Tel. 0514047600
| Vrydag 21 November 2014
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Aanwas van 2 honde oor 6 j. kan 67 000 tel Marisa Fockema
’n TEEF en reun wat nie gesteriliseer word nie, kan binne ses jaar ’n nageslag van tot 67 000 honde hê.
Só sê Emain Fourie, stigter van die dierewelsyn organisasie New Beginnings in Bloemfontein. Dié nageslag kan binne twee jaar tot 128 vermeer
Die werklikheid van verwaarloosde hondjies wat dikwels ag ter tralies beland. Foto: new beginnings
Honde by dosyne
der en binne vier jaar tot 2 058. “Die getalle bly toeneem totdat dit binne ses jaar soveel as 67 000 kan wees,” sê Fourie. “Net 10% van dié honde het ’n kans om gelukkig te wees. Vir die ander 90% is daar net nie goeie huise nie.” Sy sê vir dié verwaarloos de honde is daar dikwels verskeie treurige scenario’s X soos om weggegooi te word, in ’n oorvol dierewel syninstansie te beland, aan ’n tou in ’n informele nedersetting vasgemaak te word en in hondegevegte as aas gebruik te word om veghonde voor ’n geveg op te stook. Fourie sê die oplossing lê in die gemeenskap se hande. S Lees meer op bl. 2. S Kyk wie is die Troetel dierfoto van die Jaarwen ner op bladsy 4.
Ongewoon
Chameleon tree in veld onder boom op
6
’n Teef en reun kan binne ses jaar tot 67 000 kleintjies in hul nageslag hê. Jaar 1
16
Jaar 2
128
Jaar 3
512
Jaar 4
2 048 Jaar 5
12 288 Jaar 6
67 000
Grafika24
Deur ’n reun en teef te laat steriliseer, kan jy voorkom dat hulle binne ses jaar ’n nageslag van 67 000 agterlaat. Foto: Grafika24
Regs: Jeannette Geldenhuys was die omroeper op ‘n insa meling van hondekos by die Pick n Pay (Fichardtpark) ten bate van die DBV in Bloem fontein. Daar is reeds 76 sak ke hondekos ingesamel. Daar is twee waentjies by die hoofingang langs ‘n groot Kersboom. Gooi gerus hon dekos hier in. Die trollies sal tot 24 Desember daar wees.
Spesiaal
Besonderse Kerskonsert gehou
7
Tekentafel
Só vorder planne vir nuwe gebou vir Wetgewer 2
Foto: Reinette Meyer
QUALITY REPLACEMENT PARTS
SUITABLE FOR VW, OPEL, AUDI, BMW, MERCEDES BENZ AND TOYOTA VEHICLES These products are not manufactured by or under licence from original vehicle manufacturer, these are high quality replacement parts
Bloemfontein, 62 Krause Street, Oranjesig • Tel:
Te veel skuld? Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop.
HELP DEBT COUNSELLORS cc
• SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS
051 448 5117/8
X1PFU7CD-BN211114
* Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. * Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie. Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos.
DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23
ONS KONSULTEER LANDWYD Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289 Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1ste Vloer X1PEPQ7D-BN211114
2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 21 NOVEMBER 2014
‘Ons kan nie almal red’ Marisa Fockema ’n TEEF en reun wat nie gesteriliseer word nie, kan binne ses jaar ’n nageslag van tot 67 000 honde hê. Só sê Emain Fourie, stigter van die dierewelsynsinstansie New Beginnings in Bloemfon tein. Fourie sê die oplossing berus by die gemeenskap. “Dierewelsynsinstansies (se hokke) sal leeg wees indien mense hul troeteldiere, en ook dié van hul werkers, steriliseer.” Sy sê New Beginnings kry tussen 10 en 60 verwaarloos de honde per dag. “Al wil ons hoe graag is dit onmoontlik om almal te red. Ons skuilings is reeds vol en dit is nog nie eens Desember nie. “Die (Bloemfonteinse) DBV is ook amper vol.”
‘
Die getalle neem veral tussen November en Januarie toe, omdat mense in vakansies nie weet wat om met hul diere te doen nie. Sy sê vir elke dier wat gesteriliseer word, is daar 67 000 meer kanse vir verwaarloosde diere om ’n huis te kry. “Dit beteken ook 67 000 minder honde sal in ongunsti ge huise beland of net langs die pad gelaat word.” Die DBV het verlede jaar in die feestyd meer as 500 honde onder sy dak gehad en New Beginnings, wat toe net ’n tydelike skuiling gehad het, meer as 80. Fourie sê die getalle neem veral tussen November en Januarie toe, omdat mense vakansies nie weet wat om met hul diere te doen nie. Sy sê die diere word dikwels deur hul eienaars weggegooi, verwaarloos of nie deur geskikte versorgers versorg nie. “Teen Februarie word die aannemings weer meer, want dan soek mense weer nuwe troeteldiere. Teen Desember eindig talle van die diere weer by dierewelsyn. Dit is ’n bose kringloop.” Sy maan eienaars om naamplaatjies te gebruik om hul diere te merk. “Diere wat eienaars het, maar verlore raak en nie gemerk is nie, neem diere wat verwaarloos word se plek in skuilings op. “As ons nie gaan saamwerk nie, veg ons ’n verlore stryd.” S New Beginnings het vandeesmaand met vier veeartse en die DBV saamge werk om sterilisering in November goedkoper te laat doen. Rig navrae aan Fourie by emain@internext.co.za. New Beginnings sien ook teen R100 per dag na mense se honde om en verkoop merkers vir R25.
