Bloemnuusbl 20141114

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Vrydag 14 November 2014

Klas van ’14

Matrieks, stuur nou jul foto’s van afskeid in en wen 5

Eenders

Tweeling bring baie verwarring

4

Kerskonsert

Duisende rande se pryse is op die spel 8

| www.bloemnuus.co.za

Mould groet Grey Herkies as president van VS­Rugby Jens Friis NÁ ’n leeftyd in die onderwys lê Lindsay Mould, skoolhoof van Grey­kollege (primêr), die tuig aan die einde van die jaar neer. Hoewel hy uit die onderwys tree, beteken dit nie hy gaan ophou om aan jong mense se toekoms te skaaf nie. Hy is pas as president van Vrystaat­Rugby herkies en sal in 2015 die pos van administratie­ we bestuurder beklee. “Dit is ’n uitdaging waarna ek uitsien – om optimaal onder­ steuning en leiding te gee sodat ons ’n topunie kan word. Hier sal ek steeds die kans gegun word om met jong mense te werk, wat ’n lewenspassie is.” Hy het vir 31 jaar as skool­ hoof aan die Laerskool Ficksburg, President Brand, Willem Postma, en toe Grey, gedien. “Aan elke skool het ek besef dat kinders, diep in hul wese, maar baie dieselfde is. Dit was vir my ’n voorreg om by soveel kinderharte betrokke te wees en om ’n verskil in hul lewe te maak, sê Mould. “Soos die skrywer Peter Drucker eens opgemerk het: ‘Leadership is lifting a person’s vision to high sights, the raising of a person’s performance to a higher stan­ dard, the building of a personali­ ty beyond its normal limitations’.” S Lees die berig op bladsy 2.

Lindsay Mould het op 10 Oktober die oupa van ‘n tweeling geword. Hier hou hy vir Isabella en Gabrielle Meyer vas. Dié kleingoed is die dogters van Mould se dogter Liza­Anne Meyer en haar man, Sakkie, van Bloemfontein.

Foto: Leon Fourie

New Designs of Printed Canvas Available atore ar st EMILY HOBHOUSE SQUARE DAN PIENAAR

NO. 1 FABRIC STORE

GRATIS

TEL: 051 436 0491/2

UPINGTON KIMBERLEY BLOEMFONTEIN

Tel: 054 332 1458 Tel: 053 861 5631 Tel: 051 448 6695

Dan Piena

X1PE4KPD-BN141114

TM

ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES

www.stafix.co.za 0861 STAFIX

S I U H U O J G I L I E BEV T E M N A A G G E VOOR JY W OU J R I V E I S N A K A V S U R D E O M E G E EI X1PF7WKM-BN141114


2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 14 NOVEMBER 2014

Lindsay Mould saam met Grey­kollege (primêr) se twee adjunk­ hoofde, Piet Loftus en Herman Rudd. Foto: Jens Friis

Johan Volsteedt (oudskoolhoof van Grey­kollege (sekondêr)), Lindsay Mould en Paul Cassar, uittredende skoolhoof van Eunice.

Lindsay Mould saam met sy vriendin Marnie van Wyk.

Skoolhoof lê tuig neer LINDSAY MOULD, skoolhoof van Grey-kollege (primêr), se lewe slaan in die nuwe jaar ’n ander koers in. JENS FRIIS het met hom gesels. Lindsay, jy was die afgelope 23 jaar die hoof van Grey-kollege (primêr). Wat sal jou bybly? Beslis die kinders met wie ek oor so ’n lang tydperk te doen gehad het. Elke Grey­seun met sy besondere persoonlikheid het ’n positiewe bydrae tot my lewe gehad. Watter dinge het jy tot stand gebring of verander in jou termyn? Die stigting van Grey Preprimêr in 1992 was ’n hoogtepunt, veral omdat ons die eerste skool in die Vrystaat was wat dit gedoen het. Ek wou Grey ’n gebalanseerde skool maak waaraan elke kind sy eie talent kon uitleef. Daar was byvoorbeeld ’n groot leemte in kultuur, daarom het ek die musiek­ departement uitgebrei. Onder leiding van Santjie Louw is daar vandag ongeveer 400 kinders wat by musiek­aktiwiteite betrokke is. Ook aktiwiteite soos redenaars en debat het ek sterk aangemoedig. ’n Nalatenskap waarop ek trots is, is die Stabilis Junior­koerant. Danksy ywerige leerlinge en uiters bekwame onderwysers het ons die afgelope paar jaar landwyd die eerste plek in die kompetisie Beste koerant vir laerskole behaal. Die prysuitdeling­formaat het ek verander. Dit was vir my belangrik dat elke kind vir sy bydrae, hoe gering ook al, beloon moes word. Aan Grey het ons dit ’n erkennings­ plegtigheid gemaak waarop elke kind na die verhoog geroep word om erkenning vir sy werk te kry. Ek wou gehad het elke seun moes besef sy bydrae tot die skool word raakgesien en gewaardeer. Op akademiese terrein het ek die kinders aan landwye en departe­ mentele kompetisies blootgestel waarin hulle uitgeblink het. Akade­ mie was vir my ’n ononderhandel­ bare voorkeursaak. Dan is daar ook die rugby se

