Aankondigings 17 April 2016

Page 1

CONSTANTIAKRUIN – AANKONDIGINGS Die Here stuur elkeen van ons na verwondes, binne en buite die gemeente, om lewens te verander deur hulp en hoop te bring! VANDAG SONDAG 17 APRIL 2016 INFORMELE DIENS 08:30 (Kerk) FORMELE DIENS 10:00 (Kerk) Prediker: Dr. Wicus van der Merwe Tema: Jesus is ons TMO (Ons drink tee tussen die eredienste)

KLEUTERKERK 08:30 In die kleuterhoekie, Kerkhuis PROMISELAND 08:30 en 10:00 Graad 0 tot graad 1 - Kerkhuis Graad 2 tot graad 5 – Saal VGK – DIENS 15:00 – Saal

ENGLISH SERVICE 10:00 (Chapel) Preacher: Rev. Barend Buys Kuierkerk 18:00 (Kapel) Prediker: Dr. Herman Breytenbach Reeks: ‘n Geestelike reis deur die Evangelie van Johannes Tema 2: Het jy ‘n vernuwende Lewe?

KATEGESE (Gr 6-11): 17:00 IN SYNC 18:00 (Kerk) Prediker: Dr. Wicus v d Merwe

- Johannes 2,3,4 VOLGENDE SONDAG 24 APRIL 2016 INFORMELE DIENS 08:30 (Kerk) FORMELE DIENS 10:00 (Kerk) Prediker: Dr. Anton Fick Tema: Ons het so gehoop... – Lukas 24: 13-35 (Ons drink tee tussen die eredienste)

KLEUTERKERK 08:30 In die kleuterhoekie, Kerkhuis PROMISELAND 08:30 en 10:00 Graad 0 tot graad 1 - Kerkhuis Graad 2 tot graad 5 – Saal VGK – DIENS 15:00 – Saal

ENGLISH SERVICE 10:00 (Chapel) Preacher: Rev. Barend Buys Kuierkerk 18:00 (Kapel) Prediker: Dr. Herman Breytenbach Reeks: ‘n Geestelike reis deur die Evangelie van Johannes Tema 3: Het Jesus al jou honger gestil? - Johannes 6

KATEGESE (Gr 6-11): 17:00 IN SYNC 18:00 (Kerk) Prediker: Dr. Wicus v d Merwe


CONSTANTIAKRUIN GROET VIR ANNE-MARIE SWART Constantiakruin lidmate en personeel sê baie dankie vir Anne-marie vir die 11 jaar van toegewyde werk. Dit was deurgaans 'n voorreg om Anne-Marie deel van die span te hê. Ons bid haar alle seën met die nuwe fase toe. Die Swart gesin bly steeds lidmate van Constantiakruin. Die Gemeenteraad herbesin tans oor die behoeftes van die kerkkantoor. Indien ons die pos vul sal daar 'n advertensie in die aankondiginge geplaas word. Eposse gerig aan Anne-Marie kan in die vervolg aan Elsa gestuur word by ngckruin@mweb.co.za. VOORBIDDING Marinda Smit Ansie Krige Kobie vd Zwan Denise Koch Gary Kohn Johan du Plessis Oubaas van Wyk

083 650 2545 082 922 8691 083 422 4227 084 951 1332 083 284 5456 082 548 9432 082 889 1904

Alet Louwrens Ria Swart Joshua Engelbrecht Bob/Doreen Atherton Ina en Japie de Beer Daan Nel

082 901 4937 082 468 8777 082 550 6299 082 923 6060 073 624 8670 073 533 3984

KUIERKERK SONDAGAANDE @ 18h00 TEMA: ‘N GEESTELIKE REIS DEUR DIE EVANGELIE VAN JOHANNES Met hierdie Geestelike reis gaan ons fokus op ‘n persoonlike ontmoeting met Jesus Christus. Ons wil jou uitnooi om jouself vir 8 Sondae om 18:00 in die Kapel, te verbind aan hierdie reis. Ons gaan uiteraard kyk na die dieper betekenis van die teks van Johannes, maar konsentreer op ‘n persoonlike geloofservaring en persoonlike geloofsverhouding met Jesus. Die reeks word deur dr. Herman Breytenbach aangebied. Hy het so pas 'n boek oor die Johannes Evangelie die lig laat sien. Die boek sal ook te koop wees vir diegene wat meer wil lees en geniet! Kom groei en word verryk deur Jesus se geliefde dissipel, Johannes! 17 April 24 April 15 Mei

Johannes 2,3,4: Johannes 6: Johannes 10,14:

22 Mei

Johannes 13:

29 Mei

Johannes 15:

5 Junie

Johannes 16:

12 Junie

Johannes 21:

Het jy ‘n vernuwende lewe? Het Jesus al jou honger gestil? Het jy geweet Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe? Het jy ‘n opregte liefde vir Jesus en jou naaste? Het jy geweet jy moet “ingeplant” wees in Jesus? Het jy geweet, sonder die Heilige Gees, kan jy nie glo nie? Het jy Jesus regtig, regtig lief?


