Bloemnuusbl 20141009

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Donderdag 9 Oktober 2014

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Die kanse is goed dat die room van swem in Afrika, soos Cameron van den Burgh (foto) en Chad le Clos, in die Senior Afrika­swemkampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein gaan kom meeding.

Kampioene dalk op pad Afrika­swembyeenkoms moontlik in 2016 in Rosestad Marietjie Gericke

DIE kanse is goed dat die room van swem in Afrika in 2016 in die Senior Afrika­swemkampioenskaps­ byeenkoms in Bloemfontein gaan kom meeding. Dit beteken dat groot name in Swem Suid­Afrika soos Chad le Clos en Cameron van den Burgh hier sal swem. Só sê dr. Henk Boshoff, nuwe president van Swem Vrystaat, Shaun Adriaanse, uitvoerende hoof van Swem Suid­Afrika, en Marco Markgraaff, hoofafrigter van Kovsie­swem, wat deel van Swem Suid­Afrika se nasionale afrigters­ groep is. (Sien foto op bl. 10.) ’n Vergadering is Vrydag hieroor

in Bloemfontein gehou. Adriaanse sê samesprekings om die byeenkoms in Bloemfontein te kry is met die Sportkonfederasie en die vorige LUR vir kuns, kultuur, sport en rekreasie, Dan Khotule, gevoer. “Reeds met dié samesprekings was die mening meer nasionale en internasionale swembyeenkomste moet na die Vrystaat en spesifiek Bloemfontein gebring word.” Dit vorm deel van die groter sport­strategie om Bloemfontein ’n gasheerstad van meer sportsoorte in Suid­Afrika te maak en om dié stad as sport­mekka uit te bou. “Ons het daarom Vrydag samesprekings in Bloemfontein kom hou waarby George Mohlakoana

van die Mangaung­metro en die president van die Vrystaatse Sportkonfederasie, Gerry Segwaba, teenwoordig was om die Senior Afrika­swemkampioenskapsbyeen­ koms in 2016 in Bloemfontein te kom hou en om daarvoor te beplan.” Adriaanse sê saam met die swembyeenkoms sal die vierjaarlik­ se algemene kongres van die Confédération Africaine de Natation oftewel die Afrika­swemkonfedera­ sie, ook hier gehou word. “Om die geleentheid in Bloem­ fontein as gasheerstad te kan aanbied moet geldelike waarborge van R12 miljoen verskaf word. Dit moet uit die koffers van die stad en die provinsie gesamentlik kom

vir die bod sodat goedkeuring van Sascoc verskaf kan word.” Na dié goedkeuring gaan die proses na Sport en Rekreasie Suid­Afrika (SRSA) vir hersiening, en dan na die nasionale regering vir goedkeuring. Adriaanse sê tussen 250 en 300 van die beste swemmers van oor die vasteland sal kom deelneem. Uitsluitsel oor die byeenkoms behoort teen einde Oktober bereik te word, waarna goedkeuring van Sascoc en die SRSA verkry kan word. Boshoff sê dit was ’n voorreg om Adriaanse in Bloemfontein te ontvang en ’n veer in die hoed vir die Rosestad dat Swem Suid­Afrika Bloemfontein geïdentifiseer het vir

die aanbied van die Senior Afrika­swemkampioenskapsbyeen­ koms in 2016. “Dit wys die belegging van die metro in ’n swembad van interna­ sionale standaarde was die moeite werd.” Markgraaff sê hy weet Swem Suid­Afrika besef die Vrystaat en Bloemfontein het goeie swemmers en dat van die heel bestes in die wêreld al uit die Rosestad gekom het. Dié byeenkoms kan baie vir die bemarking van Bloemfontein as stad beteken. Op Bloemnuus se Facebook­blad is foto’s van Suid­Afrika se bekend­ ste swemmers wat hopelik in Bloemfontein sal kom swem.


2 BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014

Melinda Bester (22)

Su­Nita Coertzen (18)

Nienke Coetzee (20)

Sasha­Lee Gouws (20)

Anandi Grobbelaar (19)

Charnelle Ingram (17)

Carli Rothmann (21)

Diandri Saaiman (22)

Jamie­Leigh Taaibosch (15)

Benita van der Merwe (17)

Lizé­Marie van der Walt (19)

Loraine van Heerden (22)

Lesers wen met Mej. Bfn-Roos

VIER lesers kan pryse losslaan deur die eerste drie plekke in Ons Stad en die Fleurdal Mall se Mej. Bloemfontein­Roos 2014­wedstryd in die korrekte volgorde te voorspel.

Die vier pryse wat ter sprake is, is: ) Caramello’s voorsien aan een leser van Ons Stad ’n Caramello’s­eetbewys. ) Wimpy in die Fleurdal Mall voorsien aan een leser van Ons Stad ’n Wimpy­eetbewys. ) Checkers Hyper in die Fleurdal Mall voorsien aan een leser ’n Checkers Hyper Fleurdal­kruideniersgeskenkbewys. ) Lilly’s Biltong in die Fleurdal Mall voorsien aan een leser ’n Lilly’s Biltong­ge­ skenkpak. S Indien daar meer as een wenner per prys is, sal met ’n gelukstrekking bepaal word wie die pryse sal ontvang. Lesers moet aandui watter een van die vier pryse hulle wil wen en die inskryfvorm hieronder voltooi. Die voltooide inskryfvorm moet by Lilly’s Biltong in die Fleurdal Mall in Vereeniging­ rylaan, Fleurdal, Bloemfontein, ingegee word. Die sluitingsdatum van Ons Stad se leserskeusekompetisie is op Donderdag 16 Oktober om 18:00. Die wenners sal op Vrydag 24 Oktober telefonies bekend gemaak word. Gaan na www.bloemnuus.co.za en lees meer oor die finaliste om jou keuse vir die kompetisie te kan maak.

Dié vrae is aan elke finalis gevra: 1. Hoekom het jy jou ingeskryf? 2. Wie is jou rolmodel? 3. Wat is jou gunsteling­ Afrikaanse kinder­ liedjie? 4. Is daar enigiets in jou loopbaan waarop jy besonder trots is? 5. Wie of wat gee jou ’n huppel in die stap?

