VRYDAG 28 MAART 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
WWW.BLOEMNUUS.MOBI
GRATIS
Rosestad verjaar
Bloemfontein soos dit in die eerste helfte van die 20ste eeu van Naval Hill af gelyk het. Links is die Tweetoringkerk te sien en regs die sportterrein van Ramblers met daaragter die Volksbladgebou waar Bloemnuus gehuisves word. Bloemfontein is op 22 Maart 1846 gestig. Saterdag was dit dus 168 jaar gelede. Op bladsye 5, 6 en 7 verskyn ’n terugblik met berigte en foto’s oor die stad se geskiedenis.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014
Om te moet groet “Dit is ’n voorreg om deur al die stadia van menswees te gaan. Elke leeftyd het sy eie tragiek, sy eie belonings.” Só het die skrywer Hennie Aucamp, wat enkele dae gelede oorlede is, eens aan JENS FRIIS gesê met wie hy ook gekorrespondeer het. Hier is uittreksels uit dié onderhoud. “OUDERDOM, het M.E.R. my geleer, is die probleem van jonges en nie noodwendig van oues nie. Jy leer oud word beteken nie minder leef nie, net stadiger.” Só sê Hennie Aucamp wie se daaglikse bestaan grootliks gekrimp het tot ’n woonstel wat op Tafelberg uitkyk. Loop het moeilik geword. Tog gaan hy allermins hinkepink die wêreld deur. “Dit is ’n voorreg om deur al die stadia van menswees te gaan. Elke leeftyd het sy eie tragiek, sy eie belonings. Ek vind ou mense beskik oor meer selfspot as wat mense besef. Jy hoef maar net toere vir senior burgers mee te maak om te sien hoe seniors vir hul eie mankemente kan lag.” ’n Gesprek met Aucamp kos flinkdink. Dit wissel woertswarts van die een na die ander onderwerp. In sy jongste, Hittegolf – wulpse sonnette met ’n nawoord, het Aucamp dit veral oor die (homo)ërotiek en tot watter mate dit as impuls en onderwerp vir ’n verskeidenheid kunsvorme dien.
Geluk is vir my iets vaags. Ek dink in terme van selfverwesenliking – dís ’n sinvolle opdrag aan jouself, en nie die histeriese pursuit of happiness nie.
Hennie, ’n werk soos Hittegolf sou ’n stryd tot publikasie ondervind het terwyl jy ’n dosent in Stellenbosch was in die apartheidsjare. Was dit ’n “versmorende” tydperk? Ek het my nooit as skrywer onderdruk gevoel nie. Iemand in ’n redaksie of ’n direksie het dit altyd namens my opgeneem. Resensente skryf jy vestig jou met Hittegolf as “volbloeddigter”. As jy nou terugkyk op Hittegolf is jy tevrede daarmee? ’n Mens sou tot in die oneindige toe kon verbeter aan wat jy geskryf het, maar op ’n dag staan jy nét met potskatoen in jou hande – jou skepping het alle lewenskragtigheid verloor en het verdamp. Jy skryf baie produktief. Wanneer is ’n stuk “ryp” om uitgereik te word? Daar is geen magiese formule nie. Jy mag dink jou teks is klaar, maar ’n kreatiewe redakteur vind belangrike episodes in jou werk kry te min verteltyd, of is emosioneel vals gedink, en dan gaan sit
– Hennie Aucamp Hennie Auamp afgeneem deur die oud-Bloemfonteiner, Philip de Vos. jy maar weer met jou manuskrip. Is jy ’n perfeksionis? Nee, maar ek dink wel aan myself as ’n professionele skrywer, as iemand wat al sy ambagskennis bring na waaraan hy werk, of dit nou ’n resensie, ’n essay, ’n kortverhaal of ’n liedteks is. So hoort dit tog? Jy herskep jouself voortdurend. Waaraan werk jy nou? Dit is raadsaam om nie alte vroeg te begin uitflap nie. Wat ek wél kan sê, is dat ek sal aanhou skryf solank ek die behoefte het om iets aan myself te verduidelik. Elke resensie wat ek skryf, is in
die eerste plek ’n verduideliking aan myself. Wat wil ’n bepaalde boek sê, vra ek myself af; hoe gaan die skrywer te werk om sy sê te sê. Ek het onlangs die boek Gay and Grey gelees. Glo jy jy sou gelukkiger gewees het as jy nie ’n enkelloper was nie? Dit is ’n abstrakte vraag. Hoe kan ’n mens dit beantwoord as jy nie al twee soorte bestane geken het nie? Geluk is vir my iets vaags. Ek dink in terme van selfverwesenliking – dít is ’n sinvolle opdrag aan jouself en nie die histeriese pursuit of happiness nie.
S Dié volledige onderhoud het oorspronklik verskyn met die titel “ ’n Vers is ook ’n storie” in die tydskrif De Kat en is ook in Aucamp se Oor en weer ingesluit. In dié bundel is die leser regstreeks met die gedagtewêreld van Hennie Aucamp in aanraking. Die rede hiervoor lê voor die hand: Daar word “spits, moedwillige en stimulerende vrae” aan hom gestel. Oor en weer handel oënskynlik oor die skryfambag, maar talle ander temas soos taalregte, seksuele oriëntering, godsdiensfilosofie, ouderdom en dood kom ter sprake.
S Verlede jaar is Mits dese wil ek vir jou sê – briewe van Hennie Aucamp (deur Petrovna Metelerkamp saamgestel) uitgereik. Hennie Aucamp se persoonlike briewe aan vriende en kennisse soos Elize Botha, Amanda Strydom, Abraham de Vries, Dave Pepler, Jens Friis en Margaret Bakkes gee lesers ’n kans om die binnekamer van hul geliefde skrywer te besoek. Die gesprekke in die behoue korrespondensie van Hennie strek oor ’n tydperk van meer as 50 jaar, ’n tyd waarin hy as een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans naam gemaak het.
Sussie ken almal se stories Bernard Odendaal ’n MAN gevorderd in jare kom die koffiehuis in die suide van Bloemfontein binne, gesels links en regs by tafels voordat hy by die een langs myne kom sit. Teen die stoel langs hom laat leun hy sy kierie. “Is Sussie nie vandag aan diens nie?” vra hy die kelnerin wat dadelik byderhand is met ’n spyskaart. “Sy’s altyd in die kol met wat ek wil hê.”
