Bloemnuusbl 20140523

Page 1

VRYDAG 23 MEI 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Barnyard kom na Bfn Jens Friis

DIE Barnyard, wat reeds etlike jare produksies in teaters landwyd op die planke bring, maak sy buiging in Bloemfontein en wel met die gewilde musiekblyspel Thank You For The Music. Dié vertoning, waarvan Bloemnuus die gedrukte mediaborg is, bring hulde aan die grotes: Abba, Queen en die Bee Gees. Buiten dat dit ’n skouspelagtige produksie soos min is wat Barnyard-teaterproduksies na die Sand du Plessis-teater bring, sal jy tydlose liedjies hoor wat jy so goed ken dat jy dit sal

kan saamsing. Die elftal op die verhoog sal die musiek van dié drie super-popgroepe laat herleef. Die vertoning begin by die begindae van die Bee Gees in die laat-1960’s met ligte rockmusiek soos I’ve Gotta Get a Message to You, Words, Massachusetts en To Love. Daarna volg Queen en Abba se treffers soos Ring-Ring en Waterloo. Ja, dit beloof ’n onver-

geetlike ervaring te wees. Volgende Vrydag op 30 Mei is daar twee vertonings om 18:00 en 21:00. Op Saterdag 31 Mei is Thank You For The Music weer om 18:00 en 21:00 te ervaar. Kaartjies teen R150 is te koop by Pacofs. Rig navrae aan Ans Coetzee by 082-467-6471. Tien kaartjies te wen! Vyf lesers kan elk dubbelkaartjies wen na Thank You For The Music. Share net die inskrywing hieroor op Bloemnuus se Facebookblad. Die sluitingsdatum is Maandag om 09:00.

Barnyard­teaterproduksies bring volgende naweek die gewilde musiekblyspel Thank You For The Music na die Sand du Plessis­teater. Foto: George A. Hugo

Word R1 000 ryker Nes op bl. 8 gaan Bloemnuus volgende week weer troeteldierfoto’s wat die oog tref, plaas. Stuur jou foto na jens.friis@me­ dia24.com voor Maandag om 09:00. Die fo­ to’s wat in die koerant verskyn, sal op Bloemnuus se Facebook­blad geplaas word. Die leser wie se foto daar die meeste likes ontvang, sal ’n R1 000­geskenkbewys van Makro ryker wees.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

Rudie van Rensburg, oud­ redakteur van Bloemnuus, se nuwe misdaadroman, Kopskoot, beloof om soos soetkoek te verkoop. Die resensies is positief.

Zola Budd­Pieterse gaan op 1 Junie aantree vir die Com­ rades­ultramarathon. Van­ jaar se ultramarathon oor 89 km word van Pieterma­ ritzburg na Durban beslis.

Soos vinkel en koljander, die een lyk nes die ander. Alinda Myburg van Queenstown en Suzette Strauss van Springfon­ tein is op 30 Desember 1959 in Aliwal­Noord gebore. Iden­ tiese tweelinge kan gerus foto’s vir gratis plasing in Bloemnuus stuur na jens.friis@media24.com. Kleurfoto’s word verkies.

S DIE bestuurskomitee van die Vryfees 2014 is: * Annalize Doubell (voorsitter), assistent-redakteur van Volksblad. * Prof. Nicky Morgan, viserektor: bedryf, Universiteit van die Vrystaat (UV). * Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad. * Etienne van Niekerk, direkteur van PricewaterhouseCoopers. * De Villiers Brink, argitek en entrepreneur. * Danny Moleko, kunste-administrateur en entrepreneur. * Prof. Nico Luwes, medeprofessor, drama- en toneelkunde, UV.

Leanne Eksteen is onlangs as Bloemnuus se adverten­ siekonsultant vir geklassifi­ seerde advertensies aange­ stel. Bel haar by 051­404­ 7702 as jy wil adverteer.

Tiané Theunissen van die Laer Meisieskool Oranje het die ATKV­redenaarskompe­ tisie se halfeindronde ge­ wen en het só na die nasio­ nale ronde deurgedring.

Wel en wee

S Chris van Blerk het Ronell Erasmus se nuwe CD, God is die lig, op Bloemnuus se Facebook-blad gewen. S Cynthea Mokgosi, a nurse at the Universitas Private Hospital, has been chosen as a winner of a 2014 Florence Nightingale Award for Excellence in Nursing. She is one of six winners nationally chosen from more than 2 000 nominations received from 335 hospitals in the country. Colleague Rensia Williams described on the nomination form how Cynthea places her patients’ needs above her own and finds ways to make them feel loved.

Nicole van Niekerk van Bloemfontein is die voorbladmodel vir die jongste uitgawe van die tydskrif Your Family.

S In celebration of Nurses Day, three of Life Rosepark Hospital’s nurses were chosen as regional winners for the Life Healthcare Great 100 Nurses campaign. The winners, nurse Deborah Muller (oncology ward), Sr Yolanda van der Hoven (operation theatre) and Sr Lida Oberholzer (nursing standards manager) received their awards at a special Great 100 Nurses award ceremony. S Chris Pieters is die wenner van die CD, Liefdesoorlog, deur Gerhard Steyn en Anaïs wat op Bloemnuus se Facebook-blad te wen was. S Boet Troskie en Tracy de Lange Kitching is in sy herehuis in Waverley getroud, maar sal in Constantia in die Kaap woon. Dr. Wollie Grobler het die Troskies in die huwelik bevestig.

