Bloemnuusbl 20140704

Page 1

VRYDAG 4 JULIE 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Spioen toe in Plimmif Boeke oor Bfn op die spel Stoffel Cilliers DIE somber skadu’s wat die Tweede Wêreldoorlog van 1939 tot 1945 oor Bloemfontein en omstreke gewerp het, word opnuut in ’n buitengewone boek, Die Vaal Plimmif, opgeroep. Die skrywer, Fanie van Jaarsveld, ’n afgetrede argitek, dokumenteer sy veelbewoë eerste 13 lewensjaar in en om Bloemfontein op ’n besonderse wyse in dié glanspapierboek.

Die Vaal Plimmif deur Fanie van Jaarsveld (onder).

Eerstens dien sowat 140 linkerkantste bladsye as agtergrond. Daarop verskyn ongeveer 600 knap uitgesoekte koerantopskrifte, met inleidingsparagrawe en publikasiedatums. Dit kom hoofsaaklik uit die destydse Die Volksblad van tussen 1935 en 1948. Dit gee ’n beeld van velerlei aspekte van toentertyd se Bloemfontein, die Vrystaat, Suid-Afrika en Europa. As bonus volg die tweede deel, wat die skrywer waarskynlik die meeste grys hare besorg het. Hy wou die Bloemfontein van sy jeug vir die nageslag behoue laat bly. Daarvoor raadpleeg hy talle fotobronne in Bloemfontein en elders. Ook beproef hy sy geheue tot die uiterste. Eindelik teken hy 144 waardevolle sketse op sowat 100 bladsye. Die derde deel is die storie van die skrywer se jeugjare, vertel uit die oogpunt van “Ouboet”, soos Fanie as oudste kind bekend was. Dit fokus veral op hoe die kinders die grootmense se swaarkry ervaar het. Daar is egter ook amusante voorvalle. Die opskrifte, sketse en verhaal is op vernuftige wyse chronologies in die boek gerangskik. Fanie is op 19 September 1934 in hul huis reg oor die huidige stadsaal in President Brandstraat gebore. Voordat hy twee jaar oud was, was Kleinboet daar. Op vyf jaar maak Sus haar opwagting en toe hy 12 is, kom Kleinsus. Die gesin was ’n hegte eenheid. Die oupas en oumas aan albei kante het voortdurend ondersteunend opgetree. Ná die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog op 3 September 1939 skaar genl. Jan Smuts, eerste minister, hom aan Brittanje se kant teen Duitsland. Fanie se pa, toe sirkulasiebestuurder van The Friend, weier om die eed van getrouheid teenoor die Britse koning af te lê en word ontslaan.

Uit die jare toet: ’n Skets uit Die Vaal Plimmif van ’n Graham­motor voor die spoorwegstasie in Harveyweg en ’n Morris­motor voor die Spoorwegburo. Hy kry nêrens werk nie. Hy besef hy is “ ’n gemerkte man” en moet dringend uit die stad padgee. Sowat 900 mense sit toe al sonder verhoor in interneringskampe. Hy koop ’n klein, onbewerkte plasie naby Maselspoort. Hulle bly tydelik by Oupa Fanie, ’n bouaannemer, wat vir hulle ’n huisie bou. Dan volg jaar ná jaar van oorlogstekorte, oorlogsregulasies, oorlogsellendes. Elke dag is ’n stryd om oorlewing. Alles word gerantsoeneer: petrol, kos, papier. Vensters moet snags verdonker word. Staaltelefoonpale word as bomme opgesmelt. Motorligte word swart geverf, om net ’n skrefie lig deur te laat. Die bure se damwal hoër op breek en hul huis, tuin en motor word deur modder oorstroom. Dan koop Fanie se pa ’n winkel. Die gesin trek in die winkelhuis in en Ouboet en Kleinboet slaap op die stoep. Vandat Fanie nege jaar oud is,

help hy elke middag ná skool by die toonbank. Almal werk uiters hard om kop bo water te hou. Spioen in Plimmif Kleinboet kom vertel eendag dat iemand in “ ’n vaal Plimmif” (Plymouth-motor) die winkel gereeld dophou. Die winkelier word met 30 pond beboet omdat hy onwetend ’n werker ’n halfpennie te veel vir ’n bottel paraffien laat betaal het. Dit was ’n lokval wat die regeringspioen in die “vaal Plimmif” vir hom gestel het. Om hul karige inkomste aan te vul bedryf die gesin later ook ’n slaghuis. Totdat hulle ook dáár beboet word omdat hulle te veel geslag het. Later word Fanie se pa betaalmeester by ’n steenkoolmyn in Vereeniging. Die boek sluit af met die Nasionale Party-oorwinning in

Mei 1948. Fanie en sy skoolmaats haal die Vrydag daarna by die skool die rooi lussies van hul kadetuniforms af en verbrand dit in die vuur. “ ’n Imperialistiese, yl rokie trek die lug in en verdwyn.” Fanie van Jaarsveld het Die Vaal Plimmif opgedra aan sy vrou, Johanna. Sedert 1999 was sy sy navorsingsgenoot in sewe navorsingsprojekte op die gebied van die genealogie, die geskiedenis en die argitektuur. Die egpaar het ses boeke, waaronder Die Vaal Plimmif, op grond van hul navorsing self uitgereik. Die skrywer het in 1996 as argitek van Van Jaarsveld en Bonnici afgetree. Dié firma het in 1983 Volksblad se huidige gebou ontwerp. Fanie van Jaarsveld word vanjaar 80. S Vier lesers kan Die Vaal Plimmif op Bloemnuus se Facebook-blad wen.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014

Dinge te doen WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 4 JULIE S Breakfast buffet at Euro Caffé. Hotel style: Eat as much as you like from 08:00 to 11:30 daily (R59,95). Mimosa Mall, 051-4446222. See ad on front page. S Live music every Friday at the Flames Bar and Restaurant at Preller Square, Dan Pienaar. Tel. 051-492-0044. S Binnelanders: Margot se eks ontsenu haar en Quinton wil tot die redding kom. At reik uit na die Jonkers in ’n poging om sy voorgenome huwelik op koers te kry – maar dan maak Sonja ’n skokkende ontdekking. S Solo-kitaaruitvoering deur die leermeester Felix Reinders. Sy spel behoort kitaarliefhebbers te inspireer om hulle vir sy kitskursus in te skryf wat hy oor baie jare heen elke skoolvakansie aanbied. Die uitvoering is om 11:00 in die Siësta-aftreeoord in Dan Pienaar. Toegang is R20 en sluit koek en tee in. In die kursus leer Reinders, wat aan die Trinity College of Londen gestudeer het, studente om ’n kitaar te stem, van gehoor te speel, asook die gebruik van basiese akkoorde om sang te begelei. Die kursus bestaan uit ’n uur per dag vir vier dae en kos R600 wat die materiaal (tabelmetode) insluit. Reël lestyd met Reinders by 079-568-5802. SATERDAG 5 JULIE S Die Cheetahs speel om 15:00 teen die Sharks in die Vrystaat-stadion. Peter Mitchell is die gaskunstenaar. S Kansa-dag met pretdraf en -stap. Liza, 076-768-8726. S Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) in Bloemfontein hou ’n wintermark met handgemaakte produkte by die APD-kantoor langs Parkweg 47. Chri-Zade (sien foto) tree om 11:00 hier op. S InsideOut in Gariepdam se kleinteater@rolbalklub. Danie van Huyssteen, 082-337-0785. S Live music every Saturday and Sunday from 11:30 to 14:00 at Pretty Gardens.

KOM luister op die Vryfees waar die skrywer en koskenner Neil Stemmet se inspirasie vandaan kom.

