Netbal
Kovsies sal beter moet doel
Polemiek oor diereregte ná foto op Facebook
Watch out for these signs
Bl. 16 Tel. 0514047600
Sterk menings
Suicide
Bl. 4
P5 | Donderdag 16 Oktober 2014
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Travellers high and dry
Lesers sê oor sluiting
Melisa de Wee PASSENGERS at the Bram Fischer International Airport who recently wanted a quick cup of coffee before or after their flight were surprised to see that the doors of the Ekaya restaurant had closed. This has been the case since 23 September. Unathi BatyasheFillis, spokesper son of the Airports Company South Africa (Acsa), says the Ekaya restaurant is closed due to a contract that has expired. She says there is currently a legal dispute between the restau rant owners and Acsa. BatyasheFillis says this has never happened in the past. It is the first time that they had to close a restaurant at the airport. She says they are in the process of looking for new service opera tors. It is difficult, because they still have tenders running that will only close on 28 or 29 October. Acsa has been in meetings with potential owners who are interes ted in the restaurant. “A lot of people are interested, so it will be a long process,” says BatyasheFillis. She says the aim is to get the restaurant operating before the
The Ekaya restaurant at the Bram Fischer International Airport has been closed. end of the festive season. Acsa has organised temporary mobile coffee shops for the convenience of the public.
BatyasheFillis says they have not received any complaints from the public. They are appealing to the public
Photo: Jens Friis
to be patient while they work on this problem. The Ekaya restaurant at the George Airport is also closed.
LESERS het só op Bloemnuus se Facebookblad gereageer oor die nuus dat die restaurant in die Bram Fischer Internasionale Lughawe gesluit is: S Dewald Louw: Ek sien ’n goeie sakegeleentheid. S Bekkie Pitout: Die diens was swak en die opset bitter onprakties. S Diederik van Niekerk: Ek vlieg weekliks en ken van die senior SAAmense. Hulle het verlede week aan my bevestig dit is die huur wat so uitermate hoog is. Oor die algemeen is die gehalte van dienste wat Acsa by die Bloemlughawe bied, uiters swak. Die parkeer masjiene is al drie jaar gelede aangebring en kan steeds nie kaartbetalings hanteer nie. S Lynette van der Merwe: Swak diens en te duur. S Emsie Lloyd: Tipies Bloemfontein. Eerste indruk van Bloem: ’n toe restaurant. S Magda Mostert van Eeden: Hul pryse was te hoog. Selfs ’n koppie koffie was R25. S Maré Marais: Aggenee, hulle het die lekkerste koek gehad.
2 BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014
Skoonhede leer, ontspan saam DIE 12 topfinaliste van die Mej. Bloemfontein Rooskompetisie het die afgelope week verskeie werksessies en uitstappies onderneem. Hulle het onder meer ’n grimeerles deur Michelle Millar van The Look gehad, ’n uitstappie na die Cheetah Experience (deur Defensor Security geborg) onderneem, ’n etiketwerksessie deur Henk Benson van Party Perfect en ook ’n mikrofoonetiketsessie deur Jeanette Geldenhuys van Radio Rosestad bygewoon. Die finaliste het ook al die Cara mello’s takke besoek waar hulle met drink goed na hul uitstappies bederf is. Die finaliste se uitrustings vir die uitstappies is deur Danial Smith van Dee Cee Design ontwerp en verskaf. Sien nog foto’s by www.bloemnuus.co.za
Die 12 topfinaliste van die Mej. Bloemfontein-Roos-kompetisie het die afgelope week verskeie uitstappies en werksessies onderneem. Onder meer het Jeanette Geldenhuys van Radio Rosestad ’n praatjie oor mikrofoon-etiket aangebied. Hier is van links, voor: Melinda Bester, Benita van der Merwe, Lizè-Marie van der Walt, Su-Nita Coertzen, Sasha-Lee Gouws en Diandri Saaiman; agter: Jamie-Leigh Taaibosch, Carli Rothmann, Nienke Coetzee, Geldenhuys, Loraine van Heerden, Anandi Grobbelaar en Charnelle Ingram Foto: Cobus Schieke
Een, twee, drie – jy is ’n wenner Caramello’s het die finaliste met drinkgoed bederf. Hier is Jamie-Leigh Taaibosch (links) en Loraine van Heerden by Caramello’s Preller Plein
Foto: Cobus Schieke
Henk Benson van Party Perfect het vir die finaliste ’n werksessie oor etiket aangebied.
Foto: Cobus Schieke
Regs: Braam du Plessis van die Life-Rosepark-hospitaal maak Lizé-Marie van der Walt hier touwys in die noodhulpsessie. Foto: Inge Strydom
Die 12 topfinaliste van die Mej. Bloemfontein Roos-kompetisie se uitrustings vir die uitstappies is deur Danial Smith van Dee Cee Design ontwerp en verskaf. Van links is voor: Andrie Goosen (beoordelaar, Fleurdal Mall), Charnelle Ingram, Carli Rothmann, Sahsa-Lee Gouws, Melinda Bester, Lizè-Marie van der Walt, Benita van der Merwe en Nadia Goodes (Reach for A Dream); agter: Esmariè Cronjè (beoordelaar, Life-Rosepark-hospitaal), Jamie-Leigh Taaibosch, Nienke Coetzee, Anandi Grobbelaar, Loraine van Heerden, Diandri Saaiman, Su-Nita Coertzen, Santjie Wiese (beoordelaar, Wimpy) en Inge Strydom (beoordelaar, Bloemnuus) Foto: Cobus Schieke
VIER lesers kan lekker pryse losslaan deur hul topdrie gunstelinge (koningin, eerste prinses en tweede prinses) vir Mej. BloemfonteinRoos te voorspel. Die kroning vind Saterdag plaas. Die vier pryse ter sprake is: S Caramello’s gee aan een leser van Ons Stad ’n Caramello’seetbewys. S Wimpy in die Fleurdal Mall gee aan een leser van Ons Stad ’n Wimpyeetbewys. S Checkers Hyper in die Fleurdal Mall bied aan een leser ’n Checkers Hyper Fleurdalkruideniersgeskenkbewys. S Lilly’s Biltong in die Fleurdal Mall gee aan een leser ’n Lilly’s Biltonggeskenkpak. Jy kan tot Vrydag om 10:00 jou voorspel ling stuur. Stuur ’n SMS na 45527 en begin die SMS met die sleutelwoord “Roos”. Dui dan jou topdrie aan deur slegs hul name te gebruik. ’n Voorbeeld: Roos. 1. Marie 2. Saartjie 3. Sannie. As jy meer oor die finaliste wil weet, gaan na www.bloemnuus.co.za of lees in verlede week se koerant.
