Bloemnuusbl 20140418

Page 1

VRYDAG 18 APRIL 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

WWW.BLOEMNUUS.MOBI

Het jy gehoor?

Uit die argief

Wat het die beeldskone Michelle en Riana in gemeen? bl. 2

As ’n ‘drie’ nie meer ’n 3 is nie

GRATIS

bl. 10

Hond en baas na Nederland Jens Friis JURIE SMITH van Bloemfontein vertrek binnekort na Nederland waar hy en sy hond Epic aan die wêreldkampioenskap van die Internasionale Federasie vir Honderatsheidsportsoorte (IFCS) gaan deelneem. Nes in 2010, 2011 en 2013 is Jurie en Epic onlangs weer as die nasionale kampioen aangewys. Hierdeur het hulle gekwalifiseer om as lid van die Suid-Afrikaanse span aan die wêreldkampioenskap deel te neem. Riëtte Möhr, ook ’n Vrystater, sal die spanbestuurder wees. Sy en haar hond Sl-8 (uitgespreek Slate) was selwers ’n kategoriewenner op die nasionale kampioenskap. Jurie en Riëtte is albei lede van Bloem Active Dogs wat by die Suid-Afrikaanse Honderatsheidsvereniging (SADAA) geaffilieer is. SADAA is in 2001 gestig en vorm deel van die International Federati-

Dié span sal Suid­Afrika in Nederland verteenwoordig. Van links is spanbe­ stuurder Riëtte Möhr (Vrystaat), Jurie Smith (Vrystaat) met Epic, Gillian Blem (Westelike Provinsie) met Zoë, Nanette Perold (Oostelike Provinsie) met Mr Noodle en Nelisia van Dyk (Oostelike Provinsie) met Jan. on of Cynological Sports. Hannes Kotze, ’n stigterslid van SADAA, vertel dat Jurie in 2008 met sy vorige hond, Rico, ook die

Jurie Smith en Epic gaan binnekort in Nederland deelneem.

nasionale kampioenskap gewen het. Hulle het toe as lid van die SuidAfrikaanse span aan die wêreldskou in België deelgeneem. Epic is ’n borderkollie en is byna agt jaar oud. Dié twee sal van 7 tot 11 Mei aan die wêreldkampioenskap in Nederland deelneem.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014

Dozi sê só DOZI het onlangs sy CD Hande vol genade in Bloemfontein bekend gestel. S Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Jare terug toe ek nog in pubs gespeel het voordat ek bekend geraak het. S Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Ek oefen kitaar en skryf liedjies. S Wat is die mooiste pleknaam in Afrikaans? Pofadder. S Wat is die mooiste woord in Afrikaans? Genade. S Laaste fliek gesien? Was dit goed? Wall Street was uitstekend. S Wie of wat was jy in ’n vorige lewe? Spartacus. S Wat is jou grootste vrees? Slange en ook om in ’n duikboot diep onder die see te wees. S Jou kosbaarste besitting? My kitare. S Wie is jou gunsteling- historiese figuur? Nelson Mandela. S Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Shakira. S Wat verveel jou? Om in ’n ry te staan. S Oor watter gawe sou jy wou beskik? Om al die tale ter wêreld te kan praat.

VERKEN DIE DISTRIK: As jy moeg word vir die lewe in die stad, is die volgende iets om op ’n loom Sondagmiddag te doen: Vat die pad na Jagersfontein en stop op die brug waar dit die Rietrivier oorsteek. ’n Mens kan skaars glo dié lowerryke bome groei so geil in die Bloemfontein­distrik. Binnekort sal hul blare verkleur. Stuur gerus vir Bloemnuus ’n foto van dieselfde plek. Die kontakbesonderhede verskyn onderaan dié bladsy. Foto: Jens Friis

Het jy gehoor? S Wat het die volgende bekendes almal in gemeen: Juanita du Plessis, Percy Montgomery, Dawid Minnaar, Michelle McLean, Stefan en Hugo Ludik, Riana Nel en Nianell? Die antwoord: Hulle het almal geruime tyd in Namibië gewoon. S Simon Magakwe het Saterdag die eerste Suid-Afrikaner geword wat met ’n wentyd van 9.98 die droomgrens van 10 sekondes in die 100 m kon verbysteek.

S Waar sou jy eendag wil aftree? Aan die Transkei-kus in ’n lekker houthuis.

