Bloemnuusbl 20140711

Page 1

VRYDAG 11 JULIE 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

Gewild

Beseer

Kokkedoor

Kaartjies vir Snotkop se konsert vlieg

Heinrich draf nie uit vir Cheetahs

Magda wys jou hoe op Vryfees

Foto’s ingewag

bl. 4

bl. 8

GRATIS

bl. 7

Met die aanbreek van Julie is die jaar oor die halfmerk en só ook Bloemnuus se Troufoto van die Jaar­kompetisie waarin duisende rande se pryse gewen kan word. As jy dus nog jou onlangse troufoto wil instuur, is dit nou die tyd. Vir meer besonderhede kyk op bl. 6. Die meegaande foto is geneem op die Cheetah Lappies Labuschagne en sy vrou, Lenè, se troue. Foto: Tania Allen


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

Só sê jy oor koperplate wat voete kry KOPERPLATE van dié monument op Hoffmanplein kry voete en word waarskynlik as skrootmetaal verkoop. Die monument is opgerig ter ere van gestorwe soldate wat in die Eerste en Tweede Wêreldoorloë geveg het. Ontstoke lesers het só op Bloemnuus se Facebook-blad hieroor gereageer: S Hannelie Schimper: Jy weet . . . S Tim Taylor: Nee, nee, nee. Ek glo dit nie! S Anita Dreyer Stanley: Skandalig, dit is wat dit is, skandalig! S Sanet de Klerk: Vuilgoed! Sit iewers ’n kamera op. S Chris. F. Nel: Hulle sal die kamera ook steel. S Lizette Henning: Sjoe, dis hoofletter BAD. Sit asseblief tralies rondom – ver genoeg dat die diewe nie hul hande daarop kan lê nie. S Hannelie Gobey: My oorlede pa se oom en naamgenoot se naam het ook op daardie plate gestaan. Hy was so trots daarop. Dit maak my hart so ongelooflik seer.

LESERSLENSFOTO: Die Koningin van die Winter het haar towerstaf geswaai en buiten die bibberende koue ook iets moois na Bloemfontein gestuur. Zibeth Coetzee het die bevrore spuitfontein af­ geneem nadat die kwik ­8 °C gedraai het. Zibeth is hierdeur ’n eetbewys van Ro­ sie’s Brasserie in die Windmill­casino ry­ ker. Lesers is welkom om hul foto’s na jens.friis@media24.com te stuur.

S Telanie Hartslief: Niks hou in die middestad nie. Die strate daar en die plein is die vuilste gedeelte in Bloemfontein. S Aubrey Dewey Bozella Olivier: Hulle moet die hele monument verwyder en in ’n plek van beskawing gaan oprig.

Koperplate op dié monument op Hoffmanplein kry voete. Foto: Jens Friis

S Jacques Muller: Mens kan glad nie meer koper of grafstene aanbring nie. Gaan kyk net hoe lyk ons begraafplase.

S Jenny Brunyee Els: Hoekom het die koper nie die polisie gekontak nie? Dan is hy ook maar net so skelm.

S Quintus Fourie: Dis 2014, nie meer 1990. Dis tyd dat Nelson op Naval Hill vir scrap metal opgesny word.

S Carl du Toit: Ek stem, daai kopers is dan net so skuldig en het ook geen gewete nie.

Nuus in kort S VLIEGTUIG moes omdraai: ’n Vliegtuig van SA Express wat onderweg was van Johannesburg na Bloemfontein moes omdraai omdat daar fout met die stuurmeganisme was. Die vliegtuig was Maandag reeds op pad na die aanloopbaan toe opdrag gegee is dat dit moes omdraai. ’n Passasier het Bloemnuus uit die vliegtuig laat weet dit is die hoeveelste keer dat hy weens tegniese probleme laat vir ’n afspraak in Bloemfontein gaan wees. “Die maatskappy se naam is SA Express, maar sonder ‘Express’.” Bloemnuus het vantevore al oor soortgelyke oponthoude berig.

S Die Hoërskool Böhmer hou die naweek van 6 tot 8 Februarie 2015 ’n reünie vir alle leerlinge en oudonderwysers wat tussen 1986 en 1990 by die skool betrokke was. Bel Tima Smith by 083-388-1190. S Vanjaar bied die Nasionale Kunstefees (3 tot 13 Julie) in Grahamstad sy grootste program nog aan. Dit sluit sowat 3 000 opvoerings in 50 lokale in. Verlede jaar het die fees R349 miljoen vir die Oos-Kaap ingebring. Meer as 40 lande se mense is vanjaar op die fees betrokke en dit word in die talle buitelandse produksies weerspieël.

DAAR was eens die 007­fliek Diamonds are forever en die leuse van die De Beers­diamantmaatskappy is “A diamond is forever”. Maar ’n diamant is egter wel onder buitengewone omstandighede vernietigbaar. Indien verhit tot ’n temperatuur van sowat 840 °C, byvoorbeeld met ’n blaaslamp, sal ’n diamant verbrand en in grafiet omgeskep word. Dit is dus nie noodwendig “vir altyd” nie. Terloops, die woord karaat is afgelei van die Arabiese kwierrat wat “saad” beteken. ’n Karaat is gelykstaande aan 0,2 g.


Onthou jy nog? S Annetjie Swart Mostert: Caramel Treat kom nie naby die ou metode nie. Hoe water my mond nou. S Madeleine Le Roux Olivier: Ek en my vriendin het die blikkie op die stoof vergeet. Met katastrofiese gevolge. Haar ma was goed boos vir ons.

Só het lesers op Bloemnuus se Facebook-blad op dié foto gereageer:

S Lorraine Blumenthal: Goeie ou dae. Wens net vandag se kinders wil dit probeer speel. Ons klomp het nou die dag bok-indie-hok gespeel.

S Helena Steyn: My kleindogter van drie jaar het dit nou die dag selfs geloop en sing. Sy het dit by die kleuterskool geleer.

