VRYDAG 25 JULIE 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Huisgenoot se redakteur in Bfn getoë HENRIëTTE LOUBSER, redakteur van Huisgenoot, se wortels lê diep in Bloemfontein begrawe. Sy is hier gebore, het in Besselsenstraat in Universitas grootgeword, gematrikuleer aan die Hoërskool Jim Fouché en toe kommunikasiekunde aan Kovsies geswot voordat sy by Volksblad ingeval het. JENS FRIIS het met haar gesels. Kom jy nog soms in Bloemfontein? Ek was lanklaas daar. My pa, At Anderson, is in 1989 oorlede en sowat tien jaar gelede het ek my ma, Elise, oortuig om Kaap toe te trek. Sy en albei my broers woon nou om die draai van my en my gesin. En wanneer jy hier kom, wat maak jou nostalgies? Dit is reuke en smake waarna ek verlang. Ek mis die reën in die somer, die reuk van nat grond. In my kinderdae was daar ’n kafee in die middestad, ek dink die naam was Penny Whistle, wat die lekkerste kaaspasteie gemaak het. En natuurlik is daar vele herinnerings aan die mense wat my pad gekruis en my help vorm het. Waarvan hou jy nie in Bloemfontein? Stofstorms.
Het jy ooit as kind/student gedroom jy sou eendag aan die stuur van die grootste Afrikaanse tydskrif staan? Ek het al op 15 jaar geweet ek wil ’n joernalis word en op my eerste dag by Volksblad het ek en joernalistiek mekaar gevind. Maar ek het nie noodwendig gedink dit gaan tot die groot voorreg lei nie. Weekliks word sowat 7 600 Huisgenote in Bloemfontein verkoop en 18 700 in die Vrystaat. Dit is 7% van die tydskrif se hele sirkulasie; dus is die Vrystaat vir ons ’n belangrike gebied. Dit moet bevredigend wees om in Kaapstad te sit en wanneer jy in die Vrystaat kom, Huisgenoot op die rak te sien en te weet duisende mense lees dit . . . Net so bevredigend soos dit is, laat dit jou ook besef watter reuse-verantwoordelikheid die redaksie het om ons lesers se behoeftes te verstaan en waaroor hulle elke week wil lees. Ons skryf in gewone taal en probeer mense help om sin van die wêreld om hulle te maak. Ek ken nie nog ’n publikasie waar so baie navorsing oor so baie onderwerpe gedoen word soos by Huisgenoot nie. Die joernaliste moet die onderwerpe waaroor hulle skryf so goed verstaan dat hulle dit in
lekker geselstaal vir enigiemand kan verduidelik. Jy kan nie agter akademiese terminologie of vaaghede wegkruip nie. As jy nie verstaan waaroor jy skryf nie, gaan die leser ook nie verstaan nie. Jy kan ook nie bekostig om ’n feitefout te maak nie, want ons het meer as twee miljoen lesers landwyd en daar gaan altyd ’n hele paar wees wat die fout raaksien en dit vir jou uitwys. Elke artikel in die tydskrif gaan deur ’n string hekwagters se hande om seker te maak die kopie lees vloeiend en boeiend en dat dit al die leser se vrae beantwoord en feitlik korrek is. Hoe voorsien jy gaan ’n tydskrif soos Huisgenoot oor tien jaar daar uitsien? Huisgenoot is die gunsteling-bestemming vir Afrikaanssprekendes op Facebook en dit is die grootste Afrikaanse tydskrif op Twitter. Ons webtuiste, huisgenoot.com, het meer as 500 000 besonderse gebruikers per maand. Ons het ook ’n digitale uitgawe van die tydskrif wat mense op hul rekenaar of tablet kan lees. Ons leef ons handelsmerk uit met geleenthede soos Skouspel en die Days of the Dinosaur-uitstalling wat ons nou Suid-Afrika toe bring. Ons grootste inkomste is egter
Henriëtte Loubser, redakteur van Huisgenoot, is in Bloemfontein ge bore en getoë. nog verreweg uit ons gedrukte tydskrif en dit gaan nog vir lank so bly. Ons het dekades al ’n wenresep met ons inhoud en die basiese bestanddele sal dieselfde bly, al kom daar klemverskuiwings soos wat die tydsgees verander.
