VRYDAG 2 MEI 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Skolenuus
Ons mense
Sport
Tralies leef só hul passie uit
Elsje vertel van lewe in Doha
VS-vroue maak skoonskip
bl. 9
bl. 4
bl. 12
(Meer)kat se snor Susna Botha het dié twee ses maande oue meerkatte, Kiepie en Kandas, afgeneem waar hulle luilekker op die instrumentpaneel ontspan het. Hulle was op pad Boshof toe vir hul eerste hondsdolheidinentings. Foto: Susna Botha
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014
Wel en Wee
DIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is onlangs oorlede: * Stienie Venter (gebore 1947); * Gerda Meuleman (gebore 1925); * Martha Pretorius (gebore 1933); * Gerrit van Tonder (gebore 1953); * Jan Myburgh (gebore 1936); * Schalk van der Sandt (gebore 1955); * Riekie Griessel (gebore 1943); * Valari Saunders (gebore 1924); en * Sallie Gous (gebore 1952).
S Op 19 Junie word Zelda la Grange se boek Goeiemôre, mnr. Mandela by Penguin Suid-Afrika uitgereik. Die Engelse uitgawe, Good Morning, Mr Mandela, word wêreldwyd deur Penguin Books Verenigde Koninkryk uitgegee en word ook in Suid-Afrika versprei. Dit is die uitsonderlike verhaal van ’n jong vrou wie se lewe en alles waarin sy geglo het, deur die grootste staatsman van ons tyd omgeswaai is. S ’n Motorfietsryer van Bloemfontein is verlede week in die stad dood nadat hy onder ’n motor beland het. CC Gouws (62), ’n werker van Transnet, was omstreeks 07:30 op pad werk toe toe hy beheer oor sy rooi Honda-motorfiets verloor het. Die ongeluk het op die hoek van Harvey- en Kerkstraat gebeur. S Stompie Olivier van Boer Soek ’n Vrou-faam het vanjaar sy holstein-beeste op die Bloemskou vertoon. Hy het ses maande lank in Kanada gewerk om te leer hoe om skoubeeste vir kompetisies gereed te kry.
S Die span agter die nuwe Afrikaanse fliek Die Windpomp het onlangs ’n draai by die Kovsies se dramadepartement in Bloemfontein gemaak as deel van die bemarkingstoer vir die fliek. Etienne Fourie, die skrywer en regisseur, het die volgende oor hul kuier by Kovsies te sê gehad: “Ek was effens senuweeagtig op pad daarheen. Dit is maar ’n effense ‘scary’ ding om jouself aan ’n groep vreemdelinge voor te stel. Ek was nie seker hoe die studente sou reageer nie, maar ek kan nie genoeg beklemtoon hoe wonderlik hulle was nie.” Die Windpomp het verlede week landswyd in teaters begin draai. S Wyle oudpres. Nelson Mandela se borsbeeld is Maandag voor die Nasionale Vergadering by die Parlement in Kaapstad onthul. President Jacob Zuma het gesê die onthulling van die Mandela-borsbeeld weerspieël hoe ver Suid-Afrika sedert 1994 gekom het. S Charné Kemp, Volksblad-verslaggewer, se boek Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel oor die Griekwastadmoorde is Woensdag uitgereik.
S Steven Wessels (24), ’n student in meganiese ingenieurswese aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (Vrystaat), se lyk is Dinsdagoggend in Welkom by die Torontopan, naby die Unicorn-perdestalle gevind. Hy het hom vermoedelik met sy pa se pistool in die hart geskiet. Hy het ’n rugsak, wat vol klippe gepak was, op sy rug gehad. Steven het die Paasnaweek in Welkom by familie gekuier. Sy verdwyning is eers verlede Donderdag ontdek toe sy motor langs die tennisbane van die St. Andrew-skool in Limpopostraat in St. Helena gevind is.
Little Maya Grace (six months) came all the way from Surrey in England with her parents to meet her South African family in Bloemfontein and to celebrate her greatgrand mother’s 87th birthday. Her mother, Rochelle Jackson, moved to England seven years ago. From the left is Maya’s grandmother Lyn Malherbe (62), her greatgrandmother, Pat du Plessis (87), and her mother, Rochelle Jackson (32). Photo: Inge Strydom
Spontaan bied groot pryse VANJAAR kan die Spontaan-wenner na dié pryse uitsien: ) SpecSavers: pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteitsen-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die
Maak ’n verskil in een van die kinders se lewe deur ’n R20skenking te doen en só ’n kans te staan om die eienaar van die Chevrolet Spark Campus te word. Kaartjies kan by Engo se stalletjie in die Tulipsaal op die Bloemskou gekoop word.
Projek help kinders DIE Vir Ons Kinders-projek ten bate van Engo se behoeftige kinders in die Vrystaat begin die week die sesde keer op die Bloemskou. Maak ’n verskil in ’n kind se lewe deur ’n kaartjie van slegs R20 te koop en só ’n kans te staan om ’n Chevrolet Spark Campus van R112 400 te wen. Kaartjies kan by Engo se stalletjie in die Tulipsaal op die Bloemskou gekoop word. Ná die skou sal kaartjies by alle
Engo-kantore en -sentrums in die Vrystaat te koop wees. Die sluitingsdatum van die kompetisie is 23 November. Vyf finaliste sal op 9 Januarie 2015 met die hulp van PwC aangekondig word. Die finale trekking is op 23 Januarie 2015 in Bloemfontein. Die motor sal onder meer op Volksblad se Kos-en-kunsmark, die Vryfees in Bloemfontein, die Kersiefees in Ficksburg en in verskeie winkelsentrums oor die Vrystaat heen gesien kan word.