Chri­Zade, bestaande uit Chris Pretorius en Marizanne Bekker, stel hul CD, Reis van liefde, met ’n konsert op Saterdag 9 Augustus om 19:30 by InnieSkuur bekend. Chris is Bloemnuus se Spontaan­wenner van verlede jaar. Navrae: 076­079­5643. S Botanical Society of South Africa: Invader Plants in the Free State, Admin Block, Free State National Botanical Garden, 10:00. Contact Deon Potgieter: deonpotgieter@iclix.co.za. SONDAG 6 JULIE S Wil jy hê jou hond moet meer gehoorsaam wees? Die Dog Training Club kan help. Hulle kom Sondae om 16:00 by die Laerskool Sand du Plessis byeen. Maak gebruik van die ingang in Hippocratestraat. Nelia Smit, smitnelia@gmail.com. S Portretkuns: Keur van 40 kunswerke uit die eerste SPI-portretkompetisie is tot 20 Julie by Oliewenhuis te sien. Die werke sluit ’n wye verskeidenheid in van hiperrealisties tot modern. S Live music elke Sondag by die Kerdoni’s Restaurant, Bayswater, van 13:00. S Die NG kerk Hospitaalpark, Moyastraat, het elke Sondag twee eredienste om 09:00 en 18:00.

Vryfees-vermaak in klub BESPREKINGS vir die Aasvoëlklub se Vryfeesprogram kan by Computicket gedoen word: S Leonard Cohen in Afrikaans: Koos van der Merwe. 15 Julie om 15:00 en 17:30. S Weskus-storievertellers: Musiekteater met Johan Bakkes, John Cloete, Cynthia Swartbooi, Thys Januarie. 15 Julie om 20:30, 16 Julie om 15:00, 17 Julie om 17:00. S A Night with great Song Writers: Henk

Woordreis oor ons erfeniskos op Vryfees

Botes. 16 Julie om 12:00. S Saaiplaas 2 Skag: Visuele woordkuns met Johan Jack Smith. 16 Julie om 18:00. S Rolling Stones-huldeblyk: The Rockspiders. 16 Julie om 21:00, 19 Julie om 14:00. S Lost Chord: Plaaslike groep met gewilde treffers. 17 Julie om 20:00. V CH2 – Vuurwarm: kitaarduo. 18 Julie om 13:30, 19 Julie om 17:00. S Radio Kalahari Orkes: 18 Julie om 16:30, 19 Julie om 20:00.

MAANDAG 7 JULIE S Binnelanders: At sal moet vinnig speel om Sonja ná haar ontdekking te paai. Die jongklomp het ’n geskenk vir Krige, maar hy weier om dit te aanvaar. ’n Hofmakery het dalk net die gewenste uitwerking. S Koop ’n burger en kry ’n tweede verniet by die Spur op Maandae. DINSDAG 8 JULIE S Binnelanders: Ilse vind uit wat Louisa pla. Sonja neem ’n dapper besluit, en Rian begin wonder of Margot heeltemal eerlik oor haar verlede is. S Liewe Heksie word van vandag tot Saterdag in die André Huguenet-teater opgevoer. Pacofs, 051-447-7772. S My boetie se sussie se ou deur Frans Swart word van 8 tot 13 Julie in die Sand opgevoer. Pacofs, 051-447-7772. WOENSDAG 9 JULIE S Pensioentrekkers kry 25% afslag op Woensdae by Beetles, Bugs & Butterflies, Vereenigingrylaan 110, Fauna. Tel. 051-4210306. DONDERDAG 10 JULIE S Lianie May in Innie Skuur. Kaartjies teen R100 is te kry by meerkatkolonie@vodamail.co.za. S Oolong Lounge in association with Laborie wine presents a Food & Wine Pairing in aid of the New Beginnings Charity at 19:00. Phone 051-448-7244. VRYDAG 11 JULIE S Binnelanders: Jana takes control of arranging Nina’s birthday party, but Quinton does not trust her – and shoots his mouth off. Wimpie tries to bamboozle someone at Eikehof and Zadie’s behaviour on the internet leaves her red-cheeked.

Kinders bly kreatief besig KINDERS tussen drie en 16 jaar kan in die vakansie op Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 10:00 en 12:00 kreatiewe werksessies in die Polkadot Craft Studio in die Pretty Gardens-leefstylsentrum bywoon. Hier is die program: S 4 Julie (6 tot 12 jaar): Maak ’n oulike skryfbehoeftehouer (R65). S 7 Julie (3 tot 6 jaar): Maak ’n gogga-deurstop (R25). S 9 Julie (12 tot 16 jaar): Maak ’n foto- of

IN agter+blad sit die tydskrif tuis se uitsoek-agterbladskrywer en bobaaskok, Neil Stemmet, die segetog voort wat hy met sy debuut, sout+peper, behaal het. In dié versameling stories wat in 2012-’13 in tuis verskyn het, is daar die innigste beskrywings van die lewe toe eenvoud nog ’n towerwoord was en mense mekaar geméns het om aan die lewe te bly. Dit word aangevul deur geliefde ou resepte en briewe so uit die hart van geïnspireerde lesers. Kleur en tekstuur deurspek die tydskrif én Niël se skryfwerk – die soort lewe vol kleur, tekstuur en volhoudende warmte waarna ons almal behoort te mik. agter+blad nooi jou as ’t ware gul: Maak vir jou ’n pot tee, gaan sit in stilte en proe die woorde sluk vir sluk om deel te word van jou eie-mens-stilte. OOR DIE SKRYWER Neil is ’n binnenshuise ontwerper, versamelaar en kurator. Projekte waarvoor hy verantwoordelik is, word veral vir hul tydlose en aardse gehalte geprys. Hy is veral bekend vir restaurantontwerp soos dié van Cuvee, die Van Niekerk-proelokaal by Simonsig en Towerbosch Aardskombuis op die Knorhoek-wynlandgoed. Tans is hy as kreatiewe konsultant verantwoordelik vir ’n aantal ontwerp- en kuratorsprojekte vir plaaslike en internasionale kliënte. Hy is al meer as 25 jaar in die restauranten gasvryheidsbedryf betrokke. Sy restaurant Le Must in Upington is as een van Style se tien toprestaurante van 2004 aangewys en sy gastehuis Le Must Residence, ook in Upington, het die gesogte American Express en AA Travel-prys vir die beste gastehuis in 2007, sowel as 2008, gewen. Sy werk, reisbeskrywings en fotografiese essays is in publikasies soos Elle Decoration en Condé Nast House & Garden gepubliseer. S Neil Stemmet is op Vrydag 18 Julie om 10:00 aan die woord in die Diakonale Lokaal 1 van die Van der Merwe Scholtz-saal. Dit duur 50 minute en is gratis.

onthouplakboek (scrapbook) (R40). S 11 Julie (6 tot 12 jaar): Mosaïek ’n swartbord vir oulike sê-goed (R45). S 14 Julie (3 tot 12 jaar): Versier jou eie kolwyntjie (R15 elk). S 16 Julie (6 tot 16 jaar): Maak 3D-diertjies met skuimklei (R55). S 18 Julie (6 tot 12 jaar): Maak ’n kunswerk met verskillende mediums (R60). Rig navrae aan Esta Joubert by 082-7691549.

Sangers nodig vir Passie BACH se Johannes-passie is een van die projekte wat die Bloemfontein-stadsorkes (BSO) volgende jaar gaan aanpak en waarvoor koorlede nodig is. Paul Loeb van Zuilenburg, die dirigent van die BSO, sê sangers van die Vrystaatse Jeugkoor van destyds het hulle reeds aangemeld, maar meer lede is nodig. Omdat min repetisies gehou sal word, moet sangers note kan lees en die musiek ken voordat hulle vir die eerste oefening

opdaag. Hulle moet ook deeglike koorervaring hê. Peter Martens, tjellis van Stellenbosch, sal die basso continuo speel en John Coulter, eertydse dosent aan die Odeion se Skool vir Musiek (OSM), die klawesimbel. Die Johannes-passie sal op 21 en 22 Maart in die NG kerk Universitas uitgevoer word. Sangers wat deel van die uitvoering wil wees, kan ’n e-pos na Van Zuilenburg by zuilenburg@gmail.com stuur.

