Die visgraat 15 derde kwartaal

Page 1

Skoolkoerant van Dr. CF Visserskool Uitgawe 15 Derde Kwartaal 2014

“Freedom” deur Nadine Parker

Antoiné van Eeden Santam bied jaarliks ‘n Kinderkuns-kompetisie aan en vanjaar is dit in samewerking met UNICEF gedoen. Die tema was Kinderregte en het ongeveer 4100 inskrywings opgelewer. Hiervan is 386 kunswerke gekies om op die Santam webwerf se gallery uitgestal te word tydens die eerste kwartaal van 2015.

“Fear less” deur Luhann Kruger

“The voice” deur Ona Tsolo

Drie van ons eie “Picasso’s” is deel van die 386 uitstallers:

Dertien van die kunswerke wat gekies is, gaan gebruik word in Santam se kalender vir 2015. Baie geluk julle drie en sterkte!! Julle hou ons Vissie-naam hoog! Lees nou ook “Die Visgraat” op Bloemnuus se webwerf!!

Ona Tsolo met “The voice” Nadine Parker met “Freedom” Luhann Kruger met “Fear less” Hulle ontvang elkeen ‘n sertifikaat en medalje. Die skool het ook prysgeld van R500 gewen, wat weer teruggeploeg sal word in ons kunsklasse.

LIBRA MOTORS

MAZELSPOORT ROAD BLOEMFONTEIN 9301 P.O. BOX 3203 TEL: (051) 441-7682 FAX: (051) 441-7782

For all your fuel needs Quick Shop 24 Hrs Service


__________________________________________________________________________________________

2 NUUS

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Hanko Kruger Het jy al ooit gehoor van ‘n Gouldian Finch voëltjie wat teen ‘n kat baklei? Jy het reg geraai Frikkie het teen Skoolkat baklei!’’ Ons eie Sylvester en Tweetie?! Net soos Tweetie, het Frikkie ook hierdie geveg gewen. Juf. Janse van Rensburg, ‘n student wat by Mnr. Zak geproef het, het gesien wat gebeur het. Skoolkat het vir Frikkie bekruip. Juffrou sien dit en duik soos ‘n kranige rugbyspeler om Skoolkat te keer. Met dié bespring Skoolkat die voëlhok. Frikkie se hok val grond toe en die draadwerk spring los van die bodem. Frikkie onsnap en Skoolkat beland onder die hokkie...nou is sy die tronkvoël! Skoolkat blaas die aftog en loop bedees weg toe Juffrou haar onder die hokkie uithelp. Hoe’s daai vir ‘n ’’Knock out’’???

“Sy dra die broek”

“Kaalvoet in die reën”

Advertensies

Frikkie, Mnr. Zak se Gouldian finch

‘n Groot dankie aan almal wat in hierdie uitgawe geadverteer het. Met jul hulp kon ons hierdie uitgawe druk. Kom ons ondersteun hul ook asseblief in hul besighede!

“Eendag as ek groot is”

“Stukkie Van der Merwe”

JAHN’S ELECTRICAL Electrical Contracting, Maintenance and Certification

Jahn Verwey 0825695763 E-mail: jahns.electrical@vodamail.co.za

Fax: 086 206 3206 Office: 082562 7764


NUUS 3

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Zantus Zeelie

Die jonge dames van “Mamma, hy’s my kêrel!”

Die manne van “Stukkie van der Merwe”

Swem Jannie, swem!

Op 11, 12 en 13 September het Dr. CF Visserskool ‘n melodrama aangebied om fondse vir die skool in te samel. Onderwysers, ouers en oud-leerders het maande geoefen om die vertoning op die planke te bring. Die verhoog is versier, props en kostuums is gemaak en spesiale beligting is ingesit. Die vertoning op die 11e is vir ouers en leerders aangebied en die saal was omtrent volgepak. Die ander twee aande se vertonings is met ‘n ete aangebied en is die geleenthede deur besighede bygewoon. Soos die tema sê, “Mengelmoeskardoes”, was daar omtrent ‘n verskeidenheid en mengsel van liedjies: ‘Casper slide’, ‘A woman is smarter’, ‘Just give me a reason’, ‘Stukkie van der Merwe’ en ‘Wiggle wiggle’, is maar ‘n paar wat opgevoer is. ‘Swem Jannie swem’ was baie snaaks met mans in bikini’s, swembroeke en duikpakke wat ballet en “rondswem”. Vir die verliefdes het ‘Just give me a reason’ die harte warm laat klop. Dit was voorwaar ‘n Mengelmoeskardoes van hoogstaande gehalte en daar word uitgesien na die volgende melodrama.

