VRYDAG 30 MEI 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
Loop lig vir dié esse
GRATIS
Roy op FB gehuldig NOG nooit het ’n Bloemfonteiner se dood soveel reaksie ontlok op Bloemnuus se Facebook-blad soos dié van Roy (Robert) Doubell (55), die skoolhoof van die Hoërskool Sand du Plessis, nie. Meer as 15 000 lesers het in tien uur na die inskrywing van sy dood op Bloemnuus se Facebookblad gekyk – ’n aanduiding hy het waarlik sy plek in die samelewing vol gestaan en sal deur baie mense met liefde onthou word. Lees op bl. 8 hoe Bloemnuus se lesers hulde aan hom bring.
Roy is Dinsdag aan ’n hartaanval oorlede. Hy en sy vrou, Annalize, ’n assistent-redakteur van Volksblad, was 30 jaar getroud. Uit dié huwelik is twee seuns, Robert (27) en Meyer (25), gebore. Roy word ook oorleef deur sy skoondogter, Tharina (25), ma, Dulcie (79), en kleinseun, James (amper 2 jaar). S ’n Troosdiens word vandag om 11:00 by die Hoërskool Sand du Plessis vir hom gehou. S ’n Galery met foto’s van Roy is te sien op www.bloemnuus.co.za.
Talle pryse uitgedeel TIENTALLE lesers het pryse gewen op: 1. www.bloemnuus.co.za. 2. Bloemnuus se Facebook-blad. Kan jy dit bekostig om jou nie in te skryf nie?
Ry versigtig as jy die N1 na Edenburg volg. Weens bouwerk aan dié hoofweg kom heelparty onverwagse draaie soos dié foto toon wat van die brug by Tierpoort geneem is. Die SuidAfrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het ’n kontrak vir die opknapping en instandhouding van die N1 tussen Syden ham en die afdraai na die Tierpoortstasie toegeken. Dit is ’n afstand van 28,3 km. Sanral het beloof motoriste sal nie tydens die bouery hoef te stop nie, want tydelike paaie sal gebou word. Die werk sal na verwagting vroeg in 2015 voltooi wees. Foto: Jens Friis
Die wenners is: S Nico de Bruin, Lizelle Mattig van Niekerk, Sandy Glenn en Chris van Blerk – ’n Vuur gevang in glas deur Amanda Strydom op die Vryfees. S Maria Venter – Liefde – Gaan Groot 2. S Rosa Maria Jardim, Vivienne Pistorius, Elizna Swanepoel, Renette Lundie en Gert Engelbrecht – Thank you for the music wat vanaand en môreaand in die Sand du Plessis-teater deur die Barnyard aangebied word. S Estelle Knox – Dirt Road deur Jason Bradley. S Amanda Burger – 4 Keeps deur Stephan Visagie. S Braam Burger – Sonskyn in die aand deur Appelblou. S Jorina Claassen – Dubbelspel deur Wilna Adriaanse. S Janine Pretorius – Halsoorkop deur Miriam Koch.
S Sunette Hiten – Chaos in Bronberg. S Marthin Jordaan – Vrou soek boer se klankbaan. S Cobus van Staden – Ek is deur Hannes van der Walt. S Christa Beyers – Ghost Train deur André Swiegers. S Tharina Stassen – Susanna M Lingua. S Elize van Wyk – Apie se magie. S Daphne Venter – Soek die skapie! S Malie Beukes – Thank you for the music. S Barend van der Merwe – Brigadier en die raaiselponie deur Marga Jonker. S Juan-Marie van Eck – Storieman Omnibus 6 deur Leon Rousseau. S Piet Smith – Atlas teen die Vergeetrivier deur Pirow Bekker.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014
Nuus: Broksgewys S TRIPADVISOR awarded Liedjiesbos B&B with a 2014 Certificate of Excellence. This prestigious award recognises businesses that consistently earn top ratings from TripAdvisor travellers. S Ons Kinderhuis word op 11 September ’n eeu oud. Oudinwoners word gevra om Sonja Swanepoel by 051-444-2938 te bel.
Die posseël van Bloemfontein is in 1996 uitgereik. Jan van Beukering het die illu strasie van bekende geboue in Bloemfon tein gedoen. Van links is die Eerste Raad saal, die Tweetoringkerk, die Vrystaatse Wetgewergebou, Naln en die Vrouemonu ment. Bloemnuus ontvang graag afdrukke van posseëls wat met Bloemfontein en die Vrystaat verband hou. Stuur dit in jpeg formaat na jens.friis@media24.com.
S Die NG kerk Langenhovenpark bied weer ’n kursus in Sotho aan. Dit strek oor 32 weke en kos R2 000. Die kursus begin op Dinsdag 5 Augustus om 18:30 en vind in die Gemeentesentrum van die NG kerk Langenhovenpark plaas (in die Kleinkerk). Registreer jou voor of op Vrydag 1 Augustus, per e-pos: ngklhp@mweb.co.za. ’n Volledige inligtingsblad is ook by die kantoor beskikbaar. Daar is plek vir net 25 studente.
Praat saam S EK doen navorsing oor die Tromps en wil graag met ander Tromps in verbinding tree. Ek bly in Kaapstad. Kontak my by tromp@villagemail.co.za. – Johan Tromp S Bloemnuus het die bal uit die veld geslaan met ’n skitterende samestelling met die uitgawe van 9 Mei 2014. Dankie vir die kopkrapper-reisvrae – net 13 en 15 het my gesnoeker. Net weer ’n bewys as ’n mens nuuskierig genoeg is om gereeld te lees en jou kennis te verbeter neem jy onbewus baie meer in en onthou meer as wat jy gedink het. Julle moet dit meer gereeld doen. – Christina Botha (Dankie, Christina. Sien bl. 4. – Red.)
