Tel. 0514047600
| Vrydag 10 Oktober 2014
| www.bloemnuus.co.za
Studente beïndruk met skaalmodelle
GRATIS
Kry nou jou kaartjies vir Riana Nel Bl. 9
Baie werk, beplanning gaan in bouproses Inge Strydom GEBOUDE modelle van Bloemfontein se oudste en bekendste geboue, soos dit in 1900 gelyk het, is die handewerk van derdejaar argitektuurstudente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die studente het in hul geskiedenisvak opdrag ge kry om dit te bou en is in spanne van minstens twee of drie studente ingedeel. Elke span het ’n gebou gekry om op skaal te bou. Een van die studente, Jamie Mitchell, wat die interieur van die Eerste Raadsaal saam met sy span gebou het, vertel hulle moes baie navorsing doen, foto’s soek en verskeie mense om hulp nader om sodoende die replika van die vertrek te kon beplan. Die beplanning het sowat twee weke geverg, maar die bouproses net ’n dag. “Jy moet baie geduld hê wanneer jy aan die modelle werk. Ons het
DIE skaalmodel van die Bloemfonteinklub is van triplexplastiek gemaak. Dit word tans in die AngloBoereoorlogmuseum by die Vrouemonument in Bloemfontein uitgestal. Dit is een van 15 skaalmodelle wat as ’n taak deur die argitektuurstudente van die Universiteit van die Vrystaat gemaak is. Foto: Inge Strydom triplexkarton en balsa, ’n baie sagte hout, gebruik en het alles self met die hand met ’n lemmetjie
uitgesny. Ek moes die klein stoeltjies maak en het elke stoeltjie amper vier of vyf keer oorgedoen, omdat die
hout vreeslik maklik kan skeeftrek of breek, maar die harde werk is beslis die moeite werd,” vertel
Mitchell. Bekende geboue wat uitgestal word, is onder meer die Tweetoringkerk, Spoorwegburo, die Presi densie, Naln en verskeie aangesigte van Hoffman plein. Van die 15 modelle wat nog tot vroeg volgende jaar in die Oorlogsmuseum uitgestal gaan wees, is ook met ’n lasersnymasjien uitgesny en ander, ook soos Mithchell s’n, met die hand met ’n lemmetjie. Studente kon besluit of hulle die modelle se verskillende dele met die hand of met ’n lasersny masjien wou laat uitsny. Hulle moes dit egter steeds self aanmekaar plak en vooraf die mates volgens die regte skaal uitwerk. “Die piepklein boompies wat in die skaalmodelle gebruik word, is van ’n sekere boom se fyn takkies op kampus naby die biblioteek,” sê Mitchell. S Nog foto’s op Bloem nuus se Facebookblad.
Ockie huldig Christa Steyn by Onze Rust Bl. 3
Macufe: Cooler boxes allowed P 4
2 BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014
Aktuele kykSTOF gebied Mariana Malan VYF nuwe laataandprogram me is van Maandag af op kykNET uitgesaai. “Dié programme is daarop gerig om ’n gefokusde perspektief op aktuele gebeure te bied op ’n manier wat nie net inlig en vermaak nie, maar ook uitbrei op onderwerpe om verskeie oogpunte uit te lig en dieper insig te bring”, sê Karen Meiring, MNet se direkteur van Afrikaanse kanale, in ’n nuusverklaring.
Maandag het Insig begin, ’n aktuele program aange bied deur Waldimar Pelser, redakteur van Rapport. Indieptegesprekke oor nuusgebeure en SuidAfri kaanse politiek word gevoer. Dinsdae kom Winslyn aan die beurt met onderwerpe verwant aan die sakewêreld. Die aanbieders is Santie Botha, kanselier van die Nelson Mandela Metropoli taanse Universiteit, en Divan Botha, ’n entrepreneur. Prontuit word Woensdae deur Mariëtta Kruger en
Kabous Meiring aangebied. Die klem val op mense, gemeenskappe, polemieke en kulturele aangeleenthede. Vir literatuur, kuns, sosiale media, ensomeer, kan kykers Donderdae op Flits inskakel. Yvonne Beyers, die Gauteng se redakteur van Huisgenoot en YOU, en Fanie Cronjé, Sarie se styl en sosiale redakteur, is die aanbieders. Vrydae word die week met VrydagNag Laat (VNL) afgesluit. Dit bied ’n ligharti ge kombinasie van satire, gekskeerdery en improvisasie.
Genot vir oud en jonk. Die jaarlikse miniatuurlokomotiefbyeenkoms is Saterdag in Modensopark in Bloemfontein aangebied. Ryan Fincham van Pietermaritzburg is hier aan die stuur van ’n lokomotief. Foto: Stef Kruger
’En as daai enjin beginne loop . . .’ Anmi Honiball DIT begin by die verwesen liking van ’n droom. Só meen Aubrey Prince (73), voorsitter van die Bloemfonteinvereniging van Modelingenieurs (BSME). Oor miniatuurstoomenjins is hy passievol. “Ek het in ’n era grootge word waarin treine verskriklik belangrik was. Jy het as kind grootoog na die goed gekyk.” Die jaarlikse nasionale miniatuurlokomotiefbyeen koms is die naweek in Modensopark in Bloemfontein aangebied en klubs van oor die land heen het bymekaar gekom om hul belangstelling te vier: die bou van klein stoomenjintreintjies. Jonk én oud het op die treintjies gebaljaar. “Jy ontwikkel jou droom, beginne hom najaag,” sê Prince. “Dit is so lekker om in die werkwinkel te werk en verskillende prosedures en tegnieke toe te pas. En as
daai enjin beginne loop . . .” Sy oë blink. “Dan is elke omwenteling van die wiele magies.” Hy meen as jy die passie en die tyd het, kan enigie mand modeltreintjies bou. As ’n provinsiale verkeersbeamp te het hy nooit ’n meganiese beroep gehad nie. “Jy leer maar uit jou foute en gaan so aan totdat jy dit regkry. Elke onderdeeltjie moet jy self maak, self ontwerp.” Hy kan nog onthou hoe hy gevoel het met sy eerste rit op ’n treintjie wat hy self gemaak het. “Soos ’n dosyn kindertjies.” En hy voel steeds so. “My groot bekommernis is dat ek nie genoeg tyd op aarde gaan hê om my passie uit te leef nie.” Die jongste lid van die BSME, Danielle Perkins (13), se liefde vir treine kom van haar oupa af. Hy het jare op die spoorweë gewerk. Op haar treintjie is sy trots.
“Hy is oranje X vir die Vrystaat.” Andries Keyser (27), van Pietermaritzburg se klub, glimlag van onder sy swart drywerspet. Sy hande is met steenkool en sweet besmeer. “Ek het as laaitie klein treintjies gehad en op die mat daarmee gespeel.” Hy het hom op 13 jaar by die klub aangesluit en op 19 jaar sy eerste suksesvolle lokomotief begin. “Dit is fassinerend om ’n stuk yster te vat, hom te bewerk, vuur in hom te sit en te sien hoe hy begin asemhaal en lewe.” Om te sien hoe die publiek hul passie geniet, verskaf aan Andries genot. “Ek kry partykeer tannies wat sê, ‘O jitte. . . dié treintjie sal ek mos breek’. Dan sê ek maar nee, Mevrou. Hy kan laglag ses ton dra.” S Die BSME is al 57 jaar oud en het 22 lede. Moden sopark is elke Sondag van 14:00 tot 17:00 oop.