“Sussie het afdag vandag. Oom sal hou van die varsbereide bobotie-springrolls.” Hy vra rooibostee daarby. Kyk ondersoekend na my. “Jy sien hoe ken ons mekaar al in hierdie plek. Sedert my vrou maande gelede hospitaal toe moes begin kom, hier naby, het ons gereeld hierso iets kom nuttig.” Hy wys met die kop na die stoel waarteen sy kierie rus. “Maar sy is ses weke gelede . . . weg. Sy’t erg gekry aan Sussie, die kelnerin wat
vandag nie hier is nie.” Ek druk die skerm van die skootrekenaar waarop ek aan’t tik was, neer. Sussie het ’n onthoukop soos min, hervat hy. Al gesien dat sy 10, 12 mense se drink- en eetgoedbestellings neem én feilloos voor hulle neersit, sonder ’n inkelte aantekening. Graad in die regsgeleerdheid. Sy het naderhand sy en sy vrou se hele storie geken. Kon uitvra na omtrent die hele netwerk van hul
familie. Nes met van die ander kliënte wat ’n mens hier sien. Sy vrou het eenkeer gesê ’n mens stap hier by Sussie-hulle weg met méér as jou honger gestil en jou dors geles. Maar vanwaar ek dan is? Ek verduidelik ek is die eienares se man. Werk deur die week in Potchefstroom; waarskynlik dié dat ons nou eers ontmoet. “Jinne,” lag hy. “Maar is die kelnerinne nie ook soos eie dogters vir jou nie?
“En wanneer gaan Sussie met haar geleerdheid ’n regte werk begin doen?” S Bernard Odendaal (ATKVskryfskool van die NoordwesUniversiteit). S Ná dekades in Bloemfontein het die Odendaals onlangs na die Kaap verhuis en hul belange in Bloemfontein verkoop. Bernard sal egter steeds van sy gewilde bydraes vir Bloemnuus bly lewer.
Genealoog van jaar is van Bfn Marietjie van Zyl
Johan Pottas
JOHAN POTTAS, ’n Bloemfonteiner, is aangewys as die genealoog van die jaar deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA). Hy is die eerste gebore Namibies-gebore mens wat die eerbewys ontvang en die tweede Bloemfonteiner. Die eerbewys is die 15de keer in 25 jaar toegeken. Johan is in Windhoek gebore en het daar skoolgegaan waarna hy aan die UV in Bloemfontein gestudeer het. Hy is die seun van wyle Skerf Pottas en Lilli Potgieter en is getroud met Eureka
Smith. Hy het sy genealogiese navorsing in 2003 as ’n tydverdryf begin met die aanvanklike doel om sy gesin se voorgeslagte te boek te stel en vir Skerf se 80ste verjaardag in 2006 te publiseer. Dit het daartoe gelei dat hy ook ander families begin navors het. In 2006 het hy seker gemaak die Vrystaattak (VGGSA) word weer gestig en hy is sedertdien ook die voorsitter. Hy het boeke uitgereik oor onder meer die Van den(r) Berg(h)s, Alexanders, Baumanns en Pottasse. Johan is ook bedrywig
as redakteur en medewerker van genealogiese omnibusse wat oor verskeie families handel. Hy lewer ook genealogiese bydraes vir Volksblad, die Potch Herald en Familia. Hy doen nou navorsing oor die Klopperse en die nageslag van Elizabeth Voogd, die dogter van Christina (ook bekend as Elizabeth) van de Kaap en Calus Voogd (Voigt). Dit is deur DNS-toetsing bewys sy was ’n Khoi- of Sanvrou. Die navorsing het in ’n mindere of meerdere mate betrekking op meer as 2 000 Suid-Afrikaanse vanne.
Promosie: Hive Artisan Roastery
Drink ordentlike koffie HIER volg die storie van jou koppie koffie voordat hy jou dag inkleur . . . ’n Mens dink selde oor die prosesse wat koffie deurloop voordat dit by jou uitkom. ’n Mens geniet net die ongelooflike smaak en aroma, sit terug en verlustig jou in die ervaring. In die Hive Artisan Roastery en Espresso Bar is dit die personeellede se passie om daardie koppie sorgvuldig voor te berei en aan hul klante die varste en beste boeretroos in Bloemfontein te gee. Die storie begin net ná die wasproses wanneer die bone gedroog word en dit per koerier voor hul deur afgelaai word. Ná ’n sorgvuldige skoonmaak en verhitting van hul Has Garanti koffie rooster word sowat 5 kg groen koffiebone per sessie gerooster. Die bone deurloop ’n paar fases voordat dit in daardie smaaklike vorm voorgesit word.
heerlike koppie koffie voorberei word. En hulle weet: Onversnyde koffie het veel meer positiewe as negatiewe uitwerkings op die menslike liggaam en brein. Kom loer gerus in en begin jou dag met ’n koppie van die beste nooi die personeellede.
Eerstens is daar die droogproses: Daardie eerste kraak wanneer die dun buitedoppie van die boon afgeskiet word omdat die boon in grootte uitsit. Die daaropvolgende stap verg meer tyd wanneer die bone die roosterproses deurloop. Nadat die tweede kraak (dit is wanneer die boon sy optimale grootte bereik en die punte van die boon kraak) plaasvind, kan ’n
mens die kenmerkende koffie-aroma begin ruik. Ná die rooster van die koffiebone word dit deur die verkoelingsilinder tot op ’n laer temperatuur gebring om verdere roosteling te vermy, want die bone behou hul hitte lank en kan dan van binne af verder rooster. Die bone word drie dae laat staan om van oortollige gasse ontslae te raak. Dan eers kan daardie
Korting vir lesers Tot Sondag 30 Maart kan klante ’n sny van enige koek op hul rak en ’n standaard-cappucino teen slegs R50 kry. S Die Hive Artisan Roastery is op Preller Plein in Graaff-Reinetstraat geleë. Hulle bied ook private gesellighede, openbare roosterdae en “Koffie Cupping”-aande aan. Bel 076-339-1851. S ’n Video van die Hive word vervaardig en sal op www.bloemnuus.co.za gelaai word. Nog foto’s is reeds op Bloemnuus se Facebook-blad te sien.
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014 3
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014
Gaan kyk kosmosse die naweek. Hoewel die blomme gewoonlik geil in die Oos-Vrystaat groei, was daar verlede naweek plate hiervan so naby soos Tweespruit. Pak jou piekniekmandjie en gaan ry ’n draai voordat dit te laat is. (Land Rover is ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus. Sien hul advertensie op die agterblad.) Foto: Jens Friis
Dagboek
WAT gebeur wanneer en waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook op www.bloemnuus.co.za gelaai. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees, besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboekinskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 28 MAART S Einde van eerste skoolkwartaal. S Maandelikse steakbraai om 18:30 by Bloemfonteinrolbalklub. Koste: R60. Bespreek by 072-405-5463. S Coppélia: Joburg-ballet om 19:30 in die Sand du Plessis-teater. Kaartjies teen van R120 tot R180 is te kry by Pacofs, 051-447-7772. S Bruid-ekspo in Loch Logan-waterfront. Meryl, 051-448-3607. S ABSA L’Atelier 2014: Regional exhibition at Johannes Stegmann Gallery, UFS Sasol Library. S Child Trauma Training Centre presenting a seminar on Children who sexually abuse other children at Kopano Nokeng. Natasha, 072-233-3708. S Rushour en Rockspiders, Aasvoëlklub, 20:00, R100. S Teetyd in Truksvy op Soutpan tussen 15:00 en
16:00. Kom kuier saam. S Lesing oor forensiese wetenskap om 14:30 in die CR Swart-ouditorium op die UV-kampus. Die forensiese deskundige dr. David Klatzow lewer ’n lesing oor The changing paradigms of Forensic Science.
