Bloemnuusbl 20140919

Page 1

VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Nes dié vyeboom wat bot, breek ’n nuwe era vir Ons Stad en Bloemnuus begin Oktober aan met die koms van ’n splin­ ternuwe koerant. Hopelik sal die ryp wat vir môrenag voor­ spel word deur weathersa.co.za nie die jong vyeblaartjies op dié foto seermaak nie. Dit sal vandag 25/0 °C in Bloem­ fontein wees en more 24/­2 °C. In ons verspreidingsgebied word 18/­3 °C en 21/­4 °C vir Aliwal­Noord voorspel en vir Faure­smith 19/0 °C en 23/­1 °C. Foto: Jens Friis

’n Nuwe koerant kom Christo van Staden

MET die aanbreek van die mooiste, mooiste maand kry Bloemfontein ’n nuwe koerant wat voortaan as die stad se grootste en sterkste eie koerant, twee keer per week, vir lesers en adverteerders ’n heel nuwe lees- en adverteerervaring gaan verseker. In ’n opwindende stap is besluit om twee van Media24 se plaaslike koerante in Bloemfontein te laat saamsmelt om die grootste eie koerant vir die Rosestad tot stand

te bring. Die nuwe produk, wat van begin Oktober op Donderdae en Vrydae gaan verskyn, sal as Bloemnuus en Bloemnaweek bekend staan, wat neerkom op twee unieke uitgawes van dieselfde koerant. Die nuwe produkte sal die beste eienskappe van die bestaande publikasies Ons Stad en Bloemnuus saamsnoer. Die koerant kry dan ook ’n heel nuwe, moderne baadjie. Volgens Gert Coetzee, waarnemende redakteur van die Volksblad-groep, het die feit dat dié twee

gewilde koerante die afgelope jare weekliks by hoofsaaklik dieselfde huishoudings en verspreidingspunte afgelewer is, onnodige duplisering en oorvleueling veroorsaak. “Die plan is dat die nuwe Bloemnuus steeds Donderdae met ’n sterker nuusaanslag aangebied gaan word en van huis tot huis in Bloemfontein versprei gaan word. Dié koerant sal nuus bevat wat die stad se mense aan die praat het, insluitend sterk munisipale, skole-, sport- en gemeenskapsnuus. “Dié nuuskoerant se sterk

aanbod sal Vrydae aangevul en versterk word met Bloemnaweek, wat sal konsentreer op naweek-, vermaak- en mensenuus, asook sportgebeure van die komende naweek. Die sleutel is vermaak en lekkerlees-inhoud.” Dié koerant gaan ’n vroliker en ligter aanslag hê en gaan nie meer van huis tot huis versprei word nie, maar wel by sleutelpunte met baie besoekers. ’n Deel van die oplaag gaan ook in plattelandse dorpe versprei word. “Die naweekkoerant se versprei-

ding is gemik op ’n mark wat nie noodwendig die koerant tuis sou ontvang nie. Dit sluit dan ook besoekers aan die stad se winkelsentrums en hospitale, asook jonger mense, in.” Bloemnaweek gaan ook in kafees en kettingwinkels beskikbaar wees. Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, gaan die redakteur van die twee nuwe koerante wees, met Ruan Bruwer, redakteur van Ons Stad, wat die nuus- en sportredakteur word. Susna Botha is die verkoopbestuurder.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

Clear the air: Recycle paper Samantha Choles

TODAY is National Recycling Day. Why not make a commitment to start recycling paper? It is estimated that only 5% of South African households recycle paper and cardboard. So what is the other 95% doing with it? Chances are that millions of tonnes of recyclable paper are going to landfills every year. This paper degrades along with other food waste, adding to the levels of greenhouse gases in the air we breathe. Methane is 20 times more potent than carbon dioxide. In some cases, paper is incinerated, also causing air pollution. By recycling paper, the carbon (originally stored by trees in the wood fibre) remains “locked up” – and out of the atmosphere – for longer. It also saves landfill space. In 2013, some 1,2 million tonnes of paper were collected for recycling, saving 3,5 million cubic metres of landfill space – the equivalent of almost 1 403 Olympic-sized swimming pools. Here are a few tips from the Paper Recycling Association of South Africa to get you started: S Invest in a paper-only bin or box in your home or office for easy recycling. S Keep your paper clean and dry. S Not all paper can be recycled so get to know your recyclables. * Recyclable: magazines (including the glossy variety), newspapers, brochures, office paper, shredded paper, cardboard (cereal

boxes, toothpaste boxes, medicine boxes, pizza boxes, tissue boxes) and carton board, liquid board packaging including beverage and food cartons. * Not recyclable: wet, soiled paper such as used paper plates, tissues and toilet paper; foil, gift wrapping and carbon paper; wax-coated, foil-lined or laminated boxes; and dog food bags. S Find a recycling collection programme or drop-off point near you by visiting www.mywaste.co.za. Many schools and community organisations earn money from recyclable paper collection. Support these initiatives. S Support job creation by keeping your recyclables aside for an informal collector who walks your neighbourhood every week. This increases the quality of the recyclables and the collector could earn a little more for better quality. S Do not let the recycling pile get too big before you drop it off – keep a container in your boot so

It is estimated that only 5% of South African households recycle paper and cardboard. you can do a weekly drop-off when you do your shopping or run other errands. S Always keep in mind that you are recycling for a good reason – the future of our planet. This should be motivation enough to keep you going. For more information on paper and paper recycling, visit www.thepaperstory.co.za or www.prasa.co.za.