BYBELSTUDIE Woensdag om 10:00 in die Kapel Aanbieder: Dr. Herman Breytenbach Tema: Ontmoet die verskillende Rigters KRUINJARE: Bootrit – Hartbeespoortdam Ons nooi u uit vir 'n bootrit op die Hartbeespoortdam op Donderdag 21 April 2016. Die bus vertrek om 08:30 van die kerk af. Daar is net plek vir 40 persone. Die koste is R190 per persoon (betaalbaar op die bus) en sluit 'n vingerete op die bootrit van twee uur in. Daar is drankies op die boot beskikbaar, kontant. Na die bootrit word die Jasmyn- sentrum besoek vir inkopies en verversings. Vul asb. u name in op die blou vorms wat beskikbaar is in die portale, asook in die Kapel. BELANGRIKE DATUMS IN APRIL / MEI • Belydeniskamp: 22-24 April – Ons vra voorbidding • Ockie Vermeulen uitvoering: Dinsdag 26 April om 18:30 vir 19:00 in die kerk. Kom kuier heerlik van 18:00 met lekker eetgoed wat te koop sal wees. • Potjiekos: Woensdag 27 April (Openbare vakansiedag) Koop asb. kaartjies op die grasperk na die dienste – Volwassenes R70 en kinders (0/12) R40. • Hemelvaartdiens: Donderdag 5 Mei om 19:00 in die kerk. • Pinkster: Begin Sondag 8 Mei (Herhaaldienste om 10:00 die volgende dag) • Pinksternagmaal: Sondag 15 Mei • Onthou Meimaand is Hulp en Hoop se Kos vir Honger kinders koeverte. OCKIE VERMEULEN: ORREL-UITVOERING Dit is die derde opeenvolgende jaar dat ons vir Ockie in ons gemeente gaan geniet! Teken hierdie datum aan en koop jou kaartjie teen R100 p.p. Dit is een van ons gemeente se fondsinsamelingsgeleenthede. Daar sal van 18:00 in die saal reeds lekker eet en drinkgoedjies te koop wees! Wanneer: Dinsdag 26 April (Die volgende dag is ʼn vakansiedag en ons ete) Tyd: 18:30 vir 19:00 Plek: Kerkgebou Ockie Vermeulen sal ook sy nuutste CD daardie aand verkoop! Dit beloof om ʼn onvergeetlike ervaring te wees. Sien jou daar! GEMEENTE-ETE: POTJIEKOS Wanneer: Woensdag 27 April 2016 (Openbare Vakansiedag) Tyd: 10:00 tot 14:00 (Ete om 12:00) Kaartjies: R70 vir volwassenes en tieners / R40 vir kinders onder 12 jaar (Kaartjies beskikbaar van Sondag 6 Maart na die eredienste of by die kerkkantoor gedurende kantoorure). Bespreek nou al jou kaartjie vir ʼn lekker ete en saam kuier. Gee jou naam op om ʼn pot of bykosse te maak asb. Selgroepe: Ons nooi ook al die selgroepe om as selgroep saam te kom kuier. Ons benodig asb. mense om potte te maak. Kontak Vossie by 083 453 8309 Daar word ʼn spesiale span ingebring om al ons kinders te vermaak! Moet nie hierdie kuier misloop nie!


