Bloemnuusbl 20140815

Page 1

VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

Troeteldiere

Stem vir gunsteling op Facebook

bl. 10

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Vermaak

Sport

Theuns laat stem op Bfn-verhoog hoor

Dansers ryg die medaljes in

bl. 3

Bl. 12

Werk nog nie voltooi

OPKNAPPINGSWERK aan Hoffmanplein ten bedrae van R38 miljoen moes teen einde April voltooi gewees het, maar diĂŠ projek is steeds nie afgehandel nie. Nuwighede sluit die beskerming van die monument, die vergroening van die plein, die oprigting van busskuilings en die sluiting van Groenendalstraat in. Foto: Jens Friis

MENSE kan hulle nog tot 22 Augustus vir die Oupa en Ouma Roos-eerbewys inskryf. Rig navrae aan Ans Coetzee by 082-467-6471, e-pos ans@athalia of jens.friis@media24.com.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

Die Bloemfonteinse sanger Franzel is nou deel van Mwah! Van links is Franzel de Wet, Loriska Bubb en Talana Vuren. Foto: Starbust Promotions

Franzel nou ook Mwah! Inge Strydom

DIE Bloemfonteinse sanger Franzel het onlangs haar solo-loopbaan vir iets groters verruil. Sy is deesdae deel van die popgroep Mwah! en het na Johannesburg verhuis om die nuwe uitdaging in haar loopbaan daar aan te pak. “Ek het aan my volgende solo-album begin werk toe my pad op die regte tyd en die regte plek met Mwah! s’n gekruis het. “ ’n Solo-loopbaan kan baie maklik eensaam raak. Dit is nou vir my baie lekker om op die verhoog te gaan en twee ongelooflike vroue is saam met my. Dit is ook beter om as ’n groep op die pad te wees as alleen – veral vir vroue.” Sy verseker egter haar Vrystaatse aanhangers sy sal gereeld ’n draai kom maak en dat sy haar groeplede, Talana Vuren en Loriska Bubb, die Vrystaat van hoek tot kant wil kom wys. Franzel beskryf die nuwe Mwah! as ’n vaste eenheid wat mekaar vir hul vertonings baie goed met nuwe idees en energie aanvul. Hulle werk aan hul eerste liedjie as nuwe groep en dit behoort teen die einde van die jaar uitgereik te word. “Ons het reeds ons eerste optrede saam met die Jukebox Roadshow in Musina gehad. Dit was ’n ongelooflike ervaring,” vertel Franzel.

Dagboek FRIDAY, 15 AUGUST S The Bloemfontein City Orchestra (BCO) presents its Best of Broadway production today and tomorrow in the Sand du Plessis Theatre. The show will feature the full BCO with lead vocalists, band and back-up singers playing music from some of the best-loved musical and theatre produc- tions like The Lion King, Evita, Hairspray, Cats and others. Ticket sales are open and tickets are available from R120 at Pacofs (051-447-7772) and BCF Micro Finance (Kenworth Centre). S Klub 100 se bingo-aand word deur Jeandré Smith by die Hoërskool Pres. Steyn in Piet Odendaalweg, Bainsvlei, aangebied. Dit begin om 18:30 en kos R120 per persoon wat ’n ete insluit. Bring eie glase en drinkgoed. Pryse te wen. Bring kaartjie saam. Bel Annetjie Pretorius by 082-549-6179. S Helpende Hand Bloemfontein hou om 09:30 ’n spesiale oggend vir die versterking van sy fonds vir die Bloem Beurs in die NG kerk Hospitaalpark se saal. Dit kos R100. Jana du Plessis en Du Preez Stoltz sal optree. Bel Marietjie Gerber by 082-5630532. SATERDAG 16 AUGUSTUS S Die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika se Vrystaattak hou sy jaarvergadering om 10:00 in die Opvoedkundige Sentrum, Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin (VNBT). Die gasspreker is prof. Johan Spies van die departement genetika (UV) en die onderwerp Growing the species Lachenalia. Vir gratis bywoning RSVP voor 14 Augustus by deonpotgieter@iclix.co.za), anders moet die toegangsgeld betaal word. Bel Jan-Hendrik Keet by 071-541-4853. S ’n Selfverdedigingsklas word van 11:45 tot 14:00 ten bate van Kansa in die ProteaWilgeholf-sentrum (bo Gys die Slagter) aangebied. Dit kos R30 per persoon. Bel Sharlien by 084-459-7260. S Ná verloop van baie jare begin die Vriende van Naln om 10:00 ’n herstruktureringsvergadering in die ouditorium van Naln. Almal is welkom om dit by te woon. Navrae: Reza Brits by 082-781-7926 of Annelien Diedericks by 076-741-0628. S ’n Kits-voorgeboortekursus vir ma’s van 16 weke en minder swanger, asook 22 weke en meer swanger. Kontak sr. Darhita Mouton by 072-682-6134 of darhita.mouton@gmail.com vir meer inligting. Beperkte plek is beskikbaar. SUNDAY, 17 AUGUST S Krishna Janmashthami (Hindu). S From Past to Present: ’n Klein versameling vereer die Bloemfonteinse kunstenaar Louis Cott tot 24 Augustus in Oliewenhuis. S Die bekende sangpaar Francois en Elizabeth Fourie is vanjaar se gaskunstenaars in die NG kerk Brandfort se jaarlikse gospeldiens om 09:30 in die Tri Hunt-reservaat. Navrae: Hannika Struwig by 082-8732650 of bollablom@gmail.com.