Só sê jy

’n Saal vir doop, sokkie en eksamen

BLOEMNUUS se Facebook-blad word daagliks bygewerk, want die nuus en foto’s wat ontvang word, is te veel om in die gedrukte weergawe van dié koerant te publiseer. Gaan maak dus ’n draai op hierdie digitale platform. Dit bied ook die bonus dat jy lekker kan saamgesels. Bloemfontein en omstreke lê die 6 860 lede van dié Facebook-blad na aan die hart. Gaan maak ’n draai en like iets op die blad.

Die jare stap aan

WIE het oor die jare heen nie almal hier eksamen geskryf nie? S Gisela Ullyatt: Scholtzsaal, nagmerriesaal . . . S Celeste Pretorius: Eksamens geskryf en ’n bietjie gesokkie ook. S Tanya Spangenberg: Ek skryf Dinsdag weer daar toets. S Ilse de Beer: Ek is hier gedoop baie jare terug. S Kobus Kolver: Ek het in 1995 chemie 124-eindeksamen daar geskryf, 2 uur die middag. Dit was so warm dat die sweet op die eksamenboeke gedrup het. Ek het klaar geskryf, die eksamenboek

Só lyk die vier hoofkarakters deesdae wat vanmelewe in die gewilde Trompie gespeel het. Lesers het só op Bloemnuus se Facebook-blad op dié foto gereageer: S Clifton Janse van Rensburg: Wat het van Boesman die brak geword? Vandag se sepies het nie storielyne nie – net lyne stories wat niksseggend is. Dankie, julle ouens, julle was regtig puik. S Susan Vorster Leeuwner: Ek dink Trompie is heel links, dan onthou ek Dawie as ’n outjie met brilletjies, so dit is seker hy wat langs Trompie staan en dan seker Blikkies en dan Rooies. En Boesman, die brak, is seker lankal dood. S Jo Rademeyer: Sjoe, maar hulle het lelik geword. S Toekie Rossouw: Het manne geword, né?

Die Van der Merwe Scholtzsaal op die Kovsie­kampus.

Só lyk die vier hoofkarakters deesdae wat jare gelede in die gewilde Trompie gespeel het.

S Marie Grobler: Jou aanmerking was onnodig, Jo Rademeyer. S Tilla Henkins: Kan dit die Boksombende wees? S Juanita Jacobs: Ek het al die jare gewonder. Ou Trompie lyk amper dieselfde. S Esther Botha: Het die storie baie geniet. Ja, die tyd stap beslis aan. Dankie vir die foto, mooi herinneringe. S Adele Kemp Vd Berg: En my 7-jarige seuntjie geniet hul manewales ook nou net so op DVD. S Gideon Liebenberg: Trompie staan links dan is dit Rooies en dan Blikkies tweede van regs en Dawie is heel regs. Dit was ’n puik kinderverhaal. Op hul looks van vandag sal ek reken (mag verkeerd wees) maar die een regs is die een wat sports sal maak. Hahaha.

ingehandig en na die agterkant van die saal gestap waar my koelboks was met twee biere op ys. Toe ek die eerste een knak, draai daar ’n spul ouens om en kyk met sulke verlangende oë agtertoe. Die eerste een het ek net daar in die saal gedrink. Toe ek die tweede een oopmaak en met hom uitstap, het daar skielik ’n magdom manne opgestaan en ingehandig. Ek wonder steeds of hulle klaar geskryf het en of hulle net skielik dors geword het. S Rieta Crawford: Jip, het self ’n eksamen of twee hier gepleeg.


Wel en wee S THE memorial service for Catherine Helen Pentz (1920) of Bayswater Village will be held in the Bayswater Village chapel at 11:00. The cremation will take place privately. S Die gedenkdiens van Jakkie van Niekerk (1942) vind om 11:00 in die NG kerk Onze Rust plaas. S Dié lesers het op Bloemnuus se Facebook-blad nuwe boeke, uitgereik deur Human & Rousseau, gewen: * Carlien Visser (Alie Aarbeifee en ander feetjiestories uit die aarbeituin deur Stefanie Dahle); * Martie Oosthuysen (Lita in Towerland en ander towerponie-stories deur Christina Koenig); en * Marie-Louise Louw (Pensie spoeg vuur en ander draakstories deur Milena Baisch). S Fanie Viljoen, die Bloemfonteinse skrywer, se jeugverhaal Uit is pas uitgereik en ontvang gunstige resensies. S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Johan (Barries) Barnard (1994) * Gabby Berry (1994); * Daniël Johann Booysen (1978); * Lynette Ruth Flanegan (1961); * Arthur James (A.J.) Stead (1961); * Ronie Coetzee (1960); * Lionel John Flanegan (1959); * Koos Nagel (1951); * Hester Dorethea Victor (1947);

