Bloemnuusbl 20140516

Page 1

VRYDAG 16 MEI 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

Wen 8 kaartjies

IN ’n Vuur gevang in glas lewer Amanda Strydom ’n kragtoer met die werke van haar mentor, Hennie Aucamp, die vader van die Afrikaanse kabaret wat in Maart oorlede is. Bloemnuus gee agt kaartjies na haar vertonings hiervan op die Vryfees (15 tot 20 Julie) weg. Om jou in te skryf is maklik. Share dié inskrywing op Bloem­ nuus se Facebook­blad. Die sluitingsdatum is Maandag 19 Mei om 09:00.

GRATIS

Tree aan vir Spontaan

HET jy ’n spesiale talent? Dan kan jy vir Spontaan 2014 nader staan. Dié kompetisie van die Sentrale Plaaslike Koerante op Volksblad se Vryfees trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan. Nie net sangers nie, maar enigeen met ’n besonderse talent kan nou deelneem – hetsy jy kitaar met ’n lepel speel, gedigte voordra, balle wiggel, met kaarte toor, konsertina agter jou rug speel, aksente namaak, dans of, natuurlik, sing. As jy dink jy het ’n talent waarvan ander mense kennis moet neem, kom wys jou slag op Maandag 19 Mei. Die oudisie begin om 18:00 in die Opleidingslokaal van die Volksblad-gebou langs Nelson Mandelastraat. Deelnemers moet alles wat hulle vir die optrede nodig het self verskaf – ook ’n CD-speler as agtergrondmusiek benodig word. Deelnemers moet ouer as 16 jaar wees. Inskrywing is gratis. As jy as streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie op die Vryfees wees om jou staal in die eindronde op die Blêrkas-verhoog te toon. Die wenner van elke streek sal net ná elke oudisie aangekondig word. As jy nie van Bloemfontein

is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. As jy nog vrae het, skryf aan jens.friis@media24.com of skakel 051-404-7901. Die volgende pryse is op die spel: ) SpecSavers: pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteitsen-bemarkingpakket van

Dirkie is soek

DIRKIE, die bekende mak meerkat van die De Oude Kraal Country Estate & Spa, het voete gekry. Dit word vermoed dié geliefde troeteldier van Gerhard en Marie Lombard is gesteel. Dirkie het selfs snags op die bed saam met hulle geslaap. Enigeen wat dalk weet waar Dirkie hom bevind, word gevra om 051-564-0636 te skakel. ’n Foto van hom is op Bloemnuus se Facebook-blad geplaas.

R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag, visitekaartjies, ’n professionele profiel, Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner wen elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500.


BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Het jy dit gehoor? S Die aktrise Lida Botha het eens aan Dr. Viljoen in Bloemfontein skool gehou. Sy het dit in die verbygaan in die program Sewe Sakke Sout op kykNET genoem. Lida is in Ouma en Oupa sit op die stoep te sien.

Briewe

S Rudie van Rensburg, oudredakteur van Bloemnuus wat deesdae in die Kaap woon, sal op die Vryfees oor misdaadromans praat. Misdaadromans verrys soos paddastoele, maar resensente is dit eens: Min skrywers kan vir die nuwelinge Rudie van Rensburg en Irma Venter kers vashou. Kom luister wanneer dié twee met Charles Smith oor spanningsromans gesels, die uitdagings wat die genre bied, en die oorgang van joernalistiek na roman skryf. Rudie se tweede roman, Kopskoot, verskyn in Mei vanjaar en Irma se derde spanningsroman, Sondebok, is in September op die rak. Die gesprek vind op Saterdag 19 Julie om 11:30 in die Van Rensburg-patoloë- diakonale lokaal 1 (Van der Merwe Scholtz-saal) plaas. Toegang is gratis en dit duur 50 minute.

S DIT is wel so dat ’n mens gereeld in die poskantoor in lang rye moet staan, maar ek verstom my telkens hoe klante kan optree wanneer hulle eindelik voor uitkom om gehelp te word. Deur hul doen en late mors húlle meer die ander klante in die ry se tyd as die personeel self. Onlangs het dit my aandag getrek toe ek wéér ’n halfuur in die poskantoor by Preller in ’n ry moes staan. Die een klant se selfoon het drie keer gelui – en hy het dit elke keer beantwoord. ’n Ander een se vorms was nie ingevul nie. En dan was daar die man wat ’n pakkie wou kom afhaal, maar vir hoe lank in sy beursie na sy ID gesoek het. In al drie gevalle is my tyd deur hulle gemors. Dit hoort nie so nie. – Esmé, Dan Pienaar S Die lekker groot advertensie van Avbob (Bloemnuus, 28 Maart, bl. 7) wat sy 96ste verjaardag vier, het my ver laat terugdink. My ouma het in sy vroeë jare vir dié onderneming gewerk en ons familiegeskiedenis is dus nou hiermee verweef. Geluk aan Avbob wat steeds sterk staan en (soos die advertensie lui) “begrafnisversekering en dienste aan meer as 1,4 miljoen polishouers en private kliënte” bied. – Mev. C. Smith

S Steve Hofmeyr oorweeg dit om politikus te word. Coenie de Villiers wou op Kwêla van hom weet: “Wat is jy deesdae, Steve: sanger, skrywer . . .?” Steve het geantwoord hy hou baie daarvan om te skryf – soos sy nuwe boek, Laaste dans, Drienie – maar hy voorsien nie hy sal heeltyds skrywer word nie. “Ek is te lief vir die verhoog en die adrenalien.” En toe vervolg hy: “Oor vier jaar sal ek beslis sekere besluite oor die politiek moet neem.” Steve spreek hom deesdae sterk uit oor politieke aangeleenthede soos plaasmoorde. Coenie wou verder hieroor met hom praat, maar Steve wou niks verder sê nie. “Nooi my oor vier jaar na Kwêla, dan gesels ons weer.”