S Riaan Cruywagen se CD, Luister saam met Riaan Cruywagen – sy gunstelingtreffers, Volume 1, was die afgelope jaar so gewild dat hy nou ’n tweede versameling op spesiale versoek van die publiek uitreik. Luister saam met Riaan Cruywagen – sy gunstelingtreffers, Volume 2 bestaan uit drie albums met Engelse én Afrikaanse treffers wat die veteraan-TV-nuusleser en -aanbieder self uitgesoek het. S Bok van Blerk, wat Saterdag ná die Cheetah-wedstryd op die Castle Deck opgetree het, het op Bloemnuus se Facebook-blad lewenswyshede gedeel wat hom bybly. Een hiervan kom uit Spreuke 18:22: Iemand wat ’n goeie vrou kry, het geluk gevind. Hy geniet die goedheid van die Here. Bok is onlangs met die aktrise Hanna Grobler getroud. S Louw Venter, skrywer van die fliek Konfetti wat vandag uitgereik word, moet in sy noppies wees, want dié fliek is vir twee voorste fliekfeeste in Amerika gekies – die internasionale rolprentfeeste Beverly Hills en Julien Dubuque.

Paul Bester en Gerrit Coetzee het elk dub­ belkaartjies na Juanita du Plessis se kon­ sert op 2 Mei om 20:00 in die Kovsiekerk gewen. Dit word deur Afrikoon­produksies aangebied en Bloemnuus is ’n mediaborg. Kaartjies is by Computicket te kry.

S Karlien van Jaarsveld het op die Ghoema-prystoekenningsgeleentheid vir Afrikaanse musiek die naam van haar album, Uitklophou, gestand gedoen en met drie Ghoemas weggestap: beste vroulike kunstenaar, beste popalbum deur ’n vrou en topverkoper van die jaar (wat nie deur die beoordelaarspaneel aangewys word nie). Boonop het haar liedjie Hande die prys vir beste vervaardiger aan Robin Keilly besorg. In die Album van die Jaar-afdeling het Elvis Blue koning gekraai met sy album Afrikaans. Die nuwe jongeling wie se naam vanjaar op almal se lippe is, is die sanger Joshua na die Reën (die 27-jarige Jacques de Villiers). Hy het nie net die beste nuweling-prys ontvang nie, maar hy het ook stof in die oë geskop van groot name soos Bok van Blerk, Jak de Priester en Elvis Blue in die kategorie vir kontemporêre mansanger.

Dieter Voigt, die Pasella­aanbieder, se pa, Neels, het op 68 sy stryd teen kanker ver­ loor. Foto: Jens Friis S Charlize Theron en Sean Penn, die dubbele Oscar-wennerspaartjie, het die Noord-Kaap in ’n blits-safari van twee dae besoek. Hulle het onder meer verlede week die Augrabies- Nasionale Park besoek waar personeel dié glanspaar skaars herken het. Theron en Penn is in Suid-Afrika om na plekke te kyk waar hy sy nuwe rolprent, The Last Face, kan verfilm. S Ian Thorpe, die Australiese swemkampioen, sal waarskynlik nooit weer mededingend kan swem nie nadat hy met ’n ernstige infeksie in die hospitaal opgeneem is. Dié 31-jarige wenner van vyf Olimpiese goue medaljes het twee virusse ná ’n reeks skoueroperasies opgedoen.


S DIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Nora Jacobs (gebore 1927) * Johannes Jacobus Neser (1947) * Catharina Petronella van der Nest (1929) * Susanna Catharina van der Merwe (1943) * Johan de Bruyn (1980) * Aletta Susara Petronella Koekemoer (1938) * Prof. Andries Jooste (1916) * Nita Meintjies (1940) * Simon Lues (1930)

Wel en wee * Hetta Bezuidenhout (1953) * Koos Barnard (1947) * Vere Nortje (1944) * Derick Rautenbach (1949) * Valerie du Toit (1946) * Dr. Rod Douglas (1947) * Jan Hendrik Blignaut (1945) * André Malan (1966)

Willie Roux sien dit as ’n uitdaging om die Cheetahs se on­ derkaptein te wees. Buiten om meer op die veld te praat meen dié Springbok­heelagter hy doen nie skielik iets an­ ders omdat hy nou ’n groter verantwoordelikheid op sy skouers het nie. Willie sê dit help dat hy en Adriaan Strauss, die Cheetah­kaptein, vriende is. Strauss het immers al 33 toetse gespeel en is ’n gesoute leier. Foto: Conrad Bornman

S Prof. Schalk Schoombie, ’n dosent aan die UV se departement wiskunde en toegepaste wiskunde, is dood nadat die motor waarin hy en sy gesin gereis het naby Upington gerol het. ’n Band het gebars. Sy vrou, dr. Elsie Schoombie, hul seun Marthinus (17), dogter, Anne-Mien (20), en dié se vriendin Malissa Louw (21) het ligte beserings opgedoen. Hul oudste seun, Frikkie (21), was nie in die motor nie.