* Abram (Aby) Mahuma (1940); * Petronella Jacobs Labuschagne (1939); * John Lubbe (1939); * Motsilisi Emily Balada (1938); * René (Bob) Lichtenstein (1938); * Francina Johanna Everts (Greyling) (1935); * Helen Marie Bührmann (1934); * Louw Goosen (1933); * Eugéne Schoeman (1932); * Keditsent (Ouse Kini) Fink (1932); * Nodizi Mini (Mme Tisi) (1928); * Cielie Swart (1926); * Erona Helena Labuschagne (1925); en * Ann Serfontein (Grant) (1919). S Neil Diamond (73) se eerste ateljee-album in ses jaar met 12 oorspronklike liedjies word op 21 Oktober uitgereik. S Alta Jerling van Dewetsdorp het onlangs haar 90ste verjaardag gevier. Sy het sewe kinders gehad: ses dogters en ’n seun. Sy het 31 kleinkinders, 54 agterkleinkinders en 13 agteragterkleinkinders. Sy woon die afgelope tien jaar in Dewetsdorp by haar dogter Nella van Vreden. S Johan Barnard (20), ’n eerstejaarstudent aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) Vrystaat, is dood toe hy vermoedelik beheer oor sy motor verloor en teen ’n boom vasgery het. Die ongeluk het op die hoek van NP van Wyk Louw- en

Die tweeling Ann van Aswegen en Joey Vermaak word op 4 Oktober 80 jaar oud. Hulle is in 1934 in Koffiefontein ge­ bore en woon nou in Bloemfontein. Al twee is weduwees. Ann was met Japie van Aswegen getroud en hulle het drie dogters. Joey was met Ben Vermaak getroud en hulle het vyf kinders. Skets: www.schinkart.com

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 3

Dirk Opperman-straat in Langenhovenpark plaasgevind. S Gerrit Coetzee van Petrusburg is die wenner van twee kaartjies na Arco Music se konsert Symphony at the Woods op 31 Oktober in die Woodlands-onthaalgerief. Kaartjies kos R120 en kan by Computicket aangeskaf word. S Zanele Matsane van die ingenieursfakulteit van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, gaan drie weke lank die Verenigde Koninkryk (VK) besoek nadat sy die Abe Bailey-reisbeurs verwerf het. S Piet van Rooyen is die wenner van Burgermonumente van die Anglo-Boereoorlog in die Oranje-Vrystaat deur D.A. van der Bank. S Hendrik Cronjé (30), wat die rol van Lukas Mulder in die sepie 7de Laan vertolk het, is die trotse pa van ’n babadogtertjie. Hy en sy aanstaande, Danèl Prinsloo (22), wat mekaar sedert hul skooldae ken, het Maandagmiddag in die Life-Roseparkhospitaal in Bloemfontein ’n dogtertjie, Annabel, ryker geword. S Die 25 semi-finaliste van Ons Stad, susterskoerant van Bloemnuus, en die Fleurdal Mall se Mej. Bloemfontein Roos-kompetisie is aangewys. Hulle is: 1. Melinda Bester (22); 2. Su-nita Coertzen (18); 3. Nienke Coetzee (20); 4. Cherrie-Lee Dawson (20); 5. Hanna-mari de Kock (21); 6. Simoné Fourie (15); 7. Che-Réze Gouws (26); 8. Sasha-Lee Gouws (20); 9. Anandi Grobbelaar (19); 10. Jolene Grobler (19); 11. Siobhan Hibberd (19); 12. Charnelle Ingram (17); 13. Clarise Jacobs (17); 14. Karla Kotzé (15); 15. Simoné Pretorius (18); 16. Carli Rothmann (21); 17. Diandri Saaiman (22); 18. Leone Smit (16); 19. Jamie-Leigh Taaibosch (15); 20. Benita van der Merwe (17); 21. Madré van der Merwe (19); 22. Lizé-Marie van der Walt (19); 23. Loraine van Heerden (22); 24. Lenette van Jaarsveld (21); en 25. Velisha Venter (19). S Sarie Engelbrecht van Reddersburg is die wenner van die CD Skoffel in die skuur deur Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels.

Dié leerlinge aan die Laerskool President Brand het op die onlangse Wetenskap­ekspo me­ daljes ontvang. Van links is, voor: Kyla van der Merwe en Chanté Liebenberg; agter: Roan Herbst, Ruhandré Coetzee en Tiaan Barnard. Foto: Mariana Visagie