Wiggle wiggle


4 NUUS

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Jennette se Bokmakierie-stalletjie

Armand Immelman Die Entrepreneursdag wat op 5 September gehou is, was baie lekker. Almal het dit geniet. Al die graad 7”s moes deelneem met hul eie ondernemings. Hulle het dit as taak gedoen vir Ekonomiese Bestuurswetenskappe. Ek het ‘n paar kinders gevra wat hul van die stalletjies by hierdie entrepreneursdag gedink het, en almal was dit eens...Die was een van die bestes. Juf. Linda, wat dit gereël het, sê dat die produkte van baie goeie gehalte en kwaliteit was. Al die stalletjies het goed gevaar en het goeie wins gemaak. Daar was van koekies, kolwyntjies tot armbande en tooisels vir die meisies. Die “corn dogs”, “Pops ‘n Worsstokkies” en roomys stalletjies het baie aftrek gekry. Jennette van Straaten se stalletjie het die beste naam gehad en Naomi Broodryk se stalletjie was die mooiste. Doen so voort Vissies!

Naomi se stalletjie was versier met sagte Pienk en Pers kleure.

Michael se “Corn dogs”-stalletjie

Die Angry birds food hut verkoop “Pops ‘n Wors”- stokkies

Roomys-stalletjie


NUUS 5

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Ané Els

Roechelle Koekemoer Kyk net hoe slim is ons 2015 graad 1’tjies al! Vrydag, 12 September het 52 voorskoolse leerders kom kuier by ons gr. 1 juffrouens. Blommetjie en Fielies het hulle verwelkom. Hulle het in twee groepe verdeel en by juf. Ansie en juf. Linda gekuier. Hulle het op rekenaars gewerk, legkaarte gebou, klei gespeel en blokkies gebou. Hulle het ook ‘n klein werkboekie voltooi om te wys hoe oulik hulle al kan skoolwerk doen. Daarna het almal buite gaan piekniek hou en elkeen het ‘n Uiltjie-pakkie ontvang met lekkernye in. “Hoe-hoe...hoe-hoe...is jy al groot genoeg om graad 1 toe te kom?”

Ons doen skoolwerk

Ons speel ‘n rekenaarspeletjie

Vrolike Uiltjie-pakkies wag op die lere vir ons Ons hou piekniek!

Ons maak mosaiek prente

Die graad 7-leerders van 2012 en 2013 het bygedra tot die oprig van ‘n houtkruis voor die skool. Besef ons wat die kruis werklik beteken? Die wêreld is vol kruise in die vorm van hangertjies, versierings en selfs as tatoëermerke. Waarom dan die kruis by ons skool? Ons sal graag van ons lesers wil hoor: Wat sou húlle sê is die betekenis van hierdie kruis?

Die houtkruis wat aan die voorkant van die skool aangebring is.


6 REDAKTEURSBRIEF

Luhann Kruger “Wie is dié oompie in my plakboek?” wonder jy. Een of ander plaasboer? Dalk ‘n leeglêer? Of miskien net ‘n eensame bejaarde wat soek na geselskap? Hoor bietjie hier...! Dit is algemeen bekend dat politici ‘n hoër lewensstyl handhaaf as die gewone man op straat.

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Maar, dit is nie die geval met die land Uruguay nie. Ontmoet die STAATSPRESIDENT!!! José Mujica! Stringe wasgoed hang aan ‘n wasgoeddraad buite sy huis. Hy haal water vir huisgebruik uit ‘n put wat amper toegegroei is met bossies. Hy bly in ‘n eenvoudige plaashuis en ry nog met sy 1987 Volkswagen Kewer. En ja...daar is ‘n deftige ampswoning waarin hy kan

gaan bly, maar hy verkies om in sy plaashuis saam met sy vrou te woon. Hulle twee behartig ook self hul blomboerdery. Om alles te kroon gee hy amper sy hele salaris weg! “Wat?!” Ja, José Mujica skenk 90% van sy maandelikse salaris aan die armes, en hy help ook entrepreneurs om op die been te kom. “Ek word die armste president genoem, maar ek voel nie arm nie. Wil jy weet wie die arm mense is? Dis dáárdie mense wat so hard moet werk net om ‘n duur leefstyl te behou. Wanneer jy nie baie besittings het nie, hoef jy nie soos ‘n slaaf te werk om dit alles te onderhou nie. So, het jy ook meer tyd vir jouself,” sê president Mujica. Hierdie verhaal klink byna na ‘n sprokie...veral as jy dit vergelyk met ons eie Nkandla-storie. Ek dink José Mujica wéét waar Dawid die wortels gegrawe het.