Die 12 topfinaliste van die Mej. BloemfonteinRoos-kompetisie het die Life-Rosepark-hospitaal besoek. Hier oorhandig Benita van der Merwe (regs) ’n gemeenskapseerbewys aan Estie de Beer, ’n verpleegster in die trauma-eenheid. Foto: Inge Strydom
BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 3 WINDSKADE: Voordat ’n reënbui Saterdagmiddag oor die Bram FischerInternasionale Lughawe uitgesak het, het wind skade op die parkeerterrein aangerig deur dié tentdakke los te skeur. Ná die storm is voertuie hierdeur bedek. ’n Bloemnuusleser, Amanda Coetzer, het op Facebook geskryf die reën was ’n welkome verjaardaggeskenk op haar 40ste verjaardag. Foto: Jens Friis
Access strictly controlled Ruan Bruwer SOON even those who have a valid reason for visiting the campus of the University of the Free State (UFS) will not be allowed entrance. The UFS has been tightening security meas ures on its Bloemfontein campus. Students, staff and other personnel have been given access cards. As for the rest, they will have to sign in at the visitor’s centre and depending on the business they have on campus, will only be allowed entrance for a certain period of time. The visitor’s centre at gate 5 (DF
Malherbe Drive) should be active towards the end of October. All five entrance gates are being equipped with strict access control. The first phase of the process was implemented in August at gate 2 (Badenhorst Street) and gate 4 (Furstenburg Street) which were equipped with cardreaders. Only persons with valid access cards can enter and leave through those gates. Existing staff and student cards will be equipped to be read by the shortdistance cardreaders at the gates in order to activate the booms. They will no longer have to swipe
their cards; the boom will open automatically. As from this month, staff members and students who have motor vehicles will have to buy the new dualfrequency cards that will replace their current cards. A discounted price of R30 per card is payable during October, thereafter a card will cost R60. Gate 3 (Wynand Mouton Drive) is earmarked for use by official cardhol ders. The purpose of the construction work at the main gate in Nelson Mandela Drive is to build an extra lane for incoming traffic and is estimated to be completed soon.
Oplossings in landbou bekyk LANDBOUWEEKBLAD, in samewer king met Volksblad, bied op 30 en 31 Oktober ’n landbou konferensie met die tema Oplossing vir die landbou by die
Universiteit van die Vrystaat (UV) aan. Kontak Patricia Potgieter vir plekbespreking of om meer inligting te kry by 0214062298 of ppotgiet@landbou.com.
4 BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 MENINGS EN RUBRIEKE/COMMENTS AND COLUMNS
Polemiek oor diereregte op FB SOVEEL hoofde, soveel sinne. Só lui die gesegde wat van die jare toet dateer. En op ’n hedendaagse Facebook is dit meer waar as voorheen. Soms plaas jy ’n inskrywing (post) op Facebook wat jy vermoed reaksie gaan uitlok, maar dan plaas niemand kommentaar (comments) nie. En dan, uit die bloute, rol die kommentaar soms in op byvoorbeeld ’n “neutrale” foto wanneer jy dit glad nie verwag nie. Die einste het die afgelope naweek gebeur toe ’n foto van ’n opdieoogaf goed versorgde kameel op dié Facebookblad
LESERSLENSKOMPETISIE: Willem Kruger het dié foto op die terrein van die Anglo-Boereoorlogmuseum geneem. Hy is daarmee ’n ete in die Rosie’s Brasserie by die Windmill-casino-en-vermaaklikheidsentrum ryker. Stuur gerus ’n foto – dalk wen jy die volgende eetbewys. Die kontakbesonderhede is onderaan dié bladsy. Kyk na nog wenfoto’s van lesers op www.bloemnuus.co.za.
As ’n hemp van jou die dag mis Jaap Steyn ’n NEDERLANDSE koerant het ’n jaar of wat gelede ’n verskoning geplaas onder die opskrif: “Pagina mist”, oftewel “Bladsy mis”, as jy dit direk in Afrikaans vertaal. ’n Bladsy het in die kulturele bylae weggeval en dit is daaroor dat die koerant ekskuus gevra het. Een van die lesers het dadelik geskryf dit is “ ’n koei van ’n taalfout”. Daar moes liewer iets gestaan het soos, “Daar ontbreek ’n bladsy”. Nog ’n leser het geantwoord ’n mens kan die verkeerde gebruik van mis nie meer teëhou nie. Dit het my ’n bietjie laat lekkerkry dat selfs so ’n vername koerant – dit was die NRC Handelsblad – sulke tegniese en taalfoute kon begaan.
BLOEMNAWEEK is op Vrydae op die volgende afsetpunte in Bloemfon tein beskikbaar: AAA Vleis Hospitaalpark Aljo’s Spar Bayswater KwikSpar Baysvillage Spar Bewareaaftreeoord Checkers Hyper Checkers Langenhovenpark Checkers Mimosa Mall College Square MediCross Dischem Bloemfontein
My gedagtes het dadelik gedwaal na iets wat ’n vriendelike jong Engelssprekende vroeg in 1959 vir me. Anne van Zyl van Henry straat 90, Bloemfontein, gesê het: “Miss, een van my hemde mis”. Miss Van Zyl en haar suster, Miss Helen (hulle was by almal só bekend), het in ’n groot huis gewoon. Laasgenoemde het in ’n buitegebou op die erf ’n banket bakkery bedryf. Me. Anne het aan ’n paar mense volle losies verskaf (was goed ingesluit) en aan nog ’n klompie mense heerlike aandetes
teen ’n billike prys voorsien. Baie van die eters was jong Volksbladjoernaliste. Die vermiste hemp is darem gou weer tussen die ander loseerders se strykgoed opgespoor. Dit was in dieselfde tyd dat die taalgeleerdes besluit het ons hoef nie meer ’n trein of bus te verpas nie, ons kan dit nou maar weer mis as ons wil. In Die Volksblad se Byvoegsel het ene “Siegfried” in ’n rympie juigende kommentaar hierop gelewer, maar gewaarsku: “Onthou net ’n voël op ’n tak bo jou kop / mis nooit nie, nee nooit nie vir JOU!” S Jacob Cornelius (Jaap) Steyn (gebore 31 Julie 1938, Fouries burg) is ’n Afrikanerhistorikus en kultuurbiograaf van Bloemfontein.