Huisgenoot word in 2016 ’n eeu oud. Ons staan steeds aan die voorpunt van skepping en vernuwing; dus is ons reg vir wat die toekoms mag bring. S Lees meer oor Henriëtte op bl. 3.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 3
Henriëtte Loubser en kollega Jan Morgenrood op ’n geselligheid aan huis van Hennie van Deventer, destyds redakteur van Volksblad.
Henriëtte Loubser (middel) saam met Anneli van Rooyen en Snotkop op verlede jaar se Skouspel in Sun City waar Huisgenoot Anneli vereer het vir haar lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek. Snotkop tree op Saterdag 2 Augustus in Bloemfontein in Bobbiespark se saal op. Kaartjies is by Computicket te kry.
Só sê Henriëtte
HENRIËTTE LOUBSER, redakteur van Huisgenoot, is ’n oud-Bloemfonteiner. Sy het op JENS FRIIS se vrae geantwoord.
Indien jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen – waarheen sou dit wees? Op die oomblik wil ek graag New York of Berlyn toe gaan.
Wat behels aardse geluk? Om heeltyd te bly groei en ervaar en nuwe insigte te kry.
Waarom? Ek wil teruggaan New York toe om weer die stad se polsslag te beleef en ek hoor Berlyn het nou ’n besonderse energie.
Wat is jou grootste tekortkominge? Ek is krities en stel soms te hoë standaarde aan myself en ander mense.
Watter CD is in jou motor? Skouspel-CD’s van verskillende jare, want ons is druk aan die beplan vir vanjaar se Skouspel.
Wie en wat kan jy nie verduur nie? Leuens en luiheid.
Lees jy op die oomblik enige boek(e)? Ek is pas klaar met Gone Girl van Gillian Flynn, Meltdown van Ben Elton en Enkelreis – ’n memoir deur Zarine Roodt (sy is ’n Bloemfonteiner en een van my ouddosente). Normaalweg lees ek nie-fiksie – biografieë of boeke wat my help om mense, samelewings en die werkplek beter te verstaan.
Wat is jou kenmerkendste eienskap? Ek praat sag. Wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? Absoluut niks nie, alles het my gemaak wie ek is en ek kan uit al my ervarings – goed en sleg – put. Ek was nog altyd ’n effense buitestander, maar dit het my gehelp om ’n fyn waarnemingsvermoë te ontwikkel.
Laaste fliek gesien? 12 years a slave.
Was dit goed? Ek sou dit 8 uit 10 gee. Wat is die diepste punt van ellende? Om siek te wees en nie in staat te wees om jou ten volle uit te leef nie. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Geluk kom en gaan, dit is nie iets wat jy kan vaspen nie. Dit kom ook in vele skakerings; daar is baie soorte geluk. In elke fase van my lewe was daar geluk én ongeluk. Maar op die oomblik is ek baie gelukkig. Wat verveel jou? Ek weet nie hoe om net rond te lê en niks te doen nie, dit verveel my eindeloos. Ek moet verkieslik op die een of ander missie wees. Oor watter gawe sou jy wou beskik? Ek sou ’n beter gespreksgenoot wou wees; ek is beter met skryf as met praat. S Kyk na nog foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014
Dit gebeur dan daar VRYDAG 25 JULIE S Kuns, kerslig en kuier in kleinteater@rolalbklub. Danie van Huyssteen, 082-337-0785. S Die Hoër Landbouskool Landboudal se 1994-matrieks hou die naweek reünie. Skryf aan jannie@fnbconnect.co.za. S Kaleidoskoop in Innie Skuur om 19:00. Kaartjies teen R100 (studente) en R120 (volwassenes) is te kry by Kiki Corner. SATERDAG 26 JULIE S Kunsklasse vir kinders deur Lindi van Rensburg by Groenvlei Country Market langs Frans Kleinhansweg net buite Heuwelsig. Hannes van Rensburg, 076-339-1851. S Volksblad se Kos-en-kunsmark in die Nasionale Botaniese Tuin. Vir meer inligting skryf aan mlsmith@volksblad.com. S Wildspotopskop met Zak Steyn en Louwrens Conradie. Kuieraand teen R200 per persoon. Veiling en ander jagaktiwiteite. Geen mense jonger as 18 toegelaat. Chantéle (082-944-7088), Sharlien (084-459-7260) of Mariëtte (072-570-3172). S Photography Pricing For Profit – How To Give Value To Your Clients And Still Make A Living, is a free event for all photographers (amateur, hobbyist, professional) in Bloemfontein. It is being held at the St Michael’s School on 26 July from 12:00. Jackie Blackford – blackfordphotography@gmail.com. SONDAG 27 JULIE S Live music elke Sondag in Kerdoni’s Restaurant, Bayswater, van 13:00 af. S Die NG gemeente Waterbron hou ’n restaurant-ete. Nora Conradie, 082-443-1283.