S Dawn Els: I forgot it on the stove once to rush to my kid’s school concert – not even the ceiling was spared. Cat and dog was quite jumpy and didn’t trust the kitchen for quite a while. Since then I do them in the pressure cooker, around three at a time and less than half the cooking time. S Adri de Vos: Ja, hoe ek gebrand het toe my eksman dit gekook en daarvan vergeet het. Letsels vir die res van my lewe. Ek koop eerder klaar karamel.

GROOTSTE IN SY SOORT: Bloemnuus se Facebook­blad is die grootste in sy soort in sentraal­Suid­Afrika. Dié plaaslike koerant het Maandag 6 000 lede gehad. Is jy al een van hulle?

Lag ’n slag S Die Ritsim (2013) doen die volgende pick up lines aan die hand: * Kan jy dalk my hand vashou, ek wil graag ’n entjie gaan stap. * Jy is die tweede mooiste mens wat ek gesien het. Die mooiste is die kinders wat ons sal hê. * Jy skuld my ’n roomys, want toe ek jou die eerste keer sien, het ek myne laat val. * Kan ek jou foto kry? Ek wil graag vir Kersvader wys wat ek vir Kersfees wil hê. S What did the sign in the Egyptian funeral home say? Answer: Satisfaction guaranteed or double your mummy back.

3

S Jenny Brunyee Els: Ag, nee. Moes jy dit nou doen om vir ons te wys? Selfgemaakte karamel is darem baie lekker.

’n Weergawe lui: Aljander, aljander, lui die klok, My mama is ’n goeie kok. Aljander, aljander, so deur die bos, My mama kook sulke lekker kos.

S Dawn Els: Aljander, aljander so deur die bos, my ma en pa maak lekker kos, die kinners verstik aan ’n druiwetros, die laaste een se kop is af. It’s a cruel song, but did we care? Little kids didn’t know the meaning of the words, just enjoyed the song and dance.

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

S Samantha Botha: Hoe lank kook ’n mens dit nou weer? Ek moet dit weer ’n bietjie maak. S Sienta Bergh: Twee uur op die stoof in ’n kastrol water.

S Sannetjie Delport: Ek wens hulle wil die klein blikkies kondensmelk waaruit ons gedrink het, terugbring. S Sandy Glenn: Wens ek het nou ’n blikkie gehad.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

Dagboek Theuns Jordaan is op Vrydag 29 Augustus om 19:30 in die Kovsie­ kerk. Kaartjies van R110 af is te kry by Computicket en word ook gereeld weggegee op Bloemnuus se Facebook­blad. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. Navrae: 082­481­8881.

VRYDAG 11 JULIE S From Past to Present: ’n Klein versameling word ter viering van die Bloemfonteinse kunstenaar Louis Cott tot 24 Augustus in Oliewenhuis. S Die Suid-Afrikaanse tafeltenniskampioenskapsbyeenkoms vind tot môre in die binnenshuise sportsentrum van Tempe plaas. S Live music every Friday at Flames Bar at Preller Square, Dan Pienaar. Skakel 051-492-0044. S Binnelanders: Jana takes control of arranging Nina’s birthday party, but Quinton does not trust her – and shoots his mouth off. Wimpie tries to bamboozle someone at Eikehof, and Zadie’s behaviour on the internet leaves her red-cheeked in front of Okkie. When there is a crisis, Gustav seems to be the only knight in shining armour. SATERDAG 12 JULIE S Flex & Fight 2014: Bloemfontein City Hall, 09:00. Kobie Pieters, kobiester@hotmail.com. S Emmie sing om 17:00 in die Cheetah Bar. Pieter van Dyk, 072-748-5530. S Vintage French Flair: Second Annual Bridal Show at Elrido Guest Lodge, Heuwelsig. Haneke, 082-896-2937. S Jagkompetisie ten bate van die NG kerk Philippolis. Pulani Simes, 083-454-9533. S Crossing: Skilderye van water

deur Greg Schultz tot 20 Julie in Gallery on Leviseur. S Live music every Saturday and Sunday from 11:30 to 14:00 at Pretty Gardens. S Familiedag op die Musgraveterrein ten bate van die DBV. Koos, 072-376-0572.

S Coca-Cola-Cravenweek. SuperSport1, Kanaal 201. S Kitaarkitskursus van vandag tot Donderdag. Felix Reinders, 079-568-5802.

SONDAG 13 JULIE S Live music elke Sondag in die Kerdoni’s-restaurant, Bayswater, van 13:00 af. S Die wêreldbeker-sokkertoernooi se eindstryd word om 21:00 in Rio de Janeiro gespeel. MAANDAG 14 JULIE S Reza de Wet-toneelfees: Opvoertye om 15:30 en 20:00. Alle opvoerings word in die kykNETRepteater aangebied. Toegang is R30 per sessie. Bespreek plek by Computicket. S Die Campbells is op 14 Julie in Binnelanders se Nagskof. Sluit jou by www.binnelandersekstra.co.za aan om meer van dié sepie te wete te kom. S Koop op Maandae ’n burger by die Spur en kry ’n tweede een verniet. S Die Vrystaattak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika hou om 18:30 sy maandelikse byeenkoms in die ouditorium van die Oorlogmuseum. Fritz Fourie praat oor die Fouries. Marietjie van Zyl, 082-406-5975.

TUESDAY, 15 JULY S Chaotic Region by Nigel Mullins (Annex Gallery – Oliewenhuis Art Museum). Chaotic Region, a recent body of paintings by Nigel Mullins, casts new light on how we make sense of the world. In tackling ideas that track the space between superstition and scientific humanism, Mullins asks certain vital questions: Are science and art polar opposites in the quest for understanding? How much does the one give to, or conflict with, the other? Can we even draw a dividing line when it comes to what we know and what we think we know? One thing is for certain: Whether we are using the lenses of science or art to examine the world, both have the potential to enrich and deepen our investigations, be it through delight, shock, epiphany or horror. S Huishulpuitreik-aksie deur die NG kerk Heuwelsig. ’n Werkersklas waarin vaardighede aangeleer word. Kotie Burger, 083-461-2887. S Leonard Cohen in Afrikaans deur Koos van der Merwe om 15:00 en 17:30 in die Aasvoëlklub.