Andriëtte Norman was die gaskunstenaar op die Castle­dek ná ’n onlangse Cheetahs­wedstryd. Van links is Lara Rossouw, Andriëtte, Megan Coetzee, Simon Bosman en Corné Stapelberg. S Die volgende mense is onlangs oorlede: * Gerrie Wessels (1919) * Christiaan Antonie du Preez (1926) * Barend Jacobus Meintjes (1948) * Susanna Maria Magdalena Theron (1919) * Grace Catherine Roebl (1935) * Pieter Hendrik Faure (1941) * Claudie Bredenkamp (1922) * Dawid Johannes (Dawid) van Wyk (1929) S Estie de Wet (16) van die Hoër Meisieskool Oranje is die wenner van Bloemnuus se Spontaan-kompetisie 2014. Sy dring deur na die eindronde op 19 Julie. Lees meer hieroor in volgende week se Bloemnuus. S Pieter Opperman en Elize van Wyk is die wenners van Monique se CD’s wat weggegee is op www.bloemnuus.co.za.

Paul Cassar, headmaster of Eunice, took a group of 12 matric girls to wish Polly Nel a happy birthday on her 103rd birthday on Mon­ day. Polly matriculated at Eunice in 1929. From the left are Nicole Gomes (headgirl), Polly and Paul.

S Niekie van den Berg (62), gewese DA-LP en radioman, se kop staan weer uitsaaiwese toe. Omdat die VF+ net vier LP’s parlement toe stuur, het Van den Berg uitgeval. Sy naam

was tiende op die VF+ se nasionale kandidatelys. S Dr. Nathaniël Mofolo is op die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Mediese

Vereniging op die Emoya-landgoed tot president van die vereniging verkies. Mofolo is die hoof van die departement huisartskunde aan die UV.

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

Media Corner 100114/A/R

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 *Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.


BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 3

Buiten in Bloemfontein word Bloemnuus in ’n twintigtal dorpe versprei – van Brandfort tot Aliwal­Noord en Winburg tot Philippolis (foto). Adverteerders bereik dus ook die plattelandse mark wanneer hulle in Bloemnuus adverteer (051­404­7798). Foto: Jens Friis

Kortliks S ’n NUWIGHEID op vanjaar se Vryfees is dat die Callie Humansentrum gevul gaan wees met 40 nuwe, uiteenlopende stalletjies wat van voorskote tot toffies sal insluit.

S ’n Nuwe verkeerslig word op die hoek van Genl. Hertzog- en GraaffReinetstraat – langs Waltons in Dan Pienaar – opgerig. S Daar is met grondwerk begin op die perseel waar ’n nuwe winkelsentrum buite Woodland Hills se ingangshek opgerig gaan word.

Die boek Vrystaatse Dorpe is weer beskikbaar nadat nog 500 boeke ge­ druk is. Bloemnuus het destyds met die eerste drukoplaag een van dié boeke (wat R800 kos) in ’n kompeti­ sie weggegee. Bel dr. Jan van der Merwe by 082­828­7956.

S Die helfte van pasiënte wat 20 jaar gelede dialise ontvang het in Suid-Afrika het nieroorplantings ontvang; vandag is net 20% so gelukkig. Een van die grootste probleme is om skenkerorgane te kry. Registreer jou gratis as orgaanskenker deur die Orgaanskenkerstigting by 0800-22-66-11 te bel.

S Mense in hoërisikogroepe, veral swanger vroue, behoort hulle teen griep te laat inent en het minder as twee weke om dit te doen voordat die tyd aanbreek wanneer griep almal plattrek. Só waarsku prof. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios). Al is daar nie ’n presiese datum nie, begin die “grieptyd” so einde Mei. Dit duur tot twee weke vir die entstof om te werk. S Talle eiendomme word nou te koop aangebied op www.bloemnuus.co.za waaronder ’n drieslaapkamer-meenthuis in Westdene vir R800 000. S Enigeen wat belang stel om by ’n selgroep van die Klipkerk in te skakel kan Stephen van Deventer, koördineerder van die selgroepe, by 073-480-1138 bel of skryf aan stephenvd@telkomsa.net.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

Dít gebeur dan daar

WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. Stuur gerus dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com voor Maandae om 09:00. Die plasing daarvan is gratis.

VRYDAG 23 MEI S Finding Emo, Kovsiekerk, 19:30. Bespreek by Computicket. S Die NG kerk Onze Rust, Genl. de Wet, bied vanaand en Sondag om 18:30 ’n Passiespel aan. Toegang is gratis. Almal is welkom. S The Pen deur UV-drama in die Scaena om 19:30. Regie deur Godfrey Manenye. Kaartjiepryse wissel tussen R15 en R40 en kan by Computicket bespreek word. S Fondue evening, Moerby, 67 Pres. Reitz Avenue, Westdene. Call 051-430-1142. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Margot en Quinton probeer elkeen hul vrese besweer en Karli kry ’n waarskuwing. Naomi is skepties oor die planne met die Basson-huis en dan verdwyn ’n lêer met belangrike dokumente. Sonja maak eindelik haar gevoelens aan Jana bekend en At is nie heeltemal seker dat liefdadigheid ’n invalshoek vir bemarking is nie. S Elvis Blue in Innie Skuur, Langenhovenpark. Kaartjies kos R120. Navrae: 079-387-3614. S Die Bipolêr-gespreksforum vind om 11:00 tot 13:30 in die konferensiegerief van The Hobbit Boutique Hotel in Westdene plaas. Dit word deur Innerzone aangebied. Die gesprek sal gelei word deur iemand wat self die pad loop en in ’n mediese beroep staan, asook dr. Christo du Plessis (psigiater) en dr. Mariki Smith (sielkundige). Dit kos R90 en sop en broodjies word ná die sessie bedien. Voorafbesprekings moet gedoen word by 051-430-1717 (werkure) of 083-288-4393 (ná ure). SATERDAG 24 MEI S Hou jou vandag hiermee besig in jou tuin: * Saai Namakwalandse madeliefies om die komende wintervaalheid te fnuik. * Kry bolplante soos affodille en freesias in die grond sodat hulle kan blom as dit in die lente warmer word. * Vallende boomblare is ’n groot aanwins vir enige komposhoop. Moenie dat dit verlore gaan nie. S Colour Crazy Zumba Party between 08:00 and 12:00 at the Fichardtpark Dutch Reformed Church Hall. Cost: R120. Call Ansu Colditz on 082-457-8071.