S Waarom is die verkeerslig op die hoek van Dan Pienaarrylaan en Lucas Steynstraat nou weer anders gestel? Lucas Steynstraat dra deesdae omtrent net soveel verkeer as Dan Pienaarrylaan weens die westelike uitbreidings van die stad. Maar selfs in spitsverkeer kan net vier (hoogstens vyf) karre uit Lucas Steynstraat in Dan Pienaarrylaan kom, want die verkeerslig se tyd is te kort gestel. Dit was lank ’n probleem en is toe verander. Maar nou sit ons weer met dieselfde probleem. Ek woon in Heuwelsig en ek vloek elke oggend saggies wanneer die verkeer nie wil vloei nie. Hopelik lees iemand van die munisipaliteit my brief. – Johan

S David Kramer is deur die Universiteit van Stellenbosch (US) met ’n eredoktorsgraad in wysbegeerte vereer. Volgens ’n verklaring van die universiteit is Kramer vereer vir sy merkwaardige bydrae tot die SuidAfrikaanse kultuurlewe en die manier waarop hy maatskaplike aangeleenthede van ’n kulturele perspektief belig. Dié sanger, liedjieskrywer en musiekteaterlegende het aan Die Burger gesê hy het nie gedink dit is gepas om sy rooi vellies na die gradeplegtigheid aan te trek nie, want die eregraad “is darem ’n verrassing en groot eer”.

Het jy geweet? Karel Schoe­ man, die veelbekroonde skry­ wer van Bloemfontein, is die oom van Edwin Cameron, die konstitusionele regter. Came­ ron se nuwe boek, Justice – A personal account, is onlangs deur Tafelberg­uitgewers uitge­ reik. Dit kos R220. S Gert Vlok Nel se optrede in die Aasvoëlklub is tot later vanjaar uitgestel.

S Nataniël hou tien konserte in agt dae in Australasië. Sy eerste konsert was in Auckland, Nieu­Seeland, waarna Brisbane, Sydney, Adelaide en Perth in Australië volg. Op Saterdag 31 Mei tree Nata­ niël in die Kovsiekerk ten bate van die Martie du Plessis­skool op. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. Navrae: Johan Grob­ belaar, 072­680­2953. S Elma Postma neem ná drie jaar in Binnelanders vandeesmaand afskeid van die sepiewêreld. S Helen Zille van die DA oor dr. Mamphela Ramphele van Agang nadat die verkiesingsuitslae bekend gemaak is: “Ek het vir haar die wêreld aangebied, sy wou die heelal hê en nou sit sy met ’n woonstel op Pofadder”. S Sandra Prinsloo is met die presidensiële Orde van Ikhamanga (silwer) vir haar bydrae tot die kunste vereer. Sy werk nou aan die toneelstuk Vir Ewig en Altyd wat sy eersdaags saam met die veteraanakteur Marius Weyers gaan opvoer. Daarna beoog sy om saam met vriende in Italië in Toskane te gaan stap, eet en wyn drink.

S Die Kaapse stadsraad het ingestem wyle prof. Jakes Gerwel moet vereer word deur Vanguard-rylaan na hom te noem. Die voorstel om Gerwel op dié manier te vereer is deur die Mandela Rhodes-stigting by die stadsraad ingedien. Die naam Vanguard-rylaan is in 1905 deur die toentertydse stadsraad aan dié pad gegee. Dit het gelei na ’n bymekaarkomplek vir soldate voordat hulle na Noord-Afrika gestuur is. Die woord “Vanguard” verwys na die voorste linie van soldate in ’n oorlog. S Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het uit haar pos as parlementêre leier van dié party bedank. Sy gaan volgende jaar aan die Harvard-universiteit in Boston in Amerika studeer.

S Nádine sal die aanbieder van ’n nuwe TV-program op SABC2 wees wat mense se musiekkennis toets. Finaliste in dié program bepaal op grond van hul musiekkennis self hoeveel geld hulle wen. Drie finaliste word uit die gehoor gekies nadat hulle vooraf aan oudisies moes deelneem. Hoe kom finaliste vir dié speletjie in aanmerking? Hulle moet ’n sekere deel van ’n spesifieke lied sing sodra die inleiding van dié lied gespeel word. Musiek Roulette begin in Augustus op SABC2. S David Beckham ly aan obsessiewe kompulsiewe gedragsversteuring. Alles moet in ’n reguit lyn of in pare wees. Dit is glo so erg wanneer ’n onewe getal koeldrankblikkies in sy yskas staan hy die ekstra een sal uithaal en op ’n ander plek bêre. S Die vierstuks van Die Heuwels Fantasties is nou amptelik ’n trio ná ’n skeiding in die groep. In ’n nuusverklaring word gesê Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Pierre Greeff het besluit “ons skeiding met hom (Philip Erasmus) is die enigste pad vorentoe vir die groep.” Dit is onbekend wat tot die skeiding gelei het.

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 Media Corner 100114/A/R

2

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.


BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 3

Laat weet as iemand sterf

Daar is ’n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Met dié waarheid as deel van haar lewensmotto het Hé­ leret besluit om Die Bevrienders Bloemfontein ná 25 jaar as langdie­ nende vrywilliger te verlaat. In die tydperk was sy bevoorreg om na duisende mense te luister, daar te wees wanneer hulle haar nodig ge­ had het en ook baie van hulle te leer. By Die Bevrienders werk die vrywilligers net op hul voorname, daarom word Héleret se van nie ge­ noem nie.

Joslyn Fredericks is as die eerste Mev. Heidedal aangewys. Die kom­ petisie is gereël deur Sisterwood, ’n gemeenskapsinstansie waar Nicole Baartman aan die stuur staan.

Die Suid­Afrikaanse span het ’n sil­ wermedalje op die wêreldkampi­ oenskapsbyeenkoms van die Inter­ nasionale Federasie vir Honderats­ heidsportsoorte (FCS) in die span­ aflosklas in Amsterdam gewen, het Hannes Kotze laat weet. Twee Bloemfonteiners, Riëtte Mohr (spanbestuurder) en Jurie Smith, tesame met sy hond, Epic, het hier­ aan deelgeneem. Bloemnuus het op 18 April in ’n voorbladartikel oor dié byeenkoms berig. Meer hieroor in ’n volgende uitgawe.

