VRYDAG 6 JUNIE 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
’n Kosblik vir my seun Jens Friis
’n PA wat op Vadersdag, Sondag 15 Junie, ’n goue sterretjie behoort te kry, is Evert Kleynhans wat gereeld die allermooiste kosblikke vir sy seun Reuven (3 en ’n half jaar) pak. As Evert vasbrand, sit ma Ronel die kreatiewe taak voort om Reuven se kosblik met gesonde kos te vul. “Ek is baie lief daarvoor om Sondaemiddae op die bank te lê en deur die iPad-app Flipboard te blaai,” sê Evert.
“Een van die tydskrifte waarop ek ingeteken is, For The Kiddos, het ’n artikel oor oulike Bento Boxes vir kinders gehad. “Net daar het ek besluit om te kyk of ek ook Reuven se middagete ’n bietjie kan opkikker.” Evert het reeds van dié kosblikfoto’s op sy Facebookprofiel gelaai en die reaksie is baie positief. Lesers het voorgestel dié “super-pa” moet ’n koffietafelboek uitgee. S Sien nog van Evert se kosblik-foto’s op bl. 2 en ook op Bloemnuus se Facebook-blad.
Reuven Kleynhans op pa, Evert, se skouers. Jy kan jou net voorstel hoe Reuven se gesiggie moet ophelder as hy sy gourmetkosblik voor sy maatjies oopmaak. As gesonde kos só voorgesit word, sal selfs klein goed wat nie van groente hou nie, daaraan wil weglê.
Twee kosblikke om van te droom: Die groene is boordensvol gevul met druiwe. Die twee koekdrukkers wat nes dinosourusse lyk, is vol ertjies en mielietjies. In die onderste, wit kosblik is die koekdrukkerbabadinosou russe se ma en pa (die toebroodjies). In die “nes” langsaan is ’n dinosouruseier wat uitbroei op ’n nessie van soutkoekies. Foto’s: Evert Kleynhans / Rooistoel TV
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014
Wie se kosblik is dié? Volg Bloemnuus op Facebook – net soos 5 800 ander wat vir Bloemfontein omgee.
Vinkel en koljander
’n Kosblik vir Reuven.
TWEELINGE kan gerus foto’s vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com stuur.
Evert en Ronel Kleynhans maak spogkosblikke vir hul seun Reuven. Dié foto bied ’n agterdieskermskykie hoe die kosblik saamgestel word. Ook Duke die hond soek ’n kossie. Foto’s: Evert Kleynhans/Rooistoel TV
Ma Ronel Kleynhans en Reuven deel ’n spesiale oomblik.
Só sê Tossie Lochner
Betta en Aletta Griessel (gebore Maloney) is in 1959 in Harrismith gebore. Hulle woon nou albei in Bloemfontein.
TOSSIE LOCHNER, die radiovrou van veral Italiëfaam, het met JENS FRIIS gesels.
S Lees jy op die oomblik enige boeke? Nou klaar met Irma Joubert se Anderkant Pontenilo met sy Italiaanse tema. Sy ken werklik daardie Italiaanse berghangdorpies en dit het my laat verlang.
S Wat behels aardse geluk? Om met my neus in ’n boek te sit. S Waaroor is jy spyt? Toe ek nog in Italië was en nie geweet het dat ek dalk in Suid-Afrika sou kom bly nie, het ek toegegee aan die versoek van Naln in Bloemfontein om ’n sak vol van my gedenkwaardighede aan hom te skenk. Ek het dit gedoen omdat ek nie geweet het wat van my sou word nie. Intussen bly ek in Suid-Afrika, het ’n eie plekkie en ook my kinders is hier wat graag al daardie aandenkings sou wou hê. Naln wil egter nie gehoor gee aan my versoek om dit terug te gee nie. Dit word nie uitgestal nie omdat daar nie genoeg ruimte is nie. Aan my is gesê dat dit nou staatseiendom is. Intussen lê dit toegesluit in ’n doos en vermurwe.
Mandie von Benecke en Lindie van Niekerk, gebore as Marais in 1957 in Kimberley. Hulle woon nou albei in Bloemfontein.
S Wat is jou grootste tekortkominge? Ek het nie geduld met humorlose mense nie. S Wie en wat kan jy nie verduur nie? Almal wat beloftes maak en dit nie uitvoer nie.
Corné en Tiaan Moller is in gr. 9 in die Hoër skool Sand du Plessis.
S Wat is jou kenmerkende eienskap? Ek kan die snaaksheid in enige situasie raaksien en lag dus baie. S Watter CD is in jou motor? Geen. Ek luister net RSG.
S Laaste fliek gesien? Was dit goed? La Grande Bellezza, die Italiaanse Oscar-wenner vir buitelandse rolprente. Moeilikmoeilik. Ek kan amper sê vervelig. Hoe kon dit wen? Toe sien ek dit is “produced by Mediaset” en toe verstaan ek, want Mediaset behoort aan Berlusconi. S Wat is die diepste put van ellende? My hart wat so erg tussen twee lande verskeur is.
Tossie Lochner en haar lewensmaat, Martin Snyman. S Wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? Ek sou ’n werk gekies het om met diere te werk – maar net nie ’n veearts nie. S Wat is jou grootste uitspattigheid? Ek het hope handsakke. S Wie of wat is of was die liefde van jou lewe? ’n Klein ou swart rondloperhondjie wat ek in Italië opgetel het. Hy was agt jaar met ons. Ek kan nou nog nie aan hom dink of oor hom praat sonder om te huil nie – soos nou. S As jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen, waarheen sou dit wees? Oral waarheen die lewe my neem aanvaar ek.
S Wat is die mooiste pleknaam in Afrikaans? ’n Plek met die naam Karringmelk naby Swellendam. My pa was ’n spoorwegwerker daar. Ek het wonderlike swart speelmaatjies gehad en diere soos skilpadjies en bokkies.
S Wie of wat was jy in ’n vorige lewe? Ek was dalk tussen bobbejane. Ek kan my verkyk aan hulle – veral die pragtig, volmaak gevormde handjies. S Jou kosbaarste besitting? Die plastiekverloofring met die rooi hartjie waarmee ek en Martin ’n paar jaar gelede in Bloemfontein verloof geraak het. Jy, Jens, het nog destyds ’n foto daarvan in Edenburg geneem.
S Wat is die lelikste woord in Afrikaans? Alle woorde wat die Pretoriase meisies met sulke ronde mondjies uitspreek. Is hulle nie bang om te vroeg plooie om daardie mondjies te kry nie?
S Wat dink jy gebeur ná die dood? Ná die dood is dit stof tot stof.
S Wat is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Ek lek my lippe af vir Rian Snyman se braaivleis – hy is my lewensmaat, Martin, se seun. Hy berei die heerlikste braaivleis so gesels-gesels.
S Wat is jou gunsteling-versreël? Dit is nie ’n versreël nie, maar die woorde wat Audrey Blignaut jare gelede toe ek nog op kollege was in my aandenkingboek geskryf het: “Behou altyd die droom.”
Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.
Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.
