Bloemnuusbl 20140324

Page 1

VRYDAG 21 MAART 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

WWW.BLOEMNUUS.MOBI

GRATIS

Steve bring boek saam BLOEMFONTEINERS gaan die eerste wees om Steve Hofmeyr se nuwe boek, Laaste Dans, Drienie, ná sy konsert Woensdag in die Kovsiekerk aan te skaf. Bloemnuus het met Steve, ’n oud-Bloemfonteiner wie se ma steeds hier woon, ’n onderhoud gevoer. Om meer te lees blaai na bl. 5. Hierin verklap hy onder meer dat die slegste ding van Bloemfontein vir hom is dat jy so ver moet ry om by die see uit te kom.

inligting te bevestig en die registrasieproses te voltooi. (Indien jy nie hierdie e-pos ontvang nie, maak seker hy lê nie in jou gemorspos-lêer nie.) * Gaan terug na jou webblaaier en kliek “Register now” om die registrasieproses te voltooi.

Altesaam 20 kaartjies op die spel Tien lesers kan elk twee kaartjies na dié konsert in www.bloemnuus.co.za se kompetisie-afdeling wen. Kaartjies is ook by Computicket te koop. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. Vir inligting oor die konsert skakel 082-481-8881. Maak só om te wen Lesers wat in Bloemnuus se kompetisies op die mobi-site of webwerf wil wen, moet eers die gratis, eenmalige registrasieproses voltooi. Lesers kan hulle met hul e-posadres of Facebookrekening registreer. S Hoe registreer jy jou met

Bloemfonteiners gaan die eerste wees om Steve Hof­ meyr se nuwe boek, Laaste dans, Drienie, te koop te kry ná sy konsert. jou e-posadres? * Gaan na bloemnuus.co.za * Regs van Bloemnuus se mashoof, kliek “Login”. * Onderaan die blad, kliek “Register”. * Vul die nodige inligting in en kliek “Submit”. * Bloemnuus sal ’n e-pos stuur na die e-posadres wat jy verskaf het om jou rekeningbesonderhede te bevestig. * Maak hierdie e-pos oop en kliek op “click here” om jou

S Hoe registreer jy jou met jou Facebook-rekening? * Gaan na bloemnuus.co.za * Regs van Bloemnuus se mashoof, kliek “Login”. * Bo-aan die blad kliek “Login with Facebook”. Die skakel vat jou deur na Facebook. * Kliek “OK” wanneer Facebook jou toestemming versoek om die registrasieproses te voltooi. S Hoe skryf jy jou in? * Teken in met jou nuutgeregistreerde gebruikersnaam en wagwoord. * Gaan na bloemnuus.co.za * Bo-aan die blad kliek op die onderafdeling “Competitions”. * Soek die kompetisie waarvoor jy jou wil inskryf. S As jy sukkel, skryf aan nico. gous@ volksblad. com.

Soos die oud­Bloemfonteiner Steve Hofmeyr en Janine van der Vyver wat onlangs getroud is, het talle Bloemfonteinse paartjies ook ewige trou aan mekaar beloof (sien bl. 6).

Foto: Leana Clunies­Ross / custophoto.com / SARIE Maart 2014­uitgawe

Inlasfoto: SARIE se Maart­uitgawe wy 20 bladsye aan Steve en Janine se troue. Hierin word vertel van “die sprokiesbegin ná jare se hartseer, hul storie en al die foto’s”.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014

Oase ______ MARIETJIE GERICKE, oudredakteur van Ons Stad en nou ’n spesialis- ondersoekende verslaggewer by Volksblad, deel ’n paar aanhalings wat haar deur die jare bybly. S Blessed are the poor in spirit: For theirs is the kingdom of heaven. Blessed are they that mourn: For they shall be comforted. Blessed are the meek: For they shall inherit the earth. Blessed are they which do hunger and thirst after righteousness: For they shall be filled. Blessed are the merciful: For they shall obtain mercy. Blessed are the pure in heart: For they shall see God. Blessed are the peacemakers: For they shall be called the children of God. Blessed are they which are persecuted for righteousness’ sake: For theirs is the kingdom of heaven. Blessed are ye, when men shall revile you, and persecute you, and shall say all manner of evil against you falsely, for my sake. – Jesus of Nazareth S All the world’s a stage, and all the men and women merely players. They have their exits and their entrances; And one man in his time plays many parts – Shakespeare, As you like it (Act II, Scene VII) S Die mooi weer sal jou nie beskadig omdat jy jou jas en sambreel verniet saamgeneem het nie. – C.J. Langenhoven S Jou ore is oop as jy hulle nie eksprés toemaak nie, en jou mond is toe as jy hom nie eksprés oopmaak nie. Dit wys die bedoeling van die gebruike daarvan. – C.J. Langenhoven S As dit gedaan is en verby – die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly. – Koos du Plessis S Where we are met with cynicism, and doubt, and those who tell us that we can’t, we will respond with that timeless creed that sums up the spirit of a people: Yes We Can. – Barack Obama S To be, or not to be: that is the question. – Shakespeare, Hamlet, Act III, Scene I

Wel en wee

S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is in die afgelope dae oorlede: 1. Tebie Stroebel (gebore 1927); 2. Cornelia Wilhelmina (Connie) Liebenberg (1933); 3. Piet Lindeque (1938); 4. Susanna Gertruida Rabie (1926); 5. Eunita Martha Sieberts (1965); 6. Magrietha Cornelia (Toeks) Pretorius (1946); 7. Hetsie van Wyk (1922); 8. Erna van Wyk (1951); 9. Elizabeth Sophia Christina (Bes) Hartzenberg (1938); en 10. Barend Pieter Botes (1990);