S Weskus-storievertellers: Musiekteater met Johan Bakkes, John Cloete, Cynthia Swartbooi en Thys Januarie om 20:30 in die Aasvoëlklub. S Pensioner’s day every Tuesday at Makro. Eileen Ndewere, 051-101-1000. S Fast of Tammuz (Jewish). S The Lotus Eaters: Handgeblaasde glas, digitale animasie, papier-en-fotokonstruksie en beeldhouwerk deur Barbara Wildenboer tot 27 Julie in Oliewenhuis. S Reza de Wet-toneelfees: Opvoertye: 10:30, 15:00 en 19:30. Alle opvoerings in die kykNETRepteater. Toegang is R30 per sessie. Bespreek by Computicket. WEDNESDAY, 16 JULY S A Night with great Song Writers: Henk Botes om 12:00 in die Aasvoëlklub. S Binnelanders: Quinton feels threatened when Jana tries to involve Pippa in the TV show. Okkie and Ilse receive news about the sketch and Zadie’s surprise turns out to be bigger than she had expected. S Saaiplaas 2 Skag: Visuele woordkuns met Johan Jack Smith om 18:00 in die Aasvoëlklub. S Suid-Afrika teen Sri Lanka (krieket). SuperSport2, Kanaal 202. S Stuur: Weet jy van iets wat gebeur en hierin hoort? Stuur ’n e-pos na jens.friis@media24.com.

THURSDAY, 17 JULY S This Picture of Us with Henk Opperman and Ipeleng Merafe in the Civic Theatre at 14:30. Tickets cost R100 at Computicket. S Mense word benodig om Donderdae ’n halfuur lank te help om die sop en brood in die Klipkerk se sopkombuis uit te deel. Daar is ook mense nodig om sop te kook en brood te skenk. As jy bereid is om te help bel Elize by 051-436-7322. S Binnelanders: Frankie is suddenly engaged, and Quinton isn’t too happy with the reaction of Pippa. At gets involved in sorting out Margot’s dark past. S Life, a production with art, music, drama, dance and life at Gallery on Leviseur, 19:00. R100 per person. S Skenk bloed in Woodland Hills-gemeenskapsaal van 15:00 tot 19:00. S Sang-oudisies by Die Musiekakademie. Almal welkom. Raak deel van weeklikse sessies, konserte en produksies. Stuur ’n e-pos aan info@musiekakademie.com of skakel 076-155-9212. SATERDAG 2 AUGUSTUS S Snotkop (Francois Henning) in die Bobbiespark-gemeenskapsaal om 19:00. Kaartjies teen R100 en R120 is by Computicket te kry. Leerlinge betaal R80. Bloemnuus is ’n mediaborg van die konsert. Scott Entertainment, 051-433-7040.

Het jy dit gehoor? S Rocco de Villiers se Klaviermusiek gaan binnekort beskikbaar wees. Dié bladmusiek sal liedjies insluit soos Anna Aeroplane en Kla 1 Kla 2 Kla 3 Kla 4. Die liedjies sal vergesel word van verduidelikings waarom hy dit geskryf het.

S Shakira, die Colombiaanse popsanger, en Wyclef Jean, die hip-hop kunstenaar, sal Sondag op die afsluitingsgeleentheid van die Wêreldbeker-sokkertoernooi optree. S Pink Floyd, ’n legendariese rockgroep, stel binnekort sy eerste album in 20 jaar bekend.

S Max du Preez (nie-fiksie) en Clare Robertson (romanskrywer) is aangewys as die wenners van vanjaar se Sunday Times- literêre pryse. Robertson het die prys vir The Spiral House ontvang en Du Preez vir A Rumour of Spring: South Africa after 20 years of Democracy. S Jaco Jacobs het verneem hy is op die langlys van ’n internasionale kinderboekkompetisie. Dit is die eerste keer dat dié produktiewe kinder- en jeugboekskrywer vir ’n internasionale prys in aanmerking kom, hoewel hy hande vol kere al nasionaal bekroon is. S Danny K, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, het op sy Twitter-profiel die geboorte van sy en sy vrou, Lisa Koppel, se eersteling aangekondig. Die seuntjie het met geboorte 3,4 kg geweeg.

ALBEI VERJAAR VANDAG: Morné Steyn, die oud­Bloemfonteiner wat nou vir die Franse rugbyklub Stade Francais speel, en sy seun, Jóvan (2), vier albei hul verjaardag vandag op 11 Julie.

S Johnny Hamman van Kaapstad en Elsa Buys van Clarens is as Kokkedoor se wenners vir 2014 aangewys.

S Johannes Kerkorrel, Bernoldus Niemand, Taliep Petersen en ander kunstenaars pryk op posseëls van die Poskantoor.

S Karen Zoid, die rockster, word dalk nog ’n kletskoningin. Dít is dalk die pad wat Karen Zoid gaan loop met haar eie geselsprogram op kykNET wat gister begin het. Die volgende 12 weke sal sy elke Donderdag om 20:00 die president wees van haar eie Republiek Zoid Afrika. As president het sy die reg om haar eie gaste te kies. In die eerste program was Riaan Cruywagen en die voorsanger van die groep Freshlyground, Zolani Mahola, die gaste. In die tweede program sal Casper de Vries en Anna-Mart van der Merwe die gaste wees, en in die derde Kurt Darren en Corné Krige. S James Blunt hou in Februarie drie konserte in Suid-Afrika as deel van sy Moon Landing-toer. Sy Suid-Afrikaanse toer begin op 12 Februarie in Kaapstad met ’n konsert in die Grand Area by GrandWest. Daarna is hy twee aande – 14 en 15 Februarie – in Johannesburg in die Big Top Arena in Carnival City.


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

KLEURRYK: ’n Skildery deur Makiwa wat in die Kotzé­kunsgalery te sien is.