Media Corner 100114/A/R
Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 *Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014 3
DIE DAG GROET: Die laaste sonstrale van die dag kleur die hemel goud bo die Woodland Hills Wildlife Estate in die noordweste van Bloemfontein. Die winter, wat lank gevat het om behoorlik toe te slaan, is hier. Volgens weathersa.co.za sou die kwik vanoggend by 5 °C gedraai het. Môreoggend sal die minimum temperatuur twee grade warmer wees. Foto: Jens Friis
Mense lewe ook deur boeke Bernard Odendaal ’n VROEGOPDAGER op die boekbekendstelling is ’n krom man met ’n kierie. Hy skuifel met die voorste ry uitgepakte stoele in die boekwinkel langs, tot by die een op die regterpunt. Daar gaan sit hy, hande op die kierieknop. Hy hang eintlik ’n bietjie daaraan, soos wingerdstok. Die sitplekke raak vol. Sy wakker oë agter die blinkskoon brillense sien egter elke aankomeling. Ek stel die vrae, dat Daniel Hugo kan gesels. Dit gaan oor 50 van die kwatryne van die 12de-eeuse Persiese digter Omar Khajjam wat hy vertaal het. Glo al die sewende poging in Afrikaans. Eintlik het die Khajjamkwatryne beroemd geword deur die Engelse omsettings van Edward FitzGerald uit die middel-1800’s. Die wyn-, vroue- en liedgenietery wat daaruit spreek, het FitzGerald se samestelling meer as ’n eeu lank die gewildste digbundel, en Khajjam een van die bekendste digters ter wêreld, gemaak. Miskien júís omdat dit so heerlik wars was van die Victoriaanse sedigheid van FitzGerald se tyd. Besprekingstyd is die kierieman een van die eerstes wat hand opsteek. Hy sê sover hy weet, is “Persies” eintlik ’n Wester-
Prof. Bernard Odendaal
se sambreelterm vir ’n paar dialekte in en om wat ons vandag as Iran ken. Hy wonder sommer in watter van daardie tongvalle, byvoorbeeld Farsi of Tajiki, Khajjam geskryf het. En hoe dit gekom het dat FitzGerald dit geken het. Daniel sê hy weet FitzGerald het “Persiese Studies” aan Oxford onderneem; sy hoogleraar daar het hom op die spoor van Khajjam se gedigte gebring. FitzGerald was ook gay, en ’n gerug wil hê een
van sy intieme vriende was van “Persiese” herkoms. Dalk het hy op sy vriend se uitlegte af vertaal? In elk geval is daar maar vry met die oorspronklike omgegaan. Dis dus nie Khajjam se poësie wat hy ons bring nie, beklemtoon Daniel. Dis sý weergawe van FitzGerald se weergawe van wat laasgenoemde dalk net hoor sê word Khajjam op rym geplaas het. “Hoe ook al,” reageer die kierieman met die skoon brillense, “Khajjam leef deur jou en FitzGerald se woorde.” Ná die tyd vertel die boekwinkelbestuurder dat die kierieman ’n afgetrede volkekunde-professor is. Sy vrou was voorheen die stiptelike bywoner van boekbekendstellings, nie hý nie. Toe sy twee jaar gelede skielik oorlede is, het die oudprofessor begin opdaag. En gaan sit waar sy altyd gesit het. Toe Louis hom ’n keer daarna vra, was sy antwoord dat hy eintlik kom om ’n bietjie by sy vrou te wees. Haar agterna-vertellery oor die boekpraatjies was altyd so . . . léwendig. In sy genoeë aan die woordkuns voel hy haar dan aan. S Bernard Odendaal (ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit)
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014
Johann Nell praat op Vryfees DIE Bloemfonteiner Johann Nell se blitsverkoper Sondag op ’n Voëlplaas is deel van die Boekefees (geborg deur Van Rensburgpatoloë) op die Vryfees. Sy praatjie op 15 Julie om 10:30 in die Diakonale Lokaal van die Van der Merwe Scholtz-saal is gratis. Dit word in samewerking met NB-uitgewers aangebied. Bloemnuus is die mediaborg. Hier vertel Johann meer oor dié boek.
ONTHOU JY NOG? Bloemnuuslesers het lekker aan ’t gesels geraak op Bloemnuus se Facebookblad oor die stad se eertydse inryteaters. Chris Kruger snr. het onder meer opgemerk: “Ja, daar was die Panoramainry waar die Panoramameenthuise in Tielman Roos/Ou Brandfortpad gebou is, daar was die Limousineinry waar Limousineafslaers in Bainsvlei was en die Veldinry waar NorthRidge Mall vandag staan. Dit was die drie veldinrye in Bloemfontein gewees.”
Dagboek Wat gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00.
VRYDAG 6 JUNIE S Maria’s Story: Multimedia-uitstalling deur Maureen de Jager by Oliewenhuis tot 22 Junie. S Tribute to Sting, Crowded House and The Police deur Dries Hyman en band, insluitend Dapper Jannie. Aasvoëlklub, 20:00. S Oolong se maandelikse Rooftop Jol met verskeie DJ’s. Bel 051-448-7244. S Biltong-en-wynfees-kuieraand om 19:00 in die Sentrum van die Klipkerk. Kaartjies teen R100 is te kry by JB (051-522-1707) of Izak (083-262-1442). S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Daleen deel haar vermoedens oor Margot met Tertius, terwyl ’n bekommerde Zadie vir Sonja vir huweliksraad vra. Quinton konfronteer Margot oor ’n gerug. ’n Derde wiel aan die wa vertroebel ’n verhouding en die spanning bou op voor die Dokter-Dokter-première. S NG kerk Langenhovenpark hou om 17:00 ’n Wildsfees. Inskrywings vir die potjiekoskompetisie kan by die kerkkantoor gedoen word. Bel ds. Hennie Pistorius, 076176-4530. S Kinderbeskermingsweek vind tot Sondag plaas. Die tema hierdie jaar is Caring communities protect children. ’n Groen strikkie word as simbool vir Kinderbeskermingsweek gebruik en dit simboliseer lewe en groei. Deur die strikkie te dra wys die gemeenskap dat hulle vir kinders omgee. Indien u bekommerd is oor enige kind se welstand, is u welkom om Childline by 0800055555 te kontak. SATERDAG 7 JUNIE S Grey-kollege se koshuis-opedag. Registreer deur ’n e-pos na mjooste@gc.co.za te stuur. Bel 051-444-1513 (Mareth).
S De Oude Kraal hou van 11:00 tot laataand sy jaarlikse WildsKOSfees. Louwrens Conradie en Mario Lategan sal onder meer optree. Toegang: R250 en R50 (kinders 6 tot 14 jaar). Besprekings is noodsaaklik. Bel Gerhard en Marie Lombard of Melanie Moolman by 051-564-0636. Jy kan ook skryf aan info@deoudekraal.com. S Die Laerskool Dr. CF Visser hou van 09:00 tot 14:00 sy jaarlikse Beesdrop. Linda Zeelie, 051-433-1213. S Kermis van NG gemeente Hugenoot om 09:00 tot 13:00. Elna Venter, 051-436-2659. S Die Vriende van Boyden nooi die publiek uit na sy ope aand om 19:00 by die Boyden-sterrewag op die Maselspoort-pad. Teleskope sal vir waarnemings beman word en lede van die publiek sal ’n kans kry om daardeur na verskillende verskynsels soos planete, sterswerms en dubbelsterre te kyk. Sterrebeelde en sterre sal ook uitgewys word. Bring gerus u verkyker saam om meer te kan sien as wat met die blote oog sigbaar is. Toegang: R50 per motor. Kontak prof. Matie Hoffman (083-6257154). SONDAG 8 JUNIE S World Oceans Day. S Pentecost. Christian Holy Day.