Makro Meditas Spar Naval Hill Spar Netcare Heidedal Posbank (langs Fruit & Veg Lhp) Nasionale Museum OK Grocer Pellissier Pick n Pay Brandwag Pick n Pay Fleurdal Family Store
Alles van die beste. Jens Friis (red. Bloemnuus/Bloemnaweek)
Só skryf jy ’n DAGBOEKINSKRYWING en foto van die Brian Boswellsirkus het Facebooklesers onverwags aan die praat gehad: S Elize Adendorf Boemer: Dis nie waar ’n kameel hoort nie. Arme ding. Boikot, asseblief! S Aletta Joraan: Wilde diere behoort nie aangehou te word om mense te vermaak nie. S Edelweiss Wessels: Ek dink die tyd van sirkusse is lankal verby! S Noël Egbert Venter: Dalk sal ek maar gaan. Lyk my hulle gaan die geld nodig hê om kos vir die diere te koop. ;) S Tess Pretorius: Boikot?! Dis die ekwivalent van ’n volstruis wat sy kop in die grond druk. Wees deel van die oplossing, nie die probleem nie. Almal eien sy/haar reg op hul drome die belangrikste. Dis kleinlik en boonop selfsugtig om ander nie daai kans te gun nie. Ek was daar, my eerste sirkus; en my hart het weer jonk gevoel. Die diere het ook nie onversorg of uitgeteer gelyk soos almal te kere gaan nie. Inteendeel; ek het al boere se diere gesien wat erger lyk en dis mense wat alle moontlike hulpmid dels tot hul beskikking het wat julle “boikotkolonie” “reg” ag. As die diere so onversorg lyk, bied ’n
‘Bloemnaweek’ hier te kry
Emily Supermark Ellenberger & Kahts Fruit & Veg (Lhp en Suide) Game Fleurdal Heuwelsig KwikSpar Johnny’s Fruit Market Kloppers Liquor City Loopy’s Café
geplaas is. Die doel van die foto en onderskrif was om lesers bewus te maak dat die Boswellsirkus in Bloemfontein is. Wyd uiteenlopend was die reak sie, maar die gemene deler is Bloemnuus se lesers (ook dié wat diere in ’n sirkus voorstaan) is groot diereliefhebbers. Sien die kommentaar in die briewekolom hieronder. En as jy lief vir jou troe teldier is, sal jy waarskynlik ook van die foto’s op bl. 8 hou.
Pick n Pay Preller Walk Pick n Pay Bloemgate Pick n Pay Loch Logan Pick n Pay Noordstad Preller Plein Apteek Pretty Gardens Protea Stores Rolina Stores LifeRoseparkhospitaal
Laat jou stem hoor. Stuur briewe na jens.friis@media24.com. bietjie aan om saam met jou kids na hulle te gaan omsien. En terwyl jy daar so staan en roskam, kam sommer daai negatiwi teit en selfsugtigheid uit jou uit. S Alta Koen: Hulle het geen wilde diere hier nie. As daar meer mense is wat na hul diere kyk en hulle leer soos hierdie mense, sal daar minder honde op straat wees. Gaan kyk gerus na hul akrobate se talent. Dit is nie net iets om te aanskou nie, maar vir seker om te waardeer ook. S Elsje Nel: As ons hulle onder steun, kan daar nog beter na die diere omgesien word. Ek het al gesien en beleef met hoeveel liefde hier na die diere omgesien word. Ons het met sirkusse grootgeword en ons kinders moet ook die voorreg hê. S Henda Laufs: Die sirkus was wonderlik! Lieflike, suiwer vermaak en ’n belewenis vir kinders. Die diere is baie goed versorg.
Saverite Fichardtpark Senwes Sky Country Meditas Slaghuis Fauna Vleis Dave’s Meat Market Urth Garden Centre Vodacomhoofkantoor Wimpy Checkers Wimpy Northridge Wimpy Suide (groot Pick n Pay) Wimpy Waterfront Wimpy Casino
Suicide: There is hope and help A NUMBER of suicides have occurred in Bloemfontein over the past month. A number of factors play a role in this and every case has unique circumstances. South Africa has the eighth highest suicide rate in the world with approximately 8 000 people committing suicide yearly. Based on this, suicide is the third greatest cause of unnatural death in the country. In South Africa alone there are 23 suicides and 230 attempted suicides every day. World Suicide Prevention Day was held recently and the message was carried out that suicide was preventable and that there was help available for people in need of support. Increased awareness about the warning signs and places where people can be assisted plays an important role in preven tion. For many people it is difficult to make sense as to why a person will attempt to or commit suicide. Research has shown that there are many psychosocial factors that play a role such as untreated mental illness, substance abuse, family problems, trauma, rape and poverty, which all have the potential of contributing to a person feeling suicidal. According to studies, about 70% of those who committed suicide often showed warning signs. People with suicidal tendencies experience extreme feelings of hopelessness and helplessness, which often lead to them forgetting that there is hope and help. Suicide may appear as the only way out to them. They often need to be reminded that
Watch out for these signs S Change in behaviour; S withdrawal or isolation from family and friends; S talking or thinking about death often; S clinical depression – deep sadness, loss of interest, trouble sleeping and eating – that gets worse; S losing interest in things one used to enjoy; S making comments about being hopeless, helpless or worthless; S putting affairs in order, tying up loose ends, changing a will; S saying things like “it would be better if I wasn’t here” or “I want out”; S talking about suicide or killing one’s self; S visiting or calling people to say goodbye; and S giving away possessions, especially those possessions that are of value to them. there is help, and that all they need to do is reach out for assistance. If you require help or would like more information, call Southern Free State Mental Health on 0514440212/3 or email svgdirek@gmail.com.
BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 5
6 BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014
Bel Susna Botha by 0514047798 om hier te adverteer.
Mamma Kraai se boerewors JY het nodig: 1 kg varkspek 3 kg beesvleis, grof gemaal 5 knoffelhuisies, fyn gekap 90 ml sout 30 ml (2 e) vars gemaalde swartpeper 60 ml (kwartkoppie) fyn koljander
5 ml (1 t) vars gerasperde neutmuskaat 5 ml (1 t) gedroogde tiemie 2,5 ml (halwe t) fyn kruinaeltjies 125 ml (halwe k) kruinaeltjies 125 ml (halwe k) Worcestershiresous
125 ml (halwe k) rooi wyn 2 kg varkvleis, grof gemaal worsderms Maak só om agt porsies te lewer: S Maal 500 g van die varkspek grof en sny die res in klein blokkies.
S Meng die varkspek, beesvleis en varkvleis liggies met al die geurmiddels. S Ryg die derms oor die stoppertuit en stop die derms met die vleismengsel. Moenie die derms te styf stop nie. S Braai die wors oor matige kole tot gaar en bruin.
Mamma Kraai se boereworsresep kom uit dié Kokkedoor-resepteboek. Skaf jou vleis by die ondernemings op dié bladsy aan.
BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 7
Dit gebeur dan DONDERDAG 16 OKTOBER S Boss’s Day. S Shmini Atzeret (Jewish). S Tjello en klavier: Georgi Anichenko en Anastasya Tenekova in die Odeion om 19:30. Kaartjies tussen R130 en R50 by Computicket. S Asylum of the Birds: fotografieuitstalling deur Roger Ballen in Oliewenhuis tot 16 November. S (Dis)place: fotomontage en installasie deur MariLoui se du Plessis tot 31 Oktober in Gallery on Leviseur. S Agri Boshof se plaaswer ker en beginnerboerinlig tingsdag. Rolanda van den Heever, 0535410018. S The problem of crossing a bridge: Isabel Mertz stal druk en beeldhouwerk tot 24 Oktober in die Steg manngalery uit. S Mars, ’n kinderoperette, word om 19:00 deur die Laerskool Willem Postma in die Sand du Plessisteater aangebied. Dit is spesiaal deur Maretha Maartens geskryf en die musiek is deur Anton Esterhuyse gekomponeer. Xander Steyn is die choreograaf. Kaartjies is by Pacofs te kry. VRYDAG 17 OKTOBER S Alumni Voices, ligte musiek onder leiding van Leona Geldenhuys, om 19:00 in ZiZi’s Restaurant, Botaniese Tuin. ’n Kaartjie teen R195 sluit ’n driegang ete in. Bespreek plek by 0514019734.
VRYDAG 17 OKTOBER: Nicholis Louw sing om 19:30 in InnieSkuur. ’n Kaartjie kos R120. S Christa Steyn en Ek met Ockie Vermeulen en kwartet in die NG kerk Onze Rust. Hiermee word dié kerk se 50ste verjaardagviering afgesluit. ’n Kaartjie kos R60 en is te kry by die kerkkan toor (0833112257). S Kermis van 15:00 af by die NG kerk BergenDal, Albrechtstraat, Dan Pienaar. Middagete reeds van 12:00 beskikbaar. Koop hier die heerlikste eetgoed soos braaivleis, potjiekos, koeke, beskuit, kerrieenrys, basaarpoeding en slaptjips, en smul heerlik daaraan. Kuier saam in die teetuin terwyl die kinders met allerlei speletjies vermaak word.
SONDAG 26 OKTOBER S Vier kore van die Meisieskool St. Michael in Bloemfontein, die St. Andrewskool en die SuidAfrikaanse sopraan Sibongile Mngoma sal die vreugde van Kersfees besing in St. Michael se jaarlikse Songs of Celebration. Dié geleentheid sluit die skool se 140jaarviering af. Johan Cromhout sal as orrelsolis optree en as begeleier vir die kore gelei deur Marilise van Rooyen, Maryke Smit en Clive Mott. The Joy of Christmas is om 16:00 in die Anglikaanse katedraal. Kaartjies kos R100 en is by St. Michael se kantoor te kry. VRYDAG 31 OKTOBER S Symphony at the Woods om 20:00 deur Arco Musica met onder andere Cézanne Yselle, Elmarie Potgieter, Tsidi Gumede, André Venter en Herman Strauss in die Woodlandsonthaallokaal. Kaartjies teen R120 is te kry by Computicket. Vir tafelbe sprekings skakel 083259 2226. Bloemnuus is die mediaborg. S Riana Nel en haar orkes in die Kovsiekerk. Bespreek plek by Computicket. Bloemnuus is die mediaborg van dié konsert. STUUR dagboekinskrywings vir Bloemnuus na jens.fri is@media24.com. Hou dit kort en kragtig.
Up to
50%OFF Selected footwear
Normally R399
Normally R399
NOW R199
WOMEN’S JULES SHOES Comfortable, lightweight leisure shoes Cushioned footbeds for comfort
NOW R299
WOMEN’S CANDICE SANDALS
Three straps to ensure a secure fit Rubber outsoles for better grip on rough terrains
Comfortable, soft leather footbeds Lightweight leather design, perfect for hot summer days
Normally R750
Normally R999
NOW R899
WOMEN’S ELLIPSE AERO SHOES This lightweight hiking shoe is ideal for women who like to move quickly in the mountains. Low-cut profile for freedom of movement. Salomon’s Contagrip® outsoles offer optimal traction on varied surfaces.
Normally R1399
NOW R899
Normally R1399
NOW R399
NOW R699
Normally R1299
Normally R399
NOW R299
MEN’S GRAVITY SANDALS
GREAT VALUE DEALS!
