Volume 23

Page 1

Volume 23

Swartland & West Coast

Weskus-geheime: Van Vredenburg tot Bergrivier Travel to tantalising Tallinn

Volume 22

e Fre

Z

Leefstyl • Lifestyle

tis

Renosterveld bewaar en bekoor

op reis na die Swartland

Gra

Jak

/

1


2

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22

Volu


Volume 22

Z

Leefstyl • Lifestyle

3


INHOUDSOPGAWE 10-11 Legende van Vredenburg steeds raaisel

26

6-7 Bekoring van die renosterveld

8 Jak se reise neem hom na die platteland 6-7 8

Bekoring van die Renosterveld

Jak se reise neem hom na die platteland

9 10-11 13

Passie by Pest Control Laat waai met die skĂŞr

16-17

20-21

4

West Coast Tourism in bloom Die legende van Vredenburg ...naam steeds 'n raaisel

14

18-19

22-23 Lize vind vrede in die water

Elegance at home

Deur die lens van: Armien Vesamian Tuis op Tulbagh

22-23

24-25 26

Lize Beekman vind vrede in die branders en sand Tantalising Tallinn Bergrivier en varke het geheime

28-29 Die stiltes van Stilbaai 32 In goeie smaak: Stapelburger vir Kontreiers 33

34 35

Z

Leefstyl • Lifestyle

Restaurantgids What's Happening Business Index

Volume 22

Volu


From the Editor Van die Redakteur Van die renosterveld tot die Weskus, ons sien dit als Die kalender bly mos maar deurlopend aan die beweeg en ons trek ial n die middel van die jaar. Die eerste vyf twaalfdes het ons vaarwel geroep en die raps minder as 30 weke wat oorbly, sal net soos 'n voortstomende stoomtrein die dae en weke laat verbyvlieg. Gelukkig hier in die Swartland en Weskus kan ons ons elke dag verkyk en soms vergaap aan al die natuurskoon en mengelmoesskoonheid wat ons met perfekte reëlmaat seisoen vir seisoen dag na dag begroet. We pick the brain of Stephen Cousins, the doctoral student who applies his time, energy and love for nature all in the preservation of the famous and beloved renosterveld that is the heart and soul of the Swartland. It is, after all, the reason for the region's name. Ons staan bietjie stil in ons eie Weskus en kuier op Vredenburg, waar daar vandag nog gewonder word oor hoe die dorp nou regtig sy naam gekry het. Net 'n klipgooi verder, by Velddrif, hoor ons 'n vreemde geluid. Dit klink dan amper soos 'n varkie in die vlei! Ons delf 'n bietjie verder in die Bergrivier om agter die kap van die spreekwoordelike byl of die gesnork van de varkie te kom. In our travels, we hop on a plane, and land in

Tallinn, where the crisp coldness of spring is still in the air. This, what is known as the smallest part of Russia, is breathtaking this time of the year and well worth the visit. Afrikaanse musiek se Lize Beekman met haar fluweelstem en liedjieskryf-pen, het geen bekendstelling nodig nie. Ons gesels met dié Afrikaanse sangeres oor 'n koppie koffie en leer ken die mens agter die stem en hoe sy deur die diepe waters van die lewe gaan en steeds kop bo water kan hou. Ons voorbladman is niemand anders as Jak de Priester wat (seker met Sally Williams nougat in die kies) ons deesdae op die kassie weekliks saam met bekendes op reis neem na hul grootwordjare en -plekke. Hy gesels oor sy 15 jaar in die musiekbedryf en vertel van opkomende toer. Daar is 'n heerlike resep vir kontreiers om 'n beesvleisburger op te stapel en ons kuier op Malmesbury by Armien Vesamian wat ons 'n kykie gee op sy besondere fotokuns. Synonomous with variety, we all love our West Coast and Swartland. Take to the countryside, explore your own surroundings and get to know the sand beneath your feet. Till we meet again. Safe travelling!

Editorial Team Publishers Johan Viljoen & John-Beattie Paterson

Content Johan Viljoen Izelle Garcia Charlotte Lesch Clifford Roberts Alida Buckle Jaco Coetzee

Photography Cor Cronje Johan Viljoen Alida Buckle Armien Vesamien Clifford Roberts Maryke Roberts Adrian Venter

Marketing JB Paterson - jb@demozaik.co.za Desire Kriel - desire@demozaik.co.za Karin Neethling - karin@diecourant.co.za Marietjie Nel - marietjie@diecourant.co.za

Layout and Design Izelle Garcia Schalk Eygelaar Die bekende en gewilde meisie van Gobabis, Juanita, het op Malmesbury opgetree voor 'n stampvol gehoor. Sy het 'n tydjie afgeknyp om opgewonde 'n kopie van Volume 22, waar sy op die voorblad pryk, te teken.

Contact Tel: 022 487 3221 jb@demozaik.co.za www.demozaik.co.za www.facebook.com/DeMozaikMagazine

Volume 22

Z

Leefstyl • Lifestyle

5


Renosterveld Bekoring van die

deur Charlotte Lesch

D

ie renosterveld in die Swartland, wat bekend is vir sy donkergrys kleur van die renosterbos en waarskynlik die oorsprong van die streek se Swartland-naam, kan op die oog af oninteressant voorkom. Dié plantegroei hou egter baie wonders in waarvan min mense weet, maar nie misgekyk kan word nie. Hoewel vaal in die somer, verander die renosterveld in ‘n blommeparadys in die lente. Daar kom tot 31 verskillende spesies binne slegs een vierkante meter renosterveld voor, waarvan baie van dié spesies nêrens anders ter wêreld te sien is nie. Die renosterveld bevat ‘n derde van die plantspesies wat in die hele Kaapse blommestreek (Cape Florist Region) voorkom. Oud-Johannesburger Stephen Cousins, ‘n plantkundige wat hom beywer vir die bewaring van dié plantegroeisoort, vertel graag hoe spesiaal én bedreig die renosterveld is. Hy is tans besig met sy doktorale navorsing oor die renosterveld en wil ‘n groter begrip help skep oor die belangrikheid van ‘n brand binne die renosterveld. Hy fokus ook op die hervestiging van die renosterveld wat bedreig word deur bloekombome. Cousins, wat buite Riebeek-Kasteel op 'n plaas woon, werk ook saam met die Swartland Munisipaliteit en Cape Nature om twee oorblywende renosterveldgebiede te bewaar en as natuurreservate te laat verklaar. Hy het sy BSc.-graad in plantkunde én zoëlogie aan die Wits Univeriteit verwerf. Daarna het Cousins sy honneursgraad in dieselfde onderwerp in 2009 voltooi. Hy het 'n jaar later die liefde vir die Wes-Kaap en sy unieke plantegroei begin ontwikkel toe hy sy meestersgraad op die waaieraalwyn gedoen het. Hy verduidelik hy moes uiteraard op verskeie velduitstappies gaan om sy tesis te voltooi. “Ek was verstom deur die ongelooflike diversiteit van plante wat in die Wes-Kaap groei,” voeg hy by. Hy is kort daarna sak en pak Kaap toe vir ‘n jaarlange internskap by SANBI by die Kirstenbosch Botaniese Tuine, waar hy by die Bedreigde Spesieprogram betrokke was. Dit is in dié periode waar sy belangstelling in renosterveld gekweek is. Cousins het só die Overberg Renosterveld Bewaringstrust besoek

6

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22

Volu


Stephen Cousins, plantkundige wat hom bemoei met die bewaring van plantspesies in die Kaapse blommestreek, is in sy element in die renosterveld.

(ORCT), waar hy geleer het hoe uniek én bedreig die plantegroei-soort is. Hy is geïnspireer deur die werk wat die trust doen om die renosterveld binne daardie streek te bewaar. Dit het dartoe gelei dat hy besluit het om sy studies voort te sit en vandag is hy ingeskryf aan die Universiteit Stellenbosch se Ekologie en Entomolie Bewaringsdepartement, waar hy met sy doktorsgraad (PhD) besig is. Cousins is passievol oor sy werk, maar ook om dit wat hy doen, met ander te deel. Hy neem graag mense op velduitstappies na die renosterveld om te wys watter wonderlike plantegroei-soort dit is en watter skatte dit inhou. Dit is vandag steeds nie heeltemal duidelik waar die renosterveld eintlik sy naam vandaan kry nie. Daar is twee moontlike verduidelikings, sê Cousins. Die renosterveld was lank gelede die habitat van die swart renoster, wat later deur die mense uitgeroei is of die grys kleur van die renosterveld herinneraan dié van die renosters. Daar is vandag minder as 5% renosterveld oor in die hele Swartland, wat na alle waarskynlikheid sy naam aan dié plantegroei kan toeskryf. Daar is oorspronklik na die Swartlandstreek as Het Zwarteland verwys deur die eerste Nederlandse besoekers hier. Met hul koms was die gebied bedek onder die donkergrys renosterveld wat byna swart in die somermaande verkleur. Dit was inderdaad ‘n swart land. Dié plantegroei kom natuurlik op baie vrugbare grond voor en word juis daarom Volume 22

bedreig weens grond wat omgeploeg word vir landboudoeleindes. Renosterveld word vandag grootliks op styl hellings of klipagtige areas wat nie geskik vir landbou is nie, aangetref. In die Overberg word renosterveld ook bedreig deur die onwettige ploeg van grond. Verdere bedreigings sluit uitheemse plantegroei, oorbeweiding en brande in. Die feit dat die renosterveld bedreig en daar ook min daarvan oor is, maak dit nog belangriker om te bewaar. Bolplantspesies binne die renosterveld, maak dié tipe plantegroei verder uniek. “Dink net aan Darling wat so gewild is vir sy veldblomme. "Daar word dikwels na renosterveld verwys as die Aspoestertjie van plantegroei,” vertel Cousins. Dit word toegeskryf aan die verandering in voorkoms wat die renosterveld in die verskillende seisoene ondergaan. Vir hom is die bolplante seker van die mooiste plante binne die renosterveld, maar hy sukkel om een uit te sonder. “Daar is baie mooi spesies in die Iris-familie, soos die Moraea, Sparaxis, Babiana, Romulea en die Ixia, maar so ook binne die Hyacinth familie soos die Lachenalia (Viooltjie) en die Ornithogalu m (Chincherinchee). "Renosterveld kom grootliks in die Wes-Kaap voor, waar dit in die vrugbare laaglande van die Overberg, Boland en die Swartland aangetref word. "Dit is deel van die fynbos-bioom, ‘n groot

