Bloemnuusbl 20140425

Page 1

VRYDAG 25 APRIL 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

Wel en Wee

Dagboek

Pa, dogter uitgevat vir goeie doel

Vier van Bfn pak die lang pad Kaap toe

bl. 2

bl. 4

WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS

Two Oceans

Tshiamo proud of his first race p 11

Juanita bekoor Rosestad

Juanita du Plessis tree op Vrydag 2 Mei in Bloemfontein in die Kovsiekerk op. Die konsert word deur Afrikoon­produksies aangebied en Bloemnuus is ’n mediaborg. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Rig navrae aan 082­481­8881. Lees meer op bl. 3. Foto: Clinton Lubbe


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

Wel en wee

’n hele gesin van die stad uitgewis het. Botha Viljoen (39) en sy vrou, Engela (36), asook hul babadogtertjie, Abi (agt maande), is Vrydagaand in ’n botsing reg van voor op die Maselspoortpad naby die Bram Fischer-lughawe dood. S Die tweede jaarlikse Black Tie and Pink Princess-bal vir pa’s en hul dogters is onlangs op die Summerwood-landgoed gehou. Laerskoolmeisies van Bloemfontein het hul mooiste rokkies vir ’n aand van dans en glans aangetrek. Van die geld wat met die aand ingesamel is, is aangewend om Novuyo Tintane se droom van ’n pienk bed met bykomstighede in samewerking met Reach for a Dream te verwesenlik. Gaan kyk na nog foto’s by www.bloemnuus.co.za.

SDIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is onlangs oorlede:

* Marie Botha (gebore 1915) * David Janse van Rensburg (gebore 1979) * Schalk Lombard (gebore 1924) * Anne Serfontein (gebore 1958) * Arthur Stead (gebore 1936) * Kotie Strydom (gebore 1921) * André Visser (gebore 1953) * Willem Gouws (gebore 1959) * Gustav Loesch (gebore 1939) * Jacobus Hattingh (gebore 1967) * Wynand Piennaar (gebore 1942)

S Die eenjarige Ciara Wesso is uit die hospitaal ontslaan nadat sy byna in ’n swembad verdrink het. Haar ouers, Charlotte en Ferdi, sê sy is weer haar ou self en het selfs weer met haar ouer boetie, Caleb (4), gestoei.

S Die Bloemfonteiners Isabell (25) en haar man, Martin Beyleveld (30), is uit meer as 2 000 deelnemers onder die 12 finaliste vir die Suid-Afrikaanse Bruid van die Jaarkompetisie. Hulle is in November verlede jaar getroud. Die wenners word môre in Kaapstad bekend gemaak. S Die fliek Leading Lady se wêreldpremière vind op 7 en 8 Junie op die Seattle- Internasionale Filmfees in Noord-Amerika plaas. Die fees lok jaarliks ongeveer 150 000 mense. Die Suid-Afrikaanse sanger Bok van Blerk is ook in die fliek te sien. Kyk na ’n voorsmaak van die fliek by www.bloemnuus.co.za. S Neil Wagner, Suid-Afrikaanse snelbouler, wat nou vir Nieu-Seeland krieket speel, en sy boeremeisie, Lana Koekemoer, is die Paasnaweek in Hartbeespoort getroud. S Meer as 100 mense landwyd het oor die Paasnaweek op die paaie gesterf. Verlede jaar het 241 mense oor die Paasnaweek landwyd gesterf.

Die tweede jaarlikse Black Tie and Pink Princess­bal vir pa’s en hul dogters is onlangs op die Summerwood­landgoed gehou. Laerskoolmeisies van Bloemfontein het hul mooi­ ste rokkies aangetrek vir ’n aand van dans, glans en bederf saam met hul pa’s. Vier Disney­ prinsesse het hulle by die deur verwelkom. Van links is, voor: Clarissa Venter en Zandri Harmse; agter: Estelee Tolken, Nadine Thompson, Elne Lubbe en Louise Sevenster (perso­ neel van Eduplus). Foto: Verskaf S Die Bloemfonteinse langasem Paulina Njeya (36) het Saterdag in die Twee Oseane-ultramarathon (56 km) in Kaapstad gewys sy is ongetwyfeld die beste senior vroue-ultra- en -marathonatleet (42,2 km) wat die Vrystaat nóg opgelewer het. Sy was Suid-Afrika se eerste vrou oor die eind-

streep toe sy met die beste vertoning van haar loopbaan vorendag gekom het om vyfde algeheel te eindig. S ’n Jong man van 22 jaar is weens beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem ná ’n ongeluk buite Bloemfontein wat byna

Dié vier maats van Bloemfontein het ná hul Paaseierskattejag ’n groot vonds gehad. Van links is Cailyn de Kock, Lea van den Heever, Gerrit Prinsloo en Abi Correia. Foto’s: Verskaf

Luhandré Bezuidenhoudt (3) van Bloemfontein het Paasnaweek terdeë geniet en het sommer ook Paashaas gespeel. Sy ouers is Yolandé en Lukas Bezuidenhoudt.

