VRYDAG 13 JUNIE 2014
Vadersdag
Wel en wee
Lesers se spesiale boodskappe
Kyk waar kuier Jens Friis
Stuur troufoto
bl. 3
bl. 2
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS
Sport
Fietsryer hou SA se naam hoog bl. 12
Stuur ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf wie waar afgeneem het. Die foto sal ook op Bloemnuus se Facebookblad te sien wees. Onthou, hoe meer likes jou troufoto op Bloemnuus se Facebookblad kry, hoe beter is jou kans om groot pryse in Bloemnuus se Troufoto van die Jaarkompetisie later vanjaar te wen. Heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien. Hier is Jason en Jenny Badenhorst.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014
Wel en wee
DIE volgende lesers in Bloemnuus se verspreidingsgebied is onlangs oorlede:
* Julio Victor (1943) * Willie van der Merwe (1957) * Gert Oosthuizen (1925) * Rudolf (Oubaas) Bentley (1945) * Koba Diedericks (1927) * Freddie Theart (1930) * Beryl Etsebeth (1945) * André Schamrel (1948) * Freddy Dillon (1961) * Tineke de Beer (1939) * Henk Boting (1930)
S Die Vrystaat se Crinums het verlede naweek die GautengJaguars in die eindstryd van die Brutal Fruit-netballiga in Pretoria met 40-36 geklop.
S Rory Duncan is die nuwe hoofafrigter vir die Cheetahs in vanjaar se Curriebeker-reeks.
Die jaarlikse WildsKOSfees op De Oude Kraal het vanjaar 3 000 besoe kers gelok. Feesgangers kon van 21 wildsoorte proe wat in meer as 50 verskillende wildsresepte voorgesit is, verskeie wynsoorte proe en koop, asook die lekkerste bykosse soos patats, stampmielies en potjie kos eet. Krokodil was van die gewildste vleis en was teen middagete opgeëet. ’n Feesganger het die smaak daarvan as “hoender en vis ge meng” beskryf. Die jongspan is nie afgeskeep nie; daar was hope kinder vermaak. Feesgangers kon onder meer kleiduifskiet, helikopterritte ge niet en perdry. Hier is Marius Strydom wie se gunsteling die krokodilge regte was. Sien meer foto’s by www.bloemnuus.co.za. Foto: Inge Strydom S ’n jong getroude ma van Bloemfontein wat met een van haar beste vriendinne se 14-jarige seun seks gehad het, is in die Bloemfonteinse streekhof tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.
Annette van der Walt (22) het snikkend in die beskuldigdebank gestaan terwyl streeklanddros Jan Greyvenstein gesê het dat sy nou eenkant moet gaan sit en mooi dink hoe sy haar lewe vorentoe gaan aanpak. S Die Universiteit van die Vrystaat reik uit na sukkelende skole om so goed as moontlik te presteer. Sowat 70 plattelandse skole, versprei oor 40 van die 83 Vrystaatse dorpe, ontvang daagliks lesse via satelliet wat van die Suid-kampus uitgesaai word. Dié internet-uitsaaiprojek is in Mei in Madison, Wisconsin in Amerika, met ’n Enterprise-videoprys vir innovering in pedagogiek vereer. Lesse in wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, rekeningkunde, ekonomie, bedryfsekonomie, aardrykskunde, geskiedenis en wiskundige geletterdheid word daagliks van 09:00 tot 12:00 en weer van 14:30 tot 16:30 regstreeks uitgesaai.
Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, is met verlof in Europa. Inge Strydom neem in sy plek waar. Dié foto is Saterdag op sy ver jaardag in Amsterdam ge neem.
S Gerhard de Jager (62) en sy vrou, Nydia (64), van Trompsburg is in ’n stabiele toestand in ’n Bloemfonteinse hospitaal nadat hulle in hul huis oorval en beroof is. Amanda Appelgryn, woordvoerder van Mediclinic Bloemfontein, sê hulle is erg getraumatiseer. Hulle is Saterdagnag in hul huis op die dorp deur twee mans aangeval, het sers. Ikobeng Hlubi, polisie-
S Jockie, die hondekind van ’n bejaarde Bloemfonteinse egpaar, is ná ses weke en een dag met sy “ouers”, Louis (77) en Martie Klopper (74), verenig. ’n Beloning van R10 000 het die ding gedoen. Dié Staffordshire-terriër is in Katlehong opgespoor en aan sy eienaars terugbesorg. ’n Man het op 26 April gesien hoe Jockie uit die Kloppers se bakkie spring. Jockie en die egpaar se hoendertjie was agterin
Margaret Batties lees elke week die Bloemnuus. Sy woon in Coles berg, wat deel van Bloemnuus se verspreidingsgebied is. Foto: Inge Strydom
en hy het by die venster uitgespring. Toe die man sien die Kloppers ry weg, het hy Jockie opgelaai en na Katlehong gebring.
Die koue is hier DIE winter is hier. Bloemnuus se lesers het hul foto’s van verlede Vrydag se koue met die koerant gedeel. Die weer vir naweek is: Saterdag: -2/18 en Sondag -1/18.
ELMARIE SCHOLTZ skryf: “Dit is hoe ons waterspuit op ons hoewe in Roodewal lyk. Die koue is beslis hier.” Foto: Elmarie Scholtz
Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.
Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.
Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA 1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24 Media Corner 100114/A/R
S Barend van der Merwe, wat ’n ring buite die Meditas Spar opgetel het, het die ring se eienaar opgespoor. Van der Merwe het in ’n brief aan koerante geskryf as enigiemand ’n ring verloor het en die ring akkuraat kan beskryf of verkieslik ’n foto van die verlore ring kan toon, sal hy dit aan hulle terugbesorg. Hy het minstens tien oproepe gekry van mense wat ringe verloor het, maar daar was net een persoon wat die ring reg kon beskryf. Zelna Kleynhans (34), ’n mediese verteenwoordiger en eienaar van die ring, sê sy was histeries toe sy haar verloofring verlede Woensdag verloor het en is dankbaar dat iemand soveel moeite gedoen het om haar ring aan haar terug te besorg.
woordvoerder, gesê. ’n Selfoon en R2 000 is gebuit. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ’n klag van huisroof word ondersoek.