Z

Leefstyl • Lifestyle

ekologiese gemeenskap wat hoofsaaklik bestaan uit fynbos, renosterveld en die strandveld. Daar word algemeen na renosterveld verwys as struikagtige grasland of grasserige struikland. Dit bestaan uit ‘n mengsel van grasse en struike wat hoofsaaklik binne die "daisy"-familie en bolplante val. Die renosterveld word onderskei van fynbos, aangesien die plantegroep baie min spesies van die protea-, erica- en restio-families bevat, terwyl dié families weer baie algemeen in die fynbos voorkom. Renosterveld het voorheen as habitat vir veral groot kuddes herbivore, soos elande, bontebokke, bergsebras, rooi hartebeeste en gemsbokke (en die renoster soos vroeër genoem) gedien. Die uitgestorwe bloubok en kwaggas het ook voorheen in die renosterveld voorgekom. Vandag kom slegs kleiner boksoorte soos die steenbok, grysbok, Kaapse grysbok en die duiker daarin voor. Ook kleiner roofdiere soos die Kaapse jakkals, die bakoorjakkals en die rooikat word hier aangetref. Cousins is aan die stuur van CREW (Custodian of Rare and Endangered Wildflowers) waar hy uitstappies in die Riebeekvallei en Malmesburyomgewing lei om die skaars en bedreigde plantspesies te monitor. “Ons versamel data wat na SANBI geneem word, waar dit verder vir bewaringsdoeleindes geassesseer word,” vertel hy. Hy en sy werk kan gevolg word op Facebook by www.facebook.com/swartlandbotanics.

7


Jak se reise neem hom na die platteland V

anjaar merk presies 15 jaar nadat Jak de Priester op die Afrikaanse musiekfront verskyn het met sy trefferliedjie, Sally Williams Nougat. Die Afrikaanse sanger, skrywer en televisiepersoonlikheid se loopbaan het in 2003 afgeskop, ná hy die ATKV Crescendo-kompetisie gewen het. Dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ op te neem. Ongeveer 15 jaar later het hy reeds nege vollengte studio-albums agter sy naam. Jak de Priester het vanjaar afgeskop met ‘n splinternuwe oorspronkike album en sê terselfdertyd dankie vir sy 15 fantastiese jare as sanger en liedjieskrywer in die temalied van die konsert, 15 Jaar, met klavier en kitaar. Alles nuwe liedjies uit sy eie pen. Een kinderalbum en -dvd, twee boeke, ‘n paar gewilde kenwysies op die televisie en selfs die aanbieder van ‘n gewilde reeks op Kyknet getiteld, Reis na Gister. Hy vier sy 15 jaar in die bedryf met ‘n splinternuwe album-vrystelling getiteld 15. Die nuwe album bestaan uit 17 splinternuwe liedjies en ‘n paar interessante samewerkings soos met die pianis, Charl du Plessis, en sangers Jannie Moolman en Steve Hofmeyr. Die konsert

8

maak hier en daar plek vir ‘n ou bekende oor die laaste 15 jaar, maar bestaan hoofsaaklik uit nuwe oorspronklike liedjies. Van tong-in-die-kies soos “Niemand neem hul kwalik”, tot dieper, ernstiger werk soos ”Vriendskap se water” en die lied “Boervrou” wat hy vir sy ma geskryf het. In die liedjie, Afrikaans my taal, vertel Jak die storie van hoe hy verlief geraak het op Afrikaans toe hy jare gelede in Londen gebly het en hoe dit ongetwyfeld die taal van sy hart en kuns geword het. In die program “Reis na Gister” word Jak gereeld geïnspireer deur die lewens van sy gaste en soms kan hy nie anders as om ‘n liedjie te skryf nie. Die liedjie "Stuur liefde aan ou Toks" is geïnspireer na sy dag saam met Toks van der Linde op Senekal. Dan is daar ook die temalied van die Koos Roets-film "Hoener met die rooi skoene". Die samewerking met die Steinway-pianis, Charl du Plessis in die liedjie “Bo blink Boogie Woogie” maak ‘n lekker vyftigs saamdans-treffer in Afrikaans. Nog titels wat die hartsnare mag roer, is "Kleinmond gedig", "As is verbrande hout", “Alles vir liefde”, “Mika se song” om net ‘n paar te noem.

Z

Leefstyl • Lifestyle

Hy skryf ook die temalied vir Kyknet se programme ’10 uit 10’ asook ‘Reis na Gister’, waarvan hy ook die aanbieder sedert 2012 is. Jak word die Brooklyn Poet genoem, omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die "Groenkloof Spar" en die "Brooklyn Mall". Hy is bekend vir sy lirieke, aangesien dit handel oor gebeurtenisse waarmee meeste hulself mee kan vereenselwig. Jak is ‘n baie diverse kunstenaar en akteur wat van dorp tot dorp toer met sy groep of pianis. Sy se vertonings is vol komedie, nostalgie en beste van alles, sy mooi musiek wat jou terug na plekke van die verlede sal neem. Hy skop eersdaags sy toer vir sy nuwe album af en is ook plaaslik by die Gouda Hotel te sien. Dit is sy grootste projek dié jaar. Die datums vir opkomende vertonings is 22 Junie – Riversdal, 23 & 24 Junie – Die Boer, Durbanville, 25 Junie – Gouda Hotel om 14:00, 12 Augustus – Bordgienhuis, Wellington, 13 Augustus – Picardi Place, Rawsonville, 18 Augustus – Brackenfell en 19 Augustus – Drosdty Teater, Stellenbosch. Bespreek jou plek by info@jakdepriester.co.za of besoek sy webblad by www.jakdepriester.co.za.

Volume 22

Volu


Photos: Adrian Venter

Phot

West Coast Tourism in bloom

T

ourists, visitors and residents of Vredenburg will soon have the opportunity to get information and other related services at the newly restored and renovated Station Building, which will serve as the new head office of the Saldanha Bay Tourism Organisation (SBTO). The building was originally built in 1914 and is situated next to Main Road opposite the Shell Garage. According to Annalie van der Merwe, SBTO Manager, the personnel are looking forward to start working in such a remarkable and historical building. They are driven to exceed expectations because of their passion and love of the West Coast. “We had to start the building project from scratch. To make the building habitable it had to be rebuilt and all the basic amenities had to once again be installed. "The walls and foundations were the only things left to start with.” Walking through the nearly finished building, Van der Merwe and her colleagues’ enthusiasm for the whole project became apparent. They could already envision the modern interior and already knew where each one will be sitting when they move in at the beginning of June. On walking in, visitors will be greeted by the Volume 22

Receptionist and ample waiting room. Coleen Paul, Operations Manager, and Edith Gomez, Information Officer, will be seated at desks behind a glass panel and doors, with a few of the front door. The manager’s office on the right, as you walk in, will have conference facilities and the left side of the building will house the kitchen, toilet and storage room. The offices front door will actually be on the back of the building facing Main Road with an entrance and exit road from and to Main Road. The idea the Station Building should be used as a tourism information centre has been around for decades, said Van der Merwe, and renewed discussions were held since 2013 to renovate the old building and surrounds. SBTO’s offices in Langebaan and Paternoster will still serve as Tourism Hubs with an office in Saldanha a possibility. The building will be the SBTO’s main administrative head office and visitor information centre with an internet café. Van der Merwe emphasized that adequate safety measures will be put in place once the construction is concluded, such as an alarm system, armed response, CCTV cameras and monitoring, an electric fence and strict access control. Van der Merwe said that they want to be an all-in-one stop for tourism services.

Z

Leefstyl • Lifestyle

By Alida Buckle The SBTO wants to develop new tourism products, markets and service providers as well as support and develop existing infrastructure and products. They work jointly with government, the private sector and the community. The SBTO also facilitate economic development possibilities for the whole community on the West Coast. They also showcase the region to local and international visitors. “The personnel are very excited about working and enhancing the Saldanha Bay municipal area’s tourism from this historic building. To think we started off in a corner in the Vredenburg Library, then situated above the now FNB offices in Main Road. “To us it is a huge leap forward. The central locale will also make is easier for tourists and members of the community to find and utilise our office,” said Van der Merwe. Saldanha Bay Tourism Organisation is the official Tourism body of the Saldanha Bay Municipal area (Langebaan, Saldanha, Jacobsbaai, Vredenburg, Paternoster, St Helena Bay and Hopefield). They offer an extensive marketing service to the tourism members within the organisation. Their official objective is: to bring together the uniqueness of each West Coast town and market the diversity and experience of the area, striving to exceed expectations.

