Bloemnuusbl 20140314

Page 1

Nog reën kom

VRYDAG 14 MAART 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

WWW.BLOEMNUUS.MOBI

GRATIS

Hartsake

Spervuur

Terugblik

Stephen Brown praat by Nellie Swart bl. 4

Wie is Wouter Wessels van die VF+? bl. 9

Dít het geword van nuusman Herman le Roux bl. 2

VOLGENS weathersa.co.za kan Bloemfonteiners hulle gereed maak vir ’n lekker nat naweek. Daar is môre en Sondag ’n 60%­kans dat 15 mm oor Bloemfontein gaan uitsak, terwyl daar Maandag ’n 30%­kans vir 10 mm is. Die temperatuur sal op elk van die dae by 15/26°C draai. Bloemnuus het onlangs berig hoe Bloemfontein in 1904 deur ’n vloed getref is en die Bloemspruit toe vergroot is. Conrad Bornman het dié foto geneem toe ’n bui onlangs oor Bloemfontein uitgesak het. Die inlasfoto is deur Evandre Janeke geneem toe Bloemspruit Dinsdagoggend onverwags sterk afgekom het.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014

EET VERNIET UIT MET JOU FOTO: Gideon Slabbert is met dié foto van die Windmill­casino­en­vermaaklikheidsentrum ’n eetbewys ryker van Rosie’s Brasserie in dié sentrum. Stuur foto’s na jens.friis@media.com. Digitale foto’s moet minstens 1 MB groot wees. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.

Herman le Roux onthou Ná ’n skof van 31 jaar in diens van Die Volksblad is Herman le Roux einde Mei 1987 as assistent- en sportredakteur na Beeld in Johannesburg verplaas. Hy het in 1996 ná ’n dienstermyn van meer as 40 jaar by Naspers afgetree. Bloemnuus wou van hom weet . . . Verlang jy na Bloemfontein? Ons hou van Gauteng se klimaat en Johannesburg se gewoel – al maak die taxi’s ons elke dag kwaad. Maar ek en Rina, met wie ek 54 jaar getroud is, verlang na baie dinge in Bloemfontein. Soos goeie vriende wat maklik die voordeur oopstoot vir ’n kuiertjie; die korter afstande na alles in die stad; die heerlike someraande in die tuin en langs die swembad; Saterdae se rugby in die Vrystaat-stadion; my Woensdag-gholf op Schoemanpark; uitstappies na Maselspoort . . . Hier in Johannesburg het ons in 26 jaar ook ’n wonderlike vriendekring opgebou met wie ons gereeld oor en weer kuier, maar hier daag jy nie onverwags by iemand op nie. Afsprake vir ’n kuier word weke – maande – voor die tyd gedoen.

Waar woon julle in Gauteng? Ons het 16 jaar in ’n huis in Robindale, Randburg, gewoon. Twee van ons vyf kinders was in 1987 nog op skool en ons wou graag, soos in Bloemfontein, binne loopafstand van ’n goeie skool wees. In 2003 het ons na ’n meenthuiskompleks in Fairland getrek. Ons is nou 9 km nader aan die Vrystaat. Dit is waar ons gebore is; ek in Frankfort en Rina in Ladybrand. Ek vertel graag ons het nie meer ’n swembad nie; ook nie meer ’n hond en ’n heeltydse huiswerker nie. Met ander woorde, ons kan nou toesluit en ry – en dit is presies wat ons dikwels doen. Waarmee hou jy jou besig? Ons reis nogal baie en is bevoorreg om gereeld die Kruger-wildtuin, Pilanesberg by Sun City en sulke plekke te besoek. Ons het geesdriftige voëlkykers geword wat oor ’n nuwe spesie op ons lys opgewonde raak. En natuurlik kan ons nou dikwels oor en weer met ons kinders en nege kleinkinders kuier – iets wat ons nie juis kon doen terwyl ek nog gewerk het nie, want Saterdae was ek langs die sportveld en Sondae lang ure op kantoor. Ek en Rina speel twee keer per week tennis. Ek lees

Rina en Herman le Roux baie, veral tydskrifte en koerante. Ook Volksblad wat ek, as daar nie ’n posstaking is nie, so drie dae later ontvang. Die rekenaar hou my ook baie besig en ek kyk steeds graag sport en nuus op TV. Ek is nie skaam om te sê ek het aan ’n paar sepies verslaaf geraak nie. My plakboeke hou my ook baie besig. Vertel ons meer van die plakboeke? Ek het al op hoërskool geweet ek wil eendag ’n sportjoernalis word en my eerste artikels in die streekkoerant, Die Frankforter, het plakboek toe koers gekry. Toe ek op 2 Januarie

1956 by Die Volksblad ingeval het, het ek my beste pogings wat gepubliseer is ook uitgeknip en ingeplak. Dit het ek twee jaar lank gedoen – en jare later net die heel belangrikste berigte, dié wat vir naslaandoeleindes gebruik kon word. Nadat ek in 1959 sportredakteur geword het, het ek van 1962 tot 1981 oor sewe internasionale rugbytoere verslag gedoen. Rina het gehelp om dié toere in plakboeke te “vestig”. Die plakboek van 1981 se betogertoer in Nieu-Seeland het die Springbok-skrumskakel Barry Wolmarans in 1986 gehelp met die skryf van sy verhandeling vir sy MAgraad aan die UV. Nou versamel ’n oudjoernalis van Johannesburg feite uit my plakboeke van die Leeus se toer in 1974 vir ’n boek om dié gedenkwaardige toer ná 40 jaar te herdenk. Ek het ook plakboeke oor die doen en late van my studentemaats van die UP en al my kollegas by Volksblad en Beeld. My plakboek van Volksblad se eeufeesviering en die geskiedenis daarna moet ook bygewerk word. En so ook die plakboeke oor groot sportsterre en die statistieke wat daarmee gepaardgaan. In my boekrak is selfs ’n plakboek van die interessantste droomhoue op die gholfbaan. Ek het gehoop ek en Joe Venter kan dit eendag in ’n boek omskep. Kry jy darem nog kans om te skryf? Eintlik word my geleenthede al hoe minder, maar ek word nog soms gevra om iets aan te pak – soos nou weer

