Volume 25

Page 1

Volume 25

Volume 25

tis

Z

Leefstyl • Lifestyle

Gra

Jo Black

• F ree

Swartland & West Coast

1


2

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

3


INHOUDSOPGAWE 22 - 23 Tinarie vind haar voete in Riebeekvallei

26

26 - 27 Uys gesels oor 21 jaar op Darling

6 - 7 'n Ontmoeting met Jo Black 6-7

'n Ontmoeting met Jo Black

8 - 9 10 11 12

4

Make your table of a lifetime

10 Notes for gardening in drought

Fonteine Village: A new beginning awaits

16

20

Simplicity the key

Dubbele gemoedsrus - aangenamer leefstyl

13 - 14

18-19

28 - 29 Etosha se roep na die Noorde

Sweef oor Moeder Aarde

Deur die lens: Wes-Boland Eisteddfod Snapshot of the Foodie Route

22 - 23

24

Folk Rock met Bottomless Coffee Band

26 - 27 28 - 29 30 - 31 32

33 34 35

Z

Leefstyl • Lifestyle

Tinarie vind haar voete in Riebeekvallei

Uys gesels oor 21 jaar op Darling Etosha se roep na die Noorde Wake up to Windhoek In good taste with Isabella Niehaus Restaurantgids What's Happening Besigheidsindeks

Volume 25


From the Editor Van die Redakteur Oktober 'die mooiste, mooiste maand' In die Hantam het C Louis Leipoldt gedig: 'Oktober is die mooiste, mooiste maand.' En was hy nou nie in die kol nie? Die weerpatrone het begin verander, die seisoen is aan't draai, die dae word al langer, die nagte al korter en daar waar eens dorre kolle was, groet vriendelike veldblomme die streek se mense en besoekers. If you want to discover beauty, you need not look any further than the Swartland and West Coast. We tend to forget what beautiful scenic landscapes greet us along our daily travels. In this edition we discover our neighbour to the north, Namibia, when we visit the capital Windhoek and take the road even further north to the iconic Etosha. Ons voorbladgesig van vandeesmaand is die Afrikaanse sangsensasie Jo Black, wat onlangs in die Swartland gekuier en sy verhaal kom deel het. Fotograaf Ad Goedhart van Riebeek-Kasteel het tyd saam met dié ster in sy ateljee deurgebring en die karakter van die man met die lang baard eksklusief vir ons voorblad vasgevang. Another familiar face is that of Pieter-Dirk Uys who resides in Darling. This darling from Darling celebrates his 21st year in this town and we had a sit down with the energetic personality. Fotografie onder die jonger garde beleef die afgelope paar jaar 'n oplewing. By die WesBoland Eisteddfod kry dié kranige fotograwe die geleentheid om hul werke te deel en ook raad te kry van ervare beoordelaars. In dié uitgawe se "Deur die lens van"-afdeling deel ons van die pragstukke wat vir vanjaar se eisteddfod onder die moeilike sporttema ingeskryf is.

Dit is ook weer tyd vir die Bakgat Môresonplaasfees buite Malmesbury en talle bekende kunstenaars sal besoekers vermaak. Een van die gunstelinge is die Bottomless Coffee-band van die Paarl wat ook te sien sal wees. Maak dus reg vir 'n groot makietie. Actress Tinarie van Wyk-Loots decided to move to the picturesque Riebeek Valley earlier this year. She settled down with partner Erik Holm, also a television personality, and now calls the Swartland home. We had a heart to heart with her and got to know what makes her tick. 'n Eerste sprong uit 'n vliegtuig is iets wat niemand maklik sal vergeet nie. Mede-uitgewer Johan Viljoen vertel van sy besondere ervaring daar doer bo in die bloue hemel saam met die span van Mother City Skydiving toe hy en die burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen, die keer die groot sprong geneem het. If you are in the market to buy a new house, you can certainly have a look at the jewel that Paternoster has to offer. Kick off your shoes and get some much needed R&R when you call this house your home. Die jaar stap intussen vinnig einde se kant toe en almal se dagboeke en programme is stampvol, maar dis die tydjies wat ons vir onsself afknyp, met goeie geselskap en goeie leesstof, wat die mallemeule van die lewe 'n bietjie tem. So, krul op in 'n sonkolletjie met jou nuutste uitgawe en geniet die mooiste, mooiste maand van Oktober. Tot ons paaie weer kruis.

Editorial Team Publishers Johan Viljoen & John-Beattie Paterson

Content Izelle Garcia Charlotte Lesch Johan Viljoen Clifford Roberts Maryke Roberts Anna-Bet Stemmet

Photography Ad Goedhart Cor Cronje Schalk Eygelaar Johan Viljoen Clifford Roberts Jean-Jacques Wallis

Marketing JB Paterson - jb@demozaik.co.za Desire Kriel - desire@demozaik.co.za Karin Neethling - karin@diecourant.co.za Marietjie Nel - marietjie@diecourant.co.za

Layout and Design Izelle Garcia Schalk Eygelaar

Contact Tel: 022 487 3221 jb@demozaik.co.za www.demozaik.co.za www.facebook.com/DeMozaikMagazine Voorbladfoto: Ad Goedhart

Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

5


6

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25 Foto verskaf: COAd productions Photos: Goedhart


'n Ontmoeting met

Jo Black

Lang baarde het mos mode geword. 'n Lang man met 'n lang donker baard en 'n diep stem - só maklik 'n beeld wat vooropgestel herinner aan 'n minder liberale gister. Black, Jo Black, het onlangs in die Swartland kom optree en vinnig-vinnig daardie verkrampprentjies in die uwe se gemoed kom verpletter. Sommer weer vir die uwe geleer van die man wat jy op sy baadjie takseer, skryf Johan Viljoen. As Jo Engelbrecht (sy regte naam) begin praat, luister 'n mens. Eers is dit miskien net die diep stem, maar gou-gou is dit veel meer die diepte van die woorde as dié van die klanke wat jou boei. Dis 'n stem wat vertel van 'n pad van seerkry en pyn, maar 'n stem wat vertel van hoop en van koers kry en hou. Met by die 300 optredes by skole om met sy Be That Guy/Girl-projek die boodskap van hoop na jong mense uit te dra, staan hierdie langbaard donker man wat die musiektoneel verlede jaar soos 'n tipiese Hoëveldse donderstorm uit die bloute getref het, op die twee optreebene. Die boodskap van Be That Guy/Girl-projek

Volume 25

is dat jy die een moet wees wat anders is, wat uitstaan in jou skool en omgewing om dit te verander. “Jy kan 'n verskil maak, met die kleinste gebaar.” Hy sê elkeen het gawes en “God wil elkeen se gawes gebruik” deur partymaal net vir iemand te glimlag of 'n verskil te maak deur iemand te vertel hoe spesiaal hulle is. Jo (35) vertel van die pyn wat hy as kind deur is en die trauma toe hy nog op skool was en sy beste vriend in sy arms dood is. Sy stem, sy storie, sy woorde en lirieke is diep. Dit raak diep. Jo sing 'n storm los (en weer vas as jy wil) met treffers soos Skepe - waarvan die video sedert 28 November verlede jaar toe dit op YouTube gelaai is, reeds meer as 1.6 miljoen keer gekyk is - Bring die hoop weer terug, Bloed en Vlees, Ons Is Grond, Suiderkruis, Een Klein Klippie en Vrede Vind. Hy was voorheen in die konstruksiebedryf en het 'n klompie jare oorsee deurgebring. Ná sy terugkeer het hy by 'n onderneming

Z

Leefstyl • Lifestyle

saam met Debbie gewerk. Hulle is intussen getroud en het twee dogters, Dinieke en Miané. “My stem is uitgeknip vir 'n bietjie van 'n rockaanslag” en hy hou daarvan dat dit gepaard gaan met 'n bietjie voete stamp. Jo se debuutalbum Skepe is op 31 Maart vanjaar vrygestel en het binne slegs ses weke goue status bereik. Dit het ses weke gelede deur die 30 000 verkopekerf gebars om platinum status te bereik. Oor die tatoeëermerke waarvan hy 'n hele paar het, sê dié boorling van die Moot in Pretoria elkeen het te make met iets wat sy lewe geraak het en hy vir altyd wil onthou. Hy het 12 jaar gelede die eerste een gekry. Onder hulle is sy dogtertjie se naam, sy vrou se naam, sy oupa se portret en een geïnspireer deur 'n gunsteling geestelike lied, Amazing Grace. *Met sy onlangse besoek aan die Swartland het Ad Goedhart in sy ateljee op Riebeek-Kasteel 'n paar portretfoto's van Jo vir de moZáik geneem.

7


Simplicity the key

Photos: Supplied

T

his spacious, modern, elegant and oh-so-stylish property in Paternoster certainly ticks all the boxes. It offers numerous inviting living spaces with an uninterrupted flow through to the garden. The open-plan ground floor allows for family gatherings in the gourmet kitchen, cosy evenings in front of the fireplace, formal entertaining or casual al fresco dining on the patio. A unique feature is the sunken fire pit in the garden where stories, laughter and good times can be shared until the early hours of the morning. A spacious and airy family/play room forms the heart of the top floor and leads out to the balcony with lovely views across the bay towards the Cape Columbine lighthouse. This level also boasts another double en-suite guest room and a study or office. And that brings us to the breath taking master suite with its walk-in closet and lavish bathroom with huge shower, his and hers basins, designer bath tub and eye-catching pendant light feature. Security at the property is excellent, with an alarm system and American shutters throughout. The double garage has an automated door and offers space for laundry equipment. Don't miss the opportunity to own this awesome home. You know you want to. This breath-taking property in Paternoster is listed by Seeff Properties for R 4 520 000. For more information, contact Marina Enslin at 022 752 2022 or 073 322 7550.

