Volume 3

Page 1

Augustus • September 2013

Swartland & West Coast




de moZáik

Inhoudsopgawe Pedro Kruger: Die Boitjie van Brackenfell, kom besoek die streek met ‘n vertoning ‘11.3.71’. Lees meer oor dié vermaaklikheidster op bladsy 9. Foto’s (ook voorblad): Donna Lewis

6

Paternoster se Seven Sisters

9

Pedro Kruger: Van Fiela se Kind...tot Sushi Stokkies

10

Pieter de Villiers: Franse pad na Toetsrugby

11

What to Consider when buying Sunglasses

12

We Say: Hello Darling

15

Pieter-Dirk Uys: Finding His Feet in the Swartland

16

Gloukoom: Die Stillie Dief van Visie

18

Deur die Lens van die Swartland Fotografie Klub

20

Die Swartland & sy Kultivars

24

Pastorie waak oor Vallei

26

Motors: Indrukwekkende Trailblazer

28

Danie Malan: Geplunderde Allesverloren staan triomfantlik

30

Goodies & Gadgets APS for your Android

31

Resep: Sanet Verster se Springbokskenkels

32

What’s Happening

33 Events

Z

34

Restaurant Gids

35

Business Index


Letter from the Editor

Uit die redakteur se pen

Editorial Team

D

ie Weskus en die Swartland soos hulle nou lyk. As jy nie NOU op hierdie twee streke verlief raak nie, sal jy nooit. Die hele streek is kliphard aan die woel en bedrywig met die reël van feestelikhede en landbouskoue. Van die Bravofees op Langebaan tot Porterville wat verjaar. Moorreesburg, Piketberg, Malmesbury en Darling rol almal die tapyte uit om skou te hou en fees te vier.

Publishers

Johan Viljoen & John-Beattie Paterson

En terwyl die naderende lente nou oral in oordaad sigbaar raak, is de moZáik se fokus op Darling, waar sy veldblomme besoekers jaarliks trakteer op sy oordaad mooi, juis van pas.

Z

Content

Johan Viljoen Alida Buckle Sarie Nell Clifford Roberts Jannie Ferreira

Darling bied reeds van 1917 af elke jaar ‘n blommeskouspel soos min aan. Ook die Weskus en die Weskus Nasionale Park is nou ‘n prentjie-mooi lappieskombers van kleur wat om elke nuwe draai verras en bekoor. Van die Weskus kry ons ‘n resep waar ouderwetse bestanddele suksesvol met meer moderne smake kombineer vir ‘n splinternuwe sensasie en die Sewe Susters van Paternoster vertel ons hulle ongewone storie van sukses oor die water heen. Die Swartland is groen en grane kry lyf met lappe en lappe geel kanola wat die mooi ekstra lewe gee teen die winterblou-blou lug en groener berge en heuwels. Lyf Pedro Kruger, die boitjie van Brackenfell, kom besoek die streek met ‘n vertoning ‘11.3.71’. Die Nasionale Jongwynskou word vandeesmaand in ons streek aangebied en daarom fokus ons ook op die Swartland Wyn- en Olyfroete met sy skoonheid en verskeidenheid - alles moontlik gemaak deur die Mediterreense klimaat waarvoor dié omgewing bekend geraak het. We pay visit to well-known winemaker and owner of Allesverloren to find out what makes this man tick and what he prefers in a wine.

Augustus • September 2013

The Darling from Darling, Pieter-Dirk Uys and his alter ego, Evita, found their feet in the Swartland and give us some inside info on their doings. Ons het gaan kyk na ‘n mooi ou pastorie, waar dié historiese, statige gebou omskep is in ‘n lushof wat die besoeker nooi om weer en weer terug te keer.

Photography

Cor Cronje Donna Lewis Swartland Fotografieklub

Die Swartland se boerseun wat lank vir die Franse Hane gespeel het, Pieter de Villiers, gesels openhartig oor sy jare in Frankryk en sy terugkeer ‘huis toe’. Intussen vat ons die pad met die nuwe Chevrolet Trailblazer en besoek só al hierdie skatte van ons streek, terwyl die Swartland Fotografie-klub ons bederf met sy bestes.

Marketing

Don’t hesitate to give us a call and inform us about interesting characters of the Swartland and West Coast. We love to hear from our readers!

Izelle Garcia

Geniet dus de moZáik se derde uitgawe terwyl die naderende lente ons geleidelik motiveer om die winterslaap te verruil vir die buitelug en al die aktiwiteite wat nou nuwe lewe, groei en kleur in ons streek inbring. Die Redakteur Johan Viljoen

John-Beattie Paterson 082 925 8741 • jb@demozaik.co.za

Layout and Design Contact

Tel: 022 487 3221 johan@diecourant.co.za www.demozaik.co.za www.facebook.com/DeMozaikMagazine

Gesondheid

5


Sewe Susters van die Weskus

Die sewe susters, Twena, Yolanda, Vivian, June, Odelia, Carol en Dawn. baljaar in die Weskus-water.

... deur die Swartland, oor die water Sarie Nell

S

even Sisters-wyne is pas met ope arms deur die kleinsakereus Walmart in Amerika verwelkom. Intussen is dié wynreeks die eerste SA-wyn in die geskiedenis wat vanaf 2009 op die Amerikaanse lugredery in eerste en besigheidsklas bedien is. Die Seven Sisters wynreeks staan met een voet in die Weskusen die ander in die Swartlandstreek: Vivian Kleynhans en haar ses susters is boorlinge van Paternoster en die Swartland Wynkelder op Malmesbury maak dié wynreeks met druiwe wat uitsluitlik in die Swartland groei. Die sewe susters word elkeen verteenwoordig deur een van die sewe wyne in die reeks en die nuwe bottelproppe pas elk by ‘n suster en haar wyn. Verder is die vyf kleure van die etikette verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse vlag. Die Brutus-susters is mense wat graag hul oorsprong en hul Weskus-huis onthou. “My ma het altyd gesê my pa werk vir ons inkomste, daarom moet ons tuis ons kant bring. Sy was die Hitler in ons huis en het vir ons elkeen ‘n selfdissipline ingedril - ek pluk

6

vandag nog die vrugte daarvan,” vertel Vivian. Vivian, die middelkind, het in 2003 begin kyk na die wynbedryf en toe sy afkom op die regeringsinisiatief om mense wat nie vroeër die geleentheid gehad het nie, by die wynbedryf te betrek, het sy dié konsep omhels. Sy het onmiddellik haar fokus ingestel op dié nuwe idee - al was dit splinternuut vir haar – en navorsing en ‘n kursus gedoen in die bestuur, kultuur en bemarking van die wynbedryf. “Dit was eers ‘n kwessie van probeer en tref,” vertel Vivian. Nadat sy duur lesse geleer het by die eerste kelders wat vir haar wyn gemaak het, het sy begin soek na ‘n kelder met ‘n goeie reputasie in die wynbedryf: “Ek het in 2006 by die Swartland Wynkelder uitgekom en toe moes ons sáám leer wat is die roete om te stap; ons moes mekaar leer ken en vertrou. Hoewel ek al by ander kelders was, het ek in die laaste sewe jaar ‘n band opgebou met die personeel van die Swartland Wynkelder; voel ons nou soos familie.” Die resultaat is dat Vivian en haar Seven Sisters-reeks nou geskiedenis maak: Seven Sisters is die eerste SA-wyn in die geskiedenis wat bedien word op ‘n besigheidsklas lugredery en nou in ‘n

Inspirasie

historiese stap is dit ook die eerste Suid-Afrikaanse wyn wat deur die kleinsakereus Walmart aangekoop en in 42 Amerikaanse state versprei word. Oor die Swartlandse druiwe sê Vivian: “Ons hou van die skoon natuur, die bioversiteit, die ligging en klimaat, die styl en die sprei van die oseaan wat aan die Swartlandse druif sy uniekheid en die intensiteit van die vrug besorg. Verder is die styl van die Swartlandwynkelder presies dit waarvan Seven Sisters hou.” Vivian was altyd die enterpreneur in die gesin, wat kleintyd met popklere en huiskonserte, lekkers en koeldrankverkope geld ingesamel het. Tydens familie-kuiers is die een vraag wat deur die jare herhaaldelik opduik ‘Waarmee is Vivian nou besig?’ “My besigheid was nog altyd gemotiveer deur my familie. Dit was van die begin af my visie, daarom ook dat ek die naam van die firma só gegee het om my familie te betrek. “Ek en my susters het almal uiteenlopende persoonlikhede, maar ons kom goed oor die weg. Ons laat mekaar toe dat elkeen sy persoonlikheid uitleef, maar as dit nodig raak, sal ons mekaar in liefde

Augustus • Septemberi 2013


Vivian voor Swartland Wynkelder op Malmesbury met een van hul uitvoerwyne.

