VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
LEGALLY CONNECTED: Legal pro fessionals at the Supreme Court of Appeal in Bloemfontein will now benefit from WiFi access at the court. This will allow them greater mobility and digital access to legal information, save them time and aid their efficiency as they conduct some of the nation’s most impor tant legal proceedings. This photo was taken in the judges’ tea room. Read more at www.bloem nuus.co.za. Photo: LexisNexis South Africa
Boek volg Rebelliespoor DIE boek Rebelspoor – Die aanloop, verloop en afloop van die Boereopstand van 1914 – 1915 is Woensdag in Mimosa Mall bekend gestel. BAREND VAN DER MERWE, argivaris aan die Vrystaatse Provinsiale Argief, het met die skrywer dr. Louis Bothma oor sy jongste boek gesels. Bothma skryf sedert 2006 heeltyds en Rebelspoor is sy agtste boek en die sesde wat hy self uitreik. Die 1914-Rebellie het ’n reputasie onder navorsers dat dit swak gedokumenteer is. Het u ook die uitdaging ervaar en watter bronne is meestal gebruik? Die 1914-Rebellie, of Boereopstand soos ek daarna verwys, is beslis ’n omstrede en baie komplekse onderwerp wat erg deur historici afgeskeep is. Terwyl die rakke
kreun onder al die boeke oor die Anglo-Boereoorlog het daar die afgelope 100 jaar slegs ’n paar boeke oor die Rebellie verskyn. Ek het ’n verskeidenheid primêre en sekondêre bronne gebruik en moes verskeie slagvelde besoek. Is dit ’n algemene boek oor die Rebellie of word op spesifieke sake gefokus? Rebelspoor is die eerste omvattende boek (530 bladsye) die afgelope 100 jaar oor die Rebellie. Dit is ook die eerste boek wat die onderwerp in sy algehele historiese konteks plaas. Die aanloop tot die opstand word van 1795 geskets en die afloop word tot by die nuwe Suid-Afrika van 1994 deurgetrek. Die teks word deur middel van 13 kaarte en ’n fotoseksie toegelig. Agterin is ’n volledige bronnelys, 1 532 bronverwysings en ’n volledige register. Nietemin kan dit nie die laaste
woord oor die onderwerp wees nie. Die geskiedenis is nooit klaar geskryf nie. Wat is die grootste nalatenskap van die Rebellie? Daar is twee lesse: ’n Volk sonder ’n ideaal sterf en ’n volk wat ander lande inval en verower, betaal in die toekoms die rekening. In 1914 het die Afrikaner ’n vryheidsideaal gehad wat in 1961 op die Republiek van Suid-Afrika uitgeloop het. In 1914 wou oud-Boeregeneraals nie Duits-Suidwes-Afrika vir Brittanje inval en verower nie. Nadat die Boereopstand onderdruk is, het die Unieverdedigingsmag die Union Jack in Windhoek gaan hys. In 1917 het hulle verder gegaan en ’n volgende opstand, die keer onder die Ovambo’s, gaan onderdruk. Die Ovambo’s het nooit
vergeet dat Suid-Afrikaanse soldate hul koning doodgemaak het nie. Só was die afloop van die Rebellie van 1914 nie net die aanloop tot die Republiekwording nie, maar ook die aanloop tot die latere grensoorlog (1966 – 1989). Die nageslag het ’n ontsettende rekening betaal in ’n ander land wat hul oupas nie wou binneval nie. Dit moet ’n aanskouingsles vir die huidige Suid-Afrikaanse regering wees wat sy soldate in ander lande ontplooi. Is daar reeds ’n nuwe projek op die horison? Ek het baie hard aan die boek gewerk. Vir 19 maande het ek elke dag 100 jaar in die verlede geleef. Nou wil ek net eers terugkeer na die hede en aandag gee aan die mense naaste aan my wat ek noodgedwonge kwaai afgeskeep het.
Dr. Louis Bothma se boek Rebel spoor – Die aanloop, verloop en af loop van die Boereopstand van 1914 – 1915 is vroeër die week in Bloemfontein bekend gestel.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014
Sielskos uit skone natuur Marietjie Kotze ONS was middel Augustus ’n week lank Vredendal se kant toe en het ons twee kleinkinders, Charné en Christiaan Kotze, saamgeneem. Die weer het nie elke dag saamgespeel nie, maar ons was darem gelukkig om tog so ’n deeltjie van die blommeprag te sien. Die twee kinders het die ervaring vreeslik geniet en ons was bevoorreg om die blommeprag deur die oë van ’n kind te sien. Christiaan (3) het gedink die blomme lyk baie lekker en het gesê: “Ouma, ek gaan vir ons kos van die blomme maak”. Charné (6) was soos ’n
springbokkie tussen die blomme. Sy het gesê: “Liewe Jesus maak darem maar mooi blomme, Ouma.” Dit was voorwaar sielskos om saam met die kleinkinders só na aan die natuur(skoon) te wees. S Marietjie wen met dié foto ’n eetbewys van Rosie’ Brasserie by die Windmill Casino. Sy is die wenner in Bloemnuus se Leserslensfoto van die Week.
Charné Kotze lê op ’n kombers pers vygies naby Lambertsbaai.