SATERDAG 29 MAART S Die Laerskool Dr. C.F. Visser en Tempe bied ’n gholfdag op die Tempegholfbaan aan. Inskrywings kos R150 per persoon. Besprekings kan by Tempe of by Dr. C.F. Visserskool, Estoire, gedoen word. Linda Zeelie, 051-433-1213. S Mensa-toetssessie om 09:00 in die SG1-lokaal op die UV-kampus. ’n Toets kos R100. Skakel 079-5837778. S Volksblad se kos-enkunsmark tussen 09:00 en 15:00 in die Vrystaatse Botaniese Tuin, Raytonweg. Toegang is R11 vir volwassenes en R6 vir kinders. S Bloemfontein-orgideeklub hou om 15:00 by Ridderstraat 5, Fauna, ’n werksessie. Alle belangstellendes is welkom. Jolene, 082-853-2196. S Bookbinding workshop from 09:00 till 14:00 at Gallery on Leviseur. Kezia, 082-835-2335. S Oesfees-dansparty aangebied deur die Vrystaattak van die Boeremusiekgilde om 19:00 in die Rosenhofskoolsaal. Mientjie, 072-844-3667. S Mountain bike race at Wild Olive Estate behind Northridge Mall. Entries on race day at venue from 06:00 to 07:00. Phone Dean Coetzee (082-925-5731) or Johan Griesel (082-382-4366).
S NG gemeente Ooshoek hou van 08:00 basaar by die NG kerk Berg-en-dal. Skryf aan Renier.Groenewald@transnet.net. SONDAG 30 MAART S Mej. Suid-Afrika word in Sun City gekroon. Twee Kovsies, Rolene Strauss (21) en Dipalesa Mbola (22), ding om die kroon mee. MAANDAG 31 MAART S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20 vir albei. DINSDAG 1 APRIL S Ses Snare, Aasvoëlklub, 20:00, R110. WOENSDAG 2 APRIL S Local artist Jean Dreyer’s exhibition, Layers of Black, at Gallery on Leviseur. Kezia, 082-8352335. S Hou die kinders besig die skoolvakansie: Neem hulle na Soutpan om te sien hoe leeus gevoer en sout in die Vrystaat gemyn word. Bespreek by 072-391-1018. S ’n Nuwe Weigh-Less-tak word in Soutpan geopen. Bel 076-768-8726. DONDERDAG 3 APRIL S Shadowclub, Aasvoëlklub, 20:00, R85. S Binnelanders: ’n Bottel medisyne, ’n pa se ontnugtering en die onderwerp van vertroue maak die lewe bitter moeilik vir Daleen, terwyl Tertius nie die enigste een is wat reguit met Malan praat nie. Wimpie het probleme met die mans – veral as een spesifiek nie na sy goeie raad wil luister nie.
Promosie: House of Froggit
Fynproewerkos in deli HOUSE OF FROGGIT – die deli wat dit makliker maak vir elke kok om ’n meesterkok te kan wees. Die Froggit Foods-reeks is reeds gewild vanweë verkope op onder meer die Langenhovenpark-boeremark, Volksblad-kos-enkunsmark, Bloemskou, Vryfees en verskeie ander markte in en om Bloemfontein.
Nou is die volledige reeks elke dag van die week in House of Froggit beskikbaar. Verskeie deliprodukte soos fynproewerkase, olywe, speserye, blatjangs en vele ander produkte is op die rakke te vind. Klante hoef nie meer te wonder hoe ’n produk gaan smaak voordat hulle dit die eerste keer koop nie. Jy kan eers proe voor-
dat jy besluit om te koop. Spesiale aanbiedings geld die hele April. Gratis kaas en wyn word bedien saam met proesessies van 1 tot 5 April tussen 16:00 en 17:00 – solank voorraad hou. House of Froggit open op Dinsdag 1 April en is in Winkel 14 in Pretty Gardens (oorkant Wimpy). Rig navrae aan Riki by 071-657-7266 of 084-250-4240.
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014 5
Genl. C.R. de Wet op ’n posseël voor die Raadsaal wat nou as die provinsiale wetgewer diens doen.
Stigting van Bfn onthou
BLOEMFONTEIN is op 22 Maart 1846 gestig. Saterdag was dit dus 168 jaar gelede dat die Vrystaatse hoofstad amptelik tot stand gekom het. Op bll. 5, 6 en 7 verskyn ’n terugblik met berigte en foto’s oor die stad se geskiedenis. As jy dalk die berig “Bloemfontein van ouds” in verlede week se uitgawe misgeloop het, kan jy dit lees op www.bloemnuus.co.za.
Bloemfontein deur die Britte geannekseer.
