VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Vermaak
Vrouedag
Sport
Aanhanger ontmoet sy held
Bekendes gesels oor vrouwees
Inwoners wys hul slag op ekspo
bl. 3
bl. 9
bl. 11
Min tyd vir inskryf oor TYD raak nou min vir kinders en kleinkinders om met hul ouers en grootouers te spog deur hulle vir vanjaar se Oupa en Ouma Roos-eerbewys in te skryf. Die finaliste sal eregaste wees op ’n gala-kroningsaand by Magic Events @ Vanilla Sky. Dit word gereël deur die voormalige Mev. Verenigde Nasies Internasionaal, Lianda Hurter, in samewerking met Elsa Vermeulen wat die spesiale oomblikke op kamera gaan vaslê. Die reëls vir Bloemnuus en Athalia Uitreik se Oupa en Ouma Roos-eerbewys is: ) Enigeen wat ’n oupa of ouma is mag deelneem. ) Enige kind, kleinkind, vriend of lid van die publiek kan iemand benoem. ) Oupas en oumas mag hulle self inskryf. ) Daar is geen ouderdomsbeperking nie. ) Deelnemers moet in Bloemnuus se verspreidingsgebied woon en moet die kroningsgeleentheid op 14 Oktober in Bloemfontein bywoon. Inskrywings is gratis en daar is drie kategorieë: Oupa en Ouma Roos-egpaar, Oupa Roos en Ouma Roos. Die sluitingsdatum is 15 Augustus. ’n Foto wat die spesiale band tussen grootouer(s) en kleinkinders weerspieël, moet die inskrywing vergesel.
Pryse wat gewen kan word: ) Kategoriewenners wen ’n ereband, geraamde sertifikaat, wegbreeknaweek en spesiale bederfgeskenke. ) Die persoon wat die wenner benoem het, wen ook ’n prys. ) Daar is ’n Bloemnuus-lesersprys. ) Daar sal ook op die kroningsaand ’n gelukstrekking wees. Borge: Bloemnuus, Magic Events @ Vanilla Sky, CPI, Checkers, La Muse, Biographix, Santé-aftreeoord, Elsa Vermeulen-fotografie, Roelof Botha en Kotzé-kunsgalery. Riette van der Watt, Bloemnuus se Spontaan-wenner, en Grey-kollege se junior boereorkes sal op die kroningsaand vermaak verskaf. Navrae: Ans Coetzee by 082-467-6471, e-pos ans@athalia.co.za of jens.friis@media24.com. Sien inskryfvorm op bl. 8.
Hetta van der Merwe is een van die deelnemers in vanjaar se Oupa en Ouma Rooseerbe wys. Adele van der Riet het haar ingeskryf. “Die ouma is een van die koelste oumas, sy het styl en smaak, so baie, baie liefde vir almal en haar kids is alles. Haar hande en warm hart sal almal bybly, haar sagte stem en liefdevolle oë. Sy kry ’n eerste prys vir omgee”. Die sluitingsdatum is 15 Augustus. Foto: Verskaf
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014
Wel en ook wee
DIE volgende mense is onlangs in Bloemnuus se lesersgebied oorlede: S Sheila van Blerk (1931) S Braam Kotzè (1949) S Johan Nel (1948) S Jan Louis (oom Jock) du Toit (1928) S Koba Jacobs (Theron) (1928) S Franck Purchase van der Walt (1957) Hennie van Loggenberg, die boeremusieklegende, is Sondag op 76 in sy slaap oorlede. Hy was in sy loopbaan ’n vervaardiger by die SAUK, ’n beoordelaar van boereorkeskompetisies op televisie en ook een van die hoofbeoordelaars van die Sakkie-langarmkompetisie op kykNET. Hy het ook Liewe Heksie se tema-musiek geskryf. S JB la Cock (17), agtsteman van die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein se rugbyspan, het Saterdag in ’n wedstryd teen die Hoër Landbouskool Landboudal in Jacobsdal die wenkbroue laat lig toe hy met ’n strafskop die bal sowat 64 m ver oor die dwarslat laat trek het. “Ek het gestres, maar ek was nogal seker dat ek dit gaan doen.
Ek het dit gevoel,” sê JB met ’n groot glimlag. Hoewel Sand du Plessis met 12-27 verloor het, is JB tevrede met sy vertoning. Met sy kanonvoet het hy al sy span se punte aangeteken. “Dit sou goed wees om te wen, maar ek het steeds lekker gespeel.” S Die tweede fase van ’n parkeermeterstelsel vir die Mangaung-metro is op 1 Augustus ingestel waar parkeerbeamptes masjientjies gebruik om motoriste te reguleer sodat genoeg omruilings per parkeerplek plaasvind, sê Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die Mangaung-metro. Die strate wat met fase twee betrek word, is Graaff-Reinetstraat voor Prellerplein, Fontein-, Oos-Burger-, Charles-, Wes-Burger-, Fichardt- en Henrystraat. Dit sluit aangrensende strate in die Bloemfonteinse sakekern in. S Die Vrystaat spog nou met ’n agt jaar oue koningjagluiperdwyfie, Venus, wat verlede week in Bloemfontein by die Cheetah Experience verwelkom is. Sy kom van ’n wildsplaas in Hoedspruit en is die Rosestad se enigste jagluiperd met strepe op
Jason en Dylan van Wyk (2) van Bloemfontein. Foto’s van tweelinge kan aan Bloemnuus gestuur word na jens.friis@media24.com.
Anton Esterhuyse skryf: “Na aanleiding van die foto oor Bollie in verlede week se Bloemnuus wil ek hierdie deel. My vrou het al haar Bollietydskrifte van haar kinderdae af gehou en nou verlustig ons twee seuntjies hulle daarin. Veral die oudste een lees elke dag aandagtig – daarmee bedoel ek eintlik hy kyk na die prentjies – in die tydskrifte wat strokies van Liewe Heksie, Karel en Sarel, Cowboy Jim, Black Beauty en die lomp Oom Stoffel insluit.” Hier is Daniël (4) (links) en Ludwig (2). haar pels. Tobie Bird, wat oor die land heen in die wildbedryf betrokke is, het besluit om kragte saam met Emoya te span om haar te koop en te bewaar. Dit kom nadat hulle gehoor het ’n Arabiese jagter wil nagenoeg R20 miljoen betaal om haar as trofee te skiet. S Bouwer Bosch van Straatligkinders- en Dans Dans Lisa-faam, wat ook al gesig in die plaaslike fliek Klein Karoo gewys het, kan vanaand om 19:30 as aanbieder van die splinternuwe reis-engeselsprogram Agterpad op ASTV (Afrikaanse Satelliet-TV) op kanaal 150 op StarSat en kanaal 151 op OpenviewHD gesien word. In Agterpad besoek Bouwer die Wes-Kaapse platteland en leer meer oor die gemeenskap deur na die inwoners se stories en ervarings te luister. Op hierdie persoonlike reis deel hy sy gedagtes met die kykers en vertel hoe die mense se stories hom inspireer.
Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, is met vakansie. Hier het hy op Malta besoek afge lê. Die Republiek van Malta is ’n eiland in die Middellandse See. Dit is sowat 333 km noord van Libië. Inge Strydom (inlas) staan vir Jens as redakteur in.
Bessie Schwella het onlangs haar 80ste verjaardag gevier. Sy is ’n oud Bloemfonteiner wat die afgelope 20 jaar in Hartenbos woon. Hier wys sy dat sy oud, maar nog nie koud is nie op haar verjaardagpartytjie by Pretty Gardens in Langenhovenpark. Foto: Schink Photography
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014 3
Snotkop het groot en klein aan die jol Snotkop het Bloemfonteiners verlede Saterdag behoorlik op hul voete gehad met sy optrede in Bobbiespark se saal. Bloemnuus was die mediaborg van die konsert. Van links is Henri Scott (organiseer der), Snotkop, Roelof Botha (organiseerder) en Des van Rensburg (organiseerder). Foto: Eloise van Rensburg Links: Snotkop het die gehoor gaande gehad met van sy bekende treffers en ook van sy nuwe liedjies soos Soos ’n Boss van sy nuwe album. Foto: Inge Strydom Regs: Een van Snotkop se grootste aanhangers, Nathan van Breda, se glimlag was baie groot toe hy na die konsert sy idol kon ontmoet. Foto: Eloise van Rensburg
Man van woorde Stoffel Cilliers
Reik 1ste boek uit FRANCES MCGILL (25), ’n oudleerling van die Martie du Plessisskool, het on langs haar eerste boek, Die swaeltjie wat nie wou vlieg nie, die lig laat sien. Dit is ’n kinderboek wat deur Da vid Griessel, bekende Bloemfonteinse illustreer der en kunstenaar, geïllu streer is. Sy werk al van 14 jarige ouderdom aan die boek wat haar geïnspireer het uit ’n opstel wat sy vir skool moes skryf. Sy skryf graag stories in Engels en Afrikaans en hoop om nog ’n boek uit te reik. Die boek kos R80 en is by Frances of Stella by 0721168779 be skikbaar. Foto: Inge Strydom
SHAKESPEARE se Juliet het die bal lelik misgeslaan toe sy vir haar Romeo gesê het: “What’s in a name? That which we call a rose. By any other name would smell as sweet”. Toe ek op die naamplaatjie van ’n kelnerin van ’n bekende Bloemfonteinse restaurant gesien het sy word Portia genoem, het ek met ander oë na haar kyk. ’n Rukkie tevore het sy my bestelling geneem waar ek alleen by die tafeltjie buite die restaurant gesit het. “Hou Meneer van boeke?” het sy gevra en die titel van die boek hardop gelees wat ek pas begin lees het terwyl ek vir my vrou wag. “Ek hou óók van boeke,” het sy geesdriftig bygevoeg. “Ek het baie boeke by die huis,” het ek geantwoord. Waarop sy verlangend gereageer het met: “Wanneer kom Meneer weer hiernatoe?” Dit is duidelik wat sy daarmee bedoel het. My vrou het gekom en die kelnerin het ons wafels en room gebring. Ons het gevra dat sy dit liewer inneem, want dit raak onplesierig buite. Toe eers sien ek haar naam raak: Portia. “Weet jy een van die bekendste vroue in een van Shakespeare se dramas se naam is ook Portia?” vra ek. Sy verras my: “Nee. Een van die karakters? In watter drama?” “The Merchant of Venice.” Sy haal haar bestelboekie uit en skryf die naam agterin. Sy spel dit verkeerd en ek bied aan om die drama se naam te skryf. “Ek wil die boek gaan soek.” “Jy moet jou by ’n biblioteek aansluit, dan lees jy gratis,” sê my vrou. “Dit sal ’n bietjie moeilik wees. Ek bly in Bergman naby Bloemspruit. Dit is ver van ’n biblioteek af, maar ek wil daardie drama hê.” “Die skrywer is Shakespeare,”
herhaal ek behulpsaam. “Ek ken Shakespeare,” sê Portia vol selfvertroue, “Hy is die man van baie woorde.” Toe het sy ons met ons wafels in vrede gelos. Hoe reg was sy nie. Shakespeare het volgens die geleerdes 29 066 verskillende woorde gebruik toe hy sy 38 dramas, 154 sonnette en twee lang verhalende gedigte geskryf het. Hy het glo altesaam 884 647 woorde geskryf – “die man van baie woorde” inderdaad. Portia van Bergman wil meer van Shakespeare se Portia weet. As laasgenoemde in The Merchant of Venice, is sy die aantreklike, welgestelde Portia van Belmont, Italië, waarheen prinse van oral gaan om om haar hand en haar erfporsie mee te ding. Bassanio wil Portia ook die hof maak. Vir dié doel leen sy vriend Antonio ’n hoop geld by die genadelose Jood Shylock. Toe Antonio die geld nie betyds kan terugbetaal nie, eis Shylock ’n pond van Antonio se vleis wat volgens die kontrak aan hom betaalbaar is. Die saak dien voor ’n jong regsgeleerde wat namens die hertog van Venesië optree. Shylock juig toe die regsgeleerde besluit dat hy wel ’n pond van Antonio se vleis mag kry. Die regsgeleerde (niemand anders nie as die vermomde Portia) beslis egter verder indien Shylock ’n druppel van Antonio se bloed laat vloei, sal hy al sy besittings verbeur. Deur Portia se vindingrykheid blaas die skelm Jood die aftog. Natuurlik vind Portia en Bassanio mekaar. Watter beter drama van Shakespeare om in Vrouemaand in herinnering te roep as The Merchant of Venice? Portia is een van Shakespeare se sterkste vrouekarakters. Sy het behoorlik die korrupte ou Shylock ore aangesit. Alles in ag genome, besluit ek: ’n eksemplaar van Merchant hoort beslis by ’n sekere kelnerin.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014
Getroud
Chris en Melissa Wiese.
