VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014
GRATIS
Sepiedrama
30 jaar t’rug
Goewernante
Verwag dít in Binneland se gange
En toe bots Zola en Mary in L.A.
Nakie Smith ná dekades steeds onthou bl. 7
bl. 4
Applous!
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
bl. 12
Die Laerskool Willem Postma en Laerskool Sentraal (foto) het goud in die ATKVApplouskompetisie vir minder ervare laerskoolkore verwerf. Sentraal is ook vir die beste uitvoering van ’n Afrikalied vereer. Die koorleier is Christa Prinsloo en die begeleier Sandra Fürstenberg. Berig en nog ’n foto op bl. 9. Nog vier foto’s is op Bloemnuus se Facebookblad te sien. Foto: Annemarie Brink
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014
Wen sakvol biltong ’n Kompetisie in Bloemnuus het weer gewys dat dié koerant trefkrag het. Altesaam 19 352 mense het op Bloemnuus se Facebookblad na die kompetisie gekyk waarin Biltong & Bi tes ’n geskenkpak weggegee het en 983 le sers het hulle ingeskryf. As jy in Bloemnuus wil adverteer, bel Susna Pieters by 051404 7798. Hier oorhandig Piet Smith van Biltong & Bites in die Brandwagsentrum die ge skenkpak aan die wenner, Francois Vorster.
GIDEON WEN ’N ETE MET SY FOTO: Gideon Slabbert is ’n ete in die gewilde Rosie’s Brasserie by die Windmillcasino ryker deurdat sy kleurryke foto van Bloemfontein se middestad gekies is as die wenner in Bloemnuus se Leserslensfoto van die Week. As jy jou wil inskryf, stuur ’n foto met ’n byskrif na jens.friis@media24.com. Goeie gehaltekleurfoto’s wat in Bloemfon tein en omstreke geneem is, word verkies. Dit kan van enige onderwerp wees. Professionele fotograwe mag nie deelneem nie.
Vergrypers maak van ontgroening ’n onding VRA iemand my oor die ontgroeningsding aan veral universiteite, waaroor die koerante vroeër vanjaar weer vol was, skud ek net my kop. Eerlikwaar, van die goed wat ek as eerstejaarstudent in die middel-1970’s aan Kovsies ervaar het, was net ’n geboeliery. Hoe daardie verskreeuery en bakoond-geëry lojaliteit jeens ’n koshuis of jou alma mater moes wek, kry ek steeds nie klein nie. Hoe dronker die senior mos is, hoe dringender die status. Ek onthou ons ontheffingsaand: “Eerstejaar, vir jou sal ek f***en Oom bly totdat die dood ons skei”. Kaplaks, en ’n blou swelsel wys waar ’n vuishou bokant Naaste se regterwenkbrou geplant is. Naaste, pleks van die gebruiklike Roems, was hoe ek en my kamermaat verkies het om mekaar te noem. Wel, Naaste, ek hoor dit het intussen toe so gekom dat ons hom nooit weer . . . Nee, dit is darem te aardig om so daaraan te dink. Al wat senior was, was natuurlik nie van die raas-enblaas-soort nie. Blêksêm van der Merwe en Ivan van Rooyen, albei BCom-studente, was in die eerste semester die twee seniors in die kamer oorkant my en Naaste s’n. Smiddae het ’n mens dit gewaag om jou kamerdeur toe te stoot, vasberade om ’n uiltjie te knip soos laas in
Oor vele ontgroeningsrituele kan ’n mens maar net jou kop skud. matriek. Maar eintlik het jy net toe-oog gelê en wag op die rammelende teetrollie wat om 15:00 se kant van die kombuis af kom. Met die oopvlieg van die deur klink dit op: “Tyd vir tee by die bure, Naastes”. Het Blêksêm en Ivan ooit ’n weekmiddag nié omgesit en swot nie? Oor die bekers tee wat ons dan aangedra het, moes ek en Naaste reageer op kopkrappers soos: Wat is die sosio-ekonomiese implikasies van Antjie Krog se stelling in haar gedig Om heel te word dat daar ’n “10c-maan teen Naval Hill” sit? Naaste was ook ’n BCom-er; ek die een met
die verbrande BA-vakke. In een van die ander gange was ’n senior wat ’n alternatief vir bakoonde uitgedink het. Vrydae tussen 15:00 en 17:00 moes eerstejaarreël-oortreders hulle vir Nie jou eie keuse nie by hom aanmeld (’n toespeling op die gewilde versoekprogram van klassieke musiek wat destyds Saterdagaande oor die Afrikaanse radiodiens van die SAUK uitgesaai is). Dan hy geesdriftig snitte op sy vinielplate gespeel dat die “verdwaaldes” die titels van die klassieke werke en die name van die komponiste moes leer uitken. So is hulle dalk “gereha-
biliteer”. Die volgende Vrydag was dit afdrukke van beroemde skilderye en skilders se name wat vir uitkenning aan die beurt gekom het. Daar is gesê van die eerstejaars in daardie gang het naderhand versoek om liewer tot die Maandag se bakoonde gevonnis te word. Punt is: Dit is nie ontgroening wat sleg is nie; dit is vergrypers aan die geleentheid wat boos doen. En omdat die vergrypers altyd met ons sal wees . . . S Bernard Odendaal (ATKVskryfskool van die NoordwesUniversiteit).
Terry-Ann se hart nie wit of swart TERRY-ANN ADAMS (21), ’n ambassadeur vir Loslitdag, wil mense bewus maak van haar gestremdheid as albino en wat daarmee gepaardgaan. Mense verstaan nie altyd waaroor dit gaan nie en dié wat dit ook het, het soms ’n moeilike stryd met die wêreld. INGE STRYDOM het met haar gesels. Hoe het jy ’n ambassadeur vir Loslitdag geword? ’n Vriend van my, Simon Manda, wat ek op ’n konferensie vir albinisme ontmoet het, het my saam met die projekleier van Loslitdag, Celeste Vinassa, genader. Hulle het die ambassadeursprogram verduidelik aan my en ek was dadelik beïndruk. As ambassadeur moedig ek mense aan om Loslitdag-plakkers te koop. Ek hou ook praatjies oor albinisme en Loslitdag. Waar het jy grootgeword? Ek is maar ’n gewone bruin meisie van ’n gewone bruin buurt. My ouma en oupa het my in Eldoradopark in Johannesburg grootgemaak. Ek is die kind van ’n tienerma en ’n wegloop-pa. Ek was hoofmeisie aan die Hoërskool Die Fakkel. Vertel my van jou gestremdheid. Albinisme is ’n veltoestand waar die liggaam nie melanien produseer nie. Melanien gee kleur aan die vel. Met die tekort aan melanien en pigment in die vel is daar ook ’n tekort in die oë en dus het ek ook ’n visuele gestremdheid. Ek kan ongelukkig nie baie goed sien nie. Ek moet my vel ook ekstra teen die son beskerm. Hoe hanteer jy dit? Ek dra my sonskerm en hoed. Ek sit ’n glimlag op my gesig en ek probeer om so positief as moontlik te bly. Wat maak dit vir jou moeilik? Party mense veroordeel my voordat hulle my leer ken het en sommige mense nie my gestremdheid verstaan nie. Dit maak die lewe so ’n bietjie onaangenaam en moeilik. Watter raad en bemoediging sal jy aan ander mense gee met dieselfde gestremdheid as jy?