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014


Dít gebeur dan VRYDAG 19 SEPTEMBER S Vrystaatse ondernemings wat uitvoergeleenthede ondersoek, kan ’n werksessie van die departement van handel en nywerheid in Bloemfontein bywoon. Die werksessie word in vennootskap met die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VSOK) en die Mangaungse Kamer van Handel en Nywerheid (MCCI) gehou en sal inligting oor bystandsprogramme deur die regering verskaf. Belangstellendes kan Sbongile Molepo van die VSOK by 051-400-0847 bel of ’n e-pos na sbongile@fdc.co.za stuur. S Die Laerskool Sand du Plessis bied ’n gholfdag by die Schoemanpark-gholfklub aan. Die formaat is ’n beterbal-Stablefordspel. Inskrywings kan by Jaco van der Merwe by 082-291-2193 gedoen word. S Die Klipkerk hou om 16:30 basaar. Bel Dedrey du Randt by 051-448-1419. S Space Junk, ’n vertoning wat die moontlikheid om satelliet-wentelbane skoon te maak ondersoek, om 18:00 in die Naval Hill-planetarium. S Jong digters het nog tot vandag tyd om hulle vir die Hoër Meisieskool Oranje se Afrikaanse digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in te skryf. Die temas is: juniors (gr. 8 en gr. 9) – Skool, Lig, Kinders en Hartseer; seniors (gr. 10 tot gr. 12) – Hoop, Woorde, Geluk en Paaie. ’n Leerling mag ’n maksimum van twee gedigte stuur. Skakel 083-5545619. S Neil Nachtrein in Innie Skuur. ’n Kaartjie kos R100. Rig navrae deur ’n e-pos te stuur na meerkatkolonie@vodamail.co.za. SATERDAG 20 SEPTEMBER S Byeenkoms van die Ou Presidensie- Historiese Vereniging: Staptoer by St. Andrew. Bel Lambert van Rensburg by 051-422-5283 of 072-418-8665. S Die Bloemfonteinse Kinderkoor werf nou lede. Leerlinge wat ’n oudisie wil aflê, kan 083-411-7565 skakel. S ’n Vintage-teeparty met Elizma Theron word om 09:30 in die Woodlands-onthaalsentrum gehou. Kaartjies teen R280 is by Annemarie Kleinhans by 083-500-6970 of die Woodland Hills-gemeenskapskerk by 051-451-1261 te koop. S Klavier- en instrumentale werksessie van 09:00 tot 15:30 in die St. Michael-kapel. Nuwe idees vir musiekonderrig word deur Liezl-Maret Jacobs aangebied. Dit kos R250. Skakel 082-345-0985. S Free State Triathlon bied ’n triathlon-duathlon-byeenkoms op Maselspoort aan. Bel Christa Roestoff by 073-718-5427.

waardes in die gemeenskap beywer, vereer op 23 September mense in die gemeenskap wat etiek en waardes nastreef en uitleef. Skryf aan Hannelene Mostert by hanmos@mweb.co.za. WOENSDAG 24 SEPTEMBER S Erfenisdag. Openbare vakansiedag en nasionale braaidag. S Ds. Tienie Benade word om 19:00 deur Frank Opperman in die NG kerk Heuwelsig opgevoer. Vooraf, om 18:30, is daar poeding en port. Dit kos R120. Bel Annetjie du Randt by 083-703-1316. S Die NG gemeente Ooshoek hou van 08:30 tot 14:00 basaar by Megapark in Curielaan. Bel Chrisna by 076-513-9719. S Donkermaan. S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende jong mense, kom om 19:00 by Lukas Steynweg 1 bymekaar. Bel Elna van der Walt by 082-462-5507. S Die Hokaaiers kan jou help om van ongesonde eetgewoontes af te sien. Hulle kom Woensdae om 10:00 by Clydesdale 10, Hippocrenestraat 36, Heliconhoogte, byeen. Bel Herman Loubser by 051-436-5668. S Karnaval van die Vleisvreters van 09:00. Sien advertensie elders op dié blad. S Die NG kerk Pellissier hou om 17:00 sy jaarlikse padwedloop ten bate van sy voedingsprojek. Dit vind plaas by die kerk in Vlakfonteinlaan. Afstande en inskryfgeld is: 10 km (R40); 5 km (R20) en 1 km (R10). Tydelike lisensies is teen R25 vir die 10 km-wedloop beskikbaar. Inskrywings vind op die dag van 14:00 tot 16:45 by die kerk plaas. Daar is prysgeld vir die eerste drie mans en vroue in die 10 km-wedloop, medaljes vir alle atlete wat wedlope voltooi, asook gelukspryse. Bel Giep van Zyl by 082-381-8120. S Karaoke om 20:00 in Oolong Lounge

Dit is sirkustyd in Bloemfontein. Sien advertensie elders op dié blad. S Lentekonsert om 18:00 in die kerksaal van Berg-en-Dal. Geld word vir bewusmaking oor gehoorgestremdheid ingesamel. Bel Elrie du Toit by 083-275-4815. DINSDAG 23 SEPTEMBER S Pensioners day’s every Tuesday at Makro. Call Eileen Ndewere on 051-101-1000. S Unashamedly Ethical, ’n instansie wat hom vir etiek en

DONDERDAG 25 SEPTEMBER S Navaratri (Hindu). S Koos du Plessis-huldeblyk deur Cyril Viljoen in die Aasvoëlklub. S Rosh Hashanah (First Day, Jewish). S Ehrlichpark-kosprojek: Die NG gemeente Heuwelsig lewer Donderdae ’n bord warm, gekookte kos aan 300 mense. Om betrokke te raak bel Lauriette de Waal by 051-436-5482. S Mense is nodig om Donderdae ’n halfuur lank sop en brood by die Klipkerk se sopkombuis uit te deel. Mense is ook nodig om sop te kook en brood te skenk. Bel Elize by 051-436-7322. S Martie du Plessis se Aand van die Sterre met Jak de Priester en Hein Wagner. Skakel 051-522-6801. S Stuur dagboek-bydraes voor Maandae na jens.friis@media24.com.