MAANDAG 9 JUNIE S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Wimpie dink hy het ’n antwoord vir Okkie se probleme en Wimpie raak ontsteld oor goed wat by Eikehof wegraak. Margot hoor presies waarom Daleen nie van haar hou nie en At het eindelik ’n kompliment vir iemand. Quinton is bekommerd oor ’n nuwe vriendskap wat vorm. S VGGSA-maandbyeenkoms om 18:30 by die Ouditorium van die Anglo-Boereoorlog-museum. Dries Ferreira sal praat oor immigrante uit Engelssprekende lande. Hy gesels oor die Hayword- en Renison-families wat hulle in die 1860’s in die distrik Steytlerville gevestig het en die huwelike wat hulle met Dorfling, Kleinhans, Ferreira, Marx en Joubert gesluit het. Toegang vir
besoekers is R20. Kontak Marietjie van Zyl, 082-406-5975.
DINSDAG 10 JUNIE S Pensioners’ days every Tuesday at Makro. Eileen Ndewere, 051-101-1000. S SAPS Park Road sector 4 (residents of Gen De Wet, Uitsig, Fleurdal, Fauna) Community Police Sub Forum meeting, 18:00, Dutch Reformed Church Fauna. Phone 079-884-7616. WOENSDAG 11 JUNIE S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Margot moet dalk ander huisvesting soek en ’n video maak At bekommerd oor Nina. Die meisies verdink mekaar van diefstal en Jana se antwoorde stel nie vir Karli gerus nie. Sonja se ete-uitnodiging stuur op ’n ramp af, veral wanneer dit duidelik raak dat At en Daleen nie om dieselfde tafel kan sit nie. VRYDAG 13 JUNIE S The Naval Hill Planetarium now offers regular public shows. The first digital planetarium in sub-Saharan Africa was inaugurated on 1 November 2013 and is already operational. In addition to a “fly through the universe” experience, planetarium events – lasting approximately 60 minutes – include the screening of one of several pre-recorded shows. Yolandie Loots, 051-401-9751. S Bloemfonteinse Kouvoëlvereniging hou ’n voëlskou in die Violet-saal van die skouterrein. Oop vir die publiek van 16:00 tot 21:00 en Saterdag van 08:30 tot 10:30. Johan Venter, 082-899-3681, of Lukie Serfontein, 082-565-1333. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Die dief steel Okkie se gemoedsrus en At beraam ’n plan om Daleen te kan help. Leenta word ’n nuwe pos aangebied, en Karli se begroting kort ’n inspuiting. Gustav word ’n mini-glanspersoonlikheid. S Die Laerskool President Brand hou ’n skaapkop-manneaand. Rudie Herbst, 082-815-1727. SATERDAG 14 JUNIE S Maria’s Story: Multimedia-uitstalling deur Maureen de Jager by Oliewenhuis tot 22 Junie. S Die Vrystaatse Orgideë-vereniging se maandvergadering word om 11:00 by De Bruynstraat 9A, Universitas, gehou. Fred Wilkinson, 084-200-9416.
“EK kan nie verstaan hoekom die polisie jou nooit in hegtenis geneem het nie.” Dít is ’n vraag van ’n leser in Nelspruit nadat sy my boek gelees het. Toe ek haar pols oor die rede vir haar aanmerking, verwys sy ontsteld na ’n spesifieke voorval in die verhaal waarby die hoofkarakter en twee skoolseuns betrokke is. Eers toe snap ek dat sy dink my verhaal is outobiografies en dat ék die onderwyser in hierdie verhaal is. Ek het aan die leser probeer verduidelik dat fiksie en werklikheid los van mekaar staan, en hoewel die intrige in ’n boek baie werklik blyk te wees dit nie noodwendig die waarheid is nie. Maar ek het moed opgegee toe sy my met ’n vraag peper waarin sy meld dat sy al die volstruisplase om Oudtshoorn baie goed ken, maar sy kan nie die plase eien waarop die verhaal afspeel nie. Sal ek haar net kan sê van watter spesifieke plase ek praat? Slaag ’n roman dan nie juis daarin nie wanneer hy die leser aan die neus rondlei op so ’n manier dat ’n mens gedurig wonder of die werklikheid in der waarheid gelieg word? Sondag op ’n Voëlplaas is einde September 2013 deur Tafelberg-uitgewers bekend gestel en het van die begin af uitstekende reaksie ontvang. Die boek is dadelik as ’n “waardevolle genre-bydrae” – veral oor die kwessie van manlike identiteit (Dewald Koen in sy resensie in Volksblad) – bestempel. Koen gee ’n groot kompliment as hy meen dat Sondag op ’n Voëlplaas dieselfde soort narratief skep as Etienne van Heerden se Toorberg en Annelie Botes se Klawervier. Iets van die magiese realisme is dus hier ter sprake. Anél Victor skryf in Rapport dat ek die clichés rondom manlikheid en manwees sekuur raakvat in onder meer die uitbeelding van Dominee Raymond en die Afrikaans-onderwyser, Tertius. Die enigmatiese boeremeisie met die seunsnaam, Andri, is menige leser se gunsteling. Die raaisels rondom haar bly verdiep, tot so ’n mate dat lesers voel daar behoort ’n opvolgboek oor Andri te verskyn. Een baie algemene opmerking
Johann Nell
wat lesers en resensente maak, is dat Sondag op ’n Voëlplaas uiters boeiende leesstof is. Dit is ’n boek wat ’n mens nie kan neersit nie, aangesien daar gedurig ’n onderliggende raaisel en onheil aan die broei is (Louise Mann, bemarkingsbestuurder van Oxford University Press, Suid-Afrika). Dit veroorsaak dat die leser die hele tyd wil omblaai om te sien wat volgende gaan gebeur. Francois Bloemhof (bekroonde skrywer) beskou die boek, en veral die taalgebruik, as liries en hoogs onderhoudend. Dit lees lekker, maklik en getuig van goeie vakmanskap, met ’n uitstekende humorsin. Bloemhof het in Maart op die US-woordfees ’n gesprek met my gehad voor ’n lekker vol saal lesers. Wat ’n ongelooflike voorreg. ’n Egpaar uit Holland, ’n ene Jaap en Anke, het agterna vir my kom sê dat hulle versot op SuidAfrikaanse plaasstories is. Skepties Ek was aanvanklik baie skepties oor die bekendstelling van my boek aangesien ek in ’n stadium saam met gevestigde skrywers gepubliseer het. Dit was ’n groot jaar: byvoorbeeld Eben Venter se Wolf Wolf, Marita van der Vyver se Die blou van onthou en ’n Fontein voor ons huis het saam met my boek verskyn; asook Tolbos van Irma Joubert, Deon Meyer se Kobra en Dana Snyman se Onder die Radar. My uitgewer, Riana Barnard, was egter baie optimisties en meen dat ’n nuwe (debuut-) skrywer tussen bekendes altyd ’n welkome verrassing is. ’n Tweede boek is geen grap om te volg op ’n suksesverhaal nie. Ek doen ernstig navorsing oor appelboerdery in die Langkloof waar my volgende boek afspeel. Dit vertel die verhaal van ’n appelboer, op die plaas Fraaie Vertes, wie se dogter se lewe ’n onverwagse wending neem wanneer daar ’n drogagtige baba in die huis gebore word wat slegs ’n paar uur leef. Dan begin allerhande eienaardige dinge in die Kougaberg en tussen die rye appelbome gebeur. Die hulp van ’n eksentrieke Russiese blommeboer word ingeroep, maar dinge loop vreemde draaie wanneer al meer raaisels ontrafel word.
