EENDERS & ANDERS AFRIKAANS / NEDERLANDSE LESPAKKET - Graad 10

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE LESPAKKET

Kampeer Kamperen

GRAAD

10

Afrikaans Huistaal


’n Blik op die lespakket

SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands webwerf: http://sasnev.co.za © SASNEV Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, in ’n inligtingstelsel bewaar, of versend word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, meganies, deur fotokopiëring, plaat- of bandopnames, of andersins, sonder vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie. Eerste uitgawe: 2017, eerste druk 2017 Titel-ISBN: 978-0-9946647-4-7 Geskryf deur Marieta Nel Geredigeer deur Ronél Gouws Voorbladontwerp deur Dion Rushovich Medewerkers Eureka Barnard, Gerda Grobler, Liza Voppen Foto’s deur Izak de Vries en Karen Vegt Geset deur Dion Rushovich Gedruk deur Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: Foto’s: One Dollar Photo: p. iii, iv, 1, 2, 4, 5, 7, 8, 12, 14, 21, 22, 24, 26; Izak de Vries: p. 2, 19, 25; p. 4: Rapport vir die artikel “Fonteinedal in Pretoria nou Huis van Oranje”; p. 9: Protea Boekhuis vir die woorbeskrywings uit Protea Miniwoordeboek Afrikaans – Nederlands; Nederland – Afrikaans; p. 22: Niemandsland Uitgewers vir die gedig “Katwijk aan zee – 1966”; p. 24: Algemeen Dagblad vir die artikel “Nederlander wil weer luxe tijdens vakantie”; p. 6, 20: Marianne Liebenberg.

Beste Leerder Welkom by Eenders & Anders Graad 10 – jou venster op die Lae Lande (Nederland en België) en Europa. Eenders & Anders voldoen aan al die standaarde van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Hierdie lespakket sluit by kwartaal 3, week 33 en 34 van die NKABV aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België) te bied. Gedurende die twee weke waartydens jy hierdie lespakket gebruik, wil ons jou na die Lae Lande ontvoer en jou op ’n opwindende, avontuurbelaaide reis neem. Moenie geïntimideerd voel deur die Nederlands nie – jy is in elk geval ontvoer en het nie ’n ander keuse as om dit te geniet nie! Aan die begin gaan dit dalk vir jou effens moeilik wees om die Nederlandse tekste waarna jy gaan luister en wat jy gaan lees te verstaan. Jou oor en jou oë gaan egter gou gewoond aan die Nederlands raak en aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. As jy eers kennis gemaak het met Nederlands, kan jy die wonderlikste materiaal op die internet ontdek. Onthou, die Nederlanders is tegnologies baie gevorderd en jy gaan op die interessantste video’s, toeps (apps), webwerwe, klankgrepe en speletjies af kom. In hierdie lespakket is die tekste soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Probeer voortdurend bewus wees van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Die vrae en opdragte is egter altyd in Afrikaans en jou antwoorde kan ook in Afrikaans wees. In hierdie lespakket sal jy agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word dus ’n opwindende ontdekkingstog. Ons wens is dat jy nie net vir twee weke uit jou doodgewone skoolsituasie weggevoer sal word nie, maar dat jy tydens die reis verlief sal raak op die Lae Lande. Eendag kan jy selfs soontoe gaan en eerstehands ervaar watter wonderlike geleenthede Nederlands en die twee lande jou kan bied. Dus, welkom in die Lae lande! Geniet die reis saam met ons.

Die skrywers

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.

ii

iii


Inhoudsopgawe

Kampeer / Kamperen

KAMPEER / KAMPEREN Luister en praat........................................................................................................................................................................................... 2 Lees en kyk.......................................................................................................................................................................................................... 3 Luister en praat.......................................................................................................................................................................................13 Word taalvaardig..................................................................................................................................................................................17 Fokus op letterkunde..................................................................................................................................................................22 Skryf en aanbied.....................................................................................................................................................................................26 Taalhersieniening...................................................................................................................................................................................28

WEBWERF ’n Spesiale webwerf – http://lespakket.co.za – is vir die Afrikaans-Nederlandse lespakkette van graad 6 tot 11 geskep ten einde leerders interaktief met die tekste te laat verkeer en om aan te sluit by e-leer (elektroniese leer) in die onderwys. Nie net word ’n elektroniese weergawe van die pakket op die webwerf gelaai nie, maar die pakkette word voortdurend bygewerk met nuwe materiaal wat opgelaai word. Die idee is dat leerders die materiaal op die webwerf gebruik om die opdragte in die lespakket uit te voer. Julle kan dan weer foto’s, video’s of ander interessanthede oplaai vir gebruik deur en kommunikasie met ander leerders. Daar word gehoop dat Afrikaanse en Nederlandse leerders ook uiteindelik met mekaar sal kontak maak, idees uitruil en sodoende mekaar se taal en kultuur beter leer ken. Ook onderwysers word aangemoedig om materiaal soos foto’s, oulike idees, opdragte en vraestelle op die webwerf te laai. Op dié manier is daar nie net interaksie met plaaslike kollegas nie, maar hopelik ook later met kollegas in Nederland, by wie ons kan kers opsteek oor e-leer.