TerryAnn Adams Hou jou kop hoog en beskerm veral jou vel. Wees trots op hoe God jou gemaak het. Net omdat ons anders lyk, beteken nie dat ons minder werd as ander is nie. Wat doen jy vir ’n lewe? Ek doen met my finale BA-jaar op Tukkies. My hoofvakke is geskiedenis en antieke kulture. Ek werk ook as ’n tutor vir die departement antieke kulture. Hoe dink jy maak jy ’n verskil en hoe wil jy ander mense help? Deur altyd ’n glimlag te gee aan dié wat my nie verstaan nie. Ek praat maklik met mense wat daaroor wil weet oor my gestremdheid en die gestremdhede van ander. Ek wil graag ’n boek skryf oor albinisme wat vir almal duidelikheid sal gee oor wat dit is en wat die mites daaromheen is. Wat was vir jou hoogtepunte in jou lewe? Klein dinge en groot dinge, maar die grootste prestasies was my MTN-radio-eerbewys en benoemings, my gedigvoordragte voor ambassadeurs van ander lande en my onderskeidings vir my derde jaar se eerstesemester-modules. As jy enigiets in ons land kon verander, wat sou jy doen? Ek sou die houdings van ongelykheid uit ons mense haal en ek sou dieselfde lewenstandaard aan almal gee. Niemand verdien dit om
te sukkel en arm te wees nie. Jou grootste droom is? Om my skryfwerk te laat publiseer. Wat doen jy graag in jou vrye tyd? Ek luister musiek en lees. Ek skryf graag gedigte en stories en kuier saam met vriende. Die beste raad wat jy nog ontvang het? Jy is nie gemaak om in te pas nie; jy is gemaak om uit te staan – my ma. Wat is vir jou die mooiste woord in Afrikaans? Beeldskoon. Hoe sal jy jouself beskryf? Haha, weird. Ek is sag en hard, wit en swart, ’n pitbull en ’n brak. Ek is laggies en glimlaggies en trane en kwaai gesigte. Ek is alles en ek is niks. Wat dink jy is die lekkerste daarvan om ’n vrou te wees? Die feit dat jy CEO en ma kan wees. Die geboorteproses en die mooi aantrek. Wat beplan jy vir Loslitdag? Ek gaan my Golden Girl sequence en bling aantrek en die dag saam met die ander ambassadeurs deurbring en uitreik na mense wat ons die meeste nodig het.
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014 3
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014
Dinge te doen
VRYDAG 22 AUGUSTUS S Boshof-rooivleisekspo-en-skou. Bel Tol du Toit by 082-494-2691. S Binnelanders: Almal is hartseer en emosioneel oor Wimpie. Quinton se terugkeer as heeltydse aanbieder verloop nie volgens plan nie. Jana kry ’n onverwagse besoeker. S Fear and Loss – Industrial Karoo, curated by Katie Barnard du Toit, is on show in the Reservoir at the Oliewenhuis Art Museum. This exhibition represents a contribution of artworks by artists from all over South Africa who are concerned about the Karoo ecology. An underlying concern of this body of work relates to the postmodern conditions of consumerism and capitalism, which appear to be the driving force behind the proposed exploration of shale gas in the larger Karoo basin. The exhibition will consist of installations, as well as framed artworks. A series of lectures, in collaboration with the National Museum and the University of the Free State scientists interested in this field, is also planned. S Athletics coaching clinic from 14:00 to 17:00 at the Mangaung Athletics Stadium. Contact the Fichardtpark Primary School on 051-522-8166. S OVS-filatelievereniging: Algemene maandelikse bymekaarkoms om 19:00 in die teekamer van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke (Vrouemonument). SATERDAG 23 AUGUSTUS S Die NG kerk Hospitaalpark hou om 09:00 ’n 5 km-pretstap. Inskryfgeld is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders. Pryse sal
uitgedeel word. Bel Willie Vorster by 082-829-4310. S Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging bied vandag van 08:00 tot 15:00 in samewerking met Afriforum die jaarlikse BSV-slypskool vir ontluikende skrywers aan. Dit is onder leiding van die spanningsromanskrywer Chanette Paul. Die slypskool word in die Noorderbloem-aftreeoordsaal in Metzstraat, Bayswater, Bloemfontein, aangebied. Paul gaan fokus op temas soos Afrikaanse ontspanningsfiksie sedert 1995, skryftegniese vaardighede en stylelemente, die kernverhaallyn, plot en storie en fokalisering wat nie ’n vloekwoord is nie. Die koste vir die slypskool, middagete, skryfbehoeftes en verversings ingesluit, is R300 vir die publiek, met ’n goedkoper tarief vir BSV-lede, ook mense wat hulle op die dag as lede aansluit. Plek is beperk. Skakel 073-388-3377 of stuur ’n e-pos na bloemsv@gmail.com. S Die Hoërskool Sentraal hou sy jaarlikse verjaardagviering. ’n Spitbraai en vermaak deur Peter Mitchell en Andriëtte Norman is by die kaartjies ingesluit. Kaartjies kos R200. Bel Susan Potgieter by 078-346-6796. S Vroue wat glo hou van 08:00 tot 10:00 ’n byeenkoms by Doxa Deo Bloemfontein met Jana du Plessis en Natasha Joubert. Kaartjies kos R100. Besoek vrouewatglo.co.za vir meer inligting en besprekings. S Shofar Ruah meeting at Kairos Baptist Church, Rayton Road (on the way to the Botanical Gardens). Come listen to the testimony of Reinhardt Verster. The focus of the event is on men, but women are welcome as well. Call Hanja Ziehl on 082-463-8198.
S Reddersburg se Gereformeerde kerk hou ’n biltongete. Bel Mariëtte Venter by 082-948-2818. SONDAG 24 AUGUSTUS S Die Henkins-Cilliers-trio hou om 16:00 ’n konsert in die Ou Presidensie. Die trio bestaan uit Francois Henkins, Dana Cilliers en Tilla Henkins. Klaviertrio’s van Beethoven en Haydn sal uitgevoer word, waaronder die Sigeuner Trio van Haydn. Kaartjies is teen R50 by die deur beskikbaar. S Willie en Natasha Joubert stel om 18:00 hul nuwe duet-CD, Ons dien ’n God wat lewe, in die NG kerk Langenhovenpark bekend. Toegang is gratis. MAANDAG 25 AUGUSTUS S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R22. S Binnelanders: Adelyn oorreed ’n teësinnige Frankie om die strydbyl met Karli te begrawe. Adler maak aan Jana ’n aanbod en een van Wimpie se familielede verseker ’n verrassing. DINSDAG 26 AUGUSTUS S Binnelanders: Wimpie se dogter daag eindelik op uit Perth – maar dit is duidelik dat sy nie hier is om met haar pa te versoen nie. Quinton voel steeds bedreig deur Pippa, maar probeer hard om weer pro-aktief te wees. Bianca kontak Margot oor Stian. Krige tree vreemd op wanneer hy ’n pasiënt sien. S Onthou, jy kan Bloemnuus elke week gratis op jou rekenaar lees. ’n Digitale weergawe, identies aan die gedrukte koerant, verskyn op www.bloemnuus.co.za.
