VRYDAG 18 JULIE 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Dié kosboek is kroonwild Jens Friis
NIËL STEMMET se kosboek agter+blad verkoop soos soetkoek – en met rede, want nes sy voorganger sout+peper, kan dit ééndag Africana word. Maar in albei dié kroonwild-boeke gaan dit eerder oor die beskrywings van die lewe toe eenvoud nog ’n towerwoord was en mense mekaar geméns het om aan die lewe te bly. Dié bobaaskok en uitsoek-agterbladskrywer kuier vandag om 10:00 op die Vryfees. In die Diakonale Lokaal 1 van die Van der Merwe Scholtz-saal sal hy gesels oor waar sy inspirasie vandaan kom. Die boekegesprek is gratis.
Pikkie se groenboontjiebredie is pure winterkos. Niël Stemmet deel dié resep uit sy blitsverkoper agter+blad op www.bloemnuus.co.za, die webblad van Bloemnuus.
Dit word na jou gebring deur die Boekefees, geborg deur Van Rensburg-patoloë, (sien advertensie hierbo), Lapa en die mediaborg Bloemnuus. Niël, ’n oud-Upingtonner, kom spesiaal vir die geleentheid van De Kelders naby Hermanus waar hy deesdae ’n gastehuis besit. ’n Mens kan jou net voorstel aan watter watertand-geregte die gaste aan sy tafel daar aansit. Maar agter+blad gaan oor veel meer as net erfeniskos. Soos Elmari Rautenbach verlede week in Rapport geskryf het: “Dit is ’n boek wat die hartsnare tokkel en selfs ’n traan bring. Waar Ouma ’n sny warm witbrood met botter en perskesnipperkonfyt smeer, twee skyfies kaas opsit en sê: ‘Vertel my van jou dag.’ Waar stories (die skrywer se agterbladrubrieke in die tydskrif Tuis) met foto’s afgewissel word, terloopse resepte en talle lesersbriewe.” Stel jou selfoon se wekker vir 09:30 (kom betyds, die lokaal kan vol raak) en kom kuier saam oor kos uit vergange jare.
S Ook Dana Snyman vertel eg en met deernis stories van ons land se gewone mense. In Onder die radar skryf hy met nederigheid en respek oor die mense wat andersins ongesiens lewe, en in die proses verryk hy ons. Dana is om 17:00 aan die woord.
S Die Bloemfonteiner Zarine Roodt gesels môre om 10:00 oor Enkelreis, memoires van ’n dapper vrou wat tydens haar besoek aan labirinte in Engeland en ’n Griekse eilandjie gaandeweg haar binnewêreld leer ken.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 3
Wel en wee S Mia Buitendach van Bloemfontein, asook Louis en Sandra Holtzhausen van Zastron, vertrek einde Julie na Duitsland en Switzerland vir die troue van Frans Holtzhausen en Dajana Joseph, ’n Duitser. Hulle het mekaar drie jaar gelede in die Midde-Ooste ontmoet terwyl hulle al twee daar gewerk het. Die twee het na Switserland verhuis waar hy as bourekenaar werk en sy is ’n bemarkingsbeampte vir ’n universiteit. Ná die troue in die pragtige Swartwoud lê ’n toer van Duitsland, Switserland, Italië en Oostenryk voor. Mia sal ook familie in België besoek. S Die volgende lesers het kaartjies op www.bloemnuus.co.za na Return of the Ancestors op die Vryfees gewen: Barend van der Merwe, Yolandi Alberts, Christie Bester, Gerda van der Knokke, Mimi Slabbert en Amy Kettles.
Zelda la Grange, steunpilaar vir wyle oudpresident Nelson Mandela en skrywer van die boek Goeiemôre, Mnr. Mandela, was die afgelope paar dae op die Bikers for Mandela-veldtog aangenaam verras deur Suid-Afrikaners se welwillendheid. Hulle het sedert verlede Vrydag verskillende projekte besoek om mense aan te moedig om vandag op Mandeladag 67 minute van hul eie tyd aan behoeftiges en gemeenskapsprojekte te skenk. Zelda en ander motorfietsryers het ’n oomblik van stilte by die Mandela-standbeeld op Naval Hill gehou en later 67 pienk rose by die standbeeld van die oudpresident gelê. Die groep het ook die Bloem Shelter aangedoen. Lees meer en kyk ook na foto’s van die byeenkomste op www.bloemnuus.co.za. Goeiemôre, Mnr. Mandela is te wen op dié webblad. Foto: Conrad Bornman S Die meeste mense in ’n lang tyd is in Bloemnuus se lesersgebied in die afgelope koue wintersdae oorlede. Hieronder tel:
S Sanet Kruger, die vrou van Chris Kruger, is vanjaar ’n finalis in die Mev. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie. Chris, ’n knap senter wat saam met sy broer Jorrie (heelagter) vir die Vrystaat uitgedraf het, het in presies 100 wedstryde die Wit Tornado se trui oor sy kop getrek. Hy werk deesdae as tegniese adviseur vir Meadow-veevoere in die Vrystaat en Noord-Kaapland. Hy kom daagliks in aanraking met die boere vir wie hy voorligting oor voer gee. Sanet is ’n mediese verteenwoordiger.
* Sophia Maria Kotze (1923) * Susanna Elizabeth Nell (1923) * Peet van der Walt (1924) * Danie Nieuwenhuys (1926) * Gertina Cornelis Cloete (1927) * Alida Naudé (1927) * Lucia van Aswegen (1928) * Johanna Christina Vos (gebore Du Plessis) (1929) * Bettie Rossouw (1930) * Machel Johanna (Henna) Beeslaar (1931) * Andrew (Sebe) Makume (1932) * Pieter Müller (1935) * Christiaan Jozua Erasmus (1935) * Kenneth Louis Stofberg (1937) * Elsie Jacoba Griesel (1941) * Johan Visser (1943) * Eastlynne Lubbe (1943) * Cornelia Susanna Magthalena Olivier (1943) * Hennie Viljoen (1944) * Andries Oberholzer (1944) * Johan Roux (1945) * Netta Jasson (1947) * Steve Botha (1948) * Catrina Magrieta Gertina (Tina) Muller (1950) * Frikkie van der Berg (1953) * Jacobus Louis Nel (1955) * Themba (Chris) Mzizi (1960) * Nomvula Shirly Ntshali (1967) * Corney Janse van Rensburg (1968) * Monica Lubbe (1969) * Frederick Theodorus du Plessis (1969) * Emmanuel Andries Bester (1984)
S Annalize Doubell, ’n hoofredaksielid van Volksblad, is tuis ná ’n besoek aan Engeland en Pole.
