang stel, kan Hetzel by sy kantoor by Leopard & Lace besoek. ’n Vloerplan is daar beskikbaar sodat die uitstallers hul keuse van die grootte van hul uitstalruimte kan maak. Die pryse wissel volgens die grootte van die ruimtes. Leopard & Lace is bekend vir sy pragtige lokale en is gewild vir die gehaltediens wat hy aan sy kliënte bied. Die onderneming hanteer self die spyseniering en dit word wyd aanbeveel vir troues en konferensies, asook enige ander spesiale geleentheid. Daar is genoeg parkeerplek en sekuriteit. Vir inligting in die algemeen bel Nella by 083-262-2918 of Michael by 079-499-1464. S Sien die advertensie op die voorblad.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014
Seënwense uit Siberië ERNST TOERIEN is in 1994 ná sy studie aan die Universiteit van Stellenbosch (US) saam met ’n groep sendelinge na St. Petersburg in Rusland. In 1998 het ’n studentevriend hom aan die Langenhovenpark-gemeente in Bloemfontein bekend gestel en sedertdien besoek Ernst dié gemeente gereeld. “Nadat ek tot bekering gekom het, wou ek graag sendingwerk doen, maar my onderwysers het my aangemoedig om eers te studeer. In my finale jaar het ek daaraan gedink om ’n tentmakersendeling in die een of ander Arabiese land te word, maar die Heer het my na Rusland geroep.”
Waar woon julle? In Bolshoye Ozera (wat groot meer beteken) so 350 km suidwes van Krasnoyarsk in Siberië. Dit is so 4 000 km oos van Moskou. Die eerste ses jaar was ek in St. Petersburg. Was dit ’n groot aanpassing? Aan die begin was dit ’n groot avontuur. Ek was 21 en het vir enigiets kans gesien. Later het dit begin pla dat ek ver van die huis af is. Dit is natuurlik baie kouer – die koudste wat ek al beleef het, was -53 °C en dit was nie die aanvoelbaarheidstemperatuur nie. Die weer was egter nie die grootste aanpassing nie, maar eerder die leefwyse en die morele verval hier. As plaasseun is ek nooit aan die goed blootgestel waarmee ek daagliks hier gekonfronteer word nie, soos straatkinders wat in rioolpype bly en wie se ledemate afvrot.
Ons mense in die vreemde
omtrent net 60 dae ’n jaar. In Siberië skyn die son darem meer. Die Siberiërs het ’n sêding: ’n Siberiër is nie ’n ou wat koud kry nie, maar ’n ou wat baie klere aantrek. Hulle sê dit gewoonlik vir my, want ek hou nie daarvan om so baie lae klere aan te trek nie. Vreemde gebruike? Die Russe is erg bygelowig en het snaakse gebruike. Daar is die gewones en dan is daar die vreemdes soos jy mag nie ’n gelyke getal blomme of enigiets vir iemand gee nie (dit beteken jy wens hom dood); as iemand op jou voet trap, moet jy op sy voet trap, fluit is uit – as jy fluit, gaan jy al jou geld verloor en niemand buiten die ouers mag ’n pasgebore baba die eerste ses maande ná sy of haar geboorte sien nie.
je”. In Rusland is daar geen paaie nie, net rigting.
Hoe verskil Rusland van SuidAfrika? Die twee is amper onvergelykbaar. Die Russe eet min vleis (duur) en baie sop en drink natuurlik baie vodka, veral wat hulle self stook (al is dit onwettig). Die meeste Russe bly in woonstelle en net die superrykes kan ordentlike huise bekostig. In die dorpies bly die armes ook in huise, maar dit is klein en sonder watertoevoer. Hulle het net krag, so as jy ’n huis met ’n toilet binne het, beteken dit meestal jy is ryk en ook maar skelm. Die burokrasie is erg en korrupsie is endemies – van klein tot groot. Hoe hanteer die inwoners die oorgang van kommunisme na kapitalisme? Stem dit ooreen met wat in Suid-Afrika gebeur?