Susan McAlpine, ’n Suid-Afrikaans gebore blokfluitspeler van Amsterdam, gee op 15 Augustus om 19:00 ’n uitvoering in die Siloam-kerk in Westphallstraat in Bloemfontein, begelei deur Erik Dippenaar op die klavesimbel. ’n Werksessie oor kontemporêre blokfluitmusiek word op 16 Augustus om 10:00 aangebied. Navrae: dr. Petrus Krige by 083-468-6046. MAANDAG 18 AUGUSTUS SThe Compassionate Friends is ’n selfhelp-ondersteuningsgroep met geen rasse-, godsdienstige of maatskaplike grense wat vriendskap en begrip bied aan bedroefde ouers, sibbe en grootouers wat kinders aan die dood afgestaan het. Byeenkomste om 18:00 maandeliks op die kampus van die UV in die DF Malherbe-gebou in Graduandistraat. Vandag word ’n byeenkoms gehou. Dit is gratis en almal wat ’n kind aan die dood afgestaan het, is welkom. Bel Aubrey by 082-455-7433 of Carol by 079-885-2224. DINSDAG 19 AUGUSTUS S Joshua na die Reën is vanaand in Innie Skuur. Kaartjies kos R100 by Kiki Corner, Exclusively Monicas en Music Inc. of bespreek plek by meerkatkolonie@vodamail.co.za. Navrae: 079-387-3614. DONDERDAG 21 AUGUSTUS S Ray Dylan vermaak vanaand Bloemfonteiners in Innie Skuur. Kaartjies is R100 by

Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, is met vakansie. Hier is hy by die Colloseum in Rome. Inge Strydom neem in sy plek as redakteur waar. Foto: Verskaf

Kiki Corner, Exclusively Monicas en Music Inc. Navrae: 079-387-3614. VRYDAG 22 AUGUSTUS S Boshof-rooivleisekspo-en-skou. Tol du Toit, 082-494-2691. S Binnelanders: Almal is hartseer en emosioneel oor Wimpie. Quinton se terugkeer as heeltydse aanbieder verloop nie volgens plan nie. Jana kry ’n onverwagse besoeker. S Fear and Loss – Industrial Karoo curated by Katie Barnard du Toit (Reservoir – Oliewenhuis Art Museum). This exhibition represents a contribution of artworks by artists all over South Africa who are concerned about the Karoo ecology. An underlying concern of this body of work relates to the postmodern conditions of consumerism and capitalism which appear to be the driving force behind the proposed exploration of shale gas in the larger Karoo basin. The exhibition will consist of installations and framed artworks. A series of lectures, in collaboration with National Museum and University of the Free State scientists, is also planned. SATERDAG 23 AUGUSTUS S Die Gereformeerde kerk Reddersburg hou ’n biltongete. Mariëtte Venter, 082-948-2818. S Die NG kerk Hospitaalpark hou om 09:00 ’n 5 km-pretstap. Inskryfgeld is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders. Pryse sal uitgedeel word. Willie Vorster by 082 829 4310 S Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) en AfriForum hou van 08:00 tot 15:00 die jaarlikse BSV-slypskool vir ontluikende skrywers onder leiding van die spanningsromanskrywer Chanette Paul in die Noorderbloem-aftreeoord se saal in Metzstraat, Bayswater. Sy gaan fokus op interessante temas soos Afrikaanse Ontspanningsfiksie sedert 1995, Skryftegniese vaardighede en stylelemente, Die kernverhaallyn, Plot en storie, Fokalisering wat nie ’n vloekwoord is nie, Karakters wat nie zombies wil wees nie, al is hulle en Skryf en herskryf voor die eindproduk. Die slypskool kos R300 met ’n spesiale tarief vir BSV-lede. Skakel 073-3883377 of stuur ’n e-pos na bloemsv@gmail.com. S Die Hoërskool Sentraal se jaarlikse verjaardagviering. Spitbraai en vermaak deur Peter Mitchell en Andriëtte Norman is by die kaartjies ingesluit. Kaartjies R200. Kontak Susan Potgieter by 078-346-6796.


BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 3

Sangpaar stel eerste CD bekend Inge Strydom BLOEMFONTEIN se nuwe sangpaar, ChriZade, bestaande uit Chris Pretorius en Marizanne Bekker, het Saterdagaand in ’n stampvol Innie Skuur hul eerste CD, Reis van Liefde, bekend gestel. Hulle het van hul eie liedjies op die CD, soos Reis van Liefde en Wolf, wolf hoe laat is dit?, asook bekende liedjies soos Neem my op vlerke en Is jy Bang, gesing. Die gehoor het die vertoning baie geniet en het ná die tyd gretig in rye gestaan vir handtekeninge en foto’s saam met die paar.

Links: Chris Pretorius en Marizanne Bekker van Chri-Zade in aksie in Innie Skuur met die bekendstelling van hul CD, Reis van Liefde. Regs: Chri-Zade se CD-bekendstelling verlede Saterdag in Innie Skuur was ’n reuse-sukses. Hier is van links, voor: Chris Pretorius, Marizanne Bekker (Chri-Zade) en Jaco Bezuidenhoudt (vervaardiger van Chri-Zade se CD, Reis van Liefde); agter: Kobus Bekker, Joey Bekker, Marlene Bekker en Fanus Bekker. Foto’s: Inge Strydom

Theuns kan nie wag vir Bfn DIE kaartjies verkoop soos soetkoek vir die konsert van Theuns Jordaan met sy rasperstem wat op 29 Augustus in die Kovsiekerk in Bloemfontein gaan optree. Theuns sê hy sien net so baie soos sy aanhangers na dié konsert uit. Inge Strydom het met hom gesels.

Sarah-Kate Scott, vrou van die radiopersoonlikheid Darren Scott, is verlede Vrydagaand in die Emperors Palace as die nuwe Mev. Suid-Afrika vir 2015 gekroon. Riana Mooi (links) is eerste prinses en Mirell Lerm Ventura is as die tweede prinses gekroon. Mirell is die dogter van ’n voormalige Bloemfonteinse burgemeesterspaar, Henri en Maxie Lerm, wat nou in Hermanus woon. Inlas: Aneeka Buys van Bloemfontein het onder die toptien van Mev. Suid-Afrika 2015 geëindig. Foto: Mrs South Africa

Jy kom van Bethulie. Het jy nog ’n verbintenis daar? Ja. Ek het daar grootgeword. My ouers woon en boer nog daar naby en ek kom gereeld daar.

Wel en wee

Waar was jy op skool? Bethulie en Graaff-Reinet. Waarvan hou jy die meeste van die omgewing? Bethulie – die stilte en die ruimte. Wat is jou gunstelingplek in die land en waarom? Wildernis, oor die wonderlike natuur. Waar woon jy nou? Pretoria en Stellenbosch. Ongeveer hoeveel konserte doen jy per jaar? 70 van hulle. Wat is die vreemste of interessantste ding wat jou nog vir ’n liedjie geïnspireer het? My meisie was ’n finalejaarmediese student en het die aand met bloedoortappings gewerk – dít is waar die idee vir Soos Bloed se oorsprong lê. Watter van jou liedjies is die lekkerste om vir gehore te sing? Bloutrein Wie het jou leer kitaar speel en hoe lank speel jy al? Ek het myself geleer en ek speel van matriek af.