Dié plek om op fees te tjil Lientjie Mentz KOM tjil ’n bietjie met mooi musiek en smullekker kos in Volksblad Tjil op vanjaar se Vryfees. Volksblad Tjil word in die koshuise Sonnedou en NJ van der Merwe se gazellies, asook in die atrium wat dié twee lokale verbind, aangebied. Die kunstenaars Laurie Levine, Peter Mitchell en Luna Paige gaan op drie verskillende aande kunstefeesgangers hier met hul besonderse klanke vermaak. Volksblad Tjil is elke dag van Dinsdag 15 Julie tot Saterdag 19 Julie van 10:00 tot 19:00 oop. Van Donderdag tot Saterdag tree een van die drie kunstenaars elke aand van 20:00 tot 22:00 op. Die kaartjies vir die vertonings kos R100 elk en kan net deur voorafbespreking bekom word. Daar is net 80 kaartjies vir elke aand beskikbaar. Die drie vertonings open elke aand om 19:00 en gaste kan dan eers eet- en drinkgoed by die stalletjies koop voordat die vertoning om 20:00 begin. Laurie Levin tree op Donderdag 17 Julie op, Peter Mitchell op Vrydag 18 Julie en Luna Paige sluit die week se lekkerluistervertonings op Saterdag 19 Julie af. Verblyf vir die kunstenaars word goedgunstiglik deur die Zanchieta Wild Cat Farm buite Bloemfontein geborg. S RSG se Loslip gaan

Luister op Vrydag 18 Julie na Peter Mitchell by Volks­ blad Tjil. Foto: Verskaf

daagliks tussen 14:00 en 15:00 van hier af aangebied word. Hier is ’n paar van die uitstallers wat in Volksblad Tjil gaan wees: S Kaya-bierbrouery: Bloemfontein se eie bierbrouer gaan vier verskillende soorte biere in Volksblad Tjil verkoop. Die bier word in klein hoeveelhede met tradisionele tegnieke en net die

beste bestanddele gebrou. Besoekers aan die stalletjie sal ook meer van dié brouery kan leer terwyl hulle aan Czeck Lager, Cascade Blonde, Mystic Ale en Darkmoon Stout proe. S Jack & Jill: Dit is ’n bakkery wat op bestelling bak en voorslag-kolwyntjies maak. Daar sal by die stalletjie in Volksblad Tjil tien verskillende geure kolwyntjies wees wat ’n glutenvrye weergawe insluit. Daar sal ook ander lekker peuselgoed soos sjokoladebruintjies, mini-koeke en taai vingerlekkers wees.) S Kookstertjie: Magda Johnstone, Kokkedoor-finalis van die eerste reeks, se gebottelde produkte beslaan deesdae meer as 32 verskillende soorte blatjang, slaaisous, stroop, smeer en ander lekkertes. Daar sal ook allerlei Italiaanse lekkertes van die Avanti-restaurant beskikbaar wees, varsgemaalde koffie deur Stereo Café, gourmet-burgers en ciabatta’s van die Olive Chef School, sop en broodjies en Iewers Nice se heerlike melkkos en pap en kaiings. Daar sal ook pasteie en quiches by Marmelade en Thai-geregte by Oolong Lounge te koop wees. S Bespreek plek vir die vertonings van Laurie Levine, Peter Mitchell en Luna Paige by Spotted Apple by 051-447-1086 of 082-072-1143 of stuur ’n e-pos na simon@spottedapple.co.za.

5


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

Getroud

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Jurie en Danielle Meyer.

Foto: Maryke Venter Photography

Foto: Go Urban Photography

Chris en Charlene Bornman.

Hennie en Isobel Viljoen.

Foto: Mandie Niemann

Johan en Louise Wagner.

Foto: Go Urban Photography

Jackie en Mariza Badenhorst.

Theo en Liezl Theron.

Lappies en Lene Labuschagne.

Foto: Tania Allen

Foto: Mandie Niemann

Foto: Blackford Photography

Vir nog troufoto’s gaan na www.bloemnuus.co.za


Padstal nou oop ’n PADSTAL het enkele dae gelede 100 m van Woodland Hills se afdraai af geopen. Ná daardie kenmerkende, eerste varsgeroosterde koppie koffie by Hive kan besoekers hulle in al die heerlike lekkernye en kuns van die Groenvlei Country Market verlustig. Program Die volgende program word hier beplan: S Maandagaande: Koekversierkunskursus deur Lize van den Heever. S Woensdagaande: Leer meer oor koffie by Hannes van Rensburg. S Saterdagoggende: Kunsklasse vir kinders deur Lindi van Rensburg. S Saterdagoggende: Bonsaikursus deur Chris Lennox. Private gesellighede kan met Hannes bespreek word vir daardie spesiale ooievaars- of kombuisteeparty, of selfs net ’n informele bymekaarkoms van goeie vriende. Waar? Waar presies is die padstal? Langs Frans Kleinhansweg net buite Heuwelsig. S Rig navrae aan Hannes van Rensburg by 076-3391851.

Kuier, kook voluit ná Kokkedoor MAGDA JOHNSTONE, ’n finalis in die eerste reeks van Kokkedoor, is ’n Vrystater in hart en siel. Sy het in Verkeerdevlei grootgeword en was later aan die destydse Hoër Handel- en Kunsskool in Bloemfontein. Sy vertel haar hart het daardie eerste winter hier in Bloemfontein vasgevries en dat dit so bestem was dat sy later jare moes terugkom om Bloemfontein haar tuiste te maak. “Die Bloemfonteiners is gewone mense wat ook die fyn kant ken en waardeer, maar nie hul neus vir rys, vleis, aartappels en pampoen optrek nie.” Ná Kokkedoor kook en kuier Magda die land deur. Sy het ook ’n reeks gebottelde produkte onder die naam Kookstertjie begin. Wanneer sy nie kook nie, skilder en skryf sy graag. “Ek het ook ’n swakheid om saam met vriende en familielede lang glase wyn te drink.” Die reeks gebottelde produkte bestaan uit 32 verskillende bottels lekkerte. Dit sluit verskeie soorte blatjang, stroop, sous en smeer in. Die produkte word deur Kokke-