Tien wenke vir ’n beter lewe S TUINE: Baie mense gee die plante in hul tuin te veel water. Buiten dat dit skaars vars water mors, kan dit vlak wortelstelsels en swamgroei veroorsaak. Gee jou plante eerder minder gereeld meer water. Dit moedig wortels aan om dieper te groei en sodoende vogtigheid in die grond op te neem en droogtetye te oorleef. Gee plante in die somer soggens vroeg of saans water. Verdamping vind veral plaas gedurende die warmste tyd van die dag of wanneer die wind waai.
S WIEROOK: Dit ruik dalk lekker en is op die oog af skadeloos, maar die rook van brandende wierook is ongesond om in te asem en dra tot binnenshuise besoedeling by. Navorsing toon dat net soos met sigaretrook, die rook van wierook ontsteking in longselle kan veroorsaak wanneer dit ingeasem word. Dit hou ook verband met oog-, neus-, keel- en vel-irritasie; asemhalingsprobleme, waaronder asma; hoofpyn; hartbloedvatsiekte en verandering van longselle se struktuur.
S WATER: Geil, groen grasperke vereis baie water. Omdat grasperke ’n enkele plantspesie benodig, bevorder dit nie ’n ryk biodiversiteit nie. Jy kan die grootte van jou grasperk verminder deur paadjies te plavei, blombeddings te plant of rotstuine te skep. Maak ’n draai by jou plaaslike kwekery vir raad oor waterslim-grondbedekkings. (Sien die advertensie van die Pretty Gardens-kwekery elders op dié bladsy.)
S MEAT-LIGHT DIET: The world’s growing population needs ever-greater amounts of water for drinking and food production. People are also eating less starch and more meat and dairy products, which require more water to produce. For example, it takes 3 500 litres of water to produce 1 kg of rice, compared with 15 000 litres of water to produce 1 kg of beef. Aim to change to a meat-light diet.
S WILD BIRDS: Feeding wild birds can contribute to their welfare and conservation in urban areas. Foods commonly offered include seeds, nuts, fruit and mealworms. The aim is to supplement the birds’ natural diet. Do not offer too much at once. There should rather be a rapid turnover so food stays fresh. Place feeders where they are unlikely to be contaminated by droppings, and out of cats’ reach. Have several feeding sites and rotate them. Clean sites and bird feeders regularly.
S WALKING SCHOOL BUS: If you live within walking distance of your children’s school, but you are anxious about letting them walk on their own, why not organise a “walking school bus” where a group of kids accompanied by one or two adults walk to school, picking up “passengers” on the way. Besides saving on fuel, walking reduces childhood obesity – and it is fun. An alternative to the “walking school bus” is the “bicycle train”.
S DRUK SÓ: Talle werkplekke is nou deels papierloos en gebruik elektroniese dokumente waar moontlik. As jy ’n dokument móét uitdruk, druk op albei kante van die bladsy (dupleksdruk). Dit verminder vermorsing en red bome. Die meeste drukkers het ’n outomatiese of verstelbare dupleksdrukfunksie – gaan na jou rekenaar se drukkerverstellings om dit vinnig en maklik te aktiveer.
S AIRCON: Car aircon reduces fuel efficiency by about 10%, so try to use it sparingly and only for short bursts at a time. When you are driving in town at slower speeds, open the windows to cool down. However, when driving at 70 km/h or faster, close the windows and switch on the aircon, as driving with open windows significantly increases wind resistance, lowering fuel efficiency. S YSKAS: Verseker dat jou yskas meer doeltreffend werk deur dit op ’n koel plek te hou en nie langs die stoof of in die son nie. Laat warm kos afkoel voordat jy dit in die yskas plaas, maar moenie dit langer as 90 minute buite die yskas hou nie om die groei van bakterieë te voorkom. Sorg dat die yskas nie onnodig koud gestel is nie. Dit moet minder as 5 °C wees, maar 4 °C is laag genoeg. Die vrieskastemperatuur moet -18 °C wees. S Vir meer wenke gaan na Health24.
Warm aartappelslaai.
Gesondheid uit die grond uit
DIT is nederige groente, maar aartappels is spoggerig as bykos vir alles van ’n braai en ’n Sondag-middagete tot ’n laataandpeuselhappie en uithalervoorgeregte. Skaf die Junie-uitgawe van die tydskrif Sarie aan vir die resepte van tien aartappelgeregte. Herman Lensing is die kosredakteur. Warm aartappelslaai Perfek as ’n winter-bykos saam met braaivleis.
Genoeg vir ses tot agt mense. S 1 x 500 g-sakkie baba-aartappels S 125 ml goeie olyfolie S sap en skil van drie suurlemoene S 60 ml heuning S 60 ml korrelmosterd S 1 hand Italiaanse pietersielie, fyngekap S 250 g spek, fyngesny S sout en varsgemaalde swartpeper Plaas aartappels ongeskil in ’n pot en bedek met koue water. Bring tot kookpunt en kook vir 15 tot 20 minute
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014 5
of tot aartappels sag is, maar nie pap nie. Maak intussen jou slaaisous: Meng olyfolie, sap en skil van suurlemoen, heuning, mosterd en pietersielie. Verhit braaipan tot warm en droogbraai spek tot goudbruin en bros. Gooi warm spek by olyfoliemengsel en meng deur. Geur met sout en peper. Dreineer die gaar aartappels en halveer terwyl warm. Gooi sous oor warm aartappels en geur weer goed. Sit louwarm voor.
Navorsing dui nou op ’n nog sterker verband tussen velkanker en bloot stelling aan UVAstrale in sonlig en dit het gelei tot bygewerkte interna sionale standaarde vir sonskermrome. Alle sonskermroom wat in Suid Afrika verkoop word en aan die nuwe standaarde voldoen, dra ’n Cansa SunSmart Choiceseël. Wees op die uitkyk hiervoor – des te meer as jy gereeld aan son blootgestel word. Op die meegaande foto is die swemmer Ryk Neethling, een van Bloemfontein se bekendste uitvoer produkte.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014
Die Versekeringsinstituut van die Vrystaat se nuwe raadslede is van links, voor: Chantell Dippenaar, Gerhard van Staden (president) en Liezl Fourie; agter: Shaaid Seedat, Conna Lups, Chene Staats, Karin Louw, Liesl Ebersohn (oudpresident) en Jehan Heckroodt. Afwe sig: Frans Henning (visepresident), Louw Buys en Rudi Besselaar.
Leerlinge se algemene kennis is onlangs in die jaarlikse Wêreldkennisolimpiade getoets. Van links is Khetiwe Ndhlaze, Gerhardus Bosch (skakelonderwyser), Chané Stander, prof. Nico du Plessis (organiseerder) en Teneal van Deventer. Die foto is by Oranje geneem.
Wel en wee
S Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, het gisteraand na Nederland vertrek. Hy sal ook Spanje en Frankryk aandoen. Terwyl hy met verlof is, sal Inge Strydom vir hom instaan met die Bloemnuus-uitgawes van 13 en 20 Junie.
Rickus Prinsloo. ’n gr. 4leerling van Willem Postma, is as die Vry staatwenner vir gr. 4 en gr. 5 op die ATKVredenaarskompetisie aangewys. Daar was 20 deelne mers en slegs twee redenaars gaan die Vrystaat op nasionale vlak op 14 Augustus in Rustenburg verteenwoordig. Verlede jaar was hy een van die nasionale wenners.