Super­series­toernooi vir laerskole wat in 1998 begin is en tot een van die grootste in die land uitgebrei het. Laastens glo ek die oopdeur­be­ leid wat ek aan Grey begin het, was vir die kinders spesiaal. Elke seun kon, ongeag sy probleem, self met my kom praat. Ek het hulle dikwels sommer vir ’n geselsie genooi. Ek wou tot elke prys vir elke kind toeganklik wees. Hul harte was my harte. Laagtepunte? Om ’n leerling aan die dood af te staan. Dit het aan my gevat en was sleg. Om afskeid te neem ná 23 jaar as hoof van dié skool is nie maklik nie. Wat sal jy mis? Die praat, lag, huil, opgewondenheid oor seges en ook die lang gesigte ná ’n verloor­ stryd. Wat ek waarskynlik die meeste sal mis, is die opregtheid van ’n kinderhart. Daardie ontsagli­ ke lojaliteit van die Grey­seuns teenoor my, hul onderwysers, maats en hul skool. Dit is ’n Grey­ding wat min mense sal verstaan wat nie hier betrokke was nie. Dit is vir my ook moeilik om van uiters bekwame personeellede afskeid te neem. Van die mense het werklik my lewe verryk en tot my menswees bygedra. My twee adjunkhoofde, Piet Loftus en Herman Rudd, is mense wat meer as 20 jaar die pad saam met my gestap het. Hulle het sielsvriende geword wat my deur dik en dun bygestaan het. Ek het as kannetjie in 1960 hier begin skoolgegaan. Grey is in my bloed. Ek sal dit in geheel mis, maar altyd ’n raadgewer en ondersteuner van die spesiale mense bly.

Die pad vorentoe? Ek is pas herkies as president van Vrystaat­Rugby en sal in 2015 die pos van administra­ tiewe bestuurder beklee. Dit is ’n uitdaging waarna ek uitsien: om optimaal ondersteuning en leiding te gee sodat ons ’n top­unie kan

In Meneer Mold se kantoor – Chris­ tian Ebersohn (gr. 1), Janneman Jor­ daan (gr. 1), Mould, Bernhard Bühr­ mann (hoofseun, 2015) en Christiaan Kotzé (gr.1 1). Foto: Jens Friis

Lindsay Mould saam met vanjaar se hoofleiers. Van links is Lesley Botha (hoofseun), Mould, Riaan Brits (on­ derhoofseun) en Reece van Staden (onderhoofseun). Foto: Leon Fourie word. Hier sal ek steeds die kans gegun word om met jong mense te werk wat ’n lewenspassie is. S Nog foto’s verskyn op Bloemnuus se Facebook-blad.

Oudste dagblad vier 110de bestaansjaar Jens Friis DINSDAG sal Volksblad, ’n Media24­publikasie nes Bloemna­ week, presies 110 jaar oud wees. Dít beteken dit is die oudste Afrikaanse dagblad in die land. In Oktober 1904 het Hendrik de Graaf saam met die professio­ nele drukker B.P. Landa, wat ook ’n krygsgevangene op St. Helena was, na Potchefstroom verhuis om hul eie drukkery te begin. Ná die oorlog was die Afrika­

ner in pynlike maatskaplik­ekono­ miese en politieke omstandighede vasgevang. Daar was ’n groot behoefte aan ’n eie koerant, skryf Leo Barnard en Jan­Ad Stemmet in ’n Lewe van sy eie – die biografie van Volksblad. In dié behoefte is voorsien op Vrydag 18 November 1904 toe F.D. Conradie, ’n plaaslike prokureur en stadsraadslid, namens De Graaf die drukpers aan die gang gesit het en ‘n

weekblad gedruk is. Het Westen se eerste uitgawe was ’n nederige vier bladsye, teen 3 pennies per eksemplaar. Latere eienaar van De Transvaler, Paul G. Das, was die deeltydse redakteur. Behalwe advertensies op die hele voor­ en agterblad en ‘n vervolgverhaal, was daar nuus oor Paul Kruger se komende begrafnis, ’n besluit van die Stellenbosse NG kerke dat hulle nie meer hul dienste in Engels gaan hou nie en skoolbesoeke

deur Totius. Ondanks die opgewondenheid en die positiewe gesindheid was die koerant se lesers in die geheel brandarm en teen Januarie 1905 was Het Westen so te sê bankrot. Vir Landa en Das was die onsekere bedryf een te veel, maar ‘n begeesterde De Graaf verklaar: “Het Westen laten staan, dat doe ik niet, al zal ik ‘t ook helemaal alleen schrijven en zetten en drukken en net van

mieliepap leven, dan zal ik nog vashouden . . .” Sy kollegas het genoeg van die sukkelbestaan gehad. In Maart 1905 het Das die pad gevat, en later ook Landa. Alleen, maar besiel, het De Graaf soos ‘n besetene gewerk en só is die voortbestaan van Het Westen (nou Volksblad) verseker. S Hou Volksblad volgende week dop vir ’n spesiale bylae ter viering van die 110de bestaans­ jaar van dié koerant.


BLOEMNAWEEK, VRYDAG 14 NOVEMBER 2014 3

Net 1 van 4 kan wen

Mimi Slabbert: “Cloey, ons meisiekind­kat, probeer die goudvis Charlie Oranje beetkry.”

UIT letterlik honderde foto’s wat vir Bloemnuus en Makro se Troeteldierfoto van die Jaar­kompetisie ontvang is, is die vier finaliste gekies. “Die kompetisie het ons wildste verwagtinge oortref. Die foto’s het bly instroom en die sluitingsdatum moes telkens verleng word,” sê Jens Friis, redakteur van Bloemna­ week. “Volgende jaar sal die kompetisie beslis weer gehou word. Begin dus nou reeds foto’s van Woef en Kietsie neem.” Oorwegings om die finaliste te bepaal en hopelik ook deur lesers in ag geneem sal word wanneer hulle die wenfoto help kies, is onder meer of die foto ’n besonderse oomblik vasvang en die komposisie, asook die gehalte, van die foto. Daar kan op Bloemnuus se Facebook­blad gestem word, asook op www.bloem­ nuus.co.za. “Moenie net op Facebook stem nie, want die stemme op die webblad sal

Christil Viljoen: “Ace is ’n Belgiese herdershond­kruising wat baie van water hou.”

