VRYDAG 20 JUNIE 2014
GRATIS
Dagboek
Wel en Wee
Sport
Liewe Heksie kuier in Bfn
Kyk waar is Jens Friis hierdie week
Boom bly nog ’n jaar by Cheetahs
bl. 3
Benoem nou Rose KINDERS en kleinkinders word genooi om met hul ouers en grootouers te spog deur hulle vir vanjaar se Oupa en Ouma Roos-eerbewys in te skryf. Die finaliste sal eregaste op ’n gala-kroningsaand by Magic Events @ Vanilla Sky wees wat gereël word deur die voormalige Mev. Verenigde Nasies Internasionaal, Lianda Hurter, in samewerking met Elsa Vermeulen wat die spesiale oomblikke op kamera gaan vaslê. Die reëls vir Bloemnuus en Athalia Uitreik se Oupa en Ouma Roos-eerbewys is: S Enigeen wat ’n oupa of ouma is mag deelneem. S Enige kind, kleinkind, vriend of lid van die publiek kan iemand benoem. S Oupas en oumas mag hulle self inskryf. S Daar is geen ouderdomsbeperking nie. S Deelnemers moet in Bloemnuus se verspreidingsgebied woon en moet die kroningsgeleentheid op 14 Oktober in Bloemfontein bywoon. Inskrywings is gratis en daar
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
is drie kategorieë: Oupa en Ouma Roos-egpaar, Oupa Roos en Ouma Roos. Die sluitingsdatum is 25 Julie. ’n Foto wat die spesiale band tussen grootouer(s) en kleinkinders weerspieël, moet die inskrywing vergesel. Pryse wat gewen kan word: S Kategoriewenners wen ’n ereband, geraamde sertifikaat, wegbreeknaweek en spesiale bederfgeskenke. S Die persoon wat die wenner benoem het, wen ook ’n prys. S Bloemnuus-lesersprys. S Daar sal ook ’n gelukstrekking op die kroningsaand wees. Borge: Bloemnuus, Magic Events @ Vanilla Sky, CPI, Checkers, La Muse, Biographix, Santé-aftreeoord, Elsa Vermeulen-fotografie, Roelof Botha en Kotze-kunsgalery. Riette van der Watt, Bloemnuus se Spontaan-wenner, en Grey-kollege se junior boereorkes sal vermaak op die kroningsaand verskaf. Navrae: Ans Coetzee by 082-467-6471, e-pos ans@athalia.co.za of jens.friis@media24.com.
bl. 2
bl. 12
Mooie Friedl ryg titels in Friedl Janse van Rensburg (15) van die Hoërskool Jim Fouché het Bloemfontein se naam hoog gehou toe sy van 1 tot 4 Mei as finalis aan die Miss Junior Teen South Africa Pageant in Pretoria deelgeneem het. Friedl is op die gala-kroningsaand as Miss Junior Teen South Africa Free State 2014 gekroon en het ook die eerbewys vir onderhouddrag: besgeklede deelnemer in haar ouderdomskategorie ontvang. Hier staan sy met al die titels wat sy die afgelope jaar gewen het.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014
Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, staan voor 'n Romeinse akwaduk wat uit die tyd van Christus dateer. Dit is 2 000 jaar gelede gebruik om water te gelei. Jens is met vakansie in Europa. Die foto is in Provence, Frankryk, deur Nico Friis, sy broer, geneem. Inge Strydom staan vir Jens as redakteur in. Foto: Nico Friis
Wel en wee DIE volgende lesers in Bloemnuus se verspreidingsgebied is onlangs oorlede:
* Heleen Venter (gebore 1942) * Antonie Tielman Marais (gebore 1946) * Sofia Malan (gebore 1953) * Piet van der Walt (gebore 1931) * Gideon (Jock) Rossouw (gebore 1950) * Gerhardus van Tonder (gebore 1949) * Hester van der Walt (gebore 1926) * Rika van der Walt (gebore 1926) * Jacobus Petrus van Tonder (gebore 1920) * Pieter Julius Peterson (gebore 1949) S Twee brugspelers van Bloemfontein, Surene Lombard (61) en Felicity Newman (68), is die eerste Suid-Afrikaanse wenners van die wêreldbrugkompetisie. Hulle is nou nie net die voorste spelers in Suid-Afrika nie, maar ook in die wêreld. Sowat 4 500 pare wêreldwyd het deelgeneem. ’n Italiaanse paar was tweede en ’n paar van Amerika derde. Dit was die 27ste keer dat dié kompetisie op die internet aangebied is en dit was die 15de keer dat Surene en Felicity deelgeneem het. S ’n Bloemfonteinse koerantverkoper, Johannes Sesing (31), kan nou weer die
lewe in die oë kyk nadat hy byna nege jaar gelede ná ’n rooftog sy regteroog verloor het. Johannes, wat sedert 1993 ’n koerantverkoper vir Volksblad is, was nege jaar gelede een Saterdagoggend op pad werk toe toe hy deur drie mans aangeval is. Hy sê twee jaar gelede het God ’n engel in die vorm van Miems van der Westhuizen na hom gestuur. Sy koop gereeld die koerant by hom en kon sien daar is iets fout met sy oog. Sy het simpatie met Sesing gehad en sy en haar seun, Francois (58), het ingespring om die nodige hulp vir hom te kry. Sesing sê sy lewe het op 4 Junie ten goede verander toe hy ’n kunsoog gekry het.
