God @ Work Groep-Materiaal

Page 1


1 2 3 4 5 6 7 8

-

My werk is vir God belangrik! 24 Jan 2016 Ambisie?! 31 Jan 2016 Moeilike besluite! 07 Feb 2016 Hou balans! 14 Feb 2016 Hanteer Stres! 21 Feb 2016 Mislukking, Teleurstelling, Hoop! 28 Feb 2016 Geld praat! 06 Mar 2016 Geestelik Heel! 13 Mar 2016

1-2 So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for Him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what He wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you. Romans 12:1-2 MSG


Voorwoord

Die pragtige vertaling van Romeine 12:1-2 deur Eugene Peterson (The Message), is op 'n manier die onderbou van 'n besondere reeks wat ons as gemeente oor die volgende agt weke gaan volg. God roep elkeen van ons in ons alledaagse lewe. Hy stel intens belang oor wat ons doen en hoe ons dit doen. So baie navolgers van Jesus sukkel om hul geloof van Maandag tot Vrydag uit te leef. Almal van ons worstel met ambisie, geld, mag, verhoudings en sukses, maar ook mislukking en teleurstelling. Ken Costa skryf uit persoonlike worsteling en ervaring oor hierdie onderwerpe en hoe ons ons geloof en werk kan integreer, sodat ons, waar ons onsself ookal bevind, 'n agent vir die Koninkryk van God sal wees. Ken Costa, bankier, Christen en CEO van die Alpha Kursus is die skrywer van “God at work. Living every day with purpose” Mag die hemelse Vader elkeen in hierdie tyd oortuig dat Hy nie net 'n deel van jou lewe regeer nie, maar dat jou hele lewe aan Hom behoort. Wees getrou, leerbaar en verheerlik God! Bedieningspan 2016.

En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Romeine 12: 1-2 AFR83 1


1

My werk is vir God belangrik! Notas:

Mens tot Mens: 1. Waarom is jy hier? Deel met mekaar julle verwagtinge vir die volgende sewe weke. 2. Wat onthou jy van jou heel eerste werksdag? Wat moes jy doen? Hoe het jy gevoel? Hoe het dit die verdere verloop van jou lewe beĂŻnvloed? 3. Word vir vyf minute stil. Ons werk het ‘n groot invloed op ons kinders, kom ons bid vir hulle!


My werk is vir God belangrik! Mens tot God:

1

4. Bid dat die Here julle sal ontmoet en verras met sy teenwoordigheid.

God tot Mens: 5. Wandel in die Woord: Lees Gen. 1:26-31 en Kol 3:22b-25 twee keer hardop voor. Gebruik verskillende vertalings as julle kan. 6. Gee geleentheid sodat elkeen die teks nadenkend weer by hom/haarself kan deurlees. Wees oop vir woorde, frases of gedagtes wat die Gees op jou hart lê. 7. Deel met mekaar wat julle in die Woord gehoor het. Luister na mekaar sonder om dit wat gesê word, te bespreek. 8. Bespreek kortliks die boodskap van die afgelope Sondag. • Wat was vir jou nuut of vars? • Wat het vir jou uitgestaan? • Wat sal jy graag wil onthou of verder oor wil nadink? 9. Kyk na die video gemerk: “Authentically You” • Wat is die belangrikste punt(e) wat Costa na jou mening maak? • Hoe voel jy daaroor?

Mens tot Medemens: 10. Costa sê: “There is a widespread view that God and business simply don’t mix: the competitive, cut-throat demands of the marketplace are seen as the obvious enemy of Christian compassion and love. But I have found that the God who created and sustains the world is also the God of the workplace. If the Christian faith is not relevant in the workplace, it is not relevant at all” (God at Work, p1) “Work is a ministry, empowered by God, for the benefit of ourselves and others, and ultimately for his glory”. (p 23) Hoe voel julle hieroor? 11. Wat beteken dit in praktyk om God deur jou werk te verheerlik? Kan jy ʼn voorbeeld uit jou eie werksomgewing gee om dit te demonstreer? 12. Wat het jy God vandag vir jou hoor sê? Watter saak plaas God op jou agenda vir die week wat kom? Hoe kan jy dit aanpak? 13. Waarvoor wil julle vir mekaar, vir ander, en vir ons wêreld bid?