WEN WIELE! Teken in: Druk of Digitaal
SMS:‘MEDIA24’
31069
Tien gelukkige intekenare gaan wegry in ’n splinternuwe Chevy Spark - Is dit dalk jy? Teken in voor 22 Oktober 2014 om te wen. Bestaande intekenare is reeds ingeskryf. R1.50 per SMS. Gratis SMS’e geld nie. Foutiewe SMS’e sal verreken word. Intekening op drukuitgawe van publikasies in ooreenstemming met publikasies se verspreidingsgebiede. Skakel 0861 233 531 vir die intekenkoste van die publikasie/s van jou keuse. Slegs intekenare met debietorderbetalings sal in aanmerking kom. Nuwe intekenare se debietorder sal eers geprosesseer word voor kompetisie-inskrywing geldig is. Kompetisie sluit op 22 Oktober om 12:00 en alle intekenare wat voor of op hierdie datum ingeteken is met geprosesseerde debietorder kom in aanmerking. Bepalings en voorwaardes geld. Besoek ons webblad vir volledige bepalings en voorwaardes: www.selfhelp.media24.com/wen
e: intekenare.nuut@media24.com / t: 0861 233 531
Theuns Jordaan tree volgende Vrydag om 19:30 in die Kovsiekerk op. Kaartjies van R110 af is by Computicket te kry. Slegs enkele kaartjies is nog beskikbaar. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert. Navrae: 0824818881. WOENSDAG 27 AUGUSTUS S Binnelanders: Okkie en Ilse maak nog ’n skokkende onthulling oor Wimpie se familie, terwyl Margot glo Bianca is in lewensgevaar. Tot Jana se verbasing verander Adler skielik sy aanslag. S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende jong mense, is om 19:00 by Lukas Steynweg 1 byeen. Bel Elna van der Walt by 082-462-5507. S Thys die Bosveldklong is om 19:30 in Innie Skuur. S Die Hokaaiers kom elke Woensdag om 10:00 bymekaar vir motivering om te verslank, resepte en kosdemonstrasies. Enigeen is welkom. Dit is by Clydesdale 10, Hippocrenestraat 36, Heliconhoogte. Bel Herma Loubser by 051-4365668.
DONDERDAG 28 AUGUSTUS S Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Beroepsveiligheid en Gesondheid (Saiosh) hou om 13:30 ’n vergadering in die Vrystaatnasorgsentrum in Bloemfontein. Onderwerpe wat bespreek gaan word, is noodreaksie ná voorvalle en ongelukke in die werkplek en noodoptrede ná die storting van gevaarlike stowwe. Geregistreerde Saiosh-lede verdien 1 voortgesette professionele ontwikkeling- (CPD) punt. Vir plekbespreking (wat voor of op Maandag 25 Augustus gedoen moet word) en meer inligting bel Johan van Wyngaard by 083-534-2377 of stuur ’n e-pos na fsbranch@ saiosh.co.za. VRYDAG 29 AUGUSTUS S Die rolprent Diana wys om 20:30 op M-Net Movies Premier, kanaal 103. S Boshof-Magersfontein-perde-uithourit. Bel Hannelie Muller by 082568-4449. S Die Juba Broers is vanaand om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies kos R100 en kinders jonger as 12 jaar kry gratis toegang. Kaartjies is by Kiki Corner en Music Inc. beskikbaar. Doen besprekings by meerkatkolonie@ vodamail.co.za. SATERDAG 30 AUGUSTUS S Die NG kerk Hospitaalpark hou van 08:30 af kermis met Sprokies as tema. S Die Vrystaattak van die Boeremusiekgilde hou om 19:00 ’n dansparty in die Rosenhofskoolsaal agter die Life-Rosepark-hospitaal. Bel Mientjie by 072-844-3667 of Henriëtte by 082578-7532. S Family Fun Day at Makro. S Die Bollie-speelgroep hou om 09:00 ’n gholfdag. Dit kos R150 per speler. Skakel 074-458-9677 om jou in te skryf. Vleispryse is op die spel. MAANDAG 1 SEPTEMBER S National Arbor Week (from 1 to 7 September) starts. S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R22.
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014 5
Towards a greener future Leandra Jordaan
EVERY hour the sun beams onto earth more than enough energy to satisfy global energy needs for an entire year. Solar energy is the technology used to harness the sun’s energy and make it useable. This renewable energy is becoming increasingly popular as the world takes notice of the burgeoning carbon emission problems that come with burning fossil fuels. In support of the Central University of Technology (CUT) and its quest to go green, the Department of Electrical, Electronic and Computer Engineering assisted the institution in a massive sustainability drive. The idea originated from an increased daily usage of technological devices by CUT students for their studies.
The Solar Flower Prototype Project was designed and developed by the Electrical Department and launched in May 2013. A little more than a year has passed and the project took a giant leap forward. Eight of the ten brand-new solar flowers will be strategically placed on the Bloemfontein campus (to serve the almost 11 000 strong student body) and the other two will be placed in Welkom with a student population of just more than 2 500. These are cellphone and tablet charging stations for CUT students. The charging station works with solar energy, which is free thanks to the burning ball of fire in the sky. The station is designed to charge all cellphone makes and models. Each station can charge up to four devices in one go.
From the left are, front: Rick Pengilly, director: IT and logistics, taking ownership of the newly engineered CUT solar flowers from Prof. Herman Vermaak, head of the Department Electrical, Electronic and Computer Engineering; back: Werner Britz, manager: mainte nance, and Johan Raath, lecturer in the department as well as coordinator for the Renewa ble Qualification.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014
Advice from the pet dentist Megan Bosman TO avoid a whiff of dog breath when your “best friend” cuddles up, take your pet to the vet for a dental check-up. Stinky breath doesn’t only make it unpleasant to get close, it is a sign that your pet may have dental disease, a serious condition affecting dogs and cats. Dental disease is the most common health problem diagnosed in pets aged three years and older. It is not only painful and unplea-
sant; it can be life-threatening. “Dental disease causes bleeding gums, discoloured teeth, smelly breath, dental decay, tooth loss and discomfort,” says Dr Guy Fyvie, veterinary advisor for Hill’s Pet Nutrition. “The bacteria present can also affect the pet’s heart, liver and kidneys – a price you don’t want your much-loved pet to pay.” Brushing is the best way to remove plaque. Otherwise plaque hardens into calculus which needs
Whilst some pets may be more likely to experience dental problems, every pet should have an oral care routine and annual dental checkup.
to be removed under general anaesthetic. Hooves and bones appear to be one of the biggest causes of teeth fractures and hard plastic Frisbees are not ideal. Rather use softer toys made of rubber or rope. Ask your vet to examine your pet’s mouth during its annual visit, but if you do notice bad breath or bleeding gums take your pet to the vet immediately. Whilst some pets may be more likely to experience dental problems, every pet should have an oral care routine and annual dental check-up. For expert advice speak to your pet’s dentist – the vet.
Popular pooch names MOST of us put a lot of thought into naming our new dog or puppy. We realise our dog’s name will speak volumes about our own personality, insights, or sense of humor. And what a great way of revealing just a tidbit of information about yourself to passers-by. Did you hear about the woman at the dog park who was heard calling: “Bella, here, Bella!” by a fellow Twilight fanatic, thus sparking a conversation and friendship between the two dog lovers? All because of the name she chose for her dog. According to data from VPI Pet Insurance, the largest pet insurance company in America, Max and Bella remain at the top of the 100 most popular dog names. The other top male dog names are: Bailey, Charlie, Buddy, Rockie, Jake, Jack, Toby, Cody and Buster. The other top female dog names are: Lucy, Molly, Daisy, Maggie, Sophie, Sadie, Chloe, Bailey and Lola. – dogtime.com
LAASTE KANS: Mense kan hulle nog tot vandag vir die Oupa en Ouma Rooseerbewys inskryf. Bel Ans Coetee by 0824676471 indien jy jou grootouer(s) wil benoem. Een van die inskrywings is dié van Pieter en Rosetta Langenhoven wat in die egpaarkategorie benoem is.
Tog te dierbaar: Wen R1 000 DIE foto’s vir die troeteldierkompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is, stroom in na jens.friis@media24.com.
Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal.
Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebook-blad. Byna 6 600 mense is lid van dié FB-blad.
Marita de Lange se Valentine strek haar uit.
Marike Simkin se kat, Bella, klim graag in sakke.
Marlet Bester se hansgans, Twitter.
Esmé Pretorius se Stompie is mal oor ’n bal.
Elsie Oosthuizen se Zeus.