Neil Stemmet


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014 3

Het jy gehoor? S Melanie Verwoerd se lewe het dramaties verander nadat sy Nelson Mandela ontmoet het. Mense wat bewus was van Madiba se impak op haar lewe het haar ná sy dood met stories oorval van hoe hy ook hul lewe geraak het. Melanie het die stories begin versamel en die resultaat is ’n ryk mengelmoes insigte in Mandela se siel, verskaf deur gewone mense soos sy huishoudster, die seun wat hy in die hotelhysbak ontmoet het en die meisie wat saam met hom verjaar het, en glanspersoonlikhede soos Annie Lennox, Francois Pienaar en Richard Attenborough. Op 16 Julie word die boek Our Madiba: Stories and reflections from those who met Nelson Mandela (Tafelberg) bekend gestel. S Prof. Russel Botman, die rektor en vise-kanselier van die Universiteit van Stellenbosch en wat in Bloemfontein gebore is, is oorlede. S Elana Meyer, die voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet, is op ’n drafsessie aangeval en amper beroof. Dit het op die voetpaadjie langs die Eersterivier in Stellenbosch plaasgevind. ’n Man met ’n wolmus het haar bestorm en ’n knipmes teen haar keel gedruk. Elana het aanhoudend hard om hulp geroep en toe die skurk ’n selfoon vra, het sy die afstandbeheertoestel van hul huis op die grond gegooi, hom weggestamp en weggekom. Op bl. 12 gee Elana wenke hoe om jou vir ’n marathon voor te berei. S André Venter, die Bloemfonteiner en oudlid van Romanz, het op die voorblad van Huisgenoot gepryk. S Dudu Mvimbi Leshabane, Real se redakteur, is met ingang van 1 Julie as True Love se nuwe redakteur aangestel. S FairLady se lesers kanna ’n pragtige notaboek saam met die Julie-uitgawe uitsien. Dit is beskikbaar in vier aantreklike kleure: klassieke blou en pers en swierige silwer en goud. FairLady se moderedakteur, Cara-Lee Ruditzky, kyk na 35 klassieke kledingstukke vir jou winterklerekas. Dié tydskrif is deel van Media24 Bloemnuus.

MANIE JACKSON se CD Tydlose Treffers is op Bloemnuus se Face­ book­blad gewen deur Eileen Barnard. As jy graag aan kompe­ tisies deelneem, is Bloemnuus se webblad, www.bloem­ nuus.co.za, en Facebook­blad ’n móét. Op bladsy 7 verskyn die name van nog pryswenners.

GRAIN FIELD CHICKENS, a subsidiary of VKB Agriculture Limited, is a dynamic role-player in the chicken industry with an abattoir in Reitz in the Eastern Free State. The services of the following person are currently required:

S Joey de Koker, veteraanaktrise en doyenne van radioteater, is oorlede. S Days of the Dinosaur – Die Uitstalling het met ’n slag in Johannesburg begin. Duisende mense het daarheen gestroom om hoogtepunte soos die T. rex en ’n 3D-fliek te sien. Daar is ook ’n fantastiese speelplek vir kinders waar hulle nie net kan leer oor die lewe en habitat van dinosourusse nie, hulle kan ook hul gesigte laat verf, saam met dino’s foto’s laat neem en in die opgrawing-sandput rondkrap. Die uitstalling sal nog drie weke in Johannesburg te sien wees, waarna dit van 31 Julie tot 20 Augustus in die CTICC in Kaapstad te sien is. Kaartjies by Computicket is te koop.

SHEQ Systems Administrator Abattoir Reitz

NUUT OP DIE RAK: Orania deur Mi­ chael Hammond en Hanlie Retief (Umuzi, R350). “Hammond en Re­ tief plaas dié omstrede dorpie en sy mense in konteks, menswaardig en met respek. Michael se dokumentê­ re aanslag met sy foto’s is eerlik en reguit. Hanlie kry dit reg om met min woorde ‘n kamee te skets van elke mens met wie sy gesels,” sê Phyllis Green in Sarie.

FAK-skole-ekspo nooi leerlinge DIE Afrikaanse Ekspo trek ’n nuwe baadjie aan. Dit staan vanjaar as die FAK-skole-ekspo bekend, maar is steeds ’n opwindende skolekompetisie wat leerlinge en onderwysers jaarliks verskeie geleenthede bied om in Afrikaans vlam te vat. Vanjaar is daar nog ’n kinkel: Leerlinge van oor die wêreld heen kan elektronies aan die kompetisie deelneem. Daar is reeds skole in Namibië wat hulle ingeskryf het.

Sodoende maak die ekspo dit vir leerlinge aan die uithoeke van die aarde moontlik om die Afrikaanse taal kreatief te bevorder. Die ekspo fokus veral op leerlinge se kreatiewe hantering van Afrikaans en probeer ook om ’n geskiedenisbewustheid by hulle te kweek. Juis daarom is die tema vanjaar 1914-2014. Leerlinge kan in die volgende kategorieë deelneem: historiese of beredeneerde opstelle, dagboekin-

skrywings, kortverhale, poësie, musiek en liriek, kuns en fotografie. Daar is ook geleentheid vir jou om jou vernuf in die maak van kortflieks en advertensies te wys. Leerlinge kan in skoolverband deelneem, maar kry ook die geleentheid om hulle individueel in te skryf. Inskrywings word elektronies gedoen en sluit op 31 Julie. Stuur dit aan Chrisna Nel by ekspo@fak.org.za.

Post functions: • Ensure all checks and recordings with regard to the Food Safety Management System and the Occupational Health and Safety System are done • Ensure daily process compliance with the Food Safety Management System and Occupational Health and Safety Systems • Ensure all records with regard to Food Safety Management System and Occupational Health and Safety System are signed off by all parties and filed correctly • Be responsible for daily documented control, information analyses and filing of related documentation • Assist the Training Officer in developing and upkeep of the Food Safety Management System and Occupational Health and Safety System training curriculum • Maintain the microbiological and chemical sampling programme • Create reports and graphs for Food Safety Management System and Occupational Health and Safety System purposes • Be responsible for statistical reporting on Food Safety Management System and Occupational Health and Safety System. Post requirements: • Matric/Grade 12 or NQF4 with Biology and Mathematics • Detail-oriented – this will be tested in the interview and strictly applied in the selection criteria • Vast knowledge of MS Office (especially Excel) and its functions – this will be tested in the interview and strictly applied in the selection criteria • Ability to work under pressure and to be able to multi-task • Strong self-starter, analytical and motivated person • Reliable own transport – this is a MUST and will be strictly applied in the selection criteria • Experience in related fields will be an advantage. A market-related remuneration package that corresponds with the profile of the post will be offered and can be structured according to personal preference. Contact Hein Dorfling with telephonic enquiries at 082 775 1748. Send a full CV (proof must be provided on request) to Lynnette Janse van Rensburg at e-mail: cv@vkb.co.za or fax: 086 687 3948. Please state on your application the post being applied for. Only candidates that meet the requirements will be considered. Closing date: 11 July 2014 If you have not received any correspondence within 1 month of the closing date of the advertisement, please accept that your application was unsuccessful. www.humanjobs.co.za

Human Communications 110441


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014

Getroud

Chénelle en Peter Austin.