Afrikaans onder die loep in Steyn se boek Jaap Steyn KRAAL-UITGEWERS het my ’n paar jaar gelede gevra om ’n boek oor die ontwikkeling van Afrikaans sedert die einde van die 19de eeu te skryf. Dit is die soort versoek waarvan ’n skrywer omtrent net kan droom en ek het dadelik ingewillig. Te maklik miskien – ek moes meer skryftyd gevra het. Wat my gehelp het om die spertyd te haal was my ondervinding as jong joernalis aan Volksblad toe dit nog ’n middagblad was. By ’n middagblad moet jy vinnig werk. Oor die jare het ek heelwat stof versamel wat bruikbaar was, maar ek het bykomende inligting deur onderhoude ingewin. Só het ’n radioman-vriend, Hendrik du Bruyn, ’n ontmoeting gereël met hom en ’n paar ander radiomense soos die skrywer Dolf van Niekerk, Pieter de Bruyn en Monica Breed. In Hendrik-hulle se huis in Pretoria kon ek die legendes uitvra oor die tydperk wat Van Niekerk “die goue era van Afrikaanse radio” noem. Dit is die tyd tussen 1950 en 1975.
Prof. Jaap Steyn se boek Ons gaan ’n taal maak – Afrikaans sedert die Patriotjare is onlangs uitgereik. Behalwe oor Afrikaans as radiotaal moes ek ook skryf oor Afrikaans as TV-taal, as taal van musiek en sang, oor rolprente, toneel, tydskrifte, koerante en boeke, en die digitale media van ons tyd. Uiteraard ook oor Afrikaans as taal van die regbank, die staatsdiens en die wetenskap. ’n Deel van die verhaal van die taal is ook die taalstryd teen verengelsing, veral ná die Anglo-Boereoorlog. Dit was die tyd toe taalgetrouheid deel van Afrikaner-iden-
titeit geword het en die strewe na taalbevordering deel van die “geestelike DNS” van baie Afrikaners was. Die moeilikste deel van so ’n boek is jou eie tyd. Jy moet skryf oor prosesse wat nog aan die gang is en waarop jy nie ’n behoorlike perspektief het nie. Daar is negatiewe en positiewe dinge. Negatief is die benadeling van Afrikaans deur die ANC. Dit gebeur byvoorbeeld deur die inkorting van televisietyd in Afrikaans. Aan die positiewe kant is daar die werk van verskeie ondernemings en instansies. Vanweë die verengelsing van die tegniese onderwys het die vakbond Solidariteit ’n Afrikaanse tegniese kollege, Sol-Tech, begin en daarna met ’n Afrikaanse telematiese universiteit, Akademia. Dit was vir my taamlik gou duidelik wat die titel moes wees: Ons gaan ’n taal maak. Dit is die leuse wat een van die ouer taalstryders bo-aan sy briewe geplaas het. ’n Taal wat vroeër net gepraat is, moes van 1875 af geskik gemaak word om as kultuurtaal te dien. Die subtitel is: Afrikaans sedert die Patriot-jare. Die Afrikaanse Patriot was die eerste Afrikaanse koerant wat deur die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig is.
KLEURRYK GEVERF: Kosmostoere, ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus, onderneem binnekort ’n toer na Kaapstad. Dié foto is in die kleurryke BoKaap geneem. Sien adverten sie hiernaas. Foto: Jens Friis
Briewe word graag ontvang. Die adres is jens.friis@media24.com.
Só sê jy
DIE Fichardtpark-woonbuurtvereniging (FWA) het sedert sy ontstaan in 2010 reeds verskeie projekte begin om die netheid van die omgewing te verbeter en misdaad te beveg. Parke en eilande word onderhou deur heeltydse werkers, daar is ’n suksesvolle herwinningsprojek in samewerking met borge soos Ratrace en op 20 September word ’n e-afvalprojek in die Southern-sentrum aangebied waar lede van die publiek enige elektriese of elektroniese afval kan bring sodat dit op die korrekte manier verwyder kan word. Verskeie veiligheidsplanne is in plek wat ’n CCTV-projek insluit, noue samewerking met en gereelde patrollies deur sekuriteitsmaatskappye, asook ’n radionetwerk wat vinnig uitbrei en wat reeds ongeveer 100 lede het. Dié radionetwerk is sedert Oktober 2013 in werking en voldoen aan alle wetlike vereistes met die doel om kommunikasie tussen lede in noodtoestande te vergemaklik. Onlangs het ’n bekommerde FWA-lid nog ’n projek begin deur ’n patrollie-groep te begin. Dié patrollies bestaan uit vrywilligers wat gereeld op ’n ad hoc-grondslag die buurt in die dag en nag patrolleer sodat bewustheid geskep word. D patrolleerie FWA is ’n burgerlike, nie-politieke instansie met sowat 588 lede. Enige inwoner van die buurt kan hom of haar by die FWA aansluit. Die instansie wil besorgde en bereidwillige inwoners nooi om betrokke te raak by die veiligheid en netheid van die buurt. Om jou by die vereniging aan te sluit, ’n tweerigtingradio te bekom of by die patrollies betrokke te raak kontak die FWA-kantoor by 051-5252497 of besoek www.fichardpark.co.za. – FWA
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 3
Jopie Bok was van 1964 tot 1984 die direkteur van die Bloemfonteinskou.
‘Ystervrou’ om elf gegroet ’n ROUDIENS word vandag om 11:00 in die NG kerk Berg-en-Dal vir Jopie Bok (93) gehou wat Sondag in die Bayswater Village-versorgingseenheid oorlede is. Jopie, getroud met wyle prof. Louis Bok, het van 1964 tot 1984 die direkteurspos van die Bloemskou beklee. Sy is in 1962 aangestel en was aanvanklik met die skou-inskrywings gemoeid. In 1964 is sy as waarnemende bestuurder aangestel en in 1965 as sekretaris. In 1966 is haar status tot dié van direkteur verhoog en die organisering van die jaarlikse skou was haar verantwoordelikheid.