Marietjie Gericke S I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons live together in harmony and with equal opportunities. It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if needs be, it is an ideal for which I am prepared to die. – Nelson Mandela S Blare per pos: Twee herfsblare – gewebde paar, aan een pols vas, doodsbleek deuraar, het vroeg hul tak tot siens gewenk, die wind ontwyk met ’n kort swenk, die suiderkruis gekies tot skyf, daglank, naglank ’n boog beskryf. Dor soos die blad waaraan hulle kleef, reik hulle te voorskyn uit die skreef. Aan die motief wat ingegrif bly – vae stempel op die skrif – mag mens jou weer eens vergewis van afstand van verbintenis. – Elisabeth Eybers S We shall defend our island, whatever the cost may be, we shall fight on the beaches, we shall fight on the landing grounds, we shall fight in the fields and in the streets, we shall fight in the hills, we shall never surrender. – Winston Churchill S And I’ve seen the promised land. I may not get there with you. But I want you to know tonight, that we, as a people, will get to the promised land. And I’m happy tonight. I’m not worried about anything. I’m not fearing any man. Mine eyes have seen the glory of the coming of the Lord. – Martin Luther King

Andri Jordaan en Morné Erasmus het onlangs verloof geraak.

Foto: Go Urban Photography

S Bradwin Ferris is die gelukkige leser wat ’n R200-eetbewys gewen het in die kompetisie wat saam met Jimmy’s Killer Prawns aangebied is. Die antwoord was “vibe”. S Boeta Dippenaar (36), die voormalige Protea-krieketspeler, spog nou met drie dogters. Hy en sy vrou, Charleen (36), se tweelingdogtertjies, Grace en Erin, is in die Life-Rosepark-hospitaal gebore. Hul oudste dogter, Jemma, is nou drie jaar oud. S Vida van Schalkwyk is die wenner van ’n R500-steakpak wat in ’n kompetisie deur die AAA-slaghuis (Hospitaalpark) weggegee is. S Phillip (Flippie) van Zyl (20), ’n leerling-motorwerktuigkundige, is dood nadat weerlig die tent getref het waarin hy en vriende was. Die ander wat saam met hom by Tierpoort gaan visvang het, is sy neef Jacques le Roux (21), Carike Visagie (19) en Reuben van Wyk (25), almal van Bloemfontein. S Don Steenkamp, die enigste oorlewende van die Griekwastadmoorde en ’n oudleerling van Grey-Kollege, het verlede naweek ’n bul soos ’n wafferse cowboy gery. Die 17-jarige Don was een van die deelnemers in die rodeo wat Saterdag in egte Texas-styl op die Veldskou van die Dewetsdorp-studiegroep gehou is. S Bettie Pansegrouw van die Athalia-uitreik het onlangs haar 70ste verjaardag gevier.

Manny Spinola en Jacolien Nel het onlangs verloof geraak.

Foto: Go Urban Photography

S Die Gospel Workers Ministries van Heidedal, onder leiding van past. Willie Norris, het sy hart vir die VolksbladKersfonds oopgemaak en R10 000 hiervoor geskenk. Dié bediening, met vier takke in Bloemfontein, het ’n hart vir die gemeenskap en bied Vrydagaande jeugbyeenkomste aan, ’n kinderkerk op Saterdagoggende en deel ook kospakkies aan behoeftige mense uit. Mense het nog tot einde Maart om vir vanjaar se Kersfondsinsameling by te dra. Enige individu, groep of organisasie wat R5 000 of meer bydra, se foto sal in Volksblad geplaas word.

Bel Madelein Venter by 051-4047816 vir meer inligting. S Dr. Frans Fourie (36) sterk tans in die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein aan nadat hy Sondagoggend in ’n fietsryoefening op die Abrahamskraalpad deur ’n silwerkleurige Mahindra-bakkie getref is. Die bestuurder het weggejaag. Fourie, wat tans in ortopedie spesialiseer en as dokter by die Universitas-, Nasionale en Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein werk, het ’n bekkenbreuk en harsingskudding opgedoen, asook ’n nekwerwel gebreek.

Flu shots essential IF the Northern Hemisphere’s winter flu stats are anything to go by, South Africans will need to take their flu shots as soon as possible. Over the last few months, the Centre for Disease Control and Prevention (CDC) in the United States noted an unusually high number of severe respiratory illnesses among young and middleaged adults. Many of these cases were linked to the H1N1 virus strain (swine flu). As the World Health Organisation (WHO) prescribes, the American and European flu seasons firmly indicate what locals can expect as the South African winter strikes. “Medical schemes and the National Department of Health always urge high risk patients to get their flu shots before the flu season hits,” says CEO of the Independent Community Pharmacy Association (ICPA), Jackie Maimin.

“However, with stats now indicating that more young adults and children are being diagnosed with these serious flu strains, it is now recommended that everyone from six months of age and up should be vaccinated.”

ICPA represents over 1 100 independent community pharmacies throughout South Africa, offering the largest pool of professional pharmaceutical services in the health-care sector, reaching both urban and rural South Africa. Many medical schemes have started to cover flu vaccinations for all age groups, underlining the value of a flu shot and its beneficial qualities. “Even for those without a medical scheme, the cost of a flu vaccination is minimal when compared to the medical expenses associated with treating influenza. “These strains of flu can be life-threatening, and as such, vaccination is one of the most cost-effective health-care investments you can make this year.” Visit www.greendoorpharmacies.co.za to find a pharmacy closest to you for that important flu shot.