’n EERSTE IN DIE VRYSTAAT: Epic Cinemas bied op 25 Oktober die eerste keer in die Vrystaat ’n opelugvertoning by die Northridge Mall aan. Dit is die grootste buitelugskerm in Afrika en Bloemfonteiners kan op dié aand met ’n kampstoel en piekniekmandjie hier uitspan. Die Disney fliek Alexander and the Terrible, Horrible, No Good, Very Bad Day sal draai. Die fliek word eers op 31 Oktober landswyd uitgereik. Dus het Bloemfonteiners die kans om dit eerste te sien. Die buitelugteater maak om 17:30 oop en die fliek begin om 19:00. ’n Kaartjie kos R50 en is by Epic Cinemas in die Northridge Mall te kry.
Christa Steyn en Ek sluit kerk se halfeeu af Elretha Britz
DIE Pretoriase orrelis Ockie Vermeulen se produksie Christa Steyn en Ek, waarin hy sy bewondering vir dié ontslape pianis deur herinneringsmu siek uitbeeld, is ’n gepaste afsluiting vir die NG kerk Onze Rust se 50ste verjaardagviering. Vermeulen het op Steyn, sy mentor, se begrafnis orrel gespeel en ná die traumatiese gebeurtenis die idee gekry om ’n keur van haar musiek op CD uit te gee. Obsession is opgeneem en daarna vir die verhoog aangepas. Van Steyn se bekendste komposi sies word hierin uitgevoer, onder meer Rondo, Burlesque, Ek wil vir jou, asook minder bekende werke soos I do believe, Spirit of Ecstasy en Sondaarspoort wat Johan van Rensburg vir Steyn geskryf het. Die musiek sal net soos op die CD klink, dus ’n simfonieorkes met klavier en orrel daarby. Die orkesklank word digitaal gespeel, terwyl ’n strykkwartet saam met Vermeulen op die verhoog sal wees. Die kwartetspelers is die Bloemfonteiners Sharon de Kock (viool) en JeanneLouise Moolman (altviool), asook Lizelle le Roux (viool) en Susan Mouton (tjello). Vermeulen sal orrel en klavier speel. Kore van die Laerskool Fichardtpark onder Valérie Venter, die meisieskoor van die Hoërskool Fichardtpark en die Canto Amicadameskoor onder Joanita Erasmus, en Louwrens Strydom se Jewel Voices tree ook op. Die geleentheid is op 17 Oktober om 18:30 in die Onze Rustkerkgebou. Kaartjies kos R60 en is te kry by die koorleiers, die kerkkantoor by 0833112257, Kobie Colditz by 0823450985 en M&Mboekhandel op Muddplein in Universitas.
Heidedal se mense wys hul talente Inge Strydom ANDREW PETERS van Peter Music Production is al sedert 1999 in die musiekbedryf en bied vanjaar die eerste keer die Heidedal’s Got Talentkompetisie aan. Altesaam 31 mense het hulle ingeskryf waarna ’n videospan na elke deelnemer se huis is om ’n opname van elkeen se agtergrond en optrede te maak. Die video’s is reeds op die YouTubekanaal Andre51989 en mense kan vir hul gunste lingdeelnemers stem deur die deelnemers se naam na 36449 te stuur. Die deelnemers met die meeste stemme sal dan op 11 Desember teen mekaar in die kletsrym en sangkategorie onderskeidelik meeding. Die kaartjies vir toeskouers na die geleentheid is R70 en is by Computicket beskikbaar. Dansers sal ook op die aand optree. Die wenner in elke kategorie wen R5 000, asook ’n oorspronklike liedjie wat vir die wenners geskryf en opgeneem sal word. Die deelnemer met die meeste trefslae op die YouTubekanaal wen R1 000.
Die Pretoriase orrelis Ockie Vermeulen se produksie Christa Steyn en Ek het ’n staande toejuiging op vanjaar se Vryfees ontvang.
BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014 3
4 BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014
Macufe kicks off in Bloemfontein Melisa de Wee
Van wie is die standbeeld wat voor die pragtige ou hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat staan? Foto: UV
Wie weet wat? TOETS jou algemene kennis oor Bloemfontein en omge wing. 1. In watter provinsie is Venterstad? A. OosKaap B. NoordKaap C. Vrystaat 2. Watter Bloemfonteinse sanger het ’n treffer met Ek sou kon doen met ’n miljoen gehad? A. Coenie de Villiers B. Lucas Maree C. Zak Steyn 3. Die Barnyardteater bring Diamonds & Pearls na die Sand du Plessisteater. Wie se musiek sal in dié vertoning te hoor wees? A. Neil Diamond & Barbara Streisand B. Neil Diamond & Celine Dion C. Neil Diamond & Madonna 4. Watter dorp in Bloemnuus se verspreidingsgebied se motorregistrasienommer was vroeër OEB? A. Edenburg B. Trompsburg C. Springfontein 5. Van wie is die standbeeld wat voor die pragtige ou hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat staan? A. Pres. F.W. Reitz B. Pres. M.T. Steyn C. Genl. Jan Smuts 6. Die organiseerders van watter wedloop wil die oudBloemfonteiner Zola Budd
hof toe vat, omdat hulle nie haar prestasies in vanjaar se wedloop wil erken nie? A. Berlynse stadsmarathon B. Comradesultramarathon C. Twee Oseanemarathon 7. Wie is die provinsiale leier van die DA in die Vrystaat? A. Blade Nzimande B. Ace Magashule C. Roy Jankielsohn 8. Wie is die skoolhoof van Greykollege (sekondêr)? A. Deon Scheepers B. Klasie Geldenhuys C. Johnny Muller 9. Watter Bloemfonteinse skool se skoollied begin só: “Ons Hoofstad pryk met sieraad ryk, / van heuwel, veld en dal, / en roem sy werk vir staat en kerk / met skole sonder tal” A. Sentraal B. Jim Fouché C. Fichardtpark 10. In watter jaar is Bloemnuus gestig? A. 1962 B. 1972 C. 1982 Antwoorde: 1. A. OosKaap 2. B. Lucas Maree 3. B. Neil Diamond & Celine Dion 4. B. Trompsburg 5. B. Pres. M.T. Steyn 6. B. Comradesultramarathon 7. C. Roy Jankielsohn 8. A. Deon Scheepers 9. A. Sentraal 10. C. 1982
WHILE Macufe has kicked off and people are excited to attend all the festivities, although the budget for this big event has not been final ised. Thankiso Zola, spokesperson for the Free State Department of Sport, Arts, Culture and Recreation, said they were waiting for more sponsors to come on board. That was why the budget had not been finalised. Some are looking forward to having a taste of the fun that will be showcased during the Macufe programme, but there are those who cannot wait for it to come to an end. The downside of the festival is that it comes with a lot of noise from all the different festivities. The traffic will be a nightmare as visitors from around the country make their way through the streets of Bloemfontein. Shopping centres and restaurants will be a no go area, because the queues outside restaurants will probably be long. Dr René Haarhoff, programme head for tourism management at the Central University of Technology (CUT), Free State, says Macufe contributes to the local economy. She says all the guesthouses and hotels are fully booked, even months before the big event. Restaurants and other shops in Bloemfontein also benefit from the visitors. Due to the high volume of traffic for the duration of Macufe some of the roads will be closed. A press release from the Man gaung Metro Municipality states that the following roads to the Rose Gardens will be closed on Saturday from 03:00: S Kingsway between the Zola Budd and Loch Logan Waterfront en trance; S Kingsway and Parfitt Avenue; S Zola Budd and Att Horak Street; S Henry Street between the Eskom offices and Second Avenue; and S parking at the waterfront. The mall will still be accessible via Henry Street and Kingsway. Att Horak Street between First Avenue and Betogers Street will be closed on Sunday from 06:00 until after the soccer match. The following alternative roads can be used: Park Road, Zastron
Thandiswa Mazwai and her allgirl band performed at Macufe last year.