S Johan Cronjé was vierde in die 1 500 m op Glasgow se Grand Prix-byeenkoms wat deel van die Diamantliga-reeks is.
S Johann Ströhfeldt, ’n bouer en ontwikkelaar, is skuldig bevind op 21 aanklagte van bedrog en tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis. Ströhfeldt het ’n pleit- en- vonnisooreenkoms met die staat aangegaan waarin hy skuld op al die aanklagte teen hom beken het. S Loraine van Heerden wen twee kaartjies na Snotkop se konsert. Sien die Dagboek vir meer besonderhede oor Snotkop (Francois Henning) se optrede. S Torsten van Jaarsveld het ’n kontrakverlenging losgespeel. Dié veelsydige voorspeler sal tot 2016 ’n Cheetah wees.
S Die volgende lesers het kaartjies op www.bloemnuus.co.za na Play Me op die Vryfees gewen: Hanley Fourie, Esmeralda Theunissen, Heloise Roux, Barend van der Merwe, Christie Bester, Mimi Slabbert, Amy Kettles, Yolandi Alberts en Gerda van der Knokke. S DP de Lange van die Hoërskool Sentraal moes inderhaas sy tasse pak vir die Cravenweek-rugbytoernooi in Middelburg omdat die losskakel Dwayne Wessels nie betyds van ’n besering herstel het nie. S Hennie Daniller het Saterdag in Johannesburg teen die Leeus sy 97ste Superrugby-wedstryd gespeel. Dit was die laaste keer dat hy vir die Cheetahs uitgedraf het. Hy sluit hom binnekort by die Italiaanse klubspan Zebre aan. S Antoinelle Vries is in die Pelonomihospitaal oorlede. Sy was een van die drie oorlewendes van ’n grusame ongeluk wat op die N1-hoofweg die lewe van tien familielede geëis het. S Die stut Bees Roux sal hom voor die Curriebeker-reeks in die rugbykamp van die Vrystaat-Cheetahs aanmeld. Die 32-jarige Roux het in 2009 laas in sy 17de en laaste Super-wedstryd vir die Cheetahs gespeel voordat hy spanne soos die Bulle, Clermont, Bordeaux Bègles en Treviso verteenwoordig het. Hy is sedert verlede jaar by die Leeus gekontrakteer, maar het daar min speelkans gekry. Roux is net vir die duur van die Curriebeker deur die Cheetahs gekontrakteer en vervang Rossouw de Klerk in die groep. De Klerk gaan oorsee speel en is vroeër van sy kontrak vrygestel nadat sy klubspan bereid was om oordraggeld te betaal.
S Albert de Klerk (78) se huis in Welthagenstraat, Fichardtpark, het afgebrand. Die skade word op sowat R4,5 miljoen bereken. Die brandweer-en-reddingsdiens was binne ses minute nadat die oproep ontvang is op die toneel. Albert het die afgelope drie maande alleen in die huis gewoon nadat sy vrou, Marlene, reeds sedert 14 Mei in die hospitaal is. Die oorsaak van die brand word ondersoek.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014
Só is ek jawoord gevra LESERS kon op Bloemnuus se Facebook-blad vertel hoe hulle die jawoord gevra is. Met haar vertelling wen Sallindy-Monique Grobler ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie by die Windmill-casino. “Laat op ’n Vrydagaand om ’n kombuistafel in Beaufort-Wes het hy al sy moed bymekaargeskraap en my ouers se toestemming gevra om met my te trou. My pa was ietwat knorrig en my ma in ekstase. “Dae het weke geword en later
maande, maar helaas was daar nog geen ring aan my vinger nie. “Ná baie skelm beplanning het hy my Clarens toe geneem en gesê dat hy my sy gunsteling-uitkykpunt in Golden Gate wil gaan wys. “Uit die bloute, met ’n asemrowende sonsondergang teen ’n sandsteenagtergrond, het hy op een knie afgesak en my gevra om die res van my lewe met hom te deel. “Hoewel ek stomgeslaan en tranerig was, is daar geen twyfel nie dat die wag definitief die moeite werd was.” S Lees die ander vertellings – van onder andere Gisela Ullyatt en Sunette Gorden – op Bloemnuus se Facebook-blad.
Links: Sallindy-Monique Grobler wen met haar vertelling ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die Windmill-casino.
Walter en Cecilia Nel is in Christiana getroud.
Foto: Mandie Niemann
ONLANGS GETROUD? Stuur ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.
Nelmarie en Chris Kotzee van Dewetsdorp.
Foto: Gilliam Photography
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 5
Stuur briewe na jens.friis@media24.com.