IN HIERDIE HOOFSTUK MOET JY: Luister en praat • illustrasies bespreek • ’n paneelbespreking voer • na ’n liedjie luister en vrae daaroor beantwoord

Lees en kyk • ’n koerantberig lees en vrae daaroor antwoord • ’n advertensie lees en vrae daaroor antwoord • ’n grafiese teks lees en vrae daaroor antwoord

Letterkunde • ’n opsomming maak • ’n gedig/liedjie ontleed • taal-in-konteks-oefeninge doen

Skryf en aanbied • paragrawe orden • kort skryfoefeninge doen • ’n opstel skryf

Taalstrukture en -konvensies • oefeninge oor woordeskatuitbreiding en taalverskynsels doen • taal-in-konteks-oefeninge doen

iv

Kampeer. Baie Suid-Afrikaners is versot op die idee om in ’n tentjie te gaan bly langs die see, in die Bosveld of iewers in die natuur. Ander hou van die kampeerterreine wat in die lang Desembervakansie soos ’n miernes van bedrywigheid lyk. Rustige kampvuurtjies, die braai van malvalekkers en die geur van braaivleis. Het jy geweet dat mense in Nederland en België net so baie van kampeer hou? Daar is pragtige kampeerterreine in lowergroen woude ... Maar waar jy ook al besluit om jou tentjie op te slaan, in watter land ook al, moet jy dit net geniet!

1


LEES EN KYK

LUISTER EN PRAAT

Inleiding Kyk na die foto op die vorige bladsy en bespreek die volgende vrae met ’n maat: • Waaruit kan jy aflei dat hierdie gesin besig is om te kampeer? • Hoe kan die gesin in kontak en op hoogte bly van wat in die buitewêreld gebeur? • Kyk na die foto hieronder. Hoe weet jy dat die mense in spesifiek in SuidAfrika kamp?

LEES SAAM

Pre-lees • Wat is vir jou belangrik as jy ’n plek moet kies om te gaan kampeer? • Watter maande, dink jy, sal die beste maande vir kampeer in die Lae Lande (Nederland en België) wees? • Soek inligting op die internet oor die Ardenne in België. Hoekom is hierdie gebied so ideaal vir kampering?

Lees 1. Vluglees teks die koerantberig, advertensie en grafiese teks. 1.1 Watter teks se opskrif sê presies waaroor die teks handel? 1.2 Waaroor handel die koerantberig? 1.3 Wat word in die advertensie geadverteer? 2. Soeklees die volgende inligting in die advertensie en die grafiekse teks: 2.1 In watter gebied in België is die kampeerplek in die advertensie geleë? 2.2 Watter twee maande het die slegste weer in die Ardenne, volgens die grafiese teks? 3. Stiplees al drie tekste met die doel om die belangrikste inligting daarin te identifiseer.

Leestegnieke

FLINK MET TAAL Jou tent iewers opslaan: jou êrens vestig Langs een vuur sit: van dieselfde mening wees Tussen twee vure sit: tussen twee moeilikhede wees

Vluglees: Die doel van vluglees is om vinnig ’n oorsig te kry van waaroor ’n teks handel. Jy lees die hele eerste paragraaf, die eerste sin van elke daaropvolgende paragraaf en die hele laaste paragraaf. Soeklees: ’n Mens gebruik soeklees wanneer jy net spesifieke inligting soek, soos die naam van ’n kampeerterrein op ’n lys of ’n e-posadres op ’n webwerf. Jy laat jou oë vinnig van bo na onder oor die teks gly. Jy ignoreer al die ander inligting behalwe dit waarna jy soek. Stiplees: As ’n mens stiplees (begriplees) gebruik om ’n teks te lees, is jou doel om die hele teks goed te verstaan. Jy bepaal of daar ’n logiese volgorde is, kyk na oorsaak en gevolg en identifiseer wat belangrik in die teks is.

FEITEHOEKIE

2

• Die Nederlandse vlag is rooi, wit en blou. • Die Huis van Oranje-Nassau is die Nederlandse koningshuis en oranje is die kleur waarmee Nederlanders identifiseer.

3


Lees ’n koerantberig

VREEMDE WOORDE

Fonteinedal in Pretoria nou Huis van Oranje CARIEN KRUGER

Die eerste huis in die Pretoriagebied is in 1840 deur J.G.S. Bronkhorst in Fonteinedal gebou. Die Wêreldbekersokkertoernooi is 2010 in SuidAfrika gehou. Direkte rede maak die berig oortuigend.

Invictus is ’n biografiese sportdrama wat in Suid-Afrika afspeel.

Soccer City is ’n enorme sokkerstadion.

Voorwaarde

Leser kan hier kommentaar op die berig lewer.