DERBYWORS EN MAALVLEIS Volgende Derbywors en maalvleis aflewering vind plaas op Woensdag 4 Mei 2016 om 17:00 agter die kerkhuis. Bestelvorms beskikbaar in die hoofportaal. VOORBEREIDING VIR PINKSTER: 1 – 7 MEI 2016 As daar geen mediese rede is waarom u nie mag vas nie, wil ons u aanmoedig om as voorbereiding vir Pinkster van 1 – 7 Mei te vas en te bid. Daar is verskillende maniere van vas: Tradisioneel (sonder kos) inligting hieroor is beskikbaar in die portale, of op www.jwipn.com – Downloads – Algemeen – Vas en bid. Daniël-vas (skakel iets uit wat vir jou belangrik is, bv vleis, koffie, lekkers, TV kyk, koerantlees, ens) Om te vas beteken om God eerste te plaas en gedurende hierdie tyd meer tyd vir gebed te maak as teken van toewyding. Constantiakruin Gebedsbediening. Gebed@constantiakruin.co.za of skakel Lizelle du Toit by 084 407 2596. GEBEDSRETREAT – 7 MEI 2016 Moenie hierdie geleentheid mis om aan Jesus se voete te kom rustig word nie! Plek: Following Jesus, Spionkop Ave, North Riding Tyd: Saterdag 7 Mei van 08:30 – 15:00 Koste: R100 (laaste dag vir betaling - 4 Mei) Bring eie eetgerei, stoel/kombers vir buite sit, Bybel, skryfgoed Bespreek tussen oggenddienste op die gras of per e-pos: Gebed@constantiakruin.co.za MAKATINI Uitreik vir Hoërskool en naskoolse studente Dié jaar gaan Constantiakruin weer na Makatini uitreik van 25 Junie tot 3 Julie. Indien jy belangstel om saam te kom of te ondersteun, kontak vir Barend 084 671 0129 of Johann by 083 497 3776. KOLLEKTANTE BENODIG Kollektante word dringend benodig vir die 10:00 oggend eredienste. Kontak asb. vir Anna Hayton by 082 413 0644 indien jy kan help.


ONDERSTEUNINGSGROEPE EN KURSUSSE BERADINGSDIENSTE IN ONS GEMEENTE: Beradingsdienste is gratis beskikbaar vir gemeentelede gedurende die week. Skakel gerus enige een van die beraders om ʼn afspraak te maak indien u ʼn behoefte het om te gesels. Beraders: Daleen Boshoff - 082 770 8135 (Heel Donderdae beskikbaar per afspraak) Braam Steyn - 061 518 2912 Yolanda Beukes - 082 856 4030 Stephan Naudé - 082 948 2883 Alet Reynders - 082 927 9888 Jy is ook baie welkom om met enige een van die leraars 'n afspraak te maak. GEBEDSBEDIENING: JAKOB-SE-LEER VERSOEKE: Gebedsversoeke: Skryf ʼn nota en plaas dit in die mandjie in die voorportaal van die hoofingang van die kerk, of in die voorportaal van die kapel. Jy kan ook jou versoek per e-pos stuur na: gebed@constantiakruin.co.za. Jy mag anoniem bly. ʼn Span voorbidders sal deur die week oor jou gebedsversoek bid. Dankie-sê: Skryf gerus weer ʼn nota sodat ons saam kan dankie sê. Steek ʼn kersie aan by Jakobse-Leer in die hoofportaal van die kerk as getuienis. Daar is ook ʼn boek waarin jy kan skryf van hoe jou gebede verhoor is. Kontaknommers: Elmarie 083 307 6949; Lizelle 084 407 2596 JAKOB’S WELL: Ondersteuning vir mense tussen werke. Het jy hulp nodig met jou CV? Het jy al baie aansoeke uitgestuur maar kry geen reaksie nie? Voel jy al moedeloos en weet nie meer watter kant toe nie? Skakel gerus vir Stephan Naudé op 082 948 2883 vir ʼn afspraak MANNEBEDIENING: Die mannebediening kom elke Vrydag, @ 05:45 – 06:45 in die Kapel bymekaar. Onthou jou koffiebeker! ABOUT HOPE "Depressie-ondersteuningsgroep": Kontak Beatie Schoeman by 083 600 4015. BAIE BELANGRIK: Kom elke eerste Donderdag van elke maand om 19:00, in kamer 3 van die kerkhuis, bymekaar. GRIEFSHARE: Ondersteuningsgroep vir mense wat ʼn geliefde aan die dood afgestaan het. Kontak Alet Reynders by 082 927 9888. DIVORCECARE VIR VOLWASSENES: Kontak Alet Reynders by 082 927 9888. KOSSTOOR EN KLEREBANK: Die kos en klerestoor is oop Maandae van 09:00 tot 10:00 vir die ontvangs van skenkings of vir hulp aan behoeftiges. Enige skenkings welkom. Kontak Elize Strijdom by 082 833 6695. KANKERONDERSTEUNING – VRIENDE VIR CANSA: Kontak Pierre Goetz by 082 377 9729 of per e-pos by pgconsult@mweb.co.za.