Melinda Bester: 1. Ek wil graag by Reik na ’n Droom betrok­ ke raak en ’n verskil maak. 2. Hanchen Mielmann, Mej. Vrystaat 2014. Sy is jonger as ek, maar dinamies en baie dapper. Sy is al ’n paar jaar my vriendin. 3. Twinkle twinkle little star. 4. Ja, een van my leerlinge het eenkeer vir my kom vertel watter goeie invloed ek op haar het. 5. Mense in slegte omstandighede wat altyd glimlag, en my kêrel. Su­Nita Coertzen: 1. Dit is nie vir my ’n skoonheidskompetisie nie, maar ek wil dit graag meer bekend onder ander studente maak en om Bloem­ fontein se naam hoog te hou. 2. Tanya van Graan. Sy is ’n goeie voorbeeld van ’n gewone meisie wat sukses behaal het sonder om na haar omstandighede te kyk. 3. Vissies in die water . . . 4. Ek het in die laerskool en hoërskool in die leerlingraad gedien en glo ek is ’n goeie leier. 5. My moeder, sy het altyd raad en haar glimlag kan enigiemand se dag opvrolik. Nienkie Coertzen: 1. Ek wil graag die kroon dra en by kinders betrokke wees soos deur Reik na ’n Droom. 2. My ma. Ek bewonder haar, want sy het ’n positiewe houding teenoor die lewe en sy is ’n outgoing mens. 3. Dit borrel in my. 4. God, sonder hom is ek niks nie. Sasha­Lee Gouws: 1. Om nog een van my drome te bewaar­ heid. 2. My ma. 3. Stapsoldaatjie 4. My loopbaan het nou eers begin, maar ek is trots op my deelname aan Mej. Bloemfontein­Roos. 5. Ekself. Anandi Grobbelaar: 1. Mej. Bloemfontein­Roos is ’n goeie geleentheid vir my om ’n verskil in ander mense se lewe te maak. Ook om nuwe mense te ontmoet en dit net te geniet. 2. My ma. 3. Nadine – Krappies loop reguit en krefies loop skeef. 4. Ek is ’n internasionale danskampioen. 5. Wanneer my gunsteling­liedjies speel.

Charnelle Ingram: 1. Vir die ervaring en om nuwe mense te ontmoet. Ek dink ek het die vermoë om die volgende Mej. Bloemfontein­Roos te wees en met behulp van Andrie en die borge ’n verskil in ander mense se lewe te maak. 2. My ma. 3. Jesus loves me this I know for the Bible tells me so . . . 4. Wat ek in my dansloopbaan bereik het. 5. Phil.4:13: I can do all things through Christ who strengthens me.

Carli Rothman: 1. Ek wil ’n verskil in iemand se lewe maak, al is dit net in een persoon s’n. 2. My ouma. Sy is 72 jaar oud en is mooi van binne en buite. 3. Heidi 4. Ja, net om ’n onderwysstudent te wees en om met kinders te kan werk. 5. My vriende. Diandri Saaiman: 1. Om deel van dié besonderse reis te wees. 2. Karlien van Jaarsveld 3. Stapsoldaatjie 4. My demo­CD. 5. My kleinboetie, ons verskil 14 jaar. Jamie­Leigh Taaibosch 1. Ek wil graag die volgende Mej. Bloemfon­ tein­Roos wees. 2. My ma. 3. Liewe Heksie 4. My skool se spelkompetisie. 5. Musiek

Benita van der Merwe: 1. Dit sal ’n groot voorreg wees om die kroon as Mej. Bloemfontein­Roos te dra. Indien ek wen, kan ek meer betrokke by Reik na ’n Droom wees. 2. Steve Jobs. Hy het uit niks nie ’n suk­ ses gemaak en het baie wysheid. “The people who are crazy enough to believe they can change the world, are those who do.”– Steve Jobs 3. Ek het hande. 4. Ek is die redenaarswenner in Suid­Afrika in 2014. 5. Om ander mense te laat glimlag, blinker­ tjies en spookasem. Lizé­Marie van der Walt: 1. Om my passie vir mense uit te leef. 2. Joyce Meyer 3. Ek is ’n dapper muis 4. My goeie akademiese punte. Ek hoop om dit so te hou. 5. My ouers en my vriende. Loraine van Heerden: 1. Om die titel Mej. Bloemfontein­Roos te gebruik om ’n verskil in ander mense se lewe te kan maak. 2. Dit is dalk ’n cliché, maar my ma. Ek kan nie aan enigiemand anders as sy dink soos wie ek eendag graag wil wees nie. 3. Why don’t you dig a little deeper 4. Dat ek mense kan help om beter te sien. 5. My twee Pekinees­hondjies met hul plat neuse, Savanna en Mika.


BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014 3

‘Integriteit die hoeksteen van vryheid’ Marietjie Gericke THABO MANYONI, die uitvoerende burgemeester van die Mangaung­metro wat deur die stad Gent in België vir die wêreld se beste burgemeester benoem is, vestig hom as een van die vooraanstaande leiers in plaaslike regering in Suid­ Afrika. Jong studente se vaardig­ heidsontwikkeling lê Manyoni ook na aan die hart en hy het gister ’n groep van sowat 100 jong vaardigheidsprakti­ syns van oor die land heen by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, toegespreek. Manyoni het ook onlangs op ’n vyfdagkonferensie met die tema Vryheid is ons verantwoordelikheid by die

Universiteit van die Vrystaat (UV) gesê leierskapintegriteit is die verantwoordelikheid van alle inwoners en sakelui en nie net dié van die politieke leierskorps nie. Manyoni het gesê daar moet positiewe optrede op grondvlak wees om brûe van versoening en heling te bou. “Versoening, volhoubaar­ heid, bemagtiging en integriteit is hoekstene vir ’n verantwoordelike en vrye samelewing. Met vryheid kom verantwoordelikheid. “Die saad van volhoubare groei en ontwikkeling moet in gemeenskappe gesaai word, terwyl weggedoen moet word met ‘barbaarsheid’ wat dade van terreur en geweld insluit. “Dit is almal se verant­ woordelikheid om toe te sien dat menswaardigheid en

menseregte eerbiedig word.” Hy het gesê hy beskou die konferensie as ’n belangrike gebeurtenis waaraan hy hom verbind. Meer as 60 plaaslike en internasionale sprekers en meer as 200 afgevaardigdes van oor die wêreld heen het dit bygewoon. Sprekers het onder meer debat gevoer oor hoe die fondament van versoening versterk kan word en oor hoe integriteit en volhoubaarheid daarvan in die plaaslike en internasionale gemeenskappe verbeter kan word. Kongresgangers het ook die gemeenskap van Platfon­ tein buite Kimberley aange­ doen waar programme aangebied is om die kultuur van bemagtiging en integriteit te versterk.

SAMEL GELD IN: Die Dameskring in Bloemfontein het ’n skoen­modeparade gehou om geld vir die instandhouding en terrein­ontwikkeling van die Vrouemonument in te samel. Hy het R5 000 ingesamel en die bedrag is aan prof. Piet Strauss, voorsitter van die Vrouemo­ numentkommissie, oorhandig. Die Dameskring is ’n instansie wat die Afrikaanse kultuur bevorder. Van links is Karn Botha (uitvoerende bestuurslid van die Dameskring), Strauss en Magdaleen Schoch (lid van die Vrouemonumentkommissie). Foto: Conrad Bornman

NCR to look into shortfalls THE National Credit Regulator (NCR) has announced that it is commissioning an investiga­ tion into various credit providers regarding shortfalls arising from sales of consum­ ers’ repossessed motor vehicles and houses by credit providers. The investigation is part of

the effort by the NCR to ensure that credit providers sell consumers’ repossessed motor vehicles and houses as soon as reasonably practica­ ble or for the best price reasonably obtainable. “Credit providers should ensure that they sell consum­ ers’ repossessed motor

vehicles and houses as soon as reasonably practicable or for the best price reasonably obtainable so that consumers are not liable to pay shortfalls that are substantially high. This is an issue of serious concern to the NCR,” says Nomsa Motshegare, chief executive officer of the NCR.