Pretoria se historiese Fonteinedal is oranje. Honderde toegewyde ondersteuners van die Nederlandse sokkerspan het die afgelope week by die munisipale kampeerterrein langs die Groenkloof-natuurreservaat begin aankom. 2 Die Nederlandse reisagentskap De Oranje Camping het die reëlings vir die sowat 800 kampeerders getref. Tydens die Wêreldbekersokkertoernooi in Duitsland in 2006 was daar 2 700 Nederlandse kampeerders en by die Europese Kampioenskap in Switserland in 2008 ongeveer 5 500. 3 Die “oranje kampeerders” in Suid-Afrika bly meestal in motorwoonwaens en hul gemiddelde ouderdom is 35, met die jongste lid ses jaar oud en die oudste 80. 4 Die kampeerterrein is een groot Nederlandse geselligheid. Mnr. Wim Samsen, wat vir die sokkerklub Heracles in Almelo werk, het Donderdagaand 23:00 by die Fonteine aangekom en sê hy het danksy kuier om ’n kampvuur eers 03:00 in die bed gekom. Hy stel glad nie belang om in ’n hotel te bly nie. “Kampering beteken vriende en baie lag. Met kampering is almal gelyk en die mense is almal gek.” 5 Die kampeerders sien almal nog uit om “op safari” na die Krugerwildtuin te gaan. ’n Groep jonges sê hulle het die rolprent Invictus gesien en wil graag die “reënboogland” beleef. Hulle ontvang gereeld SMS’e van die Nederlandse ambassade met wenke oor Suid-Afrika, maar al waarvoor hulle bang is, is hiënas. 6 Hulle weet van “Ayoba” en die Afrikaans in hul woordeskat sluit in “Alles sal regkom” en woorde uit die liedjie Bobbejaan klim die berg (“Moenie huil nie, moenie treur nie”). 7 Me. Wieke de Vries, mediawoordvoerder van De Oranje Camping, sê die Tshwane-munisipaliteit was baie hulpvaardig en die ondersteuners gaan met ’n spesiale trein vanaf die Fonteine na Soccer City ry. 8 ’n Nederlandse bakkery van die Oos-Rand sorg vir ontbyt, “krentebolle” inkluis, en benewens “bitterballen” gaan die bakkery-stalletjie onder meer ook boerewors verkoop. 9 De Vries sê besoekers van enige nasionaliteit is welkom, solank hulle oranje dra en toegangsgeld van R100 betaal. 10 ’n Biermaatskappy het spesiaal tapbier in Namibië vir die viertent laat brou omdat die spesifieke bier nie in Suid-Afrika as tapbier beskikbaar is nie. Saans tree Nederlandse musikante wat spesiaal ingevlieg word, hier op. 11 Die kampeerders volg die Nederlandse span deur die land en sal ook in Durban, aan die Tuinroete en by die Bergrivier-oord in die Paarl kampeer. By laasgenoemde sal Nederlandse top-sjefs kos in ’n veldkombuis berei.

1

Lewer kommentaar op hierdie artikel. Kommentaar 1500 oorblywende karakters. Deel op Facebook Deel op Twitter (Uit: Rapport, 12 Junie 2010)

4

Huis van Oranje = Hollands

Camping = kampeergebied

Let op na die aanhalingstekens.

geselligheid – aangename, gemoedelike, vriendelike geleentheid/kuier gek – verspot, snaaks krentebolle – rosynebolletjies wat saam met kaas geëet word bitterballen – diepgebraaide, ronde vleishappies kroketten – langwerpige vleishappies wat saam met mosterd bedien word ayoba – woord uit die Afrikatale wat waardering en goedkeuring uitdruk tapbier – bier wat uit ’n vat getap word

Petit Petit Suisse Suisse

Redes waarom mense graag kampeer

27, Al Bounire, 6960 Dochamps ’n Tipies Afrikaanse uitdrukking

Tipiese Nederlandse kos word genoem.

84-44.40.30. ~ 84-44.44.55

Petit Suisse is een vakantiecentrum met faciliteiten op viersterrenniveau voor de actieve liefhebber van natuur en recreatie. Het ligt, 500 meter hoog, in het hart van de Ardennen op slechts tien kilometer van het toeristencentrum La Roche. U kunt er een comfortabel châlet huren of de vakantie doorbrengen op een goed geoutilleerde camping. Gezellig café met ruim terras, restaurant, winkel, drie zwembaden, tennisbaan, speeltuin, jeu de boules-baan en sport- en speelvelden. Recreatieprogramma voor jong en oud.

Nederlanders is lief vir goeie bier. Inligting word oor die res van die kampeerders se program gegee. Karakters verwys na letters en syfers.

VREEMDE WOORDE

Petit Suisse – klein Switserland viersterrenniveau – met ’n vlak van vier sterre recreatie – ontspanning ligt – lê verwijderd – weg het – die U kunt er – u kan daar

comfortabel – gerieflike châlet – houthut geoutilleerde – toegeruste camping – kampeerplek jeu de boules – t ipies Franse balspel, bietjie soos rolbal recreatieprogramma – ontspanningsprogram 5


Lees ’n advertensie

VREEMDE WOORDE

Het weer – die weer zonuren – ure son dagen – dae neerslag – reën

Lees ’n grafiese teks Post-lees: Begryp jy die teks A. Wat is die kenmerke van die tekssoorte? 1. Hoe kom die koerantberig hierbo ooreen met ’n tipiese koerantberig? Dink aan die volgende: • Het die berig ’n treffende opskrif ? • Is die opskrif in die teenwoordige tyd en bevat ’n werkwoord? • Word die naam van die verslaggewer en fotograaf (indien van toepassing) verskaf ? • Bestaan die openingsparagraaf uit een sin waarin die volgende vrae beantwoord word: Wie? Wat? Wanneer? Waar? Waarom? Hoe? • Is die paragrawe kort? • Is die berig in die derde persoon geskryf ? • Is die styl feitelik en objektief ? • Word betrokkenes se direkte woorde aangehaal? • Word die lydende vorm selde gebruik? 2. In watter teks word oorredende taal gebruik? Hoekom? 3. Wat is die doel van ’n grafiese teks soos in die weergrafieke?