S Leon Pretorius (50), die eienaar van Bloemspruit Café en Supermarket, is twee keer met ’n haelgeweer en een keer met ’n handwapen geskiet toe twee rowers sy winkel probeer beroof het. Die voorval het net voor toemaaktyd gebeur en Pretorius en sy vrou, Phyllis (49), was alleen in die winkel. Die rowers het met leë hande gevlug. Pretorius sê dit is die eerste keer dat booswigte hom probeer beroof, maar sy broer, Louwtjie, die eienaar van die Eeufeesweg-supermark, is al drie keer beroof.

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014 3

S Arthur Thuntse (53), ’n oudbrandweer-en-ambulansman, is in die Bloemfonteinse middestad deur die polisie raakgeskiet toe hulle ’n vermeende rower agternagesit het.

S Johannes Petrus Fourie (41) van die plaas Houtnek, Brandfort, het voor streeklanddros M. Daya skuld beken dat die polisie 12 838 patrone by hom gekry het. Hy het in die Bloemfonteinse streekhof ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar tronkstraf gekry omdat hy die Wet op die Besit van Ammunisie oortree het deurdat hy meer as 200 patrone per vuurwapen in sy besit gehad het. ’n Pleit-en-vonnisooreenkoms waarvolgens hy nie onbevoeg verklaar is om ’n vuurwapen te besit nie, is deur landdros Daya bekragtig. Hy het die gevangenskap vir drie jaar opgeskort. S Amanda Burger en Maxie Booysen wen CD’s van Anton Botha. Dié sanger het ná ’n Cheetahswedstryd by die Castle Deck opgetree.

Aneeka Buys, a 29­year­old mother of two, has been chosen as a finalist in the Mrs South Africa pageant.

Photo: Francois Heydenrych


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014 5

Nuus in kort S Verbindingspad: Die skouers van die verbindingspad tussen Frans Kleynhansweg en Woodland Hills se hek word opgevul. Ry versigtig en verwag oponthoude.

Teresia Botha van Bloemfontein (links) en Annetjie van der Schyff van Griekwastad is twee van ’n drieling wat op 21 Januarie 1953 gebore is (hul broer is in 1996 oorlede). Hul moeder was ook een van ’n tweeling. Teresia se seun en sy vrou het ’n tweeling: ’n seun en ’n dogter. Teresia se skoondogter se suster het onlangs ’n drieling (twee dogters en ’n seun) gehad en haar dogter is met een van ’n tweeling getroud. Dan is daar nog tweelinge in hul fami­ lie aan vaders­ en moederskant.

Die tweeling Alet Jacobs en Suzette van der Berg is op 6 Novem­ ber 1962 in Bloemfontein gebore. Tweelinge kan hul foto’s stuur na jens.friis@media24.com.

S Nuwe spyskaart: Kerdoni’s Restaurant (Bayswater) het sy nuwe spyskaart bekend gestel. Van die nuwe geregte hierop is diepgebraaide Camembert (Deepfried Camembert, R34) en peperfilet (Filletto Al Pepe, R93). Lees binnekort meer in Bloemnuus oor die restaurant wat onlangs opgeknap is. S Proudly South Africa: South Africa’s first whisky brand has done it again. The Three Ships Select and Three Ships Bourbon Cask Finish both took double gold in the 2014 San Francisco Spirits Competition. The Three Ships Premium Select 5 Year Old received gold. Andy Watts, master distiller at the James Sedgwick Distillery, said when they first launched Three Ships back in 1977, the South African whisky industry was non-existing. The Three Ships Bourbon Cask Finish is the first South African whisky where both the malt and grain components are distilled and matured in South Africa. After an initial maturation of three years the final blend is matured for a further six months in bourbon casks. The result is a soft and warm whisky with a honeyed sweetness, vanilla notes and subtle hints of pepper and spice.

S New Road: The R65 million road project at Ventersburg was officially opened by the deputy minister of Transport, Sindisiwe Chikunga, and the MEC for Police, Roads and Transport in the Free State, Butana Komphela, on Tuesday. About 6 000 vehicles – including 1 200 trucks – pass Ventersburg daily. Because the town is literally split in two by the N1, more that 4 300 pedestrians – many of them school children – cross the busy road every day. At the same event Komphela launched the Easter Road Safety Campaign. High traffic volumes are expected on the Free State roads during the Easter weekend as well as other long weekends later in April and early May. S Nuwe Bybelvertaling: Die Bybelgenootskap het die eerste direkte Afrikaanse vertaling van die Bybel se Nuwe Testament en Psalms in Kemptonpark bekend gestel. Die vorige Bybelvertaling, wat in 1983 bekend gestel is, was ’n dinamiese ekwivalente vertaling met ’n sterk fokus op die betekenis van die Bybelse inhoud uit die bronteks. Die eerste twee vertalings, wat onderskeidelik in 1933 en 1953 bekend gestel is, was letterlike vertalings van die bronteks. Prof. Bernard Combrinck, wat die nuwe vertalingsproses lei, het gesê daar was ’n behoefte aan ’n nuwe soort vertaling; daarom die direkte vertaling.