Photo: Muntu Vilakazi
Macufe is popular with bikers from all over the country. They will be here to show off in style. Street and Parfitt Avenue. Capt. Chaka Marope of the Park Road Police Station said the Mangaung Metro Traffic Department wants to maintain law and order during Macufe and they will focus on amongst others drinking in public, incidents of public indecency, theft from vehicles and street
robberies. “We want to state that the partygoers who will directly or indirectly affect the peaceful coexist ence of others, be it on municipal roads and pavements, will face the full might of the law,” said Brigadier Ramokotjo, station commander of the Park Road Police Station.
Cooler boxes allowed Oteng Mpete LAST week, the Macufe Facebook page announced that cooler boxes would not be allowed to enter the venue for the Macufe 2014 Main Music Festival. The announcement said: “The festival manager has declared war on cooler boxes. It is unfortunate that we announce that cooler boxes are not allowed at the #Macufe2014 Main Music Festival. Plenty of food and beverage vendors will be available at the venue.” Within minutes their Facebook page was flooded with complaints, condemning the Macufe manage ment for not being transparent and trustworthy. “We will not accept the idea that you don’t want cooler boxes. We
attend Macufe to enjoy ourselves, not to queue to buy beer. We will be left with no choice but to boycott Macufe 2014,” commented Mohau Sethoko. Festival revellers also used the platform to complain about the rather disappointing lineup of international performers secured to perform at the Main Music Festival. “Macufe has gone from bad to worse. They bring us these expired American singers who are no longer relevant, even in their own country,” said Pulane Tshehlana Moerane. “I am still so upset about this. We’ve been to other jazz festivals before, for example the recent the Standard Bank Joy of Jazz. If you guys want to implement the no cooler box rule, I suggest you attend these festivals and check
how things are done,” said Thabiso Jonah from Pretoria. On Friday morning, after 283 comments of discontent and disappointment, the Macufe management team released a statement. “We at Macufe appreciate your concerns and received your griev ances over the no cooler boxes statement with the highest regard. We have tabled all your concerns to the festival manager for considera tion and further comment.” On Monday morning, the Macufe Facebook page released an official statement stating that they had decided to rescind their decision. “Please note that cooler boxes are allowed at the #Macufe2014 Main Music Festival. We apologise for any inconvenience caused by the statement released last week.”
Williams se dood herinner aan Ladd
‘
Hannes Haasbroek
Aan die einde van die 1930’s het die nuwe Ritzbioskoop in Bloem fontein op die hoek van St. Andrew en WesBur gerstraat geopen. Die bioskoop is met die modernste lugversorging in SuidAfrika toegerus en het ‘n teekamer in die kelderverdieping gehad wat vir vertonings gelisen sieer was. Dit was in die Ritz waar Bloemfontein se fliekflooie die eerste keer met Ladd kennis ge maak het.
DIE onlangse tragiese selfdood van die bekende akteur Robin Williams op die ouderdom van 63 ná ’n stryd teen depressie, alkohol en dwelmverslawing diep weer die dood op van Alan Ladd, die bekende Hollywoodakteur van vroeër jare en held in veral ’n hele klomp cowboyrol prente. Die klassieke Western Shane (1953) met Ladd in die hoofrol is vir vyf Oscars benoem, onder meer beste rolprent. Nie net Amerika was in 1964 gekneus oor Ladd se dood aan “an overdose of alcohol and drugs” op die relatief jong ouderdom van 50 nie, maar in SuidAfrika het menige pa en seun dié gewilde cowboy en aksieheld van die silwerdoek se heengaan betreur.
Alan Ladd, die bekende Hollywoodakteur van vroeër jare en held in veral ’n hele klomp cow boyflieks.
Ritz, Bloemfontein Aan die einde van die 1930’s het die nuwe Ritzbioskoop in Bloemfontein op die hoek van St. Andrew en WesBurgerstraat geopen. Die bioskoop is met die modernste lugversorgingstelsel in SuidAfrika toegerus en het ‘n teekamer in die kelderverdieping gehad wat tydens vertonings gelisensieer was. Dit was veral in die Ritz waar Bloemfon tein se fliekflooie die eerste keer met Ladd kennis gemaak het. Vroeër jare was cowboyflieks, die sogenaamde “Westerns”, inderdaad uiters gewild by jong en oud fliekvlooie en die mark was oorstroom daarmee, veral as Saterdagmatinees. Baie van die ouer garde sal nog bene wens Ladd die groot cowboyfliekhelde uit die tyd onthou, soos John Wayne, Gary Cooper, Randolph Scott, Audi Murphy, Burt Lancaster, Glen Ford en James Stewart. Daar was ook die laekoste resepmatige sogenaamde “Spaghetti Westerns” van die 1960’s en 1970’s wat merendeels uit die Italiaanse stal voortgevloei het en net so gewild in SuidAfrika was. Uitblinkers op dié gebied is die Dollar flieks van Sergio Leone wat van Clint Eastwood, kenmerkend met sy poncho en halfgerookte sigaartjie, ‘n ster gemaak het en ook die briljante The Good, the Bad and the Ugly opgelewer het. Dapper, sterk, swerwende helde wat sommer agt rondes uit ‘n sessilindermaga syn kon vuur. Ja, dit was nogal pret om in ‘n skietge veg op die doek te tel hoe die held dit kon regkry om soveel skote te skiet sonder om te herlaai. Selfs diegene wat in klein, plattelandse dorpies gebly het, het niks daarvan gedink om net vir die middag of aand na groter dorpe of die stad te ry en in die groot bioskoopsale of inryteaters van destyds te gaan fliek nie. Bygesê, petrol was toe nogal goedkoop en gróót karre, soos Fords, Chevs en Studebakers, was die inding op die paaie en meer as gewillig om die lang pad sonder skroom na ‘n lokettreffer aan te pak. Mettertyd het ’n droogtetyd in die uitreiking van cowboyrolprente ingetree en vandag is hulle maar skaars. Dié wat wel gemaak word, is gewoonlik heelwat meer “gesofistikeerd”.