Kruger praat met Roodt MARIËTTA KRUGER, aanbieder van die TV-reeks Kokkedoor en RSG-omroeper, gaan in Bloemfontein met Zarine Roodt “prontuit praat” oor haar memoir, Enkelreis. Die gesprek sal ook gaan oor die lewenspad se kinkels, ouer word en meer. Enkelreis gaan oor die emosionele heling wat Roodt in ’n skryfterapiekursus en die stap van laberinte gevind het. Die geleentheid vind op Saterdag 27 September om 12:30 in die Adeo-gastehuis, Inneslaan 13A, plaas. ’n Middagete word ingesluit. Bespreek plek by zroodt@mweb.co.za of 083-251-5847.
“Haar suksesse in haar dienstydperk spreek vanself – sy het behoorlik haar vrou gestaan,” sê Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die Bloemskou. “Sy word onthou as ’n ystervrou wat in haar tyd ’n ongelooflike bydrae tot die vooruitgang en sukses van die jaarlikse skou gelewer het. “Jopie was bekend om die ferm manier waarop sy die skou in ’n manswêreld bestuur het.” Op 23 Augustus het sy 93 jaar oud geword. Sy het drie dae ná haar verjaardag haar heup gebreek. Jopie is ná haar heupvervanging weer terug na
Bayswater Village waar sy die afgelope paar jaar gewoon het. Sy het hier gesterf. “Namens die Bloemskou ons innige simpatie aan haar kinders, klein- en agterkleinkinders. Sy sal onthou word vir haar waardevolle bydraes.” Sy word deur drie seuns, Arnold Bok van Auckland, Nieu-Seeland, Herman Bok van Durbanville, Kaapstad, en Bernard Bok van Brisbane, Australië, asook vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders, oorleef. S Nog ’n foto van Jopie verskyn op www.bloemnuus.co.za.
Wen nag in Hobbit Marcel van der Walt is die wenner van ’n nag se verblyf in die Hobbit Boutique Hotel in Bloemfontein wat aandete en ontbyt insluit. Dié prys was op die spel op Bloemnuus se Facebookblad. Sluit jou aan en jy kan ook die kans staan om sulke lekker pryse te wen.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014
Dagboek VRYDAG 12 SEPTEMBER S SAAMWERK in Hertzogville se 100-jaar-reünie. Salomé, 082-404-1686. S Die Meisieskool Oranje bied aan Elvis Blue om 19:30 in die skoolsaal. Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R80 vir studente en leerlinge en R60 vir kleuters. Kaartjies is by Chantelle Botes, 051-448-0039, asook Träumerei (Pretty Gardens), beskikbaar. S Dr CF Visserskool hou ’n melodrama. Bel Linda by 051-4331213 om ’n kaartjie te koop. S Alle oudlidmate en leraars word genooi om die NG kerk Onze Rust se 50ste bestaansjaar te kom vier. Du Preez Stoltz tree vanaand in die kerk op. Kaartjies teen R30 per persoon is by Nic Prinsloo (082-926-4729) of Frikkie Jamneck (083-262-0779) te kry. Môre is dit kermistyd en Sondag word Nagmaal gehou. Navrae: 051-522-3367. S Eksperimentele, ongemanipuleerde fotografie deur Kezia Gerber by Moerby-galery. S A struggle without documentation is no struggle deur Peter Magubane tot vandag in die Stegmann-galery op die UV-kampus. S Die sprokie Die gestewelde kat roep onvergeetlike kinderboekfoto’s op van ’n verwaande kat op twee pote in reuse-stewels. Dié beelde word lewend wanneer UV-drama die toneelstuk vir kinders in Afrikaans en Engels opvoer. Thys Heydenrych het die teks verwerk en is die regisseur. Die Afrikaanse opvoerings is vandag om 18:00 en môre om 12:00. Die Engelse opvoerings van
Puss in Boots is vandag om 11:00 en môre om 10:00. Al die vertonings is in die Scaena-Replokaal op die UV-kampus. Bespreek by Computicket. Bel Heydenrych by 072-235-3191 vir groepbesprekings van tien of meer mense. SATERDAG 13 SEPTEMBER S Die NG kerk Brandfort hou ’n gholfdag. Groot vleispryse is te wen. Dit kos R180 per persoon. Emil Gordon, 074-458-9677. S NG kerk Fichardtkruin hou om 08:00 basaar. Rosie, 082-4136173. S ’n Hoogtepunt op die Vrystaatse liggaamsboukalender is die Titan Nutrition Free State Provincials wat deel van die NABBA/WFF (Suid-Afrika) is. Dit vind om 16:00 by die Windmill-casino plaas. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié geleentheid. Vir meer inligting bel Kobie Pieterse by 084-208-3627. S Zelda le Grange teken eksemplare van haar boek Goeiemôre, mnr. Mandela by Exclusive Books, Mimosa Mall, tussen 12:00 en 13:00. S Ampie du Preez tree Saterdag ná die wedstryd tussen die Cheetahs en die Haaie op die Castle Deck by die Vrystaat-stadion op. Die wedstryd begin om 15:00 en die hekke open om 10:00. MAANDAG 15 SEPTEMBER S Skryf jou in vir Koekedoor, ’n handelsmerk-uitbreiding van kykNET se gewilde kookkompetisie Kokkedoor. In Koekedoor sal op gebak gefokus word en die deelnemers sal op hul eie deelneem – nie in spanverband nie.