Kom smul, koop op mark Marie-Louise Smith DIE warmer weer is nou hier en daarmee saam is dit weer tyd vir Volksblad se kos-en-kunsmark op Saterdag 27 September. Die mark vind elke laaste Saterdag van die maand in die Botaniese Tuin in Bloemfontein plaas. Maak seker dat jy nie die ontspanne gesinservaring misloop nie. Daar is soos gewoonlik te kus en te keur tussen eetgoed van uitsoekrestaurante soos Bella Casa en Seven on Kellner, asook Theunie Kloppers se Zizi-restaurant wat heeltyds in die tuin sake doen. Daar is ook kos van ander private uitstallers wat gourmet-worsbroodjies, sosaties, pannekoek, skaapboudrolletjies, wafels, mini-quiches

en roomys insluit. Kom drink vroegdag ’n heerlike koppie koffie terwyl jy rustig jou Volksblad lees wat gratis by die ingang uitgedeel word. Crescendo-produksies bied lewende vermaak met sangers soos Lee-Anne Reineke, Isabella Grobler, Jonien Fourie, Juan Christo van der Linde en Brandon Botha. Moenie bekommerd wees oor parkeerplekke nie. By die ingang van die Botaniese Tuin ry jy net reguit na die agterkant van die tuin en parkeer jou motor. Vandaar stap of ry jy op ’n gholfkarretjie wat vir jou gerief beskikbaar is en binne stapafstand kom jy by die eerste stalletjies uit. Die mark het ’n gesellige, ontspanne atmosfeer wat iets vir elke markganger se smaak bied. Kinder-

klere, meubels, gebottelde produkte, soetgoed, klere in verskillende style, houtprodukte, skilderkuns, dekorartikels, juwele, biltong en speserye word te koop aangebied. Daar is ook vermaak vir die kinders met ’n springkasteel, spookasem, springmielies en roomyswaentjie. Produkte van Lollos en Lettie, asook Acornkids, sal beskikbaar wees. Moenie vergeet om ’n lootjie ten bate van Engo se Ons Kinders-projek te koop nie. Daarmee staan jy die kans om ’n splinternuwe Chevrolet Spark te wen. Toegang is R11 vir volwassenes en R6 vir kinders. Vir meer inligting oor hoe om ’n stalletjie vir die mark te bespreek kontak MarieLouise Smith by mlsmith@volksblad.com.

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 5

’n Lente­uitstalling van die Bloem­skildergroep is in die Bloemheu­ wel­kerksaal gehou. ’n Deel van die verkope is aan die Olea­kanker­ sorgtehuis gegee. Van links is Neels de Leeuw, Heléne de Jager en Corné le Roux. Op die agtergrond is van Heléne se skilderye.

Foto: Jens Friis


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 7

VERLOOF: Mariesa en Marais.

Nthabeleng and Siyanda Mboya.

Foto: Eye Candy Photography House

Dié pare is in die eg verbind

STUUR gerus ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die foto (verkieslik in kleur) moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Pieter en Jean­Lirri Koekemoer.

Foto: Alex Henning

Lené en Jean­Cyril Quenet.

Foto: Charlene’s Photomemories

Elizna en Wian Theron.

Foto: Pieter Booysen

Jean en Veronica Smith.

Foto: Mandie Niemann

Foto: Sonia Small

KLEIN PICASSO’S: Die Onafhanklike Skool Eduplus het goed in die Santam­kunskompetisie vir 2014 gevaar. Uit die meer as 4 000 inskrywings landwyd word jaarliks slegs 200 gekies om aan die Santam­kunsuitstalling deel te neem. Altesaam 18 Eduplus­leer­ linge se kunswerke is vir die uitstalling gekies. Eduplus het ook die eerbewyse vir die beste prestasie in dievyfjaar­, sesjaar­ en se­ we­ tot 8­jaar­ouderdomsgroepe ontvang. Hier is Eduplus se klein Picasso’s. Van links is, voor: Lieschen Bornman, Makhetha Nkomo, Christiaan Terblanche en Conall Mackey; tweede ry: David Mofolo, Bokang Nkalai, Ronan Mackey, Bea­ne Schoeman, Danelle Jaftha en Travis Ridler; derde ry: Jaco Strydom, Motlotlegi Motshabi, Thesele Setsabi, Jardel Jonathan en Neo Smiles; agter: Lane Ros­ souw, Stephanie Killian (kunsonderwyser) en Danielle Ceronio.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014


BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 9

Hier is eerste kleingoed Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se Roosknoppie-kompetisie is nou amptelik oop en die eerste inskrywings word reeds vandag geplaas. Die inskryfvorm is hieronder. Die gewilde kompetisie staan voorts as die Bloemnuus-Roosknoppie bekend en foto’s van deelnemers sal in Bloemnuus en sy susterpublikasies Noordkaap, Maluti, Kroonnuus, Vista en die Kalahari-Bulletin verskyn. Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisietjies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangewys. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-finaliste word deur leserstemme en die organiseerders bepaal. Lesers sal ná die sluitingsdatum van die kompetisie ’n geleentheid kry om aanlyn vir hul gunstelinge

te stem. Die top-30 sal bestaan uit die top-20 onder die leserstemme en tien finaliste wat deur die organiseerders gekies word. Die organiseerders se besluit is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Die inskryfgeld van R30 word aan Volksblad en sy plaaslike koerante se Ons gee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kersfonds) geskenk. Ouers word versoek om hulle van die reëls op die inskryfvorm te vergewis en daarby te hou. Die sluitingsdatum is op Maandag 29 September om 12:00 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Jy kan jou inskrywing pos of by Volksblad se kantoor inhandig. S Rig navrae aan Madelein Venter deur ’n e-pos te stuur na madelein.venter@volksblad.com.