8

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

9


Make your table of a lifetime M

Clifford Roberts re-discovers the true meaning of heritage.

y late mother-in-law couldn’t bear to write her life story in the blank notebook we gave her. She said she couldn’t remember, but later revealed the memories were just too painful. Both she and my father-in-law were raised during the aftermath of the Great Depression and World Wars. He only talks about it when pressed. In those rare moments when there’s nothing else happening, his eyes will change. It’s like the haze of distance lifts and he’s there, in a clearing of light. On these occasions, I notice he uses his hands a lot more, pumping the bellows while his father makes horseshoes; smearing manure on the threshing floor; scouring the sand for beans dispersed by the wind. The method to “break in” wild mules was especially distressing to him, and clearer now than almost everything else. The past is different for me, and not just because of the world of middle class comfort I grew up in. It’s about perspective, of course. I often think about it when we tackle a DIY project like the coffee table. I’ll drift away while holding a plank in place or sanding something and watch the retired woodwork teacher in his garage full of tools. Handles are worn smooth from years of use and blades are as sharp as can be expected of any true craftsman who’d rather fix things than toss them out. The coffee table arose from happen stance – a friend, Leonor Stander, moving house with a marble slab to spare. The slab was salvaged from an old Angolan hotel after it was demolished. The frame of Burmese Teak was previously the entrance to the local Rialto Cinema, before it met the same fate. In the workshop, I try to learn as we go along. How does one start something like this, I ask? He struggles to respond, because these days he doesn’t need to think about what he does. The knowledge and movement has been ingrained in muscle, sinew and nerves, like weather on a tree. My wife found a picture online of the design we liked. Then, the game starts like they always do. He shoots down the idea as impossible; and, we cajole until we get that look he gives us over the top of his glasses. “First, you need to draw a plan,” he says. “Work out the angles you need to cut; the scale – width, length and height; the cutting list.” The plan for our table is complicated by curves in the crossbar of the shelf below the table-top; and, the angles where the legs meet the table-top itself. The plan includes extra support for the top because as hard as it appears, a marble slab is most fragile when lain flat. It’s also porous, which means it can stain easily and makes the choice of adhesive for fixing it to the frame, important. At 87, my father-in-law seems happiest in his garage-cum-workshop. Like an industrious mouse under the floorboards, he tackles every task – sanding, screwing, cutting, gluing, whatever - as it arises. Because packing it all in is just not in his make-up. Having spent some time working with him, I’ve learnt to discern the sounds of the workshop that reach me in the office or across the yard -

10

1

2

3

4

1. The table of many places. 2. The crossbars are trimmed to shape with a tenon at the ends. 3. The wood hails from the former doors of an old neighbourhood cinema. 4. The shelf itself is made of planks laminated side-by-side. the drone of the lathe from the electric saw; the plane from the belt sander. With the coffee table, I’m occasionally summoned, to lift the slab; hold the frame; decide on a particular tack if a design obstacle arises. He begins the job with the two short sides at the width; cutting the legs and twin crossbars – one that sits just below the table-top and the other for the shelf. The ends of the crossbars are trimmed on the table saw to form the tenon that connects to mortises cut in each upright. The angle has to be just right because the table legs slant outwards, but not beyond the edge of the table-top. He uses a chisel to shave away at the joint until it’s a perfect fit. A drop of cold wood glue helps cement the joint and dries in place with the help of an adjustable clamp. The shelf, which sits between the crossbars, is then prepared using planks cut to size and laminated side-by-side with the same adjustable clamps. A solid plank is fixed to the underside to provide additional strength. Two crossbars for the length and also trimmed to create a tenon, are then fixed to either side of the shelf. These as well as another two crossbars located just under the table-top now fixed to the two complete side panels, so that the table now takes shape. Another strut is added lengthwise under the table-top, for extra support here too.

Z

Leefstyl • Lifestyle

He works silently; perhaps only grunting when he accidentally knocks something over. The top is then planed until absolutely level. All sharp corners are rounded; all wood sanded thoroughly, first with a medium grade and then, smoother. Any depressions where screws were used are filled with a colour-matching wood-filler. Now the table-top is carefully put in place, to make sure that the levels are right. The table is then varnished with three layers, sanded each time when dry. I’m never sure when a project reaches its conclusion whether the process takes too long because small tweaks make it just feel that way; or, whether there’s some deep ritual for my father-in-law that we can’t see – perhaps a kind of farewell to this item, born from time before us, and now shared with him. Perhaps that’s just romanticising. Finally, the table-top is fixed in place with a thin bead of silicone gel. Once more, we’re summoned to the workshop. The sturdy little table stands on its legs; the trestles packed away and garage floor swept. My father-in-law leans against his workbench, his old khaki cap askew and watches as we run our hands over this newcomer; this confluence of many stories now re-born. Volume 25


10 Notes for gardening in drought Gardening in drought conditions is probably the nightmare that many avid gardeners try to avoid in their lifetime. But when the situation deteriorates to the extent that the average rainfall has declined over the past years, you have to make alternative plans in your garden. According to Cape Contours Landscape Solutions your garden is taking strain in the relentless hot weather and lack of rain. If you have a vegetable garden, you might want to concider installing shade netting over the vegetables and susceptible plants. The high temperatures in the late twenties and thirties and relentless sun can seriously damage more susceptible, shallow-rooted plants like many vegetables and flowering plants. Erect shade cloth on gum poles or use umbrellas to shade the strugglers in the heat of the day. Identify the drought resistant plants in your garden. Have a walk around and see what is still thriving or surviving in the drought in your garden. Now is the time to take garden notes: what does best in the heat and lack of water? What is struggling the most? See what has died or is dying and decide if you feel it’s a high priority to save it or let it go. Letting it go means that you can plant up the area with more waterwise species or more of what is thriving in your garden to keep the cohesion. 1. Avoid watering things that don’t need it An obvious one, but avoid over watering plants that are doing ok. Over watering causes the plant to send out more shallow roots rather than deeper ones and so will over time cause it to become a less hardy plant. Being tough on the strong ones actually helps to promote tougher plants! 2. Water susceptible plants Give those plants that you definitely want to keep but that are struggling deeper watering by watering can or with collected water in the evening as a supplement. Watering in the evening means the water can penetrate Volume 25

deeper without evaporating and encourages the plant to send down deeper roots. 3. Create mini-reservoirs Collect plastic containers with lids, such as juice and milk bottles. Poke small holes in the bottom and half-bury them next to your plant, fill with water and cap. This slow release method also encourages deep rooted plants. Focus this method on fruit trees or large shrubs that have been planted in the last year that are looking frazzled. 4. Keep your garden free of weeds Weeds are generally tough and so compete with your specimen plants for water. They need to be kept under control in your beds right now. Keep up a weekly weeding regime. 5. Reduce or stop any fertilizing Fertilizer stimulates growth and therefore plants will need more water as they send out new tender leaves and shoots. Forego bushy and green right now and get comfortable with beige and bare on some of your plants. It’s hard to watch, but many of the plants are perfectly adapted to survive by dying off or hardening. 6. Trim back plants Those that have become leggy or floppy should be trimmed back. They will need less water and regrow compactly. 7. Pay attention to your pots. They dry out very quickly and the soil inside can get baking hot, frying your plant to toast! Move them into the shade to prevent burn-out. If many of them have already died or if they are too heavy to move, plant them up instead with flowering succulents like Echeveria, Cotyledons, Crassulas. 8. Cut off flowers Seems drastic but this reduces the stress on the plant. Producing flowers uses up a lot of a plant’s reserves and so trimming them off actually encourages deeper root and stronger leaf growth instead. Use the flowers indoors in your vases.

9. Water your fruit trees and important ornamentals Use your dish water or bath water to water your fruit trees and other ornamentals . 10. Mulch now Avoid bark nuggets and stone which can actually heat up the top

Z

Leefstyl • Lifestyle

surface of the soil in your garden. Rather choose a nice 50 to 75mm thick layer of organic compost which will help to improve the soil structure and aid water down to the thirsty roots of your plants. A thick layer will help to shade and cool the soil and plants roots too.