VANAAND: Beukes en Delaney met IrishBoereblues in InnieSkuur om 19:30. Bespreek kaartjies teen R120 by meerkatkolonie@vodamail.co.za. Koekedoor is uit die sukses van Kokkedoor gebore. Die uitsending van die eerste episode is vir April 2015 geskeduleer. Om in te skryf besoek http://kyknet.dstv.com. S Ocean Basket is vandag 19 jaar oud. Om dit te vier bied hy op dié dag vis-en-skyfies teen slegs R19 aan. DINSDAG 16 SEPTEMBER S World Ozone Day. S Bloemfontein-veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00 by The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-99-231-99.
S Pensioners’ day every Tuesday at Makro. Eileen Ndewere, 051-101-1000. WOENSDAG 17 SEPTEMBER S Fertile Ash: Pigment-drukwerk deur Tanisha Bhana by Gallery on Leviseur. S Kindersorg Bloemfontein en Childline Vrystaat se jaarvergadering in die President Hotel, Bloemfontein, om 18:00. Navrae: 051-430-3311. DONDERDAG 18 SEPTEMBER S DJ Ossewa tree in Edenburg op. Rita, 083-704-0099.
S Vrystaatse ondernemings wat uitvoergeleenthede ondersoek, kan ’n werksessie van die departement van handel en nywerheid in Bloemfontein bywoon. Die werksessie word in vennootskap met die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VSOK) en die Mangaung Kamer van Handel en Nywerheid (MCCI) gehou en sal meer van bystandsprogramme deur die regering vertel. Belangstellendes kan Sbongile Molepo by die VSOK by 051-4000847 bel of ’n e-pos aan sbongile@ fdc.co.za stuur.
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 5
Klas van 2014
DIE eerste foto’s vir Bloemnuus se Matriekafskeidfoto van die Jaar-kompetisie is ontvang. Stuur gerus foto’s van jou onlangse matriekafskeid na jens.friis@media24.com. Kleurfoto’s van minstens 1 MB word verkies. Onthou om te noem wie op die foto (name en vanne) is, van watter skool jy is en wie die foto geneem het. Binnekort gaan ’n magdom foto’s ontvang word, omdat die meeste matriekafskeide nog gaan plaasvind. So stuur nóú.
Michelle van Niekerk en Shaun Benade (Saint Andrews).
Courtney Brummer en Ursula Nzimande (HTS Louis Botha). Foto: Allicinda Marais
Chanté Olivier en Kim Conley (HTS Louis Botha).
Treurspel dalk in rolprent uitgebeeld DIE treurspel van die Steenkamp-gesin van Griekwastad waarin drie gesinslede vermoor is en die seun, Don, in die hofsaak skuldig bevind is, gaan moontlik in ’n rolprent uitgebeeld word. The Karoo Film Company – ’n produksiemaatskappy van Deon Meyer, Suid-Afri-
ka se beste misdaadskrywer, en die vervaardiger Diony Kempen – het geteken vir die rolprentregte van die joernalis Jacques Steenkamp se boek, The Griekwastad Murders/Die Griekwastad-moorde. Die maatskappy, wat in 2012 gestig is, het ’n jaar lank die eerste keuse om ’n
Die egpaar Deon en Christelle Steenkamp en hul dogter, Marthella, is dood in die opspraakwekkende Griekwastad moorde. Marthella was ’n leerling aan die Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Die Steenkamps se seun, Don, ’n oudleerling van Greykollege in Bloemfontein, is onlangs skuldig bevind aan dié moorde. Foto: Emile Hendricks
rolprent van die boek te kan maak. Die maatskappy is bekend om rolprente soos Die laaste tango, Die ballade van Robbie de Wee en Alles wat mal is. Steenkamp sal waarskynlik ook die draaiboek skryf. Hy sê in ’n nuusverklaring die verhaal het ’n universele tema en al die elemente van ’n Griekse tragedie. Boonop is dit op ware gebeure gegrond. “Die uitdaging is om die verhaal vir die silwerdoek aan te pas en te verseker die gehoor vind dit vars en aangrypend.” Steenkamp het in die vroeë jare 2000 rolprentkuns in Brittanje gestudeer en werk deesdae as ’n vryskutvervaardiger en -joernalis vir die SAUK. Hy het van die eerste dag af oor die Griekwastad-moorde berig. Meyer is baie opgewonde oor die nuwe projek en sê “die boek oor ’n hofsaak wat die hele volk vasgenael gehou het, is briljant en ons doel is om met die rolprent reg daaraan te laat geskied.”
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014
Getroud STUUR gerus ’n foto van jou troue vir gratis plasing vir Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die foto (verkieslik in kleur) moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.
Gerrit en Salomie Viljoen.
Foto: PixlPixi
Pite en Jessica van Biljon. Foto: Palm Photography
Inlas: Bronwyn en Wiaan Hanekom.
Foto: Mandie Niemann Photography
Guests should also budget for weddings Margaux Stevens ATTENDING a wedding and all the celebrations that go along with it is no longer just expensive for the bride and groom, but can also make a sizable dent in the guests’ pockets. The costs of buying gifts for the wedding, bachelor’s or hen’s parties and travel all add up. “With spring and summer knocking on the door the number of invitations you will receive for weddings are likely to increase. “Many people find it difficult to balance what they can afford while not skimping on wedding-related gifts. It is important to consider your budget carefully to make sure that you do not put yourself at a financial disadvantage, because of someone else’s big day,” says Eunice Sibiya, head of FNB Consumer Education. There are ways around attending the wedding and contributing to gifts without breaking the bank. Sibiya suggests the following tips: Set out a budget Once you have received the invitation, decide what you are willing to spend on the wedding and what you can, realistically, afford.