Theuns Jordaan

Foto: Verskaf

deelneem? Boer soek ’n vrou. Waaroor was jy onlangs baie senuagtig? Om te sien of die mark die Engelse album Tribute to the Poets gaan aanvaar. Dit het toe darem – die album het onlangs dubbel-platinumstatus bereik. Wat is die snaaksste ding wat al op een van jou vertonings gebeur het? ’n Vreemde vrou wat gesê het, dit is nou uit tussen ons, omdat ek saam met Juanita sing. Het jy al per ongeluk een van jou liedjies se woorde verkeerd gesing of vergeet? Ja, dit gebeur gereeld met almal.

Watter ander instrumente kan jy nog bespeel? Mondfluitjie.

Na wie se musiek kan jy weer en weer luister? Dire Straits, Tracy Chapman en Valiant Swart.

Watter beroep wou jy volg toe jy klein was? Ek wou ’n veearts of argitek word.

Wat wil jy nooit weer doen nie? New York toe gaan. Die mense is ongeskik.

Waarvoor gril jy, of het jy dalk ’n vrees vir iets? Spinnekoppe.

Wanneer jy ontspan, doen jy? Net niks.

Die lekkerste gereg is . . . Braaivleis. Die mooiste woorde om te hoor is . . . Ons gaan nou braai. Wat sal jou altyd opbeur? Diere. Aan watter werklikheidsreeks sal jy

Waarna sien jy vir die res van die jaar baie uit? Die show in Bloemfontein op 29 Augustus. ) Bloemnuus is ’n mediaborg van die konsert. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

DIE volgende mense is onlangs in Bloemnuus se lesersgebied oorlede: * Charl Enslin (1930) * Wietz Pretorius (1936) * Adam Botha (1949) * Sarah Maria Johanna Marisilio (1926) * Joan Smit (1925) * Barend Coetzee (1936) * Vinkie van der Nest (1932) * Koos Verster (1922) S Die, aktuele weidingboek Gids tot die volhoubare produksie van weiding, saamgestel deur prof. Hennie Snyman (departement vee-, wild- en weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) se eerste druk is binne ’n jaar reeds uitverkoop. Die boek is pas herdruk (tweede uitgawe) en is beskikbaar by johan.terblanche@media24.com of 021-406-4962 of bestel dit elektronies by landbou.com. Alles rondom die volhoubare bestuur en benutting van natuurlike veld en aangeplante weidings vir kleinvee-, grootveeen wildboere word bespreek. S Joost van der Westhuizen gaan sy lewensverhaal vertel in ’n rolprent wat eersdaags in Kaapstad bekend gestel word. Hy praat oor sy rugbyloopbaan, sy kinders, Amor Vittone, sy motorneuronsiekte (MNS) en ook die seksskandaal wat sy loopbaan én huwelik geruk het. Boonop gaan hy self in die teater wees wanneer die fliek die eerste keer van 27 tot 30 Augustus op die kykNETsilwerskermfees draai. S Jana du Plessis van Bloemfontein wat ook Finesse se Inspirasievrou vir 2013 is, was die eerste gas op Kwêla se nuwe stel wat

verlede Woensdag bekend gestel is. Jana het ’n getuienis op die program gelewer oor haar stryd met kanker.

S Wees jou eie ‘Life Coach’ In Lyn met God se Woord deur die Bloemfonteinse skrywer Ansja Ferreira (Kwarts-uitgewers 2014) is ’n boek wat jou help om uit die groef te kom en jou lewe te verander. As ’n gekwalifiseerde joernalis en life coach, bring Ansja Ferreira, beginsels van life coaching en die Woord bymekaar en help die leser om verantwoordelikheid te neem vir sy/haar lewe. Die boek bevat tien stappe vir ’n vervulde, gelukkiger lewe – en sal jou help om jou volle potensiaal te bereik. S Die akteur Robin Williams het sy lewe ná ’n lang stryd teen depressie geneem. Die 63-jarige komediant en akteur is volgens die polisie van Marin County, Kalifornië, dood aan versmoring in sy huis in Tiburon, noord van San Francisco, gevind. Hy is Sondagaand om 22:00 laas lewend gesien. Die nooddiens is kort voor middernag ontbied en Williams is om 00:02 op die toneel dood verklaar, berig The Guardian.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 5