6

4. Watter teks maak jou die meeste lus vir ’n kampeervakansie? Verduidelik waarom. B. Beantwoord begripsvrae Die volgende vrae is op die koerantberig gebaseer: 1. Verduidelik die opskrif in jou eie woorde. 2. Watter sin in paragraaf 1 sluit direk by die opskrif aan? 3. Wat sê die naam De Oranje Camping van die doel van die reisagentskap? 4. Waar en wanneer het die tradisie van kamperende Nederlandse sokkerondersteuners begin? 5. Kyk na die statistiek in paragraaf 2. 5.1 Vergelyk die aantal Nederlandse kampeerders by die drie sportgeleenthede. 5.2 Hoekom, dink jy, het die aantal kampeerders afgeneem? 6. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Die Nederlandse kampeerders is hoofsaaklik middeljarig. 7. Hoekom verkies die Nederlanders kampeer bo hotelverblyf ? Gee een rede uit die teks en een wat nie in die teks voorkom nie. 8. Slaan die betekenis van “gek” in ’n verklarende woordeboek na. Watter betekenis van “gek” is in paragraaf 4 ter sprake? 9. Waarom sal ’n besoek aan die Krugerwildtuin ’n hoogtepunt vir die besoekers wees, dink jy? 10. Hoekom is “op safari” (paragraaf 5) tussen aanhalingstekens? 11. Wat het sommige kampeerders geïnspireer om na Suid-Afrika te kom? 12. Noem twee moontlike wenke wat die Nederlandse ambassade aan die kampeerders stuur. Antwoord in twee kort volsinne. 13. Hoekom, dink jy, het die kampeerders die volgende uitdrukkings aangeleer? 13.1 Ayoba 13.2 Alles sal regkom 13.3 “Moenie huil nie, moenie treur nie” 14. Gee ’n moontlike rede waarom die Tshwane-munisipaliteit betrokke by die kampeerders is. 15. Noem een ooreenkoms en een verskil tussen die drie soorte eetgoed wat in paragraaf 8 genoem word. 16. Aan watter vereistes moet besoekers aan die kampterrein voldoen? 17. Waaruit is dit duidelik dat gehalte belangrik vir die Nederlanders is? Verwys na twee bewyse in paragraaf 10 en 11. 18. Waarom, dink jy, sal lesers moontlik kommentaar op die berig wil lewer? Die volgende vrae is op die advertensie gebaseer: 19. Waarom is die foto in die advertensie belangrik? 20. Haal ’n woord uit die eerste paragraaf onder die foto aan wat daarop dui dat die fasiliteite van ’n baie goeie gehalte is. 21. Vir watter soort kampeerder is hierdie kampeerplek ideaal? 22. Is die fasiliteite by Petit Suisse net op een ouderdomsgroep gerig? Staaf jou antwoord. 23. Gee twee afsonderlike aanhalings (een woord en sinsdeel) uit die laaste paragraaf wat daarop dui dat jy ’n gerieflike vakansie hier kan deurbring. 24. Frans is een van België se amptelike tale. Gee voorbeelde uit die teks van die Franse invloed op Belgiese Nederlands.

7


Die volgende vrae is op die grafiese teks gebaseer: 25. In watter maand is dit: 25.1 die warmste 25.2 die koudste? 26. Gedurende watter maand skyn die son: 26.1 die langste 26.2 die kortste? 27. In watter maande is die nagte: 27.1 die warmste 27.2 die koudste? 28. Watter maande kry onderskeidelik die meeste en die minste reën? 29. Watter maand sou die beste wees om in België te gaan kampeer? Motiveer jou antwoord. 30. Waarom is dit nuttig om die inligting in hierdie formaat te kan lees?

WERK MET WOORDE 1.1 Maak ’n lys van die agt voorwerpe wat hier uitgebeeld word. Skryf elke keer die Nederlandse en die Afrikaanse term neer. 1.2 Noem nog twee goed wat jy op ’n kampeervakansie sal saamneem.

2. Voer die opdragte uit wat op die uittreksel uit ’n Afrikaans-Nederlandse woordeboek gebaseer is:

kamp zn legerplaats, kamp, bivak • ww kamperen • ~ opslaan legeren kampbed veldbed kampeer kamperen, legeren kampeerbus kampeerbus kampeerterrein camping, kampeerterrein (Uit: HAT Afrikaanse skoolwoordeboek, Pearson, 2009)

2.1 Waarvoor staan die af korting “zn” in reël 1? Skryf die Afrikaanse term neer. 2.2 In plaas van watter woord staan die simbool (~) in reël 1? 2.3 Hierdie uittreksel kom uit ’n “miniwoordeboek” wat slegs basiese inligting bevat. Watter ander inligting verskyn soms ook in ’n woordeboekinskrywing in ’n tweetalige woordeboek? 2.4 Kies een van die Afrikaanse woorde in die uittreksel en skryf die inskrywing vir die woord soos dit in ’n verklarende woordeboek sou verskyn.

MAAK ’N OPSOMMING 4-persoonsgezinstent met luifel op te zetten binnen een minuut

slaapzak

gaslampies 8

slaapzak

flitslicht

1-pits gasstel

Ligstoel

Lees die volgende teks en maak ’n opsomming van 80 tot 90 woorde oor die redes waarom die Nederlanders graag in Vlaandere vakansie hou en die Belge graag in Nederland vakansie hou. Jou opsomming moet uit twee paragrawe bestaan. Voorsien jou opsomming van ’n gepaste opskrif. Volg die volgende riglyne wanneer jy jou opsomming skryf: • Lees die leesstuk vinnig deur sodat jy verstaan waaroor dit handel. • Moet jou nie laat afskrik deur die Nederlands nie. Jy hoef nie elke woord te verstaan nie, maar moet die strekking van die teks kan volg. • Soeklees die teks vir redes hoekom die twee nasies daarvan hou om in mekaar se lande vakansie te hou. Onderstreep die redes. • Skryf die redes bondig in jou eie woorde en in volsinne. • Voeg jou opskrif by wanneer jy klaar is. • Gee aandag aan jou woordkeuse, spelling, punktuasie en gebruik van hoofletters. • Tel hoeveel woorde jy gebruik het en skryf dit tussen hakies aan die einde van jou opsomming.