deur Jens Friis van Bloemnuus. Ek het sowat 20 jaar gelede by Beeld begin om die sterfgevalle in die sportwêreld aan te teken en dit is in die laaste week van die jaar geplaas. Ná my aftrede is ek versoek om daarmee voort te gaan en Beeld, Volksblad en Die Burger publiseer dit steeds – soms byna ’n hele bladsy vol. Die reaksie wat ek kry, is ’n riem onder die hart. Baie van die sportsterre van jare gelede is aan die jonger geslag joernaliste onbekend en wanneer hulle sterf, haal dit nie die koerant nie. Dit is juis die ouer geslag wat my dan bel om te sê hulle het nie geweet so en so is oorlede nie. Dankie, sê hulle. Met hoeveel oudkollegas van jou by Volksblad, wat nou ook in Gauteng woon, het jy nog gereeld kontak? Ek kan dit in drie kategorieë verdeel. 1. Gereeld oor en weer kuier: Jan van Zyl, Kobus Hamman, Johan de Wet, Wilma de Bruin en Helena (Louw) Marais. 2. Loop mekaar soms raak: Marinda (Delport) Broedrich, Henriëtte Lategan, Jannie Morgenrood en die fotograaf Jan Botha. 3. Praat met mekaar oor die foon: Peet Simonis, Adriaan Laubscher, Gallie van Rensburg en Carlien Wessels. Die oudVolksbladders in Pretoria wat in die derde kategorie val, is: Kobus Sonnekus, dr. At van Wyk, dr. Paul Zietsman, Berna Maree, Bettie van Wyk en Dorothea Krige by wie ons darem ook al gekuier het. Dr. Pedro Diederichs het my al genooi om ’n lesing aan die departement joernalistiek van die Tshwane-universiteit van Tegnologie (TUT) te lewer. Wanneer ek Frankfort toe ry, loer ek graag in Heidelberg by die skryfster Wille (Postma) Martin in. Sy en wyle Flip Oosthuysen het op dieselfde dag as ek by Die Volksblad begin werk. Van die oudkollegas wat nou oorsee woon, het ek die meeste kontak met dr. Les de Villiers in Amerika. Watter oud-Bloemfonteinse sportmanne loop jy in Gauteng raak? Gerrie Germishuys, oud-Springbok-vleuel, is in dieselfde NG gemeente (Fairland) as ons. Die

voormalige Springbok-hokkiespeler en Vrystaatse krieketspeler, Rudi de Bruin, woon vyf blokke van ons af. Verder af in ons straat woon June Strydom, weduwee van wyle Popeye Strydom, voormalige Springbok-skrumskakel van die Vrystaat. Op Popeye se roudiens het ek June se broer, Charlie Orsmonde, voormalige sokkerspeler van die destydse Bloemfontein City, raakgeloop. Hy woon ook al jare lank in Johannesburg. Joubert Strydom, voormalige Vrystaatse krieketkaptein en seun van ons groot Bloemfonteinse vriende, wyle Steve en Ema Strydom, bly ’n huisvriend. André Cloete, oud-Vrystaatse rugbyspeler wat oorkant ons tennisklub gewoon het, het onlangs na Stanford verhuis. Jannie Breytenbach, stut van die Vrystaat en ’n paar ander provinsiale spanne, het in Robindale naby ons gewoon. Ander bekende oud-Bloemfonteiners met wie ek al in Johannesburg kontak gemaak het, is onder andere: dr. Henré van der Walt, voormalige Suid-Afrikaanse paalspringkampioen; Clive Richardson, ook ’n voormalige Vrystaatse krieketkaptein; Owen Emslie, Julian (Casey) Stern, Mervyn Greenstein, ’n oudkrieketspeler van die Vrystaat; George van Aswegen (atletiek), Rita Oosthuizen (Springbok-netbalspeler), Donald Johnstone (Springbok-swemmer) en Werner Swanepoel (Springbok-skrumskakel). Is dit vir jou steeds lekker om Volksblad te lees? Natuurlik. Volksblad bly ’n koerant na aan sy gemeenskap. Ek lees nog gereeld stories oor mense wat ek ken. En omdat daar al hoe meer in ons bos gekap word, lees ek met skok van sterfgevalle van bekendes – en my ou gholfmaats. Die koerante in Gauteng en in Kaapstad, wat ’n groter gebied bedien en waar alles groter en meer is, kan byvoorbeeld nie soos Volksblad stories plaas oor nuwe skoolhoofde wat aan al die groot skole aangestel word nie. Hier in Johannesburg sterf oudburgemeesters en bekende provinsiale rugbyspelers en dit haal dikwels nie eens die koerant nie.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014 3

Die Bloemfontein­bruidskou is die naweek by Leopards & Lace gehou. Hier is Michael Hetzel (Leopards & Lace), Sonica van Heerden (Bridalicious), Sandra Fourie (Beauty Within), Tania Allen (Tania Allen Photography) en Marinus Mulder (Eyewitness Photography).

Links bo: Watter tweeling lyk ná 60 jaar nog só identies? Dawie en Johnny Jordaan word op 28 Junie 64 jaar oud. Bloemnuus ontvang graag soortgelyke foto’s. Stuur dit na jens.friis@media24.com. Terloops, daar is verlede jaar een vierling in Mediclinic­hospitale in Suid­Afrika gebore, 22 drielinge en 761 tweelinge. Regs bo: Sarel en Izabel Hattingh van Rayton View, Heuwelsig, het hul 55ste huweliksherdenking gevier.

Wel & wee S DIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is die afgelope paar dae oorlede: Johannes Petrus (Hans) Scriven (1924), Elizabeth Maria van Wyk (1983), Christiaan Rudolph

Goussard (1952), Susan du Plessis (1930), Corrie Muller, Kay Fairley (1919), Willem Martinus Pieterse (1955), Hendrik Rudolf Vorster (1949) en Antoinette Jacobs (1961).

S Andrew Taylor, die skoolhoof van die Hoërskool Brebner, is een van die leerkragte wat pres. Jacob Zuma op die jaarlikse nasionale prysuitdeling vir onderwysers vereer het. Taylor het die Kader Asmal-prys vir onderwysdiens gekry. S Franzel se album Taal van Liefde is as die beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar by die Ghoemas benoem.

S Kol. Christiaan Opperman het Vrydag amptelik die bevel van die Bloemspruit-lugmagbasis aan kol. Oscar Mkhize oorhandig. Opperman was vyf jaar lank die bevelvoerder van dié basis. In een van sy eerste take as nuwe bevelvoerder het Mkhize 87 Helikoptervliegskool aan lt.kol. Robert Buys oorhandig. Buys, voorheen bevelvoerder van 16 Eskader, het dié eenheid aan lt.kol. Danie Bellingan oorhandig. S Vicus Bürger is bevorder tot adjunk-nuushoof en Johann de Jager tot adjunk-sportredakteur van Volksblad.

Die Preprimêre Skool Saailand het ’n plantdag gehou. Groot en klein het gehelp om die skoolterrein in ’n lushof te omskep. Hier arbei juffrou Louisa Venter en Ninke Steyn in die tuin. Nog foto’s te sien op www.bloemnuus.co.za.