Chantelle Moodie: “Ons seuntjie­hond, Sam, baljaar op die gras.” die ander 50% vorm. As jy sterk voel dat ’n sekere foto moet wen, is dit dus die moeite werd om ook op die web jou stem uit te bring.”

Daar is slegs een wenfoto. Die een wat dit ingeskryf het, wen ’n geskenkbewys­ van R 1 000 van Makro (Bloemfontein).

Heidi Neethling: “Hitler, my great dane, is nou ’n jaar en sewe maande oud.”

DEON CERONIO

Hearing aids 21 Brill Street

051 447 4070

X1PEAR32-BN141114

Rhodeslaan 21, Bloemfontein Tel. 051 448 7400 www.stoneyswheelandtyre.co.za

AAA

Die Boerewors koning sedert 1988

Meat Vleis TEL. 051 522 6321 / 522 2124 HOSPITAALPARK GROOT / KLEINHANDEL

WILLISSTRAAT 7. Volg AAA- aanwysingsborde teen lamppale in Curielaan. Aanbiedinge geldig solank voorraad hou. Kredietkaarte en SAMBA welkom.

Spesiale Pryse op Heel Karkasse

A-Graad Agterkwart .......................R38,90/kg B-Graad SKAAP ..............................R55,95/kg A-Graad LAM vanaf .........................R61,90/kg

Maand-Besparings

AAA Kampioen Boerewors ....................R59,90/kg Drakensberg Boerewors ......................R43,90/kg Maalvleis .............................................R38,90/kg Steak Maalvleis ....................................R43,90/kg HAMBURGER PATTIES .........................R38,90/PAK EISBEIN (Gepekel & Gerook) .................R29,90/kg Bees Sosaties .......................................R9,00 ELK

13 KG BESPARINGSPAK 2 kg Hoender, 2 kg Beesstowevleis, 2 Kg Viennas, 2 Kg Maalvleis, 2 Kg Drakensberg B/wors 2 Kg Tensderised Steak en 1 kg Lamspotjievleis.

R550

Bestellings vanaf R250 met koelgeriewe, afgelewer in die stad. WEEKSDAE OOP VAN 07:00 - 18:00 EN SATERDAE 07:00 - 14:00

NUWE SAMBA NOU OOP!

X1PEPQDM-BN141114

Tel. Tel. 051 051 421 421 0802/3 0802/3 GAAR ETES NOU OOK BESKIKBAAR

NUWE BANDE

Passasiersbande: 155R13 vanaf 165/80R13 vanaf 175/70R13 vanaf 175/65R14 vanaf 185/65R14 vanaf 195/50R15 vanaf 195/60R15 vanaf 195/65R15 vanaf 205/55R16 vanaf 205/40R17 vanaf LDV: 195R14C 215R15C 245/70R16 265/70R16 265/65R17

vanaf vanaf vanaf vanaf vanaf

R389 R419 R429 R439 R539 R539 R599 R609 R629 R649 R739 R1039 R1329 R1569 R1489

SLAGHUIS / BUTCHERY

Game-sentrum Game-sentrum Bloemfontein Bloemfontein

Kom na ons vir die beste pryse en diens Pensioenarisse kry Woensdae spesiale afslag (karkasse uitgesluit)

3D

SAMBA en kredietkaarte welkom

WIELSPORING VANAF R149

GRATIS STIKSTOF MET ELKE BANDAANKOOP.

X1PF5Y3M-BN141114

Geroosterde Eisbein ..............................................R4,28/100g Geroosterde varklendeskyf .................................R10,47/100g Beesvleisfrikkadelle ...............................................R3,38/100g Geroosterde ¼ hoender ........................................R4,46/100g Beeskookvleis .........................................................R7,18/100g Geroosterde varknek ..............................................R8,58/100g Geroosterde 'Spare Ribs' .......................................R7,03/100g X1PF1BX9-BN141114


4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 14 NOVEMBER 2014

Sus of so, dit bly ’n spieëlbeeld Ruan Bruwer

Die twee krieketspelers van die Knights, Corné Dry (links) en Duanne Olivier, was vandees­ week in die ateljee van Radio Rosestad om ’n advertensie op te neem waarin hulle die publiek aanmoedig om Woensdag tussen 16:00 en 18:00 ’n draai in die Mimosa Mall te gaan maak. Foto’s: Verskaf

Wen parkeerplek met jou raaiskoot Ruan Bruwer HET jy dalk al gewonder hoeveel mense in ’n motor kan pas indien hulle daarin geprop word? Of hoeveel krieketspelers, geklee in volle krieketdrag, in ’n Chevrolet Spark Campus kan pas? Om ’n antwoord op dié vraag te kry kan die publiek Woensdag gerus ’n draai in die Mimosa Mall gaan maak. Die Vir Ons Kinders­promosie word dan van 16:00 tot 18:00 in die Food Court aangebied waar tien van die Knights­spe­ lers hul kriekettoerusting sal saambring en in die voertuig geprop gaan word. Die promosie is om verdere bewusma­ king vir die kompetisie te doen waarin ’n splinternuwe Spark Campus­voertuig gewen kan word. Deur ’n R20­skenking te maak staan jy ’n kans om die voertuig van R112 400 te wen. Deur te voorspel hoeveel spelers in die Spark Campus kan pas, kan mense in aanmerking kom vir ’n jaar se gratis parkeerplek in die winkelsentrum.

’n Chevrolet Spark Campus soortgelyk aan die model op die foto gaan binnekort ’n eie­ naar kry. Hoeveel krieketspelers in volle krie­ ketdrag sal in die voertuig pas? Maak jou voorspelling en staan ’n kans om ’n jaar se gratis parkeerplek in die sentrum te wen. Die kaartjies is by die sentrum se inligtingstoonbank beskikbaar en die sluitingsdatum van die kompetisie is 23 November. Die Vir Ons Kinders­kompetisie is deur Imperial GM Bloemfontein, Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante en Radio Rosestad moontlik gemaak.