Vreemde sêgoed? ’n Skrywer en diplomaat het eeue gelede gesê: “Rossija oemom ne ponjat, v Rossii tolko mosjes verit.” Jy kan Rusland nie met jou brein verstaan nie, jy moet daarin glo. Nog een is “V rossii net dorogh, tolko napravleni-
Die ou mense het in die 1990’s na kommunisme teruggehunker, veral omdat daar volgens hulle meer stabiliteit was en jy darem een keer ’n jaar ’n gratis vakansie gekry het. Deesdae het ons stabiliteit, maar beslis geen gratis vakansie nie. Ek het wel nie onder kommunisme geleef nie, maar ek kan my indink dat lewe in Poetin se Rusland baie soos destyds is. Die land word deur een man geregeer en enigeen wat vir hom ’n bedreiging is, word in die tronk gestop. Politiek en moreel is die land vrot van binne, maar wat aan die wêreld getoon word, is goed, soos Sotsji se Winterspele. Ek sou nie sê dit is ’n kapitalistiese land nie – daar is ’n sogenaamde vryemarkstelsel, maar die groot ouens beheer alles. Daar is jaarliks ’n paar dae ’n tekort aan brandstof. Die antimonopolisasiekomitee ondersoek die redes en bevind dat die verskaffers saamgespan het om die tekort te skep sodat hulle pryse kan opstoot. Hulle kry dan ’n klein boete wat hulle aan die regering moet betaal (die staat besit die meeste van die verskaffers), maar petrolpryse word nooit laer nie. Om ’n kleinhandelsaak te begin is moeilik. Jy moet die regte mense ken en weet hoeveel omkoopgeld om aan wie te gee.
Is die kommunikasie maklik? ’n Russiese vriend wat in Amerika gewoon het, het gesê die verskil in vriendskap tussen Amerikaners en Russe is soos ’n perske. Om met ’n Amerikaner vriende te maak is soos die vleis van die perske. Jy kom maklik in, maar die vriendskap is nie diep nie. Vriendskap met Russe is soos die pit. Jy kom baie moeilik in, maar as jy eers in is, dring jy tot die kern deur en word soos familie. Dit het ek beleef. Op die oog af is hulle nors (wie sal buitendien staan en glimlag as dit -30 °C is?). As hulle jou egter eers vertrou, is hulle gasvry en sal hulle hul laaste stukkie kos met jou deel. Hoe het jy by die weer aangepas? Dit is een van die goed waarvoor ek die bangste was. Toe ons die eerste keer in St. Petersburg aangekom het, was dit somer. Ons klomp Suid-Afrikaners het in die trein met ons warm winterbaadjies gestaan en koud gekry. Deur die venster sien ek toe ’n klomp seuns swem – poedelnakend in ’n poel. Dié dag het ek gedink ek sal geen winter hier oorleef as die somer so koud is nie, maar 20 jaar later hanteer ek nie die warm Suid-Afrikaanse somers so goed nie. Wat my egter onkant betrap het, is die min sonskyn – die son skyn
S Senda Edeling het Chris Chameleon se CD Herleef op www.bloemnuus.co.za gewen. Malie Beukes, Gerda Fourie, S. Kotze en Sue Pienaar is boeke ryker. S Jan Vermeulen van Vermeulen-gas het dié winkel op 28 Februarie gesluit, “omdat die ouderdom hom inhaal”. Die sakeperseel is aan Morris Turner Tool Hire verkoop. S Dié werknemers van EY in Bloemfontein het hul openbare praktykeksamen geslaag: Chris Akers, Estiaan Badenhorst, Gerhard Botha, Natalie de Freitas, Luciah Masiu, Melise van Dyk, Karin van Rensburg
Rusland is eerder ’n sosialistiese as ’n kapitalistiese land. Die mense maak egter maar vrede daarmee, bly stil en maak natuurlik grappies daaroor. Dit is moeilik om te sê of ’n mens dit met Suid-Afrika kan vergelyk. Sekere mense is hier en daar dieselfde.