9


Die legende van

Vredenburg ...naam steeds 'n raaisel

H

oe Vredenburg, in die Saldanhabaai munisipale gebied, sy naam gekry het, is ‘n legende wat die wat weet en selfs die wat nie werklik weet nie, maar alte graag oorvertel. Dat twee boere baklei het oor ‘n fonteintjie en die plek toe Twisfontein gedoop is. Dat daar later hofsake was en die plek daarom na Prosesfontein herdoop is. Ten einde laaste, so lui die legende, is dit Vredenburg genoem, ná die twistendes uiteindelik vrede gemaak het. Die waarheid oor die benoeming van Vredenburg, lyk so effe anders. Aangesien die Weskus in die 1800’s maar erg afgeleë was en die naaste kerk op Hopefield was, het van die inwoners begin bekommerd raak oor die mense se swak sedes en lae morele waardes. Kerk is volgens ou kerknotules ook maar min bygewoon. In 1862 is besluit om vier keer per jaar kerk te hou op die plase Breekmuur,

10

Z

Leefstyl • Lifestyle

deur Alida Buckle

Melkplaas, Honigklip (Heuningklip) en Oostewal. Twee jaar later, in 1864, besluit die “kerkraad van die Agterbaai” dat dit tyd is dat Prosesfontein ’n “hulpkerk” kry. Ná ‘n ondersoekkommissie in 1868 toestemming gee dat ‘n hulpkerk op die plaas Heuningklip gebou kan word, gee die eienaar, W. Baard, vyf morg grond vir dié kerk. Die kerk sou steeds deel van die Hopefieldgemeente wees. Oorvertellings lui dat die boere baie entoesiasties was oor die kerkbouery en self klippe, sand en grond aangery het. Dis dan net hier waar die naamgee-legende begin... Elkeen wou glo daarvoor bekend wees dat hy die eerste klip aangery het. Marthinus Prins het glo reeds die aand ná die aankondiging, ‘n vrag klippe gelaai en dit die volgende oggend vroeg op die voorgestelde perseel gaan aflaai. Hy was glo nog besig met aflaai, toe Coen-

Volume 22

Volu


Japie Palel Loubser in 1968 afgeneem by boorgat waaroor die twis onstaan het.

ckle

rad Walters van Noodhulp daar aankom met ‘n vrag klippe. Ds Neethling lê op 22 Januarie 1872 die hulpkerk se hoeksteen en op 15 September 1875 wei sy neef, ds. JH Neethling van Stellenbosch, die kerk in. Dit is net hier waar die betrokke inwoners besluit dat die dorp nou amptelik ‘n naam moet kry. Tot op hierdie tydstip is daar nog gepraat van Twisfontein of Prosesfontein. Die twee name spruit uit die verkoop van ‘n stuk grond van die plaas Witteklip in 1859. W.

Volume 22

Baard het dit glo verkoop aan Marthinus Prins. Voor Prins nog die nodige dokumente kon onderteken, besluit Baard glo om eerder die grond aan sy broer, Jan Baard, te verhuur. Jan Baard en die buurman, Coenraad Loubser, van die plaas Klein Witteklip, was albei veeboere en die enigste drinkplek vir albei se vee was op Baard se grond - ‘n natuurlike fontein. Dit was nie lank nie, toe breek daar ‘n hewige stryery uit oor die fonteintjie. Bure wat die bakleiery moes gadeslaan, het die plek Twisfontein begin noem. Die twis het so erg geraak dat Baard en Loubser mekaar voor die hof gedaag het. Dié regsproses het glo so lank geduur, dat mense later van Prosesfontein begin praat het. Dit is toe met die kerk se inwyding, dat die twee Neethling dominees besluit dat die twee name onvanpas is en daar opsluit op ‘n nuwe naam besluit moet word. Marthinus Prins en die Walters-familie het glo voorgestel dat die plek Prins Walter moet heet, aangesien hulle saam-saam die eerste klippe vir die kerk se bou aangery het. Daar is ook voorgestel dat dit Nazareth genoem word, maar die predikante het op die naam Vredenburg besluit, omdat die twee strydende boere intussen vrede gemaak het. (Bronne: oorspronklike dokumente en notules van NG Kerk Vredenburg.)

Z

Leefstyl • Lifestyle

11


12

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22

Volu


Passie by Pest Control P

est Control Specialists Weskus bedien die inwoners van die Weskus vir die afgelope sewe jaar, nadat eienaars Johan en Annie Reynecke, hul deure vir die eerste keer op 1 Februarie 2010 oopgemaak het. Pest Control Specialist is deel van ‘n nasionale groep, ‘The Specialists Franchise Group’ wat sedert 1978 uitstekende diens regoor Suid-Afrika lewer. Elke plaagbeheertegnikus by Pest Control Specialists Weskus, is opgelei en gekwalifiseer by ‘Pest Management Academy’ en is verder ook geregistreer by die departement landbou onder Artikel 36 van 1947. Geen plaagbeheer mag volgens wetgewing sonder dié lisensie toegepas word nie. (Dit is die kliënt se reg om ‘n bewys van registrasie tydens ‘n behandeling te versoek). Pest Control Specialists is ook geregistreer by SAPCA (“South African Pest Control Association”). Pest Control Specialists lewer effektiewe dienste aan residensiële, kommersiële en industriële kliënte. As eienaars, het Johan en Annie ‘n passie vir dit wat hulle doen en is direk betrokke by die besigheid en hul kliënte, om so

Volume 22

te verseker dat elke probleem werklik die beste aandag en diens geniet. Buiten die ondervinding, kwalifikasies en registrasie van die bestuur en hul personeel, is Pest Control Specialist deel van ‘n sterk nasionale groep wat as rugsteun met kundige spesialiste dien. Die Weskus-tak is plaaslik en sentraal geleë, wat sorg vir flink diens. "Dit is veral ‘n voordeel wat lae reiskostes vir kliënte betref. "Plaagbeheer spesialiste is op u voorstoep.” Pest Control Specialist voldoen op alle vlakke aan die standaarde binne die plaagbeheerindustrie. “U veiligheid en plaagvrye leefstyl is vir ons belangrik.” Kontak Pest Control Specialist Westcoast by 022 719 1380 of e-pos hulle by info@westcoastpest.co.za, johan@westcoastpest.co.za of besoek hulle by www.pestcontrolspesialists. co.za vir al jou plaagbeheer behoeftes.

Z

Leefstyl • Lifestyle

Raad en wenke Dit is nou winter en huiseienaars word aangeraai om op die uitkyk vir veral termiete en miere, wat tans baie aktief besig is om kosvoorraad vir die wintermaande bymekaar te maak, te wees. Rotte en muise is net so aktief in die winter opsoek na skuiling. Tekens hiervan is gewoonlik muis of rotmis, skuurmerke, kruideniersware wat aan geknaag is of selfs rekenaarkabels en ander kabels wat 'n hap weg het. Wees voorkomend, sê die Pest Control Specialists. Higiëne speel volgens dié kenners ‘n groot rol om te voorkom dat peste ‘n struktuur binnedring en oorneem. ‘n Goeie voorbeeld is wanneer daar staande water of oop en beskikbare kos is wat binne die huis gehou word. Dit lok rotte, muise, asook ander insekte soos kokkerotte en miere. Moet nie vuil borde of oorskiet kos oop laat staan nie, dit skep gunstige omstandighede vir peste. Maak lekkende krane reg, skuif yskaste en vrieskaste ten minste een keer per maand uit hulle plek en was die vloere en mure gereeld in daardie area.

13


^

Laat waai met die sker

Die middel van die jaar het aangebreek en die bome en struike het sy jas uitgetrek en bibber en beef in die koue. Dit is dan nou juis die perfekte tyd van die jaar om in te klim met die skêr en te snoei. Om jou bome en struike te snoei, is 'n belangrike onderhoudstaak en dit laat hulle hul vorm behou. Dit help ook dat die boom of struik se hoogte beperk word en die ou en onooglike hout, word so verwyder. Nie net sal dit jou bossie weer mooi laat lyk nie, maar dit stimuleer ook sy groei. Jy sal ook oplet dat jou boom groter blomme en vrugte dra as jy gereeld snoei. Een van die gunstelinge, maar ook 'n moeilike kalant om te snoei, is 'n roosboom. Dit word eerstens gedoen om die hoogte te beperk en die ou hout uit te snoei. Kies die sterkste vier stamme wat jy wil behou. Snoei die ander weg en sny die takke aan die hoofstam teen die stam af. Onthou, die snitte moet teen 'n 90 grade hoek gedoen word. Dit is wys om 'n produk soos Steriseal te

14

Z

Leefstyl • Lifestyle

gebruik om die snywonde te behandel. Maak seker dat die punte van die hoofstamme ongeveer 20cm van mekaar is. As jy 'n vrugteboom het, moet dit so gesnoei word dat die maksimum lig en lug die middel van die boom bereik. Moenie skroom om al die dooie en besmette hout uit te sny nie. Jy kan altyd van nette gebruik maak om jou bome te beskerm. Maak seker dat jou beddings skoon is en gooi 'n deklaag van kompos onder jou plante. Wees op die uitkyk vir blare met swartvlek of roes. Vernietig dit, aangesien dit nie op die komposhoop moet beland en so verder kan versprei nie. Bome en struike wat in die lente blom, moenie nou gesnoei word nie. Dit moet eers klaar blom. Hierdie is byvoorbeeld hydrangeas en spireas. As jy nou met die skê sou inklim, snoei jy die lentebloeisels af en sal die plant heelwat later eers blom.