Wel en wee

S Jeannette Geldenhuys, ’n bekende Bloemfonteinse omroeper, se voet herstel goed nadat sy dit ’n paar weke gelede op ’n geselligheid gebreek het. Sy kon Saterdag die eerste keer ’n skoen met ’n hak aantrek. Jeannette het Saterdagoggend in die Pick n Pay-hipermark in Fichardtpark opgetree. S Melisa de Wee doen ’n internskap aan die Volksblad-groep in Bloemfontein. Sy het ’n graad in mediastudies en joernalistiek aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf.

S Pieter Steyn van Volksblad het ’n ATKV-mediaveertjie in Johannesburg gewen. Hy is in die afdeling vir elektroniese en gedrukte media vir die beste leefstylstorie vir sy artikel Die swerwers langs die grootpad vereer. Dit het ’n blik op die lewe van die Karretjiemense van die Karoo gebied. Die TV-reeks Donkerland het amper skoonskip gemaak toe dit met vier van die vyf TV-pryse weggestap het. S Hendrik Joubert (21), ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het sy voet beseer en moes ’n veloorplanting in die Mediclinic Bloemfontein ondergaan. S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Tertia Brewis (1943) * Charlotte Steyn (1917) * Babs van Aardt (1931) * Jacoba Philippina Hendrika Hesse (1946) * Erasmus Albertus du Preez (1953) * Johannes Coertzen (1938) * Chris Botes (1941) * Joseph du Plooy (1953) * Gert Jacobus (Wally) Waldick (1942) * Willem Johannes van Biljon (1969) * Elvis Abraham Harmse (1959) * Keentseng Adel Mooko (1953) * Susan Malan (1934) * Johannes Stephanus (Hanco) Maritz (1993)

S Anthony Sinden, voorheen van die Raj- en die Palace-restaurant, is die nuwe bestuurder van die restaurant Coco C in die Loch Logan-waterfront. S Jan Krige (92), ’n voormalige Bloemfonteinse polisiekommissaris, het behandeling in Mediclinic Bloemfontein ontvang.

S Peet Thirion was Bloemnuus se 5 500ste lid op Facebook. Sluit jou gerus aan. Dit is gratis. Bly só op die hoogte van dinge wat in Bloemfontein en omgewing gebeur. S Oupa Mohoje was Saterdag die eerste keer in ’n Superrugbybeginspan toe hy vir die Cheetahs teen die Western Force uitgedraf het. S Sias Ebersohn, ’n oud-Cheetah en deesdae die Western Force-losskakel, het Saterdag die eerste keer na die Vrystaat-stadion terugkeer. Ebersohn het verlede jaar teen die Cheetahs gespeel, maar dit was in Perth toe sy voormalige span met 19-10 gewen het. Sias se tweelingbroer, Robert, speel deesdae vir die Montpellier-klubspan in Frankryk. S Martin en Isabel Beylefeld van Bloemfontein het ’n tweede plek in die Suid-Afrikaanse bruid van die jaar-kompetisie behaal. Hulle is in November getroud en het tweede uit sowat 2 000 inskrywings geëindig. S Dié lesers het pryse gewen op www.bloemnuus.co.za en Bloemnuus se Facebook-blad: * George Esterhuizen * Machiel Myburgh * Antoinette Claasse * Sarel Theunissen * Thelmarie Theron * Lesley Jacobs * Maryna Louw * Elmari Viljoen * Martie van der Berg * Dina Smith Liebenberg * Chris van Blerk * Elrina Neethling * Christel van Zyl

S Basil Alexander, ’n DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, het na die ANC oorgeloop. S Mel en Rhoda Haddad van Dewetsdorp het verlede Vrydag hul 50ste huweliksherdenking gevier.

S Leonie Grové se geliefde boetie, Johan van Wyk (40), ’n verstandelik gestremde inwoner van die Eljada-nasorgsentrum in Oudtshoorn, het Vrydag op ’n toer in die Kango-grotte gestruikel en met sy kop eerste na sy dood geval. S Henry Immelman, ’n belowende heelagter van Grey-kollege wat Saterdag in ’n wedstryd teen die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) beseer is, sterk goed aan. Henry is in die eerste helfte van die wedstryd op ’n draagbaar van die veld gedra nadat hy in ’n botsing met ’n Affies-verdediger sy wangbeen vergruis en sy lip geskeur het. Grey het die wedstryd met 42-31 gewen. S Die samestelling van die Vrystaatse wetgewer lyk ná die verkiesing só: * VF+: Wouter Wessels; * EVV: Mandisa Mkhesini en Willie Tshabalala; * DA: Roy Jankielsohn, David van Vuuren, Leona Kleynhans, James Lethuka en Marieta Pittaway; * ANC: Ace Magashule, Sisi Mabe, Tate Makgoe, Mathabo Leeto, Butana Komphela, Sisi Ntombela, Oupa Khoabane, Mamiki Qabathe, Sam Mashinini, Olly Mlamleli, Mosebenzi Zwane, Sarah Moleleki, Isaak Mbalo, Nombulelo Mapena, Thabo Meeko, Elzabe Rockman, Benny Malakoane, Patricia Mahasa, Neels Van Rooyen, Kediinametse Sechoaro, Patrick Buti en Dora Kotzee. S Bloemfontein is twee Kannas ryker. Die akteur Gerben Kamper en die Odeion-strykkwartet is die enigste Vrystaters onder vanjaar se benoemdes en toe bring hulle albei dié trofeë huis toe. Uitsonderlike prestasies op die KKNK word met die Kannas vereer.