S Ek, Anna van Wyk deur finalejaarstudente aan die UV in die Wynand Mouton-teater om 19:30. Regie: Nico Luwes. Kaartjies: R15 tot R40 by Computicket. S Movie Night with the film Modigliani at Gallery on Leviseur, 18:30. Kezia Gerber, 082-835-2335. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Karli en Quinton het ál minder tyd vir Binneland en Margot verkeer onder die indruk dat Gustav haar beledig. At en Okkie is weens Wimpie in ’n woordewisseling betrokke en Zadie is jaloers op Krige. Daar word belangrike inligting van Jana weerhou, en Sonja voel in die gesig gevat oor ’n datum. S Christ@work, ’n selgroep vir werkende en studerende jong mense, kom om 19:00 by Lucas Steynstraat 1, Heuwelsig, byeen. Bel Elna by 082-462-5507.

SKOONHEDE GEKROON: Hannchen Mielmann is in die Sand du Plessis­teater as Mej. Vrystaat 2014 aangewys. Haar eerste prinses is Thakane Bereng en tweede prinses Heaven­Leigh van Vollenhoven. Hannchen is ’n B Verbruikerswetenskap­student aan die UV. Haar ma, Christa, is twee dae ná haar kroning aan kanker oorlede. Van links is Heaven­Leigh, Hannchen, Melinda Bam (gasvrou) en Thakane. Foto: Eye Candy Photography House

S Monkeynastix Pet Actionhondjiestap by Grey-kollege se krieketveld van 08:30 tot 10:30. Gebruik die ingang aan College Square se kant. Kom oefen lekker saam met jou hond of kom stap net saam. Dit kos R25 per persoon en R5 per hond. Alle honde moet asseblief aan ’n leiband wees. Bel Judy van Zyl van Pet Action by 083-637-8491. S Bloemfontein-orgideëklub hou ’n werksessie om 14:00 by Ridderstraat 5, Fleurdal. Alle belangstellendes is welkom. Bel Jolene by 082-853-2196. S Op 18 Maart 2012 is ’n monument by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke onthul ter ere van burgers wat op kommando dood is, hetsy gesneuwel op die slagveld, of beswyk aan wonde of siekte. Om 09:00 gaan ’n kransleggingplegtigheid ter ere van die burgers by die monument plaasvind. Die Oorlogspoortkommando gaan ’n salvo skiet. Ná die kranslegging sal die Bittereindergedenklesing in die ouditorium van die museum plaasvind. Prof. André Wessels sal die gasspreker wees en sal praat oor Ná die bittereinde was daar verhale om te vertel: die Anglo-Boereoorlog (1899 tot 1902) in die Afrikaanse letterkunde. Almal is welkom. Bel Ronel by 082-490-3112.

S Midsomernagdroom (vir kinders) deur UV-drama in die Scaena-Replokaal om 10:00. Regie deur Gerben en Marijda Kamper. Kaartjies kos R25 en R20. S Photography Forum, 11:30, Gallery on Leviseur. Theme for the month is Seasons change. Call Kezia Gerber on 082-835-2335. S Tuinmark om 09:00 en 13:00 by Donald Murraylaan 31. Skakel 051-444-2488. SUNDAY, 25 MAY S Laylatul Meeraj (Islamic, Ascension to heaven). S Franse Ope op Roland Garros in Parys, Frankryk. (SuperSport2, Kanaal 202). S Brahms Liebeslieder-walse: Vokale kwartet met Suid-Afrikaanse sangers en klavierduetpaar om 19:30 in die Odeion. Kaartjies van R40 tot R110 is by Computicket te kry. S Dr. Isak Burger in AGS-kerk Jubilate om 09:00 en 18:00. Pastoor Bosch, 082-466-5982. S Die Free State Agility and Dog Training Club bied hondespring-klasse, gehoorsaamheidsklasse en sosialiseringsklasse vir alle soorte honde aan. Die klasse begin om 15:00 by die Laerskool Sand du Plessis. Maak gebruik van die ingang vanuit Listerstraat. Gawie Faul, 083-303-0222.