Verkleurman Chameleon Chris Chameleon sing vanaand en môreaand om 19:30 by Innie Skuur. Kaartjies teen R120 is te kry by 079-387 3614. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. Chris, wie of wat was jy in ’n vorige lewe? ’n Russiese houtkapper se dogter. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Toe hulle daai aand laat op die skooltoer, nadat die bus gebreek het, vir ons ’n driegangmaaltyd voorgesit het. Wat is jou grootste vrees? Ek boer nie met vrees nie. Wat behels aardse geluk? Daar is nie geluk in aardse dinge nie. Wat is jou grootste tekortkominge? Administratiewe vermoens, tegnologiese vaardigheid en die vermoë om in die hede te verkeer sonder om môre of gister toe te dwaal. Met watter tekortkominge in ander kan jy saamleef? Enige wat nie met myne ooreenstem nie, dis mos spanwerk! Wie en wat kan jy nie verduur nie? Wrede en lui mense. Wat is jou kenmerkendste eienskap? Belangstelling en leergierigheid. Wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? Minder dom besluite geneem het en meer liefde betoon het. Dis darem nie te laat nie! Wat is jou grootste uitspattigheid? Die derde doos springmielies tydens ’n rolprent. Wie of wat is of was die liefde van jou lewe? Die natuur. As jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen – waarheen sou dit wees? Waarom? Dit verskil van dag tot dag. Vandag wil ek op ’n balkon in Barcelona sit met kaas, chorizos en wyn terwyl ’n Spanjaard op die piazza onder my flamenco-kitaar speel. Wat is die mooiste pleknaam in Afrikaans? Definitief nie Holfontein nie! Wat is die mooiste woord in Afrikaans? Vir my is die mooiste woord liefde en die tweede mooiste woord is hanswors. Wat is die lelikste woord in Afrikaans? Soos in alle tale: desperaatheid. Wat maak jou nostalgies? Musiek uit die 80’s, om verby my ou skool te loop en die geskal van poue.

Wat is jou gunsteling-versreël? “But man, proud man, dressed in a little brief authority . . . plays such fantastic tricks.” – Shakespeare Watter CD is tans in jou motor? Die Afrikaanse vertalings van die Grieks-Ortodokse kerkliedere. Lees jy enige boek(e) tans? Die Landbouweekblad. Wat is die diepste punt van ellende? Om sonder liefde te wees. Wat is vir jou snaaks? Mense wat hulself baie ernstig opneem, is histeries! Waaroor is jy spyt? Dat ek die vermoë het om soms spyt te hê. Jou kosbaarste besitting? My plaas.

Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? As ek besluit om te kook, enigiemand wat nie kan proe nie! Wat sou jy dan vir ete maak? Pap. Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Wandel in die natuur. Wat verveel jou? Ek dink nie ek kan verveeld wees nie. Oor watter gawe sou jy wou beskik? Om alle tale te kan praat en te verstaan. Wat dink jy gebeur ná die dood? Ek sal teruggaan na waar ek vandaan kom. Wie is jou helde? Jesus. Waar sou jy eendag wil aftree? In die graf.

“Like” Bloemnuus op Facebook nes 5 000 ander vir wie Bloemfontein na aan die hart lê. Daar vind jy baie ekstra foto’s en gereelde opdaterings met Bloemfontein-nuus.

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014 3


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014

Dagboek WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Stuur asseblief dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 21 MAART S Die NG kerk Universitas hou sy Kuierfees (basaar) van 07:00 tot 13:00. Daar is ook ’n pretdraf van 4 km en 10 km. Kerkkantoor, 051-522-4911. S Souttoer in Soutpan. Ontmoet om 10:00 of 12:00 by Truksvy. Volwassenes R25 en kinders jonger as 12 jaar betaal R15. Bespreek plek, 076-768-8726. S Parker Comedy Festival in die Diamond Lill’s by die Windmill-casino om 20:00. David, 051-410-2082. S NG kerk Heuwelsig hou sy weeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00. Frances Wessels, 051-436-5218. S Bobby van Jaarsveld en Karen Ferreira tree by Landboudal in Jacobsdal op. Cassie Carstens, 076-403-0792. S Beesstert (oxtail) en stampmielies – nes jou ouma dit sou maak. Ouma se Kombuis, Tweede Laan, Westdene, 051-447-2294. S Vleisfees en outydse kerkbasaar in Dewetsdorp. Ds. Horace van Coller, 082-776-3421.

S Retrospective Exhibition by Maureen Quin (Main Building of Oliewenhuis): This travelling retrospective exhibition celebrates the life work of Maureen Quin from the 1950s to the present. It is curated by Virginia Reed. Quin explains her art: “Sculpture is my passion. It’s an extension of myself, reflecting my thoughts, my loves, hates, joys and fears. Whether I am involved in representational wildlife studies, realistic figure studies or abstrac- tions, I put my heart and soul into it. Each sculpture is an exciting journey. Starting with a vague concept, sketching it to achieve a visual form, building the armature, fleshing it out and having it cast in bronze are the elements which ultimately are to me the most rewarding and satisfying.” S Chris Chameleon sing vanaand (en môreaand) om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies teen R120 is te kry by meerkatkolonie@vodamail.co.za of 079-387-3614. S Free State Towns (Annex Gallery of Oliewenhuis): This photo exhibition is a compilation of the most beautiful pictures of the Free State and its people by Philippe Burger and Jan van der Merwe. The exhibition will take the viewer on a visual tour of the vast plains of the Free State and into the hearts of its hospitable people and towns.

The management of Augrabies Falls National Park (AFNP) is expecting the Orange River to flow strongly over the next week. After two weeks of rain around the country the power and force of the waterfall will once again live up to its name as “The Place of Great Noise”. The water is currently flowing at 200 cubic metres per second. According to the AFNP park manager, Frans van Rooyen: “A peak of 820 cubic metres per second is expected between 22 March and 25 March”. SANParks encourages all South Africans to visit the park in the coming week to witness this unique experience and see the waterfall in all its glory. S The Naval Hill Planetarium now offers regular public shows. The first digital planetarium in sub-Saharan Africa was inaugurated on 1 November 2013 and is already operational. In addition to a “fly through the universe” experience, planetarium events – lasting approximately 60 minutes – include the screening of one of several pre-recorded shows. Yolandie Loots, 051-401-9751. S Die Hervormde kerk Langenhovenpark hou sy jaarlikse Windpompfees. Die fees begin om 09:00 en eindig wanneer almal moeg is. Ds. Jaco Dreyer, 083-444-0120. S Dit gebeur in Binnelanders: Karlien word deur ’n dokter te hulp gesnel en Susanna sit vir At op sy plek. Pippa praat amper haar mond verby en Zadie moet getroos word. Pippa dring daarop aan dat Daleen die waarheid praat, terwyl Rudi net nie “nee” vir ’n antwoord wil vat nie. Rian wil met Delia vrede maak en moet later sy voet met Linda dwars sit. S The local artist Jean Dreyer’s exhibition Layers of Black at Gallery on Leviseur. Kezia, 082-835-2335. S ’n Spesiale buffetete word vandag in Rosie’s Brasserie uitgepak. Dit kos vandag R139 (gewoonlik R149). As jy wil plek bespreek of meer wil weet, skryf aan stephne.lroux@suninternational.com. Dié restaurant is die borg van Bloemnuus se gewilde Leserslenskompetisie. SATERDAG 22 MAART S World Water Day. S Abdullah Ibrahim, jazz-meester, en sy orkes om 20:00 in die Wynand Mouton-teater. Computicket, R180.

