Kruinbasuin November 2015

Page 1

Kwartaallikse nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente— November 2015 Quarterly newsletter for members of Constantiakruin Congregation— November 2015 visie te ondersteun?

Andriesa Singleton Wie is die kerk? Waartoe word ons as kerk geroep? Waar is die kerk?

Liewe Gemeente, hierdie is die vrae wat Constantiakruin se leierskap sedert 1998, ernstig begin vra het. Daar is besef dat die kerk nie net ‘n gebou is nie, dat die kerk nie net ‘n plek is waar mense sekere tye van die week bymekaarkom om mooi geestelike boodskappe te hoor nie, maar dat die kerk ‘n lewende liggaam is wat liefde uitstraal en diensbaar is teenoor alle mense. Die kerk is mense wat verenig is onder een hoof, naamlik Jesus Christus.

92

Hoeveelheid lidmate wat betrokke is by Hulp & Hoop

1000

Hoeveelheid mense wat daagliks kos gegee word

64

Getal senior burgers wat maandeliks versorg word deur Constantiakruin se bydrae en ondersteuning

hierdie visie uit te leef, naamlik:  Om in biddende afhanklikheid van die Heilige Gees te lewe;  Om vanuit die Woord as dissipels te groei;  Om toenemend iets van die wil en hart van God in die wêreld sigbaar te maak; en  Om risiko’s ter wille van die Evangelie, te neem. Vandag, wil ek ons vordering met die die proses van transformasie van “instandhouding na gestuurdheid” met u deel. Hier verwys ek graag na van ons bedieningspraktyke wat ons visie ondersteun.

 Ons het agt jaar gelede ‘n Engelse bediening begin. Ons besin tans met hoe die Engelse bediening in die toekoms gaan lyk, ná die bedanking van ds Jana de Lange. Vir die interim is proponent Barend Buys gevra om die Engelse dienste tot ten minste tot die einde van die jaar te hanteer;  Ons het ‘n sterwende Florida Gemeente deelgemaak van Constantiakruin;  Ons het uitgereik en die verwondheid by Florida Park (FP) aangespreek deur ‘n samewerkingsooreenkoms met FP te sluit, met die oog op eenwording. Hier het ons vir dr Theo Marais gesekondeer na FP in ‘n vaste termyn-pos, met die oog daarop om sy kontrak met nog ‘n jaar te verleng, indien die eenwordingsbesluit met FP aan die einde van November 2015 geneem word. Sy rol as Bedienaar van die Woord sluit onder andere in:  

Baie belangrik, hierdie inisiatiewe is nie deur die gemeenteraad of die leraars uitgedink nie, maar baie hiervan het spontaan by ons lidmate ontstaan.

65

Ek verwys graag na ons Hulp en Hoop bediening wat die volgende insluit:  Kos vir honger kinders;  Voedingskemas by skole; en  Hulp by ouetehuise en kleuterskole. Wat ons inisiatiewe met betrekking tot groepe en kursusse betref, lig ek graag ‘n paar uit:

Hierdie illustrasie van “where is the church?” vergestalt duidelik dat ek en jy die kerk is, dat ons Jesus Christus saam met ons dra, waar ons gaan of wat ons doen. Of ons werk toe ry, by die werk is of winkels toe gaan. Destyds het ons besef dat ‘n kultuurskuif in ons gemeente sou moes plaasvind – weg van instandhouding met ‘n fokus op gestuurdheid. Dit het ons gehelp om by ons bestaande visie uit te kom: “Die Here stuur elkeen van ons na verwondes, binne en buite die gemeente, om lewens te verander deur hulp en hoop te bring”. Hiermee saam het ons begin fokus op vier patrone om