Foto: Bonita Burger
Conrad en Ena van Zyl.
Foto: Go Urban
Livin en Cherie Geldenhuys.
Foto: Mudboots Photography
Johann en Martli Jonker.
Stuur ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.
Casper en Lezanne Janse van Rensburg.
Foto: Francois Meiring
Jaco en Yolandi Vercueil.
Foto: Zoomink
Foto: Gerhardus Bosch
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014 5
Tonge losgeskud
’n Aardbewing het dele van Suid-Afrika Dinsdagmiddag vroeg getref. Volgens die USGS National Earthquake Information Centre het die skudding 5,3 op die Richterskaal geregistreer.
Bloemnuus het die volgende vrae aan lesers op Facebook gevra: Het jy die aardbewing gevoel? Vertel ons waar jy was en wat jy gedoen het toe dit gebeur het. Anton Barnard: Ek was op die pot toe verbeel ek my die pot maak snaakse bewegings of iets. So ek het my nie verbeel nie. Was baie gou op.
ESTIENNE EN CHRISTEL BRUWER.
Getroud
LEHOMA EN WYNAND STOLTZ.
JOHAN EN SUNE CONRADIE.
Foto: Gabriel Pottas Photography
Foto: Verskaf
Foto: Charl Conradie
Celeste Pretorius: Ook in Bayswater. Het bietjie gelê, het hewige tandpyn. Die bed het begin bewe. Dit is nie ’n lekker gevoel nie, gelukkig gebeur dit nie elke dag nie. Odette Human Smit: Krugersdorp. Als het gerattle. Koppies en glase in die kombuiskas kon jy hoor teen mekaar. Het niks gedoen nie. Gestaan en luister.
Nikki Lotter Martin: Durban. Gevoel soos ’n groot golf. blinds het gerattle. Was scary.
Tobie Mostert: Pta. Was besig om 3 km te hardloop op bulte. niks gevoel, maar familie oor stad het gevoel. Ruan Snyman: Het in kar gesit by Fichardtpark-laerskool. Kar het geskud, nie erg nie, maar kon dit voel. Magda Mostert Van Eeden: Ons bly buite Bloem naby Maselspoort. Was so half een. Aardige gevoel. Voel of alles beweeg. Luticia Hattingh: By die werk. Gedink dis ’n groot lorrie wat in ’n muur vasry. Martin Prinsloo: Ek bly in Bloem ek was by die werk toe skud die vloer onder my stoel. Howard Sampear: Hier in die Kaap is niks gevoel nie. Giselle Linstrom Fulton: Yes, in Bayswater. I was reading in bed and my legs started shaking. I thought something was wrong with them but then I realised the bed was shaking. Lindie Gouws: Ek het saam met my man voor die
kinders se skool gesit en my ooghare gepluk. Ek dog hy skud die kar dat ek moet sukkel. Toe kyk ons, maar geen wind waai nie. Ons kyk om of iemand buite die kar dit dalk skud en toe is dit net da na oor die radio gesê. Madeleine Le Roux Olivier: Bloemfontein. Willows. Ek het gestap om my kinders by Sand du Plessies te gaan haal. Ek’t langs Nasionale Hospitaal afgestap. Ek’t my lam geskrik. Ek’t gedink my bene makeer iets. Soos trillings teen my bene opgehardloop. Ma net toe hou musiek oor radio op en omroeper se als in ateljee skud hy wonder of dit ’n aardbewing is. Toe gee my bene sommer in. Ek’t sommer op sypaadjie (gaan) sit. Noudat ek by die huis is en relax, pyn my bene so dat ek skaars kan loop. Avante Bruidsdrag: In Meyerton het ek die sitkamerbank gevoel skud, ek het vir my dogter gesê ek dink dit was ’n aardbewing. Rina Koekemoer: In Klerksdorp besig om te skilder. Alles het beweeg en toe begin die borde en koppies uit die kombuiskaste val. Hele kombuis was onder glasstukke. Dit was baie erg.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014
Dierekinders
Byna 450 foto’s is in die troeteldier-fotokompetisie ontvang waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is. Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal. Stem vir jou gunsteling op Bloemnuus se Facebook-blad. Melanie Anderson het dié foto van haar seuntjie Owyn saam met sy beste maatjies, Woody die Jack Russell en Chase die weimaraner, geneem.
Gerrit Jacobs skryf: “Poena is ons laatlam. Hy weet nie hy is ’n honde kind nie. Daar moet altyd ’n spaardummy naby wees, anders kan hy nie slaap nie.”
Chanelle Hauman het dié fo to van haar “pootkinders”, Penny en Lilly, gestuur. Sy dink hulle is te dierbaar.
Evandré Janeke skryf: “Dit is my pa se mak meerkat wat elke aand tus sen haar hondemaatjies onder ’n duvet slaap.”
Gina du Preez skryf: “Zeba en Liska, my maltesers van ses jaar en drie jaar oud. Baie bederf. Hier lê hulle bietjie en tan hul magies.”
Fransa Burger skryf: “Hier is my kat, Lappies. Sy hou daarvan om takeaways te wees.”