2

Lewenskeuses! Notas:

Mens tot Mens: 1. Praat en deel met mekaar wat vir jou uit die preek uitgestaan en/of geraak het. Kyk weer na jou notas. 2. Gesels oor jou werksplek hierdie afgelope week (en as jou werksplek was om jou gesin te versorg, dan gesels jy daaroor): a. Vertel van ‘n goeie belewenis wat jy hierdie week by jou werk beleef het. b. Vertel van een persoon se optrede wat jou dalk ontstel het. c. Vertel van positiewe en negatiewe ambisie soos jy dit al gesien het.


lewenskeuses! Mens tot God:

2

3. Neem tyd vir stilword en aanbidding. 4. Is daar ‘n gepaste lied wat julle wil sing?

God tot Mens: 5. Wandel in die Woord: Matt 6:33 (in al die moontlike vertalings wat julle kan) Breinstorm voorbeelde hoe gelowiges hierdie teks se beginsel kan uitleef by die werksplek. • Dink aan elemente van Sondag se diens wat hier kan help. 6. Kyk na die Video-insetsel op die DVD (“Good ambition”), en deel met mekaar wat jou getref het.

Mens tot Medemens: 7. Wat is jou goeie, gelowige ambisie in jou werksplek? 8. Hoe onderskei jy wanneer dit jou ambisie is (selfgesentreerd), of wanneer dit ambisie is wat van God af kom? 9. Vertel van enige “tekens” of spesiale leiding wat jy van die Here ontvang het om jou te help met ‘n groot lewenskeuse. 10. Paulus was baie ambisieus: (bv Fil 3:13-14 en 2 Tim 4:7)... watter lesse gee hy ons in christelike ambisie? 11. Hoe help dit jou om mentors of goeie christelike vriende te hê met wie jy jou ambisies bespreek? 12. Vir watter groot lewenskeuses wat jy moet maak, sal jy graag die groep se voorbidding wou vra?


3

Moeilike besluite! Notas:

Mens tot Mens: 1. Praat en deel met mekaar wat vir jou uit die preek uitgestaan en/of geraak het. Kyk weer na jou notas. 2. Wat is die moeilikste besluit wat jy nog ooit in jou lewe moes neem?

Mens tot God: 3. Tyd vir stilword en gebed. 4. Bid vir ons gemeente, die leierskap, vir wysheid, leiding en die neem van goeie besluite.


Moeilike besluite! God tot Mens:

3

5. Wandel in die Woord: 1 Konings 3: 5-15 (in al die moontlike vertalings wat julle kan) 6. Kyk na die Video-insetsel op die DVD (“Right decisions”), en deel met mekaar wat jou getref het.

Mens tot Medemens: 7. Dink aan kere toe jy moeilike besluite moes neem. Hoe het jy dit gedoen? En watter foute het jy gemaak? 8. Costa praat van vier beginsels van besluitneming. • Eerstens, my verhouding met God en die Bybel as morele raamwerk. • Tweedens, Godgegewe beredenering en feite. • Derdens, my gewete. • Vierdens, die gevolge van my besluit vir myself en ander mense. Bespreek dit met mekaar en hoe dit jou kan help om besluite te neem. 9. Dis duidelik dat ons wysheid nodig het in alle situasies van ons lewe, maar verseker wanneer ons besluite neem. Bespreek wat jy onder die volgende aanhaling oor wysheid verstaan: “Wisdom is knowing and doing what is right and comes from God. Wisdom is the art of living skilfully in whatever actual conditions we find ourselves.” 10. As jy verkeerde besluite geneem het en foute gemaak het, wat moet jy dan doen? 11. Wie is die persoon(e) in jou lewe met wie jy gesprek voer / of wysheid by soek? Elkeen moet so ‘n wyse persoon in sy/haar lewe hê. Skryf die naam(e) neer.


4

Hou balans! Notas:

Mens tot Mens: 1. Wat het hierdie week gebeur sodat vanaand se selgroep vir jou wese nodig is? Blaas bietjie stoom af. 2. Waar het balans in jou lewe hierdie week jou gered en laat voel dat alles onder beheer is, of waar het wanbalans energie gekos en vreugde gesteel?

Mens tot God: 3. Steek ‘n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by julle. Word vir vyf minute stil. Rus by God en ontvang sy vrede. 4. Bid asb. vir ons gemeente se bedieninge en almal wat leiding neem en dat hulle lewe balans sal hĂŞ.


hou balans! God tot Mens:

4

5. Wandel in die Woord: Fil 4:11-12 (in al die moontlike vertalings wat julle kan) Paulus was gerus “content” in al sy verskillende omstandighede. Kry ek en jy dit reg? Watter omstandighede, moontlik huidige omstandighede, verwyder die vrede van God uit jou lewe? 6. Wandel in die Woord: Kol 1:17 (in al die moontlike vertalings wat julle kan) Die skrywer vertel hoe dat Christus alles in stand hou. Is hierdie gedagte deel van jou werk en lewe of kom dit soms net in sekere kompartemente van jou lewe voor? 7. Deel wat het vir jou uit Sondag se erediens uitgestaan rakende die tema. 8. Kyk na die Video-insetsel op die DVD (“Living Well”) • Wat is die belangrikste punt(e) wat Costa na jou mening maak? • Hoe voel jy daaroor?