Vier vanjaar 80 j. Die tweeling Anne van Aswe­ gen en Joey Ver­ maak (gebore Groenewald) is op 4 Oktober 1934 in Koffiefon­ tein gebore en het ook daar skoolgegaan. Hulle woon albei nou in Bloemfon­ tein en sal van­ jaar hul 80ste verjaardag vier. Tweelinge kan hul foto’s stuur na jens.friis@ media24.com.

Inge Strydom neem vir die volgende twee weke as redakteur van Bloemnuus waar ter­ wyl Jens Friis met verlof is.


BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 3

Jolig met Juanita SUID-AFRIKA se platinumprinses, Juanita du Plessis, vermaak Bloemfonteiners op Vrydag 2 Mei in die Kovsiekerk in Bloemfontein. Inge Strydom het met haar gesels. Hoe voel jy oor al die hoogtes wat jy al in jou loopbaan bereik het? Dit voel elke dag so onwerklik, en ek weet dit is net genade van Bo. Ek is so geseënd met ongelooflike aanhangers.

Maak opgang

Jy het ’n reeks, Country Hart, in Amerika gedoen. Vertel van jou ondervinding. Dit was vyf baie besige weke. Ek het ongelooflike mense ontmoet, pragtige plekke gesien en baie oor die verskillende country-style geleer, maar dit was harde werk en ek het baie na SuidAfrika verlang. Wat sal jou altyd terug na Suid-Afrika toe lok? Die mense, ons kultuur, ons natuur, ons kos en die klimaat. SuidAfrika, my land. Wat moes jy altyd by jou hê op jou toer na Amerika? Baie geduld en gebede, ’n positiewe gesindheid en my gesin. Was dit moeilik om voor ander gehore op te tree? Dit was vir seker ’n uitdaging en met tye senutergend, aangesien hulle nie verstaan wat ek sing nie. Maar dit was baie lekker en die terugvoering elke keer baie positief. Watter van jou liedjies is vir jou die lekkerste om vir Suid-Afrikaanse gehore te sing? Ons Koning kom, Pinkie, Volla! Eintlik moeilik om net ’n paar uit te sonder. Elke liedjie het ’n betekenis vir my. Het jy al ’n blaps op ’n konsert gehad? Daar was ’n paar kere dat ek blapse beleef het. My mikrofoon was al af, ek het eenkeer ’n paar jaar gelede van die verhoog geval en op ’n oom se skoot beland. My broek het ook al in ’n vertoning geskeur. Bloemfonteiners sien baie uit na jou vertoning. Wat kan hulle van jou konsert verwag? ’n Lekker saamkuier- en saam-

Clarise Haasbroek en Bernhard Faasen (van die groep Amen) op die Ghoema­musiekeerbewysgeleentheid. Albei kunstenaars is van Bloemfontein. Foto: Verskaf

Juanita du Plessis tree op 2 Mei in die Kovsiekerk in Bloemfontein op. Foto: Verskaf

singaand. Ek gaan van my ou treffers, sowel as nuwe treffers, sing, en ’n bietjie country. Hoe besluit jy op jou uitrustings vir vertonings? Ek is baie bevoorreg met ’n ongelooflike ontwerper, Roedolf D. Couture. Hy ken my styl en weet presies wat om vir elke vertoning te maak. Waarna sien jy die res van die jaar uit? My nuwe country-album wat oor so ’n paar maande uitgereik sal word. Asook my en Steve Hofmeyr se vertoning in Carnival City op 30 Mei en 1 Junie – Hoogtyd. Wat is jou grootste droom, of het jy dit al verwesenlik? Tot nou was dit om ’n country-album in Nashville op te neem en die album word oor ’n paar maande uitgereik. Môre droom ons weer. As jy nie ’n sanger was nie, wat sou jy wees? ’n Veearts. Hoe ontspan jy? Ek gaan ontspan op ons plaas saam met my gesin en ek hou baie van lees. Wat weet baie min mense van jou? Ek is kleinserig wat my hare betref. As jy R1 miljoen op enigiets

kon bestee, wat sou jy daarmee doen? Ek sou wild koop. Veral in die stadium sables (swartwitpense). Sing jy saam as jy jou liedjies oor die radio hoor? Ja.