Vanjaar se borge is Imperial GM Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad se sentrale plaaslike koerante. Engo se Kinder- en Jeugsorg (vroeër bekend as die kinderhuise) is ’n nie-winsgewende organisasie wat kinders heeltyds versorg wat deur die kinderhof uit hul ouerhuise verwyder is. Vir meer inligting oor die Vir Ons Kinders-projek en kaartjies in jou streek, skakel 051-407-7222 of besoek www.engo.co.za.
skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die gesamentlike waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner ter waarde van R4 500. ) Hou Bloemnuus dop vir inligting oor wanneer oudisies in Bloemfontein gehou gaan word.
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 3
Buiten in Bloemfontein word Bloemnuus ook in 'n twintigtal dorpe in die Vrystaat en NoordKaap (waaronder Trompsburg op dié foto) versprei. Al die dorpe is in 'n 225 kmradius van Bloemfontein. As jy dus in Bloemnuus adverteer (0514047798), sien mense van oral dit raak.
Dawie Roodt (middel) en Adrie Albertyn (links agter) skoolhoof van die Laer Meisieskool Oranje saam met die skool se leerlingraad op ’n sakeontbyt wat die leerlingraad aangebied het. Foto: Vida Booysen
Suid-Afrika beleef aftreekrisis – Roodt Vida Booysen
SUID-AFRIKA beleef ’n aftreekrisis, omdat mense te laat vir hul afrede begin voorsiening maak. Dít is die waarskuwing wat Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, op ’n sake-ontbyt van die Laer Meisieskool Oranje gerig het. Hy sê 51% van die afgetredenes in Suid-Afrika kan nie geldelik die mas opkom wanneer hulle aftree nie en 53% help nog hul kinders geldelik wanneer hulle aftree. “Voorsienning vir pensioen is nie ’n ‘oumensding’ nie – dit is ’n jongmensding, en jong mense behoort reeds van 23 jaar af vir
hul aftrede te begin spaar,” sê Roodt. “As jy vyf jaar gewerk het, moet jy reeds een jaar se salaris gespaar het en die meeste mense begin eers op 28 jaar vir hul aftrede spaar.” Die lewensverwagting het die afgelope jare dramaties toegeneem en Roodt het daarop gewys dat van die kinders wat die oggend in die skoolsaal was, eendag ouer as 120 jaar kan word. “Ons gaan langer moet werk en langer op ons pensioengeld lewe. Dus moet ons voorsiening maak daarvoor om langer vir onsself te sorg.” Die gemiddelde aftree-leeftyd
vir vroue is in die stadium 23 jaar en vir mans 18 jaar, maar dit verskil van land tot land. “Navorsing wys ’n mens se maksimum verdienvermoë is tussen 50 en 55 jaar. “Soos mense langer leef en werk, verskuif die kruin ook na ’n hoër ouderdom.” Hy het ’n beroep op mense gedoen dat die ouderdom van 60 jaar waarop mense vir staatspensioene kwalifiseer, verhoog word en dat mense nie op daardie ouderdom moet aftree nie. “As jy 60 jaar oud is, is jy nog glad nie oud nie en ons land het daardie ondervinding in sy werksmag nodig.”
Vir meer foto’s en nuus besoek Bloemnuus se webwerf by www.bloemnuus.co.za
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014
Tuis in Doha
ELSJE EBING WATKINS woon in Doha, die hoofstad van Katar, in die Midde-Ooste. “Adam, my man, het in Augustus 2009 ’n werkaanbod hier ontvang en ek het vier maande later gevolg. Dit is ’n groot stap om so iets te doen; jou land vir ’n ander plek in die wêreld te verlaat.” Elsje het Theonie Kok meer oor hul lewe in Doha vertel. Wat doen jy daar? Ek is ’n gr. 2-onderwyser en die skool se gr. 2-koördineerder en geniet dit ongelooflik baie. Waar woon julle? Ons woon in Al Wakrah, ’n voorstad van Doha.
Hoe leef jy jou kultuur daar uit? Ons skep gedurig die geleentheid om ons kultuur aan die kook te hou. Ek praat elke dag Afrikaans met my man en ons vriende en kollegas. Sascom is ’n groep wat gestig is en ook op Facebook (http://www.facebook.com/sascom.exec) beskikbaar is waarop Suid-Afrikaners met mekaar kan gesels en raad kan gee. Dit is gewoonlik dié groep se bestuur wat die geleenthede reël en almal bymekaarbring. Ek was al op ’n optrede van Arno Jordaan en Barry Hilton. Ons het selfs al boereworskompetisies hier gehou. Hoe is die weer? Ons het lieflike weer in die winter – September tot April – dit is soos Bloemfontein se herfs. Die oggende is so 13 °C en op ’n warm aand word dit so 30 °C. Herfs en winter in Katar is van September tot April. Die oggende is koel, so 13 °C, en die maksimum so 30 °C. Lente en somer is van Maart tot Augustus. Glo my, dit is vrek warm. Dit raak so erg, jy voel kompleet asof die vog uit jou oë verdamp en jou oë wil uitval. Ons hardloop van gebou tot gebou om die fel son te probeer ontwyk. Elke gebou is darem met lugversorging toegerus. Op ’n lekker oggend is dit so 25 °C en dan klim die kwik
ELSJE EBING WATKINS woon in Doha, Katar. Hier is sy saam met haar heel eerste gr. 2klassie.
Ons mense in die vreemde sommer vinnig tot meer as 50 °C. In die somer is die stofstorms die ergste. Jou hele huis is vol stof; dit laat my aan ’n plaas in die Karoo dink – as die vlaktes so droog lê en die wind die stof skep. Die storms hier is egter gevaarlik, baie gevaarliker as mis op berge. Het jy maklik nuwe vriende gemaak? Ja! Afrikaans is soos ’n brandalarm: Jy hoor dit waar jy ook al in ’n winkelsentrum, op ’n formele geleentheid of langs die rugbyveld is. Vriende kom en gaan egter weens werkkontrakte wat verstryk of beter geleenthede wat in ander lande opduik. Hoe verskil Doha van Bloemfontein? Die klimaat hier is heeltemal die teenoorgestelde as in Bloemfontein. Hier word dit vrek warm. Hier is baie winkelsentrums en omdat dit so warm is, vlug almal daarheen. Die verkeer is erg en soms is ons huishenne, want dit neem jou soms twee uur om net 15 km te ry.
kan gaan. My man was die worship-leier van ’n Al Shamalkerk hier in Doha, maar ons is nou deel van die Doha Fellowship.