Koste nou ondersoek vir VS-wetgewergebou Marietjie Gericke
DIE planne vir die nuwe Vrystaatse wetgewergebou wat op die Ramkraalter rein kom, is opgetrek en die Vrystaatse departement van openbare werke ondersoek nou die finansië le model vir die bou daarvan wat sal bepaal hoeveel dit gaan kos, sê Winkie Direko, woord voerder. Sisi Mabe, die destydse LUR vir openbare werke (sy het intussen die speaker van die Vrystaatse wetge wer geword), het egter in verlede jaar al aan Volksblad, moederkoerant van Bloemnaweek, gesê die projek kan bykans R1 mil jard kos. Sy het gesê die oorspronklike bedrag van R650 miljoen het intussen tot R993 miljoen toege neem. Roy Jankielsohn van die DA het hierop gesê ’n nuwe wetgewergebou van bykans R1 miljard word gebou, terwyl 48% van huishoudings in die Vrystaat op minder as R800 per maand moet oorleef. Direko sê nou by navraag geen tenderproses is al gevolg om die gebou te bou nie. “Die ontwerpfase van die gebou is eers onlangs afgehandel, sodat geen tender nog geadverteer kon word nie.” Direko sê die argitekte is steeds TKDS Consulting. Sy sê die ou Vierde Raadsaalgebou sal vir ander wetgewerfunksies gebruik word. Ander projekte in Bloemfontein waarby die departement van openbare werke betrokke is, is: die Seisa Ramabodustadion in die Kagisanongwoonbuurt teen R329 miljoen; die Bainsvleihostels in Bains vlei teen R37,6 miljoen en die Bathoherlewingsprojek
Die rooi sirkel dui die terrein aan waar die Vrystaatse wetgewergebou gebou gaan word. in Batho teen R8 miljoen. Direko sê by navraag die stuk grond tussen die Vrystaatse provinsiale gebou (voorheen die C.R. Swartgebou) en die Halevy Househotel gaan vir die bou van ’n Vrystaatse provinsiale regeringsgebou behou word. Sy kan nog nie sê wanneer daar so ’n gebou opgerig gaan word nie.
Die ou Ramkraaltronk op wie se terrein die Vrystaatse wetge wergebou gebou gaan word. Dit was later die Setshabelo kunsenkunsvlytsentrum. Foto’s: Verskaf
Regs: Voorstellings van hoe die die Vrystaatse wetgewerge bou moontlik kan lyk.
BLOEMNAWEEK, VRYDAG 21 NOVEMBER 2014 3
Hulle is onlangs oorlede Eunice se koor meet hom oorsee S Borotho Ntsiki Macdonals (1957) van Phahameng is uit die skoolsaal van die Laerskool Kgonyane begrawe.
S Charmaine Huisamen (1942) se troosdiens is in die Aand bloemkapel, Van Heerdenweg, gehou.
Elretha Britz
Ella Kotze het pas haar eerste soloCD uitgereik.
Ella se droom eindelik waar Elretha Britz
ELLA KOTZE is ’n bewys dat ’n droom waar kan word, al moet jy byna 40 jaar daarvoor wag. Dié Bloemfonteinse sanger (52) het pas haar eerste soloCD uitgereik nadat sy al van kindsbeen saam met haar pa en suster in Prieska en omgewing opgetree het en toe reeds gedroom het van ’n CD (kasset daardie jare) waarop net haar naam verskyn. Was dit nie vir goedgunstige borge nie, sou Ek wil niks terughou nie nooit die lig gesien het nie. Kotze vertel haar pa, Gustav, was die haarkapper in Prieska, maar saans en naweke het hy in ’n boereorkes gespeel. “Hy was baie musikaal en kon verskeie instrumente bespeel, maar die konsertina was die een waarop hy behoorlik geblom het.” Elize, haar ouer suster, was ook ’n goeie sanger en dié drie gesinslede het gereeld op troues en ander geleenthede opgetree. Op skool in Prieska het Kotze in st. 6 (nou gr. 8) die hoofrol in ’n operette losgeslaan en weer in st. 9. Toe die skoolhoof uitvind sy tree gereeld in die openbaar op en sy as straf vir die hele skool verskoning moes vra, het haar pa ingegryp. Hy het haar verbied om weer in ’n skoolproduksie te sing. Op ’n dag het Sias Reyneke Prieska aangedoen en nadat hy Kotze hoor sing het, haar genooi om saam met hom te toer. Op daardie toer is die SuidAfrikaan se kunstewêreld geruk toe
Reyneke op 42 aan ’n hartaanval gesterf het. Kotze sê: “Hy het toe reeds reëlings begin tref vir ’n opname van my sang, maar ná sy dood het daar niks van gekom nie en ek is terug Prieska toe.” Die volgende jaar, in 1983, het Kotze na Bloemfontein verhuis en ’n duo met haar gewese man, Phillip Kotze, gevorm. Hulle het 30 jaar saam gesing en vyf duoCD’s opge neem. Maar die soloCD het haar bly ontwyk. Ná hul egskeiding vroeër vanjaar het Kotze haar sang met motiveringspraatjies gekombineer en in lofprysingsdienste in kerke begin optree. Soms tree haar talentvolle kinders, Ellané wat nou in matriek is, en die 21jarige Phillip, ’n student aan Kovsies, saam met haar op. Met een van die vertonings het goeie vriende gesê sy moet nóú ’n CD opneem, hulle sal die geld gee. Dit was die katalisator wat haar lewenslange droom in ’n werklikheid omgeskakel het. Die liedjies wat Kotze vir haar soloCD gekies het, is ou gunstelinge soos Crazy, Blue Bayou, For your Name is Holy, wat sy haar sielslied noem en waarvoor Arend en Debbie Brink die begeleiding op tjello en klavier verskaf. Amazing Grace het sy en Ellané sesstemmig opgeneem en Morning has broken is op versoek van die borg ingesluit. Kotze sê in haar agterkop dink sy reeds aan ’n volgende CD waarop sy meer Afrikaanse liedere wil sing.