S Die weidingboek Gids tot die volhoubare produksie van weiding, saamgestel deur prof. Hennie Snyman van die departement vee-, wild- en weidingkunde aan die UV, se eerste drukoplaag is in die eerste jaar uitverkoop. Die boek is pas herdruk en kan bestel word by johan.terblanche@media24.com.
Visit the National Museum. This historical street scene was built in the late 1970s, depicting daily life of ordinary people in a Free State town at the end of the 19th to early 20th century. The shop is modeled on an advertisement of W.B. Walker Boeren Handelshuis which was founded in Kroonstad in 1888.
’n Lugballon staan gereed om op te styg op die De Oude Kraalgaste plaas 30 km suid van Bloemfontein. Vir meer inligting oor dié vaarte wat ’n skaarsheid in die Bloemfontein omgewing is, skryf aan info@deou dekraal.com. De Oude Kraal se jaar likse Wildskosfees vind op Saterdag 7 Junie plaas.
S SA Express, ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus, het 43 vlugte per week van Johannesburg na Bloemfontein. S Volksblad is die vyfde agtereenvolgende jaar as die McCall-wenner vir uitstaande tipografiese uitleg en drukwerk bekroon. Die trofee word jaarliks aan Suid-Afrikaanse koerante met ’n sirkulasie van 50 000 en minder toegeken. S Kunswedstryde bied normaalweg nie ’n afdeling vir dansers aan nie, ’n leemte wat ReEl-produksies van Bloemfontein nou gaan vul. Die drama-onderwyser Retha Pool en dansinstrukteur Elize Cogle van ReEl-produksies het besluit om hul 20 jaar van saamwerk te vier met ’n projek wat aan leerlinge geleenthede bied. Hul eerste kunswedstryd vir dansers en dramaleerlinge word van 8 tot 13 September in samewerking met die opgeknapte Stadskouburg (Civic) aangebied. Inskrywings moet elektronies gedoen word by www.reelproduksies.co.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 16 Junie.
S 66%: The number of divorces in the USA that are linked to social media, according to the American Academy of matrimonial Lawyers. Frequent Twitter users, in particular, are more likely to commit infidelity, break up and divorce, according to a study from the University of Missouri School of Journalism.
S Het jy geweet? Die kortste Bybelvers is Jesus het gehuil. (Johannes 11:35). In Nederlands en Engels is dit nog korter: Jezus weende en Jesus wept. S Volgens kenners van onder meer die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel-en-landbouorganisasie is akwakultuur-
spesies reeds ’n miljard mense se vernaamste bron van proteïne. Suid-Afrikaners eet baie minder vis, oesters, mossels en ander akwakultuurspesies per jaar as ander lande se inwoners. Die wêreldgemiddeld per jaar per mens is 19 kg teenoor 6,5 kg in Suid-Afrika.
Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.
Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.
Media Corner 100114/A/R
Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 *Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 3
’n Kuiertjie by Zak Steyn
S WAT is jou kenmerkendste eienskap? Dat ek die Here se kind is.
S Wat is jou gunsteling-vers? Ek hou nog altyd van Psalm 23. S Wat is die mooiste woord in Afrikaans? Geloof. S Wie of wat is of was die liefde van jou lewe? Ek is bevoorreg om met haar getroud te wees. S Wat is jou grootste tekortkomings? Om my gesig te laat wys dat ek gelukkig is. Ek sal baiekeer van buite af sonder emosie lyk. S Wat is jou grootste vrees? Om nie vir my gesin te kan sorg nie. S Wie is jou helde? Len Dippenaar van die groep Nightshift. S Waaroor is jy spyt? Dat ek nie veertien jaar gelede ’n huis gekoop het nie. En dat ek nie vroeër in my lewe ’n CD gemaak het nie. S Jou kosbaarste besitting? My familie.
S LIEWER ’n stukkie droë brood met vrede daarby as ’n huis vol kos met ’n getwis daarby. – Spreuke 17:1 S Although the world is full of suffering, it is full also of the overcoming of it. – Helen Keller
Lag ’n slag S “KONDUKTEUR, aan watter kant van die trein moet ek afklim?” “Enige kant, mevrou, albei kante hou gelyk stil.” S Twee ou skoolvriende ontmoet mekaar ná baie jare in ’n restaurant. “Wat!” roep die snobis uit, “werk jy tog nie in die restaurant nie?” “O, ja,” sê hy nederig. “Ek werk net hier, maar ek éét nie hier nie.” S “Mevrou,” sê die boemelaar by die voorhekkie, “ek is so honger ek kan die gras hier op jou grasperk eet.” “Kom dan liewer agtertoe, dit is daar langer en groener,” sê die vrou simpatiek.
S Watter CD is in jou motor? Dewald Gous s’n. S As jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen – waarheen sou dit wees? Ek sal my seuntjie, Zanru, Disneyland toe wou vat.
S Watter is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Filet by Beef & Reef of ontbyt by die Golden Nugget Spur waar ons seun lekker kan speel. S Waarvan hou jy glad nie in Bloemfontein? Ek kan nie regtig iets slegs van Bloemfontein sê nie, want ek bly al my lewe lank hier en het nie planne om te trek nie. S Lees jy nou enige boek(e)? Nee, ek moet eerlik wees, ek hou nie baie van lees nie. Ek hou meer van die prentjies in die tydskrif Car. S Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Robbie Williams. S Wat sou jy dan vir ete maak? Ek glo ons sal vleis braai. S Oor watter gawe sou jy wou beskik? Om nie so skaam te wees nie.