NOW R1099 MEN’S REFLEX 2 WATERPROOF BOOTS
WOMEN’S EMERALD CITY SANDALS Comfortable, cushioned leather footbeds Light and perfect for warm summer days
WOMEN’S ARKANSAS BOOTS Suede and mesh breathable uppers Soft padded collar for added comfort
MEN’S YORKTOWN SHOES Full grain leather uppers EVA heel for crucial stability
8746 E & OE
Offers valid from 17 October. While stocks last. SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders.
Fans find out first.
Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Limited to 3 units per product per customer applicable online and in-store. Products subject to availability. Stores nationwide. All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy. Delivery times on all promotional items ordered online is 7-10 working days. Limited online stock available.
Perfect for day hiking and most outdoor activities. It is comfortable, waterproof, has a very modern style and is constructed with high quality materials, that offers flexibility and comfort while a bellows tongue keeps debris out. Breathable mesh linings maintain comfort by keeping your feet dry while the Merrell Air® cushion in the heel absorbs shock and adds stability.
8 BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014
Alte dier-baar FOTO’S word nie meer ontvang vir die kompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is nie. Die finaliste sal binnekort aangewys word. Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebookblad. Byna 7 200 mense is lid van dié blad.
Blou, die windhond, en haar beste maatjie, die wees-meerkat Junior. Hulle behoort aan Luke de Kiewit.
Kieters van Elsabé Swart.
Michelle Reynecke se kat Sammy slaap graag op dié troon.
Muschka van Danie Jacobs is ’n Anatoliese herdershond wat tussen haar eie groepie lammers gesit is sodat sy hulle as haar eie kan aanneem en hulle in die toekoms teen jakkalse en rooikatte kan oppas.
BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 9
10 BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 Verwag die volgende by The Gardener Live en Volksblad se Kosenkunsmark S PRAATJIES deur Anna Celliers, Tanya Visser en Gerald Schofield. S Demonstrasie van blommekuns deur die Oranjeblommeunie. S Demonstrasie en uitstallings van suikerkuns en koekversiering. S Plante en tuinbenodigdhede by
die Makroleefstylpaviljoen en mooi plante by Greenside se kleinhandel paviljoen. S Royal Canin se hondewandeling in die Botaniese Tuin. S Uitstaltuintjies met oulike idees vir tuiniers.
Net Saterdag 25 Oktober: S Volksblad se Kosenkunsmark met stalletjies van kos en kuns en dekorprodukte. S Plaaslike kunstenaars verskaf vermaak. S Speelplek vir die kinders.
Meer as net kos en kuns
Hope vir tuiniers ook Lientjie Mentz TUINGHOEROES Anna Celliers, Tanya Visser en Gerald Schofield kuier binnekort in Bloemfontein wanneer die gewilde The Gardener Livetuinekspo saam met Volksblad se maandelikse Kosenkunsmark in die Vrystaat se Nasionale Botaniese Tuin in Bloemfontein aangebied word. Die tuinekspo duur van 24 tot 26 Oktober, terwyl die mark soos gewoonlik op Saterdag 25 Oktober aangebied word. Besoekers kry dus dié Saterdag ’n dubbele dosis stalletjies – tuinverwante stalletjies, asook stalletjies waar markgangers kos, pragtige dekor en geskenke kan koop. Op die daaglikse praatjies gaan Gerald onder meer gesels oor hoe bome en struike aan ’n tuin vorm gee (Vrydag 24 Oktober, 14:00), hoe om sukses te hê met jou eie vrugte, groente en kruie (Saterdag 25 Oktober, 12:00) en hoe om voëls en wildlewe na die tuin te lok (Sondag 26 Oktober, 14:00). The Gardener Live begin op Vrydag 24 Oktober met praatjies wat uurliks van 11:00 tot 15:00 aangebied word. Saterdag begin die praatjies om 10:00 en sal elke uur tot 15:00 aangebied word en Sondag begin die praatjies om 10:00 en duur tot die laaste praatjie om 14:00. Ander praatjies handel oor suikerkuns en daar is ook ’n demonstrasie deur die Oranje Blommeunie (OBU). Troeteldiereienaars kan hul honde teen R20 per hond saambring vir ’n wandeling deur die tuin. Die Royal Caninhonde uitstappie begin op 25 Oktober om 08:00. Toegang vir dié spesiale mark
Anna Celliers is R30 per volwassene en R11 per kind ouer as 12 jaar. S Kry meer inligting oor hoe om ’n uitstaller op die Volksblad mark te wees deur ’n epos aan MarieLouise Smith by ml@zig zagcreations.co.za te stuur. S Kry meer inligting oor alles wat op The Gardener Livetuinek spo aangebied word op die webwerf www.thegardenerli ve.co.za. S Die eerste twee wenners wat elk dubbelkaartjies na The Gardener Live en Volksblad se Kosenkunsmark op Saterdag 25 Oktober gewen het, is Jens Jusjong en Sarie Kriel. Jul kaartjies sal die oggend van 25 Oktober by die hoofingang van die Botaniese Tuin beskikbaar wees. As jy ook dubbelkaartjies na die tuinfees wil wen, like die berig op Bloemnuus se Face bookblad (www.facebook.com/ Bloemnuus). Twee lesers sal elk dubbel kaartjies vir Saterdag 25 Oktober kan wen.
Merk volgende naweek omdat dit 'n fees van tuinmaak, kos en kuns by die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin in Bloemfontein gaan wees.
Foto: Lientjie Mentz
BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 11
12 BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 S Mike Mitchley van die Waen huis Antieke Winkel langs Nelson Mandelarylaan is uit die Anglikaan se katedraal van St. Michael en St. Andrew in St. George’sstraat begrawe. Hy word deur Bobby, Jacyn en Hazel oorleef. Mike was ‘n oudonderwyser van St. Andrew.
Hulle is onlangs oorlede
S Arnoldus (Nollie) van Rooyen (1922) se gedenkdiens is in die Fichardtparkaftreeoord gehou.