Briewe
S Oppas vir die slaggat in Nelson Mandelarylaan reg voor die gebou van die Ontvanger van Inkomste. Ek het duur betaal deurdat my motor daardeur beskadig is. Dit lyk na ’n watermeter wat lek en die teer daaromheen is nou al uitgekalwe. Ek het nie eens gejaag nie, maar was in spitsverkeer en kon nie uitswaai nie, want daar was oral motors om my. En só is ek toe deur die gat. Gelukkig het ek nie ’n pap band gekry nie, maar dit lyk asof die motor se velling beskadig is. Hoekom maak die munisipaliteit dit nie reg nie? Dit is ’n klipgooi van die Bram Fischer-gebou af. Hulle moet dit tog raaksien. – Slaggat-slagoffer S Ek het die outydse posseëls op Bloemnuus se Facebook-blad interessant gevind. Ek is op soek na ’n seëlkenner in Bloemfontein. Ons sit met ’n uitgebreide versameling seëls van ’n vrou en sou graag die waarde daarvan wou bepaal. – Elna van der Walt (elnaballet@mweb.co.za) S Die munisipaliteit wil waterbeperkings instel. Pleks hy maak eerder al die lekkende watermeters reg. Ek het vier in een straat getel. Wanneer ek dit aanmeld, vra hulle die watermeter- en rekeningnommer. Waar gaan ek dié inligting kry? Die gevolg hiervan is dat die klagte nie ge-log kan word nie. – Emje Vorster S Op bl. 2 van Bloemnuus (30 Mei) het julle geskryf die kortste vers in die Bybel is Johannes 11 vers 35. Dit is verkeerd, die kortste vers is 1 Tessalonisense 5 vers 17: Bid gedurig. – 083-263-6083 S Van 10 tot 12 Oktober vanjaar gaan die Theunissens die 250ste jaar vier sedert hul stamvader, Marthinus Aegidius Theunissen, in Tafelbaai aan wal gestap het. Marthinus het van Maastricht in Nederland op die Admiraal de Ruiter as soldaat in diens van die H.O.I.K. hierheen gevaar. Die meeste Theunissens in Suid-Afrika is sy afstammelinge. Dr. Dan Sleigh, historikus en VOC-kenner, gaan die Theunissens toespreek. Die plaas Vergelegen in Somerset-Wes het 100 jaar en vier geslagte aan die Theunissens behoort. Middagete sal daar genuttig word en ’n toer van die plaas gaan onderneem word. Somerset-Wes is die basis vir die saamtrek. Rig navrae aan my. – Frans Theunissen, Hermanus (frans@fisherhaven.co.za, 028-315-1990)
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014
’n Blik op die Bloemfonteinse middestad. Redelik in die middel is die Glaspaleis, oftewel die Bram Fischer-gebou, setel van die Mangaung-munisipaliteit.
STRAAT SLUIT: Die herontwikkeling van Hoffmanplein vorder met rukke en stote weens geldprobleme. Nuwighede sluit die beskerming van die monument, die vergroening van die plein, die oprigting van busskuilings en die sluiting van Groenendalstraat in. Dié straat voor die hoofposkantoor word geplavei. Foto: Jens Friis
Foto: Jens Friis
Leer oor bouery op ekspo VIND meer uit oor die boubedryf en al die nuutste produkte beskikbaar op die eerste Bloembuild-ekspo wat Woensdag en Donderdag in Bloemfontein aangebied word. Bloembuild is ’n eerste vir Bloemfontein waar die Vrystaatse Instituut van Argitekte (VIA) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement argitektuur saamstaan om die boubedryf aan die publiek, studente en voornemende studente bekend te stel. Die ekspo word op 23 en 24 Julie in die Callie Human-sentrum op die Kovsiekampus aangebied. Niel van Zyl, die president van die VIA, sê ’n ekspo op ’n heelwat kleiner skaal is verlede jaar by die departement argitektuur op die kampus aangebied. Dit is toe besluit die ekspo moet vir ’n groter gehoor toeganklik wees. Die Callie Human-sentrum bied baie meer parkeerplek en is geskik om die ongeveer 50 uitstallers te hanteer. Die ekspo behels uitstallings, werksessies, lesings oor argitektuur en span-uitdagings wat groot belangstelling behoort te lok. Die uitstallers sluit verhittingstelsels, staalraamwerke, kombuiskaste en meubels, verf, isolasiemateriaal, dakteëls en vele meer in. Kom vind hier alles uit voordat jy jou volgende bouprojek begin. Daar sal ’n uitstalling wees van plaaslike argitekte se projekte en argitektuurstudente sal van hul ontwerpe en 3D-projekte uitstal. Studente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, se sentrum vir snelprototipering en vervaardiging (CRPM) gaan van hul werke op die ekspo uitstal en verduidelik hoe dié proses werk. ’n Mosaïekwerksessie word
Woensdag op die ekspo aangebied en kaartjies daarvoor (R85) kan nog net tot môre in die Polkadot Craft Studio in die Pretty Gardens-leefstylsentrum in Langenhovenpark gekoop word. Llewellyn van Wyk van die Raad van Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing (CSIR) gaan Woensdag om 11:00 ’n baie interessante praatjie oor energiebesparing lewer. Net daarna om 12:00 gaan dr. Dirk Conradie, ook van die CSIR, praat oor klimaatsverandering. Laminin Paints bied Donderdag van 12:00 tot 14:00 ’n werksessie vir die publiek, studente en professionele lui oor die maak en gebruik van verf aan. Die hoogtepunt van die ekspo vind Donderdag van 14:00 af plaas wanneer spanne bestaande uit studente en professionele lui mekaar die stryd aansê in ’n boukompetisie in ’n “bokskryt” in die Callie Human-sentrum. Die boubedryf gaan oor kreatiewe probleemoplossing en spanne gaan uitgedaag word om met 1 000 spesiale stene elk in ’n uur ’n projek te bou wat aan sekere kriteria moet voldoen. Die publiek word genooi om dié interessante kompetisie te kom gade slaan. ’n Glas- en betonwerksessie word Donderdag van 16:00 tot 18:00 deur Daniël van der Merwe van PPC Sement en Hugh Fraser van Paragon-argitekte gelewer. Besoekers aan die ekspo kan in aanmerking kom vir gelukstrekkings deur ’n vorm, wat by verskillende uitstallers en op werksessies verskaf sal word, te laat merk. Besoekers kan ook verversings in ’n straatkafee in die sentrum koop en hier ’n bietjie rus en oor die uitstallings en die werksessies gesels.
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 7
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014
Alte dierbaar vir hul base BYNA 450 foto’s is in die troeteldierkompetisie ontvang waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is.
Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal.
Die eerste groep het op 23 Mei verskyn. Stem vir jou gunstelinge op Bloemnuus se Facebook-blad deur dit te like.
Charlene du Plooy se twee labradors, Zoey en Zita, is sussies van dieselfde werpsel. “Soos ’n mens kan sien, is hulle baie lief vir mekaar.”
Cheri Rademeyer: “Pixi die kat strek haar uit nadat sy op die tas in die son aan die slaap geraak het.”
Chantelle Grundlingh: “Abby is ’n Yorkshire-terriër. Sy weeg maar 400 g op ses weke en pas maklik in ’n 500 g-botterbakkie.”
Adri de Necker se Chlara agter die stuur.