TUESDAY 29 JULY S Oproep tot gebed van 10:00 tot 11:00 in kamer 21 van die Klipkerk se sentrum. Vanessa, 072-375-3652. S Pensioners day’s every Tuesday at Makro. Eileen, 051-101-1000. S Will you? Won’t you? Will you join the dance? by Wilma Cruise (Main Building – Oliewenhuis Art Museum). Wilma Cruise uses the human body as the vehicle for the exploration of meaning. S Binnelanders: 2 000ste aflewering. WOENSDAG 30 JULIE S Manie Jackson: Bobbiespark. Erika, 072-283-1484. S Enjoy a Fine Dine & Wine evening with Nitida wines at De Oude Kraal Country EState & Spa. Bookings: 051-564-0636. THURSDAY 31 JULY S Fear and Loss – Industrial Karoo curated by Katie Barnard du Toit (Reservoir – Oliewenhuis Art Museum). This exhibition represents a contribution of artworks by artists from all over South Africa who are concerned about the Karoo ecology. S Binnelanders: Morné attempts to manipulate Okkie and Ilse, and Gustav is unwillingly being roped into the limelight again. A question about an ex could stop the love song and Margot tries her very best to get what she wants – is she all there? A message to Quinton isn’t exactly what it seems to be. FRIDAY 1 AUGUST S FNB Free State Wine Show at Leopards and Lace, Sterling Avenue, Spitskop, Langenhovenpark, from 17:00 to 21:00.
Shéri Brynard is een van die talle sprekers, sangers, kunstenaars en uitstallers op Bultfontein se Boer tjiefees van 4 tot 6 September. Kyk by www.vollaboertjiefees.co.za vir meer besonderhede. S Prime Circle om 20:00 in die Sand. Pacofs, 051-447-7772. SATERDAG 2 AUGUSTUS S Sop, sjerrie en poeding om 10:00 in die Hugenoot-kerksaal, Picardystraat, Bayswater. Kaartjies teen R30 by kerkkantoor (051-436-2659). S Family Fun day at Makro. Eileen Ndewere, 051-101-1000. VRYDAG 8 AUGUSTUS S Flintstones, die toneelstuk, is in November in die Stadskouburg op die planke. Oudisies vir akteurs word vandag gehou. Elna van der Walt, 082-462-5507. S Stuur dagboekinskrywings na jens.friis@media24.com voor Maandag om 09:00. Dit is gratis.
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 5
Alte dierbaar vir hul base BYNA 450 foto’s is in die troeteldierkompetisie ontvang waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is. Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal. Stem vir jou gunstelinge op Bloemnuus se Facebook-blad.
Stoffel is ’n driejarige African Greypape gaai wat saam met Sylvia du Toit werk toe gaan.
Jeandré Oosthuizen se Bella is dol op Co caCola.
Eileen Barnard se Frikkie en Reeva.
In die dog box: Wyland Harmse se (piep) kleinding pas in ’n soutkoekieboks.