11


Promosie-artikel

Skyward Windows bied dubbele gemoedsrus vir 'n aangenamer leefstyl Gesetel in die hartjie van die Swartland, lê ‘n klein juweel wat lig en lewe gee aan gevestigde en bejaarde inwoners van die gemeenskap. Fonteine Village - geleë tussen graan en fynboslandskap, eie aan Malmesbury- bied vistas op die Kaap se bekendste baken, Tafelberg, wat op die horison bydra tot die vrede en verkwikking aan afgetrede inwoners. Fonteine Village is ‘n visie van Skyward Housing, ‘n prominente ontwikkelaar in die Swartland- en Paarl-omgewing wat bekostigbare behuisingskomplekse verskaf. Skyward Housing het die uitdaging aangegryp om akkommodasie vir ‘n ‘afgetrede lewe’ na die gemeenskap van Malmesbury te bring - stylvol, veilig en gerieflik vir senior inwoners, maar steeds bekostigbaar te bly. Fase 1 (44 eenhede) is reeds voltooi met ‘n verdere vier fases wat voorlê (150 eenhede). Werk aan Fase 2 (32 eenhede) het reeds begin. Een van die kwaliteitkenmerke wat deur

12

Fonteine Village gebied word, is die gebruik van Skyward Windows se dubbelglas uPVC-vensters en -deure. “Daar is saam besluit om te verseker dat ons 'n stewige en veilige woonomgewing vir ons afgetrede inwoners moet bied,” sê die uitvoerende hoof, Kobus le Roux. “Dit is waarom ons Skyward Windows uPVC dubbelglasvensters en -skuifdeure gebruik. Dit verseker gerieflike binne-temperature tydens die warm somermaande asook die koue en nat wintermaande. “Dié produk bied nie net isolasie vir aangename temperature nie, maar is ook die beste opsie as klankdempers om by te dra tot nóg vrede en stilte vir ons afgetrede inwoners.” Die tegnologie van dubbelglasvensters word wêreldwyd gebruik en is bv. met groot sukses in Europa en Amerika in gebruik om verhitting- en verkoelingskostes in uiterste klimaatstoestande, soos op Malmesbury, te verminder.

Z

Leefstyl • Lifestyle

Die toevoeging van dié deure en vensters verskaf nie net geseëlde en geïsoleerde huise van uitstaande gehalte wat hitte en klank beperk nie, maar verminder ook die opbou van stof wat op sy beurt weer die ekstra skoonmaakwerk verminder. “Die kompleks is volledig omhein met beheerde toegang en sekuriteitskantoor. Alle eenhede is kompak en veilig, danksy onder meer die uPVC dubbelglasvensters”, sê Ian Phillips, bestuurder van die landgoed. Elke venster het tot soveel as agt sluitplekke met ‘n dubbellaag-beskerming. Die Fonteine Village-kompleks het ‘n gewilde opsie vir aftrede vir inwoners van die Wes-Kaap geword. Diep gewortel in die unieke lewensstyl van Malmesbury met sy hegte gemeenskap, beloof Fonteine Village om te voldoen aan die behoeftes van al sy inwoners in die Swartland se pragomgewing.

Volume 25


Fonteine Village - a new beginning awaits

F

onteine Village retirement estate is set on a magnificent North-facing slope on the outskirts of Malmesbury, and boasts spectacular views of the Swartland Mountain Range, the town and Table Mountain. The village consists of full-title homes, each with a single or double garage – owners are buying the land and buildings. Phase 2 is currently under construction and units are selling fast. While the constitution of the complex states that the occupants must be at least 50 years old, any person of any age may buy a unit so it’s a great investment. Each house boasts high-quality finishes and fixtures, with airy open-plan layouts and indoor-door flow to easily-manageable garden spaces. While Malmesbury has a low crime-rate, se-

Volume 25

Photos: Schalk Eygelaar curity is an important feature at the village, with the estate being protected by 24-hour manned security with camera monitoring, access control and electrified fencing. Dog patrols will also be starting soon. Specialist care may become necessary due to major illness, operation, or age-related conditions. Fonteine Village has partnered with the Malmesbury ACVV, whose highly qualified and experienced staff have provided many decades of outstanding service to the community. Residents have access to dedicated frail care beds as well as the post-operative room. Recuperating in the care of the dedicated staff of the ACVV means you can remain close to your home in the country while receiving the highest quality care, which is recognised by medical aid schemes.

Z

Leefstyl • Lifestyle

Most people hope to retain their health and independence for as long as possible. The reality is that it sometimes becomes necessary to get an extra helping hand or even specialist care. Perhaps tasks that were easy not long ago become too onerous, or perhaps an operation requires continued medical support. Fonteine Village understands the importance of providing a range of services that will ensure optimal living at all stages of their residents’ lives. Therefore, they have partnered with respected experts and organizations who will provide the right support at the right time. Because all services are only paid for as they become necessary, there is no additional financial burden on residents, as these services are not subsidised by way of hefty levies. Furthermore, most of the services are covered by medical aid

13


service providers. For flexible care in the privacy of your home, Fonteine Village offers first-class nursing services. Residents can decide how often they require visits, depending on their needs – whether it be once or twice a day for an hour, half-days, full days or even 24/7 care. Nursing staff are highly qualified and provide expert services at affordable fees. Their commitment to residents do not only extend to medical needs, but also to general lifestyle requirements. Friendly and enthusiastic assistants are available at all times to lend a hand for everyday tasks, to people who wish to retain their independence for as long as possible. Services include, but are not limited to: Bathing and dressing, ablutions and grooming, and cooking and eating.

14

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

15


Sweef oor Moeder Aarde

Foto: Jean-Jacques Wallis

D

it is soos jy sê mes. Dan is dit die mees salige doodse stilte met ‘n hemelse blik op moeder aarde wat mens jou seker kan voorstel. Bykans onbeskryflik, skryf Johan Viljoen. Daar, op seker 4000 plus voet (want dit is die eenheid waarin dié lugduikmense praat) is daar niks, absoluut niks, tussen jou en die skone Swartland-landskap nie. Vry soos ‘n voël. Die lappieskombers van graanlande, heuwels, Kasteelberg, 'n klompie damme, opstalle, paaie en Malmesbury. Bietjie verder - as jy rondkyk - sien jy Tafelberg en die Weskussee, Darling, Moorreesburg en ook bergreeks op bergreeks. Ja, gelukkig het jy die rugsteun van ‘n meer as ervare instrukteur wat alles vir jou doen. Letterlik op jou rug beheer hierdie instrukteur als. Van die aanvanklike valtyd met die kleiner valskermpie om jul so effe te briek (al val jy steeds teen ‘n asembenemende spoed) tot die ingrypende ontplooiing van die groot skerm vir daardie saligheid om neer te daal, tot die neem van perfekte lugfoto’s en materiaal wat hulle vir jou van jou tandemsprong vasvang. Wel, dit is ‘n ondervinding wat die uwe nooit sou droom om te doen nie, tot die dag wat Mike Rumble van die Mother City-valskermklub buite Malmesbury hom so effe onkant betrap het. Mother City Skydiving het ‘n ervare en professionele span met baie ure in die lug en duisende spronge op hul kerfstok. Hulle neem daagliks talle besoekers op ‘n ongewone lugreis die blou hemel in, vir ‘n besondere ervaring en blik op dié pragtige streek. Met veiligheid natuurlik - maar ook sigbaar

- hul heel eerste prioriteit, kan en HET hierdie lugkliewers al baie unieke ervaringe in en vanuit die lug beleef. Hulle kan haarfyn beplan en vir reklamedoeleides, of vir ‘n filmskoot, perfek op ‘n klein area soos die dak van ‘n gebou land, of ‘n ring of bottel sjampanje uit die lug aflewer vir ‘n spesiale geleentheid. Mother City Skydiving se valskermmeesters beheer natuurlik die spoed waarteen hul moeder aarde nader of waarteen hulle in spesiale vliegpakke vlieg. Dié lug-akrobate kan met hul toertjies hulself maneuver in die beste posisies en dikwels as ekstra fotograaf om en onder jou sirkel vir ekstra asemrowende beeldmateriaal. Die lug-akrobate doen ook valskermvertonings regoor die streek en kan met spesiale permitte ook by gekose geleenthede tandemvertonings lewer met bekendes. Dié klub het op Malmesbury al die Swartland se uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, en onlangs die bekende TV-persoonlikheid en sanger Pietman Geldenhuys, by die plaaslike landbouskou “afgelewer”. Duisende toeriste van oor die wêreld besoek die Swartland omdat dié unieke ervaring op hul tieklysie is. Daar is verskeie pakette beskikbaar om jou besondere een-keer-in-‘n-leeftyd-ervaring mee te maak. Besoek Mother City Skydiving gerus of gaan loer op hul webwerf https://www. mothercityskydiving.co.za , hul sosiale mediabladsye of skakel/whatsapp 079 337 2443. *Daar is net een probleem. Wees gewaarsku. Heel dikwels byt die vlieggogga en word hierdie een afmerk op jou lysie sommer ‘n heel paar keer om weer en weer en nog ‘n keer daardie salige en hemelse te ervaar.

Foto: Jean-Jacques Wallis

16

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

17


Deur die Jong fotograwe van die Weskus en Swartland het onlangs weer hul slag gewys in die jaarlikse fotografie-afdeling van die Wes-Boland Eisteddfod. Die oorkoepelende tema was sport/aksie, met die aksiefoto's vir die meer senior deelnemers. Die eisteddfod word oor twee bene beslis. Die eerste is 'n ope-afdeling, terwyl die tweede 'n toepassingskategorie is waar die fotograwe in 'n beperkte tyd en plek hul slag moet wys. Die beoordelaars, waaronder Clifford Wyeth LPSSA (Mono) LPSSA (Kleur) en Anne Wyeth LPSSA (Digitaal Kleur), was dit eens dat die foto's van 'n hoë gehalte wat vanjaar ingeskryf is, dui op volop talent onder die jong fotograwe uit die streek. Ons publiseer hier 'n paar van die top-inskrywings.