Oase S As jy vrede wil hê, dan praat jy nie met jou vriende nie. Jy praat met jou vyande. – Biskop Desmond Tutu
Die Bloemfonteinse sanger Zak Steyn saam met sy vrou, JuanMarie, en seun, Zanru.
S ’n Oog vir ’n oog maak net die hele wêreld blind. – Mohandas Gandhi S I shut my eyes in order to see. – Paul Gauguin S Everyone wants to go to heaven, but no one wants to die . . .
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014
Wie weet wat van dié sake? TOETS jou algemene kennis met dié vrae wat Jens Friis saamgestel het. 1. Waarom staan die Wêreldbekerrugby-trofee as die William Webb Ellis bekend?
5. Van watter land is die tennisspelers Ana Ivanovic en Jelena Jankovic? A. België B. Serwië C. Slowenië
2. Wat is die algemene naam vir ’n aronskelk?
6. Wat is die naam van die lokaal in Sun City waar die Huisgenoot-skouspel plaasvind?
3. Is dr. H.F. Verwoerd in 1956, 1966 of 1976 vermoor?
7. Wie het met die liedjie Kaboemielies getref?
4. Watter teaterproduksiehuis bring Vrydag- en Saterdagaande die vertoning Thank You For The Music na die Sand du Plessis-teater?
8. Bloemfontein en Kaapstad is presies 1 000 km uit mekaar. Jy trek om 06:00 hier weg en ry gemiddeld 100 km/h. In Colesberg vertoef jy ’n uur vir ontbyt en in Beaufort-Wes nog ’n uur vir middagete. Hoe laat sal jy in Kaapstad wees? 9. Onder watter sterreteken val jy as jy op 7 Junie verjaar? 10. Hoeveel minute is daar in ’n dag? Antwoorde
Wie het met die liedjie Kaboemielies getref?
1. William Webb Ellis, ’n skoolseun van die Engelse dorp Rugby, het in 1823 ’n sokkerbal opgetel en daarmee gehardloop. Só het rugby ontstaan. 2. Varkoor 3. 1966 4. Barnyard 5. B. Serwië 6. Superbowl 7. David Fourie 8. Twaalf uur later, 18:00. 9. Tweeling 10. 1 440 minute (60 minute x 24 uur)
Estie de Wet (16) van die Meisieskool Oranje is aangewys as Bloemnuus se Spontaanwenner vir 2014. Sy sal aan die eindronde van die Spontaankompetisie op die Vryfees deelneem. Tweede was IsabellaMarie Grobler en derde Liané Kotze. Kyk na video’s van die oudisies op www.bloemnuus.co.za. Van links is Marnie van Wyk (beoordelaar), Estie, Jens Friis (redakteur: Bloemnuus), Liané, Chris Pretorius (Bloemnuus se Spontaanwenner van 2013), IsabellaMarie en Ankia Bradfield (beoordelaar). Foto: Nico Gous
Todo list
VRYDAG 30 MEI S Thank you for the music: Musiek van Abba, Queen en Bee Gees om 18:00 en 21:00 in die Sand. Pacofs, 051-447-7772. S Ek, Anna van Wyk deur finalejaarstudente aan die UV in die Wynand Mouton-teater om 19:30. Regie: Nico Luwes. Kaartjies: R15 tot R40 by Computicket. S Woodland Hills-gemeenskapkerk hou basaar om 16:00 in die gemeenskapsaal. Besoekers van buite Woodland Hills wat ’n kode vir die hek nodig het, kan Judy by 082-466-2595 bel. Ewie Cronjé, 083-745-4805. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Wimpie het sy mes in vir At Koster en Quinton dink Sonja maak die verkeerde besluit. Margot kan nie dat Jana langer vir haar verblyf betaal nie, terwyl Wimpie vir Krige probeer jaloers maak. Morné beland weer in ongevalle en Okkie probeer Ilse verras. S Onthou werkgewers: Jaarlikse LBS-rekonsiliasie-sperdatum is vandag. S Good Idea Fridays at Gallery on Leviseur, 07:00. The speaker is Marjorie Human (owner of Muga Muga Textile Jewelry). Free and open to the public. Info at curator@galleryonleviseur.co.za. S Rockspiders om 19:00 in die Aasvoëlklub. Deon van Rooyen, 076-787-0453. SATERDAG 31 MEI S NG kerk Brandfort se Sonskynfees: Plattelandse kermis met vleisverkope, heerlike eetgoed, interessante uitstallers en kuier-teetuin. Vir inligting of uitstalruimtes bel Hanna by 082-873-2650. S Basaar van die AP kerk Bainsvlei by Megapark. André Swanepoel (072-476-1568) of Chris Hugo (082-569-5293). S NG gemeente Gardeniapark hou basaar. Dit word om 09:00 deur ds. Jan Venter geopen. Sanet Horn, 051-522-0392.
S Byeenkoms van die Ou Presidensie- Historiese Vereniging: Staptoer by die Bron van Herinnering/Dam van Trane om 14:00. Almal welkom. Kom by die Bybelhuis bymekaar. Lambert van Rensburg, 051-422-5283 of 072-4188665. S Thank you for the music: Musiek van Abba, Queen en Bee Gees om 18:00 en 21:00 in die Sand. Pacofs, 051-447-7772. S Nataniël in Kovsiekerk om 18:30. Kaartjies kos tussen R130 en R200 en is te kry by I Party, Nelson Mandelastraat 160. Skakel 051-4485606. S Volksblad se Kos-en-kunsmark vind van 09:00 in die Botaniese Tuin plaas. S Kermis van die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord, Dan Pienaar, van 09:30 tot 14:00. Skakel 051-436-2932. S Family Fun Day at Makro from 09:00 to 15:00. Phone: 082-895-7047. S Summerwood Country Estate hou ’n gesinsdag. Toegang: Gratis. Navrae: montello@shisas.com. SONDAG 1 JUNIE S Comrades-ultramarathon van Pietermaritzburg na Durban. MAANDAG 2 JUNIE S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Okkie het planne om sy huwelik op te kikker en die nuwe ongevalle-dokter jaag aan met ’n fietsryer. Jana se voorstel oor ’n huisbesoek is dalk nie ’n goeie plan nie en ’n kinderpartytjie lei tot die afwesigheid van ’n dokter by die kliniek. Daleen dink sy weet presies wie en wat Margot is. DINSDAG 3 JUNIE S Oproep tot gebed van 10:00 tot 11:00 in kamer 21 van die Klipkerk se sentrum. Vanessa, 072-375-3652.