*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewig aan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014 3
Help ’n kind en bederf jou pa ENGO-KINDER-EN-JEUGSORG vier vanjaar Vadersdag in die hoofatrium in Mimosa Mall. Die viering het Dinsdag begin en duur tot Sondag. Engo wil hierdeur bewustheid skep en geld vir kinders insamel wat nie ’n pa in hul lewe het nie.
Hier is Donovan Burger by die Spark. Hy dra een van die hemde wat vir Vadersdag gekoop kan word. Foto: Inge Strydom
Spesiale Vadersdaghemde sal ook verkoop word. Vir elke hemp wat jy koop, sal jy ’n gratis inskrywing vir die kompetisie kry om dalk die Chevrolet Spark Campus van R112 400 te wen. Nie net koop jy ’n unieke Vadersdaggeskenk vir jou pa nie, maar ondersteun jy ook kinders in nood. Die Vir Ons Kinders-projek word deur Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante, Imperial GM Bloemfontein en Radio Rosestad geborg. Met ’n
Vadersdagwense VADERSDAG word Sondag gevier. Van Bloemnuus se lesers stuur hierdie boodskappe aan hul pa’s. S Gelukkige Vadersdag Pa Hennie de Beer, ons Superpappa en liefdevolle man. Liefde Ilka, Zea en Ilse de Beer. S Pa Dolf van Zyl, dankie vir alles. Ek is geseënd om ’n wonderlike pa te hê! Lovies, Yvonne. S Liewe Pappa Henry Moorcroft, dankie dat Pappa met ons speel. Ons is baie lief vir Pappa. Bolliekind en Pikkewyn. S Pa At Kruger, baie dankie vir die voorbeeld wat Pa vir ons is. Baie lief vir Pa. Van Helene in Christiana. S Dankie Pa, jy is ’n voorbeeld van ’n Godsman vir ons as kinders. Dankie vir alles, Gert Gertenbach. Van jou ou seun Mechiel Gertenbach. S Hendri du Plessis, Dadda, jy is ons superheld! Ons is baie lief vir jou. Jo-Anne en Jaden. S Neels Pruis, ek is so bly die Here het Pa gekies om MY pa te wees. Dankie vir alles. Gelukkige Vadersdag. Van Anne Hoffman. S Pappa Corné Neethling, jy is my super Daddy. Dankie dat jy so lekker
saam met my speel. Tonne liefde, Aliné. S Pa Alfie Vorster. Dankie vir dit wat Pa deur die jare vir my en Alfred beteken het. Vossie Vorster. S Colin Kettles, you are simply the best, happy Father’s Day! We love you. Kettles girls. S Dankie dat Pa Chappie so ’n wonderlike pa en oupa is. Liefde, Belinda, Robert, Michael, Robin, Zane, Nina en Arno. S Riaan Coetzee, gelukkige Vadersdag. Baie dankie vir alles wat Pappa vir my doen en beteken. Ek’t sowaar die beste pappa in die wêreld. Ek’s ongelooflik baie lief vir Pappa en dankie dat Pappa altyd daar is vir my en al my boeties en sussies. Marcelle S Jan Coetzee, gelukkige Vadersdag, Pappa. Ek is baie lief vir Pa en hoop Pa word gou gesond. Liefde, Tini. S Kobus Lombard, ons is so ongelooflik lief vir Pappa. Pappa is die coolste cool cat. Jana, Jaco, Rene en Mamma. S To my daddy Petrus Pule Mothibi. I’m still hurting about you Daddy, after you left me. I will always miss you Daddy, for all the things that I’ve
Liewe Pappa PJ Britz, baie dankie vir al jou liefde en aandag wat jy vir my en Mamma gee. Hoop Pappa het ’n lekker Pappadag. Liefde van Nieke en Mamma Nicola.
R20-skenking staan jy ’n kans om die eienaar van die Spark te word. Die sluitingsdatum van die kompetisie is 23 November. Engo-kinder-en-jeugsorg is ’n nie-winsgewende organisasie wat kinders heeltyds versorg wat deur die kinderhof van hul ouerhuise verwyder is omdat hulle ’n behoefte aan sorg en beskerming het. Dié diens is reeds meer as 100 jaar oud en het ’n holistiese uitgangspunt van versorging wat alle fasette dek.
Song vir my dad SONG VIR MY DAD – Snotkop Dis nooit maklik nie My woorde lê ver Maar ek wil dit sê So’k skryf dit in ’n song vir my Dad Soms is dit moeilik om die woorde te sê So ek skryf ’n song Wat sê hoe baie lief ek hom het En my ster . . . is nie ver Want my held . . . is my Dad Hou my sterk en so ek skryf dit in ’n song vir my Dad Koor: En al lê, al lê ’n donker wolk oor daai berg Weet ek, die son skyn altyd helder by Dad En al breek, al breek ’n storm los oor die see Weet ek, My Pa sal altyd daar vir my wees En my ster, is nie ver Want my held is my Dad
Hou my sterk, En so ek skryf dit in ’n song vir my Dad Dis nooit maklik nie, my pen los ’n merk Maar ek wil dit sê So’k skryf ’n song vir my Dad Daar’s soveel woorde en my woorde is min So ek skryf dit in ’n song wat sê hoe trots ek op my pa is En my ster, is nie ver Want my held is my Dad Hou my sterk, En so ek skryf dit in ’n song vir my Dad Koor * Sien die video by www.bloemnuus.co.za.