NADAT die koor van die Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein die afgelope vier jaar in die ATKV se Applouskompetisie presteer het, is besluit om hom aan internasionale standaarde te toets. In Desember neem die koor onder Retha Visser se leiding aan twee geleenthede deel – die negende Internasionale Fees van Advent en Kersmusiek in Bratislava, Slowakye, en die 15de Internasionale Kompetisiefees van Advent en Kersmusiek in Praag, Tsjeggië. Mag Marais, adjunkhoof aan Eunice, sê die koor sal ook uitvoerings in Boedapest, Wene en Ceske Krumlof gee. Sondag gee die koor ’n afskeidskonsert van liedere wat vir die kompetisies voorberei is. Dit kom uit die gewyde en sekulêre genres en sluit in Lift thine Eyes van Mendelssohn, Eatnemen Vuelie uit Walt Disney se animasiefliek Frozen, ’n Kerskeur spel, Ramkieriasies, ’n verwerking van Op my ou Ramkiekie deur Anton Esterhuyse, en die tradisionele Zoeloe en Xhosaliedere Ukuthula, Sesivuma en Thula Babana. Met dié verskeidenheid kan die koor in die afdelings Musica Sacra a capella, volksliedere en jeugkore deelneem. Eunice Vitae Cantamus (Eunice lewe om te sing) is in 2010 gestig en is in 2011 en 2012 as algehele kategoriewenners in die Applouskompetisie aangewys en in 2013 en vanjaar met cum laude bekroon. Marais sê sy is veral trots op vanjaar se prestasie omdat die koor die eerste keer in die afdeling vir Afrikaans as moedertaal deelgeneem het en die naaswenner was. Die pianis Elza Vosloo begelei die koor van 48 lede en Leona Geldenhuys is artistieke leier. S Die koor tree Sondag om 16:00 gratis in die Odeion op.
AAA
Meat Vleis
NOORD
051 430 4020 H/v Hill & Alexandra Bloemfontein
iteit Kwal rborg a Gewa ens Di
Gratis Spitbraai-kwotasies, skakel Nico by 082 55 99 118
Die Boerewors koning
sedert 1988
Aanbiedinge geldig solank voorraad hou.
Alle debiet-, krediet- en Sambakaarte welkom. Groot- en kleinhandel.
A2 en A3-Lam (heel of half) ..........R67,90/kg
Lamstjops (Gemeng) ................R109,90/kg
Hamburgerpatties ...............R36,90/kg
Nuwe Chilli wors ..................R49,90/kg
12 kg Besparingspak ............R525/pak
Gewone Maalvleis ...............R46,90/kg
Drakensbergwors ................R49,90/kg
Beeskookvleis .....................R49,90/kg
Bestellings vanaf R250 met koelgeriewe afgelewer in die stad. NUWE SAMBA NOU OOP!
Trendsetting Hair, Nail & Beauty Salon providing friendly service and a relaxing environment. We specialise in Dermalogica facials, waxing, massages, hair and make-up for special occasions. L'Oréal colour and treatments, Kérastase treatments and products, cu ng and styling. Bio Sculpture & Nelé nails, manicures and pedicures. Stand-up sunbed.
Come and pamper yourself at our new premises!