gehaat. Hy het ‘n deeltydse werk in ‘n kruide nierswinkel gekry om swaar kratte te dra en so sy spiere ontwikkel. Ladd het later die trauma beleef om sy ma, toe ‘n alkoholis en weduwee, pynlik voor hom te sien sterf nadat sy miergif gedrink het. Sy akteursloopbaan het miserabel begin – hy was te kort en te blond, is gesê. Gevolglik het Universal Pictures se ateljee skool vir akteurs hom uitgeskop. (Later is juis geskinder hy dra opgeboude skoene en staan op ‘n kassie in romantiese tonele om nie teen die heldin af te steek nie.) Maar Ladd het vasgebyt en voortgegaan om klein rolletjies in flieks te speel, die sogenaamde “movie extra”. Mettertyd het hy vir hom ‘n naam opgebou as die stil, hardekwas held, of die meer aantreklike geslypte skurk teenoor die kru hardebaarduitbeeldings wat gewoonlik hier gegeld het – glo die eerste akteur wat ‘n moordenaar as ‘n “cold angel” kon uitbeeld. Laasgenoemde het veral in This Gun for Hire (1942) neerslag gevind. Tagtig flieks In sy rolprentloopbaan het hy in 80 flieks gespeel, dikwels teenoor bekende akteurs soos Sophia Loren en Olivia de Havilland. In 1947, 1953 en 1954 was hy een van die tien topgeldverdieners.
Daarbenewens was hy een van die enkele manlike sterre wie se gesig op ‘n tydskrifvoorblad suksesverkope gewaarborg het. Hy het ook sy eie vervaardigingsmaat skappye vir flieks en radio gestig. Ofskoon Ladd se Hollywoodloopbaan suksesvol en winsgewend was, het hy teen die einde van die 1950’s weens sy versky ning in middelmatige flieks en die nare uitwerking van drankmisbruik, dikwels om sy slaaploosheid te oorkom, begin uitsak. Dit stem nogal ooreen met Williams se geval toe hy in die jare voor sy dood nie meer rolle aangebied is wat hom uitdaag nie. In November 1962 is die gewilde akteur in ‘n plas bloed met ‘n koeëlwond naby sy hart bewusteloos gevind – ‘n onsuksesvolle selfdoodpoging. Nie lank daarna nie het die ergste gebeur. In Januarie 1964 het Alan Ladd aan ‘n oordosis verdowingsmiddels en drank in sy huis in Palm Springs gesterf. Ofskoon Ladd twee keer getroud was en kinders gehad het, en terwyl daar nooit klinkklare feite was om so iets te staaf nie, is hy deur skinderstories oor sy seksuele voorkeure geteister en sommige wil dit lukraak voor die deur van sy dood lê. Hoe ook al, Ladd was een van die groot, ja, baie groot, akteurs van sy tyd en sy ster verskyn welverdiend op die bekende Holly woodse Walk of Fame.
PROMOSIE
Arm gesin Alan Walbridge Ladd is op 3 September 1913 in Hot Springs, Arkansas, in Amerika gebore. Ladd het arm grootgeword. Toe hy op vierjarige ouderdom met vuurhoutjies gespeel en hul armsalige woonstelletjie afgebrand het, het dit nie juis die lewe vir die gesin verbeter nie. Hulle het in 1920 na Kalifornië verhuis en in Hollywood met aartappelsop dikwels as stapelvoedsel voortgesukkel. Op hoërskool het Ladd as swem en duikkampioen uitgeblink, terwyl hy ook aan die dramaklub behoort het. Omdat hy so maer en kort was, is die bynaam “Tiny” op skool aan hom toegedig. Die tiener het die bynaam
KRAAKVARS: Simon Tyranis, eienaar van Johnny's Fruit Market in Westdene, by van die kraakvars vrugte en groente wat daagliks douvoordag by die plaaslike mark met die hand uitgesoek word sodat net die beste aan klante gebied kan word. Johnny’s Fruit Market is ’n gereelde adverteerder in Bloemnaweek. Foto: Jens Friis
BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014 5
6 BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014
Kyk deur Adri se Vryfees-album
Betrokkenes by die fees is van links, voor: Danila Liebenberg, Lezanda Visser en Adri Herbert: agter: Pieter Steyn, Pieter Venter, Karien Jordaan, Braam Muller, Pieter Delport, Sobeth Jordaan, Elretha Britz en Niel van Niekerk.
Afskeid word van Atie Kamper (tweede van links), administratiewe amptenaar van die Volksblad kunstefees, geneem. Van links is Pieter Steyn, bemarker van die Volksbladkunstefees, Kamper, Doks Briers, gewese hooforganiseerder van die fees, en Adri Herbert.
Van links is Adri Herbert, die aktrise Sandra Prinsloo, Boet Troskie (Mimosagroep, een van die senior borge van die fees), Jonathan Crowther (redakteur: Volksblad) en Stonie Steenkamp (hoof bestuurder: Absa Korporatiewe en Besigheidsbank Vrystaat en NoordKaap).Foto: Charl Devenish
Die feesorganiseerder, Adri Herbert. Dié foto is vir Stronk, die Vryfeeskoerant, geneem.
Foto: Conrad Bornman
Van die belanghebbendes by die fees is van links Elaine Hickling, De Villiers Brink (albei lede van die Kunstetrust), Adri Herbert en prof. Helena van Zyl (direkteur van die UV se Bestuurskool en bestuurskomiteelid van die fees). OFM en Castle Lager het die borge van 'n musiekkuierplek op die feesterrein geword en Ofm ’n senior borg van die fees. Van links is Nick Efstathiou (bemarkingsbestuurder: Ofm), Hanna Schoeman (kommunikasiebeampte: Ofm), Atie Kamper (administratiewe bestuurder: Volksblad kunstefees), Adri Herbert en Riaan Maritz (geleentheidsbestuurder: SAB in die Sentrale streek).
Gesellig saam is van links Annalize Doubell, Jonathan Crowther, Stonie Steenkamp, Adri Herbert en Nico Luwes.
Akteurs van kykNET se sepie Villa Rosa wat in Bloemfontein afspeel, het verdere luister aan Volks blad se Kersfondskonsert, Sterrenag, verleen. Van links is, voor: Adri Herbert, wat die konsert namens Volksblad georganiseer het, BarbaraMarie Venter en Nadia Beukes; agter: Frederick Bezuidenhout en Harald Richter. Foto: Charl Devenish
BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014 7
Adri sê koebaai vir Vryfees ADRI VAN VEIJEREN (NÉE HERBERT) was etlike jare aan die stuur van die Vryfees. Sy het nou haar hoed opgehang. JENS FRIIS het met haar gesels.