Foto: Christo

Johnny en Ramona Mc Callaghan.

Basetsana en Taolo Thupaemang.

Lana en Sarel de Jager. Saam met hulle is Ivan en Tiaan de Jager.

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Foto: At Grobler

Karel de Klerk en Christelle Bouwer.

Foto: Genesis Images

Foto: 3T Photography

Stefan en Elzanien Lotter.

Foto: Anneke Louw

Foto: Tharina De Jager

Mashea en Fenkie Motai.

Foto: 3T Photography


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014 5

Argief: Bfn kry dalk casino Volksblad, 20 Junie 2003 BLOEMFONTEIN kry dalk sy eie casino van meer as R200 miljoen in die suide van die stad, berig Gert Coetzee. Dít sal gebeur mits die Vrystaatse dobbel- en wedrenraad Sun International en sy vennote se aansoek om die verskuiwing van ’n bestaande lisensie by Thaba Nchu na die stad goedkeur. Die plan is dat die nuwe casino, vermaaksentrum, hotel- en konferensiesentrum, vulstasie, winkels en plekke vir kindervermaak op die Musgrave-terrein net anderkant die kruising van die N1 en die Jagersfontein-pad (met Fauna, Lourierpark en Pellissier as naaste woonbuurte) gebou word. Mnr. Garth Collins van Sun International het aan Volksblad gesê dié hotelen casino-groep, sy “bemagtigingsvennote’”, Etapele Investments en die Thabo-gemeenskapstrust, pak dié voorstel saam met hul “derdepartyvennote” aan. Thaba Nchu Sun se veranderde status kan tot ’n “aanpassing” in sy personeeltal lei. Hopelik sal die meeste personeellede na die nuwe Bloemfonteinse casino en hotelkompleks oorgeplaas word. Die eerste fase behels ’n omgewingsimpakstudie om die geskiktheid van die terrein en die uitwerking op omliggende buurte te bepaal. Die impakstudie is reeds ingelui met ’n “trefwydte-studie’’ wat hoofsaaklik raadpleging met die gemeenskap behels. Collins het gesê die Bloemfonteinse casino sal waarskynlik ’n inspuiting in die plaaslike ekonomie meebring. ’n Openbare vergadering word op 22 Julie van 18:00 in die saal van die Laerskool President Brand in Pellissier gehou. Registrasie begin om 17:45.

Dié foto van Bloemfontein se Windmill­casino dateer van 2013, ’n dekade nadat die moontlikheid aangekondig is dat die stad dalk sy eie casino gaan kry. Foto: Jens Friis

SKRYF HULLE NOU IN: Bloemnuus en Athalia se Ouma en Oupa Roos­eerbewysgeleent­ heid is jaarliks ’n glansryke geleentheid. Benoem jou grootouers as ’n dankgebaar vir wat hulle vir jou oor die jare beteken het. Skryf aan ans@athalia.co.za om meer inligting te bekom of kyk op bloemnuus.co.za na die uitgawe van 20 Junie. Foto: Jens Friis


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014

Onthou jy nog?

Trompie is immergewild BLOEMNUUS plaas gereeld ’n foto uit vergange se dae op sy Facebook-blad. “Kan jy onthou?” word dan daarby gevra. Die meegaande foto het egter buitengewone reaksie ontlok en duisende mense het daarna gekyk. Bloemnuus-lesers dink duidelik met heimwee terug aan hul jonger jare toe Trompie en die Boksombende deur die SAUK op televisie vertoon is: S Danzel Trevaz Molwagae: Ingeduikte skoene en ’n kettie in die sak. S Annette Kasselman: Ja, dis Trompie en die Boksombende: Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman,

die Brak. Riaan Winter (Trompie) was saam met my op skool in Linden, Johannesburg. S Peter Fourie Fourie: My seun se naam moes Trompie gewees het! S Betsie Bester: Waar is ons bendedae? Ons het altyd Trompie gespeel. S Tersia Helena Maree: My kleinseun geniet nou ook die stories. S Ronel van Zyl: Ons het dit opgevoer toe ek in gr. 2 was – en dit was so 11 jaar terug al. S Zelzerie le Grange: Verlang die Trompie-stories baie. S Alta Jooste: Ek het ’n total crush op Trompie gehad! :-) S Norman Otto: Het die hele reeks. Goeie ou dae sonder grootmensprobleme.

Bederf van ouds WAT is jou gunsteling-soort float en waar drink jy dit graag?

APART from seeking professional advice, the latest Sanlam Benchmark Survey shows that people who are indeed able to reti­ re comfortably also share a number of other successes.

S Marie Grobler: Cream Soda float by die Waldorf. S Lydia M Wessels-Marais: Coke float by die Boerevriend-kafee, Wesselsbron, in die 1960’s. S Gerrit Coetzee: Skuimkoeldrank by die Waldorf so 50 jaar gelede. Die Oranje-kafee naby die stasie in Maitlandstraat was ook goed. S Sorine Swanepoel: Cream Soda float by die Wimpy. S Roelien Kruger Neuville: Dit lyk glad nie lekker nie. Ek drink eerder ’n lekker milkshake.

S Helena Steyn: Cream Soda in Ficksburg by Outspann. S Sandy Glenn Tersia: Cream Soda float by Waldorf in Maitlandstraat. Dit voel soos gister. Toe ons op Meisieskool Oranje was, was dit ons stopplek een maal ’n maand. Ook die Penny Whistle langs die ou Maison Costa. S Tersia Swanepoel: Cream Soda float by Fichardts se teekamer. Jare der jare gelede. S Elry Willemse: Coke float by die Dairy Den Roadhouse op die ou Brandfort-pad. S Jenny Brunyee Els: Cream Soda float. Enige plek!

Professional advice crucial for retirement Beursie roer hartsnare planning DECIDING how to invest your retirement fund money is not about completing forms. Instead, it is about making one of the biggest financial decisions of your life. Karin Muller, head of Sanlam’s Growth Market Solutions, says the latest research results from the Sanlam Benchmark Survey show that a third of all South Africans, when faced with important decisions about their retirement fund savings options, did not make use of professional financial advice, but relied on their own knowledge, that of a colleague, their human resources department or their employer. “To put this into perspective, an important consideration is that a staggering 88% of people who are financially better off in their retirement received professional financial advice.” This, she says, is clear evidence of how critical it is to ensure that you obtain advice from a professional when you make some of the most important financial decisions of your life. “Retirement fund members don’t understand that retirement planning and providing for retirement should start on day one of their employment or the date of joining their retirement fund. “The retirement planning decisions people make while they are employed will ultimately determine how comfortably they are able to live during retirement. “Unfortunately, most retirement fund members only start considering retirement when they get closer to their retirement.”

Apart from seeking professional advice, the latest Sanlam Benchmark Survey shows that people who are indeed able to retire comfortably also share a number of other successes: S They started saving for retirement a few years earlier than the average person. S They saved more each month during their working lives. S They preserved their savings when they changed jobs. S When they retired, they reinvested their lump sums to bolster their retirement income. S They had additional sources of savings, such as other retirement annuities. Muller says it is worrying that just 29% of South Africans are able to maintain their standard of living in retirement. What is more, people who retire now experience longer retirements, but have less money to live on and many are looking after dependants in their retirement. “The starting point, it seems, is to ensure that you treat your retirement planning as a priority from the day that you join a company’s retirement fund. “This means you should obtain professional advice on how to make the most of your investment in the fund and review your planning on a regular basis.” S Sanlam is the sponsor of the Forum for Community Journalists seminar which takes place on 5 September. The editorial team of Bloemnews is a member of this forum.