Volume 22

Volu


Volume 22

Z

Leefstyl • Lifestyle

15


Elegance at home

16

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22

Volu


E

legance personifies this beautiful spacious North facing family home which is a haven of peace and tranquillity overlooking a green belt with views of the lagoon. This spacious home with modern finishes is in a class of its own. Elegant, yet casual living with superb indoor/ outdoor flow combine to make this gracious home with an indoor heated pool not an opportunity to be missed. Four generously proportioned sunny

Volume 22

bedrooms, each with en-suite bathrooms and lagoon views, the master bedroom has an added extra lounge area, walk in dressing room and full luxury en-suite is quite delightful. Additional private cosy lounge with fireplace. Fully fitted study with built in cupboards and desk areas. Superbly designed kitchen with large separate scullery. Double garage and covered carport – auto entrance security gate and additional parking for

Z

Leefstyl • Lifestyle

+- 4 cars. Excellent security system. The end result is a perfectly designed luxury home in harmony with nature. This unique property in Myburgh Park, Langebaan is listed by Pam Golding for R4,950,000 For more information contact Stephanie Wynne-Cole by 082 570 6540 or 022 772 2196.

17


Deur die lens van

Armien Vesamian

Armien Vesamian het as 'n tiener in Arcadiastraat op Malmesbury saam met drie vriende begin met fotografie. Eers het hulle die kombuis donker gemaak en later 'n ander vertrek as donkerkamer ingerig. Mettertyd het hulle begin sport afneem, ook vir koerante en destyds ook haas elke Sondagkoerant se voorblad gehaal met hul foto's van die trienongeluk by Ruststasie. Vesamian is 'n afgetrede Wiskunde- en Wetenskaponderwyser van Malmesbury en vertel hoe hy nou nog, al het hy oorgeskakel na digitaal (Canon 5D), steeds haarfyn beplan voor hy die knoppie druk. "Soms moet jy lank wag en weer en weer teruggaan as dit moet, om die perfekte lig en alles reg te vang vir die regte foto." Naas landskappe en "eintlik enige iets wat 'n mooi prentjie maak", neem hy ook graag foto's van Weskusmense wat deur die lewe se meule is, om hul storie sĂł te vertel. Hy het al uitstallings in Seepunt en Tulbagh gehou.

18

18

Z

Gesondheid Leefstyl • Lifestyle

Volume 2013 22 Augustus • September

Volu


2013

Volume 22 Augustus • September 2013

Z

Gesondheid Leefstyl • Lifestyle

19

19


Tuis op

Tulbagh T

ulbagh is een van daardie bekoorlike dorpies waar jy in die historiese Kerkstraat kan vergeet dis 2017 en jou oorgee aan ouwêreldse gasvryheid, gepolitoerde houtvloere en dik matrasse vir droomryke slaap, skryf Maryke Roberts. As jy lus is om wyer as die dorpsgrense te verken, is dié dorp die tuiste van sommige van ons land se geliefste wynplase, herehuise en oornagplekke. Ons gaan skuil vir ’n paar dae op Saronsberg, waar die huisies ongerepte uitsigte oor die berge en wingerde gee; jy ver kan gaan stap of kan gaan wynproe. Die gevoel wat jy ervaar as jy by die Saronsberg Wynkelder instap, is meer soos ’n tuiskoms-ervaring as wynproe. Die gebou met sy druiweprieel voor, is ’n dubbelvolume kamer met ’n reuse-kaggel, ‘n kunsgallery bo en ‘n wynproelokaal onder. Die engelstem van Jasmin Thompson klink op deur die vertrek, dartel om die kunswerke van Angus Taylor, Claudette Schreuder en Norman Catherine, voor dit buite om die gaste se enkels dans en oor die dam na die wingerde vlieg. Ons kry ons huisie se sleutel en gaan skrop nes vir die naweek. Daar is 16 selfsorg-eenhede en by ons bure staan daar bergfietse teen die muur en modderige skoene en valhelms lê op die grasperk. Ek is oortuig dat daar iewers in die veld ’n kondukteur staan met ’n fyn dirigeerstokkie in sy lang, soepel hand. Al die voëltjies kom teen skemer huistoe, maak hulself gemaklik in ’n nes of in die mik van ’n boom en kwetter dat die aarde dreun. Die kondukteur dirigeer en vra vir 'n laer kwetter hier en 'n hoër kwetter daar. Sy oë gaan toe, soos hy hom oorgee aan die voëlgesang. Die vlieswolke dryf oor sy kop; die lug verkleur; die berge se pieke word pienk geverf en die skaduwees trek lank in die valleie. En dan, skielik, trek sy dirigeerstokkie ’n

20

vinnige lyn in die lug en is daar stilte. Meteens. Gelyk. Die veld word stil. Vir ’n hele rukkie is dit asof die veld asem ophou, maar dis nie lank nie, of die paddas en krieke en uile neem oor vir die nagsimfonie. Ons steek vroegaand die vuurtjie aan en maak ’n bottel van Saronsberg se yskoue MCC oop. Al die plaas se Chardonnay word vir die MCC gebruik.

Z

Leefstyl • Lifestyle

Saam met heerlike plaaslik gemaakte kaas, olywe en beskuitjies, kyk ons hoe die son agter die berge ondergaan. Ons blaai deur die toerismeburo se aanbevelings en sien as jy wil bene rek, oorweeg die Galgeheuwel-sirkelstap wat in die historiese Kerkstraat loop. Die son maak oulike patrone deur die reusebome se takke en gaan sit vir ’n rukkie in die Volume 22

Volu


Bo: Mens wil uit jou motor klim, oor die draad spring en aan hulle vat, so mooi is hulle! Onder: Kerkstraat se historiese huise is gemerk en die stap daar baie interessant.

Ons het elke dag by hierdie pragtige kerkie verbygery, op pad dorp toe. oulike Kerkstraat-tuin. Daar is ’n teken teen die pad vir “Jou ma se gallery” en ’n kat kom skuur en vra vir ’n kop-krap. Daar staan byekorwe in die veld tussen die bloekombome toe ons om die s-draai in die pad by Montepellier se pragtige klein kerkie gaan. Elke keer as ons dorp toe ry, ry ons daar verby en op verskillende tye van die dag lyk die kerkie elke keer anders: soms is daar ’n oranjegloed om die geboutjie op die heuwel in volson; ander kere is dit ’n pienk skynsel as die son ondergaan, soms ritsel die windjie die boompies en wingerde wat die kerkie omraam, ander kere is dit windstil. Saterdag draf ons by Vindoux in vir hul lyfwarereeks. Dis die breinkind van eienaar Sophie du Toit en bevat net natuurlike middels, nadat sy in 2005 met fynbos fauna begin eksperimenteer het. Ek koop badsout, linnesproei en lyfwasseep en spuit sommer uit lawwigheid daardie middag toe ons by ons huisie instap, die hele kamer vol linnesproei. Die beskrywing het nie verniet gelees: verbeel jou jy stap deur die veld op ’n lenteoggend nie. Later stap ons in die dorp rond, loer in by die Christo Coetzee-gallery, geniet koffie by een van die knus koffiekafees. Onder in die dorp pak ’n groepie mense klere op opslaantafels uit voor ’n pragtige gebou van die jare toet. Voor 'n wassery staan ’n mannetjies-pou by die hek. Bo sy kop hang ’n groot teken om te sê die wassery is oop en ’n klokkie wat jy moet druk vir die personeel om die hek oop te maak, sit net so regs van sy kop. “Die knoppie is net-net te hoog bo sy kop,” merk my man droog op. Toe ons later die vallei se wynplase besoek, ry ons by ’n stuk grond verby. ’n Boer op ’n grasgroen trekker met ’n rooi ploeg agteraan, ry netjiese rye in die baksteenrooi grond. Hy wuif vrolik toe hy onder by die draai van die plaas kom en omdraai om die volgende ry te ploeg. Saterdagaand sit ons vroegaand voor een van die restaurante onder 'n boom wat met pragtige liggies versier is en my laat terugdink aan ons kuiers by ’n restaurant in Bangkok, waar die bome ook so verlig is. Die spyskaart en wynlys bring hulde aan plaaslike produsente en jy weet jy eet produkte wat hier uit die pragtige omgewing se grond kom en bydra tot die heilsame kos- en kuierervaring. Volume 22