Sarah Hope se Duke en Dutchess.
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014 7
’n Goewernante soos Nakie Hannes Haasbroek AUGUSTUS is ook bekend as Vrouemaand. Wanneer na die verre verlede van Bloemfontein gekyk word wat bekende vroue betref, is dit gewoonlik name soos Tibbie Steyn, Ella Fischer, Maude Bidwell, Sophie Leviseur, Maynie Fleck, Blanca Borchenghagen, Caroline Fichardt en Hannie Blignaut wat as leiers in die lewe geroep word. Maar dan is daar ook iemand soos die merkwaardige mej. Marie Anne Smith wat, hoewel sy as goewernante meer op die agtergrond was, deur haar vriendelikheid, standvastigheid en blindelingse trou aan haar werkgewer ’n wonderlike, positiewe invloed gehad het op die familie en gemeenskap wat sy onbaatsugtig gedien het. Marie Anne, ’n klein en rustige vroutjie beter bekend as Nakie, is op 22 Februarie 1845 in Essex, Engeland, gebore. Weinig is bekend oor haar ouers of haar jong jare. Sy is in 1880 in Engeland deur Gustav Adolph Fichardt as goewernante vir sy ses kinders gewerf. Ondanks waarskuwings dat die lewe in die Vrystaat soms moeilik is, het Smith besluit om Engeland te verlaat. Nooit sou sy aandui wat haar eintlike motivering vir so ’n drastiese stap was nie. Sy sou enige tyd selfs vloere skrop om net uit haar geboorteland te kon padgee. In 1864 het Fichardt beheer oor die bekende Fichardt-onderneming geneem, ’n winkel wat meer as 100 jaar deel van Bloemfontein was. In die republikeinse Vrystaat was hy onder meer voorsitter van die raad van munisipale kommissarisse (’n pos gelykstaande aan burgemeester) van Bloemfontein, ook ’n geruime tyd voorsitter van die direksie van De Nationale Bank van den Oranje Vrijstaat en ’n nie-amptelike lid van die uitvoerende raad van die Vrystaat. Sy ruim skenkings sou ook bydra om ’n stadsbiblioteek genoem na hom moontlik te maak. Fichardt het vir hom ’n groot herehuis bekend as Kaya Lami langs sy winkel gebou met ’n groot tuin en tennisbaan agter (vandag beslaan dit die Middestadsentrum), terwyl hy ook die bekende plaas Brandkop neffens die stad besit het. Dekades lank sou Smith deel van die Fichardt-huishouding en ’n tweede ma vir die kinders wees. Dit is nie vreemd dat ’n besonder hegte band tussen die laatlammetjie, Ella Cecil (gebore in 1884 en later met adv. Percy Fischer getroud), en haar goewernante was nie. Smith het dus ook deel van die bekende Fischer-fami-
Die deftige Fichardtherehuis, Kya Lami, waarin Nakie Smith as goe wernante gedien het.
Nakie Smith lie van Bloemfontein geword. Bram Fischer, die befaamde kommunistiese leier en oudste seun van Ella, was baie lief vir Smith en hy het al die jare kontak met haar behou. Smith het deel van die Fichardts se deftige lewenswyse geword. As vooraanstaande inwoners is stylvolle onthale in Kaya Lami gehou waarheen die voorste inwoners van die stad genooi is. Só tuis was Smith mettertyd in die Fichardt-huishouding dat sy met gemak beweeg het in die geselskap van hooggeplaastes, waaronder eerste ministers, ministers en generaals waarmee die Fichardts bevriend en bekend was. Hieronder was Bloemfonteinse families soos die Steyns, De Wets, Fischers en Hertzogs. Hulle het die grootste respek vir haar gehad. Daarbenewens het sy die familie se lief en leed gedeel en hulle deeglik onderskraag in al die
Nakie kort voor haar afsterwe. ellende wat hulle beleef het, soos in die Anglo-Boereoorlog. Dié oorlog het op 11 Oktober 1899 uitgebreek. Op 13 Maart 1900 het die Fichardts, en waarskynlik Smith ook, die traumatiese ervaring beleef om in geskokte stilte van Kaya Lami se toring te aanskou hoe die Britse troepe Bloemfontein ongehinderd beset het. Die eiendom van republikeinsgesinde inwoners is sonder veel ontsag deur die besettingsmag behandel en op verskeie huise is beslag gelê. Die verhaal is vertel Kaya Lami is van vyandelike betreding gered deurdat Smith glo vreesloos met ’n dubbelloophaelgeweer op die voorstoep stelling ingeneem het. Tydens die beset van die stad was sy deur haar rustigheid en positiewe lewensuitkyk ’n besondere steunpilaar vir die Fichardts. Hoewel van Britse afkoms was sy, nes die Fichardts, ’n groot voorstander van Afrikaner-belange en het sy saam met die
bekende Emily Hobhouse, wat in Kaya Lami tuisgegaan het, na die vroue en kinders in die konsentrasiekampe omgesien. Die pragtige, goue borsspeld wat die filantroop aan Smith gegee het toe hul paaie skei, het sy al die jare soos ’n kleinood bewaar as herinnering van hul tye saam. Toe sy afgetree het, het sy in 1918 haar eie woning in Zastronstraat 114, wat Charlie Fichardt (Gustav se oudste seun) gekoop en lewenslank aan haar beskikbaar gestel het, betrek. Uit die familietrust is reeds sedert 1907 ’n pensioen aan haar verskaf. Op haar 95ste verjaardag het Die Volksblad se verslaggewer oor haar lewe berig en in sy openingsin gesê: “So lewendig, belangstellend en fris van gemoed is die ou dame dat jy telkens vergeet sy is byna ’n eeu oud.” In 1945 met Smith se 100ste verjaardag het die familie ’n groot ophef daarvan gemaak. Dié verjaardagfeesviering het in
Harmonie, Ella en Percy Fischer se woning in Reitzstraat, Westdene, plaasgevind. Ruth Rice, hul kleinkind (dogter van Bram), onthou, hoewel sy in daardie stadium net vyf jaar oud was, die opwinding wat geheers het toe Smith die 100 kersies op die verjaardagkoek doodgeblaas het. Selfs ’n telegram van die eerste minister, genl. Jan Smuts, en sy vrou is ontvang waarin hulle haar met die mylpaal geluk gewens het. Ofskoon almal in ’n gemoedelike stemming was omdat hul geliefde Smith dié hoë ouderdom kon bereik het, was dit vir hulle duidelik haar kragte het begin afneem. Smith is op 30 April 1947 as vermoedelik Bloemfontein se oudste inwoner op die rype ouderdom van 102 jaar aan ’n beroerte in haar huis oorlede. Sy is die eer aangedoen om in die familiekerkhof op Brandkop begrawe te word.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014
Die gode se speelplek Dit is laat winter, byna lente, en heelwat Bloemnuus-lesers se kop staan Namakwaland toe. JENS FRIIS het dié bekende blommestreek verlede jaar só ervaar.
en laatmiddag na wit. Soms het bolblomme oorheers en partykeer vetplante. Hier en daar het die mooiste skelpienk vygies aangedui waar onlangs water in die laagtes geloop het. Tussen Clanwilliam en Calvinia het ’n kamer by Boesmanskloof op ons gewag. Nog ’n nag hier het ons die luukse gegee om Wuppertal en die Biedouw-vallei (die pad daarheen is so-so) te verken. Hier, heelwat meer suid as Kamieskroon waar die blomme in daardie stadium op hul mooiste was, was daar net kol-kol pragtige plate kleur. Maar wat dit besonders gemaak het, was dat hier ’n baie ryker vermenging van blommetjies was as wat ons tot dusver raakgeloop het. Met ons terugkoms by Boesmanskloof het die hemel toegetrek en terugskouend was die weervoorspelling reg: Dit sou erg bewolk wees met reën vir die komende dae. En só het ons blomkyk-vakansie onverwags tot ’n einde gekom. Nog ’n veld vol blomme was ons nie beskore op dié vakansie nie.