Hoe het jy by die fees betrokke geraak? As redakteur van die destydse Naweekjoer naal in Volksblad het ek jare lank die Afri kaanse kunstefeeste in die land besoek om resensies oor produksies te skryf. Toe Doks Briers aangestel is as destydse feesorganiseer der met ‘n kantoor in Volksblad het ons om geld te spaar met een voertuig die Klein Karoofees besoek. Ek as joernalis en sy vir navorsing vir die nuwe fees en om die woord daaroor te versprei. Ek het die eerste drie Volksbladkunstefeeste as kunsjoernalis byge woon en onthou nog die konkakol saans op die kampus waar stories vertel en nuwe ta lent ontdek is. Ek het Volksblad se diens later verlaat en Doks het my in 2006 gebel om te sê sy wil as organiseerder uittree. Ek het sonder huiwering die geleentheid aangegryp om die fees te organiseer. Ek dink ná agt jaar steeds ’n mens kry geen heerliker werk op aarde nie. Die feesomgewing en die positiewe steun van sy bestuurskomitee al die jare bied die organiseerder die vryheid om skeppend te wees om die fees te laat presteer. Wat het jy voor die tyd gedoen? Tydens my studie van ‘n honneursgraad in joernalistiek en skakelkunde aan die Noord wesuniversiteit het ek vakansiewerk by Volksblad gedoen en die volgende jaar as joernalis hier begin werk. Ek het nie baie van die harde nuus van onder meer hofverslagge wing gehou nie en het die vroueredakteur en redakteur van Naweekjoernaal (vermaakbylae) geword en het JIP, die jeugbylae, begin. By Volksblad het ek ná vyf jaar ’n loop baanplafon bereik en die belangstelling in die kunste verder ondersoek deur bemarkingsbe stuurder aan Pacofs te word waar ek hoof saaklik mediaskakeling gedoen het – dit was ’n heerlike ervaring om in die teateromge wing met kunstenaars en my ander liefde, die media, te werk. Hierna het ek ‘n jaar lank vryskutwerk gedoen en is toe as die organi seerder van die Volksbladkunstefees aange stel. Wat was die lekkerste? Om ná die werk en spanning elke jaar die tyd te gebruik om by een teaterproduksie op die fees te sit, die verhoogligte te sien aangaan en weggevoer te word na die wêreld waarheen die produksie jou voer. En dan te weet: Die afgelope jaar se werk was die moeite werd. Ook om deur die bestuurskomitee die geleentheid gebied te word om verskillende lande te besoek om vriende in die kunsbe stuursomgewing te maak en oor die gemeen skaplike uitdagings en vreugdes te gesels. Dit was ook vir my heerlik om die geleentheid te hê om ‘n MBAgraad aan die UVSakeskool te kon voltooi onder leiding van prof. Helena van Zyl. Hier het ek uitstekende vriende gemaak met wie ek nog ‘n lang pad sal stap. Wat was sleg of sal jy nie mis nie? Die grootste uitdaging was altyd die balanseertoertjie tussen die geld wat beskik baar is (die soek en werf daarvan) en die vervaardiging van ‘n gehaltefees waarop kunstenaars welverdiend ‘n goeie inkomste verdien. Die “sleg” het ook altyd ‘n “lekker” geword wanneer (gedeeltelik) op ‘n fees hierin geslaag is. Die ander ”sleg” was daar is nie hope mense in SuidAfrika is wat kunstefeeste organiseer nie en jy kommuni keer dus nie gereeld met mense wat in dieselfde veld werk nie. Dié behoefte is gelukkig deels bevredig deur die kennisma king met kollegas van oor die wêreld heen. Hoe het die fees oor die jare verander? Daar was ‘n natuurlike groei in bywonings getalle, die aantal produksies en aantal stalletjies danksy die lojale ondersteunings mark. Die naamverandering in 2011 na Vryfees was seker die merkbaarste verande ring na buite. Die nuwe naam het die vryheid gebring om ‘n eie identiteit en strategie vir die fees te skep. Daar is ook die laaste paar jaar probeer om meer Engelse produksies in te sluit in die program om die fees toegankli ker te maak. Wat nie verander het nie, is die kernidenti teit van die fees wat van die begin af die etiket van “boetiekfees” gedra het: gehalte met ‘n relatief klein omset.
Hoe sien jy dit oor ‘n paar jaar? ‘n Fees wat internasionaal ‘n voetspoor laat, terwyl dit voortdurend werk aan die ontwikkeling van plaaslike en nasionale kunstalent; en slaag in die uitdaging om ’n uiters aanloklike produk aan sy toenemende getal feesgangers te bied. ‘n Fees wat die hele SuidAfrikaanse gemeenskap dien, lei, heelmaak en mense op alle vlakke nader met mekaar laat kennis maak. Waarom het jy besluit om uit te tree? Die feesomgewing vereis hope energie, skeppende vernuf en veral vasbyt 365 dae van die jaar en 24 uur van die dag. Vir my
was die fees amper soos ’n lewensmaat. Dit is nou tyd om ’n breek te neem en weer energie te gaan kry vir die toekomspad. Dit is gesond vir die dinamika van die fees om nou ’n splinternuwe energie te ontvang wat dit tot groot hoogtes kan voer.
Is daar al ‘n opvolger vir jou aangestel? Indien nie, hoe gaan dit plaasvind? Hoogs talentvolle aansoeke is ontvang vir die pos as feesdirekteur. Dit was ‘n pluimpie in die hoed van die fees, wat gesond daar uit sien en reg is om vorentoe te gaan. ‘n Aanstelling is reeds gemaak: ‘n feesdirekteur met hope energie, passie, mensliewendheid
en skeppende intellek: dr. Ricardo Peach. Hy is ‘n SuidAfrikaner, wat sedert 11jarige ouderdom in Australië woon en nou sy internasionale ervaring aan Bloemfonteiners en SuidAfrikaners wil terugbring.
Jy gaan nou meer vrye tyd hê. Hoe beplan jy om dit te bestee? Ek vermoed die eerste paar maande gaan ek baie doeke omruil vir ons babadogtertjie wat op 1 November gebore word. Ek sou graag meer aandag aan familie en vriende bestee. Die beplanning is ook om nuwe omgewings te ontgin en van nuuts af inspirasie te vind vir toekomstige projekte.
8 BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014
Stem nou vir jou gunsteling Rosies op die web Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se Bloem nuusRoosknoppie kompetisie het reeds gesluit en vandag word van die laaste pragfoto’s wat ontvang is, geplaas. Volgende Vrydag sal die 30 semifina liste se foto’s in Bloemnuus geplaas word. Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Loganwaterfront in Bloemfontein aangewys. Die 30 semifina liste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semifinaliste word deur leserstemme en die organiseerders bepaal. Lesers sal van vandag tot Woensdag om 12:00 aanlyn by www.bloem nuus.co.za vir hul gunstelingRosie kan stem. Daar sal vir alle inskrywings gestem kan word, nie net dié wat in die koerant verskyn het nie. Die top30 sal bestaan uit die top20 onder die leserstemme en tien finaliste wat deur die organiseerders gekies word. Die organiseer ders se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. S Rig navrae aan Madelein Venter by madelein.ven ter@volksblad.com.
Chrisma Henning (3) van Bloemfontein is die dogter van Susan en Charl Henning.