“Factor in possible accommodation and travelling costs and based on your budget, start saving up in an easily accessible account during the months leading up to the wedding. “The idea with such an account is not necessarily to earn interest, but rather to have funds readily available when you spot the ideal gift or when you have to pay for accommodation. “This will help you to avoid spending a large amount at once or worse, incurring debt,” advises Sibiya. Once regular saving has become part of your monthly budget, continue to save a small amount every month for life events such as weddings, baby showers and birthdays. Gifts for all occasions “There is no shame in not contributing to all of the gifts. Kitchenware, special lingerie or a weekend away with the boys does not come cheap.” Even if they are good friends, do not allow yourself to incur debt that you will pay off long after the wedding day has come and gone. Rather be creative with your gifts: print some photos out and make an
album, or write out your favourite recipes. Otherwise, consider purchasing gifts together as a group, a small amount from each person can go a long way. If it is a destination wedding, be honest with the bridesmaids and explain to them that you cannot buy gifts for all the celebrations leading up to the wedding. It is more important to be there in the moment when the couple says “yes” than to buy a lot of gifts. Be choosy: It is your right Pick your weddings; you are under no obligation to attend every wedding that you get invited to. If the invite is from a distant family member or acquaintance that you are unlikely to see much in the future, weigh up whether going to the wedding is worth the cost. The last thing you need is to create more debt to your current commitments. “One thing you need to remember is if you find the wedding to be a financial strain, it is up to you to make the best decision for your pocket. “If you are really unable to afford it, it might be best to consider declining from the start.”
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 7
Skryf haar van vandag af in Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se Roosknoppie-kompetisie is nou amptelik oop en die inskryfvorm is hieronder geplaas. Inskryfvorms is ook op www.bloemnuus.co.za beskikbaar. Die gewilde kompetisie staan voorts as die Bloemnuus-Roosknoppie bekend en foto’s van deelnemers sal in Bloemnuus en sy susterspublikasies Noordkaap, Maluti, Kroonnuus, Vista en Kalahari-Bulletin verskyn afhangend van waar die meisietjie woon. Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisietjies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangebied. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-finaliste word deur leserstemme en organiseerders bepaal. Die organiseerders se
Hier is verlede jaar se tien topfinaliste in die Roosknoppiekompetisie. Hulle is van links, voor: Tineke Jansen van Rensburg, dogter van Nadine en Jaques Jansen van Rensburg, Yone van Heerden, dogter van Yolande en Jaco van Heerden (albei van Bloemfontein), Marizelle Wagenaar, dogter van Marijke en Manie Wagenaar van Parys, Megan Fourie, dogter van Jeanne en Tobie Fourie, en Halle Hardnick, dogter van Moonyeen en Lesan dro Hardnick (albei van Bloemfontein); middel: Louandi Erasmus, dogter van Yolandé en Jacques Erasmus, Mia van der Berg, dogter van Diane en Nico van der Berg, Daleen van Heerden, Mej. BloemfonteinRoos, Ellané Kok, dogter van Elsie en André Kok (almal van Bloemfontein), Lizé Buys, dogter van Salmi en Johan Buys van Kimberley, en Liané de Wet, dogter van Nadia en Gallie de Wet van Bloemfontein; agter: Steva Klopper van Kloppers en Meryl Henning van die Loch Loganwaterfront, borge van die kompeti sie. Foto: Charl Devenish
besluit is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Die inskryfgeld van R30 word aan Volksblad en sy sentrale plaaslike koerante se Ons gee om-fonds (voorheen die VolksbladKersfonds) geskenk. Ouers word versoek om hulle van die reëls op die inskryfvorm te vergewis en daarby te hou. Die sluitingsdatum is op Maandag 29 September om 12:00 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Jy kan jou inskrywing pos of by Volksblad se kantoor inhandig. S Rig alle navrae aan Madelein Venter deur ’n e-pos te stuur na madelein.venter@volksblad.com of skakel 051-404-7816.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014
Alte dierbaar FOTO’S vir die kompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is, stroom in na jens.friis@media24.com.
Daarom verskyn die beste troeteldierfoto’s groepsgewys in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal.
Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebook-blad. Byna 6 800 mense is lid van dié FB-blad.
Caleb Riddle (2) se hondjie Thyson.
Elisma Strampe se Baron Zigi von Strampe.
Michelle Pienaar se Kitana skuil hier.
Marietjie van Dyk se Lizzy dra ’n hoed.
LeeAnn Ferns se Nuru verjaar.
Janet Coertzen se Booboo kruip weg.
Susan Mahoney se Marmosetapie drink ietsie.
Hantie Vorster se Alec sit op Toffie.
Nita Henry se stoute meerkat Mia.
Mikayla Haindl en Brandy is groot maats.
Marinda du Plessis se Rufus en Sabine slaap rug aan rug.
Susan Swart se Rollo lê graag hier.
Gideon Slabbert: “Toodels se eerste bad was traumaties.”
Mizanne Segal se Zia en Kai is groot vriende.