C/o Kenneth Kaunda- and Calliope Road • Tel 051 433 1034 • salon@imagessalon.co.za X1PFFKD9-BN211114
SLAGHUIS / BUTCHERY Tel. Tel. 051 051 421 421 0802/3 0802/3 GAAR GAAR ETES ETES NOU OOK OOK BESKIKBAAR BESKIKBAAR Game-sentrum Game-sentrum Bloemfontein Bloemfontein
Kom na ons vir die beste pryse en diens Pensioenarisse kry Woensdae spesiale afslag (karkasse uitgesluit) SAMBA en kredietkaarte welkom
Geroosterde Eisbein ..............................................R4,28/100g Geroosterde varklendeskyf .................................R10,47/100g Beesvleisfrikkadelle ...............................................R3,38/100g Geroosterde ¼ hoender ........................................R4,46/100g Beeskookvleis .........................................................R7,18/100g Geroosterde varknek ..............................................R8,58/100g Geroosterde 'Spare Ribs' .......................................R7,03/100g
X1PEBCAN-BN211114
large variety of CHRISTMAS decorations, lights and gift accessories
X1PFPB5D-BN211114
adult + kids umbrellas
electric cigarettes & accessories
Shop 5A, Showgate Shopping Centre Cell: 072 475 5867
Retail retail & & Wholesale Wholesale
Toys Cellphone accessories Stickers Educational toys Beauty accessories Loom band kits, tools &
Party accessories Fireworks Hubbly Bubbly’s Stationary, and much more accessories
plastic swimming pools & accessories
GREAT CHRISTMAS GIFTS FOR BOYS & GIRLS ! X1PG22DR-BN211114
4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 21 NOVEMBER 2014
Klas van 2014
Ruzanne Botha (Oranje) en Eben von Geric ke (Grey). Foto: Johan Pretorius
JeanClaude Mackay en Tiffany Jadine Feder (Sand du Plessis). Foto: Grace Fotografie
STUUR ’n foto van jou onlangse matriekafskeid na jens.friis@ media24.com. Onthou om te noem wie die leerlinge is, in watter skool hulle is en wie hulle afgeneem het. Kyk na nog matriekafskeid foto’s op Bloemnuus se Facebookblad en www.bloemnuus.co.za. Al die foto’s word in ag geneem vir Bloemnuus se Matriekafskeidfoto van die Jaarkompetisie.
Chad Pietersen en Ivannah Jacobs (St. An drew).
Petri Le Grange en Caitlyn Beukes (St. Andrew). Foto: Megan Steyl
Plaas, dorpseiendom en meubels opgeveil ’n PLAAS, twee erwe en huisraad word môre in Reddersburg op ’n veiling ten bate van Volksblad se Omgeefonds te koop aangebied. Die veiling begin om 10:00. Drie dele van die plaas Gloria (41 ha), wat aan die dorp grens, word verkoop. Op die plaas is daar ’n woonhuis met drie slaapkamers, twee badkamers, ’n eetkamer, spens, twee buitekamers, ’n woon stel en vyf motorhuise. Die plaas het ook ’n boorgat langs die Fauriespruit en ’n boorgat 12 m van die Steen opgaardam. Erf 480 en 483 van 881 m² elk oorkant die tehuis vir bejaardes in die dorp word ook verkoop. Erf 502 by Montefieldstraat 27 met ’n vierslaapkamerwoonhuis
Hierdie groep het 30 jaar gelede aan die Hoërskool Dr. Blok in Heidedal gematrikuleer.
Foto: Rassie Erasmus
Dr. Blok se matriekklas van ’84 byeen vir reünie Toorie Smith DIE 1984matriekklas van die Hoërskool Dr. Blok in Heidedal het Saterdag sy 30jaarreünie in die skoolsaal gevier. Die verrigtinge is met skriflesing en gebed geopen, waarna verskeie gassprekers die oudBloks toege spreek het. Daarna is ’n laatontbyt bedien, waarna die skooldrag vir die 1984reüniedrag verruil is. ’n Bus is ingespan om die
oudleerlinge deur Heidedal, Rocklands en na die Mimosa Mall te vervoer. Die roete het by die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela op Naval Hill geëindig. Die aand is daar gebraai en in die skoolsaal gedans. Die Sondagoggend is die oudBloks na die VGK Heidedal, waar hulle deur ds. Zack Pienaar geseën is. Hulle is ook bedank vir die rol wat hulle in SuidAfrika,
maar ook veral die gemeenskap van Heidedal, speel. Die reünie agter by die Scholtz Mansions met ’n vleisbraaiery afgesluit waarna afskeid geneem is van die oudleerlinge wat na hul woonplekke oor SuidAfrika heen vertrek het. S Kyk na ’n foto deur Toorie Smith op Bloemnuus se Facebook blad waar die reünie gangers hul 1984skoolklere dra.
GEWILDSTE FOTO: Heidi Neethling se foto van Hitler is Bloemnuus en Makro se Troeteldierfoto van die Jaar. Lesers kon hiervoor stem. Heidi stap weg met ’n R1 000 geskenkbewys van Makro.
word verkoop. Om 11:00 skuif die veiling na Desselstraat 25 waar ’n groot verskeidenheid meubels, voertuie en gewere onder die hamer gaan kom. Dit sluit ’n volgroottepotspeltafel, wat ’n bietjie opknapping benodig, asook ’n ou perdekar wat gerestou reer kan word, in. Rig navrae oor die veiling aan Marietjie du Toit by 0731690167 of Junior Bezuidenhout by 082892 6525. Sien nog foto’s op die webwerf juned.co.za.