S Die lyk van ’n man wat vermoedelik buite Bloemfontein geryloop het, is Saterdagaand op die N1-hoofweg gevind. Die man is omstreeks 21:30 deur ’n voertuig op die hoofweg, naby die Pellissier-brug, raakgery. Verskeie ander voertuie het daarna oor hom gery waar hy in die pad gelê het. Dit is onbekend wie die man is en watter voertuig die man getref het. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Giselle Linstrom Fulton writes: “Look how the water from the sprinklers froze overnight at Oliewenhuis.” Weather for this weekend: Saturday 1/17, cloudy; Sunday 2/18, cloudy. Photo: Giselle Linstrom
Gelukkig getroud Izak en Marietjie Wolfaardt het op 10 Junie 1950 voor die kansel in Middelburg in die OosKaap gestaan. Ná 64 jaar woon hulle nog in hul eie huis in Zastron. Oupa Izak meen respek en waardering vir mekaar is die sleutel tot hul lang huwelik. Hul raad is om te dink voordat jy praat, want dit gaan jou baie moeilikheid spaar. Die egpaar het 4 kinders, 11 kleinkinders en 15 agterkleinkinders. Hulle voel geseënd om nog so gesond te wees. Foto: Verskaf
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014 3
Dagboek DJ Ossewa: Van links is Daniel Jakobus, Vet Frik en Jerbes die Leeuboer. Foto: Carminda Swanepoel Fotografie
Voor op die wa
DIE groep DJ Ossewa sê grappenderwys hy het sy ontstaan op die plaas Ossewarus gehad. Die groep vermaak al die afgelope sewe jaar Suid-Afrikaners met sy uitrustings en lawwigheid op die verhoog. Inge Strydom gesels met hulle.
Suid-Afrika se grootste albumverkoper, Theuns Jordaan, is terug op die verhoog in Bloemfontein op 29 Augustus om 19:30 in die Kovsiekerk. Die diep rasperstem gaan jou vermaak met treffers uit sy eie pen soos Jou asem, Soos bloed, Roeper van my hart en Net voor die storm kom. Kaartjies van R110 per persoon reeds by Computicket beskikbaar. Kaartjiebesprekings slegs by Computicket, vir verdere navrae kontak 082-481-8881. Die konsert word met trots aangebied deur Afrikoon-Produksies in samewerking met Bloemnuus, Radio Rosestad en die Protea-hotel Willow Lake. Wat gebeur wanneer waar in Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 20 JUNIE S Binnelanders (18:30 op kykNET, kanaal 144): Nagskof word ’n bymekaarkomplek vir die ongelukkiges en Margot reageer op nuus van Karli. Pippa keer ’n dokter om ’n pasiënt te behandel en Okkie se konfrontasie lei tot ’n dooiepunt. Gustav en At praat oor sy toekoms. S ’n Koorkursus word deur dr. Huibrie Verster by die Laerskool Sand du Plessis van 14:00 tot 17:00
aangebied. Koste R70, skakel 082-772-7992. S Exclusive Acoustic deur Belinda en Margie met 80’s-musiek, asook oorspronklike akoestiese klanke, om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies teen R100 beskikbaar by Kiki Corner en Music Inc. of bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za S Veerpyltjie-inligtingspraatjie op Radio Rosestad om 14:45. S Tonight and tomorrow night Oolong will celebrate its 9th birthday. Come celebrate with us nine awesome years and many more to come. DJs, drink specials, free snacks, funky photobooth. Free entrance all weekend. Loads of prizes and surprises. SATERDAG 21 JUNIE S Kortste dag van die jaar. S Boeremark van 06:00 tot 14:00, Langenhovenpark.