 DivorceCare is ‘n ondersteuningsgroep vir persone wat deur egskeiding/skeiding gaan. Hulle kom weekliks bymekaar - Afgelope vier jaar 115 mense bereik. 50% binne en 50 % buite gemeente.  Daar is ook onlangs met rekenaargeletterdheidsklasse begin en tans is daar 8 persone wat dit bywoon.  Ons beskik verder oor ‘n Omgee-bediening, wat na siekes en bejaardes omsien en ook ‘n mediese stoor wat kosteloos toerusting aan enige persoon binne of buite die gemeente leen. Wat het Constantiakruin “anders” begin doen om ons

om die proses van verandering te bestuur; om FP gemeente te lei in die proses van eenwording; en om FP in te lyf by die konsep van gestuurdheid. Persone is deur die Depressiegroep ondersteun

231

Hoeveelheid mense wat die Kompaskursus voltooi het

428

Hoeveelheid individue wat deur middel van die Beradingsdiens ondersteun is

159

Die hoeveelheid persone wat ondersteuning van die Griefshare-bediening gehad het en steeds het

Soos u weet, om ons visie ‘n werklikheid te maak en te hou, het ons menslike sowel as finansiële hulpbronne nodig. Met die oog op ons tiendemaand dankoffers verwys ek kortliks na ons begroting en waar ons onsself bevind. Jaco Grobler, ons Voorsitter van Finansies, nooi enigiemand vriendelik uit om hom te kontak, indien u spesifieke vrae het aangaande CK se begroting. (Word vervolg op bladsy 3)

Oktobermaand is bedienings binne die Tiendemaand op ConGemeente. Dankofferstantiakruin Gemeente se koeverte is steeds jaarlikse kalender! Soos beskikbaar by die ingangsin die verlede vervul Tiende-maand ’n kardinale rol. Constantiakruin portale van die kapel en kerk asook by die kerkkantoor. se verskeie Bedieninge steun jaarliks daarop dat elke persoon sy eie offervaardigeid ernstig opneem. Tiendemaand gaan voort in Novem- Indien jy meer wil weet rondom die verskeie bedieninge binne Conber en Desember! stantiakruin, skakel die kantoor 011 475 1440 of besoek die webwerf: www.constantiakruin.co.za. Die Tiendemaand-begroting vir 2015 is R1,4 miljoen. Hierdie fondse stel Constantiakruin in staat om voorsiening te maak vir alle Bankbesonderhede is ABSA reknr.: 01063330384

 Hoop vir substansafhanklikheid

2

 Coram Deo skop af in 2016

3

 Vroue vat hande in CK

3

 Belydenisaflegging van ons Jeug

4

 Superseweskamp

4


Tyd van spanning ... of respekvolle luister?

Time of tension ... or respectful listening?

Dr Anton Fick

Dr Anton Fick

By die Algemene Sinode 2015, is daar baie besluite geneem, maar die een besluit waaroor die hele kerk praat is die besluit oor dieselfdegeslag verhoudings. Lanklaas het ek soveel emosie, ontsteltenis aan die een kant en vreugde, verligting aan die ander kant, in die kerk beleef soos die afgelope klomp weke!

At the General Synod 2015, many decisions were taken, but the one decision about which the whole church is talking is same sex relationships. It is long since that I have encountered so much emotion; dismay and consternation on the one hand and joy and relief on the other, as has been manifested in the church over the last weeks!

En ek het soveel begrip daarvoor. Skielik is dit asof twee groepe mense teenoor mekaar kom staan en regmaak vir 'n stryd. Ek besef skielik dat ons terug is by die Bybel en hoe die Bybel hanteer en verklaar word. Dit kan mense so maklik in twee kampe injaag soos die geskiedenis al oor en oor bewys het! Reeds in 1981 het 'n rapport “God met ons” binne die Nederlandse Gereformeerde Kerke verskyn. Die bedoeling was om 'n dieper verstaan van die Bybel te kry in die lig van talle teenstrydige stemme oor etiese kwessies. Enkele verwysings na hierdie rapport wat ons kan help:

I have a lot of understanding in this regard. Suddenly it’s as if two groups of people have come up against each other and are preparing for a battle. I realise abruptly that we are back with the Bible and how the Bible is handled and explained. This can so easily divide people into opposing camps as history has proved again and again! Back in 1981 a report entitled “God with us” appeared in the Dutch Reformed Churches. The rationale was to enable a deeper understanding of the Bible in light of many opposing voices about ethical questions. Some references to this report that can help us:

Die vertrekpunt van die rapport is die twee teenoorgestelde standpunte oor die waarheid van die Bybel. Aan die een kant is daar diegene wat alle klem lê op die presiese historiese betroubaarheid van die Skrif. Volgens hulle is alles letterlik waar en blywend geldig en moet alles gelowig aanvaar word, net soos dit daar staan. Dit is God se Woord en dit maak nie veel saak dat die Bybel deur mense, in ander tye en kulture, met ander kennis en beskouings geskryf is nie.

The point of departure of the report is the two opposing points of view about the truth of the Bible. One the one hand there are those who emphasise the precise historical reliability of the Word. According to them everything is literally true and remains valid and must be faithfully accepted, just as it stands. This is God’s Word and it doesn’t make any difference that the Bible was written by people, in other times and cultures, with different outlooks and considerations.

Aan die anderkant is daar diegene wat alle klem daarop plaas dat 'n mens nie iets as waar kan aanvaar of glo as jy dit nie met jou eie ervaring of verstand kan ervaar of insien nie. Volgens hulle is slegs dit in die Bybel waar wat jou aanspreek, tref of wat jou eie oortuigings ervarings en kennis geloofwaardig is. Daar is klem op die feit dat die Bybel soos alle ander boeke deur mense geskryf is en daarom tydsgebonde is.

On the other hand there are those who believe that one cannot accept as the truth or believe anything that you are not able to feel or understand with your own experience or insight. According to them the only things that are true in the Bible are those things that speak to you, impress you or are credible to you, based on your own experiences and knowledge. There is emphasis on the fact that the Bible, as with all other books, is written by people and therefore bound by time.

Hierdie twee uiterste beskouings het in die geskiedenis tot groot meningsverskil en verwarring gelei. Die een kant lê klem op die gesag, waarheid en betroubaarheid van die geïnspireerde Woord, terwyl die anderkant beswaar maak teen die willekeurige en maklike aanhaal van sogenaamde gesaghebbende tekste. So praat die groepe by mekaar verby en hou hulle op om mekaar te hoor.

These two extreme viewpoints have brought about huge differences of opinion and confusion in earlier times. The one side places significance on the authority, truth and trustworthiness of the inspired Word, while the other side objects to the arbitrary and easily quoted, so called authoritative texts. This is how the two groups talk over each other and stop hearing what is being said to them.

Die diepste vraag oor bv homoseksualiteit, gaan oor die aard en gesag van die Bybel, die regte manier van lees en wat geglo word. Ons moet daaraan vashou dat die Bybel uit geloof tot geloof geskryf is. Dit is gelowige mense wat (gekleurd deur hul eie geloof) vertel hoe hulle Godswaarheid beleef het, met die bedoeling om soortgelyke ervaringe van geloof by mense deur die eeue op te wek. As 'n mens die Bybel so lees dat dit gebeur, lees jy die Bybel reg.

The deepest question about homosexuality, for example, is about the nature and authority of the Bible, the correct way to read it and what is believed. We must hold fast to the knowledge that the Bible was written by believers, in faith. It is believing people (influenced by their own faith) who tell how they experienced God’s truth, so that similar experiences of faith will be purposely aroused in people through the ages. If someone reads the Bible and achieves this, then they are reading the Bible correctly.

Die vraag oor hoe die Bybel as rigsnoer/norm vir ons lewe werk, is tersprake. Dis baie moeilik, want die omstandighede het oor die eeue so verander, gevolglik is die Bybelse gesag oor etiese sake nie so sterk as in sake wat oor die verlossing handel nie. Tekste moet nie uit konteks aangehaal word nie, maar leiding moet in die lig van die hele Skrif gesoek word. Hierdie lig word in die dubbele liefdesgebod saamgevat. Dan help dit ons wanneer ons oor sake soos egskeiding, slawerny, onderdanigheid van die vrou en homoseksualiteit, met mekaar deurpraat.