BLOEMNAWEEK, VRYDAG 21 NOVEMBER 2014 5
Teken dit aan
VRYDAG S Trevor Noah in die Sand. Kaartjies kos R220 by Pacofs. Skakel 051447 7772. S Mimosa Mall is tot 20:00 oop. Skakel 0514446914. S The CUT is hosting its seventh annual golf day for poverty alleviation at the Bloemfontein Golf Club. The entry fee of R150 includes a halfway house voucher. Bookings can be done at the Bloemfontein Golf Club. SATERDAG S Donkermaan S Boeremark van 06:00 tot 14:00 in Langenhoven park. S Kurt Darren in die Windmillcasino. Kaartjies kos R50 en is by Marche Rouge in die casino te kry. Toegang vir kinders jonger as 13 is gratis op voorwaarde dat hulle deur ’n volwassene vergesel word. SONDAG S CDuitreiking van Hannes Bosman se tweede soloCD, Fariseër tot vriend, om 18:30 in die Bloemfonteinse Baptistekerk. S Candlelighting service of the Compassionate Friends held in honour of beloved children, siblings and grandchildren who no longer walk the earth with us at the Kovsie Church at 17:30. Bring a candle holder and if possible a gift in celebra
SONDAG: Kerssangdiens met Du Preez Stoltz om 19:00 in die NG kerk Edenburg. Bel Maureen Coetzee by 0517431126. tion of their lives. The gifts will be given to underprivileged children to make their Christmas special. Call Carol on 0798852224 or go to www.tcfbfn.co.za for more information. Note that there are no monthly meetings for November, December and January. S NG Church Hugenoot holds its annual Advent Carol Service at 18:30 in the church in Normandy Avenue, Bayswater. The service will be in English. Residents of Bloemfontein are invited to celebrate the beginning of Advent. Phone 0514363659 during office hours.
WOENSDAG S Luna Paige in die Aasvoëlklub om 20:00. Kaartjies teen R100 is by die deur te kry. S Karaoke by Oolong Lounge om 20:00. S Rooies in Innie Skuur. Kaartjies kos R80. Navrae: meerkatkolonie@ vodamail.co.za. DONDERDAG S Khan – solo: Hoofsan ger van The Parlotones op sy eie by die Aasvoëlklub. Kaartjies kos R120. VRYDAG S NG kerk Brandfort hou om 17:00 Kersmark. Bel 0828732650.
SATERDAG 29 NOVEMBER S Dansparty van die Vrystaattak van die Boeremusiekgilde om 19:00 in die Rosenhof skoolsaal. Bel Henriëtte by 0825787532. S Marcia van der Merwe hou om 18:30 ’n kuns uitstalling by Koekela. ’n Piekniekete is beskikbaar. Bel Gabrielle vooraf by 0731411730. MAANDAG 1 DESEMBER S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverko pers in Bloemfontein teen slegs R25. S Stuur inskrywings na jens.friis@media24.com.
DEON CERONIO Die enigste gehoorsentrum in Brillstraat.
051 447 4070
X1PFPCE1-BN211114
Sit jou kombuis dié somer op ’n energiedieet 'n Stoof is een van die toestelle by die huis wat baie krag verbruik, en koskook kan tot 8% van 'n gemiddelde huishouding se kragrekening uitmaak. Die oplossing is vinnige, maklike en energiedoeltreffende kookmetodes wat jou kosmaaktoestelle sal spaar en jou rekening dié somer sal verslank. Besoek www.electricity-smart.co.za vir resepte en kookwenke wat jou sal help om dié somer tyd, moeite en energie te bespaar.
Dié energiedieet word aan jou gebring deur Eskom
Eskom Holdings SOC Ltd Reg Nr 2002/015527/30 Mohlaleng_2195_A
6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 21 NOVEMBER 2014 REIS / OMGEWING
Onvergeetlike konsert in nasionale park kom Christo van Staden DIT beloof om ‘n onvergeetlike aand onder die sterre te wees: Chris Chameleon, gewilde sanger, tree op 18 April aanstaande jaar in die veld onder ‘n boom in die Mokala Nasionale Park op. Dié Konsert in die Bos word deur die SANParkeereveldwagters se Vrystaatstreek aangebied ten bate van bewaringsprojekte in dié park
70 km suid van Kimberley. Volgens Elsa van Staden, ereveldwagter en hooforganiseerder, is hierdie konsert ‘n gedeelde droom wat waar geword het. “Van ons ereveldwagters en die personeel by Mokala het die ideaal gekoester om ‘n besondere musiek konsert in die pragtige natuurskoon van die park aan te bied. “Ons het koppe bymekaargesit, besluit dat Chris die perfekte kunstenaar is, en die bal aan die rol gesit.” Volgens haar word die kaartjies na die eksklusiewe geleentheid as deel van ‘n pakket, wat twee nagte se verblyf en ‘n spitbraaiete vir twee mense insluit, verkoop. “Afhangend van in watter kamp
van Mokala die konsertgangers wil tuisgaan, wissel die pryse van R4 000 per paar per naweek vir die heel luuksste verblyf, tot R2 500 per paar per naweek vir die semiluukse verblyf in die omge wingsopvoedingsentrum, Mofele.” Slegs 100 gaste kan die geleent heid bywoon. “Omdat die konsert in die veld aangebied word, probeer ons om die impak op die natuur te beperk. Die veiligheid van die gaste speel ook ‘n rol – daar is byvoorbeeld buffels in die park en ons wil die veiligheid van almal verseker.” Nog ‘n faktor is dat ‘n plan B gereed moet wees, sou die weer nie toelaat dat die konsert buite gehou word nie. Die doel van die konsert is
tweërlei. “Enersyds wil ons geld insamel vir bewaringsprojekte in die park, en andersyds wil ons hierdie besonderse en unieke park, waar veral bedreigde spesies ‘n tuiste vind, aan die publiek bemark.” Volgens Van Staden word die konsert, wat gepaardgaan met ‘n aansitete waartydens ‘n spitge braaide skaap en heerlike bykosse aangebied word, in die vrye natuur weg van die kampe gehou. “Dit is naby ‘n dam in ‘n pragtige en stil deel van die park. Dit gaan waarlik ‘n onvergeetlike aand wees.” Vir navrae en besprekings, bel Des Bothma by 0824102666, of stuur ‘n epos na des@honorary rangers.org.