Vir Philip Theunissen: Vir ’n beter rolmodel kan ons nie vra nie. Lief vir jou, van Aiden en Joshua Theunissen. learned from you. Wherever you are, you are in my thoughts. RIP. From W.W. Majola. S Kobus Bekker, Pappa is die mees amazingste pa ooit. Al is ek ver en verlang baie, wens ek pa ’n gelukkige Vadersdag toe. Baie lief vir Pa. Van Anneliez. S Jannie van der Westhuizen: Dankie, Heer, vir my pa, hy is so spesiaal; ek is baie lief vir hom. Liefde, Celest. S Wayne Gottsch, op Vadersdag sê ons dankie aan Pappa vir die geloof, hoop, opvoeding, elke kosbare oomblik en ’n glimlag elke dag wat aan ons gegee word sonder dat ons daarvoor vra. Dankie dat Pappa ons PAPPA kan wees. Caitlin en Aidan. S Aan my pa, Jan Smit, gelukkige Vadersdag en dankie dat Pa so mooi na my kyk. Liefde, Carima Smit. S Gerrit Coetzee, dankie vir als wat Pa vir ons doen. Lief vir Pa. Corné en Lorien Henning. S Pikkie van Zyl, Pappa is die beste pappa en ek en Hanru is baie lief vir Pappa. Dankie vir
als wat Pappa vir ons doen. Liefde, Carla van Zyl. S ’n “Fighter” so sterk soos “Rocky”. ’n “Hero” soos “Spiderman” en “Batman”. ’n Man soos “Hulk”; dis presies soos my pa, Tokkie “Fantastic” Olivier. Liefde, Jnr. en René. S André van Wyk, al is ek ver, is Pa altyd in my hartjie. Geniet dié dag. Van jou oudste, Anzelle. S Pa Ben Sutherland, gelukkige Vadersdag. Ek wens so ek kon Pa Ben ontmoet. Ons sou elke dag lekker saam gekuier het! Hier op aarde word Pa baie gemis deur Pa se seun Bennie. Pa bly in ons harte. Tot ons eendag weer ontmoet. Geniet Vadersdag daar bo. Bennie en Marcelle Sutherland. S Pappa Chris, my pappa in die Hemel, jy is die beste pappa ooit. Mis jou elke dag meer en meer. Van Charlene. S Pappa Martiens Jacobs, baie dankie vir alles, al die bederfies, lewenslesse en liefde. Ons dank Liewe Jesus dat Hy ons aan jou toevertrou het. Liefde, Martyn en MC.
Rhodeslaan 21, Bloemfontein Tel. 051 448 7400 www.stoneyswheelandtyre.co.za
NUWE BANDE 155R13
vanaf
R399
175/70R13
vanaf
R439
175/65R14
vanaf
R459
185/60R14
vanaf
R509
195/50R15
vanaf
R529
195/60R15
vanaf
R669
195/65R15
vanaf
R639
205/55R16
vanaf
R679
195R14C
vanaf
R799
215R15C
vanaf
R1129
245/75R15
vanaf
R1419
245/70R16
vanaf
R1399
PRYSE SLUIT WIELBALANSERING EN KLEPPE IN!
GRATIS STIKSTOF MET ELKE BANDAANKOOP.
3D
WIELSPORING VANAF R149
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014
Dagboek WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboekblad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 13 JUNIE S Volmaan. S The Naval Hill Planetarium now offers regular public shows. The first digital planetarium in sub-Saharan Africa was inaugurated on 1 November 2013 and is operational. In addition to a “fly through the universe” experience, planetarium events – lasting approximately 60 minutes – include the screening of one of several pre-recorded shows. Yolandie Loots, 051-401-9751. S Die Bloemfontein-kouvoëlvereniging hou ’n voëlskou in die Violet-saal van die skouterrein. Oop vir die publiek van 16:00 tot 21:00 en Saterdag van 08:30 tot 10:30. Johan Venter (082-899-3681) of Lukie Serfontein (082-565-1333). S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Die dief steel Okkie se gemoedsrus, en At beraam ’n plan om Daleen te kan help. Leenta word ’n nuwe pos aangebied, en Karli se begroting kort ’n inspuiting. Margot probeer Karli moed inpraat, en Gustav word ’n mini-glanspersoonlikheid. At vra Eileen se hulp met die Jonkers. S Die President Brand-skool hou ’n skaapkop-manneaand. Rudie Herbst, 082-815-1727. S Aguirre, The Wrath of God (1972), regie deur Werner Herzog, vanaand om 18:30 (versameling kortfilms) en 19:00 (hoofvertoning). Lokaal: CR Swart-ouditorium, UV-hoofkampus. Toegang: Gratis. Duits met Engelse onderskrifte.
SATERDAG 14 JUNIE S Maria’s Story: Multimedia-uitstalling deur Maureen de Jager by Oliewenhuis tot 22 Junie. S Die Vrystaatse Orgideë-vereniging se maandvergadering word om 11:00 by De Bruynstraat 9A, Universitas, gehou. Fred Wilkinson (084-200-9416). S World Blood Donor Day (WBDD), which raises awareness of the need for safe blood and honours the voluntary unpaid blood donors for their gifts of blood. Visit your nearest blood bank and save a life.