Liewe Heksie kuier in Bloemfontein. Die toneelstuk deur Verna Vels wat vervaardig word deur Lefra-produksies met Frans Swart (foto, agter) is op 8 Julie om 09:00 en 11:30, 9 Julie om 09:00 en 11:30, 10 Julie om 09:00 en 11:30, 11 Julie om 09:00 en 11:30 en 12 Julie om 10:00 by die André Huguenet-teater te sien. Besprekings: Pacofs by 051-447-7772.
S Surrounded by 12 hectares of natural vegetation on Grant’s Hill, Oliewenhuis Art Museum offers access to four marked walking trails through unspoilt natural surroundings. The walking trails are easily accessible to young and old and offer a unique opportunity to experience the beauty and tranquillity of the area. The museum gardens also offer ideal picnic spots. S Classics on the Rocks, aangebied deur David Fourie en Izak Davel in Burgersdorp waar Irma Davel en Elise Fourie, Izak en David se ma’s, musiekonderwysers is aan die Hoërskool Burgersdorp. S Neon Spectrum is hosting a Matric Farewell Expo from 10:30 at The Bedroom (outside venue) at 7 Chris Botha Street, Westdene. Tickets are R120 for mother and daughter; R70 per person. One lucky drawer will get a gift hamper with everything that is needed to make your matric farewell a reality. Gift bags to be given to each ticket holder. SA finalist Aneeka Buys and Anri Powell will be guest speakers. Snacks and refreshments. Prizes to be won. Contact Nadine on 082-642-8446 or email: neonspectrum100@gmail.com SDie Damesklub Nellie Swart hou om 10:00 ’n verjaardagvergadering by die NG kerk Berg-en-dal. T. Cronje en S. Swanepoel sal optree. Kaartjies kos R60 wat ’n ligte middagete insluit. Kontak Annalie de Wet by 051-448-6485 of Ruah Maartens by 051-446-3405. S Die Vrystaat-cliviaklub hou ’n tentoonstelling van Clivia gardenii en interspesieplante by Greensidekwekery in Langenhovenpark.
S ’n Tuinmark word van 09:00 tot 13:00 by Donald Murraylaan 31 gehou. Kontak 051-444-2488 vir meer inligting en om uit te stal. Uitstallers sluit Lettie Fouché en die Vrystaat-nasorgsentrum in. S Bloemfontein-orgideëklub hou om 14:00 ’n werksessie by Ridderstraat 5 in Fleurdal. Alle belangstellendes is welkom. Kontak Jolene by 082-853-2196. SONDAG 22 JUNIE S Maria’s Story: Multimedia-uitstalling deur Maureen de Jager by Oliewenhuis tot 22 Junie. SUNDAY 23 JUNE Hypnosis Spa is hosting an Empowerment for the Youth session. Come and be inspired by famous youth of today at Ons Kinderhuis from 12:00 till 16:00. Price R50 adults and R20 for learners. Contact info@hypnosisspa.co.za or 081-570-7212. WOENSDAG 25 JUNIE S Itec-gholfdag ten bate van Saailand (Preprimêre Skool Jim Fouché ) by Schoemanpark-gholfklub. Koste: R250 per speler wat ’n aandete insluit. Chantéle Maartens, 082-944-7088. DONDERDAG 26 JUNIE S Derma Puur hou om 18:30 ’n Japon-en-pantoffelbederfaand ten bate van die Yãde-uitreik-aksie. Daar is ’n gratis gesigbehandeling en pamperlangsessie, ’n veiling en warm gereg. Kaartjies kos R80 by Francis Marais by 083-284-5221. VRYDAG 27 JUNIE S Einde van tweede skoolkwartaal. S NG kerk Heuwelsig hou om 06:00 sy weeklikse gebedsbyeenkoms. Bel Frances Wessels by 051-436-5218.