door onderskryf en dra sy goue stempel van goedkeuring. Sy is baie trots daarop dat die produkte veelsydig gebruik kan word en deel haar idees en resepte op kookstertjie.co.za. ’n Reeks klaar gemengde speserye vir ou gunstelinge soos kerrievis en sosaties is in die vooruitsig en die boek sal waarskynlik voor Kersfees op die rak wees. Magda kuier elke maand met haar produkte op Volksblad se Kos-en-kunsmark in Bloemfontein. Sy is ook vanjaar op die Vryfees waar sy drie dae saam met die klein Bloemfonteinertjies kuier, proe en kosmaak in Koskaskenades: Tannie Magda Kokkedoor. Haar produkte sal ook in Volksblad se Tjil-gebied te koop wees. Vir besprekings en optredes kontak Johan Kriel by 082-0615033.

Magda Johnstone, ’n Bloemfon­ teiner bekend ná haar deelname aan Kokkedoor, kook en kuier die land deur.

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

7


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

Son soos goud in Finland PROF. HESTA FRIEDRICHNEL was in Finland vir haar werk. Sy vertel meer. EK het onlangs die International Society of Radiographers and Radiologic Technologists se vergadering en kongres as die verteenwoordiger van die Vereniging van Radiograwe van Suid-Afrika in Helsinki bygewoon. Dié Finse hoofstad word ook die dogter van die Baltiese See genoem. Helsinki is ryk aan

Prof. Hesta Friedrich­Nel het Helsinki besoek.

kultuur aangesien Swede en Rusland in ’n tweestryd was oor aan wie dit behoort. Midsomer is op 20 Junie gevier en met my besoek van 8 tot 15 Junie het ek g’n donker nag beleef nie. Verder was ek verstom om te sien hoeveel waardering die Finne vir sonskyn het. Hoewel die weer gewissel het tussen koel, koud, reën en sonskyn (soms alles op een dag) sien jy oral – op trappe, op die gras en in buitelugrestaurante – hoeveel die sonskyn op waardeer en geniet word wanneer dit wel daar is. Heerlike salm is volop en daarby word aartappels en ’n verskeidenheidsoorte brood bedien. Die Finne eet wel vir Rudolph, die takbok. Ek het gehoor dat hulle na somerhuise op die eilande rondom Helsinki vir die lang somervakansie gaan. Daar word bessies (aarbeie, bloubessies en meer) geplant wat die tyd van die jaar volop is en ook op die markplein verkoop word. Dit was opvallend hoe mooi die diere behandel word. Honde word gereeld vir stappies geneem. En as dit dalk reënerig is, het elke hond selfs ’n reënjassie. En, ja, natuurlik het elke huishouding in Finland ’n sauna.

Wel en wee S JACO JACOBS, die Bloemfonteinse skrywer, vertel só op sy Facebook-blad oor sy dogtertjie: “Baie ontevrede bring Mia haar appel sodat ek eers die stingel kan afdraai. ‘Pappa, hier’s nog ’n stuk boom aan die appel’.” S Mona Whitehead (gebore 1934) is oorlede. Sy was getroud met Charles Whitehead, voorheen die eienaar van OFS Fire Services. Sy is uit die NG kerk Langenhovenpark begrawe en in die Bainsvlei-begraafplaas ter ruste gelê. S Marizen Marais van Eunice is die eerste Suid-Afrikaanse skolekaptein wat die Suid-Vrystaat sedert 2001 opgelewer het. Die einste skool se Grace Yazbek was in 2001 die laaste Suid-Vrystaatse speler wat die nasionale skolespan aangevoer het. Marais is ook ná die interprovinsiale toernooi die tweede agtereenvolgende jaar as die voorste middeveld-speler aangewys. Marais en die Suid-Vrystaat se kaptein, Antonet Louw (Oranje), het albei ’n tweede agtereenvolgende jaar die nasionale skolespan gehaal. Hulle word vanjaar deur Shindre-Lee Simmons (St. Michael) en Priscilla Esterhuyze (Oranje) in die span vergesel. Verder is Ashley-Jean Datnow (Eunice) en Tsoane Tikani (St. Michael) vir die Suid-Afrikaanse skole-B-span gekies.

Rachel en Chris Venter van Kleinmond, Sarie se Bruidspaar 2013, het op ’n warm Karoo­dag op Gary Player se perdeplaas Rietfontein naby Coles­ berg, deel van Bloemnuus se verspreidingsgebied, getrou. Gary het die kerkie op die plaas destyds vir sy dogter gebou.

S Michael Patrick Crawford (gebore 1943) is oorlede. Hy was 1961 se hoofseun van die St. Andrew-skool. S Siska Martin, die redakteur van Volksblad-Kontrei, en haar gesin was met vakansie in die Nasionale Krugerwildtuin. Die Martins was gelukkig om al vyf van die Groot Vyf te sien. S Albé Grobbelaar is op besoek aan die eiland St. Helena. S Die volgende inwoners in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Adri van Biljon (1919) * Helena Snyman (1921) * Sarie Snyman (1925) * Naómi Noordman (1931) * J.L. (Kobus) Terblanche (1948) * Getruida Magdalena (Koningin) du Toit (1949) * Catherina Paulina Bertina Bradbeer (1950) * Adri Smuts (1968) S Die vier eksemplare van Die Vaal Plimmif deur Fanie van Jaarsveld (verlede week se voorbladstorie) gaan aan Siegfried Kaap, Barend van der Merwe, Gina du Preez en Lena du Plessis Greyvenstein. Bring asseblief jul identiteitsdokument saam om dit op te eis. S Peter Mitchell se twee CD’s gaan aan Tarina van Huyssteen Louw en Danelle Groenewald Koch. Dit is by Volksblad se ontvangs. Bring asseblief jul identiteitsdokumente saam om dit op te eis. S Heinrich Brüssow sal nie Saterdag teen die Leeus vir ’n laaste keer vanjaar vir die Cheetahs uitdraf nie. Die liesbesering wat die Springbok-flank verlede week verhoed het om die Haaie te pak sal hom ook die naweek uit sy span se laaste Superrugbywedstryd in Johannesburg hou. Brüssow sluit hom weer ná die Superreeks by die Docomo Red Hurricanes, waarvoor hy ook in 2013 se Curriebeker-reeks gespeel het, in Japan aan. S Lood de Jager gaan die Springbok-trui waarin hy sy toetsbuiging gemaak het, laat raam, terwyl die een waarin hy in die beginspan was, na sy pa toe gaan. Hy het in twee toetse teen Wallis en een teen Skotland gewys hy is pure Bok. S Chris van Blerk en Giselle Linstrom Fulton wen elk dubbelkaartjies na Theuns Jordaan se konsert. Dewald Louw, wat die konsert organiseer, sal met julle kontak maak.