Marcel van Zyl - Individueel

Tatiana Zincke - Long Acres Privaatskool

Marco Storm - Individueel

La-Né Hanekom Hoërskool Hopefield

Gia Ceruti - Curro Langebaan

18

18

Z

Gesondheid

Inge Landsberg Leefstyl • Lifestyle Individueel

Volume 25 Augustus • September 2013 Leani Geldenhuys - Topolino


lens ...

Caitlyn le Roux - Long Acres Privaatskool

Corli de ClercqHoërskool Swartland

Stephann Botha - Christelike Privaatskool Malmesbury

Marco Storm - Individueel Hendré de Kock - Christelike Privaatskool Malmesbury Andrea van Zyl- Curro Langebaan

Saskia Nortier - Christelike Privaatskool Malmesbury Erick Botha- Topolino

Volume 25 Augustus • September 2013

Z

Gesondheid

Caitlin Gijsbers Leefstyl • Lifestyle Long Acres Privaatskool

19

19


20

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

21


Foto: 22 Verskaf

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Tinarie

vind haar voete in Riebeekvallei deur Maryke Roberts

T

inarie van Wyk-Loots is ’n naam wat gereeld in van die land se voorste toneelstukke opduik. Haar kaggelrak staan volgepak van die toekennings; sy reis die land en wêreld vol vir optredes, maar dis in die Swartland waar sy haar batterye gaan herlaai. Tinarie en haar verloofde, die akteur Erik Holm, woon op Riebeek-Kasteel. Hy het Januarie by haar ingetrek. Sy vertel dis lekker sentraal, die lughawe en Kaapstad is ’n klipgooi ver, maar as jy jou aan die voete van Kasteelberg bevind, sluit jy ’n hele wêreld agter jou uit. Sy vertel dat haar intrek daar eintlik ’n kombinasie van geluk en toeval was. “Ek het nog altyd ’n sagte plekkie gehad vir ’n klein dorpie - ek geniet die stilte en natuur, en ek wou bitter graag nesskop iewers waar ek ’n tuin kan hê en bome plant en sien hoe hulle groter word. Iewers waar ek kan bly tot ek eendag oud en grys is. “Ons twee sit op die stoep en kyk hoe die son agter die berg ondergaan en luister na die visarende se roep.” Tot Desember het sy gereeld by Erik - wat vir jare die karakter Rian Malherbe in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk het - op Hartebeespoortdam gaan kuier. Hulle is amper vier jaar ’n paartjie, maar Tinarie erken dit voel of hulle al ’n leeftyd saam is. “Hy het ’n skerpsinnige eerlikheid; wat vir my geweldig aantreklik is; natuurlik is hy die mooiste man wat ek al gesien het. Sy wilde sin vir humor is ook een van sy vele talente!” Sy gesels opgewonde oor haar huis, iets wat sy as herberg beskou – nie net vir haarself nie, maar vir almal wat daar kom en natuurlik nou vir haar lewensmaat ook. Sy erken dat sy ’n opgaarder is en soveel moontlik familieherinneringe in haar huis uitstal. “Ek noem my huis my storie-kerkie,” lag sy. Haar huis is sover moontlik uit tweedehandse

Volume 25

boumateriaal gebou, omdat sy ’n voorstander is van herwinning en tweede kanse. “Alles het ’n geskiedenis wat op ’n tyd vir iemand kosbaar was. Ek hou van helder kleure en leef graag met ewe veel oorgawe in elke kamer van my huis - ek skuif ook graag dinge ’n bietjie vir verandering.” Sy sê soos met enige verhouding, is saam intrek ’n aanpassing vir albei, want voorheen was dit net sy en haar vier katte. Erik het ’n voltydse versorger nadat hy in ’n ongeluk was etlike jare gelede en nou in ’n rolstoel is. Tinarie het ’n woonstel aangebou vir sy versorger, sodat hy privaat kan wees en sy en Erik so normaal moontlik kan leef. Erik is nou meestal by die huis, terwyl sy oral agter haar vertonings aanry. “Dis vir my heerlik om te weet hy is daar as ek tuis kom, maar dis ook bitter sleg dat ons mekaar so min sien. Ek het sedert Januarie al agt produksies gedoen en hy kry saans ’n opgebruikte, stukkende meisie tuis. Ek is eintlik nie seker of ek al tot verhaal gekom het nie. Ons is een honderd persent huishoenders en het nog nie regtig die dorpslewe omarm nie - daar was bloot nog net nie tyd nie. “Ek is mal daaroor om soggens wakker te word, vir my koffie te maak en terug te klim in die bed en met my werk aan te gaan en hy slaap rustig langs my. Erik skryf nou vir Binnelanders en het ook in Die Vrou uit die See by die Woordfees en KKNK gespeel. Hy doen nou sy eie ding en geniet die vryheid om sy loopbaan-opsies te ontgin,” babbel sy. Tinarie en Erik het al saam in ’n paar produksies opgetree. ’n Klompie jare terug het hulle die tonge laat klap met hul smeulende spel in Dogma en verlede jaar was hulle saam in Plant vir my ’n boom, André oor die liefde van André P. Brink en Ingrid Jonker. Sy vertel: “Ons geniet die voorreg om só maklik saam te kan werk - ek dink nie dis iets wat vir alle paartjies werk nie.”

Z

Leefstyl • Lifestyle

Dit bring mens onwillekeurig by die uitdagings van feeste en speel in skoolsale. Sy sê skoolsale en klubhuise is natuurlik maar uitdagend en sy noem dit “loopgraaf-teater” omdat dit soms soos ’n kuns-oorlog voel. “Jy baklei eintlik teen die ruimte en dis hard op almal - gehore, beligting- en klankmense en die akteurs en die uitdagings is anders as in ’n teater. Die stel lei skade as jy voortdurend daarmee reis, maar dis waar die gehore is.” Tydens jeugdagvieringe in Junie, noop dit almal tot nabetragting. Tinarie sê as sy vir haar twintigjarige self iets kon sê, sou sy sê sy het al baie foute gemaak. Dis juis die lesse daaruit wat haar gemaak het wie sy is. “Maar probeer om balans te hou. Die donker is net so noodsaaklik soos die lig in ons lewens.” Sy sê sy sou haarself ook aanspoor tot meer geduld. “Ek werk op ’n baie hoë frekwensie en weet nie almal is so nie. Niks gebeur in isolasie nie. “Mens moet altyd gaaf wees en bewus wees van ander mense se behoeftes.” Vir jong akteurs wat die loopbaanleer nou begin klim, gee sy algemene raad, want sy glo elkeen ervaar dinge so geweldig anders. “Dis ’n voorreg om te kan doen waarvoor jy lief is. Dis soms baie moeilik en uitdagend, maar die dividende is fantasties. Wees oop vir nuwe ervaringe en hou altyd aan met leer; wees buigsaam en omarm veranderinge,” voeg sy by. Tinarie sê sy is baie lief vir kinders en wil graag kinders hê al is hulle nie biologies haar eie nie. “As ek eendag wil ma word, sal ek aanneem. Kinders het net liefde nodig. "My ma het my onvoorwaardelik lief gehad en my laat glo in myself. Ek is nou ma van vier volwasse katte wat ek aangeneem het en ek glo daaraan om alles en almal ’n tweede kans te gun. Jy het die geleentheid om baie meer te gee as wat jy dink.”

23


Foto: Verskaf

Folk Rock met

Bottomless Coffee

Band

Hulle het verlief geraak terwyl Esté hard aan die repeteer was as 'n dramastudent op Stellenbosch. Op pad klas toe het sy elke oggend vir koffie gestop, maar Lourens het geen warm drankies gedrink nie. Hy was gou gefassineer deur die koffie en die koffiewinkelkultuur. Toe hy 'n naam moes kry vir 'n optrede saam met vriende en Esté, is die naam

24

Bottomless Coffee gebore. Só verduidelik die egpaar Rabé, wat deesdae in die Paarl woon, die oorsprong van hul verhoognaam. Die ander lede van die groep het nie belang gestel om naweke as musikante te werk nie, en net Lourens en Esté (hulle is intussen in 2013 getroud) het oorgebly. Die duo, wat saam 12 instrumente bespeel, het nou reeds meer as 460 optredes agter die rug. “Vandag is Bottomless Coffee Band 'n atmosferiese naam. Koffie en koffiewinkels bring mense bymekaar vir gesellig saamkuier. Baie wenkonsepte het in koffiehuise ontstaan. Dit is 'n kreatiewe hub vir gesprek, inspirasie en kreatiwiteit en ons hoop dat ons musiek dieselfde kan doen.” Hulle beskryf hulle musiek as akoestiese folkrock en afro-blues en hul optredes as energiek met rock & roll-musiek. Bottomless Coffee Band raak aan die liefde en doen ook 'n paar ballades. Hulle bespeel instrumente soos akoestiese kitaar, elektriese kitaar, akoestiese baskitaar, harmonika, voettromme, banjo, ukelele, bas ukelele en trekklavier en ruil meesal ná elke liedjie. Die duo lewer kragvertonings met unieke vertolkings van legendes soos Johnny Cash, Bob Dylan en Creedence Clearwater Revival wat Leefstyl • Lifestyle hulle geïnspireer het.