Waar is jy?
Chris Chameleon gaan in die veld on der ’n boom in die Mokala Nasionale Park optree.
In watter SuidVrystaatse dorp waar Bloemnuus te kry is, is dié foto geneem? Om die raaisel te vergemaklik: Dié dorp is een van die oudste in dié geweste en kyk op die Gariepdam uit. ’n Fotogalery van die dorp ver skyn op www.bloem nuus.co.za. Foto: Jens Friis
Regs: Die brandwag het gewaarsku en hierdie groep stokstertmeerkatte het tegelyk opgekyk na bo vir ’n roof voël in die lug, vertel Piet Heymans, bekende fotograaf van Bloemfontein, wat dié foto geneem het. Dit is in die Mokala Nasionale Park naby Kimber ley geneem. In Mokala is verskeie ko lonies stoksterte.
The Frontier Inn is a boutique casino resort in Bethlehem.
Win a night’s stay at Frontier Inn Lebogang Thobye
THE Frontier Inn and Casino, in association with Bloemnews, is giving away a cosy onenight stay for two people at the threestar Peermont Metcourt Hotel. One lucky reader and partner will escape one night with special access to a range of promotions that are on offer. The lucky couple can look forward to a night of
entertainment and gaming fun as each person receives a prize inclusive of a R250 gaming voucher as well as dinner and a delectable breakfast in the stylishly decorated Metcourt Hotel for two valued at R1 950. Couples can also enjoy an evening at the Coachman’s Saloon, a lively entertainment showbar and if the winner plans on bringing with a younger guest, the
Golden Gate Spur family restaurant it is a perfect place to visit. The Little Rascal Childcare Facility offers a variety of supervised activities and the Magic Company features a variety of video games. Located in Bethlehem in the Free State, the Frontier Inn is a charming boutique casino resort perfectly situated en route to the Golden Gate National Park in the quaint arty town of Clarens, also
known as the Jewel of the Eastern Free State. This sandstone gem captures the essence of the 1800s by offering an exciting onestop destination themed around lively frontier towns of the past. The Frontier Inn and Casino is the perfect place to dream of discove ring untold treasure. Contact the Frontier Inn and Casino on 0583076000 or visit www.frontierinn.co.za.
The Frontier Inn supports the National Responsible Gambling Programme. Problem Gambling Counselling TollFree Helpline 0800 006 008. Players must be 18 years or older. Winners know when to stop. S Share this post before Monday at 07:00 on Bloemnews’s Face book page and stand a chance of winning this great prize.
BLOEMNAWEEK, VRYDAG 21 NOVEMBER 2014 7
TESTIMONY
Mr and Mrs Thabo My last resort to bring back my lost lover. Me and my wife Bridget had given up after losing my job and struggling to keep up with my car and house payment. I had to change schools for my children from private schools to government schools because financially we were not stable anymore, but thanks to my in-law who gave me this woman of God's number, she helped me to turn my life around financially by giving me a magic ring which brought back hope into my life. It cost me only R800 and for the first time in my life I went into a casino with my wife and we used our magic to hit a jackpot. Now my house and car are paid off and my children are back in private schools - now life is so wonderful, so in case you are looking for the best healer, please look no more.
Just CALL MAMA DAVID 076 775 6020. She can also help men with sexual enlargement to all sizes. Visit her in Bayswater next to Spar.
X1PFU799-BN211114
’n Spoggrasperk het meer as net genoeg water nodig.