Hestè Niemand (links) en Lientjie Mentz was twee deelnemers aan die Truksvy Koffie Sjop se pretdag op Soutpan waar geld vir Kansa en No Student Hungry (NSH) ingesamel is. Die hemde wat hulle hier aan het, is ter ondersteuning van ’n vriendin, Jolien de Klerk, gemaak wat nou kankerbehandeling ondergaan. Foto: Anilia Boshoff S Die wenners van pryse op Bloemnuus se webblad, www.bloemnuus.co.za, is: * Annatjie Bothma (Betty Jean, Sings Country Gospel) * Toet Bothma (Gerhard Steyn, Brood en Melk) * Elize van Wyk (Kwagga Bees, My land) * Senda Edeling (Juan Boucher, Gee jou hart ’n breek) * Stef du Raan (Daniel Eeuwrick, Op ’n leë paron) * Sunette Hiten (Alan Ladd, Country Gems) * Este Prins (Kobie Kruger, Eggo’s in die Skimberge) * Hanley Fourie (Carina Truyts, Yum Mo) * Melanie Anderson (Peter Alkema, Woodworking for Everyone) Lesers kan hul pryse by Volksblad se ontvangs opeis. Bring asseblief jul identiteitsdokumente saam.

van die Vryfees die naamborg vir die Odeion-teater. Uitvoerings wat vanjaar in dié teater aangebied word, sluit in Bach into myself met die Italiaanse violis Luca Ciarla, Bits & Pieces deur die Odeion-strykkwartet, Blondes: Elgar, Elton & Elvis deur Elna van der Merwe en Zorada Temmingh, Christa Steyn en ek met Ockie Vermeulen, en Marimba Magic deur Magda de Vries en Anneke Lamont. Die Kunstetrustlede is oudregter Fred Beckley (voorsitter), Gerhard Lombard, Elaine Hickling, Ryno Kriek en prof. Eelco Boonstra.

S Theo Bronkhorst, ’n private speurder, is ná 17 maande se spanning op ses aanklagte in die Bloemfonteinse landdroshof onskuldig bevind. Hy is op vier aanklagte van bedrog met kliënte van hom en twee aanklagte dat hy hom as ’n polisieman voorgedoen het deur landdros Lani Opperman onskuldig bevind. S Die produksie-keuringskomitee van die Vryfees is: Nico Luwes, Adri Herbert, Pieter Venter, Elretha Britz, Braam Muller, Godfrey Manenye en Andile Qongqo. Dié fees vind van 15 tot 20 Julie plaas. Kaartjies is by Computicket te kry. S Die Kunstetrust is van die begin

Leandri Wessels staan die kans om later vanjaar op die tydskrif Sarie se voorblad te pryk.


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

GROEI IN BLOEMFONTEIN: Nuwe meenthuise staan ingeryg langs die N1 in die noorde van Bloemfontein.

PERSOONLIKE DIENSTE

BETREKKINGS

TE KOOP LENINGS

3600 1445

FINANSIEEL 1420

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645

Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za

BETREKKINGS GESOEK 3670

EK VRA HUISWERK VIR 3 DAE: Ma., Wo. en Vr. Kan mooi werk. Doen alles. Skakel 083 551 9704.

R1 000 - R50 000 consolidation loans. SMS ID No. to 071 879 3721 or fax 086 536 5201. HUISVERBETERINGS BINNE 1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.

MEENTHUISE TE HUUR 3325

Netjiese, ruim 2-slk te huur in LHP. In veilige kompleks, toesluit-m/h en afdak. Lugreëling, alarm, koopkrag, R5 400 p.m. Skakel 082 336 2346.

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

122 HJE SCHAPER

BOEDEL WYLE MM WESSELS KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS VERKOPE & Alle persone met vorderinge BEMARKING teen ondervermelde boedel 3760 moet dit binne 30 dae vanaf datum van publikasie hiervan by die ondergetekende/ekse7 Consultant / Manager kuteur in diens. positions available. Boedelno: 21984/2014 We offer: Meesterskantoor: BloemfonR7 000 starting package. tein Fuel allowance. Van: Schäper Full training. Voorname: Hester Johanna EliSales/marketing experience required. zabeth Own vehicle and driver's Geboortedatum: 22 Julie 1942 licence. Identiteitsnommer: 420722 Only people serious about 0069 089 sales and growth need Laaste adres: Westphallstraat apply. 29, Bloemfontein, en Huis 218, For interview call Kragbron, Sasolburg. 051 522 2237 Datum van oorlye: 9 Mei 2014 or SMS name, area and age Naam en adres van eksekuto 081 801 8082. teur: E. Horn Van der Merwe & Sorour Posbus 1062 BOEDELKENNISGEWINGS Bloemfontein 9300