Soms lyk dit of my susters tot vandag nog nie glo wat gebeur het met nie

Seven Sisters

aanpraat. Die vreemde ding van my susters is dat vandat ons kinders is, hulle altyd na my toe kom met die probleme. Ek is die middelkind, ek kan nogal nie verstaan waarom dit só werk nie! Maar vandat ek in hierdie besigheid is, hou hulle my arms hoog en motiveer hulle my as ek die dag wil moed verloor. “Soms lyk dit vir my of hulle tot vandag nog nie glo wat gebeur het (met Seven Sisters) nie.” Vivian is die bemarker van die reeks en stilsit ken sy nie. Daarom is sy reeds besig om vyf hektaar onder wingerd te sit op hul stukkie grond buite Stellenbosch, waarmee sy Seven Sisters se reserved wyne wil aanvul. Daarvoor bou sy nou ‘n kelder waarin ‘n restaurant ook gehuisves kan word en daarmee beoog sy om die agtste kind in die gesin, hul broer, te betrek. Benewens die bouwerk is die navorsing oor die wyn nou die aangewese hoof-item op haar daaglikse spyskaart. Oor die Swartland Wynkelder sê Vivian: “Dis lekker om saam met hulle te werk – Madelein Coetzee wat die logistiek onberispe­lik hanteer (soms stuur ek vir haar die onmoontlikste versoeke en dan maak sy ‘n plan!), die wynmaker Andries Blake, Suzanne van Dyk vir bemarking ... “Ek bly altyd bewus van mense wat vir my goed doen .... “Ons sal nie eens daaraan dink om Seven Sisters te verskuif na ‘n ander kelder nie; want om ‘n huishoudelike naam te word en vir die 110 000 bottels wat ons jaarliks aan Walmart moet voorsien, het ons nou volumes nodig!” Vivian dra steeds die lesse wat haar ma haar geleer het, saam met haar in die besigheidswêreld: “My ma het vir my die geestelike pas aangegee: ‘n Mens kan nie alleen loop nie; God is my Anker. Ek

Augustus • September 2013

moet hoor wat Hy sê, wat ek moet doen! Kry jou wysheid by Hom en laat Hom toe om jou kompas te wees. Verder moet ek weet wie ek is! Jy kan nooit jou hoop op ander plaas, of tou opgooi nie!’ Die sewe susters kuier graag saam met familiekinders en hou hul familietradisies só in stand: “Sekere dinge van die Weskus sal my altyd bybly, soos dat ons minstens vier keer per week uit die see uit geëet het.” Intussen het die werklikheid van daagliks in die wynbedryf leef, haar baie lesse geleer: “Wanneer jy vir jouself werk, moet jy bereid wees om hard te werk en lang ure in te sit. Net soos enige ander bedryf, is die wynbedryf baie kompeterend. Ek moet heeltyd evalueer wat is my “competitive edge”; wat maak dat my besigheid of produk uitstaan? Ek moet kritiek aanvaar, maar dit ook gebruik tot my voordeel. “Ek het geen kennis van die bedryf gehad toe ek my besigheid begin het nie en het intussen duur lesse geleer. “Ek moes my produk leer ken en baie navorsing doen. My raad aan ander wat hul nis soek, is: “Moenie dat kompetisie jou afskrik nie, dit is gesond maar moenie dat dit jou besigheidsukses bepaal nie. Jy weet waarin jy goed is. Mense is geneig om negatief teenoor jou idees te wees maar dit is jou besluit. “Whether you can or cannot, you are right” “Dit neem tyd om ‘n besigheid te bou. Jy moet deursettings- en uithouvermoë hê en bo en behalwe alles moet jy geloof hê. As jou besigheid op God se beginsels gebou word, hoef jy geen vrees te hê dat dit suksesvol sal wees nie. Kry jou wysheid by Hom en laat Hom toe om jou kompas te wees.”

Inspirasie

7


8

Leefstyl

April • Mei 2013


Pedro Kruger ... van Fiela se Kind tot sushi-stokkies P

edro Kruger het op die kassie bekend geword as spanleier by Liriekeraai en die naam Boitjie van Brackenfell het bly vassteek. Hy werk nóú saam met skrywer/regisseur Hennie van Greunen onder meer outeur van die stuk “Lyf” wat so gewild was dat Pedro verlede jaar die Engelse weergawe: “Normality by Theatre Row” in Broadway, New York uitgevoer het. Pedro het Normality in 2009 ook 25 keer by die Edinburgh-fees in Skotland opgevoer, waar dit uitstekend gevaar het en met die French Review se “Hidden Gem”-toekenning bekroon is. As akteur wat ewe goed kan komponeer, sing, klavier speel en stories vertel en ‘n voormalige lid van die Tygerberg Kinderkoor (1983-1985) bring Pick n Pay Malmesbury vir Pedro op 3 Oktober met sy stuk 11.3.71 na Malmesbury by die vroue-oggend van die Landbouskou. 11.3.71 het gestalte gekry toe die Pedro se lewensreis sy 5de dekade twee jaar gelede betree het. Met sy 27 jaar ondervinding in die bedryf, is 11.3.71 ‘n reis oor Pedro se persoonlike hoogtepunte komies en ernstig, liedjies uit sy eie pen en mense langs die pad. Pedro het met de moZáik gesels:

Z: Wat was jou heel eerste rol - op watter ouderdom?

My eerste rol was Benjamin in die verhoogweergawe van Fiela se Kind. Ek was 14. En om daai jare saam met Shaleen Surtie-Richards (sy was Fiela) te speel, was ‘n voorreg en n ongelooflike leerskool.

Z: Van watter rol waarin jy al was, het jy die meeste gehou?

Dis soos om te vra wie van jou kinders hou jy die meeste van. Almal kruip maar onder jou vel in. Maar my karakter in ‘Lyf” - deesdae die Engels ‘Normality” - is vir my baie spesiaal.

Z: Watter rol (realisties) sal jy nog wil vertolk?

Sal nogals graag ‘n groot pantomime wil doen. Eendag.

Z: Jou energie het op die oog af geen einde nie. Waar kry jy dit?

Ek dink ek is gebore met ‘n Red Bull in die hand. Maar dis ook maar ‘n persoonlikheidsding en ‘n besluit. Maar ek kan lekker sleg en nie so energiek wees die dag as ek lus is.

Z: Het jy in ‘n kunstenaarshuis grootgeword?

Foto: Donna Lewis

Z: Noem die naam van ‘n Suid-Afrikaanse akteur na wie jy opkyk. Z: Wat is die wonderlikste plek waar jy al opgetree het? Hoekom? Sandra Prinsloo en Anna-Mart van der Merwe. Ongelooflik talentvol, ‘n plesier om mee saam te werk. En net gewone mense van die verhoog af. Baie inspirerend.

Z: Jy en Hennie het ‘n paar jaar gelede huis gekoop op Riebeek-

Wes. Hoekom Riebeek-Wes? Om heeltemal eerlik te wees, het ons verlief geraak op die huis. Later op die dorpie.

Z: As jy nie akteur was nie, wat sou jy word?

Glad nie. Pa was ‘n polisieman en later ‘n lektor. En ma was ‘n huisvrou.

Ek sou nogals gelukkig gewees het in die korporatiewe wêreld. Bemarking. Iets wat ek in elk geval daagliks doen as akteur en teatermaker.

Z: Liriekeraai en jou fenomenale musiekkennis. As jy alleen is,

Z: Vertel bondig van jou snaaksste ondervinding op die verhoog.

wat luister jy? Ek gaan deur fases. So my musiek op my Ipod is wyd. Vanaf opera/ klassiek tot by country tot by die grootste hits op die oomblik. Solank daar ‘n sterk melodie is, en die sangers nie te veel rap tussen-in nie. En beslis groot doefdoef-musiek as ek gym.

Augustus • September 2013

Ek en Franci Swanepoel het jare terug ‘n show saam gedoen. Een aand het ons dit heeltemal verloor en gelag dat die trane loop. Ons kon nie vir mekaar kyk nie, dan begin ons lag. Die gehoor het saam gelag tot op ‘n punt. Dan raak dit net onprofessioneel. Dit het daai aand onprofessioneel geraak.