Vertel meer oor DJ Ossewa. DJ staan vir Daniel Jakobus, die musikale een en die brein agter dié groep. Die Ossewa spreek vanself, aangesien ons baie kultuurvas is en op die plaas grootgeword het. In 2010 is ons geliefde broer en lid, Raapie Knaapie, in ’n motorongeluk oorlede. Hy sal altyd as deel van die groep onthou word. Ons het nou vir Vet Frik verwelkom. Wat maak van DJ Ossewa ’n sukses? Ons is waarskynlik die enigste groep wat probeer om kommin te wees. Mense vereenselwig hulle maklik met gewone ouens soos ons wat net mal is en nie omgee wat mense van ons kleredrag dink nie. Wie of wat inspireer jul musiek? Ons musiek word geïnspireer deur alledaagse dinge wat met ons gebeur en mense wat ons ontmoet. Waar is jul volgende optrede en kan die Vrystaat uitsien na ’n optrede? Ons sing in ’n verskeie plekke waarvan die Innie Bosfees in Nelspruit een is. Ons beplan ook ’n vertoning by Wiesbaden in Bloemfontein later vanjaar. Hou djossewa.co.za dop. Wat kan aanhangers van jul nuutste album, Briljantjie, verwag? Die CD is rond met lekker musiek op en dit werk ook depressie teen. Al die liedjies is nuut, oorspronklik en redelik diep.
Jul eerste betaalde vertoning was in Wiesbaden in Bloemfontein. Vertel meer daarvan. Ons kan dit baie goed onthou. Niemand wou ons ’n kans gee voor oom Danie, die eienaar daardie jare, ons betaal het om te sing nie. Ons het altyd vir kos en allerhande snaakse goed gesing voor daardie dag. Het julle gunsteling-kos wanneer julle toer? Dit is gewoonlik ’n garage pie of MacDonalds. Hoe kies julle uitrustings en bykomstighede vir optredes? Ons soek klere wat geen normale mens sal dra nie en trek dit aan. Wat is die snaaksste ding wat nog met julle gebeur het? Die Leeuboer het eenkeer deur ’n verhoog gespring . . . hy sê dit is net ’n stage waardeur hy moes gaan. Vet Frik het eenkeer nie die punt van die verhoog raakgesien nie en redelik hard geval. Daniel het ook eenkeer geval voor ’n groep mense in ’n hotel se voorportaal, maar hy praat nie graag daaroor nie. Waarna sien julle die res van die jaar uit? Ons sien uit na elke vertoning. Ons kan nie wag om aan ons volgende album te werk nie. Hopelik sal ons nog ’n DVD ook maak. Wat is jul gunsteling-liedjie om by vertonings te sing? Dit is moeilik om te kies, maar deesdae is dit Briljantjie. Elke liedjie is op sy eie manier vir ons spesiaal. Wat doen julle in jul vrye tyd? Ons het nie eintlik vrye tyd nie. Maar as ons het dan raak ons diep en skryf liedjies of braai.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014 5
Getroud STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.
Rynard en Mirischian Immelman.
Foto: Laurika’s Photography
Mamokhele and Nketsi Mofokeng.
Foto: 3T Photography
Michael en Shannyn Botha.
Foto: 3’Kie’s Fotografie
Francois en Christelle Swart.
Foto: Elizabeth J Photography
Lizelle en Jan Gertenbach.
Foto: Verskaf
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014 7
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014 9
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014
Fotowenner Invitation to Register on the Services SETA Prospective Supplier Database
Magda Bosch skryf: “Diè foto is naby Noordstad geneem. Ons vriend, Hennie Olivier, het op die dam met sy afstandbeheerde seilboot vir die wêreldkampioenskap in September in Israel geoefen. Magda is met dié foto ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie by die Windmill-casino ryker. Stuur foto’s na jens.friis@media24.com. Digitale foto’s moet minstens 1 MB groot wees. Professionele fotograwe mag nie deelneem nie. Voorkeur word gegee aan foto’s wat in Bloemfontein geneem is. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.