S Kwotas in sport: Die regering se drastiese planne om sport met onder meer ’n hoogs omstrede nuwe kwotastelsel te transformeer, gaan nie vanjaar in werking tree nie, blyk ná ’n vergadering vroeër die week. Fikile Mbalula, die minister van sport, het verlede week aangekondig sportkwotas, waarvolgens die land se sportspanne 60% swart spelers sal moet hê, gaan “voor die nuwe regering in Mei” in werking tree. S Werkloosheid: Dit is ál moeiliker vir werklose mense om werk te kry, terwyl diegene wat werk het, langer daarin bly, wys ’n vergelyking met verlede jaar se arbeidsmagpeilings. Van die sowat 4,7 miljoen werklose mense in die eng definisies van werkloosheid – met ander woorde, mense wat aktief werk soek – kry net 13% werk. Die amptelike werkloosheidskoers het van 22,5% in 2008 tot 24,7% verlede jaar toegeneem. By swart mense het die eng werkloosheidskoers van 26,5% in 2008 tot 27,9% verlede jaar gestyg. By wit mense het dit van 4,2% tot 6,8% toegeneem. S Dolfyne en olifante: Diereregte-aktiviste het ’n oorwinning behaal met dié dat die Japanse e-handelreus Rakuten onder internasionale druk geswig het en ingestem het om handel in walvisen dolfynvleis teen die einde van die maand te staak. Maar Rakuten bly die grootste aanlynbemarker van olifant-ivoor.

Promotion: Impa Paints

Waterproof your roof with Impa IMPA PAINTS has a wide range of waterproofing products for most of their clients’ requirements. For roofs, Impa has a range of products that serve the same purpose, but differ in elasticity and quality. When waterproofing a roof, it is vital to use the membrane system where you apply a thick coat of Impa Aquaprufe and then saturate your membrane into a thick coating. Once you have saturated your membrane into the first coat, apply a second coat immediately thereafter, using a brush to push the membrane flat against the surface. Ensure that the first two coats are thick so that you completely cover the membrane. Let the coating dry overnight and apply a final coat of Aquaprufe on top of the first two coats. Once it is dry, apply one coat of Impa Paints Roofshield to protect your roof.

Hennie du Preez van die Rosenheim­af­ treeoord sit langs ’n hanekamplant wat geil groei. Dié plant het self opgekom en sy weg deur die plaveisel gebaan. Dit is selfs groter as dié wat in die akkers ge­ plant is.

Nuwe naam vir Kersfonds

slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 Media Corner 100114/A/R

VOLKSBLAD se Kersfonds­insameling vir die afgelope boekjaar is afgesluit en R839 988,72 is vir minderbevoorregtes by­ mekaargemaak. Voortaan sal dié fonds as die Ons Gee Om­fonds bekend staan. Hierop is besluit sodat die projek meer in­ klusief kan wees deurdat Volksblad en al die sentrale plaaslike koerante se projekte onder dieselfde vaandel tuishoort.

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014

Vermaak volop op Bloemskou DIE Bloemskou het vanjaar baie moeite gedoen om ’n wye verskeidenheid kunstenaars na Bloemfontein te bring. Die hoogtepunte van die hoofvermaakprogram lyk só: S Donderdag 24 April: Bloemskou Talent Search geborg deur Computicket (18:30), Locnville (20:30); S Vrydag 25 April: David Fourie (19:00); S Saterdag 26 April: Bloemskou Talent Search-eindronde geborg deur Computicket (18:00 – Pepsi-verhoog), Mej. Windmill-Bloemskou met Nadine as gaskunstenaar (19:00); S Sondag 27 April: Gospelfees met Onbeskaamd, Thabo Hlongwane, Nedine Blom en Joe Niemand (11:00 tot 15:00) en Crazy Olympics en 2-in-1-hindernisbaan (10:00 tot 16:00) in die arena; S Maandag 28 April: Riana Nel (19:00); S Dinsdag 29 April: Theuns Jordaan, aangebied deur PwC (19:00); S Woensdag 30 April: Jay, aangebied deur Bloemsec (19:00); S Donderdag 1 Mei: Lollos (11:00), beesparade (17:30) en Dewald Wasserfall (19:00); S Vrydag 2 Mei: Jakkie Louw (19:00) en ovaalbaanwedren (20:00); en S Saterdag 3 Mei: LesediFM en Hansa Pilsner bied aan Stimela (20:00) en Mafikizolo (21:00) in die Vertical Signs-hoofarena. Toegang tot kunstenaars se vertonings is gratis. Toegang op Saterdag 3 Mei is R100 per volwassene en R30 vir leerlinge jonger as 12.

