Nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente Januarie/January 2016 Newsletter for members of Constantiakruin Congregation
Geliefdes in die Here Jesus, Dis 'n groot voorreg om met julle te kommunikeer in die begin van 2016! Hoekom so, vra jy dalk? Wel ons het 'n baie moeilike 2015 beleef, eerstens met heelwat veranderinge in ons personeelkorps, tweedens, ons is deur eenwordingsprosesse met twee gemeentes en derdens, twee moeilike besluite van die Algemene Sinode (Belhar belydenis en Selfdegeslagverhoudings). Vierdens, het die grootste droogte in 100 jaar, ons land en ekonomie seergemaak en die gevolge daarvan sal ons in die jaar nog beleef. Vyfdens is daar twintig van ons lidmate in 2015 oorlede en heelwat lidmate, wat by die dood omgedraai het vanweë ernstige siekte. Daar is mense deur egskeidings en ander hartseer. Deur God se genade beleef ons 'n nuwe jaar met nuwe moontlikhede! Deur 'n moeilike jaar en al, bely ons dat die Here vir ons goed is en ons nooit sal verlaat nie. Hy bly getrou! Lees gerus weer Joh 16:33.
Beloveds in the Lord Jesus, It is a great privilege to communicate with you at the beginning of 2016! How so, you may ask? Well, we experienced a very difficult year in 2015; firstly with a number of changes in our personnel team, secondly, we went through a unification process with two other congregations and thirdly, two difficult decisions from the General Synod (Belhar confession and Same sex relationships). Fourthly, our country has been damaged by the worst drought in 100 years, and the results of that will be lived out in this year. Finally, twenty members of our congregation died during 2015 while many members were desperately sick and still others went through divorce and various heart wrenching times. By God’s mercy we are living in a new year with new possibilities! Even after living through a difficult year, we should testify that the Lord is good to us and will never forsake us. He remains faithful! Read John 16:33 with confidence.
Daarom, welkom by ons geloofsfamilie Constantiakruin in 2016, mag die Here ons oorlaai met Sy krag en teenwoordigheid en mag elkeen geestelik groei en bly groei! Hy is die God wat stuur (Joh 17) na 'n stukkende wêreld toe en ons as sy navolgers, ...gaan. Ons bly getrou aan ons visie dat God ons stuur na verwondes binne en buite die gemeente, juis om lewens te verander deur hulp en hoop te bring. Ons het die eerste kwartaal afgeskop met 'n reeks wat ons help om navolgers van Jesus oral, 24/7 te wees, die hele week/maand/jaar lank. Of dit nou by my werk of huis is, ek het net een goeie lewe voor die aangesig van God. Volg die reeks getrou en skakel asseblief by 'n selgroep in, vir in-diepte groei.
Therefore, welcome to our faith family at Constantiakruin in 2016, may the Lord surfeit us with His power and presence and may each one of us continue to grow, spiritually! He is the God that sends (John 17) … to a broken world, and we, as His followers, go. We remain faithful to our vision that God sends us to the wounded inside and outside our congregation, just so that we can change lives by bringing help and hope. We have started off the first quarter with a series that helps us to be followers of Jesus, everywhere, 24/7, the whole week/month/year. Whether at work or home, I have but one good life to live in the presence of God. Be faithful in following the series and join a cell group for in-depth growth.
Dankie dat jy met jou eie verwondheid besef in Wie jou hoop en krag gesetel is en dat jy oppad is na heelheid. Jy kan verwag om weer heel te word en dat stukkende mense ook oor jou pad gaan kom wat jou weer nodig het (Matt 25). Ons is dankbaar vir al ons ondersteuningsgroepe en kursusse wat meehelp in die genesingsproses en ons is nog meer dankbaar dat ons eie sentrum vir heelheid gevestig is, naamlik, Coram Deo. Die eerste twee jaar kursus by Coram Deo, het op 4 Februarie afgeskop met 23 studente en 'n groot droom het op hierdie wyse waar geword! Miskien sien ons jou in die jare wat kom by Coram Deo se kursusse, waar ekself heel word om ander te help heel word!
