VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Alzheimer: Vrou veel beter ’n Bekende in Bloemfonteinse onderwyskringe se lewensgehalte het drasties agteruitgegaan weens Alzheimer se siekte, maar nadat die behandeling wat sy hiervoor ontvang het, verander is, kan sy nou weer ’n sinvolle bestaan voer, berig CHARLENE NIEUWOUDT.
Vlamme lek in die lug Inwoners van Bewarea moes bontstaan en hul tuinslange nader pluk toe ’n veldbrand op dié aftreeoord afgepyl het. Vreesaanjaen de vlamme het tot 7 m hoog in die lug gelek en tuine langs die grensheining het weens die hitte geskroei. Genadiglik was die wind nie sterk nie, was daar water in die pype en het die munisipa liteit kort vantevore die stuk veld langs dié aftreeoord korter gesny. Foto: At Stander
SEPTEMBER is Alzheimer se siektemaand en dit plaas hernieude klem op die beste mediese versorging van mense wat met die siekte leef. Na raming leef in Suid-Afrika 750 000 mense met dementia, maar baie mense het nie toegang tot ’n behoorlike diagnosering nie. Wêreldwyd het ongeveer 44 miljoen mense dementia. Gwynneth Muller, ’n pionier van die Vrystaatse onderwysstelsel, is een van die sprekende voorbeelde van hoe korrekte versorging in ’n spesialis-versorgingsgerief in Somerset-Wes buite Kaapstad lewensgehalte kan verbeter. Haar harde werk in die onderwys werp nou nog verder vrugte af met dié dat ’n oudleerling van haar kleuterskool, Sunlawns, dr. Renata Schoeman, ’n psigiater in Somerset-Wes, die fasiliteerder was vir haar oorplasing van Bloemfontein na Livewell Suites, ’n sentrum wat in geheuesorg spesialiseer. Gwynneth het sedert 1961 tot haar aftrede in 1994 baanbrekerswerk gedoen. Haar seun, Fraser, vertel: “My ma is in 1961 gevra om ’n kleuterskool in Sunlawns, die militêre woonbuurt in die Tempeweermagbasis, te begin. Die skool het in 1964 na ’n groter perseel in Parkweg verskuif en in 1978 eindelik sy nuutgeboude perseel in Universitas betrek. Sy was hier die skoolhoof tot 1988. “Verlede jaar is Gwynneth met dementia gediagnoseer en is in ’n versorgingsoord in Bloemfontein opgeneem. Hoewel sy goeie
Gwynneth Muller versorging ontvang het, was die oord nie spesifiek bedoel vir inwoners met dementia of Alzheimer se siekte nie. “Ons op-en-wakker ma – die een wat nooit ledig was nie, wat die vorige jaar nog haar vriende rondgery het en wat bykans geen musiekkonsert in Bloemfontein misgeloop het nie – het in ’n verwese en uitdrukkinglose vrou verander. In retrospek het ons besef sy het te veel medisyne ontvang.” Volgens Madré Fraenkel, besturende direkteur van Livewell Suites, is dit een van die algemeenste dinge wat met lyers van dementia of Alzheimer se siekte gebeur. “Dit maak dit vir die versorgers ‘makliker’ om die mense te hanteer, omdat hulle minder gedragsprobleme wys.” Met haar aankoms by Livewell in laat November verlede jaar kon sy nie ’n samehangende gesprek voer nie en het met elke maaltyd verstik. Sy het ook met moeite gestap en het obsessief by sekere gesprekspunte vasgehaak en kon
sekere sake nie met rus laat nie. Die eerste stap was om haar gesondheidsorg te herevalueer en haar medisyne te verminder. Madré sê Gwynneth is in die aktiwiteit- en terapieprogramme opgeneem. “Dit verbeter ’n mens se lewensgehalte aansienlik en bring die lus vir die lewe terug. Sy het só goed hierop gereageer dat haar medisyne nog verder verminder is.” Skaars agt maande later is sy deel van ’n aktiewe inwonersgroep. Sy neem deel aan programme, vermaak inwoners en versorgers met haar pragtige sang saam met klavierspel en gesels onderhoudend. Sy is bewus van haar omgewing en het ’n verbeterde korttermyngeheue en kan selfs gesprekke van ’n paar dae tevore herroep. Haar fyngemaakte kos om verstikking te voorkom is vergete en sy nuttig gesonde, gebalanseerde maaltye. “Dikwels word gesê Alzheimer se siekte is nie dodelik nie. Dit is onwaar. Alzheimer se siekte het geen oorlewendes nie. Dit vernietig breinselle, veroorsaak geheueveranderings, wangedrag en verlies aan liggaamsfunksies. Dit is stadig en pynlik en teiken nie net ouer mense nie – mense is selfs al in hul dertigs gediagnoseer,” sê Petra du Toit, direkteur van Alzheimers Suid-Afrika se Vrystaat-tak. Madré verduidelik dementia is die sambreelbenaming vir geheueverlies weens veranderings in die brein. “Alzheimer se siekte is die algemeenste vorm van dementia, maar nie die enigste nie. Elkeen met Alzheimer se siekte het dementia, maar nie elkeen met dementia het Alzheimer se siekte nie. Behoorlike diagnoses is krities om aan elke individu die korrekte versorging te gee.” S Vir meer inligting bel Petra du Toit by 051-522-4894 of skryf aan alzheimersfs@telkomsa.net.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014
Doks ‘lê die rieme neer’ Vertel ons ’n lekkerlag-staaltjie van iets wat in die jare by die fees gebeur het. Die een storie wat my altyd sal bybly, waarskynlik omdat dit persoonliker is, is die storie van ’n jong Engelssprekende agent van ’n sanger wat vir my ’n baie mooi brief in Afrikaans geskryf het waarin hy my voorspoed toegewens het en sy spyt uitgespreek het omdat ek nou die rieme gaan neerlê. Iemand het my gewaardeer.
DOKS BRIERS het oor die jare heen diep spore op die Volksblad-kunstefees (deesdae Vryfees) gelaat. Nou het die tyd aangebreek om uit te tree. JENS FRIIS het met haar gesels. Hoe het jy by die fees betrokke geraak? As amptenaar aan die destydse OVS- Provinsiale Biblioteekdiens was ek dikwels by boekgeleenthede betrokke. Ons het baie met Naln saamgewerk wat as deel van sy bewaringsverpligtinge dikwels sulke geleenthede gereël het. Met die aanbieding van die eerste Volksblad-kunstefees het dié instansie as die aanbieder van die boekeprogram op die fees ingestaan. Ek is gesekondeer om met die samestelling van die program en aanbieding van gesprekke behulpsaam te wees. Was dit ’n gans nuwe wêreld of het jou vorige werk jou hierop voorberei? My beroepslewe in die OVS-biblioteekdiens het reeds in die laat 1960’s begin, maar het in 1979 ’n “tweede lewe” gekry toe ek weer begin werk het. My pligte het onder meer uit die opleiding van bibliotekarisse en die ontwikkeling van ’n leeskultuur by al die gemeenskappe in die provinsie bestaan. Daaruit voortspruitend het ons in 1987 begin met die aanbieding van die Nasionale Leeskringseminaar wat ’n geleentheid was vir lesers, skrywers, joernaliste, uitgewers en dies meer om met mekaar oor die letterkunde te gesels. Die seminaar is tien jaar in Welkom gehou. Die reël en aanbieding van die seminaar kan as ’n baie goeie skoling vir my bedrywighede op die fees beskou word.