Watter vreemde kos eet hulle? Niks vreemds nie; hulle is wel lief vir salo (skoon, gesoute varkvet) en maak soms slaai en sop met brandnetels en eet jong varingblare voordat die blaar oopgaan. Wat behels jul bediening? Ons bied Christelike humanitêre kampe vir kinders uit minder bevoorregte gesinne en wees- en straatkinders aan. Die kampe word in die vakansie by ons huis aangebied. Dit duur so twee weke en ons ontvang soms tot 50 kinders. Omdat die kinders nie kan betaal nie, is die kampe gratis, maar ’n deel van die program behels dat die kinders ’n uur ’n dag in die tuin moet werk om my met die verbouing van groente te help wat ons dan op die kamp eet. Die res van die jaar bly van die kinders ook by ons as dit vir hulle te moeilik raak by hul “huise” (die meeste het nie pa’s nie en soms verdwyn die ma’s ook). Hoe ontvanklik is die mense vir die Woord? In die 1990’s was die mense baie ontvanklik vir die Woord, maar deesdae beslis nie. Mense is skepties en omdat hulle deesdae dag ná dag vertel word dat alle Russe Russies-Ortodokse Christene is en dat enigeen wat nie Ortodoks is nie, sektante is en die Russiese kultuur probeer afbreek, maak dit dit soveel moeiliker om die Woord aan mense te bring. Ons is mos die vyand. Dit sluit ook Russe in wat lidmate van die Protestantse kerke is. Hulle glo Protestantse Russe is landsverraaiers. Wat is jou gunsteling-Bybelvers? Psalm 119:9: Hoe kan ’n jong mens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan U Woord! My ma het my dié vers geleer toe ek skool toe is. Watter belangrike les het jy daar geleer? God is oral en mense is maar almal dieselfde, al verskil kulture. Die wêreld het ’n behoefte aan God, so moenie net vir jouself lewe nie. Sien die nood om jou raak en doen iets daaraan. As jy net een kind kan help . . . As die 2 miljard mense wat hulself Christene noem net 2,5 ander help, sal daar nie meer iemand in nood wees nie. Watter raad het jy vir ander mense wat sendingwerk wil doen? Jy moet baie seker wees van jou roeping – veral die waarheendeel. Alle Christene is geroepe, maar nie almal om so ver soos ons te gaan nie. Indien jy dink God het jou geroep, moet jy seker wees dit is Sy roeping en nie jou avontuurgees nie. Dit is harde werk en verander jou heeltemal.
Ernst Toerien en sy vrou, Betsie, op die Rooiplein voor die St. Basil-kerk.
Foto: Verskaf
Wel en wee en Kobus Zeeman. S Dean Elgar, ’n Protea-kolwer, sal sy krieketloopbaan by die Titans voortsit. Dié hotklou-kolwer het die Knights Maandag van sy voorneme verwittig. S Dié Bloemfonteiners is oorlede: Johanna Magdalena Malan (1961), Heavies Botha (1928), Dennis Reade (1931), Ria van der Walt (1935), Catharina
Johanna Hattingh (1931) en Betty Zietzman (1962). S Die bekende prokureurspraktyk Vermaak en Dennis Ing. het ná 37 jaar besluit om homself in die Vrystaatse hooggeregshof voorlopig te laat likwideer. Die keerdatum van die voorlopige bevel is 10 April. S Colin Sorour, bestuurder van die Bloemfontein-gholfklub, gaan
ná 11 jaar die leisels van die klub oorgee. Hy het ’n werkaanbod elders aanvaar. S Daleen van Wyk en Rider Haggard het Saterdag ewige trou aan mekaar in die winkel Red Claw Comics in die Loch Loganwaterfront belowe. Die winkeleienaar, Karl-Franz Johnson, was verheug dat die troue in sy winkel gehou is.
) Lees meer oor die bediening by http://www.big-lakes.com/ en http://www.givengain.com/cause/1364/
S Graeme Smith (33) het sy uittrede uit alle internasionale krieket aangekondig. Graeme het in 2003 die Proteas se kaptein geword ná Shaun Pollock se bedanking en is die eerste kaptein in wêreldkrieket wat sy land in meer as 100 toetse gelei het. S Hillary Spears (80), oudhoof van die Hoërskool Brebner, is oorlede. Hillary word oorleef deur sy vrou, Maurine, sy dogter, Mary, twee seuns, Timothy en Peter, asook vyf kleinkinders. ’n Gedenkdiens word Dinsdag om 17:00 by Brebner vir hom gehou. S Stuur bydraes vir Wel en Wee na jens.friis@media24.com.
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 9
Social scene
Ewalt Hattingh, Danielle Hattingh, Charine Hattingh, André Botha, H.H. Osman, Ethel Botha, Johnny Bateman and Odelia Bateman; front, standing: Keryn Bateman (11) and Ayla Bateman (7).
From the left are, front: H.H. Osman and Noman Mashkoor; back: Dr Zaheer Hosain, Imran Dambha and Munawwar Moosa.