Kitsfeite oor Juanita:

Melktert of koeksisters? Melktert. Hakskoene of plat skoene? Plat skoene. Buitelewe-aktiwiteite of ontspanning by die huis? Ontspanning by die huis, maar ook ons plaas. Waar het jy grootgeword? Ek het in Windhoek grootgeword en nou woon ek in Pretoria. As jy jouself in vyf woorde moet opsom, sou dit wees: Koningskind Nederig Lewenslustig Dankbaar Positief ) Kyk na die video van Kaalvoetkind op www.bloemnuus.co.za.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

Dagboek

Vier Bloemfonteiners gaan ter bewusmaking van die nood van honger studente Kaap toe stap. Ntokozo Nkabine, Adéle van Aswegen (albei van die UV), Nico Piedt en Ronél Warner vertrek op 1 Mei te voet van Bloemfontein na Kaapstad ter bewusmaking van die UV se No Student Hungry­beurs (NSH­beurs). Hulle gaan meer as 1 000 km aflê. Die publiek word genooi om op 1 Mei om 10:00 aan ’n 5 km­pretstap by die Universiteit van die Vrystaat (UV) deel te neem om die viermanskap op hul pad te plaas. Wat gebeur wanneer en waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 25 APRIL S Hy het van jongs af die geit gehad om te gaan loer wat anderkant die bult lê en deesdae doen hy dit vir die kykNET-reeks Leef jou reis. Kyk waarheen reis Gerrie Pretorius vanaand op Leef jou reis om 19:30 op kykNET (kanaal 144). S Colours of drought: Uitstalling deur Sandy Thomas by Gallery on Leviseur. SATERDAG 26 APRIL S Die Cheetahs speel om 17:05 teen die Stormers in die Vrystaat-stadion. Adam Tas tree na die wedstryd op. S Idees-tydskrif se werksessie word vir die derde agtereenvolgende jaar by die Bloemskou aangebied. Daar gaan twee klasse deur die Idees-span, Dala Watts en Ciskia Hanekom, aangebied word. Die oggendklas (toukuns) is van 09:00 tot 12:00 en die middagklas (Japanse boekbind) van 14:00 tot 17:00. Elke werksessie kos R250 per persoon. Bespreek by 079-504-3912. S Photography forum, Gallery on Leviseur, 11:30. Kezia, 082-835-2335. S Christiaan Kritzinger, Innie Skuur, R100. S Volksblad se gewilde Kos-en-kunsmark vind oudergewoonte van 09:00 tot 15:00 in die Botaniese Tuin in Bloemfontein plaas. Vandeesmaand se tema is deli-, kaas- en wynprodukte. Die jongspan sal op ’n springkasteel kan baljaar, terwyl Ma hulle op spookasem, roomys en springmielies kan trakteer. Lootjies sal weer ten bate van Volksblad se Ons Gee Om-projek (voorheen die Volksblad-Kersfonds) verkoop word. Toegang is R11 vir volwassenes en R6 vir kinders. Navrae: Bianca Prins by bianca.prins@volksblad.com. S ’n Slypskool vir die Afri-Visie Skryf ’n treffer-kompetisie word van 09:00 tot 17:00 by Innie Skuur aangebied. Bespreek by 073-404-6171 of sm@iafrica.com.

DINSDAG 29 APRIL S Donkermaan. S Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00 by The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-992-3199. S Binnelanders: Sonja moedig At aan om ’n verhouding met Nina te bou, en daar is besliste menings oor die besluit oor Morné. Huisreëls is aan die orde van die dag vir die meisies, en Okkie kry ’n blink gedagte by Ilse. Jana probeer uitvind wat At van haar voorlegging dink, en Margot is bekommerd oor Jana. S Pensioentrekkersdag by Makro: Winskopies wag op afgetredenes op Dinsdae by dié winkel. Makro is ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus. DONDERDAG 1 MEI S Werkersdag. Openbare vakansiedag. S Die fliek Ek Joke Net 2 begin vandag landswyd draai. Lees ’n onderhoud met een van die vervaardigers van die fliek op www.bloemnuus.co.za VRYDAG 2 MEI S Juanita du Plessis, Kovsiekerk, 20:00. R100 by Computicket. SATERDAG 3 MEI S The Arrows by die Ou Presidensie om 18:00. Bel 086-722-7950.