Micayla van der Walt (3) van Bloemfontein is die dogter van Linda en Jaco van der Walt.

Jo­Anne du Plessis (3) van Bloem­ fontein is die dogter van Annema­ rie en Hendri du Plessis.

Lianie Möller (4) van Bloemfontein is die dogter van Nadine en Willie Möller.

Melienke Bosch (3) van Bloemfon­ tein is die dogter van Sonja en Herman Bosch.

Mieke Loubser (3) van Bloemfon­ tein is die dogter van Jolanda en Heyns Loubser.

Megan Steyn (4) van Bloemfontein is die dogter van Emmerentia en Desmond Steyn.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

Attorneys donate books to Engo IN support of International Literacy Day on 8 September, staff from Phatshoane Henney Attorneys donated over 160 secondhand books to give to those in need. A range of books – from children’s books to fiction, non-fiction and even a complete set of Encyclopedia Brittanica – were then handed over to Engo, a non-profitable and non-governmental

organisation that focuses on the care of children, the elderly, families, persons with disabilities and patients in need. Engo will now distribute the books where the need for the written word is greatest. Jan Berry, CEO of Phatshoane Henney Attorneys, says as literacy is such a critical aspect of a good education, the firm believes the

donation of these books is sure to make a lasting difference in many children and adults’ lives. “Having access to reading material is something many of us take for granted, but is in reality a great privilege that not everyone gets to experience. Even if this book donation brings only one person to experience the wonder of reading, we’ll be more than happy.”

Frikkie van Dyk, head of Ons Kinderhuis, receives the more than 160 books dona­ ted by Phatshoane Henney Attorneys on behalf of Engo. With him is Magdel Louw, public relations and marketing manager of Phatshoane Henney Attorneys.

Ken jy dié woord? VERRUIM jou woordeskat deur gebruik te maak van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT):

SETSWANA s.nw. Tswana: “Sy huistaal is Setswana, maar soos dié swart taal het ook Afrikaans sy ‘hart se taal geword’.” (Beeld, 14 Jul. 1994, 6). “ ‘Motale’ beteken groen in Setswana. ‘Dit simboliseer groei, vooruitgang, rykdom, opbrengs. En dit is dan ook die eienskappe van my besigheid’.” (Rapport, 13 Nov. 2005).

DIE BEHEERLIGGAM: SOLOLUMI/ J SEGOE

EIENDOMME ALLERLEI 1655

EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217

FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

FINANSIEEL 1420

DECLINED BY THE BANK? WHY NOT GO ON TO BUY FROM US Email to martie.benecke @gmail.com or call 076 752 7446

KRUIEKENNER 1435

LENINGS

TROETELDIERE 1660

Geregistreerde Siberiese Huskies te koop. Reeds reg om dadelik te gaan. Gebore 18 Augustus 2014. Pryse vanaf R780 tot R1 380 elk. Vir verdere inligting, skakel 072 046 0873 of 082 429 1647.

ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.

TE KOOP

JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE

3250

Ruim 2-slk-woonstel op hoewe te huur. Toesluitmotorhuis met afdak en Naledi Tents Hire: Tents for eie tuin, R3 500 p.m. W en ligte uitgesluit. Beskikbaar hire for all occasions. Chairs and tables available from R450 1 November 2014. Skakel only. Contact 078 294 8662. Chris by 073 325 8320. Wiesbaden Beer and AFTREEOORDE Deer Festival TE HUUR Vrydag 26 - 27 Sept 3310 2014. Vr. 26ste: Hekke open om AFTREEOORD: Te huur 3 slaapkamers, luuks, 17:00. Yskoue bierpromo splinternuut. Bewoners moet met 'nice' pryse ouer as 50 wees. Onmiddellik 'Jay' en 'Jacobus Silver' beskikbaar, R7 900 p.m. Skakel 083 291 1524. live from 21:00. R40 per persoon. Optrede (heelaand) BETREKKINGS deur Dj Umpa 3600 Saterdag 27ste : Hekke open om 10:00 en vir slegs R20 p.p. die ALGEMEEN volgende: Alle rugby op 3680 groot skerm. Kompetisies: LANGAFSTAND vragmotor•Potjiekos bestuurders benodig. Kode EC •Toutrek met PDP 'n vereiste. •Sterkman Stuur CV na: bbdrivers01@gmail.com •Skyfskiet •Sang •Robbertson's Wyn en Seekos-tent BOEDELS: Kosstalletjies KREDITEURE EN Boeremusiekorkeste DEBITEURE 4201 Optrede deur 'Jacobus Silver en K2Band' - nuwe 122 JJ CILLIERS CD-vrystelling In die boedel van wyle Baie, baie pryse. Johanna Jacoba Cilliers, idenGroot promosies! titeitsnommer 401208 5020 Springkasteel en water080, datum van dood wurm. Hele gesin welkom 15/06/2014, boedelnommer 23831/2014, getroud binne (geen kinders in kroeggemeenskap van goedere met areas toegelaat nie). Andreas Cornelius Cilliers, van Vir enige navrae skakel Lambonstraat 1, Fichardtpark, gerus 051 451 1211. Bloemfontein 9301.