Uitslae weer in koerant Op die konferensie was van links Anthony Duigan (’n organiseerder), Thabo Manyoni (uitvoerende burgemeester van die Mangaung­metro), Susi Gubler van Switserland (hooforganiseerder) en Rommel Roberts van die Oos­Kaap (organiseerder). Foto: Marietjie Gericke

Hulle is oorlede DIE volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: S Dr. Marius Venter (1967), ’n algemene praktisyn, is Vrydag dood in sy huis in Bayswater gevind. S Jan Jacobs (1955) se gedenkdiens is Dinsdag in die Avbob­kapel gehou. S Willem Frederick Gerhardus de Winnaar (1944) is Vrydag uit die NG kerk Brandfort­Oos begrawe. S Sarah Susanna du Preez (1927) van Serenitas se gedenk­ diens was Saterdag in die Wesley­Metodiste­ kerk. S Hester Olivier (1924) van Langenho­ venpark se gedenk­ diens is Vrydag in die Avbob­kapel gehou.

VOLKSBLAD sal volgende jaar weer die matriekuitslae plaas en versprei. Nuus oor toppresteerders en skole sal ook in ’n spesiale bylae aan lesers verskaf word. Volksblad vra derhalwe skole se samewerking om te verseker hul toppresteerders

se prestasies haal die koerant vir die nodige erkenning. Skole wat verwag dat hulle topleerlinge gaan hê, moet ’n kontaknommer aan Volksblad stuur van ’n verteenwoordiger wat van 2 Januarie 2015 af beskikbaar gaan wees. Stuur ook die name, foto’s en kontaknommers van

leerlinge wat toppresteerders kan wees – slegs dié wat ses of meer onderskeidings kan behaal – per e­pos na matrieks@volksblad.com voor 10 Oktober 2014. S Vir meer inligting kan Melisa de Wee of Kaydene Davids by 051­404­7878 gebel word.


4 BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014 MENINGS EN RUBRIEKE/COMMENTS AND COLUMNS

Kry ‘Bloemnuus’ Donderdae tuis DIE herbekendstelling van Bloemnuus en die daarstelling van Bloemnaweek het besonder glad verloop. Dankie vir die goeie wense en terugvoering – sien die briewe­ kolom hieronder. Wat wel hier en daar onseker­ heid geskep het, is watter van die twee produkte by jou huis afgele­ wer word. Jy kan Bloemnuus (vantevore op ’n Vrydag uitgereik, maar nou op ’n Donderdag) by jou huis te wagte wees. Dit word per hand afgelewer. Die verspreidingsgebied in Bloemfontein is vergroot en dit was lekker om terugvoering te ontvang dat lesers wat vantevore nie dié koerant ontvang het nie, nou kan saamlees. ’n Deel van die oplaag word ook in plattelandse dorpe soos Edenburg, Zastron, Tromps­ burg en Brandfort versprei. Op Vrydae is Bloemnaweek by

LESERSLENSKOMPETISIE: Met die aanbreek van die lente broei insek­ te uit waarvoor dit vantevore te koud was om te oorleef. Karien le Roux is met dié foto van ’n mot ’n ete in die Rosie’s Brasserie by die Windmill­casino ryker. Stuur gerus ’n foto en dalk wen jy die volgende eetbewys. Die kontakbesonderhede is onderaan die bladsy.

Mooiste maand, Só sê jy allermooiste stad

Bloemfonteinse sleutelpunte (hot spots) waar daar baie voete is, beskikbaar. Hieronder tel tientalle ondernemings soos Checkers, Spar, Fruit & Veg, Wimpy, Kloppers, Senwes en Pick n Pay. ’n Lys van sleutelpunte verskyn op www.bloemnuus.co.za. Daar sal gereeld bygewerkte lyste in Bloemnuus verskyn sodat mense altyd kan weet waar om Bloemnaweek te kry wanneer hulle gaan inkopies doen. Die naweekkoerant se versprei­ ding is gemik op ’n mark wat nie noodwendig die koerant tuis sou ontvang nie. Dit sluit ook besoekers aan die stad se winkelsentrums en hospita­ le, asook jonger mense, in. Bel Rouxnette McKeating by 051­404­7945 indien jy versprei­ dingsprobleme ondervind. – Jens Friis (red. Bloemnuus/Bloemnaweek)

HIER is van die briewe wat Bloemnuus/Bloemnaweek na aanleiding van sy herbekendstelling ontvang het. Dankie daarvoor.

S Geluk met die nuwe Bloemnuus/Bloemnaweek. En baie vreugde en sterkte met die nuwe baba. – Leatitia Pienaar

Laetitia Pienaar Dit is die maand Oktober. Die mooiste, mooiste maand. Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo . . . Wie ken nie dié bekende gedig van C. Louis Leipoldt nie? Dit is ’n ode aan die prag van die natuur. Maar, Leipoldt was duidelik nie in Bloemfontein met die aanbreek van die lente nie. Ons vreugde bars al van Augustus af uit en kondig die nuwe seisoen aan. Hy was ook nie in Oktober in Bloemfontein nie . . . Ek verkyk my aan die tuine en bome. Brose klein blaartjies in alle skakerings van liggroen verskyn amper oornag – die een oggend is daar net ’n effense beduidenis van groen en die volgende dag sê die natuur die lente is hier. Heinings soos watervalle van blomme in sagte geel, wit, helder­ pienk en rooi versterk die toneel wat my begroet. Daar is darem min dinge so mooi soos die lente ná die uitge­ waste, vaalgrys Vrystaatse winters. Oktober in Bloemfontein is Rosemaand. Bloemfontein se rose en die jaarlikse Roosfees het die

S Die nuwe Bloemnuus is regtig mooi en interessant. – Jaap Steyn S Sterkte met die nuwe Bloemnuus. – Gert Engelbrecht

Ek verkyk my aan die tuine en bome. Brose klein blaartjies in alle kleure van liggroen verskyn amper oornag – een oggend is daar net ‘n effense bedui­ denis van groen, en die volgende dag sê die natuur die lente is hier! stad reeds buite die landsgrense bekend gemaak. Die eerste Roosfees in die stad is in 1976 gehou. Wikipedia, die Amerikaanse “bron van alle inligting” sê: “Bloemfontein is popularly and poetically known as ‘the City of Roses’, owing to the abundance of these flowers and the annual Rose festival held there.” ’n Mens wonder hoeveel rose al in Bloemfontein geplant is. Net in een van die stadstuine, Konings­ park, is meer as 4 000 bome.

S Al 28 bladsye van die nuwe Bloemnuus en Bloemnaweek is op en top. Geluk. – Stoffel Cilliers

Ek hoop mense plant vanjaar nog duisende aan sodat die naam Stad van Rose of Rosestad behoue kan bly en Bloemfontein nie die “stad van vullis” word nie. Dit is skrikwekkend hoeveel rommel in en om die stad gestrooi lê en rond­ waai. ’n Skoonmaakpoging sal amper onmoontlik wees. Dit kan net werk as elkeen rondom hom skoonmaak en skoon hou. Kom ons maak Bloemfontein die mooiste, mooiste stad in die mooiste, mooiste maand.