Sondagoggend stap ons eers op die plaas rond, voor ons terugkeer na ons huisie vir ontbyt. ’n Janfiskaal kom pik stukkies gebraaide vleis van ons rooster af en teen laat-oggend stap ons oor na die proe-lokaal vir ’n lekker informele wynproe met Tammy Nieuwoudt. Die plaas se Shiraz is verlede jaar aangewys as een van 2016 se top-12 Shirazse in die land in die vierde jaarlikse Shiraz-uitdaging. Sy vertel ook oor ander spogprestasies met Viognier en Saronsberg se Full Circle-wyne as onder meer agtereenvolgende Suid-Afrikaanse rooiwyntoekennings en die Suid-Afrikaanse Viogniertrofee. Ons gaan sit vir ’n wynproe op die stoep en kan nie glo dat ons drie ure later steeds daar sit en droom nie. Die herfsprieel bo ons koppe laat val kort-kort ’n blaar, wat rustig afwarrel tot op jou skoot of by jou voete kom lê. Die skoon kaasborde staan eenkant en voor ons terugstap na ons huisie, koop ek die wenShiraz en Viognier - sommer vir geskenke ook - en stap fluit-fluit in die plaaspad af na ons huisie. Dis nooit lekker om op te pak om huiswaarts te keer nie, maar ek weet ons kom gou weer. Ons kattebak staan boepens van die vallei se wyne, olywe, kase en ’n antieke juweel of twee wat ons by die oulike winkels raakgesnuffel het. Ons sal die naweek se ervaring nog lank tuis kan geniet. *Tulbagh-is bekend vir sy geskiedenis, maar ook vir sy top-wyne en ander produkte. Een van die heel beste en bekendste uitvoerprudukte van dié omgewing, is hul Theuniskraalwyne, waarvan die bekendste seker die ikoniese Theuniskraal (Cape) Riesling is, wat sedert 1948 hier gemaak word. Die plaas Theuniskraal, sowat 7km noord van dié dorp, is reeds 90 jaar in die besit van die Jordaan-familie. Dit is rondom 1699 as een van drie plase aan drie families gegee. Die familie se seun het Theunis geheet en nadat hulle die plaas eers Theuniskuyl genoem het, is dit later na Theuniskraal herdoop. Die landgoed tel onder die heel eerstes in die land wat as 'n witwynlandgoed naam gemaak het. Die wyne van die 140 hektaar wingerd, kry vandag nog beslag onder die bekroonde wynmaker Andries Jordaan, lid van die vierde geslag Jordaans. Die res van die boerdery word ook deur familie behartig.

Z

Leefstyl • Lifestyle

21


Lize Beekman deur Maryke Roberts

vind vrede in die branders en sand

L

ize Beekman se vrede kom van ver ente langs Melkbosstrand se wit strand stap... haar voete wat bollings branderskuim opskop. Sy woon die afgelope 15 jaar daar. Sy het vyf jaar gelede haar sielsmaat, Annake de Villiers, aan selfdood verloor en die lewe het wye draaie met haar geloop. Sy kuier met Maryke Roberts oor ’n cappuccino in die winkelsentum. Daar was ’n stadium wat haar liedjies oral in jou ore was. Nuwe vrystellings wat sy geskryf het, is deur ander kunstenaars soos Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Amanda Strydom, Coenie de Villiers en Elzabé Zietsman gesing. Maar dis asof die musiekwêreld ook half onwetend saam met Lize vir 'n tyd stil geraak het. Maar die pad na heling is goed onderweg en hoewel die vrou oorkant my nie dieselfde vrou van ’n halwe dekade of wat gelede is nie, is dit nie negatiwiteit wat haar regeer nie - eerder ’n waardering vir die lewe. Sy sê self dat sy meer Lize as ooit tevore is. Dat sy nou besef sy was altyd ’n boom met geleende wortels. Sy het die bome om haar nodig gehad om water te trek. “Toe die storm kom, toe waai die boom om. "Ek sien nou die afgelope paar jaar se swaarkry as ’n soort geskenk.” Dis ’n emosionele onderhoud, nie net vir haar wat moet terugdelf en seer herleef nie, maar ook vir my, wat so deur die vrae opnuut besef dat die vrae wat ek voor die onderhoud neergepen het, eintlik glad nie van toepassing is op die vrou voor my nie. Maar die beste is om seker by die begin van Lize in die kollig te begin. Haar rolmodel was Amanda Strydom en na haar studies het sy by ’n platemaatskappy begin werk, om al die dele van die musiekbedryf-legkaart eerstehands te leer ken. Die effe skaam jong vrou het ’n kasset met van haar liedjies in haar laai gehou, in die hoop dat Amanda dalk eendag daar sou instap en sy haar bandjie vir haar kan gee om na te luister. “En dit gebeur toe ná ’n jaar. Sy staan skielik voor my en so al stotterend, kry ek die woorde uit en gee die bandjie.” Dieselfde middag het Amanda se man, Tony, ’n kaartjie en rooi roos kom aflaai en gesê Lize moet vir Amanda bel. Enkele dae later het sy by hul huis ingestap en sy en Amanda het vyf liedjies van haar album, Vrou by die Spieël, saam gekomponeer, insluitend die bekende titelsnit. 22Sy het Amanda vir twee jaar op klavier

begelei en baie by haar geleer. “Dit het in ’n kosbare vriendskap ontwikkel,” vertel sy. Oor die volgende twee dekades skryf Lize meer as 60 liedjies en reik sewe albums uit. Sy skryf temaliedjies vir onder meer Soutmanslied, Pasella en Kom ons dans vir Deon Meyer se film, Die Laaste Tango. Sy ontmoet vir Annake en haar beker loop oor. Maar die seepbel met Annake se Leefstylbars • Lifestyle

Z

selfdood op 24 April 2012. Lize is deur donker dieptes om haarself te vind en sterker te word. Vandag praat sy sonder skroom daaroor, want dit help ander om ook weer heel te word. Sy noem haar ma, Elza, “Liewe Jesus se eie niggie” en sê die ondersteuning van familie en vriende is van onskatbare waarde. Sy het nie ’n lewensleuse nie, maar glo dinge gebeur soos dit moet. Volume 22

Volu


“Ek doen elke dag my bes en ek raak al hoe beter om teenwoordig te wees in die oomblik.” Lize het ook geleer dat mense vrede en vreugde by ander mens soek en dit baie male nie kry nie. “Ek is nou my eie vreugde en vrede. Wanneer ek dit nie voel nie, weet ek ek moet binne myself soek. Ek het baie min, maar ongelooflike mense om my, by wie ek veilig kan sit.” Die afgelope vyf jaar het soveel helende, maar onverwagse goed, oor haar pad gekom en sy glo die enigste rede hoekom sy daarby betrokke geraak het, was omdat dit ander mense help. Met Annake se dood, het musiek vir haar ontoeganklik geword. Maar toe kom sy een nag tydens ’n laagtepunt ná Annake se dood, op die heling van mandalas af. Sy het nie geweet die prentjies wat sy op papier griffel - in plaas van die briewe wat sy moes skryf as heling – het ’n naam nie. Vir ses maande teken sy onbewustelik mandalas en hoor toe by Coenie de Villiers wat dit is en dat hy dit graag wil uitstal. Sy wou niks met die uitstalling te make hê nie, maar het besef die mandalas was vir haar en vir ander mense ’n uitlaatklep. Die uitstalling was uitverkoop en mettertyd het ’n Amerikaanse maatskappy haar gevra of sy vir hulle mandalas sal teken vir inkleurboeke en hieruit word die Mandala-oggende toe gebore. Lize vertel dat sy deur klein groepies mense met soortgelyke seer as sy, uitgenooi is om haar storie te kom vertel. Sy deel die helende uitwerking van die mandalas en ná ’n hele paar geselsies, neem sy haar kitaar saam, om tussen die gesels deur, ook te sing. Dis ná musiek en klank bykans heeltemal uit haar lewe verdwyn het. Intussen is die handsakgrootte weergawe van haar gewilde mandala-inkleurboeke ook bekendgestel. Vandag, meer as 446 mandalas later, teken sy steeds. ’n Ander uitsonderlike ding wat oor haar pad gekom het, is RSG se kunstefees op lug wat uitgesaai is. Lize sing haar toonsetting van Hans du Plessis se Boegoe van die liefde. Sy het dié gedigte 12 jaar gelede getoonset, maar ’n tekort aan finansies het haar weerhou om dit op te neem. RSG het haar verlede jaar genader en betaal vir die projek; sy moet net kom sing. “Ek stap toe vir die eerste keer in baie jare weer in ’n ateljee in; weer iets wat ek nie vir myself doen nie, maar vir iemand anders.” Sy het ook ’n liedjie geskryf en opgeneem vir ’n maatskappy wat musiekterapie vir getraumatiseerde kinders verskaf. Dit was ’n moeilike projek vir haar, maar sy weet die heling wat dit kan bring, is groter as haar hartseer. Gaan kyk gerus op YouTube: “This is how music works, byLize Beekman". Maar vanjaar is persoonlike hoogtepunte oor haar pad gebring. Sy vertel blinkoog: “Ek het ’n droom bewaarheid waaroor ek al 14 jaar lank droom en voor gespaar het: ek het my huis verander. Dit was ’n drie maande-projek en ek is dankbaar om terug te wees in my huis. "Nou werk ek daaraan om ’n galerytjie en Volume 22

ateljee by my huis gereed te kry. Mense sal op my webwerf kan bespreek om daar besoek te kom aflê, die kuns te besigtig en ’n drink- en eetdingetjie te geniet.” Sy werk ook daaraan om ’n uitstalling te kombineer met ’n vertoning by De Malle Meul in Philadelphia in die tweede helfte van die jaar. “Ek is ook besig om te teken vir ’n verrassing-vrystelling van verskeie produkte waaroor ek nie nou-al te veel wil sê nie, maar hoop dat dit gereed sal wees teen vroeg volgende jaar.”

