Bloemnuusbl 20140509

Page 1

VRYDAG 9 MEI 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

Konserttyd Wat gebeur wanneer waar? Nataniël en Bobby van Jaarsveld tree vandeesmaand in Bloemfontein op – hoewel dié keer afsonderlik en nie tesame soos destyds in Afri­Kaans op Reis nie. Bloemnuus is die mediaborg van Nataniël se konsert ten bate van die Martie du Plessis­skool op Saterdag 31 Mei in die Kovsiekerk. Kaartjies is te wen op Bloem­ nuus se Facebook­ blad. As jy nie wen nie, kan jy kaartjies aanskaf by Johan Grobbelaar (072­ 680­2953), Lynmari Brink (072­156­1990) of Nastassia von Solms (072­321­6500). ) Vir meer oor Bobby se konsert, blaai na bl. 4 vir die gewilde Dagboek­blad. Foto: SARIE/Clinton Lubbe

GRATIS


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014

Maak só op FB BLOEMNUUS se Facebook-blad het reeds 5 500 lede – en hopelik gaan jy jou ook binnekort aansluit. Dit is vir almal met ’n belangstelling in dié weeklikse koerant, en ons wil graag van jou hoor. Die doel van die forum is ’n oop, veilige ruimte vir jonk en oud, daarom vra ons: S Neem jou eie privaatheid en dié van ander mense in ag. S Hou jou plasings skoon, moenie lasterlike kommentaar lewer nie, moenie vloek nie en vermy persoonlike aanvalle. S Hou by die onderwerp. S Bloemnuus se blad is nie ’n plek vir gemorspos, kettingbriewe of advertensieplasings nie – dit sal summier verwyder word. S Let asseblief daarop dat die inhoud wat aanhangers op die blad deel nie noodwendig Bloemnuus se standpunte of menings weerspieël nie. S Bloemnuus is nie verantwoordelik vir die inhoud van webskakels of foto’s wat ander deel nie. S Bloemnuus behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder of besoekers te blokkeer. As jy kommentaar sien wat jou pla of wat jy dink onvanpas is, kan jy Bloemnuus verwittig – noem waar jy die kommentaar gesien het – stuur ’n e-pos na jens.friis@media24.com.

Wel en wee S Marie du Plooy en Wilna Marx Korkiie het elkeen dubbelkaartjies na Nataniël se konsert op 31 Mei in die Kovsiekerk gewen. Skaf kaartjies tussen R130 en R200 aan deur Johan Grobbelaar by 072-680-2953 te bel. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. S Mariandri Theron (17), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Jim Fouché, is vanjaar die enigste Vrystaatse meisie wat Suid-Afrika as deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) se skietspan op die Britse junior internasionale skietkompetisie gaan verteenwoordig. Die span bestaan uit 24 skuts van oor Suid-Afrika heen. Afgesien van Mariandri gaan Barend Prinsloo (17) van Bultfontein ook die Vrystaat in Augustus in Londen verteenwoordig. Hy is ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein.

Getroud: Lorien en Corné Henning.

Foto: Abie Coetzee

S Joey Roodt het ná 26 jaar as assistentrekenmeester van die Volksblad-groep die tuig neergelê. S Elrico Manfred Swarts is die wenner van die Bloemskou se eerste talentkompetisie. S Prof. Terry Terblanché, voormalige departementshoof van kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is Woensdag aan ’n hartaanval dood. Ná 40 jaar in die onderwys en akademie het hy op 31 Desember 2003 as hoof van die departement kommunikasiekunde aan die UV afgetree. Hy was ’n deskundige op die gebied van algemene, opvoedkundige en nie-verbale kommunikasie. Terblanché het in sy dertigerjare reeds sy eerste hartaanval gehad. Die derde hartaanval was kort voor sy 75ste verjaardag. Hy het deurentyd aan ’n verswakte hart gely en was voortdurend siek. Terblanché word deur sy vrou, Ansa, drie kinders, Lydie, Barry en Heloïse, en ’n kleinkind, Nica, oorleef.

Getroud: Naómi en Joppie du Plessis.

Foto: Lavender Moon Photography

S Die volgende Bloemnuus-lesers het pryse gewen op www.bloemnuus.co.za: * Janine Pretorius * Shana Mitton * Johannes Knoetze * Martie van der Berg * Elize van Wyk * Stef du Raan * Sunnette Hiten * Charl van Niekerk * Aletta Granger * Christa Beyers * Senda Edeling S Simon Sykes (54) is op ’n valskermsweefvlug naby Thaba Nchu ernstig beseer. Hy het ’n arm en ribbes gebreek, asook laerug-kompressiebreuke opgedoen. S Ruwaidah Henney, ’n oudleerling van die Hoër Meisieskool Oranje, is as advokaat toegelaat. Sy het ’n LLB-graad aan Unisa verwerf. S Adriaan Strauss was lank reeds weer ’n Blou Bul as dit van dié span afgehang het. Die Bulle het, sedert Adriaan Strauss in 2007 by hulle weg is, ’n paar keer probeer om die Cheetah-kaptein terug te lok Pretoria toe. Só het Victor Matfield, die Bulle-kaptein, op ’n nuuskonferensie in die Jakarandastad gesê toe hy oor Strauss gepols is. Strauss, wat aan die begin van sy loopbaan agt wedstryde vir die Bulle gespeel het, het verlede naweek in sy 100ste Super-stryd gespeel.

Getroud: Patrick en Alicia Hodgkiss. S Johannes Rondganger (54), ’n onafhanklike subkontrakteur van Volksblad, is in ’n rooftog in ’n parkie langs die Orgideëhuis in Bloemfontein doodgeskiet terwyl hy in sy bakkie geld getel het voordat hy straatverkopers sou betaal het. Hy het verkies om in die parkie te werk, omdat twee van sy kinders aan die Hoër Meisie-

Foto: Petrie van der Walt

skool Oranje skoolgaan en hy daar op hulle wag. S Oud-appèlregter Joos Hefer (82) is in sy huis oorval, vasgebind en aangerand. Die verdagtes is vort met geld, twee televisiestelle en die oudregter se splinternuwe Nissan-bakkie.


BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014 3

Kom eet jou blinkbek Ses lesers kan kaartjies na Voorskoot en Lipstiek op Bloemnuus se Facebook-blad wen deur die inskrywing daar te share. MARIANA MALAN vertel meer van dié verhoogstuk wat op 21 Junie om 10:00 in die NG kerk Bloemheuwel opgevoer word.

Andriëtte Norman

Oase ANDRIËTTE NORMAN sing Saterdag ná die Cheetahs se wedstryd in die Vrystaat-stadion op die Castle Deck. Twee van haar CD’s is te wen op bloemnuus.co.za. Hier is ’n paar lewenswyshede wat haar deur die jare bybly: S Leef holderstebolder, want die kis wag op die solder. S God se liefde loop jou vooruit, so moet jou nie kommer nie. S Al is jy bang, doen dit! S What have you done today to make you feel proud? S Don’t stop believing. S Seek God first and the rest will fall into place. S You cannot control other people, but you can control yourself. S Attitude determines altitude.

MARINDA ENGELBRECHT (deelnemer aan Kokkedoor) en Herman Lensing (skrywer van Voorskoot en Sarie se kosredakteur) is koskenners en liefhebbers uit hul eie reg. Dit is net twee van die bestanddele wat die teaterproduksie enig in sy soort maak. Voeg nog Marion Holm se teks en regie by in die pot en jy het ’n vuurwarm produksie wat kook. Daar is al baie van kos op ’n verhoog gebruik gemaak, maar Voorskoot & Lipstiek is ’n eerste waarin ’n driegangmaaltyd op die verhoog voorberei en gekook word terwyl ’n weldeurdagte storielyn hom afspeel. Dit is beslis nie ’n kosdemonstrasie nie. Dit is ’n volwaardige teaterproduksie met verskeie fasette, kostuums en stel. Al die sintuie word geprikkel: Jy sien, ruik, hoor en ervaar hoe die liefde vir kos mense saambring. Om seker te maak die gehoor kan in die produksie sien wat gekook word, is daar skerms in die teater waarop visuele materiaal van die hande, produkte en kookproses deurlopend vertoon word. Homebrew Films het die visuele materiaal vir die produksie vervaardig. Die visuele neem die gehoor tot in die pot sodat die ervaring van teater en kos een kan word. Die storie: Arnold kom van die stad af om saam met sy ma, Elza,

Vereer op Bloemskou

’n koningsmaal voor te berei. Hy weet nie hoekom sy ma die feesmaal wil kook nie. Terwyl hulle kook, praat hulle oor hul kinderjare, die vernuwing in die koswêreld en die invloed van TV-kosprogramme op hul lewe, asook die rol van kos in hul lewe en hoe dit hulle gevorm het. Elza maak haar beste bottel wyn oop, “soos in die movies”, om by te dra tot die onvergeetlike ervaring. Almal word genooi om hulle aan die besonderse produksie te kom blinkbek eet en hulle te verkneukel in raakvat-sêgoed en wyshede van die lewe soos: “My kind, ’n mens wat nie respek het vir kos nie, het ook nie respek vir homself nie”.