S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Sosiale media mag die sleutel wees tot ’n verpleegster se vrae. ’n Pasiënt is in ’n kritieke toestand en ’n dokter moet verantwoording doen. Jana probeer negatiewe publisiteit hokslaan en Quinton besef sy twee loopbane kan met mekaar bots. S Pensioners’ day every Tuesday at Makro. Eileen Ndewere, 051-1011000. WEDNESDAY, 4 JUNE S Shavuot (1st Day, Jewish). S Karaoke in Oolong Lounge, 2de Laan, Westdene, om 20:00. Skakel 051-448-7244. S Blindfolded line, dancing through time – installasie deur Liza Grobler in die Oliewenhuiskunsmuseum tot 8 Junie. DONDERDAG 5 JUNIE S Ehrlichpark-kosprojek: Die NG gemeente Heuwelsig lewer Donderdae ’n bord warm, gekookte kos aan 300 mense. As jy betrokke wil raak, bel Lauriette de Waal by 051-4365482. S Vessel, ’n keramiekuitstalling deur Dina Grobler, Helena de Waal, Clive Sithole en ander in Johannes Stegmann-galery tot 20 Junie. S Mense word benodig om Donderdae ’n halfuur lank te kom help om die sop en brood in die Klipkerk se sopkombuis uit te deel. Daar is ook mense nodig om sop te kook en brood te skenk. As jy bereid is om te help bel Elize by 051-436-7322. VRYDAG 6 JUNIE S Maria’s Story: Multimedia-uitstalling deur Maureen de Jager in Oliewenhuis tot 22 Junie. S Oolong se maandelikse Rooftop Jol met verskeie DJ’s. Skakel 051-448-7244.
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 5
Sal jy ’n gebraaide sprinkaan eet? In sommige wêrelddele word dit as ’n lekkerny beskou.
Gogga: lekker kos of gagga? Jens Friis DIE gemiddelde mens eet onbewustelik tot ’n halwe kilogram insekte in ’n leeftyd, volgens www.eatbug.com. Hierdie goggos kom blykbaar veral in graanprodukte voor en is soms te sien as ’n klein swart spikkeltjie in byvoorbeeld ’n sny brood. Insekte word ook in vrugte en groente gevind, en is veral algemeen in verwerkte en geblikte kos en drank, word gesê. Eetbare insekte sluit in tamatiegegeurde wurms, langhoringsprinkane, kewerlarwes, mieliewurms en sonbesies. Koekies, taco’s en selfs patee word van sommige insekte gemaak. Moet dit net nie tuis probeer maak nie – die goggas kon iewers al onder gifstowwe deurgeloop het of kan self giftig wees. Lekkerny Dit mag vir ons vreemd klink, maar in sommige wêrelddele is die eet van insekte ’n algemene gebruik. Dit word selfs as ’n lekkerny beskou. In Things Fall Apart vertel die Nigeriese skrywer Chinua Achebe hoe die lug donker word oor ’n dorpie in Afrika. ’n Swerm sprinkane is op pad. Die mense bid dat die sprinkane moet gaan sit. As die swerm land, word die insekte gevang en die inwoners smul weke daarna nog aan die gelukkie wat op hulle neergedaal het. Nie omdat hulle honger is nie, maar omdat dit lekker is. Die Australiese inboorlinge is bekend daarvoor dat hulle verskeie wurms en eiers eet. Van die mense in die Demokratiese Republiek van die Kongo (Kinshasa) is verheug wanneer die kriektyd aanbreek. Munch-an-Insect In ’n stadium het ek in Montreal, Kanada, gewoon en daar is ’n Munch-anInsect-projek begin om inligting oor insekte te versprei. Mense se negatiewe houding hieroor word omgeswaai deur op die belang van insekte vir ekologiese balans te wys. Buiten die opvoedkundige en kulturele taak van die Montrealse Insektarium word hier ook navorsing gedoen. Terwyl hulle aan ’n gebraaide kriek kou, kon besoekers leer hoe insekte uitbroei, en hoe die gediertes voorberei en gekook kan word. Gewilde geregte was pizza met meelwurm-koekies en Mexikaanse sprinkane, asook gebraaide krieke wat in sjokolade gedoop word. Kenners wys jou vinnig daarop dat insekte baie gesond is. Dit bevat bloedweinig vette, maar geweldig baie proteïene. En, sê hulle, insekte is ’n veel meer volhoubare bron van voedsel as byvoorbeeld vis, hoender of vleis.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014
Getroud
Wian en Elizna Theron.
Franré Swanepoel en Johané Nienkemper.
Foto: Mandie Niemann
Luvey en Henry Potgieter. By hulle staan Lené Koster en Christopher Potgieter.
Zelmarie en Werner Griesel.
Anel en Jaco du Plooy.
GJ en René Gouws.