’n Goeie blommeseisoen word vir Namakwaland voorspel. Gaan jy vanjaar ’n draai daar maak? Stuur dan vir Bloemnuus foto’s daarvan aan jens.friis@media24.com. Die foto is verlede jaar Augustus daar geneem. Foto: Jens Friis

Wenke vir potplante Inge Strydom BINNENSHUISE plante gee warmte en lewe aan enige huis. Om jou huis te verfraai met potplante het jy nie ’n hand met ’n plant nodig nie – net ’n bietjie moeite en die regte staanplek. Volgens Solet Scheeres se boek 1 000+ Wenke vir die Huis moet jy die potplant op ’n plek sit waar jy dit gereeld sal raaksien om sodoende nie te vergeet om dit te versorg nie. Wanneer jy op ’n plant besluit het, maak seker by die kwekery of winkel waar jy die plant gaan koop watter lig die beste sal wees vir die plant en ook hoe gereeld jy vir die spesifieke plant water moet gee. Gewoonlik vaar potplante die beste langs ’n venster waar dit die meeste natuurlike lig sal kry. Kry ’n prettige pot wat jou huis se gevoel en dekor sal komplementeer en maak dan so: Gooi ’n laag hidro-kleikorrels onderin die pot en bevogtig dit goed. Sit dan die plant in die pot en gooi die potgrond by. Vul die boonste laag weer met kleikorrels wat goed

is vir dreinering. Dit verseker ook die plant het langer water beskikbaar. Jy kan ook ’n koffiefiltersakkie onderin die pot sit om dreinering te verbeter en te verhoed dat die grond uitval. Indien jy sien die grond is hard, dreineer die plant nie goed genoeg nie en sal sand of turfgrond die oplossing wees. Die grond kan ook te nat wees wat die plant kan laat vrot. Om dit te verhoed vervang die ondergrond van die pot en voeg klein klippies of polistireenkorrels by. Indien jy later luise op die plant sien, kan jy vuurhoutjies met die swawelkoppies liggies in die grond druk. Die swawel los in die nat grond op wat so die luise verjaag. ’n Flou oplossing van skottelgoedseep en warm water kan ook vir swamme en luise help, dit moet net op die plant en nie die grond gespuit word nie. Jy kan die plant ook elke vier na vyf weke met ’n vloeibare organiese misstof spuit om dit gesond te hou. Kyk jaarliks na die wortels van die plant om te bepaal of dit nie in ’n groter pot uitgeplant moet word nie.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 7


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

Getroud

STUUR ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Die nuwe Toyota Yaris.

Yaris kry ’n hangsnor Willem Fritz DIE Yaris wat nou vervang gaan word, is die derde-geslag-Yaris. Dit is ’n heel skaflike ryding wat goeie waarde vir geld bied, maar hy kon sedert sy bekendstelling in 2011 nie die sukses van sy uiters gewilde voorganger ewenaar nie. Dat die nuwe model se internasionale bekendstelling in Duitsland gehou is, is ook nie toevallig nie, aangesien die Europese afdeling van Toyota die leidende rol in die ontwikkeling en ontwerp van die “nuwe” Yaris gespeel het. Die Europeërs is immers kenners wanneer dit by styl en dinamika, twee van die Yaris se tekortkominge, kom. Die opgeknapte model maak nou ’n veel groter indruk van voor af danksy die boonste en veel groter onderste sierroosters. Daar is ook nuwe allooi-wielontwerpe. Agterlangs is dinge grootliks onveranderd gelaat, behalwe vir die agterligte wat ook nou met LED-ligtegnologie spog en ’n nuwe buffer met ’n donker lugvloeier onderlangs. Binne het die Duitsers ook ’n meer ergonomiese en aangenamer ruimte geskep. Die instrumentpaneel het nou ’n meer horisontale vorm bolangs met vloeiende lyne en plastiek met ’n sagte gevoel in die middelste deel. Die boonste deel van die instrumentpaneel het ’n minder blink voorkoms, maar die persepsie van duursaamheid oortuig nog nie heeltemal nie. Die nuwe Yaris kry Toyota se nuutste Touch 2-multimediastelsel waarvan die volkleurraakskerm se grootte van 6,1” tot 7’’