Dit is die eerste keer dat Lensing sy lyf akteur hou. Hy is eintlik as kosskrywer bekend. Maar hy steek nie af by die veel meer ervare Engelbrecht nie. Die twee is so tuis saam dat jy werklik kan glo hier is ma en seun aan die bak en brou.

S Die kaartjies kos R110 per persoon. Dit is te kry by Marieta by 051-4477468 (in kantoorure van 08:00 tot 13:00) by die NG kerk Bloemheuwel se kantoor of by Fancy Pansy in die P n P-sentrum, Langenhovenpark. Skakel 082-844-6353.

Marinda Engelbrecht (deelnemer aan Kokkedoor) en Herman Lensing (skrywer van Voorskoot en Sarie se kosredakteur) bring die verhoogstuk Voorskoot en Lipstiek binnekort na Bloemfontein.

LINKS: Op die Bloemskou het Auto Niche (Land Rover) die wisseltro­ fee vir die beste buitegebou­uitstalling ontvang. Die Mediclinic­wis­ seltrofee vir die uitstaller wat die beste waarde tot die skou toevoeg, het aan Masstores/Makro gegaan. Van links is Leon Geeringh (hande­ laarshoof van Auto Niche (Land Rover), Jannie Brand (algemene be­ stuurder van Makro) en Jacques le Roux (algemene produkbestuurder van Makro). LINKS ONDER: Imperial GM is met drie wisseltrofeë vir sy uitstalling op die Bloemskou beloon. Van links is Nadia van Niekerk (Mej. Wind­ mill­Bloemskou 2014), Henri Roux (handelaarshoof Imperial GM Bloemfontein) en Len Davies (president van die Bloemskou).


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014

Wat gebeur waar?

WAT gebeur waar wanneer in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00.

VRYDAG 9 MEI S Die Hoërskool Fichardtpark vier sy 30ste bestaansjaar met ’n reünienaweek. Iselma, 082-568-5579. S Die Blou Heuwel-mark vir handgemaakte artikels word aangebied deur die NG kerk Heuwelsig, Gilles van der Wallstraat, Dan Pienaar, van 14:00 tot 21:00. Ronel van der Walt, 082-820-8408. S NG kerk Waterbron hou basaar om 17:00. Bespreek jou kaartjie vir ’n steak-ete deur Corrie te bel by 082-95-1531. Algemene navrae: Santa, 051-445-2345. S Hy het van jongs af die geit gehad om te gaan loer wat anderkant die bult lê en deesdae doen hy dit vir die kykNET-reeks Leef jou reis. Kyk waarheen reis Gerrie Pretorius vanaand op Leef jou reis om 19:30 op kykNET (kanaal 144). S NG gemeente Heuwelsig hou sy weeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00. Frances Wessels, 051-436-5218. S Colours of drought: Uitstalling deur Sandy Thomas by Gallery on Leviseur. S Volksblad se jaarlikse Vroue-oggend. Vanjaar sal die sanger Chris Chameleon die vroue vermaak, terwyl daar aan ’n heerlike ete gesmul word. Brenda Myburgh sal as seremoniemeester optree en elke vrou sal ’n geskenkpak kry. Die oggendparty, wat in samewerking met GWK en Chevrolet aangebied word, begin om 08:30 by die Woodlandskonferensie-en-onthaalgerief. Kaartjies kos R300 per persoon en is by Spotted Apple beskikbaar. Bel 051-447-1086. S Skenk bloed by die Victorian Square, Pres. Reitzstraat, tussen 09:00 en 16:45. Navrae: 051-447-4122. S The Armed Man, die Walliese komponis Karl Jenkins se Mis vir Vrede, is die volgende projek wat die Bloemfontein-stadsorkes en Alumni Voices met die Drakensbergse Seunskoor aanpak. Dit volg op die reuse-sukses van Jenkins se Stella Natalis wat einde verlede jaar deur dié drie instansies uitgevoer is. Die optredes in Bloemfontein is op 9 en 10 Mei in die Sand du Plessis-teater. Kaartjies kos R120, R150 en R180 en kan reeds by Pacofs by 051-447-7772 bespreek word. Die werk is ook op 2 en 3 Mei op die Drakensberg-koorskool se jaarlikse fees, Musiek in die Berge, uitgevoer. S Deep House dance music lovers come dance at Oolong Lounge’s monthly Rooftop Party with DJ Royal Groove, Flying Dutchman, Wicked Ian, Zelly J and The Resident. The event starts at 08:00 and R10 gets you in. Adèl Victor, 051-448-7244. S Die Hoërskool Sentraal hou ’n ope dag van 13:00 tot 17:00. Die bestuurspan van die skool sal ook graag voornemende ouers tussen 12:00 en 13:00 in die personeelkamer wil ontmoet. Navrae: Susan Potgieter, 051-410-1800. S Binnelanders (kykNET, kanaal 144, 18:30): Die mampoer vloei en dit is duidelik dat daar probleme tussen ’n geliefde paartjie is. Jana beplan haar toekoms en Zadie het ’n blink idee wat sy met Bea deel. Naomi en Quinton het albei woorde van moed vir ander partye en At word op sy plek gesit. S Nicholis Louw om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies teen R120 is te kry by Kiki Corner en Music Inc. of bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za. SATERDAG 10 MEI S Andriëtte Norman is die gaskunstenaar op die Castle-dek ná die Cheetah-wedstryd in die Vrystaat-stadion. S Basaar van die Afrikaanse Protestantse kerk Bloemfontein-Moedergemeente. Dit vind plaas om 08:00 by Rooiwalsingel. Willie Engelbrecht, 082-728-1489.

DINSDAG 13 MEI S Bloemfonteinse Fynproewers kom om 08:30 byeen in die kerksaal van die NG kerk Heuwelkruin, Lucas Steynstraat, Heuwelsig. Gas: Justine Drake, redakteur van Fresh Living, die Pick n Pay-tydskrif. Kaartjies is teen R60 te koop by Vars uit die oond, Preller Plein. S Pensioentrekkersdag by Makro: Winskopies wag op afgetredenes op Dinsdae by dié winkel. Makro is ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus.

WOENSDAG 14 MEI S Skenk bloed in die Southern Centre, Benaderylaan, Fichardtpark, tussen 09:00 en 16:45. Bel 051-447-4122. S Karaoke by Oolong Lounge, 2de Laan, Westdene. Bel Adèl Victor by 051-448-7244 om meer uit te vind. DONDERDAG 15 MEI S Binnelanders (kykNET, kanaal 144, 18:30): Daleen se katterigheid lei tot drastiese stappe wat deur Tertius gedoen word. Die kolwyntjie-krisis by Tonik gee Zadie grys hare en At skok Gustav met ’n vreemde aankondiging oor Ongevalle. Quinton se senuwees knaag oor Dokter-Dokter en Wimpie raak jaloers op iemand wat volgens hom ’n “bogsnuiter” is. S Vier Internasionale Gesinsdag saam met Vrystaat-versorging in Aksie en Jak de Priester in die Eeufeessaal, UV, om 18:30. Kaartjies is teen R300 te kry by Darien Oosthuizen, 051-444-6143. S De Oude Kraal Country Estate & Spa is hosting a Fine Dine & Wine evening with Graham Beck. Bookings: 051-564-0636. VRYDAG 16 MEI S Martie du Plessis-skool hou sy jaarlikse gholfdag by die Bloemfontein-gholfklub. Johan Grobbelaar, 072-680-2953.

SONDAG 11 MEI: Rocco de Villiers, wat aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer het, keer terug na Bloemfontein vir ’n vertoning by die Woodlands­konferensie­en­ont­ haalgerief om 12:00. Kaartjies: R130 by Kiki Corner (Langenhovenpark) en Music Inc. (Northridge Mall). Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. Navrae: 082­481­8881.

S Die Vrystaat-pluimveeklub hou ’n skou op Reddersburg. Ben Janse van Rensburg, 082-734-9028. S Bayswater Village hou sy jaarlikse Sonskyn-basaar van 08:30 af. Navrae: 051-433-1748. S Identifikasiekursus van klein vaal voëltjies (LBJ’s): BirdLife Vrystaat bied ’n identifikasiekursus deur Ulrich Oberprieler aan om lewerike, koesters en klopkloppies uit te ken. Dit word op 10 en 11 Mei by die Vrystaatse Argiefdiens, Badenhorststraat 29, Universitas, aangebied. Die kursus kos R450 vir lede van BirdLife Suid-Afrika en R500 vir nie-lede (plus R15 vir kontant of tjekbetalings). Dit sluit tee/koffie en ’n ligte middagete op Saterdag in. Die kursus word in Engels aangebied, maar Afrikaanse name en terminologie word ook ingesluit. Besprekings en navrae: Louise Coetzee 082-382-1341 of loucoetzee@mweb.co.za. SONDAG 11 MEI S Moedersdag. S Die Nasionale Museum, Aliwalstraat 36, is Sondae van 12:00 tot 17:00 oop. Toegang is R5 (volwassenes), R3 (leerlinge) en voorskoolse kinders gaan gratis in. Bel gerus 051-447-9609 sou jy meer wil weet. S Die NG kerk Hospitaalpark, Mayostraat, het elke Sondag twee eredienste om 09:00 en 18:00. S Magical Mother’s Day at the Windmill Casino and Entertainment Centre: Treat your mom to a delectable buffet for R195 per person from 12:00 tot 15:00. Expect also a small gift for mom. Stephne Ackermann, 051-410-2046 or stephne.lroux@za.suninternational.com. S Moedersdagete, 13:00, Tuff Top Estates, R170 (volwassenes) en R100 (kinders jonger as 13). Ceceal, 071-6064484.