S Ryan Ross Futter (32), ’n professionele motorfietsryer van Pellissier, het sy nek en van sy ribbes gebreek toe hy in ’n opwarmingsessie met sy veldren-motorfiets geval en die motorfiets bo-op hom te lande gekom het. Ryan is in die Life-Rosepark-hospitaal opgeneem nadat hy by Stuck in the Mud geval het.

Are you driven by MONEY and PERFORMANCE?

Sales Manager Lesotho (Ref: SOTHO01) Would you like to generate income and nurture entrepeneurs? We are offering a unique employment opportunity for individuals who are motivated by success and creating an earning opportunity for others. You will be accountable for: • recruiting representatives and developing them into sales leaders by using your motivation and influencing skills • ensuring significant growth in your zone/area, through the direct-selling channels and achieving sales targets. Do you have a minimum Matric qualification and direct selling skills, enhanced by: • resilience • a target-driven approach • a dynamic personality • flexibility and willingness to work weekends, overtime and travel extensively • influencing skills • ability to plan • a valid driver’s licence and own motor vehicle. We offer an attractive remuneration package and endless recognition. To apply, please forward your CV via email to jobs.southafrica@avon.com (quoting the reference number in the subject line: SOTHO01) Closing date: 24 March 2014

117012 ayandambanga.co.za


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014

Dit gebeur dan daar

VRYDAG 14 MAART S Die NG gemeente Bloemheuwel, Haarburgersingel, Westdene, hou basaar. Marieta de Ru, 051-447-7468. S Landboufees in Hertzogville. Pieter van Rooyen, 082-822-9656. S Wynproe (Nitida-wynlandgoed) en ’n driegangmaaltyd om 18:30 in Slightly Nutty. R100 per persoon. Rudi, 083-432-9927. S Anton Myburgh in Innie Skuur, R100. Navrae, 079-387-3614. S Preprimêre Skool Tjokkies hou om 18:00 ’n Tjokkiebal op Monte Bello. Die tema is Black & Bling Gatsby Night. Blanche, 072-505-2247. S Daughters and dads from all over Bloemfontein have something special to look forward to. Tonight the ever-popular original Black Tie & Pink Princess Ball will be held at the Summerwood Country Estate at 18:00. In addition to a lovely meal, special entertainment will be provided, catering for dads and daughters alike. The event is presented by the Eduplus Primary School and will help to raise funds for Reach for a Dream. Tickets cost R180 per dad and R100 per daughter. Sunelia Pool, 082-852-4447. S The Naval Hill Planetarium now offers regular public shows. The first digital planetarium in sub-Saharan Africa was inaugurated on 1 November 2013 and is operational. In addition to a fly through the universe experience, planetarium events – lasting approximately 60 minutes – include the screening of one of several pre-recorded shows. Yolandie Loots, 051-401-9751. SATERDAG 15 MAART S Rooiwyn-kabaretkonsert in Koekela met Ronelk en Seugnet. Gabrielle, 073-141-1730. S Inspirasie-oggend vir mans en vroue met Jana du Plessis as gasspreker. Isabel de Kock, 053-833-7032. S Urth Garden Club, Get Together. Dorinda Mostert, 051-451-1913. S Richard van der Westhuizen in Innie Skuur, R100. Bel 051-4465666. S Skaap-en-bier-makietie op De Oude Kraal: Eet, drink, kyk rugby en dans van 16:00 af. Kaartjies teen R250 moet by 051-564-0636 bespreek word. S Prof. Stephen Brown is die spreker op die Damesklub Nellie Swart-byeenkoms om 10:00 in die kerksaal van die NG kerk Berg-enDal. Brown, medeprofessor in pediatriese kardiologie aan die UV, is die Bloemfonteiner van die Jaar. Hy sal praat oor Die wêreld van die kinderhart. Gaste teen R40 per persoon is welkom. Bel Annalie de Wet (051-448-6485) en Ruah Maartens (051-446-3405), of SMS Dalene Brink (082-685-0209) en Corrie Scheepers (051-436-2734).

DINSDAG 18 MAART S Semi-soet wys om 20:00 op kykNET. S Lyle the Crocodile (kindertoneel) om 17:00 deur UV-Drama in die Scaena, Replokaal. Bespreek plek by Computicket (R25). S ’n Daguitstappie na Winburg word op Menseregtedag gehou. Almal wat wil saamgaan, kom om 07:15 by die Oorlogsmuseum bymekaar en vertrek om 07:30 met eie vervoer na Winburg. Verskeie plekke sal besoek word. Elkeen moet sy eie piekniekmandjie pak. Bespreek plek voor 18 Maart by Ronel Theart, 082-490-3112. WEDNESDAY, 19 MARCH S Gallery on Leviseur will be hosting a fashion show with the Isabella Women’s Clothing Boutique at 18:30. Tickets cost R50 and can be bought from Gallery on Leviseur. For more information please email marindavosloo@yahoo.com or call 051-444-3555. S Karaoke with Eddie Schoeman at the Oolong Lounge from 20:00. Adèl Victor, 051-448-7244.

Om in die Oliewenhuis­kunsmuseum te stap bly ’n belewenis. Deel van die versameling kunswerke is Jacob Hendrik Pierneef se Rustenburgkloof. S Hersaamgestelde gesinne: Verhoudingsprioriteite – die huwelik, kinders, gesin en ander (my kinders, jou kinders, ons kinders). Aanbieder: dr. Hettie de Jager. GetCet & Ellmans, Louw Wepenerstraat 1, Dan Pienaar, 10:00. Bespreek by 051-436-0735. SONDAG 16 MAART S Middagete met Mario Lategan, Zi-Zi-restaurant, Botaniese Tuin. Bespreek plek by Theunie Klopper, 082-394-6747. S Die NG kerk Hospitaalpark, Moyastraat, het elke Sondag twee eredienste: om 09:00 en 18:00. S Die Nasionale Museum, Aliwalstraat 36, is Sondae van 12:00 tot 17:00 oop. Toegang is R5 (volwassenes), R3 (leerlinge) en voorskoolse kinders gaan gratis in. Bel 051-447-9609.

S Nagmaalsondag in die NG kerk Heuwelsig. Oggenddiens: 09:00. Aanddiens: 18:00. Bring kruideniersware wat aan mense in nood geskenk kan word. Tanya Barkhuizen, 051-436-1361. S Free State Towns (Annex: Gallery of Oliewenhuis): This photo exhibition is a compilation of the most beautiful pictures of the Free State and its people by two well-known Free State photographers Philippe Burger and Jan van der Merwe. The exhibition will take the viewer on a visual tour of the vast plains of the Free State and into the hearts of its hospitable people and towns. MONDAY, 17 MARCH S St Patrick’s Day. S Die Shimlas speel om 16:45 teen die NMMU op Xerox-Shimlapark.