The question about whether or not the Bible works as guide/norm for our lives is the issue. It is very difficult, because the circumstances have changed so over the centuries, consequently the Bible authority over ethical matters is not as strong as it is in matters concerning salvation. Texts must not be quoted out of context, but guidance must be sought in light of the whole Scripture. This light is found in the two-fold commandment of love. This then helps us when we discuss issues such as divorce, slavery, submission of wives and homo– sexuality.

Dus geliefdes, terwyl ons met mekaar praat oor 'n sensitiewe saak soos gays, bid ek dat ons mekaar respekvol sal bly vashou, dat ons nie toelaat dat hierdie saak skeuring bring nie en dat ons vir mekaar in liefde, sal ruimte skep vir die manier hoe ons die Bybel lees en verstaan!

Therefore beloveds, while we talk to each other over a sensitive subject such as gays, I pray that we will hold each other in respectful accord, that we will not allow this business to bring discord and rifts in our church, that in love we will allow space for each of us to read and understand the Bible in our own way.

as

Patricia Burger het ons ook die waarde van ‘her-konneksie’ vir ons geliefdes en onsself begin besef. Die wêreld het ‘n plek geword waar soveel dinge ons aandag vereis en daardeur word verhoudings meesal die minste geëer. Die Here is so goed - Hy help met die herstel van ons gesinne.”

“Ek wens ek het hierdie raad vroeër ontvang. My lewe sou baie anders gewees het. Die lewenswysheid en raad wat ons ontvang is op almal van toepassing, nie net op ouers van dwelmverslaafdes en dranksugtiges nie.” Dis die mening van ‘n ouerpaar wat vroeër hierdie jaar ‘n inligtingkursus van SOS Wesrand bygewoon het. Die bediening wat uitreik na families wie se kinders in substansafhanklikheid vasgeval is, bedien nou ook elders op die Wesrand. “Die AGS Simfonie in Witpoortjie het met ons hande gevat en doen weeklikse berading met ouers daar. Ons handleidings wat oor die jare met die hulp van ander instansies soos Tough Love bymekaar gesit het, dien

Kruinbasuin

Beraders by SOS Wesrand: Jan Vermeulen (links) en Quintin Groenewald (regs).

basis vir ouers om die probleme in hul huishoudings te herstel,” sê Patricia Burger wat by die bediening betrokke is. “Soos die materiaal ontwikkel het oor ’n lang tydperk,

November 2015

SOS Wesrand het ook nou ‘n buite-pasiënte groep vir verslaafdes wat onder die leiding van Quintin Groenewald hanteer word, terwyl ouers en familielede van verslaafdes terselfdertyd by Jan Vermeulen, tans SOS se hoofberader, beraad word. Daar is ook opvolgsessies een keer ‘n maand by Constantiakruin. Mense wat hulp nodig het is welkom om Patricia Burger te skakel by 082 899 6129 of info@sosministries.co.za.

2


Rev Barend Buys has been ordained at Constantiakruin and has taken the lead of the English Congregation. He remains in his position as Industrial Manager, and will be leading the English Congregation until the end of December upon which the Congregation Council will decide the way forward.

Naomi Meerkotter Constantiakruin se dames beplan om elke jaar, onder leiding van Vroue Aksie, Vrouedag op ‘n gepaste wyse te vier. Hierdie jaar se Vrouedag is afgeskop met ‘n bederfoggend met Ronell Burger as gasspreker. Naomi Meerkotter, een van die organiseerders van die dag, sê haar beker loop oor van dankbaarheid.