Doks Briers Wat is die lekkerste deel van die werk? Die kontak met mense. Dit spreek vanself dat mense verskil, dat nie almal altyd saamgestem het met besluite wat geneem moes word nie. Ek was baie bewus van my gebrek aan ervaring in die omgewing van die uitvoerende kunste, maar daarteenoor was ek baie seker van die lojaliteit van die medewerkers by Volksblad en die UV. Mense vra my dikwels of kunstenaars nie moeilike mense is om mee saam te werk nie – ek kan onomwonde nee antwoord. Nie moeilik nie, maar mense wat net hul bes wou doen en daarom sekere vereistes gestel het. Wat is die slegste deel van die werk? Om met geld om te gaan. Ek het ongelukkig nie ’n enkele breinsel wat weet wat ’n syfer is nie. Ek het harde bene gekou – om van my finansiële leermeesters nie eens te praat nie.
Hoe voorsien jy gaan die fees in die toekoms daar uitsien? Dit is baie moeilik om te voorspel. ’n Kunstefees weerspiëël die kunsaard van die gemeenskap – in ’n dinamiese samelewing soos dié van Suid-Afrika sal die bestuur van verandering altyd deel van die uitdaging vir die voortbestaan daarvan wees. Die fondament van ’n fees van gehalte is egter beslis reeds gevestig en ’n mens kan net hoop dit sal as ’n vereiste vir die voortbestaan daarvan bly staan. Dink jy dit gaan ’n groot aanpassing wees om nie meer betrokke te wees nie? Ek was baie bevoorreg om geleidelik uit te kon tree en om later die samestelling en aanbieding van die boekprogram te reël. Laasgenoemde het my die geleentheid gebied om op die hoogte te bly van dit wat in die Suid-Afrikaanse boekomgewing gebeur. Ek sal my nooit kan losmaak van boeke nie – ek dink ek is met ’n boek in die hand gebore. Dit gaan net baie lekker wees om nou deel van die gehoor te wees en nie die skarrelende organiseerder nie. Iewers in ’n roman oor die Yom Kippur-oorlog het die heldin by die terugkeer van haar man, lewend uit die gevegte, die volgende gesê: “I feel an absence of pain.”
WIL HIER SKRYF: Ná sy boekbespreking (waarvan Bloemnuus die me diaborg was) op die Vryfees op die Kovsiekampus het die skrywer Niël Stemmet deur die Groot Karoo gery om inligting vir sy volgende boek in te samel. NieuBethesda in die Sneeuberg tussen Middelburg en GraaffReinet het sy hart gesteel en hy koop nou hier ’n huis. Niël beplan om hier te kom skryf. Hy het gastehuise in De Kelders en Upington. Foto: Jens Friis
Entrepreneurial title for Eksteen JOHAN EKSTEEN, owner of Agricon Pty Ltd – a worldwide supplier of pelletizing machinery and equipment, as well as agri-processing factories – was awarded the Small Business Entrepreneur of the Year title at the annual 2014 Sanlam/Business Partners Entrepreneur of the Year competition on Wednesday. With over 15 years of experience in the agriculture industry, Eksteen has gained a wealth of knowledge and expertise in pelletizing by working in countries such as South Africa, Uganda, Australia, Singapore and New Caledonia. Pelletizing, involving the processing of materials into small dry pellets, is a common practice in industrial procedu-
res. This process is used globally by manufacturers of animal feed or recycling facilities that specialise in processing materials for re-use. Eksteen says that being granted the opportunity to have his business assessed by a successful and experienced panel of competition judges, as well as winning this division of the competition, has given added confidence to expand his business even further. “Winning this award proves to me that the journey was worth all the hard work and sacrifices. It also provides my team and I with a new, invigorated feeling of enthusiasm to take Agricon even further.”
PROJEK AFGEHANDEL: Die rehabilitasie van die Alexandrakrui sing se vier bane van 2,24 km waar dit met Raymond Mhlaba straat (die ou Andries Pretoriusstraat) kruis en die verbetering tot by die verkeersirkel waar Raymond Mhlabastraat, Wilcocksweg en Rudolf Greylinglaan by mekaar aansluit, asook met Tielman Roosstraat, is voltooi. Die projek het R30,5 miljoen gekos. Dié palmboom op die verkeersirkel is intussen verwyder. Foto: Jens Friis
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014 3
Ruik pur(e) lente Juanita Duncan stap dié week met ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie by die Windmill Casino weg. Sy is die wenner van Bloemnuus se Leserslensfoto van die Week. Hier ruik die “model” Miss Daisy aan van die mooi wat die lente bring. Lentedag is op Maandag 1 Septem ber gevier. Stuur foto’s na jens.friis@media24.com.