Ronel Greeff: “Hier is ons bulhond Troy saam met ons seun Marcel – twee stout terds.”
Menante du Plessis se Bailey wil weet: “Moet ons regtig bad?”
André Kluyts: “Tommie blaas die kerse van die koek op sy tiende verjaardag uit.”
Sylvia du Toit: “Dit was te koud vir swem.”
Christa Coetzee het Heidi innig lief.
Liza de Wet se Piering.
Makro skenk R1 000 se geskenkbewyse vir die wenner van Bloemnuus se troeteldier kompetisie. Moenie dié winkel se gesins dag en pensioentrekkerdag misloop nie. Sien die Dagboek op bl. 4 vir meer beson derhede.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 7
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014
Getroud
Stuur ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’ is op www.bloemnuus.co.za te sien.
Karel de Klerk en Christelle Bouwer.
Hennie en Bianca Steyn.
Foto: Genesis Images
Jason en Lizelle Erasmus.
Jacques en Nickie de Bruycker.
Foto: Mandie Niemann Photography
Foto: Charles Whitehead
Foto: Michelle Fourie
Renier en Chane Liddle.
Melissa en Donovan Bonthuys.
Foto: Eloise en Des van Rensburg
Lindie en Antonie Pool.
Foto: Mandie Niemann Photography
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 9
Iewers Nice se nuwe tak langs die binnehof van die Pretty Gardenssentrum in Langen hovenpark. Foto: Lientjie Mentz
Hier’s nou iets ‘nice’ JENS FRIIS het by Iewers Nice se nuwe tak in Langenhovenpark gaan aansit. Waar? Winkels 27 tot 29 van die Pretty Gardens-sentrum (tel. 082-770-7584). Wanneer besoek? Vir ’n laat middagete op ’n Saterdag. Atmosfeer? Vir ’n Saterdag om 15:00 was die eetplek verbasend vol en die gaste het duidelik lekker saam gekuier. Interieur? Nes Iewers Nice se tak in Westdene is dit kleurig en boheems – nes die rolbosse wat van die dak af hang. Geëet? Pap en kaiings met sous (R48) en gerooktehoender-quiche (R59). Gedrink? Een water (R12) en drie Coke Zero’s (R45). Totaal: R164 + R36 (fooitjie) = R200.
Kos? Die pap, kaiings en sous is in drie bordjies bedien wat ’n mens dan in een groot boord kan meng of dit met ’n mes en vurk uit die drie bakkies kan eet, maar ’n paplepel wat voorsien word, werk baie beter. Die gereg was iets anders as wat ’n mens elders kan kry en ek het vooraf gewonder wat gaan kom. Die klein blokkies vet-en-vleis (kleiner gesny as vir ’n fondue) was anders as wat ek kaiings uit my ouma-hulle se tyd ken. Dit was goed gebraai, maar nie droog nie. Met ’n bietjie ekstra sout het dit vorentoe gesmaak met die tamatiesmoorsous en die pap. Dit is beslis ’n gereg waaraan ’n mens buitelanders kan bekend stel wanneer hulle by jou kom kuier. En teen R48 is dit baie goeie waarde vir geld. Die gerooktehoender-quiche was geurig en nie droog nie – soos dit hoort. Diens? Die kelner Ruan het flinke diens gelewer en was die heeltyd in die omgewing. Bedieningstyd? ’n Aanvaarbare 10 minute. Sal ek teruggaan? Beslis, buiten dat my spyskaart gehawend was van baie lees (hier is al baie honger mae gevoed), was dit ’n aangename eet-ervaring.