Wat maak dit beter of slegter om daar te woon? Die beste is die veiligheid en die lewenskoste is laer as in Suid-Afrika. Die sleg is egter dat ek my familie min sien. Noem ’n paar van die vreemde en interessante tradisies in Katar. Hier is nie wors nie . . . altans nie soos ons dit ken nie. Hulle noem dit kufta en dit is maalvleis gemeng met kruie en speserye saamgepers in ’n worsievorm en word dan oor die kole gebraai. Een ding waaraan ek steeds nie gewoond is nie, is om my skoene by die deur uit te trek. Ek giggel elke keer as ek ’n klomp skoene voor iemand se deur sien. Die Katarmans en -vroue dra hul tradisionele drag wanneer hulle in die openbaar verskyn – die wit thobe vir die mans en die swart abayha vir die vroue. Sommige se kop word met ’n bourga of shayla bedek en ander ontbloot net hul oë. Die mans dra ’n wit kopdoek (gutra) met ’n swart tou wat ’n agal genoem word. Wanneer die mans mekaar groet, druk hulle hul neuse teenmekaar. Die vroue groet met die hand of druk hul wange teenmekaar.
Foto’s: Verskaf
Watter lewensles het jy daar geleer? Vertrou niemand nie. Vriendelikheid kos niks nie. Leer meer tale aan. Vertrou op die Here, altyd. Waarna verlang jy? Ek verlang na regte Suid-Afrikaanse biltong en droëwors. Vars lug. Koue oggende. Samesyn met goeie, ou vriende en familie. Ek mis ’n naweek van Vrydag tot Sondag. Ek mis ’n blou Maandag. Ek mis plaasmense . . .
Wat word as slegte en goeie maniere beskou? Om in die publiek te spoeg is slegte maniere, jy word met R1 000 beboet. Vroue word met groot respek behandel en vuil taal en lelike handgebare is taboe. Jy moet ook eers toestemming vra voordat jy sekere plekke en mense mag afneem. Is julle by die kerk betrokke? Die mense hier is Moslems. Hier is baie kerke waarheen Christene
Gunsteling-eienskap van die inwoners van Doha? Vriendelikheid en gasvryheid. Slegste eienskap van die inwoners? Hulle bestuur nie goed op die besige paaie hier nie. Gunsteling-gereg? Shwarmas. Gunsteling-plek? Natuurlik die malls. Nee, ek spot, die Souq Waqif. Dit is soos ’n buitemark met kosstalletjies, ’n restaurant en allerlei artikels. Dit is soos ’n vermenging van die ou en nuwe.
Gaan lees op www.bloemnuus.co.za ’n onderhoud met Theonie Kok oor haar ervaring in Ierland.
Het jy maklik aangepas? Aanpassing is ’n aardige woord. Ons Suid-Afrikaners laat ons mos nie sommer onderkry nie en met God se genade en omdat my ouers my selfstandig grootgemaak het, het ek vinnig aangepas. My man was gelukkig reeds hier en kon my touwys maak. Deur hom het ons ander Suid-Afrikaners ontmoet wat ons gehelp, gewaarsku en raad gegee het. Ons ondersteuningsraamwerk is nou goed vasgelê – hulle is sout-vandie-aarde-vriende – ons Katar-familie.
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 5
Mars van Naval Hill nagevors Mart-Mari Duvenhage en Dawie van Jaarsveldt DIE eeue oue vraag of daar lewe op ander planete is, en spesifiek op Mars, het die mensdom nog altyd aan die wonder. Op 8 April het daar ’n Mars-opposisie plaasgevind. Dít gebeur elke 26 maande wanneer die son, aarde en Mars in ’n reguit lyn lê. Op 14 April was Mars die naaste aan die aarde in ses jaar (’n skrale 92,9 miljoen kilometer). Hierdie gebeure het weer die nuuskierigheid geprikkel oor of daar nie dalk lewe op Mars is nie. Wat min van ons weet, is dat Bloemfontein, en spesifiek die Lamont-Hussey-sterrewag op Naval Hill, groot bydraes tot navorsing oor die onderwerp gelewer het. In 1894 het Percival Lowell ’n sterrewag in Flagstaff, Arizona, opgerig met die doel om die hemelliggame te bestudeer. Hy het ’n groot belangstelling in Mars gehad en het in 1907 ongeveer 18 000 foto’s van Mars geneem. Aangesien Mars tydens opposisie in die Noordelike Halfrond te laag op die horison is, is waarnemings na sterrewagte in die Suidelike Halfrond uitgebrei. Met die oprig van die Lamont-Hussey-sterrewag in 1927 en die aanbring van die 27½-duim-teleskoop (toe die grootste in die Suidelike Halfrond) het Lowell se fokus na Bloemfontein verskuif. In 1939 het dr. E.C. Slipher van die Lowell-sterrewag sy eerste besoek aan die Lamont-Hussey-sterrewag op Naval Hill afgelê. Hy het ’n spesiaal ontwerpte kamera saamgebring wat hy aan die onderkant van die teleskoop vasgebout het. Aan die onderkant van die kamera het ’n glasplaat ingeskuif. Hy kon ongeveer 30 foto’s op so ’n glasplaat neem en elke foto was 8 mm in deursnee. Tydens sy besoek het hy 8 500 foto’s van Mars geneem. In 1954 en 1956 het dr. Slipher nog twee besoeke aan die Lamont-Hussey-sterrewag afgelê. Dit is deur National Geographic
Dr. Slipher se Marskamera. Die boonste gedeelte was aan die teleskoop vasgebout en die onderste vierkantige gedeelte is waar die glasplate ingeskuif het. geborg vir artikels wat Slipher geskryf het en wat toe in dié tydskrif geplaas is. Tydens dié besoeke het hy ’n nuwe kamera saamgebring en danksy tegnologie kon hy die sluiterspoed verhoog van 2 tot 4 sekondes (in 1939) tot 1/10 tot 1/25 van ’n sekonde. Hy het onderskeidelik 20 000 en 37 000 foto’s tydens hierdie twee besoeke geneem. Op 4 Julie 1954 het hy een van die eerste kleurfoto’s van Mars geneem. Hier is van die gevolgtrekkings wat hy destyds met sy waarnemings gemaak het: S Een Marsdag is ongeveer 40 minute langer as ’n dag op Aarde. S Mars het seisoene soortgelyk aan die Aarde s’n en die seisoene is omtrent dubbeld so lank. S Mars het ook woestyne soortgelyk aan die aarde, maar geen oseane nie.