Thank you that with your own ‘woundedness’ you realise in Whom your hope and strength is settled and that you are on the road to wholeness. You can expect to become whole and that broken people that need you will cross your path (Matt. 25). We are grateful for the support groups and courses that help with the healing processes and we are even more thankful that our own centre of healing has been established, namely, Coram Deo. The first two year course at Coram Deo, kicked off on the 4th February with 23 students and thus a huge dream became reality. Perhaps we will see you attending the Coram Deo courses in the years ahead, where “I become whole to help others towards wholeness”!
Constantiakruin se leierskap het opnuut besef dat ons die grootste, groeiende Christus Gemeente aan die Wesrand wil wees. Ons streef daarna om ons omvattende kinder- en jeugbediening nog verder uit te brei, asook 'n bediening vir ons naskoolse jongmense te vestig. Dankie dat jy deel is van hierdie geloofsfamilie en dankie vir elke stukkie meelewing, bydrae en offervaardigheid. Mag die Here ons seën en genadig wees in 2016. Soli Deo Gloria! ● Bedieningspan 2016
Constantiakruin’s leadership has realised that we want to become the biggest, growing Christian Congregation on the West Rand. We strive to expand our comprehensive child and youth ministry, as well as a ministry for young adults who have left school. Thank you for being part of this family of faith, for journeying with us, for your contributions and sacrifices for others. May the Lord bless us and be merciful to us in 2016. Soli Deo Gloria! ● Ministry Team 2016
Dr. Wicus van der Merwe
Dr. Wicus van der Merwe, Jeugleraar van Constantiakruin, was onlangs in die bevoorregte posisie om sy doktorale studies se proefskrif te ‘verdedig’ voor die akadamiese paneel van Tukkies. Die proefskrif, wat toe natuurlik aanvaar is deur die paneel, het gehandel oor hoe kerke tydens politieke oorgang ‘n leidende rol kan speel. Oorgangsgeregtigheid gebruik terme soos rekonsiliasie, vergifnis, hoop, genesing en vrede wat so eie aan kerk is dat die kerk hier ‘n kundige rol behoort te speel in die uitleef daarvan. Dr. Wicus sê dat die profetiese rol van die NG Kerk nog lank nie verby is nie. “Die kerk sal wel aktief moet deelneem om die nuwe toekoms te help vorm.” ●
Constantiakruin is 'n groot Gemeente. Ons het tans 2 694 belydende lidmate, en hierdie getal het oor die afgelope 15 jaar aanhou styg. Ons is die Here dankbaar, want Hy het ons geseën met 'n lang periode van stabiele groei. Dis 'n seën, want daar’s aktiwiteite en 'n vol kerk en begaafde mense en baie hartlikheid. Dis ook 'n uitdaging, want ons doel is nie om baie mense te wees nie. Ons doel is om mense in te neem in die huisgesin van God:
Selgroepe Daar is tans 46 selgroepe in die gemeente wat weekliks bymekaarkom. Hulle kuier saam, doen studie saam, bid saam en word werklik broers en susters vir mekaar. 'n Selgroep bestaan uit 6 -10 lede, Daar’s omgee en is 'n veilige omgewing waar jy jou opinies kan lug en laste kan neerlê. Dit skep 'n ruimte waarin ander gelowige volwassenes 'n opbouende rol in jou kinders se lewens kan speel.