Foto: Thesen Photography
Foto: Koringkriek Produksies
Foto: Lauren Kriedemann
Foto: Momentous Photography
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 7
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014
Doubell wyd onthou Jens Friis
ROY (ROBERT) DOUBELL (55), skoolhoof van die Hoërskool Sand du Plessis, is Dinsdag vroegoggend aan ’n hartaanval oorlede. Hulde aan Roy het op Bloemnuus se Facebook-blad ingestroom. Lesers het só op die skoknuus van sy dood gereageer: S Glenzito Valescas: God het gegee en God het geneem. ’n Man wat in ’n kort bestek van tyd in die harte van vele mense geklim het, ’n opregte leier, ’n onderwyser in die volle betekenis van onderwyser wees. Aan die familie wil ek sê: Julle mag alleen voel
in die tyd van droefheid, maar glo my, u is in die gebede van vele mense. Ons innige simpatie. S Gert Engelbrecht: My hart gaan uit na Annalize en die kinders. Sterkte vir julle en mag God met julle wees en julle vertroos. S Huibrie Marais du Toit: Nee, nee, ek kan dit nie glo nie, altyd ’n glimlag . . . Ai, Annalize, dink aan jou en familie. S Licia Carter: Rus in vrede, Meneer. Dit was ’n eer om Meneer as skoolhoof te hê. Meneer het baie leerlinge en mense se harte kom aanraak met die vriendelikheid. Dit sal ons altyd onthou.
Roy Doubell, skoolhoof van Sand du Plessis, is vroeër die week ná ’n hartaanval dood.
Maak só op Facebook BLOEMNUUS se Facebook-blad is vir almal met ’n belangstelling in dié weeklikse koerant, en ons wil graag van julle hoor. Die doel van die forum is ’n oop, veilige ruimte vir jonk en oud, daarom vra ons: S Neem jou eie privaatheid en dié van ander mense in ag. S Hou jou plasings skoon, moenie lasterlike kommentaar lewer nie, moenie vloek nie en vermy persoonlike aanvalle. S Hou by die onderwerp. S Bloemnuus is nie verantwoordelik vir die inhoud van webskakels of foto’s wat ander mense deel nie.
S Die blad is nie ’n plek vir gemorspos, kettingbriewe of advertensieplasings nie en dit sal summier verwyder word. S Let asseblief daarop dat die inhoud wat aanhangers op hierdie blad deel nie noodwendig Bloemnuus se standpunte of menings weerspieël nie. S Bloemnuus behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder of besoekers te blokkeer. As jy kommentaar sien wat jou pla of wat jy dink is onvanpas, kan jy ons verwittig – noem waar jy die kommentaar gesien het – stuur ’n e-pos na jens.friis@media24.com.
Lungs: amazing organs SIX things you never knew about lungs: 1. The total amount of air in our lungs when full is four to six litres (depending on our size). 2. Even when you have breathed out as fully as you can, about a litre of air will stay in your lungs. 3. Lung disease caused by tobacco use is the cause of death of almost one in ten adults worldwide. 4. The left lung is smaller than the right lung, owing to the space taken up by your heart.
Die eiendomsmark in Jeffreysbaai, een van die gewildste vakan siedorpe vir Bloemfonteiners, is veel erger deur die ekonomiese krisis as baie ander plekke in die land geraak. Eiendomspryse is tot 50% laer as vyf jaar gelede – waaronder die van dié goedgeleë woonhuis. Redes hiervoor is dat huiskopers eers ’n primêre wo ning afbetaal en tweedens, veral in Jeffreysbaai se geval, dat te veel eiendom die afgelope jare daar gebou is. Eiendom soos dié een is dus nou teen uitstekende pryse op te raap. Foto: Jens Friis
5. If all the different air-tubes in the lungs were joined end to end, they would stretch 48 km. 6. Every day the lungs breath in between 7 900 and 9 100 litres of air.
S Brenda Malan: ’n Professionele man met ’n mooi hart. Jy het diep in die gemeenskap van Heidedal se harte geklim en ’n verskil in ons skool gemaak. S Elize van Heerden: Aan die Doubell-familie en Sand du Plessis-leerlinge: Ons bid julle baie sterkte toe in die donker tyd. S Marlene Dilger: Roy, jy was ’n yster, ’n superster. Dankie vir al jou hulp, raad en bystand. S Lizanne Venter Bloem: Hy los ’n groot leemte by die skool. Hy was ’n opregte mense-mens. Hy was Sannies se eie “Legende” en sal so onthou word. S Christa Venter Jordaan: RIP, mnr. Doubell. Dankie vir wat jy vir my kind gedoen en beteken het. Jy was ’n man duisend.
H.F. Verwoerd vir Uniefees in Bloemfontein OP 30 Mei 1960, vandag 54 jaar gelede, het dr. H.F. Verwoerd in Bloemfontein vir die Uniefees aangekom. Die Volksblad het destyds só daaroor berig (“Premier verras tienduisende”). DIE Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, het die naweek by drie geleenthede sy verskyning in die openbaar in die Uniefees-stad Bloemfontein gemaak. Baie duisende mense het hom gesien as ’n man wat op die oog af niks, behalwe etlike klein merkies, oorgehou het van die sluipmoordaanslag ’n tyd gelede op sy lewe nie. Die groot verrassing die naweek vir feesgangers was toe hy onverwags by die Generaal De Wet-opleidingsterrein by De Brug opgedaag het. Hy, sy eggenote, mnr. J.J. Fouché (minister van verdediging) en mev. Fouché het in ’n Dakota op die landingstrook by De Brug neergestryk en is vandaar per motor na die brandpunt van die middag en aand se verrigtinge vervoer. Dr. Verwoerd is deur luide handegeklap begroet. Daarna het hy die saluut geneem en ’n erewag van ’n honderd kwekelinge van die lugmag-gimnasium saam met min. Fouché geïnspekteer.