Constantiakruin Gemeente neem aan die einde van November 2015 afskeid van Alida Marais, gade van Dr. Theo Marais en die persoon in beheer van Constantiakruin se geboue en terrein. Daar sal ’n geleentheid wees tydens die eredienste van 29 November waartydens die Gemeente sal afskeid neem.

“Dank aan ons Hemelse Vader vir die geleenthede wat Hy ons gee om sulke geseënde tye met mekaar te kan deel want ons as vroue is vir God baie belangrik. Die Here het met elkeen wat kom luister het gepraat deur Ronel Burger se woorde, Alna van der Watt se sang en ou en nuwe vriendskappe. Ronel het haar hart kom deel en haar les was gelei deur die Heilige Gees. Die skildery geskep deur Leandra Olivier het die dag se onderwerp beklemtoon. Ds Jana de Lange, wat die inspirasie was van die Vroue Aksie, het haar deel bygedra op haar besondere wyse.”

(vervolg van bladsy 1)

Meerkotter sê dat die Vroue Aksie ‘n inisiatief is vir beide die Engelse en die Afrikaanse bedienings, en dat hul daarna streef om op ‘n inklusiewe wyse alle dames, ongeag kultuur of ouderdom, betrokke te kry en op hierdie wyse hul dan geestelik te bemoedig.Alle dames is welkom om deel te wees van die Vroue Aksie. Kontak asseblief Naomi Meerkotter 0795469213 of Marlene Olivier 0834630491

Hierdie syfer moet egter in konteks gesien word, want neem asb kennis dat ons gedurende Oktober, R 1.4 miljoen vir ons 10 de maand dankoffers begroot. Ons doen werklik ‘n beroep op elkeen van ons lidmate om ons ook hierin te ondersteun. Ek wil u ook bewus maak dat daar op die oomblik slegs 400 betalingspunte is wat gereeld maadelikse bydraes lewer. Ons het weereens besef dat ons sal moet ondersoek instel om ons betalingsprosesse te vergemaklik en te optimaliseer.

Van links na regs: Alna van der Watt; Leandra Olivier; Chris-Marie van Schalkwyk; Elbie Aggenbag; Annemarie Preorius; Anne-Marie Aggenbag; en Ronell Burger.

t u nu

WAT

Ek wil ‘n beroep doen op diegene wat nog nie so betrokke is nie, om wel betrokke te raak en ek wil die Gemeente aanmoedig om gedurende die 10de maand ‘n ekstra bydrae te lewer.

Dr. Anton Fick Ek vra dikwels die vraag: hoe help ons mense wat in hulle lewe verwond geraak het? Ons visie is mos dat die Here ons na verwondes toe stuur! Hoe word ek toegerus om heling te bring en ook self heel te word? Constantiakruin het verskeie ondersteuningsgroepe en kursusse wat met die heelwordproses help, maar die nood is méér as dit. Al hoe meer mense voel nie toegerus en bekwaam om te help nie. Dit is waar Coram Deo ter sprake kom. Coram Deo beteken ‘'n lewe voor die aangesig van God’. Coram Deo is die naam van 'n sentrum van NG Pretoria Oosterlig, wat fokus op die genesing en herstel van stukkende mense. Hulle bied al sestien jaar hierdie tweejaar gevorderde kursus in pastorale berading aan. By hulle skryf so twintig studente per jaar in. Die helfte van die persone gaan deur die kursus vir persoonlike genesing, terwyl die ander geroep word om in die heling van ander mense betrokke te raak. Constantiakruin het na verskeie vergaderings met hulle, die toestemming gekry om as 'n satelietkampus aan die Wesrand te vestig. Dit beteken dat ons vanaf 27 Januarie 2016, die volle kursus wat by Universiteit Pretoria geakkrediteer is, sal aanbied en dat daar plek vir 20 studente is. Ons hanteer presies dieselfde materiaal, aangebied deur dieselfde dosente en daar is reeds 12 persone wat aangedui het dat hulle die kursus wil volg. As jy sou belangstel en meer inligting verlang, skakel vir Alet Reynders of Dr Anton Fick. Aansoeke sluit 15 Desember en die koste beloop R6000 per jaar. Daar sal 'n deposito gevra word en afbetaling oor 10 maande. Dit sluit ook alle boeke en dupliseerwerk in! Ons wag vir jou reaksie en sien uit na 'n besondere tyd wat voorlê.