Cheri Rademeyer: “Duet soengroet my. Op die foto is sy twee maande oud.”
Nicky Snyman het Ozzy in die tuin afgeneem.
Melinda Beckmann: “Abi Beckmann (4) at Ushaka. She cried when she had to leave the snakes.”
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 9
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014
BESOEKERS BEPERK: SANParke beperk in die winterskoolvakansie die aantal dagbesoekers aan die Krugerwildtuin, omdat die wildtuin reeds vol oornagbesoekers is. Dagbesoekers moet liefs vroeg by die hek aankom. Besprekings kan ook gedoen word deur 012-428-9111 te bel. Die reëling oor hekkwotas vir dagbesoekers geld tot Sondag. Foto: Jens Friis
Nuwe regulasies geld kinders wat oorsee wil reis KINDERS wat na en van Suid-Afrika reis, sal binnekort deur ’n aantal bykomende dokumente vergesel moet word, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gister bekend gemaak. “Met ingang Oktober sal ons nie mense kan deurlaat wat nie ál die vereiste dokumente het nie,” het Tlali Tlali, ’n SALwoordvoerder, gesê. Dit volg op die inwerkingstelling van die wysigings aan die Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing. Een van die implikasies is dat kinders as enigiemand jonger as 18 jaar gedefinieer word. ’n Onverkorte geboortesertifikaat moet getoon word vir ’n kind wat die land verlaat of
binnekom vergesel van albei ouers. Indien ’n kind saam met net een ouer reis, moet onder meer ’n beëdigde verklaring van die ander ouer getoon word. ’n Kind vergesel van mense wat nie sy of haar ouers is nie, moet onder meer beëdigde verklarings, afskrifte van die ouers of voogde se identiteitsdokumente en kontakbesonderhede hê. Indien ’n kind alleen reis, sal amptenare op die lughawe aandring op onder meer inligting oor wie die kind of kinders gaan ontmoet. “Strenger maatreëls is in belang van kinders se veiligheid en moet aangegryp word,” së Tlali in die verklaring.
Dagboek
VRYDAG 18 JULIE S Niël Stemmet, skrywer en koskenner, is om 10:00 aan die woord in die Diakonale Lokaal 1 van die Van der Merwe Scholtz-saal op die UV-kampus. Dit duur 50 minute en is gratis. S Crossing: Skilderye van water deur Greg Schultz tot 20 Julie in Gallery on Leviseur. S Portretkuns: Keur van 40 kunswerke uit die eerste SPI-portretkompetisie by Oliewenhuis tot 20 Julie. S Mandela Day: Donate blood at Mimosa Mall (atrium) from 09:00 to 18:30. SANBS, 0800-11-9031. S Live music every Friday at Flames Bar/Restaurant at Preller Square, Dan Pienaar. Enquiries: 051-492-0044. S Radio Kalahari Orkes om 16:30 in die Aasvoëlklub. S Spelers van so ver as Madagaskar en die Seychelle neem by die Meisieskool Eunice aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse Opeskaakkampioenskap deel. Dit duur tot môre.
SATERDAG 19 JULIE S Bethlehemse Lugskou. Volwassenes R20, kinders R10. S Live music every Saturday and Sunday from 11:30 to 14:00 at Pretty Gardens. S Rolling Stones-huldeblyk: The Rockspiders om 14:00 in die Aasvoëlklub. S Spontaan 2014 in die Blêrkas op die Vryfees om 12:00. Toegang is gratis. Estie de Wet van Bloemfontein is Bloemnuus se finalis wat om dié titel sal meeding. S Kunsklasse vir kinders deur Lindi van Rensburg by Groenvlei Country Market langs Frans Kleynhansweg net buite Heuwelsig. Hannes van Rensburg, 076-339-1851. S Skattejag-uitdaging saam met Villa Rosa-akteurs by Mimosa Mall van 11:00 tot 13:00. S Bloemfonteinse Orgideëklub hou ’n werksessie by Ridderstraat 5, Fleurdal. Alle belangstellendes welkom. Jolene, 082-853-2196. SONDAG 20 JULIE S Live music elke Sondag by Kerdoni’s Restaurant, Bayswater, van 13:00 af. S NG kerk Heuwelsig se oggenddiens vind om 09:30 plaas. Bel Annetjie du Randt by 051-436-1967. MAANDAG 21 JULIE S Vandag is die begin van die derde skoolkwartaal. S Skenk bloed by Shortstraat 11, Naval Hill, tussen 10:00 en 16:45. Navrae: 051-447-4122. S The Lotus Eaters: Handgeblaasde glas, klankinstallasie, digitale animasie, papier-en-fotokonstruksie, beeldhouwerk deur Barbara Wildenboer tot 27 Julie by Oliewenhuis. S Koop ’n burger en kry ’n tweede verniet by die Spur op Maandae.
SATERDAG 2 AUGUSTUS: Snotkop (Francois Henning) in die Bobbiespark-gemeenskapsaal om 19:00. Kaartjies teen R100 en R120 is te kry by Computicket. Leerlinge betaal R80. Bloemnuus is ’n mediaborg van die konsert. Scott Entertainment, 051-433-7040.
S Koekversierkunskursus deur Lize van den Heever by Groenvlei Country Market langs Frans Kleynhansstraat. Bel Hannes van Rensburg by 076-339-1851. S The Compassionate Friends hou om 18:00 sy maandelikse byeenkoms. Dit is gratis en almal wat ’n kind aan die dood afgestaan het, kan die selfhelp-ondersteuningsgroep se byeenkoms in die D.F. Malherbe-gebou op die Kovsiekampus bywoon. Past. Peter Howe is die gasspreker. Rig navrae aan Aubrey Josiah by 082- 455-7433 of Carol de Beer by 079- 885-2224.
S Pensioners day at Makro: Special discounts, snacks, free coffee with sit down meal. Eileen Ndewere, 051-101-1000.
TUESDAY, 22 JULY S Binnelanders: A big surprise awaits an unexpecting nurse. Dawn is growing ever more suspicious of Frankie. Marcel makes a discovery that has far-reaching consequences for Ilse.