“De laatste krijgsraad gehoudend bij Bloemfontein” in die Anglo-Boereoorlog.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014
Só is eens handel gedryf JOEY PRINSLOO het in Die Volksblad van 22 Maart 1946, met die eeufeesviering van Bloemfontein, vertel hoe handel in die Vrystaat in die vroeë jare ontwikkel het. VOOR 1845 was die blanke gemeenskap in die gebied tussen die Oranje en die Vaal uitsluitlik veeboere en in die handel alleen bedien deur smouse. Selfs waens, karre en tuie is in hierdie tyd deur die smouse uit die Kaapkolonie gebring en verruil vir beeste en skape. Daar was selfs geen aansporing om van die veeboere landbouers te maak nie, weens swak vervoer en ’n gebrek aan markte. Waar die Britse Resident met sy klein gemeenskap gevestig is, ontstaan daar behoeftes wat alleen deur die handelswêreld bevredig kan word. Besighede gestig Reeds so vroeg as 1848 bestaan daar in Bloemfontein die besighede van R. Innis en Kie. (ook bekend as Cass and Co.), Levishire en G.A. Fichardt en Kie., waarvan net lg. die eerste eeu van Bloemfontein se bestaan oorleef. Die firma Fichardt's is opgerig op presies dieselfde terrein waar die besigheid vandag nog staan oorkant die Moederkerk; alhoewel dit van voorkoms baie verander het, het dit geen interne verandering ondergaan nie, omdat die bestuur nog in presies dieselfde familie se hande is. Dit was gedurende hierdie eerste jare van hul bestaan dat eienare met hul personeel en klante die geweer op dooie gemak op die vensterbank laat rus het en ’n bok kon neertrek wat digby kom wei het. Die twee besighede Fichardt's en Levishire was die sterkste kompetisie vir mekaar in daardie dae. Hierdie twee winkels het uitspanplekke gratis voorsien aan klante, asook stalle en kamers indien kerkgangers, wat ook klante was, van ver kom en moes oornag. Dit het klante getrek, maar om sterkter te kompeteer het Fichardt's ook ’n biljartkamer gebou waar gratis biljart gespeel
kon word. ’n Deel van hierdie ou biljartkamer dien vandag nog as ’n skuur vir die firma. Die ou wolstoor van Fichardt's, wat op die hoekperseel regoor die winkel opgerig was, is tot die beskikking van die N.G. gemeente gestel vir kerkdienste terwyl die Moederkerk nog in aanbou was. Volgens die notule van die Kerkraad is baie met die werk gesloer om die bouer geleentheid te gee om eers na ’n staat van soberheid terug te keer! Gedurende die eerste jare van hul bestaan in Bloemfontein het handelaars hoofsaaklik ’n ruilhandel gedryf, om dan weer die produkte met ossewaens na Port Elizabeth, die naaste handelsentrum, te vervoer. Hierdie tog het presies een maand geduur. As boere hul wol na die stad bring, het handelaars dit teen heersende markpryse gekoop en aan die boere krediet toegeken – soveel as 3 000 pond en meer – waarvoor die boer dan kan koop totdat dit gedaan is. Eerste tjekboeke Om hierdie metode makliker te laat werk, het Fichardt's ’n tjekboekie laat druk waarin die boere uitbetalinge kan uitskryf, wat dan by Fichardt's ingehandig kon word. Omdat die eerste bank eers jare later in Bloemfontein gestig is, was hierdie bankfunksie ’n voorsiening in ’n baie groot behoefte. Bokwaens is deur die eerste handelaars van wamakers op King Williamstown gekoop en teen 85 pond stuk van die hand gesit – byna geen verskil van hedendaagse pryse nie. Later het plaaslike handelaars ook self die wamakery onderneem. Reeds in die eerste jare van Bloemfontein se bestaan word nie net verskillende algemene handelaars aangetref nie, maar so vroeg as 1848 word reeds toestemming verleen aan ’n handelaar met die naam Colley om buskruit te verkoop; in 1849 bestaan hier reeds nie minder nie as drie drankwinkels: Thomas S. Colley, Stephen Wicks en John Poulton. Na die verskyning van plaaslike bestuur in 1849 het handel nog vinniger toegeneem. In koerante van daardie
Maitlandstraat in 1910. dae plaas handelaars spesiale advertensies met die opskrif dat die ware beskikbaar is met die aanstaande “Nachtmaal” wat altyd dae was van goeie besigheid. Daar het in 1848 egter ’n probleem ontstaan met ’n aantal Boere wat eenmaal per jaar na die Kaapkolonie gegaan het om goed op te koop teen omtrent 50 pond se waarde, die Oranje-rivier dan nie op die gewone plek deurgekom het nie en dan sonder lisensies die ware teen ongehoorde pryse op die platteland verkoop het. Hulle is as sterk opposisie beskou vir die gevestigde besighede en moes ’n spesiaal-verlaagde lisensiefooi betaal. Die lewe in Bloemfontein bereik ’n hoogtepunt gedurende 1847, toe tussen Bloemfontein en Colesberg pos gedra word deur Grikwas teen ’n vergoeding van 75 pond per jaar. Veevendusies in 1850 Handelsbedrywigheid neem sneller toe nadat in 1850 ’n steenmakery aangepak is, asook gereelde veevendusies deur die Siviele Kommissaris. Die vendusies is gewoonlik op ’n Saterdag aan die begin van elke maand
Avbob is een van die oudste besighede in Bloemfontein. Sien ook die advertensie op bladsy 7. gehou en minstens nege maal per jaar. Hierdie vendusies het ook af en toe skutverkopinge ingesluit. Gedurende 1851 beleef baie boere van die distrik bankrotskappe weens belastings of hoë boetes as gevolg van optrede teen die Britse gesag, en elke terugslag of opflikkering van die boerelewe het sy direkte weergawe in die handelswêreld van daardie dae gevind. In 1852 was dit opvallend dat op ’n Dinsdag in November nie minder nie as 40 waens op die markplein staan, terwyl die daaglikse getal gemiddeld niks hoër as ses tot agt was nie. In dieselfde jaar is ’n huis vir ’n nuwe besigheid teen 1 700 pond verkoop, ander huise is vir 600 en 450 pond verkoop. Omdat ander finansieringsfasiliteite in dieselfde jaar nog nie beskikbaar was nie, word as volg geadverteer: “100 pond op eerste verpanding. De eigenaar van een goed huis en vol water erf, wel gelegen op omtrent 250 pond of 300 pond – op eene matige schatting waard – verlangt om 100 pond daarop in leen te krygen, op eerste verpanding, tegen de wettige renten, voor twee of meer jaaren.” Na die stigting van die Republiek in 1852, het handelsaktiwiteite so uitgebrei in Bloemfontein dat tot aan die vooraand van die Engelse Oorlog nie minder as agt verskillende bankinstellings hul intrek in die dorp maak nie,
sommige om gou te verdwyn, maar andere om te bly. Gedurende 1865 tot 1868 ondervind die handel as gevolg van die Basoetooorlog ’n terugslag, maar in 1870, toe kapitaal die Vrystaat binnestroom as gevolg van die ontdekking van diamante langs die Vaalrivier, verbeter toestande aansienlik. Dorp groei Die dorp groei sedert 1851 tot 1859 van St. Georgestaat en Charlesstraat in die suide en noorde, met Oos-Burger- en Aliwalstraat in die ooste en weste tot by Fichardtstraat en Markgraaffstraat, alhoewel die werklike vinnige uitbreiding eers sedert 1890 begin. In die sestiger-sewentiger jare was omtrent al die besighede, kerke en markgeboue in Maitlandstraat geleë. Daar was geen gelyk sypaadjies en verandas van gelyke dakhoogte nie. Elke winkel of gebou het sy eie stoep en veranda gehad en as van die een stoep afgeklim en ’n paar tree aangestap word, kon die volgende winkel se stoep bestyg word. Waar die Capitol Hotel vandag staan, was in daardie jare ’n klipgebou waarin Le Clus se meubelwinkel gevestig was. Die huidige Soden en Stoddard neem die plek in waar destyds Egginton se skoenwinkel gestaan het. Daarna het gevolg die winkel van E.H. Parker en Kie., wat hoofsaaklik in
ysterware handel gedryf het. Waar die Central Tearoom en Glietenberg vandag is, was destyds die prokureurskantoor van A. Fischer. Ook die fotograaf Armstrong was daar gevestig. Waar die Nasionale Onderlinge-gebou nou staan, was die destydse Wesleyaanse kerk. Daarna volg besighede van Betham en W.M. Skea. Laasgenoeme het ’n saalen tuiewinkel gehad, maar in die agterste deel van die winkel was ’n stoel waar klante hul hare kon laat skeer. Sover bekend was dit die eerste haarsnyer in Bloemfontein, want selfs die eerste Volksraadslede van die ou Republiek se hare moes deur hul vroue geknip word. Die Standard Bankgebou en ’n deel van die Ou Mutualgebou staan op die plek waar ’n groot algemene handelaarsbesigheid van Cickers en Skaife gestaan het. Later was in hierdie plek ’n skoenwinkel van mnr. Piet Fauré en verder wes aan die suidekant van die straat, waar Bradlow se meubelwinkel nou staan, en vroeër die O.K. Basaars was, was die oorspronklike gebou van die Bank van Afrika. Losieshuise het op die perseel gestaan waar die huidige Ritzgebou opgerig is. Die winkel van Levishire het gestaan waar die Cuthbertsgebou nou staan. In Bo-Kerkstraat was net die besigheid van G.A. Fichardt en ’n hele aantal woonhuise.