Leserslens Jan Greyling van Universitas in Bloemfontein het dié foto ge neem. “Die is ’n Kaapse ooruil wat ses maande gelede sy intrek in ’n boom in ons tuin geneem het. Doodmak sit hy ons bedry wighede heeldag met skrefies oë en dophou.” Met die foto is Greyling ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die Windmill casinoenvermaaklikheidsen trum ryker. Stuur gerus foto’s na jens.friis@media24.com. Voor keur word gegee aan foto’s wat in Bloemfontein geneem is. Digi tale foto’s moet groter as 1 MB wees. Kyk na vorige wenfoto’s is op www.bloemnuus.co.za. Foto:
Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.bloemnuus.co.za en blaai deur vorige uitgawes.
Jan Greyling
S Daar is geen hoë berge op Mars nie en die oppervlak is baie plat (ons weet vandag dat Mars die hoogste berg in die sonnestelsel het – Olympus Mons wat drie keer hoër is as Everest). S Daar is tekens van plantegroei. S Hy het ook ’n uitgebreide kanaalstelsel waargeneem en ’n kaart geteken waarop hy die kanale aandui. Dr. Slipher het die kamera wat hy in 1939 gebruik het hier gelos. Toe die teleskoop in 1974 afgebreek is, het die Bloemfonteinse munisipaliteit van die toerusting in ’n pakkamer agter die olifantkamp in die dieretuin geberg. Braam van Zyl het dit ongeveer tien jaar gelede ontdek en die kratte met die kamera en verlengstuk aan die fisika-departement van die Universiteit van die Vrystaat gegee. Met die hulp van dr.
Patrick Seitzer van die Universiteit van Michigan is die kamera geïdentifiseer as die kamera wat dr. Slipher in 1939 gebruik het. Dit is in ’n baie goeie toestand en die sluitermeganisme werk steeds. Dr. Slipher het tot met sy dood in 1964 geglo dat daar kanale op Mars was. Net ’n jaar later het die Mariner 4-satelliet nabyfoto’s van die oppervlak van Mars geneem en ’n dooie planeet gevind – sonder kanale. Daar word aan ’n uitstalling van Slipher se Mars-verkenning en die verdere geskiedenis van die Lamont-Hussey-sterrewag gewerk wat eersdaags vir die publiek oop sal wees. Wie weet – dalk is daar regtig Marsmannetjies op die Rooi Planeet en het dr. Slipher nie verniet sy kamera vir ons hier gelos nie. ) Bron: Mars – The photographic story deur Earl C. Slipher.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 WAT gebeur wanneer en waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees, besoek gerus bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboekinskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 2 MEI S Juanita du Plessis, Kovsiekerk, 20:00. R100 by Computicket. S Colours of drought: Uitstalling deur Sandy Thomas by Gallery on Leviseur. SATERDAG 3 MEI S The Arrows in die Ou Presidensie om 18:00. Bel 086-722-7950. S Die Bloemskou word van 24 April tot 3 Mei op die skouterrein aangebied. Vanjaar is net twee skoudae nie deel van die skoolvakansie of ’n naweek nie. Gesinne en vriende kan hulle ook vir die Crazy Olympics en 2-in-1-hindernisbaan inskryf. Besoek bloemskou.co.za vir meer inligting. S Die Vrystaatse Orgideëvereniging vergader by De Bruynstraat 9A, Universitas. Alle belangstellendes is welkom. Bel André Swanepoel by 072-476-1568. SONDAG 4 MEI S Wil jy hê jou hond moet gehoorsamer wees? Die Dog Training Club kan help. Die klub se lede kom Sondae om 16:00 by die Laerskool Sand du Plessis byeen. Maak gebruik van die ingang in Hippocratestraat. Nelia Smit, smitnelia@gmail.com. S Die NG kerk Hospitaalpark, Mayostraat, het elke Sondag om 09:00 en 18:00 twee eredienste.
Dagboek Die Vrystaatse Orgideëvereniging se jaarlikse ope dag word op Saterdag 10 Mei by die P n Phipermark in Fichardtpark aangebied. Spesies wat goed in die Vrystaat aard, word ten toon gestel. Inligting oor die kweek en versorging van plante sal beskikbaar wees. Plante sal ook te koop aangebied word. Bel Fred Wilkinson by 0842009416. Foto: Inge Strydom pies wag op afgetredenes op Dinsdae. Makro is ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus. WOENSDAG 7 MEI S Begin van tweede termyn vir onafhanklike skole. S Verkiesingsdag. Die vyfde algemene verkiesing sedert 1994 vind op Woensdag 7 Mei plaas. Die president van Suid-Afrika het dié dag kragtens die bepalings van die Wet op Openbare Vakansiedae (Wet 36 van 1994) tot ’n openbare vakansiedag verklaar om kiesers die geleentheid te bied om hul stemme uit te bring.
MAANDAG 5 MEI S Yom Hazikaron (Jewish). S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20.