BLOEMNUUS neem weekliks met leedwese kennis van die afsterwe van talle inwoners in sy lesersgebied. Die oorledenes word dan ook in die koerant vermeld – soos gesien kan word in Wel en Wee hier langsaan. Maar meestal word bykomende inligting van die oorledenes benodig. As jy ’n onlangs oorlede familielid of vriend in die Wel en Wee-kolom wil huldig (dit kos nie ’n sent nie), moet jy die volgende inligting stuur na jens.friis@media24.com:

S volle name; S noemnaam; S van (en nooiensvan); S geboortejaar; S datum waarop die mens oorlede is; S ’n bondige beskrywing van die mens se beroepslewe; S deur wie word die oorledene oorleef; S waar en wanneer is sy of haar begrafnis- of gedenkdiens gehou; S enige ander toepaslike inligting; en S ’n goeiegehalte-gesigfoto is welkom.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Aldiné van der Merwe (Feëkoningin), Darren Geyser (Feëkoning) en Marilise van Wyk (Puck) in Midsomernagdroom wat deur die UV se dramadepartement opgevoer word. Foto: Minette Grové

Kinders kan saam droom MET die opvoering van Midsomernagdroom vir kinders poog die dramadepartement aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) om Shakespeare se fantasie vir die jongspan toeganklik te maak. Karen Combrinck, ook bekend vir haar verwerkings van Alice in Wonderland en Die Towenaar van Ondersteboland, het Midsomernagdroom op ’n opwindende manier in verstaanbare Afrikaans aangepas sodat jonk en oud na ’n magiese wêreld van verbeelding meegevoer sal word. Daar is ’n betowerde woud wat bewoon word deur ’n feëkoning en feëkoningin wat kwaad is vir mekaar, en feetjies en ’n verspotte elfie wat sake in die bos lelik omkrap.

Voeg daarby ’n houtkapper wat in ’n donkie verander en ’n towerblom wat verliefde paartjies deur ander oë na mekaar laat kyk en jy het ’n lekker resep vir ’n bekoorlike kindertoneelstuk. Midsomernagdroom bied verbeeldingryke karakters, aksie, kleurryke fantasie-kostuums en groot opwinding. Moenie die geleentheid laat verbygaan om ’n klassieke werk aan die jonges (van vlees en gees) bekend te stel nie. Die regie word deur Gerben en Marijda Kamper behartig. Die stuk word van 21 tot 24 Mei deur dramastudente aan die UV opgevoer. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Dagboek VRYDAG 16 MEI S Die Martie du Plessis-skool hou sy jaarlikse gholfdag by die Bloemfontein-gholfklub. Johan Grobbelaar, 072-680-2953. S Nie lus vir kosmaak op ’n Vrydagaand nie? Koop kerrie-en-rys, asook pannekoek, van 18:00 af by die NG kerk Hugenoot, Picardystraat 2, Bayswater. Pannekoeke kos R3 en kerrie-en-rys R15. Bestellings is nodig. Skakel die kerkkantoor by 051-436-3659. S Dance Swing-partytjie by die Aasvoëlklub om 20:00. Kiki Corner, 051-446-5666. S Moeder Moed: Afrikaanse vertaling van Mother Courage deur Bertolt Brecht met Aletta Bezuidenhout en André Roothman in die André Huguenet-teater om 18:30 en 11:00. Pacofs, 051-447-7772. S Die Mangaungse Kamer van Handel en Nywerheid (MCCI) hou ’n seminaar oor risikobestuur op die Emoya-landgoed. Deelnemers sal meer te wete kom oor hoe ’n mens risikobestuur moet verstaan en toepas en watter impak ’n gebrek aan risikobestuur op die onderneming se voortbestaan en ontwik- keling kan hê. Die aanbieder is Peter Metcalfe, die uitvoerende hoof van die FDA, en Arthur Els, die besturende direkteur van Argen. Die werksessie duur van 09:00 tot 13:00. Kry meer inligting oor die geleentheid by die MCCI se kantoor by 051-447-3368. S Die Suid-Afrikaanse Wapenen-ammunisieversamelaarsvereniging in die Vrijstaat (SAWAVV) bied twee aktiwiteite ter viering van die 70ste herdenking van die langste veldslag van die Tweede Wêreldoorlog aan. Die eerste daarvan is om 19:00 wanneer ’n dansparty met die tema 1940s Big Band Swing in die Aasvoëlklub aangebied word. Kaartjies kos R120 wat ’n ete insluit. Geskiedkundige drag is verpligtend. Môre van 09:00 tot 13:00 is daar ’n 70ste herdenking van die Slag van Monte Cassino in Italië op die plaas Leeuwberg. Historiese veldslagnabootsing, versamelwapen-skietvertonings, veteraanmilitêre voertuie en militaria-, oudhede- en kosstalletjies is deel van die gebeurtenis. Toegang is R20 en vir kinders jonger as 16 jaar is dit gratis. MC Heunis, 082-870-4448. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Sonja en Jana sit nie om dieselfde vuur nie, en die kolwyntjie-krisis lei tot verslaping. Tertius speel sy troefkaart, en At se eerste dag by die werk maak almal gespanne – hom ook. Mooipraatjies wek die verkeerde indruk by ’n dokter, en Sonja wil weet wat aan die gang is.

S Die tweejaarlikse St. Michaelfees vir musiek, drama en kuns duur nog tot môre. S Vessel, ’n keramiekuitstalling deur Dina Grobler, Helena de Waal, Clive Sithole en ander in die Johannes Stegmann-galery tot 20 Junie. SATERDAG 17 MEI S Die Cheetahs speel om 19:10 teen die Brumbies in die Vrystaatstadion. Monique is die gaskunstenaar op die Castle-dek ná die wedstryd. Twee van haar CD’s is te wen op www.bloemnuus.co.za. S ’n Dansmarathon word by Mimosa Mall van 13:00 tot 17:00 aangebied. Optredes word afgewissel met kompetisies waaraan die publiek kan deelneem. S Die 2014-eindstryd van die FA-sokkerbeker word in die Wembley-stadion gespeel. Dit kom nadat 737 spanne tot net twee verminder is. SuperSport 3 (Kanaal 203). S Prof. Naómi Morgan van die departement Frans aan die UV is die gasspreker by die Damesklub Nellie Swart. Hulle vergader om 10:00 in die kerksaal van die NG kerk Berg-en-Dal. Gaste is welkom teen R40. Bel Annalie de Wet (051-448-6485) of Corrie Scheepers (051-436-2734). S Marsha Moon en Belinda van Zwijndrecht by die Aasvoëlklub om 20:00. Bespreek by Music Inc. (051-433-3439). S Die Bloemfontein-tak van Helpende Hand hou ’n ontbyt waar Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, die spreker is. Die tema is Die stand van die Afrikaner-gesin in Suid-Afrika. Vanessa Marais is Solidariteit Helpende Hand se streekorganiseerder in die Vrystaat. Om meer uit te vind, skryf aan vanessa@helpendehand.co.za.