THURSDAY, 24 JULY S Will you? Won’t you? Will you join the dance? by Wilma Cruise (Oliewenhuis Art Museum). S Statebondspele: Afrika sal goed verteenwoordig op die 20ste Statebondspele in Glasgow, Skotland, wees. Suid-Afrikaners wat deelneem, sluit in Chad le Clos, Johan Cronjé en Caster Semenya. S Die Vriende van die Oorlogsmuseum hou ’n sop-en-sjerrie-aand in die ouditorium van die Oorlogsmuseum om 18:30. Dr. Johan Loock, ABO-kenner en geoloog, sal praat oor Die verloop van die Rebellie. Ronel Theart, 082-490-3112.
WEDNESDAY, 23 JULY S Binnelanders: Zadie’s aunt decides to inspect Frankie’s work place and Okkie needs Naomi’s help in consoling Ilse about her grandfather. Jana eventually confronts Margot about her past. S Leer meer oor koffie by Groenvlei Country Market langs Frans Kleynhansstraat. Hannes van Rensburg, 076-339-1851.
VRYDAG 25 JULIE S Kuns, kerslig en kuier in kleinteater@rolalbklub in Gariepdam. Danie van Huyssteen, 082-3370785. S Die Hoër Landbouskool Landboudal se 1994-matrieks hou die naweek reünie. Skryf aan jannie@fnbconnect.co.za. THURSDAY, 31 JULY S Prime Circle in the Sand du Plessis Theatre at 20:00. Pacofs, 051-447-7772.
OOM BLACKIE GEGROET: Dinsdag sal dit 32 jaar gelede wees dat Bloemfontein tot stilstand gekom het om een van sy groot seuns, oud-president C.R. Swart, te begrawe. Lees op 22 Julie meer hieroor op bladsy 2 van Volksblad.
VRYDAG 29 AUGUSTUS S Theuns Jordaan om 19:30 in die Kovsiekerk. Kaartjies van R110 af by Computicket.
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 11
Het jy gehoor? S Adv. Barry Roux, wat Oscar Pistorius se regspan lei, het die verdediging se saak gesluit. Regter Thokozile Masipa het die saak tot 7 Augustus uitgestel. Die staat en die verdediging sal dan hul slotbetoë lewer. Dit sal na verwagting twee dae duur. S Ontmoet die Kokkedoor-wenners Johnny Hamman en Elsa Buys en naaswenners Chris Greeff en Marius Uys op Verskyn en Verdwyn-etes van 16 tot 20 Julie in Bloemfontein. Kaartjies vir die vyfgang-ete by die Olive-sjefskool kos R320. Bespreek deur ’n e-pos te stuur na info@kokkedoortv.co.za of bel 084-584-4456. S Riaan Manser en Vasti Geldenhuys is terug in Kaapstad nadat dié paar suksesvol van Afrika na Amerika geroei het. S Nataniël is tuis ná sy eerste konserttoer in Australië en Nieu-Seeland. S PG du Plessis, die gevierde skrywer, het Maandag sy 80ste verjaardag gevier. Sy jongste televisiereeks, Pandjiewinkelstories, het Dinsdag op kykNET begin.
S Jannie Moolman het by die Innibos-fees in Mbombela (Nelspruit) die eerste keer opgetree sedert hy in die hospitaal beland het met ernstige beserings wat hy op ’n ramparty opgedoen het. S Thandi Maqubela, wat haar man, wyle waarnemende regter Patrick Maqubela, in 2009 vermoor het, gaan niks van haar man se boedel erf nie. Hofdokumente is aan haar bestel wat haar in kennis stel dat sy nie van haar man se boedel van R7,2 miljoen mag erf nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het ’n aansoek vir ’n beperkingsbevel by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om te keer dat Maqubela geld van die boedel erf. S Beyoncé, die 32-jarige Amerikaanse superster, beklee die eerste plek op die tydskrif Forbes se lys van die invloedrykste sterre. Haar inkomste was in een jaar ’n geraamde R1,2 miljard en haar sukses word gedeeltelik toegeskryf aan hoe kundig sy is met die gebruik van sosiale netwerke soos Facebook en die fotodeeldiens Instagram. Boonop is haar ewe beroemde eggenoot, Jay-Z, no. 6 op die lys.
Carike Keuzenkamp is die eerste keer in 17 jaar seker sy is kankervry. ’n Onlangse skandering het bevestig daar is geen spoor van kanker in enige plek in haar liggaam nie. Hier is sy saam met haar man, Olaus van Zyl, met wie sy 46 jaar getroud is, en kleinkinders Ewan Gallager (vyf maande) en Olaus van Zyl (2). Foto: Cornel van Heerden S Drie van die nuwe Springbokke van 2014 het nie Cravenweekrugby gespeel nie. Die drie spelers wat nie destyds in hierdie toernooi gespeel het nie, is: * Lood de Jager; * Cornal Hendricks; en * Stephan Lewies. S Adam Tas se jongste CD, Want jy is Boer deur Select Musiek en Sony Music, het binne slegs vier weke goue status bereik.
S Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, sal binne 21 dae voor ’n nuutsaamgestelde paroolraad verskyn. Dit kom nadat die beslissing van ’n vorige raad dat hy nie op parool vrygelaat mag word nie, deur die Pretoriase hooggeregshof tersyde gestel is. ’n Tweede dringende hofaansoek deur die regspan van Christoff Becker, nog ’n lid van die Waterkloof-vier, wat by die hof ingedien is in die hoop dat Becker
op dieselfde gronde as Du Preez ook vir parool heroorweeg sal kan word, het egter misluk. S Nadine Gordimer (90), skrywer en politieke aktivis, is in haar slaap in haar huis in Johannesburg oorlede. Dié Nobelpryswenner van Suid-Afrika laat 15 romans en 12 bundels kortverhale agter. Haar boeke is in 40 tale gepubliseer en haar jongste werk is No Time Like the Present (2012).