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014 7
Dit gebeur dan daar VRYDAG 8 AUGUSTUS S Einde van tweede termyn vir onafhanklike skole. S Skenk bloed in die Victorian Square, Pres. Reitzstraat, tussen 09:00 en 16:45. Navrae: 051-447-4122. S From Past to Present: ’n Klein versameling ter ere van die Bloemfonteinse kunstenaar Louis Cott tot 24 Augustus in Oliewenhuis. S The Wedding Design Expo by Casper Bosman and Tony Peng at the Mimosa Mall. Elismarie Olivier, 051-444-6914. S Flintstones, die toneelstuk, is in November in die Stadskouburg op die planke. Oudisies vir akteurs word vandag gehou. Elna van der Walt, 082-462-5507. S Die Free State Agility en Dog Training Club se Bloemfontein Winter Classics-skoue vir hondespring het gister begin en duur tot 10 Augustus by die Laerskool Sand du Plessis in Hospitaalpark. Skoue is Donderdag en Vrydag van 08:00 tot 17:00 en Saterdag word die interprovinsiale kompetisie om 08:00 op die Boeremark in Langenhovenpark en van 12:00 weer by die skool aangebied. Sondag begin die skou om 08:00 by die laerskool. Gawie, 083-303-0222. S Voorgeboortekitskursusse vir ma’s wat 16 weke en minder swanger is, asook vir ma’s 22 weke en meer swanger, word onderskeidelik Saterdag en op 16 Augustus aangebied. Kontak sr. Darhita Mouton by 072-682-6134 of darhita.mouton@gmail.com vir meer inligting. Beperkte plek is beskikbaar. S Country Evening tonight at Leopards and Lace at 19:00 with Jody Wayne, Lance James, Barbara Ray and Mariska Nell. Tickets are R100 at Leopards and Lace or BCF Business Solutions. Cash bar and light meals available. Enquiries: 083-308-4244 or rentia@bcf.co.za. S ’n Langarm-dansparty word om 19:00 by die Achilles-atletiekklub (h/v Parfittweg en Att Horaklaan) gehou. Kontantkroeg beskikbaar. Ouers met kinders is welkom. Dit kos R20 per persoon. ’n Orkes sal optree. S The Oolong Rooftop crew will be taking over the entire Oolong Lounge tonight with a special edition of deep tunes with the Bassboys vs the Beatgirls. In celebration of Women’s Month, Oolong, along with Play Energy Drink, is bringing South Africa’s top-rated female DJ and founder of Divas on Decks, the iconic Lady Lea, to Bloemfontein. Cover charge is R30, women free before 21:00. SATERDAG 9 AUGUSTUS S Vrouedag. Openbare vakansiedag. S Boeremark van 06:00 tot 14:00, Langenhovenpark. S Surrounded by 12 hectares of natural vegetation on Grant’s Hill, the Oliewenhuis Art Museum offers access to four marked walking trails through unspoilt natural surroundings. The walking trails are easily accessible to young and old and offer a unique opportunity to experience the beauty and tranquility of the area. The museum gardens also offer ideal picnic spots.
S Fear and Loss – Industrial Karoo curated by Katie Barnard du Toit (Reservoir – Oliewenhuis Art Museum). This exhibition represents a contribution of artworks by artists across South Africa who are concerned about the Karoo ecology. An underlying concern of this body of work relates to the postmodern conditions of consumerism and capitalism which appear to be the driving force behind the proposed exploration of shale gas in the larger Karoo basin. The exhibition will consist of installations, as well as framed artworks. A series of lectures, in collaboration with the National Museum and the University of the Free State (UFS) scientists interested in this field is also planned. S Chri-Zade se Reis van Liefde-albumbekendstelling in Innie Skuur. Kaartjies is R80 en by Kiki Corner en Music Inc beskikbaar of bespreek plek by meerkatkolonie@vodamail.co.za S ’n Oggendteeparty word om 09:00 ten bate van die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die CBC-skoolsaal in Waverleyweg gehou. Kaartjies is R150. Bring ook ’n sak honde- of katkos saam. Daar sal uitstallers wees en Madeleen Steenkamp en Lynette de Beer sal die sprekers wees. S Dersley Manor Glamour Women’s Day at 11:00. Tickets are R180. For reservations and more information call Vivian Brink on 076-355-3791. S ’n Vrouedagprogram word by die Oorlogsmuseum in Monumentweg aangebied. Spin-en-weef-uitstalling, asook demonstrasies deur die Rosestad-spin-en-weefgroep en Rosestad-kantmakers, van 09:00 tot 13:00. Die Emily Hobhouse-gedenklesing oor die spin-en-weeftradisie in Suid-Afrika om 11:00 deur Annemarie Carelsen. Toegang is R10 per volwassene en R5 per kind. Vir inligting kontak Vicky Heunis by 051-447-3447 of 051-447-0079 of stuur ’n e-pos na vicky@anglo-boer.co.za. S Sit ’n huppel in jou stap, want voorkoms is ’n leefstyl word om 09:30 deur Solidariteit Helpende Hand se Bloemfonteintak by die Oudstudenteklub aangebied. Dit kos R120 wat ontbyt insluit. Christa Klinck, ’n voorkomskonsultant, is die spreker. Navrae: 086-125-2423 S NG kerk Heuwelkruin bied om 09:00 ’n oggendteeparty met die tema Kreatiwiteit ter viering van Vrouedag aan. Kom luister na Brenda Myburgh wat oor Superwoman gaan gesels. Elke vrou gaan huis toe met ’n geskenk wat sy self gemaak het. Kaartjies is R100 per persoon by die kerkkantoor of bel Liezel by 051-436-6634. S Die Mundene-tennisklub hou ’n dubbelspeldag. Belangstellendes kan Blackie Swart by 083-4119-708 bel. S Die Vriende van Boyden hou om 18:30 vir 19:00 ’n ope aand by die Boyden-sterrewag op die Maselspoort-pad. Kom vroegtydig om teleurstelling te vermy, want daar is beperkte parkeerplek. Hekke maak om 18:00 oop en sluit om 18:45. Daar sal om 19:00 lesings wees oor die belangrike bydraes van vroue in die
Die Botaniese Vereniging van SuidAfrika se Vrystaattak hou sy jaarvergadering om 10:00 in die Opvoedkundige Sentrum, Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin. Die onderwerp is Growing the species Lachenalia en die gasspreker is prof. Johan Spies van die departement genetika aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Vir gratis bywoning moet jy voor 14 Augustus by deonpotgieter@iclix.co.za antwoord, anders moet die toegangsgeld betaal word. Vir meer inligting bel JanHendrik Keet by 0715414853. Foto: Inge Strydom sterrekunde, gevolg deur sterrekyk. Die ope aand gaan voort ongeag die weer. Teleskope sal vir waarnemings beman word en lede van die publiek sal ’n kans kry om daardeur na verskillende planete, sterretrosse en dubbelsterre te kyk. Sterrebeelde en sterre sal ook uitgewys word. Bring jou eie verkyker saam om meer te kan sien as wat net met die oog sigbaar is. Dit kos R50 per motor. Navrae: Yolande Fick, 051-401-9751
Vrystaattak. Die gewone bymekaarkomplek is die Ouditorium van die Anglo-Boereoorlogmuseum om 18:30. Besoekers betaal R20 wat koffie en tee en ’n eetdingetjie insluit.