Z

Leefstyl • Lifestyle

En asof dit nie genoeg is nie, is sy hard aan’t oefen vir ’n stap-avontuur en uitdaging wat sy aan die einde Augustus aanpak. Sy vertel: “Ek gaan 70km op die Angola-kus stap deur die Doodsakker met die see links van my en die woestyn op regterhand. "Dit gaan die eerste keer wees wat ek ’n fisiese uitdaging aanvat en ek sien baie uit daarna!” Jy kan sien hoe skiet Lize se nuwe, sterker boom sy eie wortels. En hoe haar takke terselfdertyd ook beskutting vir ander se seer bied.

23


Tantalising

I

Tallinn

f you’re looking for a fascinating and budgetfriendly destination for your next holiday to Europe, look no further than the Estonian capital of Tallinn. Clifford Roberts reports. It was an old copy of the Lonely Planet travel guide that made us think of Estonia as our next holiday destination. We knew eastern Europe to be a little cheaper; and, it was unfamiliar territory. Pictures showed us beaches and forests, and medieval towns. The country is one of the smallest along the Western border of Russia with its only other neighbours being Latvia in the South and the Baltic Sea. We booked a week in Tallinn, its capital, and arrived by ferry from Helsinki. Spring is possibly the best time to travel, but I’ve come to love cobble-street towns in cold, wet winter. I knew Tallinn would not disappoint as the docks appeared through the mist. “Grey is a constant,” I write in my journal. “Midday catches you by surprise, and only when you remember to check your watch.” It’s also strangely ideal as the backdrop to our experience of the place for the first time: its contemporary history as part of Russia, and now the rejuvenation happening at places like former industrial areas of Telliskivi and the Rotermann Quarter. Our air-bnb apartment is on Müürivahe Street, which runs along the old city wall. Nearby is the entrance to a former convent and metres away, a burlesque club. Arguably the best place to start on a trip to is Tallinn is The Museum of Occupations, notable for its unusual construction and wall-to-ceiling windows. It’s not only the architecture however, that makes it important. Much of the city and country’s culture and landscape is revealed by its history and geography. The museum explains how the country came to be occupied by the Nazis and then Russians, with restoration of independence that finally came just 26 years ago. History is turmoil and it’s no different at this centre. The displays are of spying and marches, fear and loss. In a windowless exhibit of communist iconography downstairs, there’s a narrow wooden cupboard – a typical container once used to lock people up. It’ll come as no surprise then that we spend the next few days joining the throng of other tourists to explore the cheerier streets and rambling alleys of the old town. Toompea Hill gives great perspective; from the raised vantage, there are plenty of elevated viewpoints across the clay tile rooftops. At one, we encounter stall selling hot, sweet wine, or glogg. There are no customers so the middle-aged woman dressed up like a medieval peasant checks her mobile phone to keep busy.

24

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22

Volu


Among the popular places we visit, are the town hall pharmacy, which has been in the same house since the 15th century; and, Maiasmokk – a café and marzipan museum that opened in the 1860s. Viru, a prominent gateway to the old town is also the location of a flower market. We pass it several times during our stay, ceaselessly taking photographs in the evenings when light floods from the small, colourful stalls and dazzlingly reflected in puddles on the sidewalk. There are a handful of old churches spread across the old town, some with the distinct interiors of Russian orthodoxy. In one of them, I watch as a woman in a pink scarf wipes down portraits of bearded men. On the stroll, I strike up a conversation with a shopkeeper and ask about the Russian influence. She tells me: “There are no Russian children at my child’s kindergarten. But, she must go to school soon and there are only Russian schools nearby. There are too few Estonian teachers.” Like our conversations, we also choose our dining places haphazardly. We eat where we find ourselves, somewhere the locals go. One evening at dinner time, the glow from a restaurant beckons us. There’s a retro feel to the place called Väike - the little one - and moody music. The building’s 14th century, the waitress tells us. Restorers found a gargoyle in a wall upstairs, she says. Its gaze directed through a window towards St Nicholas church across the park outside. It proves again that there’s always a better experience to be had away from the high street, and is the reason we wander away from the old town a bit to visit Telliskivi, a suburb in transition. Large warehouses and old red-brick factories have been taken up by design companies and creatives, or in the process of conversion. Large, dramatic murals decorate a few of the structures, some of them still to be occupied. At F-Hoone, simply translated as Warehouse F, we shelter from the cold and enjoy a bowl of Borscht sour soup with rye bread, salted pork fat and garlic. More dramatic architecture awaits us at Kumu, the contemporary division of Estonia’s museum of art where we spend the day. It’s a striking building; like the glass prow of a ship bursting from a copse in the misty Kadriorg Park. The museum represents an astonishing change in the relatively short timeline of Estonia since the erection of pieces like the imposing concrete Maarjamäe War Memorial, a Soviet-era monument erected in 1960, which we pass on the way to the Tallinn TV Tower. We’re on a bus that takes us past an old sea fortress and former Soviet prison that is now abandoned. We see the tower from a long way off - a soaring concrete spike that seems to grow even higher the closer we get. “Some mornings the mist is so thick down here, but as soon as you go up, it’s bright and sunny with a floor of white cloud all around,” says the shop assistant at the entrance gate. On the observation deck is an exhibition of Estonian achievements like the Estonian Genome Centre, a population-based gene database; and, the Estonian link to communication platform Skype. We share a slice of cake, admiring the view and glad that we came. Left: A walk along Tallinn’s old town walls offers wonderful views of the rooftops. Right: If you love old churches, Tallinn can keep you busy. Volume 22

Markets are great places to discover local breads, cheeses and meats.

The ancient town hall pharmacy incorporates a museum and still dispenses medicines today.

Z

Leefstyl • Lifestyle

25


Bergrivier en varke het geheime

deur Jaco Coetzee

M

y kortbroek-dae is op Velddrif, langs die Bergrivier deurgebring. Dié rivier was kleintyd ons speelplek... ons leerplek. Rofweg van Bergrivierstasie af na die riviermonding begin die rivier se loop sulke lui esse maak, omdat die val baie gering is. Tussen daardie esse is groot vleilande wat ‘n groot verskeidenheid voëls en ander diere huisves. Vir ‘n natuurliefhebber is dit hemel. Ek het ‘n blikkano gehad - ‘n riffel. Gemaak mert 'n platgekapte sinkplaat wat toegevou en aan albei punte met ‘n boog verseël is. Dit het amper soos ‘n Indiaanse kano gelyk. ‘n Meer onstabiele vaartuig met sulke vlymskerp rante, is moeilik denkbaar, maar dit was myne, ek het dit self gemaak en het dit soos ‘n fiets gery, sonder probleme. Dit was my trots. My kano het nie roeispane gehad om te roei nie. Twee dwarsplankies van 'n tamatiekissie, met die spykers ingekap of uitgetrek, het as spane gedien. Vir visvang is die plankies weer as bord/ basis gebruik om die visaas op te sny. Ek my ouma se Engelse spreekwoord, "waste not, want not’’. Een voorval in my kinderkanodae het my tot onlangs laat bly wonder. Ek en ‘n vriend het besluit om tot by die Bergrivierstasie te roei, daar te oornag en om weer die volgende dag terug te kom. ‘n Saterdagoggend is ons met volgelaaide kano’s vort op ons tog, sonder om iets te weet van afstande of enige moelikheid te verwag. Ons roei Bergrivierstasie toe. Seker so vyf of sewe kilometer weg, het ons besluit om ons reis te onderbreek. Met die kano’s hoog en droog op die oorkantste wal het ons dié deel van die vleiland verken. Ons sou iets kom eet met die terugkomslag by die kano's. Maar terugby die kano’s was daar chaos – al ons kosvoorraad is opgevreet en modderspore het oral en oor alles gelê. Voor jy kon sê "Joseph Rodgers’’ was ons in die vuil kano’s en al wat hoorbaar was, was die water wat spat soos ons ons uit die voete maak - reguit huis toe!!! Ons het niks van die petalje daar gehoor of gesien nie en was beslis ook nie bereid om as nagereg te dien nie. Eers by die skool het ons van ons meer ingeligte maats gehoor, dat dit waarvoor ons gevlug het, wilde "mak" varke was wat in die vleiland bly. Maar niemand het méér van hul oorsprong of herkoms of datum van loslating geweet nie. Die gebeure het ‘n onuitwisbare indruk op my as kind gemaak en ek het dit my ten doel gestel om die ware verhaal na te speur en opte teken, sodat almal hulmet die inligting kan verryk. Dit is nie ‘n Eintstein-teorie nie, maar as jy dit nie weet nie, weet jy dit nie. Ook moet ek bieg, ek het nog nooit ‘n wilde "mak" vark gesien nie, wel ‘n karkas aan ‘n haak.

26

Laat verlede jaar het ek S.D. Fourie van Franskraal opgesoek. Sy was baie behulpsaam, maar kon my ook nie help nie. Maar haar broer, Piet van Porterville, het met die byna ongeloofbare, eenvoudige en natuurlike antwoord voor ‘n dag gekom. Baie dankie, Piet! Hier is Piet se storie. In die 1920’s het daar ‘n wurmplaag onder die denne-plantasies by Tulbagh gewoed. Iemand het aanbeveel dat swart en wit varke met lang snoete in die plantasies gelos word om die wurmplaag uit te roei. Dit het hulle gedoen, maar die varke het ook so aangeteel dat hulle later tot sover as Wellington versprei het en ‘n nuwe plaag geword het! Tydens die 1930’s is weer van varke gebruik gemaak om riet in die vleie langs die Bergrivier los te dolwe. Hulle was swart, maar kleiner en ook met lang snoete. Hulle is ook vandag wild. Albei soorte was dus vir ‘n doel gebruik om later wild te word. Vandag is hulle ‘n ergernis vir die boere langs die Breë- en Bergrivier en omstreke. Wel, daar is nog 'n hoofstuk - nog ‘n varkverhaal langs die Bergrivier - dié keer net kleiner en sonder spore.