S Boeremark van 06:00 tot 14:00, Langenhovenpark. S Surrounded by 12 hectares of natural vegetation on Grant’s Hill, Oliewenhuis Art Museum offers access to four marked walking trails through unspoilt natural surroundings. The walking trails are easily accessible to young and old and offer a unique opportunity to experience the beauty and tranquillity of the area. The museum gardens also offer ideal picnic spots. S Your Favourite Songs, Dries Hyman, Aasvoëlklub, 20:00, R60. S Rooikappie, André Huguenetteater, 11:00 en 14:30, R30. SONDAG 23 MAART S Wil jy hê jou hond moet gehoorsamer wees? Die Dog Training Club kan help. Lede kom Sondae om 16:00 by die Laerskool Sand du Plessis byeen. Maak gebruik van die ingang in Hippocratestraat. Nelia Smit, smitnelia@gmail.com. S Die NG kerk Hospitaalpark, Moyastraat, het elke Sondag twee eredienste: om 09:00 en 18:00. S As deel van die opbou tot die kroningsgeleentheid van Mej. Suid-Afrika kan Suid-Afrikaners die werklikheidsprogram The Road to Miss South Africa Sondae om 17:30 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) volg. MAANDAG 24 MAART S Binnelanders: ’n Onverwagse versoek dwing ’n ongemaklike Tertius om tyd saam met Malan deur te bring. Nigel doen ’n drastiese stap en Wimpie gewaar ’n geleentheid. Morne is vasbeslote om te bly en maak sy ouers se lewe moeilik. Susanna maak ’n verrassende onthulling teenoor Malan.

S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. DINSDAG 25 MAART S Die Wonderwerker wys om 20:00 op kykNET. WOENSDAG 26 MAART S Steve Hofmeyr tree in die Kovsiekerk op. Kaartjies wissel tussen R110 en R220 en is by Computicket te kry. Bel 082-4818881. Aangebied deur Afrikoonproduksies. Bloemnuus en Radio Rosestad is die mediaborge van dié konsert. S Dozi in Wiesbaden om 20:00. Kaartjies: R40 by die deur. Hy sal ook van 16:00 tot 17:00 in Musica in die Mimosa Mall wees. S Coppélia: Joburg-ballet om 19:30 in die Sand du Plessis-teater. Kaartjies teen van R120 tot R180 by Pacofs, 051-447-7772. S Karaoke with Eddie Schoeman at Oolong Lounge from 20:00. Adèl Victor, 051-448-7244. S Bruidsekspo in Loch Loganwaterfront. Meryl, 051-448-3607. S Child Trauma Training Centre presenting a seminar on Children who sexually abuse other children at Kopano Nokeng. Natasha, 072-233-3708. DONDERDAG 27 MAART S Dit gebeur in Binnelanders: Die troudag breek eindelik aan. Rian besef Pippa steek iets vir hom weg en Pippa konfronteer Quinton. ’n Ongenooide besoeker maak moleste in die kerk. S OSM-openingskonsert om 19:30 in die Odeion. Kaartjies te kry by Computicket teen R110, R70, R60 en R40.

Jenkins te hoor THE ARMED MAN, die Walliese komponis Karl Jenkins se “mis vir vrede”, is die volgende projek wat die Bloemfontein-stadsorkes en Alumni Voices saam met die Drakensbergseunskoor aanpak. Dit volg op die reuse-sukses van Jenkins se Stella Natalis wat einde verlede jaar deur dié drie instansies uitgevoer is. Die optredes in Bloemfontein is op 9 en 10 Mei in die Sand du Plessis-teater. Die kaartjies kos R120, R150 en R180 en kan by Pacofs by 051-447-7772 bespreek word. Die werk sal ook op 2 en 3 Mei op die Drakensbergseunskoor-skool se jaarlikse fees, Musiek in die Berge, uitgevoer word.

STAAN SY MAN: Charly Prinsloo was die leser wat reg gestem het deur te voorspel dié troeteldierfoto gaan die meeste stemme op Bloemnuus se Face­ book­blad kry. Dit is deur Sophia van Wyk ingestuur. Sy skryf: “Nori het sy Kersgeskenk beskerm toe ‘in­ dringer’ Remi verlede Kersfees kom kuier het. Dit was te kostelik om te sien hoe die brakkie sy man staan.” Charly en Sophia wen elk ’n eetbewys wat geskenk word deur Rosie’s Brasserie by die Windmill­casino­ en­vermaaklikheidsentrum. Stuur nog troeteldierfo­ to’s in. ’n Soortgelyke kompetisie sal binnekort weer plaasvind. Die kontakbesonderhede verskyn op bl. 2.


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014 5

Só sê Steve Hofmeyr STEVE HOFMEYR, wat in Bloemfontein grootgeword het, tree Woensdag in die Kovsiekerk op. JENS FRIIS het met Steve gesels. S Steve, wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? Vroeër geleer lees het, beter met besigheid wou wees en vroeër vir die Bulle geskree het. S Wat is jou grootste uitspattigheid? Boeke. Ek het duisende vir enige geleentheid. Reis. S What do you never travel without? Vicks Nasal Spray. S The most life-changing travel experience you’ve ever had? Amsterdam the first time. S Your favourite city abroad, and why? New York. Culture. Speed. Efficiency. S One place you want to see before you die? Alaska. S What is the best piece of advice you’ve ever been given? Never overstay your welcome. S If you could time travel, would you go to the future or the past? The past. Don’t want to be out of my depth.