S Só lyk die weer: Daar is vandag geen kans op reën nie. Volgens weathersa.co.za sal die temperatuur 2/22 °C wees. Die son kom om 06:57 op en sak teen 17:26. S Africa Day, public holiday in Lesotho. S Die Formule een grand prix vind vandag in Monaco plaas. SuperSport6 (kanaal 206). MAANDAG 26 MEI S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Karli sien kans vir groot dinge en Morné doen die nodige rondes om mense weer in die oë te kan kyk. Irene dink Sonja is ’n gelukkige vrou en Tertius praat met Daleen oor die konfrontasie met Jan. DINSDAG 27 MEI S Huishulpuitreik-aksie deur die NG kerk Heuwelsig. ’n Werkersessie waar vaardighede aangeleer word. Bel Kotie Burger by 083-461-2887. S Pensioentrekkerdag by Makro: Winskopies wag. Makro adverteer gereeld in Bloemnuus. WOENSDAG 28 MEI S Donkermaan. S Yom Yerushalayim (Jewish). S Karaoke by Oolong Lounge, 2de Laan, Westdene, om 20:00. Skakel 051-448-7244.

THURSDAY, 29 MAY S Ascension Day. S Mense word benodig om Donderdae ’n halfuur lank by die Klipkerk se sopkombuis te help om die sop en brood uit te deel. Vrywilligers is ook nodig om sop te kook en brood te skenk. As jy bereid is om te help bel Elize by 051-436-7322. S Die Cell C Take a Girl Child to Work Day-veldtog is spesifiek gerig op Suid-Afrikaanse vroulike leerlinge van gr. 10 tot gr. 12. Groot ondernemings en lede van die publiek word genooi om deel te neem deur ’n meisie saam werk toe te bring en haar praktiese ervaring te gee van wat sy elke dag as werkende mens kan doen. Gaan na cellc.co.za vir meer inligting. VRYDAG 30 MEI S Thank you for the music: Musiek van Abba, Queen en Bee Gees om 18:00 en 21:00 in die Sand. Pacofs, 051-447-7772. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. SATERDAG 31 MEI S NG kerk Brandfort se Sonskynfees: Plattelandse kermis met vleisverkope en heerlike eetgoed. Bel Hanna by 082-873-2650. S Basaar van die AP kerk Bainsvlei by Megapark. André Swanepoel, 072-476-1568. S Nataniël in Kovsiekerk om 18:30. Kaartjies kos tussen R130 en R200 en is te kry by I Party, Nelson Mandelastraat 160. Skakel 051-448-5606. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. S Volksblad se kos-en-kunsmark vind weer in die Botaniese Tuin plaas. Die mark is reeds van 09:00 af oop vir besoekers. S Kermis van die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord, Dan Pienaar, van 09:30 tot 14:00. Skakel 051-436-2932.

Dana Snyman bespreek sy boek Onder die radar – stories uit ons land op Vrydag 18 Julie om 15:00 in die Diakonale Lokaal van die Van der Merwe Scholtz­saal op die Vry­ fees. Bloemnuus is die mediaborg.


BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 5

Pitte werp toe vrugte af

Dié papajaboom in die tuin van Marelisa Smith van Universitas dra die eerste keer vrugte. Smith is met rede opgewonde hieroor, want dié tropiese vrug groei nie sommer só geil in Bloemfontein nie. Die papajaboom het vyf jaar gelede opgekom nadat hulle papajapitte daar gegooi het. Dit is egter die eerste keer dat die boom vrugte dra. Papajas het sonnige dae en koel nagte nodig om heeltemal ryp te word. Die kwik moet egter nie onder vriespunt daal nie. Smith is bekommerd haar papajas gaan nie die bibberweer van Bloemfontein oorleef nie, maar weet ook nie hoe om dit te verhoed nie.


Getroud

6

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

Ilodi en Leonard Calitz.

Foto: Appelliefie Art & Photography

Marius en Nikita van Zyl.

Nicolene en Stefan Pienaar.

Foto: Lavender Moon Photography

Foto: Migo

Madi en Rudi van Niekerk.

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog heelwat meer troufoto’s is te sien op www.bloemnuus.co.za.

Charlene en Llewelynn Biggs.

Foto: Tania Allen Photography

Susan en Dian Wiese.

Foto: Tania Allen Photography

Foto: Migo

Linky en Bernhard Herholdt.

Foto: Elsa Vermeulen


BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 7

Ena Murray-keur te wen HANDE vol CD’s, konsertkaartjies en boeke, soos Ena Murray Keur 1: Drie van Ena se heel beste speurverhale, is op www.bloemnuus.co.za te wen. Gaan maak ’n draai en skryf jou in. Hier volg ’n uittreksel uit Onrus op Oshakati. Dr. Linda Maartens hoop dat sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, maar dan beland sy in ’n lewensbedreigende situasie. “HIERLANGS. Ek wil hê jy moet gou na iets kom kyk, asseblief.” Sy laat verbaas toe dat hy haar na ’n buitegebou lei wat soos ’n stal lyk. Toe hulle nader kom, sien sy ’n dowwe lig by die een deur uitstraal. Garth ruk die deur oop en wink met sy kop. Sy stap binne en kom geskok in haar spore tot stilstand. Vir die tweede keer binne ’n kort tydjie sien sy ’n verminkte mens voor haar lê. Haar oë flits in ontsetting na hom op. Hy knik, sy gesig grimmig. “Ek weet jy het niks by jou nie, maar kan jy miskien iets vir hom doen?” “Liewe hemel, Garth! Wat gaan aan? Was dit weer ’n buffel?” Iets in haar stem laat hom vinnig, fronsend na haar kyk. “Nee. ’n Kan petrol het ontplof.” Sy sak langs die verskeurde Ovambo neer en ondersoek hom vlugtig. Daar is nie veel om te ondersoek nie. Dis eintlik ’n wonderwerk dat hy nog lewe. Die aard van die verminking stem soveel ooreen met die eerste Ovambo s’n dat Linda onmiddellik instinktief aanvoel dat die storie van die petrol nie die waarheid is nie. Sy het nog altyd getwyfel aan die buffelstorie, maar nou is sy