1445

Consolidation loan online: Up to R230 000. Bad credit welcome. E-mail: help@debtcon.co.za

WOONSTELLE TE HUUR

ROMMELVERWYDERING

1645

1860

ASGAT: Vullis, bourommel, bome. Oplaai en verwyder. Skakel 082 782 7433.

BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

Krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf 19 September 2014. Eksekuteur: AC Cilliers van Lombardstraat 1, Fichardtpark, Bloemfontein 9301.

122 RR LOUW In die boedel van wyle Rachelle Roux Louw, identiteitsnommer 291010 0056 08 2, 'n weduwee, voorheen woonagtig by Rosecare Versorgingseenheid, Serfonteinstraat 27, Fichardtpark, Bloemfontein, boedelnommer 5966/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in die genoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein, vir 'n periode van 21 dae gereken vanaf 19 September 2014. Naam en adres van Eksekuteur: AS Jacobs Jacobs Prokureurs Posbus 11083 Universitas Bloemfontein 9321 Tel. 079 431 7884.

122 TW ABEL In die boedel van wyle Theodore Wynand Abel, boedelnommer 24459/2014, Meesterskantoor Bloemfontein, geboortedatum 11 Desember 1929, identiteitsnommer 291211 5028 08 0, laaste adres Boerenooientjielaan 5, Pellissier, Bloemfontein, datum van dood 20 Augustus 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 19 September 2014 (datum van publikasie hiervan). EE POHL, Symington & De Kok, Posbus 12012, Brandhof, 9324. (MHA0054)

GEREGTELIKE VEILING 4501

VEILING: KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE In die Landdroshof vir die distrik van Bloemfontein, gehou in Bloemfontein, saaknommer 26859/2012, in die saak tussen DIE BEHEERLIGGAAM: SALOLUMI, eiser, en JACOLINE SEGOE, verweerder. Geliewe kennis te neem dat ingevolge 'n vonnis verleen op 18 Desember 2012 in bogemelde Agbare Hof en ingevolge 'n Lasbrief vir Eksekusie wat daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop word aan die hoogste bieër te Balju, Bloemfontein-Oos Veilingslokaal, Mannionweg 4C, Ou Industriële Gebied, Oranjesig, Bloemfontein, op 14 Oktober 2014 om 10:00: Beskrywing: 1x plasma-TV-staander 1 x Sansui LCD-TV 1x eetkamerstel (tafel met 6 stoele) 1x Defy-wasmasjien 1x Kelvinator-wasmasjien 1x sitkamerbank (bruin) 1 x Bosch-yskas 1 x LG-mikrogolfoond 1 x Goldair-gasverwarmer 1 x LG-DVD 1 x MNet-dekodeerder 1x koffietafel Dra asseblief sorg dat die bekendmaking van die verkoping voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008, soos gewysig. 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju, Bloemfontein-Oos, Sewendestraat 3, Bloemfontein. 3. Registrasie as 'n koper, is vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes o.a. 3.1 Voorskrifte van die Wet op Verbruikersbeskerming, Wet 68 van 2008 (URL: http://www.info.gov.za/view/ DownloadFileAcion?id=99961) 3.2 Fica-wetgewing met betrekking tot identiteits- en adresbesonderhede. 3.3 Betaling van terugbetaalbare registrasiegelde. 3.4 Registrasievoorwaardes. 4. U kennisgewing van verkoping se hoofopskrif moet die woord 'VEILING' bevat. 5. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju, Bloemfontein-Oos, met afslaers AJ Kruger en/of TI Khaudi. Advertensiekoste teen die huidige advertensietariewe en veiling kostes ingevolge die hofreëls sal geld. Gedateer by Bloemfontein op hierdie 15de dag van September 2014. SYMINGTON & DE KOK Prokureur vir eiser Nelson Mandelarylaan 169B Bloemfontein Docex 18 Tel. 051 505 6600 Faks: 051 430 4806 Verw: P Joubert/sd/MES9691 BALJU, Bloemfontein-Oos Bloemfontein


Alte dier-baar

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 11

FOTO’S vir die kompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is, stroom in na jens.friis@media24.com.

Daarom verskyn die beste troeteldierfoto’s groepsgewys in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal.

Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebook-blad. Byna 6 800 mense is lid van dié FB-blad.

Bea Oosthuizen se Miss Piggy.

Attie von Wielligh se Jackson.

Sammy op Gert Janse van Rensburg se skouer.

Andre Kruger en Michelle Joubert se Ava.