vergroot is met ekstra gebruiksfunksies en inligting, asook integrasie met verskeie slimfoonfunksies. Die hibriedaandrywingsuitleg het ook ’n nuwe ontwerp. Die middelste konsole staan nou 23 mm hoër met die gevolg dat die ratkierie 30 mm vir verbeterde rat-oorskakeling korter is. Die deurpanele is ook hersien en daar is nuwe sitplekoortrekselontwerpe. Ritgehalte en hantering het aandag gekry deurdat die bakwerk nou meer rigied is en die vering vir ’n meer absorberende rit effens sagter ingestel is. Op ons toetsrit deur die strate van Düsseldorf in Duitsland het die Yaris met sy aangename rit en positiewe hantering beïndruk. Hoewel die eenliterenjin heel opgewasse vir sy taak is, moet ’n mens nie skaam wees om die ratkierie in te span nie. Tog jammer Toyota het nie ’n turbo aangeskroef nie, want dit sou daardie broodnodige ekstra oemf verskaf het. Met die hibriedmodel is dit ’n geval van meer geraas as aksie wanneer jy vet gee, maar die hele punt met ’n hibried is seker om vir beter brandstofdoeltreffendheid rustig te bestuur . . . Wat die uiterlike betref, is die aanvanklike prentjie van die verfriste Yaris positief. Hoewel die nuwe “snor” vir ’n rooster dalk nie in almal se smaak is nie, laat hy ’n veel beter indruk as voorheen. Die opknapping kan weer ’n bietjie vuur onder die Yaris se stert maak om sy verlore aansien te herwin. Die nuwe Yaris kom in September SuidAfrika toe. Die pryse is nog nie bekend nie.

Carika en Duan Koen.

Melyni en Pieter Eilers.

Foto: Claire Newby van Pro V Photography

Foto: Denver Arends

Jessica en Pite van Biljon.

Foto: Palm Photography


BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 9


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

Tog te oulik

ALGEMEEN 3680

Experienced vinyl and carpet fitter wanted: Permanent position available in Bloemfontein, must be willing to travel. Please contact 061 425 8412.

Waiter needed for restaurant and bar in Langenhoven Park. Experience preferable. Please contact management at 051 451 9119.

DIE foto’s vir die troeteldierkompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is, stroom steeds in. Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal. Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebook-blad. Grethe Schimper: My miniatuurvarkhond, Mia.

VERKOPE & BEMARKING 3760

PERSOONLIKE DIENSTE

4 vacant sales positions available: Starting package: R10 500 p.m. Excellent commission structures. Fuel allowance. Performance bonuses. Sales experience will be an advantage. For interview call 051 522 2237 during office hours: 08:00 to 15:30.

ALLERLEI 1655

FINANSIEEL 1420

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

BFN Modeakademie: Aliwalstraat 89 10% afslag elke Saterdag vir Vrouemaand. Materiaal vir so min as R5. Skakel 051 430 6261. EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217 Mushroom compost: R29/ 30 dm. Organic fertiliser: R125/25 kg. FREE delivery in BFN - more than 50 bags. 051 451 1174.

ALGEMENE & HUISDIENSTE LENINGS 1445

Consolidation Loan Online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

AIR-CON SPECIALS 9000 BTU - R4 600 12000 BTU - R4 900 18000 BTU - R6 000 24000 BTU - R7 900 Installasie 'back to back' ingesluit. Nico 082 782 7433

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

4201

In die boedel van wyle Hendrik Willem Albertse, boedelnommer 23430/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein, geboortedatum 5 Augustus 1945, identiteitsnommer 450805 5049 082, van Generaal Fickstraat 23, Dan Pienaar, Bloemfontein, datum van dood 29 Junie 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 15 Augustus 2014 datum van publikasie hiervan. EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHA0052).

BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

TE KOOP

122 TI RUDMAN

MEENTHUISE TE HUUR 3325

JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645

NAVALSIG: 2-slk-meenthuis, 1,5 badk, 1 motorhuis. In netjiese veiligheidskompleks. Geen troeteldiere. R4 300 p.m. Deposito: OHB. Beskikbaar 1 Oktober. %083 256 9733.