S Moedersdagete, 11:30 tot 14:00, Vanilla Sky, R220. Bespreek by 082-417-7123. MAANDAG 12 MEI S Brandkop-bewarea se derde jaarvergadering om 18:00 by die Laerskool Pres. Brand se Comitium (ingang in Wag-’n-bietjiebosstraat, Hek 11). Francette le Roux, 082-418-0629.

SATERDAG 17 MEI S Die Cheetahs speel om 19:10 teen die Brumbies in die Vrystaat-stadion. Monique is die gaskunstenaar. S Die 2014-eindstryd van die FA-sokkerbeker word in die Wembley-stadion gespeel. Dit kom nadat 737 spanne tot net twee verminder is. SuperSport 3 (Kanaal 203). S Prof. Naómi Morgan van die departement Frans aan die UV is die gasspreker by die Damesklub Nellie Swart. Die klub vergader om 10:00 in die kerksaal van die NG kerk Berg-en-Dal. Gaste is welkom teen R40. Annalie de Wet (051-448-6485) of Corrie Scheepers (051-436-2734). SONDAG 18 MEI S Lag B’Omer (Jewish). S Wil jy hê jou hond moet gehoorsamer wees? Die Dog Training Club kan help. Hulle kom Sondae om 16:00 byeen by die Laerskool Sand du Plessis. Maak gebruik van die ingang in Hippocratestraat. Nelia Smit, smitnelia@gmail.com. SATERDAG 24 MEI S Suid-Afrika se nuwe president sal vandag in die Nelson Mandela-amfiteater by die Uniegebou deur hoofregter Mogoeng Mogoeng beëdig word.

MAANDAG 12 MEI: Bobby van Jaarsveld in die ML Spiessaal, Meisieskool Oranje, om 19:30. Kaartjies teen R120 is te kry by Chantelle Botes (051­448­0039, skoolure) of Piet van Rooyen (082­264­8698). Foto: Deon Raath


BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014 5

Kruiekure teen kwale

TOEKA was kruie die enigste geneesmiddels, maar met die koms van die moderne geneeskunde is neus opgetrek vir dié ou staatmakers. Deesdae word hul waarde opnuut ontdek. Probeer dié kruierate as die winterkwale jou onderkry. Hierdie kruie is by gesondheidswinkels en die meeste apteke beskikbaar.

S Knoffel: Dit kikker die immuunstelsel op, is ’n natuurlike antibiotikum en help virusse, bakterieë en swamme beveg. Dit het ook slymlosmakende, pynverdowen-

de, antiseptiese en koorswerende eienskappe. Neem knoffelpille soos voorgeskryf of gooi vars, fyngemaalde knoffel na smaak in jou kos. S Echinacea purpurea is in pilvorm en druppels beskikbaar. Dit is ’n kragtige stimulant vir die immuunstelsel en is ’n natuurlike antibiotikum. Moet dit nie as ’n daaglikse aanvuller gebruik nie: Neem dit met die eerste tekens van ’n infeksie. Mense wat maklik in die winter lugweginfeksies kry, kan dit tot agt weke aaneen gebruik.

Ways to ensure your risks CONSUMERS are reeling from price pressures and will have to start spending strictly according to a budget while treading cautiously to cover their key financial risks, says Karin Muller, head of Sanlam Growth Market Solutions, following the release of the latest Consumer Price Index (CPI) figures in March. While consumer inflation edged up from 5,8% in January to 5,9% in February (just under the SARB target ceiling of 6%) this might not be the experience of most consumers, given that people’s inflation experience is based on their own budget and how they spend their income. The reality of price increases is felt across the board, however, says Muller. “Not only are consumers still trying to absorb the 50 basis point interest rate increase announced in February, but they also have to manage their budgets to deal with a monthly consumer inflation increase of 1,1% – with food, fuel and health insurance as the main contributors to the upward pressure.” Muller says the CPI shows food and non-alcoholic beverages inflation increased to 5,4% from 3,5% a mere two months ago. Bread and cereal products increased by 1,8% month on month on average, with super maize meal up by 4,0% month on month and white bread increased by 2,6% month on month. Beyond this, the petrol price increased by 39c/F in February resulting in a 2,9% monthly increase in the petrol index. This takes annual petrol inflation to 14,0% for the past year – mainly as a result of the 20,4% increase in the oil price and a 23,7% depreciation in the rand over the period. Muller says health insurance fees, surveyed in February each year, carry a weight of 7,9% in the consumer basket and showed an average increase of 8,3%. She says tough economic times call for a disciplined approach to personal financial management, ensuring that families are not placed at unnecessary risk. “Striking a balance to make ends meet, can easily take us down a road of multiple choices and the key is to protect what you have while managing your needs.” Muller says families are highly dependent on breadwinners for survival and it is essential that people prioritise their commitments to their families through life cover and disability cover. “It is certainly no easy task to make ends meet and it is often easier to sacrifice the intangible benefits in favour of other needs. “However, the risks and family trauma can be devastating should a breadwinner pass away without life cover, or if a breadwinner should become physically incapacitated.” S Sanlam is the main sponsor of the Sanlam, MDDA and Forum for Community Journalists competition for local journalists. The award ceremony for this competition takes place on 23 May.

S Wildekersieboombas is goed vir ’n irriterende, droë, aanhoudende hoes. Dit is as ’n stroop beskikbaar en is ’n bestanddeel in baie hoesmedisyne.

S Moederkruid (Feverfew: Chrysanthemum parthenium) is doeltreffend om koors te verlaag en ook om pyn te verlig.

SONDER SINUSITIS: Voeg ’n knippie borrie, gemmer en kaneel by ’n bietjie warm water (ook heuning as jy dit verkies). Drink dan so­ veel jy wil om die agterneus­drup (postnasale drup) weens sinusitis te verlig en die slymvlie­ se droog te hou. As jy sukkel om te slaap, voeg genoemde kruie by warm melk en drink voor slaaptyd. Kiwi­vrugte is propvol vitamien C en help om verkoue en griep te beveg.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014

Theonie Kok, wat altyd met oud-Bloemfonteiners wat nou in ander lande woon, gesels, en haar man, Dave, het na Ierland getoer. Inge Strydom het met haar oor hul ondervinding daar gesels. Hoekom het julle besluit om Ierland toe te toer? Dave wou nog altyd Ierland toe gaan. So, ons het so ’n bietjie navorsing (lees ge-Google) oor die land gedoen en wat daar te sien en te doen is, en besluit om te begin spaar vir ’n vakansie na die Emerald Isle – so genoem in William Drennan se gedig When Erin first rose. ’n Groot rede vir ons keuse is dat Suid-Afrikaners (nog) nie visums nodig het om die land te besoek nie. Watter plekke het julle besoek? Ons was in Dublin, Blarney (Cork), Killarney (Kerry), Doolin (Clare), Connemara (Galway), Ballyshannon (Donegal) en Meath. Ierland is maar klein, so ons het letterlik in ’n sirkel reg rondom gery. Ons was net nie in Noord-Ierland nie omdat Suid-Afrikaners visums daar nodig het. Wat was vir jou die opvallendste verskille tussen Suid-Afrika en Ierland se lughawe? Ons was elke keer baie vroeg in die oggend daar. Dit het my baie aan die Bram Fischer- Internasionale Lughawe hier in Bloemfontein laat dink; baie stil. Hoe is die Iere teenoor Suid-Afrikaners? Vriendelik, bedagsaam en geduldig – ek dink dit is omdat hulle in ’n land woon wat so mooi is dat ’n mens dit net nie kan verwoord nie. Hulle groet en vra hoe dit gaan en sodra hulle hoor jy is van SuidAfrika, is hulle verstom om te hoor hoe ver jy gereis het. Hulle is ook behulpsaam en elkeen wat ons ontmoet het, het vir ons wenke gegee oor plekke wat ons moet besoek. Hulle het net ’n bietjie gesukkel om my Suid-Afrikaanse Engelse aksent te verstaan . . . Maar die woorde céad míle fáilte wat in Engels a hundred thousand welcomes beteken, geld hier beslis.

