CONSTANTIAKRUIN – AANKONDIGINGS Die Here stuur elkeen van ons na verwondes, binne en buite die gemeente, om lewens te verander deur hulp en hoop te bring! VANDAG SONDAG 01 MEI 2016 INFORMELE DIENS 08:30 (Kerk) FORMELE DIENS 10:00 (Kerk) DOOP Prediker: Dr Anton Fick Tema: Open ons verstand Here! Lukas 24:36-49
GEEN KLEUTERKERK , PROMISELAND, KATEGESE
GEEN VGK – DIENS (Ons drink NIE tee tussen die eredienste)
ENGLISH SERVICE 10:00 (Chapel) Preacher: Rev. Barend Buys
GEEN IN SYNC
GEEN KUIERKERK , OOK NIE SONDAG 8 MEI NIE HEMELVAARTDIENS Donderdag 5 Mei om 19:00 Leraar: Dr Anton Fick VOLGENDE SONDAG 8 MEI 2016 PINKSTER 08:30 (Kerk) PINKSTER 10:00 (Kerk) Prediker: Dr. Wicus van der Merwe Ritme 1: Hoe lyk jou Godsbeeld? (Ons drink tee tussen die eredienste) ENGLISH SERVICE 10:00 (Chapel) Preacher: Rev. Barend Buys PINKSTER 18:00 (Kerk) Prediker: Dr Wicus van der Merwe Ritme 2: Hoe is jy ingeprop by Jesus?
KLEUTERKERK 08:30 In die kleuterhoekie, Kerkhuis PROMISELAND 08:30 en 10:00 Graad 0 tot graad 1 - Kerkhuis Graad 2 tot graad 5 – Saal VGK – DIENS 15:00 – Saal KATEGESE (Gr 6-11): 17:00
VOORBIDDING Marinda Smit Ansie Krige Kobie vd Zwan Denise Koch Marco Steyn (3jr) Oubaas van Wyk Pieter Greyling Anna Spammer Salome Joubert
083 650 2545 082 922 8691 083 422 4227 084 951 1332 082 788 3011 082 889 1904 083 409 6883 082 953 5355 082 877 3969
Alet Louwrens Ria Swart Joshua Engelbrecht Bob/Doreen Atherton Ina en Japie de Beer Daan Nel Cloete Kruger Ruhann Carstens Irma Steenkamp
082 901 4937 082 468 8777 082 550 6299 082 923 6060 073 624 8670 073 533 3984 079 877 1146 083 652 9929 082 322 3661
BYBELSTUDIE Woensdag om 10:00 in die Kapel Aanbieder: Dr. Herman Breytenbach Tema: Ontmoet die verskillende Rigters Onthou , geen Bybelstudie tydens Pinkster nie ( 11 Mei ) DERBYWORS EN MAALVLEIS (LAASTE KANS!)
Volgende Derbywors en maalvleis aflewering vind plaas op Woensdag 4 Mei 2016 om 17:00 agter die kerkhuis. Bestelvorms beskikbaar in die hoofportaal.
VOORBEREIDING VIR PINKSTER: 1 – 7 MEI 2016 As daar geen mediese rede is waarom u nie mag vas nie, wil ons u aanmoedig om as voorbereiding vir Pinkster van 1 – 7 Mei te vas en te bid. Daar is verskillende maniere van vas: Tradisioneel (sonder kos) inligting hieroor is beskikbaar in die portale, of op www.jwipn.com – Downloads – Algemeen – Vas en bid. Daniël-vas (skakel iets uit wat vir jou belangrik is, bv vleis, koffie, lekkers, TV kyk, koerantlees, ens) Om te vas beteken om God eerste te plaas en gedurende hierdie tyd meer tyd vir gebed te maak as teken van toewyding. Constantiakruin Gebedsbediening. Gebed@constantiakruin.co.za of skakel Lizelle du Toit by 084 407 2596.
GEBEDSRETREAT – 7 MEI 2016 Moenie hierdie geleentheid mis om aan Jesus se voete te kom rustig word nie! Plek: Following Jesus, Spionkop Ave, North Riding Tyd: Saterdag 7 Mei van 08:30 – 15:00 Koste: R100 (laaste dag vir betaling - 4 Mei) Bring eie eetgerei, stoel/kombers vir buite sit, Bybel, skryfgoed Bespreek tussen oggenddienste op die gras of per e-pos: Gebed@constantiakruin.co.za HULP EN HOOP Dis nou ons fondsinsamelings-maand en ons vra soos elke jaar, dat lidmate ons asb. sal help om geld in te samel vir Kos vir behoeftige gesinne en kinders. Ons gee maandeliks R30,000 se kos aan verskeie instansies en kan dit nie nakom, sonder ondersteuning van ons lidmate nie! Jy kan ʼn eenmalige bedrag gedurende Mei oorbetaal of ʼn debietorder teken sodat daar ʼn bedrag maandeliks afgaan (sien meegaande koevert as voorbeeld). Of plaas ʼn kontant bedrag in die koevert en gooi by enige diens in. Nuwe koevert soos hieronder sal van volgende Sondag beskikbaar wees.