zakmes 9


Waarom Nederlanders van Vlaanderen houden? De meeste Nederlandse verblijfsbezoekers – zowat de helft – vinden we in de kunststeden. De rest zit verspreid over de groene regio’s en de kust. Ze verblijven vooral in hotels, maar ook vakantieparken en campings trekken veel Nederlanders. De stad Antwerpen is de absolute topbestemming, gevolgd door Brussel, Gent en Brugge. De groene regio’s zijn bij Nederlanders vooral in trek om te wandelen (56%), uit te rusten (55%), te shoppen en te zwemmen (elk 40%) en te fietsen (34%). Het in Vlaanderen (*) uitgevonden fietsknooppuntennetwerk maakt het overigens erg gemakkelijk om een leuke rit op maat uit te stippelen. Wandelnetwerken zijn er ook en onderweg kun je proeven van heerlijke streekproducten, zoals speciaalbieren in cafés of brouwerijen. De vele natuurgebieden die Vlaanderen rijk is, zijn een ware trekpleister voor de Nederlandse toerist. Je kunt wandelen in de bossen van het Antwerpse Kempen, fruitsoorten spotten in het Limburgse Haspengouw, fietsen door de heuvellandschappen van de Vlaamse Ardennen of in die geschiedenis duiken in Westhoek, waar de Eerste Wereldoorlog nog dagelijks wordt herdacht. (*) Vlaanderen = Nederlandssprekende deel van België.

Waarom Belgen van Nederland houden? Hoewel Belgen het hele jaar door op vakantie gaan richting de noorderburen, ligt de nadruk op het voor- en het najaar. Onderzoek toont aan dat Belgen tijdens hun vakantie in Nederland vooral actief willen zijn in de natuur: wandelen en fietsen zijn populair. Bos- en heidegebieden in Zuid-Nederland worden veel bezocht en ook de Noordzeekust is populair. Het Nederlandse kustgebied is zeer aantrekkelijk met mooie duinen en uitgestrekte stranden, waar recreanten heerlijk kunnen genieten van de natuurelementen in alle jaargetijden. Naast de kust en de natuur hebben Belgen ook interesse voor de cultuur, architectuur en shoppen in de grote steden.

DOEN TAAL IN KONTEKS-OEFENINGE Die volgende opdragte is op die teks “Fonteinedal in Pretoria nou Huis van Oranje” op bladsy 4 gebaseer. 1. Skryf die opskrif oor as ’n volsin. 2. Waarom is “kuier” in die onderskrif by die foto ’n goeie woordkeuse? 3. Het “oranje” in paragraaf 1 ’n letterlike of figuurlike betekenis? Verduidelik. 4. Wat sou die volgende sinne moontlik kon beteken? 4.1 Pretoria se historiese Fonteinedal is nou geel. 4.2 Pretoria se historiese Fonteinedal is nou rooi. 4.3 Pretoria se historiese Fonteinedal is nou bont.

10

5. Lees weer die eerste sin in paragraaf 2 (“Die Nederlandse reisagentskap De Oranje Camping ...”). 5.1 Skryf die sin oor in die lydende vorm. 5.2 Vergelyk jou antwoord met die oorspronklike sin. Watter sin is die doeltreffendste vir die teks? Waarom? 6. Gee een woord vir die inwoners van hierdie plekke waarna in die teks verwys word: 6.1 Pretoria 6.2 Fonteinedal 6.3 Duitsland 6.4 Switserland 6.5 Europa 6.6 Durban 6.7 Paarl 6.8 Namibië. 7. Gee die intensiewe vorm van “gek” (paragraaf 4). 8. Gee ’n rede vir die volgende skryfwyses in paragraaf 5: 8.1 die woord in skuins druk 8.2 die af kappingsteken in “SMS’e” 8.3 die deelteken in “hiënas”. 9. Vorm afgeleide persoonsname van: 9.1 historiese (paragraaf 1) 9.2 hotel (paragraaf 4) 9.3 ambassade (paragraaf 5). 10. Gee die meervoud van: 10.1 lid 10.2 safari. 11. Gee die verkleinwoord van: 11.1 hiëna 11.2 hotel 12. Skryf die volgende sin op twee maniere (met verskillende betekenisse) in die negatief: Almal sien uit na die safari. 13. Aan watter tale is die volgende woorde ontleen en wat beteken elkeen? 13.1 safari (paragraaf 5) 13.2 Ayoba (paragraaf 6) 14. Gee sinonieme vir: 14.1 meestal (paragraaf 3) 14.2 solank (paragraaf 9). 15. Skryf ’n idiomatiese uitdrukking neer waarin “brou” (paragraaf 10) se poliseem voorkom. Die volgende opdrag is op die teks op bladsy 11 gebaseer: 16. Werk saam met ’n maat en vertaal die laaste paragraaf (“Naast de kust ...”) in Afrikaans.

11


LUIS TER EN PRAAT

Luister na ’n liedjie Jy gaan nou na ’n Nederlandse liedjie luister en vrae daaroor beantwoord.

Pre-luister 1. Gebruik die internet om die volgende vrae te beantwoord: 1.1 Wat is Nederland se bevolking en Suid-Afrika se bevolking? 1.2 Watter land het die grootste bevolkingsdigtheid in Europa? 1.3 Hoe vergelyk die bevolkingsdigtheid van Suid-Afrika, België en Nederland? 1.4 Vergelyk die bevolkingsdigtheid van Nederland, Namibië en die Noord-Kaap. 2. Lees die vrae hieronder sodat jy weet waarna om op die uitkyk te wees wanneer jy na die liedjie luister. 3. Bestudeer die Nederlandse woordeskat in die kantstrook. 4. Soek die liedjie “15 Miljoen Mensen” op YouTube. (Die liedjie is aanvanklik vir ’n Nederlandse bankadvertensie geskryf, maar die duo Fluitsma & Tijn het dit so gewild gemaak dat dit nommer 1 op die Nederlandse treffersparade was.)