Pellissier: Ruim 2-slaapkamer-grondvloer-meenthuis. R3 950 p.m. Beskik. 1 Sept. Water en ligte uitg. %082 085 5588.

“Maar hier is dan niks binne-in die sak vir my nie,” vertel Elaine Pretorius se “babakat”, Saggrys.

122 HW ALBERTSE

AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.

EIENDOMME

Elmien van Deventer: “Hier is my dogtertjie met ons eend (Donald) wat ons swembad as sy dam gebruik.”

Die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in die boedel van wyle Trevor Ian Rudman, identiteitsnommer 350307 5042 085, pensioenaris, wewenaar, voorheen woonagtig by Sewe Damme Aftreeoord 7, Genl. Beyersstraat 29, Pengatonpark, Bloemfontein, boedelnommer 1019/2014, lê ter insae by die kantoor van die Meester van die Hoë Hof, Bloemfontein, vir 'n periode van 21 (een twintig) dae vanaf 15 Augustus 2014. EE POHL P/a Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHR0088).

SOEK, KOOP, VERKOOP

Renee Bosman: “Dit is Salvador, my spaniël wat kyk hoeveel tennisballe hy in sy bek kan kry.”


BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 11


JF gedy in sport

Like foto op FB en wen Karlien van Jaarsveld tree môre ná die wedstryd (15:00) tussen die Vrystaat-Cheetahs en die Griekwas op die Castle Deck in die Vrystaat-stadion op. Gaan like dié foto van Karlien op Bloemnuus se Facebook-blad en staan die kans om haar nuutste CD, Uitklophou, te wen.

LEERLINGE van die Laerskool Jim Fouché het onlangs goed in hul onderskeie sportsoorte gepresteer. Op die SuidAfrikaanse kampioenskappe het Anneke Veldtsman, Gouws Veldtsman, Ninette Veldtsman en Zané Veldtsman goeie uitslae behaal. Elmeré van den Berg en Elisca Esterhuizen het aan die o.13-Bokkieweek deelgeneem en Jardel Franca aan die o.13rugby-Cravenweek en Henco Gerber aan die o.12A-rugbyweek. Op die Nashua-15-talweek se B-spanne van al die provinsies het Jandré Nel ook goeie uitslae behaal. Jandré van der Berg, Jan-Hendrik van der Berg, Sonique Barnard en Tian Bester het aan die Suid-Afrikaanse en Botswana-karatekampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Andrew Crout en LenDouglas MacKay het hul slag in gimnastiek gewys.

Van links is, voor: Tian Bester en Jandré van der Berg; middel: Gouws Veldtsman, Ninette Veldtsman, Andrew Crout, Len-Douglas MacKay, Jan-Hendrik van der Berg en Jandré Nel; agter: Sonique Barnard, Ninette Veldtsman, Elmeré van den Berg, Jardel Franca en Elisca Esterhuizen. Inlas bo: Anneke Veldtsman. Inlas onder: Henco Gerber.

(Lyn)dans medaljes los Die Boham’s Dance School of Excellence se dansers het aan die Suid-Afrikaanse 2014-lyndansmeestersbyeenkoms in Modimolle (Nylstroom) deelgeneem. Daar het hulle tien goue, sewe silwer- en vier bronsmedaljes gewen. Van links is Mimi Diedericks, Rentia Roodt, Siobhan Marais, Elsabe de Jager, Johan Bouillon (afrigter), Nicole Harmse, Sanet Piek, Mariska van Ghunt, Jaen Serfontein, Stephan Steyn (All Star-kampioen) en Anschen Botha. Afwesig :Eldalize Kruger, Ester Botha, Bregda van Antwerp en Cathrine Marais.

Claudio Martins (links) en Thabang Sitishi was deel van die Curro-skool Bloemfontein se eerste o.18-sewesrugbyspan. Hulle het aan die Currostreekkompetisie deelgeneem wat deur die Curro-skool Aurora aangebied is. Hulle is al twee gekies om vir die Baobab-streekspan te speel. Die streekspan het op die nasionale sportdag gewen.

Derde in SA REGS: Claudia Barnard van die Curro-skool Bloemfontein het derde in Suid-Afrika in die ouderdomsgroep 16 tot 18 jaar in Federation Equestrian International (FEI) se preliminary dressage geëindig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.