Z

Leefstyl • Lifestyle

Ons moet weer terug in die tydtonnel toe ek dit die eerste keer gehoor en beleef het. Dit was nóg ‘n kleintyd-ondervinding toe ek en ‘n maat met donkermaan gaan netsteek het. Twee is beter as een, dit leer jy gou op die rivier. Die net was gesteek en selfvoldaan het ons ons handewerk aanskou - ‘n reguit net. Nou moet die vis net mas. Skielik was daar ‘n gesteun soos dié van 'n vark en dit voel asof dit reg onder ons platboombakkie is. Jy hoor dit duidelik, maar sien niks. Al is jy mos nie bang nie, sou jy wat wou gee om op die wal te wees. Die maklikste om uit dié penarie te kom, was die sê dat ons liewer moet wal toe vir ‘n vuurtjie en koffie. Dié "varkie" word regoor die Bergrivier gehoor, tot so hoog op as by die Sishen-spoorbrug, waar dit die Berrarivier (Soos regte Weskussers Bergrivier uitspreek) kruis. Ek vermoed maar (soos talle) dat dié "varkie" ‘n soort vis, iets soos ‘n knorhaan/steenbras is wat dié steungeluid maak. Maar glo my, dit maak nie saak wat daardie geluid maak nie, jy is baie minder dapper as dit hier reg onder jou skielik steun, veral as jy skaars 12 is. Volume 22

Volu


Volume 22

Z

Leefstyl • Lifestyle

27


W

28

Z

Leefstyl • Lifestyle

alvisseisoen is om die draai, maar in plaas van Hermanus toe ry, hou effe langer op die N2 verby Riversdal, draai af op die R305 en gaan kyk hul manewales op Stilbaai; stap op die lang, wit strand en voel hoe jou stres met die aandwind wegwaai, skryf Maryke Roberts. Ons het bespreek by The Anchorage-selfsorg, sodat ons kan uit-eet en braai en peusel wanneer ons lus het en dis nog voor die dorp geleë, maar ná vier ure se gesit in die motor, wil ek die see sien, die sand tussen my tone voel en die seevoëls hoor krys. Ons ry af Lappiesbaai toe en val by die Lappiesbaai Restaurant in. Die houtrestaurant op stelte kyk uit oor die branders en die mede-eienaar, Harald Scheel, vertel terwyl ons aan dik melkskommels suig, dat Laetitia Kruis die restaurant die afgelope 13 jaar besit en dat hy verlede jaar mede-eienaar geword het. Die restaurant is bekend vir sy vars seekos en die Eisbein wat by my verby gedra word, laat my mond water. Ek kyk na die spyskaart en besef dat ons heelwat maaltye hier gaan kom vasval. Wat is hul suksesresep, wonder ek hardop. Harald lag en sê dis vriendelike en vinnige diens en lekker kos. “Ons leuse is “want ons is mos die BESTE!” en ons personeel word aangemoedig om passie en liefde in hulle kosvoorbereiding en bediening te sit, want as daar passie en liefde in die kos ingesit word, is die kwaliteit soveel beter.” Gedurende die besige vakansietye neem hulle nie besprekings nie, maar ek kan sien hoe daardie trappies vol gesit sal word, terwyl mense oor hul swem en stap-uitstappies gesels met ’n koue biertjie in die hand. Dis daardie selfde gevoel van vrede en vriendelikheid, wat jou oral inwag. Annette en Craig Thorne van The Anchorage loop gesels-gesels saam met ons na ons kamer en ek kan die trots in hulle sien, toe ons op die eerste vloer bo-oor ons bed by die venster uitkyk en die rustige rivier sien. Die naweek word daar baie by daardie venster uitgekyk. Ons slaap met ons koppe amper in die oop venster om snags die sterre te kyk; soggens die eerste lig in te wag en smiddae vir ’n middagslapie deur die geluid van laggende kinders by die rivier deur die koel briesie aan die slaap gesus te word. Annette vertel ons dat die palinggat by die toerismeburo die ideale plek is om kinders heen te neem – maar grootmense geniet dit ewe veel - en ons moet ook by die visvyvers uitkom. Die visvywers langs Stilbaai se kus, word as een van die belangrikste kultuur-historiese besienswaardighede beskou. Hulle dateer uit die Middel-Steentydperk en is ongeveer 3000 jaar gelede deur die Khoisan gebou en was tot enkele jare gelede nog in gebruik, vertel Hannetjie Ferguson, toerismebestuurder my, terwyl sy ’n oulike pamflet oorhandig. “Mense wat destyds in grotte langs die see gewoon het, het gesien hoe die vis in die natuurlike rotspoele vasgekeer word. Hierdie poele is deur klippe op strategiese plekke vergroot en ’n vywer is gemaak deur ’n halfmaanvormige muur te pak, met ’n boog aan die diep kant van die water. Aan die binnekant is dit regaf en vry van opdrifsels, sodat die vywers maklik kan dreineer en die vis gevang kan word sodra die gety terugtrek.” As jy by Morrispunt en Skulpiesbaai verbyry, kan jy nog die oorblyfsels van die visvywers sien. Ons stap saam met Hannetjie na buite, waar ’n hele groepie opgewonde kinders en volwasVolume 22

Volu


Die stiltes van

Stilbaai Foto’s: Clifford Roberts

senes wag. Hannetjie sluit die hekkie oop en ons almal trek laer om die varswatergat, waar die nege palings woon. Sy vertel dat hul oë sensitief is vir lig en dat hulle bedags in rotspoele tussen die plantegroei skuil. Twee palingspesies woon daar in die gat: die geelbekpaling en die Madagaskar bontpaling. Hulle word op 25 jaar geslagsryp en swem dan met die varswaterstroom na die see, waar hulle paar en kuit skiet. “Tydens die migrasietog ontwikkel die paling se geslagsorgane, sodat hulle geslagsryp is as hulle by die broeiplek aankom.” Hulle swem dan na die warm water van die Indiese Oseaan, oos van Madagaskar en die larwes word met die seestrome na Afrika gevoer. Hulle swem later terug na die varswaterinhamme langs die kus, waar hulle – soos die nege palings by Stilbaai – woon tot hulle volwasse is. Die palings word elke oggend om 11:00 met klein stukkies hoenderlewertjies gevoer. Hannetjie word kort-kort deur die opgewonde kinders onderbreek en elke nou en dan begin een tjokkertjie sy eie weergawe van die paling se geskiedenis vertel. Skielik skree ’n dogtertjie: “Hallo, paling!” en almal se aandag is ewe skielik op die skadukolle onder die rotse van die gat. Ons kry elkeen ’n stukkie lewer en kyk in verwondering hoe die pikswart, slangagtige visse uitkom en sagkens die stukkie lewer eet. Hulle jag snags en Hannetjie sê sy glo nie hulle is te honger nie, maar dit besorg ons almal met groot plesier. Ons drink tee en eet heerlike koek by De Volume 22

Oude Werf teetuin, waar die eienaars, Jacques en Antoinette Hoffmann, self kelner en kok is. Ons ry laatmiddag uit Skulpiesbaai toe en sien hoe ’n groot gesin hul vuurtjie pak vir ’n sononder-braai en die man sê hulle hoop om walvisse in die vlakwater te sien baljaar. “Die see is nie vandag te ontstuimig nie en ek glo ons gaan gelukkig wees,” lag hy. Twee swart tobies met hul bloedrooi bekkies klim parmantig op die swart rotse rond en branderplankryers geniet die golwe by Morrispunt. By die Stilbaai Hengelklub staan ’n paar voertuie en op een bakkie staan ’n paar visstokke regop in die windjie. Vriende beplan ’n daguitstappie n George om vir familie te gaan kuier, ander gaan speel gholf op die dorp se pragtige nege putjie gholfbaan, maar ons kuier tussen die koffie- en geskenkwinkeltjies: Allegaartjie, Matchbox en Stilbaai Trading Store en Paradiso. Dié oulike plekkie behoort aan die plaasvrou, Margie van As en die intrapslag kry jy vars fonteinwater van hul plaas buite die dorp. Haar gebakte kaaskoek met gesoute karamel bolaag en sjokolade brownies laat ons weer en weer terugkeer en die koffie is varsgemaal. Op die laaste dag ry ons by Kasselshoop op die Klein Soebattersvlakte net voor die N2-afdraai toe vir ’n vir kaas-enwynproe. Liesel Kasselman se glimlag is gul; haar verwelkoming opreg. Sy en haar man, Kassie, was albei in die onderwys, maar het die familieplaas gekoop en is die vyfde geslag Kasselmans op die plaas. “Oupa Boet het die distrik se eerste kontrei-