Hy het regop en flink gestap, sy slape grys in die son. Dr. en mev. Verwoerd is voor sononder die middag weer terug na die stad. Gisteroggend het hy en sy eggenote, vergesel deur hul twee jongste seuns, Wynand en Christiaan, die erediens in die N.G. Moederkerk in Bloemfontein bygewoon. Saam met hulle was mnr. J.W. du Plessis, die Administrateur, en mev. Du Plessis. Die Verwoerds het Saterdagoggend omstreeks 11:15 met ’n Dakota op die lughawe J.B.M. Hertzog aangekom, waar hulle deur sowat vierduisend mense verwelkom is. Tweeduisend was Volkspelers wat ’n lang erewag vir hulle gevorm het. Dr. Verwoerd het sy hoed vir die skare gelig en mense oral op die laaiblad gegroet. Die pers en hoogwaardigheidsbekleërs is op die laaiblad toegelaat. Speurders en polisie het oral rondgestaan, maar ’n mens het nooit juis die indruk gekry dat die veiligheidsmaatreëls ooglopend is nie. Kol. A. Spengler, hoof van die veiligheidspolisie, was ook teenwoordig. Maj. Karl Richter, persoonlike lyfwag van die premier, het saam met die premierspaar gereis.
Troeteldierfoto’s ingewag Jens Friis VERLEDE WEEK het Bloemnuus lesers genooi om ’n treffende foto van hul troeteldier te stuur. Die reaksie het alle verwagtings ver oortref deurdat meer as 400 foto’s ontvang is. Daarom is besluit om die kompetisie se aard uit te brei en die sperdatum tot Maandag te verleng. Die wenner sal steeds ’n R1 000-geskenkbewys van Makro ontvang. Dié foto sal waarskynlik óf
buitengewoon treffend wees, óf ’n storie vertel soos Rudi Steenkamp s’n. Hy het die sebravinkie Kiba van kleins af grootgemaak. Kiba het in die badkamer in sy eie nessie geslaap. Ná die dood van sy maatjie, Stoffel, het Kiba parmantig geword. Rudi moes hospitaal toe nadat Kiba sy oog beseer het, “maar ek was steeds innig lief vir dié klein rakker”. Kiba is ongelukkig intussen dood.
Rudi Steenkamp vermaan Kiba, sy troetelsebravinkie.
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 9
Wel & wee S DIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Elsje Symington (1954) * Mara van den Berg (1946) * Laetitia van Zyl (1933) * Catharine Petronella (Carina) Jacobs (1945) * Cois van Niekerk (1969) * Brendon John (1995) * Frederick Christoffel van der Walt (1978) * Vincent Viljoen (2001) * Lappies Labuschagne (1931) * Magrietha du Plooy (1917) * Lizzy (gebore Young) Meeding (1930) * Christa Mielmann (1957) * Philippus Jacobus Stephanus de Klerk (1934) * Anna Smit (1938)
S Marthinus van Schalkwyk het ure nadat hy van sy weglating uit president Jacob Zuma se nuwe kabinet verneem het, as LP bedank. Die voormalige NNP-leier was tot eergister die minister van toerisme in Zuma se kabinet. Hy is deur Derek Hanekom vervang. S Hendrik en Ella Jacobs van Wilgehof vier Maandag hul 50ste huweliksherdenking. S Susanne Mulder van Athalia se Huis Genade vier Sondag haar 60ste verjaardag. S Stuur inskrywings vir die Wel en Wee-blad na jens.friis@media24.com.
EY, in collaboration with the UFS Centre for Accounting, hosted the fifth annual Project Alpha Competi tion. Students prepare oral presentations in groups. The content of the presentations can relate to any current topic in business ethics. The students’ presentations are judged by a panel comprising staff from EY and the Centre for Accounting. From the left are, front: Danielle Lee Botha, Chelsea Gelden huys, Gideon Swart, Chantelle Madeleine Pearce and Chelsea Combrink; back: Prof. Dave Lubbe (lectu rer in Business Ethics), Kobus Swanepoel (head of department, Centre for Accounting, UFS), Niel de Leeuw (partner, EY), Lefa Makoko, Thabo Charles Ntsekhe, Prof. Hentie van Wyk (chairperson, Centre for Accounting, UFS) and Donovan van Straaten (partner, EY). Absent: Johannes van Dyk. Photo: Anneska van der Spoel/Mud Boots Photography
Laat weet só as iemand sterf SOOS VINKEL EN KOLJANDER: Die identiese tweeling Karien de Waal en Wilna Gous is in Kroonstad gebore. Is jy een van ’n identiese twee ling? Stuur dan ’n foto met ’n byskrif na jens.friis@media24.com.
BLOEMNUUS neem weekliks met spyt van die afsterwe van inwoners in sy lesersgebied kennis. Die oorledenes word dan in die koerant vermeld. Meestal word bykomende inligting oor die oorledenes benodig. As jy ’n familielid wat onlangs
oorlede is in die Wel & Wee-kolom wil huldig (dit is gratis), stuur asseblief die volgende inligting na jens.friis@media24.com: S volle name; S noemnaam; S van (en nooiensvan); S die datum waarop die mens oorlede is;
S die oorledene se geboortejaar; S ’n bondige beskrywing van die oorledene se beroepslewe; S deur wie die oorledene oorleef word; en S waar en wanneer sy/haar begrafnis-/gedenkdiens gehou is. ’n Gesigfoto van goeie gehalte sal ’n welkome toevoeging wees.
