Aankondigings-28 Februarie 2016

Page 1

CONSTANTIAKRUIN – AANKONDIGINGS Die Here stuur elkeen van ons na verwondes, binne en buite die gemeente, om lewens te verander deur hulp en hoop te bring! VANDAG SONDAG: 28 FEBRUARIE 2016 INFORMELE DIENS 08:30 (Kerk) FORMELE DIENS 10:00 (Kerk) Prediker: Dr. Anton Fick Reeks: God aan / by die werk Tema 6: “Mislukking, teleurstelling, hoop!” (Ons drink tee tussen die eredienste) **Herderleieropleiding: Vind plaas tydens die oggenderedienste: 08:30 EN 10:00 in die Anneks** ENGLISH SERVICE 10:00 (Chapel) Preacher: Rev. Barend Buys Series: God at work Theme 6:“Failure, disappointment and hope!”

PROMISELAND 08:30 Kleuterhoekie - Kerkhuis Kategese Gr 0 tot gr 1 - Kerkhuis Kategese Gr 2 tot gr 5 – Saal PROMISELAND 10:00 (English Service) VGK – DIENS 15:00 – Saal IN SYNC Kategese Gr 6 tot 11 – Lokale 17:00 Jeugdiens - Kerk 18:00 Prediker: Dr. Wicus v d Merwe Tema: “It’s time to marvel”

Kuierkerk 18:00 (Kapel) Prediker: Dr. Anton Fick Reeks: God aan / by die werk Tema 6: “Mislukking, teleurstelling, hoop!” VOLGENDE SONDAG: 6 MAART 2016 INFORMELE DIENS 08:30 (Kerk) FORMELE DIENS 10:00 (Kerk) - DOOP Prediker: Ds. Jaco Schoeman Reeks: God aan / by die werk Tema 7: “Geld praat!” (Ons drink tee tussen die eredienste) ENGLISH SERVICE 10:00 (Chapel) Preacher: Rev. Barend Buys Series: God at work Theme 7: “Money and giving” Kuierkerk 18:00 (Kapel) Prediker: Ds. Jaco Schoeman Reeks: God aan / by die werk Tema 7: “Geld praat!”

PROMISELAND 08:30 Kleuterhoekie - Kerkhuis Kategese Gr 0 tot gr 1 - Kerkhuis Kategese Gr 2 tot gr 5 – Saal PROMISELAND 10:00 (English Service) VGK – DIENS 15:00 – Saal IN SYNC Kategese Gr 6 tot 11 – Lokale 17:00 Jeugdiens - Kerk 18:00 Prediker: Dr. Wicus v d Merwe Tema: “It’s time to marvel”


GEBEDSVENNOTE Gebedsvennote Sondag 6 Maart om 17:00 tot 17:45 in die saal. Ons nooi graag al die ou gebedsvennote om weer saam met hulle kinders tyd voor die Here te spandeer. Verder nooi ons enige belangstellendes uit om hulle name in die voorportaal op te skryf en nuwe vennote te word. Kom ons leer ons kinders bid! VOORBIDDING Marinda Smit – 083 650 2545 Rianita Kerwan – 074 633 5162 Ansie Krige – 082 922 8691 Eunice Bester – 082 554 7401 Kobie vd Zwan – 083 422 4227 Denise Koch – 084 951 1332

Petro Ackerman – 072 806 6688 Salome Joubert – 082 877 3969 Joshua Engelbrecht – 082 550 6299 Bob Atherton – 082 923 6060 Ina en Japie de Beer – 073 624 8670