MEDIESE STOOR: Die mediese stoor het heelwat krukke, bedpanne, rolstoele, doeke, stutte wat GRATIS aan lidmate geleen word. Maak gebruik hiervan! Kontak Elize Strijdom by 082 833 6695. PILATESKLASSE: Pilates en strekklasse word aangebied op Dinsdagoggende van 07:00 - 08:00 in die kerksaal. Kontak Jo-Ann by 083 501 7525. (R50 per klas.) HULP AAN ONS BEJAARDES 75 JAAR EN OUER: Susan Oosthuizen is betrokke by ons bejaardes 75 jaar en ouer. Kontak haar gerus by 082 300 9731. KOOKKUNSKLASSE: Donderdae: 14:00-17:00: Ria Prinsloo 083 676 5653 NAALDWERKKLASSE: Donderdae: 14:00-17:00: Willa Kemp 082 463 6143 SOS: ONDERSTEUNINGSGROEP VIR OUERS EN FAMILIE VAN SUBSTANSAFHANKLIKES: Kontak Stephanie Henning by 072 347 3792. Vir meer inligting of besprekings, kontak Patricia Burger by 082 899 6129 of info@sosministries.co.za. SKULDBERADING: Cloete Kruger is 'n ervare en geregistreerde skuldberader. Hy gee werklik om. Alles is vertroulik, en hy kan help om finansiële skuldstres te verlig. Bel hom gerus vir meer inligting by 011 794 9974 of 082 700 5574. HULP EN HOOP Hulp en Hoop nader ons fondsinsamelings-maand. Meimaand vier ons saam met Pinkster ons dankbaarheid dat die Here vir ons so goed is. Ek sê solank dankie vir gebreide mussies, truie, komberse, sop en donasies wat in die koeverte sal kom. Daar sal ook ʼn opsie wees om eerder maandeliks ʼn bydrae te kan gee. Dankie Constantiakruin vir die wonderlike ondersteuning sodat ons ʼn groot verskil kan maak aan mense se lewens. Enige navrae, skakel vir Doks Hamman, by 082 923 9837 of dokshamman@gmail.com of vir Stephan Naudé op 082 948 2883. ALGEMEEN Dankofferkoeverte is beskikbaar by enige van die toonbanke. Vir elektroniese dankofferinbetalings of skenkings: Bankbesonderhede is ABSA reknr.: 01063330384 Dankie vir elke lidmaat se getrouheid!


SOEK ‘N WERK / HET ‘N WERK WERKSGELEENTHEID: 1. Manlike verkoopspersoon benodig vir die bemarking van soomlose geute, met eie vervoer & selfoon sowel as 'n minimum 2 jaar ondervinding in verkope. Basiese salaris plus kommissie. Stuur volledige CV na: exclusive@lantic.net 2. Persoon benodig vir aflewerings gedurende die dag, meestal drie keer per week vir n bestuurs eiendoms agent maatskappy. Eie vervoer n moet. R 2 000.00 per maand. 3. Skakel Monica by 011 672 3159/4299 of 083 307 1254 4. Soek ‘n voltydse bediende. Het kamer beskikbaar sou verkies om in te woon. Kontak Izette van Jaarsveld by 072 286 1169. WERKSOEKEND: Geen Daar is ʼn behoefte aan ʼn persoon om “written and spoken English” klasse by die kerk aan te bied. Kontak Elsa by 011 475 1440. VERLOF Ds. Jaco Schoeman: 29 Maart tot 15 Mei, ds. Jaco neem sy langverlof. Dr. Theo Marais: 9 April tot 2 Mei – ook langverlof. BEDIENINGSPAN Kerkkantoor nr.:

Elsa Meintjies

Webwerf:

www.constantiakruin.co.za

Kantoorure:

Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:00 Behalwe op Maandae en Woensdae van 08:30 tot 16:00

Leraars:

Dr. Anton Fick Ds. Jaco Schoeman Dr. Wicus van der Merwe Dr. Theo Marais (Floridaparkbediening) Ds. Barend Buys (Bedryfshoof en Engelse Bediening)

Bestuurder: Geboue en Terrein: Nick van der Merwe Jeugwerker: Johann van der Walt Multimedia: Marinus Loots

011 475 1440

083 967 2275 082 411 4080 082 337 1568 082 570 0769 084 671 0129

082 578 0580 083 497 3776 082 928 9773


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.