Dankie aan elkeen wat bydra! Enige navrae, skakel vir Doks Hamman, by 082 923 9837 of dokshamman@gmail.com of vir Stephan Naudé op 082 948 2883.
PINKSTER 2016 Nuwe gewoontes bring nuwe lewe. Pinkster 2016 bring nuwe gewoontes waarin ons as gemeente saam gaan oefen. Die gewoontes wat ons ritmes noem, bring ons in die teenwoordigheid van die Koninkryk wat naby gekom het in. Kom ontdek hoe om deur hierdie ritmes jou volle bestaan te verstaan vanuit die realiteit van Koninkryk. Die kinders gaan hierdie selfde ritmes gelyklopend in die saal tydens ons Kinderpinkster hanteer. Tom Smith, outeur van die boek ‘Raw Spirituality’ gebruik hierdie ritmes om gemeentes te begelei in geloofsvorming wat in alles die realiteit van God sien. Hierdie ritmes word verder in die jaar ontgin en ons as gemeente gaan hierdie ritmes gebruik om ons gestuurdheid nog verder te ontwikkel. Tom hou op 10-11 Junie ‘n werkswinkel vir die gemeente in die ontginning en inoefening van hierdie ritmes. Hou asseblief hierdie datum oop. Pinkster 2016 nooi jou, jou buurman, kollega, kinders, familie, vriende en elke ander persoon uit om te kom ervaar en besef dat God se Koninkryk hier is. Na afloop van elke diens gaan ons lekker kuier rondom sop en ‘n broodjie. Die program vir Pinkster is as volg: Sondagoggend 8 Mei
– Ritme 1 – Hoe lyk jou Godsbeeld?
Aanddiens 8 Mei
– Ritme 2 – Hoe is jy ingeprop by Jesus?
Maandag 9 Mei 10:00 & 19:00 – Ritme 3 – Wie loop saam met jou op jou geloofsreis? Dinsdag 10 Mei 10:00 & 19:00 – Ritme 4 – Waar gebruik die Gees jou as gawe vir die wêreld? Woensdag 11 Mei 10:00 & 19:00 – Ritme 5 – In wie se skoene het jy gestaan? Sondagoggend 15 Mei (Nagmaal) – Ritme 6 & 7 – Waar het jy met jou hulpbronne gedien? Waar pas God in jou werkplek? Dinsdagaand word uitgesonder vir ons Pinksterdankoffer. Ons sien uit om saam met mekaar in oefening te wees en te groei!
My liefste kind, Toe ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart. Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander-selfs toe jy nog net ‘n gedagte was. Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot. Jou vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op jou vingertjies sal Ek nooit weer herhaal nie. Jy is nie ‘n fout nie, want Ek maak nie foute nie. Ek maak net mense na My beeld. Toe die tyd reg was het Ek jou volmaakte lyfie in jou moeder se arms neergelê. Ek het in jou ogies gekyk, gestaar en geweet Ek het ‘n besonderse mensie gemaak. Nog nooit het ek daarna My oë van jou afgehaal nie. Ek het jou gesien opgroei. In die dag bewonder Ek jou en in die aande sit Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak. Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos ‘n mislukking gevoel het. Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was. Dae wat pyn jou wou vernietig het!! Ek het saam met jou gehuil, My hande gehou en jou kosbare trane opgevang. Ek ken seer, Ek ken pyn. Daar was self ‘n tyd wat mense my nie verstaan het nie, My verneder het, My verwerp het en aan ‘n kruis vasgespyker het, daarom weet Ek hoe jy voel. Daar is dae wat jy deurmekaar sal voel en wonder wat, waar en hoekom. Ek wil net vandag vir jou sê, nie een van die foute wat jy maak, vang My onkant nie. Ek is nie verbaas nie. Ek weet alles. Ek verstaan alles. Ek sien alles. Ek kyk nie na jou met oë wat oordeel nie. Ek kyk na jou met oë van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat Ek ‘n God is wat uit liefde bestaan. Soms het mense al ‘n verkeerde prentjie van My vir jou geskilder. Ek wil jou nie straf nie. Ek is nie vêr van jou af nie. Ek ken jou beter as enige iemand anders. Ek weet wie jy werklik is, Ek het jou gemaak en ek sê weereens, Ek maak nie foute nie. Die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie. Wie jou gemaak het bepaal wie jy is. Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van ‘n item…. en die enigste prys waarmee Ek jou kon koop was met My lewe. Kom kyk vir ‘n slag na jouself deur My oë. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy in staat is. Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte peroonlikheid. Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk. Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou: Ek glo in jou!! Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan. Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms. Ek wil hê jy moet My toelaat om My liefde vir jou te wys. Praat met My, Ek is by jou ……….. Jou Hemelse Pa wat net ‘n asemteug vêr is.