Dié groen onbeskryflik Dave en Theonie Kok het verlede jaar na Ierland getoer. “Die Liffy­rivier vloei deur Dublin, die hoofstad van Ierland, en verskillende brûe oorspan die rivier.” Foto’s: Theonie Kok

Wat was die lekkerste gereg wat julle daar geëet het? Ons het een aand viskoekies daar geëet met stilton-kaas en skelvis (haddock), natuurlik saam met ’n regte egte Guinness. Wat was die lekkerste van die ervarings daar? Die rustigheid en die natuurskoon. ’n Hoogtepunt was Dublin met al sy geskiedenis en mooi besienswaardighede. Al die gestapelde mure het ons ook gefassineer – daar is duisende en soos jy ry, verander die styl daarvan. Al die aanwysings is in Gaelies en dan Engels. Dit lyk mooi, maar dit klink maar aardig as die mense dit praat. Jy kan nie mooi uitmaak of dit na Engels, Afrikaans, Frans, Duits of wat klink nie . . . Dublin is byvoorbeeld Baile Átha Cliath en Cork is Contae Chorcaí. Wat was minder lekker? Ons het ’n motor gehuur en die paaie (as jy nie op die hoofweg ry nie) is smal – regtig smál. Jy misgis jou maklik met die afstand wat jy ry en hoe lank dit gaan duur om by jou bestemming uit te kom. Op die meeste plekke kan twee karre nie langs mekaar ry nie; die een moet aftrek. Dan is daar (soos in die flieks) trekkers, mense op perde, mense op fietse, en ja . . . beeste op die pad. Enige aanbevelings vir iemand anders wat Ierland wil besoek? Daar is baie te sien omdat die land so ’n ryk geskiedenis het en die kultuur so oud is. Besluit presies wat jy wil sien en bly meer as een dag op ’n plek. Die langste wat ons in ’n dorp gebly het, was twee dae en dit is te min. Wat dink jy is onnodig om vir so ’n reis in te pak en wat moet ’n mens nie vergeet om in te pak nie? Dit sal afhang van watter tyd van die jaar jy gaan. Pak ’n ligte, reëndigte baadjie in, want die weer verander gou. Onthou as jy medisyne saamneem dat jou dokter vir jou ’n brief saamgee, sou hulle by doeane vra waarvoor die medisyne in jou tas is. Onthou ook jou internasionale rybewys en jou paspoort.

’n Hoogtepunt van hul vakansie was ’n besoek aan die Cliffs of Moher in Claire. Is dit oor die algemeen duurder of goedkoper om inkopies daar te doen? Omdat jy in euro betaal, is dit maar duur. Jy moet sommer van meet af aan besluit om niks terug te werk rand toe nie, want dan gaan jy nie eens ’n bier wil drink nie . . . Wat het jy daar gekoop? Ek het vir my Waterford-kristalglase in Waterford gekoop en Dave het vir hom ’n Victorinox-mes gekoop met klawers op (die shamrock is ’n simbool van Ierland).

Die Muckross­abdy in die Killarney­ Nasionale Park. Dit is een van die bekendste godsdienstige plekke in Ierland en dateer uit 1448.

Is daar iets waaroor jy spyt is wat jy nog wou doen of het jy alles gedoen wat jy wou op die reis? Ek sou graag langer op elke plek wou bly en sommer ’n week of langer in Dublin, want dit is ’n ongelooflike mooi stad. Watter lande het jy voorheen ook al besoek en watter van al jou ervarings was die lekkerste en minder lekker? Ek was gelukkig om op skool twee keer as deel van kore oorsee te toer – eers as lid van die Bloemfontein-kinderkoor in 1991 en toe as lid van die Vrystaatse Jeugkoor in 1993. Ek was al in Portugal, Switserland, Duitsland, Oostenryk, Tsjeggië, Hongarye en Lichtenstein. Ek en Dave het ook van einde 2004 tot 2006 in Londen gewerk. Ek het al die verskillende mense en kulture daar ontsettend geniet – ons het baie in die museums rondgedrentel – toegang tot die meeste museums is gratis. Die slegste van enige oorsese vakansie is maar die vlugtyd om daar te kom.

Waarmee het julle julle op die vlug besig gehou? Ons het geslaap (of probeer), flieks gekyk en ek het gelees en my verluister aan al die tale wat op die vliegtuig gepraat is. Het julle met ’n reisagentskap of self die reis beplan? Wat dink jy is die beste? Ons het deur Exploring Ireland gewerk, maar ek dink ’n mens kan dit goedkoper doen as jy dit self beplan. Jy moet net jou hele reisplan en bevestiging van verblyf uitdruk en saamneem, sou die beamptes by doeane jou daarvoor vra. Ek dink hulle kry baie mense wat onder valse voorwendsels die land binnekom om daar te werk. As ek weer gaan, sal ek dit self beplan, maar omdat ons nie die land geken het nie, wou ons eerder deur ’n agentskap werk wat ’n mens kan raad gee oor wat om te besoek en wanneer. Dit help nie ’n mens kom op ’n plek en dit is gesluit omdat dit ’n vakansiedag is nie.

Caisleán Bhaile Atha Troim (of Trim­kasteel) is aan die suidoewer van die Boynne­rivier in Trim, Meath, geleë en is die grootste Normandiese kasteel in Ierland.


BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014 7

Krap kop oor dié reisvrae DIE volgende kopkrappers hou almal verband met reise van een of ander aard. Hoeveel kan jy korrek beantwoord? Die antwoorde verskyn aan die einde. 1. Die “hadj” is ’n pelgrimstog na watter stad? A. Mekka B. Jerusalem C. Rome 2. Dit is ’n kontinent wat volgens ’n legende in die see verdwyn het. A. Antarktika B. Atlantis C. Arktika 3. Duisende skattejagters het in die 16de en 17de eeu na hierdie legendariese goudstad in SuidAmerika gesoek. A. Egoli B. El Dorado C. Brasilia

Behoort ’n fotograaf nes Woody Allen te glo: “No act is so small that it doesn’t need an audience”? Foto: annstreetstudio.com

Om oomblikke te preserveer Jens Friis Probeer ten minste vaspen ’n bietjie van die aard van die dinge wat jy liefhet en onthou ’n mens is tog so gou geneig om maklik te vergeet ’n foto keer dat die tyd verweer.

5. Wie het die hoofrol vertolk in Lawrence of Arabia (1962)? A. Peter O’Toole B. Frank Sinatra C. James Dean 6. In watter fliek probeer Luke Skywalker prinses Leia red (1977)? A. Lawrence of Arabia B. Thelma and Louise C. Star Wars 7. The Motorcycle Diaries is op dié persoon se motorfietsrit deur Suid-Amerika in die 1950’s gegrond. A. Che Guevara B. Evita Peron C. Darth Vader 8. Wie het die eerste motorband in 1888 ontwerp? A. Thomas Edison B. John Dunlop C. David Livingstone 9. Hierdie Venesiese handelaar het in die 13de eeu na China gereis. A. Jan van Riebeeck B. Vasco da Gama C. Marco Polo

– Stuur vir my ’n foto (Laurika Rauch/Dineke Volschenk) OP ’n keer lees ek hoe ’n joernalis kla: “Hoekom doen ek dit aan myself, hoekom doen ek dit aan ander (goeie) mense: bestorm hul huise soos ’n nors bul, vra persoonlike vrae, dring aan op antwoorde, vul die leemtes met my eie, perverse indrukke . . .” Dit is hieraan wat ek dink toe ek ’n draai by ’n uitstalling van reisfoto’s in Brisbane maak. Daar is die allermooiste kiekies van kultuur- en natuurmagnete soos Tokio tot Tafelberg, maar op feitlik geeneen is ’n mens nie. En as daar wel ’n siel is, is dit ’n ge-pose-de foto. Met die uitstap, raak ek en ’n vriend aan’t gesels oor dié menslose foto’s, want van toeriste tot professionele fotograwe, neem kiekies van plekke, maar selde van die inwoners. Waarom? Is dit dalk omdat ek en jy (soos die joernalis hierbo) glo ons gaan onsself aan vreemdelinge opdring? En só draai die gesprek toe oor ’n toeris met ’n kamera in die hand se (voor)reg om foto’s te mag neem van mense en wanneer daar op hul privaatheid inbreek gemaak word. Ja, ons wik en weeg oor menige tameletjie, maar die boerpotvraag draai om ’n scenario soos die volgende: Is dit aanvaarbaar om wasgoed in ’n Italiaanse verdwaalstegie (skelmpies) af te neem terwyl ’n huisvrou dit keurig ophang? Want ’n fotograaf behoort nes Woody Allen te glo: “No act is so small that it doesn’t need an audience.” My vriend merk vol wysheid op dat dit deesdae makliker as ooit is om deur vreemde lande te reis, maar moeiliker om mense eerstehands te beleef – en foto’s van hulle te neem. Van snaparazzi-foto’s hou hy niks. Daarom probeer hy eerder met die plaaslike inwoners gesels

4. Hannibal het die Alpe oorgesteek met hierdie pakdiere – slegs een uit sy trop van 37 het oorleef. A. Huskies B. Kamele C. Olifante

10. Wie was die eerste seevaarder om van Europa na Indië om die Kaap van Goeie Hoop te vaar? A. Bartholomeus Dias B. Vasco da Gama C. Simon van der Stel

Wanneer is dit gepas om te skiet en wanneer nie? Dís die vraag.