Die wenner van verlede jaar se VolksbladRoosknoppiekompetisie was Louandi Eras mus (middel, dogter van Yolandé en Jacques Erasmus van Bloemfontein). Hier by Louan di is die eerste prinses, Tineke Jansen van Rensburg (links, dogter van Nadine en Jacques Jansen van Rensburg van Bloemfontein), en die tweede prinses, Marizelle Wagenaar (dogter van Marijke en Manie Wagenaar van Parys). Die kompetisie sal voorts as die BloemnuusRoosknoppiekompetisie bekend staan. Foto: Conrad Bornman
Roosknoppies kan hul inskryf Madelein Venter
DIE gewilde Roosknoppiekompetisie, wat jaarliks saam met die Loch Loganwaterfront in Bloemfontein aangebied word, kry vanjaar ’n nuwe baadjie. Die kompetisie sal voorts deur Bloemnuus, in samewerking met die ander sentrale plaaslike koerante, aangebied word en inskryfvorms sal ook volgende Vrydag in Bloemnuus geplaas word. Die inskryfvorm sal ook
van volgende Vrydag af op Bloemnuus se webtuiste, www.bloemnuus.co.za, beskikbaar wees. Meisies van drie en vier jaar oud kan oudergewoonte aan die kompetisie deelneem. Dit is nie ’n modelkompetisie nie, maar net ’n kompetisie vir fraai klein meisietjies wat soos roosknoppies lyk. Foto’s wat ontvang word, sal in Bloemnuus, asook Noordkaap, Maluti, Kroonnuus, Vista en die Kalahari Bulletin, geplaas word. Alle
foto’s sal egter nie geplaas word nie – die beoordelaars se besluit in die verband is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 29 September om 12:00. Die Bloemnuus-Roosknoppie word op 24 en 25 Oktober saam met die Rosefees in die Loch Logan-waterfront aangebied. ) Rig navrae aan Madelein Venter by 051-404-7816 of madelein.venter@volksblad.com.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014
Dit gebeur dan
WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde dagboek is die plek om te kyk. VRYDAG S Casual Day S Piet Smit tree om 19:00 in die NG kerk UniversitasWes, De Bruynstraat 28, op. Die vertoning is gratis, maar kollekte word vir Stilbaaistranddienste opgeneem. Verversings sal te koop wees. Skakel 083-739-5323. S Boertjie-kontreifees, Bultfontein, met Theuns Jordaan, Kurt Darren, Liza Bronner, Adam, David Fourie en Mwah!. Bel Linda by 083-636-1555. S Indaba oor Aktiewe Burgerskap om 09:00 in die C.R. Swart-ouditorium op die Kovsie-kampus. Die indaba het ten doel om gemeenskappe en individue betrokke te kry by gesprekke wat na verwagting bemagtiging en selfontwikkeling sal aanmoedig. S The Naval Hill Planetarium now offers regular public shows. In addition to a fly through the universe experience, planetarium events – lasting approximately 60 minutes – include the screening of one of several pre-recorded shows. Call Yolandie Loots on 051-4019751. S Lentemark om 17:00 by Musgrave. Heidi is die gaskunstenaar. Bel Koos by 072-376-0572.
S A struggle without Documentation is No Struggle deur Peter Magubane tot 12 September in die Stegmann-galery (UV). S Chris Chameleon om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies kos R140. SATERDAG S Eduplus GI Mom and Son-dag om 10:00 in Tempe. Laerskoolseuns en hul ma’s kan na ’n dag van avontuur en soldaatspeletjies uitsien. Kaartjies kos R180 per ma en R100 per seun. Bel Yolande by 079-496-8445. S Jaarlikse plantverkoping van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika (Vrystaat-tak) om 08:00 in die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin. Bel Jan-Hendrik Keet by 071-451-4853 as jy meer wil weet. S Kovsie-Tralie-7’s-rugbytoernooi by die Hoërskool Sentraal. Stuur ’n e-pos na spotgieter@sentraal.co.za. S BOOI om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies kos R150. S Die Boeremark hou ’n Lentemark. Dieselfde stalletjies as waaraan markliefhebbers gewoond is, sal daar wees, maar tot 15:00. Dit is dus ’n gulde geleentheid vir almal wat gewoonlik Saterdagoggende werk en nooit die Boeremark kan bywoon nie. S Gereformeerde kerk Bloempark se Sweet & Eet-padwedloopbyeenkoms vind die vyfde agtereenvol-
gende jaar plaas. Verlede jaar was daar meer as 400 deelnemers en die organiseerders hoop op meer as 500 vanjaar. Dit word oor 10 km (07:30) en 5 km (07:40) beslis. Dan is daar om 08:45 ’n pretdraf vir die kleingoed. Dit kos onderskeidelik R50, R30 en R20. Daar word ook ’n basaar by die kerk agter die Pick n Pay-Southern-inkopiesentrum, Fichardtpark gehou. Bel Hannes by 082-783-5841, Leana by 082-573-7222 of Jaco by 082-416- 6779. S Nicky and the Niceguys en Madison Band tree ná die Cheetahs se wedstryd teen die Pumas op die Castle Deck op. Dié wedstryd begin om 15:00. SONDAG S Die skepping: Haydn-oratorium deur die Vrystaatse simfonieorkes, die Johannesburgse simfoniekoor en soliste om 15:00 in die NG kerk Heuwelsig. Die dirigent is Alex Fokkens. Kaartjies kos R80 en R50 by Computicket. S Bloemfontein-Baptistekerk, Langenhovenpark, hou sy eerste Oes-en-saam-fees, oftewel ’n kos-en-kunsmark. Skakel 051-451-1017. MAANDAG S Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Vrystaat-tak kom om 18:30 in die ouditorium van die Anglo-Boereoorlogmuseum bymekaar. Ds.
Dennis Oliphant praat oor sy Skotse voorvader wat as onderwyser na Suid-Afrika gekom het. Diegene wat in familienavorsing belang stel, kan die byeenkomste as besoekers bywoon of as lede aansluit. Besoekers betaal R20. Bel Marietjie van Zyl by 082-406-5975. DINSDAG S Volmaan S Kunsuitstalling van Bloemskildergroep in Bloemheuwelkerksaal, Haarburgersingel, Westdene. Dit duur tot Donderdag. ’n Deel van die verkope gaan aan die Olea-kankersorgtehuis. Skakel 082-819-9623. S Begin van derde termyn vir onafhanklike skole. S Pitr-paksha (Hindoe). S Die kroningsgeleentheid van Oupa en Ouma Roos vind op Dinsdag 14 Oktober om 18:00 in Vanilla Sky langs die Petrusburgpad plaas. Die kaartjies sal van Dinsdag 9 September af by Athalia se kantoor by Van Heerdenweg 1, Willows, beskikbaar wees. Skakel 051-522-6089. S Die Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening is om 19:00 in The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Bel Carien Els by 072-992-3199. S Huiswerkeruitreik-aksie deur die NG kerk Heuwelsig. ’n Werkersklas waarin vaardighede aangeleer word. Bel Kotie Burger by 083-461-2887. S Pensioner’s day every Tuesday at Makro. Call Eileen Ndewere on 051-1011000. DONDERDAG S Bahlzak tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R150. S Odeion-strykkwartet met Danré Strydom (klarinet) in Odeion om 19:30. Kaartjies kos R100, R80 en R50 by Computicket. S Charlize Berg tree in InnieSkuur op. ’n Kaartjie kos R70. Bel 079-387-3614. S Franco Smith sal die gasspreker op die Hoërskool Sand du Plessis se prestigesportaand wees. Smith, ’n voormalige leerling van dié skool, is die Vrystaat-Cheetahs se agterlyn-afrigter in die Curriebeker-reeks. Die oud-Bok, wat ook lank die Italiaanse klubspan Treviso gebrei het, sal op 11 September op sy alma mater se geselligheid gesels. Die geleentheid dien as ’n geldinsamelingsprojek vir die skool om die sportbehoeftes van leerlinge te vervul. ’n Gedeelte van die geld word aan Credo Home of Hope geskenk. Kaartjies kos R275 per persoon of R750 per tafel (vir 10 mense). Bel die skool by 051-522-4071 of Jeanette Marais by 082-359-8641.