Wenke: Lowergroen grasperk is moontlik ONDANKS die lekker reën verlede week, moet grasperke nou nog sorg kry om mooi lowergroen te wees. Afgesien van water moet jy ook die volgende doen: S Stel die grassnyer op sy laagste en sny daardie matras van ’n kikoejoe grasperk dat die wit lopers blootgelê word. Dié behandeling, bekend as skraap, is nodig sodat die misstowwe wat toegedien moet word, die wortelstelsel maklik bereik. Bostipegrasperke moet nie geskraap word nie. Laat kikoejoe wat nie ‘n te dik mat gevorm het nie, ook maar in vrede. S Beveg grasdraertermiete, komman dowurms, grasperkruspes en wurms deur die toediening van Garden Ripcord, Karbodust of Karbospray. Grasdraertermiete kan doeltreffend met Baythion Ant, Garden Ripcord, Tremite Bite en Zero Harvester beheer word. S Steek die grasperk vol gate om dit lug te gee. Gebruik ’n gewone tuinvurk of huur ’n tandroller as jy nie een het nie. Strooi superfosfaat of 2:3:2misstof oor die grasperk volgens die aanwysings op die sakkie. S Gooi ook ’n ligte bolaag oor as die grasperk ongelyk is. S Vir grasperke wat nie so kwaai
X1PFVUE1-BN211114
In 1902 is die eerste grassnyer wat deur petrol aangedryf is, in gebruik geneem. teruggesny is nie, kan 3:2:1 of Wonder Lawns and Foliage gebruik word. S Besproei deeglik. Gevestigde grasperke het minstens 25 mm water per week nodig. S Bemes alle soorte grasperke weer ná ses weke met 3:2:1.
S Met al die water sal onkruid hul verskyning maak. Breëblaaronkruid is veral lastig op die hoëveld. Kry Turfweeder of Hormoban om dit te beveg. Volg die aanwysings op die pak vir die beste resultate.
PERSOONLIKE DIENSTE
1435
FUNKSIES & KONFERENSIES 1425
Unieke Kerskonsert gehou Elretha Britz DIE Kerssimfonie deur die jeugsimfo nieorkes wat onder die Bloemfontein stadsorkes val, is vermoedelik die enigste openbare Kerskonsert vanjaar in die stad. Professionele musici versterk die orkes met sy gevarieerde program. Kersliedere soos Stille Nag en Somerkersfees sal aangevul word deur gunstelinge soos die temamusiek uit Jurassic Park en Pirates of the Caribbean. LeRoy Anderson se Bugler’s Holiday vir drie solotrompette en orkes behoort een van die hoogtepunte te wees, asook Kersmusiek gespeel deur ’n koperblaaskwintet.
Hendri Liebenberg (op die mee gaande foto) is die dirigent. Volgens Paul Loeb van Zuilenburg, dirigent van die Bloemfonteinstadsor kes en ’n lid van die bestuur, bied die jeugorkes ’n tuiste vir hoërskool leerlinge wat in ’n simfonieorkes wil speel. Die orkes se weeklikse repetisies is waardevol vir die jongelinge se vordering. Jeugorkeste van elders in die land het voelers uitgesteek vir optredes volgende jaar met die Bloemfonteinjeugorkes. S Die Kerssimfonie is vanaand om 19:00 in die Gereformeerde kerk Bloempark (agter die Hipermark in Fichardtpark). Kaartjies kos R50 en kan soggens by die kerkkantoor gekoop word, of bel 0515227999.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
KRUIEKENNER DR AHMED HEALER 100% Court cases, bring back lost love, men and women health problems, financial problems, protection and promotion, enlargements, cream for manhood, lose and gain weight. Pay after results. Call 078 615 3832. Address: Lechwe Street, Fauna. Next to Fauna PrePrimary School.
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.
HUIS- EN KANTOOROPKNAPPINGS: Dakke, plafonne, verf, teëls, diefwering, ens. % SANTA 076 835 7849.
LENINGS 1445
SOEK, KOOP, VERKOOP
X1PFMQQW-BN211114
LUISTERRYK BEKROON: Wayde van Niekerk (links), Maryka Holtzhausen en Cornal Hendricks (inlas) was die drie vernaam ste wenners onder die sportlui wat gisteraand in Imperial GM se vertoonlokaal deur die Vrystaatse Sportmedia op ’n luisterryke banket vereer is. Die atleet Van Niekerk is die sportster van die jaar (die hoogste eerbewys), Hendricks (rugby) die sportman van die jaar en Holtzhausen (netbal) die sportvrou van die jaar. Al drie Vrystaters het die afgelope 12 maande SuidAfrika met onderskeiding op internasionale vlak verteenwoordig. Van Niekerk en Holtzhausen was ook vanjaar Kovsies se sportman en vrou van die jaar, waar hierdie foto geneem is. Jaunelie Meijer en Anton Swanepoel is die gesamentlike liggaamlik gestremde sportsterre van die jaar. Foto: Conrad Bornman
BESTE BREIER: Burta de Kock, die gewilde netbalbreier, is as afrigter van die jaar aangewys. Sy het die Crinums en Kovsienetbalspanne na nasionale titels gebrei. Netbal was ook die senior sportsoort van die jaar en hokkie die junior sportsoort van die jaar.