Foto: 121clicks.com

en hulle dan sover te kry om vir ’n foto in te stem. “Dié foto’s het gewoonlik gebeur wanneer ek alleen op reis was,” vertel hy. “Solo-reise fokus op jou uitgeslotenheid. Mense is dan meer geneig om jou in hul lewe toe te laat.” Maar gee hy toe: Dis ’n fyn lyn. In die buiteland ken jy nie kulture goed genoeg om nuanses reg te lees nie. Beteken ’n Arabier wat koponderstebo verbystap dat hy sleg voel, of eerder skaam, nors of kamerasku is? ’n Verkeerde interpretasie kan beteken dat jy ’n afranseling of selfs ’n klap kry. En hiervoor is ’n konfliksku toeris mos nie lus nie. Peat O’Neil, skrywer van die boek Travel Writing, meen as algemene reël mag jy enigiemand in ’n openbare plek afneem. Maar selfs hier kan ’n steelfoto van ’n intieme oomblik taboe wees. Daar is grense wat nié oortree word nie, want soos die bekende stelling lui: Die private het openbare implikasies. Hierom sê sy: “Vriendelikheid, eerlikheid en goeie maniere is altoos die beginsels wat gevolg moet word by die afneem van mense. Vra iemand om toestemming as jy hom/haar wil afneem.”

Maar doen jy dít is daardie preserveerbare oomblik helaas dikwels daarmee heen. Dit is daarom soms die wysste om nie boe of ba te sê nie. Om die risiko te neem werp meestal vrugte af. Die meeste mense laat jou begaan. Ek is nog net in Maputo verbied om ’n soldaat voor ’n pragtige staatsgebou af te neem, en ’n blommeverkoper in Rome het gal gebraak toe ek gevra het of ek ’n kiekie van haar mag neem. Sy wou hê ek moes haar ’n paar lira hiervoor gee. Hierteenoor is daar male sonder tal waar mense juis afgeneem wóú word, soos die bejaardes op die tehuis se stoep in Graaff-Reinet, die bruin kinders in Elim se afgekalkte sendinghuisies, die Maleisiër op sy boot in Borneo . . . Die middeweg is dus: Waag ’n kans, maar moenie jou lens lig as jou sesde sintuig waarsku dat só ’n kiekie probleme gaan gee nie. As daar dan ’n verlore fotokans is, troos dit om te weet: ’n Foto keer (wel) dat die tyd verweer, maar gelukkig is daar ook ander maniere om te onthou – soos om ’n plek te probeer belééf. Dít is meestal van groter waarde as om lank te wik en weeg of jy daai foto van ’n inwoner sal neem wat ’n duisend woorde tuis gaan spreek.

11. Hierdie Britse kartograaf was die eerste Europeër om op Hawaii voet aan wal te sit. A. James Cook B. Christopher Columbus C. George Irving 12. Hy was ’n Skotse sendeling wat Afrika deurkruis het met onder meer die doel om die oog van die Nyl te vind. A. David Livingstone B. Sir Ernest Henry Shackleton C. Charles Dickens

13. Watter land het 732 voertuie per 1 000 inwoners – die meeste ter wêreld? A. VSA B. Brunei C. Libanon 14. Watter land se inwoners reis die verste trein per persoon per jaar? A. China B. Noorweë C. Japan 15. Watter land het ’n spoorlynstelsel van 233 800 km – die langste ter wêreld? A. Rusland B. VSA C. Brasilië 16. Hierdie Karavaanroete tussen China en die hawens van die Middellandse en Swart See het van 150 v.C. tot die mid-17de eeu as handelsroete gedien. A. Sy-roete B. Koffie-roete C. Tee-roete 17. Hierdie bekende Romeinse pad het van Rome tot in Brindisium gestrek. A. Via Roma B. Via Caesar C. Via Appia 18. Wie was die skrywer van The Adventure’s of Huckleberry Finn? A. J.R.R. Tolkien B. Geoffrey Chaucer C. Mark Twain 19. Wie was die eerste om in 1909 oor die Engelse Kanaal te vlieg? A. Orville Wright B. Wilburg Wright C. Louis Blériot 20. Watter maatskappy beoog ruimtereise vir toeriste? A. Concorde B. Virgin Galactic C. Air France 21. In watter jaar het sir Edmund Hillary en Tenzing Norgay die eerste mense geword om tot bo-op Mount Everest (8 848 m) te klim? A. 1933 B. 1953 C. 1973 22. Wie het Come fly with me gesing? A. Frank Sinatra B. Chuck Berry C. Deep Purple 23. Wie het Leaving on a jet plane bekend gemaak? A. Peter, Paul and Mary B. Kraftwerk C. U2 24. Twaalfduisend jaar gelede het het mense gemigreer van Asië na Noord-Amerika. Die Beringlandbrug van 1 600 km verbind Siberië met … A. Groenland B. Alaska C. Kalifornië ANTWOORDE 1. A 2. B 3. B 4. C 5. A 6. C 7. A 8. B 9. C 10. B 11. A 12. A 13. C 14. C 15. B 16. A 17. C 18. C 19. C 20. B 21. B 22. A 23. A 24. B


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014

Audi stap toe met kroon weg Audi se A3, wat pas as die wêreldmotor van die jaar aangewys is.

IN wat as ’n kopknik aan praktiese realisme beskou kan word, is Audi se nuwe A3-reeks in New York as 2014 se wêreldmotor van die jaar aangewys. Die A3 het in die eindronde teen BMW se 4-reeks en die nuwe Mazda3 (binnekort in Suid-Afrika) te staan gekom. Altesame 69 joernaliste van 22 lande het aan die stemming deelgeneem. ’n Aanvanklike lys van potensiële kandidate is opgestel (uit motors wat in die afgelope kalenderjaar op minstens twee kontinente bekend gestel is). Die kandidate is toe na 12 finaliste verminder. Die joernaliste het daarna hul stemme uitgebring, waarna ’n kortlys van drie mededingers saamgestel is.

Hierna is weer vir die uiteindelike wenner gestem. Die organiseerders het in ’n verklaring bekend gemaak dat Audi joernaliste wêreldwyd die meeste met sy voorkoms en afwerking binne beïndruk het. Dit is bekend dat wat in Westerse lande as mooi beskou word, word dikwels maar as so-so in Asiatiese lande beskou en andersom. Die A3 se minimalistiese instrumentpaneel wat met tegnologie gelaai is, sy goeie en gemaklike ritgehalte en die bougehalte van die voertuig in sy geheel is nog aspekte wat wyd aanklank gevind het. Ook die fris enjins met hul suinige verbruik en vier bakwerk-variante (luikrug, oopdak, stasiewa en sedan) se volgehoue gehalte het hoë

punte behaal. S Dit is nie die eerste keer dat die Volkswagen-groep in die wêreldwye beoordeling in dié kompetisie sukses behaal nie. In 2004 was die eerste wenner die Audi A6, terwyl die Golf twee keer (in 2009 en verlede jaar) die kroon ontvang het. Die Golf en nuutste Audi’s word dikwels vir hul vaal voorkoms gekritiseer, wat nie so uitbundig soos talle van hul mededingers s’n is nie. Tog is dit dalk juis Volkswagen se wenresep – dat die Golf en A3 so ’n middeweg kan handhaaf tussen wat mooi vir die Weste én die Ooste is. Die vorige wenners is die BMW 3-reeks (2006), Lexus LS460 (’07), Mazda2 (’08), VW Polo (’10), Nissan Leaf (’11) en VW Up! (’12).


BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014 9

In ’n sportnuts-knyptang Marnus Hattingh AUDI is besig om sy nuwe Q5 produksiegereed te maak, met sy volgende, groot Q7 wat reeds in September in Frankfurt uitgestal gaan word. Maar terwyl dit in die agtergrond in Ingolstadt aan die gang is, is sy bemarkingspan klaar kliphard aan die groet-en-glimlag in Beijing, waar die groep sy nuwe TT Offroad-konsepmodel aan die wêreld se grootste motormark wys. Dit is die neigings vir al die vervaardigers vandag. ’n Knyptang, as ’t ware, en gedrewe deur die hartklop van die kopersmark. Maar tog is dit nie so ’n slegte knyptang om in te wees nie. Ten minste weet jy presies wat jou mark wil hê. Anders as, sê maar, Facebook, Google en nuuswebwerwe, weet jy as maatskappy presies wat jy moet bied om sakkevol geld te maak. Die Chinese mag dalk ’n nuwe smaak vir 4x4’s ontwikkel het, dit nou omdat hulle onlangs nog net sedans aangeskaf het, maar hul Europese broers en susters is net so gaande oor ’n kompakte sportnuts, al is die stasiewa en frisgemaakte stasiewa (soos die Volvo XC70 en Skoda Yeti) ook nog gewild. Losweg kan ’n mens die 4x4’s in drie groepe verdeel. Eerstens is daar die ekstragroot sportnutse, die ou sewesitplekkers soos die Volvo XC90, die Merc ML en die Audi Q7. Dit was die groep wat die neigings doer met die eeuwending in 1998 tot 2001 gelei het.