Redaksie 2014

Redaksielede Voor v.l.n.r: Roechelle Koekemoer, Luhann Kruger (Redakteur), Juf. Ansie Kruger (Koördineerder), Luan Verwey, Hanko Kruger, Zantus Zeelie. Agter v.l.n.r: Antoiné van Eeden, Armand Immelman en Ané Els (Michael Kühn was afwesig toe die foto geneem is)


Die Visgraat, Derde Kwartaal

PRETBLAD 7 deur Luhann Kruger Van der Merwe koop Sushi

Vlieg resies

‘n Koffie ‘n dag laat die dokter wag


8 RUBRIEK

Die Visgraat, Derde Kwartaal

NUUS

Michael Kühn Daar was eendag ‘n skool vissies met ‘n baie groot probleem. Die probleem het ‘n groot bek met skerp tande en ‘n groot vin gehad. Dit is Bruce die haai! Hy maai onder die vissies. Waar hy jag, is daar byna geen vis meer oor nie. Toe hou die vissies ‘n vergadering. ’n Oplossing vir hulle probleem moes gevind word. Daar word baie gepraat en voorstelle gemaak, maar niks help nie. “Ek het ‘n plan!” sê ‘n slim jong vis. “Waarom word so baie van ons gevang? “Omdat Bruce so vining is!” antwoord ‘ n vissie. “Omdat hy so slim is!” antwoord ‘n ander. “Omdat hy so stil is!” antwoord nog een. “Ons hoor hom nie aankom nie!”

“Ons moet ‘n klok om sy nek hang. Dan sal ons hom hoor aankom.” “Wat ‘n goeie plan!” juig die vissies. “Ons probleem is opgelos!” “AHEM!” hoes ‘n wyse ou vis “Dit mag ‘n goeie plan wees,” sê hy, maar daar is iets wat ek graag wil weet. Wie gaan sy lewe waag om die klok om Bruce se nek te hang?” Skielik is daar doodse stilte. Die visse kyk vir mekaar. Niemand wil die klok om die haai se nek gaan hang nie. Kop onderstebo verlaat die visse die vergadering ….. Die lewensles wat ons uit hierdie kinderstorie leer is dat die beste planne niks beteken as ons dit nie kan uitvoer nie. Ons wil graag dankie sê vandag vir ons “vissies” in ons skool en die ouers wat die planne laat gebeur!! Ons waardeer elkeen van u wat bereid is om hande te vat en net die beste vir die skool te gee. So laat ons almal saam oplossings vind vir die haaie wat so skielik op ons afpyl!

Luhann Kruger “Jippie! ‘n LEKKER boerewors rol en koeldrank!” juig dit uit vele Vissie-monde. Op 25 Julie in “Vissieland” het vyf gawe ooms van Kwik Form vir elke leerder ‘n boerewors rol en blikkie koeldrank gebring. Braaivleisvure het van vroeg af gebrand en hulle het die wors by die skool gestaan en braai. Hierdie projek was deel van hul “67 minute vir Liefdadigheid” vir Mandela-dag. Wat gaan jy volgende jaar doen om vir 67 minute ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak? Of nog beter...waarom doen ons nie sommer elke dag ietsie om daardie verskil te maak nie?!

Kyk hoe lekker smul Leandri!

“Dis juis my plan!” sê die slim jong vis. Charlaine ontvang haar boereworsrol


NUUS 9

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Oom Benno-hulle van Kwik Form

Almal, van Gr 1 tot Gr 7 eet vir die vale!

________________________________________________________________________________________________________________________

RESENSIE

Ané Els Die fliek gaan oor ‘n jong speurder wat homself op die webwerf adverteer. Agent 2000, of te wel Walter du Toit is ‘n 14-jarige wat aan die geheime 007 herinner. Hy doen tuisonderrig om sodoende met sy nuwe tegnologiese uitvindsels te kan eksperimenteer. Hy kom voor ‘n groot uitdaging wanneer die Hoërskool Randburg hom nader om “Die Laksman”, wat die graad 8’s terroriseer te ontmasker. Vermom as bleeksiel, durf hy sy eerste skooldag by Hoërskool Randburg met selfvertroue aan. “Die Laksman” is egter meer uitgeslape as wat Walter besef het.

Hy maak aanvanklik nie vordering met sy soektog na “Die Laksman” nie, word deur ander graad 8’s geboelie en deur graad 12’s verneder. Dit is nie die tipe behandeling waaraan die “cool” Walter du Toit gewoond is nie. Ten spyte van die druk, begin hy dit geniet om skool te gaan. Hy vorm hegte vriendskappe en ‘n blonde meisie laat sy oë skitter! Met ondersteuning van sy nuwe vriende, kom hy nader daaraan om “Die Laksman” te ontmasker. Die hele taak ontaard egter in ‘n nagmerrie! Walter se identiteit as geheime agent is daarmee heen, en daarby is hy sy beste vriende en meisie ook kwyt.