Z

Leefstyl • Lifestyle

winkeltjie hier gehad en die eerste skool en die leermeester se huis is ook deel van die geboue op die plaas,” vertel sy. Liesel vertel dat die oumense die vlakte hier voor hul deur die Drogevlakte (Droëvlakte) genoem het – nie omdat dit droog in dié geweste is nie, maar omdat die oumense se kele droog was as hulle see toe getrek het vir die naweek en hul wyn op was by die tyd wat hulle die plaas bereik het. “Natuurlik is dit nie nou meer so nie!” lag sy toe ons aansit vir ons kaas-en-wynproe. Vir ons proe gebruik sy die wyne van Baleia Wyne van Riversdal, maar hulle wissel dit af met wyne van Jakkalsvlei, Jan Harmsgat en gebruik die olywe van Mardoux Olywe. Die plaas se Jerseykudde is die bron van al die melk wat in hul 11 kase gebruik word. Ons proe kaas met paprikapepers, brandnetels, uie, olywe en peper en die gerookte Gouda is onmiddellik ’n gunsteling. Haar nuutste kaas is een met swartsout, wat by die onlangse Kaasfees ’n weghol-wenner was. “Ons melk elke oggend 160 koeie en elke koei het nog ’n naam,” vertel sy terwyl sy ons hompe kaas oplui en in sakkies pak vir huis toe neem. Toe ons groet noem sy ook die plaas was die suidelikste skermutseling van die Anglo Boere-oorlog – dit het op 12 September 1901 op die Klein Soebattersvlakte gebeur. Dis met die smaak van die gepekelde uie kaas – wat die locals die “braaibroodjie”-kaas noem – op my tong, wat Liesel my druk en vra dat ons tog gou weer moet kom kuier. Dis hierdie gulheid van Stilbaai wat my nog lank sal bybly.

29


30

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22

Volu


Volume 22

Z

Leefstyl • Lifestyle

31


In goeie smaak

Stapelburger vir Kontreiers “Ek glo aan die helende krag van kos, dat jy liefde, troos en omgee op ‘n bord tafel toe kan stuur” - Annette le Roux

Meer oor Adri Mostert: Adri is 'n vrou met 'n bruisende liefde vir kosmaak. Nie net bak en brou sy in haar eie kombuis nie, maar is sy ook die mede-eienaar van Kontreispens op Malmesbury. Sy is 'n vindingryke kok en skroom nie om 'n ou en geliefde resep nuwe skop te gee nie. Nog minder om 'n splinternuwe resep aanmekaar te slaan nie. Na skool het sy huishoudkunde studeer en haar passie vir kosmaak het na haar studies vlamgevat tot die brandende vuur wat dit vandag is.

Genoeg vir 2 porsies 4 medium murgpampoentjies – julienne-repies 1 groot spinasieblaar, opgekap 200ml broccoli-blommetjies 2 groot bruin sampioene 2x 150g tuisgemaakte beesvleisburgers 2 dik skywe eievrug 4 repies spek ½ camembert of brie-kaas ½ avokadopeer Olyfolie Wortel, rooikool en geel & rooi soetrissie Skaafsels Basil-pesto Sout en varsgemaalde swartpeper Basilblare vir garnering 2 lang sosatiestokkies Braai julienne-murgpampoentjies, gekapte spinasieblaar en broccoli-blommeties vinnig in ‘n bietjie olyfolie. Hou eenkant. Braai in dieselfde pan die skywe eiervrug, daarna die bruin sampioene, die 4 repies spek en laastens die beesvleisburgers Om op te dien: Deel die groentemengsel in twee mooi borde en stapel daar bo-op in dié volgorde: Groot sampioen, beesvleisburger,

32

eiervrugskyf, gesnyde kaas, twee repies spek en laastens avokado in waaiervorm gerangskik. Steek vas met 'n sosatiestokkie en rond dit af met 'n klein tamatie en basilblaar. Strooi groenteskaafsels bo-oor en rondom

Z

Leefstyl • Lifestyle

burger. Stip met basil-pesto. Maal swartpeper bo-oor en ‘voila’! Bedien… ‘n Gebakte eier kan ook deel vorm van die stapel en om alles af te rond, kan ‘n heerlike porsie patatskyfies daarmee saam bedien word. Volume 22

Volu


Restaurantgids Citrusdal Kardoesie................................................................................082 525 2247 Darling Brig’s Barn...............................................................................022 492 2451 Doringbaai Jetty Restaurant......................................................................027 215 1092 Elandsbaai Elandsbaai Hotel....................................................................022 972 1640 Jacobsbaai Weskusplek.............................................................................022 715 3333 Koringberg Desert Rose Farm Stall ..........................................................082 884 8714 Laaiplek Eigebraai Restaurant.............................................................022 783 1116 Langebaan Boesmanland Plaaskombuis.................................................022 772 1564 Bouzouki...................................................................................022 707 7796 Dockside Café........................................................................022 707 7896 Little Venice.............................................................................022 707 7796 The Farmhouse Hotel.............................................................022 772 2062 Geelbek...................................................................................022 772 2134 Malmesbury A3 & E @ Kontreispens........................................................022 487 2090 Barry’s Beef and Barrel........................................................022 482 1372 Cardelli’s..................................................................................022 487 1744 Cherry Lane.............................................................................022 482 2877 Die Herehuis............................................................................022 487 1771 Janno........................................................................................022 487 2091 My Chefs.................................................................................073 372 8879 Sabino Canyon Spur..............................................................022 487 1511 Moorreesburg De Oude Stoep......................................................................022 433 3154 Die Hut.....................................................................................022 433 2665 Paternoster Afsaal Padstal & Restaurant................................................022 715 3096 Blikkie Pizzeria.......................................................................082 779 6431 De See Kat..............................................................................082 445 5540 Oep ve Koep Garden Bistro................................................022 752 2105 Skatkis Restaurant..................................................................022 752 2023 The Square Spoon.................................................................072 208 2047 Voorstrandt Restaurant.........................................................022 752 2038 Piketberg Archers Bistro..........................................................................022 913 3651 Fat Catz Café/Restaurant....................................................022 913 1076 Mountain Creek Spur.............................................................022 913 1819 Porterville Koppik������������������������������������������������ Plattelander............................................................................082 773 1200 Riebeek Kasteel Café Felix...............................................................................022 448 1170 The Royal Hotel......................................................................022 448 1479 Riebeek West Pleasant Pheasant..................................................................022 461 2170 Old Dalby Restaurant...........................................................022 461 2012 Riebeek Valley Hotel.............................................................022 461 2672 Saldanha Blue Bay Lodge......................................................................022 714 1177 Hoedjiesbaai Hotel...............................................................022 714 1271 Protea Hotel............................................................................022 714 1264 Slipway....................................................................................022 714 4235 St Helenabaai St Helena Bay Hotel..............................................................022 736 2373 Takgali......................................................................................082 414 4945 Strandfontein Kommetjie Restaurant............................................................079 713 4054 Velddrif Die Pont Restaurant................................................................022 783 1137 Vredenburg Juffroushoogte........................................................................022 715 3020 Ocean Basket.........................................................................022 713 2998 Yukon Spur..............................................................................022 713 4569 Vredendal Big Creek Spur.......................................................................027 213 3535

Z

Yzerfontein Meeurots Restaurant..............................................................022 451 2608 Leefstyl • Lifestyle Volume 22Padstal......................................................................082 351 2722 Weskus

33


What’s Happening The Village Market

15 July

5 Augustus

First Saturday of every month.

Bergriver Winter Carnival

PPC Riebeek Bergmaraton

Riebeek West Main Rd.

Town: Velddrif

Town: Riebeek

Cynthia: 082 492 8381 • Linda: 076 803 7399

Tel: 022 783 1821

Tel: 079 523 5145

2017

15 July Piket-bo-Berg Farmers Market

'Dit en dat' Market

11 August - 13 August

Last Saturday of Every Month.

Town: Yzerfontein

SOLO STUDIOS

09:00-12:00 on the farm Kruistement

Tel: 061 487 2122

Town: Riebeek

Riette Bryant 022 9145652 or www.piket-bo-berg.co.za

Tel: 022 482 2909

1 July Darling Winter Beer Festival

25 August – 2 September

Moorreesburg Boot Sale

Town: Darling

Clanwilliam Wild Flower Show

Last Saturday of Every Month. 09:00-12:00

Tel: 021 286 1099

Town: Clanwilliam

on the farm Kruistement

Tel: 027 482 2024

Moorreesburg Tourism 022 4331072 or

5 Julie

moorreesburg@westc.co.za

Hartsdinge Wintermark

27 August

Dorp: Langebaan

Groote Post Country Market

Langs die Bos Mark

Waar: Curro

Where: Groote Post Winery, Darling

Malmesbury. Every Saturday.

Tel:

Tel: 022 451 2202

28 July

7 Oktober – 8 Oktober

Christmas In July

West Coast Spring Fesitval

25 Junie

Town: Paternoster

Town: Saldanha, Sports Grounds

Jak de Priester

Tel: 022 752 2023

Tel: 078 059 9537

Gouda Hotel, Hotel

5 August

westcoastspringfest@gmail.com

Tel: 023 232 0212

Namaqua Daisy Challege MTB & Trail Run

Marelize 072 052 6280 langsdiebosmark@gmail.com

30 Junie

Town: Vredendal

2 September

Tel: 082 321 5200

Riebeek Valley Mountain Bike Race

Snoek en Patatfees

Town: Riebeek

Town: Goedverwacht

Tel: 082 523 9804

Tel: 078 316 3988

34

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22

Volu


7

Volume 22

Z

Leefstyl • Lifestyle

35


36

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 22


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.