Land Rover het onlangs sy Range Rover Evoque (met vier of net twee deure) onthul. Dan is daar die nuwer, middelgrootte sportnutse wat later gevolg het. Rygoed soos die Audi Q5, die BMW X3 en die Hyundai ix35. Nissan se X-Trail en Honda CR-V tel ook onder hulle. Waar Audi en BMW die deftige kant van die spektrum gedek het, was die Nissan en Hyundai Jan en alleman se ryding. En derdens is daar die nuutste

generasie sportnutse, die kompakte buks. Dit is nuwe knape soos die Ford EcoSport en die Nissan Qashqai en Juke. Dit is hierdie laaste twee segmente wat tans so aan die brand is. Vervaardigers val oor hul voete om, wel, ’n voet in die deur te kry. Sommige gebruik ’n tusseninproduk om solank iets op die

vertoonvloer te hê (soos ’n Peugeot 3008 en 2008 of ’n VW CrossPolo), terwyl ’n volwaardige veldryertjie nog ontwikkel word. Maar intussen word motorskoue oorval met nuwe, kompakte nutsbukse in elke denkbare skakering van deftigheid wat daar is. Land Rover het onlangs byvoorbeeld sy peperduur Range Rover

Evoque (met vier of net twee deure) onthul, terwyl Honda pas bekend gemaak het hy gaan sy ou HR-V weer laat herleef – ’n klein en intreevlakgerigte sportnuts ook met net twee deure. Terwyl die tradisioneel gesinsgerigte vervaardigers (soos Honda, Nissan, Toyota, Ford, VW) meestal op bekostigbare baba-4x4’s fokus, probeer die sportmotorgroepe inhaal deur op nis-produkte te fokus. Porsche het pas sy Q5-grootte Macan bekend gestel, terwyl Maserati, Jaguar en Bentley almal ook reeds aan ’t skaaf is aan groot 4x4’s. Porsche word hier bevoordeel deurdat hy, danksy sy verbintenis met VW, reeds in 2001 toegang tot die Touareg en Q7 se argitektuur gehad het. Sy Cayenne was dus heel eerste op die mark en danksy dié monopolie kon hy ’n wegholsukses in Amerika behaal. Maar hy gaan nie alleen bly nie. Benewens die groepe wat reeds genoem is, is BMW besig om ’n groot, deftige X7 (geskoei op sy 7-reeks-platform) te ontwerp. Range Rover bereik ook heelwat sukses met sy Sport-modelle. Hoe ook, terwyl die kopers almal ’n ryding wil hê waarin hulle hoog sit en (op papier ten minste) 4x4-veldryvermoëns het, sal die vervaardigers dit vir hulle bied. Of dit nou in ’n Citi Golf-grootte buksie is, in ’n klein sedan se lyf op stelte, of met die vaart van ’n sportmotor en die lyf wat sewe mense kan dra, maak nie saak nie. Die sportnuts is hier. En die sypaadjies by die winkelsentrums weet dit.

Hino bou nou plaaslik HINO het onlangs ’n nuwe weergawe van sy Hino 300-bus plaaslik begin bou. Die busse word by die Toyota-groep se Prospecton-aanleg in Durban aanmekaar gesit. Die nuwe Hino 300 gebruik ’n rits ligter metale in die bakwerk as voorheen. Die allooie bied steeds dieselfde bakwerksterkte, maar weeg net heelwat minder. Volgens Hino bied dit twee voordele. Eerstens kan die gewone 300-bus nou vier bykomende passasiers vervoer, terwyl die ligter bakwerk ook ’n laer verbruiksyfer bied. Die ligter metale bied dieselfde bakstewigheid as dié van die ou model. Die Hino 300 is ’n middelslag-bus wat die groep reken gepas is as ’n bussie vir skolesportspanne of vir maatskappye wat personeel moet vervoer. ’n Lang-as-weergawe word ook beplan wat nog meer sitplek sal bied.

Adverteer in BloemWiele. Bel Susna Botha by 051-404-7798.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014

Het jy gehoor? S JAY DU PLESSIS is die derde keer pa. Luka is die sanger en sy vrou, Mia, se derde seuntjie, naas Aidan (7) en Samuel (4). S Bob Hoskins, die Britse akteur, is in die ouderdom van 71 jaar aan longontsteking dood. Hoskins was bekend om rolle wat van die voormalige hoof van die FBI J. Edgar Hoover tot verskeie Londense bendelede wissel. Hy het ook in Who Framed Roger Rabbit? saam met geanimeerde karakters gespeel.

Jay du Plessis

S Athol Fugard keer op 82-jarige ouderdom na die verhoog terug. Dit sal die eerste keer in 15 jaar wees dat hy self in een van sy toneelstukke optree. Dié stuk, Shadow of the Hummingbird, gaan in Julie in die Fugard-teater se ateljee opgevoer word. Fugard vertolk die rol van Oupa, ’n afgetrede onderwyser wat uit eie keuse die land verlaat het en in die suide van Kalifornië woon. In die loop van een middag ondersoek en bespreek hy en sy kleinseun Boba (Baker) die lewe en die liefde. Dit is deur Fugard se verhouding met sy eie kleinseun Gavyn geïnspireer. Grense tussen die outobiografiese en die verbeelding word oorgesteek. S Nadine Gordimer (90), die Nobelpryswenner, het laat blyk haar loopbaan as fiksieskrywer is verby. Haar laaste roman, No Time Like the Present (2012), “voel soos ’n afsluiting”, sê Gordimer in ’n onderhoud op die webtusite huffingtonpost.com. Op die vraag of sy aan ’n nuwe roman werk, het Gordimer geantwoord: “Eintlik, nee. Ek het 15 romans geskryf en 12 bundels kortverhale en ’n hele aantal nie-fiksieboeke geskryf. “My werk het toe ek 13 of 14 jaar oud was in klein tydskriffies begin verskyn. Ek skryf steeds artikels, maar wat betref romans skryf, dink ek ek is klaar.”

ROMMELVERWYDERING

PERSOONLIKE DIENSTE

BOEDELKENNISGEWINGS

1860

VERVOER VAN meubels, bourommel en tuinvullis. Skakel Kobus 072 288 7535.

FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

EIENDOMME 122 MJ STROEBEL

HUISE TE HUUR 3270

ALGEMENE & HUISDIENSTE

WILGEHOF: 1 slk, sitk, kombuis, tuin. R3 250 p.m. Onm. Tanya 071 880 1263.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.

LENINGS 1445

Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za

HUISVERBETERINGE: binne en buite, van dakke, plafonne, verf, teëls, geisers, storte, ens. SANTA 076 835 7849.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

In die boedel van wyle Mattheus Johannes Stroebel en langslewende gade Helena Gertruida Stroebel, boedelnommer: 3034/2014, Meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 12 Oktober 1927, identiteitsnommer 271012 5025 082, laaste adres Oliewenlaan 31, Noorderbloem, Metzstraat, Bayswater, Bloemfontein, datum van dood 6 Maart 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 9 Mei 2014 (datum van publikasie) hiervan. EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHS0242)

Snaakser: 2de prent vol ‘jokes’ DIE Suid-Afrikaanse komedie Ek Joke Net het soveel sukses behaal dat dit geen verrassing is dat Ek Joke Net 2 op 1 Mei landwyd begin draai het nie. Een van die medevervaardigers, Dries Scholtz, het met INGE STRYDOM gesels. Waaroor handel die rolprent? Ek Joke Net 2 is ’n komedie waarin ons mense in van die snaaksste poetse nog in die skelmkamera-rolprentgenre uitvang. Wat kan jy as lusmaker vir die prent verklap? Ons bak poetse met bekendes soos Donnalee Roberts, Wikus van der Merwe, Emo Adams en ook die groep F-ofpolisiekar. Suid-Afrikaners is ongelooflike mense: ’n Mens dink almal is nors en wil ander mense nie help nie, maar in Ek Joke Net 2 sien ’n mens SuidAfrikaners is eintlik ’n ongelooflike nasie. Wie sal van die rolprent hou? Ek dink die rolprent is vir almal, jonk en oud . . . Wel, daar sal dalk ’n ouderdomsbeperking vir die baie jonges wees. Enigeen wat van lag, van komedie en van lekker local rolprente hou, sal mal oor die prent wees – die snaaksste 90 minute van hul lewe. Watter blapse het op stel plaasgevind? Daar is altyd iets wat gebeur wat jy nie vooraf beplan het nie. Gelukkig was daar min mense wat nie wou deel wees nie, ek bedoel nou mense wat nie vir ons toestemming wou gee nie. Ek sou sê die mees onbeplande en ook snaaksste blaps was die poets Funny Money. Met dié poets het ons mense in Hartenbos se geld opgeskeur wanneer hulle iets by ons snoepwinkel wou koop. Dit was toe die nuwe Mandela-geldnote uitgekom het. Ons het net Mandela-note aanvaar en “ou note” is opgeskeur. Ons het die mense se geld gevat, dit met vals geld omgeruil en dan die note geskeur. Ons het verwag mense sou kwaad raak en Sollie (die poetsbakker) was nie bang nie . . . Wel, totdat die een oom opgedaag het. Die oom het Sollie meer as een keer gewaarsku en toe storm die oom by die snoepwinkel in om Sollie by te kom en Sollie hardloop toe. Ek probeer toe die oom stop om hom te vertel dit is net ’n grap, maar ek is net so vinnig uit die pad gestamp. Die oom jaag toe vir Sollie die hele pad see toe. Ons moes omtrent ’n uur na Sollie soek, want hy het ver gaan wegkruip.