Alexa Lodewyk (3) van Bloemfontein is die dogter van Justine en Gerrie Lodewyk.
Miné Truter (4) van Bloemfontein is die dogter van Judith en Rikus Truter.
Sharné Coetzee (3) van Bloemfontein is die dogter van Sonja en Abie Coetzee.
Alzeny Klaas (4) van Bloemfontein is die dogter van Zelnic en Allistair Klaas.
Lene Greyling (3) van Bloemfontein is die dogter van Odette en JeanPierre Greyling.
Lika Rossouw (3) van Bloemfontein is die dogter van Rulani en Juan Rossouw.
Leilah Arendse (3) van Bloemfontein is die dogter van Lameez Arendse.
Bell Pienaar (4) van Bloemfontein is die dogter van Jarien en Jacques Pienaar.
SkyShae Anderson (3) van Bloemfontein is die dogter van Carlynn en Riaan Anderson.
Mieke Griessel (4) van Bloemfontein is die dogter van Michelle en Hennie Griessel.
Mila Human (4) van Bloemfontein is die dogter van Charné en Neil Human.
Lenita Lean (3) van Bloemfontein is die dogter van Maryke en Percy Lean.
Lisa Jackson (4) van Bloemfontein is die dogter van Janine en Carl Jackson.
Zaneth Labuschagne (3) van Bloemfontein is die dogter van Lizbé en Zane Labuschagne.
Leané Swanepoel (4) van Bloemfontein is die dogter van dr. Hanita en Frikkie Swanepoel.
Lydia van Rooyen (4) van Bloemfontein is die dogter van Rita en Cornél van Rooyen.
Mieke Bouwer (4) van Bloemfontein is die dogter van Anelda en Frans Bouwer.
LiAnke Barnard (4) van Bloemfontein is die dogter van Melanie en Ricardo Barnard.
Jolani Bester (4) van Bloemfontein is die dogter van Elana en Johan Bester.
Ciara Hanse (3) van Trompsburg is die dogter van Hayley en Jannie Hanse.
Simoné Westraad (3) van Bloemfontein is die dogter van Teresa en Martin Westraad.
Mika Bisiriyu (3) van Bloemfontein is die dogter van Jennifer Bisiriyu.
Angelique Buckle (3) van Dewetsdorp is die dogter van Madelein en Niekie Buckle.
Mieke Jansen (3) van Bloemfontein is die dogter van Eraldine en Johan Jansen.
Janica Read (3) van Bloemfontein is die dogter van Jennifer en James Read.
Anél von Wielligh (4) van Bloemfontein is die dogter van Anita en Attie von Wielligh.
Mandie Claassens (3) van Bloemfontein is die dogter van Amanda en Jannie Claassens.
Chrisilee Rossouw (4) van Bloemfontein is die dogter van Lucinda en Christo Rossouw.
Rosie Stellenberg (4) van Bloemfontein is die dogter van Caley sia Stellenberg en Mbayiselo Nqodi.
Lisa van Deventer (4) van Bloemfontein is die dogter van Rochel le en Eben van Deven ter.
Morgan Mari Swane poel (3) van Bloem fontein is die dogter van Belinda Neveling en Pierré Swanepoel.
Xia Hartzenberg (3) van Bloemfontein is die dogter van Jenilee Hartzenberg en Kenny Olivier.
Danelizé Matthews (4) van Bloemfontein is die dogter van Ma delizé en Darren Mat thews.
DeeJahné Matthews (4) van Bloemfontein is die dogter van Ma delizé en Darren Mat thews.
Kaylin Wilke (3) van Bloemfontein is die dogter van Unia Whi teWilke en Robert Wilke.
ClaudiaJoy Janse van Rensburg (3) van Bloemfontein is die dog ter van Elize en Renier Janse van Rensburg.
Meandri Rautenbach (3) van Reddersburg is die dogter van Salo mé en Juan Rauten bach.
Irené Maass (3) van Bloemfontein is die dogter van Eileen Woolley en Heinno Maass.
Lumaé van der Heever (3) van Bloemfontein is die dogter van Yvonne en Henning van der Heever.
Kalinda van der Linde (3) van Bloemfontein is die dogter van Dian ne en Koos van der Linde.
Jessica Rossouw (3) van Bloemfontein is die dogter van Dorett en Johan Rossouw.
Luné van Schalkwyk (3) van Bloemfontein is die dogter van Leila nie en Gawie van Schalkwyk.
VRYDAG 10 OKTOBER S Mel Botes in InnieSkuur. ’n Kaartjie kos R120. Navrae: meerkat kolonie@vodamail.co.za. S Skenk bloed by die Victorian Square, Pres. Reitzstraat, tussen 09:00 en 16:45. S Skouspel by Sun City om 19:30. Bespreek by Computicket. S (Dis)place: Fotomontage en installasie deur MariLouise du Plessis tot 31 Oktober by Gallery on Leviseur. S Perdeuithourit in Boshof. Hannelie Müller, 0825684449. S Mangaungbiblioteekdienste en die ATKV hou ’n kuieroggend saam met die skrywer Leon van Nierop. om 10:00 in die Bainsvleibiblioteek, Boerneefstraat, Langenhovenpark. Skakel 0514463180. SATERDAG 11 OKTOBER S Volkspele in SuidAfrika is 100 jaar oud. Vroeër vanjaar was daar ’n fees in Boshof om dit te vier. In Bloemfontein word daar hierdie naweek op Bobbiespark feesgevier. Duitse volksdansers sal ook optree. Kyk op www.volkspele.co.za vir meer besonderhede. S Bergwedloop in Harrismith. André Jackson, 0845702544. S NG kerk Petrus Steyn vier eeufees. Meiring de Wet, 082377 0499. S Die jaarlikse gholfdag van die Vrystaatse Sportmedia vind vanjaar op Schoemanpark in Bloemfontein plaas. Die Sportmedia se jaarlikse prestigeeerbewysbanket, waarop die Vrystaat se topsportlui vereer word, vind op 20 November plaas. Besprekings vir die beterbalkompeti sie word deur die Schoemanpark gholfklub behartig. Skakel 051448 3122. S Afrikoesties in InnieSkuur om 19:30. ’n Kaartjie kos R100. S Mensa se lentetoetssessie om 08:45 in die SG1lokaal op die UVkampus. Skakel 0795837778. Dit kos R100. Daar is 50% afslag vir nuwe lidmaatskap as deel van Intelligensiemaand. MAANDAG 13 OKTOBER S Johan Pottas is die spreker op die maandelikse byeenkoms van die VGGSA in die ouditorium van die AngloBoereoorlogmuseum om 18:30. Die onderwerp word verduidelik aan die hand van drie tydperke en drie mense en drie verskillende redes waarom mense Duitsland verlaat het om hulle in SuidAfrika te kom vestig het. Besoekers betaal R20. Skakel 0824065975. S Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se rugbyklub hou sy jaarvergadering om 19:00 in die Shimlakamer by Shimlapark.