’n Hoogtepunt op die Vrystaatse liggaamsboukalender is die Titan Nutrition provinsiale byeenkoms wat deel van die Nabba/WFF (SuidAfrika) is. Dit vind op Saterdag 13 Sep tember om 16:00 in die Windmillcasinoenvermaaklikheid sentrum plaas. Bloemnuus is ’n mediaborg. Bel Kobie Pie terse (foto), organiseerder van die geleentheid, by 084208 3627. Die foto is deur Warren Akerman geneem. S A South African Institute of Occupational Safety and Health (Saoish) Free State branch will hold a workshop at the Free State Residential Care Centre, Rayton Road, Bloemfontein on 11 September at 10:00. The workshop, in conjunction with the Department of Labour, will discuss the new construction regulations laws. Contact Johan van Wyngaard on 083-534-2377 or at fsbranch@saiosh.co.za. S Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou, is die gasspreker op ’n dinee van die Mieliehoofstad-sakekamer in Bothaville. Die onderwerp is Grondhervorming en die verantwoordelikheid van die sakesektor om ’n suksesvolle en volhoubare uitkoms te verseker. Meer inligting, asook kaartjies, is verkrygbaar by Rina Greyling by 056-515-1905 of 072-652-1261, of stuur ’n e-pos na sakekamer@bhv.co.za. S St. Michaels hou op 11 September ’n gholfdag ter viering van die skool se 140ste bestaansjaar. Bel Mariëtte by 084-564-0824. VRYDAG 12 SEPT. S Saamwerk in Hertzogville se 100-jaar-reünie. Bel Salomé by 082-404-1686. S Meisieskool Oranje bied om 19:30 aan Elvis Blue in die skoolsaal. Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R80 vir studente en leerlinge en R60 vir kleuters. Kaartjies by Chantelle Botes by 051-4480039, asook Traumerei (Pretty Gardens). S Dr CF Visserskool hou ’n melodrama. Bel Linda by 051-433-1213 vir kaartjies.
S Alle oudlidmate en -leraars word genooi om die NG kerk Onze Rust se vyftigste bestaansjaar te kom vier. Du Preez Stoltz tree die aand in die kerk op. Kaartjies teen R30 per persoon is te kry by Nic Prinsloo by 082-926-4729 of Frikkie Jamneck by 083-2620779. Saterdag is dit kermistyd en Sondag word Nagmaal gehou. Navrae: 051-522-3367. S Beukes & Delaney met Irish-Boere Blues in InnieSkuur. Bespreek kaartjies teen R120 by meerkatkolonie@vodamail.co.za. SATERDAG 13 SEPT. S Die NG kerk Brandfort hou ’n gholfdag. Groot vleispryse is te wen. Dit kos R180 per persoon. Bel Emil Gordon by 074-458-9677. S NG kerk Fichardtkruin hou basaar om 08:00. Bel Rosie by 082-413-6173. S Aurora hou ’n 5 km-pretstap om 07:30 by die Windmill-casino. Skryf aan livefreefunwalk@gmail.com vir inligting. DINSDAG 16 SEPT. S World Ozone Day. S Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00 in The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Bel Carien Els by 072-9923199. S Pensioner’s day every Tuesday at Makro. Call Eileen Ndewere, 051-101-1000. DONDERDAG 18 SEPT. S DJ Ossewa tree in Edenburg op. Bel Rita by 083-704-0099.
Het jy gehoor? S Niekie van den Berg, die voormalige radioomroeper en oudparlementslid, het hom by die Netwerk24-span aangesluit. Niekie sal voortaan elke dag ’n klankprogram, Nuusdag met Niekie, aanbied wat as ’n potgooi op Netwerk24.com beskikbaar sal wees. Luister op jou rekenaar, selfoon of tablet hoe Niekie die dag se nuus in ’n halfuur opsom. Netwerk24 is die nuwe
digitale platform van Media24 se Afrikaanse koerante. S Minki van der Westhuizen het weer ma geword. Die model en Pasella-aanbieder het die lewe aan haar en Ernst Joubert se tweede dogter, Elise, geskenk. Die egpaar se eersteling, Katerien, is op 3 Julie 2013 gebore. Joubert speel rugby vir die span Saracens in Engeland.
S Ollie Viljoen (75), die boeremusieklegende, is Sondagoggend oorlede. Ollie, een van Suid-Afrika se bekendste trekklavierspelers, is aan die einde van Julie met hartversaking in ’n hospitaal in Hermanus opgeneem. Hy het daarom sy huldigingskonsert op die Oppikoppimusiekfees misgeloop. Ollie het aangesterk en is ontslaan, maar is weens ’n terugslag voor sy dood weer hospitaal toe.
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014 5
Nuut op die boekrak: Draalnoot ’n OUDWERKNEMER van Volksblad, Henry Jack Cloete, se eerste roman, Draalnoot vir ’n janfiskaal, is pas deur Queillerie uitgegee. Hiermee ’n blik op die storielyn van dié donker, meesleurende tragikomedie: Vir die gebruikers van die webwerf Fermata.com is selfdoodvideo’s iets om gedeel en gevier te word – die mees egte ervaring wat hulle kan beleef – ook wat hulle kan skep. Daniel Roberts, eienaar en bestuurder van die besonder gewilde webwerf, verkoop dit ook so aan sy gebruikers, maar wanneer hy vir die eerste maal in die openbaar op
Annelique Scharneck en Xzavier Petersen (Hoërskool Heatherdale).
Klas van ’14
DIE eerste foto’s is ontvang vir Bloemnuus se Matriekafskeidfoto van die Jaar-kompetisie. Stuur gerus foto’s van jou onlangse matriekafskeid na jens.friis@media24.com. Kleurfoto’s van minstens 1 MB word verkies. Onthou om te noem wie op die foto (name en vanne) is, van watter skool jy is en wie die foto geneem het.
Chante Olivier en Kim Conley (HTS Louis Botha).
Leanna Dawids (Hoërskool Heatherdale).
’n televisiekletsprogram oor Fermata.com praat, gee dit aanleiding tot ’n reeks verstommende gebeure wat nie net sy lewe nie, maar ook dié van Megan Oosthuyzen (belowende joernalis en jong ma), Chris Grobler (geskeide polisiebeampte wie se oorlede dogter ’n Fermata-bydraer was) en Simon Potgieter (student aan Oxford wat met ontgogeling op talle vlakke worstel) onherroeplik verander . . . en in minstens een geval beëindig. S Draalnoot vir ’n janfiskaal is op Bloemnuus se Facebook-blad te wen.