S Harmonic Brass Munich: Duitse koperblaaskwintet om 19:30 in die Odeion. Kaartjies tussen R50 en R130 is by Computicket te kry. S Johnny Cash Tribute deur die Kruger Band by Innie Skuur. Kaartjies teen R100 by Kiki Corner en Music Inc. te kry. Navrae: 079-387-3614. S Veerpyltjieproewe om 14:00 by die Old Shute, Hilton. Bel Amanda (073-185-7287) of Carien (072-9923199). S Today the Provincial Department of Sport, Arts, Culture and Recreation will celebrate International Museum Day to enhance public awareness on the importance of museums within each of our communities. World Museum Day has been observed around the world on 18 May since 1977. See advertisement on page 12. SONDAG 18 MEI S Lag B’Omer (Jewish). S Klipkerk se eredienste: Gesinsdiens om 09:00, ds. Johann Els; Oggenddiens (Nagmaal) om 09:30, ds. Stephan van Heerden; Informele diens om 11:00, ds. Stephan van Heerden; Kafeïendiens om 17:00, Neels Redelinghuys; Aanddiens om 18:00, dr. Wollie Grobler. S Bloemfontein Kennel Klub hou ’n ope skou om 09:00 by die Laerskool Sand du Plessis. Marius Booysen, 072-117-5468. MAANDAG 19 MEI S The Compassionate Friends is ’n self-helpondersteuningsgroep wat vriendskap en begrip bied aan bedroefde ouers wat kinders aan die dood afgestaan het. Die byeenkoms vind in die D.F. Malherbe-gebou, Graduandistraat, UV-kampus, om 18:00 plaas. Aubrey Josiah (082-455-7433).

IN DIE KOLLIG: Op Oolong Lounge se Trinity Rooftop­partytjie is Ro­ shaan Josiah, Ian Papenfus, Bianca Prins, Beatrice Kahn en Lee­ann Bar­ low.

DINSDAG 20 MEI S Die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde bied ’n reisende kwiltuitstalling by die Oorlogsmuseum aan. Dit duur tot 25 Mei. S Oproep tot gebed van 10:00 tot 11:00 in kamer 21 van die Klipkerk se sentrum. Bel Vanessa by 072-375-3652. S At 18:00 sponsor an A5-drawing for an exhibition to be held at Gallery on Leviseur in the near future. At this exhibition all drawings will be sold for R100 in aid of a charity. Call Kezia Gerber on 082-835-2335. S Pensioners day’s every Tuesday at Makro. Call Eileen Ndewere on 051-1011000. S Veerpyltjie-oefening by die Old Shute, Hilton, om 19:00. Almal welkom. Bel Carien by 072-992-3199. WOENSDAG 21 MEI S Blindfolded line, dancing through time – installasie deur Liza Grobler in die Oliewenhuis-kunsmuseum tot 8 Junie. S Midsomernagdroom (vir kinders) deur UV-drama in die Scaena-Replokaal om 11:00. Die regie is deur Gerben en Marijda Kamper. Kaartjies kos R25 en R20 en kan by Computicket bespreek word. Sien berig hierbo.

S The Pen deur UV-drama in die Scaena om 19:30. Regie deur Godfrey Manenye. Kaartjiepyse wissel tussen R15 en R40 en kan by Computicket bespreek word. DONDERDAG 22 MEI S Die Alliance Française de Bloemfontein bied in samewerking met die FBI (Food and Beverage Institute) ’n interaktiewe kosdemonstrasie in Langenhovenpark aan. ’n Franse sjef uit Parys, Emeric le Puil, gaan saam met Lesley Jacobs van die FBI kook. Alles vind in die kombuis plaas waar vrae aan die sjefs gestel kan word terwyl hulle die demonstrasie doen. By aankoms om 18:15 is daar ’n verwelkomingsdrankie en agterna sal die geregte geproe word. Daar is net plek vir 50 toeskouers teen R180 per persoon. Bel Daleen Krige by 083-388-1184. S Maria’s Story: Multimedia-uitstalling deur Maureen de Jager by Oliewenhuis tot 22 Junie. S Vrywilligers word benodig om Donderdae ’n halfuur lank te help om sop en brood by die Klipkerk se sopkombuis uit te deel. Daar is ook mense nodig om sop te kook en brood te skenk. As jy bereid is om te help, bel Elize by 051-436-7322.


BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 5


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Onlangs getroud Stuur ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Martin en Simonè Schwella.

Foto: Actual Image Photography

Justin en Lizet Swanepoel.

Wilmarie Schoeman en Francois van Zyl.

Yolandi en Ruann Swanepoel.

Foto: Eloise van Rensburg Fotografie

Foto: Dries du Plooy.

Foto: Sarel Greyling

Cedric en Lizane Olivier.

Adel en Hennie Mulder.

Foto: Rozelle Fotografie


BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 7


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014

Hier volg brokkies nuus waarvan jy behoort kennis te dra: S Talle eiendomme word te koop aangebied op www.bloemnuus.co.za waaronder ’n drieslaapkamer-meenthuis in Westdene vir R800 000. Gaan kyk na die huis by http://property.bloemnuus.co.za. S Verlede week het die De Kroon-meenthuiskompleks in Woodland Hills se eerste inwoners hul intrek geneem. Dié meenthuiskompleks digby die toegangshek is sover bekend die laaste in sy soort wat hier gebou gaan word. Bouwerk daaraan duur voort. S Die Universiteit van die Vrystaat hou verskeie reünies vanjaar: * Huis NJ Van der Merwe (22 en

Kortliks 23 Augustus). * Huis DF Malherbe (18 tot 20 Julie). * Dept. Drama (18 tot 20 Julie). * Mediese fakulteit (26 Julie). Alumni kan Kathy Verwey by die UV-alumni-kantoor kontak by 051-4019343 of verweyke@ufs.ac.za.