SONDAG 15 JUNIE S Vadersdag. S Die Nasionale Museum, Aliwalstraat 36, is Sondae van 12:00 tot 17:00 oop. Toegang is R5 (volwassenes), R3 (leerlinge) en voorskoolse kinders gaan gratis in. Skakel 051-447-9609 vir inligting. S Vadersdagete by Truksvy in Soutpan. Wildspastei, beesstert en plaasbrood met biltong. R150 per persoon. Etes om 12:30 en 18:00. Besprekings by Liza (076-768-8726). MAANDAG 16 JUNIE S Jeugdag. Openbare vakansiedag. S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Die opwinding oor die Dokter-Dokter-première versprei soos ’n veldbrand, en At se slinkse planne word in werking gestel. Quinton besef dis harde werk om ’n ster te wees, terwyl Karli desperaat is om haar ma te beïndruk. ’n Media-krisis dreig om die partytjiegees te blus. S Koekela is oop vandag en bedien etes, sjerrie en sop by Reidstraat 17, Westdene. Skakel 051-430-1949. DINSDAG 17 JUNIE S World Desertification Day. S Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00
by The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-992-3199. S Oproep tot gebed van 10:00 tot 11:00 in kamer 21 van die Klipkerk se sentrum. Vanessa (072-375-3652). S Pensioners’ days every Tuesday at Makro. Eileen Ndewere (051-1011000). WOENSDAG 18 JUNIE S Karaoke by Oolong Lounge, 2de Laan, Westdene, om 20:00. Skakel 051-448-7244. S Vessel, ’n keramiekuitstalling deur Dina Grobler, Helena de Waal, Clive Sithole en ander in die Johannes Stegmann-galery tot 20 Junie. S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Binneland se reputasie is op die spel weens die “Rooikop”-debakel. Naomi hoor per ongeluk ’n gesprek wat haar erg bekommerd maak, en Karli se onverantwoordelikheid jaag haar ma die harnas in. DONDERDAG 19 JUNIE S Mense word benodig om Donderdae ’n halfuur lank by die Klipkerk se sopkombuis te kom help. Mense is ook nodig om sop te kook en brood te skenk. As jy bereid is om te help, bel Elize by 051-436-7322. S Die gospelsanger Jan de Wet tree om 18:30 by die Bloemvallei-kerk op (Dreyerlaan,draai regs uit Maselspoortpad, 2,4 km anderkant die Bloemspruit-lugmagbasis). Toegang is gratis. ’n Sagte kollekte sal opgeneem word ten bate van Jan de Wet se sangbediening. Navrae: ds. Henk Taute (083-338-2118). S Die BAK en die Voortrekkers, Rapportryers, volkspele, Dameskring en die Vryburgers bied vanaand in die saal van die NG kerk Universitas die Jeug-Erkennings-eerbewysaand aan. Dr. Danie Langner is die gasspreker. Koste is R40 en sluit ’n ete in. Meer inligting en kaartjies by Barry
Kuier en proe saam met Magda van Kokkedoor op 14 Junie van 09:00 tot 13:00 by Donald Murraylaan 31. Magda gaan smullekker idees vir sop met gaste deel. Kosprodukte van Magda se Kookstertjiereeks sal ook te koop wees. Koste is R150 per persoon. Beperkte plek beskikbaar. Skakel 0825599700. Fray (083-462-1963), Chris van der Westhuizen (082-850-6552) of Willie Engelbrecht (082-728-1489). VRYDAG 20 JUNIE S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Nagskof word ’n bymekaarkomplek vir die ongelukkiges, en Margot reageer op nuus van Karli. Pippa keer ’n dokter om ’n pasiënt te behandel, en Okkie se konfrontasie lei tot ’n dooie punt. Gustav en At praat oor sy toekoms. S The South African Institute for Occupational Safety and Health (Saiosh) will present a workshop on the new Construction Regulations which were promulgated on 14 February this year. This workshop will be facilitated by one of South
Africa’s leading Construction Health and Safety specialists, Neels Nortjé. The workshop will be presented from 09:00 to 12:00 at the President Hotel, Bloemfontein. It is free for Saiosh members. Non-members pay R525. Information and bookings at www.saiosh.co.za. S ’n Koorkursus word deur dr. Huibrie Verster by die Laerskool Sand du Plessis van 14:00 tot 17:00 aangebied. Koste R70, skakel 082-772-7992. S Exclusive Acoustic deur Belinda en Margie met 1980’s-musiek, asook oorspronklike akoestiese klanke om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies is teen R100 by Kiki Corner en Music Inc. beskikbaar of bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za.
Ongewone beroepe vir matrieks Matrieks se dae op die skoolbanke raak ál minder. Loopbaankeuses kan vir party skoolverlaters ’n probleem wees. Inge Strydom het met ’n paar mense gesels oor wat hul beroepe behels.
Martin Schwella, illustreerder, grafiese kunstenaar en fotograaf
Cat van der Merwe, dans- en fiksheidsinstrukteur en eienaar van dansateljee
Het jy gestudeer en werk jy in die beroep waarvoor jy gestudeer het? Ja
Het jy gestudeer en werk jy in die beroep waarvoor jy gestudeer het? Ek het drama gestudeer, het maar opgeskop om heeltyds te dans. So nee, ek het nie hiervoor geswot nie. Ek het kursusse Cat van der Merwe gedoen om gekwalifiseerd te wees vir wat ek doen.
Hoe lank moes jy studeer? Twee jaar en die nodige ervaring en ekstra vaardighede oor vier jaar opdoen.
Martin Schwella
Hoe lank is jy al in die bedryf? Vyf jaar.
EMPOWERMENT FOR THE YOUTH
Invites all Grade 10, 11, 12 Students and Parents Come be inspired by famous youth of today who are top achievers Date: 21 June 2014 Venue: Ons Kinderhuis, 43 Victoriaweg, Willows Time: 12h00 – 16h00 Price: R20 (Scholar) R50 (Adults) Refreshments will be served RSVP early, as seats are limited Tel: 081 570 7212 Mail: info@hypnosisspa.co.za
Wat behels jou werk? As eienaar van my eie onderneming is daar baie werk, want alles is my verantwoordelikheid. Ek doen elke dag beplanning en strategiese sessies, admin om alles op datum te hou en die bywerking van my onderneming se voorkoms en bemarking op sosiale media en die webwerf. Ek het ook daagliks create sessions waar ek foto’s verwerk, sketse teken en kliënte se bestellings doen. Ek spreek ook kliënte en neem foto’s. Die lekkerste van jou beroep? Om te sien hoe my kuns lewe kry. Ek is ’n groot kunsaanhanger. Wat is minder lekker? Admin, admin, admin. Wat dink jy weet mense nie altyd van jou beroep nie? Dit is baie meer as net mooi prentjies teken en foto’s neem. Dit is harde strategiese werk voor die eindresultaat die lig kan sien. As jy iets anders kon doen, sou jy? Nee. Om elke dag te doen waarvan ek altyd gedroom het, is ’n groot plesier. Doen jy die beroep wat jy van kleins af gesê het jy wou? Ja, dalk nog nie tot die mate waarin ek dit gedroom het nie, maar “Rome wasn’t built in a day.”