DIT is vinkel en koljander, die een is (en lyk) soos die ander. Die Wessels­tweeling, Michelle en Carmen, verseker baie verwarring en sports. Anders as ander identiese tweelinge waar daar dikwels iets in hul voorkoms of persoon­ likheid is wat hulle van mekaar onderskei, is daar bitter min, indien enigiets, wat tussen dié twee sussies verskil. As selfs hul ma, Lynette, ’n opdraande stryd voer om die twee mooi 21­jarige sussies uit mekaar te ken, sal menige mens sukkel. “Toe ons klein was en die een byvoorbeeld medisyne moes kry, het sy (hul moeder) daardie een se nael met naellak gemerk. “Op swemgalas waar daar foto’s van ons twee in die water geneem word, stry selfs ons oor wie nou eintlik die een op die foto is,” sê hulle. Die twee se lewenspaadjie loop hand aan hand. Hulle is beste vriende, amper onskei­ baar. Hulle was van gr. 1 af saam in die klas en toe die skoolhoof dit wou waag om die twee te skei het hulle vasgeskop (en die stryd gewen). Hulle deel dieselfde vriende, swem saam, werk saam (by pa James se fisioterapieprak­ tyk), gee saam swemlesse en was nog nie veel langer as ’n week weg van mekaar nie. Hulle was twee jaar gelede die eerste keer ’n paar dae van mekaar geskei. “Dit was toe Michelle ’n week in Durban (by haar kêrel) gaan kuier het. Ek het gehuil en was skoon kwaad vir haar. Ons het mekaar gereeld gebel en boodskappe gestuur,” sê Carmen. Hul Facebook­profielfoto’s was ook al gereeld foto’s waarop albei verskyn. Die Wessels­tweeling was altyd blond, maar toe die een in April besluit het om haar hare donker te kleur het die ander sussie dadelik besluit om dieselfde te doen – hulle was sommer gelyktydig in die haarsalon. Hulle giggel wanneer die vraag gevra word of hulle nie effe aspris was nie, want ’n verskillende haarkleur sou die uitkenproses tog aansienlik vergemaklik het. Hulle dra hul hare in dieselfde styl en as jy gedink het jy kan hulle dalk van mekaar

Om dit selfs nog moeiliker te maak om die tweeling­swemmers uit te ken dra hulle presies dieselfde swemkostuum, ­pet en ­bril. Links is Carmen en regs Michelle. Foto: Ruan Bruwer onderskei deur hul kleur oë of naellak of deur die skoene, swemkostuum, swempet of swembril wat hulle dra, dink weer – hulle dra dit alles dieselfde en in eenderse kleure. Hulle trek wel nie dieselfde aan nie. Om die kroon te span, verskil hul selfoon­ nommers net op die laaste twee syfers van mekaar . . . “Ons dink dieselfde oor goed en in baie gevalle dink ons boonop gelyktydig aan dieselfde ding en gee ons gereeld tegelyk dieselfde antwoord.” Volgens Carmen, wat effe langer as Michelle is, het sy eenkeer ’n onderwyser by die see raakgeloop wat haar gegroet het as “hallo julle” omdat sy eenvoudig nie geweet het watter een van die tweeling dit is nie. Hulle skeer gereeld gek deurdat die een voorgee sy is die ander sussie. “Wanneer een van ons geroep word, reageer ons albei maar, dan sal die persoon gemoedsrus hê dat hy of sy met die regte een praat.” Dit gebeur gereeld dat iemand vir die verkeerde een ’n boodskap gee, dan dra daardie een maar die boodskap oor. Hulle het dit wel nog nie gewaag om die ander se kêrel te flous nie.

Wys die modelle hóé SY vreugde ken geen perke nie. Kyle Koopman, wat op die onlangse nasionale Ace Models­konferensie as top­ mansmodel aangewys is, het pas van Sofia, Bulgarye, teruggekeer waar hy as die wenner (uit deelnemers van 20 lande) van die Top Super­ model of the Universe­kom­ petisie gekroon is. Die 20­ja­ rige student glo dit sal ’n groot hupstoot vir sy model­ loopbaan wees. Hy is reeds deur internasionale agent­ skappe genader. Foto: Verskaf

Wie is wie? Links is Michelle en regs Carmen Wessels, die identiese tweelingsussies. Foto: Verskaf

Hier is Carmen links en Michelle regs met hul donker hare wat hulle tegelykertyd gekleur het. Foto: Verskaf


Orkes van Bfn kry ’n boetie Elretha Britz DIE model waarmee die Bloemfonteinse Stadsorkes (BSO) die afgelope drie jaar soveel sukses behaal het, gaan nou na ander dele van die land onder die vaandel van die Stadsorkes­ te van Suid­Afrika (SOS) uitgebrei word. Paul Loeb van Zuilenburg, artistieke direkteur van die BSO, sê die eerste satelliet­ orkes word in Stellenbosch gestig en die eerste konsert sal op 25 Januarie in die Oude Libertas­teater aangebied word. Jazz­nom­ mers, Broadway­treffers en rolprentmusiek is op die program.