To-do list Paasfees word hierdie naweek gevier. Bloemnuus hoop dat dit ’n geseënde tyd vir jou sal wees, rus ’n bietjie indien moontlik en kom veilig tuis as jy iewers heen reis. STUUR dagboekinskrywings in die onderstaande formaat na jens.friis@ media24.com. Dit is gratis. Stuur asseblief inskrywings voor Maandae om 09:00. VRYDAG 18 APRIL S Goeie Vrydag. Openbare vakansiedag. S The Naval Hill Planetarium now offers regular public shows. The first digital planetarium in Africa south of the Sahara was inaugurated on 1 November 2013 and is already operational. In addition to a “fly through the universe” experience, planetarium events – lasting approximately 60 minutes – include the screening of one of several pre-recorded shows. Call Yolandie Loots on 051-401-9751. S Hy het van jongs af die geit gehad om te gaan loer wat anderkant die bult lê. Kyk waarheen reis Gerrie Pretorius vanaand op Leef jou reis om 19:30 op kykNET (kanaal 144). S Colours of drought: Uitstalling deur Sandy Thomas by Gallery on Leviseur. SATERDAG 19 APRIL S Die Bloemfontein-orgideëklub bied om 15:00 by Ridderstraat 5, Fleurdal, ’n werksessie aan. Alle belangstellendes is welkom. Bel Jolene by 082-853-2196. SUNDAY, 20 APRIL S Easter Sunday. S Paasfees-oggenddiens (buite) om 06:30 by die NG kerk Heuwelsig. Skakel 051-436-1967. MAANDAG 21 APRIL S Gesinsdag. Openbare vakansiedag. S Pesach (seventh day, Jewish). S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. S Quin, The Restrospective Year: Maureen Quin se uitstalling eindig.

DINSDAG 22 APRIL S Die Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening is om 19:00 by The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Bel Carien Els by 072-99-231-99. S Binnelanders: Malan verwyt vir Kirsten. Quinton en Naomi is gereed om alles wat nodig is in Ongevalle te doen. Pippa en Rian praat oor hul toekoms, terwyl Ilse se antwoord oor hare sal moet wag totdat die krisis by Ongevalle eers verby is. Karli geniet glad nie die Nagskof-partytjie nie en Ilse se moedersinstink skop in. S Earth Day. S Pesach (eighth Day, Jewish). S Pensioentrekker-dag by Makro: Winskopies wag op Dinsdae op afgetredenes by dié winkel. Makro is ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus. WOENSDAG 23 APRIL S Simon & Garfunkel-huldeblyk, Marcato, Innie Skuur, R120. S ’n Veiling vir die Ons Gee Om-fonds (ou Kersfonds) van die Volksblad-groep vind om 18:00 by Leopards & Lace, Langenhovenpark, plaas. Die afslaer Junior Bezuidenhout sal soos gewoonlik die veiling behartig. Mense wat nog voorraad op die veiling wil verkoop, kan Bezuidenhout by 082-892-6525 bel. DONDERDAG 24 APRIL S Sakeontbyt: Stygende brandstofpryse en hoër lewenskoste het ’n invloed op elke huishouding se begroting. Is finansiële onafhanklikheid binne elke individu se bereik? Dít is ’n vraag waarmee baie worstel. Die Laer Meisieskool Oranje bied ’n sakeontbyt saam met Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, aan. Die ontbyt is om 08:00 in die ML Spiessaal by die skool. Roodt gaan praat oor finansiële onafhanklikheid vir die individu en die inspirerende oggend sal