“DAARDIE foto’s wat jy sien van goudgeel blommevelde so ver die oog kan sien, is bog,” het ek vies opgemerk toe ons by Springbok kom en nog skaars ’n Namakwalandse madeliefie gesien het. Boonop is my vermoede vroeër die oggend versterk toe ons op pad van Pofadder af by ’n lappie oranje stilgehou en ek vinnig geleer het dat jy ’n foto nogal na iets uit Namakwaland kan laat lyk as jy net afbuk en oor ’n klompie blomme op die voorgrond fokus. “Ja, dít is natuurlik hoe daardie professionele fotograwe kul.” Maar my wederhelf het nog geglo. Hy het vantevore by Goegap, die natuurreservaat by Springbok, goeie blomme gesien. Verlede jaar, met my eerste besoek aan Namakwaland, was ons egter te laat. “Die reënt, hy het vanjaar vroeg gekom,” het die hekwag by Goegap gesê toe ons toegangskaartjies koop. En dít is die probleem met Namakwaland. Dit is baie soos om ’n luiperd in die Krugerwildtuin te soek. Dit is ’n dobbelspel en daagliks is die omstandighede anders. Was dit dieselfde, sou daar beslis boeke gewees het wat kon waarborg dat jy op sekere plekke en sekere tye blomme sál sien. Maar dit is nie die geval nie. Daar is ’n kombinasie nodig van sonskyn, weer wat warm genoeg is, nie te veel wind nie, reën in die onlangse dae voor jou besoek en beslis ook ’n skeutjie geluk. Hoe minder die faktore saamval, hoe skraler is die kans dat die blomme hul koppies lig en oopvou.
Sou jy wou gaan S Wanneer? Julie tot September – grootliks afhangend van reën. S Waar? Veral die Weskus, Nieuwoudtville, die Knersvlakte en Namakwaland. Maar indien jy dit gelukkig tref, selfs stuk-stuk langs die N1 waar die watertjies van die hoofweg vloei. S Hoe lank? ’n Langnaweek kan jou ’n goeie indruk gee van wat die gebied kan bied. Hier is egter oorgenoeg vir ’n vakansie van ’n week. S Onthou . . . jou kamera, ’n veldblomboek, sonhoed, sonroom. En gooi brandstof in voordat jou motor leërig is, want die afstande is lank. S Luister na . . . Septemberland van Laurika Rauch en Namakwaland van Coenie de Villiers.
Kop neerlê Met dié nogal neerdrukkende besef het ons ons koppe die aand neergelê op Naries, ’n gasteplaas op die platorand wes van Springbok vanwaar jy laatmiddag die Atlantiese Oseaan, 60 km verder, kan sien. Ons slaapplek was ’n luukse gras-igloe van minstens 4 m hoog. Uit die koningsgrootte bed met sy magdom kussings sou jy jou kon verbeel jy is die leier van ’n stam diep in Afrika. Maar saam met die “koning” het daar in dié paleis van ’n hut ook ’n bedrywige muis gebly wat so kordaat was dat hy selfs in die nag die sjokoladetjie voor ons bed weggedra het. Ná ontbyt is ons af met Spektakelpas wat sy naam gekry het toe Simon van der Stel oor die pragtige uitsig in Hollands gesê het: “Wat ’n spektakel”. Tussen Soebatsfontein en Kamieskroon het die mooi gewag waarvoor ons reeds 1 500 km van Bloemfontein af gery het. Die wag werd By ’n vergete opstal het ’n kombers blomme die akkers bedek waarin hawer of lusern toeka
Blyplek
Jy kan tussen Julie en September gaan blomme kyk, maar dit hang grootliks van die reën af. Foto: Jens Friis gestaan het. Boonop was daar ’n windpomp wat ’n lekker fokuspunt vir ’n kiekie is. By Kamieskroon het ons die afdraaipad na die NamakwaNasionale Park (Skilpad-gedeelte) gemis, maar ek was bly ons het wel die grondpad daarheen later aangepak. Dit was die Vrouedag-langnaweek en ’n dosyn motors moes eers voor ons deur die hek. Maar
die wag was die stofpad werd. Blomme van allerlei aard het hier by Skilpad wortel geskiet in wat eens landerye was. Dink jy mooi daaroor, is die natuurreservaat waarskynlik die onnatuurlikste denkbaar: Waar die mens se spore in ander parke sover moontlik uitgewis word, was dit nodig dat ’n boer die aarde moes omdolwe sodat die saadjies kon ontkiem. Ek was beslis die vorige dag
verkeerd: Hier kan jy van alle hoeke foto’s neem, want die blomme strek tot aan die einders van die horison. Ons het dit voorwaar goed getref. Oranje, geel, wit, pienk Só was dit ook al met die N7 langs, suid verby Garies, Bitterfontein, Nuwerus . . . Die Namakwalandse madeliefies het geleidelik suid verander van oranje na geel
Ons het rofweg ’n groot driehoek gery (3 000 km): Bloemfontein, Springbok, Kaapstad, Bloemfontein. Dit is hoogseisoen in dié geweste in die blomkyktyd, maar selfs dan kan jy maklik vir R500 per nag ’n kamer kry. Daar is egter ook luukser plekke indien jy jouself wil bederf. Ons het (vir ons eie rekening) by die volgende plekke oorgebly en al ons besprekings deur www.booking.com gedoen. Die pryse is vir ’n kamer vir twee mense per nag en sluit ontbyt in. S Vergelegen-gasteplaas, Kakamas: R900. S Naries, Springbok: R3 250. S Bushmans Kloof Wilderness Reserve and Wellness Retreat, Clanwilliam: R4 200. (Buite seisoen kan jy ’n dag of wat voor die tyd tot 50% korting kry.) S Lemoenfontein, Beaufort-Wes: R1 050. S Oorweeg ook Papkuilsfontein by Nieuwoudtville en Kersefontein by Hopefield.