Tydens luister 1. Luister ten minste twee maal na die liedjie “15 Miljoen Mensen”. 2. Maak aantekeninge oor die kenmerke van die Nederlanders wat genoem word.

Post-luister Gebruik jou internet-navorsing en jou aantekeninge om die volgende vrae te beantwoord: 1. Is die liedjie se titel feitelik korrek? Verduidelik. 2. Wat sê die woorde “Land van 1 000 meningen” oor die Nederlanders? 3. Watter kenmerk van die Nederlanders word eerste genoem? 4. Wat eet hulle vir ontbyt? 5. Wanneer verloor die Nederlanders hul gewone beheerstheid? 6. Voltooi die sin: As geen uniform heilig is nie, beteken dit ... 7. Wat noem die seun sy pa? 8. Watter vervoermiddel word dikwels gesteel? 9. Hoe voel die Nederlanders oor wette?

12

10. Luister na die refrein. (Dit begin met die woorde “15 Miljoen mensen / Op dat hele kleine stukje aarde” en eindig met “Die laat je in hun waarde”.) 10.1 Skryf die woorde neer wat in die refrein herhaal word. 10.2 Watter aspek van die Nederlanders word hier beklemtoon? 11. Watter gewoonte het die Nederlanders ten opsigte van die toetrek van gordyne? 12. Wat is ’n tipiese middagete? 13. Is die Nederlanders verdraagsaam teenoor alle mense? Verduidelik. 14. Haal ’n reël aan wat daarop dui dat die regering goed na die mense omsien. 15. Hoekom eet die Nederlanders figuurlik nie droë brood nie?

VREEMDE WOORDE

het land – die land z’n allen – ons almal saam waar niemand zich laat gaan – waar niemand beheer oor hulleself verloor nie wars van betutteling – met ’n afkeur aan kleingeestigheid zoon – seun chef – baas gordijnen altijd open zijn – gordyne altyd oop is keurslijf – borsrok, noupassende onderklere Die laat je in hun waarde – laat mense toe om hulleself te wees nasiballen in de muur – muntoutomaat met eetgoed

VOER ’N PANEELBESPREKING In hierdie aktiwiteit gaan jy aan ’n paneelbespreking deelneem. Gaan soos volg te werk: 1. Verdeel in spanne van vyf leerders. Elke span gaan ’n onderwerp bespreek. 2. Voorbereiding • Elke span kies ’n voorsitter. • Die span kry so vyf of tien minute om voor te berei. Hulle hou ’n dinkskrum en besluit vinnig watter verskillende aspekte van die onderwerp hulle kan bespreek en skryf elkeen neer. (Elke lid moet so drie of vier punte hê.) • Die voorsitter skryf ’n treffende inleiding en moontlike slot neer en waarsku solank die spanlid wat hy of sy eerste aan die woord gaan stel. 3. Die bespreking • Die span gaan staan by hul stoele, wat in ’n halfmaan gerangskik is. Die voorsitter stel die span voor, byvoorbeeld: “Goeiemôre. Ek wil graag my span aan julle voorstel. Aan my regterkant is Joop en Astrid, aan my linkerkant is Yumna en Kobus, en ek is Fatma.” Dan gaan sit die spanlede.

13


• • •

• • • • •

Die voorsitter bly staan, gee die inleiding, gaan ook sit, kyk na een van die spanlede en vra byvoorbeeld: “Astrid, wat is jou mening oor ...?” Eers word die onderwerp ontleed. Daarna moet die voorsitter sorg dat verskillende aspekte van die saak bespreek word. Dis belangrik dat die span nie vashaak by ’n enkele aspek nie. As een van die lede as duiwelsadvokaat optree en doelbewus stroomop is en nié met die ander saamstem nie, is die bespreking gewoonlik interessanter: die gehoor wil kyk of die persoon deur die ander oortuig kan word, al dan nie. Die voorsitter maak seker dat al die spanlede aan die bespreking deelneem, maar moet ook keer dat niemand te veel praat nie. Die voorsitter tree as vraagsteller op en neem nie self deel aan die bespreking nie. Die spanlede moet na mekaar kyk en op mekaar reageer sonder om mekaar onbeskof in die rede te val. Stemprojeksie is nodig, want die gehoor moet elke spanlid duidelik kan hoor, al praat die lede met mekaar. Wanneer die tyd byna verstreke is, staan die voorsitter op en vat die bespreking saam, byvoorbeeld: “Dames en Here, soos u kan aflei, kon ons span glad nie saamstem oor die kwessie van ... nie. Waaroor ons wel saamstem, is dat ...” Die voorsitter se samevatting moet verkieslik by die inleiding aansluit.

Voer ’n paneelbespreking van 20 tot 30 minute oor een van die onderwerpe op die volgende bladsy. 1. Wat is die lekkerste, ’n kampeervakansie of ’n hotelvakansie? Die paneel bestaan uit ’n voorsitter en die volgende paneellede: • die hotelmagnaat Sol Kerzner. • die voorsitter van Oranje Camping. • die bestuurder van die kampeerterrein by Hartenbos • ’n Gautenger wat die eerste keer op Onrus in die Wes-Kaap kampeer.