The Services Sector for Educa on and Training Authority (SSETA) is a statutory body established through the Skills Development Act of 1998 to enable its stakeholders to advance skills levels in the sector in accordance with Government’s growth ini a ves. The Services SETA is striving to build a system where skills produc on and development respond to the socio-economic needs of our country and its labour market. Such highquality skills will, in turn, enhance investment and improve service delivery. Read more on www.serviceseta.org.za The Services SETA hereby invites prospec ve suppliers to register as approved suppliers on the official Supplier Database. Services SETA has engaged in improving the quality of its Supplier Registra on Applica on Form in order to comply with PFMA and Na onal Treasury regula ons, for instance to include all relevant Treasury SBD forms. We therefore extend a special invita on to ALL current Services SETA approved suppliers who have already registered or applied to register on the Services SETA Database to re-apply/submit their supplier applica on forms to re-register with the Services SETA Database. Submission requirements: • All applica ons must use the standard Services SETA Supplier Registra on applica on form template, which will be available on www.serviceseta.org.za or at Services SETA Head Office and Regional Offices. The front cover of the submission document must clearly state the province for which the service provider is applying • A valid and original Tax Clearance Cer ficate • A cer fied copy of your business registra on documents if you are incorporated as a partnership, close corpora on or a company, etc (cer fied copies MUST NOT be older than 3 months) • Original cancelled cheque or stamped le er from the bank, verifying the banking details of your business • Proof of professional registra on, accredita on or a copy of any other registra on cer ficate pertaining to your relevant industry, eg ECB (Electrical Contractors Board) • Cer fied copies of the ID documents of directors and shareholders/partners/members/sole proprietor (cer fied copies MUST NOT be older than 3 months) • Supplier must a ach an affidavit from the Police confirming disability (if applicable) • A current copy of the CIDB (Construc on Industry Development Board) cer ficate. NB: You can contact the CIDB on +27 12 482-7200 or 086 100 CIDB, or visit www.cidb.org.za for informa on and registra on. You are also required to obtain the document en tled “Code of Conduct for all par es engaged in construc on procurement” from the CIDB • Services SETA Supplier Registra on Applica on Form must be completed in full and all SBD forms should be signed and all pages ini alled • All suppliers must submit a valid B-BBEE Verifica on Cer ficate in terms of the B-BBEE Codes of Good Prac ce (where applicable) • The poten al supplier must submit a minimum of one original and one copy of Services SETA Supplier Registra on Applica on Form. Failure to submit the above documents will invalidate your applica on. The list of commodi es (products and services) will be available on the Services SETA Supplier Registra on Applica on form. Note: Lis ng on the database does not guarantee procurement, but rather an opportunity to be invited to quote or bid when the need arises. Database registra on documenta on is available on the Services SETA website at www.serviceseta.org.za/SupplyChainManagement/Ac veTenders All enquiries regarding this bid should be in wri ng and may be directed to e-mail: connyz@serviceseta.org.za The closing date for submissions is 15 July 2014 at 11:00. No late submissions will be considered. Submissions should be deposited in the tender box or couriered to the Supply Chain Division, Ristone Office Park, 15 Sherborne Road, Parktown, Johannesburg. The tender box can be accessed between 08:00 and 16:00 Monday to Thursday and 08:00 and 15:00 Fridays.
Foto: Magda Bosch
BETREKKINGS
BLOEMNUUS is op Facebook. Soek die blad, like dit en gesels saam met 5 800 ander lesers vir wie dit na aan die hart lê.
10
JobVest J61100
FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
BOEDELKENNISGEWINGS
TE KOOP LOODGIETERS ALLERLEI
1855 1655
LENINGS 1445
Aandag! Alle loodgieters-
werk. Nuwe installasies, EKSOTIESE verstopte riole asook SIEREENDE TE KOOP onderhoud. 079 581 6654. Broeigereed Pare asook los eende. Goeie Bloedlyne. Kontak Cherryl BOME Tel:056 515 3963 1871 Sel 076 246 1414 E-Pos: cherylgebrands@gmail.com AFSNY EN WEGRY VAN BOME,
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
hoërisikobome. 082 693 0234.