THE BIGGEST PLASTICS WAREHOUSE IN AFRICA
STORAGE SOLUTIONS AT KILLER PRICES ADDIS THE INDISPENSABLE ROUGH TOTE UTILITY CONTAINER 3 SIZE COMBO
KILLER DEAL
STORAGE CONTAINER WITH WHEELS ASSORTED COLOURS
R1290
30l, 45l & 68l
R189 R LL 3 FO
SAVE R50
A
STORAGE BOX
E R2 SAVEACH
EDUCATIONAL TOYS
TOYS
STATIONERY
HOBBY LIFE MULTIBOX CONTAINERS
BLACK/ GREY
STORAGE
CATERING
CRYSTAL 6.5l R29 SAVE 10 STORAGE 16l R55 SAVE 10 24l R59 SAVE 15 BOXES WITH LIDS
160l
R189 R2 0
CLEAR DVD BOX WITH LID CLEAR CD BOX WITH LID
SAVE
OUTDOOR
HEAD OFFICE: TEL: 021 911 5555. WESTERN CAPE: RETREAT: TEL:021 701 0566; GREEN POINT TEL: 021 418 7805; SOMERSET WEST TEL: 021 852 1605; KENILWORTH TEL: 021 671 3114; BELLVILLE TEL: 021 948 3767 EASTERN CAPE: PORT ELIZABETH TEL: 041-368 6551, EAST LONDON TEL: 043-726 3679 FREE STATE: BLOEMFONTEIN TEL: 051-421 0029 GAUTENG VAAL TRIANGLE: VANDERBIJLPARK TEL: 016-985 2822 ERRORS & OMISSIONS EXCLUDED. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. OFFERS VALID UNTIL 25 JUNE 2014, OR WHILST STOCKS LAST. VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA
1.5l 3l 5l 8l
INDUSTRIAL
R17 SAVE R5 R30 SAVE R6 R43 SAVE R10 R60 SAVE R15
BUY ANY 2 FOR
R12030 SAVE R
CLEANING, YOU NAME IT
LCA_MAM_0035_30_05
85l
CLEAR, PINK & BLUE
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014
VERKOPE & BEMARKING
PERSOONLIKE DIENSTE
3760
DAGSORG & CRÈCHES
Healthcare company seeks: Motivated individuals to join their team! We offer: Full training, R14 700. Performance bonus and commission. Requirements: Proven sales experience. Valid licence, self-starter, career-driven. To book an interview call JP de Necker on 051 522 2237.
1410
Besige Bekkies Kleuterskool in Universitas. Babas tot 5 jaar. Ons berei jou kleinding voor vir groot skool. % 051 522 9748/ 084 522 9748. TE KOOP FINANSIEEL 1420
TROETELDIERE A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" 1660 WE CAN HELP. We HUSKY PUPPIES FOR finance you. Cars, Bakkies, SALE, R1 000. Contact D/Cubs available. 076 309 Ernst 079 917 0892. 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke ALGEMENE & @gmail.com HUISDIENSTE FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
GESOEK 3601
Baie betroubare tuinwerker/ verwer. Kan ook draadspan. Maandae en Dinsdae beskikbaar. Skakel 072 240 8665 / 071 509 7888.
BOEDELKENNISGEWINGS
HUISVERBETERINGS BINNE
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.
122 MM WESSELS BOEDEL WYLE MM WESSELS KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS Alle persone met vorderinge teen ondervermelde boedel moet dit binne 30 dae vanaf datum van publikasie by die ondergetekende Eksekuteur inlewer. Boedelnr. 11824/2013 Meesterskantoor: Bloemfontein Van: Wessels Voorname: Martha Marlene Geboortedatum: 8 Oktober 1937 Identiteitsnommer: 371008 0290 08 4 Laaste adres: Marico 14, Pellissierrylaan, Pellissier, Bloemfontein Datum van oorlye: 13 Oktober 2013 Naam en adres van Eksekuteur: E Horn, Van der Merwe & Sorour, Posbus 1062, Bloemfontein 9300. E. HORN Eksekuteur Van der Merwe & Sorour Posbus 1062 Bloemfontein 9300.
4201
HUISVERBETERINGE: binne en buite, van dakke, plafonne, verf, teëls, geisers, storte, ens. SANTA 076 835 7849. LOODGIETERS 1855
KRUIEKENNER 1435
Aandag! Alle loodgieterswerk. Nuwe installasies, verstopte riole asook onderhoud. 079 581 6654.
BOME 1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF 3605
LENINGS 1445
Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
COMPANY IN New East End is looking for admin lady with experience in Pastel Accounting. CV can be faxed to 051-432 8259/e-mail: acg.weartek@gmail.com
122 CE STEYN In die boedel van wyle Christiaan Erasmus Steyn, identiteitsnommer 360221 5024 08 4, meerderjarige man, getroud buite gemeenskap van goed en in lewe woonagtig by Aliquando 36, Dok Beyersstraat, Heuwelsig, Bloemfontein, boedelnommer 000817/2014. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf 30 Mei 2014. Naam en adres van Eksekuteur of Gemagtigde: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600 Faks. 051 403 6714.
SOEK, KOOP, VERKOOP
122 NG MOSUHLI In die boedel van wyle Ngaka Samuel Mosuhli, identiteitsnommer 561217 5703 08 8, meerderjarige man, getroud binne gemeenskap van goed met Motshabi Rebecca Mosuhli, identiteitsnommer 580520 0858 08 9, in lewe woonagtig by 665 Clubview, Phuthaditjhaba, boedelnommer 64/2014. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hoogeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken van Vrydag 30 Mei 2014. Naam en adres van Eksekuteur of gemagtigde: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600 Faks: 051 403 6714.