Akademie wil spelers hier hou Karin Muller ’n RUGBYAKADEMIE met die doel om skolerugbyspelers in die sentrale streek ná skool vir die streek te behou open in Januarie in Bloemfontein. Spelers sal ook voorberei word om in die buiteland te kan speel as sulke geleenthede beskikbaar sou word. Die doel is om ’n breër basis van spelers te ontwikkel wat later as voedingsbron vir die hele sentrale streek kan dien. Dít word in samewerking met VrystaatRugby gedoen, met die Griekwas en die Griffons se onder steuning. Chris Kasselman, een van die bestuurslede van die akademie, sê spelers van die Griekwas en die Griffons sal in die Currie
HOUSE FOR SALE ON SHOW 22-23 NOV. 3 p.m. - 5 p.m. 25 Groenewoud Street, Universitas
bekerreeks se o.19 en o.21afdelings aan dié unies beskikbaar gestel word. Ander spelers wat nie by Vrystaat benodig word nie, kan dan ook aangewend word om die Griekwas en Griffons te versterk en terselfdertyd aan daardie spelers provinsiale blootstelling te gee. “Die hoofdoel is om aan die spelers blootstelling te gee. ’n Speler wat nie by die Vrystaat gebruik kan word nie, sal aan die Griekwas of Griffons beskikbaar gestel word. Sodoende kry hulle speelkans tot hul eie voordeel en die voordeel van die spanne,” sê Kasselman. “Almal weet die Vrystaat, Griekwas en Griffons lewer jaarliks van die beste skole rugbyspelers in die land op, maar indien dié spelers nie ’n Cravenweekspan haal nie,
verdwyn hulle waarskynlik vir goed uit rugby. “Ons wil aan jong rugbyspelers die geleentheid bied om raakgesien te word en hulle aan die eise van professionele rugby blootstelling gee.” Die akademie wil die junior klubliga in Bloemfontein versterk om spelers blootstel ling daaraan te gee om teen die jong spelers van die Universiteit van die Vrystaat en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie te speel. Christo Rothman en Johan Paulsen is deel van die akademie se bestuurspan. Onderhan delinge word met die SuidAfrikaanse Rugbyunie gedoen, asook met Tiaan Lieben berg, Braam van Straaten (oudBokke) en Jacques Juries, om die afrigtingspan te versterk. Liebenberg en Van Straaten, wat
Gaan maak ’n draai by www.bloemnuus.co.za Prof. Kintu
Made my enemies come and confess to me…
• Groot erf. 1 700 m². Huisoppervlakte 345 m². • Pragtige groot tuin en groot swembad. • Moderne ruim huis met groot leefvertrekke. • Ekstra inkomste: Woonstel apart van huis. • Loopafstand van UFS, Eunice en Grey. • 5 slaapkamers, 3 badkamers. • Dubbelmotorhuis en 2 motorafdakke. • Besproeiing (boorgat).
R2 150 000
Madelein Buys 072 347 9619
X1PG22GW-BN211114
albei in die buiteland gespeel het, sal help om spelers voor te berei om in die buiteland te kan speel. “Die akademie het op ’n konsultasiegrond slag toegang tot byna al die afrigters in Bloemfontein,” sê Kasselman. “Greykollege het sy geriewe en afrigters aan ons beskikbaar gestel. Ons glo die spesiale kennis waaroor al dié afrigters beskik, sal ’n groot bydraende faktor tot die akademie se sukses wees. “Ons leuse is The pathway to professional rugby en ons glo talent sonder harde werk is nie veel werd nie.” Daar word beoog om die akademie in Januarie 2015 te open. S Meer inligting is op die webtuiste by www.bloemrugby.co.za beskikbaar.
Several years of unhappiness in my marriage lead to loneliness and continued crying. After hearing testimonials about Professor Kintu on the radio, in newspapers and my old friend's son he had saved from drugs and alcohol abuse, I decided to visit him . For only R100 Professor Kinthu read my fortune accurately and told me about my past life and my marriage. In a dish of water with a mirror he showed me the face of my enemies as well as my husband's girlfriend. He performed a special prayer and gave me powerful love crystals - a special one to use at my workplace and for my business success. Unbelievable! In one week my enemies approached me and confessed bad things they did to us and my husband left his girlfriend and came back to me. Over the years I tried healers and priests but they all failed. Professor Kintu, there's no other way to say thank you but to tell others about you.
Health problems, financial crisis or bad luck. For appointment contact 073 261 9358. Total privacy and confidentiality guaranteed, with secure parking in Bloemfontein. X1PG52T5-BN211114
Things in my life went from good to worse in a very short time. My love live, financial problems jealousy, my husband’s family were all against me. Luckily I came across Sonia through a friend. She helped me and showed me my enemies through a mirror for only R200. She did miracles in my life. She told me all my problems without mentioning anything to her. She showed me the people who worked hard to see me suffering some of which were my friends and relatives. She performed a special prayer, washed away my bad luck and cleansed my home. Gave me a love potion with a ring for my financial problems in less than five days, my husband was always by my side and my enemies confessed and asked for forgiveness. Come and visit me at Bayswater.
For appointments please call Mama Marria 072 417 4249. Visit –www.specialspells.co.za X1PFU7JM-BN211114