Mens tot Medemens: 9. Werk-lewe balans vs. Lewe integrasie: Costa maak ‘n onderskeid tussen hierdie twee konsepte. Watter model probeer jy tans handhaaf en watter nuwe insig het jy ontvang. Hou die prioriteite in gedagte: i.) God, ii.) waardevolle verhoudings en iii.) werk. 10. Identiteit: Dikwels is dit in werk dat mense hulle identiteit wil vind of van werk verwag om hulle identiteit te vorm. Costa vind identiteit in liefde voor roeping. Watter impak het hierdie stelling op jou verhouding met God, jou waardevolle persone en jou werk? 11. Rus: Hierdie is nodig vir enige iemand se gesonde bestaan. Costa maak die punt dat rus ‘n aktiewe besluit moet wees, wat beplan moet word en met erns deurgevoer moet word. Hoe rus jy? 12. Vreugde vs. lekkerte in die werkplek: Daar is ‘n verskil tussen ‘n diep gewortelde vreugde en tevredenheid in jou werk teenoor ‘n oppervlakkige lekkerte in die werkplek. Hoe het Costa jou hieroor laat dink? 13. Waarvoor wil julle vir mekaar, vir ander, en vir ons wêreld bid?


5

Hanteer Stres! Notas:

Mens tot Mens: 1. Gesels met mekaar: Hoe het laasweek se studie jou lewe be誰nvloed hierdie afgelope week? 2. Praat en deel met mekaar wat vir jou uit die preek uitgestaan en/of geraak het. Kyk weer na jou notas.


Hanteer Stres! Mens tot God: 3. Neem tyd om die Here te aanbid met ‘n lied of twee.

5

4. Neem tyd om die Here te aanbid en bid vir ons musiekbediening- en multimediaspanne.

God tot Mens: 5. In Sondag se preek is genoem dat Paulus stres gehad het. (2 Kor 4: 7-12). • Hoe het hy sy stres hanteer? • Daar is ook genoem dat Jesus stres gehad het. (Joh 8:22-56) Hoe het Hy dit hanteer? • Watter aksies van hierdie twee P(p)ersone vind jy maklik om na te volg, en watter vind jy bykans onmoontlik? 6. Kyk na die Video-insetsel op die DVD (“Tackling stress”), en deel met mekaar wat jou getref het.

Mens tot Medemens: 7. Wat is tans die hoof-oorsake van jou stres by die werk? 8. Wanneer jy stres, wat is jou tipiese natuurlike reaksie waarin jy verval? 9. Op watter manier help jou geloof jou om stres beter te hanteer? 10. Lys die sewe punte wat in die kerk genoem is. • Watter hiervan het jy reeds goed onder die knieg? 11. Neem ‘n oomblik om die een ding neer te skryf wat jy geleer het vanaand, wat jy prakties kan toepas om stres te bekamp. 12. Kyk na Eugene Peterson se vertaling van Matt 11:28-30. Daag mekaar uit om dit te memoriseer as deel van jou wapenrusting teen stres. “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” 28-30


6

Mislukking, Teleurstelling, hoop! Notas:

Mens tot Mens: 1. Deel die lief en leed van jou lewe die afgelope week. 2. Hoe het jy gevorder met laasweek se memoriseerteks?


Mislukking, Teleurstelling, hoop! Mens tot God:

6

3. Gee geleentheid vir 5 minute stilword en rus in die Here. 4. Gee geleentheid vir gebede en bid asb. vir almal wat hul werk verloor het, die wat werk soek en opsoek is na hoop.

God tot Mens: 5. Praat en deel met mekaar wat vir jou uit die preek uitgestaan en/of geraak het. Kyk weer na jou notas. 6. Wandel in die Woord: Romeine 15:13 (in al die moontlike vertalings wat julle kan) 7. Kyk na die Video-insetsel op die DVD (“Failing Well”), en deel met mekaar wat jou getref het.

Mens tot Medemens: 8. Mislukkings en teleurstellings is volledig deel van ons lewens! Dink aan die keer toe jy nie bevorder is nie of die keer toe iemand jou in die rug gesteek het, iemand wat jy vertrou het. Deel met mekaar daardie mislukking/teleurstelling wat daar nou in jou gedagtes opkom. 9. Watter beginsels/stappe help jou om teleurstelling of mislukking te hanteer? 10. Wil ons nie sommer te gou uit hierdie teleurstelling ontvlug nie? Moet ons nie meer wag nie... “hang in there!” Bespreek. 11. Hoe kan ek weer HOOP kry na soveel mislukkings en teleurstellings, hoor ek iemand sê. Costa trek vyf merkers om weer hoop te vind. • Een: Draai weer na God toe • Twee: Kyk die feite in die oë • Drie: Mediteer in die Woord • Vier: Skryf in jou joernaal • Vyf: Volhard in HOOP 12.Wat moet jy verander om in Hoop te kan bly volhard?