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014 7
Torings van velerlei aard troon deur die wolklose lug bokant Bloemfontein se middestad. Die lig in die middel van die foto staan op die Ramblers-sportterrein wat opgeknap word. Foto: Jens Friis
Platberg, Tafelkop of Naval Hill? DIT is vreemd dat die Boere wat met hul raak waarnemingsvermoë en plastiese seggingskrag so gou was om aan die nuwe en vreemde name te gee, nooit ’n vaste naam aan die huidige Naval Hill gegee het nie. Voor die Engelse Oorlog hoor ons maar min van hierdie berg. In dokumente en koerante maak ons kennis met vae en blykbaar toevallige benaminge soos Tafelkop, Platberg of “die berg benoorde Bloemfontein”. Die meeste mense het egter van die “Bloem-
fonteinse berg” gepraat. Hierdie berg se eerste bekendheid was terselfdertyd berugtheid. Moordenaars is in een van die klowe van die berg opgehang. In ’n koerant van Maart 1883 lees ons ’n verontwaardigde verslag van die teregstelling van twee Zoeloes, Hoffman en Fire, wat hul maat Kantien vermoor het en toe met sy geld afgesit het. Hierdie openbare teregstellings, waaraan ons nog herinner word deur die benaming Hangmanskloof, is later stopgesit.
Die Engelse Oorlog het weer lewe op die berg gebring. Ongediertes moes padgee en Tommies het hul plek ingeneem. Die Engelse het ’n groot perdekamp op die berg opgerig en Indiërs gekry om die perde op te pas. Jare gelede het ’n stuk van die berg, net onderkant die “wit perd”, afgebrand, en ou inwoners van die stad beweer dat die woorde “for remounts” onder die perd met klippe uitgepak staan. Die Wiltshire-regiment het glo die perd uitgepak. In Wiltshire, die
graafskap in Engeland waarvandaan die regiment kom, staan ook so ’n perd teen ’n berg uitgepak. Gedurende die oorlog is ’n klein gemeenskappie op die berg gevorm en daar is vandag nog van ons stadsgenote op wie se geboortesertifikaat die pikante mededeling staan: “Born on Naval Hill”. Waar die naam Naval Hill vandaan kom, kan nie met sekerheid vasgestel word nie. Die aanneemlikste verklaring is dat ’n afdeling vlootsoldate op die berg gestasioneer is in die oorlog. Hulle
het skeepskanonne (“naval guns”) teen die berg uitgesleep om die stad te verdedig as die Boere miskien aanval. Gevolglik is die naam Naval Hill aan die berg gegee. Daar moet een of ander dergelike verklaring wees vir hierdie vreemde naam aan ’n berg in die hoëveld van Suid-Afrika. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was oral wagte opgestel en daarom ook op Naval Hill. S Bron: Die Volksblad, 22 Maart 1946.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014
WAT het met watter Bloemfonteiners onlangs gebeur? S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is onlangs oorlede: * Monty Mountjoy (1939); * Joey van Tonder (1962); * Anna Johanna Lubbe (1936); * Annakie van der Merwe (1929); * Lappies Labuchagne (1931); * Beryl Solomon (1941); en * Engela Petronella Gaitskill (1925). S Leolynn Smith verlaat Bloemfontein ná ses maande as deel van die Volksbladgroep. Sy sal haar van 1 April by Die Burger, Volksblad se susterkoerant in Port Elizabeth, vir diens as sakeverslaggewer aanmeld. S Desmond Donald (60), hoof van die Laerskool Brebner, tree vandag ná 37 jaar uit die onderwys. Sy vrou, Susan, is ook ’n onderwyser aan dié skool. S Dr. Laura Mienie het haar by drs. Alida Fouché en Méri Fourie in Castelynrylaan 71, Fichardtpark, aangesluit. Sien advertensie in verlede week se Bloemnuus op bladsy 3. S Sewe kompetisies het Maandag op www.bloemnuus.co.za gesluit. Die wenners is: * Senda Edeling; * Pieter Opperman; * Estelle Knox; * Shana Mitton; * Juan-Marie van Eck; * Stef du Raan; en * Alicia Neethling. S Corné Dry (21), een van die land se blinkste opkomende boulsterre, is op die Vrystaatse Krieketunie se prysuitdeling as die provinsiale speler van die jaar vereer. Marlon Jansen is die derde agtereenvolgende jaar as die skeidsregter van die jaar aangewys. Die krieketspan van die Universiteit van die Vrystaat wat weer in Ussa se A-toernooi gaan speel nadat hy die Bo-toernooi onoorwonne
Wel en wee
gewen het, is as die span van die jaar vereer. Die Kovsies het ook die plaaslike Superliga gewen en sal die Vrystaat later die seisoen op die nasionale klubkampioenskapstoernooi verteenwoordig.
korsakoff-sindroom gehad en het later weens sy kwynende gesondheid aan depressie begin ly, het sy vrou, Sirenda (60), gesê. Hy word ook deur sy twee dogters, Andrea (27) en Corné Sephton (42), oorleef.
S Die volgende Bloemfonteiners is op die VF+ se kandidatelys vir die komende nasionale verkiesing: * Wouter Wessels, LPW (nommer 4); * Pieter Vorster, sien inskrywing hieronder (nommer 5); * Tammy Breedt, Vrystaatjeugleier (nommer 16); * Theo Coetzee, LP, asook voormalige DA-LP en stadsraadslid (nommer 18); en * Prof. Elizabeth Snymanvan Deventer, Mangaungraadslid (nommer 20).
S Rudi van Rensburg, oudredakteur van Bloemnuus, se speurverhaal Slagyster het onlangs verskyn. Lees meer oor hierdie boeiende, lekkerleesverhaal op www.bloemnuus.co.za.