S Veels geluk met ’n skitterblink uitgawe van Bloemnaweek. Voor­ waar ’n altyd­onthou, want die eerste lewenslig is in die mooiste maand Oktober gesien. Die mooi foto van Anna Davel op die voorblad weerspieël die waardering. Pragtige foto’s, artikels met insig, dit lees lekker, en dit is ’n mooi geskenk aan ’n leser. Beste wense vir die toekoms. Die Rosestad is trots op die nuwe vreugde om te lees. – Hannes Engelbrecht S Ek hou werklik baie van die nuwe Bloemnuus. – Jorina Claassen S Die nuwe Bloemnuus kook. – Barend van der Merwe

Stuur briewe aan Bloemnuus na jens.friis@media24.com. S Geluk met ’n pragtige eerste uitgawe. Mag die koerant(e) ‘n reuse­sukses wees. – Amanda Appelgryn S Net om dankie te sê dat ek gisteraand deel van die bekendstel­ ling van die nuwe Bloem­koerant kon wees – ’n aangename en styl­ volle geselligheid en Koos Kombuis se optrede was voorwaar ’n verras­ sing. Sterkte met die projek voren­ toe. – Hannes Haasbroek S Die nuwe Bloemnuus is tops. – Joey Pretorius S Bloemnaweek is baie vars en lekker om te lees. – Lynne Landman


Eenwording is oral moeilik Daar is heelparty Duitsers wat die unifikasieproses verwens wat gevolg het nadat die Berlynse Muur ’n kwarteeu gelede geval het. Só het JENS FRIIS eens in ’n Berlynse kroeg geleer.

EK sit in ’n kroeg in Berlyn. Dit is splinternuut en kon net sowel ’n omgeskepte New Yorkse warehouse gewees het. Ongepleisterde mure. Helder 3x2 m­skilderye. Blink metaalligte. Dit is 21:30, maar nog sterk skemer en die plek is stillerig. Deur die muurgroot­ te vensters kan ek Nolendorf­ platz, ’n spilpunt van die naglewe in die gewese Wes­Berlyn, sien. Ek raak aan ’t gesels met ’n prokureur. Sy pa tree binnekort af en hy sal dan dié se praktyk oorneem. In sy laaste skooljaar is Duitsland herenig en kon hy in München gaan studeer. Daarna het hy in Berlyn kom woon. Hy sou dit verkies het as die twee Duitslande afsonderlike, nie­kommunistie­ se state gevorm het. Die Oos­Duitsers het nie dieselfde moderne praktyke, kennis en vaardighede as die ander Duitsers nie. “My oudlandgenote gaan tweedeklasburgers word en daarom is ek teen unifikasie,’’ sê hy in gebroke Engels. Hy is ook Russies magtig en verstaan talle van die Oos­Baltiese tale. Net soms is sy Engelse woordeskat nie omvattend genoeg vir ons gesprek nie en dan is dit sinvoller om ’n Afrikaanse woord te gebruik wat nader aan die Duitse ekwivalent is. Hy meen die ontwikke­ lingsprojekte wat soos paddastoele opskiet, beteken weinig vir die gemiddelde oud­Oos­Duitser, want dit is Wes­Duitse ondernemings. Terwyl my gespreksgenoot sy gevoelens in ’n vreemde taal probeer verwoord, val dit my weer op watter ingewik­ kelde proses dit is wanneer groepe een nasie gemaak

’n Nuwe lente soos dié in Dresden het ’n kwarteeu gelede met die val van die Berlynse Muur vir Oos­Duitsland gewink. Maar al die eenwordingsplanne het nie die afgelope 25 jaar wasdom bereik nie. Foto: Jens Friis

Dit val my op watter ingewikkel­ de proses dit is as groepe een nasie gemaak word, ongeag of dit in ’n (nog nie) verenigde Duitsland of ’n (nuwe) Suid­Afrika is. word, ongeag of dit in ’n (nog nie) verenigde Duitsland of ’n (nuwe) Suid­Afrika is. Burgers wat te veel van ’n regering verwag, korrupsie en wanbestuur is universeel. Ons drinkgoed is teen dié tyd boomskraap en hy vra wat ek saam met hom sal drink. Met die betaalslag merk hy op dat geld vir hom onbelangrik is. Hy het in die regte gestudeer, omdat hy ander mense wil help en sodat geregtigheid kan seëvier. Ek neem dié sosialis­ tiese storie met ‘n knippie sout. ’n Paar sinne later kla hy dat staatsaanklaers in Duitsland swak betaal word, veral as hulle jonk, onge­ troud en kinderloos is. “Het julle vooraf besef Kommunisme gaan tot ’n val kom,” vra ek.

Berlynse Muur val 25 j. gelede DUITSLAND het Vrydag Eenheidsdag (Tag der Deutschen Einheit) gevier. Vanjaar se vieringe was besonders: Dit is 25 jaar ná die val van die Berlynse Muur op 9 November 1989. Die proses om Duits­ land opnuut te verenig het op 3 Oktober 1990 geëindig, vandaar die besluit om dié dag as ’n vakansiedag in te stel. Die ekonomiese navorsingsinstituut Ifo, een van Duitsland se gesaghebbendste, het verlede week in ’n verslag gesê hoewel die Duitse regering groot vordering gemaak het om die ou, afgesonderde

ooste by die weste in te skakel het die gaping tussen die twee dele groot gebly. Ekonomiese groei in die ooste is opgejaag, die regering het in infrastruktuur belê en die lewenspeil in die DDR is verhoog, maar die ekonomie van die ooste het tussen 1995 en 2003 met net 20% gegroei vergeleke met die weste se 27%. Volgens die Ifo sukkel die ooste steeds met ’n gebrek aan groot ondernemings, geleenthe­ de vir gekwalifiseerde werkers en algemeen lae produktiwiteitsvlakke. Daar is ook ’n migrasie van jonges na die weste.

Terwyl Rusland nog baie rooi was, kon hy gelukkig soms na mense soos Brittanje se mev. Maggie Thatcher oor die radio luister. “Eers het ons gedink sy praat onsin, maar daardie inligting was soos ‘n mikro­ skyfie in ons brein waardeur jy anders na die wêreld gekyk het. “Victor Hugo het gesê al die magte in die wêreld is nie so kragtig soos ’n ideologie waarvan die tyd aangebreek het nie. “Oor ’n tydperk van twee of drie jaar het ons Kommu­ nisme se einde sien kom, maar min het die pas voorsien waarteen die verandering wel plaasgevind het. “Ek weet ’n bietjie van Suid­Afrika. Maar dit is min: apartheid, Mandela, Kaapstad en Pieter Willem Botha,’’ sê hy. Weet hy dan nie van oudpres. F.W. de Klerk en die rol wat hy gespeel het nie? “Ja, maar met my beperk­ te kennis verkies ek P.W., want F.W. het onder dwang toegegee.’’ Ek probeer verduidelik dit was in die omstandighede destyds al uitweg. Soms is dit immers noodsaaklik om op grond van waarskynlikhede, met die mate van risiko daar­ aan verbonde, keuses te doen. “Verandering was nood­ saaklik om ’n revolusie soos in die Sowjet­lande te verhoed,’’ sê ek. Hy merk op dat ons nie meer skaam hoef te wees vir apartheid nie. “Ek was vroeër ’n Kommu­ nis, maar was geseën om nie vasgevang te bly in dié denkstelsel nie. ’n Mens kan nie jou verlede uitkoop of daarvan ontvlug nie. As jy gelukkig is, kan jy dit deur jou dade vandag verander. Om dit te kan doen moet elkeen diep dink wat het verkeerd geloop en tot elke prys probeer voorkom dat dieselfde foute weer begaan word,’’ filosofeer hy. ’n Dag of wat later wag ek op ’n vlug na Frankfurt waar ek by vriende gaan kuier wat meer ten gunste van die unifikasieproses is. Een van die grootste voordele van ’n reis is dat jy bekende denkpatrone uit ander perspektiewe beskou en só die moontlikheid tot herevaluering gebied word.

BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014 5


6 BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014

Madras-beesvleiskerrie kry volpunte vir geur

JY benodig (vir vier tot ses mense): 2 sopies (50 ml) kookolie 1 ui, fyngekap 1 t gemaalde kaneel 2 kardamompeule ½ sopie (12,5 ml) komynsaad (of anys, maar nie steranys nie) ½ sopie gemaalde koljander ½ sopie brandrissiepoeier ½ sopie paprika 1 t borrie ½ sopie garam masala 1 kg beesvleis (sonder die bene, in stukke gesny). Vir ’n luukser variasie gebruik kruisskyf (rump) ½ sopie sout 1 t swartpeper 4 knoffelhuisies, fyngekap vars gemmer (in volume gelyk aan die knoffel) gerasper 1 blik gekapte tamaties 1 blik klappermelk sap van 1 suurlemoen 1 bakkie vars koljanderblare Laat waai! 1. Verhit die kookolie in ’n potjie op ’n middelslagvuur. Voeg die ui by en braai totdat dit sag is, maar nie bruin nie. 2. Nou kom die speserye by: kaneel, kardemom, komyn, koljander, brandrissie, paprika, borrie en garam masala. Roer ’n minuut totdat dit onweerstaan­ baar begin ruik. Nou gaan die neuse begin praat. Jou bure gaan dalk bel om hulself vir ete te nooi. Bly gefokus en kyk na die bodem van die potjie wat dalk baie droog kan lyk. Gaan dadelik oor na die volgende stap.

Kruisskyf (rump) maak dat dié gereg ’n uitklophou slaan. Foto: Jan Braai

3. Voeg die vleis, sout, peper, knoffel en gemmer by. Braai ’n paar minute totdat die vleis alkant begin bruin raak. Die beesvleis sal sap afskei. Gebruik dit om enige taai stukkies wat aan die bodem van die potjie klou, los te krap. Indien jy sukkel, gooi ’n bietjie water by, maar dit sal waarskynlik nie nodig wees nie. 4. Voeg die tamaties, klappermelk en suurlemoensap by. Kry die mengsel baie liggies aan die prut, sit die deksel op en laat dit 90 minute verder gaar word oor ’n paar kole (nie vlamme nie) totdat die vleis sag is. 5. Sit voor op rys met ’n jogurt­en­komkom­ mersous (bekend as raita) en vars koljan­ derblare. Wenk As jou pot klein is en jy kan nie al die vleis op een slag bruin braai nie, doen dit in sarsies voordat jy die ui braai. Sit die gebraaide vleis eenkant en voeg dit weer in stap 3 by. Jan Braai sê . . . Eet eerder kleiner porsies vleis van ’n beter gehalte. As jy vleis kan bekostig en een van my boeke, gaan jy waarskynlik steeds nie honger ly nie.


BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014 7

Dier­baar

FOTO’S vir die kompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is, stroom in na jens.friis@media24.com. Daarom verskyn die beste troeteldierfoto’s groepsgewys in Bloemnuus met die oog daarop om die finaliste te bepaal. Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebook-blad. Byna 7 100 mense is lid van dié blad.

Estelle Knox se Bubbles kou aan sy eerste been.

Walrico Jacobs se Wolf met sy geliefde rugbybal.

Annelize Kruger se Icee (poolhond) en Shylo (tiertjie) is maats.

PW Grobbelaar se OD kom met mens en dier oor die weg.

Hitler van Heidi Neethling.

Shanna Mitton se hondekinders.

Bloemfonteiners stap vir diere André Damons BLOEMFONTEINERS het die naweek op Wêrelddieredag saam met duisende mense oor die wêreld heen aan ’n optog vir die bewaring van olifante en renosters deelge­ neem. Soortgelyke optogte het in 120 stede oor die wêreld heen plaasgevind. Volgens die organiseerders word ’n olifant in Afrika elke 15 minute doodgemaak en vanjaar is reeds meer as 800 renosters in Suid­Afrika gestroop. Adv. Antionette Ferreira van die Nasionale Vervolgingsgesag het die optog in Bloemfon­ tein gereël waaraan oud en jonk, mans en vroue en selfs twee honde deelgeneem het. Annetjie Fourie het saam met haar drie kinders, Barend (7), Dalene en Riana (albei 4), deelgeneem en gesê dit is belangrik om vir diere om te gee.

“Daar moet strenger vervolging wees van mense wat die natuur skade aandoen. Ons het deelgeneem sodat die kinders kan leer om vir die natuur om te gee.” Barend het ná die optog gesê dit was lekker. “Ons moet leer om nie die renosters dood te maak nie,” sê hy. Eddie de Gouveia (48) van Heuwelsig sê dit is ’n briljante veldtog en daar moet meer bewusmaking plaasvind. “Ons moet meer bewustheid skep, want indien ons nie nou iets doen nie, gaan daar niks vir ons kinders oor wees nie. “Ek verstaan nie hoekom professionele jagters diere moet skiet net vir die trofeë nie,” sê hy. Enzo van Vuuren, stigter van Heal the World 4 Us, en verteenwoordigers van die instansie het ook aan die optog deelge­ neem.

TIENTALLE Bloemfonteiners het Saterdag op Wêrelddieredag in Westdene vir die beskerming van olifante en renoster gestap as deel van ’n wêreldwye optog vir die bewaring van dié diere. Foto: André Damons


8 BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014

VRYDAG 31 OKTOBER: Riana Nel en haar orkes tree in die Kovsiekerk op. Bespreek plek by Com­ puticket. Bloemnuus is die mediaborg van dié konsert. Foto: Brendan Croft

Wat gebeur wanneer? DAGBOEKINSKRYWINGS word gratis geplaas. Stuur ’n kort en kragtige inskrywing na jens.friis@media24.com.

VRYDAG 10 OKTOBER S Dance Centre bied Land of Oz in die Sand aan. Kaartjies is by Pacofs te kry.

DONDERDAG 9 OKTOBER S Dream Week: Christian Conference Unstoppable met Ray McCauley, Tommy Barnet, Miles McPherson en Chris Hill by die CRC, Vereenigingrylaan 69, Fleurdal. Kaartjies te kry by Computicket en die kerkkantoor. S Ehrlichpark­kosprojek: Die NG gemeente Heuwelsig lewer Donderdae ’n bord gekookte kos aan 300 mense. Bel Lauriette de Waal by 051­436­5482. S (Dis)place: Fotomontage en installasie deur Mari­Louise du Plessis tot 31 Oktober in Gallery on Leviseur. S Mense word benodig om Donderdae ‘n halfuur lank te kom help om die sop en brood in die Klipkerk se sopkombuis uit te deel. Daar is ook mense nodig om sop te kook en brood te skenk. Indien jy wil help, bel Elize by 051­436­7322.