3

Baie dankie aan ons gemeentelede wat aktief betrokke is by die uitleef van ons visie (hetsy die vestiging en/of betrokkenheid by die verskeie bedienings inisiatiewe en of dit dalk in die omgewing is waar jy jouself die meeste van die tyd bevind). Dankie, ook vir diegene wat so gereeld hulle finansiële bydraes lewer ten einde te verseker dat Constatiakruin wel haar finansiële verpligtinge kan nakom.

November 2015

Ons Gemeenteraad gaan in die volgende jaar spesifiek fokus op:  Hoe om onbetrokke lidmate meer betrokke te kry en daarmee gepaardgaande die opdatering van ons databasis; (Voorstelle van die gemeente se kant sal verwelkom word)  Hoe ons, ons prosesse kan verbeter om bydraes van gemeentelede te vergemaklik;  Hoe die Engelse Bediening in die toekoms gaan lyk;  Die eenwordingsproses met Floridapark;  Die vestiging van ‘n Coram Deo satelietkampus in samewerking met Universiteit van Pretoria; en  ‘n Ondersoek na die verbetering van ons bestaande jeugfasiliteite. Constantiakruin is geseënd met:  betrokke gemeentelede wat werklik ons visie uitleef;  bekwame, toegewyde; en  eensgesinde leraars en Gemeenteraadslede. Ek wil afsluit deur te vra, dat u asseblief sal voortgaan om vir ons gemeente, ons leraars en die Gemeenteraad te bid. Dat ons werklik die wil van die Here sal soek in die uitleef van ons visie. Hierdie volledige voorlegging is tydens die eredienste op Sondag 18 Oktober deur die Voorsitter: Gemeenteraad, Andriesa Singleton, aan die Gemeente gelewer.

Kruinbasuin


o

Lee-Ann

Reinhardt

Eduan

Mikal

Arenco

Chentelle

Leandra

Arenco Sonelle

Johalize

Arenco Rikus

JeaneAndré

Arenco Sean

Ds. Jaco Schoeman Waldo

Arenco

David

Wian

Daniel

Arrie

Juandre

Arrie

Juan

Diaan

Danie

Maxine

Charné

Mian

Kyle

Dehan

Eduard

Die Engelse het ‘n mooi woord wat nie sy gelyke het in Afrikaans nie: “Serendipity”. Dit beteken iets soos: ‘n verrassende ontdekking. ‘n Aangename, onverwagse openbaring. Dis ‘n goeie byvoeglike naamwoord om die belydenisklas van 2015 mee te beskryf. Ja, ons ken baie van hierdie kinders van hul kleuterjare af. Ander het eers later bygekom, maar deur die bank was hulle verrassende geestelike diepte opmerklik. Om te sien hoe hulle op ‘n uitreik hul geloof verdedig teenoor geharde twaalfapostels, is ‘n wonder. Om te sien hoe hulle by ‘n basaar in koue en nat weer skitter met hul take, is asemrowend. Met die seweskamp het ons gemeente se belydeniskinders weer gewys wat in hulle steek as goeie leiers en geestelike begeleiers. Om te hoor hoe jongmense in persoonlike onderhoude vir jou vertel hoe hulle tot geloof gekom het, en bid vir wonderwerke en glo met oortuiging, laat ‘n mens hoendervleis kry! En hierdie span is gelaai met talente: talente in sport, en in akademie. Onder hulle is uitnemende leiers en briljante skaakspelers. Daar is katkisante wat getoon het dat hulle besondere gawes het met jeugbediening. Maar die beste van alles, is die algemene vlak van hul geestelike diepte: jongmense wat my soms laat in die nag boodskappe stuur van gebedsversoeke, en teksverse wat seën, en hul proses van geestelike groei. Na vyftien jaar van werk met finalejaars, is dit ‘n groot voorreg om op so ‘n hoë noot af te sluit!