S Jou kosbaarste besitting? My Samsung Note. S Wat is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Ma se kos tuis. S Waarvan hou jy glad nie in Bloemfontein nie? Die see is te ver. S Watter CD is in jou motor? One Republic. S Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op my troudag met Janine. S Wat is jou grootste vrees? Afhanklikheid. S Wat dink jy gebeur ná die dood? Ek’s nie seker nie, maar my plan is om al die harpe met kitare te vervang. S Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Jesus, Nietzsche, Piet Retief, Barry Roux, Adam&Eva. S Wat sou jy dan voorsit? ’n Boerebraai op my stoep. S Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Twitter. Age of Empires. S Oor watter gawe sou jy wou beskik? Om te kan skilder en beter in wiskunde te wees.

S If you could have any super power, what would it be and why? Invisibility. Good for eavesdropping. S Wat behels aardse geluk? Om die regte waarde van dinge te leer ken. S Wat is jou kenmerkendste eienskap? Saggeaardheid . . . he-he. Grootbek. Ek babbel verskriklik.

Promotion: Impa Paints

House cooler with Impa MOST of a house’s heat is obtained through direct sunlight exposure on the roof of the house. For this purpose Impa Paints makes a cool roofshield range which reflects light from the surface, making the house up to five degrees Celsius cooler within. The most popular and coolest colour in the range is white, as it reflects light best and makes the house stay cooler than when using an ordinary roofshield. Higher quality products in their general ranges are formulated with advanced raw materials to withstand severe weather conditions. For example, with Impa’s seven- and ten-year guarantee ranges they have specifically taken the heavy sunlight conditions of the Free State into consideration when formulating and manufacturing these products, which assures you that Impa paints will be able to withstand the Free State sun and stand the test of time in these highheat conditions.

Examples of paint available.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014

Getroud

Emmanuel en Lelanie Papgis.

Hennie en Isobel Viljoen.

Hennie en Charlene de Klerk.

Foto: Mojari Fotografie

Johan en Tamara Zietsman.

Foto: Mandie Niemann

Foto: Go Urban Photography

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.

Foto: Gerhardus Bosch

Nthabeleng and Siyanda Mboya.

Photo: Eye Candy Photography House

Charné en Francois Froneman.

Foto: Eye Candy Photography House

Luzanne en Janes Gilliland.

Foto: Eye Candy Photography House


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014 7


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014

Bloemfontein van ouds Bloemfontein verjaar môre. Dié stad is op 22 Maart 1846 gestig. Regter F.E.C. Krause het in 1946 in Volksblad só vertel oor sy kindertyd in Bloemfontein – sowat 138 jaar gelede. EK is gedurende die Basoeto-oorloë in die distrik Bloemfontein gebore, maar my tuiste was altyd op die dorp. Ek kan ten minste sewentig jaar in my herinneringe teruggaan, in die tyd toe ek leerling aan die Grey College was. My eerste opvoeding het ek aan die “Infant School” in Fonteinstraat onder Miss Smart ontvang. Die ou geboutjie staan nou nog: die Huisvlytraad is daarin gehuisves. Op ’n keer moes ek “skoolsit” omdat ek iets verbrou het. Toe die kwekeling-onderwyseres (Sarah Screech) net ’n oomblik uitgaan, het ek deur een van die boonste vensters uitgespring en huis toe gehardloop.

’n Saal vir siek kinders wat noodgedwonge Anglo­Boereoorlog (1899­1902) ingerig is.

tydens

die

Die Anglikaanse katedraal.

Het jy dit geweet?

Die Merries In die Grey College was dr. J. Brill ons hoof. Die laer afdeling was onder mnr. Carmichael. Mnr. Duncan (ons het hom Donkie genoem) was die meester in Engels en Matesis. Ons was ’n vrolike klomp seuns, vol grappe en onnutsighede, en ons vaste vyande was die “Merries” – die seuns van die St. Andrew’s skool. Ons bakleiplekke was agter die Lutherse kerk en agter die ou naturelle-kerk. Daar was ’n groot ysterklip waar ons altyd afgegly en ons broeke verniel het. Ons het altyd brandwagte uitgesit om ons nie deur die meesters te laat betrap nie. Van die bakleiery was daar baie bloedneuse. Die huise in die dorp was maar klein. ’n Huis met drie of vier slaapkamers sou vir baie groot deurgegaan het. Die strate was somaar veldpaaie, en die brugge oor die kronkelende spruit was van hout. Elke middag het ons na die dam gegaan om te swem. Daar was ’n duikbord.

In 1908 is die ou goewermentsgebou verwoes deur ’n brand wat deur ’n kortsluiting veroorsaak is. Dit is herbou en huisves nou die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum.

Kwepers Ons grootste pret was om die kwepers wat ons van die laning in President Brand se tuin buitgemaak het, in die water te gooi en dan resies te jaag om hulle in die hande te kry. Hoofregter Reitz en ou meneer Fraser se kweperlanings moes ook onder ons strooptogte deurloop. Op die huidige Hoffmanplein, waar die oorlogsgedenkteken nou staan, was ’n put waar die volk kom water haal het. Die mark was net daaragter. Saterdag was die groot markdag.

Dan het die boere met waens en karre produkte aangebring. Dit was ’n groot sensasie wanneer die Rustenburgse boere met wavragte lemoene kom. Ons het gewoonlik slegs 10/- per honderd betaal. Waar die Poskantoor nou staan, was die Free State Hotel van mnr. Stock. Sy seun George het in dié tyd sensasie gemaak deur met ’n tweewielfiets (die voorwiel was baie groot en die agterwiel klein) na Brandfort en terug te ry.