Het jy gehoor? S Donnalee Roberts gaan die rol van Carina in die fliekweergawe van Ballade vir ’n Enkeling vertolk. Dit is destyds deur Karin Retief vertolk. Armand Aucamp is Jacques (destyds gespeel deur Gavin van der Berg), Rolanda Marais (toe Selma van der Vyver) is Lena en Jacques Bessenger (toe Alwyn van der Merwe) is Jan-Paul Otto. Dit word volgende jaar in Maart uitgereik en die boek met dieselfde titel in Augustus. S Bakkies Botha (34) sal graag sy loopbaan in 2015 se Wêreldbekertoernooi wil afsluit. Hy beplan om volgende jaar sy stewels op te hang. S Theuns Jordaan, David Kramer en akteur Louis van Niekerk is die drie kunstenaars wat vanjaar DiamantstadSterreweg-eerbewyse op die Gariep Kunstefees gaan ontvang. S Breyten Breytenbach ontvang vanjaar ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Gent in België. Dit word aan hom toegeken vir sy eiesinnige kunstenaarskap en sy maatskaplik-kritiese werk.
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
BOME 1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
FINANSIEEL 1420
A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
Pos vir ontvangsdame en aanmaak van medikasie beskikbaar by dr. Grethe Jonker. Middae vanaf 12:00 17:00. Verkieslik bo 45 jaar oud, sonder afhanklikes. E-pos CV na mh.jonker14@gmail.com
VOLWASSENES
PRIVAAT 2015
OP SOEK NA 1485
I am looking for knitting machines. Empisals and Passaps in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.
TE KOOP
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE
MALE EXTRA ERECTION PILLS: Stronger, harder erection. Lasts up to 5 times longer. Safe for high blood and sugar levels. 100% safe and 100% discrete, delivery. R150 for 10, R300 for 30. 073 894 5273. PVT-REMEDIES, BFN.
TEGNIKUS * Ondervinding in installering, programmering en diens van huisalarms. DIESEL WERKTUIGKUNDIGE *Vorige onvervinding op dieseltrokke hanchen@fokuspersonnel.co.za Faks: 051 436 5641
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
1645
VOERTUIE
MOTORS TE KOOP 3025
2007 Ford Bantam 1.3 Rocam: Soos nuut, sonder 'n merk. Nuwe bande, 100% puik toestand. R60 000 o.n.a. Skakel 071 000 0363/073 166 5187.
ALGEMENE & HUISDIENSTE LENINGS 1445
Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
HUISVERBETERINGS BINNE
EIENDOMME
1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
MEENTHUISE TE HUUR 3325
TWEE-slk-meenthuis in LHP te huur. R5 000 p.m. Skakel 082 336 2346.
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
Dringende betrekking vir persoon met televerkope en debiteure ondervinding. Faks CV na 051 430 2504
122 MP MOKHELE
In die boedel van wyle Moferefere Paulus Mokhele, identiteitsnommer 560714 5300 080, in lewe woonagtig by Erf 725, Botshabelo, boedelnommer 001209/2014. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 25 Julie 2014. Naam en adres van Eksekuteur of Gemagtigde: L.B. SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600 Faks: 051 403 6714.
BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 11
Stes Barnard (82), oudskriba (1948 tot 2000) van die NG kerk op Philippolis, is in Gans baai oorlede. Haar man, Paul, is in 1999 op 73jarige ouderdom oorlede. Hulle word deur ’n dogter, Elize Uys, en ’n seun, Jan Barnard oorleef. Saterdag om 14:00 word ’n troosdiens vir Stes in Philippolis gehou.