Arenco Mark

Arenco

Riëtte

Ds. Wicus van der Merwe ‘n Klipperige stofpad lei benoude graad sewetjies na ‘spannies en raties’ wat wag om hulle te ontvang. Jy kan dit voel in die lug, jou vel raak yskoud, jy kyk om jou rond want hier is iets – Dit is SUPER 7 ENERGIE.

Johann van der Walt Kwartaal nommer drie, en ons stoom is nog glad nie op nie. Constantiakruin se jeug is op en wakker en meer opgewonde as ooit. Die nuwe dominee, Ds. Wicus, sit ‘n nuwe vlam en ‘excitement’ in die bediening. Ons kwartaal het afgeskop met ‘n baie lekker nuwe reeks. Die geheime van geluk. Ons saal is mooier as ooit en die Sondagoggende se Promiseland het ‘n nuwe energie. Elke Sondag maak ons ‘n nuwe ge-skenk oop en ons leer wat Jesus bedoel met geluk. Ons het selfs vir die mense in die groot kerk gaan geskenkies uitdeel!

Ses-en-negentig graad 7 kinders kom om voorberei te word op die hoërskool wat wag. Groepleiers (spannies en raties) is hoërskoolkinders wat die wysheid van ervaring met die gr 7s kom deel. Die gr 7s ontdek dat hoërskool ‘n fees gaan wees. Gr 7s word begelei om hulle Skepper te ontmoet en kans gegun om God op intieme wyse te leer ken. Hier word stukkende plekke heel en skep die kinders moed om groot te word. Die Super 7s ontwikkel ook leiers wat begin om ander geestelik te versorg. Elkeen op hierdie kamp word deur Jesus ontwikkel om Sy Naam te verheerlik en in Sy Koninkryk te dien. Ouers en kinders is getuies van die impak wat die kamp gehad het.

In In Sync leer ons ook wat ware geluk is waarvan Jesus praat in Matt 5. Met super nuwe ligte, ‘n ongelooflike band om saam te aanbid en Ds. Wicus wat weet wat Jesus vir sy kinders bestem het, is In Sync op ‘n nuwe koers wat die bediening na hoër hoogtes vat. Dis so ‘n groot voorreg om deel hiervan te wees en as jy nie is nie, nooi ons jou graag uit om te kom kyk wat ons maak elke Sondagaand vanaf 18h00.

Ek is so ontsettend dankbaar oor God se impak in my kind se lewe die laaste paar dae! Hy sê selfs hy mis die 'Presence' wat hy daar ervaar het. Die Heilige Gees het regtig my kind se hart aangeraak. Ek glo en bid dat sy pad met Jesus van hier af net hegter sal word (te midde van die storm & drang tienerjare wat voorlê.) Ouer Baie dankie vir ‘n wonderlike week in my seun Janco se lewe. Dankie dat die Here die middelpunt was en dat julle bruikbare en gewillige instrumente was die week. Dankie dat Janco vol van Jesus se liefde is en nie kan ophou praat oor sy belewenis. Volgens hom was dit vir hom en sy vriende ‘n eye opening event wat hul nader aan mekaar en nader aan Jesus gebring het. Dankie vir julle liefde en die liefde van Jesus wat in julle leef.” Ouer

Ons het ook ons Promiseland-kamp gehad en al 40 kids en 20 helpers het ‘n fees gehad. Al hoe ek dit kan beskryf is “goed georganiseerde chaos”. Baie dankie vir almal wat daarmee gehelp het. Ons wil ‘n spesiale dankie gee aan elke gebed en ondersteuning woorde vir die bediening aan die Gemeente se jeug. Weet dat ons dit nie sonder elkeen van julle kan doen nie.

4

November 2015

Kruinbasuin


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.