DONDERDAG 8 MEI Gholfdag. Die Laer Meisieskool Oranje bied ’n beterbal-Stableford (kiesspel) op die Bloemfontein-gholfbaan aan. Dit kos R250 per persoon. Abel Bezuidenhout, 083-3098733.
DINSDAG 6 MEI S Yom Ha’atzmaut (Jewish). S Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00 in The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-99-231-99. S Pensioentrekkerdag in Makro: Winsko-
VRYDAG 9 MEI S Hoërskool Fichardtpark vier sy 30ste bestaansjaar met ’n reünie-naweek. S Hy het van jongs af die geit gehad om te gaan loer wat anderkant die bult lê en deesdae doen hy dit vir die kykNET-reeks Leef jou reis. Kyk waarheen reis Gerrie
Vroue Wat Glo is ’n landwye groep vir vroue wat een ding in gemeen het – geloof. Vroue wat glo, bied landwyd inspirasieuursessies aan waarin stories van hartseer en lag ge deel sal word. Jana du Plessis (Finesse se Inspirasievrou 2013) sal op 24 Mei een van die sessies in Tuscan Rose in Bloemfontein aanbied. Kaartjies kos R100 en kan aange skaf word by vrouewatglocoza.
Pretorius vanaand om 19:30 op Leef jou reis op kykNET (kanaal 144). S NG kerk Heuwelsig hou sy weeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00. Frances Wessels, 051-436-5218. S Volksblad se jaarlikse Vroue-oggend. Vanjaar sal die sanger Chris Chameleon die vroue vermaak terwyl hulle aan ’n heerlike ete smul. Brenda Myburgh sal as seremoniemeester optree en elke vrou sal ’n geskenkpak kry. Die oggendparty, wat in samewerking met GWK en Chevrolet aangebied word, begin om 08:30 in die Woodlandskonferensie-onthaalgerief. Kaartjies kos R300 per persoon en is by Spotted Apple beskikbaar. Bel 051-447-1086. S Skenk bloed tussen 09:00 en 16:45 in die Victorian Square, Pres. Reitzstraat. Navrae: 051-447-4122. S The Armed Man, die Walliese komponis Karl Jenkins se Mis vir Vrede, is die volgende projek wat die Bloemfontein-stadsorkes en Alumni Voices met die Drakensbergse Seunskoor aanpak. Dit volg op die reuse-sukses van Jenkins se Stella Natalis wat einde verlede jaar uitgevoer is. Die optredes in Bloemfontein is op 9 en 10 Mei in die Sand du Plessis-teater. Kaartjies kos R120, R150 en R180 en kan reeds by Pacofs by 051-447-7772 bespreek word. Die werk sal ook op 2 en 3 Mei op die Drakensberg-koorskool se jaarlikse fees, Musiek in die Berge, uitgevoer word. SATERDAG 10 MEI S Die Cheetahs speel om 17:05 teen die Western Force in die Vrystaat-stadion. Andriëtte Norman is die gaskunstenaar. S Die Vrystaat-pluimveeklub hou ’n skou in Reddersburg. Ben Janse van Rensburg, 082-734-9028. S World Class Music School in Bloemfontein for Armed Man Concerts. Two concerts will be held on Friday, 10, and Saturday, 11 May, at 19:30 in the Sand du Plessis Theatre. The Drakensberg Boys Choir will be in concert with the Bloemfontein City Orchestra and Alumni Voices. Enquiries: 083-627-0183 or admissions@dbchoir.co.za. S The Drakensberg Boys Choir School is holding an Open Day and auditions in Bloemfontein at the Sentraal Secondary School, Eeufeessentrum, on Saturday, 10 May. Boys from gr. 4 to gr. 7 who are interested in developing their musical talents are invited. Music staff will do voice auditions with prospective new boys.
Boek ’n memoir Karen Armstrong
UITGEWER: Hemel & See Boeke Prys: R180 Enkelreis is die memoir van ’n vrou op die vooraand van 50. Zarine Roodt se drie week lange avontuur vertel van haar soektog na moeilik bereikbare labirinte in Engeland, haar versugting na stilte op die afgesonderde Griekse eiland Alonnisos en samesyn met medesoekers in die Pelionstreek in Griekeland. Die reismemoir verken terselfdertyd haar binnewêreld. Sy verweef momente uit haar kinderdae met nuutverworwe insigte ter oorgang na die tweede helfte van haar lewe. Haar memoir leun sterk op die Jungiaanse sielkunde met sy klem op sinchronisiteit en drome. Die reiservaring – na buite én na binne – dui die pad aan vir elke vrou op soek na haar unieke self en na persoonlike betekenis. Die boek is ’n kombinasie van reisvertelling en outobiografie. Dit is ’n leeservaring met
Enkelreis is die skrywer Zarine Roodt se eerste boek. diepte en sy beskryf haarself en haar emosionele belewenisse eerlik en krities. Sy gebruik inskrywings uit haar persoonlike joernaal en van haar drome om haar binnewêreld te beskryf en om aan die leser te illustreer dat ons die antwoorde op lewensvraagstukke in onsself en ons eie onbewuste kan vind.
How to prevent flu infection
IN winter, cases of cold and flu increase. Experts believe this could be because, when it’s chilly, we’re all often crowded indoors together and both viruses are highly contagious, spreading easily through coughs and sneezes.