S Katrina Julies: Ek het só ’n pragtige een gehad vir baie lank. Myne was pienk, blou en geel. S Truksvy B&B and Koffie Sjop: Wys hoeveel sakgeld ons gekry het! S Amanda Coetzer: Dink ek het nog iewers een! :-) S Louise Greyling Muller: Ek het ook een gehad. ’n Pienke – spesiaal vir kerk! S Ronel Labuschagne: Ek het presies só een gehad! S Madeleine le Roux Olivier: Hoe lekker lag ek nou! Daar was byna jaarliks só een in ons Kerskouse. Ek onthou ’n groene, perse en gele. Die gele het ’n toutjie aangehad wat jy soos ’n mini-handsak skuins om jou lyf kon dra. Myne het nie geld ingehad nie, maar eerder moerbye, druiwe en verminkte sywurms.

Hiér het talle klas gedraf WIE het ook oor die jare heen van hul klasse hier gedraf? Dié vraag is op Bloemnuus se Facebook-blad gevra. S Marietjie Jansen van Vuuren: FGG (Flippie Groenewoud-gebou), jip! S Oerson Main-ding Nosreo: Dit was die eerste gebou waarin ek my voete geplaas het op die UV-kampus. S Danzel Trevaz Molwagae: Ek draf nog ligvoets elke dag soontoe vir een of twee modules. FGG. S Gisela Ullyatt: Was soos my tweede huis in die laat negentigs. S Teresa Visser: Ek werk daar! S Carel Aspeling: Die meeste van my klasse – 29 jaar gelede. Nou is my kinders daar. S Anzelle Botha: Was soos ’n tweede huis. S Jessica van der Watt: Ugh, defnitief tweede huis. Veral honneurs jaar. S Elana Ella Hugo: Sielkunde, Engels, Onderwys-vakke . . . S Philippe Burger: Werk al amper 19 jaar daar. S Christopher Mey: Hated that place.


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014 7

Gert Coetzee is as waarnemende redakteur van Volksblad aangestel vir die jaar wat die redakteur, Johanna van Eeden, in die buiteland gaan studeer met ’n Nieman­genoot­ skapsbeurs. Coetzee is ’n oud­Sentraler en ’n oud­Kovsie. Hy was in 2001 Media24 se Londense korrespondent en is ook ’n voormalige Rykie van Reenen­genoot (gesekondeer­ de dosent in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch). Van Eeden verlaat Volksblad op 21 Julie en keer in Junie 2015 na Suid­Afrika terug.

Wel en wee

S Franco Smith (41) neem die leisels as die Shimlashoofafrigter vir 2015 se Varsitybeker-reeks by Michael Horak oor. Michael het hom as verdedigingsafrigter by die OP-Kings aangesluit.

S Jean Greyling is uit die Grootvlei-tronk onder korrektiewe toesig vrygelaat. Hy is in Oktober gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ’n onthaalsaal op die Emoyalandgoed aan die brand gesteek het nadat die landgoed weens wanbetaling geweier het dat hy en sy gade, Lianné, daar kan trou. S Miguel Borge, vroeër die eienaar van Vida e Arte in Westdene, het ’n uitgebreide reis onderneem en was verlede week in Vancouver, Kanada, en Alaska in Amerika.

S Die volgende Bloemnuus-lesers het pryse gewen op www.bloemnuus.co.za en Bloemnuus se Facebook-blad: * Hannetjie Odendaal (twee kaartjies na Theuns Jordaan se konsert) * Christa Pretorius en Zelna Voges (vier kaartjies na Snotkop se konsert); * Suezette Basson (Wicus van der Merwe, Popster); * Colinda Bothma (Grootste Afrikaanse Sokkie 10); * Christa Beyers (Nicola Hanekom, Die pad byster); * Melanie Anderson (Ena Murray, Keur 1); * Braam Burger (Soek die meerkat – met vakansie); * Trudie Pretorius (Soek die meerkat – deur tyd); * Cecile Burger (Rudi Muller, Telestai); * Barend van der Mewe (Arjana, By U); * Sunette Hiten (Karina M. Szczurek, Invisible); * Hanley Fourie (Pret met

Konica Minolta Business Solutions het sy Awards Dinner gehou waar erkenning aan uitmuntende werksprestasie gegee is. Hier is Ryno Opperman links, besturende direk­ teur van Konica Minolta en Ronald Rens.

Getroud: Anne­Marie en Clifton Bold.

plaasdiere); * Eileen Barnard (Frikkie, Dis hoe ek rol); * Amanda Burger (Pret met wilde diere); * Daphne Venter (Forged in battle); * Sarnel Kotze (Erika Murray-Theron, Stippellyn); * Dane Oosthuizen (Johnny Cash, Out among the stars); * Maxie Booysen (Miriam Koch, Andries Anders); * Mariëtte Joubert (Schmidt en Westendorp, Wannie van die woonstel).

S Leandri Wessels (27) van Bloemfontein is ’n finalis vir Sarie se Voorbladgesig 2014. Byna 12 000 inskrywings is ontvang en nou is 36 finaliste aangewys. S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Maria Jacoba (Relene) van Zyl (1952) * Maureen van der Walt (1919) * Leonard Dickson Bastone (1920) * Maria Doman (1924) * Anna Maria Elizabeth Viljoen (1926) * Petrus Johannes Maria (Rassie) Erasmus (1928) * George Christiaan (Chris) du Preez (1929) * Yvonne Cecilia de Bruin (1937) * Ivan Gerber (1941) * Koos de Bruyn (1947) * Esme Earl (1955) * Johannes Herodiumus (Johan, Donkie) Joubert (1957) * Fanie Killian (1959) * Amelia van Niekerk (1965) * Chené Swart (2014)

Foto: Gillis

’n Verslete bord dui aan hoe ver wêreldstede van Malealea in Lesotho is.

Foto: Jens Friis

Mans lees kaarte beter – navorsing Jens Friis ’n VERSKIL in die samestelling van mans en vroue se brein is die rede waarom mans beter kaartlesers is as vroue, toon nuwe mediese navorsing. ’n Rit per motor is vir vele pare ’n beproewing. Meestal bestuur Meneer terwyl Mevrou die kaart dophou. Jy kan maar weet: Kort voor lank is daar onenigheid oor die beste roete – veral omdat Meneer ’n onwrikbare geloof in sy bestuurs- en

kaartleesvermoëns het. Die gedagte dat mans ’n beter ruimtegevoel het as vroue is tot nou as ’n teken van seksisme afgemaak. Amerikaanse wetenskaplikes glo hulle het ’n klinkklare bewys gevind dat mans beter kaartlesers is. Hiervoor is sekere breinfunksies verantwoordelik. In die brein is daar sowel grys as wit selle en hierin skuil die antwoord op die vraag watter geslag ’n kaart die beste kan lees, het die Britse koerant

Mail berig. ’n Steekproef het getoon dat mans ses keer meer van die grys selle gebruik as vroue. Dié selle is noodsaaklik vir die verwerking van inligting. Dit speel ’n sleutelrol in wiskundige probleme en die ontsyfering van ’n kaart. Hierteenoor gebruik ’n vrou veel meer van die wit selle. Dit is verantwoordelik vir onder meer taalgebruik, emosionele denke en die vermoë om twee dinge tegelyk te doen.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014

Só sê . . . Danielle Hattingh

DANIELLE HATTINGH, bestuurder van die Pretty Gardens-leefstylsentrum en direkteur van kommersiële eiendom by Brocor, het met JENS FRIIS gesels.

S Wat is jou grootste tekortkominge? Ek is ongeduldig en ’n perfeksionis. S Wie en wat kan jy nie verduur nie? Arrogansie en I cannot suffer fools.

Danielle Hattingh

S Wat is jou kenmerkendste eienskap? Waarskynlik my toegewydheid.