ook verrassings, geskenke, ’n ligte ontbyt en spesiale uitstallers bied. Die oggend is die ideale geleentheid vir sakelui om hul kliënte te bederf. Kom geniet ook die uitstallings van Mercedes, BMW, Apple en Niche Design Studio. Kaartjies is teen R200 per persoon by die skool beskikbaar. Vir inligting bel Marieta Meyer by 051-447-6845. S Binnelanders: Bea en Ilse sit nie langs dieselfde vuur rakende tydsduur nie, en Malan probeer ’n verhouding herstel. Naomi vertel vir Quinton van Roelf en Morné deel sy planne met Ilse en Okkie. Daar is ’n dief los in Binneland Kliniek – iemand is onder verdenking. Kirsten se voorneme kan Malan se lewe moeilik maak en Tertius probeer sy vrou van ’n dokument oortuig. S Die Fichardtpark-woonbuurtvereniging hou sy jaarvergadering om 18:00 in die NG kerksaal, Altonasingel, Fichardtpark. Bel Celia Meyer by 082-8033-624. S Die Bloemskou word van 24 April tot 3 Mei op die skouterrein aangebied en vanjaar is daar net twee dae wat nie skoolvakansiedae is of oor ’n naweek val nie. Daar is sommer heelwat nuwe aktiwiteite, soos die Bloemskou-talentsoekkompetisie waarvoor daar die afgelope tyd uitdunrondes gehou is. Die tien finaliste tree op 24 en 26 April op. Gesinne en vriende kan ook inskryf vir die Crazy Olympics en die 2-in-1-hindernisbaan. Besoek www.bloemskou.co.za. S Studente betaal vandag halfprys vir toegang tot die Bloemskou met die toon van ’n studentekaart. Daar is ook ’n spesiale pakketprys teen R100 vir onbeperkte ritte in die pretpark tot 20:00 – stampkarre en vierwiel-motorfietse uitgesluit. S Vrystaatse Jeugorkes onder leiding van Alexander Fokkens met Eljee du Plooy (solis) op orrel in die Odeion om 19:30. Bel Ella Kotze, 051-401-2342 (soggens).

‘Verban ook drankadvertensies’ IS dit goed dat sigaretadvertensies in Suid-Afrika verbied is? Só het Bloemnuus op sy Facebook-blad gevra en talle lesers het van hulle laat hoor. S Andries Visagie: Ek dink nie dit maak werklik ’n verskil nie. Mense wat wil rook, doen dit in elk geval en maak die keuse sonder advertensies. S Elaine Unser-Lackey: Ridiculous – people smoke regardless. How about stopping the alcohol ads. It causes more damage than ciggies. S Lucky Snyman: Ek eet liewer seep voordat ek ophou rook. Weet dit is ongesond, weet al daai dinge, maar ek geniet my sigaretjie, my geselskap in lang eensame aande. Nou hoekom plak hul nie agter, voor of langs karre en alles wat wiele het: pasop die ding kan jou verongeluk nie? En drank, hou self van ’n wyntjie af en toe, maar dit vernietig huisgesinne. S Nico Taljaard Junior: Na my mening is dit, ongeag dat mense steeds besluit om te rook, ’n goeie ding dat sigaretadvertensies verban is. Sulke advertensies het sigarette

voorgedoen as iets aangenaams en goeds om te gebruik wat meer mense sou kon aanmoedig. Met die wete dat die advertensies nie meer daar is om vir ons te sê hoe skynbaar goed dit is om sigarette te rook nie, weet mense dit het slegte gevolge vir die mens se gesondheid en hulle kan dit gebruik op eie risiko sonder enige mediainvloed. Ek stem ook saam met die standpunt dat alkoholadvertensies verban behoort te word. Dit het nie net slegte gesondheid tot gevolg nie, maar dit ruk verhoudings en gesinne uit mekaar en verwoes lewens regstreeks of onregstreeks. S Georgina van der Merwe: Drank kan ook verbied word. Dit verwoes lewens. S Pierre van Heerden: Self ’n nie-roker nie, maar verbod of nie, die regering cash lekker in op die enorme hoeveelheid tax wat deur sigarette en drank gegenereer word . . . S Lize Schlebusch: Baie goed dat dit verbied is. Ek’s seker baie minder mense rook as vroeër.

Sigaretadvertensies soos dié is deesdae ta­ boe.


BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014 7


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014

Getroud

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.

Van links Jaco Uys, Carin van Deventer, Marco du Toit, Linita van Zyl, Martin en Simonè Schwella (die pasgetroudes), SJ de Meyer, Leilani de Meyer, Marius en Inge Strydom, Almero du Pisani en Anna­Patricia Louw. Foto: Actual Image Photography

Malcolm en Riana Riddle.

Foto: BlackBird Photography

Hennie en Jacqueline van Heerden.

Hanani en Robert Neethling is by Cintsa getroud.

Foto: Blackford Photography

Ruan en Marinda Raath.

Foto: Marieta van Vuuren

Gerda en Etienne Horak.