S Get your flu shot Contrary to what you may have heard, you cannot get the flu from a vaccination. The flu shot contains killed viruses. Getting a flu shot does not guarantee that you won’t get the flu, because matching the vaccine with the viruses from any particular year is difficult. However, if you do get a flu shot and come down with the flu sometime during flu season, the vaccination will reduce your risk of dying. In fact, the risk is reduced even more if you get shots in consecutive years. S Build up your immunity ) Get eight hours of sleep every night: While you’re off in dreamland, your body gets to work repairing cells and injuries you may have incurred during the normal day’s wear and tear. Getting your seven to nine hours a night means your body can repair and heal itself and ward off infections. ) Drink enough water: Indoor winter air is much dryer than our bodies would like. Without sufficient moisture, immune system cells can’t work optimally. So it’s important to stay hydrated. ) Skip happy hour: Alcohol suppresses both the part of the immune system that protects you from coming down with something and the part that fights off the germs already in your system, so knocking a few too many back can put you at increased risk for catching the bug going around – and having trouble kicking it. ) Regular exercise has been proven to boost the immune
system. Getting your blood pumping regularly can increase the activity of a type of white blood cell that attacks viruses. ) A healthy diet is important for good health and immunity to illness, so eat five or more helpings of fruits and vegetables every day. Include plenty of beta-carotene-rich foods such as apricots, carrots, papayas, cantaloupe, spinach, pumpkin, sweet potatoes and mangoes. If possible, eat two or more meals a week of fatty fish such as salmon, sardines and mackerel. Eat plenty of garlic and spicy foods, as well as raw yogurt and/or take probiotics. ) Getting the proper amount of the right nutrients and minerals as part of a healthy diet leaves the body in optimal condition to fight the battle. This means cutting back on sugary, fatty foods and upping your intake of vegetables, fruit and lean protein. One of those nutrients that gets a particularly healthy reputation during cold and flu season is zinc, and for good reason. zinc interferes with viruses gaining full access to our cells.
S Avoid infection The flu is contagious one day before symptoms appear and up to five days afterwards. Droplets from the mouth and nose spread influenza, so when an infected person sneezes, coughs or touches any surface, the virus is spread. In addition, viruses can live on a cold surface for three days. Follow these guidelines to reduce the risk of infection: ) Wash your hands frequently. ) Avoid touching anything that could be contaminated. ) Avoid crowds if possible, and stay away from people who are coughing or obviously sick. Try to fly less frequently, as one sick person on an airplane can infect all passengers. S Sources: unfrazzledcare.com; sarie.com; huffingtonpost.com.
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 7
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014
Getroud
Bennie en Marcelle Sutherland.
Foto: Juan-Marie Steyn
Jurie en Ronette van Aswegen.
Foto: Studio Photography
Kobus en Chantel Smith.
Foto: Nerine en Marinda Alberts
Barries en Ananda Conradie.
Stuur ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s op www.bloemnuus.co.za beskikbaar.
Janine en Christopher Style
Foto: Grace Bezuidenhout
Foto: Eloise van Rensburg Fotografie
Rico en Susan Pretorius.
Foto: Santa Neethling
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 9
Tralie TV groter by die dag Inge Strydom TRALIE TV, die Hoërskool Sentraal se eie TV-stasie, is verlede jaar in Julie deur vier leerlinge, Evan Buys, Stephan Diedericks, Cornel Vermaak en Jaco van Bosch, ná twee jaar se droom en beplan begin. Die viermanskap het egter verlede jaar matriek geskryf en Cornel het sy jonger sussie Carmin en ’n ander leerling, Gerduan Kemp, touwys gemaak. Die span bestaan nou uit 14 leerlinge en William Loots, ’n onderwyser, en saam het hulle al meer as 70 episodes uitgereik. Die nuutste episodes word gewoonlik Sondae op Tralie Nuus op YouTube gedeel. As jy deel van Tralie TV wil wees, moet jy aansoek doen en ’n keuringsproses deurloop. Leandrie Slabbert, die bemarker, meen hul selfvertroue het verbeter en dat hulle nuwe vaardighede ontwikkel. Om die verbetering in elke week se opnames te sien is vir dié span ’n hoogtepunt. “Ons grootste uitdaging is om elke week genoeg insetsels te hê, maar dat dit nie te lank is en vervelig raak nie,” sê Carmin wat ’n aanbieder en die ondervoorsitter is. “Die gr. 8’s praat maklik met die kamera, omdat hulle nuut is en dink dit is maar deel van die skool. “Dit is die ouer kinders wat nog nie so gewoond daaraan is wanneer ons met kameras rondloop en vrae vra nie. Oor die algemeen kry ons egter lekker insetsels en goeie terugvoering,” sê Ilka de Beer, een van die aanbieders. Die span droom nou daarvan om beter toerusting te kan koop en om die sentrum op te knap. ) Gaan lees meer oor die leerlinge op www.bloemnuus.co.za.
Tralie TV, die Hoërskool Sentraal se televisiestasie, het met ’n span van vier begin en het vandag 15 lede. Hier is sewe van die leerlinge wat weekliks vermaak vir hul medeleerlinge verskaf. Van links is Tjaart van der Walt (aanbieder), Carmin Vermaak (hoofaanbieder), Ilka de Beer (aanbieder), Gerduan Kemp (aanbieder en hoofredigeerder), Leandrie Slabbert (bemarker), Gerhard Steyn (aanbieder), Rowan Giorgi (kameraman) en regs voor is Stephan du Toit (hoofkameraman). Foto: Inge Strydom
METRO MUNICIPALITY
METRO MUNISIPALITEIT
LEKGOTLA LA MOTSE
OPENBARE KENNISGEWING
INLIGTINGSESSIE
AANGAANDE DIE GEÏNTEGREERDE OPENBARE VERVOERNETWERKPLAN (GOVN)
Raadslid Thabo Manyoni Uitvoerende Burgemeester
“Ons beoog om ‘n vooruitstrewende munisipaliteit te word wat algemeen veilig en aantreklik is om in te woon, te werk en te belê.” Die agbare Thabo Manyoni, Uitvoerende Burgemeester van die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, Inhuldigingstoespraak, (30 September 2011)
Toe en nou Dina en ds. Wollie (Leon) Grobler is 33 jaar gelede op 23 Januarie 1981 in Petrus Steyn getroud. “My oupa Jannie Jacobs (toe moderator van die NG Sendingkerk) het die diens gelei. My ma het vir ons die orreltjie laat hardloop – sy word vanjaar 80 jaar oud en is steeds die orrelis in Petrus Steyn. My pa het 'n week lank al die bure se tuinstelle en sambrele aangery, want as plaasmeisie in murg en been wou ek tot elke prys 'n tuinonthaal op Demilander, 18 km uit die dorp, hê. Wollie is van Cradock,” vertel Dina.
Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit nooi al die Metro se belanghebbendes na ‘n vergadering vir die voorlegging van die beplanning van die Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk. Onder die fokusareas wat bespreek sal word, is: snelbusdiens (BRT) en nie-gemotoriseerde vervoer (NMV). Die proses het ten doel om ‘n openbare vervoerstelsel te ontwerp wat sal bydra tot die bou van ‘n munisipaliteit soos deur die Uitvoerende Burgemeester in vooruitsig gestel is en wat die burgers van Mangaung sal dien. Die vergadering sal ook dien as aanloop tot die Mangaung Openbare Vervoer Indaba.
THABA NCHU Datum: 10 Mei 2014 Tyd: 09:00 Plek: Barolongsaal
BLOEMFONTEIN Datum: 03 Mei 2014 Tyd: 09:00 Plek: Batho-saal
BOTSHABELO Date: 10 Mei 2014 Tyd: 14:00 Plek: Nicro-saal
Vir meer inligting skakel, asseblief, vir: Makiso Kumalo: 051 405 8677 Sisanda Rasmeni: 051 405 8378
Issued by MMM Communications
www.mangaung.co.za
www.facebook.com/mangaung.co.za
Call Centre - 0800 111 300
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014
Baas in hokkie PERSOONLIKE DIENSTE
BOEDELKENNISGEWINGS
KRUIEKENNER
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
1435
DR AZIZ Experienced doctor who has helped lots of people already. He is back to solve all your problems. •Bring back lost lover •Penis enlargement •Lotto and casino (win) •Financial problems •Court cases Call Dr Aziz. For quick and effective results. 081 870 8842. LENINGS 1445
4201
122 NS MOSUHLI In die boedel van wyle Ngaka Samuel Mosuhli, identiteitsnommer 561217 5703 08 8, 'n meerderjarige man, getroud binne gemeenskap van goed met Motshabi Rebecca 122 CGFC BESTER Mosuhli, identiteitsnommer In die boedel van wyle Corne580520 0858 08 9, woonagtig lius George Frederick Claasby 665 Clubview, Phuthaditsens Bester, identiteitsnomjhaba. mer 431211 5033 008, 'n Krediteure en debiteure in die wewenaar in lewe, woonagtig bogenoemde boedel word verby die plaas Mahlitzane, Winsoek om hulle vorderinge in te burg, boedelnommer lewer en hul skulde te betaal 7559/2013. by die ondergemelde binne 'n Kennis geskied hiermee dat tydperk van 30 dae vanaf Vrydie eerste en finale likwidasiedag 7 Maart 2014. en distribusierekening in bogeNaam en adres van Eksekunoemde boedel ter insae sal lê teur. ten kantoor van die Meester LB SAFFY, Honey Prokureurs, van die Hooggeregshof, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Bloemfontein, en Landdroshof, Tel. 051 403 6600. Winburg, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 2 Mei 2014. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB Saffy, Honey Prokureurs, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Tel: 051 403 6600 of faks 051 403 6714.
ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835
HUISVERBETERINGE: binne en buite, van dakke, plafonne, verf, teëls, geisers, storte, ens. SANTA 076 835 7849. VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE 2635
HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild, slaapplek vir 1 - 6. Beste tarief heeljaar. 044 695 0219/082 641 4092.
BETREKKINGS 3600
Op vanjaar se o.12 en o.13 SuidVrystaatse hokkieproewe het die Laer Mei sieskool Oranje se meisies weer gewys hokkie is hul middelnaam. Van links is, voor: Amori Roos, Inge Diffenthal, Truné Prinsloo en Linge Steenkamp; ag ter: Kira Koeglen berg, Jané Britz en Elné Botha.
Dié stoeiers het Saterdag aan die OosGautengse ope kampioenskapsbyeenkoms, wat as die Johny Reitztoernooi bekend staan, in Benoni deelgeneem. Hulle is almal deel van die Sand du Plessisamateurstoeiklub en het almal medaljes in hul onderskeie afdelings verower. Die stoeiers berei hulle nou vir die streekkampioenskapsbyeenkoms voor. Hulle is van links, voor: Xantis Fourie, Justin Haupt, Hano Kruger en Janus Kruger; agter: Paul Fourie (spanbe stuurder).
Registreer jou in ’n japtrap LESERS wat in die kompetisies op Bloemnuus se webwerf wil wen, moet eers die gratis, eenmalige registrasieproses voltooi. S Hoe registreer jy met jou e-posadres? * Gaan na bloemnuus.co.za. * Regs van Bloemnuus se mashoof, klik op “Login”. * Onderaan die blad, klik op “Register”. * Vul die nodige inligting in en klik op “Submit”. * Bloemnuus sal ’n e-pos stuur na die e-posadres wat jy verskaf het om jou rekeningbesonderhede te bevestig.
* Maak die e-pos oop en klik op “click here” om jou inligting te bevestig en die registrasieproses te voltooi. (Indien jy nie die e-pos ontvang nie, maak seker hy lê nie in jou gemorspos-lêer nie.) * Gaan terug na jou webblaaier en klik op “Register now” om die registrasieproses te voltooi. S Hoe registreer jy met jou Facebook-rekening? * Gaan na bloemnuus.co.za. * Regs van Bloemnuus se mashoof, klik op “Login”. * Bo-aan die blad, klik op “Login with Facebook”. Die skakel vat jou na Facebook.
* Klik op “OK” wanneer Facebook jou toestemming versoek om die registrasieproses te voltooi. S Hoe skryf jy jou in? * Teken in met jou nuutgeregistreerde verbruikersnaam en wagwoord. * Gaan na bloemnuus.co.za. * Bo-aan die blad, klik op die onderafdeling “Competitions”. * Soek die kompetisie waarvoor jy jou wil inskryf en klik op “Enter Now”. * Beantwoord die veelkeuse vraag. * Klik “Enter Now”. S As jy probleme ondervind, bel Nico Gous by 051-404-7600.