ALGEMENE & HUISDIENSTE EIENDOMME
122 B PASS
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
Pellissier: 1-slaapkamer -woonstel geskik vir 2 persone. Skakel Marvin by 082 370 1755. HUISE TE HUUR 3270
1-SLK-skakelhuis, R2 800 p.m. W en l ingesluit. Eie erf, afdak x 2, Bayswater. Skakel 072 052 8474.
BOEDEL WYLE: BETTY PASS MEESTERSVERWYSINGSNOMMER: 021370/2014 Boedel van wyle Betty Pass, identiteitsnommer 261005 0031 08 1, pensioenaris, van Kamer 34, Siesta Ouetehuis, Generaal Fickstraat, Bloemfontein. Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf Vrydag 20 Junie 2014. LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600
122 JD CLAASEN In the estate of the late Johanna Dorathea Claasen, identity number 180524 0018 08 6, a widow, who resided at 6 Crisp Crescent, Dan Pienaar, Bloemfontein, date of death 15 January 2014, number of estate 1675/2014. Notice is hereby given in accordance with Sections 35(5) and 34(9) of Act No. 66 of 1965, as amended, that the first and final liquidation and distribution account in the above estate will lie open for inspection at the office of the Master of the High Court, Bloemfontein, for a period of 21 (twenty one) days from date of publication of this notice. Signed at Bloemofntein this 20th day of June 2014. KA SOROUR C/o van der Merwe & Sorour 45 First Avenue Westdene Bloemfontein.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
SOEK, KOOP, VERKOOP
SMALLS NOTICE
ICAP-SA seeks to fill the following position in their Program Management Department in Durban and Bloemfontein:
Key Populations Social Mobilisation Officer Reporting to the Regional Manager, the incumbent will be responsible for communication, advocacy, community linkages, and mobilisation of the HIV prevention for Key Populations program in the province. Duties and responsibilities: • Advise and provide guidance for social mobilisation efforts in support of project goals at regional and community level • Mobilise a broad range of stakeholders to empower people and communities affected by HIV (especially men who have sex with men MSM) to improve HIV testing and prevention services uptake • Strengthen entry and retention in HIV care, and reduce stigma and discrimination against MSM and families affected by HIV • Support advocacy efforts to mobilise political commitment and resources for HIV testing and prevention at regional and community levels • Support the design and execution of situational assessments planned throughout the project and design a communication strategy for the project, adapting existing materials as appropriate for the region • Work with the Regional Manager in building capacity and skills of stakeholders, DHMT and NGO partners at all levels will be necessary • Lead the project's cascading training programmes for CBOs/NGOs in the pertinent aspects of MSM services, targeted HIV testing and counselling, prevention and IEC/BCC, and work closely with M&E staff to ensure rigorous monitoring and evaluation • Liaise and develop strategic linkages with District DOH MSM stakeholders and NGOs to ensure effective partnership, collaboration, and document and disseminate lessons learned from the project • Carry out other duties and special projects as assigned • At provincial level and with the support of the Regional Manager, provide oversight of the ICAP Peer Outreach program. Requirements: • Bachelor's degree in Public Health, Social Sciences, Communications or a related field or a Nursing Diploma • At least 5 years' experience in social mobilisation and linkages as well as technical positions • In-depth understanding of social mobilisation and advocacy, especially as they apply to public health and HIV • Sensitivity to the political and cultural context in which the project operates • Familiarity with MSM populations in South Africa • Excellent verbal and written communication skills in English and another recognised language of South Africa • Excellent interpersonal and presentation skills • Demonstrated ability to develop and maintain effective working relations with public and private sector entities and professional associations • High standards of stewardship and accountability • Commitment to the transfer of knowledge • Willingness to travel extensively throughout the Region. Kindly e-mail your application and a detailed CV, with 3 contactable employment references, to pc2508@columbia.edu for the attention of Pumza Cembi. Please indicate the job title in the subject line. Closing date: 26 June 2014 109916
Hart en siel in die Vryfees
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 JUNIE 2014 11