Foto: Camiel Swart

Foto: Elsa Vermeulen Fotografie


BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014 9


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014

Argief: Is ’n drie 4? TER viering van Volksblad se 110de bestaansjaar verskyn die rubriek Volksblad se verlede op weeksdae in dié koerant op bl. 2. In 1971 het die volgende berig in Die Volksblad verskyn toe ’n plaasvervangende naam gesoek is vir ’n rugby-drie wat toe nie meer drie punte getel het nie: Twee goeie kaartjies vir die eerste rugbytoets tussen die Springbokke en die Franse op 12 Junie in die Vrystaat-stadion – absoluut verniet! Dit is wat Die Volksblad aanbied aan die lesers wat met die vindingrykste plaasvervangende name vorendag kom vir ’n drie en ’n vervyfskop, daardie

PERSOONLIKE DIENSTE

TE KOOP

TE KOOP

ALLERLEI

HOUSES FOR SALE: Direct from owner. Bloemspruit. %Anamarie 079 745 2441.

ingeburgerde twee rugbywoorde wat nou deur die nuwe proefreël van die Internasionale Rugbyraad in die gedrang is. Ten minste vir aanstaande seisoen gaan ons rugbyspelers nie meer drieë druk nie, maar “viere” en gaan die vervyfskop in werklikheid ’n “verses-skop” word. Maar dit klink darem nie lekker nie en ’n mens twyfel of die Afrikaanse rugbypubliek so gaan praat. Of dalk tog? Dr. Danie Craven, voorsitter van die S.A. Rugbyraad, sê hy gaan aanbeveel dat die benaming “drie” behoue bly, maar gaan dit inslag vind? Hoe sal dit klink as die kommentator sê: “Frik du Preez druk sy drie en

Suid-Afrika loop voor met vier punte teenoor nul?” Wat van die mense wat van rugby nie veel weet nie, maar wil bybly met die telling? Dit is ’n probleem wat die Engels natuurlik nie oplewer nie, want ’n “try” en ’n “conversion” slaan immers nie op die getal punte wat hulle werd is nie. Dit is sulke woorde wat ons vir die Afrikaanse rugbytaal soek, en nou nooi ons ons lesers: Kom speel saam en skep vir ons twee nuwe name wat maklik oor die tong kom en terselfdertyd beskrywings is wat soos ’n handskoen by die twee begrippe pas. Verduidelik ook kortliks hoekom u juis dié twee name kies.

3201

FUNKSIES & KONFERENSIES

1655

1425

Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211. Jaco 079 603 9374 of Danie 076 757 4972.

TROETELDIERE 1660

Bulterriër-hondjies te koop: R1 200. Skakel 072 458 2189.

KRUIEKENNER 1435

AMANJA THE HERBALIST Do you feel confused and don't know what to do next or seek quick help? *Bring back lost lovers. *Manhood enlargement. *Pregnancy problems. *Financial problems. *Finishing unfinished jobs and many more... Please don't hesitate to call Amanja DELIVERY AVAILABLE 076 335 0576.

LENINGS

ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

122 MP MOKHELE Boedel wyle Moferefere Paulus Mokhele 122 JJ DUVENHAGE Meesterverwysingsnommer: In die boedel van wyle Jacobus 001209/2014. Johannes Duvenhage, wat Boedel van wyle Moferefere woonagtig was te Fichardt Paulus Mokhele, identiteitsPark Aftreeoord, Woonstel P2, nommer: 560714 5300 080 van Bloemfontein, boedelnommer: Erf 725, Botshabelo, Bloem6617/2013. fontein. Kennis geskied hiermee dat Krediteure en debiteure in die die eerste en finale likwidasie- bogenoemde boedel word veren distribusierekening in boge- soek om hulle vorderinge in te noemde boedel ter insae lê by lewer en hul skulde te betaal die kantoor van die Meester by die ondergemelde binne 'n van die Hooggeregshof te tydperk van 30 dae vanaf DonBloemfontein en 'n afskrif derdag 17 April 2014. daarvan by die LanddrosLB SAFFY kantoor, Bloemfontein, vir 'n Honey Prokureurs tydperk van 21 (een en twinPosbus 29 tig) dae vanaf 17 April 2014. Bloemfontein Prokureurs: Duvenhage & Van 9300 der Merwe Tel. 051 403 6600 Posbus 63 Kuruman 8460 4201

AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.

ALLERLEI 1845

ALLE groottes Wendy-, staalhuise en hondehokke. *Tweedehandse boumateriaal. Koop en verkoop. Krausestraat 74. %072 125 6966/051 448 8987/083 454 1763.