SONDAG 4 MEI S Wil jy hê jou hond moet gehoorsamer wees? Die Dog Training Club kan help. Hulle kom Sondae om 16:00 by die Laerskool Sand du Plessis byeen. Maak gebruik van die ingang in Hippocratestraat. Nelia Smit, smitnelia@gmail.com. S Die NG kerk Hospitaalpark, Mayostraat, het elke Sondag twee eredienste om 09:00 en 18:00. MONDAY, 5 MAY S Yom Hazikaron (Jewish). S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. TUESDAY, 6 MAY S Yom Ha’atzmaut (Jewish). WOENSDAG 7 MEI S Begin van tweede termyn vir onafhanklike skole. S Verkiesingsdag. Die vyfde algemene verkiesing sedert 1994. Die president het dié dag kragtens die bepalings van die Wet op Openbare Vakansiedae (Wet 36 van 1994) tot ’n openbare vakansiedag verklaar om kiesers die geleentheid te bied om hul stemme uit te bring. DONDERDAG 8 MEI Gholfdag. Die Laer Meisieskool Oranje bied ’n beterbal-Stableford (kiesspel) by die Bloemfontein-gholfbaan aan. Dit kos R250 per persoon. Abel Bezuidenhout by 083-309-8733.

SONDAG 27 APRIL S Vryheidsdag. Openbare vakansiedag. S Mandela – His Life and Legacy, National Geographic Channel (kanaal 181) om 20:05. S Bloemskou bied vanjaar die eerste keer ’n gospelfees met Onbeskaamd, Thabo Hlongwane, Nedine Blom en Joe Niemand aan. MAANDAG 28 APRIL S Dit is ’n openbare vakansiedag omdat Vryheidsdag op ’n Sondag geval het. S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20.

S Die Bloemskou word van 24 April tot 3 Mei op die skouterrein aangebied en vanjaar is daar net twee dae wat nie skoolvakansiedae is of oor ’n naweek val nie. Daar is heelwat nuwe aktiwiteite soos die Bloemskou-talentsoek-kompetisie waarvoor daar die laaste tyd uitdunrondes gehou is. Die tien finaliste tree op 24 en 26 April op. Gesinne en vriende kan hulle ook vir die Crazy Olympics en 2-in-1-hindernisbaan inskryf. Besoek bloemskou.co.za vir meer inligting.

Adam Tas tree môre ná die Cheetahs se wedstryd teen die Stormers (17:05) in die Vrystaat­stadion by die Castle Deck op.

VRYDAG 9 MEI S Die Hoërskool Fichardtpark vier sy 30ste bestaansjaar met ’n reünienaweek. Bel Iselma Parkin, 082-568-5579 vir meer inligting en ook vir die feesprogram. S NG gemeente Heuwelsig hou hul weeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00. Frances Wessels, 051-436-5218. S Volksblad se jaarlikse Vroue-oggend. Vanjaar sal die sanger Chris Chameleon die vroue vermaak, terwyl daar aan ’n heerlike ete gesmul word. Brenda Myburgh sal as seremoniemeester optree en elke vrou sal ’n geskenkpak kry. Die oggendparty, wat in samewerking met GWK en Chevrolet aangebied word, begin om 08:30 by die Woodlands Function Venue. Kaartjies kos R300 per persoon en is by Spotted Apple beskikbaar. Skakel 051-447-1086.


BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 5

Leserslens Ilze van Rooyen het dié foto onlangs by die Windmill­casino­en­vermaaklikheidsen­ trum geneem. Met die foto is Ilze ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die casino ryker. Stuur gerus foto’s na jens.friis@media24.com. Digitale foto’s moet groter as 1 MB wees. Daar word voorkeur gegee aan foto’s wat in Bloemfontein geneem is. Vorige wenfoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien. Foto: Ilze van Rooyen


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

Getroud

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Lesly­Ann en Morné van Niekerk.

Levert en Janice Solomons.

Foto: Appelliefie Art & Photography

Foto: Luzel Nel


BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 7

‘Bloemen lêka’ hier

Speel-speel Olimpies Lientjie Mentz

CRAZY OLYMPICS word vanjaar die eerste keer op die Bloemskou aangebied. Die R & R Crazy Olympics word op Sondag 27 April van 10:00 tot 16:00 in die Vertical Signs-hoofarena gehou. Ruan Viljoen van R & R Events verduidelik die Crazy Olympics is ’n prettige geleentheid waarop familielede en vriende in spanne van vier om ’n prys meeding. Die Crazy Olympics bestaan uit tien verskillende nommers soos sakresies en ski-hardloop waarvoor die spanne punte kry. Die span wat aan die einde van die ronde die meeste punte kry, wen ’n prys. Spanne wat hulle vir die Crazy Olympics wil inskryf, kan vooraf plek bespreek, maar beperkte plek sal ook op die skou beskikbaar wees. Die inskryfgeld vir ’n span van vier lede is R100. S Bespreek vooraf plek by Viljoen by 076-573-4044 of stuur ’n e-pos na ruanviljoen69@hotmail.com.