meteens seker dat nie een van die stories waar is nie. Terwyl sy met ontsetting die verminkings bestudeer, weet sy dat dieselfde ding of iets wat die eerste Ovambo so verskriklik vermink het, ook verantwoordelik was vir hierdie een se beserings. Dis iets grusaams wat voor haar lê, en vir die eerste keer voel sy iets soos vrees in haar roer. Terwyl sy haar blik stip op die rou vleismassa voor haar gerig hou, is sy intens bewus van die man in die staldeur agter haar wat haar met vernoude oë dophou. Iets vreemds, baie vreemds is aan die gang op die Jacksons se plaas. Hoekom gebeur sulke grusame ongelukke net juis hier? En so kort ná mekaar? Iets is hier nie pluis nie, ook nie met die base nie. Haar gesig vertoon bleek in die lanternlig toe sy na hom opkyk. “Hoe kon jy my rustig laat sit en eet terwyl iemand soos . . . soos hy hier lê?” Daar is ’n effense smalende glimlag om sy lippe, maar tog klink sy stem normaal. “Ek moes vir ’n geskikte geleentheid wag om jou hierheen te bring.” “Want Louw Hoffmann mag ook nie van hom weet nie, nè?” “Juis, meisie. Louw Hoffmann mag ook niks van hom weet nie.” Sy staan op en moet ’n oomblik aan die muur vashou. Sy voel mislik en siek van binne, maar of dit van die gesig voor haar is of van vrees, of albei, weet sy nie. Sy weet net dat sy hier moet uitkom en nooit weer haar voete op hierdie plaas sit nie. “Ek is jammer, maar ek kan niks vir hom doen nie. Ek het niks by my nie. Jy sal hom hierdie keer

hospitaal toe móét bring.” Maar die groot man skud sy kop en nou is daar geen teken van sy joviale houding sigbaar nie. “Dit kan nie gebeur nie. Ek sal jou netnou, wanneer julle terug is by die hospitaal, kom haal. Dan kan jy hier kom doen wat gedoen moet word en dan sal ek jou weer terugneem.” “Dis buite die kwessie,” sê sy op ’n stemtoon wat sy hoop beslis en selfversekerd genoeg klink. “Hy is nou nog bewusteloos, maar as hy bykom, sal hy waansinnig van pyn wees. Ek moet hom in die hospitaal kry, Garth!” Sy hand sluit meteens om haar pols. “Linda.” Hy sê niks meer nie, maar die

manier waarop hy haar naam uitspreek, laat ’n rilling deur haar gaan en dis of sy Garth Jackson vir die eerste keer werklik sien. Sy kyk in die flou lig van die flikkerende lantern na sy gesig en sy herken hom meteens vir wat hy is – ’n koue, genadelose, meedoënlose man, hard en vasberade om te kry wat hy vra. “Ek sal jou ’n kwartier later kom haal. En as dit moontlik is, probeer sommer daardie voorrade waarvoor ek gevra het, ook saam te bring.” Sy kyk weg en stap by hom verby, die stal uit. Sy voel hom langs haar in pas val, maar kyk stip voor haar uit. Dis eers toe hulle al byna die stoep bereik het dat sy hom gedemp hoor sê: “En moenie probeer om Louw Hoffmann hieroor naald te steek nie, meisie. Dit sal ’n fout wees. ’n Groot fout.” Weer voel sy ’n rilling deur haar gaan en sy kan kwalik haar verligting verberg toe haar kollega meteens in die voordeur verskyn. “Ons sal moet teruggaan.” Sy knik dadelik, maar hul gasvrou wil niks daarvan weet nie. “O, nee, julle gaan darem eers koffie drink. Kom.” Hulle is verplig om weer na binne te gaan, maar Linda is die res van die aand nie haarself nie. Haar gedagtes bly net kring om daardie arme man wat in die stal lê. Garth is weer sy joviale self en Laura bly die volmaakte gasvrou. ’n Mislikheid stoot in Linda op. Hulle moet absoluut gevoelloos wees, dink sy met weersin. Hulle albei is bewus van die Ovambo in die stal en in watter haglike toestand hy hom bevind. Maar hulle lag en skerts gemoedelik asof

hulle van niks weet nie. Albei weet met elke verbygaande minuut word sy kanse skraler, maar Laura stel nog die hulp wat aan hom gebied kan word uit deur op haar tyd koffie en likeur voor te sit. “Ek verstaan van Louw dat ons twee mekaar behoort te ken, Linda. Ek wou mos sê daar is iets vaags bekends aan jou gesig. Ons het mekaar dus al tevore raakgeloop in Groote Schuur.” Dis of Linda die blonde meisie deur ’n waas sien. Is dit maar net omdat sy ontsteld is of is daar iets in daardie blou oë wat heimlik glinster. “Dis moontlik,” probeer sy sê, maar is bewus daarvan dat haar hande styf in haar skoot saamknel en dat elke vesel in haar gespanne is. “Die wêreld is maar klein.” Laura lag, pen haar blou oë op die bleek gesiggie vas. “Ja. Soms te klein, nie waar nie? Ons twee kan gerus op ’n dag bietjie oor die ou dae gesels.” Iets duisel in Linda en meteens voel sy hoe ’n sterk hand onder haar elmboog haar ophelp. “Kom, jy’s nog op diens vannag.” Sy laat toe dat Louw Hoffmann haar na buite lei en trek diep teue van die naglug in haar longe in. Sy hoor haarself haar gasvrou en gasheer vir die aangename aand bedank, en kan dan gerus huil van dankbaarheid toe die enjin dreun en hulle wegtrek. Sy leun terug teen die kussing en sluit haar oë en nou gee sy nie meer om wat die man langs haar daarvan dink nie. Want sy is nie net meer moeg nie. Sy is ook bang, ontsettend bang. Iets vertel haar dat sy haar in ’n web laat vang het, reeds onwetend in ’n web vasgevang is waaruit sy nie maklik gaan kom nie.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