Werd om te weet

S Die departement drama- en toneelkunde hou die naweek van 18 tot 20 Julie op die Vryfees ’n halfeeu-reünie. En daarmee saam ook ’n reünie van Huis D.F. Malherbe. Luwes sê die departement wil hiermee ’n klomp oudstudente op die kampus kry wat ook sommer die fees kan bywoon. Oud-dramastudente en -dosente, asook ou Malhuis-manne, kan vir Kathy Verwey by Verweyke@ufs.ac.za vir inligting kontak en om vir daardie naweek te bespreek. S The global community will celebrate Mandela Day on 18 July, a day in which citizens the world over are called on to give 67 minutes of their time to make a difference in the communities in which they live. By taking their 67 minutes to donate blood, they can save up to three lives. The South African National Blood Service (SANBS) in Bloemfontein was set a target of 2 272 units of blood for the month of July. That is 114 units every day to make this a memorable Mandela Month and help to save the lives of all of those in need. Do the right thing, become a regular blood donor and make a difference in someone else’s life. For more information call Natalie Booysen on 051-447-4122. S Sou jy eerder in die ou of nuwe Suid-Afrika wou woon? Só het Bloemnuus op sy webblad, www.bloemnuus.co.za, gevra. In dié peiling het 49% gestem dat hulle die ou Suid-Afrika verkies en 51% die nuwe Suid-Afrika. S Die nuwe Louws Keys-megawinkel in die Skoubrugsakepark langs Kolbelaan is voltooi. Dit bied ’n wye verskeidenheid sekuriteitsprodukte op ’n eenstopgrondslag enig in sy soort in die Vrystaat.

S Die gevaarlikste diere (vir die mens) is nie haaie, leeus, olifante of krokodille nie. Hierdie twyfelagtige eer kom die rot en die muis toe. Dié twee knaagdiere is draers van meer as 20 patogene organismes wat siektes soos tifus en builepes veroorsaak. In die afgelope 1 000 jaar het hierdie diere na berekening meer mense se dood veroorsaak as al die oorloë in die hele wêreld tesame, volgens Raar maar waar deur Koos Human. Daarby teel hulle teen ’n ongelooflike tempo aan. Een paar rotte kan in ’n jaar ’n familie van 2 000 tot stand bring. Boonop begin hulle al op die leeftyd van drie maande voortplant. ’n Rot kan teen byna enige vertikale oppervlak opkruip, anderhalwe kilometer teen ’n sterk stroom opswem, ’n meter hoog in die lug opspring, 15 m ver val sonder om iets oor te kom en ’n prooi twee keer so groot as hy doodmaak. In Asië verslind rotte byna 50 ton rys per jaar. S Die straatnommer van Volksblad (en ook Bloemnuus) se tuiste in Bloemfontein het oor die jare “79” gebly, maar die straatnaam het drie keer verander. Tans is dit Nelson Mandelarylaan, maar vroeër was dit Voortrekkerstraat en aanvanklik St. Johnstraat. S Op Dinsdag 1 Julie het die tweede helfte van die jaar aangebreek. S Onthou jy die winkelgroep PK? Dit het takke in Bloemfontein, Welkom en Kroonstad gehad. In The Friend-koerant het hulle só in 1971 geadverteer: * Mrs Ball’s Chutney – 19c * Coronet Toilet Rolls – 3 for 22c * Van Riebeeck-kitskoffie – 65c * Marmite – 16c * Spek, 250 g – 22c * Kleenex Casino Tissues – 19c.

S Wat is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Dit is beslis Full House en Margaritas.

S Wie of wat was jy in ’n vorige lewe? Ek sê nog altyd ek glo ek was Cleopatra.

S Wat sou jy dan vir ete maak? Tapas met ’n goeie bottel rooi wyn.

S Watter CD is in jou motor? Ek luister na my gunsteling-band, Phoenix.

S Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Ek dink op die verhoog.

S Jou kosbaarste besitting? My familie en goeie vriende.

S Lees jy enige boek(e)? Ayn Rand se The Fountainhead.

S Wat is jou grootste vrees? To reach for the stars and never get there.

S Laaste fliek gesien? Wolf of Wall Street was briljant. S Wat is die diepste put van ellende? Vir my is dit ’n geamputeerde siel. S Wat maak jou nostalgies? Herfs, Namibië en Puccini.

S Waaroor is jy spyt? Regrets. I have a few, but too few to mention. S Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Warren Buffet, Tokyo Sexwale en ook Giorgio Armani.

S There’s a fine line between fishing and just standing on the shore looking like an idiot. – Steven Wright

S Good actors and real dirty clothes in washing powder adverts are rarely seen together. – Pietman Die Skot (@peter2mitchell)

S Being powerful is like being a lady. If you have to tell people you are, you aren’t. – Margaret Thatcher

S A true friend is someone who stabs you in the front. – Oscar Wilde

S Be kind to your children, they are the ones who will choose your rest home. – Phyllis Diller

S Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Die meeste van my tyd gaan in werk in, maar ek geniet die gimnasium, om te lees en aan marathons deel te neem. S Waar sou jy eendag wil aftree? Enige plek in Afrika, my hartland!

’n Noot vir ’n brood

Joan Rossouw (agter) en Mary Botha is in 1951 as Raats gebore.

Net soos vinkel en koljander

TWEELINGE kan foto’s vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com stuur. Kleurfoto’s van goeie gehalte word verkies.

DIE Versekeringsinstituut van die Vrystaat (IIFS) skenk elke jaar R5 000 aan ’n benoemde behoeftige instansie. In 2013 is besluit om met die R5 000 te woeker en ’n selfs groter verskil te maak. Vandaar die idee en die eerste Noot vir Brood-musiekaand, wat gegrond is op die immergewilde Noot vir Noot-speletjieprogram, met ongeveer 15 spanne en toeskouers wat die koste van die aand dek. Dit was ’n groot sukses vanweë die steun van borge en ook ’n vennootskap met Sasko waardeur Sasko ’n brood skenk vir elke brood wat die IIFS koop. Daar is verlede jaar ongeveer 3 500 brode oor drie weke aan vier behoeftige instansies gelewer. Die instansies was die Budene-sorgsentrum vir gestremdes, Laer- en Hoërskool Bloemfontein se Sop-enbroodjieprojek, Vrystaat-versorging in Aksie en die Klipkerk se sopkombuis. Vanjaar wil die IIFS die brode wat aan behoeftige instansies geskenk word tot ongeveer 7 000 verdubbel. Daar word gehoop om 100 deelnemers te lok en die toeskouers tot 150 te vermeerder. Daar word beplan om die IIFS se Noot vir Brood-liefdadigheidsaksie te laat groei tot ’n vlagskipprojek in die versekeringsbedryf en ook om aan die Vrystaatse publiek die geleentheid te gee om ’n verskil te maak. Elke borg van meer as R1 000 kan ’n behoeftige instansie benoem en deel wees van die finale trekking tot aangewese instansies. Borgskappe van meer as R5 000 se benoemde instansies sal outomaties in die eindelike lys van aangewese instansies gelys word. Soos KaluKalu immers een keer opgemerk het: “Die dinge wat jy vir jouself doen, is weg as jy weg is. Maar die dinge wat ons vir ander doen, bly agter as ons erfenis.” Vir inligting skryf aan Chantelle Dippenaar by chantell.dippenaar@mf.co.za of bel haar by 051-410-9297.

‘My kat hakkel’

Oase ___________ PETER MITCHELL tree ná die Cheetahs se wedstryd Saterdag op die Castle Deck op. Twee van sy CD’s is op Bloemnuus se Facebook-blad te wen. Dié aanhalings bly hom oor die jare by:

S Wie is jou helde? Albei my ouers en die sakeman Anton Rupert.