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 Media Corner 100114/A/R

KORT ná Paasnaweek begin die pret in Bloemfontein éérs met die jaarlikse Bloemskou wat vermaak vir oud en jonk bied. Vanjaar se slagspreuk is nie verniet nie: Bloemen lêka Bloemskou! Hier is enkele van die hoogtepunte waarna besoekers vanjaar kan uitsien: ) Die grootste opelug-saalperdskou ter wêreld met sowat 910 perde: 21 tot 26 April. ) Die Boerwindhondskou op 26 April in die hoofbeesring. ) Die Toyota-afslaerskompetisie op 29 April in die Pepsi-teater. ) Die tweede nasionale SA Stamboek/ Vleissentraal-bulgroeitoetskompetisie op 29 April in die hoofbeesring. ) ’n Motiveringsontbyt vir landbouers met Claude Moller op 30 April (09:00 tot 12:00) in die banketsaal – bespreking by Veeplaas. ) Die MTN-4x4-demonstrasiebaan met daaglikse demonstrasies en saamrygeleenthede om 11:00 en 15:00. ) Die Makro-uitstallings, daaglikse demonstrasies en spesiale aanbiedings in die Violetsaal. ) Die CMW Back to Back-skeer-, -spin- en -breimarathon op 26 April ten bate van die Athalia-tehuis vir bejaardes in Bloemfontein. ) Die Marlin Kiddies-ruimte oorkant die hoofarena aan die landboukant bied daagliks aktiwiteite soos sing, dans, bal speel en inkleur aan. Die twee karakters Mandy en Mickey lewer ook daagliks ’n produksie oor hoe om pret te hê wanneer jy leer. ) Skeerdemonstrasies daagliks van 27 April in die skeertent. ) Minute-to-win-it en kinderspeletjies op 28 April en 1 Mei van 13:00 tot 15:00 op die Pick n Pay-verhoog. ) Tjiff en Tjaff-karakters van kykNET met kindervertoning op 30 April om 17:30. ) Ronald McDonald op 1 Mei om 10:00 en 2 Mei om 11:30. ) Kinderkoekversierkompetisie saam met tannie Magda van Kokkedoor op 2 Mei om 14:00. ) Dairy Corporation-melkhalfuur – daagliks in die Melkstal om 17:30 – melk ’n koei en proe van die melk. ) Grootste kreatiewe handwerkafdeling in Suid-Afrika wat vanjaar meer as 2 500 inskrywings gekry het. Besoek www.bloemskou.co.za vir datums en tye van demonstrasies in weef-, laslap- en kwiltwerk, asook kreatiewe breiwerk. ) Die tydskrif Idees bied werksessies in toukuns en Japanse boekbind op Saterdag 26 April om 09:00 en 15:00 aan. Kaartjies kos R250 en is by Spotted Apple by 079-5043912 beskikbaar. Kaartjies sluit skoutoegang in. ) Die Vodacom-treintjie met ’n roete op die skouterrein. ) Die Troeteldiersaal met wilde voëls, hoenders, kouvoëls, papegaaie, sierduiwe en ’n dieretuin. ) Pretparkritte. Onthou die gratis kaartjie per leerling van 6 tot 11 jaar op Sondag 27 April. Daar is ook ’n spesiale prys van R100 vir onbeperkte ritte tot 20:00 op 24 en 30 April – vierwielmotorfietse en stampkarre uitgesluit. Meer as 100 000 besoekers besoek oor tien dae die Bloemskou met sowat 450 uitstallers in uitstalsale en buiteruimtes. Kom geniet ’n Bloemen Lêka-skou op die Bloemskou-terrein. Besoek www.bloemskou.co.za vir meer inligting.

www.bloemnuus.co.za

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 9


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

PROMOTION

Retailer open LIFE’S COMFORT SOLUTIONS, a leading retailer and established brand in Lesotho, announced the opening of its first store in Bloemfontein. Located in Bloem Plaza, adjacent to Fashion World, the store boasts a variety of goods such as electrical appliances, footwear, homeware, cellular equipment and electronics. The store opened on Thursday, 10 April. Life’s Comfort Solutions (or LCS) has been trading in and around Lesotho for the past 13 years. With six existing branches in the land-locked country of Lesotho, their recently established long-term

PERSOONLIKE DIENSTE

strategy is to open five branches every year for the next five years in Southern Africa. With each of these branches serving a different market, LCS Bloem Plaza is set to cater for the middle- to lower-income bracket of the Bloemfontein market by offering them a range of goods for their home and lifestyle whilst not having to pay a fortune for it. Official trading hours will be from 09:00 to 18:00 from Mondays to Fridays and 09:00 to 15:00 on Saturdays. The store will be closed on Sundays and public holidays. For more information, visit the website www.lifescs.net or like it on Facebook.

At the opening were from the left Nkare Thelejane (managing direc­ tor), Agnes Pakela (area manager) and André Bothma (chairman of the board of directors). Photo: Supplied

BETREKKINGS

TE KOOP

3600

FUNKSIES & KONFERENSIES

ALLERLEI

ALGEMEEN 3680

1655

1425

Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211. Jaco 079 603 9374 of Danie 076 757 4972.