S Enigeen wat belang stel om by ’n selgroep van die Klipkerk in te skakel, kan Stephen van Deventer, koördineerder van die selgroepe, kontak by 073-480-1138 of by stephenvd@telkomsa.net.

S Kaartjieverkope vir die Vryfees (15 tot 20 Julie) het by Computicket geopen. As jy die pienk-getooide standbeeld van pres. M.T. Steyn tydens die fees sien waar hy oor die stalletjies op die Rooiplein van die Universiteit van die Vrystaat (UV) waak, sal jy besef vanjaar se Vryfees gaan ’n kleurvolle een wees. Die pienk president is deel van die interessante Piko-projek wat die fees en die UV vanjaar in samewerking met Australiese kunsteorganisasies aanpak.

Op die Bloemskou is die volgende uitstallers vir hul uitstallings vereer: Irma en Johan Gelderbloem van Dairy Corporation, Melize en Marga Bruwer van Bonus Auto en Bonus Off­road en Leilanie Louw en Johann van Rensburg van Labuschagnes.

S Die gesteelde bronsbeeld van die Khoisan-leier Dawid Stuurman is terug op sy plek by die Oliewenhuis-kunsmuseum. Die beeld is uit die groep van 20 beelde op die grasperk voor die museum gesteel. Twee fietsryers het dit egter Dinsdag in die Happy Valley-gebied in die omgewing gekry. Die beeld is sowat R500 000 werd. S ’n Praktiese benadering tot rekenaarvaardigheid word aangebied (MS Word, Excel en PowerPoint). Die klasse is gratis. Lientjie Fourie, 072-144-0892.

POSKAARTE AL MINDER GESTUUR: Volgens ‘n opname van ITV.com is die gewildheid van poskaarte aan die taan. Toeriste verkies toenemend om eerder e­pos te stuur. Maklike internettoe­ gang, die beperkte grootte van poskaarte en digitale fotografie is redes waarom e­pos al hoe gewilder word. Sowat 85% minder poskaarte word nou gestuur as in 1997. Nogtans verkies 72% van die ontvangers steeds ‘n poskaart bo e­pos. Op die foto is ’n pos­ kaart met ’n skets van Maitlandstraat, Bloemfontein, omstreeks 1900.

S Die Mangaung-metro het verlede jaar heelwat eerbewyse gekry in die jaarlikse provinsiale ondersoek wat deur PMR.africa gedoen is, sê Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro. In die ondersoek is die metro gemeet in terme van bydraes tot ekonomiese groei en ontwikkeling van die provinsie, vlakke van bestuursvaardigheid, inwerkingstelling van kooperatiewe regering en vlakke van innovering.

Nog uitstalwenners is van links Milly Kemp van Clover, ds. Zachie le Roux en Ancy van der Westhuizen van die NG kerk Noordhoek, en André Harding van Fish ’n More. Foto’s: Dries Myburg van Photo & Video House

Die metro het onder meer die volgende eerbewyse vir die Vrystaat ontvang met puntetoekennings uit vyf: * Vir die munisipaliteit wat die meeste doen om die omgewing skoon te maak: Diamant-eerbewys met 4,30.

* Vir die munisipaliteit met een van die pro-aktiefste burgemeesters, Thabo Manyoni: Diamant-eerbewys met ’n punt van 4,16. * Vir die skep van die interessantste erfenis-besoekpunt, die Nelson Mandela-beeld: Diamant-eerbewys met ’n punt van 4,37.

PROMOTION

Overcome difficulties DID you know that 80% of learning disabilities are related to emotional stress? Scholars and students do you experience learning difficulties with symptoms such as hyperactivity, impulsiveness, distractibility, forgetfulness or procrastination? NLP (Nero Linguistic Programming) gives us the technology to find out, at the process level, how any student is blocking himself or herself and to figure out how to help them. The changes are rapid and transforming. NLP and related applications can help us achieve, maintain and enhance excellence. We have the capability to take control of our thoughts, emotions and actions and by doing so determine our own destiny. NLP sessions will be presented by M.I. Adam. NLP has successful techniques to enhance your child’s potential. The following techniques will be used in the workshop: motivation, skills development and concentration

Mohamed Adam, (Hypnosis Spa), Corlia Laney and Reyn­ ette Fourie (Art Studio) at their new premises, 60 Albrecht Street, Dan Pienaar. Hypnosis Spa is incorporated with Art Theraphy classes by Reynette Fourie since they have been on the new premises. Photo: Carike Barnard techniques. Art therapy will be conducted by Reynette Fourie and her team. S Hand and eye coordination. S Enhance your child’s potential.

S Boost self-esteem. Book your child now for a wonderful experience. A money-back guarantee on all the work done based on assessment (first 20 min of the session) and your willingness to let go.


BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 9


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 16 MEI 2014 11

Siesa, ek gril my morsdood! Jens Friis DIE gemiddelde werklessenaar het tot drie keer meer kieme daarop as ’n toiletsitplek by die werk, toon onlangse navorsing. Watter ander plekke of dinge waarmee jy daagliks te doen het dra (onverwags) baie kieme? Hieronder tel byvoorbeeld: S ’n roltrap se reling/vashouplek; S die grondboontjies in ’n bakkie op ’n kroegtoonbank; S die masjientjie waar jy jou pin by ’n betaalpunt indruk; S die sleutelbord van ’n rekenaar; en S spyskaarte by restaurante. Bloemnuus het op Facebook gevra waaraan dink lesers nog en die voorstelle het ingestroom: S Jenny Brunyee Els: Jou tandeborsel as jou toilet in die badkamer is waar jy jou tandeborsel hou. S Lizette Henning: Toiletdeure.