S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. S Alice in Wonderland tot 20 Maart om 19:00 in die Eunice-teater. Bespreking: 051-444-1765. S Kindersorg bied ’n sake-ontbyt aan in Tuscan Rose met Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep. Riëtha Wagener, 051-430-3311. S Compassionate Friends kom om 18:00 in die Malherbe-gebou, Graduandistraat, op die UV-kampus byeen. Carol, 079-885-2224. S Dit gebeur in Binnelanders: Karlien daag onverwags op, en Daleen probeer haar probleme vermy deur baie hulpvaardig te wees. Quinton konfronteer Susanna oor ’n afspraak, en Okkie maak planne om sy sake glad te laat verloop.

DONDERDAG 20 MAART S Sopkombuis van die Klipkerk gee kos aan minderbevoorregtes. As jy kan help met die uitdeel daarvan of ’n skenking wil doen, bel Elize, 051-436-7322. S Jaarlikse gholfdag van die NG kerk Waterbron by die Bloemfontein-gholfklub. Bel Gustav Claassens, 082-339-9835. Vir meer inligting gaan na facebook.com/waterbron. S Lost Chord tree in die Aasvoëlklub op. Van die lede wat gaan optree, is Chris Smith (hoofkitaar), Nic Klopper (sang, klawers en saksofoon), Vic Carrasco (sang en bas), Tommie Cronjé (sang en kitaar), André Small (tromme) en Elmarie Potgieter (sang). Kaartjies is by Music Inc. teen R80 per kaartjie te koop. S Grey-kollege hou ’n gholfdag ten bate van sy tafeltennisspelers by die Schoemanspark-gholfklub. Dit kos R250. Bel 083-379-5636. S Bok van Blerk om 18:30 in die Woodlands-onthaalgerief. Kaartjies teen R100 is te kry by Spotted Apple, 051-447-1086. SATURDAY, 22 MARCH S Every year the Summer Heat team visits every province to search for the best singers, actors, dancers and models South Africa has to offer. This year’s Summer Heat Search Free State will take place in Bloemfontein on Saturday, 22 March, from 10:00. Spectators are welcome to attend. To enter: Visit www.four13.co.za and click on the “Enter Now” button. S DIE Dr. Böhmerskool hou die naweek van 6 tot 8 Februarie 2015 ’n reünie vir alle oudleerlinge en -onderwysers wat tussen 1986 en 1990 by die skool was. Bel Tima Smith (083-388-1190). S On the weekend of 20 March the Free State Youth Choir’s former choristers, conductors, accompanists and role-players celebrate a 50-year reunion in Bloemfontein. They want to establish contact with the 1 288 choir members and those who walked a path with the Free State Youth Choir. Contact them by email at ovsjeugkoor@ gmail.com.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014 5

CAMPING 40%OFF SPECIALS selected outdoor gear Up to

Normally R1199

Normally R1599

Normally R1699

NOW R799

NOW R999

GREAT VALUE DEAL!

NOW R999

Normally R1999

NOW R1299 HORIZON 6 PERSON TENT VISTA 4 PERSON TENT 1500mm

PANORAMA 3 PERSON TENT 1500mm

8.4kg

Light and sturdy fibreglass tent poles Skylight panel in the roof

W35 AC/DC 35L COOLER Can be used as a chest cooler or fridge Cools 18°C below ambient temperature

5.8kg

Mosquito netting keeps bugs out Waterproof fly and groundsheet

Normally R599

Normally R499

Lightweight aluminium frame Folds away for easy storage

MERU 25L BACKPACK

ADVANCE 65L BACKPACK

Volume: 25L Weight: 1.2kg Hydration system compatible

Volume: 65L Weight: 2.4kg Waterproof rain cover

7855 E & OE

Offers valid from 14 March to 6 April 2014 SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders. Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability.

Fans find out first.

All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.

5.8kg

NOW R599

NOW R999

54QT COOLER COMBO DIRECTOR’S CHAIR

1500mm

Normally R999

Normally R1599

NOW R399

NOW R299

This spacious six person tent is perfect for your next family camping adventure. A waterproof flysheet and mozzie netting keep occupants dry,and bug-free.

Rust proof Leak resistant drain


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014

In 80% of the cases when you hit a pothole it is your rim, one of the most critical safety items on your car, that gets damaged and not the tyre.

Potholes hit rims hard

SARS Supplier Education Workshops The South African Revenue Service (SARS) invites prospective service providers/suppliers to attend Supplier Education and Database Workshops Region

Bloemfontein

Physical Address SARS Offices, Central Government Building, Cnr Aliwal & Nelson Mandela Drive Bloemfontein 9301

Date

12 March 2014

Time Workshop 1 09:00-11:00 Workshop 2 12:00-14:00

SARS Offices Upington

Ancorley Building, Scott Street

13 March 2014

Workshop 1 09:00-11:00 Workshop 2 12:00-14:00

Upington 8800

Enquiries: All enquiries must be forwarded to Ms Gugu Ntuli E-mail: gntuli2@sars.gov.za For further details contact: BEE Office: Tel: (012) 422 8810 The following documents must be brought along for loading onto the database: 1. Tax Clearance Certificate 2. BEE Certificate 3. CK no 4. Confirmation of Banking details NB: Please continue to visit our website for any changes, alterations and updates for this workshop as well as all other tenders. For all awarded tenders please visit our website at www.sars.gov.za

SARS KK 04.03.2014

WITH Bloemfontein experiencing good rain, many motorists are struggling to navigate the multitude of potholes that have opened up on the road networks. Driving over hidden or unknown potholes can cause damage to vehicles of all shapes and sizes as many motorists will attest to. And in 80% of the cases when you hit a pothole it is your rim, one of the most critical safety items on your car, that gets damaged and not the tyre. Les McMaster, chairman of the Motor Industry Workshop Association (MIWA), says rim damage can often lead to other problems like vehicle alignment and suspension problems. Craig Courtney-Leaver, CEO of Alloy Rim Repair specialists, Wheel Collision, agrees saying motorists need to know what to look out for. “If the tyre has deflated this is an obvious sign the rim is damaged. If everything looks fine on the

surface there are, however, other telltale signs to check. Changes in the balancing and alignment are important to check for. “If one feels a vibration in the steering wheel, the chances are one of the front rims are damaged and if one feels the vibration on the seat, then it is usually a rear rim,” says CourtneyLeaver. He says it is only in very severe cases that the suspension would be damaged. McMaster says unfortunately it is not always possible to prevent damage, but it is advisable to know how best to solve the problem. “Rims can be very expensive, particularly with the current exchange rate, and it is not always essential to purchase a completely new rim provided you use a reputable supplier. McMaster says motorists should consult their local manufacturer or fitment centre first to determine the extent of the damage and then ensure they are referred to a

specialist rim repairer. “It is essential that the repairer is SABS approved and if possible carries an approved ISO 9001 accreditation,” he says. “Unfortunately not many repairers have X-ray technology and can repair according to a certain standard so one needs to select carefully.” McMaster provides some useful tips on how to avoid roadside pitfalls: S Be extra cautious when there is water on the road as a pothole may be lurking beneath. If at all possible and if not endangering other motorists, rather drive around the puddle. S If you do drive over a hole do not slam on brakes as this could compound the damage to your vehicle or cause an accident. S Hold the steering wheel firmly when driving over a pothole to avoid losing control. S If driving at night, ensure your headlights are clean as dips and potholes are harder to identify at night.