SONDAG 10 AUGUSTUS S Volmaan. S Die Nasionale Museum, Aliwalstraat 36, is Sondae van 12:00 tot 17:00 oop. Bel 051-447-9609 vir meer inligting. S Die NG kerk Hospitaalpark, Moyastraat, het elke Sondag twee eredienste om 09:00 en 18:00.
DINSDAG 12 AUGUSTUS S Kindersorg Bloemfontein vier vanjaar sy 100-jarige bestaan met onder meer ’n gholfdag by die Bloemfontein-gholfklub. Ná die gholfdag word ’n wynproe, wynveiling en snoekbraai aangebied. Koste is R375. Verversings by die halfweg is by die prys is ingesluit. Vir inligting kontak Lize of Riëtha, 051-4303311. S Pensioners days on Tuesdays at Makro. Special discounts, snacks, free coffee with sit-down meals.
MAANDAG 11 AUGUSTUS S Bekende, minder bekende of onbekende slawe-stamouers van ’n paar Afrikaner-families soos deur Jo Botha voorgestel op die maandelikse byeenkoms van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se
DONDERDAG 14 AUGUSTUS S Die Fichardtpark-woonbuurtvereniging hou sy openbare vergadering om 18:00 in die NG kerksaal in Altonasingel, Fichardtpark. ’n Demonstrasie van kringtelevisiekamerastelsels sal plaasvind.
Die 25ste Cars in the Park word môre op Nasionale Vroue dag op Bobbiespark gehou. Kom geniet die dag saam met die Vrystaatvete raanmotorklub. Die hekke open om 09:00. Motors ouer as 1985 gaan uitge stal word, asook motorfietse, trek kers, enjins en ekso tiese motors, waar geen jaartalbeper king geld nie. Eie naars met Ferrari’s Porsches, Masera ti’s, Jaguars, enso meer kan hul pronk stuk bring. Kosstal letjies en ’n kontant kroeg is beskikbaar. Toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir skoolgaande kin ders. Bel Ockie Fou rie by 0844342329 of Philip Heyns by 0824620827 vir meer inligting.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014
Inskrywings stroom in vir vanjaar se Oupa en Ouma Roos-eerbewyse. Hier is van vanjaar se inskrywings. Kinders en kleinkinders kan hul ouers en grootouers nog tot 15 Augustus inskryf.
Leon en Doreen van Wyk is hier saam met hul kleinkinders. Hulle is deur Illana (van Wyk) Campher in die Oupa en Ouma Roosafdeling ingeskryf.
Frank en Elize Morrison is deur Elise Pelser in die Oupa en Ouma Roosafdeling inge skryf.
Abie en Delva Pelser wat ook vanjaar deel neem in die Oupa en Ouma Rooseerbe wys.
Hetta en Willie van der Merwe neem in die Oupa en Ouma Roosafdeling deel.
Spring gou met jou inskrywing
Willie van der Merwe neem in die Oupa Roosafdeling deel.
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014 9
Aktrises oor fliek, vrouwees
se inkomste en besit net ’n honderdste van die wêreld se eiendom. Daagliks word een uit elke vierde vrou verkrag. Wat van ons kinders, waar 65 000 kindergevalle laasjaar aangemeld is – elke halfuur word ’n kind mishandel. Die lekkerste bederf is . . . Om onverwags blomme of geskenke te ontvang of om daardie skaapboud wat jy voorberei het met vriende en familie te deel. Vroue is belangrik, want . . . Hulle is die besturende direkteure van die huishoudings. Hulle baar kinders en bid en sorg vir hulle en lewer ’n grootse bydrae in ’n snel veranderende tyd van aanpassing in ons samelewing. Tina Kruger
Die fliek Leading Lady begin in November in teaters draai. Inge Strydom het met van die vroue wat voor en agter die kamera werk oor vroue en Vrouedag gesels. Brümilda van Rensburg Wie is jou karakter in die fliek en hoe stem julle ooreen? Ek speel die rol van Magdaleen Willemse. Sy is Kobus en Johan Willemse se ma en ’n sterk boervrou wat op ’n plaas in Brandfort woon. Sy gaar op en kruip weg agter aardse dinge omdat sy nog nie gereed is om die dood van haar man te aanvaar en die lewe en werklikhede in die oë te kyk nie. As jy vir jou karakter enige raad kon gee, wat sou dit wees? Probeer die lewe en die liefde wat almal vir jou het, raaksien. Moenie so hard probeer om jou gevoelens deur die materiële weg te steek nie.
Wat is jou aandeel in die rolprent en dink jy daar is enige karakter wat met jou persoonlikheid ooreenstem? As medeskrywer het ek aan die aanvanklike storiekonsep, oorspronklike karakters en verskeie aspekte van die A-, B- en C-storielyne gewerk. Saam het ek en Henk-hulle geslyp aan die storie wat eindelik die Leading Lady-prent geword het. Jodi Rutherford is hardkoppig, gefokus en bereid om baie moeite te doen om haar doelwitte te bereik, maar besef dat sy vir meer bestem is as om ’n bekende akteur te word. Ek identifiseer sterk met die innerlike reis. Voor Leading Lady het ek rondgeval tussen ’n paar dissiplines in die vermaaklikheidsberoep, onder meer toneelspel. My eie loopbaan as skrywer het in ’n groot mate hier begin te danke aan Henk wat my ’n kans gegee het, my hand gevat het en my touwys gemaak het om ’n vollengte-rolprent te skryf. Ek het lanklaas so gemaklik soos nou oor myself gevoel. As jy vir Magdaleen Willemse (Brümilda van Rensburg) se karakter enige raad kon gee, wat sou dit wees? Magdaleen, trane is nie ’n teken van swakheid nie, dit is ’n teken van egtheid. Die Afrikaanse vrou moes vir te lank haar gevoelens wegsteek om voor te gee dat sy sterk is. Huil, huil en huil dan nog sodat wanneer die seisoen verander en dit tyd is vir lag, die lag uit jou maag uit kan kom.
Wat was jou lekkerste Vrouedagbederf nog? Ek is elke jaar in ’n ander plek of dorp waar ek vroue op die dag toespreek en dit is heerlik, want hulle bederf my met hul gasvryheid. Ek stap weg met blomme en goodie bags vol salfies en bederfies.