Estie slaggereed vir Spontaan 2014 ESTIE DE WET (17) van die Hoër Meisieskool Oranje is môre Bloemnuus se finalis in die Spontaan-kompetisie op die Vryfees. Spontaan vind tussen 12:00 en 14:00 in die Blêrkas plaas. Chris Pretorius, Bloemnuus se verteenwoordiger verlede jaar, was tweede in dié kompetisie. Estie droom oor Broadway en die West End. “Ek kan nie genoeg kry van musiek, drama en dans nie. Sang is my groot liefde, maar ek speel ook klavier, waarop ek my eie liedjies komponeer.” Die volgende pryse is op die spel in Spontaan 2014: S SpecSavers: Pryse van R3 000. S ExecuSpecs: Pryse van R5 800. S Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteiten-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag, visitekaartjies, ’n professionele profiel, Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die waarde van die prys is R40 000. S Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner wen elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. S PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500. S DV Village Music: Drie mikrofone ter waarde van R4 500.
Estie de Wet van die Hoër Meisieskool Oranje is môre Bloemnuus se finalis in die Spontaan-kompetisie op die Vryfees. S Agter die Mic: Sal ses maande die wenner se besprekings behartig. Franzel (Ghoema-benoemde) sal vir die tydperk die wenner se
mentor wees – R9 000. S Music Inc: Gee koopbewyse: Wenner: R1 000, tweede plek: R800 en derde plek: R500.
12
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 13 GEREGTELIKE VEILING 4501
INGESLUIT: Mari Coetzee van die Hoërskool President Steyn het die Vrystaatse redenaarspan gehaal.
Die lede van Pendoring is van links, voor: Henrich Krüger, Cobus Badenhorst (leier), Jaco Steyn en Wijbren Nell; agter: Jonathan le Riche, Herman Naudé en Niel Swart.
Pendoring gaan met sang bekoor DIE sangroep Pendoring tree Saterdag om 08:30 op die Fees van die Sintuie op wat deur die departement Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) op die Vryfees aangebied word. In Vishuis se eetsaal sal eet en musiek mekaar aanvul. Pendoring is ’n afsplintering van Veritas se sêrgroep van verlede jaar. Hulle tree gereeld in die
stad op van oggendteepartye en verjaardagpartytjies tot eredienste op. Pendoring het verlede jaar op ’n boekbekendstelling van die skrywer Johann Nell opgetree en dit is waar prof. Hennie van Coller die groep raakgesien het. Die groep is toe deur Van Coller gevra om op ’n Afrikaans-Nederlandse kongres op te tree wat op 1 Julie in die Black Mountain-hotel
aangebied is. Die oorsese afgevaardigdes was dol op die Nederlandse weergawe van Koos du Plessis se Gebed en is vir ’n encore daarvan gevra. Pendoring sing a cappella en die harmoniëring klink baie goed. Liedjies in Pendoring se repertoire sluit ligtemusiekliedjies soos Weeping, Stuur groete aan Mannetjies Roux en Uptown Girl in.
LENINGS
TE KOOP 1445
FUNKSIES & KONFERENSIES
FINANSIEEL 1420
A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com DECLINED BY THE BANK? WHY NOT GO ON TO BUY FROM US Email to martie.benecke @gmail.com or call 076 752 7446
1425
Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
EIENDOMME
BOME 1871
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
1645
CONSOLIDATIONS! Pay one easy instalment. Blacklisted welcome. 051 430 8427 or 076 146 3142.
VOLWASSENES
PRIVAAT 2015
ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
MALE EXTRA ERECTION PILLS: Stronger, harder erection. Lasts up to 5 times longer Safe for high blood and sugar levels. 100% safe and 100% discrete, delivery. R150 for 10, R300 for 30. 073 894 5273. PVT-REMEDIES, BFN.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
Universitas: Eenmanwoonstel, R2 500 p.m. Krag uitgesluit. Geen troeteldiere. Skakel 082 578 3695. HOSPITAALPARK: Eenmanwoonstel, water ingesluit. Koopkrag. R2 000 p.m. Skakel 082 570 6422
TE HUUR 3205
Ruim 2-slk-woonstel in Westerbloem-sekuriteitsoord. R3 600 p.m. Moet 50 wees om daar te bly. 083 660 2060/ 084 205 6858.
HUISE TE KOOP 3275
HEIDEDAL: 4-vertrekwoonhuis met badk, in Pieter Schwartzstr. R85 000. Phillip 082 451 3311. MEENTHUISE TE HUUR 3325
TWEE-slk-meenthuis in LHP te huur. R5 000 p.m. Skakel 082 336 2346.
LOURUKUS TRUST/ BROWN W A (ANDRE) KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE In die Landdroshof vir die distrik van Bloemfontein, gehou in Bloemfontein, in die saaknommer: 7113/2014 tussen: LOUIS BURGER N.O. 1ste Eiser ROELOF JOHANNES ROSSOUW N.O. 2de Eiser JOHAN DIEDERIK VAN WYK N.O. 3de Eiser (In hul hoedanighede as Trustees van Die Lourukus Trust) en WILLIAM ADRIAAN BROWN BETREKKINGS Verweerder Geliewe kennis te neem dat 3600 ingevolge 'n vonnis verleen op 22 April 2014 in bogemelde Agbare Hof en in terme van 'n GESOEK Lasbrief vir Eksekusie wat 3601 daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf BETROUBARE huisin eksekusie verkoop word aan hulp: Goeie verwysings. die hoogste bieër by die Balju Werkgewers verhuis. Ska- Bloemfontein-Wes Veilinglokel kaal, Mannionweg 4C, Ou Industriële Gebied, Oranjesig, Emily 073 802 9120 Bloemfontein, op 5 Augustus of 051 436 1184. 