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014 9
Applous vir harde werk Mercia Eksteen DIE leerlinge van die Laerskool Sentraal in Bloemfontein se tonge huppel ewe gemaklik tussen die woorde van Agnus Dei en twee Afrikaanse liedere, al is nie een van hulle se moedertaal Afrikaans nie. In Bloemfontein praat hulle nie verniet van “die skool met die koor nie”. Hier in die Z.K. Matthews-ouditorium van Unisa wys hulle hoekom dit die tiende keer is dat die Laerskool Sentraal in die landwye eindronde van die ATKV-Applouskompetisie vir laerskole meeding. “Die koor gee hulle vlerke en laat hulle voel hulle kan iewers kom,” vertel die koorleier, Christa Prinsloo. “Ons het die afgelope paar jaar al in Hartenbos, Kaapstad en Pretoria deelgeneem, en die kinders sien dus sommer meer van die land.” Christa en Sandra Fürstenberg, die begeleier, is al sedert 2001 by die koor betrokke. Al is hulle die afgelope paar jaar nie meer onderwysers aan die skool nie, maar sakevroue, word steeds daagliks koor geoefen. “Die kinders oefen elke liewe dag tussen 08:00 en 09:00,” vertel Sandra. Dié toewyding is nie beperk tot die koor nie. Elke koorleier met wie ek praat, vertel van die ure se oefening. Háár koor oefen minstens vier uur per week ná skool, asook elke eerste pouse, vertel Petro Bell (72). Dit is nou benewens die gereelde koorkampe wanneer Vrydagmiddae en Saterdae geoefen word. Petro, leier van die Laerskool Eversdal se senior koor, is die oudste koorleier in
vanjaar se eindronde. Dit is haar vierde Applous-eindronde, en al het sy eintlik al in 2000 amptelik as musiekonderwyser afgetree, rig sy steeds die koor af. “Ek is baie lief vir kinders, en die koor hou my jonk. Dit gee ’n mens iets om soggens voor op te staan. As ons nou teruggaan, begin ons reeds oefen aan volgende jaar se werk. Dit is ’n voorreg om ’n mens se passie te kan uitleef – koor is maar in my bloed.” Petro se dogter, Jeanmari van Papendorp, is die afgelope drie jaar die koorleier van die Laerskool Lynnwood, maar is van kindsbeen af by kore betrokke. As laerskoolkind het sy in ma Petro se skoolkoor gesing, en daarna was sy onder meer lid van die Tygerbergse Kinderkoor en die Stellenbosch-universiteitskoor. Sy is die afgelope 18 jaar musiekonderwyser en koorafrigter aan die Hoërskool Menlopark, wat vanjaar die 17de keer in die Applous-eindronde vir hoërskole meeding en al 15 keer as die beste gemengde hoërskoolkoor in die land aangewys is. Wat maak ’n koor goed? “Daar moet magic wees, iets wat uit die hart kom,” sê Jeanmari. “Al sing die koor perfek en is elke optrede foutloos, beteken dit niks as die musiek nie uit hul hart kom nie.” Annemarie Dippenaar, koorleier van die Laerskool Durbanville, stem saam. “Passie is noodsaaklik, want anders gaan die kinders dit nie eens wil doen nie. Om koor te sing verg
harde werk en baie toewyding.” Annemarie rig die koor al sedert 1995 af. Sedert hul eerste deelname aan ATKV-Applous in 1999 het die koor elke jaar (behalwe in 2001 toe hulle nie vir die kompetisie ingeskryf is nie) in die eindronde meegeding en hulle het al vyf keer met die louere in hul afdeling weggestap. Volgens Johan Esterhuizen, bestuurder van ATKV-skoleprojekte, ding kore in verskillende afdelings in ATKV-Applous mee. “Daar is afdelings vir nie-moedertaalsprekers, ervare kore en minder ervare kore in sowel die hoër- as laerskoolafdeling. Dit verseker almal het ’n gelyke kans. Seunskore, meisiekore en gemengde kore ding ook in hul eie afdelings mee.” Al die koorleiers met wie gepraat is, is dit eens die kompetisie beteken baie vir leerlinge. “Dit is ’n wortel voor die kinders se neus. Dit gee hulle ’n doelwit anders as net die plaaslike eisteddfod en is ’n kans vir ons as koorleiers om ons kore fyner af te rond,” meen Annemarie. Alle skole moet vier liedere sing waarvan twee Afrikaanse liedere moet wees. Minstens een moet ’n Afrikaanse lied deur ’n Suid-Afrikaanse komponis wees. Dan moet daar ’n lied in een van die ander nege inheemse tale van Suid-Afrika wees en die vierde in enige taal. Net die keuse van liedere maak reeds die kinders se wêrelde groter. Die ATKV-Applouskompetisie is vanjaar die 37ste keer aangebied. Altesaam 180 kore van oor die land heen het hulle vir vanjaar se kompetisie ingeskryf.
Die Laerskool Willem Postma (foto) en Laerskool Sentraal het goud in die ATKVApplouskompetisie vir minder ervare laerskoolkore verwerf. Foto: Annemarie Brink
‘Stoffel’ skryf oor krokodil in lewe Barend van der Merwe MENIGE liefhebber van die geskrewe woord in Afrikaans sal dit eens wees dat ons baie verskuldig is aan die familie Bakkes: Margaret, Johan en Christiaan, laasgenoemde wat met sy alter ego, “Stoffel”, ons neem na plekke waar die meeste van ons nie sal waag om te gaan nie. Die nuutste toevoeging tot die Stoffelreeks volg egter nie die patroon van wat lesers al sedert 1998 gewoond geraak het toe Die lang pad van Stoffel Mathysen verskyn het nie. Krokodil aan my skouer is nie kort vertellings nie en bied die leser ’n aaneenlopende narratief. In teenstelling met sy voorgangers het ons hier met ’n Stoffel te make wat meer as net vertel, wat ook ’n bestekopname doen, soos wat die titel te kenne gee. Die leser vind sommer baie meer van Stoffel uit, en daar word in sy kinderjare in sy kenmerkende eerstepersoon-vertelstyl gedelf. Van die detail mag sekere lesers skok, soos Stoffel se eksperimentering met dwelms. Stoffel beleef van jongtyd af ’n ontnugtering met struktuur. “Ek slaag my matriek glorieloos. My punte lees soos die naam van ’n death metal-rockgroep – vol D’s, E’s en F’s.” (bl. 31). Die wêreld frons vir hom, maar Stoffel is groter as sy omstandighede en beperkinge. Hy vind in die natuur en ruimtes van Afrika ’n bekoorlikheid wat van hom besit neem. Wat hom bekoor. En te midde van noemenswaardige uitdagings bekwaam hy homself as natuurbewaarder. ’n Sentrale tema is Stoffel se ervaringe as deel van sy verpligte militêre diens, en dit word tereg op die flapteks beskryf as ’n “stuk geheime geskiedenis”. Stoffel is in hierdie stadium ’n soldaat, maar steeds lê sy grootste lojaliteit by die saak van natuurbewaring waartoe hy homself geroepe voel. By die sinvolheid van die oorlog word daar ook stilgestaan, en Stoffel bespreek vlugtig sy afskeid van die “ou” Suid-Afrika en aanvaarding van die “nuwe” – wat toepaslik kulmineer in sy ontmoeting en interaksie met Nelson
Krokodil aan my skouer – Stoffel toe en nou deur Christiaan Bakkes. Mandela. Vir getroue lesers sal die titel Krokodil aan my skouer reeds ’n klokkie lui. Op ’n dag lei Stoffel se onbeteuelde selfvertroue hom tot ’n onbesonne besluit. Hy spring in ’n dam, bewus van die twee krokodille daarin, en verloor eindelik meer as net sy linkerarm – ook sy pos as wildbewaarder in die Krugerwildtuin. Ook uit dié stormagtige tyd sou Stoffel herrys – wyser en sterker as te vore, met ’n nuwe uitdaging – renosterstropery. “Ek was nooit briljant nie,” voltrek Stoffel, “maar ek was altyd bereid en gewillig.” S Barend van der Merwe, argivaris: Vrystaatse Provinsiale Argief
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014 The Services Sector for Education and Training Authority (SSETA) is a statutory body established through the Skills Development Act of 1998 to enable its stakeholders to advance skills levels in the sector in accordance with Government’s growth initiatives. The Services SETA is striving to build a system where skills production and development respond to the socio-economic needs of our country and its labour market. Such high-quality skills will in turn enhance investment and improve service delivery; read more on www.serviceseta.org.za
Invitation to Bid Bid No: Proc-T242: Upgrade Microsoft Dynamics Navision 2004 to Microsoft Dynamics AX 2012