S Valeria Greyling (1925) se afskeidsdiens was Vrydag in die NG kerk Bloemheuwel. Dit is deur ‘n
grafdiens in die Memoriamkrema torium voorafgegaan. Valeria was tussen 1976 en 1986
‘n onderwyser aan die Meisieskool Oranje. S Hannetjie Church (1927) is uit die NG kerk Aandbloem begrawe. Die stoet het daarna na die Suidparkbegraafplaas beweeg waar sy ter ruste gelê is.
BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 13
PROMOSIEARTIKEL Sedert 2007 het RE/MAX First al ’n plaaslike bydrae aan Reach for a Dream van R500 000 gelewer. Ná hul gholfdag vanjaar is ’n tjek van R100 000 aan Reach for a Dream oorhandig.
RE/MAX gee ruim RE/MAX bedank dié borge: Honeyprokureurs, Better bond, Barons, Delta, Volksblad, Vodacom, Kloppers,
Kevro, BMW, Pick n Pay Prellerplein, Proteahotel Willow Lake, Attie Pienaar, Posh Lab, HDL, Fourieproku
reurs, Nedbank, Wella, Bella Donna, Jack Daniels, Mervyn Joel Smith, Tempe Gym, In the Mood, Securiforce, Quattro Properties, Dunlop, Landmark, Campus Key, Absa, Continental Beverages, Nashua, en RE/MAXagente.
Van links is, voor: Lorraine de Jongh, assosiaat: RE/MAX, Nadia Goodes, takbestuurder: Reach for a Dream, Erna Goodes, eienaar: RE/MAX, en Eugene Saffy, eienaar: RE/MAX; agter: Marcelle van Niekerk, persoonlike assistent van Lorraine de Jongh.
14 BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014
Invitation to Tender
Invitation to submit a proposal for the appointment of service provider/s for the provision of the following services for a period of twelve (12) months/one (1) year. ICAP in South Africa is a programme of the Mailman School of Public Health at Columbia University in New York City. The ICAP programmes in South Africa provide technical and capacity-building support to strengthen the Department of Health. ICAP in South Africa receives funding from the US Government (USG) through the Centers for Disease Control and Prevention (CDC). In collaboration with the DoH, ICAP in South Africa seeks to enhance DoH stewardship and capacity to accelerate expansion of access to HIV prevention, diagnostic care and treatment services, and mitigate the impact of the HIV epidemic. It also seeks to enhance the capacity of communities to mitigate the impact of HIV infection. ICAP in South Africa is based in Pretoria and works in five provinces in South Africa, namely: Eastern Cape (Port Elizabeth and East London); KwaZulu-Natal (Durban); Northern Cape (Kimberley); Limpopo (Polokwane); and Free State (Bloemfontein). Tender Appointment of a Panel of Service Providers to Provide Travel Management Services (Bid No: ICAP-T001/09/2014)
Tender Document/s Appointment of Panel
Closing Date 23 October 2014 at 12:00
Appointment of a Panel of Service Providers for Recruitment, Advertising Agencies (Bid No: ICAP-T002/09/2014) Appointment of a Panel of Service Providers for Shuttle Services (Bid No: ICAP-T003/09/2014) Request For Proposal: Cleaning Services (Various Offices) (RFP-ICAP CS002/2014) Invitation for Service Providers to be Registered on ICAP Vendor Database
Appointment of Panel
23 October 2014 at 12:00 23 October 2014 at 12:00 23 October 2014 at 12:00 30 October 2014 at 12:00
Appointment of Panel Request for Proposal Database Registration
Document Issue date: 10 October 2014. Document issue last date: 22 October 2014 No Compulsory Meeting for all services. NB: No bid will be awarded to any person whose tax matters are not in order with SARS. Contact information: ICAP, Unit 202, Block A, Rigel Office Park, 446 Rigel Avenue, Erasmusrand, Pretoria, 0181; PO Box 11203, Erasmuskloof, Pretoria 0048. Documents can be obtained by request from e-mail: ms5033@columbia.edu Enquiries: Mlungisi Shongwe, tel. (012) 360-0657, fax: (012) 360-0664 Office hours: 08:00-16:00 Mondays to Thursdays K23457
PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
TE KOOP
EIENDOMME
BETREKKINGS
BOEDELKENNISGEWINGS
3600
JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE
LENINGS 1445
1645
Consolidation Loan Online Up to R230 000 Low credit score ok help@debtplan.today
TE HUUR 1820
SALE te huur op skouterrein troues, funksies en spesiale skoue. Verhuur ook tafeldoeke, eetgerei, breekware, drapering, ens. saam met sale. Persele ook beskikbaar op langtermynbasis. Skakel Juanita by 051 448 9894/5/6
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
ALLERLEI 1655
072 025 6606: Jewellery. We pay cash! OP SOEK NA 1485
I am looking for knitting machines. Empisals and Passaps in any condition. Will pay cash. Phone Cecilia on 082 482 4686.
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217
BETREKKINGS GESOEK
MEENTHUISE TE HUUR CHEAP ELECTRICITY: Heat pumps. New luxury townhouses. Thorn Brush, Tielman Roos Street, Douglas Valley. 2- and 3bedroom units. R4 840 to R5 200 p.m. Imm. available. % 051 436 0262. www.lesliebarnard.co.za Gold Reef Estate 2 slk, 1 badk. R6500 Skakel 081 700 1546/ 074 7555 754
HUIS- EN KANTOOROPKNAPPINGS: Dakke, SPESIALE AANBOD: plafonne, verf, teëls, Gold Stone Estate 2 slk, diefwering, ens. % SANTA 076 835 7849. 1 badk. SLEGS R4950. Skakel 082 851 6851 VERVOER & BERGING 1870
TUINVULLIS: 3 Ton trok vir u tuinvullis, bourommel en meubels. Casper 071 483 9924
3670
3325
Splinternuwe, luukse kompleks met sakpas pryse. 2 en 3 slk eenhede beskikbaar. Vanaf R6500. Skakel 074 7555 754/ 081 700 1546
4201
DRYWER SOEK VASTE drywerwerk het (EC1). Kontak 073 405 8467
ALGEMEEN 3680
Vir bediendes, nannies en tuinwerkers met verwysings. Getoets Skakel Madeliefie 083 444 7954 k/u. 122 EAJ TEURLINCKX
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
In die boedel van wyle Elisabeth Albertina Johanna Teurlinckx, identiteitsnommer 160805 0060 184, weduwee, in lewe woonagtig te Cleggsingel 3, Universitas, Bloemfontein, boedelnommer 002287/2014. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê te die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 17 Oktober 2014. Naam en adres van Eksekuteur of Gemagtigde: LB Saffy, Honey Prokureurs, Posbus 29, Bloemfontein 9300. Tel. 051 403 6600. Faks 051 403 6714.