Die model waarop die stadsorkeste berus, is ’n kombinasie van professione­ le en amateur­musici. Die doel is om aan bekwame amateur­musici die geleent­ heid te gee om in ’n volle simfonieorkes te speel. Deur professionele musici te betrek word nie net vir hulle werkgeleenthede geskep nie, maar ook ’n hoë standaard van uitvoe­ ring verseker. Musiek word gekies wat binne bereik van die amateurs is en ook vir ’n wyer konsertpubliek toe­ ganklik. Konserte wat die BSO sover uitgevoer het, is Queen in Concert, Best of Broadway, All that Jazz‚ ’n

Tas vol Lloyd Webber, The Armed Man en Space Odyssey. Van Zuilenburg, ’n oud­Matie en seun van dr. Paul Loeb van Zuilenburg wat dekades lank ’n dosent aan die konservatorium van die Universiteit Stellenbosch was, sal die openingskon­ sert dirigeer. Vokale soliste van Stellenbosch en omgewing sal deel wees van die program. Lesers wat weet van amateur­musici op minstens gr. 8­standaard wat hulle wil aansluit en in die debuut­ konsert in Stellenbosch wil speel, kan hulle aanmoedig om ’n e­pos te stuur na bcoconductor@gmail.com.

Weet jy dít? Jens Friis TOETS jou kennis van die Moederstad. 1. Van hoe ver op die see is Tafelberg op ’n mooiweersdag sigbaar? A. 100 km B. 200 km C. 300 km 2. Hoeveel verskillende soorte inheemse plante kom op Tafelberg voor? A. 147 B. 1 470 C. 14 700

Keldan Roberts en Kornisha van Staden (Sentraal).

Matrieks van 2014

STUUR ’n foto van jou onlangse matriekafskeid na jens.friis@me­ dia24.com. Onthou om te noem wie die leerlinge is, in watter skool hulle is en wie hulle afgeneem het. Kyk na nog matriekafskeidfoto’s op Bloemnuus se Facebook­blad en www.bloem­ nuus.co.za. Al die foto’ word in ag geneem vir Bloemnuus se Matriekaf­ skeidfoto van die Jaar­kompetisie.

3. Wat is die naam van Tafelberg se hoogste punt? A. Maclear­baken B. Leeukop C. Duiwelspiek 4. In watter jaar het dr. Chris Barnard die eerste hartoorplanting ter wêreld suksesvol in die Groote Schuur­hospitaal uitgevoer? A. 1967 B. 1977 C. 1987

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 14 NOVEMBER 2014 5

Dít gebeur dan daar Stuur dagboekinskrywings na jens.friis@media24.com. Dit moenie langer as vier kort sinne wees nie. Kyk na die formaat hieronder. Die plasing daarvan is gratis. DONDERDAG 13 NOVEMBER S Andrey Pisarev, ‘n gevierde Russiese pianis, gee môre om 19:30 ’n klavieruitvoering in die Odeion. Pisarev sal werke van Mozart, Beethoven, Schumann en Chopin uitvoer. Meesterklasse vind vandag plaas. Rig navrae aan Ninette Pretorius by 051­401­2504. VRYDAG 14 NOVEMBER S SAIOSH is hosting a Health and Safety Conferen­ ce and Exhibition at 08:00. President Hotel, Bloemfon­ tein. Contact Gillian Nortjé on 010­001­7455 or in­ fo@saiosh.co.za. S Sannies­kuierfees word tussen 13:00 en 22:00 deur die Laerskool Sand du Plessis aangebied. Bel 051­522­5461. S David Fourie om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies teen R100 is by Computic­ ket te kry. S Under Construction: Jaco Sieberhagen stal tot môre beeldhouwerke van lesergesnyde sagtestaal­ plaat in Gallery on Leviseur uit. S Trans/Touch/Sense: Die jong Fractal­kunstenaars Sylvester Moeku, Monet Bonsma en Miné Kleyn­ hans stal tot 23 November hul werke in Oliewenhuis uit. S Jan Blohm in Innie Skuur. Kaartjies kos R120. Bel 079­387­3614. SATERDAG 15 NOVEMBER S Pub Stop en die Elite Rebels­motorfietsklub hou hul Kudu Day Jol. Hugo Pieterse sal ook sy nuwe CD bekend stel.

Valiant Swart is Saterdag in die Aasvoëlklub om 20:00. Kaart­ jies teen R100 is te kry by die deur. Kyk na ’n video van Valiant op www.bloemnuus.co.za. S Die 1984­matrieks van die Hoërskool Dr. Blok in Heidedal hou vandag reünie. Dit kos R600 per paar of R300 per persoon. Bel Chris Scott by 081­885­ 6632) of Alfred Jansen by 083­305­2789. S Valiant Swart is om 20:00 in die Aasvoëlklub. Dit kos R100 by die deur.

VRYDAG 21 NOVEMBER S Trans/Touch/Sense: Die jong Fractal­kunstenaars Sylvester Moeku, Monet Bonsma en Miné Kleynhans stal tot 23 November werke in Oliewenhuis uit. S Trevor Noah in die Sand du Plessis­teater. Kaartjies kos R220 by Pacofs. Bel 051­447­7772.

SONDAG 16 NOVEMBER S Kerssangdiens om 09:30 in die NG kerk Waterbron, Bainsvlei. Bel Santa Preto­ rius by 051­445­2345.

SATERDAG 22 NOVEMBER S Donkermaan. S Die Boeremark van 06:00 tot 14:00 in Langen­ hovenpark. S Kurt Darren in die Windmill­casino. Kaartjies kos R50 by Marche Rouge in die casino. Toegang vir kinders jonger as 13 jaar is gratis wanneer hulle van ‘n volwassene vergesel is.

DONDERDAG 20 NOVEMBER S Die Klipkerk se Feesmark vind van vandag tot Sondag plaas. Stalletjies is beskik­ baar vir mense wat goedere wil verkoop. Kontak die kerkkantoor by klipkerk@cscape.co.za vir inskryfvorms of bel 051­448­ 1419. S Trevor Noah in die Sand du Plessis­teater op die planke. Kaartjies kos R220 by Pacofs. Bel 051­447­7772.

SUNDAY, 23 NOVEMBER S Christ the King. Christian Holy Day. S Die Nasionale Museum, Aliwalstraat 36, is Sondae van 12:00 tot 17:00 oop. Bel 051­447­9609 vir meer inligting.