Z

Hulle sing een van Johnny Cash se top-treffers Folsom Prison Blues en ook sy Ring of Fire. Laurika Rauch se Stille Waters en Blowin' in the Wind van Bob Dylan. Perfekte kombinasie van Esté se suiwer klassieke sangstem in unieke harmonie met Lourens se Rock-agtergrond, is hulle optredes al as gourmet musiek beskryf. Esté, 'n Karookind, sê die liedjie "Blowing In The Wind" van Bob Dylan het haar verwysing van musiek en die gebruik van woorde in liedjies gevorm en sy sal hom vir altyd dankbaar wees. “Bob Dylan is 'n lewende legende wat ons met groot respek bewonder. Hy sing oor aktuele sake met "3 akkoorde en die waarheid". Dit is iets waarna ons in ons eie musiek streef: liedjies sing wat mense laat dink en voel. “Soms ontsnap jy deur musiek, soms kom jy terug deur musiek, maar meestal voel ons deur musiek en ons eer Bob Dylan vir sy massiewe bydrae om ons te laat voel ...” Ná hul onlangse toer na die Vrystaat en Gauteng, voordat hulle weer by die huis in die Paarl kom draai het vir 'n paar Kaapse vertonings in Worcester, Grabouw en Hermanus, was dit weer tasse pak vir die pas afgelope Aardklop in Potchefstroom. Hulle het ook al in België, Nederland, Duitsland, Frankryk, Engeland en Skotland getoer. In België het nuwe Europese vriende hulle gevra om 'n Afrikaanse liedjie te sing en Stille Waters van Laurika Rauch het spontaan by albei opgekom as 'n Afrikaanse gunsteling. Vandag is dit deel van hul repertoire. Bottomless Coffee Band se vollengte debuutalbum, Room with a View, is einde 2014 vrygestel en die duo werk aan hulle nuwe album wat volgens plan vroeg in 2018 beskikbaar sal wees. Hulle praat van hul gunstelingkoffie en gunsteling koffiewinkel. Esté sê Lourens is nou 'n groter koffiesnob as sy. • Bottomless Coffee Band kuier later vandeesmaand op 28 Oktober in die Swartland by die Bakgat Môreson Plaasfees buite Malmesbury. Die propvol program strek van 27 tot 29 Oktober. Kaartjies is beskikbaar op Volume 25 Computicket.


Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

25


Uys gesels oor 21 jaar op

Deur: Charlotte Lesch

Foto's: Cor Cronje

E

k sê altyd vir die wêreld, I use the F word to fight fear and the F word is FUN. Só vertel Pieter-Dirk Uys, legende en ikoon van Suid-Afrika wat pret na mense wil bring deur middel van sy teater op Darling. Die teater en restaurant, Evita se Perron - die tuiste van die gewildste "blanke vrou in Suid-Afrika", Tannie Evita Bezuidenhout, vier vanjaar sy 21 jaar op Darling. Pieter-Dirk Uys het in 1995 op Darling aangekom. Hy was eintlik op pad na McGregor, maar het daardie afdraai gemis. Hy bestel toe ‘n schnitzel by ZumSchatzi en ontmoet vir Dale Gremels wat sy vertoning die vorige week by die Baxter-teater gesien het. Sy besluit net daar om hom meer van dié dorp te wys. ’n Verlate Victoriaanse huis met houthortjies wat oop staan, vang sy oog. Die huis is net daar vanuit sy motor gekoop en hy groet Darling ure later met ‘n vol maag en as die eienaar van ‘n leë gebou. Slegs plaaslike inwoners was betrokke by die opknapping van sy huis. Onder hulle was ‘n bobaas-timmerman wat die restourasie van sy huis se hortjies behartig het. Toe hy uiteindelik na Darling verhuis, kom Uys te hore van die ou stasiegebou in Arcadiastraat wat leeg staan. Die stasie het sy deure in 1970 gesluit. Sedertdien het verskeie mense die gebou om verskeie redes gebruik, soos die einste timmerman wat uiteindelik weer vort is. Uys is gevra of hy die gebou wouhuur as ‘n stoor. “Ek het natuurlik al Evita se skoene en nonsens. Ek het dadelik ja gesê, anders sou die munisipaliteit dit wou afbreek. Ek staan toe langs die spoor en ’n groot trein kom verby. Toe dink ek skielik aan Evita Peron van Argentinië. Evita se perron - Evita se stasieplatform.” Die idee van sy eie teater het reeds lank tevore plek in sy verbeelding gekry. Hy maak dadelik planne in sy kop om ‘n klein verhogie in “daardie” kamertjie waar ongeveer tien tafels en stoele sal inpas, te bou. Hier sal daar elke Sondag ‘n vertoning plaasvind. “En dit is waar dit begin het. "Mense het vir my gesê ek is mal om ‘n teater

26

op Darling te open. Maar mal is goed. Dit beteken mense het nog nie daaraan gedink nie. As een mens in daardie eerste jaar hier aangedoen het, was ek bly, as twee mense gekom het, was ek nog blyer.” Volgens Uys is die naam van dié dorp ‘n bonus. Hy is al baie gevra of hy die naam gegee het. Hy lag: “Darling is Darling, maar is ook Engels vir skattie. En ek sê altyd ons is in die Swartland. The only part of South Africa honest enough to call a spade a spade.” Dit verbaas hom nog daagliks dat inwoners van die streek nog nooit van Evita se Perron gehoor het nie. Hy nooi mense uit om die teater-restaurant te besoek en hulself te geniet. Mense moet kom. Jy het nie ‘n paspoort nodig nie, net ‘n Visa-kaart. Met elke besoek wag daar iets nuuts. Die teater kan nou 100 mense huisves. Daar word ook vertonings in die oorspronklike kleiner teater aangebied. Bejaarde inwoners kom ook vir die afgelope 15 jaar een keer per maand fliek kyk en natuurlik ‘n groot muffin eet, voeg hy by. “Mense dink steeds die treine wat verby Evita se Perron beweeg, is ‘n sound effect. Dit is vir my belangrik om te luister na wat mense wil hê om hulle lewens plesierig te maak.” Sy gunsteling-besoeker was die voormalige minister van gesondheid, Manto Chabalala Msiman. “I just want to welcome the minister of health and ask you a question. My grandchildren want me to know from you, does HIV lead to AIDS. “Evita no, don’t bring politics into the show, en toe loop sy. "Pik Botha en Piet Koornhof was ook al hier." Pieter-Dirk Uys is besig om aan ‘n nuwe boek te werk. “Ek werk altyd aan ses dinge gelyk. In die politiek verander dinge natuurlik ook die heeltyd," voeg hy by. Besoekers stop soms ook net vir die Perron Katte, Ginger en Merilyn van die plaaslike DBV, wat soos koninklikes behandel word. “Merilyn het gehang op die draad en geskree, vat vir my, vat vir my. Hulle mag dan nie in die

Z

Leefstyl • Lifestyle

teater kom nie. As hulle vir die katte kom, sien hulle die shows." Hulle het ook deur die katte, die kinders van die gemeenskap bewus gemaak van troeteldiere en diereregte. "Ons sê altyd diere word ook deur die grondwet beskerm. Jy skop nie ‘n dier nie." Op Madibadag neem Tannie Evita die kinders na die DBV om vir 67 minute aandag aan die katjies te gee. Uys sê as kind het sy pa hom altyd belet om blomme te pluk as hulle na die Weskus kom. "Pieter jy pluk nie ‘n blom nie. Die blom wat jy pluk het ‘n pa en ‘n ma,” en hy onthou dit vandag steeds. Sedert Evita se Perron sy deure in 1996 op Darling geopen het, is daar soveel nuwe entrepreneurs wat op dié skat van ‘n dorp kom nes skrop het, vertel Uys. Daar is die biermense, die toffiemense, mense wat olywe maak en kunstenaars wat hier ingetrek het. Daar is ‘n aantrekkingskrag vir mense om hierheen te kom. Hy vertel ook van jong mense wat 20 jaar gelede saam met Evita se Perron begin het. “Hulle is nou 20 jaar ouer en hulle het nou kinders, so dit is ‘n nuwe generasie wat kom. Dit is vir my belangrik om te onthou dat, al is ons hier vir 23 jaar as ‘n demokrasie, daar nog ontsaglik baie dinge is wat ons moet doen om mense te laat tuis voel in die demokrasie en om saam sports te maak, te dans en te sing en te lag vir ons vrees. Dit is ‘n baie goeie manier om vorentoe te gaan.” Die Perron bestaan ook nie net uit die teater nie. Daar is die eksentrieke kunstuin, bekend as Boerassic Park. Hy vertel graag van die museum wat groot belangstelling lok. “Die Noseum. Dit is vir my altyd baie interessant om te luister as ‘n klein meisie van ses vir haar ouma vra, 'Ouma wat beteken Slegs Blankes?' Dan moet ouma vir die eerste keer in haar lewe uitwerk wat dit beteken, want dit was nie nodig om daaroor te dink nie." Hy moes al aan talle jongmense verduidelik wat presies die term Apartheid beteken. "En die gevaar is dat dit baie stupid was, want baie mense is dood. Maar nog erger, mense se Volume 25