Persoonlikheid

New York was pretty amazing. En ek is baie lief vir Bloemfontein. Weet nie hoekom nie, maar dit bly altyd ‘n gunsteling. EN dan natuurlik Malmesbury!!! O my word! Dis altyd fantasties ;-)

Z: Wat weet die publiek nie van Pedro Kruger nie?

Dat ek sushi met my hande eet, want ek sukkel my gat af met die stokkies.

Dagboek dit: Sien vir Pedro op 3 Oktober met sy stuk 11.3.71 op Malmesbury by die Vroue-oggend van die Landbouskou

9


Onder: Pieter de Villiers in die trui van Frankryk, vir wie hy 69 toetse gespeel het. Die foto is in sy huis in Kaapstad geneem, met ‘n kunswerk van die Springbok Bryan Habana in die agtergrond. Foto’s: Cor Cronjé

Pieter de Villiers en sy vrou, Helene, met hul drie kinders, Jade, Joshua en Jon.

Franse pad ... van Darling tot Toetsrugby

Pieter se

Jannie Ferreira

Wat was jou rugbydrome as kind?

Ons was elke Saterdag op Nuweland. Ek het gedroom om eendag vir WP en die Springbokke te speel.

Toe loop speel jy 69 toetse vir Frankryk:

Ja, die beplanning was om net vir ‘n jaar te gaan, maar dit het so goed gegaan en hulle het my kontrak bly verleng.

Hoekom het jy na Suid-Afrika teruggekeer?

Die plan is om ‘n eiendomsontwikkeling, Yzerfontein Heights, saam met my broer Manuel (38) op Yzerfontein op te bou.

Toe bel die Springbokafrigter, Heyneke Meyer, jou?

Ja, dit was maar net die derde keer dat ons gepraat het. Ek het dadelik gesê dat dit ‘n groot eer sal wees. Hy het my een keer tevore in Frankryk gebel om te hoor of ek vir die Bulls wil kom speel. Daarna was hy in Parys by ons Franse klub, wat hy moontlik sou kom afrig.

Hoekom het hy jou gevra om die Springbok-skrumafrigter te word?

Dit moet jy eintlik vir Heyneke self vra. Dis ‘n groot eer. My buitelandse ervaring moes hom aangestaan het. Hy moes êrens gehoor het dat ek ‘n baie goeie spanmens is. Heyneke is bekend vir sy oordeel in menswees. Dis ‘n baie groot voorreg om betrokke te wees.

Vertel van jou gesin?

Ek is getroud met Helene (‘n Franse nooi Parmentier) van Parys. Ons het drie kinders, Jade (8), Joshua (7) en Jon (22 maande) en woon in Tamboerskloof, Kaapstad. Ek is bly my vrou het entoesiasties ingestem om in Suid-Afrika te kom woon. Ons huistaal is Frans. Die kinders was aanvanklik in die Franse skool in Kaapstad, maar sal volgende jaar oorgaan na ‘n Engelse skool, waar hulle Afrikaans ook sal begin leer.

Was jou aankoms in Parys ‘n groot skok?

Ek moes vinnig Frans leer, want die lynstaantekens en alles op die

10

veld was in Frans. Ek het die eerste twee maande klasse geneem, maar daarna maar so by die mense in die omgang geleer. Stade Francais was destyds ‘n sukkelende derde liga-klub wat wou opgang maak. Ons wen toe daardie jaar die liga, en die volgende jaar wen ons die tweede liga, en die jaar daarna wen ons sowaar ook die eerste liga. Die klub het so gewild geraak dat ons ‘n paar tuiswedstryde op die toetsstadion in Parys gespeel het. Dan daag daar 80 000 mense op.

Waar was jy toe jy van jou klub se president die boodskap kry dat jy die eerste keer vir Frankryk gekies is?

Dit was in Julie 1999. Ek was op vakansie in Suid-Afrika. Toe bel hy my en sê: ‘Pak jou goedjies, jy is gekies vir die Franse span vir die Wêreldbeker’. Saam met my blydskap was daar ‘n bietjie angstigheid. Ek het gewonder gaan almal in die span my aanvaar? En is my Frans goed genoeg?

Het jy vyandigheid in Frankryk ervaar omdat jy as inkommer uit Suid-Afrika daar gekies is? Nooit nie.

En in Suid-Afrika oor jy vir die Franse loop speel het? Nooit nie.

Jy het teen ‘n paar goeie loskopstutte geskrum?

Ja, veral die Franse se Jean-Jacques Crenca en Christian Califano en teen Suid-Afrika was Os (du Randt) altyd ‘n groot ‘battle’. Soms was hy bo, soms was ek bo. ‘n Voorry moet sy opponent tegnies kan uitoorlê en die krag van agter kan begelei.

Is daar afrigters wat ‘n groot invloed op jou gehad het?

Dr. Gerrit Pool, by wie ek baie geleer het, het my op Stellenbosch aan die gang gehou toe ek wou ophou rugby speel. In Frankryk Pierre Villepreux, Jean-Claud Skrela, John Connoly, Nick Mallett en Bernard Laporte. Fabian Galthie en Rassie Erasmus is van die weiniges wat die sprong van speler na afrigter blitsvinnig gemaak het.

Persoonlikheid

Hoe dink jy terug aan jou skooldae aan Laerskool Swartland en Hoërskool Swartland op Malmesbury? Ek was van graad 1 tot 12 in die koshuis daar. Ek het baie goeie herinneringe aan my koshuisdae. Ons het lekker gespeel en lekker pak gekry.

Jou gunsteling-plekke?

Parys, Kaapstad, die kus van Spanje en ski-vakansies in die Alpe.

Is die persepsie reg dat die Franse al meer as Suid-Afrikaners van die kuns om die lewe te geniet, gesnap het?

Die Franse geniet die lewe op ‘n verskillende manier. Soos ons braai in Suid-Afrika, sal hulle hier vanaf 12:00 op ‘n Sondag ses ure lank om ‘n tafel kuier. Ek sal dit mis. Elke gereg kom met sy eie drankie en dit word dan in diepte bespreek.

Hoe verskil die dinamika van internasionale spanomgewings?

In Latynse kulture (Frans, Italiaans, Argentyns) is die spelers baie meer uitgesproke en avontuurlustig, terwyl in Anglo-Saksiese omgewings speel die spanne baie meer gestruktureerd. Op die ou end hang dit af wie sy wedstrydplan die beste uitvoer.

Wat is die verskil tussen Super15-rugby en toetsrugby? Omdat daar so baie op die spel is, het spelers net soveel minder spasie en tyd vir besluitneming op die veld. Dis reg om vir ‘n skoolkind te sê geniet net jou rugby, maar jy kan dit nie vir ‘n toetsspeler sê nie. Die hele land se Sondag word bepaal deur hoe goed die Springbokke op ‘n Saterdag speel.

Kyk gou terug op jou lewenspad?

Ek het geleenthede gebruik soos dit na my kant toe gekom het. Ek het geen berou oor die pad wat ek gestap het nie. Ek is vandag ‘n burger van Frankryk en van Suid-Afrika. Dis iets wat my lewe as Darlingse boerseun heeltemal verander het. Ek is dankbaar dat ek op die hoogste vlak in internasionale sport kon meeding.

Augustus • Septemberi 2013


Augustus • September 2013

Gesondheid

11


Hello Clifford Roberts

The West Coast town of Darling comes alive in flower season, but there’s more to it than blossoms and pretty houses. We pay this quiet town a visit.