9

Foto: Jens Friis


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

Mercedes se nuwe C-klas is hier

Met vakansie in Europa het Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, en Niel de Leeuw die nuwe C­klas van Mercedes by EuropeCar gehuur en daarmee Frankryk, Spanje en Andorra verken. Foto’s: Jens Friis Jannie Hennop MERCEDES het onlangs sy nuwe C-klas plaaslik bekend gestel en die nuweling is glad nie te onaardig nie. Trouens, ons reken jy gaan nie minderwaardig voel as jy jou nuwe C langs ’n slap S-klas parkeer nie. Die wa is nou groter, duurder en deftiger. Die gaping wat hy in die Merc-portefeulje agter hom los, kan deur die CLA gevul word. Nuwe voorkoms In sy geheel het die nuwe C heelwat gegroei (4 cm breër, 10 cm langer en ’n 8 cm

langer asafstand). Maar proporsioneel werk hy vir ons. Die C-klas bied ’n klomp nuwighede om dinge vir die bestuurder en sy insittendes veiliger en geriefliker te maak. Die meeste is ongelukkig opsioneel teen ekstra koste te kry. S Lugvering is beskikbaar. Die C-klas is die eerste in dié segment wat hierdie opsie bied. S Kameras bied ’n 360°-beeld rondom jou voertuig. S Die voertuig sal self ’n noodstop uitvoer as die blikbrein dink jy gaan in iemand vasry. S Die binneste wiele word liggies gerem as

jy uit jou baan beweeg. Dit word gedoen om die motor effens na binne te dwing sonder dat jy iets hoef te doen. S In stadige verkeer sal jou motor die voertuig voor jou vanself volg. Hy kan ook draaie 15° uitvoer en ’n vasgestelde afstand tussen die twee voertuie handhaaf. S As die blikbrein besef iemand gaan van agter in jou vasry, sal dit dadelik die noodflikkerligte aktiveer (om daardie motoris te waarsku) en jou sitplekgordels styftrek om ’n sweepslag-besering te verminder. S Ruitvertoon wys nie net jou spoed nie, maar ook die satnav se aanduidings. S Buiten LED’s wat nou vir die binnebelig-

ting gebruik word, is LED-hoofligte ook opsioneel beskikbaar. Die hoekige en wigvormige ontwerp van die vorige C-klas is weg. Daar is nou ’n nuwe lyn wat van die voorste modderskerm afwaarts na die agterste skerm buig. En siedaar, weg is die tradisionele wigvorm. Ook agter eggo die C-klas sy deftiger S-broer met sy hangstert: Die bagasiebak se hegpunt is hoog teen die venster, terwyl die rand ’n raps laer staan. In tipiese C-klastradisie is daar drie afwerkingspakkette, buiten die standaardmodel: die Exclusive, die Avantgarde en die AMG. Vingers op die knop Plons jy in, voel jy dadelik die ekstra skouer- en heupruimte. Jy sit nie meer so knus teen jou reisgenoot nie, maar agterin gaan jy nou nie ’n krismisbed kan opmaak nie.

In C­klastradisie is daar drie afwerkingspak­ kette, buiten die standaardmodel: die Ex­ clusive, die Avantgarde en die AMG.


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

net met ’n outomatiese ratkas beskikbaar. Maar as jy vet gee Draai die sleutel (of druk die knop, na gelang van watter model jy het) en gee vet. Die stilte in die kajuit en die gemak waarmee selfs die 1,6 liter (C180) sy voete oplig, is merkbaar. Die C180 is nie die een om versnelrenne mee aan te pak nie, maar vir daaglikse gebruik is sy 115 kW voldoende. Die outomatiese ratkaste se wisselings is voelbaarder as wat verwag

Mercedes sê die nuwe C­klas gebruik sowat 20% minder brandstof as die vorige reeks.

Adverteer in BloemWiele. Susna, 051-404-7798.

WAT opval, is die nuwe instrumente. Dit is nie net ’n verwerking van die vorige model s’n nie. Die middelkonsole kom nou teen ’n platterige hoek met die voorpaneel byeen. In skrille kontras met sy voorganger is daar ’n groot, breë oppervlak met die minimum knoppies. Die oplossing is dat, talle funksies nou in ’n inligtingskerm gesetel is wat ’n mens met ’n draaiknop beheer. Die skermpie op die voorpaneel is ook ’n raakpaneel sodat ’n mens

ikone met jou vingerpunt kan aktiveer. Laastens kan ’n mens die inligtingskerm ook beheer deur met die vingernael letters of syfers bo-op die draaiknop te skrywe, omdat dié ook ’n raaksensitiewe oppervlak het. Onder die enjinkap Mercedes sê sy nuwe klompie enjins (en opgeknaptes) verseker die reeks gebruik so 20% minder brandstof as die vorige reeks. Wat ook help, is die nuweling is sowat 100 kg

ligter as sy voorganger. Aanvanklik sal daar vier enjinkeuses wees: drie petrol en een diesel, almal met turbo-aanjaers. Heel onder is die groep se 1,6 liter (wat ook in die A-klas diens doen) met ’n keuse van ’n sesgang-handratkas of ’n sewegangoutomatiese ratkas. Dan volg die tweeliters – wel, eintlik net een petrolenjin, maar met verskillende kraguitsette – ook met ’n keuse tussen hand- en outomatiese wisseling. Laastens is daar die bekende 2,1 liter-turbodiesel,

is, maar nie irriterend nie. Die handratkas voel aanvanklik stram, maar die oorgooie is goed gedefinieer. Die tweeliters met hul 135 kW (C200) en 155 kW (C250) het meer woema, maar dit is die diesel (C220) met sy massiewe 400 Nm wringkrag wat maak dat jy nooit op die pad sukkel nie. Wat dink ons dus? ’n Dag in enkele modelle is dalk nie genoeg om ’n volledige waardeoordeel te fel nie. Wat duidelik is, is die

11

insittendes se opvatting van weelde en gehalte is beter as tevore. Die ry-ervaring bied aanvanklik iets van die Mercs van ouds waar die klem op gerief en gemak eerder as ’n sportiewe karakter is. Vir oktaanverslaafdes sal die geld steeds na die 3-reeks gaan, vermoed ons. Maar maak dit van die C ’n gemiddelde ryding? Gewis nie. Speel met sy ritmodusse en stel hom op soos jy hom wil hê, en hy kan vir menige mededinger kers vashou.