WERK van die huis af, poste, ens. SMS na: 072 992 0066 of tvanderwalt37@gmail.com

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

ALGEMENE & HUISDIENSTE

KRUIEKENNER 1435

DR AZIZ Experienced doctor who have helped lots of people already. He is back to solve all your problems. •Bring back lost lover •Penis enlargement •Lotto and casino (win) •Financial problems •Court cases Call Dr Aziz. For quick and effective results. 081 870 8842.

LENINGS 1445

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.

BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

EIENDOMME WOONSTELLE TE HUUR 3250

1-SLK-WOONSTEL: Beskikbaar 1 Junie by Sewe Damme. R3 800 p.m. Slegs persone bo 50 jaar. %079 884 2055.

TE KOOP 3201

HOUSES FOR SALE: Direct from owner. Bloemspruit. %Anamarie 079 745 2441.

HUISE TE KOOP 3275

Heidedal: R750 000. 3 bedrooms, 2 bathrooms Newly built house with modern finishing. This house is conveniently situated close NEED LOANS up to R120 000 to Bloemspruit police station. or cellphone contract or Please call Eben funeral policy? Cell Emely: 079 874 1202 for more 083 753 0070. information.

122 C SAVVA Boedel wyle: Charalambos Savva Meesterverwysingsnommer: 120/2014 Boedel van wyle Charalambos Savva, identiteitsnommer 240816 5024 087, pensionaris, van Damonos 24, Bridge House, Block B, Flat number 902, Limassol, Cyprus. Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf Vrydag 25 April 2014. Naam en adres van eksekuteur of agent: LB Saffy, Honey Prokureurs, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Tel: 051 403 6600

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

SOEK, KOOP, VERKOOP

SMALLS NOTICE

122 CW LIEBENBERG Boedel wyle: Cornelia Wilhelmina Liebenberg Meesterverwysingsnommer: 003044/2013 Boedel van wyle Cornelia Wilhelmina Liebenberg, identiteitsnommer 330311 0016 081, pensionaris, van De Wallweg 15, Ehrlichpark, Bloemfontein. Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf Vrydag 25 April 2014. Naam en adres van eksekuteur of agent: LB SAFFY, Honey Prokureurs, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Tel: 051 403 6600.

122 J LABUSCHAGNE KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDEL: Alle persone met vorderinge teen ondervermelde boedel moet dit binne 30 dae (of soos aangedui) vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke eksekuteur inlewer. Meesterskantoor: Bloemfontein Van: Labuschagne Voorname: Jeanette Identiteitsnommer: 530729 0104 086 Laaste adres: Hillandale Health Care Centre, Woodland Hills Boulevard, Groenvlei, Bloemfontein Datum oorlede: 9 Februarie 2014 Naam en adres van die eksekuteur/gevolmagtigde: APS Fiduciary Services (Pty) Ltd Me. P.J. Kotze Posbus 100868 Moreleta Plaza 0167 Tel: 012 x 997 2268 Tydperk toegelaat vir die indien van vorderings, indien anders as 30 dae: Adverteerder: APS Fiduciary Services (Pty) Ltd Me. P.J. Kotze Posbus 100868 Moreleta Plaza Tel. 012 x 997 2268.

122 JS FOURIE Boedel wyle: Joseph Stephanus Fourie Meesterverwysingsnommer: 3026/2013 Boedel van wyle Joseph Stephanus Fourie, identiteitsnommer 231013 5017 086, pensionaris, van Hippocrateslaan 37, Hospitaalpark, Bloemfontein 9301. Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf Vrydag 25 April 2014. Naam en adres van eksekuteur of agent: LB SAFFY, Honey Prokureurs, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Tel: 051 403 6600

122 MM RAMANAMANE In die boedel van wyle Maselehe Minnie Ramanamane, identiteitsnommer 431110 0414 082, getroud binne gemeenskap van goedere met Pitso John Ramanamane, in lewe woonagtig by Mokolokostraat 7240, Rocklands, Bloemfontein, boedelnommer 001287/2014. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 25 April 2014. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB SAFFY, Honey Prokureurs, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Tel: 051 403 6600. Faks: 051 403 6714.

