Vegetables & Fruit May/June 2021

Page 22

PROMOTION

Bereik volle potensiaal met BASF se oplossings vir aartappels Hunter® 24 SC: ‘n Produsent kan dit nie bekostig dat aar­ t­appelmotlarwes die aartappels beskadig nie. Daarom is ‘n voorkomende blaarinsekdoder nodig. Hunter 24 SC beheer aartappelmotlarwes baie doeltreffend deur inname. Geen kruisweerstand teenoor ander insekdoders is bekend nie, wat die produk ideaal maak vir gebruik in ‘n bestuursprogram teen insekweerstand. Vir gemoedsrus toon die produk ook bui­ tengewone nawerking in die beheer van aartappelmotlarwes. Die uitstekende reënvastheid van een uur na toediening sorg vir vinnige opname in die blaar met translaminêre beweging sodat aartappelmotlarwes wat nie direk aan die bespuiting blootgestel is nie, ook beheer word.

word, mag ‘n beduidende opbrengsverhoging gekry word. Orvego® kombineer die swamdoder Initium®, wat aan ‘n nuwe chemiese klas behoort, met dimethomorf, nog ‘n beproefde swamdoder van BASF, vir uitstekende beheer van laatroes. Die formulasie is gerieflik om te gebruik, dit meng vinnig in water en bly in suspensie sonder om uit te sak. Hier­die eienskappe bring mee dat die produk vinnig aan die waslagie op die blare heg, sodat buitengewone reënvastheid bewerkstellig word. Die aktiewe bestanddele word geleidelik vrygestel en tydens vogtige toestande, soos dou, vergroot die beskermde area vir doeltreffende voorkomende beheer van laatroes op aartapples.

Fastac® SC is nog ‘n betroubare oplossing vir die beheer van aartappelmot en klein komandowurm op aartappels. Die kragtige formulasie word nie deur sonlig of temperatuur benadeel nie. Die produk is bekend vir ‘n goeie uitklopaksie wat vinnige beskerming teen vreetskade bied. Vir gerief en kostebesparing kan dit met ander behandelings gemeng word.

Acrobat® WG word vinnig in die plant opgeneem vir reënvastheid. Dit is onmiddellik in die plant beskikbaar vir voorkomende beskerming tydens toestande wat gunstig is vir laatroesontwikkeling en as siektedruk toeneem. Die produk is ‘n gevestigde staatmaker om in ‘n voorkomende laatroesbeheerprogram op aartappels te gebruik.

Bellis® se kenmerkende dubbele wyse van werking met vinnige opname en verspreiding in die blare, gee doeltreffende beskerming teen vroeë roes vir ‘n oes se goeie opbrengs en kwaliteit. Die kombinasie van boscalid en F500® dra tot betroubare siektebeheer by. Vinnige opname en translaminêre vervoer van die aktiewe bestanddele in die blare gee volledige beskerming aan die blare en dit bevorder die aartappels se opbrengs en kwaliteit. Gerieflike lug- en grondtoediening maak Bellis die ideale keuse in ‘n spuitprogram teen vroeë roes. Die uitstekende formulasie het geen bymiddels nodig nie. Indien die produk teen die hoër dosis reeds by knolinisiasie toegedien

Registrasiebesonderhede en gebruik: BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk. Sestiendestraat 852, Midrand 1685, Posbus 2801, Halfway House 1685. Tel: +27 11 203 2400. Faks: +27 11 203 2461. E-pos: agcelence-za@basf.com. Bellis® Reg. Nr L7817 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: F500® 128 g/kg. Boscalied 252 g/kg Versigtig. F500® - Piraklostrobien. Hunter® 24 SC Reg. Nr L8307 Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Chloorfenapir 240 g/ℓ. Skadelik. Fastac® SC Reg. Nr L4992 Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Alfasipermetrien 100 g/ℓ. Skadelik. Orvego® Reg. Nr L9185 Wet 36 of 1947. Aktiewe bestanddele: Initium® 300 g/ℓ. Dimethomorf 225 g/ℓ. Versigtig. Initium® - Ametoktradien. Acrobat® WG Reg. Nr L6526 Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Dimethomorph 90 g/ kg. Mancozeb 600 g/kg. Versigtig. Lees asseblief produketikette vir volledige gebruiksaanwysings. Acrobat®, Bellis®, F500®, Hunter® 24 SC, Fastac®, Orvego® en Initium® is geregistreerde handelsmerke van BASF.

22

MAY • JUNE 2021 | SA VEGETABLES & FRUIT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.