Sports star shows her talents

Blink in rugby uit DIE volgende leerlinge van Grey-kollege (primêr) het Vrystaat-rugbyklere (Cravenweek) verwerf.

Lynne Landman

Vrystaatse A­span: Hulle is van links, voor: Jan­Hendrik Wes­ sels, André H. Venter, Danwich Beukes en Heinie Killian; ag­ ter: Ian van Zyl, Lesley Botha, Riaan Brits en Melt Meyer.

Vrystaatse XV­tal: Van links is, voor: Henco Ackerman en Gustav Pieterse; agter: Thozamile Hlanjwa en Danie Marais.

Die spelers in die o.13­Motheo­span is van links, voor: Nikki de Villiers, Damian Erasmus, AJ Bender en Enrico Coetzee; agter: JP Seyffert, Reinard van Os, Christiaan Louw en JD Odendaal.

Djokovic nr. 1 nadat hy Wimbledon wen NOVAK DJOKOVIC het Rafael Nadal Maandag as die wêreld se voorste speler onttroon. Dit kom ná sy Wimbledon-oorwinning oor Roger Federer. Albei spelers het op die baan gestap met die kans om tennisgeskiedenis te

maak: Vir Federer het ’n ongeëwenaarde agtste Wimbledon-kroon gewink, terwyl Djokovic die geelwortel van ’n terugkeer tot die bopunt van die wêreldranglys gehad het. Djokovic spog nou met sewe Grand Slam-titels.

VKU vergader DIE 122ste jaarlikse algemene vergadering van die Vrystaatse Krieketunie (VKU) sal op Maandag 4 Augustus om 18:00 in die Vrystaatse Krieketuniesaal op Chevroletpark gehou word.

Spesiale sake vir bespreking moet Petri Watson skriftelik voor Maandag 21 Julie bereik. Vir meer inligting skryf aan Petri by petriw@ cricket.co.za.

Gees(drif) sonder end RSG se nuusaktualiteitsprogram Monitor is vanjaar 40 jaar oud. Oor die jare heen het Tossie Lochner se stories en kenmerkende groet deel van Afrikaanse nuusaktualiteit geword. Bloemnuus het ’n week of wat gelede ’n onderhoud met Tossie geplaas. Hoewel haar boek Mama mia! Italië (Lapa-uitgewers) reeds tien jaar gelede uitgereik is, is die volgende staaltjie wat Tossie daarin vertel, steeds van pas – veral met die sokker in Brasilië wat Sondag ’n hoogtepunt bereik.

paviljoen te bring. Ja, die seun het sy pa, wat nie eens ’n sokkerwedstryd van Napels ná sy dood wou misloop nie, laat veras. En die houer met as word nou elke Sondag na sy gewone sitplek langs dié van sy seun gebring. Daar is omstanders wat sweer seun en pa deel die opwinding van die spel. “Dis ’n doel, Pa!” of “a, maar die skeidsregter is ’n regte donkie!” Dan, ná elke wedstryd, neem die seun sy pa onder die arm terug huis toe vir ’n week se rus voordat die Tossie Lochner se volgende paviljoenDIE sokkergeesdrif boek Mama mia! Ita- avontuur weer van Napels het al lië is propvol lekker­ begin. gelei tot vele lees­staaltjies. Daar is egter een vreemde staaltjies. probleem: Sommige Soos die een van die man wat van die toeskouers wil nie meer een van die getrouste ondernaby een van die twee sit nie. steuners van die Napelse Dit is ook net in Napels met sokkerspan was. Elke Sondag sy sokkerfanatisme dat so iets was hy daar saam met sy seun kan gebeur. op die paviljoen. Of soos ’n ander keer, jare Toe sterf die oubaas. Sy laaste gelede, toe Napels met Diego wens, terwyl hy die wit en blou Maradona in die span die eerste vlag van Napels styf vasgehou keer in die Italiaanse sokkergehet, was om steeds post mortem skiedenis die uitdaagbeker ’n lid van die klub te bly en sy gewen het. sitplek te behou. Sokkergeesdriftiges het toe ’n Om aan die wens te voldoen yslike banier by die begraafhet die seun sy oorlede pa se plaas aangebring waarop seisoenkaartjie hernu en besluit geskryf is: “Kyk net wat het om hom elke Sondag na die julle misgeloop”.

MADELAINE LE ROUX (17), a learner of Sentraal High School in Bloemfontein, has been selected as this month’s Bloemnews SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month for her achievements in triathlon, duathlon, biathle, biathlon, athletics, cross-country running, trail running, swimming and netball. Madelaine has many excellent achievements, including: S Triathlon (2014): third girls u.17 Global 11 Triathlon, Cape Town (February); first girls u.17 at the Africa Youth Olympic Qualifier, East London (March); fourth girls u.19 at the ATU Madelaine le Roux Triathlon African Championships, Zimbabwe (April); first woman, second African Youth Games, Botswana (May). S Duathlon (2012): first girls u.15 South African Duathlon Championships, Brandvlei, and Free State Duathlon Championships, Bloemfontein. S Biathle (2012): second Youth B (15–16) Free State Championships; 9th Youth B (15–16) South African Championships, Bloemfontein. Madelaine has also received numerous awards from her school, including special colours for triathlon for her first place at the ITU Africa Cup in Zimbabwe (girls u.15, (2013); full colours for biathle (South African participation), duathlon (first at South African Championships); half colours for athletics, triathlon and biathlon for South African participation (2012). She lives by the motto Work hard in silence, let success be your voice. With God, all things are possible. Send your SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month nomination for learners between the ages of 6 and 18 today. You can email your nomination to supersport@zpr.co.za or fax it to 086-552-4922. For more information please call Lynne or Juanré at Z PR on 051-522-9574.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.