B E T R E K K I N G S

S Marinda Senekal: Winkeltrollies se handvatsel. S Annelize Venter: Handsak se onderkant (van oral neersit) en kitsbanke (OTM-masjiene). S Wynand Botha: Die pen in ’n stemhokkie by ’n verkiesing (in ligte luim). S Inel Prinsloo: Jou selfoon. S Hendrik Jacques Lombard: Krane by openbare wasbakke. Geld. Tydskrifte in dokters se spreekkamer is vrot van pasiënte se kieme. Ek vat nie aan só ’n tydskrif of daardie stoele nie – ek staan en wag eerder vir die dokter. S Helena Steyn: Penne en potlode. Yskasdeure. S Adre Vorster: Kopstuk by flieks waaraan jou kop en hare raak – soos baie s’n vantevore. S Aubrey Dewey Bozella Olivier: Gimnasiums. S Schalk van Schalkwyk: Sagte speelgoed vir kinders by dokters se spreekkamers. Alles word in hul mond gedruk!

NRCS is a new public entity that administers technical regulations known as compulsory specifications on behalf of the Department of Trade and Industry in the interests of human health, safety, protection of the environment and fairness of trade. The regulated products include vehicles and components, electrical appliance components and electronics, frozen marine products, safety equipment and construction materials. NRCS also administers the Trade Metrology Act and regulations relating to Weights and Measures. The following positions are available:

Candidate Inspectors (4 Posts) • Pretoria Office (2) • Port Elizabeth Office (1) • Bloemfontein Office (1) Electro-technical Department Post Level P10: Basic salary: R263 926.98 per annum (Ref. Candidate Inspector (Region))

Reporting to the Manager: Operations, the successful candidates will administer compulsory specifications and technical regulations on behalf of the Minister of Trade and Industry by monitoring compliance through inspections and/or evaluations. Key outputs: • Monitor compliance with compulsory specifications and technical regulations • Put in place appropriate sanctions for non-compliance • Process applications for letters of authority, sales permits and certificates • Work with the NRCS Quality Management System (QMS) • Promote stakeholder relationships • Work in NRCS Committees. Requirements: • Grade 12 • A National Diploma in Electrical Engineering • A valid driver’s licence • Sound knowledge of the NRCS Act • Sound knowledge of the compulsory specifications related to area of speciality • Sound knowledge of the legislation and regulations related to area of speciality, which may include (but are not limited to) the Promotion of Administrative Justice Act, Customs and Excise Act, Police Act, PFMA, PAJA, SANS, ISO, Consumer Protection Act, Trade Metrology Act, Occupational Health and Safety Act, and National Road Traffic Act • Sound knowledge of risk assessments • Knowledge of Quality Management systems • Knowledge of inspection methods and processes • Knowledge of evaluation methods and processes • Attention to detail and high level of accuracy • The ability to work under pressure and independently without constant supervision • Honesty • Confidentiality • Teamwork skills • Creativity and innovation • Ethical • Assertiveness • Report-writing skills • The ability to use sound judgement • Problem-solving skills • Planning and organising skills • Action orientation • Deadlinedriven • Excellent communication skills (written and verbal). Note: Please state the region you are applying for. Recruitment will be done in accordance with the NRCS EE policy. Please e-mail all CVs to hr@nrcs.org.za quoting the relevant reference number in the subject line. Closing date: 23 May 2014 Please note: • No hand-delivered or faxed CVs/applications will be accepted • Correspondence will be limited to short-listed candidates. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, you should consider your application unsuccessful • NRCS offers the following benefits over and above the basic salary: medical aid, 13th cheque and a housing allowance in accordance with our qualification criteria and conditions • All post levels are based on the Peromnes Job Grading System. www.humanjobs.co.za

Human Communications 107558

GEREGTELIKE VEILING 4501

122 MP MOKHELE

PERSOONLIKE DIENSTE

EIENDOMME

FUNKSIES & KONFERENSIES

HUISE TE HUUR

Boedel wyle: Moferefere Paulus Mokhele In die boedel van wyle Moferefere Paulus Mokhele, identiteitsnommer 560714 5300 080, in lewe woonagtig by Erf 725, Botshabelo, boedelnommer 001209/2014. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê ten kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 16 Mei 2014. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel: 051 403 6600 Faks: 051 403 6714

DE HERMAN PIENAAR TRUST/ LOURENS WP (WILLEM PETRUS)

KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE: Brandwag: 3-slk-huis vir stuIn die Landdroshof vir die dente/werkende mense. Bloemfontein-distrik, gehou by Onm. besk. Water ingesl. Bloemfontein, in die saaknomTanya 071 880 1263. mer: 6288/2014, tussen RIANA PIENAAR N.O., 1ste eiser, REINIER ADRIAAN BETREKKINGS NAUDE N.O., 2de eiser en WILLEM PETRUS LOU3600 RENS, verweerder. Geliewe kennis te neem dat ingevolge 'n vonnis verleen op ALGEMEEN 3 April 2014 in bogemelde 3680 agbare hof en ingevolge 'n lasbrief vir eksekusie wat daaropvolgend uitgereik is, sal die Nagskofwerk vir studente goedere hieronder beskryf in met Kode 8-rybewys. E-pos eksekusie verkoop word aan CV na acboudie hoogste bieër by die Balju, cher@yahoo.com Bloemfontein-Wes VeilingloLENINGS kaal, Mannionweg 4C, Ou Industriële Gebied, Oranjesig, 1445 BOEDELKENNISBloemfontein, op 3 Junie 2014 Consolidation Loan Online: GEWINGS om 10:00. Up to R230 000. Bad credit 1 x motofiets ('quad bike') en welcome. sleepwa. E-mail: help@debtcon.co.za BOEDELS: Dra asseblief sorg dat die KREDITEURE EN bekendmaking van die verkoDEBITEURE ping voldoen aan die vereistes 4201 van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008, soos gewysig. 1. Hierdie is 'n verkoping in 122 RB VORSTER eksekusie kragtens 'n vonnis Boedel wyle Rosa Belinda bekom in bogenoemde hof. Vorster 2. Reëls van hierdie verkoping Meesterverwysingsnommer: is beskikbaar 24 uur vooraf5633/2013 Boedel van wyle Rosa Belinda gaande die verkoping by die kantoor van die Balju, BloemVorster, identiteitsnommer fontein-Wes, Derdestraat 6A, 410407 0044 08 2, weduwee, Bloemfontein. van Wardenstraat 40, Noord3. Registrasie as koper is 'n hoek, Bloemfontein. Krediteure en debiteure in die vereiste onderworpe aan TE KOOP 122 JS FOURIE bogenoemde boedel word ver- bepaalde voorwaardes o.a. soek om hulle vorderinge in te 3.1 Voorskrifte van die VerBoedel wyle: Joseph Stephalewer en hul skulde te betaal bruiksbeskermingswet 68 van nus Fourie by die ondergemelde binne 'n 2008. tydperk van 30 dae vanaf VryIn die boedel van wyle Joseph ALLERLEI 3.2 Fica-wetgewing met Stephanus Fourie, identiteits- dag 16 Mei 2014. betrekking tot identiteit en 1655 Naam en adres van Eksekunommer 230103 5017 086, adresbesonderhede. teur: getroud binne gemeenskap van LIMOUSINE Afslaers: 3.3 Betaling van terugbetaalLB SAFFY Woensdag 21 Mei om 10:00 by goedere met Anthonia JosepHoney Prokureurs bare registrasiegelde. ons perseel agter Wiesbaden hine Fourie, in lewe woonagtig 3.4 Registrasievoorwaardes. op Bainsvlei. Meubels, yska- by Hippocrateslaan 37, Hospi- Posbus 29 4. U kennisgewing van verkoBloemfontein ste, staal, staalrakke, hout, taalpark, Bloemfontein, boeping se hoofopskrif moet die 9300 ens. Te veel om op te noem. delnommer 3026/2013. woord 'veiling' bevat. Tel. 051 403 6600. 051 451 1211. Kennis geskied hiermee dat 5. Verkoping sal geskied deur die eerste en finale likwidasiedie kantoor van die Balju, ALGEMENE & en distribusierekening in bogeBOEDELS: Bloemfontein-Wes, met afsHUISDIENSTE LIKWIDASIE EN noemde boedel ter insae sal lê laers CH de Wet en/of AJ KruDISTRIBUSIE by die kantoor van die Meester ger en/of TI Khaudi. 4205 van die Hooggeregshof, 6. Advertensiegelde teen heerBloemfontein, vir 'n tydperk HUISVERBETERINGS sende publikasietariewe en van 21 dae gereken vanaf VryBINNE verkopingkoste volgens dag 16 Mei 2014. 1835 hofreëls, geld. Naam en adres van eksekuteur Gedateer te Bloemfontein op AAA-kwaliteit: INSTALLERING van of gemagtigde: alle plafonne en 'drywalls' (herstel 12 Mei 2014. van plafonne). LB SAFFY KW BRENTLEY 123 RG & R STRYDOM Gratis kwot. 079 581 6654. Honey Prokureurs (DEH7/0001/SD) HUISVERBETERINGE: Posbus 29 Rossouws Prokureurs NOTICE President Reitzlaan 119 binne en buite, van dakke, Bloemfontein In the insolvent estate of 9300 Westdene Renier Gerhardus Strydom en plafonne, verf, teëls, Tel: 051 403 6600 Bloemfontein 9300 Rynie Strydom, estate no. geisers, storte, ens. Faks: 051 403 6714 Docex 31 B67/2013. SANTA 076 835 7849. Bloemfontein The first and final liquidation Tel: 051 506 2500 and distribution account will Faks: 051 430 6079 lie open for inspection at the office of the Master of Bloemfontein for a period of fourteen (14) days as from 16/05/2014. Dated at Bloemfontein on this ALLE 5th day of May 2014. CJ STANDER ADVERTEERDERS Curator Die gebruik van die letter Lovius Block "A" , leestekens soos "!" 31 First Avenue Westdene of "*" of die gebruik van Bloemfontein syfers met die doel om die Tsiu Vincent Matsepe advertensie na die bopunt Curator van die klassifikasie-lys te Lovius Block skuif, is streng verbode. 31 First Avenue Westdene Bloemfontein SMALLS NOTICE 1425

3270

AANDAG


Team gets sponsor VIER DRIE DEKADES: Die Hoërskool Fichardt­ park het verlede naweek sy 30ste bestaansjaar met ’n reünienaweek gevier. Die skool het Saterdag met die Hoërskool Sentraal op die rugbyveld en die netbalbaan kragte gemeet. Hier slaag Elsje­Mari Lombard van Sentraal met ’n doel. Foto: Jens Friis

CARTRACK, vehicle tracking and stolen vehicle recovery provider, has announced their associate sponsorship of the Toyota Free State Cheetahs for the next three years, with immediate effect. The sponsorship will see the Cartrack brand represented on the official playing kit in the Currie Cup tournament as well as the Vodacom Cup for 2014. The Super Rugby will also be included in year two and three. Cartrack branding will also be seen on the field of the 48 000 capacity Free State

Stadium in Bloemfontein, the home grounds of the Toyota Free State Cheetahs. The rugby season is currently in full swing and has many a supporter glued to their seats in support of their team. “Our associate sponsorship makes perfect sense in terms of our brand alignment and we’re delighted to be associated with the Toyota Free State Cheetahs,” says John Edmeston, CEO of Cartrack. “The Cheetahs are a very well supported team across the Free State as well as having large fan bases in all the other provinces too.”

VYF HAAL SPANNE: Vier van die Laer Meisieskool Oranje se o.13­ meisies is in die Suid­Vrystaat­netbalspan ingesluit en een, Wilmi van Heerden, in die o.12­span. Van links is Lise Bezuidenhout, Ja­ né Britz, Kharma Cilliers, Tiané Theunissen en Wilmi.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.