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 9
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014
Kweek só geluk DIE meeste van mense werk hard en het te veel stres. Shawn Achor, ’n aanhanger van sogenaamde “geluksielkunde”, skryf in The Happiness Advantage daar is verskeie dinge wat jou gelukkiger kan maak – mits jy ’n gewoonte daarvan maak. Hier is ses: 1. Meditasie: Achor beveel vyf minute se meditasie per dag aan. 2. Iets om na uit te sien: Navorsing toon om net na iets uit te sien laat mense se endorfienvlakke styg. As jy dus nie op die oomblik tyd of geld het vir uitgaan of ’n
vakansie nie, beplan dit. Teken die datum in jou kalender aan; herinner jouself daaraan wanneer jy ongelukkig voel. 3. Gee: Heelwat studies wys as jy dinge vir ander doen, verbeter jou eie stresvlakke en gevoel van welstand. 4. Vars lug: Net 20 minute in die buitelug (as die weer goed is) kan jou luim en selfs jou geheue verbeter. 5. Oefening: Volgens een studie is oefening op kort termyn net so doeltreffend soos antidepressante, maar op lang termyn is dit selfs doeltreffender – minder
mense wat oefening doen, val terug in ’n depressie as dié wat net op medisyne staatmaak – 9% van dié wat net oefening doen teenoor 38% van dié wat nét medisyne neem. (Bloemnuus beveel beslis nie aan dat mense wat antidepressante gebruik, summier hul medisyne staak nie.) 6. Besteding aan aktiwiteite, nie goed nie: Mense wat geld aan musiekkonserte, etes saam met vriende of ander aktiwiteite bestee, put baie meer genot daaruit as mense wat goed soos skoene, TV’s of juweliersware koop.
LENINGS 1445
PERSOONLIKE DIENSTE
Consolidation loan online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za
Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. Naledi Tents Hire: Tents for hire for all occasions. Chairs and tables available from R450 only. Contact 078 294 8662.
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
ROMMELVERWYDERING 1860
ASGAT: Vullis, bourommel, bome. Oplaai en verwyder. Skakel 082 782 7433.
BOME 1871
TE KOOP
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
ALLERLEI 1655
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217 Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211.
VEHICLES WANTED! Can't trade your vehicle? We can Help! Approved clients. Vehicles also available. Website: www.vehiclesolutions.co.za CALL 079 214 9284.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
Middestad: 1-slk. Onmiddellik beskikbaar. R1 675 p.m. %082 464 2575. MIDDESTAD: Enkelwoonstel. Onmiddellik beskikbaar. R1 505 p.m. % 082 464 2575.
1 room: From R1 650 p.m. Bachelor flats: From R2 350 p.m. Available immediately. Deloy Flats, Elizabeth Street, Bloemfontein. Contact: Rental Administrator PROCOR SA Koki Matsabu TEL. 057 352 2990 FAX: 086 558 7248 FAX: 057 352 3775 E-mail: koki@procorsa.co.ca
ALGEMENE KENNISGEWINGS 4010
KENNISGEWING: Kennisgewing in verband met 'n lisensie-aansoek in terme van die Wet op Petroleum-produkte, 1977 (Wet nr. 120 van 1977). Hierdie kennisgewing het ten doel om belangstellende of HUISE TE HUUR geaffekteerde partye in te lig dat Kgosizama Investments 3270 (Pty) Ltd, PARKWES: Netjiese 2 slk, hierna genoem 'die applikant', 1 studeerkamer, swembad, 'n aansoek vir 'n plus veilige onderdakparkekleinhandellisensie, ring, R5 000 p.m. Skakel vir aansoeknommer Ilse by 082 377 8195. C/2014/08/28/0002, Erf 26630, h/v MaselspoortWESTDENE: 4-slk-huis, en McGregorweg, Ooseinde, 2 badk, veilige onderdakparkering te huur, R6 000 p.m. Bloemfontein, ingedien het. Skakel vir Ilse by Die doel van die aansoek is 082 377 8195. dat die applikant 'n lisensie toegestaan word om petroleum-handelsaktiwiteite MEENTHUISE te onderneem soos uiteengesit TE KOOP in die aansoek. Reëlings om 3330 die aansoekdokumentasie te WESTDENE: Ruim 3-slk, besigtig kan gemaak word 2 badk, 2 motorhuise (1 toesdeur die Kontroleur van luit), lekker tuin, agterplaas Petroleumprodukte te met aparte opwas. R920 000. kontak by: Theo 082 457 2409. * Telefoon 057 391 1300 * Faks 057 352 2673 * E-pos: Gisbon. Tshisikhawe@energy.gov.za Enige besware teen die ALGEMEEN uitreiking van die lisensie, wat 3680 duidelik die verwysingsnommers soos hierbo aangedui LANGAFSTAND vragmotor- moet meld, moet binne 'n bestuurders benodig. Kode EC periode met PDP 'n vereiste. van twintig (20) Stuur CV na: werksdae, vanaf die datum bbdrivers01@gmail.com van publikasie van hierdie kennisgewing, by die Kontroleur van PetroleumproPROFESSIONEEL/ dukte ingedien word. Sulke BESTUUR besware moet by die volgende fisieke adres ingedien word: 3735 Fisieke adres: JR. Verkoopsbestuurder Die Kontroleur van Ons maatskappy is op soek Petroleumprodukte, na 'n jong AfrikaansspreDepartement van Energie, kende persoon met goeie The Strip-gebou kommunikasievaardigStateway 314 Welkom hede. Min. vereiste: Matriek en 9460 Posadres: of 3 maande verkoopsonDie Kontroleur van dervinding. Petro-leumprodukte R4 000 - R9 000 p.m. Departement van Energie Skakel Francois by Privaat sak X2658 021 839 2650. Welkom 9460.