5. Buiten onse “Cape Town”, waar in die wêreld is daar ’n dorpie met die naam “Capetown”? A. Australië B. Nieu­Seeland C. Amerika 6. Wat is die naam van die enigste botanie­ se tuin ter wêreld wat Wêrelderfenis­status het? 7. Watter een pas nie: A. Twee Oseane­ultramarathon B. Argus­fietswedren C. Comrades­ultramarathon 8. Aan watter straat grens Kaapstad se bekende blommemark? A. Adderleystraat B. Strandstraat C. Main Road 9. Is oudpres. Kgalema Motlanthe in die apartheidsjare op Robbeneiland aangehou?

Nicole Maree en Jason Botes.

Foto: Jan Reyneke

ANTWOORDE 1. B. 200 km 2. B. 1 470 plantspesies 3. A. Maclear­baken is 1 860 m bo seespieël. 4. A. 1967 5. C. Amerika. Die dorpie Capetown is in Kalifornië naby Petrolia, waar die eerste olie in Amerika ontdek is. 6. Kirstenbosch 7. C. Die Comrades­uktramarathon word tussen Durban en Pietermaritzburg gehard­ loop (of omgekeerd). 8. A. Adderleystraat 9. A. Ja, hy is tot tronkstraf van 1977 tot 1987 gevonnis.

X1PF4W12-BN141114


6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 14 NOVEMBER 2014 REIS

Jan van der Merwe se boek oor Noord­Kaapse dorpe verskyn volgende jaar. Hier is ’n foto van hom by Kamassies se verwelkomingsbord. Foto: Philippe Burger

Herkoms van naam Jens Friis DIE meegaande foto waarop Jan van der Merwe by ’n verslete naambord staan, het op Bloemnuus se Facebook­blad verskyn. Jan se boek Noord­Kaapse Dorpe verskyn vroeg volgende jaar en die foto is met die oog hierop geneem. Op Facebook het Jan, ’n Bloem­ fonteinse politikus en skrywer, gevra waar die naam Kamassies vandaan kom. Susette Breedt het geskryf sover sy weet, was dit eens ’n nog vreemder naam waar probeer is om die tongklapgeluide foneties te vertaal. Maar niemand het geweet hoe dit geskryf moet word nie. Toe

is die dorpie herdoop om die spelling te vergemaklik. Volgens Susette is dit ook ’n afgeleë plekkie wat al tot baie grappe gelei het omdat daar baie ondertrouery was en die mense glo vreeslik onmooi was. Soveel so dat een oom vir sy seun gesê het om nie verder kinders te kry nie, want die goed kan dalk sy skape begin vang. Kamassies is in die Namakwa­dis­ triksmunisipaliteit in die Noord­Kaap geleë en is suidoos van Springbok. Van die 340 inwoners praat 98% Afrikaans. Daar sal eersdaags in Bloemnuus meer berig word oor die boek Noord­Kaapse Dorpe.

BREEK WEG DIÉ NAWEEK: Op die hoë stoep van Ko Ma In langs Voortrekker­ straat, Philippolis, kan jy by tafeltjies aansit en kyk hoe die wêreld verbygaan terwyl jy aan ’n stuk sjokoladekoek, ’n pienk melkskommel of ’n geroosterde toebroodjie smul. Die melktert is hemels. In dié tuisnywerheidwinkel kan jy ook deur allerhande tuisgemaakte goed uit dié geweste snuffel. Philippolis val in Bloemnuus se verspreidingsgebied. Foto: Jens Friis

Die imposante gebou wat die McGregor­museum huisves, het ’n ryke geskiedenis.

Kimberley se magdom eerstes ALGAR weet by Kimberley, Bloemfontein se buurstad, is die grootste handgemaakte uitgrawing ter wêreld. Tog kan dié Noord-Kaapse hoofstad met talle ander nommereens spog, skryf JENS FRIIS. KIMBERLEY se diamantmyne het dié dorp op sy dag aan die voorpunt van industrialisering in Suid­Afrika geplaas. Aangevuur deur ’n gees van vooruitgang en voorspoed is dit nie verbasend nie dat dié stad oor talle eerstes beskik. Dít is die tema van ‘n uitstalling in die Kimberleyse McGregor­museum. Dié imposante gebou het ’n ryke geskiedenis. Cecil John Rhodes wat dit in 1897 as sanatorium laat bou het, het met die beleg van Kimberley hier tuisgegaan. In die sitkamer (deesdae die museumwinkel) is die nuus aan hom oorgedra dat die stad bevry is. In 1908 is dit tot die Hotel Belgrave herdoop en

in 1933 is die gebou weens geldnood as kloosterskool verhuur. Digby die museum langs Dutoitspanstraat is blykbaar die enigste inrykroeg in die land. Dit dateer van 1880. Die Star of the West naby die Groot Gat roem hom daarop dat dit die oudste kroeg in die land is. Nadat dit in die 1870’s ’n dranklisensie gekry het, het Barney Barnato blykbaar dikwels hier aangedoen. Dit was kort hierna dat Kimberley die eerste dorp in Suid­Afrika geword het om elektriese straatligte te kry (1882). Ook was hier die eerste hotel wat met elektrisiteit (1889) kon spog en drie jaar later die eerste elektriese trem. Dié tremlyn het tot 1947 diens gedoen. En só gaan die nommereen­lys voort. Wat vroue betref, staan veral die name van Karen Muir, sr. Henrietta Stockdale en regter Leonara van den Heever uit.