HENRY CLOETE, die skrywer van Draalnoot vir ’n janfiskaal, is ’n oudBloemfonteiner.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014
Alte dier-baar DIE foto’s vir die troeteldierkompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is, stroom in na jens.friis@media24.com.
Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal.
Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebook-blad. Byna 6 600 mense is lid van dié FB-blad.
Lenie Human se Jack Russelbabas.
Natasha Smit van Brandfort: “Dapper, die donkie, met sy maats, Pokkels, die Jack Russel, en Bill, die ram.”
Yogi en Carien Sapsford.
Freddie Kirsten: “Flappie vat moederskap oor.”
Mimi Slabbert: “Cloey probeer vir Charlie vang.”
Geo Joost het vir Flambeau afgeneem.
Benjamin maak seker Milo “ontsnap” nie.
Foto: Elsa Vermeulen
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014 7
Raad om pyn uit reis te haal Jens Friis
VERKEER ALTE DRUK: Nico Fourie, vroeër van Bloemfontein, is verheug dat hy Hanoi, Viëtnam, se verkeer binnekort kan agterlaat. Hy gaan in ’n kleiner Viëtnamese stad werk. Foto: Nico Fourie
Advertensieartikel
HOE heerlik dit ook al mag klink – reise na verre oorde is nie vir sissies nie. Jy moet sterk wees na liggaam en gees om dit suksesvol deur te voer. Elke dag stel sy eise – en ’n mens is geneig om dinge intenser in ’n onbekende omgewing te ervaar. Ek hoop die volgende wenke sal help dat jou reise minder uitputtend en nog meer belonend sal wees: S Besef dat ’n rit of vlug dikwels langer duur as wat dit veronderstel is. Neem dit in ag met jou beplanning. S Indien jy vlieg en jy kan dit bekostig, reël vooraf dat jy by die lughawe opgelaai word. Ná ’n nag in ’n vliegtuig is jy nie lus om in ’n ander land met kaarte, taxi’s en vreemde geld te sukkel nie. Dan wil jy net by jou hotel of ander blyplek kom. S Neem genoeg vog in. Niks maak ’n mens so humeurig as wanneer jy ontwater nie. Dit hou ook seer kele en verkoues weg. Vermy alkohol. S Probeer gereeld ietsie eet. As jou maag leeg is, het jy nie krag nie en lus vir min.
S Moenie heeltyd net op jou vliegtuigsitplek sit nie. Stap gereeld ’n draaitjie. Oefen behoorlik die dag vooraf. S Swaar tasse beperk jou beweging en veroorsaak spanning, want hoe gaan jy dit rondkarwei? Pak eerder minder as te veel in. Wat kortkom, kan jy daar aanskaf. S Belê in ’n rugsakkie wat nie jou rug seermaak nie. Daarin kan jy goed vir daguitstappies pak en dan is jou hande vry. S Neem skoene saam wat al uitgetrap is. Vermy plakkies, want jou voete is nie beskerm nie en met al die rondstap kan jou voete seerkry as iets byvoorbeeld daarin steek. S Pak klere in wat jy laag op laag kan aantrek ingeval dit koud word. S Smeer sonbrandmiddel aan en vermy ongemak. Onthou ’n sonbril en pet. S Neem iets saam om te lees sou jou vlug laat wees. S Reis met ’n ligte hart. ’n Reis verloop nooit presies soos beplan nie. Maar dit is verstommend wat jy alles kan ervaar as sake anders verloop. Stel jou oop hiervoor. S Pak ’n pen en notaboek in. Dink terug aan wat jy die vorige dae op vakansie beleef het. Niks is so belonend nie.
Waar sonskyn in pakkies gesit word DIT maak nie saak waar jy jou in Suid-Afrika bevind nie – noem die naam Montagu en keurig verpakte droëvrugte en neute duik voor die geestesoog op. Dit is omdat Montagu Droëvrugte en Neute se spogprodukte reeds in meer as 85 spesialiteitswinkels in die land se grootste winkelsentrums verkoop word en vir baie mense die pad na ’n gesonder leefwyse is. Een van die gesogte winkels het onlangs, onder nuwe bestuur, ’n splinternuwe baadjie gekry. Die Montagu-winkel in die Southern-sentrum in Fichardtpark is opgeknap om soos die res van die winkels nasionaal te lyk, maar verbruikers hoef hulle nie te bekommer nie, die produk is steeds van die topgehalte eie aan Montagu Droëvrugte en Neute. Die redes vir Montaguprodukte se gewildheid is dekade lange ondervinding en liefde vir die bedryf, gesonde vrugte, ’n streng
keurproses, toegewyde en goed opgeleide werkers, navolging van internasionale standaarde (HACCP), vrolike en deursigtige verpakkings, direkte verspreiding met sy eie vragmotorvloot en entoesiastiese bedryfsreghouers. Geen toleransie vir foute word by almal in die ketting ingeprent. Die produkreeks sluit droëvrugte, rosyne, neute en verskeie kombinasies hiervan in verbeeldingryke verpakkings in – vrugterolle, stafies, pakkies in afskeurstroke, groter en kleiner – tuis op die tafel, rugsak en boeksak. Selfs vir ouens wat van southappies hou of vir die met ’n soettand, ja, lekkergoed. Gedroogde vrugte en neute vir alle skete Mense wat nie neute, gedroogde vrugte en sade eet nie, verbeur ’n vername bron van proteïne, minerale en antioksidante.
Dit is van die wêreld se rykste en gesondste voedselsoorte en bied aansienlike gesondheidsvoordele. Neute, gedroogde vrugte en sade behoort ’n permanente deel van die dieet te vorm. Dit bevat hoë vlakke essensiële vetsure wat ook as ‘goeie’ vette bekend staan. Omdat dit so ’n ryk voedingsbron is, hoef net ’n klein bietjie elke dag ingeneem te word. Besoek Louis en Miranda Bothma gerus in hul nuwe winkel in die Southern-sentrum in Fichardtpark. Hulle is in winkel nommer 31A en help jou gerus met ’n paar oulike idees om jou daaglikse dosis vitamiene en minerale in te kry en om uit meer as 160 verskillende produkte te kies. Besoek vandag nog www.montaudriedfruitnuts.co.za indien jy meer inligting wil bekom of like hulle op Facebook/MontaguDriedFruitAndNuts.