S Moenie terugslaan nie, slaan eerste. – Langenhoven

Dora Gelderblom (links) woon in die Paarl en Isa Lubbe in Universi­ tas, Bloemfontein. Hierdie tweeling is op 16 Augustus 1934 in On­ seepkans gebore. Dora het onlangs ’n paar weke in Bloemfontein gekuier. Die twee sit nie stil nie, maar bak, kook konfyt, stap en gesels baie. Hulle geniet nog goeie gesondheid en word op 16 Augustus 80 jaar oud.

“MY kat hakkel,” sê die man vir die veearts. “Dit is die eerste keer dat ek hoor ’n kat hakkel,” sê die veearts. “Maar dit is waar. Die hond storm my kat en dan sê die kat: ‘Vvvvvv . . .’ ” “En dan?” “En voordat die kat kan sê: ‘Vvvvvoertsek!’ byt die hond haar!”


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014 9

ALGEMENE & HUISDIENSTE

PERSOONLIKE DIENSTE

HERSTELWERK 1818

FINANSIEEL

SPESIALE DIENSTE: Alle huisherstelwerk, loodgieterwerk, dakke, elektriese probleme. %084 362 6114, a/u.

1420

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com FUNKSIES & KONFERENSIES

HUISVERBETERINGS BINNE

OP SOEK NA 1485

I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.

VAKANSIE & REIS

TE KOOP

AANDAG

EIENDOMME

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

MEENTHUISE TE HUUR 3325

Netjiese, ruim 2-slk te huur in LHP. In veilige kompleks, toesluitm/h en afdak. LugreĂŤling, alarm, koopkrag, R5 800 p.m. Skakel Piet by 082 336 2346.

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

1425

JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645

AKKOMMODASIE 2635

HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild, slaapplek vir 1 - 6. Beste tarief heeljaar. 044 695 0219/082 641 4092.

Qualified Earthmoving and Diesel Mechanic with 5 years' experience. No chancers! CV can be faxed to 051 432 8259. E-mail: acg.weartek@gmail.com

ALLERLEI 1655

LENINGS 1445

Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za

EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP Broeigereed Pare asook los eende. Goeie Bloedlyne. Kontak Cherryl Tel:056 515 3963 Sel 076 246 1414 E-Pos: cherylgebrands@gmail.com

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014

Phia wil Kanaal deurkruis nes Webb

Dr. Phia Steyn

DR. PHIA STEYN, ’n oud-Bloemfonteiner, gaan ysige water aandurf om oor die uitdagende Engelse Kanaal te swem. Matthew Webb was die eerste om dit 143 jaar gelede te doen. Steyn (41), wat tussen 1997 en 2003 ’n lektor in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) was, gaan die meer as 35 km ysige seestrome tussen Engeland en Frankryk aanpak. Sy hoop die water sal ’n gangbare 15 °C wees. Steyn woon sedert 2003 in Alloa, Skotland, waar sy ’n dosent in Afrika- en omgewingsgeskiedenis aan die Sterling-universiteit is. Steyn het as jong leerling aan die Laerskool Universitas in Bloemfontein mededingend begin swem. Op hoërskool aan Sand du Plessis het sy ’n wyle opgehou swem en begin verlede jaar weer ernstig vir die Kanaal begin oefen.

Op die smalste deel is die Engelse Kanaal sowat 34 km breed.

Swemmers is verheug wanneer hulle die kalkwit rotswande aan die kus van Engeland gewaar.

Só het The Times destyds oor Webb se geslaagde swempoging berig.

Die maalkolke onder die Niagara­waterval tussen Kanada en Amerika het Matthew Webb se lewe geëis.

Britse swemheld sterf toe in waaghalspoging VANJAAR 143 jaar gelede het die eerste mens deur die Engelse Kanaal (33,8 km) geswem. JENS FRIIS vertel meer. IN vasvraprogramme is dit ’n klassieke vraag: “Wie het eerste suksesvol deur die Engelse Kanaal geswem?” Wat min mense egter weet, is dat Matthew Webb ver van sy eilandland dood is, tydens ’n waaghalspoging wat só gevaarlik was dat sommige dit as selfdood sou beskou. Dit was 143 jaar gelede dat Webb hom skilpadvet teen die koue gesmeer en met ’n rooi syswembroek in die koue water by Dover ingeduik het. Dié handelsvlootkaptein het goed gevorder op die 33,8 km na Calais in Frankryk totdat die gety en seestrome verander het. Die nag deur is brandewyn, koffie en vleistee van ’n boot af vir hom aangegee. Gelukkig het hy gereeld 15 km tot 25 km langs die Engelse suidkus geswem om aan die koue water gewoond te raak. Dié oefening het begin nadat hy in ’n koerant gelees het van ’n mislukte poging van iemand om deur die kanaal te swem. Webb se eerste poging het misluk, maar hy het besluit om weer te probeer. Ná ’n allemintige 62,8 km se borsslag het hy met die tweede probeerslag ná 21 uur en 45 minute voet op Franse grond gesit. Die posskip The Maid of Kent het hom met Rule Britannia gesalueer. Met sy terugkeer was hy ’n nasionale held. ’n Triomfboog is in sy tuisdorp, Shropshire, opgerig. “At this moment the Captain is probably the bestknown and most popular man in the world,” volgens die Daily Telegraph. Webb sou voortaan reis, lesings gee en swem. Ná ’n paar jaar het belangstelling in sy doen en late gekwyn. Boonop het hy die meeste geld bestee of weggegee wat hy met sy swemtog gemaak het. Dit het Webb genoodsaak om aan projekte deel te neem wat vir hom vernederend moes wees. So het hy 60 uur lank in die walvistenk van die Royal Aquarium in Westminster gedryf. Ook het hy ingestem om in die yskoue water van die Lancashiremeer te swem. Só uitgeput was Webb dat hy ná hipotermie uit die water getrek moes word. Tog moes daar brood op die Webb-gesin se tafel wees.

The Champion, ook bekend as The Wonder Pub, langs Wellsstraat in Londen is bekend om sy pragtige loodglasvensters soos dié een waardeur Matthew Webb verewig is. Webb het ’n uitvinder geword, maar min mense het ooit sy fiets of swemapparaat gesien. Blykbaar het Webb sy neus in ’n toetsvlug met sy vliegmasjien met klappende seemeeuvlerke gebreek. Die Webb-gesin het na Amerika verhuis. Webb het gemeen dit sou sy aansien en armoede goed doen om te swem deur ’n deel van die Niagararivier wat daarom bekend is dat dit uiters gevaarlik is. Op ’n nuuskonferensie het hy vertel hoe hy dit sou doen. ’n Klein bootjie sou hom tot onder die Niagara-waterval neem.

Hy sou uitspring en saam met die stroom dryf, deur versnellings en maalgate. Stuk-stuk sou hy onder water swem omdat dit blykbaar só makliker sou wees om die Kanadese grens te bereik. ’n Mens jaag nie met vooropgestelde idees ’n vreemde omgewing binne nie, het inwoners gewaarsku: “Dit is ’n onbekookte selfdoodplan, 80 mense het reeds só gesterf.” Soos die Nederlanders egter sê: “Langs de rand van de afgrond is het uitzicht het mooist”. Slegs deur hierdie kans te waag, het Webb gemeen, sou hy genoeg geld maak én boonop weer ’n held wees. Geklee in dieselfde rooi swembroekie waarin hy deur die Engelse Kanaal geswem het, het Webb op 24 Julie 1883 in die Niagararivier gespring. Eers het dit goed gegaan, maar die versnellings en maalstrome was erg. Drie keer is hy onder die water vasgesuig en het tientalle meters verder weer verskyn. Die vierde keer het sekondes, minute en later ure verbygegaan, maar Webb het nie weer opgekom nie. Vyf dae later is sy lyk stroomaf deur ’n hengelaar gevind. Webb is in die Oakwood-begraafplaas aan die voet van die Niagara-waterval begrawe. In 1908, wat sy 60ste verjaardag sou wees, is die Webb-gedenksteen in sy geboortedorp opgerig met die inskripsie: Nothing Great is Easy.