VERKOPE & BEMARKING 3760
5 BEMARKERS Ons benodig 5 Afrikaanse bemarkers. As jy 'n mense-omgewing geniet en bereid is om hard te werk vir wat jy wil hê, doen NOU aansoek! Vereistes: - Matriek - AFRIKAANS 1ste Taal - Moet kan reis. Dadelik beskikbaar. Ons bied: - Vaste salaris (R4 000 R10 000 p.m.) - Maatskappyvoordele - Winsdeling - Gratis vervoer plus petrol (vir werksdoeleindes) - VOLLEDIGE OPLEIDING (met sertifikaat) Slegs voltydse aansoekers kan Maxine by 021 839 2651 skakel.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
122 GP EDWARDS
In die boedel van wyle Gert Phillip Edwards en nagelate gade Helena Christina Edwards, boedelnommer 24261/2014, Meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 28 September 1935, identiteitsnommer 350928 5009 08 7, laaste adres Sentrum vir Bejaardes, Besterstraat 3, Aandrus, Haldonweg 16, Bloemfontein. Datum van dood: 9 Augustus 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae gereken vanaf 12 September 2014, datum van publikasie hiervan. EE POHL Symington & De Kok Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHE0053).
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 11
Wel & wee DIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: S Wessels Jacobus Greyvenstein (1936); S Jacobus Adriaan (Attie) Vorster (1932); S Gabrielle (Gabby) Berry (1995); S Nelmarie Coetzee (1959); S Harry Wilson (1941); S Trudie Cremer (1967); S Daniel Johannes Johaghem Nel (1972); S Anna van Zyl (1933); S Abram Meyer Cloete (1948); S Eméltin Nigel Blair (1980); S Nadine (Choppie) Staats (1991); S Gezina Elizabeth Claassens (1934); S Thom (Bertie) Mouton (1930); S Jan Hendrik (Hoppie) Kruger (1927);
S Mary (Meisie) Meyer (1942); S Elizabeth Laufs (1935); S Ian Bryce Pansegrouw (1946); S Johan Johannes Lodewukus Goodchild (1937); S Hendrik Pieter Christoffel Terblanche (1943); S Petrus Cornelius (Peet) Badenhorst (1936); S Johanna Nicolasina Kotze (1927); S Sarah Magdalena Matthysen (1938); S Elsie Nel (1957); S Elizabeth (Elise) Breytenbach (1928); S Marieks van der Merwe (1923); S Peter John Martin (1961); S Susan Coetzee (1958); S Tienie Bekker (1931); S Kenneth Wainwright (1953); en S Natalie Lindenberg (1928). S Dr. Ricardo Peach is van 1 Oktober die Vryfees se nuwe organiseerder nadat Adri van Veijeren (née Herbert) ná agt jaar in dié pos uitgetree het. Ricardo is ’n kulturele konsultant en bestuurder in die Australiese raad vir die kunste. Hy is ’n Suid-Afrikaner wat sedert 11-jarige ouderdom in Australië woon nadat sy ouers daarheen geëmigreer het. As ’n boorling van Ficksburg praat hy steeds vlot Afrikaans. Hy verlaat Sydney om op Woensdag 1 Oktober die pos as feesdirekteur van die Vryfees in Bloemfontein te aanvaar.
Carmin Vermaak, ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal en ’n presi dentsverkenner van die Werken wenkommando, het ’n silwerpen ning vir uitstekende leierskap as een van die gebiedsjeugleiers van die Vrystaatse Voortrekkers ont vang.
S Thinus Krügel is as kaptein van die Suid-Afrikaanse mensereddingspan gekies wat aan die internasionale jeugkampioenskapsbyeenkoms vir menseredders in Montepellier, Frankryk, deelneem. Hy is ’n matriekleerling aan die Hoërskool Sentraal. Thinus word deur Tronel van der Walt afgerig.