Hoe lank moes jy studeer? Latynse en baldanse – drie jaar lank, aan en af. Zumba – dagkursusse wat ’n mens bywoon om ’n lisensie te kry. Pilates, ongeveer ses maande per vlak. Paaldans, ongeveer ses maande per vlak. Wat behels jou werk? In die oggend gee ek klasse soos Pilates en paaldans en fiksheid vir individue. Die res van dag algemene admin, bemarking, besprekings en beplanning. In die middae oefen ek om fiks te bly en van 17:00 tot 20:00 bied ek en die ander instrukteurs groepklasse aan en werk aan nuwe dansroetines. Die lekkerste van jou beroep? Om fiks en gesond te kan wees en my passie te kan uitleef. Om te sien hoe my kliënte gelukkig is nadat hulle ons klasse bygewoon het. Wat dink jy weet mense nie altyd van jou beroep nie? Om ’n dansateljee te bestuur is soos enige ander onderneming met beplanning en papierwerk. Instrukteurs moet dubbel so hard oefen om fiks en voorbereid te wees. Om opleiding te kry vir al die dans- en fiksheidkategorieë wat daar is, is duur, maar om klasse aan te bied bring nie noodwendig so baie geld in nie. As jy iets anders kon doen, sou jy? Met wilde katte (bv. leeus, cheetahs, tiere, ens.) werk.
Madeleine Coetzee, musiekpromotor Werk jy in die beroep waarvoor jy gestudeer het? Ek het fotografie gestudeer; dit is nie in dieselfde lyn nie. Hoe lank moes jy vaardighede aanleer? Ek moes baie vinnig leer. Ek Madeleine Coetzee het opgelees oor elke aspek en besef dat ek baie vinnig sou moes leer om e-posse te stuur. Ek het met mense in die bedryf gesels en raad gevra en leer nog elke dag. Hoe lank is jy al in die bedryf? Ons het Mei 2013 ons eerste vertoning in Innie Skuur aangebied; dus langer as ’n jaar. Wat behels jou werk? Die organisering van ’n vertoning. Van dinge soos korrespondensie tot bemarking, opsit van plakkate, besprekings, kaartjieverkope, die toesien dat alles in orde is. Die lekkerste van jou beroep? Wanneer ek sien en hoor hoe die gaste en sangers die vertonings geniet, asook die musiek en nuwe vriende wat ’n mens maak. Wat is minder lekker? ’n Mens kan nie vir al die sangers ewe groot gehore bymekaar bring nie; daar is soveel talent wat verdien om gehoor te word. Wat dink jy weet mense nie altyd van jou beroep nie? Dat die musiek- en vermaaklikheidsbedryf ’n harde bedryf is. As jy iets anders kon doen, sou jy? Ek sou elke dag iewers in die oop veld wou sit en prentjies verf. Doen jy die beroep wat jy van kleins af gesê het jy wou? Glad nie. Ek wou van kleins af ’n wildbewaarder, ’n gypsy of ’n aktrise word.
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014 5
Nuwe lewe spruit uit koolkop
www.bloemnuus.co.za
Talia Wiese (10) van Bloemfontein skryf: “Ek het dié foto geneem toe ek vir ons hasie wou gaan blare gee. Die kop was dood, maar hy het nuwe blaartjies ge maak.” Talia is met dié foto ’n eetbe wys van Rosie’s Brasserie by die Windmill Casino ryker. Stuur foto’s na jens.friis@me dia24.com. Digita le foto’s moet min stens 1 MB groot wees. Fotograwe wat ’n bestaan uit fotografie maak, mag nie deelneem nie. Voorkeur word gegee aan foto’s wat in Bloemfon tein geneem is. Vorige wenfoto’s is te sien op www.bloem nuus.co.za.
PARTNER WITH US TO MENTOR AND GROW SMALL BUSINESS OWNERS WHAT WE DO The Masisizane Fund is an initiative of Old Mutual which aims to reduce inequality, create employment and boost economic growth by promoting entrepreneurship and attract investments into Small, Medium and Micro Enterprises (SMME). The Masisizane Fund focuses on productive sectors that have high employment and growth multipliers in rural, township and peri-urban areas with a strong bias towards women and youth. Currently, the Masisizane Fund provides loan financing to commercial enterprises and the agriculture and manufacturing sectors. We also focus on providing supporting services such as business management, technical support, financial education and market development. WHAT WE NEED To help create small business entities and support the growth and sustainability of current businesses, we are looking for assistance in the following areas: • Development of business plans • Technical skills in manufacturing, agriculture and supply chain • Financial structuring and due diligence
omms 06.2014 L7059
• Bookkeeping and accounting services.
HOW TO APPLY • If you are keen to register as a supplier to the Masisizane Fund, please request a detailed scope document from Benna van der Merwe at bvandermerwe@oldmutual.com or contact her at 021 509 5079. The closing date is 18 June 2014. • Once we have completed our vetting process, we will notify you if your application has been successful.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014 7
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014
CHRISTELLE EN KAREL DE KLERK
LOUW EN CORNEL STADLER
BEN EN LETTIE BREYTENBACH
Foto: 3Kies Fotografie
Foto: Francois Griessel
STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is te sien op www.bloemnuus.co.za.