Darling

I

f seasons could have capitals, spring would almost certainly belong to Darling. The sleepy West Coast village has the knock-out combination of a memorable name and landscapes famous for their magnificent transformations. With flower season just around the corner, there’s reason to start planning a visit to the pretty West Coast village between Malmesbury and Yzerfontein. But while many people are happy to visit for the flowers, bric-abrac stores and morning strolls on its sleepy streets, Darling offers far more to his visitors. Its history, for one, is a rich tale that begins with the idealism of European colonisers venturing into hostile lands. Darling came about as a result of gradual expansion of farming activities by the Dutch settlers in the Cape. Early farmers in the area known as Groene Kloof, near Mamre, established a church and their own congregation where the town is now located, naming it after a former head of the Cape, Charles Darling. The year was 1853. Among the fascinating occurrences in the quiet little village over the years was the construction of an airfield as part of the war effort against German U-boats in WW2. Aircraft that used Darling included Venturas and PBY-5 Catalinas of the Royal Netherlands Naval Squadron, and were required to patrol the coastline to ward off attacks. Today, many of these stories can be encountered at the Darling Museum – on a tranquil, eucalyptus-shrouded corner in the old town hall. Founded in 1978, the museum’s initial role was the preservation of the town’s dairy heritage – which had its genesis with Swedes Nils Georg Moller and G. Threnstrom who had settled in Darling. Their enterprise started in the time of the Great African War and eventually outgrew the town, changed hands and moved closer to Cape Town in later years. Not forgotten either are the even earlier inhabitants of the region – the San – and their heritage comes alive at events such as Stories @ Darling (Friday 23 August; 18:30) at Darling Museum and during the San Storytelling Festival at the !Khwa ttu San Culture and Education Centre (www.khwattu.org), situated a short drive out of town. The historical roots of Darling’s most famous event – the Wild Flower Show – lie equally deep, having started in 1917. But the event is not the only time to make the most of its floral showcase; throughout August, flower-lovers can join an organised wildflower meander in reserves around Darling on the last Thursday of each month. Find out more from Helene Preston on 082 222 8135. Orchids are also on show from May to November, on the first Saturday of each month, at Duckitt Nurseries – one of the largest of its kind in the southern hemisphere. It also hosts the orchid fair, taking place this year on the flower show weekend of 20-22 September. Arguably the town’s second-most famous event is the annual Voorkamerfest, a celebration of performance art that also happens in September. This has raised its theatre profile, along with celebrated performer, author and activist Pieter Dirk-Uys who made Darling his home in the mid-90s. Uys also bought the old station building in Arcadia Road that had been closed in the 1970s. It was revamped and, in 1996, opened as Evita se Perron with among others two theatres, a restaurant and bar, gallery and a garden exhibition of political satire entitled Boerassic Park. A rich tradition of art is further celebrated on the first Saturday of every month during the Darling Creative Market ,while initiatives such as the recent Splitpiece project have raised its profile. An initiative supported by The Darling Trust, an initiative founded by Pieter Dirk-Uys, Splitpiece brought talented Cape Town mural artist Falko and two partners to Darling in 2011. Together they compiled a series of 31 murals along a single residential street. The living gallery of Akkerboom Street in Darling East has become a tourist attraction in its own right. Continue on page 13

Heritage comes alive @

Darling

Augustus • September 2013

Darling

13


Art has also been combined with another of the region’s major attractions – its wine. The Darling Art & Wine Experience promotes both local artists and wineries. The Darling wine route was established some 10 years ago and has long been the source of top sauvignon, with a growing reputation for reds, particularly its shiraz. Among the producers that visitors will encounter are Cloof, Darling Cellars, Groote Post, Ormonde Vineyards and Withington Wines. Combining wine and nature, however, are two Biodiversity and Wine Champions, Cloof and Burgherspost Wine Estates that offer a guided game drive through its Fynbos reserve that is home to eland, bontebok, zebra and gemsbok. Keen hikers can consider the Darling Stagger, a relatively young hiking trail that starts in Darling and takes walkers through wine and olive farms to !Khwa ttu and Yzerfontein on the coast. The 2.5-day, 25km trail also leads hikers through renosterveld and fynbos en route to !Khwa ttu where they spend the first night. After breakfast, the hike continues downhill through the strandveld to Tygerfontein Farm along the coast to Yzerfontein. The activity has been organised as a “slackpacking” route, meaning they are guided and catered - hikers carry a small daypack; lifts and luggage are organised, and meals are prepared by locals and restaurants in traditional West Coast style. The walk offers a glimpse of the region’s magnificent natural beauty, which in recent years is part of conservation efforts under the Cape West Coast Biosphere, established in 2000. There are 598 biospheres globally, 74 of them in Africa and 6 in SA. According to its website, these reserves promote “a balanced approach to development of humans and the preservation of biodiversity in a particular region”. The Cape West Coast Biosphere stretches northward from Diep River in Cape Town to the Berg River and covers 378 000 ha of coastal lowland plains. Thanks in part to these kinds of initiatives, wildlife thrives. There’s an active Swartland Birding Route in the region, which incorporates Darling. And for afters, you’ll want to put your feet up in any one of the cosy, country eateries in town. Don’t miss the Slow Quarter, taproom of the local Darling Brew microbrewery. Located in the main road of Darling, the taproom lies just up the road from where the concept of Darling Brew was first created. Now who said Darling was a sleepy little country town?

Wildflower and Orchid Show & Voorkamerfest

96th Darling Wildflower Show 20 -22 Sept 2013

The Darling Wildflower Show takes place annually over the third weekend in September at the Darling Club. Opens: Friday 20 September at 09:00 Dates: 20, 21 and 22 September 2013 Venue: The Sports Club in Darling Entry: To be advised The entrance fee includes entry to the landscaped hall as well as a free ride on a tractor drawn wagon to see the Oude Post wetland that can only be seen during the show. A hall will be landscaped with Darling wildflowers, from the most fragile and rare to the ones easily found. Craft and fun stalls with goodies await you as well. There are also many and various food and refreshment stalls to cater for the inner man. This year your entrance ticket of only R30 includes a lazy tractor ride to a private vlei that is otherwise inaccessible to the public where you will be able to view some of the most spectacular flowers in situ. For more information: Tel: 084 916 1111 or darlingwfs@telkomsa.net

Duckitt Nurseries Orchid Show 20 - 22 September

Head over to Duckitt Nurseries for the annual Duckitt Nurseries Orchid Show. Duckitt Nurseries specialise in producing and exporting top quality Cymbidium orchid cut-flowers. Cymbidium, Ansellia, Cattleya alliance, Oncidium alliance and many other orchids are hybridized and grown for the local plant market.

Voorkamerfest 6-8 September

Voorkamerfest is made up of wheels and cogs turning together to make it work as follows: visitors buy a ticket for a route – seven routes in total - and during this unforgettable journey between three different homes in Darling, three varied performances are show cased - twenty one performances altogether.

14

Darling

Augustus • September 2013


Finding his feet in the

Swartland Clifford Roberts

P

ieter-Dirk Uys – the Peter Pan of South African theatre – lives in Darling. Here’s a rundown of the man himself and his very own tips on what to do in Darling when you’re

there. By now, everyone knows Pieter-Dirk Uys lives in Darling. It must have come as one helluva shock to anyone clinging to the belief that all rural towns are sleepy. For anyone unfamiliar with the man (can that be?), here’s the memo: Cape Town-born Uys is a performing artist, author and activist who rose to prominence especially as a satirist of the Apartheid regime. Through various characters, Evita Bezuidenhout the most famous, he continues to be prolific in tackling issues of poor government and ignorance, especially related to Aids. He has been widely recognised for his work, receiving honourary doctorates from UCT, Rhodes and Wits, as well as accolades such as a lifetime achievement Teddy award at the Berlin International Film Festival in 2011, and the FW de Klerk Goodwill Award in 2012. He continues to travel and perform across South Africa. For just over a decade, Uys has undertaken free AIDS awareness entertainment at schools, prisons and reformatories. He moved to Darling in the mid-90s and converted the old railway station into a unique attraction home to among others a cabaret threatre, restaurant, garden of political satire and retail store. He was also instrumental in establishing the Darling Trust. de moZáik dropped him a line:

What is the Darling Trust? Its a charitable organisation that assists the Darling community by empowering individuals to help themselves, mainly through participation in the sectors of education, skills development and health.

What is the greatest thing about living in Darling?

It’s an hour from the airport - which means it’s an hour from New York, London, Paris and Moscow. And only 58 minutes from Cape Town!

What is a must-eat when people visit Darling and where will they find it?

Besides Tannie Evita’s bobotie at Evita se Perron, each of our foodstops have a unique quality: Bistro 7’s steaks; Café Mosaic’s hamburgers; Brig’s Barn’s traditional fish & chips; Chicory Cheezes granola muesli; and Marmalade Cat’s pizzas!

What is your favourite hangout in Darling?

My house.

What do you enjoy about the nearby seaside village of Yzerfontein?

Strandkombuis is a must and a walk on that wonderful beach that goes right up to the North Pole is another must. Uys can currently be seen on stage at The Fugard Theatre in Cape Town in a new cabaret entitled 50 Shades of Bambi, until August 24. It stars his character Bambi Kellerman, “the chalk to Tannie Evita’s cheese” and “stripper, sex worker and Grande Horizontal who graduated from the University of Sex Cum Laude”. For more information about Pieter-Dirk Uys, his performances and alter egos, visit www.pdu.co.za. Also highly recommended is the feature documentary, Darling! The Pieter-Dirk Uys Story, available at Evita se Perron.