The Services SETA is currently running its financial and supply chain management operations on Navision Version 2004 software. This version is outdated, as a result it no longer provides for the needs of the Services SETA leading to inefficiencies and limited operations. It is for this reason that the Services SETA seeks to appoint a professional service provider with the capability, amongst others, to upgrade the current version to a system that can reduce inefficiencies and allow Services SETA regional offices to access the system in order to speed up processes and also provide maintenance services on this system. The latter also includes frequent modifications and tailor-making of the system to address the needs of the Services SETA. List of modules in current Microsoft Dynamics Navision 2004: • General Ledger and Trial Balance • Fixed Assets • Purchases and Payables • Cash Management • Vendor Bank Account Details • Oracle Interface • Contracts Management • Project Dimension Management. Bidders must submit a proposal with their bid document where it at least indicates the following: • Provide detailed implementing plan for upgrade from Microsoft Dynamics Navision 2004 to Microsoft Dynamics AX 2012 • Transfer existing data and information from Microsoft Dynamics Navision 2004 to Microsoft Dynamics AX 2012 • The various phases and corresponding deliverables • Fulfilment of Services SETA requirements and expectations • Training programme for end users and technical skills transfer • Challenges with implementation of Microsoft Dynamics AX 2012. Compulsory Briefing Session: Date and Time: 28 August 2014 at 10:00am Venue: Training Room 4, 20 Eton Road, Parktown, Johannesburg Bid documentation is available on the Services SETA website at www.serviceseta.org.za/SupplyChainManagement/ActiveTenders All enquiries regarding this bid should be in writing and may be directed to e-mail: connyz@serviceseta.org.za by no later than 11:00am on 8 September 2014. The closing date for submissions is 15 September 2014 at 11:00am. No late submissions will be considered. Submissions should be delivered into the bid box or couriered to: The Senior Manager: Supply Chain Management, Ristone Office Park, 15 Sherborne Road, Parktown, Johannesburg. The bid box is open during office hours: Monday to Thursday: 08:00am - 16:00pm, Friday: 08:00am - 15:00pm
www.serviceseta.org.za Kone Solutions K23162
PERSOONLIKE DIENSTE
TE KOOP
FINANSIEEL
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645
1420
A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
ALLERLEI 1655
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217 Mushroom compost: R29/ 30 dm. Organic fertiliser: R125/25 kg. FREE delivery in BFN - more than 50 bags. 051 451 1174.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
1445
4201
AKKOMMODASIE 2635
Fraaiuitsig, Kleinbrakrivier: 2-slk-woonstel, slaapplek vir 4 tot 6. Desember beskikbaar. 044 696 5900 of 084 476 0825
EIENDOMME
HUISVERBETERINGS BINNE
LENINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
VAKANSIE & REIS
1835
AAA-kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'drywalls'. Asook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
BOME 1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
1 room, from R1 650 p.m. Bachelor flats from R2 350. Available immediately. Deloy Flat Bloemfontein Koki Matsabu Tel. 057 352 2990
SOEK, KOOP, VERKOOP
122 MU BREGER ESTATE NOTICE (30 DAYS) In the estate of the late Mary Una Breger, identity number 210827 0013 088, born 27/08/1921, died 06/06/2014, of 31A Bayswater Retirement Village, Burgundy Crescent, Bayswater, Bloemfontein, estate number 23375/2014, Master's Office, Bloemfontein. Debtors and creditors in the above estate are hereby required to lodge their claims with and pay their debts to the undersigned within thirty (30) days from date of publication hereof. CHARL JOHANNES STANDER, Executor, c/o Lovius Block, 31 First Avenue, Westdene, Bloemfontein 9301. Tel. 051 430 3874 Date: 08/08/2014.
BLOEMNUUS, VRYDAG 22 AUGUSTUS 2014 11
Veilige bloed kan moeders red AUGUSTUS is die maand waarin vroue in Suid-Afrika se moed en deursettingsvermoë gevier word. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) weet wat die uitdagings is waarvoor vroue te staan kom wanneer hulle met ginekologiese en geboorte-komplikasies te doen kry. Hulpelose moeders en vroue se geliefdes moet in die hospitaal op ’n bloedoortapping wag en die SANBD hoop dat, met die hulp van die publiek, ’n klein verskil in hul lewe gemaak kan word. Volgens die Wêreldgesondheids-
organisasie (WGO) bly die sterftes van vroue aan komplikasies tydens geboorte ’n ernstige wêreldwye gesondheidsuitdaging. Ongeveer 800 vroue sterf daagliks weens swangerskap- of geboorteverwante komplikasies. Ernstige bloeding tydens en ná geboorte is ’n reuse-oorsaak van sterftes, siektes en langtermyn-ongeskiktheid. Bloedoortapping is geïdentifiseer as een van die nege sleutel-mensereddende optredes wat geneem kan word rakende die behandeling van swangerskapverwante
komplikasies. Ongeveer 26% van die bloed wat die SANBD insamel, word vir geboorte en swangerskapgevalle uitgereik. “By die SANBD werk ons hard om te verseker dat daar altyd genoeg veilige bloed beskikbaar is, maar dit is slegs met die hulp van bloedskenkers moontlik,” sê Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van die SANBD. Ter viering van Vrouemaand moedig die SANBD mense wat aan die minimum vereistes vir bloedskenking voldoen aan om te
help om die sterftes van moeders te verhoed. Minimum vereistes
Die minimum vereistes vir bloedskenkers is: S Wees tussen die ouderdom van 16 en 65. S Weeg 50 kg of meer. S Geniet goeie gesondheid. S Lei ’n veilige seksuele leefstyl. Skakel 080-011-9031 om uit te vind waar jou naaste bloedskenkkliniek is of besoek sanbs.org.za vir meer inligting.
Promosieartikel: PRESIDENT BRAND PRIMêRE SKOOL
Die skoolterrein van die President Brand Primêre Skool in Pellissier.
Foto: Verskaf
Pres. Brand vier sy 140ste jaar DIE President Brand Primêre Skool (PBS) in Pellissier, Bloemfontein, is ’n skool met ’n ryk geskiedenis en vele tradisies. Die skool is aanvanklik op 7 Julie 1873 met die naam Infant Primary School gestig. Die naamsverandering na die President Brand Primêre Skool het waarskynlik in 1917 plaasgevind en dit is na wyle Pres J.H. Brand genoem. Die skool is dus vanjaar 141 jaar oud en een van die oudste laerskole in die Vrystaat. Dat ons ’n ryk geskiedenis en vele tradisies het, laat ons egter nie aan die verlede en ou tradisies vasklou nie; ons strewe eerder daarna om die geskiedenis en tradisies uit te bou en steeds daagliks geskiedenis te maak. Dit blyk uit die talle positiewe veranderings en ontwikkelings wat bykans daagliks plaasvind. Ons skoollied sluit nie verniet af nie met die woorde “laat ons ons spore waar ons gaan”, want dit is vir seker wat ons die afgelope 140 jaar reeds doen. Ons begin reeds op ’n vroeë ouderdom met die kroon van God se skepping werk wanneer die kinders hulle by ons in die voorskoolse afdeling aansluit. Daar is sewe gekwalifiseerde onderwysers en vier assistente wat na die behoeftes van die kleuters omsien en die programme aan hulle bied. In die grondslagfase (gr. 1 tot gr. 3) is ons een van min skole wat met die ervaring en ondervinding kan spog oor die opvoeding van ons leerlinge. Die beginsels van lees, skryf, gesyferdheid en ’n goeie waardestelsel is vir ons baie belangrik en daarom word projekte op die waardes geskoei. Ervare kollegas wat leiersposte op provinsiale en nasionale vlak in die onderwys beklee, is kenmerkend van ons skool. Geriewe en toerusting wat aan die nuutste moderne tegnologiese vereistes voldoen, word gebruik om leerlinge se volle potensiaal te ontsluit. Die voorskoolse leerlinge word aktief by
verskeie aktiwiteite by die skool betrek, waaronder die ontwikkeling van rekenaarvaardighede in die rekenaarsentrum. Talle geleenthede wat ouers, leerlinge en die gemeenskap saamsnoer, vind jaarliks plaas. Van die geleenthede is sport- en kultuurtoere, ’n skaapkop-manneaand, die immergewilde osbraaigeselligheid en die PBS-dansgeselligheid, om maar net ’n paar te noem. Die PBS spog ook met uitmuntende prestasies. Ons ding in die A-liga in die stad mee. Van akademie tot sport en kultuur blink ons leerlinge uit. Ons het jaarliks ongeveer 50 leerlinge wat op provinsiale vlak hul spoor laat. Van die uitblinkers van jare gelede is die bekende Strydom-broers (Steve, Willie, Piet en Corrie), Pierre Reynecke, René Scholtz, Allan Donald en die bekende Esther Brand. Ons het ook sewe Springbok-skaakspelers opgelewer en dit terwyl hulle nog by ons in die skool was. Ons het vanjaar reeds sewe Vrystaat-atlete, een Suid-Vrystaat-tennisspeler, twee Vrystaat-netbalspelers, twee Vrystaat-o.13rugbyspelers, een o.13-Bokkie-netbalspeler en vyf eerbewyse op die Eskom-wetenskapekspo verwerf. Daarbenewens was die skool se o.12-netbalspan eerste in die Motheo-Vrystaat-netbaluitdaagreeks en negende in die land in die Suid-Afrikaanse netbaluitdaagreeks. Een van die skool se atlete, Su-Mari Gouws, is ook as Ons Stad se SupersportLet’s Play-sportster van die maand vir Maart aangewys. Vir meer inligting oor die skool, besoek gerus die skool se webblad, www.presidentbrand.co.za, Facebook-blad, https:// www.facebook.com/groups/PresBrandBloem/ of kontak die skool by 051-422-4941. ) Ouers van voornemende gr. 1-leerlinge vir 2015 kan gerus op 4 September om 18:00 die skool besoek wanneer ’n inligtingsaand aangebied word en hulle kom vergewis van wat die skool aan leerlinge bied. Vir die PBS is dit belangrik om die regte waardestelsel by elke leerling te vestig.