WINKELGROEP BREI NA SUID AFRIKA UIT: Hamleys, een van die voorste speelgoedwinkelgroepe, kom volgende jaar SuidAfrika toe. Die groep, wat in 1760 gevestig is, is in 12 lande bedrywig. In Suid Afrika gaan Hamleys aanvanklik agt tot nege winkels oopmaak, met twee tot vier per jaar daarna. Dié foto is digby Hamleys se vlag skipwinkel in Regent Street, Lon den, geneem. Kersliggies sal eers daags weer die Britse hoofstad se strate versier. Speelgoedwinkels soos Hamleys doen veral dan uit stekende sake, want die kleingoed se Kerskouse moet gevul word. Foto: Jens Friis
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014
In die eg verbind
Three golden rules for saving “FORTUNATELY, saving does not have to be difficult. Like any good habit it may seem challenging to start, but once you get going, it becomes second nature. “Saving comes down to the fact that you need to be disciplined and get into the habit of saving as soon as you can,” explains Aneesa Razack, head of strategy at FNB savings and investments. Saving requires continuous effort and everyday expenses or overspending can easily chip away at the money you hoped to use towards saving. Aneesa shares her ‘three golden savings rules’ that will help South Africans succeed in their savings journey. Rule 1: Small amounts
Willie en Marika Pieterse.
Foto: Mandie Niemann
Jack en Mariza Badenhorst.
Auret en Marisna Strauss.
Foto: Mandie Niemann
Foto: Mandie Niemann
Wouter en Nadia Ras.
Wian en Elizna Theron.
Foto: Mandie Niemann
Foto: Mandie Niemann
According to FNB Research, a key difference between savers and non-savers are that savers believe in the value of saving small amounts. “Whilst you might think that to get into the habit of saving will require a dramatic lifestyle change, you will be amazed at how small changes can help free up extra money for you to save towards your goals,” says Razack. For example, deciding to not buy a cappuccino at work every day could free up R15 every working day. That doesn’t seem like much, until you realise that it adds up to R300 a month. “Small adjustments to your spending will free up the money that you need to save, despite increasing pressure on your disposable income,” explains Razack. In an economy where the cost of living is increasing, these small amounts can help you to meet your savings goals despite financial challenges. Rule 2: Hands off! “When it comes to saving, time is your ally. The more time you have the better, because you benefit from compound interest or, in simple terms, earning interest on interest,” says Razack. Compound interest boosts the saving efforts of regular savers, even those who only put away small amounts, as it adds more value to savings over time. Aim to keep your savings going for as long as possible so that your money will start working for you. You can use online calculators to calculate the future benefits of what you’ll earn from this compound interest to keep you motivated. Rule 3: Pay yourself first
Stephnie en Michael Henson.
Foto: Gerhardus Bosch
Gweny en André van Deventer.
Danie en Schantel van Wyngaard.
Foto: Juan-Marie Steyn
Dalene en Richard Haxton saam met Hennie Blom (links agter), Meloné van Heerden (heel regs) en Kayla Blom (links voor). Foto: Jaco Blom Fotografie
Foto: Claire Newby
Very often saving is something that people do with money that is left over after all expenses have been paid and it’s almost time for the next salary, but rarely do we have money left to save at this time. “One of the secrets to saving is to ‘pay yourself first’ by saving something immediately as soon as you get your salary,” says Razack. “By placing a scheduled transfer between your transactional account and your savings or investment account, you in essence automate your regular savings and ensure that you pay yourself first. Automating savings will also help in disciplining yourself to save, enabling you to reach your savings goals. “If you stick to these three rules throughout your savings journey, they will prove to be worth their weight to you in gold,” concludes Razack.
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014 9
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014 PUBLIC PARTICIPATION PROCESS
PERSOONLIKE DIENSTE FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
ALLERLEI 1655
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217 COMPOST: Mushroom compost at R29 per 30 dm. Organic fertiliser: R125/25 kg. FREE delivery in BFN - more than 50 bags. 051 451 1174.
ALGEMENE & HUISDIENSTE LENINGS 1445
Consolidation loan online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
HUISVERBETERINGS BINNE
2635
HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild, slaapplek vir 1 - 6. Beste tarief heeljaar. 044 695 0219/082 641 4092.
PUBLIC PARTICIPATION PROCESS
EIENDOMME
1835
AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
ROMMELVERWYDERING 1860
ASGAT: Vullis, bourommel, bome. Oplaai en verwyder. Skakel 082 782 7433.
BOME 1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
TE KOOP
LANDBOU
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE
PRODUKTE
1645
AKKOMMODASIE
EIA PROCESS Notice is given of a public participation process currently under way to provide potentially interested or affected persons the opportunity to raise any comment related to the intent to carry out the following activity: Construction of a Vodacom mast with a height of 35 m on the corner of Pasteur and Usmar Streets (Erf 13605), Fichardtpark, Bloemfontein. You are requested to send any issues and/or concerns regarding the proposed project to Jaco de Jonge at Incline Environmental: Suite 158, Private Bag X01, Brandhof, Bloemfontein 9324 or tel. 051 444 4700, fax: 086 697 6132 or jaco@ekogroup.co.za before 30 September 2014.
EIA PROCESS Notice is given of a public participation process currently 3250 under way to provide potenti1 room - from R1 650 p.m. ally interested or affected perBachelor flats - from R2 350 sons the opportunity to raise p.m. Available immediately. any comment related to the Deloy flat, Elizabeth Street, intent to carry out the folloBloemfontein. Contact: wing activity: Construction of Rental Administrator a Vodacom mast disguised as PROCOR SA a tree with a height of 35 m Koki Matsabu on the corner of Karl Kielblock TEL. 057 352 2990 and Eugene Marais Streets FAX: 086 558 7248 (Erf 1289), Langenhoven Park, FAX: 057 352 3775 E-mail: koki@procorsa.co.ca Bloemfontein. You are requested to send any 1-slk vir 2 persone: Kom- issues and/or concerns rebuis en sitk. Onm. besk. garding the proposed project to Jaco de Jonge at Incline Plus afdak. Deposito ohb. Environmental: Suite 158, Pri% Mervin na 17:00. vate Bag X01, Brandhof, 082 370 1755. Bloemfontein 9324 or tel. 051 444 4700 or fax: 086 697 6132 REGSKENNISGEWINGS or jaco@ekogroup.co.za before & TENDERS 30 September 2014.
WOONSTELLE TE HUUR
2225
ALGEMENE KENNISGEWINGS 4010
EIA PROCESS EIA PROCESS Notice is given of an application to the Free State Department of Economic Development, Tourism and Environmental Affairs in terms of the NEMA EIA Regulations (R546, June 2010) as part of an environmental authorisation process for the construction of a Vodacom mast in Vulkaan Street on Erf 9129, Universitas, Bloemfontein. The contact consultant is Incline Environmental, Suite 158, Private Bag X01, Brandhof, Bloemfontein 9324. Contact Jaco de Jonge at tel. 051 444 4700 or fax: 086 697 6132 or jaco@ekogroup.co.za. In order to ensure that you are identified and registered as interested and/or affected party, please submit your name, contact information and interest in the matter in writing to the contact person given above before 30 September 2014.