Augustus • September 2013

Darling

15


Gloukoom die stille dief van visie Dr C Joubert (Oftalmoloog) Dr CJ Hattingh (Oogkundige)

G

loukoom word soms die “stille dief van visie “ genoem omdat dit visieverlies geleidelik oor ‘n lang periode van tyd laat plaasvind. Simptome van die siekte kom gewoonlik eers voor as die siekte redelik ver gevorderd is. Indien daar reeds visieverlies voorkom, kan dit nie weer herstel word nie en is die behandeling van gloukoom gemik om verdere visieverlies te voorkom. Wêreldwyd is gloukoom die tweede grootste rede vir blindheid. Wat is gloukoom? Gloukoom verwys na ‘n groep toestande, wat te doen het met skade aan die optiese senuwee, veroorsaak deur verhoogde intraokulêre druk. Die druk in die oog word veroorsaak deur die oogvog wat binne in die oog gevorm word. In sekere gevalle word die normale dreinering van dié vog belemmer en styg die druk binne in die oog. ‘n Verhoging van intraokulêre druk belemmer die bloedtoevoer na die oogstrukture en lei tot die afsterwe van die optiese senuwee se vesels. Die gevolg hiervan is dat die veld van visie stadig verklein, totdat die oog uiteindelik net tonnelvisie oor het, of selfs heeltemal blind is.

Daar is hoofsaaklik twee soorte gloukoom:

Chroniese oophoek gloukoom: Hierdie is die mees algemene vorm. Die oorsaak van gloukoom kan primêr wees; as gevolg van die vorm en normale ouderdomsveranderinge van die oog, of dit kan die gevolg van sekere medikasie of trauma wees. Hier is al die strukture van die oog normaal, maar die dreineringsvloei van die oogvog is net te stadig. Hierdie groep is verantwoordelik vir ongeveer 90% van alle gevalle van gloukoom. Chroniese oophoek gloukoom is ‘n pynlose, baie stadige, progressiewe siekte. Daar is geen simptome in die vroeë stadium nie, die drukking is nie so hoog dat dit pyn kan veroorsaak nie - die visie wat verlore gaan is perifeer, dus kom ‘n mens eers baie later agter dat daar visieverlies is. Die belangrikste punt om te besef is dat enige skade wat reeds aan die senuwee gedoen is, onomkeerbaar is. Dit is van uiterste be-

16

Links is ‘n normale optiese senuwee en regs, ‘n gloukoom beskadigde optiese senuwee. lang om van tyd tot tyd deur ‘n oogkundige of ’n oftalmoloog ondersoek te word, om jou persoonlike risiko vir gloukoom te evalueer. Sifting vir gloukoom is ‘n eenvoudige en pynlose proses waar die drukke van die oë gemeet word en indien dit bo normaal is, moet die senuwees ondersoek word vir enige skade. Slegs indien gloukoom vermoed word, sal verdere toetse deur ‘n oftalmoloog inisieer word en behandeling begin word. Gloukoom is wel ‘n hoogs behandelbare siekte en kan deur die gebruik van gereelde oogdruppels baie goed beheer word. In gevalle van moeilik behandelbare gloukoom kan chirurgiese dreinerings­ prosedures soms nodig wees. Akute toehoek gloukoom: Dit word gewoonlik veroorsaak deur ‘n afsluiting van die dreineringstelsel en hiérdie is ‘n noodgeval. Akute toehoek gloukoom veroorsaak ‘n skielike, erg pynlike toestand, wat dadelike dowwe visie veroorsaak. In dié geval styg die druk baie, baie hoër as normaal en veroorsaak selfs naarheid en braking. Dit is ‘n dringende noodgeval, en moet dadelik deur ‘n oftalmoloog behandel word.

Gesondheid

Wat veroorsaak die verhoogde oogdruk?

Die oog kan basies in twee dele verdeel word nl. die groter agterste (posterior) gel gedeelte en die voorste (anterior) gedeelde waar die vloeibare oogvog is. Hierdie oogvog word op ‘n kontinue basis gevorm en gedreineer. Indien die oogvogproduksie hoër is as die dreinering daarvan, sal die oogdruk noodwendig verhoog.

Risikofaktore vir gloukoom:

* Gloukoom kom meestal voor in volwassenes bo die ouderdom van 40 jaar. Jong mense is egter nie uitgesluit nie; dit kan selfs onder babas voorkom. * ‘n Positiewe familie geskiedenis. * Persone met hoë voorskrifte in hul bril/kontaklense. * Diabete. * Persone wat sekere soorte steroïde gebruik. Kan gloukoom voorkom word? Nee, dit kan nie, maar as dit vroegtydig gediagnoseer en behandel word, kan dit baie goed beheer word. Dit is baie belangrik om gereeld vir ‘n oogtoets (ten minste een keer in twee jaar) te gaan vir die vroeë diagnose van gloukoom.

Augustus • September 2013


‘n Rustige oggend op Langebaan skop af.


FOT Deur die lens van... Koos van Wyk

...die Swartland Fotografieklub Johanna van Wyk

Peter Hardcastle Koos van Wyk

18

Marietjie Visser

Gesondheid

Augustus • September 2013


TOS Anne Wyeth

Koos van Wyk

Clifford Wyeth Anne Wyeth

Clifford Wyeth

Augustus • September 2013

Gesondheid

19


P I K E T B E R G



PIKETBERG N7

National

R44



Trunk Major Tarred



Major Gravel

PORTERVILLE KORINGBERG

HOPEFIELD BE RG

R44

N7

RI VE R

R311

MOORREESBURG SA R

CAPE TOWN

O

R311

R44

R307

GOUDA N7

R45

S

R44

RIEBEEK WES RIEBEECK

RIEBEEK KASTEEL

E

ER



G





M LEI DA

LB

DARLING

Ë LV

T

E



A

VO

K

RIEBEEK CELLARS

 NUWELAND

HERMON

R46



R315



MALMESBURY R307

R45

R44

N7

 E

P

R302

R

D

EB ER G

R45

R301

WELLINGTON

N7 R304

PAARL

R302 R312

R44

N1 K

R27

DURBANVILLE

L

E

IN

R A -D


Roete help verken die

Swartland en sy kultivars

G

ee my ‘n koppie om op te staan, Gee my die Swartland met al sy graan – só dig A.D. Keet Swart heet die land oor die kleur van renosterbos in ‘n seisoen, maar groen is dié land en geelbruin ook soms. Net ‘n tikkie swart as die boere hul aarde skroei - die land brand. Broodmandjie Swartland is haas onontdek en eintlik is die druiwetros en ook die olyf ‘n groot porsie wat dié land se beursie styf. Met vistas en kleur en mense uniek is sy gewildheid aan’t groei en sy karakter aan’t bloei. Wynmaak in die Swartland kom al baie jare en die Swartland Wynroete het afgestig, ontstaan in 1986. Uitgestrekte streek met verskeidenheid in terroir en klimaat strek die Swartland Wyn- en Olyfroete van die Bergrivier in die Noorde tot die Paardeberg in die Suide. Daar is onder meer die Riebeekberg, Koringberg en Piketberg. Verskeie wynkelders groot en klein met net so ‘n wye reeks vir elke smaak. Daar is intieme wynproeë op afspraak en moderne proelokale. Bekend vir sy Shiraz, is daar groot aanplantings van spesifiek Cabernet, Pinotage en Chenin Blanc. Ander varieteite sluit in die Viognier, die Grenaché en die Malbec. Ook die olyfbedryf, gesentreer rondom die Riebeekvallei, is ‘n groot trekpleister met gewilde olyfproeë en top-produkte. Die streek bied ‘n groot buitelewe-aanbieding vir 4x4, bergfiets, kleiduifskiet, hangsweef en kano en nou ook ‘n splinternuwe reeks roetes vir die voëlkyker.

Johan Viljoen

Skandeer dié kode met jou slimfoon vir die Swartland Wyn- en Olyfroete se webblad.

Tel: 022 487 1133 Faks: 022 487 2063 epos: swartlandinfo@westc.co.za WEB: www.swartlandwineandolives.co.za

At Swartland Winery we use the small berries from bush vines to create award winning wines bursting with flavour...

Tel: 022 482 1134 www.swwines.co.za

Augustus • September 2013

Gesondheid

Not for sale to persons under the age of 18. Enjoy responsibly.

