CKruinnuus Mei 2016

Page 1

Nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente Mei / May 2016 Newsletter for members of Constantiakruin Congregation

Mei-maand is tradisioneel Hulp & Hoopfondsinsamelingsmaand. En 2016 is nie anders nie! Constantiakruin lidmate maak hul harte ruim oop met bydraes vir die Hulp & Hoop bediening om sodoende ’n verskil in die lewens van behoeftiges te maak. Doks Hamman en Stephan Naudé by Hierdie skenkings sluit ’n wye verskeiskenkings van denheid van goedere in, onder andere lidmate tydens blikkieskos, komberse, truie, skryfbePinksterweek 2016. hoeftes, skoeisel en gebreide artikels.

Doks Hamman, wat vir etlike jare nóú betrokke was by die Bediening en wat tans leisels oorgee, meen Constantiakruin lidmate het in die verlede werklik hul omgee-harte gewys deur betrokke te raak by die brei van blokkies, sokkies en mussies. Sy sê dat lidmate bewus is van die nood hier rég rondom ons.

Indien lidmate kontantbydraes wil maak, kan hul gebruik maak van die Hulp & Hoop–koeverte wat in die ingangsportale van die kerk of by die kerkkantoor beskikbaar is. Kontak gerus die kerkkantoor indien jy meer te wete wil kom of betrokke wil raak by Lidmate het ruimhartig 011 475 1440. ◘ deelgeneem aan die Hulp & Hoop inisiatief deur allerlei bydraes te maak in die vorm van klere, kos en kontant.

Kyk uit vir die Hulp & Hoop-koevert wat beskikbaar is by die kerkkantoor of voor-/ ingangsportale van die kerk en kapel gedurende Mei 2016.

Sunrise Dagsorgsentrum bestaan al ongeveer 16 jaar en het ongelooflik ontwikkel en gegroei. Hul wag nog vir registrasie by die Kinderbeskerming. Daar is tans bykans 40 leerders (die skool mag net 42 kinders neem). Drie onderwyseresse neem beurte om maaltye vir die leerders voor te berei. Gelukkige kinders, goed versorg wat speel-speel skoolgereed raak! Dankie, aan Constantiakruinlidmate vir volgehoue ondersteuning! Kontak vir Stephan Naudé by 082 948 2883 indien jy wil betrokke raak.◘


& Die Fred & Martie Sopkombuis bestaan al vir byna 40 jaar in Claremont, Johannesburg en gee daagliks tussen 450 - 500 kinders kos. Fred en Martie is albei reeds oorlede en die projek word nou deur hul dogter Lindie en haar man Rian Oberholzer op ’n uitmuntende wyse bestuur. Daar kan ons werklik sien, hoe armoede en werkloosheid verander word in saamwerk, deel, verdraagsaamheid en hulp aan jou medemens. Daar is pas dieselfde sopkombuis in Randfontein geopen, waar die behoefte nét so groot is. Hulle kweek hulle eie groente, maak kos, versamel afval en koop daarmee klere. Oud en jonk word daar versorg. Die kinders en ouers leer rekenaarvaardighede aan terwyl die oumas brei en naaldwerk doen. Terloops, die oupas maak die groentetuine! Ons is baie trots op die wonderlike projek. Rian en Lindie het die mense geleer om self vis te vang en nie net bakhand te staan nie. Wat 'n voorbeeld! ◘

Jaar na jaar spog ons Constantiakruinlidmate met die pragtigste handgebreide of gehekelde truie, mussies en komberse. Met die snerpende koue wat om die draai is (nee wag, ons het reeds ’n voorsmakie van die knypende koue gehad!) is dit weer tyd om die hekel– en breipenne in te span vir ’n goeie doel. Roodepark is 'n spesiale skool met baie spesiale behoeftes. Die skool is geleë in Clarendonrylaan, Discovery, Roodepoort en leerders aan dié instansie se spesiale behoeftes word aangespreek op besondere wyse. Hier kry leerders die geleentheid om tegniese vaardighede aan te leer wat relevant is vir die arbeidsmark. ’n Kosprojek wat gemik is op behoeftiges binne die skool, staan al vir 20 jaar onder die ysterhand van Daleen Gerber. Die projek baat maandeliks deur kosskenkings van Constantiakruin, wat elke dag gedurende pouse vir tot 120 kinders bedien word. Dit is nie net sop nie, maar heerlike, geurige, dik prutpotgeregte wat wemel van groente, bone en vleis. Dit word bedien met rys, mielierys of samp.

Jy kan blokkies (ewe groot) hekel en brei en self aanmekaarsit of kontak maak met Doks Hamman om dit na die regte persone te stuur. Baie dankie aan al die dames wat so fluks werk. Met jul toegewydheid en kreatiewe talente, maak ons Gemeente ’n reuse impak in die lewens van mense wat blootgestel is aan die ysige koue! ◘

Die Hulp & Hoop Bediening by Constantiakruin heet Stephan Naudé welkom by hul span. Stephan sluit amptelik vanaf Stephan Naudé 1 Junie by H & H aan. Hy is reeds by verskeie inisiatiewe betrokke.

Dankie, Constantiakruin —jul bydraes hier maak werklik ’n verskil!

Doks Hamman van Hulp & Hoop (links) en Daleen Gerber van Roodepark Kosprojek (regs) tydens leerders se pouse by die skool.

Roodepark sê baie dankie aan Constantiakruin vir die volgehoue ondersteuning. Die Gemeente help hulle ook jaarliks met hulle "matriekafskeid" deur pragtige rokke vir die dogters en swierige klere vir die seuns te skenk. ◘

Stephan wat ’n boorling van Pretoria is en betrokke was by die Kroegbediening, Coram Deo en Jakob se Put van die NG Oosterlig Gemeente, sal sy werk waarvoor hy geroep is by Constantiakruin voortsit. Sy lewensmotto is: “Touching a broken world through the love of Christ”. Kontak Stephan by 082 948 2883 vir meer inligting of om betrokke te raak. ◘


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.