7

Geld praat! Notas:

Mens tot Mens: 1. Wie in julle gesin is die spaarsamige een? Die spandabelrige een? Die vrygewige een?

Mens tot God: 2. Rus by God en ontvang sy vrede. Verkeer in stilgebed. 3. Dra asb. die gemeente se finansies en verantwoordelike hantering daarvan aan die Here op.


Geld praat! God tot mens:

7

4. Wandel in die Woord: Lees Lukas 16:1-13 twee keer hardop voor. Gebruik verskillende vertalings as julle kan. 5. Gee geleentheid sodat elkeen die teks nadenkend weer by hom/haarself kan deurlees. Wees oop vir woorde, frases of gedagtes wat die Gees op jou hart lê. 6. Deel met mekaar wat julle in die Woord gehoor het. Luister na mekaar sonder om dit wat gesê word, te bespreek. 7. Bespreek kortliks die boodskap van die afgelope Sondag. • Wat was vir jou nuut of vars? • Wat het vir jou uitgestaan? • Wat sal jy graag wil onthou of verder oor wil nadink? 8. Kyk na die video gemerk: “Enjoy Giving” • Wat is die belangrikste punt(e) wat Costa na jou mening maak? • Hoe voel jy daaroor?

Mens tot Medemens: 9. Costa sê: “Giving is a central part of the process by which we become more like Christ – the aim of every believer. ... Being Christ-like is inseparable from giving.” (God at Work, p172) • Hoe voel julle hieroor? • Waar sien julle dat dit reeds waar is in jou eie lewe of in ons gemeente? Kan jy ʼn storie vertel om dit te bevestig? • Hoe groei ons hierin? Watter praktiese wenke of idees kan julle gee? 10. Hoe help of belemmer geld jou verhouding met God? Wat sê jou beursie oor jou reis met God? Wat, indien enigiets, sou jy graag wou verander? 11. Wat het jy God vandag vir jou hoor sê? Watter saak plaas God op jou agenda vir die week wat kom? Hoe kan jy dit aanpak? 12. Waarvoor wil julle vir mekaar, vir ander, en vir ons wêreld bid?


8

Geestelik Heel! Notas:

Mens tot Mens: 1. Paasfees is die vervolmaking van Kersfees. Soms belowe die wĂŞreld met groot basuin sukses, vreugde en plesier, maar sukkel om dit te lewer. Paasfees is dit! Kersfees se belofte is gehou en die offer is gebring. Gesels met mekaar oor hoe belangrik dit is dat beloftes waar word en hoeveel rus God se waarwordende beloftes gee.


Geestelik heel! Mens tot God:

8

2. Bid saam en maak aanspraak op God se belofte dat daar waar twee of drie gelowiges saam is, daar is Hy teenwoordig. Na die Amen, skep ‘n geleentheid om bewus te word van God wat teenwoordig is soos wat Hy belowe en ontvang rus in jou gemoed.

God tot Mens: 3. Gesels oor Sondag se boodskap. Wat was die boodskap aan jou? 4. Kyk na die Video-insetsel op die DVD (“Transforming Work Culture”) • Wat is die belangrikste punt(e) wat Costa na jou mening maak? • Hoe voel jy daaroor? 5. Wandel in die Woord: Joh 3:16 & 1 Joh 2:15 (in al die moontlike vertalings wat julle kan) Gesels oor die spanning in die teks. 6. Bespreek hoe ons in die kultuur van die tyd staan en hoe belangrik dit is om dit te: verstaan, beoordeel, transformeer in die lig van die Evangelie.

Mens tot Medemens: 7. Vincente Fox, as president van Mexico, het die stelling gemaak dat daar ‘n spiritiuele soeke in die wêreld is wat al hoe sterker voorkom. Die wêreld het behoefte tot spirituele kos. Volgens Costa is die kerk nie besig om daarin te slaag om die voedsel te verskaf wat die wêreld nodig het nie en wend mense hulle tot vreemde uiterstes om hierdie spirituele behoeftes aan te spreek. 8. Spirituele kos: Het julle al hierdie tendens raak gesien of tee gekom? Na watter tipe spirituele kos het die wêreld behoefte? Hoe sou julle meen behoort die Christene te reageer? 9. God se liefde: Gesels oor die stelling: “God is lief vir jou soos wat jy is, maar Hy is ook te lief vir jou om jou so te los.” Is ons gereed en bereid om te verander sodat ons by God se plan vir Sy skepping kan inpas? 10. Dinge moet gedoen word: Deur dinge gedoen te kry kom sukses. Dus moet gewone gelowiges begin om die werk van geestelike transformasie in die werkplek en wêreld ‘n prioriteit te maak. Hoe gebeur dit in jou spesifieke werkplek?



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.