BLOEMNUUS, DONDERDAG 16 OKTOBER 2014 15
Span het stof tot nadenke DIE maklikste sou wees om te sê dit is ’n seisoen wat die Cheetahs liefs so gou moontlik moet vergeet. Maar dit gaan nie hul tweede laaste plek op die Superrugbypuntestand uit die rekordboeke vee nie, ook nie die seer van die sout wat die Leeus ’n tweede keer die seisoen meedoënloos in hul wonde gevryf het nie. Kom ek verfris die geheue. In die Cheetahs se laaste Superrugbywedstryd in Julie op Ellispark het hulle die knie met 2560 gebuig en Saterdag het die span van Warren Whiteley, wat verlede jaar uit Superrugby geskop is, amper weer 50 punte aangeteken. Veertien drieë teenoor vier in die twee wedstryde. Waar het dinge begin skeefloop? Sommer vroeg in die Superrugbyseisoen al. Ek kan in dié kort rubriek net enkele moontlike oorsake noem. Afrigting sal altyd ’n moontlikheid wees wanneer ’n span swak vaar, hoewel ek baie simpatie met Rory Duncan en Franco Smith het. Hulle het ’n onervare span geërf weens ’n groot uittog van spelers, asook spelers wat deel van die Springbokgroep was, terwyl spelers soos Elgar Watts, Francois Venter, Lappies Labuschagne, Boom Prinsloo, Coenie Oosthuizen en Jean Cook weens beserings min of amper glad nie in aksie was nie. Maar wat nou vorentoe? Daar is weliswaar sekere
Faber wen bewys IN die laaste aanbie ding van Ons Stad se rugbyraaikompetisie in samewerking met die Mimosa Mall het niemand die eindtel ling reg voorspel nie. Ook niemand het die Vrystaat se telling reg gehad nie. Die Leeus het met 477 gewen. Garry Faber (1710 vir die Leeus) was die naaste aan die Cheetahs se telling wat hom die R200koopbewys laat wen.
aanwinste op pad en spelers soos Johann Sadie en Heinrich Brüssow kom vir Superrugby terug, maar daar moet tog rede tot kommer wees oor die diepte in sekere posisies, soos binnesenter en slot, om van stutte en hakers nie eens te praat nie. Daar is ’n groot skroef in die skrums los. Geen span kan soveel strafskoppe daar afstaan en hoop om suksesvol te wees nie. En hoekom verloor die Cheetahs so dikwels in die laaste paar minute teen spanne soos die Haaie, Bulle, WP en in sommige Superrugbywed stryde ook? Is die spelers se kondisione ring reg vir die vinnige tempo wat hedendaagse rugby volgens Heyneke Meyer vereis of lê die fout elders? En van meneer Meyer gepraat. Hy sê hy kies net spelers wat sielkundig sterk is, karakter het, bereid is om hard te werk en nederig bly. Dit is vir hom ononderhandelbaar. Hoekom klink dit vir my na die soort eienskappe wat ook die Leeuspan van Johan Ackerman sulke goeie rugby laat speel, terwyl die Cheetahs Saterdag min veggees getoon het. Die Vrystaters het baie stof tot nadenke.
PROMOSIE TOERNOOI GEHOU: Grey-kollege en Itec se o.14-waterpolotoernooi, in samewerking met Van Rensburg-patoloë, word van Donderdag tot Saterdag in die Gustav Fichardt-swembad by die skool aangebied. Die verrigtinge begin Donderdag om 12:00 met die eindstryde Saterdag om 18:30. Die toernooi beloof om waterpolo van die boonste rak aan toeskouers te bied. Van die skole wat hul slag sal wys, is Clifton, KES, Parktown, St. Davids, Grey-kollege, Crawford, Grey PE, Reddam, St. Alban, Northwood, Michaelhouse, Durban High, Pearson, Affies, St. Peter, Rondebosch, Jeppe, St. John en ’n uitnodigingspan. Van links is, voor: JP du Randt en Nathan Steyn, spelers van Greykollege se o.14A-waterpolospan; agter: JD Ferreira, borgskapbestuurder van Grey, Elshe van der Westhuizen, skakelbeampte en bemarkingskonsultant van Itec Vrystaat, en Nico Venter, hoof van waterpolo aan Grey-kollege. Photo: Van Zyl Naudé THE 13th annual Grey College Absa Tennis Tournament will take place from Wednesday to Saturday at the school’s tennis courts. Affies from Pretoria is the defending champion. The tournament hosts some of the greatest tennis schools in the country: the likes of Grey College, Paul Roos Gymnasium, Affies, Paarl Boys’ High, St Stithians Boys’ College, Kearsney College, Pretoria Boys’ High and Waterkloof. The players of Grey, recently named the top boys’ tennis school in the country by the South African Schools Tennis Federation, will bring their A game to make sure they stay at number one. The tournament includes a full three sets for the singles and a pro-set for the doubles. From the left are Naresh Mahabeer, head of tennis at Grey College, Jan Paul Berry, member of first tennis team of Grey, and Herman Wessels, relationship banker at Absa Commercial Bank Services. Photo: Van Zyl Naudé
Steil bult wag op Kovsie-doele Ruan Bruwer DIE doelskieters van die Kovsienetbalspan gaan vandeesweek hard moet skaaf aan hul doelwerk indien dié span enige kans wil staan om Maandag met die Tukkies af te reken. Die twee netbalkragte kom dan in die eindstryd van die VarsitySportsnetbalreeks in Pretoria teen mekaar te staan – die derde