BLOEMNUUS, VRYDAG 30 MEI 2014 11
Toyota waardevolste motornaam TOYOTA het sy plek as die wêreld se waardevolste motorhandelsnaam met ’n reeks nuwe produkte, ’n verbetering in die Japanse ekonomie en ’n herstel in die Amerikaanse motormark versterk. Toyota sê sy handelsnaamwaarde het die afgelope jaar met 21% tot $29,6 miljard versterk. Die gemiddelde toename in handelsnaamwaarde in die motorsektor was 17% en van die top-100 handelsname 12%. Dit is die sewende keer in nege jaar dat BrandZ Toyota as die leier in die motorhandelsnaam-afdeling in sy verslag oor die wêreld se 100 waardevolste handelsname
GEE GESKIEDENIS LEWE: Dié Farmall Regulartrekker van 1927 se wiele draai weer nadat ’n groep studente in meganiese ingenieurswese aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat (SUT), en die eienaar se seun Marno dit van Januarie af vir meer as 300 uur beetgekry en gerestoureer het. Die trekker, wat aan Jannie Ferrei ra van die Ferreiramuseum buite Bloemfontein behoort, kom van die plaas Houtkop by Bethlehem waar dit ’n hamermeule getrek het om koring en mielies te maal. Die groep het met die projek begin nadat die waarnemende hoof van die meganiese departement, Dries Bothma, hulle in kontak met Ferreira gebring het omdat hy ge dink het dit sou goeie blootstelling vir die studente wees. Eindelik het hulle op die Nampooesfees die derde plek in ’n kompetisie vir gerestoureerde trekkers behaal. Die eerste twee plekke is deur tweelingbroers van Klerksdorp behaal. Wat die Bloem fonteiners se prestasie besonders maak, is dat die studente self sowat 70 onderdele in die SUT se eenheid vir produkontwikkeling en tegnologie (PDTS), wat die materi aal en werkure vir die restourasie geborg het, vervaardig het. By die eindproduk staan van links Sasha, die hond, Marno Ferreira, Eric Newby, André Heydenrych en Allan Kinnear. Foto: Francois Heydenrych
aanwys. Toyota is in die 26ste plek. BMW, met ’n handelsnaamwaarde van $25,7 miljard, is 32ste onder die top-100 handelsname en is die tweede sterkste motorhandelsnaam. Mercedes-Benz is derde in die motorkategorie met ’n handelsnaamwaarde van $21,5 miljard en is 42ste op die lys van top-100 handelsname. Die derde en vierde plek in die motorkategorie word deur onderskeidelik Honda, wat 70ste op die top-100-lys is, en Ford (84ste) beklee. Motorhandelsname wat nie die top-100 lys gehaal het nie, is Volkswagen, Audi, Hyundai en Lexus.
Cyclist a champion Lynne Landman
Van links is, voor: Jandri Venter, Riaan Dippenaar, Ruan Dippenaar, Malcolm Markram en Kevin Markram; agter: Hendrina Coetzee, Nico Laubscher, Wynand de Villiers, Chris Austin, Jami Visagie en Shawné Brummer.
White Tigers wys hul naels LEERLINGE in Koreaanse krygkuns aan die White Tigers-klub het puik op nasionale vlak gepresteer. Op ’n keuringskampioenskapsbyeenkoms van The Association for International Sport for All (Tafisa) in die Emerald-casino in Vanderbijlpark is drie spanne gekies waarvan twee in September aan die TAFISAwêreldkampioenskapsbyeenkoms in Kanada gaan deelneem. Die White Tigers-klub het
46 medaljes ontvang. Chris Austin (20) en Jami Visagie (16) is vir die nasionale span gekies. Altesaam 13 lede van die White Tigers is vir die presidentsontwikkelingspan gekies en nege vir die ontwikkelingspan. Ongeveer 400 deelnemers het in verskillende variasies van die Koreaanse en Japanse style meegeding. Die White Tigers-klub is deel van die Koreaanse Krygkunsvereniging in Suid-Afrika, die Internasio-
nale Tang Soo Do en die Haedong Kumdo waarvan grootmeester Eddie Jacobsen wêreldwyd aan die hoof staan. Meester Liza Coetsee-Hugo is die hoofafrigter aan die White Tigers-klub in die Vrystaat en Oos-Kaap en dit is by die Martial Arts Authority of South Africa (Masa) geaffilieer. Die 29 lede van die White Tigers-klub kom van so ver soos Aliwal-Noord en Zastron.
ELZAAN MATHEWSON (17), a pupil at the Jim Fouché High School in Bloemfontein, has been selected as this month’s Bloemnews SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month for her achievements in cycling. Elzaan started cycling at the age of 11 and has since developed into a champion cyclist. Her first major achievement was in 2009 when she was named the Free State champion, a title she held on to until 2013. In addition she received Free State colours in cycling. In 2010 she was chosen as the u.14 South African road bike champion and also held podium places in the South African Classics from 2012 to 2013. At the age of 16 Elzaan was approached by a professional team where she rode in the group of elite riders. Last year, while still a first year junior, she finished third in the women’s division for the Engen Series that was held in Durban, Johannes-
Elzaan Mathewson burg and the Paarl. Elzaan has been participating in the South African cycling championships since 2010. This year she took part in the South African cycling championships and qualified for the Amateur World Cycling Championships in Slovenia, which will take place in August. She lives by the motto: When you follow your passion, success follows you.
S Send your SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month nomination for school learners between the ages of 6 and 18 today (nominations received before the 20th of each month will be included in that month’s selection). You can email your nomination to supersport@zpr.co.za or fax it to 086-552-4922. For more information, please contact Lynne or Juanré at Z PR on 051-522-9574.