Matthew Webb was só bekend dat selfs vuurhoutjiedosies met ’n skets van hom versier is. “Het jy ’n Webb?,” sou rokers vra as hulle wou weet of jy vir hulle ’n vuurhoutjie (light) het.


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 JULIE 2014 11

Prepare for a marathon

Easy-to-follow three-month guide to building up to a 42,2 km run THE Cape Town Marathon in September wil be Africa’s first city marathon. It is hoped that it wil be as popular as the New York, Berlin, London, Chicago, Boston and Tokio city marathons. Here are some of the athletes of Elana Meyer’s athletics academy in action in Groenpunt. Photo: Michael Hammond WITH Africa’s first city marathon taking place on 21 September in Cape Town, already 1 500 entrants have signed up within the first month of registration opening. Runners are eager to take advantage of the scenic value and spectator benefits that this newly-revitalised marathon event will offer. The question, though, on many a mind is how do runners prepare themselves for such a task, especially over the notoriously flu-prone winter period, when every bit of spare time available is required for training. Elana Meyer, former long-distance runner and Olympic medallist and the Cape Town Marathon’s

official coach, Mauritz Jansen van Rensburg, share some insight into what to focus on when preparing for a 42,4 km run. BEFORE TRAINING 1. Get a decent pair of running shoes by visiting your local sportswear shop and seeking advice on a running shoe that fits snuggly and offers natural support to your arch. 2. Get a training partner, if you can, to support and motivate you, particularly on difficult days or moments when you just wish you could give up. 3. Have a training goal (that will

What to eat when training A GOOD diet, with the right nutrients, is essential to sustain weeks of running, training, and then during the marathon itself. The Cape Town Marathon recommends the following tips to maintain a marathon training-appropriate eating regime: S Your diet should be high in carbohydrates, moderate in protein and low in fat, with a good intake of water. S The best sources of carbohydrates include grain products (preferably low grains) such as bread, rice, cereal and pasta, as well as fruits, vegetables and low-fat dairy products. S Good protein foods to eat after a run (which help to repair damaged tissue and stimulate quicker recovery) include milk, cheese, yoghurt, white meats and eggs. S Good fats from natural food sources include avocados, fish, almonds, soybeans, olive oil, flaxseed, eggs and yoghurt. S Potentially changing your regular meal plan to include more carbohydrates and less fat

should start at least two to three months before the marathon. Low-GI carbs such as wholegrain bread, pasta and rice are ideal to introduce into your general diet. The final week is when real carbo-loading should take place, making pasta and porridge your friend. S A few hours before the run, eat a meal high in low-GI carbohydrates, moderate in protein and low in fat, such as a yoghurt smoothie with fruit, porridge with fruit, a chicken sandwich and fruit or toast with honey. S During the run, replenish your carbohydrate store with by eating sports gels, isotonic drinks, bananas, oranges, honey, dried fruit, jelly or sweets every 45 to 60 minutes, with around 30 to 60 grams of carb per hour, and stay hydrated with plenty of fluids and electrolytes. S During the first 30 minutes after a race, refuel your body with a good mix of carbohydrates and protein. This could include chocolate milk, yoghurt smoothies and lots of fruit.

motivate you on days when you don’t feel like running), like entering the Cape Town Marathon. 4. Pick out a beautiful running route that will stimulate all of your senses as you set out on the road. Running has a powerful ability, not only to nourish you physically, but mentally and spiritually, too. 5. Dress appropriately for weather conditions. Don’t fall into the trap of wearing a polycotton T-shirt that suffocates your body and prevents it from getting the air it needs. DURING TRAINING 1. Warm up before you train. 2. Run at a pace that is comfortable for you and take it one step at a time (walk before you jog, jog before you run, run before you sprint). 3. Listen to your body. 4. Map out a marathon course that you plan on tackling in three months’ time that carries the same topography you will be encountering during the Cape Town Marathon. If you live in a flat area, try to train on a treadmill and alter the incline periods frequently, or run up and down the stairs. 5. Increase your training programme gradually by not allowing yourself to get greedy. It’s not a cram-fest, it requires time, patience and focus. Your body will respond more positively to a steady, slow increase in training, preventing unnecessary injuries and illnesses. And to top it all, get plenty of sleep. 6. Incorporate strength training and core stability exercises into your training programme. 7. Have fun when you train by adding variety (different routes, distances and speeds). 8. Fuel your body with good nutrition to have “petrol in the tank”. For instance, hydrate on your runs by sipping a sports drink and/or energy gel (as opposed to water) that contains a nice mix of fluid, carbohydrates, electrolytes and sodium. 9. Cool down and stretch slowly after your run. JUST BEFORE THE BIG DAY 1. Run a “dress rehearsal” at least a week before the marathon, running in the actual gear you will be using on the day of the race. Visualise yourself enjoying a strong, relaxing

Elana Meyer and Zola Budd­Pieterse, a former Bloemfontein resident, after Zola’s gold medal win at this year’s Comrades Marathon.

Photo: Diaan Vivier

run, which will boost your confidence and give your body the all-important last-minute conditioning it needs. 2. Relax in the week prior to the race, by keeping your after-hours schedule down to a minimum. Manage your work demands so that they don’t evoke too much mental or physical stress and decline social invitations, if need be.

The point is to relax and grow your inner strength as much as possible. 3. Increase your carbohydrate intake in the last few days before the race. Meals that include pasta, potatoes, bread, fruit, milk and yoghurt, as well as sports drinks, are a good call. All of these will fuel your ability to sustain a good run on the day.


Dít het jy nie van Zola Budd geweet Jens Friis

Zola Budd, Bloemfontein se goue meisie op die atletiekbaan.

’n RASEGTE Cockney uit Engeland, die oupa van Zola (Budd) Pieterse, was Die Volksblad se eerste fotograaf. Mnr. Frank Budd het destyds van Engeland na die Vrystaat gekom om ’n rolpers te installeer, maar op die ou end Bloemfontein, waar hy in

1921 as Die Volksblad se eerste heeltydse fotograaf en blokmaker aangestel is, sy tuiste gemaak. Hy moes letterlik alles self doen: Foto’s neem, blokke maak en het boonop niemand gehad om herstelwerk te doen nie. Daarby was hy toentertyd die enigste beroepsfotograaf in

Blink uit

die stad, volgens die Feesbylae van die Nasionale Pers (19151990). Troues en sosiale geleenthede het Budd feitlik heeltyds besig gehou. In 1923 het hy die maatskappy Bloemfontein Process Engraving geregistreer. Met ’n kort onderbreking het die maatskappy tot in 1979 die koerant se foto’s geblok.

Mnr. Budd se seun, mnr. Frank Budd jr., het deur Bloemfontein Process Engraving ’n lang verbintenis met Die Volksblad gehad. S Ter viering van Volksblad se 110 de bestaansjaar verskyn ’n rubriek op weekdae in Volksblad op bl. 2. Moet dit nie misloop nie.

Die Laerskool President Brand se o.12­netbalspan het die Vrystaat­ kampioenskapsbyeenkoms gewen. Die span sal op 26 Julie aan die Suid­Afrikaanse uitdaagreeks in Boksburg deelneem. Van links is, voor: Lehandri Robberts, Tomei van Wyk en Annebelle Els; agter: Carlien Els, Su­Mari Gouws, Megan Karsten, Elri Groenewald, Dané Scholtz en Abbey Fivaz.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.