S Amanda Burger is die wenner van Wynand en Chereé se CD, So onthou ons . . . The Highway Men. Dié CD was te wen op Bloemnuus se Facebook-blad. S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Alf Abraham (1913) * Hendrina Catharina Saayman (1917) * Fossie Foster (1928) * Dirk Louw (1930) * Frans Johannes Human (1937) * Johann Spicker (1939) * Patricia Willemse (1942) * Maria Elizabeth Nienaber (1947) * Ernest Frederick Goetsch (1948) * Koos Welthagen (1950) * Bennet James Mc Harlies (1952) * Marietjie van Vuuren (1953) * Maria Adriana Parkin (1955) * Edith Agnes Jacobs (1956) * Annalize Malan (1968) S Agt lede van die uitvoerende raad van die Vrystaatse regering is deur premier Ace Magashule behou in die poste wat hulle beklee het. Hy het een LUR, Dan Kgothule (sport, kuns, kultuur en ontspanning) uitgeskop en twee nuwes, Sam Mashinini en Mathabo Leeto, aangestel. Mashinini, algemene sekretaris van Cosatu in die Vrystaat, is aangestel as LUR vir openbare werke en landelike ontwikkeling in die plek van Sisi Mabe, nuwe speaker. Leeto, uitvoerende burgemeester
’n Kosdemonstrasie is aangebied deur die Food and Beverage Institute (FBI) en die Alliance Française (AF). Van links is Lesley Jacobs (FBI), Da leen Krige (AF) en die Franse sjef Emeric le Puil.
Verloof: Jaco de Klerk en Izette Botha.
van die Lejweleputswa-distrikmunisipaliteit, is in die plek van Kgothule aangestel. Die LUR’e wat in hul portefeuljes behou is, is Olly Mlamleli (samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings), Tate Makgoe (onderwys), dr. Benny Malakoane (gesondheid), Butana Komphela (polisie, paaie en vervoer), Elzabe Rockman (finansies), Sisi Ntombela (maatskaplike ontwikkeling), Mamiki Qabathe (landbou) en Mosebenzi Zwane (ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake). Zwane het ’n bykomende portefeulje van kleinsake-ontwikkeling bygekry. S Brenda Malan is die wenner van Hennie Jacobs se splinternuwe CD, Dit is die land. Dié CD was te wen op www.bloemnuus.co.za. S David Fourie en Izak Davel bring Classics on the Rocks op 21 Junie na Burgersdorp waar Irma Davel en Elise Fourie, Izak en David se ma’s, musiekonderwysers aan die Hoërskool Burgersdorp is. S Gys die Slagter, bekende Bloemfonteinse slagter, het Saterdag sy 35 jaar in die vleisbedryf met ’n karnaval gevier. Gys van Rooyen (71) sê sy familie het veel meer om te vier. Sy kleindogter, Alana Victor, verwag op 13 Junie ’n tweeling. Van Rooyen sê hy en sy oorlede vrou, Alet, het 35 jaar gelede saam die suksesvolle slaghuise begin en sy was ’n groot inspirasie vir hom in die vleisbedryf. Oor die jare het die twee slaghuise tot ’n familie-onderneming van formaat gegroei. Sy kinders, Elize-Maré Cilliers, Sonja en Brett Beeston, en een kleinkind, Altus Beeston, is al jare lank sy steunpilare in die ondernemings. S Prof. Jonathan Jansen, vice-chancellor and rector of the University of the Free State (UFS), was presented with an honorary doctor of letters degree from the University of Vermont at a graduation ceremony in the USA. Jansen was honoured for the outstanding work he has done through various initiatives in South Africa and abroad. The University of Vermont especially highlighted the Leadership for Change programme, which sent two cohorts of first-year students from UFS to UVM, creating long-lasting ties between the students and staff of both institutions. “I am delighted and humbled by the international recognition of the work of the UFS and my small role in it,” he said.
Die Bloemfontein 4x4Ekoklub het ’n teeparty vir inwoners van die ”Blou Gang” in die Westerbloemsentrum vir bejaardes aangebied. Die gesel ligheid spruit uit ‘n behoefte by lede van die klub om erkenning te ver leen en dank te betuig vir die aandeel wat bejaardes in hul ekonomies aktiewe lewensfase aan die opbou van ons land gehad het. Agter Marie Venter (96), oudste inwoner teenwoordig, staan Heléne Bam, Wilna Bak ker en AnnaMarie Greeff (lede van die Ekoklub).
Hettie Naudé (gebore Hester Isabella Prinsloo) het op 8 Mei haar 100ste verjaardag gevier. Saam met haar om hierdie groot mylpaal te vier was haar twee kinders, Linet Janse van Rensburg en dr. Francois Naudé, vier kleinkinders, Eduan van Rensburg, Lucille van Jaarsveld, Jaco Janse van Rensburg en Mianda Janse van Rensburg, en nege agterkleinkinders, Jano van Rensburg, Botha van Rensburg, Wimpie van Jaarsveld, Conrad van Jaarsveld, Linette van Jaarsveld, NJ van Jaarsveld, Friedl Janse van Rensburg, Franco Janse van Rensburg en Naudé Janse van Rensburg. Van links is dr. Francois Naudé, Hettie Naudé en Linet Janse van Rens burg.
Fumigasiehuise moes pokke uitrook Hannes Haasbroek DIE winter is hier – en so ook griep. Maar so 130 jaar gelede was dit die minste waaroor Bloemfonteiners bekommerd was. Die republiek Oranje-Vrystaat was in 1883 en 1884 in die knelgreep van ’n ernstige pokkeepidemie. Pokke (smallpox) of variola is een van die gevaarlikste en besmetlikste virussiektes wat in die verlede wêreldwyd baie slagoffers geëis het. Vanweë inenting en ander doeltreffende maatreëls is dit vandag so te sê uitgeroei. In daardie jare was dit veral die Boshofdistrik wat daaronder gely het. Die nabyheid van die distrik aan die erg pokbesmette Kimberleyse diamantvelde, asook die agt openbare paaie wat daardeur gekruis het met die gepaardgaande stroom mense, het die verspreiding in die omgewing aangevuur. Aangesien pokke veral deur die klere en beddegoed van ’n besmette persoon versprei word, is geglo beroking met ’n ontsmettingsmiddel soos swaelsuur van ’n persoon en sy besittings ’n geskikte metode was om die siekte hok te slaan. In sy wysheid, gerugsteun deur mediese outoriteite, het die Vrystaatse owerheid dus besluit dat die oprigting van fumigasiehuise, oftewel berokingshuise, op die strategiese Boshofse grensplase Olifantsfontein, Rietpan en Loskop teenaan die diamantveld sou help om die siekte onder beheer te bring. Landdros Conrad Linder van Boshof het sy volle samewerking gegee. Die fumigasiestasies was bedrywig. In twee tot drie maande het statistieke getoon dat nagenoeg 10 000 mense by die Olifantfonteinstasie, 5 000 by die Loskopstasie en 6 000 by die Rietpanstasie berook is. Die fumigasieproses het soos volg verloop: As jy wit was, moes jy tot by jou onderbaadjie ontklee en as jy van ’n ander ras was, tot by jou hemp. Vroue moes waarskynlik nie ontklee nie, want daar is vertel dat hulle nie eens hul arm sou ontbloot sodat ’n entmerk waargeneem kon word nie. Beroking in die sogenaamde swaelhuis was so vier minute waartydens jy jou neus en mond deur ’n ventilasiegat vir vars lug geplaas het. Gewoonlik is besittings terselfdertyd berook of daarna as ruimte ’n probleem was. Diegene wat in hul beterweterigheid, indien nie stommiteit nie, geglo het dat ook die inaseming van die dampe tot hul heil is, het agterna gemurmureer dat hulle byna in die proses versmoor het. Amptenare by die stasies het later ’n “sieklike” geel velkleur weens die swaelsuurdampe ontwikkel. Die fumigasiestelsel was nie juis suksesvol nie en besware het van alle kante ingestroom – te min stasies, te ver uitmekaar en te min grenswagte om die grenslyn voortdurend te bewaak, en dan is hulle nog uiters ongedissiplineerd. Reisigers het dikwels nie hul weg oopgesien nie om met hul maer trekdiere ’n ompad te volg net om aan die bestaande proklamasies te voldoen en ’n onaangename
’n Spotprent van ‘n fumigasiehuis.