Die 12­jarige Muir het ’n opskudding in die swemwêreld veroorsaak toe sy in 1965 in Blackpool, Engeland, die 110 treë­ rugslag in ‘n blitsige 68,7 sekondes afgelê het – ’n wêreldre­ kord. In 1911 is die eerste openbare vlug in ’n Suid­Afrikaans geboude vliegtuig by Kimberley uitgevoer. Twee jaar later was dit ook hier waar die eerste vliegongeluk plaasgevind het. Vir lugvaart sou 1931 van belang wees: Die Kimberleyse lughawe was die eerste lughawe om beligtingstoerusting aan te bring. In Kimberley is die eerste internasionale rugbytoernooi (1889) beslis, die eerste vergade­ ring van die nuutgestigte rugby­ raad gehou en die eerste grens­ regters gebruik. Kimberley en omstreke was ook die eerste om die Curriebeker te verower – en so ook die Curriebe­ ker in krieket.

TESTIMONY

122 M DE JAGER

PERSOONLIKE DIENSTE

FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

DR AHMED HEALER 100% Court cases, bring back lost love, men and women health problems, financial problems, protection and promotion, enlargements, cream for manhood, lose and gain weight. Pay after results. Call 078 615 3832. Address: Lechwe Street, Fauna. Next to Fauna PrePrimary School.

LENINGS 1445

LANGENHOVENPARK: 1-slk-woonstel. R3 400 p.m. W en l ingesluit. Skakel 082 464 2575.

ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.

HUIS- EN KANTOOROPKNAPPINGS: Dakke, plafonne, verf, teëls, diefwering, ens. % SANTA 076 835 7849.

MIDDESTAD: Enkelwoonstel, R2 250 p.m. 1-slk-woonstel, R2 690 p.m. Water ingesluit. Skakel 082 464 2575.

BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

BOEDELKENNISGEWINGS

EIENDOMME

KRUIEKENNER 1435

ADMIN. CLERKS NEEDED: SMS NAME/ADDRESS TO: 081 886 0315 OR e-mail: d.workforce7@gmail.com

WOONSTELLE TE HUUR 3250

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

In die bestorwe boedel van wyle Mario de Jager, identiteitsnommer 701108 0003 080, gebore 08-11-1970, datum van afsterwe 3 Desember 2012, 'n volwasse, manlike persoon, in lewe woonagtig by Van Andelstraat 10, Dan Pienaar, Bloemfontein, boedelnommer 13142/2013. Die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogemelde boedel sal oor 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 14 November 2014 ter insae lê in die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros, Bloemfontein. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal oorgegaan word tot die uitbetaling ingevolge die rekening. Malan Lourens Viljoen Ing., Posbus 1029, Picklestraat 12, Strand 7140. Docex 4, Strand. E-pos: ruth@mlalaw.co.za Verw: R. Viljoen/LL0009

Mr and Mrs Thabo My last resort to bring back my lost lover. Me and my wife Bridget had given up after losing my job and struggling to keep up with my car and house payment. I had to change schools for my children from private schools to government schools because financially we were not stable anymore, but thanks to my in-law who gave me this woman of God's number, she helped me to turn my life around financially by giving me a magic ring which brought back hope into my life. It cost me only R800 and for the first time in my life I went into a casino with my wife and we used our magic to hit a jackpot. Now my house and car are paid off and my children are back in private schools - now life is so wonderful, so in case you are looking for the best healer, please look no more.

Just CALL MAMA DAVID 076 775 6020. She can also help men with sexual enlargement to all sizes. Visit her in Bayswater next to Spar.

X1PF5XWD-BN141114


BLOEMNAWEEK, VRYDAG 14 NOVEMBER 2014 7 Die Laer Meisieskool Oranje het in die eind­ ronde van die jaarlik­ se Sasol Forever Re­ sorts­omgewingsvas­ vra vir gr. 6­leerlinge koning gekraai. Dit het hulle vermag deur 817 spanne van die Vrystaat en 68 spanne van die Oos­Kaap uit te stof. Vanjaar was die fokus op die kwy­ nende biodiversiteit in Suid­Afrika. Spanne moes onder meer ’n aanbieding doen oor hoe die skool groener kon funksioneer. Die spanlede is van links, voor: Annika Herbst, Anri Nel, Charlize Oosthuizen en Christi Dempers; agter: Bian­ ca Terblanche en Tam­ my Cloete.

Kry goud op ekspo Handré Jankowitz en Jemima Meyer van die Hoërskool Jim Fouché het uitstekend op die nasionale Afrikaans­ekspo gevaar. Handré (gr. 10) het ’n goue medalje in die gr. 10­afdeling vir poësie gekry en Jemima (gr. 11) twee goues in die gr. 11­afdeling vir poësie.

Die Hoërskool Sentraal het leerlinge op die onlangse prysuitdeling vereer. Van die vernaamste pryswenners is van links Gerrit du Toit (beste sportprestasies, buitemuurs), Hanré Herbst (veelsy­ digste leerling, gr. 12), Paul Joubert (uitsonderlike kultuurprestasies, gr. 8 tot gr. 12) en Madelaine le Roux (beste sportprestasie, meisies). Afwesig: Barend Prinsloo (beste sportprestasie, seuns) en Brandon Daffue (dux­leerling).

Grey­kollege (primêr) se drie hoofleiers vir 2015 is van links Bernhard Bührmann (hoofseun), Brandon van Heerden (onderhoofseun) en Franco Kruger (onderhoofseun).

Are you Drowning

IN DEBT?

Garnishee orders deducted from your pay? We can stop it

• Don’t let your creditors hassle you any longer. • Don’t lose anything because you are in arrears.

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.bloemnuus.co.za

Die Voortrekkers se jeugleiers vir aanstaande jaar is Vian van Zyl en Vasti König.

Aan die Laer Meisieskool Oranje hou Michelle Strydom (links, onderhoofmeisie) en Rehanjo Swanepoel (hoofmeisie) volgende jaar die lei­ sels.