BYBELSTUDIE Woensdae om 10:00 in die Kapel Aanbieder: Dr. Anton Fick REEKS: SPREUKE – SLAGSPREUKE VIR DIE LEWE! Tema: Pasop vir owerspel – Spr. 6:20-7:27 NUUS VAN GEMEENTERAAD Die GR het op sy vergadering van 24 Februarie 2016, die begroting vir 2016/17 goedgekeur. Ons gaan voort om maand vir maand, deeglik en deursigtig met die finansies om te gaan en sal aanpassings maak soos nodig. Ons is bewus van ons land se ekonomiese uitdagings wat op ons gemeente impak sal hê, maar ons versoek ons lidmate om steeds getrou by te dra. As dit moontlik is ook alle debietorders en EFT’s, inflasie gekopel aan te pas. Die GR sal tydens Sondag, 6 Maart se dienste, die gemeente oor ons finansies inlig. VERKIESING TOT LEDE VAN GEMEENTERAAD Johan Vlok en Leopold Bosch, lede van die Kerkraad van Floridapark Gemeente, word verkies om te dien op die Gemeenteraad van Constantiakruin.


KRUINJARE EN ALLE ANDER BELANGSTELLENDES U word uitgenooi na ons byeenkoms op Donderdag 17 Maart 2016 om 10:00 in die kapel. Ons spreker is Dr. Marius Potgieter, afgetrede predikant en van 2003 ʼn “Holistiese Berader”. Sy tema is: “Heel wees in ʼn gebroke wêreld”. Tee, koffie en verversings sal daarna in die saal bedien word. Die koste is R30 vir persone wat verversings gaan geniet. Vul name in op blou vorms vir bywoning wat beskikbaar is in beide portale en ook in die Kapel. GEOPENDE DEURE: 6 MAART OM 18:00 TYDENS INSYNC Jan Vermeer kom vertel van die vervolgde kerk. Hy wys hoe die Liggaam van Christus se verskillende dele na mekaar moet kyk en roep Christene op om vir mekaar te bid. Kom hoor waarheen God Sy kerk stuur. Kom hoor hoe ons kan help! IMPAKWEEK: 7-8 MAART VAN 19:00 TOT 20:30 IN DIE KERK Dawie Roodt (Hoof-ekonoom van die Efficient Groep), spreker op 7 Maart en Theo Venter (Politieke Analis by die Noord Wes Universiteit), spreker op 8 Maart. Hulle kom vertel hoe om met wysheid die Suid-Afrikaanse finansiële en politieke landskap te verken. Bring gerus jou bure en vriende saam. Alles gratis. DUIS:LIG - 13 MAART BY INSYNC Die sanggroep, Duis:lig tree Sondag 13 Maart op by InSync se Paassangdiens om 18:00 tot 19:30 in die kerk. Kom geniet ons Praise and Worship saam met hierdie Afrikaanse Gospelgroep. Julle sal verbaas wees hoeveel van hulle liedjies sing ons in ons eredienste. Almal welkom! Daar word ʼn kollekte opgeneem om ons onkostes te dek. PANNEKOEK Die ou gewilde jeugpannekoek is terug. Eens op 'n tyd kon jy bestel, vries en eet soos jy lus gekry het. Daardie tyd is terug. Daar word weer gebak op Sondag 13 Maart 2016. Kontak gerus vir Dollie by 0828514876 om jou bestelling te plaas. Jy kan hierdie pannekoek om 17:45 kom afhaal, net voor die InSync erediens. Jy kan kies tussen pannekoek met suiker of daarsonder. Hierdie pannekoek vries wonderlik en word later 'n vinnige happie. Indien jy kan help met die bak en verpak kontak asb. vir Dollie. Sy sal jou goed inlig en waardeer alle hande. Ons vra dat die jeug se ouers asb. betrokke raak. Donasies van bestanddele soos olie, eiers, meel, suiker en kaneel sal ook baie welkom wees. Hierdie is die jeug se deurlopende projek, vir die opknapping van die Jeugfasiliteite, wat later in die jaar sal plaasvind. R5 per pannekoek of R20 vir 5 pannekoeke. Daar sal slegs ʼn beperkte hoeveel pannekoeke wees wat sonder bestelling gekoop kan word dus is vooraf bestelling by Dollie belangrik.