BROCOR AUCTIONEERS was relaunched on Tuesday night and at the same function the new owners of the Pretty Garden Lifestyle Centre were introduced. The Bloemfontein City Orchestra provided the music at the Pretty Garden Lifestyle Centre.
Oeloff Visser (Fruit & Veg City), Willie Coetzer (Pretty Gardens-kwekery), Henri Roux (Imperial GM), Paul Marais (Christi Wagenaar-ouditeure) and Marieke Schwarzendahl.
Johnny Kleovoulou (Barba’s Café), Danielle Hattingh (Pretty Gardens) and Chris Buys (Du Preez Liebetrau & Co.)
FOOTWEAR
Up to
Eugene Saffy, Mareé Ferreira and Paschalis Yiorkas. Photos: Conrad Bornman
GREAT VALUE DEALS!
FRENZY 50% OFF! Normally R275
Normally R299
NOW R150
Normally R1199
NOW R599
Normally R999
NOW R199
NOW R799
MEN’S ARROYO SANDALS Carbon rubber outer sole Washable waterproof leather
WOMEN’S CARSEY SANDALS Rubber outsoles for better grip Versatile removable heel straps
WOMEN’S CLEO 2 SANDALS Pivoting strap that can be worn behind heels Lightweight Croslite material soles for comfort
Normally R1399
Normally R1399
NOW R799
NOW R799
Normally R1099
MEN’S EMERGE SHOES
NOW R699
Rubber outsoles for better traction Nylon mesh linings for breathability
Normally R1499
NOW R999
MEN’S REFLEX 2 WP SHOES Sticky rubber outer soles Waterproof EVA midsoles Breathable mesh lining
MEN’S PHASER INFERNO SHOES Vibram® trek rubber outsoles for better traction Polyester mesh linings for breathability
MEN’S REACTOR LEATHER SHOES Air cushion midsoles for comfort Moulded external heel and toe corner for protection
MEN’S CHAMELEON 2 LEATHER SHOES Vibram® outsoles for better traction and grip Air cushion midsoles for comfort
7894 E & OE
Offers valid from 28 February to 16 March 2014 SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders. Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability.
Fans find out first.
All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014
Wen vleis van AAA DIE resep vir dié steak met mosterd-en-brandewynbotter is op Bloemnuus se Facebook-blad en is ook te kry in Jan Braai se boek Vuurwarm. Skaf jou vleis by die AAA-slaghuis (Hospitaalpark) aan en wen ’n steakpak van R500 wat AAA weggee. Om te wen stuur voor Vrydag 14 Maart ’n e-pos met jou naam, selfoonnommer en die antwoorde op die volgende vrae na jens.friis@media24.com. 1) Hoeveel jaar bestaan AAA Hospitaalpark? en 2) Wat is die prys van AAA-boerewors by AAA Hospitaalpark soos geadverteer in hierdie week se Bloemnuus?
FUNKSIES & KONFERENSIES
DIÉ resep kom uit Jan Braai se boek Vuurwarm wat deur Human & Rousseau uitgegee word. DIE geure van mosterd, botter en brandewyn pas goed by ’n gebraaide steak. Deesdae weet die meeste mense dat jy ’n steak medium-rou behoort te eet – dus is dit hoe jy hom moet braai. Berei voordat jy braai die gegeurde botter voor en hou dit in jou yskas totdat jy dit nodig kry.
DIENSTE
1425
2420
Crèche vir klein honderasse weekliks by Canine Kanaän Hondehotel beskikbaar. U kan werk terwyl u hond hom gate uit geniet. Bel Elsabé 072 116 9194 of 051 431 8431.
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE
Böhmer Sekondêre Skool: Betrekking. Algemene Voorman (Dept. aanstelling) Kwalifikasie: Graad 12 en N5 Sluitingsdatum: Maandag 10 Maart 2014 Salarisskaal: R81 300 p.j. Handig CV in by skool in Walter Sisuluweg, Universitas, Bloemfontein. Navrae: Skoolhoof 051 522 6846/082 775 1446
VERKOPE & BEMARKING 3760
2635
HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild, slaapplek vir 1 - 6. Beste tarief heeljaar. 044 695 0219/082 641 4092.
LENINGS 1445
UVONGO: Ruim 2-slaapkamerwoonstel op strand. Lieflike seeuitsig. Skakel 082 429 1105.