VERKOPE & BEMARKING 3760
Healthcare company seeks: Motivated individuals to join their team! We offer: Full training, R14 700. Performance bonus and commission. Requirements: Proven sales experience. Valid licence, self-starter, career driven. To book an interview call JP de Necker on 051 522 2237.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 11
Atletiek Armand se kos ARMAND IMMELMAN (13) van die Laerskool Dr. CF Visser is as Bloemnuus se SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir sy puik prestasies in atletiek gekies. Armand is ’n aktiewe sportseun wat, sover hy kan, aan alle sportsoorte deelneem. In 2013 het Armand aan spiesgooi, diskusgooi en gewigstoot deelgeneem. In 2014 het hy sy sportdeelname na spiesgooi, diskusgooi, verspring, hoogspring, 100 m, 200 m en gewigstoot vir o.13-seuns uitgebrei. Armand blyk om ’n natuurlike talent vir atletiek te hê. In 2013 het hy ’n eerste plek in spiesgooi, diskusgooi en gewigstoot behaal. Op die Dr. CF Visser-kleurebyeenkoms in 2014 het Armand die volgende prestasies behaal: spiesgooi – eerste plek: 24,67 m (rekord); diskusgooi – eerste plek: 23,18 m; gewigstoot – eerste plek: 8,22 m; 100 m – eerste plek: 13.73 s; 200 m – eerste plek: 30.91; hoogspring – eerste plek: 1,43 m; verspring – eerste plek: 4,15 m. Op die Sone C-atletiekbyeenkoms het hy ’n vierde plek in gewigstoot met ’n afstand van 8,27 m behaal. Op die Motheo Xariep-atletiekbyeenkoms (Vrystaat-stadion) het Armand ’n vyfde plek uit 20 deelnemers vir gewigstoot behaal. Armand se leuse is Geniet jou sport ten volle – gee jou beste en vertrou God vir die res.
Nyabanyaba ouer, nie kouer Rufus Botha
Armand Immelman is die sportster van die maand. Stuur jou benoemings vandag (benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by ’n spesifieke maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word). Die SuperSport’s Let’s Play-sportster van die maand-wenners sal van Februarie tot November gekies word. Jy kan jou benoeming e-pos na supersport@zpr.co.za of faks na 086-552-4922. Kontak Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.
Volg Bloemnuus op Facebook en gesels saam net soos 5 400 ander lesers.
Die afrigter van die Vrystaatse vrouehokkiespan, Tarrin Ramsden, meen die kaptein skap van Minjon van Tonder, hul geduld in die twee uitspeelwedstryde en die vermoë om die bal in die doelsirkel te kry is van die aspekte wat die span se verowering van die o.21titel in die provinsiale toernooi besorg het. Van die spelers van die wen span is van links Inke Wolmarans, Shevaun Botha, Tanyz Britz, Minjon van Tonder, Nicole Walraven en Jacqui Ras.
ANTHONY NYABANYABA, die langafstandatleet van die weermag in Bloemfontein, het verlede Saterdag stil-stil met ’n skitterende vertoning in die Twee Oseane-ultramarathon (56 km) in Kaapstad vorendag gekom. Die 60-jarige Nyabanyaba het in die afdeling vir mans 60 tot 69 jaar in ’n goeie tyd van 4:22:15 koning gekraai. Hy het sodoende sy 19de Twee Oseane-ultramarathon voltooi. Maklik het dit nie gegaan nie, want Nyabanyaba het na die marathonmerk (42,2 km) geswoeg en moes deurgaans oor sy skouer loer dat die tweede atleet, Peter Erasmus (Rand-atletiekklub, 4:24:58), hom nie voor die eindstreep inhaal nie. Nyabanyaba het die pas van die begin af warm gemaak, en is die 28 km-kerf in 1:56:55 oor. Hy het toe reeds ’n voorsprong van meer as sewe minute oor Erasmus bewerkstellig. Erasmus het die 28 km-kerf in 2:05:35 bereik. By die marathonkerf (42,2 km) was Nyabanyaba ANTHONY NYABANYABA, die langafstandatleet van die (3:03:52) steeds ver voor weermag in Bloemfontein. Erasmus (3:13:10), maar die Gautenger het sy pas gehou In 2009 was hy die wenner van die en die 50 km-kerf in 3:55:26 bereik. afdeling vir mans 55 tot 59 jaar en het dit Nyabanyaba (3:53:37) het swaar begin leef met ’n tweede plek in dieselfde ouderdomsen was by laasgenoemde punt minder as groep in 2010 opgevolg. twee minute voor Erasmus. Voor dit het hy ook twee keer (2007 en Die Bloemfonteiner het die gevaarligte 2006) in die afdeling vir mans 50 tot 54 jaar gesien en diep in sy reserwes gedelf om koning gekraai. eindelik 2 minute 43 sekondes voor Erasmus Stof jy die ouer ultra-marathonstatistiekdie goue medalje en ’n stewige wentjek op te boek af, sien jy Nyabanyaba het op 37-jarige raap. ouderdom (1991) ’n uitmuntende algeheel Jimmy Styan (Rally-atletiekklub), ’n 27ste plek in die moordende Comrades-ultra61-jarige Noord-Gautenger, was ver agter marathon (87 km) behaal. Nyabanyaba en Erasmus in die derde plek. Vir die manne en vroue wat vanjaar die Hy het in 4:49:28 oor die eindstreep toegelate tyd van 12 uur om die Comrades te gedraf. voltooi hul doelwit gemaak het: Nyabanyaba Nyabanyaba het hom reeds as een van die het die genoemde 1991-Comrades in bykans voorste meestersouderdomsgroep-atlete in die helfte van die afsnytyd van 12 uur in die Vrystaat in die Twee Oseane-ultramara6:07:20 voltooi. thon bewys.