MASQUERADE DANS: JONG VOLWASSENES Maskerade Dans vir ons jong volwassenes, matriek en ouer. Dit beloof om ʼn aand van stylvolle klere, keurige kos, goeie geselskap en gepaste musiek te wees. Vrydag 18 Maart om 18:00 vir 18:30 in die saal. Koste R100 per persoon. Kaartjies te koop op die grasperk na afloop van die erediens. Kontak Heidie by 072 697 5988 of Johann vd Walt by 083 497 3776. GEMEENTEETE: POTJIEKOS Wanneer: Woensdag 27 April 2016 (Openbare Vakansiedag) Tyd: 10:00 tot 14:00 (Ete om 12:00) Kaartjies: R70 vir volwassenes en tieners / R40 vir kinders onder 12 jaar (Kaartjies beskikbaar van Sondag 6 Maart na die eredienste of by die kerkkantoor gedurende kantoorure). Bespreek nou al jou kaartjie vir ʼn lekker ete en saam kuier. Gee jou naam op om ʼn pot of bykosse te maak asb. Selgroepe: Ons nooi ook al die selgroepe om as selgroep saam te kom kuier. Ons benodig asb. mense om potte te maak. Kontak Vossie by 083 453 8309 Daar word ʼn spesiale span ingebring om al ons kinders te vermaak! Moet nie hierdie kuier misloop nie! ONDERSTEUNINGSGROEPE EN KURSUSSE BERADINGSDIENSTE IN ONS GEMEENTE: Beradingsdienste is gratis beskikbaar vir gemeentelede gedurende die week. Skakel gerus enige een van die beraders om ʼn afspraak te maak indien u ʼn behoefte het om te gesels. Beraders: Daleen Boshoff - 082 770 8135 (Heel Donderdae beskikbaar per afspraak) Braam Steyn - 061 518 2912 Yolanda Beukes - 082 856 4030 Stephan Naudé - 082 948 2883 Alet Reynders - 082 927 9888 Jy is ook baie welkom om met enige een van die leraars 'n afspraak te maak. GEBEDSBEDIENING: JAKOB-SE-LEER VERSOEKE: Gebedsversoeke: Skryf ʼn nota en plaas dit in die mandjie in die voorportaal van die hoofingang van die kerk, of in die voorportaal van die kapel. Jy kan ook jou versoek per e-pos stuur na: gebed@constantiakruin.co.za. Jy mag anoniem bly. ʼn Span voorbidders sal deur die week oor jou gebedsversoek bid. Dankie-sê: Skryf gerus weer ʼn nota sodat ons saam kan dankie sê. Steek ʼn kersie aan by Jakob-se-Leer in die hoofportaal van die kerk as getuienis. Daar is ook ʼn boek waarin jy kan skryf van hoe jou gebede verhoor is. Kontaknommers: Elmarie 083 307 6949; Lizelle 084 407 2596 JAKOB SE PUT: Ondersteuning vir mense tussen werke. Het jy hulp nodig met jou CV? Het jy al baie aansoeke uitgestuur maar kry geen reaksie nie? Voel jy al moedeloos en weet nie meer watter kant toe nie? Skakel gerus vir Stephan Naudé op 082 948 2883 vir ʼn afspraak.