21


SWO -roete begin met 6 baanbrekers

Met die stigting van die nou Santam Swartland Wyn- en Olyfroete, was die baanbrekers Mamreweg, Porterville, Winkelshoek, Riebeek Wynboere, Swartland en Allesverloren. Mamreweg is vandag Darling Cellars wat saam met ander wyne uit Darling in 2005 weer afgestig het. Swartland se ledetal het gegroei van 6 tot oor die 20 en dié wynroete bied vanjaar op 15 Augustus die spoggeleentheid van die jaarlikse Nasionale Jongwynskou by Org de Rac aan. Org de Rac buite Piketberg is bekend vir sy organiese wyn en bied met sy ligging ‘n perfekte uitsig oor die streek vanuit die noorde. Swartland het in 2002 sy eerste eie streekskou in die Jongwynkompetisie gehou. Twee jaar gelede het Riebeek Wynkelder met hul Viognier die gesogte trofee vir algehele nasionale kampioen jongwyn vero­ wer. Die Generaal Smuts Trofee, vernoem na ‘n wêreldbekende ikoon en boorling van die Riebeekvallei, het as’t ware ‘n welkome tuiskoms geniet by dié oudste kelder in die Riebeekvallei. Die Kasteelberg Viognier het ook in die bottel presteer met Silwer by Veritas 2012 en Silwer by die International Wine Challenge 2013. Dit was die Generaal Smuts-trofee se tweede kuier in die streek. DF (oupa Danie) Malan (Allesverloren) het hom in 1956 én 1957 as wynmaker verower met dié landgoed se wêrelbekende port. In daardie tyd is die trofee nog aan die persoon en nie aan ‘n wyn toegeken nie.


Feite van

Wyn en die Swartland het die meeste bosstok van al die wynstreke Die mees geproduseerde kultivars is: Chenin blanc (19.8 %) Shiraz (12.1 %) Cabernet Sauvignon (11.2 %) Pinotage (10.3 %) Merlot (6.6 %) Sauvignon blanc (6.1 %) Chardonnay (5.2 %)

streek

Die gemiddelde reënval vir die weerstasies Grasrug en Riebeek-Wes is onderskeidelik 418 en 574 mm Tradisioneel is wyndruiwe droëland verbou en was die wingerdbou gebiede tot die Paardeberg, Kasteelberg en Darling-heuwels beperk. Met die koms van besproeiingskemas het die wingerd voetspoor aansienlik vergroot tot die 13 730 hektaar teen einde 2012. Dit is sowat 14 % van SA se wingerdstand. Uit ‘n grond-oogpunt is daar ‘n hele paar belangrike groepe soos die Glenrosa- en Swartland- grondvorms wat meestal op voetheuwel en teen hange gevind word en uit onderliggende Malmesbury skalie en ook graniete ontstaan het. Hierdie grond is bekend vir matige groeikrag en wingerde is in balans wat goeie kwaliteit verseker. Die bekende diep rooi Oakleaf gronde rondom Malmesbury is ook baie bekend en wingerd word hier baie suksesvol droëland verbou.

Olywe Die eerste Olywe in die Swartland is kommersieel in 1989 op Kloovenburg aangeplant deur oud-Springbok, Piet Spiere du Toit - om diversiteit te skep en ook vir werkskepping (tussen die snoei van die wingerde en die oes-tydperk). Mission is die mees aangeplante olyfkultivar in die Swartland Ander kultivars sluit in Manzanilla, Frantoio, SF 17, Lecitino en Coratina.

Functions • Wine tasting • Wine Sales • Organic Wine • Organic Olive Oil • Organic Essential oils

At Org de Rac, our approach to winemaking stems from a deep respect and commitment to the natural environment, the people involved in making our wine and the people who will finally enjoy it. The result of our organic farming methods is a harvest of grapes that was raised in healthy soil, fertilized by

living, organic compost and that was never sprayed or exposed to any form of chemical pesticide, herbicide or fungicide. Our delicious range of healthier wines is made to the highest standards and with the utmost respect for the earth, its people and above all, for you the discerning wine lover who cares.

The Green Heartbeat of the Swartland

Piketberg • Swartland • South Africa • N7 between Moorreesburg & Piketberg • Phone: 022 913 2397 • Web: www.orgderac.co.za • Email: wine@orgderac.co.za


Dié Pastorie waak oor

Vallei D

ie Ou Pastorie is gebou in dieselfde tyd toe die gemeenskap van RiebeekKasteel besluit het om hul eie kerk te bou. Hoewel die bouery aan die kerk en pastorie in 1895 begin het, was die boutydperk onverklaarbaar lank. Die gemeente se eerste kerk was regoor die geskiedkundige Ou Pastorie - die dorp se museum word nou in dié pragtige kerkie gehuisves. Die eerste predikant in die pastorie was ene ds. Houman, wat van Calvinia af dié beroep aanvaar het. Soos die toeval dit wil hê, was Houman familie van die huidige eienaars van Kloovenburg, die Du Toit-familie. Dit was egter in die dae voordat Kloovenburg aan die Du Toit’s behoort het. Oor die jare het die pastorie en sy bewoners ‘n integrale deel van die gemeenskap gevorm, soveel só dat die pastoriemoeder een jaar haar huis moes oopstel vir leerders wat nie in die skoolkoshuis gehuisves kon word nie. Daardie jaar was die koshuis bloot te klein om in die aanvraag te voorsien en die ruim Ou Pastorie, met sy vyf groot slaapkamers, was die logiese uitweg. Vandag laat dié gedagte die oë rek, want hoewel die ruim slaapkamers sekerlik genoeg slaapplek sou kon bied, was daar net een klein badkamer in dié stewige, statige pastorie. Toe die Riebeek-Kasteelgemeente besluit om ‘n nuwe pastorie te bou, is die Ou Pastorie is verkoop aan die huidige eienaar se pa, Piet Spiere du Toit, ‘n Springbokrugbyspeler van formaat. Hoewel die Ou Pastorie aanvanklik blyplek aan Kloovenburg se plaasbestuurder gebied het, het dié gebou later vir twee jaar leeggestaan. Toe die toerismebelangstelling in die Riebeek-Vallei begin toeneem en die behoefte aan oornag-geriewe begin groei het, het Pieter en Annelene du Toit skielik met nuwe oë na dié gebou gekyk en sy moontlikhede besef. Omdat dié pragtige gebou steeds baie stewig was, is dit tot sy oorspronklike glorie herstel. Slegs die ‘broekie lace’ moes herstel word en die logiese stap is geneem om elke slaapkamer met sy eie volledige badkamer toe te rus. Die sitkamer is omskep in ‘n proelokaal, terwyl die oorspronklike eetkamer nou die sit- en eetkamer is, met die kaggel wat die gesellige atmosfeer versterk. Almal van ons wat die outydse plaaskombuise geken het, sal verstaan dat die ou kombuis gerestoureer en gemoderniseer moes word, terwyl die agterste stoep, wat op ‘n stadium ‘n groot orgidee-boerdery van ‘n vorige predikant moes huisves, afgebreek en herbou is.

24

Leefstyl

Augustus • September 2013


Augustus • September 2013

Leefstyl

25


Trailblazer van Chevrolet:

A

s jy ‘n klompie jare al goeie en slegte stories opdis en ook heelparty keer al deur mediabekendstellings is waar die produk se goeie voetjie voorgesit word, raak die kans om opgewonde of beïndruk weg te ry, al kleiner. ‘n Maand of wat gelede het ‘n klompie mense vir ‘n paar sessies by Killarney byeengekom om bietjie die nuwe generasie voertuie in die GM-stal onder hande te neem. Een van hulle was die nuwe Isuzu-bakkie en ‘n ander was Chevrolet se Trailblazer wat die hindernisbaan na ‘n kalfie laat lyk ...... en inderdaad beïndruk het. Trailblazer se vastrapbeheerstelsel of sogenaamde ‘traction control’ werk soos ‘n bom wanneer daar nie vir elke wiel vastrapplek is nie. Dan draf hy ‘n moeilike terrein sommer oorkruis kaf soos ‘n krap - Enigiets van moddergate tot uitdagende steil kliphellings of sand. Chevrolet se alles-in-een-leefstyl SUV het sedert sy bekendstelling 10 maande gelede reeds ‘n stewige spoor getrap in die plaaslike mark. Met heelparty eienskappe waar die Trailblazer as die klasleier voor vat, is die waarde vir geld ook nie te versmaai nie. Geen wonder die Trailblazer het onlangs die hoogste punt in die SUV-klas in twee top-motortydskrifte se kompetisie behaal nie. Trailblazer het ‘n sterk, maar maklik-op-die-oog-ontwerp, fyn gebalanseer met ‘n selfvoldane voorkoms wat dadelik byval vind.