1445

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

ROOM FROM - R1650; One bedroom flats from R2350. Available immediately. Deloy Flat, Elizabeth Street. Bloemfontein. Contact Koki Matsabu 0573522990; Fax: 086 558 7248; Emial: koki@procorsa.co.za

SOEK, KOOP, VERKOOP

BOEKE GESOEK: Ter viering van Wê­ reldboekedag op 23 April samel Bloemnuus boeke en tydskrifte in wat aan die Vrystaatse onderwysdeparte­ ment geskenk gaan word. Boeke en tydskrifte in enige taal en vir enige ou­ derdomsgroep is welkom. Kom gee jou boeke voor 30 April by ons kantoor in Nelson Mandelarylaan 79 af en ons sal dit aan die onderwysdepartement gee. Die departement sal dit aan ver­ dienstelike skole skenk.


BLOEMNUUS, VRYDAG 18 APRIL 2014 11


Trompie blink uit Rufus Botha

Ranked second Cilliers Kotze participated in the 64th South African Archery Natio­ nals held in Johannesburg and was awarded a silver medal in the Junior Recurve Men’s Division during the 720 Tournament event. Therefore Cilliers, a learner of Grey College (Secondary), is ran­ ked second overall nationally in the Recurve Junior Men’s Divisi­ on.

CHRIS-MARI ALEXANDER van die Laerskool Trompsburg het op die Vrystaatse biathle-kampioenskapsbyeenkoms op die Kovsie-kampus gewys sy hoef nie vir stadsleerlinge terug te staan nie. Chris-Mari het goud in die jeug-E-afdeling (9 tot 10 jaar) vir meisies gewen deur ’n uitstekende tyd van 5:13.17 aan te teken. Sy het Alex Klopper (Oranje, 5:19.05) en Marjolijn Visser (Willem Postma, 5:19.38) geklop. Opvallend was Chris-Mari het oor die 500 m-hardloop-, 50 m-swem- en 500 m-hardloopskof ’n vinniger tyd as die seuns en meisies in die hoër ouderdomsgroep (jeug-D-afdeling) aangeteken. In die einste jeug-D-afdeling (11 tot 12 jaar) vir seuns was dit ’n stryd van die begin tot die einde tussen Werner van Pletzen en Banie Brits, twee leerlinge van Grey-kollege (primêr). Daar was van meet af aan nie veel te kies tussen hulle nie. Nadat hulle ná die swemskof bykans gelyk was,

WÊRELDKLAS: Die Suid­Afrikaanse nasionale gimkana­manspan het die wêreldkampi­ oenskapsbyeenkoms in Muskat, Oman, gewen. In die span van sewe was twee Bloemfon­ teiners, Basie Nel en Martin Grobbelaar. Van links is Johan Jordaan, André van Niekerk, Nel en Grobbelaar.

Die Mediclinic Bloemfontein het die Spider Cup­gholftoernooi teen die Life­Rosepark­ hospitaal gewen. Dié foto van die Mediclinic­span is Saterdag geneem net voordat afge­ slaan is. Van links is, voor: Leroy Hendrickse, dr. Pieter Kasselman, Kassie Karstens, dr. Brand Louw en dr. Willem du Preez; agter: dr. Jaco Neser, dr. Hennie Snyman, dr. Hans Relling, dr. Loekie Badenhorst, dr. Tat Brummer, dr. Lynette Jordaan, dr. Willem van Zyl, dr. Alan van Zyl en Mia Greyling (netwerkbemarkingsbestuurder).

was die vet behoorlik in die vuur met die laaste hardloopskof. Hulle het gelyktydig oor die eindstreep genael met Van Pletzen wat met ’n breukdeel van ’n sekonde geseëvier het. Van Pletzen se wentyd was 5:15.30 en Brits s’n 5:15.45. Gean Viljoen (Willem Postma) was in die jeug-C-afdeling vir seuns in ’n klas van sy eie in die 500 m-hardloop-, 100 m-swem- en 500 m-hardloopskof. Hy het ’n uitstekende wentyd van 5:04.01 aangeteken en sy spanmaat Nicholas Jansen van Rensburg (tweede, 5:31.74) geklop. Die ander wenners in die afdelings waaraan laerskoolatlete deelgeneem het, is: Seuns: jeug-F-afdeling: A.C. Greyling (Bultfontein, 3:05.80), jeug-E-afdeling: Marko van der Berg (Willem Postma, 5:17.31). Meisies: jeug-F-afdeling: Donna le Roux (Oranje, 3:04.13), jeug-D-afdeling: Lienke Snyman (Oranje, 5:20.25), jeug-C-afdeling: Nadine Kemp (Oranje, 5:14.65).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.