2014 om 10:00. Inventaris: BOEDELKENNIS2 silwereetstelle, verskeie GEWINGS ornamente, 1 rolstoel, 1 x 7stuk-houttuinstel, 1 Megamaster-gasbraaier, 1 x 4-stukBOEDELS: sitkamerstel, 1 KIC-yskas, 1 KREDITEURE EN LG-rekenaar en Lexmark-drukDEBITEURE ker, 1 Canon-fotodrukker, 1 4201 TEAC- draagbare radio, 1 Casio-kasregister, 1 kamera met toebehore, 1 Campmaster-gazebo. Neem asseblief kennis dat die bekendmaking van die verkoping voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008, soos gewysig. 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. 2. Reëls van hierdie verkoping 122 RB VORSTER is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju BfnWes, Derdestraat 6A, BloemIn die boedel van wyle Rosa fontein. Belinda Vorster, identiteits3. Registrasie as koper is 'n nommer 410407 0044 08 2, vereiste onderworpe aan pensioenaris, in lewe woonag- bepaalde voorwaardes, o.a. tig by Wardenstraat 40, 3.1 Voorskrifte van die VerNoordhoek, Bloemfontein, bruiksbeskermingswet 68 van boedelnommer 5633/2013. 2008 Kennis geskied hiermee dat 3.2 FICA-wetgewing met die eerste en finale likwidasie- betrekking tot identiteits- en en distribusierekening in boge- adresbesonderhede noemde boedel ter insae sal lê 3.3 Betaling van terugbetaalby die kantoor van die Meester bare registrasiegeld van die Hooggeregshof, 3.4 Registrasievoorwaardes Bloemfontein, vir 'n tydperk 4. U kennisgewing van Verkovan 21 dae gereken vanaf Vry- ping se hoofopskrif moet die dag 18 Julie 2014. woord 'Veiling' bevat Naam en adres van Eksekuteur 5. Verkoping sal geskied deur of Gemagtigde: die kantoor van die Balju BfnL.B. SAFFY Wes met afslaers CH de Wet Honey Prokureurs en/of AJ Kruger en/of TI Posbus 29 Khaudi Bloemfontein 6. Advertensiegeld teen heer9300 sende publikasietariewe en Tel. 051 403 6600 verkopingkoste volgens Faks: 051 403 6714. Hofreëls, geld. Gedateer in Bloemfontein op 20 Mei 2014. KW BRENTLEY (LOU34/0007/SD) Rossouws Prokureurs President Reitzlaan 119 Westdene Bloemfontein 9300 Docex 31 Bloemfontein Tel. 051 506 2500 Faks: 051 430 6079
SOEK, KOOP, VERKOOP
14
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 15
Fietswedren hier beslis JENS FRIIS is uit en tuis ná ’n road trip deur die Pireneë-bergreeks op die grens tussen Spanje en Frankryk. HULLE sê ’n reis van duisend myl begin met ’n eerste tree. En só was dit ook met ons onlangse reis na Europa. Wanneer ek mooi terugdink, het daardie eerste “wiel” op ’n luilekker Desembermiddag kort voor Nuwejaarsdag begin draai. Die ding het só begin: ’n Nederlandse vriend, Jean-Louis (sommer JL genoem), het by ons gekuier en terwyl ons op die trap van ons swembad gebaai het, het hy vertel van ’n fietsrit van enkele maande gelede. Dié het hom deur die Pireneëbergreeks van die landjie Andorra al langs die grens tussen Spanje en Frankryk geneem. “Dit is van die mooiste tonele op aarde,” het dié kranige fietsryer beloof. Ek en my wederhelf is dol op grootse, ongerepte natuurskoon soos dit waardeur die ryers in die Tour de France fietsry. Daar is geen kans dat ons dit sou aftrap nie, maar potensiaal vir ’n road trip per motor was daar gewis. Ons het JL vir meer inligting gepols en só het hy met ’n nat voorvinger ’n kaart op die stene langs die swembad begin trek. Maar die “ink” was alte vinnig droog danksy die Vrystaatse son. “Sou julle besluit om te gaan is die wysste raad wat ek julle kan gee om nie meer as 60 km per dag te ry nie.” En ná ons terugkeer enkele dae gelede weet ek waarom: Daar is soveel mooi dat dit ’n sonde is om meer te probeer doen – nie dat ’n mens in elk geval kan nie, want die afgrond is altyd naby en die paaie vol esse. Ook belangrik is om die regte tyd van die jaar daar te wees. Die winter en die maande daaromheen is taboe, tensy jy wil gaan ski. Ek sou weer in die vroeë somer (dus laat Junie) gaan, want dan is die wêreld lowergroen en oortrek van veldblomme. Tog is daar steeds sneeu (’n vreemdheid vir ’n Suid-Afrikaanse oog) op die hoë spitse – en daarsonder sou die besoek baie minder aanskoulik gewees het. Gepraat van hoogtes: Die laagtepunt van die besoek was beslis dat Wes-Europa vir SuidAfrikaners peperduur geword het. Sedert my laaste besoek agttien maande gelede is alles die helfte duurder – wat sin maak, want die rand het met byna 50% verswak. Trek jy 250 euro het dit jou destyds R2 500 gekos. Nou dok jy skielik R3 750 op. Ja, dit is nogal ’n aardige sommetjie. Wat wel gehelp het, is dat die verblyf in die Pireneë aansienlik goedkoper as in Parys en Nice is, maar selfs hier betaal jy omtrent die helfte meer as in Suid-Afrika vir iets soortgelyks. Om geld te spaar gaan ons dus op ’n volgende keer eerder iets soos Malawi, Viëtnam of Montenegro verken. Maar juis hierom het ons besef: Die besonderse Pireneë-kuier móét ons indrink. Vertrekpunt ’n Goeie vertrekpunt vir ’n reis die Pireneë deur is Carcasonne wat ’n Wêrelderfenistitel dra. Die Franse het in die Middeleeue dié stad deeglik teen aanslae van die Spanjaarde gefortifiseer. Kyk jy op ’n mooiweersdag van hier suid, sien jy die berg wat Frankryk en Spanje skei. Waarom weet ek nie, maar ek het my ’n dorre bergreeks (byna soos die Atlas-gebergte) voorgestel, maar reeds in die voetheuwels was dit klinkklaar: Water is volop en varings gedy langs strome wat veral deur swaar sneeuneerslae gevoed word. Net só ’n verrassing was die landjie Andorra wat in die hart van die Pireneë wag. Soos Lesotho het dit sy onafhanklikheid daaraan te danke dat dié berg feitlik
Bo: Dit is ’n sprokiesmooi wêreld dié.