Elretha Britz DIE kombinasie van Laurika Rauch en Elvis Blue is ’n wenner nog voordat hulle ’n noot gesing het. Sy, die volk se gunsteling-sanger oor baie jare; hy, die nuwe kroonprins wat Afrikaanse liedjies met integriteit lewer. Loer agter die skerms en daar is Deon Opperman (Donkerland, Hartland) as regisseur en Janine Neethling as musiekregisseur en verwerker. Saam vorm dié vier kunstenaars die gedugte span agter Hart en see, die produksie waarmee die Vryfees op 14 Julie ingelui word. Die fees duur tot 20 Elvis Blue en Laurika Rauch open die Vryfees met Hart en see, ’n Julie en word op die produksie wat op die KKNK vir ’n Kanna benoem is. Bloemfontein-kamFoto: Deon Raath pus aangebied. Neethling sê Rauch en Blue se versoek was “ ’n goeie weergawe van Bob Dylan se Mr Tambourine musiek-show, waarin ons ons eie en mekaar Man, wat die sangers uitstekend pas. se liedjies sing”. Ook in die produksie is Vir ’n Pepermossie, Sy en Opperman het in die tuin gaan sit, Blouberg se strand en ’n nuwe duet, Al die gedagtes geruil, ’n bietjie vasgesit, ooreengestrome, wat Chris Torr (Rauch se man) en kom, en toe met die tema Hart en see Blue saam geskryf het. vorendag gekom waarmee albei sangers meer Die orkes wat saam met Neethling (klaas tevrede is. vier) op die verhoog sal wees, is jong “Hart en see is nie net nog ’n show nie, dis musikante “wat ’n bepaalde energie aan die ’n ewewigtige, vervlegte vertoning met optredes verleen”, sê Neethling. uitstekende beligting en deurdagte regie,” sê Hulle is Hiram Koopman (saxofoon), Neethling. Die openingsliedere weerspieël Wynand Delport (kitaar), Rixi Roman reeds die erns en respek waarmee die (baskitaar) en Tinus Esterhuizen (tromme). produksie gehanteer is – Blue se Seëngebed Hart en see is die vierde produksie waarin en Rauch se Stuur groete aan Mannetjies Opperman en Rauch saam werk. Blue is ’n Roux, waarin seën ook ter sprake is. groentjie in so ’n produksie, maar Opperman Waar Neethling betrokke is, sal bestaande sê hy het “regie soos ’n spons opgesuig”. liedjies nie in hul ou jassies gelaat word nie. Byna vergeet Neethling om die belangrikSy het die openingsliedere verwerk om die ste liedjie vir die Vryfees-vertoning te noem, regte atmosfeer te skep en sê die res van die Brêkfis in Bloemfontein, met sy refrein: program bestaan uit “nuwe weergawes van “Dan kom die son oor ons op en ek loer na ouer liedjies, nuwe liedjies van albei sangers sy kant toe. Om te sien of hy kyk of ek kyk wat die publiek nog nie gehoor het nie”, en terwyl die dag om ons dans, strek ons bene net om die gehoor die gevoel van vertrouden eet ons brêkfis in Bloemfontein.” heid te gee sal ou liedjies op die bekende ) Bloemnuus is ’n mediaborg van Hart en manier gesing word. see, met Laurika Rauch en Elvis Blue wat op ’n Lied waaroor Rauch, Blue en Neethling 14 Julie om 17:30 en 20:30 in Kovsiekerk te uit hul nate bars van opgewondenheid, is sien is. Kaartjies kos R180 en R150. Bespreek Meneer die Tamboerynman, ’n Afrikaanse by Computicket.
’n Rissie wat jy nie mag mis nie DIÉ rissiehappies is in die nuutste uitgawe van Sarie KOS en is behoorlik ’n mondvol geur en skop en maklik om te maak. Genoeg vir 20. S 20 groot jalapeño-brandrissies S 250 g roomkaas S 200 g mozzarella-kaas, gerasper S 150 g sterk cheddarkaas, gerasper S sout en varsgemaalde swartpeper S 3 pakke (250 g) strepiespek Verhit oond tot 220 °C. Sny elke brandrissie oop in die lengte, maar nie dwarsdeur nie. Gebruik die steelgedeelte van ’n teelepel en skraap die vlesige riwwe en pitte uit. Meng die roomkaas, mozzarella en cheddar saam in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Voer ’n bakplaat met foelie. Skep vulsel in elke brandrissie en draai toe met spek. Maak seker die brandrissies is goed bedek met die spek. Plaas op bakplaat en oondbraai sowat 25 minute in warm oond totdat spek bros is. Haal uit en sit warm voor. Chilli poppers
Foto: Micky Hoyle/Sarie Kos
Vier stoeiers van die Sand du Plessis-stoeiklub het aan die Gauteng-opetoernooi in die Wembley-stadion, Johannesburg, deelgeneem. Die toernooi is goed deur klubs van Gauteng, KwaZulu-Natal, Rustenburg, Nelspruit, Limpopo en die Vrystaat bygewoon. Stoeiers van die klub wat goed in die onderskeie afdelings gepresteer het, is Janus Kruger (goud, o.13 onder 30 kg), Hano Kruger (goud, o.8 onder 25 kg), Xantis Fourie (silwer, o.8 onder 25 kg) en Justin Haupt (brons, o.8 onder 27 kg). Van links is Janus (Laerskool Universitas), Hano (Laerskool Universitas), Paul Fourie (spanbestuurder), Xantis (Laerskool Jim Fouché) en Justin (Laerskool Jim Fouché).