Jump-start this way WHEN an Electronic Control Unit (ECU) – also known as the “computer” – of a vehicle needs to be repaired or replaced, motorists are often confronted with a hefty repair bill. What motorists might not know is that they can contribute to the premature failure of ECUs by being unaware of the damage caused by not adhering to a couple of simple rules. Jump-starting your car incorrectly is one of the most common ways one can damage an ECU. Les Mc Master, chairman of the Motor Industry Workshop Association (MIWA), provides the following useful hints to help motorists extend the

ECU’s life expectancy: S Be very aware of the polarity of the jumper leads when jump-starting a vehicle with a flat battery as many an ECU has been damaged by short circuiting the jumper leads. Always connect the leads positive to positive and negative to negative and although most vehicle manufacturers have equipped their vehicles with overvoltage protector devices, damage may still happen in the split second before the fuse in the system blows. S Always connect the positive leads of both batteries first, then the negative leads. This will “soften” the flow of power through the

earthing system and prevent power surges or spikes. S Never attempt to connect the jump leads with the key in the ignition, only insert the key once the leads have already been connected. Failure to adhere to this may lead to the coding between the key and the ECU becoming corrupted and in many instances this corruption is irreversible. “If you are in doubt on how to jump-start your vehicle, seek the advice of your nearest MIWA-accredited workshop in your area who will be happy to explain the proper jumpstarting procedures to you,” Mc Master concludes.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014 7

Leer by kenners DIE Odeion-skool vir Musiek (OSM) en die Vrystaatse Simfonie-orkes (FSSO) nooi alle laerskole in Bloemfontein en omgewing na ’n demonstrasie van musiekinstrumente. Personeel en studente van die OSM en lede van die Vrystaatse Simfonie-orkes sal op die interaktiewe sessies aan leerlinge demonstreer hoe die verskillende orkesinstru-

mente, asook die orrel en klavier, lyk, klink en funksioneer. Die projek is die geesteskind van Danrè Strydom (nuutaangestelde houtblaasdosent) en spruit uit ’n onlangse suksesvolle demonstrasiesessie aan leerlinge van Eduplus. Demonstrasies word vir die volgende datums beplan: 11 April, 25 April en 23 Mei.

Die demonstrasies begin om 12:10 en eindig om 13:00. Leerlinge moet reeds teen 12:00 hul sitplekke in die Odeion-ouditorium inneem. Die sessies is gratis, maar skole is self vir vervoerreëlings en -koste verantwoordelik. Bespreek plek by Ninette Pretorius by 051-401-2504. S Nog foto’s op www.bloemnuus.co.za.

Onderwysers kan hul leerlinge by kenners meer oor musiekinstrumente laat leer. Dit vind in die Odeion plaas.

‘Zij’ bied vars blik Barend van der Merwe WANNEER jy Nico Moolman se boek Zij optel, betree jy ’n onbekende wêreld. Zij, wat in Januarie 2014 in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) bekend gestel is, vertel die verhaal van vroue se lyding tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902): “Haar stryd is nie regtig korrek aangeteken in die geskiedenisboeke of koerant . . .” (bl. 197). Tradisionele geskiedskrywing is dit nie. Moolman se Zij kan beskryf word as ’n poging om die nalatenskap van die “heldinnen” op ’n vars manier aan die leser te bied. Deur van ’n generiese “zij”-karakter gebruik te maak, word die verloop van setlaarskap van ’n vroulike oogpunt in narratief aangebied. Die verhaal begin by die Groot Trek van 1834, vanwaar dit opbou na die hooffokus van die boek, naamlik die lyding van vroue en kinders in die interneringskampe van die Britse regering – wat tot die sterfte van duisende vroue, kinders en bejaardes aanleiding gegee het. Dit was die trauma wat ’n reusagtige invloed op die politiek van veral die 20ste eeu in Suid-Afrika sou hê. Wat die boek besonders maak, is die buitengewone gehalte van die materiaal waarop dit gedruk is. Die boek word van ’n beskermende stofomslag vergesel, wat die hele boek bedek en ’n handvatsel vir dragerief het. Die teks word deurgaans van volkleurfoto’s vergesel, wat gebeure, mense en artefakte van vergange dae in herinnering roep. Die hele boek is op glanspapier gedruk en met goud afgewerk. Dit is tog jammer dat ’n publikasie soos dié, waaraan visueel so baie moeite gedoen is om dit so keurig moontlik aan te bied, nie wat betref die taalgebruik beter afgewerk is nie. Dit val soms buitengewoon argaïes op. Die herhaalde gebruik van “patriote”, in plaas van “patriotte”, asook tientalle woorde wat aanmekaar geskryf moes wees, doen die publikasie ’n onreg aan. Geskiedenisboeke vertel ons dikwels meer van die skrywer as van die gebeure self en hoewel die skrywer nader aan die gebeure gestaan het as wat talle van sy lesers ooit sal – en die teks van Zij dit dikwels verklap – is die oorhoofse tema van die boek een van hoop. Die stryd van die vroue word aangebied as een waaruit moderne mense inspirasie kan put en dit lewer ook ’n interessante en geslaagde publikasie. S Barend van der Merwe: assistent-argivaris, Vrystaatse Provinsiale Argief.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014

Getroud

Bernard en Quinette Kruger.

Foto: Christine Watson Photography

Thea en Ashley Ramsden.

Letlhogonolo en Amanda Modise.

Lou en Annemarie de Jager.

Foto: Minette Fotografie

Foto: Tania Allen

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.

Foto: Tania Allen

Elmarie en Hansie Gordon.

Elrine en Vincent Mitchell.

Jacques en Chireze Barnard.