Getroud
LEON EN LIZÉL DE JAGER
MARINDA EN ADRIAAN VAN TONDER
Foto: Genesis Images Photography
Foto: 3kies Fotografie
Foto: Emma Booysen-fotografie
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014 9
Kaleidoskoop Inge Strydom KALEIDOSKOOP kuier op 25 Julie weer in Bloemfontein by Innie Skuur. Inge Strydom het met hulle gesels.
CUMBoeke het ’n reusesukses met sy Versprei die Woordveldtog behaal. CUMBoeke het sy klante uitgedaag deur ’n Bybel te skenk vir elke Bybel wat ’n klant vir die veldtog skenk. Altesaam 300 By bels is ingesamel en aan die Christian Revival Church (CRC) oorhan dig wat dit in gevangenisse oor SuidAfrika heen gaan versprei. Met die oorhandiging van die Bybels is van links Molly Marais (CUM Boeke, takbestuurder), Sandra Immelman (CRCspan), Eileen Nde were (CRCspanhoof) en pastoor Harry Carelse (CRC). Foto: Inge Stryd-
Julle is terug in Bloemfontein met die Kaleidoskoop-BLOEMing-warm-wintershow. Wat kan Bloemfonteiners verwag? Koue buite en warmte binne! Heerlike, cozy atmosfeer en die nuwe DVD/CD wat beskikbaar sal wees – natuurlik sal ons ou gunstelinge en van die nuwer covers ook doen.
om
Watter nuwe verwikkelinge het julle om te deel sedert jul vorige kuier in Bloemfontein? Die nuwe album Acoustic Covers wat sy verskyning in Maart vanjaar gemaak het. Daar is ook ’n nuwe vriend saam op die verhoog wat die liedjies help inkleur . . . Wat was lekker van Bloemfontein? Beslis die mense wat so oop en ontvanklik vir ons en ons musiek is. Van ons grootste pelle het ons in Bloem gemaak. Wat was minder lekker? Een spesifieke opelug-show wat buite ’n kerk onder ’n boom gehou is . . . in die middel van die winter . . . nie ’n goeie idee as jy jou vingers nodig het vir jou werk nie. Punt. Wie of wat inspireer jul musiek? Jouba skryf musiek uit ’n positiewe en hoopvolle oogpunt oor die mooi van die lewe, liefde,
DIE Fifa-Wêreldbeker-sokkertoernooi word elke vier jaar tussen internasionale manspanne gespeel. Die kampioenskappe is nog elke vier jaar gehou sedert dit die eerste keer in 1930 gespeel is, met die uitsondering van 1942 en 1946 toe dit weens die Tweede Wêreldoorlog nie kon plaasvind nie. Die huidige wêreldkampioen is Spanje, wat die laaste toernooi in 2010 gewen het. Die eerste wedstryd in vanjaar se stryd was gisteraand om 22:00 toe Brasilië teen Kroasië gespeel het. Lesers het op Facebook die vraag beantwoord: Wie dink jy gaan wen? James Taylor: België Koos de Lange: Brasilië met Argentinië as buiteperd. Nataly du Plessis: Brasilië Anna-Marie Engelbrecht: Brasilië Simoné Schwella: Brasilië Ilka de Beer: Brasilië
Jouba en Anique Jordaan van Kaleidoskoop. mense en verhoudings. Alles wat mooi is, kom van God af, so Hy is beslis die inspirasie agter ons musiek. Gunsteling-tydsverdryf? Braai en braai . . . Enigiets wat die buitelewe en mense of onthaal insluit. Wat weet aanhangers nie van julle nie? Ons het dieselfde van, maar is nie familie of getroud nie. Nie een van ons het musiek geswot nie, ons al twee het BSc-grade. Hoe sal julle Kaleidoskoop in ’n neutedop opsom? Geseënd, hoopvol, doodgewoon, passievol en bevoorreg. Wat is jul gunsteling-liedjie? Moedersmelk – dis lekker om te
sien hoe die mense saamsing en lag. Snaakse ding wat met julle gebeur het? Soos ek sê, dink mense soms ons is getroud – toe boek iemand vir ons ’n dubbelbed in ’n hotel met ’n show – julle kan raai wie het op die grond geslaap . . . Gunsteling-aanhaling/-versreël? In een van ons liedjies, seker “Bang Jan jou dooieman by jou kon ek niks leer, ek sterf liewer op my voete as om te lewe op my knieë”. Waarna sien julle uit vir die res van die jaar? Hopelik ’n nuwe oorspronklike album en klomp konserte oor die land heen.
Kone Solutions K22577
NET#WORK BBDO 8017204/A
Stryd begin
Invitation to Tender
Service providers are invited to tender for the following with Mailman School of Public Health LLC South Africa, registration 2005/001008 for 2014/2015. • Shuttle Services • Stationery • Printing • Office Cleaning • Office Repairs • Transport for Outreach Purposes • Caterers The Service Level Agreement is for a period of 12 months and will be awarded to the service provider that best suits the organisation’s financial, cultural and official needs. Mailman School of Public Health LLC South Africa is an NGO and a division of Columbia University. Information on this entity can be obtained on www.columbia.edu and http://icap.columbia.edu/ Please submit a compilation of documents, including but not limited to proposals, registration documents, BEE Certificates, Tax Clearance Certificate and other related certificates at our Head Office located at the MSPH SA LLC/ICAP, Unit 202, 2nd Floor, Block A, Rigel Office Park, 446 Rigel Avenue, Erasmusrand, Pretoria 0181. Enquiries: Ms Zama Nsibande at (012) 360-0640 or e-mail: zn2130@columbia.edu Service providers are requested to include the compulsory debarment certificate and information sheet in the tender application. The closing date for submission of all required documents is 23 June 2014. MSPH LLC SA reserves the right not to appoint a service provider and is not obliged to disclose reasons for non-selection.