Gaan Walter uiteindelik “Die Laksman” se grootste teiken wees, of gaan Agent 2000 nog ‘n laaste troefkaart hê in sy stryd teen “Die Laksman”?


10 NUUS

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Deur Luan Verwey

“Tiere kom oorspronklik van Asië. Tiere kan tot 270kg weeg en 3m lank word. Tiere het ‘n dik pels en hulle enorme pote kan dien as sneeuskoene” – Duhan. (Gr. 3) “Die tiere, leeus, slange, ponies en poedels wat deur hoepels spring. Maer vrouens wat hul lywe buig en draai dat ‘n mens amper bietjie seerkry net om daaraan te dink” – Venetian (Gr 3)

“Klank, kling, kop, kop, skraap, skraap...” so klink dit in my ore elke Sondag as Mamma lekker poeding gemaak het – Luan (Gr 4) “Meteens word die TV-skerm grasgroen. Langs die TV verskyn ‘n liggroen mannetjie met ‘n groot kop, lang dun vingers, groot ore en sagte oë met groen pupille.” – Hanko (Gr 5) “Mnr. Posisie kom in die gang af. Ons almal weet dit is tyd. “Damian, wat is die antwoord?” My oë traan, my ore flabber. Ek is so bly ek is nie met Mnr. Posisie getroud nie!” – Damian (Gr 7) “Rooi is die kleur van liefde. In Februarie is dit Valentynsdag en dan is dit net rooi harte, strikke, bere en sjokolade in blink, rooi papiertjies net waar jy kyk. O ja, en rooi rose!”– JC (Gr 5)

“Maak vir ‘n oomblik jou oë toe en laat die heerlike geur van braaivleis oor jou spoel... Saam met die geure hoor jy ook die sisgeluid van die vet op die vuur.” – Zantus (Gr 4)

“Sommige sêgoed is net beter in Afrikaans. “Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.” of “Piet se huis is so vuil, jy moet jou voete afvee as jy uitstap!” en “Ek is nou so honger ek kan ‘n perd opvreet en my mond met die joggie afvee!” – Michael (Gr 6) “Ons besef meteens dat hierdie ‘n leerskool is. Hoe verder ons klim met die lere, hoe groter raak ons respek vir die skepping en begin ons verstaan hoe belangrik elke mens en elke ding is wat bestaan.” – Luhann (Gr 7)


NUUS 11

Die Visgraat, Derde Kwartaal

Landloopspan 2014

Hanko Kruger Onthou jy nog die oulike kinderstorie van Hasie en Skilpad wat resies gehardloop het? Net so opwindend soos die sprokie, net so opwindend was hierdie jaar se landloopseisoen.

Ons span het twee maal by die Universiteit, ‘n keer by Koot Niemannskool en een keer by Visserskool gehardloop. Chrissie Bartman,Ntabiseng Nero en Annique Nel het baie goed gevaar en het daarin geslaag om by elke byeenkoms onder die top 10

te eindig. Ons sĂŞ baie dankie vir Juf. Linda en Mnr. Nicolaas vir hul moeite en bydrae by die landloop. Eerste of laaste? Dit maak nie saak nie. Elkeen het dit geniet om deel te neem en het net hul beste gegee. Knap gedaan, maats!


12 NUUS

Die Visgraat, Derde Kwartaal

1 2 3

Hanko Kruger

Luhann Kruger

4

Junior de Vos

Hanko Kruger “Whop!”... “Whop!”... “Whop!” Uit! 40-30!... “Whop!” Eerste fout!... “Whop!”... “Whop!”.. Uit! Deuce!... “Whop!”... “Whop!”...Uit! Voordeel ontvanger!... “Whop!”... “Whop!”... GAME!

Ruhan Smith

5

JC du Randt

Dr. CF Visserskool het die jaar weer deelgeneem aan die seuns tennisliga waar ons teen 7 skole gespeel het. Al die spelers het een of meer van hul wedstryde gewen. Hulle het nie so goed begin nie, maar elke keer beter en beter geword .

6

Zantus Zeelie

Hulle het nooit moed opgegee nie en die spreekwoord bewys wat sê... Aanhouer wen! Ons wil dankie sê aan Juf. Risna en Juf. Mineé vir hul moeite en vir Mnr. Zak se hulp met die afrigting. Wimbledon hier kom ons!

# Nutsman # Klein bouprojekte # Vis- en Visdamdeskundige Kontak: Louis 082 4977 461


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.