26

indrukwekkend

Skuif agter die stuur in, verstel die gemaklike sitplek nommer pas ...en die lang pad kan maar kom. Die volop spasie maak van die Traiblazer ‘n perfekte gesinsvoertuig wat ook by kinders baie gewild is juis weens praktiese uitleg met sewe sitplekke (vir die ekstra maatjies of skoolkar).

Die Trailblazer

... bied 5 modelle - van ’n 2,5 liter 4x2-model tot ’n 3,6 liter petrol-V6 4x4-model ... se sleepvermoë is tot 2 950 kg ... se instrumentepaneel is modern. ...se 3de ry (2) sitplekke vou weg in die vloer vir meer laairuimte. ... se ekstra beenruimte vir sy tweede ry-passasiers val op. ... se 2,8 liter-turbodiesel-model ontwikkel ’n stewige 132 kW teen 3 800 r/min en 440 Nm wringkrag teen 2 000 r/min en

Motors

maak van hom ‘n kragtige opsie. ... se grootboet is die 3.6 LTZ 4x4 met 6-spoed outomatiese ratkas en ‘n bielie kraglewering van 176 kW en 329 Nm. ... het skyfremme voor en agter ... se onafhaklike vere agter dra beslis by tot ‘n sagter rit en die elektroniese stabiliteitsbeheer gee die nodige gemoedsrus sou die voertuig begin gly. ... kan vir ekstra pakplek ‘n dakrak dra met 100kg gewig ... het grondvryhoogte van 231 mm Alle Trailblazer-modelle beskik standaard oor sewe sitplekke waarvan die agterste kan platvou, lugreëling, allooivellings, multikontroles op die stuur, misligte voor, elektriese vensters, USB-sok op die radio, bluetooth, spoedkontrole,ABS met EBD en BAS en vier lugsakke. Die waarborg is 5 jaar/120 000 km en die diensplan is 5 jaar of 90 000 km. Hou die Trailblazer maar dop!

Augustus • September April • Mei 2013


CAR MAGAZINE SE NO.1 SPORTNUTSVOERTUIG!

VERGELYKENDE TOETS WENNER - LEISURE WHEELS BESTE SNV / OORGANGSVOERTUIG VIR 2013 - CAR MAGAZINE

CHEVROLET TRAILBLAZER 2.5 LT 4X2 HANDRAT Ook beskikbaar in 2.8 LTZ 4X2 Outo, 2.8 LTZ 4X4 Handrat, 2.8 LTZ 4X4 Outo & 3.6 V6 4X4 Outo

PERDEBERG MOTORS PIKETBERG MOTORS SITRUS MOTORS

Augustus • September 2013

Bokomoweg 24, Malmesbury

Tel: 022 482 1158

Langstraat 53, Piketberg Voortrekkerweg 37, Citrusdal

Tel: 022 913 1113 Tel: 022 921 2121

Gesondheid

Vertoonmodel mag verskil. Behoudens Foute & Weglatings.

27

6407 ADMAKERS.COM

BESOEK ONS VANDAG VIR ’N TOETSRIT!


Eers was

Alles verloren nou triomfantlik Z: Hoe het jy by wynmaak betrokke geraak?

Ek is op ‘n wynplaas gebore en het hier grootgeword. Later het ek wyn begin gebruik en begin belangstel.

Z: As jy nie in die wynbedryf was nie, wat anders sou jy doen?

Seker maar visvang en wyn drink! Nee, op ‘n ernstiger noot. Ek sou sekerlik in boerdery / landbou gewerk het.

Z: Wat doen jy as jy nie by die kelder is nie?

Daar is baie werk op die plaas, anders as wyn. Ek moet die druiwe produseer waarmee ek wyn maak. Die res van die tyd is ek in die veld (op jag!!!) of op die see of langs ‘n braaivleisvuur.

Z: As jy op enige ander plek in die wêreld kon wyn maak, waar sou

A

s jy op die stoep van die pragopstal staan en die asemrowende uitsig oor die Riebeekvallei inadem, brand die skrille kontras van hierdie plaas se naam jou amper seer.

Klaarblyklik uit die niet, puin-as opgebou, smeekroep hy amper vir ‘n nuwe naam wat die ander uiterste van Allesverloren kan beteken. Hier is die grond as buitepos meer as 300 jaar gelede aan ‘n weduwee Cloete toegeken. Toe die familie een goeie dag vroeg in die 18de eeu terugkeer ná ‘n kerkreis en aanskaf van voorrade op Stellenbosch, het hul volgens oorlewering ‘n geplunderde plaas en afgebrande opstal aangetref. Alles verloor. Vandag is Allesverloren een van ons land se bekende spogwynplase. Sedert 1972 in die besit van die Malans het Allesverloren vandag ‘n ryke erfenis. Eienaar/wynmaker Danie is die vyfde geslag Malan hier en spog reeds met ‘n lang lys internasionale toekennings vir hul top-wyn. de moZáik het Danie gepols met ‘n paar vrae.

28

Wyn

dit wees en hoekom? Daar is nie ‘n ander plek in die wêreld waar ek wil wyn maak nie. Die Swartland het my nog altyd gefassineer en ek is daar nog lank nie klaar wyngemaak in die streek nie.

Z: Wat is die beste bottel wyn wat jy ooit gedrink het? Dit was ‘n Penfold’s La Grange Hermitage 1979

Z: Watter wyn wat jy nog nie gemaak het nie, sal jy graag wil maak? Sal nogal ‘n Goeie Sauvignon Blanc (Swartland) wou doen.

Z: En jou gunsteling wyn?

Allesverloren Cabernet Sauvignon. Hy hap–hap aan Klipdrift Premium se agterent!

Z: Die beste wyn wat jy nog gemaak het?

Daar is 3: Allesverloren Shiraz 1996; Allesverloren Reserwe Port 1997 en Allesverloren Tinta Barocca 2001.

Z: Watter karaktereienskap van jou is daar in jou wyn?

Die wyn is gemaklik om te drink en dis reguit - soos ons Swartlanders is! Die wyn is nie vol fiemies nie en net eerlik!

Augustus • September 2013


Blomme -prag

Dis blommetyd in die Swartland en Weskus en oral versier plate blomme die omgewing. As jy ‘n blomme-uitstappie beplan, skakel gerus die Weskus-blommelyn by 071 320 7146 om uit te vind waar die blomme op hul beste is.


Great and interesting

APS for Android

I

n this day and age you are constantly connected to your friends, social media and news stations via your smart phone. You plan your life on that thing that sits in your pocket and if you loose it, it seems as if you’ve lost a limb. Cellurlar phones have come a long way since the days of only sending and receiving texts and making phone calls. Not only does your phone keep you connected, but it brings you lots of pleasure and entertainment. Now waiting in a car outside your child’s school or in the line in the bank is not so dreadful anymore!

Wikipedia

(Free) Our favorite cheat sheet launched an official Android app in January, allowing you to fluidly search, clip, and share entries through your device. There are loads of third-party clients, but this is the cleanest, most authentic Wikipedia experience available in the Android Market

Opera Mini 7

(Free) If you’re on a data diet, Opera Mini 7 is the fastest, most backward-compatible mobile browser on the market. You won’t get Flash support or all the features in Dolphin Browser HD, but Opera’s servers compress webpages so much that Mini only requires onetenth of the bandwidth of a traditional mobile browser.

Flipboard

Flipboard, the popular, excellent social reading app made famous on the iOS platform, has finally arrived on Android smartphones, losing very little in translation. Flipboard aggregates Web content, from news clips to videos, in a clean, gorgeous magazine-style layout.

Angry Birds Space Premium

(Free) Angry Birds Space adds a new spin to your favorite guilty pleasure: gravitational pull. Set against a backdrop of meteors, planets, and stars, this is the best spin-off from the original Angry Birds app. Angry Birds Space adds new levels, bonus rounds, and a gorgeous, buttery-smooth interface.

30

Dropbox

(Free, additional space available) The original cloud storage service, Dropbox has a clean, sleek Android app that rivals the iPhone version in terms of style. Dropbox’s terms are pretty well known: the free version will allow you to have up to 2GB of files seamless synched between devices and stored online. The app puts all those files at your fingertips, easily allowing you to view, download, and share what you need when you need it.

Goodies and Gadgets

Snapseed

(Free) While Instagram may have cornered the market for filtered photo-sharing on the fly, Snapseed offers much deeper photo editing tools for free. While not quite as powerful as Photoshop, Snapseed can bring a whole new level to pictures on your mobile device.