S Elektriese straatligte is in 1898 in Bloemfontein in gebruik geneem. S In 1900 het ’n slagplaas by Spitskop, buitekant die munisipale gebied bestaan. In 1907 het die eerste munisipale slagplaas tot stand gekom. Koelkamergeriewe by die slagplaas is in 1908 ingestel, die jaar toe die ou goewermentsgebou deur ’n brand vernietig is. S Die eerste kragsentrale is in 1905 gebou. Die wit bevolking het toe 13 000 getel.

Elektriese spoorlose busse in Bloemfontein omstreeks 1910.

Ek dink hy het dit binne een dag afgelê. Goue skaap Die meeste van daardie dae se winkels het verdwyn. Een van hulle was Austin se winkel op die plein. ’n Goue skaap het bo-op die winkel se voorkant gestaan om aan die boere te verkondig dat die firma wol koop. Fichardt en Leviseur se winkels was naby die kerk. Ons huis was waar die Reserwebank nou staan. Op die ander hoek het die gesin

Vels gewoon. Ou mnr. Vels was staatsprokureur onder president Brand. Sy seun Cornelis – wat nou nog op Ficksburg woon – was een van my maters. Noord na die berg se kant toe was die ou meul en nog verder Voigt se plaas. Daar was ’n tyd toe hulle daar bier gebrou het. Ek glo dit was in 1884 dat die nuwe stadhuis in Maitlandstraat deur Wocke gebou is. Ek meen hy het die Hollandse Kerk ook gebou. Die kerk met sy herstelde torings staan nog, maar die ou stadhuis is verkoop en afgebreek. Tans is alles veranderd, maar in dié dae was die nuwe stadhuis ’n bewys van groot vooruitgang. Musiek en toneel Die ou inwoners was baie lief vir musiek. Daar is konserte en selfs toneelopvoerings gehou. Mnr. Hochapfel was ’n bekwame toneelspeler, en ek herinner my met hoeveel welslae sy geselskap Les Cloches de Corneville in die Stadsaal opgevoer het. In 1885 het ek Bloemfontein verlaat om verder te gaan studeer. Ná my terugkeer uit Holland is ek na Transvaal, wat toe die brandpunt van myn- en handelsbedrywighede geword het. Tans is Bloemfontein ’n skoon stad met mooi geboue, gemaakte strate, ’n pragtige nuwe stadhuis, ’n appèlhof, ’n hooggeregshof, ’n moderne markgebou en al die ander dinge. ’n Rip van Winkel, indien hy nou moes ontwaak, sou sy oë nie kan glo dat dit dieselfde Bloemfontein is wat ek in my jong dae geken het nie.

S In 1906 is ’n begin gemaak met die huidige Grey Kollege-skool, die opening van die Brebner-skool het plaasgevind en die spoorlyn tussen Bloemfontein-Kimberley is begin. In 1904 is die hoeksteen van die ou Grey Kollege-skool, tans die tegniese kollege, deur pres. F.W. Reitz gelê. S Ná Uniewording is die eerste spoorlose trems tussen 1910 en 1912 in gebruik geneem. S ’n Paar jaar later is die eerste afsonderingshospitaal by Belmont op die pad na Shannon gestig. Dit het 20 beddens vir blankes en 20 vir nie-blankes bevat. Daar was geen elektriese ligte nie. In 1926 is die afsonderingshospitaal na Tempe verskuif. S In 1919 het die stadsraad die washuis van die OVV oorgeneem. S In 1925 is die verslag van die burgemeester die eerste keer in Afrikaans opgestel. Dit was in die jaar toe dr. H.J. Steyn burgemeester was. S In dié jaar is die nuwe markgebou ook geopen en in 1929 die Franklin-wildtuin op Naval Hill. S Daardie jaar is ook besluit om ’n nuwe stadsaal en ’n nuwe brandweerstasie te bou. Die nuwe stadsaal is in 1936 voltooi. S Die aanlê van Mazelspoort as ’n plesieroord is in 1933 voltooi. Bron: Die Volksblad, Vrydag 22 Maart 1946.


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014 9


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 MAART 2014 11

BLINK UIT: Hierdie vier meisies van die Meisieskool Oranje is tot die Vrystaat­span verkies wat die naweek aan die Suid­Afrikaanse atletiekkampioenskapsbyeenkoms gaan deelneem. Hulle is van links Annika Herbst, Johani van Tonder, Matile Prinsloo en Alex Klopper.

Draf skild los DIE span van Tjokkies het die skild vir die o.10­meisiespan op die Motheo­Gariep­atletiekbyeenkoms ontvang. Van links is Nielsje Erasmus, Zanelle J. van Rensburg, Gabbi Venter en Eduané J. van Rensburg.

AANDAG

PERSOONLIKE DIENSTE

ALLE ADVERTEERDERS

FUNKSIES & KONFERENSIES

Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!"

1425

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

VOERTUIE

TROETELDIERE

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

1660

KRUIEKENNER 1435

SMALLS NOTICE

TE KOOP

GEVIND: Wit-en-swart Foxie-kruistefie met kort bene en kort stert, meestal swart gesig, oud, vetterig, gevind in Toon van den Heeverstr, Dan Pienaar op 13 Maart 2014. Kan foto sien op Facebook (MissingAnimals Bloemfontein) by hierdie datum. Sy is tans by DBV - bel 051 4473801 of Linda 083 306 6044.

3010

TOYOTA-1200-BAKKIE: Padwaardig. Voetstoots. R20 000. Skakel 073 572 1603.

EIENDOMME

ALGEMENE & HUISDIENSTE WOONSTELLE TE HUUR

BOUPLANNE

3250 1802

AAA-kwaliteit. INSTALLERING van: Alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

TV/HI-FI: Philip Venter. Gekwalifiseerde tegnikus. Mikrogolfoonde. Samba. Ferpliestraat 4, Fleurdal. 051 525 2810.