S Pieter Vorster, oudburgemeester van Bloemfontein en ook ’n oud-raadslid van die Masilonyana-munisipaliteit (Brandfort, Theunissen, Winburg, Verkeerdevlei en Soutpan), is vyfde op die kandidatelys vir die Vryheidsfront Plus (VF+) in die komende nasionale verkiesing. Vorster het die nasionale raad van die Afrikanerbond vandeesweek op ’n vergadering meegedeel dat hy met onmiddellike effek as voorsitter van die raad uittree, aangesien hy ’n kandidaat in die komende verkiesing is. S Charissa du Plessis (20), wat internasionaal as model naam maak, kom kuier in April by haar ouers, Sonja en Jacques Minnaar, en haar broer, Ju-Hanco (11). Uit haar portefeulje blyk dit dat sy die laaste jaar van Parys tot New York vir Triumph, Virgin Atlantic Airlines en Peugeot modelwerk gedoen het. Vir ’n foto van Charissa, gaan na www.bloemnuus.co.za.
LEERLINGE van nege Bloemfonteinse laerskole het onlangs aan die spelkompetisie Spel-en-speel deelgeneem. Volksblad, in samewerking met AfriForum, die Onafhanklike Skool Eduplus en die Vrystaatse onderwysdepartement, het dié kompetisie vanjaar die eerste keer aangebied. Die skrywer Jaco Jacobs was op die eindronde die seremoniemeester. Leerlinge van die Laer Meisieskool Oranje het ook aan die kompetisie deelgeneem en vier leerlinge het na die eindronde deurgedring. Van links is Sumé Duvenhage (tweede, gr. 5), Christi Dempers (derde, gr. 6), Jacobs, Caitlin Soden (tweede, gr. 4) en Lara Delport (derde, gr. 4). Foto: Therése Delport
S Henk Cronjé is as gebiedvoorsitter van Tafelronde in die Vrystaat aangewys. Cronjé is reeds 11 jaar lid van die organisasie. S Chanté Kotzé is as Mej. Shimla-Varsitybeker aangewys, terwyl Kyla Sutherland en Jade Philips onderskeidelik as eerste en tweede prinses aangewys is. S Hannes Coetser en sy vriendin het die jongste slagoffer van die sogenaamde Honda-kapers geword toe hulle Saterdagaand voor hul huis gekaap en ontvoer is. Dit het gebeur terwyl hulle gewag het dat die motorhuisdeur toegaan. Daar is met hulle na ’n kitsbank in ’n township gery waar hulle Coetser gedwing het om geld te trek. Die booswigte het hulle later in die Chris Hani-woonbuurt afgelaai.
S Piet Strydom het ná 37 jaar se betrokkenheid by die Haaie besluit om die leisels aan die jonger geslag oor te gee. Strydom, een van Suid-Afrika se administrateurs, het ook oor die jare diep spore as Vrystaatse sportman getrap. So het hy vir 65 wedstryde vir die Vrystaat uitgedraf: 61 as heelagter en 4 as losskakel. Ook het hy vir die Vrystaat 43 eersterangse krieketwedstryde gespeel en 8 eendagwedstryde. Hendrik Cronjé, ’n oudredakteur van Bloemnuus, het met hom gesels. Lees die onderhoud op www.volksblad.com. S André Frederick Bredell (64), wat as ’n passer-en-draaier op Maselspoort gewerk het voordat hy twee jaar gelede afgetree het, is met ’n skietwond dood in sy huis op ’n kleinhoewe in Roodewal gevind. Bredell het
S Ciara Blignaut (10) is dood nadat sy van haar perd, Rommel, geval het. Ciara word deur haar ouers, Natasja en Blikkies Blignaut, asook ’n broer, Divan (18), oorleef. ’n Troosdiens is gister vir Ciara die NG kerk Uitsig gehou. S Die uitvoerende bestuur van die Vrystaat-tak van Afriforum is aangewys: * André Salzmann (voorsitter); * Annélize van der Walt (sekretaris); * Johan Wiggle (veiligheid); * Ans Coetzee (maatskaplike dienste); * Lorraine Steenkamp (kultuurprojekte); en * Johan du Plessis (tegniese projekte). Vir meer inligting oor dié vereniging bel die voorsitter by 072-197-2249. S Met die ontvoerde Pierre Korkie se kwynende gesondheid steeds ’n groot kommer vir sy gesin in Bloemfontein doen hulle weer ’n beroep op mense om geld te skenk om sy losprys te betaal. Korkie, ’n oud-onderwyser, word reeds byna ’n jaar deur Al-Kaïda in Jemen gyselaar gehou. Bel Mariska by House of Bread by 051-444-0190 as jy kan help. S Jan-Harm Greyling kan gebel word deur kunstenaars wat in die nuwe
Planetariumteater (vroeër die Sterrewagteater) wil optree. Sy nommer is 082-413-7082. Jannie du Toit het gisteraand die eerste kunstenaar geword wat in die nuwe teater op Naval Hill opgetree het. S Paul Cassar (62) gaan ná 28 jaar aan die stuur van die Hoër Meisieskool Eunice sy onderwysloopbaan aan die einde van die jaar vaarwel roep. Cassar sê hy het nog geen vaste planne vir die toekoms nie, anders as ’n begeerte om tot die professionele en leierskapontwikkeling van onderwysers en skoolhoofde by te dra. Onder Cassar se leierskap is Eunice aan die begin van die jaar die tiende jaar agtereenvolgens as die Vrystaat se topskool in wiskunde en wetenskap aangewys en spog reeds die 28ste jaar agtereenvolgens met ’n slaagsyfer van 100%. Cassar is op 34 jaar as skoolhoof van Eunice aangestel. Die skool het sedert 1942 nog net drie skoolhoofde gehad. S Molesi Mohongone (30) het op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, die bestuur van ’n motorvoertuig onder die invloed van drank en bestuur sonder ’n rybewys in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat dr. Frans Fourie (36) van sy fiets gery is. S Maggie van Wyk (69) van Heidedal is oorlede. Van Wyk was jare lank voorsitter van die Luncheon-klub wat veral bejaardes op uitstappies in en om Bloemfontein geneem het. Sy is uit die AGS-kerk Heidedal begrawe en word deur twee seuns, Riaan en Ettienne, asook ’n dogter, Jeanné May, en tien kleinkinders oorleef. S Weet jy van iets wat jy glo in die Wel en Wee-kolom van Bloemnuus tuishoort? Stuur dan asseblief ’n e-pos na jens.friis@media24.com met die inskrywing.