BOEDELKENNISGEWINGS
122 MP MOKHELE
Boedel wyle: Moferefere Paulus Mokhele In die boedel van wyle Moferefere Paulus Mokhele, identiBOEDELS: teitsnommer 560714 5300 KREDITEURE EN 080, in lewe woonagtig by Erf DEBITEURE 4201 725, Botshabelo, boedelnommer 001209/2014. Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 5 September 2014. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB SAFFY 122 HG BREDENKAMP Honey Prokureurs Posubs 29 Die eerste en finale likwidasie- Bloemfontein en distribusierekening in die 9300 boedel van wyle Helena GlauTel. 051 403 6600 dina Bredenkamp, identiteits- Faks: 051 403 6714. nommer 220630 0013 084, pensioenaris, 'n weduwee, voorheen woonagtig by Aliquando 26, Heuwelsig, Bloemfontein, boedelnommer 21263/2014, lê ter insae by die kantoor van die Meester, Bloemfontein, vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 5 September 2014. EE POHL P/a Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHB0207). 122 S OLIVIER In die boedel van wyle Septimus Olivier, identiteitsnommer 280222 5007 084, boedelnommer 24125/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein, geboortedatum 22 Februarie 1928, van Nuweveldberglaan 79, Spitskop, Bloemfontein, datum van dood 4 Julie 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 5 September 2014 datum van publikasie hiervan. EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHO0057)
122 S PRETORIUS In die boedel van wyle Stephney Pretorius, identiteitsnommer 290917 0009 088, boedelnommer 23501/2014, Meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 17 September 1929, van Cirocco 2, Alibamasingel, Pellissier, Bloemfontein, datum van dood 5 Julie 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 5 September 2014, datum van publikasie hiervan. EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHP0162)
BLOEMNUUS, VRYDAG 5 SEPTEMBER 2014 11
Die spelers in Flintstones, die toneelstuk wat op 7 en 8 November in die Bloemfonteinstad skouburg opgevoer word, is onlangs aangewys. Die oudisies is in die Elna van der Waltbal letskool gehou. Die spelers en ander belanghebbendes is van links, voor: Andries Strauss (Barney), Andries Strauss jr. (Bammbamm die kleuter), Jolize Grobler (Pebbles die kleuter), Nelien Smit (Betty), Amone van Heerden (Pebbles die laerskoolmeisie), Maryn Hattingh (Dino) en Elna van der Walt (regisseur); agter: Rocco Carr (Fred), Gerhard Steyn (Bamm bamm se vriend), Yolanda Maartins (Wilma), Schoeme Grobler (tiener Pebbles) en Gerduan Kemp (Tiener Bammbamm).
Die modelle van Carrasco Models het goed gepresteer in skoonheidskompetisies wat die afgelope jaar landwyd plaasgevind het. Van links is Theresa Carrasco (eienaar van Carras co Models), Charnelle Ingram (17, Mej. Welkomskou, eerste prinses), Ilona Pretorius (17, Mej. Tiener Boertjiefees), Wilna Pretorius (22, Miss Free State Mzanzi), Friedl Janse van Rensburg (15, Miss Junior Teen South Africa Free State), Palesa Seiteb (15, Miss Summer Heat finalist), Jessica Venter (13, Little Princess of South Africa), Magdalize Myburg (10, Kleine Mej. Bloemskou), Unathi Mpeqeka (10, Kleine Mej. Bloemskou, eerste prinses), Mi kayla Venter (8, Mej. Styl, tweede prinses) en Rushelle Griffiths (7, Free State semifinalist Miss Junior South Africa Petite). Foto: Quintin Terblanché
Lesers se wel en wee S Dehan Pretorius het ’n operasie aan sy arm ondergaan. Dit was ’n groot prestasie toe hy verlede week die eerste keer in twee en ’n half maande ’n roomys self kon vashou en eet. Hy is die seun van Alex en Estelle Pretorius van Australië. Alex is die seun van Daan Pretorius van Philippolis. S Johann Coetzee is ná ’n operasie vir rehabilitering na M-Care in Pentagonpark oorgeplaas. Hy is met Ans Coetzee van die Athalia-uitreik getroud. S Charl Gerhard het die boek Die Bewaker deur Marguerite Poland op Bloemnuus se Facebookblad gewen, terwyl Mirna Butler Tania en die towerfluitjie ryker is. S Jaco Jacobs het verlede week die première van Suurlemoen! op die Silwerskermfees in Kaapstad bygewoon. Dié Bloemfonteinse skrywer wie se jeugboek verfilm is, “is ongelooflik trots op en beïndruk met dié fliek. Dit rock behoorlik”. Die fliek is deur Palama-produksies vervaardig en word op Vrydag 12 September landwyd uitgereik. S Miguel Borge, voorheen die eienaar van Vida & Arte Café, is op besoek aan Buenos Aires, Argentinië. S Frans Nel van Woodland Hills sterk ná ’n operasie in die MediClinic Bloemfontein tuis aan. Hy is met prof. Hesta FriedrichNel getroud.
Vyftien leerlinge van die Laerskool Fichardtpark het aan die ATKVre denaarskompetisie se eerste ron de deelgeneem, agt het na die halfeindronde deurgedring en Car lise Botha (foto) was een van twee Vrystaatse leerlinge wat in die landwye eindronde vir gr. 1 tot gr. 3 in Buffelspoort opgetree het.
Menige seuntjie se droom om ’n brandweerman te wees het op Nathan Ralph se vierde verjaardagpartytjie in die Burning Spear Spur waar geword. Van links is Christiaan Janse van Rensburg (4), Louis Brendenkamp (4), Daniel van Rensburg (4), Nathan Ralph (4), Ruben du Plessis (4) en Nathan Herbert (3). Foto: Tommy Ralph S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Pieter Leon Arkema Barends (1933) * Dirk Cornelis Blignaut (1944) * Magdalena Johanna (Batie) Barends (1946) * Willem Jacobus Coleman (1950) * Jacobus Renier (Kobie) Ferreira (1948) * Susan Coetzee (1958) * Peter John Martin (1961) * Johannes Lodewicus (Johan) Steyl (1964)
S As jy van kompetisies hou, is Bloemnuus se webblad beslis die plek om ’n draai by te maak. Dié lesers het daar CD’s en boeke gewen: * Pieter Taljaard. * Elize van der Knokke. * Chantelle Milligan. * Santjie Maree. * Sunette Hiten. * Marie du Plooy. * Liza Verwey. * Elrita Erasmus. * Ilze Stergos.