beroking te ondergaan. Die gebrek aan mediese toesig, die verkeerde hoeveelheid swaelsuur wat toegedien word, die deurlaat van besittings sonder beroking en die tydsbestek van beroking wat te kort was, het alles bygedra daartoe dat die pers die stasies as nutteloos, irriterend en ’n vermorsing van geld afgemaak het. Hierdie “terrors of fumigation” het menige mens afgeskrik om deel van die proses te wees. Teen Maart 1884 toe dit blyk die siekte iets van die verlede was, is die stasies om
finansiële redes gesluit. Middel 1884 was dit egter weer sulke tyd en pokgevalle het in felheid toegeneem. Hierdie keer is die fumigasiestelsel daar gelaat as van weinig waarde en nie koste-doeltreffend nie. Verskerpte inentingsveldtogte en doeltreffende gesondheidskomitees het toe meegebring dat pokke teen die einde van 1884 bekamp is.
Conrad Linder was ’n groot voorstander van fumigasiehuise. Foto: Nasionale Museum
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014 7
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014
Stap in fotograaf se spore DIT sal Bloemfonteiners loon om ’n daguitstappie te onderneem na die Duggan Croningalery in Kimberley, beloof JENS FRIIS. Cronin se bydrae tot ons kultuurerfenis word beskou as een van die wêreld se belangrikste volkekundige fotografiese optekeninge. TUSSEN die twee Wêreldoorloë het die Ier A.M. Duggan-Cronin 128 000 km afgelê om die mense van Suider-Afrika op film te verewig. Dit het hom van die Namib en die Indiese Oseaan tot die woude van Mosambiek en die Victoriawaterval geneem. Dit is hierop wat in die Kimberleyse DugganCronin-galery gefokus word.
A.M. DugganCronin
Dié uitstalling is egter letterlik net die punt van die figuurlike ysberg, want derduisende van Duggan-Cronin se foto’s is in die nabygeleë McGregor-museum – wagtend om ontsluit te word. Fortuinsoeker Alfred Martin Duggan-Cronin (ook Duggie genoem) se verbintenis met Suid-Afrika strek terug na 1897. Ná skool wou hy ’n priester word, maar diamantkoors het hoog geloop en soos ander fortuinsoekers het hy van Ierland na Suid-Afrika geëmigreer. Die 23-jarige Duggie was aanvanklik ’n kampongwag, maar later sou hy vorder tot hospitaal-apteker en werknemer in die fotografie-afdeling van De Beers. Twee jaar ná die Anglo-Boereoorlog het hy sy eerste kamera gekoop. Dit was ’n kiskamera wat hy vir tien sjielings op ’n Europese vakansie aangeskaf het. Later jare sou hy aan die Rhodesia Scientific Association sê dat hy in ’n kits dolverlief op fotografie geraak het, in so ’n mate dat hy nooit tot trou gekom het nie, “my work proving too great an attraction”. Met sy goedkoop kiskamera het hy gekiek net waar hy kom, van tennisspelers tot renperde, van landskappe tot kuikens. Sommige het hom selfs as ’n laspos beskou weens sy “origheid om foto’s te neem”, en “omdat hulle gereeld vir hom moes poseer”. Bepalend vir sy latere loopbaan was dat Duggan-Cronin foto’s van mynwerkers in die Kimberleyse kampongs geneem het. Dié werkers sou hy vakansies na hul
Die Duggan Croninversameling word in ’n huis langs die McGregormuseum in Kimberley gehuisves. Foto: Jens Friis
tuisomgewings volg vir foto’s. Volgens hom had hy ’n “sympathetic interest” in dié inboorlinge. Hy was beïndruk met die verskeidenheid kulture onder die rondtrekkende werkers, maar was eweneens bewus dat die Afrikakulture die gevaar loop om in die smeltkroes van die Westerse wêreld te verdwyn. Watter beter manier was daar om hul gebruike, kleredrag en gewoontes te boekstaaf as deur foto’s? In die Eerste Wêreldoorlog het hy die militêre veldtogte in Suid-, Wes- en Oos-Afrika gedokumenteer terwyl hy as ’n mediese ordonnans gewerk het. In 1919 is hy deur die destydse kurator van die McGregor-museum, dr. Maria Wilman, aangemoedig om die San in die Langberg van Griekwaland-Wes te fotografeer. Só suksesvol was dit dat hy ’n hulptoelae van die Unie-navorsingsraad en die Carnegie-trust bekom het om sy werk oor Suider-Afrika heen voort te sit. Duggan-Cronin het uitgebreide ekspedisies onderneem na veral gebiede waar die inheemse stamme se leefstyl nog nie werklik deur die Westerse beskawing beïnvloed is nie. Van 1919 tot 1939 het DugganCronin nagenoeg 128 000 km afgelê om sy opdrag uit te voer. Vir hierdie merkwaardige fotorekord het hy die ganse Suider-Afrika deurkruis tot so ver noord as Zambië. Dit blyk uit sy foto’s van Basoeto’s tot Betsjoeana-stamme en Tsjona-Shangaans tot Tswanas. Eerste uitstalling
Tussen die twee Wêreldoorloë het DugganCronin 128 000 km gereis om die mense van Suidelike Afrika te fotografeer. Dit het hom van die Victoriawaterval tot die Namib geneem.