Things in my life went from good to worse in a very short time. My love live, financial problems jealousy, my husband’s family were all against me. Luckily I came across Sonia through a friend. She helped me and showed me my enemies through a mirror for only R200. She did miracles in my life. She told me all my problems without mentioning anything to her. She showed me the people who worked hard to see me suffering some of which were my friends and relatives. She performed a special prayer, washed away my bad luck and cleansed my home. Gave me a love potion with a ring for my financial problems in less than five days, my husband was always by my side and my enemies confessed and asked for forgiveness. Come and visit me at Bayswater.

For appointments please call Mama Marria 072 417 4249. Visit –www.specialspells.co.za

We also consult after hours in the privacy of your own home or by fax / e-mail.

YOU A

DESERVE

FRESH START

HELP

DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23

DEBT COUNSELLORS cc

DEBT COUNSELLORS • ADMINISTRATORS • LEGAL ADVISORS •

WE CONSULT COUNTRYWIDE 41 Kellner Street, Westdene Bloemfontein Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289

Botshabelo Office: Re-a-Hola Complex, Office 20, 1st Floor X1PF5XT9-BN141114

X1PF9NPR-BN141114


15 Barnesstreet, Westdene Bloemfontein

Tel. 051 412 6349 Sel. 082 266 7308 Reg. no. NCRDC433

• KRY JY DREIGBRIEWE EN TELEFOONOPROEPE? • HET JY SLAAPLOOSHEID OOR JOU SKULD? • IS JOU SKULD NET TE VEEL OM TE HANTEER? GEKWALIFISEERDE PERSONEEL MET 20 JAAR REGS EN BANKWESE ONDERVINDING

ONS KAN OOK HELP MET BESIGHEIDSVERWANTE PROBLEME.

X1PEM2R1-EX191114

X1PEVTWM-BN141114

Nr. 1 op lys hul teiken Ruan Bruwer

NÁ vier wegwedstryde – waarvan die Knights twee gewen het – kry die Sentrale streek eindelik sy eerste tuiswedstryd in die T20­ reeks, en dit boonop een waarvan hy die gunsteling is. Die Knights sê vanmiddag die Titans op Chevroletpark die stryd aan en ’n sege kan hulle na die bopunt van die puntelys laat opskuif, of ten minste hul posisie in die tweede plek verstewig, wat natuurlik van groot belang gaan wees om ’n tuishalfeind­ stryd te verseker. ’n Week gelede het die Titans in Centurion op hul neus gekyk toe die Knights met 35 lopies koning gekraai het. Hulle sou met die eerste drie vertonings baie vertroue by hul ondersteuners ingeboe­ sem het met die kolwers wat veral hul deel bygedra het. Woensdag se wedstryd teen die Cobras in die Kaap het uitgereën sonder dat ’n bal geboul is. Teen die Lions Sondag in Potchefstroom was dit slegs ’n enkele ekstra grenshou wat die Gautengers laat seëvier het nadat die spanne se telling ná ’n superbeurt steeds gelykop was. Die Lions is toe op ’n tegniese punt as die wenner verklaar. Ofskoon die aanvangspaar van Rudi Second en Gerhardt Abrahams puik gevaar het in die eerste drie wedstryde deur elke keer meer as 50 lopies om die eerste paaltjie aan te teken, en dit boonop teen ’n blitsige tempo, sal die kolforde beslis versterk word met Reeza Hendricks wat van die Proteas teruggekeer het. Die wedstryd begin om 18:00.

MAAI ONDER MEDALJES. Gimnas­ te van die Helena Botha­gimnas­ tiekklub het op die nasionale gim­ nastiekkampioenskapsbyeen­ koms in Kaapstad onder die medaljes gemaai. Benewens ’n hele spul tweede en derde plekke is tien eerste plekke behaal. Die gimnaste het aan vier verskillen­ de afdelings deelgeneem. In die artistiese en tuimelkompetisie het Carmi van Niekerk, Derek Be­ zuidenhout, Clarece Thompson en Nielbert Mostert goud verower. Carmi is in die Suid­Afrikaanse span ingesluit wat aan die So­ ne 6­spele in Namibië gaan deel­ neem. In die trampolienkompeti­ sie is vier goue medaljes deur Jan­ Albert Mostert, Lu­Zahn Jansen van Rensburg, Carmi en Jana Smith gewen. In die ritmiese kompetisie was daar twee leerlin­ ge in die eerste plek: Jacqueline Fourie en Melissa Nel. Van links is, voor: Nielbert Mostert, Jana en Jan­Albert Mostert; agter: Melis­ sa, Carmi, Derek, Lu­Zahn, Clarece en Jacqueline. Foto: Ruan Bruwer

Rudi Second het tot dusver saam met Gerhardt Abrahams as aanvangspaar vir die Knights ge­ skitter. Foto: Charles Pullen

INTERNATIONAL COINS & ANTIQUES

ONS KOOP OU MUNTSTUKKE, BANKNOTE, OU SPEELGOED, OORLOGSMEDALJES EN KENTEKENS, HORLOSIES, KAMERAS SILWER- EN GOUE JUWELIERSWARE, DIAMANTE & VERSAMELSTUKKE AAN

Slegs vir 1 dag

Woensdag 19 November 2014 van 10vm tot 5nm

Bainsvlei Biblioteek, Boerneef Straat, Langenhoven Park, Bloemfontein Bring asseblief alle muntstukke met datums voor 1960 (Suid-Afrika en oorsee) . Moet asseblief nie die muntstukke skoonmaak nie, dit sal hul waarde verminder. Ons koop ook silwer- en goue juweliersware - selfs al is dit beskadig.

Skakel gerus 0741 829 829 indien u enige navrae het Indien u baie items of groot versamelings het, sal ons u met graagte besoek. Skakel vir 'n afspraak. X1PELXFH-BN141114


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.