Só skryf jy S Ek soek na ’n CD van Sarel Pretorius met die naam Forgotten Shores. Dis deur Sting uitgegee. As iemand kan help, kan hulle vir my skryf by bhutiplaas@gmail.com. – Nico Cohen S Die Wel & Wee-kolom wat in elke uitgawe van Bloemnuus verskyn, is ’n welkome toevoeging tot die koerant. Hou asseblief hiermee voort. Dit bied ’n klomp inligting oor Bloemfonteiners in kort formaat. Dis ideaal vir besige Bloemnuus-lesers soos ek. – Liz Botha S Dit was lekker om van die oudkoerantman Herman le Roux te lees (Bloemnuus, 14 Maart, bladsy 2). Hierin sê hy: “Ek en Rina verlang na baie dinge in Bloemfontein soos goeie vriende wat maklik die voordeur oopstoot vir ’n kuiertjie . . . Hier in Johannesburg het ons in 26 jaar ook ’n wonderlike vriendekring opgebou met wie ons gereeld oor en weer kuier, maar hier daag jy nie onverwags by iemand op nie. Afsprake vir ’n kuier word weke –
maande – voor die tyd gedoen.” Herman, sedert jy in 1987 na Beeld verplaas is, word daar ook nie meer eintlik in Bloemfontein so gekuier nie. Ek dink nie dit gaan oor die verskil tussen Gauteng en Bloemfontein nie, maar eerder dat die wêreld aanbeweeg het, oftewel tye verander het. In my vriendekring sou dit as ongeskik beskou word om deesdae net vir ’n kuiertjie op te daag. Maar ek kan goed onthou hoe dit gans anders was in my grootouers se jare. Alles van die beste vir julle in Gauteng. Ons het nooit ontmoet nie, maar ek het altyd graag jou berigte gelees en is bly om te hoor dit gaan goed anderkant die Vaalrivier. – Neels de Wit S ’n Buitekraan by my huis het vroeër die week die gees gegee en die water het vrylik uitgestroom. Gelukkig was ’n Bloemnuus byderhand waarin Rossouw’s Loodgieters geadverteer het. In ’n japtrap was ’n loodgieter daar en is die probleem opgelos. Welgedaan! – J.F.
FIETSTOER RED REEDS ’N LEWE: Nog voordat ’n fietstoer ter bewusmaking van mansgesondheid begin het, is ’n lewe reeds daardeur gered. Danie Joubert, die organiseerder, het voor die fietstoer toetse laat doen om seker te maak hy is gereed vir die toer en moes toe hoor hy moet ’n hartoperasie ondergaan. Die toer begin Maandag en eindig op 15 April by die Kaapstadse Waterfront. Die fietsryers sal talle dorpe deur ry waar Bloemnuus versprei word, waaronder Jagersfontein, Philippolis en Colesberg. Van links is Francois Maritz, Raymond Choane (voor) en Danie Joubert.
Healthy habits for the workplace S TAKE regular breaks from your workstation and move around. S Keep your workspace clean and wash your hands regularly. S Open windows if you can, or take a walk at lunch to get some fresh air. S Don’t go to work if you’re sick and likely to infect your colleagues. S Most of us spend hours behind a computer, and if your
office chair isn’t positioned ergonomically, it can set you up for headaches and back pain. S Is your computer screen too high or too low? This can cause you to tilt your head backwards or forwards resulting in neck and shoulder fatigue. Make sure your monitor is an arm’s length away and positioned in front of you with your eyes level with the top quarter of the screen.
Save seven lives CURRENTLY about 4 300 South African adults and children are waiting for a life-saving organ and/or cornea transplant. However, last year only 573 organ and cornea transplants were performed, and of these recipients only 28 adults, three children and four babies received liver transplants. If you become an organ donor,
your heart, liver and pancreas could save three lives, whereas your kidneys and lungs could give four people a new lease on life. That is a total of seven lives you could save. This year, the Organ Donor Foundation aims to sign up 50 000 new donors. Register online at 222.odf.org.za or call 0800-22-66-11.
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014 9
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014
Getroud
Chantal en Bart Groenewald.
Solani en Lionell van Onselen.
Linda en Michael Barnard.
Foto: Go Urban Photography
STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.
Jenny en Jason Badenhorst saam met klein A.J.
Foto: Go Urban Photography
Foto: Laurika van Straaten
Dewaldt en Robyn Cronjé.
Foto: Tanya Slater
Chris en Elsabé Liebenberg.
Foto: Go Urban Photography
Elmi en John Jones.
Foto: Chriscross Photography
BLOEMNUUS, VRYDAG 28 MAART 2014 11
Boeta staan eerste in judo Lynne Landman
Slaan kishoue Franco Janse van Rensburg (13) van Grey-kollege het die seuns o.14-enkelstitel in die Kloppers-tennistoernooi gewen. Franco het in die eindronde teen Ryk Kleinhans (14), ook van Grey, te staan gekom. Franco en Ryk het saam die seuns o.14-dubbelstitel gewen. Foto: Salome Janse van Rensburg
gevegte verloor. Die afgelope twee jaar het Boeta vir Suid-Afrikaanse kleure gekwalifiseer. Verlede jaar is hy ook in die oefengroep vir hoë werkverrigting van Suid-Afrika ingesluit. In Februarie het Boeta skoonskip op Judo Suid-Afrikase nasionale status-toernooi in Pretoria gemaak deur ’n eerste plek in al vyf gevegte te behaal. Só het hy ook vir Suid-Afrikaanse judo-kleure gekwalifiseer. Dié is beslis ’n jong man om dop te hou. Sy leuse is: “Doen altyd jou bes, of moet dit glad nie doen nie”. ) Jy kan jou benoeming na supersport@zpr.co.za e-pos of na 086-552-4922 faks. Vir meer inligting bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.
GERT JOHANNES MARAIS (11) van die Laerskool Jim Fouché is Bloemnuus se SuperSport Let’s Play-sportster van die Maand vir sy puik prestasie in judo. Hy neem ook aan hokkie en stoei deel. Boeta, soos hy genoem word, beoefen sedert die ouderdom van nege jaar judo en het al verskeie kere uitgeblink. In 2012 is hy op die Suid-Afrikaanse skole-judokompetisie as kampioen aangewys. In 2013 was hy tweede in dieselfde kompetisie. In dieselfde tydperk was hy die wenner op die Suid-Afrikaanse ope en het ook drie Nasionale statustoernooie gewen. Boeta is tans eerste op die Suid-Afrikaanse ranglys in sy ouderdomsgroep. Verlede jaar het hy op die Suid-Afrikaanse judo-ope ’n eerste plek vir seuns o.11 behaal en het in die ganse jaar net 1 uit 31
FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
Boeta Marais
ALGEMEEN AMANJA THE HERBALIST Do you feel confused and don't know what to do next or seek quick help? *Bring back lost lovers. *Manhood enlargement. *Pregnancy problems. *Financial problems. *Finishing unfinished jobs and many more... Please don't hesitate to call Amanja DELIVERY AVAILABLE 076 335 0576.
ALLERLEI
3680 1845
ALLE groottes Wendy-/ staalhuise en hondehokke. *Tweedehandse boumateriaal. Koop en verkoop. Krausestraat 74. %072 125 6966/051 448 8987/083 454 1763. VERFWERK 1872
LENINGS 1445
KRUIEKENNER
ENIGE VERFWERK: Platinum Painters. Skakel Dustin 074 513 5837. BOME
1435
DR AZIZ Experienced doctor who have helped lots of people already. He is back to solve all your problems. •Bring back lost lover •Penis enlargement •Lotto and casino (win) •Financial problems •Court cases Call Dr Aziz. For quick and effective results. 081 870 8842.