1835

HUIS-verbeteringe, binne en buite, van dakke, plafonne, verf, teëls, geisers, storte, ens. SANTA 076 835 7849. BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234. 1445

PERSOONLIK 1460

Vir bekostigbare egskeidings teen R4 500 plus uitgawes. Skakel 082 335 7195.

STUDENTEAKKOMMODASIE 3323

HUISVERBETERINGS BINNE

LENINGS

Dan Pienaar: Eenmanwoonstel. Beskikbaar vanaf 1 April 2014. R2 500 p.m. W en l ingesluit. Onderdakparkering. %051 436 1184/082 444 3434.

Brandwag (Dan Pienaar Drive): Upmarket student accommodation. Single room with own bathr, R3 000. Double room, 2 sharing, R2 000 per person. Triple room, 3 sharing, R1 500 per person. Each room has its own bathr, open-plan kitchen and lounge. Available 1 April. Contact 083 659 0165 or 083 484 4029.

MEENTHUISE TE HUUR 3325

Dan Pienaar Drive: opposite St. Andrew's. 2 bedr, each with own bathr, open-plan kitchen and lounge. From R5 000 p.m excl. w and elec. %083 659 0615 / 083 484 4029.

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS Liquor Licence FORM FSLA2 NOTICE OF INTENTION TO DRANKLISENSIES APPLY IN TERMS OF SECTION 27 READ WITH SEC4035 TION 31 FOR REGISTRATION FREE STATE GAMBLING Liquor Licence AND LIQUOR ACT, 2010 FORM FSLA2 Notice is hereby given that NOTICE OF INTENTION TO Tsidiso Petrus Winkel intends APPLY IN TERMS OF to lodge an application on SECTION 27 READ WITH 21/03/2014, particulars of SECTION 31 FOR which appear hereunder. REGISTRATION 1. Municipality: Mangaung FREE STATE GAMBLING Metro Municipality AND LIQUOR ACT, 2010 2. Full names, street and Notice is herebgy given that postal address of applicant Mncedisi Ngqakamba intends and identity no. or registration to lodge an application on no.: Tsidiso Petrus Winkel, ID 21/03/2014, particulars of No. 470114 5571 088, Stand which appear hereunder. No. 7877 Ratlou Location, 1. Municipality: Motheo Thaba Nchu. 2. Full names, street and 3. Kind of registration applied postal address of applicant for: On-Consumption Registraand identity no. or registration tion Tavern no.: Mncedisi Ngqakamba, 4. Kind of product to be 1119 'V' Section, Botshabelo sold/manufactured: All kinds 9781 of liquor 3. Kind of registration applied 5. Name under which business for: Liquor Store Licence is to be conducted and full 4. Kind of product to be address of premises: Lemo's sold/manufactured: All kinds Tavern, Stand No. 7877 Ratlou of liquor Location, Thaba Nchu. 5. Name under which business 6. Name of, nature of and is to be conducted and full distance to institutions of address of premises: Fish learning, similar registered Bottle Store, 1517 'V' Section, premises and places of worBotshabelo 9781 ship: No place of learning and 6. Name of nature of and worship nearby. distance to institutions of Any person may, within 21 learning, similar registered days from 21/03/2014 (date of premises and places of worpublication in Provincial ship: None Gazette) lodge in terms of Any person may, within 21 Section 33 of the Free State days from 21/03/2014 (date of Gambling and Liquor Act, 2010 publication in Provincial an objection in writing to the Gazette) lodge in terms of Free State Liquor Authority Section 33 of the Free State (address set out hereunder). Gambling and Liquor Act, 2010 The objection must clearly an objection in writing to the indicate the full names, idenFree State Liquor Authority tity number, residential (address set out hereunder). address, postal address and The objection must clearly telephone number, if any, and indicate the full names, idenwhere applicable, its registratity number, residential tion number and address of its address, postal address and office, of the objector. The telephone number, if any, and objection must also identify where applicable, its registrathe application to which it tion number and address of its relates. The application may office, of the objector. The be inspected at the offices of objection must also identify the authority during their the application to which it office hours. The address of relates. The application may the relevant Office of the be inspected at the offices of Liquor Authority is: the authority during their 36 First Avenue, Westdene, office hours. The address of Bloemfontein 9301. the relevant Office of the Place: Thaba Nchu Liquor Authority is: Date: 21 November 2013 Place: Botshabelo Signature of applicant or perDate: 2014/03/18 son authorised to sign applicaSignature of applicant or person authorised to sign applica- tion. tion.

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

122 JM Koorsen Die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in die boedel van wyle Johannes Marthinus Koorsen, identiteitsnommer 411118 5015 089, pensioenaris, getroud buite gemeenskap van goedere met Fredrika Elizabeth Koorsen, identiteitsnommer 460827 0039 080, voorheen woonagtig by Clindill Gardens 6, Uitsig, Bloemfontein, boedelnommer 12643/2013, lê ter insae by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 21 Maart 2014. EE Pohl, p/a Symington & De Kok, Posbus 12012, Brandhof 9324 (MHK0119).

GEREGTELIKE VEILING 4501

RECALL EFFECTIVE CONTROL (GAUTENG) (EDMS) BPK EN MANGAUNG UNIVERISTY OF THE FREE STATE COMMUNITY PARTNERSHIP PROGRAM KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE In die Landdroshof vir die distrik van Bloemfontein, gehou te Bloemfontein, in die saaknommer: 9028/2013 tussen: RECALL EFECTIVE CONTROL (GAUTENG) (EDMS) BPK Eiser en MANGAUNG UNIVERSITY OF THE FREE STATE COMMUNITY PARTNERSHIP PROGRAM Verweerder Geliewe kennis te neem dat ingevolge 'n vonnis verleen op 5 September 2013 in bogemelde agbara hof en in terme van 'n lasbrief vir eksekusie wat daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop word aan die hoogste bieër te Balju Bloemfontein-Oos Veilinglokaal, Mannionweg 4C, Ou Industriële Gebied, Oranjesig, Bloemfontein op die 8ste dag van April 2014 om 10:00. Wit Volkswagen Microbus (BZW379FS) Wit Mazda Sting (BZH045FS) Wit Nissan 1400 (BTL726FS) Maroon Toyota Venture (BGP782FS) Wit VW Caddy (BGG868FS)