harte het gaan staan en hulle hoop het verdwyn. So die F-woord is baie belangrik." Nie net die tuin is vol politieke ikone, beelde en simbole wat ‘n bietjie humor aan die dag gee nie, maar so ook die teater vol portrette, foto’s en ou kunswerke. Hy beskou dit as 'n "klomp nonsens" wat tog waarde dra. Die kabaretteater wat in 1997 aangebou is, se mure het leeg gestaan. In sy motorhuis was daar 'n klomp items waarmee hy grootgeword het en hy het besluit om dit daar op te hang. “Jy sien dit vir R20 in ‘n winkel en dink dit is ‘n goeie raam, maar dit is ook geskiedenis en deel van jou lewe. Ek het gedink dit is net tydelik, maar dit is steeds hier en dit werk. “Baie mense onthou byvoorbeeld, dit lyk soos die huis waarin hulle grootgeword het." En die kosbaarste item? "Pfff, wat is kosbaar?" Hy sonder wel die portret (van Nelson Mandela en Tannie Evita saam) wat Mandela vir hom geteken het, uit. Dit lui: To a wonderful lady. "Hy was baie mal oor haar. Evita, where's Evita,” maak hy die ikoon na. Uys het ook al verskeie toekennings gewen. Hy stal dit nie uit nie, maar wys wel ‘n paar op versoek. Die res is in ‘n boks iewers. “Ek is dankbaar, maar dink daar is so baie ander mense daar buite wat net so hard werk en die erkenning nodig het.” Sy vertonings is meestal in Engels. “Die helfte van die besoekers wat kom, is toeriste,” vertel Uys. “Tannie Evita praat Afrikaans, maar sy vra altyd wie nie Afrikaans verstaan nie. Die hande gaan op en sy kan vra van waar hulle kom. 'I’m from England,' en dan kan jy op die Brexit-road gaan. En vir die Amerikaners kan daar gesê word, 'We went to America. Dr Verwoerd sent us there in 1956 to study your Indian reservation system on which we can base our black homeland policy.' Dan mors jy rond met almal se wêreld en lag lekker saam." Uys vertel Evita is ‘n lekker karakter om te vertolk, want sy kom van ver en sy is al vir meer as Volume 25

35 jaar in die meeste mense se lewens. “En nou is sy ook lid van die ANC en hulle verdien haar. Sy kan lekker mors met mense se vooroordeel - en vrees en viesheid. Mense is die moer in en dit maak mense siek. Dit moet jy uit jou lyf uit kry.” Evita was laas in 1999 in die parlement. Uys skryf egter gedurig briewe aan die Speaker namens Tannie Evita. “Sy het onlangs aan haar geskryf: Madam Speaker, let me just explain wat secret ballot means. If it’s successful, then you will be president, so bring your hairdresser and keep him close to you always. En dan kry ek soms ‘n klein boodskappie terug.” Hy sê sou Cyril Ramaphosa president word, gaan Evita bietjie saam met hom jol daar by die parlement. Tannie Evita vier haar jare op Darling met ‘n gratis realiteitsprogram, asook ander onderhoude, Evita’s Free Speech op YouTube. Daar is ook 'n skakel op die Perron se webwerf. Uys geniet dit wanneer mense hom vertel van besoekers wat besluit om Darling toe te gaan en boonop daaroor te lag. “Ons gaan vir tannie Evita sien, maar sy bestaan nie. O ja, sy bestaan nie, maar sy bestaan, dan lag hulle weer. Hulle ry 80km om ‘n vrou te sien wat nie bestaan nie. Dit is in sig self belaglik en wonderlik. As hulle hier kom, verkyk hulle hulle aan alles, Die Hendrik Verwoerd-lampie, die standbeeld van Cecil John Rhodes en Boerassic Park. So dadelik begin mense giggel en lag. As hulle hier weg ry, voel hulle beter. En dan is daar boonop ook ‘n show.” Uys glo nie in aftrede nie. “As ek eendag in my rolstoel is, rol ek af na Evita se Perron,” skerts hy. Hy dink aftrede is ‘n baie giftige ding. Dit moet ‘n demokratiese keuse wees. Hy ken baie mense wie se lewens versuur is na hul energie geknip is. Hy neem ook nooit vakansie nie. Maar vanaf 16 Desember tot einde Januarie is dit die tyd wat hy homself toelaat om wyn te drink. “Ek mag nie siek word as ek werk nie en glo nie daaraan om vertonings te kanselleer nie.” Hy moes onlangs in ‘n landwye toer 60 verto-

Z

Leefstyl • Lifestyle

nings doen. “Almal om my het griep gehad en ek sê net vir my lyf, jy kan nie nou nie. “Almal wat hard werk, moet ‘n potlood vat en een dag in jou dagboek doodkrap. En hou daardie dag oop vir wanneer jy dit nodig kry, want somtyds kan ons nie meer nie. Later skuld jy jouself ‘n week en wie kan ‘n week vat. “Ons is bietjie agtelosig met ons lywe. Volgens hom is hy nog hopeloos te jonk om dood te gaan, maar as Uys iets sou kon agterlaat, is dit die bewustheid dat enigiets moontlik is. Dit is nie net ek wat dit kan doen nie. Dit vat net baie harde werk en niks gebeur vinnig nie." Soms met hul talentkompetisies is daar 400 mense wat opdaag uit die kontrei en kleintjies wat saam met die katte op die banke slaap. “Almal moet weet dat as jou kind wil sing en dans en Klavier speel, dit moontlik is. Behalwe vir die Darling Trust (waarvan hy die stigter is) wat die minder bevoorregte gemeenskap bemagtig en die 70 “goggatjies” by die Little Darlings-skool, lê opvoeding van vandag se jeug hom na aan die hart. Hy wil graag nog baie meer by skole betrokke raak. Evita se Perron bied reeds 67 Minutes aan met die basiese riglyne van die lewe soos hoe om ‘n rekening by ‘n bank te open. Hy wil ook graag aandklasse aanbied in taal of rekenaartegnologie. “Niemand kan ‘n werk kry sonder rekenaarvaardigheid nie. En tale is so belangrik.” Volgens hom moet kinders van vandag ‘n plaaslike swart taal aanleer. Só ook lees. Die grootste probleem is maar befondsing. Tannie Evita was onlangs by ‘n fondinsamelingsgeleentheid by die Mount Nelson-hotel vir die Darling Trust. Sy noem dit die Mount Nelson Mandela Hotel. Uys sê sy wens vir Evita se Perron, is vir die trein om terug te kom. “Die stoomtrein het gekom en tannie Evita het besoekers met die kinders op die platform verwelkom. Hy het as jong man in die vloot op Saldanhabaai die bussie met ‘n naweekpas na Darling gevat, waar hulle die lekkerste vleispasteie by die ou stasiegebou gekoop het. Hy het tóé nooit gedink die platform sou sy tuiste word nie.

27


Foto’s: Clifford Roberts

28

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Etosha se roep na die Noorde

R

’n eis na Etosha Nasionale Park en die omliggende reservate in die noorde van Namibië, was nog altyd ’n droom. Die afgelope vakansie breek hierdie reis toe vir Maryke Roberts en haar man, Clifford, aan. Ses nagte by drie verskillende kampe en parke, gee jou genoeg kans vir kopskoonmaak, terwyl die kilometers onder jou gehuurde 4x4 se bande verbygly. Ons kies drie bestemmings: Okonjima Natuurreservaat, tuiste van die Africat Stigting, Anderson kamp net buite die Etosha Nasionale Park en ’n dag in die park. Ons vlieg van Kaapstad na Windhoek en word deur Africa 4x4 Rentals opgelaai. Minute later is ons in ons 4x4 Toyota, spaarwiele, kompressor en GPS gelaai. Dis skuins na 15:00 wat ons by Okonjima Lodge se Plains Camp indraai. Die wildrit begin binne minute en met baadjies onder die blad, begewe ons ons vir vier ure in die bekwame hande van veldgids Immanuel Nareseb. Die 22 000 hektaar reservaat het sewe hervestigde, gerehabiliteerde jagluiperds met halsbande wat per radiosein opgespoor kan word, sowat 36 luiperds en twee hiënas, ook met halsbande. Op die verskillende wildritte volg jy of die luiperds, jagluiperds of hiënas se spoor en in die geval van die laasgenoemde twee, stap jy in die veld tot bykans op hulle. Ons kyk sterre, luister na die naggeluide, smul aan voortreflike etes en sit bedags tussen wildritte deur, by die reuse vensters van die restaurant en kuier-gedeelte en kyk hoe die lewe sy gang gaan by die watergat vlak teen die lodge. Ons besoek vir Africat en hoor van al die navorsing wat daar op die roofdiere gedoen word, hoe opvoedingsprogramme met skole en opleidingsprogramme met omliggende boere aangepak word en hoe beseerde of wees jagluiperds en hiënas weer in die natuur hervestig word. Ons skuif aan na Ongava Lodge se Andersson Kamp, vernoem na Charles Andersson, die Sweedse ontdekker wat die Etosha Pan vernoem het. Ons huisie is uit klipmandjies met plaaslike klip gebou. Die ruskamp is bekend dat alles uit herwonne materiaal gemaak is. Terwyl ons wag vir die namiddag wildrit, luister ek hoe die gidse