SATERDAG 11 OKTOBER S Afrikoesties in InnieSkuur om 19:30. ’n Kaartjie kos R100. MAANDAG 13 OKTOBER S Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se rugbyklub hou sy jaarvergadering om 19:00 in die Shimlakamer op Shimlapark. Die rugbyklub sal ná sy jaarver­ gadering sy voorste spelers van die afgelope jaar op ’n prysuit­ deling vereer. Die Springbok­losvoorspeler Oupa Mohoje, wat verlede jaar die Shimlas in die Varsitybeker aangevoer het, is op die vorige prysuitdeling as die UV se senior speler van die jaar aangewys. Die voormalige haker van die Jong Bokkies, Jacques du Toit, is in 2013 as die klub se junior speler van die jaar aangewys. Spanfoto’s word om 18:00 geneem.

DINSDAG 14 OKTOBER S Huishulpuitreik­aksie deur die NG kerk Heuwelsig vir die aanleer van vaardighede. Bel Kotie Burger by 083­461­2887. S Pensioners’ days every Tuesday at Makro. Phone Eileen Ndewere on 051­101­1000. S Die kroningsgeleentheid van Oupa en Ouma Roos vind op Dinsdag 14 Oktober om 18:00 in Vanilla Sky langs die Petrus­ burgpad plaas. Kry kaartjies by Ans Coetzee by 082­467­6471. WEDNESDAY, 15 OCTOBER S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende jong mense, kom om 19:00 by Lukas Steynweg 1 bymekaar. Bel Elna van der Walt by 082­462­5507. S Die Hokaaiers kan jou help om van ongesonde eetgewoon­ tes af te sien. Hulle kom Woensdae om 10:00 by Hippo­ crenestraat 36, Heliconhoogte, byeen. Bel Herman by 051­436­ 5668. S Mathys Roets sing om 19:30 in InnieSkuur. Kaartjies kos R110.

DONDERDAG 16 OKTOBER S Mars, ’n kinderoperette, word om 19:00 deur die Laerskool Willem Postma in die Sand aangebied. Die operette is spesiaal deur Maretha Maartens geskryf en die musiek is deur Anton Esterhuyse gekomponeer. Xander Steyn is die choreograaf. Kaartjies is by Pacofs te kry. VRYDAG 31 OKTOBER S Symphony at the Woods om 20:00 in die Woodlands­onthaal­ geried. Ervaar ‘n romantiese aand in die bos saam met die ARCO MUSICA­simfonieorkes en eersteklas­sangers, onder leiding van Debbie Brink (dirigent). Die seremoniemeester vir die aand is André Venter(oudlid van Romanz). Die produksie sluit bekende instrumentale en vokale nommers in en is op die gewilde konsep van André Rieu geskoei. Kry kaartjies van R120 af by Computicket. Rig navrae by 083­259­2226. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert.


BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014 9

LENOVA CONSTRUCTION AND DEVELOPMENT is proud to present the City of Roses with another one of their finest cultivated develop­ ments. Delano View is situated in the upper northern part of Bloem­ fontein near the Botanical Gardens. The units at Delano View are modern, beautiful and free­standing townhouses. A fully electrical fence covers the whole complex alongside a secure gateway and 24 hour CCTV.

New complex introduced The buyer has a choice of six different townhouse designs: starting at 146 m² to 285 m², and a choice between a single or double storey, three or four bedroom, and two or three bathrooms; depending on personal requirements, whether

you are a young couple starting out, or maybe you are looking to scale down. All the units are very spacious with granite tops, a big island­kit­ chen in the bigger units, beautiful cupboard finishes in the kitchen and

bedrooms, porcelain tiling and an oval bath with a spacious garden with a modern, elegant look. Trim and quality paving adds the finishing touches to the townhouses. Furthermore, they offer their clients at Delano View with a

reliable and efficient managerial system and always strive to provide high quality service to their loyal and prospective customers. Their show houses are available for public viewing. If you need assistance, or for more information, phone Alice on 076­391­4068 or Solomon on 076­117­0899. S Have a look at the photos on the Facebook Page of Bloemnuus.


10 BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014

Is dalk gasheerstad vir byeenkoms BLOEMFONTEIN is dalk in 2016 die gasheerstad vir die Afrika­ senior swem­ kam­ pioenskapsbyeen­ koms. Van links is Shaun Adriaanse (uitvoerende hoof: Swem Suid­Afrika), Marco Markgraaff (hoofaf­ rigter: Kovsie­swem en deel van Swem Suid­Afrika se nasionale afrigtings­ groep) en dr. Henk Boshoff (president: Swem Vry­ staat). Foto: Marietjie Gericke

PROMOSIE

Hou reuse­atletiekbyeenkoms GEHALTE­ATLETIEK word deur Clover en Grey­kollege, in samewerking met die Hoër Meisieskool Oranje en die Universiteit van die Vrystaat (UV), na Bloemfontein gebring. Die Clover­atletiekby­ eenkoms vier vanjaar sy 16de bestaansjaar waarvan Clover 14 jaar deel is. Meer as 27 skole van oor die land heen sal saam met senior atlete van die Kovsies en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, in die Mangaung­stadion meeding. Bekende atlete soos LJ van Zyl, Johan Cronjé en Wayde van Niekerk is van die sterre wat vroeër op die geleentheid in aksie was. Die byeenkoms vind op 18 Oktober in die Mangaung­atletiekstadion plaas. Kom beleef puik atletiek teen R20 per volwassene. Van links is Christian Fourie (hoof van atletiek: Meisieskool Oranje), Ryno Bosch (streekverkopebestuurder: Clover), Piet Viljoen (hoof van atletiek: Grey­kolle­ ge), Sarina Cronjé (Kovsie­atletiek) en Hano Bezuidenhoudt (atleet van Grey). Foto: Van Zyl Naudé

ICAP-SA seeks to fill the following positions:

Research Assistant for the Nurse-Initiated and Managed ARt (NIMARt) Strengthening Project (18 Posts) • Pretoria (2) • East London (2) • Durban (2) • Cape Town (2) • Kimberley (2) • Polokwane (2) • Bloemfontein (2) • Nelspruit (2) • Mahikeng (2) ICAP has been awarded funding by the US Centers for Disease Control and Prevention (CDC) through the cooperative agreement – Strengthening the Evidence Base and Capacity for Implementing HIV Prevention and Care and Treatment Programs in the Republic of South Africa under the United States Presidents Emergency Plan for AIDS Relief (PEPFAR) to support the design and implementation of the national NIMART situational analysis, followed by updates/adaptation to NIMART in-service training and clinical mentorship, development of a QI program, and a final program evaluation of the enhanced NIMART training program. Based on the assessment findings and key recommendations, ICAP will support the DOH and collaborate with key developmental partners and stakeholders in the planning and implementation of high-impact strategies for NIMART enhancement. Reporting to the Regional NIMART Strengthening Advisor, this position will play an active role in the research activities implemented by ICAP across the Districts in the relevant province. Duties of the position include providing support in data collection and assuring data reliability and quality assurance checks, assistance with compiling reports for programme management and routine reporting, providing technical assistance in improving data quality and management processes. Computer literacy, the willingness to travel within the Province for extended periods and good people skills are required. The project will run for a period of seven (7) months. Duties and responsibilities: • Conduct mining, assessment and analysis of the NIMART training and mentoring data for patterns, trends, key issues in data collected • Assist with designing paper and electronic data capturing templates when necessary • Capture data from various source documents into the electronic database • Ensure that data capture in the register and database is complete and accurate • Be responsible for data cleaning, editing and maintenance of database of NIMART trained and mentored nurses • Verify NIMART training and mentoring program data for consistency, completeness and accuracy and submit statistical reports when required • Manage the electronic NIMART training and mentorship on the NIMART Strengthening database including maintaining backups • Collect and analyse NIMART training and mentoring program statistics, in partnership with the NIMART Strengthening Advisor • Keep data capturing equipment in good working order and report defects • Assist with the smooth and efficient day-to-day operation of the NIMART strengthening project and data collection activities • Liaise with relevant stakeholders on NIMART training and mentorship program data management issues • Support the day-to-day activities of any technical support staff specifically engaged in the carrying out of the NIMART strengthening project • Maintain the role of being the custodian of data, ensuring strict confidentiality and assisting with filing of all paper records • Coordinate submission of research data and support production of reports • Coordinate compilation, production and submission of research reports and presentations to key stakeholders • Log mapping and screening by GPS location marking each primary healthcare facility on Google Earth. Requirements: • A B degree • Research, monitoring and evaluation experience in an NGO environment • Experience in coordinating and managing research activities • Programme management skills • Demonstrated experience with coordinating research activities which may include training workshops, data form designing, data collection and data entry and management • Demonstrated experience in data entry and analysis using software, such as SPSS, Microsoft Access, Microsoft Excel, etc • Ability to work independently, efficiently, and to assess priorities with a high level of accuracy • Excellent verbal and written communication skills in English, including the ability to present materials in meetings • Strong written and verbal communication skills with a demonstrated ability to review, synthesise research information • Experience in liaison with multiple stakeholders and establishing good working relationships with all stakeholders • The ability to work within a results-orientated team • Willingness to travel to remote areas if required • A valid driver’s licence with expectation of frequent driving to implement study activities • Willingness to work beyond normal hours, as well as have late night or early morning study calls. Desired: • Experience in working with PEPFAR or other donor-funded projects • Familiarity with operational model of Department of Health Primary/Community Healthcare Clinics • Basic knowledge of HIV/AIDS • Strong verbal and written communication skills • Strong organisational skills • Detail oriented. Kindly e-mail your application and a detailed CV, with 3 contactable employment references, to pc2508@columbia.edu for the attention of Pumza Cembi. Please indicate the job title in the subject line. Closing date: 10 October 2014 112943


Duane stuit vir niks nie WAAR begin ’n mens om iets te verwoord van die ongelooflike rugbydrama wat hom verlede Sater­ dag op Ellispark tussen die wêreld se twee beste spanne afgespeel het? Aan die een kant is die versoeking groot om net te praat oor die volwassenheid van Handré Pollard, die onstuitbare Duane Vermeulen, beseerde ribbebeen en al, en die onbe­ skryflike temperament van ’n jong Pat Lambie wat aanlê pale toe terwyl meer as 61 000 mense asem ophou vir ’n skop wat ’n stukkie rugbygeskiedenis sou maak, wat ’n einde sou bring aan ’n reeks van 22 toetse waarin die All Blacks onoorwon­ ne was. Kom ek sê oor Vermeulen, speler van die wedstryd, minstens net dit – Springbok­ kleure het nie in sy skoot geval nie. Hy moes hard spook, het nie dadelik regmerkies in die Bokafrigters se boekies gekry nie, veral nie in 2010 toe hy uithaler­rugby gespeel het nie. Boonop is Vermeulen – hy het in 2007 en 2008 vir die Cheetahs gespeel – in 2011 en aan die begin van 2012 deur beserings gekortwiek. Maar iets soos tou opgooi, bestaan nie vir hom nie en dit het hy verlede Saterdag met sy meedoënlose spel duidelik beklemtoon. Maar ek moet ook iets oor die All Blacks en hul kaptein, Richie McCaw, sê. Die span

BLOEMNUUS, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014 11 BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

ALGEMENE KENNISGEWINGS

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

beklee sedert 2009 die eerste plek op die ranglys van die Internasioale Rugbyraad (IRR) en Saterdag se nederlaag was hul tweede in 37 toetse sedert 2011 se Wêreldbekertoernooi. McCaw word allerweë as waarskynlik die beste oopkantflank nóg beskou. Sommige kenners meen hy het oor die jare met moord by die afbreekpunte weggekom, ander reken hy is verby sy beste, maar hy is al agt keer as die IRR se speler van die jaar benoem, ’n eerbewys wat hy drie keer gewen het. Voor 2011 se Wêreldbekertoer­ nooi het hy ’n ernstige voetbe­ sering opgedoen. ’n Pen is in sy voet geplaas, maar hy sou die groot gebeurtenis in sy eie land vir niks ter wêreld misloop nie. Graham Henry, Nieu­Seeland se vorige breier, het ná die eindstryd teen Frankryk gesê McCaw kon skaars loop, maar hy het gespeel en nog ’n droom verwesenlik. Soos John Eales, ’n oudkap­ tein van die Wallabies, gesê het: “McCaw is ’n uitstekende kaptein, wêreldklasspeler en rolmodel vir sport.” Saterdag moes hy en 2013 se IRR­speler van die jaar, Kieran Read, terugstaan vir die yster van Nelspruit in ’n toets wat nie maklik vergeet sal word nie.

E2 Pilates en Green Tree Yoga se Opedag is Saterdag, die 11de Oktober 2014, by Sedanstraat 12, Bayswater, Bloemfontein. Kom besoek ons vir gratis klasse om te sien waaroor Pilates en Yoga gaan, en kom vier ons opening saam met ons. Kom besoek ons enige tyd tussen 09:00 en 13:00. Skakel 051-4360608. PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS 1445

Consolidation Loan Online Up to R230 000 Low credit score ok help@debtplan.today

OPLEIDING & OPVOEDING 1480

1655

THE REAL HEALER: For all races (white and black) Rise and shine a new day has come. I want to let you know that there is nothing you can not be, do or have. Remember you always said: 'I will live in joy', but there has been no change. You can heal your life today. Contact Chief OJAMBO on 074 651 2383 Your life will never be the same again.

EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217

OP SOEK NA 1485

Dawid Louw van Heidedal kontak asb vir Lorraine Botha, Maatskaplike Werker by Engo Gesinsorg dringend by 0515226914/5/6’ TE KOOP

JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645

ALGEMENE & HUISDIENSTE

TE HUUR 1820

SALE te huur op skouterrein troues, funksies en spesiale skoue. Verhuur ook tafeldoeke, eetgerei, breekware, drapering, ens. saam met sale. Persele ook beskikbaar op langtermynbasis. Skakel Juanita by 051 448 9894/5/6

GLEN POOLS SPECIAL COMBOS 4mx3m pool+ 5mx3m lapa R35 000. 5mx3m pool+ 6mx3m lapa R38 000. 6mx4m pool+ 6mx4m lapa R41 000. 7mx4m pool+ 6mx5m lapa R44 000. 8mx4m pool+ 7mx4m lapa R52 000. Skakel Glen @ 072 136 1326 VAKANSIE & REIS

AKKOMMODASIE

Vrystaters wys hul slag VIER Vrystaters het gister aan enkelspel­ eindstryde in die Dunlop­Vrystaat­ten­ nistoernooi vir juniors op die stadion­ bane deelgeneem. Liam Coertzen en Carmen Fichardt het dit as onge­ keurdes in onderskeidelik die en­ kelspelafdelings vir o.14­seuns en ­meisies vermag. Die tweede gekeurde manspeler, Jan­Paul Berry, en agtste ge­ keurde o.12­speler, Inge Greyling, het ook meegeding. Fichardt het die eer­ ste gekeurde Kiara Wakeford van die Noord­Kaap met 6­4, 6­3 ge­ klop. Gizelle Naudé (o.12) en Lize Moolman (vroue, foto) is die Vrystaters wat in die halfeind­ stryd van die enkelspel uitge­ skakel is. Foto: Conrad Bornman

EIENDOMME

ALLERLEI

2635

Jeffreysbay: Beautiful 2 bedr duplex plus braai + carport. Available December. Phone 042 293 1268/076 400 0703

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 3025

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com

SOEK, KOOP, VERKOOP

WOONSTELLE TE HUUR 3250

1 room: From R1 650. Bachelors flats: From R2 350. Available immediately. Deloy Flat, Elizabeth Street, Bloemfontein. Contact: Rental Administrator PROCOR SA Koki Matsabu TEL. 057 352 2990 FAX: 086 558 7248 FAX: 057 352 3775 E-mail: koki@procorsa.co.ca 1 Slk 'grannyflat'. Onmiddellik te huur. R3000. Skakel 079 8844 489

MEENTHUISE TE HUUR 3325

CHEAP ELECTRICITY: Heat pumps. New luxury townhouses. Thorn Brush, Tielman Roos Street, Douglas Valley. 2- and 3bedroom units. R4 840 to R5 200 p.m. Imm. available. % 051 436 0262. www.lesliebarnard.co.za

122 D KEYSER

Boedel wyle: Dedrian Keyser Meestersverwysingsnommer: 024955/2014 Boedel van wyle Dedrian Keyser, identiteitsnommer 940205 5133 085, ongetroud, van Bloemfontein. Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf Vrydag 10 Oktober 2014. Naam en adres van Eksekuteur: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600

BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

Bookseller Position Opening at Protea Bookshop We are looking for an individual to work with academic books in our Bloemfontein shop. Responsibilities include Customer Service, Housekeeping, Merchandising, Stock Management, Sales and Up selling, Admin and Control. Please contact us via email bviljoen@proteaboekwinkel.com for further details of the position. Email subject Must read “CV YourName Volksblad” and please include your CV in the email. Vir bediendes, nannies en tuinwerkers met verwysings. Getoets Skakel Madeliefie 083 444 7954 k/u.

VERKOPE & BEMARKING 3760

Senior sales positions: R15 647 package. Fuel allowance. Sales experience required. Fax shortened CV to 086 562 8461.

122 TS PHAJANE

Boedel wyle: Thamae Samuel Phajane Meesterverwysingsnommer: 025158/2014 Boedel van wyle Thamae Samuel Phajane, identiteitsnommer 630203 5312 085, getroud binne gemeenskap van goed met Mosidi Selina Kedibone Phajane, identiteitsnommer 601230 0573 085, van 3899, Unit 1, Thaba Nchu. Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf Vrydag 10 Oktober 2014. Naam en adres van Eksekuteur: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600


Doel doring in UV se vlees Ruan Bruwer

DIT is ’n herhaling van verlede jaar se eindstryd – die enigste twee verskille is dit is die keer ’n halfeindstryd en die wedstryd word in Bloemfontein beslis. Die belangrikheid van die netbalwedstryd bly groot. Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se netbalspan kom Maandag in een van die halfeindstryde van die VarsitySport­netbalreeks teen die Pukke te staan. Kovsies was verlede jaar in die eerste weergawe van die opwindende nuwe netbal­ reeks in die eindstryd baas oor die Pukke en sal des­ peraat wees om die titel in 20 Oktober se eindstryd te probeer verdedig. Albei spanne het vyf van hul sewe wedstryde gewen en albei het teen die Tukkies vasgeval. Die Pretorianers kom in die ander halfeindstryd teen die Maties te staan. Dit is moeilik om te sien hoe hulle teen die Stellenbos­ se studente sal vasval. In die spanne se groepwedstryd was Tukkies gemaklik met 62­34 aan die wenkant. Die Kovsies en Pukke het

Raai vir oulaas telling

MET ’n uiters skraal kans dat die Vrystaat die halfeindronde van die Curriebekerreeks gaan haal, kry lesers vir oulaas ’n kans om ’n R200­koopbewys van die Mimosa Mall te wen. Die Cheetahs speel Saterdag om 15:00 teen die Leeus op Ellispark. Stuur jou voorspelling voor dan per SMS na 45527. Be­ gin dit met die woord “Telling”, gevolg deur die voorspelling en jou naam en van. SMS’e kos R1,50.

’n bietjie meer as twee weke gelede in ’n wedstryd van hoogstaande gehalte gelykop gespeel met 45 elk. Volgens Burta de Kock, breier van die Kovsies, was hulle ontevrede om nie in Potchefstroom te kon seëvier nie. “Ons was 11 doele voor, maar het ’n bietjie in die laaste kwart los geraak en fokus verloor. Ons gaan Maandag met spesifieke kombinasies uitdraf en kon danksy baie televisiedekking (van die Pukke se wedstryde) ’n wedstrydplan uitwerk.” Een van daardie taktieke gaan wees om die lenige doel, Chanté Steyn (1,95 m lank), te probeer neutraliseer. Nie net het sy ’n aansienlike lengtevoordeel bo die Kovsie­verdedigers nie, maar doel ook baie akkuraat. “Dit gaan belangrik wees om die bal uit haar hande te hou en soveel druk moontlik op die spelers wat haar van besit voer, toe te pas.” De Kock het ’n versoek aan ondersteuners gerig om in groot getaalle na die Cal­ lie Human­sentrum op te ruk. Die wedstryd begin om 17:30 en word op SuperSport uitgesaai.

Skrik nie vir spoed

VELDRENJAERS vlieg Saterdag deur die lug op die Tempe­veldmotorfietsrenbaan buite Bloemfontein. Sowat 250 deelnemers het die naweek aan die jaarlikse Suid­Afrikaanse Noord­Suid­veldwedren deelgeneem. Die interprovinsiale byeenkoms, wat verlede jaar ook in Bloemfontein gehou is, word as die grootste in sy soort in die land en op die vasteland beskou. Vanjaar het internasionale jaers van Amerika en Europa ook kom saam jaag. Die Noordspan het vanjaar gewen met 849 punte teenoor die Suidspan se 814. Slegs een Vrystater, Christiaan Greef, kon daarin slaag om sy (die MX Support­kategorie) afdeling te wen. Gaan loer gerus na die fotogalery op www.bloemnuus.co.za. Foto: André Damons


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.