Dagboek
BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014 9
DANS IN ITALIË: Van links is Teagan Regal, Andria Vermeulen, Lehandri Robbertz, Pulzone en Dane Scholtz van die Fusion Discodansgroep ver bonde aan die Elize Cogle Bloemdance Connection wat SuidAfrika die naweek in Turyn, Italië, verteenwoordig.
The land of OZ, Sand du Plessis Theatre, 10 en 11 October at 19:30. The Dance Centre was established ten years ago when Karon Borstlap and Mar zanne Drotske decided to combine their studios. S A Distant Drum: Toneel met violis Daniel Hope, Christiaan Schoombie en die verhaal van Nat Ramabulana in die André Huguenet teater om 19:30. Regie: Jerry Mofokeng. Kaartjies: R50 by Pacofs, 051447772. DINSDAG 14 OKTOBER S The problem of crossing a bridge: Isabel Mertz stal tot 24 Oktober druk en beeldhouwerk in die Stegmanngalery uit. S Pensioners days every Tuesday at Makro. Eileen Ndewere, 051101 1000. S Die Kroningsgeleentheid van Oupa en Ouma Roos vind plaas op Dinsdag 14 Oktober om 18:00 by Vanilla Sky op die Petrusburgpad. S Roy Peretz is SuidAfrika se eerste pandjieswinkeltelevisiester. Hy is baas van die plaas by die Cash Innpandjieswinkel in Hyde Park, Johannesburg, en een van die dae word sy onderneming die speelplek van die werklikheidsreeks Pawn Stars SA. Die Historykanaal het ná die reusesukses van die Amerikaanse Pawn Stars besluit op ’n SuidAfrikaanse weergawe van dié program. Pawn Stars SA begin op 14 Oktober om 20:00 en 20:50 op DStv se History Channel (kanaal 186). WEDNESDAY, 15 OCTOBER S Jack Parow in Die Mystic Boer. S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende jong mense, kom om 19:00 by Lukas Steynweg 1 byeen. Elna van der Walt, 0824625507.
S Mathys Roets sing in InnieSkuur om 19:30. ’n Kaartjie kos R110. S BergenDallerpadwedloop, pretstap en fietsry by die NG kerk BergenDal, Albrechtstraat, Dan Pienaar. Registrasie van 17:00 af. DONDERDAG 16 OKTOBER S Boss’s Day. S Shmini Atzeret (Jewish). S Tjello en klavier: Georgi Anichenko en Anastasya Tenekova in die Odeion om 19:30. Kaartjies tussen R130 en R50 is by Compu ticket te kry. S Agri Boshof se plaaswerker en beginnerboerinligtingsdag. Rolanda van den Heever, 0535410018. S Mars, ’n kinderoperette, word om 19:00 deur die Laerskool Willem Postma in die Sand aange bied. Die operette is spesiaal deur Maretha Maartens geskryf en die musiek is deur Anton Esterhuyse gekomponeer. Xander Steyn is die choreograaf. Kaartjies is by Pacofs te kry. VRYDAG 31 OKTOBER S Symphony at the Woods deur Arco Musica met onder meer Cézanne Yselle, Elmarie Potgieter, Tsidi Gumede, André Venter en Herman Strauss om 20:00 in die Woodlandsonthaallokaal. Kaartjies teen R120 is te kry by Computicket. Vir tafelbesprekings skakel 083259 2226. S Riana Nel en haar orkes in die Kovsiekerk. Bespreek by Computic ket. Bloemnuus is die mediaborg van dié konsert.
Wel en wee S Johan Pienaar is die wenner van die resepteboek Beste uit Vrouekeur. Hy het dit op Bloem nuus se Facebookblad gewen. S Onder die 14 topfinaliste in die Matrikulante van die jaarkompeti sie van Volksblad en die Universi teit van die Vrystaat (UV) was ses van Bloemfontein: * Hanré Herbst van die Hoërskool Sentraal; * Siyanda Rixana van die Hoër Tegniese Skool Louis Botha; * Baholo Mokhomo van die Hoër Tegniese Skool Louis Botha; * Janke Kotzé van die Hoërskool Jim Fouché; * Martinique Ferreira van die Hoërskool Sentraal; en * Lola Botsane van die Hoër Meisieskool Oranje. Die tweede agtereenvolgende jaar spog die Hoërskool Jim Fouché met ’n wenner van Volksblad en die UV se Matriku lant van die jaarkompetisie. Janke Kotzé, hoofmeisie van dié skool, is Saterdagaand op ’n spoggeleentheid in die Eeufees saal op die Kovsiekampus as die 34ste wenner van dié kompetisie aangewys. Jannie de Wet, verlede jaar se hoofseun van Jim Fouché, was 2013 se wenner. S Bettie Erasmus wen Victory5 se CD, Ek weet wie ek is.
S Alida Germishuys is die wenner van Steve Hofmeyr se Toeka 3. ’n Allemintige 10 604 mense het op Bloemnuus se Facebookblad na dié kompetisie gekyk. S Anne Els (75) van Universitas is deur ’n rower in haar huis oorval en erg aangerand. Johannes Els (76), haar man, het op sy erg beseerde vrou afgekom. S Die ding in die riete deur Jean Lombard met ’n inleiding deur Antjie Krog gaan aan Veronica Dodd Botes. S Irma Venter se boek Sondebok is deur Charmain van den Berg gewen. S Nico Vermeulen, ’n bemar kingsbestuurder wat vroeër die dag een van die motorfietsryers was wat die Cheetahs in die Vrystaatstadion verwelkom het, het Saterdagaand sy been verloor toe hy met sy Harley Davidsonmotorfiets in die Woodland Hillsboulevard geval het. S Amanda Waldeck wen die resepteboek Veselryk. S Tess Pretorius is die wenner van Eendag op ’n Maandag deur Chanette Paul.
Onlangs in die eg verbind STUUR gerus ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@ media24.com. Die foto (in kleur) moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.
Quintin Coetzer en Natassia Human.
Sybil en Gerhard Smit.
Foto: Christine Watson Photography
Chris en Martie Steenkamp is ’n finalis in Bloemnuus en Athalia se jaarlik se Ouma en Oupa Rooseerbewysgeleentheid. Dit vind Dinsdag plaas. Die borge is Bloemnuus, Magic Events @ Vanilly Sky, CPI, Chekcers, La Muse, Biographix, Elsa Vermeulenfotografie, Roelof Botha en die Kotze kunsgalery. Foto: Elsa Vermeulen
Matriekklas ‘14
10 BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014 STUUR gerus ’n foto van jou onlangse matriekafskeid na jens. friis@media24.com. Die plasing hiervan is gratis. Bloemnuus en die Loch Loganwaterfront hou ook ’n matriekafskeidrokkompetisie op
25 Oktober. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Oktober. Alle foto’s wat ontvang word, word hiervoor in ag geneem. Meer besonderhede hiervoor volg volgende week.
Jacques van Heerden, Erhard Smit, Rikus Munik, Jade Plaatjies, Jason Claassens en Evan Jonker (Fichardtpark). Foto: Juanita Duncan
Tiffany Pedro en Romano Bergman (Hoërskool Bloemfontein).