14

2. Waardeer ons Suid-Afrikaners ons pragtige natuurskoon en lekker weer genoeg? Die paneel bestaan uit ’n voorsitter en die volgende paneellede: • die voorsitter van ’n stap-en-bergklimklub • ’n lid van ’n verslankingsgimnasium • ’n wildbewaarder in ’n Suid-Afrikaanse wildtuin • ’n oorsese besoeker aan ’n Suid-Afrikaanse wildtuin. 3. Watter rol speel die weer in die lewe van Suid-Afrikaners en die inwoners van die Lae Lande? Die paneel bestaan uit ’n voorsitter en die volgende paneellede: • die skrywer van die bekende klingel “braaivleis, rugby, sunny skies and Chevrolet” • ’n leerder of onderwyser wat T.T. Cloete se gedig “Behoefte aan ongunstige weers- en ander omstandighede” goed ken • ’n Nederlandse weervoorspeller wat elke aand op televisie verskyn • Jan Braai. 4. Hoe beïnvloed die groot bevolkingsdigtheid die Nederlanders se daaglikse lewe? Die paneel bestaan uit ’n voorsitter en die volgende paneellede: • ’n Vrystaatse student aan die Vrije Universiteit van Amsterdam • ’n polderingenieur van Lelystad, Nederland • ’n 91-jarige fietsryende ouma van Ulvenhout, Nederland • ’n lewensredder wat op die strand by Scheveningen, Den Haag, Nederland, werk. 5. Hoekom is die Nederlanders/Suid-Afrikaners so lief vir kampeer? Die paneel bestaan uit ’n voorsitter en die volgende paneellede: • die eienaar van ’n kampeerterrein • die minister in beheer van natuurbewaring en die parkeraad • ’n tiener wat in ’n woonstel in die stad woon • ’n bestuurder van ’n kettingwinkelgroep wat kampeertoerusting verkoop. 6. Hoe verskil kampeer in die Lae Lande (Nederland en België) van kampeer in Suid-Afrika en hoe stem dit ooreen? Die paneel bestaan uit ’n voorsitter en die volgende paneellede: • ’n Suid-Afrikaanse uitruilstudent in Nederland • ’n Suid-Afrikaanse bergklimkampioen • die hoofveldwagter van De Hoge Veluwe (waar natuur en kultuur bymekaar gebring word) in Nederland • ’n Nederlandse branderplankryer wat by Koffiebaai in die Oos-Kaap gekampeer het.

15


WORD TAALVAARDIG

Woordeskatuitbreiding en taalverskynsels In die praktyk Wanneer jy Nederlands beter leer ken, sal jy bewus raak van waarna die term erfgoed verwys – die groot persentasie woorde en uitdrukkings wat Afrikaans van Nederlands “geërf ” het. Net so dra leengoed, die woorde wat Afrikaans aan ander tale ontleen het, by tot ’n dieper kennis en waardering van ons eie taal. Kennis van eiegoed en nuutskeppinge (neologismes) maak ons bedag op die kreatiwiteit van die sprekers van Afrikaans wat nie skroom om nuwe woorde te skep om by te hou by tegnologiese en ander ontwikkelinge nie.

Die Afrikaanse woordeskat is en word op verskillende maniere opgebou: Erfgoed Die term erfgoed verwys na al die woorde wat Afrikaans direk of indirek uit die Nederlands van die sewentiende eeu oorgeneem of geërf het. Die grootste persentasie Afrikaanse woorde kan as erfgoed beskou word.

Leengoed Waar Afrikaans nie ’n bestaande woord vir ’n begrip gehad het nie, het dit dikwels woorde uit ander tale oorgeneem of “geleen”. Dit is ’n natuurlike proses wat in die meeste tale voorkom en dit gebeur steeds. Leenwoorde kom uit tale waarmee Afrikaans die meeste in aanraking was en is, byvoorbeeld: Maleis: baklei, baie, blatjang, sosatie bobotie, kerrie, pamperlang, piering Portugees: amper, baljaar, spens Khoi: abba, boegoe, eina, hoeka, karee, kanna, kierie, kwagga, gogga Afrikatale: donga, indaba, lobola, pasella, tambotie, ayoba, toi-toi Engels: rugby, tennis, skrum, piekniek, jellie, trein, telefoon Frans: restaurant, garage, gourmet, koerant, reservoir Italiaans: cappuccino, jacuzzi, paparazzi, pizza, pasta Japannees: sushi, karate, judo, futon Spaans: sombrero, olé, tango, amigo. Eiegoed Al die woorde in Afrikaans wat plaaslik ontstaan het, word eiegoed genoem. Dit sluit woorde in wat deur samestelling en afleiding, klinkerwisseling, asook deur neologismes (nuutskeppinge) en klanknabootsing ontstaan het.