ALGEMEEN 3680
PERSOONLIK 1460
Vir bekostigbare egskeidings teen R4 500 plus uitgawes. Skakel 082 335 7195.
ALLERLEI 1655
EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP. Broeipare en jong eende. Kontak Cheryl 076 246 1414 of 056-515 3963 Epos: cherylgerbrands @gmail.com Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211. Jaco 079 603 9374 of Danie 076 757 4972.
TROETELDIERE 1660
1 bokhondjie te koop. Skakel Flora 057 212 1641 of 082 734 5032.
BOUPLANNE 1802
AAA-kwaliteit. INSTALLERING van: Alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.
BOME 1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
Gee steak geur met dié botter
Salesman required in Heidedal/Bloemside area. Fax your CV to 086 726 6627.
4 senior sales positions available. R17 800 package. Fuel allowance. Sales experience required. For interview call 051 522 2237.
Wat jy nodig het (vir tien mense): S 250 g gesoute botter teen kamertemperatuur (baie sag, maar nie gesmelt nie) S 2 sopies mosterd S 2 sopies brandewyn S 1 sopie pietersielie (fyngekap) S 1 teelepel suurlemoensap S 1 teelepel swartpeper S steak (1 per persoon) Laat waai! 1. Sit al die bestanddele behalwe die steak in ’n bakkie en meng dit goed. 2. Skep die gegeurde bottermengsel in ’n mooi bakkie waaruit jy dit kan bedien. Bedek die bakkie met kleefplastiek of foelie en sit dit in die yskas totdat jy reg is om dit te gebruik. Jy kan stappe 1 en 2 ure of selfs dae vooraf doen. 3. Haal die botter uit die yskas net voordat jy die vuur aansteek dan sal dit nie kliphard wees wanneer jy dit voorsit nie. 4. Braai die steaks vir vier minute aan elke kant op baie warm kole tot mediumrou. 5. Sit die steaks op die borde en skep ’n goeie lepel botter op elke steak. Soos wat die botter oor die vleis smelt, trek die geur in.
BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 11
Wilco van der Berg en Luzanne Nel het onlangs op Bloemnuus se digitale platforms ‘n prys gewen om te kon kyk hoe Bloemnuus gedruk word. Foto: Jens Friis Die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se matriekklasse van 1954 en 1964 het die naweek van 21 tot 23 Februarie onderskeidelik hul 60- en 50-jaarreünie in Bloemfontein gehou. Prof. Pieter Viljoen en sy vrou, Marie, het die klas van 1954 se reünie gereël en Veronica du Plessis (gebore Visser), Blikkies Pretorius en Gerhard Groenewoud het die klas van 1964 se reünie gereël. Bykans 100 oud-Tralies het dié twee geleenthede bygewoon. Hier is lede van die klas van 1954 wat die dinee Saterdagaand in die Eeufeessentrum van Sentraal bygewoon het.
Dit is weer tyd vir Kansa in Bloemfontein se jaarlikse Jail ’n Bail-geldinsamelingsprojek. Wat vanjaar van die vorige jare onderskei, is dat net van Bloemfontein se voorste professionele vroue hierby betrokke is. Die vroue het elkeen ’n spesifieke bedrag wat hulle moet insamel – die sogenaamde “losprys”. Hier word Belinda Driskel (tweede van regs) van Help U Debt Counsellors “aangekla”. Hier is Henley Botha (streekbestuurder van Kansa), maj. Laetitia Vyver, Jaqueline Storm, Driskel en Werner van der Walt. Jaqueline en Werner is albei van Help U Debt Counsellors.