Alte dierbaar vir hul base

Christil Viljoen: “Ace is ‘n herdershondkruising wat drie groot liefdes het, naamlik water, ’n tennisbal en hondespring. Hy is twee jaar oud en het pragtige maniere.”

Lynzelle Alberts: “Hierdie is Beardie, my bearded dragon, wat maats is met van die honde tot die kat in die huis.”

Magda Bosch: “Ons is so gelukkig om vyf grasparkiete (lovebirds) in ons tuin in Dan Pienaar te hê. Hulle het die arme mossies se nes oorgeneem.”

Sanei Botha: “Hierdie foto is geneem in die tuin van die Jedidja­gastehuis van ons kleindog­ ter Larene Botha en klein Reeze.”

Mimi Slabbert: “Dié is Cloey, ons wyfiekat, wat probeer om my vis, Charlie, beet te kry.”

Christil Viljoen: “Xena die kelpie laat ’n kuiken op haar kop sit. Dié kelpie is die saggeaardste hond denkbaar. Sy sal enige lewende wese help grootmaak en kan meer as 30 toertjies doen.”

Christil Viljoen: “Spokie is ’n varkhond gekruis met ‘n Jack Russell. Sy is vreeslik liefdevol en mal oor kinders.”


BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 9

Goeie huise vir DBV ’n moet VIR diere sonder huise maak seisoene nie saak nie. Dit is die jaar deur ’n stryd om oorlewing, maar is veel moeiliker in die winter. Gelukkig is daar altyd die barmhartiges wat hulle oor dié diere ontferm. As jy ’n dier by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) wil aanneem, is daar aannemingsvorms wat by die DBV-kantoor ingevul moet word. Jy is nie sommer net seker van ’n dier nadat jy die vorms ingevul het nie. Die DBV het streng vereistes en ’n inspekteur besoek die huise van voornemende eienaars om seker te maak daar sal goed na die dier omgesien word. ’n Onderhoud word ook met die voornemende eienaars gevoer om seker te maak die dier wat hulle wil aanneem, sal by hul omstan-

dighede aanpas. Nadat die proses voltooi is, word die diere gesteriliseer, ingeënt en ontwurm. Daarna kan die dier na die nuwe aanneem-ouers gaan. Die DBV vra die publiek om komberse of matte aan die vereniging te skenk. Met die winter wat hier is, moet elke dier ’n kombers kry. Die publiek kan die DBV ondersteun deur ’n hok te borg. Elke skenker kry dan ’n naamplaatjie vir die spesifieke hok waarop die skenker kan skryf soos hy goeddink. Met die borggeld word na die dier in die betrokke hok omgesien. Vanjaar kos dit R700 om ’n hond aan te neem en R400 vir ’n kat. Dit sal jou R600 kos om ’n hok te borg. Dié R600 kan van belasting verhaal word.

’n Dankie van Bloemnuus en die DBV aan die adverteerders (hieronder), almal diereliefhebbers, wat dié blad moontlik gemaak het.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

ALGEMENE & HUISDIENSTE KRUIEKENNER 1435

FINANSIEEL 1420

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com

SALES REPRESENTATIVE

FUNKSIES & KONFERENSIES

A challenging opportunity exists for a dynamic customer orientated individual to maintain a high level of service to all G.U.D Holdings distributors, stockists and end users. Key responsibilities: • ensure that stockists carry a wide range as is necessary to service their market and their sales personnel are sufficiently trained • develop and grow relationships to ensure mutually acceptable sales growth • investigate and review distributors, stockists and workshops network in order to determine gaps in the availability of G.U.D. Holdings products, and secure acceptable new distributors and stockists to fill those gaps • report to management. Requirements: • a Grade 12 with 5 years’ marketing/ sales experience in an automotive environment • good computer literacy coupled with related formal qualification. Interested applicants who meet the above requirements should address their CV’s giving details of qualifications, experience and salary expectations to: fergusos@gud.co.za CLOSING DATE: 26 MAY 2014.

20434KZN

1425

BOEDELKENNISGEWINGS

BABA CHANGALI *Bring back lost lover. *Penis enlargement. *Financial problems. *Lotto and casino (win) and unfinished jobs. 073 683 0328.

LENINGS 1445

Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.

HUISVERBETERINGE: binne en buite, van dakke, plafonne, verf, teëls, geisers, storte, ens. SANTA 076 835 7849. ROMMELVERWYDERING 1860

VERVOER VAN meubels, bourommel en tuinvullis. Skakel Kobus 072 288 7535.

BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

EIENDOMME

TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265

Kothuis te huur in Parkwes: R3 500 p.m. water ingesluit. Koopkrag. Tanya 071 880 1263.