Die Suid­Afrikaanse komedie Ek Joke Net 2 het op 1 Mei landwyd begin draai. Foto: Starbust Promotions Wat was die grootste uitdaging van die verfilming? Om die beste prent binne die beperking van jou begroting te maak. Waar is die rolprent verflim? In Pretoria, Hartbeespoort, Johannesburg, Worcester, Hartenbos en Bellville. Wat maak die tweede prent beter as die eerste een? Ek dink met enige opvolgprent sit ’n mens met die vrees: Gaan dit die eerste een klop? Die standaard is gestel en ons kompeteer ook teen die legendariese Leon Schuster se prente. Met dit gesê, meen ek as vervaardiger en groot aanhanger van skelmkamera-prente Ek Joke Net 2 is baie snaakser as die vorige een. Selfs dalk genoeg om ons held Leon Schuster se stamp of approval te kry. Wie dink die poetse vir die rolprente uit? Ek, Danie Bester (medevervaardiger) en Stefan Nieuwoudt (regisseur) werk die poetse uit. Ons het Hannes Brümmer, Melt Sieberhage (van Proesstraat-faam) en Johan Baird ook betrek om die poetse uit te brei. Soms werk die poetse wat ons uitgewerk het glad nie en ons moet dan op die dag aan iets dink – dit is soms die snaaksstes. Wie of wat was die inspirasie om die rolprente te maak? Maklik: Leon Schuster. Ek het met sy prente grootgeword – nie net van daarna kyk op die groot skerm nie, maar ook omdat my pa die vervaardiger van al sy skelmkamera-prente is.

Watter kos en drinkgoed was agter die skerms gewild? Interessante vraag. Ons het op stel maar baie water gedrink, veral die kameramanne wat ure op ’n slag in die bokse weggekruip het – dit raak ongelooflik warm daarbinne – die proses van mense uitvang, is maar soos hengel. Laat aande was dit gewoonlik pizzas. Hoe lank het dit geduur om die rolprent te maak? Van die skryfproses totdat ons met die produksie klaar was, sou ek sê dit het omtrent twee jaar geduur. Ná die onverwagse, tragiese dood van Andrew Thompson het ons ’n breuk gevat en amper nie die tweede prent gemaak nie, maar ons het ná ’n ruk besluit om tog voort te gaan en die prent ter nagedagtenis aan hom klaar te maak. Het die kameraman (of akteurs) al begin lag en dan die poets ’n blaps gelaat? Dit het al gebeur dat die kameramanne lag en in produksie sit jy met die beeld wat ’n bietjie skud soos die kameraman gelag het, maar nooit die akteurs nie. Hoeveel poetse is in die rolprent gebak? Ongeveer 50 poetse is geskryf waarvan ons omtrent 35 verfilm het en waarvan 21 in die prent is. Gaan daar ’n derde rolprent wees? Ons hoop regtig om nog een te kan maak, want dit is baie pret en iets eg Suid-Afrikaans. Alles hang ongelukkig van geld af en hoe suksesvol die tweede prent is.


BLOEMNUUS, VRYDAG 9 MEI 2014 11

Nuus in kort

S Die 2014-oesjaar gaan na verwagting veral rooiwyn van goeie gehalte oplewer, volgens die Stellenbosse drankmaatskappy Distell. Erhard Wolf, hoof van aankope van druiwe en wyn vir Distell, sê alle aanduidings is dat dit een van die maatskappy se beste oesjare die afgelope jare gaan wees. Wolf skryf die groter opbrengs toe aan ’n “uitstekende winter” verlede jaar en ’n goeie somer wat gevolg het. Dit het die wingerde goed laat groei.

CARMIN CORNELIUS

Foto: Verskaf

Kuier met Carmin

S Die onlangse verspreiding van polio kan die stryd om dié siekte wêreldwyd uit te roei, ongedaan maak. Dit is die waarskuwing wat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) na aanleiding van ’n noodvergadering uitgereik het. Polio, oftewel poliomiëlitis, is ’n hoogs aansteeklike virale infeksie wat gewoonlik kinders onder die ouderdom van vyf

kan verlam. Daar is geen geneesmiddel nie, maar mense kan daarteen ingeënt word. Omdat mense die virus kan hê en versprei sonder om simptome te wys, beskou die WGO selfs ’n enkele geval as ’n dreigende epidemie. Teen die einde van verlede maand was daar 68 bevestigde gevalle van polio terwyl daar verlede jaar net 24 vir dieselfde tydperk aangemeld is. Die siekte het verlede jaar weer in Sirië kop uitgesteek en die WGO het dit in Februarie in Irak ook gevind. Dit is nou in nog agt lande ook opgemerk, naamlik Pakistan, Nigerië, Ethiopië, Afganistan, Ekwatoriaal-Guinee, Kameroen, Somalië en Kenia. Die noodtoestand sal daartoe lei dat mense in lande met polio dokumente moet toon om te bewys dat hulle ingeënt is voordat hulle die land mag verlaat. Die WGO sal dié maatreël oor drie maande hersien.

CARMIN CORNELIUS (18) is in Pretoria gebore en getoë en woon nou in Bloemfontein waar sy LLB Regte aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer. Sy het al vir bekende sangers soos Corlea Botha geopen en het groot drome wat sy najaag waaronder haar sangloopbaan waarvoor sy opleiding aan Dewald Louw se Musiek-akademie ontvang. INGE STRYDOM het met Carmin gesels.

S Bloemnuus is also available in digital format. To view, visit www.bloemnuus.co.za. S Die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, Thabo Manyoni (ANC), het die lint geknip op die bekendstelling van nog ’n geplaveide en ontwikkelde uitkykpunt op Naval Hill, terwyl bouwerk aan The Edge-restaurant op die koppie binne ’n maand voltooi sal wees. Dit is nog onbekend wie die restaurant van sowat R4 miljoen gaan bedryf. Nog goeie nuus wat deur die leierskap van die Mangaung-metro op die koppie gebring is, is dat die kabelkarretjie van die Arthur Nathan-swembad na Naval Hill in 2015 – dus volgende jaar reeds – ’n werklikheid gaan word.

Hoe sal jy jou musiek beskryf? Enige musiek met betekenis en diepte. Enigiemand wat van diep musiek hou, sal van my musiek hou. My gunstelingmusiek is Afrikaanse en Engelse ballades en jazz soos die musiek uit die rolprent Chicago. Wat is jou grootste droom? My grootste droom sal wees om New York toe te gaan en deel van die Fashion Week te wees en ’n sukses van my sangloopbaan en my studie te maak.

Hou jy van kleiner of groter gehore? Dit gaan nie regtig oor die grootte van die gehoor nie; meer oor die vibe in die saal. Tydverdrywe? Ballet en dans. Ek was in gr. 12 een van die skool se rugbydansers en het elke oomblik geniet. Ek oefen nou nog met my trompoppiestok wanneer ek tuis is. Wanneer tree jy weer op? Op 12 Junie open ek in Die Blou Hond vir Jakkie Louw en Kevin Leo met hul vertoning Jakkals en Leeu.

S Die familie van Pierre Korkie, die Suid-Afrikaner wat reeds byna ’n jaar deur Al-Kaïda in Jemen gyselaar gehou word, is steeds in die duister oor hoe dit met hom gaan. Michael Venter, familiewoordvoerder, sê Korkie se kwynende gesondheid is steeds ’n groot bron van kommer vir die familie aangesien hulle lanklaas van die ontvoerders gehoor het. Hulle is steeds hoopvol dat hy vrygelaat sal word. Venter sê weens die onstuimige toestande wat in Jemen heers, kon hulle nog nie weer ’n ontmoeting met die ontvoerders gereël kry nie. Tydens die laaste ontmoeting op 17 Maart vanjaar tussen Al-Kaïda en stamhoofde van Abyan het die terroristegroep steeds sowat R32 miljoen vir Korkie geëis. S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is onlangs oorlede: * Rina Kriek (1922) * James Pietersen (1932) * Meisie Snyman (1951) * Jaap Pretorius (1962)

Wou jy van kleintyd af mense vermaak? Ek is van kleins af ’n regte drama queen wat van mooi aantrek en hakskoene hou en het altyd voor die spieël gesing en gedans en soos ’n wafferse model op en af in die gang geparadeer. My broer het my altyd die Prom Queen genoem. Ek het in matriek meer met sangoptredes op liefdadigheidsgeleenthede in Pretoria betrokke geraak.