Manne– en Vroue-aksies hier moet hulle ware liefde ervaar; Daar is ook manne- en vroue-aksies. hier moet hulle inskakel en verbind raak Die mannegroep kom Vrydagaan mede-gelowiges; oggende 6 - 7 vm bymekaar. Manne hier leer ons by mekaar, dra mekaar se verstaan mannesake: druk by die werk, laste; en ekonomiese druk, tydsdruk. Wanneer ons ons leer hoe om ons godgegewe gawes te vir mekaar bid, verstaan ons die omvang gebruik tot voordeel van die Koninkryk. van die stryd en ons hou mekaar se hande hoog. Ek het manne al hier sien huil soos Daarom is ons Gemeente besig om 'n strat- kinders, maar ook gesien hoe manne meegie in plek te kry wat lidmate help om deel kaar inspireer en versterk, en uitstuur in die te raak van hierdie netwerk. Êrens moet wêreld in soos Jesus sou doen! elke lidmaat deel raak van 'n kleingroep. 'n Plek waar mense jou ken op jou voorVroue het ander behoeftes. Soms wil hulle naam. Waar mense glimlag wanneer hulle net sit en gesels en hoor dat ander ook worjou sien. Waar jy kan vra: "Bid asb vir my, stel met dieselfde dinge. En soms is dit baie ek gaan deur 'n moeilike tyd". meer allerdaagse, plat-op-die-grond sake soos watter kos gee ek my gesin? Hoe kan Die Gemeenteraad het jare gelede al erken ek die beste klerekas vir die minste geld dat geloofsgroei primêr plaasvind in inrig? Die vroue-aksie is nie weekliks nie, kleingroepe. Ons het reeds ’n paar aksies in maar meer sporadies: een maal per plek wat hierdie strategie ondersteun. kwartaal.
Na-skoolse Jong Volwassenes (20Somethings) En dan is daar ons na-skoolse jongvolwassenes. Hulle is 'n spesie op hul eie wat spore trap soos 'n mens. En hulle kuier laaaaaat!! .... want hulle kan. En hulle hou wyn-en-sjokolade-aande, en braai's en diep gesprekke en vlak gesprekke, maar deur dit alles ervaar 'n mens omgee en Christusliefde. Ek weet nie waarby is jy tans betrokke nie en ken ook nie jou spesifieke behoeftes nie. Maar ek glo daar is 'n plekkie in die netwerk waar jy sal inpas, en waar jy 'n nuwe vlak van behoort gaan ervaar wat jou lewe baie sal verryk. As jy gedagtes / idees het en voorstelle wil maak, of 'n nuwe groep in die netwerk wil stig, laat weet vir Ds Jaco Schoeman by jaco@constantiakruin.co.za of, skakel een van die Gemeentelede: Selgroepe: E-pos: Mannebediening: Sel: Damesbediening: Sel: 20Somethings: E-pos:
Santie Strydom info@lungile.co.za Dirk Meerkotter 071 444 5651 Tanya v d Westhuizen 082 572 6294 Annelize Scheepers prinses.ana@gmail.com
Raak betrokke! ●
Sommige van 2016 se finalejaars. Kom loer gerus in en geniet ons geloofsvorming saam met ons.
Die Kategese borrel met opgewondenheid soos die kinders Jesus ontdek. Bring gerus jou kind om deel te wees van hierdie ervaring. Promiseland/Beloofdeland tydens die Gr 0 -1 in die kerkhuis eerste oggenddiens Gr 2 - 5 in die saal Kleuterkerk (2 jaar tot Gr RR) langs die kerkhuis
InSync 17:00-19:00 Gr 6-11 kategete ontmoet in die saal
Gemeentelede word gevra om voortdurend in te tree in gebed vir ons jongmense. Om meer te wete te kom oor die Jeugbediening, kontak Dr. Wicus van der Merwe of Johann van der Walt by die kerkkantoor, 011 475 1440. ●
Lidmate van Constantiakruin wat betrokke is by Kruinjare, onder leiding van Lou Hein, het onlangs gesellig saamgekuier. Senior lidmate wat graag betrokke wil raak by verskeie sosiale geleenthede wat deur die jaar plaasvind, kan gerus vir Lou Hein kontak by sel 076 474 2763 of via die kerkkantoor by 011 475 1440. ●