BETREKKINGS 3600

122 KJ RAMOKOPU In die boedel van wyle Khamali Joshua Ramokopu, identiteitsnommer 381010 5989 080, getroud buite gemeenskap van goed met Beauty Ramokopu, in lewe woonagtig by 3121 Selosesha, boedelnommer 3525/2002. Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 23 Mei 2014. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600 Faks: 051 403 6714

ALGEMEEN 3680

Betroubare huishoudster gesoek om in Pretoria te werk. Met verw. SMS u volle naam en ouderdom na 083 956 7044.

VERKOPE & BEMARKING 3760

SALE AND MARKETING, customer service position available. 073 377 1412.

RETAIL STORE looking for sales assistants. Fax CV to 086 582 2248.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 11

Lesers kuier op platforms EENDAG (nie so lank gelede nie) het lesers nog na ’n koerant ’n brief gestuur of gebel, maar met die koms van die digitale media is terugvoering deesdae baie vinniger en makliker. In ’n japtrap kan jy op Bloemnuus se Facebook-blad en webblad (www.bloemnuus.co.za) sien watter stories die mense laat praat. Hier is enkeles waarop heelwat terugvoering ontvang is.

Son sak voor sy tyd VERLEDE Woensdag het die son vreemd oor Bloemfontein gesak. Die son het verdwyn voordat dit onder moes wees. (Waarskynlik ’n wolkbank in die weste wat nie met die oog sigbaar is nie?) Die foto is van Woodland Hills af geneem. Lesers het só oor dié foto op Bloemnuus se Facebook-blad geskryf: S Stoffel Cilliers: Dalk reën dit môre. Die ou mense het van ’n rooi sonsondergang gesê: “Sawens rood, morgens water in de sloot”. S Ilse Nel Marais: Pragtig. Ons het die Grootste Kunstenaar. S Nanda de Villiers: Baie besonders. Bly jy en jou kamera was daar. S Charlene van Tonder: Dit is vreeslik mooi. Ons God is groot.

Moenie die reeks A place to see before you die op Bloemnuus se Facebook­blad misloop nie. Daagliks word ’n foto van ’n besonder mooi plek hier geplaas. Op dié foto is Hallstatt in Oostenryk. Elmarie Bothma het geskryf dit is “prentjiemooi” en Marna Nortjé “sal dit graag wil beleef”. Jens Friis, reisskry­ wer en redakteur van Bloemnuus, sê dit is beslis een van die mooiste plekke waarin hy nog was. Lees wat hy oor Hallstatt geskryf het op www.bloemnuus.co.za.

Oogtande vir ’n Aga

Die son het verdwyn voordat dit onder moes wees. Foto: Jens Friis

WIE is nog so bevoorreg om ’n oorspronklike Aga-stoof in sy kombuis te hê? S Koos Meiring: Myne werk. ’n Ribbetjie kan nêrens so sag braai soos in ’n Aga-stoof nie. Maar, hel, om die ding te laat diens laat die hare op my rug regop staan. S Helena Steyn: Sal my oogtande gee. My ouma van Schalkwyk in Rosendal het presies so een gehad. Heerlikste brode gebak en kwepers in die oond. Het ook water warm gemaak. Hmmm . . .

S Neil Seady: Grew up with one in our house. So nice to sit in front of it during winter. I used to warm up my feet in the bottom oven. S Betsie Bester: Ek het een. Myne is die groot een met die vier deurtjies. Ek gebruik hom elke winter. S Le Claire Venter: Sweetwater in die distrik Wepener het presies so een. Iets om op jaloers te wees in die winter. S Dean Contell: My vrou sal amper enigiets doen vir een.

Stook daardie kaggel Die dae word nou vinnig korter en die blare al hoe geler.

Lente, somer, herfs of winter? S Marna Nortjé: Winter. Ek kry gou warm en hou van koue. Dit is ook ’n awesome gevoel om aan die einde van die winter te sien hoe alles weer ontwaak. S Elry Willemse: Herfs, want die kleure is so mooi, en lente om dieselfde rede. S Lucky Snyman: Somer. Herfs maak hartseer. Die winter is koud. S Gina du Preez: Winter. Daar is dan geen muskiete nie en ek hoef ook nie gras te sny nie. S Le Claire Venter: Die lente bring die vooruitsig van somer. S Johan Wasserman: Somer. Ek hou niks van die winter nie.

S Elize Wessels: Vir seker nie herfs of winter nie. ’n Mens kry net koud, word vet en daar is geen kleur nie. Dit is om van depro te word. S Linda Schoultz Diedericks: Somer. Alles groei mooi en is groen. Ek kry my energie van die son en hitte. S Andries Visagie: Lente. Herfs is ook wonderlik en sou kon wen, maar ek haat dit wanneer ons nuwe “nasionale wintersport”, die stig van veldbrande, die mooi atmosfeer beduiwel. Ek hou nie van verskriklike hitte nie. Koel weer is heerlik.

AAN’T huis van Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, is die kaggel Saterdagaand die eerste keer vanjaar aangesteek. Marianne Schaper het op Bloemnuus se Facebook-blad laat weet hulle s’n het al op 28 April gebrand – “net vir die lekker”. By Madelein Zeelie Buckle was “dit al die tweede aand dat ons kaggel brand – heerlik langs die TV”. Andries Visagie het voorgestel: “Knak ’n bottel lekker rooi wyn.” Terwyl Clifton Janse van Rensburg gemeen het dit is die ideale tyd “vir marshmallows, kondensmelk en gesmelte sjokoladesous”. Heila van der Merwe en Cathy Lani Techman het opgemerk: “Wat ’n pragtige kaggel. Geniet dit.” en “Dit lyk so lekker gesellig”. Andrea het per e-pos geskryf dat “ ’n huis se herd sy hart is – des te meer as die vuurherd in die kombuis is. Dit is die allerlekkerste plek om te kuier as dit buite ysig koud is.”