Foto: Verskaf
1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
VOERTUIE TE KOOP
MOTORS TE KOOP 3025
ALLERLEI 1655
Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211. Jaco 079 603 9374 of Danie 076 757 4972. ALGEMENE & HUISDIENSTE
M/BENZ C180: 1998. White, 163 000 km. Good condition. R45 000 neg. Howard 084 522 6811. EIENDOMME
1802
AAA-kwaliteit. INSTALLERING van: Alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
HUIS-verbeteringe, binne en buite, van dakke, plafonne, verf, teëls, geisers, storte, ens. SANTA 076 835 7849.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
122 SDJ RIESENBEEK KENNISGEWING AAN KREDITEURE EN DEBITEURE IN BESTORWE BOEDEL In die boedel van wyle Susara Dorathea Jacoba Riesenbeek, boedelnommer 1042/2014, Meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 3 Junie 1942, ID 420603 0021 08 2, datum van dood 25 Desember 2013 en nagelate eggenoot Willem Stephanus Phillippus Riesenbeek, ID 470405 5057 08 0, laaste adres Kerkstraat 7, Zastron 9950. Krediteure en debiteure in bostaande boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergemelde kantore binne 'n tydperk van dertig (30) dae gereken vanaf datum van publikasie hiervan. MALHERBE, SAAYMAN & SMITH ING Hoofdstraat 36 Posbus 44 Zastron 9950.
STUDENTEAKKOMMODASIE 3323
Brandwag (Dan Pienaar Drive): Upmarket student accommodation. Single room with own bathr, R3 000. Double room, 2 sharing, R2 000 per person. Triple room, 3 sharing, R1 500 per person. Each room has its own bathr, open-plan kitchen and lounge. Available 1 April. Contact 083 659 0165 or 083 484 4029.
MEENTHUISE TE HUUR
BOUPLANNE
Seeking young man to join sign installation team. • Licence is a must. • Fax CV to: 086 519 5136
3325
Dan Pienaar Drive: Opposite St. Andrew's. 2 bedr, each with own bathr, open-plan kitchen, lounge. From R5 000 p.m. excl. w and l. 083 659 0615/ 083 484 4029. Blacklisted clients also welcome. BETREKKINGS 3600
122 OHA BURRI In the estate of the late Otto Hugo Anton Burri, identity number 280109 5042 08 0, born 09.01.1928, died 25.01.2014, of 65A Serenitas Retirement Village, Dan Pienaar, Bloemfontein, estate number 1877/2014, Master's Office Bloemfontein. Debtors and creditors in the above estate are hereby required to lodge their claims with and pay their debts to the undersigned within thirty (30) days from date of publication hereof. For a period of thirty days (30) days from 28 March 2014. Charl Johannes Stander, Executor, c/o Lovius Block, 31 First Avenue, Westdene, Bloemfontein 9301. Tel. 051 430 3874. Date: 18.03.2014.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
122 JA SMILES Kennisgewing aan krediteure en debiteure in bestorwe boedel in terme van Artikel 29 van die Boedelwet 66 van 1965. In die boedel van Joseph Andrew Smiles, identiteitsnommer 521212 5144 085, wat oorlede is op 26 September 2013, 'n meerderjarige man wat woonagtig was by Klaradynlaan 125, Pellissier, Bloemfontein, Meesterverwysing 11119/2013. Alle krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae gereken vanaf 28 Maart 2013. Mnr. HJ Stander, Stander en Vennote, Posbus 20070, Willows, Bloemfontein 9320.
MY HOND IS ’N BOK: Carien Sapsford het dié foto van Yogi gestuur wat ’n groot Springbok-ondersteuner is. Stuur foto’s van jou troeteldiere na jens.friis@media24.com.
Annamé (12) SA se vinnigste Rufus Botha DRIE Bloemfonteinse blitse het die naweek op die Suid-Afrikaanse laerskole-atletiekkampioenskapsbyeenkoms in die Paarl as die kampioene in hul onderskeie ouderdomsgroepe weggestap. Annamé Fourie (Tjokkies) was die ster van die groot groep Bloemfonteiners wat die Vrystaat op dié prestige-byeenkoms verteenwoordig het. Sy het in die 100 m vir meisies in die ouderdomgroep 12 jaar die res van die land se bestes in die eindronde na hul asem laat snak. Annamé het goud in ’n uitstekende 12,82 gewen en was die enigste atleet wat vinniger as 13
sekondes kon hardloop. Sy het die silwermedaljewenner, Kayla van der Burgh (Noordwes, 13,02) maklik gewen. Caitlin Isaacs (Wes-Kaap, 13,05) was derde. In die eindronde van die 150 m het Annamé gewys dat sy verreweg die beste naelloper (12-jaar) in Suid-Afrika is. Haar tyd van 18,09 is ’n Suid-Afrikaanse rekord. ’n Mens sluk egter swaar aan die tyd wat meer as ’n sekonde vinniger (ongeveer agt meter) as haar wentyd in die eindronde is. Die feit is: Annamé ís die vinnigste atleet in die 100 m en 150 m in Suid-Afrika. Alex Klopper, die blondekop-blits van die Meisieskool Oranje, moes
SENIOR CONTRACT MANAGER (Bloemfontein) RNeg + Benefits
Bidvest Prestige Cleaning requires an assertive, selfdisciplined Senior Contract/Senior Site Manager with previous experience within the commercial industry. Duties include: • Day-to-day management of staff • Completing rosters and registers (wages) • Managing staff, including IR, manpower development and training • Building and maintaining professional client partnerships • Maintaining high cleaning standards • Monitoring equipment condition and safety on site and stock management • Maintaining a high standard of performance and image of the Company • Implementing ISO9001 quality systems • Resolving personnel problems or grievances. Requirements: • Previous staff management experience • Planning, organising and ability to delegate • PC literacy • Labour relations experience is essential • Basic budgetary experience • 2-4 years’ previous operational management experience (ideally within the cleaning industry) • Valid SA driver’s licence and own transport are essential. Interested candidates to forward their CVs to Pamela Sehlabela at fax: 086 597 6368 or e-mail: pam@bidvestsolutions.co.za
www.humanjobs.co.za
Human Communications 107803
in die 100 m vir meisies 10 jaar alles uithaal om Siysanga Mdwara (Oos-Kaap) te wen. Siysanga (14,12) was net-net agter Alex (14,07). In die 80 m is die bordjies verhang. Alex het 11,37 aangeteken en Siysanga 11,23. Thabo Verster (Tjokkies) se veggees is in die hekkies oor 70 m vir seuns 12 jaar tot die uiterste getoets . Sy 11,34 was slegs drie honderdstes van ’n sekonde vinniger as Marco Enslin van die Wes-Kaap se tyd van 11,37. Die derde atleet was Lian van der Merwe van Grey-kollege in 11,38.