Wat verkies jy om eerder te doen: rolprente, musiek of modelwerk? Ek het nog nie intensief rolprentwerk gedoen nie, maar wel ’n paar advertensies as ’n ekstra toe ek heelwat jonger was. Ek is in Jay se musiekvideo Dis hoe ons rol. Dit was lang ure met baie harde werk, maar baie lekker. Musiek was nog altyd deel van my lewe en iets wat ek graag wou doen. Die gevoel en die adrenalien op die verhoog sal ek vir niks verruil nie. Dit is lekker om te weet jy is geseën met ’n talent wat mense saam met jou kan waardeer. Modelwerk is iets gans anders. Die fotosessies en die mense wat jy ontmoet, is onvergeetlik en jy maak vriende in die bedryf en oor die wêreld heen. My gunstelingwerk is loopplankwerk. Alles op die loopplank lyk rustig, maar agter die verhoog is dit chaos en jy het minder as twee minute om in jou volgende uitrusting te kom.

S Altesaam 11 beeste, waaronder 4 dragtige koeie en ’n stoetbul, is die naweek op Eendeplaas buite Bloemfontein dood aangetref nadat hulle vermoedelik inkbessiebos gevreet het. Inkbessiebos is ’n baie giftige indringer-bos wat veral die dier se lewer en longe aantas. Danie Nieuwenhuizen het in Desember 26 beeste weens die droogte van die plaas Murrayshoek in Boshof na Eendeplaas buite Bloemfontein geskuif. Hy het die beeste verlede jaar vir sowat R200 000 aangekoop. Die beeste is deur die Mangaung-munisipaliteit verwyder en aan die Bloemfonteinse dieretuin geskenk. Die res van Nieuwenhuizen se kudde is na sy plaas by Boshof aangery.

’n Blik op die Bloemfonteinse middestad. Op die voorgrond is die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln). Dooie bome in die boomtuin van Naln is sedertdien afgesaag omdat dit onooglik en ’n verleentheid geword het, het Otto Liebenberg, kurator van Naln, gesê. Foto: Jens Friis

S ’n Uitstalling van verskeie kunstenaars se werk word van Donderdag tot Saterdag deur Artvariety.com in die Hoër Meisieskool Oranje se M.L. Spiessaal in Bloemfontein aangebied. Die uitstalling open Donderdag om 18:30 en kan Vrydag en Saterdag van 09:00 tot 16:00 besoek word. Kaartjies vir die opening, wat kaas en wyn insluit, kos R50 en is te kry by Stefan Buys by 072-546-6121 of Brigitte Botha 084-585-8511. S Stuur gerus nuus wat hier tuishoort na jens.friis@media24.com.

How old are your tyres really? MOST people rely on a tyre’s tread depth to determine its condition. But, says Les Mc Master, chairman of the Motor Industry Workshop Association (Miwa), the rubber compounds in a tyre deteriorate over time, regardless of the condition of the tread. “An old tyre can be just as hazardous as a tyre with a worn tread.” For some people, old tyres might never be an issue. “If you drive over 19 000 km annually, the tread will wear out in three to four years, long before the rubber compound does. But if you drive less than that, or have a car that you only drive on weekends, for example, aging tyres can become an issue. The age warning also applies to spare tyres and ‘new’ tyres that have never been used but are old,” he says. As with all products made of rubber, tyres will deteriorate with age, whether they are

in use or not. Cracks in the rubber will develop over time. They will appear on the surface and inside the tyre. This cracking can eventually cause the steel belts in the tread to separate from the rest of the tyre. Improper maintenance and heat accelerate the process. So, how do you check the age of your tyres? Mc Master says while car, tyre and rubber manufacturers differ in opinion about the lifespan of a tyre, the DOT-code on the inside of the tyre provides information on the production date. Tyres produced after 2000 have a four-digit DOT code instead of three. “The first two digits indicate the production week and the second two are the year. “While some tyre manufacturers swear that tyres can last for 10 years, it is impossible to judge how long a tyre will last since factors such as heat, storage and conditions

of use reduce the life of a tyre.” Mc Master says the South African climate definitely contributes to the aging of tyres as exposure to sunlight, heat and especially coastal conditions are known for weathering rubber. “It is important to remember this also applies to spare tyres and tyres that are sitting in a garage or shop. Consider how a spare tyre lives its life. If you own a truck, the spare may be mounted underneath the vehicle, exposed to the dirt and the elements. If your spare is kept in the boot, it is baking in an oven all day.” While most spare tyres never see the light of day, if a tyre has been inflated and mounted on a wheel, it is technically in service even if it has never been used. A tyre that has not been mounted and is just sitting in a shop or garage will age slowlier than one that has been put into service on a car.


Athletes: Bear safety in mind

Runners are targets for crime

Clive Humphrey, managing director of the ADT Security Central Region, said training is important, but so is your safety.

AS race days draw closer, avid runners and cyclists will no doubt be going the extra mile to ensure that they are fit and ready. This may mean squeezing in additional training – most possibly in the early morning or in the evening. Clive Humphrey, managing director of the ADT Security Central Region, said training is important, but so is your safety. “It is very important to let someone know that you are heading out and when you expect you will return. This means that if you are not home as scheduled, the alarm can be raised immediately and no time will be wasted in the event of an emergency.” He further had these tips for anyone who will be taking part in any kind of athletic training in the coming weeks: S Try to avoid running or cycling when it is dark outside. S Do not go out jogging or cycling alone; invite family or friends to go

with you. S Before you leave home ensure that your cellphone battery is charged. S Take along enough money to be able to catch a bus or taxi or make a phone call if need be. S Wear bright reflective clothing so that motorists are able to see you easily; reflective strips on your shoes are not sufficient. S Never go out running or cycling while listening to music through earphones. This might prevent you from hearing an oncoming vehicle, a potential mugger or a vicious dog. S Vary your route as often as you can and steer clear of very quiet or unsavoury areas. Humphrey added that it is also important to make sure your family and home are safe while you are out, even if it is just for an hour or two. “Activate the alarm system and always ensure that you have locked the front door and gates properly behind you.”

ORANJE BO! Ryno Benjamin van die Cheetahs wens sy span­ maat Johann Sadie geluk met sy drie verlede week teen die Blou Bulle. Helaas het die Cheetahs dié wedstryd verloor, maar die hoop beskaam nie dat hulle môre die bordjies teen die Western Force gaan verhang. Die wedstryd skop om 17:05 af en die hekke van die Vrystaat­stadion open reeds om 15:00. Foto: Deaan Vivier

‘Wilhelm praat ook nie Engels’ Jóhann Thormählen

BLINK UIT IN HOKKIE: Dié leerlinge van die Laerskool Olympia in Heidedal het die Suid­Vrystaatse hokkiespanne gehaal. Van links is, voor: Katleho Ngalo (o.12A), Karabo Moliko (o.12A) en Carl Ma­ thews (o.12B); agter: Camryn Ford (o.13A), Katleho Ntabe (o.13A), Liza­Marie Harris (afrigter en hokkiekoördineerder van Olympia), Itumeleng Moholo (o.13B) en Buhle Moses (o.14B).

DIE Cheetahs is nie te bekommerd dat die Western Force Saterdag hier hul lynstaantekens gaan uitwerk nie, want die besoekers se Wilhelm Steenkamp kan gelukkig ook nie Engels praat nie. Só het Naka Drotské, die Cheetah-afrigter, onlangs op ’n nuuskonferensie gespot. Steenkamp, wat al vir die Cheetahs slot gespeel het, is een van ’n klomp Suid-Afrikaners wat hier in ’n Superrugby-wedstryd teen die Cheetahs vir die Force kan uitdraf. Die ander spelers is die losskakel Sias Ebersohn, die senter Marcel Brache en die losvoorspeler Brynard Stander.

Steenkamp meen dit gaan nie vreemd wees om teen van sy ou spanmaats in die Vrystaat-stadion te speel nie. Hy het gesê hy weet nie hoekom rugbyondersteuners dink dit gaan vir die Force maklik wees om die Cheetahs te klop nie. Adriaan Strauss, die Cheetahs-kaptein, het oor Steenkamp-hulle se invloed gesê: “Daar is ’n klomp Suid-Afrikaners in hul span, maar Swys (Francois Uys) het dit aan die begin van die reeks ’n bietjie moeiliker gemaak om ons lynstaantekens uit te werk. “Ons sal maar daarby hou.” Drotské het geterg: “Die voordeel is Wilhelm kan gelukkig ook steeds nie Engels praat nie.”

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Foto: Eric Grobbelaar

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 Media Corner 100114/A/R

BOBAAS: Linge Steenkamp (Oranje) het die Paasnaweek aan die Dunlop­ Sportsmans Warehouse­Belgrave­ tennistoernooi deelgeneem. Sy het die enkelspeltitel vir meisies o.14 ge­ wen en ook die dubbelspeltitel saam met Lara van der Merwe van Potchef­ stroom. Van die beste spelers in die land in die ouderdomsgroep het aan die toernooi deelgeneem.

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.