eindstryd tussen die Pretorianers en Vrysta ters vanjaar. Die doele van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Maandag ’n teleurstellende vertoning in die halfeindronde teen die Noordwesuniversiteit se Pukke gelewer en kon net 69% (51 uit 74 pogings) van hul doelpogings sink. Dít teenoor die Pukke se 87%suksessyfer. Die Kovsies kon voor ’n groot tuisskare dus eintlik veel geriefliker as met 5145 geseëvier het. Danelle Willemse, wat as hoofdoel begin het, is ná die eerste kwart na hulpdoel geskuif om plek vir Denielle van der Merwe te maak wat ook die enigste skuiwe deur die tuisspan in die hele wedstryd was. Die 18jarige Van der Merwe, wat redelik aan die kort kant is, het nie te vrot gevaar nie. Maryka Holtzhausen, lid van die afrigtingspan wat die doele slyp, het vroeër in die reeks gesê doele kan op dié vlak na ’n suksessyfer van tussen 85% en 90% streef. Die Vrystaatse studente het die meeste balbesit en kanse gehad, maar dit nie in punte omgeskep nie. Hul verdedigers, Alicia Puren en Karla Mostert, sowel as die verdedigende vleuel, Tanya Mostert, het ’n goeie taak verrig aangesien dit altyd teen die lenige Chanté Steyn (wat weer briljant gedoel het) moeilik sou wees. Die wedstryd was buite die Pukke se bereik geplaas danksy ’n goeie kragspelses sie (van twee minute waartydens doele dubbel tel) wat die tuisspan in die tweede kwart gehad het. Hy het hiertydens vier onbeant woorde doele aangeteken om die voorsprong van 1612 na 2412 te rek. Ook sy verdediging was in die belangrike twee minute
KARLA MOSTERT, kaptein van Kovsies se netbalspan, is een van drie finaliste vir die titel as die Varsity Sports-netbalreeks se speler van die reeks. Die publiek se stemme word gebruik om die wenner te bepaal. Mostert se spanmaat Ané Botha het verlede jaar die eerbewys ontvang. Stem voor Maandag se rustyd van die eindstryd vir Mostert by www.varsitysportssa.com/playerofthetournament. Teen druktyd van Bloemnuus het Mostert ’n gerieflike voorsprong gehad met 430 stemme teenoor Lenize Potgieter (Tukkies) se 293 en Lentsa Motau (Pukke) se 167 stemme. Foto: Saspa
Oudkaptein hou gevaar in Ruan Bruwer DIE Knightskolwers sal môre vinger moet trek in die span se tuiswedstryd van die Momentum eendagreeks teen die Dolphins. Die Knights het Saterdag ’n swak begin tot die reeks in Kimberley gehad toe hulle in 41 beurte vir net 162 uitgehaal is. Met Rilee Rossouw wat met 57 lopies die voorste kolwer vir die Knights was, nie beskikbaar nie sal van ’n ander kolwer verwag word om die leiding te neem. Rossouw is saam met die Proteas na NieuSeeland. Daar sal veral in Reeza Hendricks se rigting gekyk word om weer die praatwerk met sy kolf te doen. Hy was een van drie Knights wat in Kimberley vir ’n nulletjie uit is. Gelukkig is die kolwer Pite van Biljon weer fiks
om die kolflys te versterk. Vrydag is die eerste van drie wedstryde in die reeks wat in Bloemfontein plaasvind. Die Knights, wat die titel laas in die 2010’11seisoen gewen het, gaan vroeg van sy voormalige kaptein Morné van Wyk ontslae moet raak. Van Wyk het Vrydag in die openingswedstryd van die reeks die wedstryd op eie houtjie vir die Dolphins met sy 121 onoorwonne lopies gewen. Die Knights kon verlede jaar net drie uit tien wedstryde wen, ofskoon drie daarvan uitgereën het. S Vyf stelle van vier kaartjies kan vir die wedstryd wat om 15:00 begin, gewen word. Skryf daarvoor by www.bloem nuus.co.za in. Soek die skakel “Competitions”. Die kompetisie sluit Vrydag om 11:00 waarna die wenners in kennis gestel sal word.
‘
“Ons sal teen die Tukkies nog sterker op die verdediging moet wees. Ons sal dieselfde taktiek teen hulle toepas.” – Karin Venter rotsvas waartydens Tanya Mostert ’n bal onderskep het en Kovsies ook besit omge keer het toe die Pukke vir die driesekonde reël gestraf is – altyd ’n teken van hegte verdediging. Volgens Karin Venter, hulpafrigter en ’n Proteaverdediger op haar dag, was sy tevrede met die verdedigers se vertoning, maar sal hulle selfs nog ’n trappie hoër teen die Tukkies moet speel. Hulle was veral suksesvol om die Pukke se aanvallende vleuel en hulpdoel onder druk te plaas wat hulle gedwing het om, met gemengde sukses, Steyn met lang aangeë
op te soek. Die Kovsies het ook in die proses heelwat balle onderskep. “Ons sal nog sterker op die verdediging teen die Tukkies moet wees. Ons sal dieselfde taktiek teen hulle toepas. Ons moet nog op laaste kombinasies besluit, maar almal het goed teen die Pukke gedoen,” het Venter gesê. Die Kovsies sal nie met Lenize Potgieter, die briljante doel van die Tukkies, te doen kry nie. Sy was Saterdag in ’n motorongeluk en sal nie in die eindstryd kan speel nie. VanesMari du Toit, ’n oudKovsie, het Maandag opnuut haar veelsydigheid teen Maties in die ander halfeindstryd getoon toe die versoolde verdediger weer op doel gaan stelling inneem het. In die finaliste se groepwedstryd (wat die Pretorianers met 5448 gewen het) het die wenspan met 82% van sy pogings geslaag en het Potgieter, een van drie finaliste vir speler van die reeks, hier uitgetroon. Die Pretoriase studente het ook onlangs hul ander doel, Lindie Lombard, weens ’n besering verloor. S Kyk die video by www.bloemnuus.co.za.