Phatshoane Henney het ’n high tea vir sowat 50 sekretaresses en administratiewe personeellede gehou. Die vroue het hulle in die pragtigste hoede en ander hoof tooisels uitgedos en ’n wye ver skeidenheid pikante eetgoed ge nuttig. Van links skep Chene Mei ring, Rina Bastone, Ria En gelbrecht en Charlene van Ryne veld van die eetgoed in. Foto: Magdel Louw
Die UVdamesklub het Elretha Britz en Elsa Potgieter as sprekers genooi om meer te kom vertel oor hul ervaring op die Camino de San tiagostaptog. Van links is Britz, Potgieter, Magdaleen Schoch en Marietta de Kock. Foto: Magdalena Steyn
S Dawie van Zyl sterk tuis aan ná ’n nood-maagoperasie in die Rosepark-hospitaal. Hy is die eienaar van Dave’s Deli in die Volksblad-gebou langs Nelson
Attorneys to draft wills for free next week AS has become tradition over the past few years, members of the public will be able to have a basic will drafted by an attorney free of charge during National Wills Week from 15 to 19 September. “By ensuring that you have a valid will, you as the testator, can protect the interests of your loved ones and ensure that there is no delay in settling your estate after your death. It also ensures that your executor will act according to your wishes as set out in your will. A valid will allows you to state who should inherit your assets and property, to appoint an executor of your choice for your estate and a guardian for your minor children,” says Ettienne Barnard and Max Boqwana, Law Society of South Africa (LSSA) co-chairpersons. Persons who have recently been divorced or widowed, or those who have been cohabitating with their partners for some time, should also consider having a will drafted. If you have been cohabitating with your partner, it is advisable to have a will to ensure that there are no competing claims on your estate. Similarly, unmarried persons – particularly those who may have a number of people who depend on them financially – should ensure they have a will in place, as several people could make a claim on their estates. Why should an attorney draft your will? A practising attorney has the necessary knowledge and expertise to ensure that your will is valid by complying with all the legal requirements in the Wills Act and also that it complies with your wishes. An attorney can also advise you on any problem which may arise with your will and assist your
executor. Often a will is not valid because the person who drafts it does not have the necessary legal knowledge to ensure that all the legal requirements of the Wills Act are met. These include that the will must be in writing, it must be signed by the testator in the presence of at least two competent witnesses, and also signed by the witnesses. What could happen to your estate if you die without a valid will? If you die without leaving a valid will, your assets will be distributed according to the provisions of the Intestate Succession Act. These provisions are generally fair and ensure that your possessions are transferred to your spouse and children, and where applicable, to siblings, parents, and if required, then to the extended family in terms of degrees of relationships. The following problems may arise if you die without a will: S Your assets may not be left to the
person of your choice. S It can take a longer time to have an executor appointed. The executor who is appointed may be somebody you may not have chosen yourself. S There could be extra and unnecessary costs. S There could be unhappiness and conflict among members of your family because there are no clear instructions on how to distribute your assets. Where to find an attorney to draft your will? The contact details of attorneys participating in the National Wills Week project can be accessed on the LSSA website at www.LSSA.org.za. Alternatively, call the relevant provincial law society: For attorneys in: S Free State call the Law Society of the Free State on 051-447-3237; S Northern Cape call the Cape Law Society on 021-443-6700; S Call the Law Society of South Africa on 012-366-8800.
Mandelarylaan. Sy vrou, Laetitia, en sy ma, Irene, neem in sy plek waar sodat die onderneming kan bly sake doen terwyl hy tuis aansterk.
S Susan Pietersen het Maandag haar 80ste verjaardag gevier. S Stuur bydraes vir Wel & Wee na jens.friis@media24.com.
Loting: Spelers kry hupstoot Sanet Strydom DIE Vereniging vir Blindes het onlangs ’n geldinsamelingsprojek gehou vir die blinde rolbalspelers wat deel is van die Suid-Afrikaanse span wat Februarie aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Nieu-Seeland gaan deelneem. Die wisselkoers is swak en elke bietjie help om die Suid-Afrikaanse span daar te kry. Die span is die verdedigende kampioen nadat hy verlede jaar die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Worthing, Engeland, gewen het. Die Vrystaatse blinde rolbalspeler Michiel Kruger en sy afrigter, Willie Schoeman, is die Vrystaters wat deel van die span is.
’n Springbok is uitgeloot en Roelf Lindeque was die wenner hiervan. Die voorste verkopers van kaartjies was Tjardina Breytenbach, Willie Schoeman en Sanmarie Maritz. Ilka de Beer was die jongste vrywilliger wat hande vol kaartjies verkoop het. Ewie Cronjé, ’n bekende in Bloemfonteinse sportkringe, was die spreker op die geleentheid. S Weens ’n gebrek aan plek op dié koerantbladsy word die foto’s van die geleentheid op Bloemnuus se webblad geplaas. Maak ’n draai by www.bloemnuus.co.za. Op die foto’s is onder andere Marianne Kruger (tesourier van die Vereniging vir Blindes), Willie Schoeman (rolbalafrigter) en blinde oudrolbalspelers soos Daleen en At Voster.
Liggaamsbouers môre by casino ’n Hoogtepunt op die Vrystaatse liggaamsboukalender is die Titan Nutrition provin siale byeenkoms wat deel van die Nabba/WFF (SuidAfrika) is. Dit word môre om 16:00 in die Windmillcasinoenvermaaklikheidsentrum aangebied. Bloemnuus is ’n mediaborg. Bel Kobie Pieterse, organiseerder van die geleentheid, by 0842083627 vir meer besonderhede. Hier is Nanette Becker, een van die deelnemers. Nog foto’s van haar is te sien op www.bloemnuus.co.za. Foto: TM Photography
Gholfspeler wys sy fyn humorsin DOUG MCGUIGAN staan as die gholfspeler met die fynste humorsin in die Sonskynreeks bekend. Hy het egter sy beste kwinkslag nog op die prysuitdelingsdinee by ’n Pro-Am op die Arabella-gholflandgoed gegee. McGuigan het aan tafel gesit toe die kelnerin nader kom en vra: “Still water, Sir? “Yes,”het hy geantwoord. “I haven’t changed my mind.” S Dié vertelling kom uit Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse gholf (Penguin) deur Michael Vlismas. Michael het uit jare se ervaring as sporten gholfjoernalis geput om ’n fassinerende versameling trivia, aanhalings, ongelooflike tellings, staaltjies en verhale van agter die skerms van Suid-Afrikaanse gholf saam te stel.
RAAP MEDALJES OP: Die jaarlikse SuperligakarateCheetahuitdaagreeks het on langs plaasgevind. Die Bloemfontein Martial Arts Academy het 14 karatekas in 28 afdelings ingeskryf en 17 medaljes gewen. Almal op dié foto het medaljes gewen. Van links is, voor: Danrè Swanepoel, Paul Maartens en Jandré van der Berg; middel: JanHendrik van der Berg en Eléané Fouché; agter: Tian Bester, Jean Marais, Justin Marx, Sonique Barnard, Amy Fitzmaurice en sensei Liam Nel.