staan en gesels. Die stories laat my lekker lag, want Engels is dalk vir ons die voor-die-handliggendste voertaal, maar die arme gidse moet soms bontstaan met Russe en Italianers, vir wie alle diere “kudu” is, of dit nou waterbok, sebra of impala is, omdat die verduidelikings hulle ontgaan. Ons gids vir die twee dae is Shilongo Sakeus en hy vertel meer van die 30 000 hektaar reservaat. Hy sê dat die reservaat die afgelope paar maande ses olifante het, omdat hulle die draad tussen Ongava en Etosha platgetrap het en “besluit het om bietjie by ons te kuier”. Hy sê ons is een familie op die voertuig en verduidelik dat ons nie hard moet raas by wilde diere nie en die swart renoster aggressief kan wees en graag kammakamma storm om te wys wie’s baas. “Dan moet julle nie gil nie en ook nie opspring nie. Bly stil en wees kalm,” verduidelik hy. Ons gaan vir verskeie wildritte en sien ’n wye verskeidenheid voëls, bokke, renosters, kameelperde en die gompou - die swaarste vlieënde voël wat net 5 km op ’n keer kan vlieg en ook die Namakwaduifie, Namibië se kleinste duif. Saans as ons van wildritte terugkeer, brand die vure in die kampie langs die eetgedeelte. Mense sit en gesels en vertel van die avontuurlike dag wat hulle gehad het. Hiervandaan skuif ons aan vir ’n dagbesoek na Etosha - wat “groot wit area” beteken - en verwys na die reuse pan in die middel van die park. By Okaukuejo Kamp betaal jy jou besoekers-en motorfooi. Met jou permit in jou sak, is die park joune om te verken. Ons neem die oostelike roete na die verskeie watergate soos Gemsbokvlakte, Olifantsbad en Aus. Na middagete by die piekniekplek, keer ons terug na Oukaukuejo, koop koue water en gebruik die badkamer en kies koers noordwaarts. Die terrein verander na oop vlaktes, geel gras wuiwend in die windjie. Daar is springbokke en wildebeeste so ver soos die oog kan sien. Hoe verder ons ry, hoe nader aan die soutpan kom die pad. By Wolfsnes se afdraai, stop ons ’n wildkykvoertuig en vra of ons op die regte pad is na die soutpan se uitkykpunt. “Nee,” antwoord die gids, “hierdie pad gaan na Okondeka.” Hy kan die teleurstelling op ons gesigte sien. Ek vra wat daar te sien is op die pad, want mens kan net soveel grasvelde, springbokke en sebras kyk, voor jou oë oormekaar kyk. Hy glimlag en sê:

“Wel, so 5 of 6 km aan, is daar leeus.” Ons laat vrek amper die voertuig met dié nuus. Ons ry aan: 5, 6, 7 km, niks. Ons moet besluit of ons gaan omdraai en die uitkykpunt gaan soek. Ons kom om ’n draai en sien nege voertuie langs die pad. Die opwinding is groot, want hopelik kyk hulle vir die leeus. Ons val in die stil ry in, volg die kameralense en verkykers en sien net ’n grasgroen kol wat heel onvanpas op die vlaktes lyk. Agter die gras strek die pan spierwit sover die oog kan sien. Ons bespied die graskol met ons verkykers en sien die donkerkol: die swart maanhare van ’n leeumannetjie. Ons kyk en wag en kyk en wag. Na ’n hele paar minute is daar ’n beweging in die gras langs hom en twee wyfies steek hulle koppe bo die gras uit. Nie lank nie, of die een wyfie staan op. Agter hulle is die springbokkies ewe skielik nie meer so rustig nie. Die ander wyfie gaap lang gape met slagtande wat my sou laat ril as ek daar alleen in die veld is. Sy gaan lê weer. Nie ver van hulle nie, is drie jakkalsies wat om hulle draf, nader kom en weer die aftog blaas. Agt kraaie sit ook en raas en ons vermoed daar is ’n karkas agter die rantjie. Ons sit die hele middag daar, in die hoop dat die leeus sal opstaan. Soos die minute verbytik, stap die diere vlak naby die roofdiere verby op pad na die vars water stroompie wat daar verbyloop. Die mense in die voertuie skuif gemaklik, sommige knip ’n uiltjie, almal in afwagting vir daardie wenfoto. Ons moet teen 17:20 by die hek uit wees en dit het ons ’n uur geneem tot hier. Teen 16:00 moet ons daardie moeilike besluit neem: gaan ons nog sit of gaan ons ry? Ons vertoef nog ’n paar minute, maar val dan in die pad en ry vir oulaas ’n draai by die watergat by Okaukuejo, voor ons by die hek moet uitwees. Teen laatmiddag is al wat leef en beef by die watergat. Mense in die Watergat-chalets sit op hul stoepies met drankies en skyfies en biltong; ander wat nie so gelukkig is om daar te oornag nie, sit op die bankies met kameras op driepote en wag. Stadig kom die diere oor die vlakte aangestap en die kameras kliek. Voëlboeke word uitgehaal en daar is debatte oor watter duif of roofvoël nou eintlik teen die ondergaande son in die boom sit. Dis met effe afguns wat ons ry; die vlaktes en soutpanne van Etosha agterlaat met die wete dat daar maar net geen ander plek op aarde soos hierdie is nie.

Kitsfeite

waar jy selfs jou eie sjef en veldgids het. Besoek www.onkonjima.com vir meer inligting.

Besoek www.african4x4rentals.com vir meer inligting.

● Okonjima Natuurreservaat het verskeie verblyf-opsies, waaronder kampplek, luukse verblyf

● Ons het ons 4x4 by African 4x4 Rentals op Windhoek gehuur.

● Vir heerlike verblyf by Ongava Lodge se Anderssons Kamp, bespreek by http://ongava.com/

Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

29


Windhoek

- Capital worth a thorough visit

30

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


S

outh Africans love Namibia for its wilderness, but its capital city is well worth a better look, writes Clifford Roberts. Just like Pretoria, the capital city of Namibia rarely gets a second glance from South African holiday-makers. It’s not for nothing that the country’s spectacular landscapes and coastal towns like Swakopmund and Henties Bay enjoy top spot. But. There’s a fascinating side to Windhoek that justifies spending more than a couple of days exploring. Its streets hum with an Afrocosmopolitan feel that extends beyond, to amongst other its museums, parks and galleries; architecture, both contemporary and wellpreserved heritage; bustling shopping centres; and, trendy restaurants and bars. The city lies at the geographic centre of the country. Not only the seat of government power, it is the nexus of main roads leading to the most popular destinations as well as neighbouring countries of Angola to the north, Botswana east and South Africa. As with many travellers to Namibia, our trip starts and ends in Windhoek; the direct flight to Hosea Kotako International is less than two hours from Cape Town. It’s only on the last couple of days before departure for home that we set out to explore town. The city is broad, but criss-crossing it from one feature to the next we realise how small the CBD actually is. This heart of the city is very walkable, with a collection of interesting places like the National Art Gallery of Namibia and upmarket shops within minutes from each other. Further afield, are bigger shopping and office complexes and construction sites that suggest even greater expansion.

Volume 25

We snap away at its vast collection of historic buildings and a smattering of dramatic new ones, like the Independence Memorial Museum that opened in 2014. In its shadow lies Alte Feste, a fort built in 1890 by Germany’s colonial troops that is now the oldest surviving building in Windhoek. Another historic landmark sits just metres away. Built in the early 1900s, the Christuskirche’s jewellery-box appearance is re-enforced by its isolation on a traffic island. Its snug interior is relatively plain in contrast with magnificent stained-glass windows. As we move from landmark to landmark, so the story of Windhoek opens up – from its birth as a settlement above an aquifer of plentiful springs; through various wars and 30-year colonisation by Germany; then, rule by South Africa to Namibia’s independence just 27 years ago. (If imposing state monuments are your thing, Windhoek has no shortage of them, from the Heroes Acre just outside of town to various statues along its high street.) Much of this journey to the modern state can be attributed to the coming of the railways, which makes the TransNamib Museum a must-see. Negotiating the harsh country and long distances before 1897, when the first major railway was built, was done by wagon. The museum itself is located in another of the city’s grand old buildings – the Windhoek railway station, which is still in operation today. Back in the CBD, we combine our fascination of history with shopping at the Old Brewery building that is home to a large, formal craft market; second-hand bookstore; pub; and, theatre. The entire property is still owned by the holding company of the country’s biggest brewer, Namibia Breweries, which outgrew the space years ago. We stroll through the space chatting to crafters and browsing for books. There’s karaoke in the pub but no show at the theatre tonight,

Z

Leefstyl • Lifestyle

although we hear it regularly sees performances by stars including South Africans Tobie Cronje and Elzabe Zietsman. The familiarity to South Africans also continues to extend into many other areas of Windhoek society as well. Afrikaans is commonly spoken; and, if you’re after your favourite tipple, almost every brand is represented between places like The Wine Bar and Wine Shop, Stellenbosch Wine Bar and Bistro, and Embassy Liquor Store. An almost mandatory stop for South Africans and other visitors too is Joe’s Beerhouse, on Nelson Mandela Avenue. Established in 1991, the rustic pub restaurant with its eclectic décor is quite possibly one of the most photographed sights around town. On the opposing side is the National Botanic Garden, a landmark that deserves far more attention from visitors to Windhoek. Next to history and geology, it is Namibia’s biology that so obviously captures the imagination of even the most casual visitor that cannot avoid asking: how does an immobile organism manage to survive in some of the most extreme conditions on earth? The answers and more are provided at the city’s 12ha reserve where plants are identified with information boards giving their formal and informal names as well as interesting facts on their cultural and occasional medicinal uses. On our last night, we endeavour to pursue our own travel tradition – sundowners with a city view. Travel the world and you quickly learn to appreciate the value of a good sky bar. From New York City to the capital of Latvia – few sights are as beautiful as a city skyline at sunset. In Windhoek, that sight is delivered by the Hilton’s Sky Bar. In the red-sky dusk, we watch the streetlights come on and reflect on our experience of Windhoek. There are still many places we wanted to visit, but never had the time. They’ll just have to wait for a next time.