Vlamme wat knetter in ’n kaggel is een van die lekkertes wanneer dit begin kouer word. Foto: Jens Friis


Boishaai vs Grey College Lauren Terras

left wing Dante van der Merwe is the son of Grey Old Boy Ruan van der Merwe (1986) and the left wing for Grey College was Lezar Marnewick, whose father, Lean, played with Ruan for Grey College in 1985.

GREY COLLEGE will travel to Paarl for their annual interschool’s derby against Paarl Boys’ High this weekend. The match will be televised live on Supersport HD and SS1 at 14:05 on Saturday.

2013: Paarl Boys’ again did the long trek up to Bloemfontein to face Grey College in their own backyard. At halftime Boishaai were 20 points behind, but in a comeback rarely seen in Bloem, the Paarl Boys’ fought and clawed their way back into the match. Final score 35-28 to Grey.

Paarl Boys’ High (1868) and Grey College (1855) are amongst the oldest schools in South Africa with both schools having a significant pedigree of rugby history, heritage and tradition. They first played each other in 1950 and did not have a regular fixture every year due to the distance between the schools. Grey and Paarl Boys’ High (also known as Boishaai) played against each other 21 times from 1950 to 1995 and since then it has become an annual fixture. They have now played 39 matches with Grey having won 31, Paarl Boys’ 6 and 2 draws. 1950s: In 1956 Paarl Boys’ travelled up north to play Grey in Bloemfontein and it was during this game that legendary Springbok center Mannetjies Roux from Paarl Boys’ High was first noted by the sports editor of Die Volksblad, Herman le Roux, who then predicted that Roux would be a future Springbok. Although Grey won by 13-3, Roux had a sublime game for Paarl Boys’ and it was only six years later that he scored that famous try (again in Bloemfontein) against the 1964 British Lions of Arthur Smith. 1970s: During the late 70s two famous Springbok and South African Schools wings (Carel du Plessis and Jaco Reinach) played for Paarl Boys’ High and Grey College respectively and later became team mates during the 1986 Springboks against the New Zealand Cavaliers. Carel played in

Tennis in die nuus Tania Smith DIE Laer Meisieskool Oranje en McDonalds bied tot môre die dertiende Amanda Coetzertennistoernooi in Bloemfontein aan. Die volgende laerskole neem deel: Oranje, Stellenbosch, Curro (Hazeldean), die Laerskool Louw Geldenhuys, Eikestad en Truida Kestell. Elke span bestaan uit sewe meisies. Die prysuitdeling is Saterdagaand.

The Cheetah Johan Goosen studied at Grey College. 1978 against Grey and Grey won by 29-13. A year later, in 1979, Jaco (double Springbok in rugby and athletics) was Grey’s wing against Boishaai in a match won by Boishaai by 15-13. 1990s: In 1993, the only South African Schools captain (to date) that became Springbok captain, was the Paarl Boys’ High captain, Corné Krige. Against Grey College, Corné was leading the Boishaai team from the front and will always be remembered for his crash tackles during this game which kept the score at 0-0. 2011: In 2011 the Boishaai team nearly caused a major upset in

Bloemfontein to end Grey’s long-standing winning streak. In an epic match Boishaai came back from being 5-15 down at halftime and had Grey under pressure for most of the second half. As the final whistle went, the scoreboard read Grey 15, Boishaai 15. 2012: In 2012 Grey came to Paarl as the underdogs, a tag they are not very familiar with. The 2012 Boishaai team was a very well-oiled machine and with their talisman flyhalf Jean-Luc du Plessis (son of Carel) pulling the strings, they ran out convincing winners beating Grey by 28-18. An interesting twist to the 2012 tale was the fact that the Boishaai

2014: Grey College is back on top where they belong and is currently ranked the number-one team in South Africa. They have swept away most competition except for the draw against Monument during a gruelling Easter Weekend Festival at Kearsney and a narrow win over Paarl Gim at Wildeklawer. The Grey machine is again firing on all cylinders and a combination of a good solid front row, great loose forwards and speedy and skillful backs makes them a formidable unit. Their strength is that they can adapt very quickly to game demands and switch their gameplan accordingly. This was illustrated well against Affies when the latter began to dominate

the tight fases and Grey then took the ball as quickly as possible wide and started playing more with their backs. This resulted in them keeping the scoreboard ticking over and Affies could just not catch up. Key player and fullback Henry Immelman picked up a nasty face injury during the Affies game and will not be available for the Paarl match. His place will most probably be filled by right winger Louw Steenkamp, himself a prolific kicker of the rugby ball and a great attacking prospect. Keep an eye out for flanker De Wet Bezuidenhout who can steal the milk out of your coffee, so good is he on a loose ball. Captain and eighth man, Alex Jonker, is a hard-as-nails player and a very astute leader. Scrumhalf Dian Badenhorst, son of Free State stalward Chris Badenhorst, is a livewire number 9 and together with Dwayne Wessels at 10 they make for a very steady halfback combination. S Mutual & Federal Premier Interschools is a series of 12 matches which feature the highest profile and most traditional interschool rugby rivalries from South Africa’s top rugby schools which are broadcast live on SuperSport from April to August.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.