MANNEBEDIENING: Die mannebediening kom elke Vrydag, @ 05:45 – 06:45 in die Kapel bymekaar. Onthou jou koffiebeker! ABOUT HOPE "Depressie-ondersteuningsgroep": Kontak Beatie Schoeman by 083 600 4015. BAIE BELANGRIK: Kom elke eerste Donderdag van elke maand om 19:00, in kamer 3 van die kerkhuis, bymekaar. KOSSTOOR EN KLEREBANK: Die kos en klerestoor is oop Maandae van 09:00 tot 10:00 vir die ontvangs van skenkings of vir hulp aan behoeftiges. Enige skenkings welkom. Kontak Elize Strijdom by 082 833 6695. DIVORCECARE VIR VOLWASSENES: Kontak Alet Reynders by 082 927 9888. KANKERONDERSTEUNING – VRIENDE VIR CANSA: Kontak Pierre Goetz by 082 377 9729 of per e-pos by pgconsult@mweb.co.za. GRIEFSHARE: Ondersteuningsgroep vir mense wat ʼn geliefde aan die dood afgestaan het. Kontak Alet Reynders by 082 927 9888. MEDIESE STOOR: Die mediese stoor het heelwat krukke, bedpanne, rolstoele, doeke, stutte wat GRATIS aan lidmate geleen word. Maak gebruik hiervan! Kontak Elize Strijdom by 082 833 6695. PILATESKLASSE: Pilates en strekklasse word aangebied op Dinsdagoggende van 07:00 - 08:00 in die kerksaal. Kontak Jo-Ann by 083 501 7525. (R50 per klas.) HULP AAN ONS BEJAARDES 75 JAAR EN OUER: Susan Oosthuizen is betrokke by ons bejaardes 75 jaar en ouer. Kontak haar gerus by 082 300 9731. KOOKKUNSKLASSE: Donderdae: 14:00-17:00: Ria Prinsloo 083 676 5653 NAALDWERKKLASSE: Donderdae: 14:00-17:00: Willa Kemp 082 463 6143 SOS: ONDERSTEUNINGSGROEP VIR OUERS EN FAMILIE VAN SUBSTANSAFHANKLIKES: Kontak Stephanie Henning by 072 347 3792. Vir meer inligting of besprekings, kontak Patricia Burger by 082 899 6129 of info@sosministries.co.za. SKULDBERADING: Cloete Kruger is 'n gemeentelid, maar ook 'n ervare en geregistreerde skuldberader. Hy gee werklik om. Alles is vertroulik, en hy kan help om finansiële skuldstres te verlig. Bel hom gerus vir meer inligting by 011 794 9974 of 082 700 5574.


• •

HULP EN HOOP Vrywillige werkers benodig: Ons het so ʼn paar vrywillige werkers nodig wat ʼn passie het vir senior burgers. Hulle moet slegs een keer elke ses weke ʼn groepie van 30 bejaardes lei. Geestelik, maar ook bietjie pret soos bingo, voorlesing, arts and crafts of waar ook hulle passie lê. Kontak gerus vir Irma Visagie by 084 582 2588. Fred en Martie se sopkombuis het onder ’n inbraak deurgeloop en o.a. al hulle tuingereedskap verloor. Hierdie gereedskap word gebruik om die groentetuin waaruit sowat 350 kinders daagliks gevoed word, te onderhou. Ons doen ’n beroep op almal wat ekstra tuinvurke, grawe, pikke of enige ander gereedskap het wat in groentetuine gebruik kan word, om dit na die kerkantoor te bring. Kontak vir Stephan Naudé by 082 948 2883 vir enige navrae. Vat My Hand: Benodig bruikbare tweedehandse selfone en/of BlackBerry met laaiers. Kan by Elsa in die kerkkantoor afgegee word. Benodig bruikbare kinderklere vir alle ouderdomme vir die klerestoor. Skoolklere ook welkom. Kontak Elise Strijdom by 082 833 6695.