31


in GOOD TASTE

Isabella Niehaus, or Bella, as she is known to her friends, started her career in media in 1987 when she became beauty editor of the Rooi Rose magazine. A seven-year stint as fashion editor for Sarie magazine followed, after which came many years in the fashion business working for Men’s Health, Shape, Top Billing Magazine and eventually also as presenter of fashion inserts on the TV-programme Pasella. These days Isabella is a well-known cooking blogger and renowned foodie who hosts a monthly feast at her home in Langebaan, where budding chefs and novices alike can learn all about creating delicious meals using locally sourced, ocean-fresh seafood. www.isabellaniehaus. co.za

Bella's Filo Quiches Isabella is known for her signature filo pastry quiches, which, according to the chef, were the result of absolute necessity when she had to whip up 500 quiches over the course of four days. Prior to this trial by fire, Isabella had gone to France to learn the art of quiche-making and dough preparation. The first day of the great quiche bake-off, she was pretty impressed with her first 36 quiches when they came steaming out of the oven, only to have the whole lot disappear within five minutes, replaced by a queue of hungry marketgoers who wanted more. This is when she realised that she wouldn't have the luxury of making shortcrust pastry, and turned to filo pastry to streamline the process and feed the quiche-loving hordes. And so, Bella's signature quiches were born. Here is how you can whip it up at home:

Ingredients Serves 6 Ingredients For the base:

Four pieces of filo pastry ± 100 g butter (melted) For the egg mixture 4 eggs 250ml milk 250ml cream/full-fat yogurt/buttermilk 1 container cream cheese Pinch of mustard powder Pinch of fine nutmeg Black pepper, ground Handful of grated cheese (aged cheddar recommended)

For the filling

Anything your heart desires! Tried and tested combinations include ham & cheese; salmon & cheese; chicken & mushroom; bacon & sundried tomato, but feel free to play around. For garnish Handful of spinach (shredded) Wheel of feta cheese (crumbled) Method

• Preheat the oven to 180 °C. • Grease a giant muffin pan with some of the butter. • Combine the ingredients for the egg mixture; beat lightly. • Chop your chosen fillings up into bite-sized pieces (meat should be precooked). • Grease each piece of filo dough with butter and stack in two stacks of two pieces each. Take each stack, cut it in equal quarters, and halve these quarters. • Press one of these pieces into each cup of the giant muffin pan, layering another over it at a right angle. • Add a large spoonful of your chosen ingredients to each cup. • Fill the cup with the egg mixture. • Garnish with some shredded spinach & crumbled feta. • Bake at 180 °C for 20 – 25 minutes. Voilà! Enjoy hot or cold with a nice, cold glass of Swartland wine.

Isabella Niehaus with

32

Z

Leefstyl • Lifestyle

- by Anna-Bet Stemmet

Volume 25


Restaurantgids

Citrusdal Kardoesie................................................................................082 525 2247 Darling Brig’s Barn...............................................................................022 492 2451 Doringbaai Jetty Restaurant......................................................................027 215 1092 Dwarskersbos Die Pers Bicycle.......................................................................079 075 7998 Elandsbaai Elandsbaai Hotel....................................................................022 972 1640 Jacobsbaai Weskusplek.............................................................................022 715 3333 Koringberg Desert Rose Farm Stall ..........................................................082 884 8714 Laaiplek Eigebraai Restaurant.............................................................022 783 1116 Lambertsbaai Lambertsbaai Hotel...............................................................027 432 1126 Langebaan Boesmanland Plaaskombuis.................................................022 772 1564 Bouzouki...................................................................................022 707 7796 Dockside Café........................................................................022 707 7896 Little Venice.............................................................................022 707 7796 The Farmhouse Hotel.............................................................022 772 2062 Geelbek...................................................................................022 772 2134 Malmesbury A3 & E @ Kontreispens........................................................022 487 2090 Barry’s Beef and Barrel........................................................022 482 1372 Cardelli’s..................................................................................022 487 1744 Cherry Lane.............................................................................022 482 2877 Die Herehuis............................................................................022 487 1771 Janno........................................................................................022 487 2091 My Chefs.................................................................................073 372 8879 Sabino Canyon Spur..............................................................022 487 1511 Moorreesburg De Oude Stoep......................................................................022 433 3154 Die Hut.....................................................................................022 433 2665 Paternoster Afsaal Padstal & Restaurant................................................022 715 3096 Blikkie Pizzeria.......................................................................082 779 6431 Oep ve Koep Garden Bistro................................................022 752 2105 Skatkis Restaurant..................................................................022 752 2023 The Square Spoon.................................................................072 208 2047 Voorstrandt Restaurant.........................................................022 752 2038 Piketberg Mountain Creek Spur.............................................................022 913 1819 Porterville Koppikoffi................................................................................022 931 3877 Port Owen Russells on the Port.................................................................022 783 0158 Riebeek Kasteel Café Felix...............................................................................022 448 1170 The Royal Hotel......................................................................022 448 1479 Riebeek West Pleasant Pheasant..................................................................022 461 2170 Old Dalby Restaurant...........................................................022 461 2012 Saldanha Blue Bay Lodge......................................................................022 714 1177 Hoedjiesbaai Hotel...............................................................022 714 1271 Protea Hotel............................................................................022 714 1264 Slipway.....................................................................................022 714 4235 St Helenabaai St Helena Bay Hotel..............................................................022 736 2373 Takgali......................................................................................082 414 4945 Strandfontein Kommetjie Restaurant............................................................079 713 4054 Velddrif Die Pont Restaurant................................................................022 783 1137 Vredenburg Juffroushoogte........................................................................022 715 3020 Vredendal Big Creek Spur.......................................................................027 213 3535

Yzerfontein Meeurots Restaurant..............................................................022 451 2608 Volume Beulah25 Farm Deli....................................................................083 233 5355

Z

Leefstyl • Lifestyle

33


What’s Happening 7 October

21 October

29 October

October Fest Where: Yzerfontein Sport & Recreation Club, Yzerfontein Tel: 022 451 2819

PHS Funrun Town: Piketberg Tel: 076 079 3170

Groote Post Country Run 4km: OMMIE-DAM FUN; Start 08:00 10km: ATLANTIC VIEW ROUTE; Start 07:30 21km: BOBBEJAANBERG CHALLENGE;

22 Oktober 12 – 14 Oktober Agri Exp Livestock Where: Sandringham, Stellenbosch Tel: 028 316 1177

Schalk Bezuidenhout – Volksbesit Waar: Evita se Perron, Darling Bookings: 022 492 3930

“Beauty and the Beast’ – Ft Caroline Grace & Johan ‘Fatman’ Brummer Where: Evita se Perron, Darling Bookings: 022 492 3930

Darling Village Fest Darling info - 022 492 3361 www.darlingtourism.co.za

27 – 29 Oktober Bakgat Môreson Plaasfees Waar: Môreson plaas N7, Malmesbury Tel: 082 895 5093

ENQUIRIES: T: 022 451 2202

Duckitt Nurseries Open House Oudepost Farm, Darling Tel: 022 492 2606

4 November Weskus Boere-Jol Yzerfontein Sport en Ontspanningsklub Tel: 022 451 2819

11 November

28 October Two & a Half Tenors: Paul du Toit & Pierre van Heerden (3-course dinner & show) Bookings: 083 440 6644

Twee Evita se Perron, Darling Tel: 022 492 3930

18 November

28 October Legends Spectacular (Lance James, Tommy Dell, Barbara Ray) Bookings: 023 232 0212

34

Start 07:00

4 November 27 – 29 Oktober

14 October

2017

Langebaan Lagoon Cycle Challenge Town: Langebaan Tel: 022 772 2787

28 October

23 – 26 November

Valiant Swart – Live in Paternoster Town: Paternoster camillarichter34@gmail.com

Malmesbury Kermis Dorp: Malmesbury Tel: 022 487 1133

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Volume 25

Z

Leefstyl • Lifestyle

35


36

Z

Leefstyl • Lifestyle

Volume 25


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.