BETREKKINGS

Navrae 051 404 7798 VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 11

Visier op spele Marisa Fockema

Neels Bornman (38), ’n optometris in Bloemfontein, het verlede week puik presteer op die Internasionale Skietsportfederasie (ISSF) se Wêreldbekerbyeenkoms in Tuscon, Arizo­ na. Foto: Verskaf

’n OPTOMETRIS van Bloemfontein het puik gevaar op die Internasionale Skietsportfederasie (ISSF) se Wêreldbekerbyeenkoms in Tuscon, Arizona. Neels Bornman (38) het verlede week in die Olimpiese gragskiet-afdeling ’n 20ste plek onder die voorste 80 skuts oor die wêreld heen behaal. Hy is nou Suid-Afrika se nommer een in dié afdeling. Hoewel dit die vierde keer is dat hy aan die Wêreldbekerbyeenkoms deelneem, het hy nog nie voorheen so goed gevaar nie. Hy het ’n uitstekende algehele telling van 114 uit 125 behaal. Dit is meer as die Olimpiese kwalifiserende standaard van 112

uit 125. Hy beklemtoon egter dat die kompetisie nie maklik was nie. “Vir ’n sportman is dit baie moeilik om in ’n ander tydsone mee te ding. Arizona se tydsone is nege uur agter Suid-Afrika s’n. Dit neem dus minstens ’n week om daaraan gewoond te raak. “Jou tegniek moet goed wees en jy moet baie goeie beheer oor jou konsentrasie en denke hê.” Bornman skiet al vandat hy 12 jaar oud is. Sy pa, Neels sr. , was in 1992 op die Olimpiese Spele in Barcelona. Hy hoop nou om in sy pa se voetspore te volg en in 2016 vir die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro te kwalifiseer.

Sacrifice, sweat and joy Oteng Mpete COMPLETING the gruelling Two Oceans Marathon twice is a feat that requires extreme courage and endurance. For Bloemfontein born and bred Tshiamo Tlhomelang (25) this feat was accomplished over the Easter weekend. Tlhomelang works for Old Mutual Group Schemes as a financial adviser. His main goal going into the marathon was to encourage young soccer players and runners to take their sporting activities seriously. As an old boy of Grey College he was taught that in sport “a champion is someone who gets up when he cannot, more importantly when the occasion demands it. A Grey boy will always come up to the scratch”. Bloemnews asked him a few questions about his Two Oceans experience. As a first-time participant in the 56 km Two Oceans Ultra Marathon there is a number of things one should do before the race. Mention a few. Carbo loading is very important for long-distance runners. Foods such as pasta, rice and potatoes that contain lots of carbohydrates have to be consumed weeks before the race and the night before, because they serve as a great source of energy during the race. It is also vital to get at least eight hours of sleep before the race.

How many hours did it take for you to complete the marathon? It took me exactly 6 hours 28 minutes and 45 seconds to finish the race. Is the support of friends vital in such a gruelling race? Yes, the support of friends and loved ones along the route was very important. Friends like Nonqebo Dlamini, Likeleli Mphutlane and most importantly inspiration from my number-one supporter Disebo Emily Moleko was critical, especially towards the last 10 km of the race. When I saw my numberone supporter cheering for me on the sidelines, I felt like I could go on for another 50 km. Did you achieve all the milestones you had set for yourself? Yes, I was able to do that. Two of my major milestones were ensuring that I ran past the 28 km mark under three hours, I did it in 2:54:26. The second was going past the 50 km mark under six hours which I managed to run in 5:47:48. The target I had set for myself was to finish the marathon under 6 hours 30 minutes, which I managed to do comfortably. Most people have a lucky charm or follow a strict routine before they start a marathon. What do you do? I do have a lucky charm. I

usually walk around like a headless chicken in a quiet area and think about all the training and sacrifices I had to endure prior to this day. Leading up to the marathon, did you change your diet? To be honest, my diet never changed. I did not stop eating my “pap ’n vleis”, what we call Chesa Nyama, especially on weekends. Did you not get hungry running for that long? Oh yes, when I reached the 52 km mark my stomach started making funny noises. It sounded like the Soweto Gospel Choir in there. Fortunately they provided us with some snacks and refreshments during and after the race.

mind after finishing the race: addicted. When I crossed the finish line I knew for a fact that I was coming back again next year. What’s next for you? To run the Two Oceans Marathon in 2015 simply because I am addicted to it now. My goal is to complete it in a quicker time than I did this year. Any parting words of wisdom and encouragement for people interested in marathon running? All I have to say is: Run your race. Do not be bothered about the people in front or behind you.