Oorlede
S DIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Ertina Barendina Steyn (1918) * Stephney Pretorius (1929) * Magdalena van der Merwe (1929) * Marie Roets (1933) * Hester Smith (1940) * Gerhard van der Sandt (1941) * Jacoba Johanna Magdalena Batt (1956) * Cornél van der Berg (1965) * Lientjie Bester (1968) * Bonita Booyens (1971) * Charlene Nepgen (1975) S Ao. Riaan (Lucky) Bester (41) is dood nadat hy deur ’n motor omgery is. Hy het oor Nelson Mandelastraat na sy voertuig gestap toe ’n motor hom noodlottig getref het. Lucky was jare verbonde aan die Parkweg-polisiekantoor voordat hy onlangs na die Bayswater-polisiekantoor oorgeplaas is. Hy word deur sy dogter, Deu-Line (16), suster Lezel, en sy ouers, Beulah en Fanie, van Queenstown oorleef. S Belicia Kordom (25) is Saterdag in Bloemhof ter ruste gelê. Sedert ’n ongeluk op 1 Julie het sy nie haar bewussyn herwin nie. Belicia, wat ’n rekenaarwinkel op die kampus van die UV bestuur het, was met haar bromponie by ’n verkeerslig in ’n ongeluk. S Maak só: Bloemnuus neem weekliks met spyt kennis van die afsterwe van inwoners in sy lesersgebied. Die oorledenes word dan ook in die koerant vermeld. Maar meestal word ekstra inligting van die oorledenes benodig. As jy ’n onlangs oorlede familielid wil huldig in die gewilde Wel & Wee-kolom (dit is gratis) moet jy die volgende inligting stuur na jens.friis@media24.com: * volle name, * noemnaam, * van (en nooiensvan), * geboortejaar, * datum waarop die persoon oorlede is, * ’n bondige beskrywing van die persoon se beroepslewe, * deur wie word die oorledene oorleef, en * waar en wanneer is sy/haar begrafnis-/gedenkdiens gehou. ’n Goeie gesigfoto van goeie gehalte is welkom. Stuur dit voor Maandag om 09:00.
SPONTAAN 2014: Estie de Wet het Bloemnuus op Spontaan 2014 op die Vryfees ver teenwoordig. Dié talentkompetisie is deur Damaris Godoy van Vrystaat gewen.
DIE o.13Anetbal span van die Laer Meisieskool Oran je het ’n skitteren de netbalseisoen beleef. Die span het die tweede agtereenvolgende jaar na die Suid Afrikaanse kampi oenskapsbyeen koms deurge dring. Die byeen koms vind môre by die Hoërskool Dr. E.G. Jansen in Boksburg plaas. Van links is Bianca van der Vyfer, Minke Kruger, Lise Bezuidenhoudt, Kharma Cilliers, Charlene Greve link, Jane Britz, Ti ane Theunissen en Megan Her bert. Foto: Mlungisi Louw
Sport in kort
S Rynardt van Rensburg, ’n Kovsie-atleet, het sy Europese seisoen in Italië op ’n hoogtepunt afgesluit. Van Rensburg (22) het die 800 m op die byeenkoms in Donnas in 1:48,72 gewen. Nog ’n Kovsie-atleet, Hannes Naudé, was vierde in 1:53,37.
S Cornal Hendricks, ’n Springbok-vleuel, het ondanks belangstelling van die Westelike Provinsie en Blou Bulle besluit om sy rugby nog ’n jaar hier in die Rosestad te speel. Dit is ’n reuse-slag wat die Cheetahs geslaan het, aangesien Hendricks (26) waarskynlik vanjaar die beste vleuel in die land was. Cornal het sy kontrak, wat tot einde Oktober strek, verleng en sal steeds saam met die heelagter, Willie le Roux, en vleuel Raymond Rhule opwindende hardlooprugby speel. S Rory Duncan het as nuwe hoofafrigter vir die Vrystaatrugbyspan met die oog op die Curriebekerreeks ingeval.
S Kobus Verwey, ’n Bloemfonteinse prokureur, het ’n kolhou op ’n baan sowat 10 km van St. Andrews se Old Course in Skotland, Elmwood, behaal. St. Andrews word as die tuiste van gholf beskou. Kobus was saam met nog drie Bloemfonteiners, Etienne van Styl, Michael Coomans en Dawie Jacobs, op ’n gholfvakansie in Skotland. S Dr. Phia Steyn, ’n oudBloemfonteiner, het oor die Engelse Kanaal van 40 km tussen Engeland en Frankryk geswem. Sy was tussen 1997 en 2003 ’n dosent in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en woon nou in Engeland.
S Die Suid-Afrikaanse Skolenetbalvereniging (SASNV) gaan in Oktober ’n nasionale o.17-span na Portugal stuur. Die laaste proewe is Saterdag gehou en die span word later bekend gemaak. Esti Truter van die Hoërskool Fichardtpark is in dié groep ingesluit.