Sy werk is die eerste keer in 1924 by die Wembley-tentoonstelling in Engeland uitgestal. Die volgende jaar het De Beers ’n huis in Kimberley beskikbaar gestel om sy foto’s uit te stal, asook die versameling Afrika-kuns en gebruiksvoorwerpe wat hy besig was om byeen te bring. Hieronder tel pottebakkers-, krale- en houtsneewerk. Die gebou, vroeër bekend as The Lodge, is in 1889 gebou. Die eerste eienaar was J.B. Currey, die direkteur van die London and South African Exploration Company. Mettertyd het dit aan De Beers Consolidated Mines Ltd behoort. De Beers het dit aan die Kimberleyse stadsraad geskenk op voorwaarde dat die Duggan-Cronin-versameling hier uitgestal word. Tot 1929 het Duggan-Cronin alleen gereis, maar hierna het Richard Madela as tolk en handlanger met hom saamgewerk. Dit het aansienlik gehelp, want van die inheemse inwoners was wantrouig oor die wit man met
Van die fotografiese toerusting wat deur DugganCronin gebruik is. private besit gekom. Hy het dit nooit verkoop nie en slegs enkeles aan vriende en kennisse geskenk. Boeke die swart kamera. “Hulle dog,” het Duggan-Cronin eens gesê, “sodra ek die swart doek oor my kop gooi, kan ek dwarsdeur hulle sien”. Duggan-Cronin het by die inheemse stamme tuisgegaan, sy foto’s in die veld ontwikkel en afdrukke daarvan aan die inheemse volkere gegee. Gewoonlik het hy eers die stamhoof afgeneem en die volgende dag met ’n afdruk van die kiekie teruggekeer. Daarna is hulle gewoonlik toegelaat om van die ander lede van die stam af te neem. Dié eertydse kampongwag het ’n vername Kimberliet geword wat graag sy fotoversameling aan besoekende bekendes gewys het. Hy het tennis gespeel, op sy motorfiets rondrinkink en vriende vir ritte geneem in sy motor wat met sy familiewapen geblasoeneer was. Bemaking In 1939 het hy sy ganse fotoversameling aan die inwoners van Kimberley bemaak. Hierdie reuse-geskenk is te sien in ’n galery wat sy naam dra en die bekende McGregor-museum tree as beskermheer van die versameling op. Die belangrikste deel van die versameling is die meer as 7 282 ou glas-fotonegatiewe, wat antikwaar Stephan Welz beskryf as, “een van ons belangrikste nasionale skatte”. Hoewel Duggan-Cronin duisende foto’s geneem het, het min in
Twee boeke wat grootliks op sy foto’s gegrond is, is gepubliseer. The Bantu Tribes of South Africa het tussen 1928 en 1941 verskyn en kan die versamelaar maklik meer as R10 000 uit die sak jaag. Dit is deur die McGregor-museum en die Cambridge-universiteit uitgegee. The Bushmen Tribes of Southern Africa, met teks deur D.F. Bleek, verkoop vir etlike duisende rande. Soms word Duggan-Cronin se werke deur kunshistorici afgekraak. Die toebehore waarmee hy sy modelle aangeklee het, was glo lukraak en “etnies nie korrek nie’’. Aanhangers wys egter daarop dat die artefakte in die algemeen eg was, sy bedoeling was om te dokumenteer en sy uitgangspunt was allermins afbrekend. Kort voor sy dood in die ouderdom van 80 jaar in 1954 het Duggan-Cronin gesê: “As my bydrae tot die kennis van inheemse stamme gewaardeer word, is my doel in die lewe vervul. Mag my foto’s meehelp tot ’n beter interpretasie en behandeling van plaaslike stamme.” Sy foto’s is in Londen, Parys en Johannesburg uitgestal en op ’n besoek aan sy galery in 1947 deur die Britse koninklikes geprys. Maar die grootste genoegdoening vir Duggan-Cronin is sekerlik dat ons danksy sy foto’s in ’n oogwink ’n eeu kan terugreis na ’n SuiderAfrika wat eens gans anders gelyk het. S Die Duggan Cronin-galery is op dieselfde werf as die bekende McGregor-museum.
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014 9
Getroud
STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog heelwat meer troufoto’s is te sien op www.bloemnuus.co.za.
Valerie Strachan en Jan Gabriel Vermeulen.
Lizèlle en Franco van der Merwe.
Christa en Corné van Deventer.
Lize en Etienne Jonker.
Foto: Stephen Williams
Foto: Piet van der Merwe
Foto: Silver Fotografie
Nandi Kinghorn en Marius Cilliers.
Yolande en Eswee van den Hever.
Foto: Christine Watson Photography
Foto: Eye Poetry Photography
Foto: Perfect Pear Photography & Film
Maryke Coetzee en Hanno Mol.
Foto: Forever Photos
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014
Bloemfontein van ouds VIR die rubriek Volksblad se Verlede wat op weeksdae op bl. 2 van Volksblad verskyn, roep JENS FRIIS talle interessante gebeure uit die verlede op – soos dié paar wat spesifiek op Bloemfontein betrekking het.
Dreineringskema van 6 000 pond by stadion 1958: ’n Nuwe dreineringskema wat ongeveer 6 000 pond sal kos, word tans by die Vrystaatse Stadion in Bloemfontein gebou, en sal na verwagting binne ses maande voltooi word. Werkers met swaar masjinerie is reeds besig om ’n dreineringstonnel agter die stadion te bou. Die tonnel begin agter die stadion waar dit vyf voet diep sal wees, en loop dan langs die draad af tot in die spruit, waar dit twaalf voet diep sal wees. Intussen sal die pad na die stadion van die stad se kant af
gesluit word en verkeer sal oor die ander pad moet gaan. Sodra die dreineringstonnel voltooi is, sal daar begin word met die bou van ’n teerpad ongeveer tien tree agter die stadion, tussen die twee strate langs die stadion verby. Dit word gebou met die oog op die nuwe Ramblersterrein wat daar opgerig gaan word. Na verneem word, sal die stuk grond op die hoek van Parkweg en Eerste Laan ook dan gereed gemaak word vir ’n parkeerterrein.
’n Vroeë foto van Greykollege se hoofgebou – waarskynlik omstreeks 1940 geneem.
Eleksie baie groot nuus
Dit vind dan daar plaas Het jy al ooit gewonder waar kry die Brillgebou, die ou biblioteek op die UVkampus, sy naam van daan? Dr. Johannes Brill was rek tor van die eertydse Greykollege (later Greyuniversiteitskollege), nou die Universiteit van die Vry staat. Dr. Brill is op 10 Desember 1924 oorlede. Dié foto is 18 jaar vroeër, in 1906, geneem.
DAGBOEKINSKRYWINGS is van die gewildste op Bloemnuus se Facebook-blad. ’n Mens wil immers weet wat wanneer gebeur. Vroeër jare was dit ook glad nie anders nie. Die volgende Dagboek-kalender het in ’n Volksblad van 1955 verskyn:
“BLOEMFONTEIN is so nasionaal soos nooit tevore” (1958):
VANAAND 8.00 nm.: Uitvoering deur die Israelse sangeres, Hanna Aharoni, in die Joodse Gemeenskapsaal. MAANDAG 5.00 nm.: Vergadering van Sakekamer in Sonop se restaurant. 8.00 nm.: Lesing deur prof. P.M. van Endt in die Rindlsaal, Universiteit. 8.00 nm.: Kankervereniging se jaarvergadering, Bloemfontein Hotel.
’n Konsul uit Nederland Dit klink haas onmoontlik, maar Bloemfontein had eens ’n Neder landse konsul. Hier is dié konsul, N.N. van Rooyes, in Desember 1938 met sy gesin in Voortrekkerdrag afgeneem.
Jong man skuldig bevind “TWINTIGJARIGE skuldig aan manslag” (1955):
’n Besoek aan die Nasionale Museum in Bloemfontein is ’n moet vir enigeen wat in geskiedenis belang stel.
Daniel Johannes Wepener (20) van Bloemfontein is in die streekhof deur landdros J.J. Snyman aan strafbare manslag skuldig bevind. Hy is tot ’n boete van 75 pond of drie maande gevangenisstraf met dwangarbeid gevonnis. Die saak spruit uit ’n motorbotsing op 14 Desember verlede jaar op die hoek van Lombarden Truterstraat toe besk. in sy motor gebots het teen mnr. Robert W. Raine (77) wat per fiets gery het en daarna die lewe gelaat het.