As jy enigiets vir vroue kon verbeter of verander, wat sal jy doen? Ons moet steeds saamstaan soos in 1956 toe ons gesê het “genoeg is genoeg” met die paswette. Daar is nog baie ongelykheid en einas wat vroue moet verduur. Onse Eva en haar vriendinne is 50% van die wêreld se bevolking, maar verdien gesamentlik net een tiende van die wêreld
Dag al van ’56 gehou VROUE van alle rasse en kultuurgroepe vier jaarliks op 9 Augustus Nasionale Vrouedag. Dié dag het in 1956 ontstaan nadat ’n groot groep vroue in Pretoria na die Uniegebou opge-
ruk het om beswaar teen paswette te maak. (’n Pas is ’n spesiale dokument wat die beweging van swartmense in die apartheidsera beperk het om sodoende die wit woongebiede te beveilig).
Wat beplan jy om vanjaar op Vrouedag te doen? Om ’n dansklas by te woon, by my ouma Tina te gaan tee drink, ’n draai by die Neighbourgoods Market in die Johannesburg-middestad te maak en om die sonsondergang saam met my gesin te ervaar. Wat dink jy is die heel lekkerste van vrouwees? Die lekkerste aspek van vrouwees is dat ons rondings het, wat beteken ons is toeganklik en gee lekker drukkies. Ek hou ook daarvan dat vroue met seisoene en ritmes geprogrammeer is en dat dit juis daardie ritmiese, seisoenale aard van vrouwees is wat ons skeppend maak. As jy enigiets vir vroue kon verbeter of verander, wat sou jy doen? Ek sal graag vroue se stories wil vertel, veral dié wie se stem stil is. My nuwe kortprent, STOM, wat in Augustus op die Silwerskermfees draai, handel byvoorbeeld oor nageboortedepressie. Die lekkerste bederf is…? Om voor die kaggelvuurtjie in te kruip en ’n goeie fliek of TV-reeks saam met my man te kyk. Vroue is belangrik, want . . . Vroue is ma’s, dogters, susters, oumas, vriendinne. Verbeel jou ’n wêreld sonder hierdie mense en dan besef jy skielik hoekom en hoe belangrik vroue is. Jana Strydom Wie is jou karakter in die rolprent en hoe stem julle ooreen? My karakter se naam is Linda – sy is die toonbeeld van ’n ware SuidAfrikaanse meisie. Ek dink ons albei het die girl next door-eienskap.
Wat beplan jy om vanjaar op Vrouedag te doen? Ek beplan ’n laatontbyt met ’n paar pêlle om net oor ditjies en datjies te klets. Wat dink jy is die heel lekkerste van vrouwees? Ons is net so gelukkig soos ons onsself grimeer om te wees. Ons kommunikeer deur ons parfuum, ons passie en ons woorde. Vir Magdaleen is dit oorbelle, ’n mooi strik in die hare, ten minste drie ringe aan haar vingers met geverfde lang naels en om haar geliefde pêrels te dra. En vir Jana, wat ek nou in Binnelanders speel, sal dit wees om in minerale badsoute te lê ná ’n harde konfrontasie en koppestampdag met At Koster.
Bloemnuus wens al sy vrouelesers ’n gelukkige Vrouedag toe.
Hoe dink jy sal jou karakter Vrouedag vier? Sy sal heel waarskynlik ’n lekker tradisionele familiebyeenkoms reël waarop almal hul skoene kan uitskop en kuier. Wat was jou lekkerste Vrouedagbederf nog? Ek, my ma, Pikkie, en my sus, Anju, was na ’n spa toe.
Hoe dink jy sal ’n boervrou Vrouedag vier? Oe, met lekker kos. En hartsvriendinne. En goeie koffie. Indien dit namiddag is, ’n glasie wyn, biltong en sjokolade. Wat was jou lekkerste Vrouedagbederf nog? Ontbyt in die bed, met my tweejarige seuntjie wat sy arms om my nek slaan en sê: “Mamma, ek is Superman en jy is Lois Lane.”
Wat beplan jy om vanjaar op Vrouedag te doen? Ek gaan my seuntjie, Ohan, na sy maatjie Matthys se vierde verjaardagpartytjie toe vat. As jy enigiets vir vroue kon verbeter of verander, wat sou jy doen? Ek sou geweld teen vroue en kinders heeltemal stopsit. Die lekkerste bederf is . . . ? ’n Thai Yoga-massering. Vroue is belangrik, want . . . ? Duh – ons baar kinders. Need I say more?
Die optog was deur Sophia Williams-de Bruyn, Lilian Ngoyi, Rahima Moosa en Helen Joseph gelei. In 2006 is die 50-jaar-viering gedenk deur die optog te herhaal.
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014
Be decisive about what you want to do
Arthritis, a com mon problem in dogs and older cats, seems worse in cold weather.
AS matrics gear up to write one of the most important exams in their life, a large number of them are facing an additional source of stress – their indecision about what they are going to study next year. “It is important for school leavers in this situation to deal decisively with the issue, as pushing this stress to the back of their minds while trying to focus on their exams will impact negatively on their ability to perform to the best of their ability,” says Dr Felicity Coughlan, director of the Independent Institute of Education. Coughlan says learners in this situation will constantly battle the twin stresses of the exams, as well as uncertainty about the future, and that this will take away from the all-important focus required to perform optimally when writing their papers. She says dealing with the issue of post-matric will allow them to direct their energies appropriately, and advises putting aside some time to dispose of the “what am I going to be when I grow up” conundrum. “Schedule a few days to thoroughly investigate your options and make a decision about where it is that you want to go,” she says. Coughlan advises learners to use this time to consider three aspects which will help them decide on their future studies.