‘Dit is my huis’ Gerdie Karstens
MIDDE-IN die uittog van verskeie sleutelspelers het die Cheetahs daarin geslaag om een van hul staatmakers, die veelsydige Boom Prinsloo, minstens nog ’n jaar in die Rosestad te hou. Die 25-jarige Prinsloo het ’n nuwe kontrak met die Cheetahs beding waarin hy nog tot einde 2015 vir die sentrale streek- en Curriebeker-span beskikbaar is. Sy besluit om in die Rosestad te bly is uitstekende nuus vir die Cheetahs wat onlangs ’n paar van sy staatmakers moes prysgee. Die agtsteman Philip van der Walt (Biarritz), losskakels Johan Goosen (Racing Metro) en Riaan Smit (Oyonnax), sowel as die slot Ligtoring Landman (Newport), is van die spelbrekers wat na elders op pad is, terwyl die Bok-stut Trevor Nyakane ook glo op die randjie van ’n skuif staan. Prinsloo, wat ewe tuis op agtsteman en flank is, het egter
besluit om minstens nog ’n jaar by die Cheetahs aan te bly. En die rede is eenvoudig. “Die Engelse sê: ‘Don’t change a good thing.’ “ ’n Mens moenie skuif as jy gelukkig is nie. En ek is gelukkig by die Cheetahs. Dit is my huis hierdie. “Dit het vanjaar dalk nie so goed gegaan in die Superrugby-reeks soos verlede jaar nie, maar ek glo ons is ’n baie beter span as wat ons uitslae vanjaar aandui,” het Prinsloo gesê. Hy is een van verskeie staatmakers wat ongelukkig kan wees oor hul weglating uit die Springbok-groep, maar sy droom om eendag vir die Bokke te speel is een wat Prinsloo nooit sal laat vaar nie. “Enige ou in Suid-Afrika wat ernstig oor sy rugby is, droom daarvan om eendag vir die Springbokke te speel. “Terwyl jy hier is, bly jy veg daarvoor,” het Prinsloo bygevoeg.
Die gewese Blitsbok Boom Prinsloo het die afgelope tyd met sy hoë werkverrigting beïndruk. Foto: Conrad Bornman
Gekies vir o.12-Vrystaat-rugbyspan Die leerlinge van Grey-kollege (primêr) is in die o.12-Vrystaatspan (Cravenweek) ingesluit. Van links is, voor: SP van Heerden, JD Olivier, Fritz van der Merwe en Luka Kritzinger; agter: Ricardo Fourie, Danie Louw, Steyn Pretorius en Leon Marais.
Jeanré Coetzee van die Laerskool President Brand het Suid-Vrystaat-kleure in tennis behaal. Foto: Verskaf
Die o.13-netbalspan van die Laer Meisieskool Oranje het ’n goeie naweek op die netbalbaan beleef en het as die Vrystaat-kampioene uitgetree wat volgende maand aan die Suid-Afrikaanse netbalkampioenskapbyeenkoms in Boksburg gaan deelneem. Van links is, voor: Kharma Cilliers, Tiané Theunissen en Jané Britz; agter: Minke Krüger, Bianca van der Vyver, Charlene Grevelink, Marida Myburgh, Tania Smith, Elsabé de Klerk, Megan Herbert en Lise Bezuidenhoudt.