Foto: TM Photography

Foto: Björn Coetsee

Foto: Igno van Niekerk


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014 9

Roodt by Oranje STYGENDE brandstofpryse en hoër lewenskoste het ’n invloed op elke huishouding se begroting. Is finansiële onafhanklikheid binne elke individu se bereik? Dit is ’n vraag waarmee baie mense worstel. Die Laer Meisieskool Oranje bied ’n sake-ontbyt saam met Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, aan. Die ontbyt is op Donderdag 24 April om 08:00 in die ML Spiessaal by die skool. Nie net gaan Roodt praat oor finansiële onafhanklikheid vir die individu nie, maar die inspirerende oggend is ook vol verrassings, geskenke, ’n ligte ontbyt en spesiale uitstallers. Die oggend is ook die ideale geleentheid vir sakelui om hul kliënte te bederf. Kaartjies is reeds teen R200 per persoon by die skool beskikbaar. Vir meer inligting bel Marieta Meyer by 051-447-6845 of Karen Herbert by 083-440-3490.

280 000: The approximate number of windmills in South Africa. Only Australia has more.

Photo: Jens Friis

Take the test 1. Which famous scientist sailed to the Galapagos Islands on the HMS Beagle? 2. Which film, with a soundtrack by Vangelis, takes its title from the William Blake poem beginning “And did those feet in ancient time”? 3. Name the British physicist who theorised gravity, co-invented calculus and described three laws of force, inertia and mass. 4. Which is the tallest mountain in Great Britain? 5. Which is the only country in South America where Portuguese is the official language? 6. Which is the only Middle Eastern country where Islam is not the predominant religion? 7. Name the Springbok who became the first (and only, so far) man to kick five drop goals in a rugby international. 8. Name the only city that straddles two continents. 9. Which are the only two words in the English language that end in “gry”? 10. Name the only two people who have won both a Nobel Prize and an Oscar. Answers 1. Charles Darwin 2. Chariots of Fire 3. Sir Isaac Newton 4. Ben Nevis (in Scotland) 5. Brazil 6. Israel 7. Jannie de Beer 8. Istanbul 9. Angry and hungry 10. George Bernard Shaw and Al Gore

Só sê Wouter Wessels WOUTER WESSELS beklee die nommereen-plek op die VF+ se Vrystaat-kandidatelys vir die provinsiale wetgewer en is no. 2 op die provinsiale nasionale lys. Bloemnuus het met die man agter die politiek gesels. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Ek is seker nou op my gelukkigste – ná vyf jaar in Sodom en Gomorra (Pretoria) en reisend die land en wêreld vol is ek terug in Bloemfontein – steeds baie uitstedig, maar gelukkig meer by die huis. Ek het goeie vriende in my lewe. My werk is ’n roeping en hoewel daar frustrasies is, is daar baie vervulling. Elke kiesersprobleem wat ek kan oplos, ’n bejaarde vrou met ’n pensioenprobleem wat ek kan bystaan of ’n munisipale krisis waarmee ek kan help en sodoende iemand se lewe en omstandighede verbeter, maak dit alles die moeite werd. Wat is jou grootste tekortkominge? Ek háát dit om te verloor – en skree daarom heeltemal te hard terwyl ek ’n rugbywedstryd kyk. My arme bure. Ek is baie ongeduldig, ’n te groot perfeksionis en funksioneer te goed onder druk – daarom ’n maagseer en ’n permanente frons. Wie en wat kan jy nie verduur nie? Ek haat oordrewe politieke korrektheid omdat dit kunsmatig en vals is. Ek raak kwaad vir integriteitlose, oneerlike politici, want ons is nie almal so nie. Ek haat onverdraagsaamheid en veralgemening – stereotipering is altyd verkeerd en lei tot baie van Suid-Afrika se probleme. Wat is jou kenmerkendste eienskap? Ek dink dit is my sin vir humor. Die meeste moeilike situasies en konflik kan met ’n glimlag, ’n grappie of ’n lag ontlont word. Wie of wat is of was die liefde van jou lewe? My kat. My motor. En natuurlik die wonderlike dame in my lewe. Wat is jou grootste uitspattigheid? Ek het ’n swakheid vir mooi, rooi Duitse sportmotors. Watter CD is in jou motor? Op pad na ’n debat of toespraak is dit meer opsweep- en kwaad-musiek. Ander kere meer folk en andersins van pop tot klassiek.

Wie is hy? WOUTER WESSELS (29) is in Oos-Londen in die Oos-Kaap gebore en het as dux-leerling aan die Hoërskool Grens gematrikuleer. Hy het ná skool aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en was aktief by studenteleierskap as ’n huiskomiteelid, studenteparlementslid en leier van die VF+ op kampus betrokke. Wouter het ’n bemarkingsen koörporatiewe identiteitsonderneming besit en bestuur. Hy het in 2008 heeltyds vir die VF+ begin werk. In 2009 is hy as direkteur in die kantoor van die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye aangestel. In 2013 is hy tot die VF+ se lid van die Vrystaatse wetgewer verkies. Hy is die nasionale jeugleier van die party, ’n lid van die uitvoerende dagbestuur (top7-leierskap), ’n lid van die NUR van die party, die onderleier van die Vrystaat en die nasionale tegniese verkiesingsbestuurder. Hy beklee die nommereenplek op die VF+ se Vrystaatkandidatelys vir die provinsiale wetgewer en is nommer twee op die provinsiale nasionale lys. Bastille, One Republic, 30 Seconds to Mars, Fall Out Boy, Passenger, Ed Sheeran, Fun. en Mumford and Sons is waarna ek nou die meeste luister. Wat is die mooiste woord in Afrikaans? Melomaan: Iemand met ’n hartstogtelike liefde vir musiek. Ek het so ’n liefde. Nelson Mandela het gesê: “Music can reach where no politician can”.

In Amsterdam.

Die VF+ se Vrystaatse kantoorpersoneel besoek die parlement. Dr. Pieter Mulder staan in die agterste ry, tweede van regs. Wat is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Dit wissel tussen Bella Casa en Avanti. Lees jy nou enige boek(e)? Ek het onlangs A kind of Magic. The Political Marketing of the ANC deur Rushil Ranchod gelees en ook Albert Blake se Boerekryger – ’n Seun se hoogste offer.

Wat is die lelikste woord in Afrikaans? “Huidiglik”. Daar bestaan nie so ’n woord nie. Dit is “nou” en tog hoor ’n mens die afskuwelike woord oral.

Wat is jou grootste vrees? Die grootste vraag oor die politiek is of ’n mens suksesvol kan wees sonder om jou integriteit te verloor. Ek glo wel ’n mens kan, maar waak teen integriteitloosheid en oneerlikheid.