Gee bloed vir dié wie lewe gee. Skenk veilige bloed om moeders te red. Dié Bloedskenkermaand, moenie dat die lewe in die pad van lewe staan nie.
www.facebook.com/SANBS www.twitter.com/theSANBS
Tolvry: 0800 11 9031 www.sanbs.org.za
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014
Die Dolfyntjies en Sebras, Voortrekkers van Willem Postma, het onlangs ’n uitstappie na Athaliauitreik onderneem waar kolwyntjies aan die inwoners uitgedeel is en die kleingoed Voortrekkerliedjies gesing het. Die Klopperfamilie het ook aan Athalia ’n elektriese rolstoel oorhandig wat deur een van die inwoners gebruik gaan word. Voor is Lizanne de Villiers; van links is, tweede ry: Reynard Moller, Alize Scholtz, Ihan van der Merwe, Divan Roux, Alenka van Vuuren en JanaMarie Erasmus; agter: Mekyla Norval, Marli Jacobs, CharLené Boshoff, Chené de Villiers (skenker van rol stoel), Nelri Coetzee en Karli Jordaan; agter: Almeri Kritzinger, Ans Coetzee en Cornel le Jordaan. Foto: Verskaf
Enjoy upgraded venue Kerdoni’s Bays Village celebrated their upgraded venue recently by inviting their regular customers and all suppliers. This new cosy, warm venue was enjoyed by everyone while sampling new and old favourite pizzas. Around 70 invited guests enjoyed the night with the owner, Charmaine Aboud, her management team and staff. Peter Fisher gave a heartfelt speech and wished Charmaine all the best for the future. Here are from the left, front: Chantelle Kahts, Charmaine Aboud, Disa du Toit and Elizna Hamman; back: David Meyer.
At Kerdoni’s recent relaunch was Chris Surtees, Charmaine Aboud and Pieterene Surtees.
For the lowest prices on all genuine Land Rover parts and accessories, phone Auto Niche today. (The only Land Rover and Jaguar agents in the Free State)
GENUINE LANDROVER PARTS
AUTO NICHE BLOEMFONTEIN JLOURENS@IMPERIALBLOEMFONTEIN.CO.ZA
PHONE: 051 403 4200
BLOEMNUUS, VRYDAG 13 JUNIE 2014 11 Die Laerskool Olympia in Heidedal se o.9hokkie span het sover al sy wed stryde van die hokkiesei soen gewen. Hulle het sonder hokkietoerusting begin oefen. Die onder wysers en ouers van die skool het saamgespan om die leerlinge se droom om hokkie te kan speel te bewaarheid. Die basiese toerusting soos hokkie stokke, klere en kouse is ingesamel. Hier is van links, voor: Bronwin Ma bilo en Trivino Seaser; middel: Elona Maasdorp, Nthabiseng Motloung, Tsholofelo Selebano, Le andre de Jau, Castilia Baadjies en Angela Stalls; agter: Leandre Steyn (af rigter).
BLOEMNUUS is op Facebook. Soek dit en gaan ‘like’ die blad net soos 5 800 ander lesers vir wie die stad ook na aan die hart lê.
GRAIN FIELD CHICKENS, a subsidiary of VKB Agriculture Limited, is a dynamic role-player in the chicken industry with an abattoir in Reitz in the Eastern Free State. The services of the following person are currently required:
Processing Manager
Post functions: • Will be responsible for total production of one shift • Operational management of plant • Budget management • Continuous operational communication and liaison with internal departments and authorities • Continuous monitoring and reporting of equipment and machinery in order to meet the operational requirements • Compliance with the processing standard practice • Compliance of pre-packed products with shipping standards • Planning, coordinating and facilitating the human resource function within processing • Continuous compliance with legislative requirements, policy and procedures within the processing function • Relevant stocktaking • Mentoring and training staff in processing. Post requirements: • Production diploma or equivalent qualification • PME & PMI qualification • Relevant management training • Previous FMCG industry production experience is essential • Relevant HACCP knowledge • Knowledge of the poultry industry is essential • Competent in basic Microsoft Office package. A market-related remuneration package that corresponds with the profile of the post will be offered and can be structured according to personal preference. Contact Sas Kasselman with telephonic enquiries at 087 358 8450. Send a full CV (proof must be provided on request) to Lynnette Janse van Rensburg at e-mail: cv@vkb.co.za or fax: 086 687 3948. Please state on your application the post being applied for. Only candidates that meet the requirements will be considered. Closing date: 20 June 2014 at 12:00 If you have not received any correspondence within 1 month of the closing date of the advertisement, please accept that your application was unsuccessful. www.humanjobs.co.za
PERSOONLIKE DIENSTE
OP SOEK NA
LOODGIETERS 1485
FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.
TE KOOP
1855
Aandag! Alle loodgieterswerk. Nuwe installasies, verstopte riole asook onderhoud. 079 581 6654.
3600
ALLERLEI 1655
EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP Broeigereed Pare asook los eende. Goeie Bloedlyne. Kontak Cherryl Tel:056 515 3963 Sel 076 246 1414 E-Pos: cherylgebrands@gmail.com
1445
Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR
LG-DUBBELBALIEwasmasjien. Goeie toestand. R950 ohb. Kontak Kobus 082 709 2499.
ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
SOEK, KOOP, VERKOOP
3250
BOEDELKENNISGEWINGS
BETREKKINGS
BOME 1871
LENINGS
NOORDHOEK: Stil en veilige area. 1 slk, R2 750. 2 slk, R3 900 p.m. W ingesl. Koopkrag. %082 787 1102.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
ALGEMEEN
122 CGF WILSON
3680
Ons benodig die dienste van 'n ervare aktetikster om so spoedig moontlik diens te aanvaar. - Salaris onderhandelbaar. E-pos CV na: stone@mjsbloem.co.za
122 AM GEORGE In die boedel van wyle Anna Maria George, identiteitsnommer 380701 0021 082, 'n weduwee en pensioenaris, wat woonagtig was by Bayswater Village, hoek van Alsace- en Burgundyrylaan, Bloemfontein, en wat oorlede is op 20 April 2014, boedelnommer 020954/2014. Skuldeisers en skuldenaars in die bogenoemde boedel word versoek om hulle eise in te lewer by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne 'n tydperk van dertig (30) dae na datum van publikasie hiervan. DOUGLAS & BOTHA Verw: Mnr. Laing Prokureurs vir Eksekutrise Somersetstraat 11/13 Posbus 66 Aliwal-Noord 9750
In die boedel van wyle Christiaan George Frederik Wilson, identiteitsnommer 300615 5024 080, getroud binne gemeenskap van goedere met Jeanette Susanna Wilson, identiteitsnommer 371114 0009 084, in lewe woonagtig by Pleinstraat 37, Petrusburg, boedelnommer 10898/2005. Kennis geskied hiermee dat die gewysigde, aanvullende eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê ten kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, en Landdroshof, Petrusburg, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 13 Junie 2014. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel: 051 403 6600 Faks: 051 403 6714
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
Human Communications 109882e
Hierdie week op die webblad: S Troufoto’s S Winterkoue is hier S Foto’s van die Wildskosfees S Lees wat sekere beroepe behels S Bloemnuus se gewilde dagboek S Heerlike beesstertresep S Blaai deur vorige uitgawes indien jy dit misgeloop het. S Gesels saam op Bloemnuus se Facebookblad.
Motheo: Span seëvier in toernooi Die o.13Anetbalspan van die Laer Meisieskool Oranje het verlede Vrydag die Mo theonetbaluitdaging in Bloemfontein gewen en is deur na die Vrystaatnet baluitdaging wat die na week by die Laerskool Wil lem Postma plaasvind. Van links is, voor: Minke Kruger, Bianca van der Vyfer en Me gan Herbert; agter: Jané Britz, Tiané Theunissen, Charlene Grevelink, Khar ma Cilliers en Lise Bezui denhoudt.
Tigers wys hul slag
Van links is, voor: Ruan Dippenaar, Riaan Dippenaar, Malcolm Markram, Kevin Markram en Leyton Markram; agter: Wynand de Villiers, Chris Austin, Nico Laubscher, Jami Visagie en Shawné Brummer.
www.bloemnuus.co.za
ALTESAAM 37 Koreaanse krygkunsstudente van die White Tigerklub, hoof-dojang in Bloemfontein, het aan die Koreaanse krygkunsstyl, Internasionale Tang Soo Do en Haedong Kumdo-konfederasie, se Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem. Meesterinstrukteur Liza CoetseeHugo (5de dan) is die afrigter van die White Tiger-klub waaronder Bloemfontein, Pretoria, Ficksburg, Aliwal-Noord, Zastron, Lady Grey en Jacobsdal val. Dié kampioenskappe is by die Wits-universiteit gehou en al die verskillende klubs van die konfederasie het teen mekaar om spaninsluiting meegeding. Daar was klubs van Bloemfontein, Aliwal-Noord, Zastron, Lady Grey, Jacobsdal, Ficksburg, Randfontein, Johannesburg, Pretoria en Nelspruit. Die 37 White Tigers het 70 medaljes verower. Altesaam 11 van die 37 White Tigers oefen in Bloemfontein en hulle het 20 medaljes verower.
Uit die groep is daar agt Suid-Afrikaanse kampioene en hulle het soos volg gepresteer: Chris Austin (3de dan, goud in vorms en wapens), Jami Visagie (1ste dan, goud in vorms en wapens), Wynand de Villiers (cho dan bo, goud in vorms, wapens en geveg), Malcolm Markram (brons in vorms, goud in geveg), Kevin Markram (goud in vorms), Leyton Markram (goud in vorms, silwer in geveg), Ruan Dippenaar (silwer), Riaan Dippenaar (goud in vorms, silwer in geveg), Minke Pretorius (goud in geveg), Shawné Brummer (silwer in wapens en geveg) en Nico Laubscher (brons in vorms, silwer in wapens). Die kampioenskappe was ’n spankeusetoernooi waarvolgens ’n oefenspan gekies gaan word vir deelname aan wêreldkampioenskappe wat in 2015 in Kalifornië en in 2017 in Suid-Afrika gehou gaan word. Die studente wat dus vir hierdie oefenspan gekies word, gaan Suid-Afrika op die wêreldkampioenskappe verteenwoordig.
PROMOSIE
Reg vir wynproegeleentheid Die NedbankGreykollegewynervaring vind op Vrydag 20 Junie om 18:30 vir 19:00 in Grey kollege se Eeufeessaal plaas. Die geleentheid behels ‘n wynproe, ete en dansparty. Die kleredrag is netjiesinformeel. Musiek word deur ‘n orkes verskaf. Wyn sal te koop wees en daar sal ook deur die loop van die aand ‘n wynveiling plaasvind. Die kaartjies kos R250 per persoon of R2 500 per tafel. Kaartjies is te koop by JR Prins, Greykollege (sekondêr), by 0827745444 of Karin Grundlingh by 0835440826. Van links is Franz Bobbert, Bobbert Auctions, Lukas van Niekerk, @wine, Deon Scheepers, skoolhoof: Greykollege, Karin Grundlingh, gr. 11ouerkomitee, Greykollege. Foto: Niel Lombard
Waylin Young (16) van die Hoër skool Fichardtpark het op die Suid Afrikaanse baan en parafietsrykam pioenskappe die wedren vir junior mans gewen. Het het ook ’n brons medalje in die agtervolgingsren vir junior mans gewen. Hy is ook gekies om as deel van die SuidAfrikaanse junior baanspan aan die Suidoos AsiëGrand Prixreeks in Maleisië deel te neem. Hulle het daar goud verower.