Op ’n byeenkoms van die UV se Damesklub het prof. Johan Moll (agter) as spreker opgetree. Sy onderwerp van die dag was Rose deur die eeue. Voor staan Magdaleen Schoch, Rèni Strydom en Marietjie Cilliers. Foto: Verskaf
Skole slaags op sportdag Iselma Parkin DIE Hoërskool Fichardtpark bied vandag die 13de Clover-sportdag aan waarop skole van oor die land heen kragte in sewe sportsoorte sal meet. Vandag sal sowat 60 tennisspanne op die bane van Oud-Studente, die Stadion, en die hoërskole Fichardtpark, Grey en Eunice deelneem. Gholf word op die Tempegholfbaan gespeel, terwyl skaak en binnenshuise skiet by die Hoërskool Fichardtpark aangebied word. Môre sal 80 hokkiespanne, 104 rugbyspanne en 100 netbalspanne reeds van 08:00 af mekaar die stryd aansê. Sportliefhebbers kan uitsien na die deelname van tradisioneel sterk sportskole soos die Hoërskool Diamantveld, Grey-kollege, Sentraal, Voortrekker, HTS Louis
Botha, Hentie Cilliers en Landboudal. Ook skole uit die OosKaap, Noord-Kaap en Noorden Suid-Vrystaat sal kom deelneem. Altesaam 47 skole het hulle vir dié sportfees ingeskryf. Op die Hoërskool Fichardtpark se A-rugbyveld tref die volgende eerstespan-kragmetings die oog: Witteberg/ Landboudal (08:00), Goudveld/Upington (09:10), Duineveld/Welkom-Gimnasium (10:20), HTS Louis Botha/Diamantveld (20:40), Grey Cherries/Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (12:40), Sentraal/Hentie Cilliers (13:50), Grey/PotchefstroomGimnasium (15:00) en Central Nissan Fichardtpark/Hoërskool Grens (Oos-Londen) (16:10). Hokkie van ’n hoë standaard word op die Universiteit van die Vrystaat se
astrobane verwag. In die geselskap van Stirling High, Hudson Park, Kimberley Girls’ High en plaaslike hokkiekragte soos Oranje, Eunice en die seuns van Fichardtpark, is die tafel vir uithalerspel gedek. Op die netbalbane sal Fichardtpark, Oranje, Upington, Noord-Kaap, Diamantveld, Sentraal en Witteberg waarskynlik die pas aangee. Sportliefhebbers word genooi om die reuse-sportgeleentheid by te woon. Toegang is R15 per volwassene. Leerlinge in sportdrag/ skooldrag betaal niks. Die Hoërskool Fichardtpark gee erkenning aan die volgende hoofborge: Clover, Twizza, die LifeRosepark-hospitaal, Noordwes-universiteit (Pukke), Central Nissan en Checkers Hyper. (Sien promosieblad in volgende week se Bloemnuus.)
KANONVOET: Johan Goosen is deesdae ’n Cheetah, maar toe hy eens 36 punte vir Greykollege teen Paul RoosGimnasium opgestapel het, het een van sy strafdoele verder as 67,1 m getrek. Met sy lang kantlynskoppe en stelskopwerk kan Johan ander spanne onderkry. Buiten sy akkurate skopwerk kan dié generaal ’n wedstryd dikteer en instinktief aanvoel wanneer die wedstrydplan moet verander. Foto: Conrad Bornman
Prinsloo wen dié maand Lynne Landman
Nadia Meiring en haar afrigter, Louw Prinsloo, van die Hoërskool Fichardtpark.
NADIA MEIRING (17) van die Hoërskool Sentraal is as Bloemnuus se eerste SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir haar puik prestasies in atletiek gekies. Sy blink ook in netbal uit. Op vanjaar se Sone 2-atletiekbyeenkoms het Nadia 55,62 m in hamergooi vir meisies o.17 gehaal. Met dié afstand kwalifiseer sy vir
die Afrika-kampioenskapsbyeenkoms in April in Mauritius, asook die tweede Jeug- Olimpiese Spele van 16 tot 28 Augustus in Nanjing, China. Op die Sone 2-atletiekbyeenkoms het Nadia die hamergooi- en gewigstootrekords verbeter en drie eerste plekke in hamergooi, gewigstoot en diskusgooi behaal. Sy het op 7 Februarie haar hamergooirekord na
53,80 m verbeter en twee eerste plekke in hamergooi en gewigstoot en ’n derde plek in diskusgooi op die HTS Louis Botha-uitnodigingsbyeenkoms behaal. Op die Toptien-atletiekbyeenkoms van Atletiek Gauteng-Noord en die Prestige-kollege het Nadia ’n Suid-Afrikaanse atletiekjeugrekord in hamergooi vir meisies o.17 opgestel. Haar wenafstand was 56,39 m.
S Stuur vandag jou benoeming na sport@zpr.co.za. Benoemings wat ná die 20ste van die maand ontvang word, word na die volgende maand oorgedra. Die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand-wenners word van Februarie tot November aangewys. Vir meer inligting kontak Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-5229574.