Foto: Juanita Duncan
Dawie Venter, Zinia Viljoen, Eduard Wille, Marthinique de Bruin, Clarissa Ebersohn en Werner Adriaanse (Eunice).
Rudi Janse Van Rensburg en Hannari Oosthui zen (Oranje).
Geraldine Potgieter en Anrich van der Merwe (Fichardtpark). Foto: Sandra Barnard
Melissa Adolph en Neville Cornellissen (HTS Louis Botha). Foto: Trevor Adolph
Mariska Kasselman en David Coetzee (Hoër skool Bloemfontein).
Estelle van Eyssen en Dewald Janse van Rens burg (Hoërskool Bloemfontein).
Marelize Du Toit en Dirk Naudé (Hoërskool Bloemfontein). Foto: Lavender Moon Photography
Martyn Jacobs en Kayla Erasmus (Sentraal).
Ilka de Beer en JeanPierre Laux (Sentraal).
Foto: IC de Beer
Foto: Ilse de Beer
BLOEMNUUS, VRYDAG 10 OKTOBER 2014 11
AGT van die Hoërskool Fichardtparkskuts het gekwalifiseer om die Vrystaat op die komende SuidAfrikaanse kampi oenskapsbyeenkoms te verteenwoordig. Hulle is van links, voor: Monique Bosch, Ilané Strydom, Christo Coetzee en Salomon van Niekerk; agter: Elandré Venter, Duvan van Vuuren, Ernie Weyers en Zanthé Daverin. Foto’s: Verskaf
Nicole se prestasie in hokkie buitengewoon NICOLE KRUGER, ’n leerling aan die Hoër skool Eunice, is as Bloemnuus se SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand vir September gekies. Dit is danksy haar buitengewone prestasies in hokkie. Vroeg vanjaar is die 16jarige Nicole vir Eunice se eerste hokkiespan gekies – ’n span wat vanjaar die naasbeste span in die land was. Sy was ook ’n lid van die Brebnerians klubhokkiespan wat die 5asideaandliga gewen het. Nicole het haar provinsie se o.16span verteenwoordig wat as nasionale kampioen gekroon is. Sy was een van die SuidVrystaat se sleutelspelers. Die grootste prestasie was waarskynlik haar insluiting in die senior Vrystaatspan wat die Bafdeling van die nasionale hokkietoer nooi in Pietermaritzburg gewen het. Nicole het ’n baie positiewe uitkyk op die lewe en glo daaraan om haar passie uit te leef. Hokkie is haar grootste passie en liefde. Haar leuse is: Clear your mind of I can not. ) Daar is nog net een kans oor om jou inskrywing vir die SuperSport Let’s Play se sportster van die maand te stuur. Benoe mings vir leerlinge tussen 6 en 18 jaar word ingewag. Die inskrywings moet voor 15 Oktober ontvang word. Jy kan jou benoemde na supersport@zpr.co.za epos of na 086552 4922 faks. Rig navrae aan Lynne of Juanré by Z PR by 0515229574.
PERSOONLIKE DIENSTE FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
LENINGS 1445
TE KOOP
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645
NICOLE KRUGER in aksie vir die Hoërskool Euni ce se eerste hokkiespan. Sy het as 16jarige van jaar die Vrystaat se senior span verteenwoor dig. Foto: Verskaf
TROETELDIERE 1660
Boston Terrier-hondjies te koop: 6 weke oud. Ingeënt en ontwurm. R2 000 elk. Skakel Loreal 082 424 9599. ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835
AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
GLEN POOLS SPECIAL COMBOS 4mx3m pool+ 5mx3m lapa R35 000. 5mx3m pool+ 6mx3m lapa R38 000. 6mx4m pool+ 6mx4m lapa R41 000. 7mx4m pool+ 6mx5m lapa R44 000. 8mx4m pool+ 7mx4m lapa R52 000. Skakel Glen @ 072 136 1326
BOME 1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.
Euniceleerling is die sportster van maand – Bl. 11
Grey-span staan sy man Doen goed in T20-skolereeks Hannes Nienaber
CARMEN FICHARDT (foto) is die enigste Vrystater wat Woensdag ná die eindstryde van die DunlopVrystaattennistoernooi vir ju niors met ’n enkelspeltitel van die stadionbane kon stap. Dié dog ter van twee voormalige provinsiale spelers, Gustav en Isabel Fi chardt, het as ’n ongekeurde in die o.14eindstryd in skoon stelle oor die vierde gekeurde Georgina Kaindoah met 64, 62 geseë vier. Die drie ander Vrystaters wat in die enkelspeleindstryde be trokke was – Liam Coertzen (o.14), JanPaul Berry (mans) en Inge Greyling (o.12) – was almal aan die verloorkant. Liam kon wel in die dubbelspel die bordjies teen Liebenberg verhang. Hy en sy Vrystaatse dubbelsmaat Joubert Klopper het met 46, 76 (4) en 106 geseëvier. Foto: BLD
DIE eerste krieketspan van Greykolle ge kan baie tevrede met sy eerste wedstryd in die nasionale T20skole reekseindronde wees. Die span van die Rosestad het as die Knights se kampioen aan die eindronde op die Universiteit van Pretoria (UP) se veld deelgeneem. Dié span het net voor die St. Stithiankollege en die Hoërskool Waterkloof die knie gebuig. Die St. Stithiankollege het Klofies in die eindstryd met nege paaltjies ver slaan. Grey het derde geëindig. Die span se naatbouler Barend de Klerk het die naasmeeste paaltjies in die toernooi laat kantel. Hy het van agt kolwers ontslae geraak en sy beste boulsyfers was 3/14 in sy span
se sege van vyf paaltjies oor Westville Boys’ High. Grey en die eindelike kampioen is die enigste twee spanne wat ná die eerste dag se spel met ’n onoorwon ne status kon spog. Die span van die Rosestad het in sy eerste wedstryd die Cobras se kampioen, Wynberg Boys’ High, met ses paaltjies verslaan. Grey se Wihan Victor (28*) het sy lopies van slegs 18 aflewerings aangeteken en sy span oor die streep gekry. Die span van Kaapstad het 131/6 in sy toegelate boulbeurte aangete ken. Niel Durow (2/18) was Grey se beste bouler in die kragmeting. Grey het daarna op die eerste dag Westville Boys’ High verslaan. Durow (50*) en Victor (28) het weer
belangrike bydraes gelewer. Grey het Saterdag met sewe paaltjies teen die Kingswoodkollege gewen. Die aanvangskolwer Rein hardt Bezuidenhout (97*) het sy honderdtal netnet misgeloop. Petrus Coetzee het drie kolwers vir slegs 16 lopies teruggestuur kleedkamer toe. Teen Waterkloof het Grey met drie paaltjies verloor. ’n Sege in die wedstryd sou aan die span van Bloemfontein ’n plek in die eindstryd besorg het. De Klerk (3/22) het in die kragmeting weer ’n uitmuntende boulvertoning gelewer. Sondag het Grey met 63 lopies teen die St. Stithiankollege verloor. Die draaibouler Charl Swanepoel (3/27) het die beste vertoning vir Grey in die kragmeting gelewer.