Lach nog ’n slach FANUS RAUTENBACH het ons oor die jare heen laat glimlag. Dié grappie kom uit sy boek Lach nog ’n slach saam met Fanus Rautenbach wat deur Tafelberg uitgegee is. OP dié gholfbaan moet ’n mens oor die pad loop om die spel te gaan voortsit. ’n Student besluit om die bal sommer bo-oor die pad te speel. Op daardie oomblik kom daar ’n bus in die hoofweg af. Die balletjie tref die bestuurder teen die slaap. Hy verloor beheer oor die bus, swaai dwars oor die pad, stamp vier karre uit die baan, tref ’n plataanboom langs die straat, buig ’n lamppaal, ry ’n tuinmuur om en stamp ’n nuwe DDM (duur Duitse motor) in sy eie motorhuis. Die verkeersman bekyk die spulletjie. “Wie se werk is dit dié?”vra hy en die student kyk af na sy gholfstok. “Ek het dit gedoen, meneer . . . ” “En wat gaan jy daaromtrent doen?” vra die konstabel. Die student kyk af na sy gholfstok. “Ek sal my greep moet verander, ek dink as ek my linkerhand ’n bietjie laat sak . . .”

Annemarie du Plessis se Sally met Jessie.

Carla Grove se Frank en Patat.

Luzaan Pretorius se Bella en Lady.


Ringbalklub wys sy slag VYFTIEN spelers en een spanbestuurder van die Polisie-ringbalklub in Bloemfontein is gekies om die Vrystaat op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in Nelspruit te verteenwoordig. Dit was ’n strawwe toernooi waar in sewe wedstryde teen distriks- en provinsiale spanne meegeding moes word. In die B-liga is die mans en

vroue onderskeidelik as toernooiwenners aangewys en veteranevroue as die bywenners. Ruan Slabber is vir die Suid-Afrikaanse o.15-uitnodigingspan gekies. Vir meer inligting oor ringbal in die Vrystaat bel Koos Neethling by 083-595-0663. ) ’n Spanfoto verskyn op www.bloemnuus.co.za.

SUT vereer spelers DIE rugbyklub van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, hou die einde van die maand sy jaarvergadering. Die vergadering sal op 30 September om 19:00 in die Orion-gebou plaasvind. ’n Nuwe bestuur van die klub sal ook gekies word. Verder sal die SUT oudergewoonte sy beste spelers van 2014 met sy beker-eerbewyse

vereer. Hieronder is die speler van die jaar-eerbewys. Die Ixiasflank Frans Sisita het in 2013 dié eerbewys ontvang. Die Ixias het vanjaar wéér die Varsityskildreeks gewen en neem in 2015 die eerste keer aan die Varsitybekerreeks deel. Vir meer inligting bel André Proos, SUT-rugbyklub se sekretaris, by 079-065-5745.

SO LYK ’N WENNER: Hanani Neethling (33) (regs) van Bloemfontein het Saterdag by die Windmill­casino in Bloemfontein Nabba Vrystaat se Toned Figure­afdeling gewen. Saam met haar op die verhoog is Chan­ telle van Tonder (33) (links), ’n Oos­Kapenaar wat voorheen in Bloemfontein gewoon het, en Nanette Becker (31), ’n Noord­Kapenaar wat in Bloemfontein woon. Bloemnuus was die mediaborg van dié byeen­ koms. Nog foto’s op www.bloemnuus.co.za. Foto: André Damons

Ren in bewarea DIE Brandkop-bewarea hou Woensdag, op Erfenisdag, sy jaarlikse bergfietswedren saam met PwC in dié bewarea. Daar is roetes met afstande vir die minder dapperes, vir die langasems én vir diegene wat ’n tegnies uitdagende roete verkies. Vanjaar is daar ook ’n afdeling vir aflosspanne en instansies – ondernemings en skole kan groepe groepe inskryf. Die inskryfgeld vir ’n span van vier lede is R240. Vir die gesoute bergfietsjaers is daar ’n tegniese enkelbaanroete oor 18 km, 36 km en 54 km. Die inskryfgeld is R100. Beginners en diegene wat ’n

bietjie bang is, kan die nie-tegniese enkelbaanroete oor afstande van 10 km tot 40 km teen R60 per persoon oorweeg. Inskrywings kan op die dag van 06:30 tot 07:45 by die Haldon-gastehuis gedoen word. Die deelnemers spring om 08:00 ook hier weg. Pryse is op die spel. Die Brandkop-bewarea is in 2010 gestig om die gebied by die ou renbaan in Pellissier se fauna en flora te bewaar, die toenemende vullisstorting te keer en die gebied as ’n buitelug-ontspanningsgebied te ontwikkel. Sedertdien is die vullis, bosslapers en plantstropers baie minder

en is meer as 15 km se paadjies vir bergfietsryers, stappers en drawwers ontwikkel. Die geld wat deur die aanbieding van die jaarlikse bergfietsren ingesamel word, word aangewend vir nog bewaringsprojekte in die gebied. Een van die belangrike doelwitte vanjaar is om ’n veldwagter aan te stel om ’n ogie te hou sodat ongewenste dade soos onwettige jag en grensdraad- en plantdiefstal nie plaasvind nie. Vir meer inligting bel Etienne van Niekerk by 082-800-0440, of skryf ’n e-pos aan hom by etiennevn@iafrika.com.

NEEM DEEL: Dié landloopatlete van die Laerskool Willem Post­ ma is ingesluit in die Vrystaatspan wat in George aan die Suid­ Afrikaanse landloopkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem het. Hulle is, voor: Marinel Visser, Carlé Stockenström en Louis Steyn; agter: Marjolijn Visser, Rachellé Stockenström en Marko­ Mike van den Berg.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.