“Sê aan die eerste minister dat Bloemfontein so nasionaal is soos nooit tevore nie en dat Bloemfontein op verkiesingsdag met al die Wolfies, Jakkalse en Sappe gaan afreken,” het mnr. M.C. (Basie) van Rensburg gisteraand aan min. B.J. Schoeman in die Bloemfonteinse stadsaal gesê. Mnr. Van Rensburg het min. Schoeman by die groot saamtrek van Nasionaliste verwelkom. Mnr. J.W. (Sand) du Plessis, wat as voorsitter opgetree het, het gesê dat die VP in Bloemfontein baie skaars is om openbare vergaderings te hou. Hulle gaan egter glo een in die stadsaal hou, maar dit sal ’n geheime vergadering wees. Daarheen sal mense blykbaar alleen op uitnodiging kan gaan. Mnr. Du Plessis het gesê dat hy graag wil weet wat van sy teëstander in die kiesafdeling Bloemfontein-Wes, sen. Wolfie Swart, geword het. “Ons twee is opponente en moet mekaar tog immers sien om mekaar te beveg.” Mnr. Van Rensburg het gesê dat daar net een man in die opposisie is wat nie erkentlik wil wees vir die dienste van min. Schoeman nie. Dit is sir De Villiers Graaff. Die verskil tussen die twee is dat min. Schoeman as gewone spoorwegman begin het en minister geword het. Sir De Villiers het as ’n oorsese sir begin en die mislukte leier van ’n mislukte party geword. Spr. het gesê die een Bloemfonteinse VP-kandidaat hou oor die hele land vergaderings, behalwe in Bloemfontein, terwyl die ander een net huisbesoek doen. Hulle het egter een ding gemeen: dit is dat albei min vordering maak. Mnr. Van Rensburg het ’n boodskap aan min. Schoeman vir die eerste minister gegee. Dit is dat Bloemfontein so nasionaal is as nooit tevore nie en dat Bloemfontein op verkiesingsdag met al die Wolfies, Jakkalse en Sappe gaan afreken.
BLOEMNUUS, VRYDAG 6 JUNIE 2014 11
Dramagroep vier tien jaar
Die Purple Cat Drama Studio vier sy tienjaarbestaan met ’n dubbeldoorproduksie hierdie naweek. Al die kaartjies is egter reeds uitverkoop. Die twee toneelstukke Snow White en Die dag toe die Here icing sugar gemaak het, sal opgevoer word. Van links is oudlisensiaatstudente en huidige onderwysers Jeanette Harris, Talita Pretorius, Lizé Bosman, Anje Venter, Riëtte van der Watt en Juanné van Graan. Op die inlasfoto is Liena van der Merwe, die hoof van Purple Cat.
PERSOONLIKE DIENSTE
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
FINANSIEEL 1420
A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
LOODGIETERS 1855
Aandag! Alle loodgieterswerk. Nuwe installasies, verstopte riole asook onderhoud. 079 581 6654.
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE 2635
HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild, slaapplek vir 1 - 6. Beste tarief heeljaar. 044 695 0219/082 641 4092.
EIENDOMME TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265
UNIVERSITAS: Kothuis. 1 Jun. 2014. R3 500 p.m. W ingesl. Koopkrag. Martina 082 892 5611.
LENINGS 1445
Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
HERSTELWERK 1818
KLEREHERSTELWERK 072 222 1771 051 522 2600 Paul Krugerlaan 94 Universitas
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
BETREKKINGS 3600
POS VIR blokman met goeie ondervinding. Skakel Fauna Meat Market, Tina: 051 421 2870/ 051 421 2908 of 082 575 1355.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
BOEDELKENNISGEWINGS
122 RJ SELOKOMA BOEDELKENNISGEWING Rammorokhoane Jacob Selokoma, identiteitsnommer: 470228 5131 188 in lewe woonagtig te Shipmentstraat 9, Wepener 9944 boedelno. 4917/13. Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skuld te betaal by die kantoor van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 dae vanaf 6 Junie 2014. Adres: mnre. Carroll, Van de Wall & Joubert, Kerkstraat 1, Posbus 10, Dewetsdorp 9940. 21 Mei 2014.
122 HG BREDENKAMP In die boedel van wyle Helena Glaudina Bredenkamp, identiteitsnommer 220630 0013 084, boedelno. 21263/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein, geboortedatum 30 Junie 1922, laaste adres Aliquando 26, Heuwelsig, Bloemfontein, datum van dood 16 Mei 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 6 Junie 2014 datum van publikasie hiervan. EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHB0207).
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
SPROKIESMOOI: Die plaas Dwarsrivier van Willem Strauss, die Cheetah Adriaan Strauss se pa, tussen Philippolis en Trompsburg.
Foto: Jens Friis
Blits-koerant laat die oë rek DIE eerste keer in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse perswese is ’n rugbytoetswedstryd só blitsig in omvattende woord en beeld aan ’n koerant se lesers gebring deur Volksblad, susterskoerant van Bloemnuus, soos op 14 Junie 1971. Die volgende berig het vandeesmaand 43 jaar gelede verskyn. ONGELOOFLIK! Só iets is nie moontlik nie! Dit was voor die voet die reaksie van mense wat Saterdagaand hul oë nie kon glo toe Die Volksblad se spesiale toetsuitgawe in net meer as 20 minute ná die eindfluitjie op Bloemfontein se strate verskyn het nie – voordat duisende mense selfs nog hul voertuie bereik het. Baie mense was skepties. Is daar nie iewers ’n slenter nie? Daar was nie. Dit was die egte produk en ’n baie goeie daarby as ’n mens die tydsfaktor in ag neem. Soos dit met so ’n produk hoort,
het hy soos soetkoek gevlieg. Die koerantverkopertjies kon nie voorbly nie. Hoewel ’n groot oplaag gedruk is, kon duisende mense glad nie ’n eksemplaar bekom nie. Hoe dit alles moontlik was? Die antwoord is eenvoudig: Fyn beplanning tot op die minuut uitgewerk en daarby geesdriftige samewerking van personeel in alle afdelings. Metodes is gebruik, wat, om dit sag te stel, uniek was. Benewens berigte wat regstreeks oor die telefoon uit die persbank in die stadion gelees is, is kopie byvoorbeeld ook aan ’n tou agter die hoofpaviljoen laat sak van waar ’n verslaggewer dit per motor na die redaksiekantoor geneem het. Teëspoed het natuurlik nie uitgebly nie. Wie kon nou raai dat die motor (in daardie stadium met ’n kosbare besending spoele en kopie) by die stadion sou verseg om ’n voet te
versit? ’n Senior redaksielid wat by was, het uitgespring, die motor van agter gepak en hom aan die brand gehardloop. En is dit nodig om te vertel van die konsternasie toe ontdek is dat die afdrukke van foto’s wat so inderhaas in die donkerkamer deurgejaag word, van ’n totaal verkeerde film kom? Of van die fabrieksmanne se kommer oor ’n defek wat laat Vrydagmiddag in die groot rolpers ontstaan het? Maar die krisisse is oorwin. Net mooi 22 minute ná die einde van die wedstryd het die rolpers singend sy duisende eksemplare begin uitgooi en het die sirkulasieafdeling die produk na die malende menigtes in die strate geneem. Vir die personeel was dit ’n opwindende avontuur. Enige tyd net so spannend en vir hulle persoonlik meer bevredigend as wat enige toetswedstryd kan hoop om te wees.
www.bloemnuus.co.za
BLINK UIT: Dané Scholtz (links) en Elri Groenewald van die Laer skool President Brand het provinsiale kleure in netbal verwerf. Foto: Jasper Herbst