(BGP782FS) Wit VW Caddy (BGG868FS) Wit Nissan Sentra (BTL726FS) Dra asseblief sorg dat die bekendmaking van die verkoping voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008, soos gewysig. 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van die Balju Bfn-Oos, 7de Straat 3, Arboretum, Bloemfontein. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes, o.a: 3.1 Voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008. 3.2 FICA-wetgewing met betrekking tot identiteit en adresbesonderhede. 3.3 Betaling van terugbetaalbare registrasiegelde. 3.4 Registrasievoorwaardes. 4. U kennisgewing van verkoping se hoofopskrif moet die woord 'Veiling' bevat. 5. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju-Oos met afslaers AJ Kruger en/of TI Khaudi. 6. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingkoste volgens hofreëls, geld. Gedateer te Bloemfontein op 18 Maart 2014. K Brentley (REC3/0012/SD) Rossouws Prokureurs President Reitzlaan 119, Westdene Bloemfontein 9300 Docex 31, Bloemfontein Tel. 051 506 2500 Faks 051 430 6079


Meisies laat rekords spat Rufus Botha

Die verskil tussen haar en Alex was egter Annamé se beste vertonings is reeds in die uitdunrondes vermag – sy het stadiger in die eindrondes genael. Annamé het die 100 m-uitdunronde in ’n Vrystaatse rekordtyd van 12.62 gewen en ook die eindronde in ’n raps stadiger tyd, 12.73, gewen. Sy het in die laasgenoemde wedloop die silwermedaljewenner, Melissa Burger (Fichardtpark, 13.54) geklop. Lize-Marie Gerber (Sand du Plessis) was derde in ’n beskeie 13.70. Annamé het in die 150 m weer ’n Vrystaatse rekord in die uitdunronde in ’n skitterende 19.08 verbeter. Sy het in die eindronde goud gewen, maar was weer stadiger as in die uitdunronde. Sy het goud in 19.61 verower. ’n Verspringer van die Meisieskool Oranje, Johani van Tonder, was die derde Bloemfonteiner wat ’n Vrystaatse rekord (10 jaar) verniel het toe sy op 4,12 m in die sandput geland het.

WEN!

DEKALB® SAAD!

a10258

BESTE MEISIESPAN: Dié Tjokkies­span is aangewys as die beste meisiespan op die Motheo/Gariep­atletiekbyeenkoms. Van links is, voor: Eduané J. van Rensburg, Gabbi Venter, Nielsje Erasmus en Zanelle J. van Rensburg; middel: Xandri Fourie, Ronel­Marie Saaiman, Thanya Venter, Kyla Oosthuizen en Jana Smith; agter: Liné Labuschagne, Anzel van der Walt, Megan Maasdorp, Annamé Fourie, Inge Verster en Megan Prinsloo.

DRIE meisie-atlete van laerskole in Bloemfontein het onlangs die onderskeiding behaal om Vrystaatse laerskolerekords in hul onderskeie nommers te verbeter. Hulle het dié puik prestasies op die Vrystaatse laerskolekampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein ingeryg. Tussen die drie atlete sal daar voortaan vyf Vrystaatse rekords in die statistiekboeke agter hul name pryk. Die blondekoptalent van die Laer Meisieskool Oranje, Alex Klopper, het twee van die rekords verbeter. Sy het die 80 m en 100 m vir meisies 10 jaar maklik gewen. Wat haar prestasies laat uitstaan, is sy het soos ’n wafferse professionele atleet haar beste vir die eindrondes gehou. Alex het in die uitdunronde die vinnigste in die 80 m in 11.33 genael. Dit was egter nie ’n provinsiale

rekord nie. Maar toe hulle aantree vir die eindronde was daar geen keer aan Alex nie. Sy het dié wedloop in ’n blitsige Vrystaatse rekordtyd van 11.21 gewen om die tweede atleet, Casendra Oersen (Eunice, 11.56), maklik te troef. Die plattelander Nobantu Tsotetsi (Mohlakeng), wat derde in 11.95 was, het geen teenvoeter vir die twee Bloemfonteiners se vaart gehad nie. Alex het toe in die uitdunronde in die 100 m reeds die bestaande Vrystaatse rekord in ’n puik 14.13 verbeter, maar sy het wéér haar beste vir die eindronde weggesteek. In die eindronde het sy haar eie rekord van ’n paar uur oud verbeter ná ’n weerligstraaltyd van onder die 14 sekondes toe sy die eindstreep in 13.99 bereik het. Alex het Oersen (tweede, 14.57) dié keer ver agtergelaat. Annamé Fourie (Universitas) het self twee Vrystaatse rekords in die naellope (12 jaar) verbeter.

CENTRE OF EXCELLENCE-INLIGTINGSDAG! Ons nooi jou graag uit na die volgende Centre of Excellenceinligtingsdag in Edenville. Dit is die ideale geleentheid om meer uit te vind oor Monsanto se nuwe DEKALB-saadkultivars. Kom kyk ook na chemiese strook-, kleinplot- en standproewe. Datum: Plaas: Tyd: Boer: Plek: GPS: RSVP:

Woensdag, 26 Maart 2014 Bankies 09:00 vir 09:30 Dudley Myburgh Edenville S 27.57245 · O 027.57109 · L 1487 Tony Johnson: 082 390 5509

Drie gelukkige bona-fide boere wat die inligtingsdag bywoon kan elk daar wegstap met gratis DEKALB® saad: 1 ste prys: 10 sakkies saad 2 de prys: 5 sakkies saad 3 de prys: 1 sakkie saad

‘n Ligte ontbyt en middagete sal bedien word. DEKALB® – Dis mos mielies!™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za

®


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.