Wat is jou gunsteling-versreël? “Die een is gek, die ander, ek”, Kranksinnige, SJ Pretorius. Maar ook Dylan Thomas se “Do not go gentle into that good night; Rage, rage against the dying of the light”.

Wie is jou helde? Daar is baie mense wat ek bewonder en by wie ek leer. My mentors is/was mnr. Abrie Oosthuizen (voormalige provinsiale leier van die VF+) en dr. Pieter Mulder (nasionale leier

Wouter saam met Abrie Oosthuizen, oud­ provinsiale leier van die VF+ en LPW, en Jan van Niekerk, die nuutverkose provinsiale leier.

van die VF+). My pa moes op 16 die skool verlaat en begin werk om vir sy ma en susters te sorg. Ek het baie respek en waardering vir hom. Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Wanneer ek wel vrye tyd het, skakel ek af en sit op die stoep om na die sonsondergang of sterre te kyk, kyk televisie, drink ’n glasie wyn of bestee tyd saam met die spesiale mense in my lewe. Waar sou jy eendag wou aftree? Ek is nog baie ver van aftree. Ek glo egter wel ’n politikus verouder nie in gewone jare nie, maar in verkiesingsjare – met elke verkiesing word ’n mens 20 jaar ouer. Ek sal seker in ’n rustige plek wil aftree – dalk Scarborough naby Kaappunt of in die Vrystaat langs die Vaalrivier.

Jurie en Caroline Wessels, Wouter se ouers.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014

Promosie: Grey­kollege

Grey/Kovsie­sportdag Grey­kollege en die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hande gevat om die eerste Grey­ kollege/Kovsie­sportdag vir skole aan te bied. Die skole waarmee Grey­kollege sal kragte meet, is die Hoërskool Menlopark van Pretoria en die Hoërskool Duineveld van Upington, sowel as Potchefstroom­Gimnasium. Die twee dae lange sporttoernooi sal op 21 Maart (rugby) en 22 Maart (hokkie) op Grey­kollege se sportterrein plaasvind. Die o.19B­span van Grey­kollege en o.19A­span van die Hoërskool Duineveld sal mekaar om 12:30 pak, gevolg deur die hoofwedstryd om 13:45 waar Grey­kollege se eerste span te staan kom teen die eerste span van Menlopark. Die Saterdag sal die hokkie om 08:00 begin. Hier is JD Ferreira (Grey­kollege, borgskapbestuurder), Pieter Viljoen (Grey­kollege, hoof van sport) en Nic van Wyk (UV, waarnemende direkteur: programbemarking). Foto: Van Zyl Naudé

Vodacom and Grey College’s partnership, formed in 2011, is being continued for 2014. Vo­ dacom views the partnership as a way of assisting in the development of the school academically and on the sports field. Vodacom (Pty) Ltd is proud to be associated with Grey College and looks forward to a long relationship with the school, its teachers, parents and pupils. From the left are JD Ferreira (Grey College: sponsorship manager), Lana My­ burgh (Vodacom: senior marketing coordinator), Marelize Beukes (Vodacom: marketing manager) and Tommie Cronjé (Grey College: deputy headmaster). Photo: Van Zyl Naudé

TE KOOP BOME 1871

ALLERLEI

3600 1655

PERSOONLIKE DIENSTE FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP. Broeipare en jong eende. Kontak Cheryl 076 246 1414 of 056-515 3963 Epos: cherylgerbrands @gmail.com

1802

AAA-kwaliteit. INSTALLERING van: Alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

HUIS-verbeteringe, binne en buite, van dakke, plafonne, verf, teëls, geisers, storte, ens. SANTA 076 835 7849. 1445

ROMMELVERWYDERING 1860

VERVOER VAN meubels, bourommel en tuinvullis. Skakel Kobus 072 288 7535.

PERSOONLIK 1460

Vir bekostigbare egskeidings teen R4 500 plus uitgawes. Skakel 082 335 7195.

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

VERKOPE & BEMARKING 3760

SAKE

TE KOOP 2405

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BOUPLANNE

LENINGS

BETREKKINGS

Solid, well-established Total filling station for sale. Total Oranjesig Filling Station situated between Church Street and Harvey Road in Bloemfontein. Bank and financial statements are available. R3 m. Contact Carol: 076 513 0496 or 076 440 3384.

Employed but your salary not enough? Join our fast-growing family of agents by selling our delicious products to generate that muchneeded extra income. Contact Sanet 051 433 4096 or SMS name and number to 082 490 6967. Office hours and free delivery.

6 junior sales positions available. R9 587 package. Fuel allowance. Sales experience required. For interview call 051 522 2237.

WOENSDAG 19 Maart om 11:00vm Besigtig dag voor veiling 9vm - 4nm

DIENSTE 2420

Crèche vir klein honderasse weekliks by Canine Kanaän Hondehotel beskikbaar. U kan werk terwyl u hond hom gate uit geniet. Bel Elsabé 072 116 9194 of 051 431 8431.

Valenciaweg, Bainsvlei, BLOEMFONTEIN

REPO & VERSEKERINGSVOERTUIE

ABSA


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 MAART 2014 11

Promosie: Hoërskool Fichardtpark

Só lyk uitslae van sportdag Iselma Parkin

HIER volg van die belangrikste uitslae van die Hoërskool Fichardtpark se Clover-sportdag: Tennis Seuns – eerste spanne: eerste – Noord-Kaap tweede – Sentraal derde – Middelburg Seuns – tweede spanne: eerste – Diamantveld tweede – Noord-Kaap derde – Sentraal Meisies – eerste spanne: eerste – Diamantveld tweede – Eunice derde – Landboudal Meisies – tweede spanne: eerste – Diamantveld tweede – Sentraal derde – Fichardtpark Skaak A-liga eerste – Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (AHS) tweede – Grey-kollege derde – Noord-Kaap vierde – Fichardtpark

B-liga eerste – Hoërskool Grens tweede – Sentraal derde – Fichardtpark vierde – Hoërskool Upington

Hokkie – Meisies o.18 Eunice 3 – Hudson 0 Fichardtpark 5 – Grens 0 Colts 2 – Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (AHS) 0 Duineveld 0 – Stirling 2 Stirling 1 – St. Michael 0 Oranje 1 – Hudson 0 Noord-Kaap 4 – Fichardtpark 0 De Aar 8 – Martie du Plessis 0 Burgersdorp 5 – Hennenman 0 Hentie Cilliers 2 – Zastron 0 Landboudal 1 – Aliwal-Noord 5 Hokkie – Seuns o.18 Upington 1 – Witteberg 0 Hentie Cilliers 0 – Brebner 1 Afrikaanse Hoërskool Kroonstad 7 – Duineveld 0 Upington 4 – Martie du Plessis 0 Dr. Viljoen 1 – Aliwal-Noord – 2 Hudson 1 – Jim Fouché 0 Fichardtpark 1 – Stirling 1 Noord-Kaap 2 – Hudson 0 Stirling 5 – Diamantveld 0 Sentraal 1 – HTS Kimberley 0 Fichardtpark 0 – Kimberley Boys’ High 0