Augustus • September 2013


Vandeesmaand se resep kom uit Jacobsbaai, seelangs tussen Paternoster en Saldanhabaai. Sanet Verster, bekende spysenier, deel haar heerlike Springbokskenkel-resep met ons. Sy glo dat goeie kos en diens duur is en spits haar juis daarom toe op privaatfunksies en kleiner spogtroues asook wyn- of brandewyn-proeaande. Die Herberg Gastehuis het al sedert sy ontstaan in 2005 ‘n goeie naam weens Sanet se kosvernuf, maar ook weens die foutlose beplanning waarmee sy projekte aanpak.

Springbokskenkels

met songedroogde tamaties en olywe

Bestanddele:

4 x skenkels (springbok/ rooibok/ blesbok) 2 Groot uie 1 Knoffelhuisie Sout en grofgemaalde swartpeper 100 ml koekmeel 2 Blikkies tamatiepasta (70 g) 1 Blik gekapte tamaties (400 g) 1 Pakkie songedroogde tamaties (125 g) 500 ml goeie rooiwyn 100 g swart olywe 2 ml oreganum 2 ml basilie 2 ml sout (of na smaak)

Metode:

Verhit die oond tot 180 grade celsius. Sny skenkelbeen korter. Geur met vars gemaalde swart peper en sout. Plaas koekmeel in ‘n plat houer en bedek die skenkels met die meel. Braai die skenkels in ‘n pan tot bruin in olyfolie. ‘n Swaar-boom oondbak met ‘n deksel (wat in die oond ook gebruik kan word) werk goed. Verwyder vleis uit pan en hou eenkant. Sny die uie in dik ringe en braai in dieselfde pan tot effe bruin, maar nie pap nie. Plaas die gebraaide skenkels terug in die oondbak, plaas die uie boop en strooi die oorblywende koekmeel bo-oor. Meng die tamatiepuree en geblikte tamaties met die oorblywende speserye en rooiwyn. (Die wyn kan vervang word met vleis-ekstrak – gebruik dan minder sout.) Gooi die vloeistof oor die vleis en bedek met ‘n lagie foelie. Plaas deksel op. Bak in die oond vir ongeveer 1 uur. Verminder die temperatuur na 140 grade c, of totdat die vleis sag is. Die vleis moet nie van die been afval nie. Indien die vloeistof min raak, vul aan met ‘n bietjie kookwater. Voeg songedroogde tamaties en olywe by. Bedien met kapokaartappels en vars kruie (indien beskikbaar). Augustus • September 2013

Resep

31


What's HAPPENING ELANDS BAY

R1 995 000

ENTERTAIN AND AWESOME VIEWS 4 Beds 4 Baths Web 298 563 Modern double storey family house. 3 Bedrooms en-suite. Open plan kitchen, dining room and living area leads to a big balcony with braai, pizza oven and spectacular views. Annerine Hayes 083 457 0467

LANGEBAAN

17 Augustus

NG Kerk Basaar Veldrif 022 783 0046

18 Augustus Nasionale Jongwyn SKou

Org de Rac www.youngwineshow.co.za

R2 385 000

6-8 September Voorkamerfees Darling 082 321 7542

GOLF LANDGOED 4 Slpk 2 Badk 2 M/huise Web 298 606 Hierdie moderne woning is geleë op die Gary Player White Knight golf landgoed met noord-aansig oor die golf landgoed. Dubbel volume, oopplan en 'n lekker leefhuis. Merle Nicholls 082 365 0559

PATERNOSTER

R3 285 000

19/20-22 September Dukitt Nurseries Orchid Show Darling 022 492 2606

PLEK VIR DIE HELE GESIN 4 Slpk 3 Badk Web 299 044 Hierdie ruim 3de ry strandhuis het 4 slaapkamers, 3 badkamers, ‘n pizza-oond, ‘n beskutte binnehof en lieflike uitsigte vanaf die dakstoep.

27 September Bravo Fees

Club Mykonos, Langebaan

Marina Enslin 073 322 7550

SALDANHA

R585 000

28-29 September

Shiraz & Art Weekend Riebeek 022 448 1545 BUY TO LET 2 Beds 1 Bath 1 Garage Web 298 604 5 Min stroll to beach, neat 2 bedroom, 1 bathroom, open plan kitchen with indoor braai in lounge/dining room. Fully walled, animal friendly yard. In quiet safe area.

4-7 September Moorreesburg Skou 13Malmesbury September Skou Dans 022 482 3180

20-22 September

Annual Darling Wildflower Show Darling

28 September

Yzerfontein Galjoen Derby 083 3796 044

3-5Malmesbury Oktober SKou SKougronde 022 433 2461

Elma Steyn 082 080 5302

32

17 Augustus

Porteville 150 Feesviering Porteville 022 931 3732

What’s Happening

Augustus • September 2013


Flaminke is ‘n algemene gesig aan die Weskus.

Augustus • September 2013

Events

33


Restaurantgids

34

Darling Brig’s Barn

022 492 2451

Hermon Bartholomeus Klip Farmhouse

082 322 1758

Jacobsbaai Weskusplek

022 715 3333

Langebaan Boesmanland Plaaskombuis Bouzouki’s Cattle Baron Dockside Café The Farmhouse Hotel Friday Island Geelbek Lekka by die See

022 772 1564 022 707 7796 022 772 1131 022 707 7896 022 772 2062 022 772 2506 022 772 2134 082 899 6377

Malmesbury Barry’s Beef and Barrel Cardelli’s Cherry Lane Die Herehuis Janno’s Sabino Spur

022 482 1372 022 487 1744 022 482 2877 022 487 1771 022 487 2091 022 487 1511

Moorreesburg De Oude Stoep Die Hut Die Kuns Kombuis

022 433 3154 022 433 2665 022 433 4749

Paternoster Blikkie Pizzeria Oep ve Koep Garden Bistro Skatkis Restaurant

022 752 2246 022 752 2105 022 752 2023

Piketberg Archers Bistro Fat Catz Café/Restaurant Mountain Creek Spur

022 913 3651 022 913 1076 022 913 1819

Porterville Koppikoffi Plattelander

022 931 3877 082 773 1200

Riebeek Kasteel BBBS Café Felix Country Inn Bistro Ed’s Diner The Royal Hotel

022 448 1031 022 448 1170 022 448 1110 022 448 1377 022 448 1479

Riebeek West De Oude Schuur Pleasant Pheasant Riebeek Valley Hotel

022 461 2122 022 461 2170 022 461 2672

Saldanha Blue Bay Lodge Captains Cabin Hoedjiesbaai Hotel Jane’s Guest House

022 714 1177 022 714 1716 022 714 1271 083 900 7923

Vredenburg Legends Ocean Basket Yukon Spur

022 719 1820 022 713 2998 022 713 4569

Yzerfontein Meeurots Restaurant Weskus Padstal

022 451 2608 082 351 2722

Restaurant Gids


Augustus • September 2013

Dienste

35


* book early & save up to

40%

sTep inTo a differenT culTure each TiMe you sTep ashore

explore the many beautiful coral reefs, exotic landscapes & vibrant culture of the indian ocean islands and the south West coast of africa. What better way to experience them than on a cruise? Mozambique

durban > porTuGuese island

PORTUGUESE ISLAND

From DuRbAn 17 Jan ‘14 > 20 Jan ‘14 Other Departures: Most Fridays nov ‘13 - Apr ‘14

DURBAN South Africa Indian Ocean

Mozambique PORTUGUESE ISLAND

MSC OpERA 3 night

durban > MapuTo > porTuGuese island

MAPUTO

DURBAN South Africa

Indian Ocean

BARRA LODGE Mozambique PORTUGUESE ISLAND MAPUTO

DURBAN South Africa

Indian Ocean

From DuRbAn 20 Jan ‘14 > 24 Jan ‘14 Other Departures: Most Mondays nov ‘13 - Apr ‘14

MSC OpERA 4 night

durban > MapuTo > porTuGuese island > barra lodGe From DuRbAn 17 nov ‘13 > 22 nov ‘13

MSC OpERA 5 night

From

r2 933

per person

From

r3 059 per person

From

r3 659

per person

Kids Sail Free offer subject to a maximum of 2 children under the age of 18 sharing a 4 berth cabin with 2 adults, mandatory charges still apply.

Contact your nearest ASATA Agent or

Call MSC Cruises

031 303 3572

or to book online visit

www.msccruises.co.za The Mediterranean way of life

All rates are per person based on 2 people sharing Cat 3 inside cabin, subject to availablity and to the MSC Cruises dynamic pricing policy. Rates advertised exclude mandatory port, baggage, insurance and service charges. *Early booking offer of up to 40% saving already included in the price. Single supplement applies. T&Cs Apply. E&OE.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.