Put the spring in pet’s step HAS your pet lost its bounce this winter? It may be suffering from arthritis. This painful joint disease is the most common cause of chronic pain in dogs and affects two thirds of cats 12 years and older. The symptoms – which include stiffness, limping or difficulty rising from rest – are more evident during colder weather. Here’s the expert’s plan on how to put the spring back in your pet’s step: Dr Guy Fyvie, veterinary advisor for Hill’s Pet Nutrition, says it is important to first seek a professional diagnosis. The vet can prescribe pain relief or anti-inflammatory medication and also talk through nutrition and lifestyle changes that can help slow down the disease and improve quality of life. Being overweight is a big no-no: Excess weight puts additional strain on the joints and increases inflammation. Correct nutrition can also make a huge difference. Eight out of ten South African owners said their pet was walking, run-
PERSOONLIKE DIENSTE
FINANSIEEL 1420
A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com DECLINED BY THE BANK? WHY NOT GO ON TO BUY FROM US Email to martie.benecke @gmail.com or call 076 752 7446 FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
KRUIEKENNER 1435
MAAMA RASHIDA She is a healer who never fails in any problem. *Troubled marriages, divorce *Work problems, bedwetting *Boost businesses, bad luck, struck *Bewitching unwanted people *Protection, winning tenders. Maitland Street, next to African Bank Bloemfontein Tel. 083 662 8651/ 083 959 5310 E-mail: maamarashida7@gmail .com LENINGS 1445
Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
ning, playing and rising from rest more easily after being fed a prescription diet. Moderate, low impact daily exercise is important: such as walking or swimming. Hydrotherapy is excellent because water supports the joints, minimising discomfort. Animal rehabilitators recommends physical rehabilitation. Massage improves circulation, enhances muscle tone, releases muscle spasm, improves motion and stimulates endorphin release. An arthritic pet should be massaged at least once per week and after exercise. Keep joints warm: Heat packs and water bottles should not be too hot. An elderly pet with a thin coat may benefit from a jacket in winter. Playtime can be painful for arthritic pets. Don’t allow boisterous play. Food and water bowls at ground level or within easy reach, a soft bed in a draught-free area, a low-sided litter tray and anti-slip mats are all ways to make home easier to navigate.
) Be realistic Look at your subjects and your envisaged results. It is no use shooting for Medicine, when you did not take the requisite subjects during your final school years. But it is equally important – even when you do have the right subjects – to be realistic about the level of performance that is required to get into Medicine and to have a plan B. It is also probably not a good idea to look at studying Design when you have never lifted a creative finger in your life. But you would be doing yourself a disservice to not consider Design if you are very creative – even if you did not do Visual Arts at school. The connection between school and what you do
TE KOOP
AKKOMMODASIE
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE
BOEDELKENNISGEWINGS
2635
ALGEMENE & HUISDIENSTE
1645
HUISVERBETERINGS BINNE
JEFFREYS BAY: Beautiful, fully furnished, FS. 2-bedroom duplex. Carport and braai. Available 1-26 December and 7-31 January. 042 293 1268/076 400 0703
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
BESIGHEID TE KOOP
BOME 1871
ALLERLEI 1655
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217
SOEK, KOOP, VERKOOP
EIENDOMME
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
VAKANSIE & REIS
3212
Gebou in Middestad: 3 woonstelle, 13 kamers en groot vertoonlokaal, onder potensiaal, ±R60 000/maand. Aanbod bo R2 miljoen sal na gekyk word. %071 494 2638
122 CW LIEBENBERG In die boedel van wyle Cornelia Wilhelmina Liebenberg, identiteitsnommer 330311 0016 081, weduwee, in lewe woonagtig by De Wallweg 15, Ehrlichpark, Bloemfontein, boedelnommer 003044/2014. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 8 Augustus 2014. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB Saffy, Honey Prokureurs, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Tel. 051 403 6600. Faks: 051 403 6714.
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
next is not totally linear. Consider your subjects, your marks and your interests – those things that make you feel happy and alive – and take it from there. ) Do your homework There are countless institutions and courses out there. It is no longer the case that a university degree is the only option if you want a successful career – not only are there interesting options in the diploma and higher certificate space, but degrees themselves are now widely available from registered private higher education institutions that may well offer you an experience more suited to your needs. Many private institutions offer specific additional focus areas such work-integrated courses with the sole aim of equipping you to perform on the job from day one. There are also far more options available today than there were even five years ago – new fields, new courses, new institutions, new opportunities. ) Draw up a shortlist and put your concerns to rest Once you’ve determined which courses interest you, check to see that you meet the entrance criteria and find out when applications close – it is sooner than you may think. Draw up a shortlist and diarise when the application for each course needs to be submitted, and get them in on time. Make sure you submit more than one application for more than one option to more than one type of institution. Hedge your bets. Then put your concerns aside and focus wholly on doing your absolute best in your final exam. “Although you won’t be worrying about your post-matric direction anymore, the options will simmer in your subconscious, and you will almost certainly, when the time comes, know exactly which road to pursue,” Coughlan says.
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 AUGUSTUS 2014 11
Roland Franke en Gert Muller van Silverback Calisthenics toon hul staal op die dansenfiksheidekspo.
Foto: Marius Strydom
Fiks, viets
NEON SPECTRUM het Saterdag ’n dans-en-fiksheidekspo by die Hoërskool Sand du Plessis aangebied. Besoekers kon by stalletjies koop en inligting oor gesondheid en oefening kry. Verskeie sprekers het oor gesondheid en fiksheid gesels, oefensessies is aangebied en dans-en-fiksheidvertonings het oud en jonk beïndruk. INGE STRYDOM het by dié ekspo gaan inloer.
Cat van der Merwe het onder meer paalfiksheidsdemonstra sies en ’n Zumbaklas aangebied. Foto: Inge Strydom
Anna Pain en Christel van Zyl van Dancesation wys hul dans passies. Foto: Marius Strydom
Silverback Calisthenics sluit hul vertoning met ’n groepoefening af.