Foto’s: Jens Friis
Links: Van oral kom hulle – bloedjonk tot spierwitgrys – om met geoefende (en minder geoefende) kuite dié paaie aan te durf.
ondeurdringbaar is. As belastinghemel gedy die eiendomsbedryf en veral ski-hotelle van meer as vyf verdiepings het die afgelope jare verrys. Oornag gerus hier, want die regering moedig toerisme aan en probeer hotelpryse laag hou sodat besoekers langer kan vertoef. Waar jy die grens na Spanje oorsteek, word motors steeds gereeld voorgekeer, want veral die smokkel van sigarette is ’n probleem. Van hier lei ’n pad noordwes deur Spanje waar jy ná sowat drie uur Frankryk weer binnery. Dit was opvallend hoeveel stiller die Spaanse paaie as dié in Frankryk was – ’n groot lekkerte, want dit verg ekstra konsentrasie, omdat die stuurwiel aan die ander kant sit én waar die een pas eindig, begin die ander. Fietsryers Veral aan die Franse kant het ons hordes fietsryers, soos JL vertel het, teëgekom. Ek kan my voorstel dit moet iets besonders wees vir ’n fietsryer om te kan vertel dat hy dele van die tradisionele Tour de France-roete afgetrap het, maar ek het meer kere gewonder waarom iemand hom só tot die uiterste beproef.
Van oral kom hulle – bloedjonk tot spierwitgrys – om met geoefende (en minder geoefende) kuite dié paaie aan te durf. Elke paar honderd meter dui padbordjies aan dat hul trappery die moeite werd was, want hulle is soveel meter hoër bo seespieël. Dit dui dan ook die gradiënt aan van die pad wat kom. Op die kruin wag spanmaats op die agterosse met ’n bemoedigende handegeklap om die laaste paar meters af te lê. Dit is dan tyd om spiere wat kramp vet te smeer, energiedrankies te drink en die uitsig te bewonder. Af is maklik. Al wat dan moeilikheid kan gee, is dat te vinnig ry tot ’n val kan lei, of dat ’n melkkoei die pad onverwags wil oorsteek. Ons het nêrens vooraf slaapplek bespreek nie, want verblyf is volop en dit bied die voordeel dat jy kan ry so ver as wat jy op ’n dag kom. Baiekeer was gastehuise en hotelle egter vol en het ons eers by die derde of vierde plek geholpe geraak. By oornagplekke was daar voor die voet fietsryers wat graag meer van veral die Cape Argus wou weet. Ook was daar ekstra belangstelling in ons Suiderland, omdat die 29-jarige Brit, Chris Froome, die verdedigende kampioen in vanjaar se 101ste Tour de France is. Verlede jaar was
Froome (Team Sky) in ’n klas van sy eie en het nie veel moeite ondervind nie om die Colombiaanse debutant Nairo Quintana (wat nie vanjaar ry nie) om die titel te klop. Froome, wat in Kenia gebore is, het in Johannesburg skoolgegaan. Die deelnemers aan 2014 se fietstoer het die aanvanklik van Leeds in Brittanje weggespring. Maar soos gebruiklik sal dié ystermanne ook in Pau, Hautacam, Saint-Lary Pla d’Adet, Bagnères-de-Luchon en Carcassone se gebergtes ’n draai gaan maak voordat hulle ná 21 dae en 3 663 km die eindstreep in Parys sal oorsteek. Ek haal my hoed vir hulle af, want dit sit nie in elkeen se broek om dié roete te voltooi nie. Geen wonder nie 12 deelnemers, insluitend die voorloper Maurice Garin, is in
1904 gediskwalifiseer vir ’n verskeidenheid redes wat die onwettige gebruik van motors en treine ingesluit het. Indien ek in dié pragtige berg moes fietsry, sou ek dit waarskynlik self sterk oorweeg het om te kul en ’n entjie in ’n motor af te lê. Maar genadiglik was dit darem nie nodig nie – en sal dié onlangse road trip my nog jare bybly. Die volgende is sekerlik ’n bewys daarvan: Waar ek vantevore geen sin in fietsry as sport gehad het nie, kan ek sedert ons terugkeer nie wag om saans op DStv te kyk na die opsomming van die dag se wedren in Frankryk nie. Loer gerus; dit is op SS2, oftewel kanaal 202. S Die beste boek wat ons kon opspoor om ons rit te verryk was Back Roads France – scenic routes, charming hotels, authentic regional cuisine van Eyewitness Travel.
The Craven Week player Shirwin Cupido breaks away in a match between the Free State and Lions.
Free State clip Lions’ claws Shawn Belluigi
FREE STATE beat a disappointing Golden Lions side by 33-20 at the 2014 u.18 Coca-Cola Craven Week in Middelburg. The Lions made numerous handling errors and were penalised heavily at the breakdown, never really giving themselves a chance of victory. Victor
Maruping, Shirwin Cupido and Alexander Jonker scored the Free State tries, with Lourens Steenkamp adding four penalties and three conversions. For the Lions, Gavin Delport and Armandt Grobler scored tries. Ralton October kicked a penalty and Wikus van Biljon added a penalty and two conversions.
In earlier action the Griquas scored a massive 96-0 win over Border Country Districts, the second biggest victory margin in Craven Week history. S The Craven Week is sponsored by the Coca-Cola Company. The world’s largest beverage company provides consumers with more than 500 sparkling
and still brands. Through the world’s largest beverage distribution system, consumers in more than 200 countries enjoy the company’s beverages at a rate of 1,7 billion servings a day. S For updates of the 2014 u.18 Coca-Cola Craven Week, have a look at www.bloemnuus.co.za.
Engo baat by dag LEGSATO BLOEMFONTEIN, die departement van verdediging se regsdiensteafdeling, hou volgende Vrydag ’n gholfdag. Al die wins sal geskenk word aan Engo, ’n nie-winsgewende en nie-regeringsinstansie wat hulp verleen aan mense wat dit nodig het. “Ons beoog om vir Engo minstens ’n songeiser aan te bring met die geld wat gemaak word. “Só word iets aan die gemeenskap teruggegee – so gepas vir die Mandeladagviering,” sê maj. Wouter van der Berg. Die dag begin om 10:00 op die Tempe-gholfbaan waarna elke span op ’n aangewese bof sal begin roteer. Dit kos R50 per speler, maar as jy wil deelneem, sal
jy gou moet spring, want daar is nog net 12 plekke (3 x 4 balle) beskikbaar. Borge kan op bowwe teen R1 000 per bof adverteer. Skenkings vir pryse is ook
welkom. Bloemnuus is ’n mediaborg van die gholfdag. Bel maj. Wouter van der Berg by 072-565-1234 sou jy meer wou weet.