Rugby – o.19A

Witteberg 10 – Landboudal 15 Goudveld 12 – Upington 6 Duineveld 10 – Welkom-Gim 3 Louis Botha 15 – Diamantveld 13 Cherries 44 – AHS 15 Sentraal 15 – Hentie Cilliers 13 Grey 53 – Potchefstroom-Gim 0 Fichardtpark 35 – Grens 15 Hoopstad 18 – Hendrik Potgieter 11 De Aar 15 – Grey-XV-tal 12 Hangklip 17 – SPS 18

Aliwal-Noord 27 – Hennenman 24 Zastron 56 – Riebeeckstad 7 Koffiefontein 7 – Middelburg 30

Netbal – eerste spanne Diamantveld 19 – Fichardtpark 18 Diamantveld 15 – Sentraal 37 Duineveld 27 – Witteberg 14 Eunice 30 – Upington 22 Fichardtpark 23 – Grens 15 Grens 32 – AHS 11 Oranje 23 – Duineveld 20


Dié 17 atlete van die Laerskool President Brand het gekwalifiseer om Saterdag aan die Vrystaatse atletiekkampioenskapsbyeenkoms deel te neem. Die skool het gespog met die derde meeste atlete wat gekwalifiseer het. Foto: Jasper Herbst

Op die Motheo­Gariep­atletiekbyeenkoms is 13 leerlinge van die Meisieskool Oranje vir die Suid­Vrystaatse atletiekspan gekies wat Saterdag aan die Vrystaatse atletiekkampi­ oenskapsbyeenkoms deelgeneem het. Foto: Adéle Naudé

Yster staan op en wen Rufus Botha

Thabo Verster (Universitas) vlieg hier deur die lug op pad om die grond hard te tref nadat hy ’n hekkie raakgetrap het. Hy het egter opgestaan en die wedloop laaste voltooi. Hy het later in die eindronde reggemaak waar hy verbrou het met ‘n skitterende Vrystaatrekord (seuns 11 jaar, 70 m­hekkies) op die provinsie se laerskolekampioenskapsbyeenkoms wat in die Vrystaat­stadion in Bloemfontein beslis is.

Rose Run weer hier Rufus Botha DIE Pentagon Pistols-hardloopklub bied môre sy Rose Run-padwedloopbyeenkoms by die Emoya-landgoed aan. Wedlope sal oor onderskeidelik 32 km en 10 km beslis word. Inskrywing vir die 32 km-wedloop kos R80 en R50 vir die 10 km-afstand. Die 32 km vir stappers begin reeds om 06:00 en vir hardlopers om 06:30. Die 10 km vir hardlopers en stappers begin om 06:45. Vir die kleinspan word ’n Kiddies dash oor 2 km aangebied. Dit kos R10 om hiervoor in te skryf. Voornemende deelnemers kan hulle reeds Vrydag van 17:00 tot 19:00 by Caramellos by Prellerplein in Bloemfontein inskryf. Inskrywing kan ook van Saterdag 05:00 af by die wegspringplek gedoen word. Vir meer inligting bel Kaspaas Cilliers by 082-755-5559.

DIE deursettingsvermoë wat die veelsydige atleet Thabo Verster (Laerskool Universitas) Saterdag op die Vrystaatse laerskole-atletiekkampioenskapsbyeenkoms getoon het, gaan vir hom as senior atleet goud werd wees. Bygesê indien hy goed met langtermyndoelwitte vir sy atletiektoekoms beskerm word. Verster het in die Mangaung-stadion in die Rosestad in die 70 mhekkiesnommer vir seuns 11 jaar in die uitdunronde ’n hekkie raakgetrap en hard met moederaarde kennis gemaak. Tou opgooi bestaan nie in dié yster se woordeskat nie. Terwyl hy sy teenstanders van die grond af soos mis voor die son sien verdwyn het, het dié vegter nie van die baan gestap soos die meeste atlete sou gedoen het nie. Hy het opgestaan en oor die hekkies gehinke-pink en laaste in 13.39 geëindig, dit onder luide toejuiging van die toeskouers. Lian van der Merwe (Grey, 11.38) het die vinnigste uitdunronde gehardloop. Omdat Verster voor Saterdag die vinnigste tyd in die provinsie in dié nommer genael het, het die grootkoppe (gee hulle ’n groot klop op die skouer) van die byeenkoms besluit om Verster wel toe te laat om in die eindronde as ’n deernisgeval mee te ding. Styf, seer en gerat met ’n verband om sy arm het Verster die eindronde in ’n skitterende Vrystaatse rekordtyd van 10.84 gewen. Dit was ook nie ’n hierjy-

rekord wat gespat het nie – dit het agt jaar gestaan agter die naam van die voormalige Suid-Afrikaanse jeugkampioen (100 m-hekkies) en internasionale atleet Ryno Steyn. Verster het die Steyn-rekord (11.14) met drie tiendes van ’n sekonde verpletter. Van der Merwe het eindelik tweede geëindig in ook ’n puik 10.99. Dié tyd is ook vinniger as Steyn se 2006-rekord. Verster het besluit een goue medalje is nie genoeg nie en het op die koop toe die verspringnommer (4,55) gewen. Hier kon hy egter nie die einste Steyn se rekord van agt jaar (4,79 m) verbeter nie. Tony Augus (Laerskool Bloemfontein) het ook die rekords laat spat. Hy het in die afdeling vir seuns 13 jaar die 100 m in ’n blitsige 11.93 gewen, Hy het egter reeds in die uitdunronde die Vrystaatse rekord (12.32) met 11.87 verpletter. In die 200 m het hy weer so gemaak. Hy het die eindronde in 24.21 gewen om die Vrystaat-rekord (24.36) uit te wis. Ander Bloemfonteinse seuns wat Vrystaat-rekords verbeter het, is: 10 jaar: 100 m: SJ Marais (Grey, 13.52). 11 jaar: 100 m: Lucky Moleyane (Kruitberg, 12.90). 12 jaar: 100 m: Rappie Nkhahle (Kruitberg, 12.43), 150 m: Rappie Nkhahle (Kruitberg, 18.72). 13 jaar: Jardel Franca (Jim Fouché, 5.71). S Bloemnuus berig volgende week oor die goeie vertonings van die Bloemfontein-meisies op dié byeenkoms.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.