At the starting point of the race at 05:00. From left are Tshiamo Tlho­ melang, Pali Motloung and Mvula Seroto. Photos: Tshiamo Tlhomelang

Did you get any sleep the night before the race? Were you nervous? Yes, I did. As I mentioned earlier, getting eight hours of sleep is very important. I was not that nervous until I woke up that morning and asked myself: “Why am I running this race?”. That was when the nerves kicked in. Describe what it felt like finishing the race. Words cannot even express how I felt after crossing the finish line. My body was in pain and I could not even think straight. There was actually one word that crossed my

Die leerlinge van die Laerskool Universitas (Tjokkies) het aan die Maths League Challenge, wat by die Hoër­ skool Eunice gehou is, deelgeneem. Die Tjokkies het die spanbeker vir die gr. 7­groep gewen. Vier leerlinge was in die toptien. Van links is, voor: Anzel van der Walt (vierde), Liané Kleynhans (eerste) en Lize de Wet (tweede); agter: Reghardt Liebenberg (sesde), Matthew Nel en Johan Rossouw. Foto: Verskaf

Taking hands in prayer before the start of the marathon. From left are Mvula Seroto, Likeleli Mphutlane, Tshiamo Tlhomelang and Pali Mot­ loung.


Bfn-vrou draf ander vroue-atlete in stof Rufus Botha TWEE Bloemfonteiners en ’n legendariese oud-Bloemfonteiner het Saterdag in die Twee Oseane-ultramarathon (56 km) die Rosestad se vaandel hoog laat wapper. Dié drie het elkeen ’n skitterende prestasie gelewer. Bloemnuus neem die drie atlete se vertonings in oënskou volgens die plekke wat hulle behaal het – nie dat dit enigsins ’n maatstaf is van wie die beste vertoon het nie. Paulina Njeya (Toyota) het weer bewys sy is die beste senior vroue-ultramarathon- en marathon(42,2 km) atleet wat die Vrystaat nog opgelewer het. Die 36-jarige Njeya was Saterdag Suid-Afrika se eerste vrou oor die wenstreep en het die beste vertoning van haar loopbaan gelewer toe sy vyfde algeheel geëindig het. Slegs twee Russe, ’n Ethiopiër en ’n Lesothoburger, kon Njeya, wat 3:50:48 aangeteken het, troef. Die naaste Suid-Afrikaner aan Njeya was Ntombesintu Mfunzi (4:00:52) wat meer as tien minute ná haar geëindig het. Toe ’n gejuig by die eindpunt weergalm het, het ’n mens geweet net een atleet is naby die eindstreep – die voormalige Bloemfonteinse wêreldklasatleet, die 47-jarige Zola Budd Pieterse.

Die 36­jarige Njeya was Sater­ dag Suid­Afrika se eer ste vrou oor die wenstreep en het die beste ver­ toning van haar loopbaan gelewer toe sy vyfde alge­ heel geëindig het.

Die Bloemfonteinse langasem Paulina Njeya was Sa­ terdag die eerste Suid­Afrikaanse vroue­atleet wat die moordende Twee Oseane­ultramarathon (56 km) in Kaapstad voltooi het. Sy was vyfde van die vroue­ atlete. Foto: Johan Roux Budd het ’n ongelooflike tyd behaal vir iemand wat “slegs deelneem om dit te geniet”. Sy het algeheel 11de van die vroue in ’n kookwatertyd van 4:07:58 geëindig. Budd, wat die Rosestad vir Suid-Carolina (Amerika) verruil het, se atletiekintelligensie was kenmerkend. Sy het die 28 km-kerf

22ste algeheel van die vroue bereik. Ná nog 14 km het sy die marathonafstand (42,2 km) in die 15de plek bereik. Sy was eindelik net 26 sekondes agter die Zimbabwiër Samukeliso Moyo wat die laaste goue medalje in die vrouewedloop opgeraap het. Slegs twee Suid-Afrikaanse vroue, Njeya

(vyfde) en Ntombesintu Mfunzi (agtste), kon haar troef. Njeya (3:50:48) is meer as tien jaar jonger as Budd Pieterse en Mfunzi (4:00:52), wat 15 jaar jonger is, was nie ligjare voor haar nie. Die 73-jarige Willemien Smuts (Pentagon Pistols) het die wedloop die 22ste keer voltooi. Sy was die enigste atleet van die vroue wat ouer as 70 jaar is wat onder die toelaatbare tyd (7 uur) klaargemaak het. Met haar puik tyd van 6:09:14 het sy meer as 50 minute gerus voordat die eindskoot eindelik geklap het. Daar was 19 vroue wat in die afdeling vir vroue 60 tot 69 jaar meegeding het en sy het nie minder nie as 11 van die “jongelinge” geklop. Sy sou met ander woorde agtste in dié afdeling geëindig het. Let wel, nie een van die genoemde agt atlete is ouer as 61 jaar nie – dit maak dit 12 tot 13 jaar jonger as Smuts.

Sien nog nuus en foto’s op Bloemnuus se webtuiste www.bloemnuus.co.za

Wen Truida Kestell-tennistoernooi Die o.11A­span van die Meisieskool Oranje het die Truida Kestell­ tennistoernooi in Bethlehem gewen. Van links is Miné Bosman, Li­ né Greyling, Kristen Fichardt en Christine Kruger.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.