Deanri dié maand se ster Lynne Landman
DEANRI SNYMAN (12), ’n leerling aan die Hoërskool Bultfontein, is as Bloemnuus se SuperSport Let’s Play-sportster van die maand gekies vir haar prestasies in tennis, landloop, biathle, netbal, tweekamp, atletiek en swem. Deanri is ’n veelsydige sportvrou en neem reeds van kleintyd aan verskeie sportsoorte deel. Sy het heelwat sportprestasies wat insluit: ) Landloop: Die afgelope vyf jaar verteenwoordig sy die Vrystaatspan op die Suid-Afrikaanse byeenkoms. ) Netbal: Sy behaal die tweede jaar agtereenvolgens ’n plek in die Noord-Vrystaatse netbalspan. Sy en haar span het vanjaar op 9 Mei in Welkom aan die
Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms deelgeneem. Sy is intussen in die Vrystaatse Bokkienetbalspan ingesluit wat van 7 tot 11 Julie aan die Nasionale Bokkieweektoernooi in Naboomspruit deelgeneem het. Sy was ook die kaptein van die span. Hulle het ’n vyfde plek uit 16 deelnemende spanne behaal. ) Atletiek: In 2012 was Deanri ’n lid van die Noord-Vrystaatse span. In 2014 het sy aan die distriksonebyeenkoms deelgeneem en ’n derde plek in die 1 200 m behaal. ) Swem: In 2014 het Deanri aan haar skool se galasportbyeenkoms, insluitende die Kroon-gala in Kroonstad en ook die Dave Muller-gala in Welkom, deelgeneem. ) Biathle: Deanri was ’n lid van die Vrystaatspan in 2012 en 2013. Vanjaar het sy net aan die ligas deelgeneem. Haar hoofsportsoort is tennis. Sy het die afgelope Junie-Julie-vakansie aan twee groot nasionale tennistoernooie in Durban deelgeneem. Sy het ’n derde en
vierde plek vir meisies o.14 op die CocaCola-toernooi in Durban behaal en ’n tweede plek in die o.14-meisiedubbelwedstryd. Op die Key-Health-toernooi in Durban het sy in die halfeindronde gespeel en ook ’n derde en vierde plek vir meisies o.12 brhaal. Sy het ook ’n tweede plek vir die meisies o.12-dubbelsspel losgespeel. Sy beklee die 15de plek in die land vir o.12 op die Suid-Afrikaanse tennisranglys. Haar leuse is: Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen. Stuur jou SuperSport Let’s Play-sportster van die maand-benoeming vir leerlinge tussen 6 en 18 jaar ou vandag nog. Benoemings ontvang voor die 20ste van elke maand sal in daardie maand se seleksie ingesluit word). Jy kan jou benoeming stuur na supersport@zpr.co.za of faks na 086-552-4922. Vir meer inligting, kontak Lynne of Juanré by Z PR byp 051-522-9574.
DEANRI SNYMAN
Foto: Inge Strydom
Richie fokus op afbreekpunte
Van links, is, voor: Truné Prinsloo, Irmarie Buys, Miné Janse van Rensburg, Matilé Prinsloo, Inge Diffenthal, Kira Koegelenberg, Amoré Maarman en Christine Kruger; agter: Morné Odendal (afrigter), Elney Botha, Lise Bezuidenhoudt, Kharma Cilliers, Jané Britz (onderkaptein), Tiané Theunissen, Linge Steenkamp (kap tein), Amori Roos en Engela le Roux (spanbestuurder).
Oranje bo
DIE Laer Meisieskool Oranje het die afgelope naweek sy jaarlikse prestige-ITEC-Pietie Coetzee-hokkietoernooi aangebied. Dit was vanjaar die elfde Pietie Coetzee-toernooi waarop altyd skitterende vaardighede en talent ten toon gestel is. Die opening was Vrydagoggend en dit is tradisie dat die gr. 1-spanne van ’n paar skole in Bloemfontein daarna die openingswedstryde speel.
Al die wedstryde is op Oranje se astrobaan gespeel. Skole van oor Suid-Afrika heen word genooi om aan die toernooi deel te neem en die sewe skole wat deelgeneem het, was Oranje, Eunice, St. Mary’s, Volkskool Graaff Reinet, Aliwal-Noord, Jordania en Menlopark. Die spanne het in ’n rondomtalieformaat teen mekaar gespeel. Oranje het al ses sy wedstryde
gewen en sodoende die toernooi ook. Oranje het 21 doele aangeteken en slegs een doel is teen hom aangeteken. Twee van die spelers het individuele eerbewyse ontvang. Linge Steenkamp het die meeste doele aangeteken en is as die beste aanvallende speler van die toernooi aangewys. Truné Prinsloo is as die beste middelveldspeler op die toernooi aangewys.
Besoek Bloemnuus se webblad by www.bloemnuus.co.za vir nuus, video’s, foto’s en galerye. Word deel van Bloemnuus se Facebookblad, lug jou mening en gesels saam oor die nuus.
Gekies vir span Dené van Jaarsveld van die Laerskool President Brand is vir die o.13Bokkie netbalspan gekies.
PRETORIA. – Min Springbokondersteuners weet die Bokke het verlede seisoen in die Rugbykampioenskap by die afbreekpunte oorheers en dat ’n Skot grotendeels vir dié welslae verantwoordelik was. Richie Gray, ’n hoogaangeskrewe spesialis by die afbreekpunte, is sedert verlede jaar hard aan die werk om die Springbokke die beste in dié afdeling te maak. Dié 44-jarige Skot het gister gesê hy is tevrede met die Bokke se vernuf wat dié faset behels, maar meen dit gaan “oorlog wees” in vanjaar se kampioenskap. Statistieke wys Suid-Afrika het in verlede jaar se kampioenskap met Francois Louw en Bismarck du Plessis aan die voorpunt die pas aangegee met die balbehoud en omgekeerde besit. Daar word in die Bok-kamp vertel Gray verdien ’n klop op die skouer vir die min strafskoppe wat Louw afgestaan het en die tegniek wat Marcell Coetzee as waarskynlik die beste nr. ses-flank in die Super-reeks laat uitstaan het. “Die verskil op die vlak onder die topspanne is omtrent 1%. Wanneer jy teen die All Blacks, Wallabies of Engeland speel, móét jou tegniek in die kol wees en jy moet die regte besluite neem.” Gray sê die onus is wêreldwyd al hoe meer op wedywering by die afbreekpunte. “Dit maak sin. Enige faset van die spel wat ongeveer 140 keer in ’n wedstryd plaasvind, het ’n beduidende impak op die uitslag.
Die flank van die Cheetahs Oupa Mohoje kan moontlik vir die Bokke ‘n rol by die afbreekpunte in die Rugbykampioenskap speel. Foto: Conrad Bornman “Jy kon vanjaar (in die Superreeks) sien die Aussies het verbeter en die mededinging gaan al beter word. As jy die beste wil wees, moet jy akkuraat wees en kan oorheers.” Hy sê die driejaarplan wat hy by die Bokke begin het, is op die span se sterk punte geskoei. “Elke rugbyland het ander sterk punte en jou plan moet daarby inval. Dit gaan eerstens oor die individue. Jou verdedigingsplan kan hoe goed wees, maar as jou spelers nie kan verdedig nie het jy ’n probleem. “Ek is tevrede met ons vordering en die spelers het aan die einde van verlede jaar se Europese toer vinnig by die manier van speel in die Noordelike Halfrond aangepas.”