Enige navrae, skakel vir Doks Hamman, by 082 923 9837 of dokshamman@gmail.com of vir Stephan Naudé op 082 948 2883. SOEK ‘N WERK / HET ‘N WERK WERKSGELEENTHEID: • Eiendomsagente benodig aan die Rand. Gekwalifiseerd of ongekwalifiseerdindiensopleiding. Oud of jonk. Voltyds of deeltyds. ʼn Baie goeie kommissie. Freddie de Beer Eiendomme 082 739 5901 debeer38@telkomsa.net • Persoon met elektriese en lugversorging-ondervinding dringend benodig: Moet geldige rybewys hê. Verdere opleiding sal verskaf word en salaris sal tydens onderhoud bespreek word. Stuur CV na: cwvanniekerk@gmail.com • Persoon met wye "maintenance" ondervinding benodig: Moet fisies alle werk kan doen. Skakel asb. Monica Davies vir onderhoud: 082 690 9251 • NG Weltevreden - 'n Vakante pos as Gemeentebestuurder beskikbaar van 1 Mei 2016. Kontakpersoon: Barry Nelson - Ouditeursverslag van Diensverhoudingkommissie , epos dokumente na: nellies@netactive.co.za Faks: 011 475 5350. Navrae: Jurie Ferreira: Gemeentebestuurder: Tel. nr: 011 475 5510. Kantoorure: 08:00-13:00 Maandae tot Vrydae. e-pos: bestuurder@ngweltevreden.co.za. Sluitingsdatum: Maandag, 29 Februarie 2016 • Poste beskikbaar in Garsfontein, Pretoria. • Posisie 1: Multiprof Groep Stadsbeplanner met ondervinding van Grondgebruiksaansoeke deur Plaaslike Owerhede. 5 jaar ondervinding. Kantore in Garsfontein. Stuur CV aan abrie@mpdp.co.za • Posisie 2: Multiprof Groep is op soek na 'n argitektoniese tekenaar met 'n paar ervaring in residensiële bouplanne. Verkieslik SACAP geregistreer. Salaris R10 000 onderhandelbaar, afhangende ervaring. Kantore in Garsfontein Pretoria. E-pos asseblief CV aan abrie@mpdp.co.za • ʼn Pos beskikbaar vir ʼn kantoor en administratiewe bestuurder. Werksure: MaandagDonderdag 8h00-16h00 Vrydae: 8h00-15h00, Stuur CV's na: Email: carine@gofocus.co.za Website: www.gofocus.co.za


WERKSOEKEND: • Edith benodig werk vir 3 dae in die week asb. Haar tel. 078 748 2804. • Ben Buys, ʼn 56 jarige man met ʼn B Com-graad, soek werk in die finansiële veld. Hy het ondervinding as rekenmeester asook voorraadbeheer en warehousing'. Ben kan gekontak word by 082 927 5912. • Sannie soek werk in Pastel boekhou en enige algemene kantoorwerk, is dadelik beskikbaar. Tel. 084 043 8333 \ 011 472 7766. • Sara soek huiswerk vir Vrydae. Sy is ʼn puik werker. Skakel 083 320 4041 vir verwysing. • ʼn Pas-gegradueerde jongman, Bsc Honns in Omgewingswetenskap-bestuurwetgewing, is op soek na internskap/werksgeleentheid. Goeie akademiese rekord. Harde werker. CV beskikbaar. Kontak 072 147 3144. Vir die plasing van advertensies: Hannetjie Brody by 082 578 7598/ (011) 768 4888 of e-pos: brodycj@telkomsa.net voor 16:00 op ʼn Woensdag ALGEMEEN Dankofferkoeverte is beskikbaar by enige van die toonbanke. Vir elektroniese dankofferinbetalings of skenkings: Bankbesonderhede is ABSA reknr.: 01063330384 Ons geld is vir God belangrik! Dankie vir elke bydrae. BEDIENINGSPAN Kerkkantoor nr.:

Elsa of Anne-Marie

Webwerf:

www.constantiakruin.co.za

Kantoorure:

Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:00 Behalwe op Maandae en Woensdae van 08:30 tot 16:00

Leraars:

Dr. Anton Fick Ds. Jaco Schoeman Dr. Wicus van der Merwe Dr. Theo Marais (Floridaparkbediening) Ds. Barend Buys (Bedryfshoof en Engelse Bediening)

Bestuurder: Geboue en Terrein: Nick van der Merwe Jeugwerker: Johann van der Walt Multimedia: Marinus Loots

011 475 1440

083 967 2275 082 411 4080 082 337 1568 082 570 0769 084 671 0129

082 578 0580 083 497 3776 082 928 9773


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.