Die President Brand Primêre Skool se o.12netbalspan het aan die nasionale skolekampioen skapsbyeenkoms by die Hoërskool EG Jansen in Boksburg deelgeneem. Die span het ses van sy sewe wedstryde gewen en negende in SuidAfrika geëindig. Hierdie span was ook die gouemedaljewenner van die Motheouitdaagkampioenskap, asook die Vrystaatuit daagkampioenskap. Van links is, voor: Dané Scholtz en Abbey Fivaz; middel: Elaine Groene wald (afrigter), SuMari Gouws, Megan Karsten, Elri Groenewald, Estelle Hugo (spanbe stuurder) en Louis Smith (skoolhoof); agter: Lente J. van Rensburg (skeidsregter), Carlien Els, Annebelle Els, Lehandri Robberts en Tomei van Wyk. Foto: Verskaf
Toe Zola en Mary bots
’n Raps meer as 30 jaar gelede, op 10 Augustus 1984, het die wêreld stilgestaan nadat Zola Budd, Bloemfontein se goue meisie op die atletiekbaan, en Mary Decker op die Olimpiese Spele in Los Angeles teen mekaar vasgehardloop het. JOHAN VAN WYK was daar. DOER in 1984, met Suid-Afrika in die middel van amperse algehele sportisolasie, roep dr. Wimpie de Klerk my op ’n wintermiddag na sy Rapport-redakteurskantoor. “Wil jy Olimpiese Spele in Los Angeles toe gaan?” sê-vra hy. Toe ek my asem terugkry, sê ek natuurlik, maar weet hy dat ’n Suid-Afrikaanse persman op ’n spele geen akkreditasie gaan kry nie; nie naby ’n persbank met sy TV-skerm by elke sitplek toegelaat sal word nie; nie uitslae gaan kry nie en tussen 90 000 rasende toeskouers sal moet sit en sy werk probeer doen? Hy, mede-geïsoleerde, het dít duidelik nie geweet nie. “Dit maak nie saak nie,” sê hy. “Al stuur jy nie ’n enkele storie nie, ek stuur jou soontoe om ’n spele te ondervind sodat dit jou en die koerant op die duur sal help.” (Natuurlik het Suid-Afrika toe g’n span daar gehad nie – maar toevallig was “onse” Zola Budd in Britse vere destyds wêreldnuus. En haar tweestryd in die 3 000 m met die Amerikaanse liefling Mary Decker was dié storie van die spele). Ek is toe saam met ’n groep Springbok-atlete as “toeskouer” soontoe. Met g’n laptop nie, g’n selfoon nie. Niks nie. So kaal soos ’n geïsoleerde maar kan wees.
Dalk dié oomblik van die Olimpiese Spele in Los Angeles: Mary Decker en Zola Budd hardloop teen mekaar vas. Op Vrydag 10 Augustus (LA-tyd), kort ná middernag op Saterdag 11 Augustus (Suid-Afrika-tyd), sit ek toe saam met die Bok-atlete in die Coliseum tussen 90 000 toeskouers. Toe Zola en haar mededeelnemers onder op die baan na hul wegspringblokke stap, kry ek ’n
(patriotiese?) bevlieging en hol na die onderste gestoeltes en skree heel verspot: “Vrysta-a-at”. Ek kon sweer Zola het dit – selfs bo die kakofoniese lawaai – gehoor en haar kop na my gedraai. Ná so ’n rondte of twee hardloop Zola en Mary teen mekaar vas en Mary val soos ’n os. En Zola word die volgende klompie rondtes asof uit een keel deur die Yanks uitgejou. Van die stadion af tot by ons hotel in Anaheim, ’n LA-voorstad, ry ons ná die tyd sowat vier uur per bus deur die massaverkeer. Toe ek om middernag by my kamer instap, lui die foon. Gielie de Kock, toe Rapport se nuusredakteur, praat: “Laat waai met jou stories oor Zola en Mary. Ons maak die hele voorblad vir jou oop.” Dit is toe Saterdag 09:00 in
Johannesburg. Vergete was dr. De Klerk se “al-stuur-jy-nie-’n-enkele-storie-niejy-gaan-as-langtermyn-belegging”. Ek hol toe maar in die hotelgange rond, soek reaksie by die deur-die-slaap-Bok-atlete en kyk blitsig Yank-TV wat toe die episode uitsaai asof dit Armageddon is. So teen 02:00 LA-tyd bel ek uitasem Johannesburg toe. En wie sal my storie afneem? Babs. Liewe Babs Taljaard wat toe al met haar gehoor gesukkel het – en nog erger gesukkel het om te hoor wat ek skree danksy Chris
Botes, wat saam met my in ’n kamer ingedruk is en snork vir Afrika . . . só erg snork dat liewe Babs derduisende kilometers verder dit hoor en vra of daar ’n bom in LA afgegaan het. Die afnemery met Babs het seker goed tot sesuur LA-tyd aangehou. Ek het toe nog nie ’n oog toegemaak nie – en op daardie oomblik moes ons weer gaan brekfis eet, want die bus vertrek om 07:00 om om 10:00 by die stadion uit te kom. Wel, Rapport het toe daardie Sondag ’n hele voorblad met (swartwit-)foto’s en aanhalings oor alles. Selfs Zola-aanhalings en Mary-aanhalings. My eerste spele was ’n hengse sukses danksy Yank-TV, die goeie ou telefoon en liewe, hardhorende Babs.
Uit die perd se bek GARY PLAYER is as jong speler daaroor gekritiseer dat sy swaai nie goed genoeg was nie. “Dit word dikwels van my gesê ek het meer gedoen met minder as enige gholfspeler voor my. “Ek het nie toe ek begin het ’n wonderlike swaai gehad nie. “Maar ek verkies enige dag ’n slegte swaai en die vermoë om onder druk te wen bo ’n swaai wat goed lyk, maar nie doeltreffend is nie.”