S Jaco Coetzee, ’n voormalige agtsteman van die Vrystaat, is as afrigter van die Vrystaat-amateurspan aangestel. Coetzee en André du Plessis is ook die afrigters van die Polisie-rugbyklub in Bloemfontein. Hy en Eustace Lemmetjies sal die Vrystaters brei wat die unie van 15 tot 19 September in Margate op die Sentrale Amateurweek sal verteenwoordig. S Trevor, Wilna en Trevor jr. (14) Geel was in die Life-Rosepark-hospitaal weens rookinaseming nadat ’n brand Sondag in hul huis in St. Helena-singel, Uitsig, uitgebreek het. Die gesin se hond Missy en kat Vlerrie het onder ’n bed en tussen bokse in die huis versmoor. S Bouwer van Rooyen, orrelis en koorleier van Bloemfontein, se naam verskyn nou langs dié van groot geeste nadat hy die naweek erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (Sakov) ontvang het. Die toekenning is op Sakov se jaarvergadering in Durban gedoen. Die enigste ander Bloemfonteiners op die lys is Lourens Strydom en Barbara Louw wat albei reeds oorlede is. Van Rooyen is die afgelope 42 jaar ’n kerkorrelis waarvan baie jare in die NG kerk Langenhovenpark. Hy is ook die dirigent van die koor cantando@bloem.
Gary Player (links) en Bill Schoeman afgeneem in John Varty se natuur reservaat Tiger Canyons tussen Philippolis en Colesberg. Die gholfle gende Player boer in die distrik Colesberg en Schoeman se plaas, Klein Kaliesfontein, grens aan Tiger Canyons.
Nelie Bezuidenhout van Mooiha we het onlangs haar 103de ver jaardag gevier. Haar kleindogter Elize van Rensburg sê: “Wat ’n uit sonderlike mylpaal. Gebore voor die Titanic, insulien en penisillien, het sy geleef die twee Wêreldoor loë deur, asook die Groot Depres sie tot in die nuwe millennium. Meer as tien dekades lank dank baar ontvang uit God se genade hand.”
S William Raats, ’n oud-Kovsie, het uit Rijahd, Saoedi-Arabië, waar hy ’n argitek is in Suid-Afrika kom kuier.
Gerben Kamper, akteur en regis seur, het weer sy gehalte as teater kunstenaar bevestig toe hy Vry dagaand sy sewende Vryfeesprys in sewe jaar ontvang het. Kamper is met twee pryse vir Don Juan onder die Boere op vanjaar se Vry fees bekroon, vir die beste algehe le toneeldebuutproduksie en die beste Vrystaatse debuutopvoe ring. Die pryse is op ’n geselligheid by Oliewenhuis oorhandig.
Wynand has a knack for martial arts Dié leerlinge van die Laerskool Jim Fouché is in die SuidVry staat se hokkiespan ingesluit: JacoHein Louw (o.12A), Vano Edem (o.13A) en Zelmari Pretorius (o.12B).
Die Laer Meisieskool Oranje het sewe meisies wat in die Vry staatse landloopspan ingesluit is. Van links is, voor: Rebecca Bodenstein, Alex Klopper en Anina Groenewald; agter: Lien ke Snyman, Nadine Kemp, Benita Schoonwinkel en Karla Victor.
Die President Brandskool se senior skaakspan het tweede in die Bloemfonteinse skoleskaakliga geëindig. Van links is, voor: Tiaan Barnard, Jurie Human, Imché Venter en Wilma de Klerk; agter: Jeanré Coetzee, Ruhandré Coetzee en Wian Duvenhage.
Die President Brandskool se junior skaakspan het tweede in die Bloemfonteinse skoleskaakliga geëindig. Van links is, voor: Nelri Venter, Mienke Venter en Inge Jacobs; agter: Ker rith Coetzee, Amo Khang en Heinrich Markgraaff.
WYNAND DE VILLIERS (14), a learner of the Jim Fouché High School in Bloemfontein, has been chosen as this month’s Bloemnews SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month for his achievements in hockey and Korean martial arts (Combat Tang Soo Do and Haedong Kumdo). Wynand has an accumulation of outstanding achievements which include: S 2013: At the South African championships at Wits, Wynand received a gold medal in the weapons category and two silver medals in the forms and sparring category for Korean martial arts – Combat Tang Soo Do (CTSD). At the same event he received two gold medals in the sparring and forms category for Korean martial arts – Haedong Kumdo (sword). During the Free State championships in May 2013 he won two gold medals in the forms and weapons categories and a silver medal in the sparring category for CTSD. He also won two gold medals in the forms and sparring category for Haedong Kumdo (sword). During the third worldwide Tang Soo Do Family world championships in Rotterdam, Netherlands, Wynand received a gold medal for his Bong form, a silver medal for his Tonfa form and a bronze for the C San forms. Additionally he was crowned the best junior student of the White Tigers Club. S 2014: Wynand competed at The Association for International Sport for All (Tafisa) Tournament at the Emerald Casino and won gold in the weapons and continuous sparring. Futhermore, he was selected for the Tafisa Presidents Development Team for the 2014 Tafisa tournament in Canada. During the Korean martial arts South African championships at Wits he was crowned the South African champion in CTSD and obtained two gold medals in the sparring and forms category for Haedong Kumdo (sword). He was chosen for the South African Presidents Development Team to compete in Las Vegas in July 2015 the
Dr. Henk Boshoff
Swem kies nuwe komitee
Wynand de Vil liers (14) of the Jim Fouché High School. world championships. At the Free State championships he achieved a gold medal in the sparring category and two silver medals in the forms and weapons category. Wynand also received his black belt in CTSD. S Wynand and his team won the Bloemfontein B hockey league for boys u.16. Send your SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month nomination for learners between the ages of six and 18 years today (nominations received before the 20th of each month will be included in that month’s selection). You can email your nomination to supersport@zpr.co.za or fax it to 086-552-4922. For information call Lynne or Juanré at Z PR on 051-522-9574.
DR. HENK BOSHOFF is die nuwe president van Vrystaat Swem, wat voortaan as Mangaung Aquatics bekend sal staan. Boshoff is die provinsiale staatsdienskommissaris en volg dr. Jan van der Merwe op wie se termyn tot ’n einde gekom het. Die volledige bestuur is soos volg: S President: Dr. Henk Boshoff (Otters). S Adjunk-president: Jan Cilliers (Otters). S Visepresident (bedryf): Derek Hamilton (Otters). S Visepresident (transformasie): Valeri Dirks (Seals). S Visepresident (opvoeding en oefening): Gert Nel (Neptune). S Tesourier: Elenor Grobbelaar (Otters). S Sekretaris: Sharne Franklin (Kovsies). S Lede: Danie Nortjé (Otters), Henry Barnes (Otters), Edwards Saunderson (Seals) en J.H. Cilliers (Seals). S Oop water: Archie Markgraaff (Kovsies). S Waterpolo: Jacques Richter (Universiteit van die Vrystaat).