16

Neologismes (nuutskeppinge) verwys na woorde wat aan nuwe begrippe gegee word, byvoorbeeld blog, voetsoolvlak (“grass roots level”), glygeut (“super tube’’). Let daarop dat sodra ’n woord algemeen deel word van die taal se woordeskat, word dit nie meer as ’n neologisme beskou nie. Klanknabootsing (onomatopee) vind plaas waar woorde gevorm word deur sekere klanke na te boots, byvoorbeeld zoem, kokkewiet, piet-my-vrou, snork. Analogie verwys na wanneer ’n woord gevorm word volgens die voorbeeld van reeds bestaande woorde, byvoorbeeld sweefseil (die sport) na analogie van windseil. Volksetimologie verwys na wanneer mense uit onkunde of grappenderwys woorde aan die woordeskat toevoeg, soos wanneer die Engelse bicycle en cosmetics in Afrikaans baiesukkel en kosmyniks genoem word. Kontaminasie is die proses waardeur een woord of frase verander word deur die foutiewe assosiasie met ’n ander woord of frase, byvoorbeeld verseker en verassureer wat verassureer word. Toutologie verwys na die opstapeling van woorde met dieselfde betekenis, byvoorbeeld die toutologiese verkleining koppietjie (kop + pie + tjie). Pleonasme staan ook as woordoortolligheid bekend en is die onnodige herhaling van woorde in ’n sin waar die betekenis van die een reeds in die ander woord opgesluit lê, byvoorbeeld ’n ronde sirkel, my persoonlike mening, te voet loop. Argaïsmes is verouderde vorme van woorde uit ’n vorige era wat in onbruik verval het, byvoorbeeld hy het regtig ’n paar kaparrangs nodig, die boot is gekalfater, sy dra ’n interessante kabaai. Taalfossiele verwys na verouderde vorme van woorde uit ’n vorige era wat nog steeds in die taal voortleef, byvoorbeeld ek sal jou te gelegener tyd help, dit het mettertyd gebeur, jy is ’n kind des doods. Anglisismes is woorde of uitdrukkings wat na aanleiding van Engels gevorm word terwyl daar ’n eg Afrikaanse alternatief bestaan, byvoorbeeld bottelstoor in plaas van drankwinkel, huidiglik in plaas van deesdae, meer interessant in plaas van interessanter.

Oefen taalverskynsels in konteks Die onderstaande opdragte is op die teks op bladsy 21 gebaseer. 1. Gee Afrikaanse ekwivalente vir: 1.1 duct tape (wenk 1) 1.2 Wet Wipes (wenk 1) 1.3 panic mechanic (wenk 12) 1.4 app (soos in “slimfoon-app”) (wenk 11). 2. Die artikelskrywer het ’n neologisme vir “pop-up tent” (wenk 11) geskep, naamlik “kitstent” (wenk 6). 2.1 Dink aan nog ’n moontlike neologisme vir “pop-up tent”. 2.2 Watter een verkies jy? Hoekom?

17


3. Dink aan ’n ander moontlike woord vir “swembadnoedels” (wenk 7). 4. Kies die korrekte woorde tussen hakies: 4.1 Die woord “konfoor” (wenk 1) is ’n (taalfossiel/argaïsme) omdat dit ’n ou woord is wat in onbruik verval het. 4.2 Die uitdrukking “stene des aanstoots” (wenk 9) is ’n (taalfossiel/ argaïsme) omdat dit ’n ou uitdrukking is wat steeds gebruik word. 5. Soek voorbeelde van klanknabootsing in: 5.1 wenk 2, 5.2 wenk 5. 6. Na analogie van watter woord of woorde is “slimfoon” (wenk 11) moontlik gevorm? 7. Gee jou eie definisie vir “konvooi” (wenk 3). 8. Hoekom is “pleks” (wenk 3) ’n voorbeeld van kontaminasie? 9. Aan watter taal is elkeen van die volgende woorde ontleen? Wenk: Raadpleeg ’n verklarende woordeboek as jy hulp nodig het. 9.1 toi-toi (wenk 4), 9.2 piekniek (wenk 4), 9.3 baie (wenk 5), 9.4 piesangs (wenk 6), 9.5 noedel (wenk 7), 9.6 gogga (wenk 9), 9.7 doepa (wenk 9), 9.8 tja (wenk 11), 9.9 bredie (wenk 11), 9.10 boendoe (wenk 12), 9.11 garage (wenk 12), 9.12 piekel (wenk 13), 9.13 basta (wenk 13) 10. Wat beteken die volgende uitdrukkings? 10.1 keel natmaak (wenk 4), 10.2 aaneen sous (wenk 11) 10.3 jou bas red (wenk 12) 11. Watter voorbeeld van toutologie kom in wenk 5 voor? 12. Maak ’n sin waarin “pluis” (wenk 6) ’n ander betekenis het. 13. Van watter taalverskynsel is die volgende voorbeelde? 13.1 klein bietjie (wenk 8), 13.2 per motor ry (wenk 8) 13.3 kosmyniks (wenk 13) 14. In wenk 10 kom die woord “spaarwiel” voor. 14.1 Waarom kan dit as ’n anglisisme beskou word? 14.2 Gee ’n beter Afrikaanse woord daarvoor. 15. Gee Afrikaanse woorde vir die volgende woorde in wenk 10: 15.1 mechanic 15.2 tyre pressure 15.3 wind screen 15.4 wind screen wipers 15.5 brake fluid. 16. Kyk na die volgende woorde uit die teks en hul Nederlandse ekwivalente:

Afrikaans

Nederlands

by reis tyd eie vermei klein

bij reis, reizen tijd eigen vermijden klein

Wat let jy op oor wanneer Afrikaanse woorde met ei of y gespel word?

18

Kamp soos ’n koning – 101 puik wenke vir die langpad

1 Party ouens reis altyd sonder duct tape; ander glo weer jy moet altyd Wet Wipes in die Kombi hê; iemand sweer op sy ouma se konfoor vir die lekkerste kampkoffie. 2 Pieter Pyp. Jy sal nie glo hoe die manne oe en aa as ek hierdie pyp laataand uitpluk om die kwynende kole weer aan te blaas tot ’n siedende kampvuur nie. 3 Noodsleutels by neef Barend. As jy in ’n konvooi reis, sit ’n noodsleutel van jou voertuig in neef Barend se paneelkissie pleks daarvan om dit by die huis te laat. 4 Lok bye weg. As bye in jou kinders se koeldrank kom toi-toi, sit ’n glasie so ’n entjie van die piekniek af sodat die bye eerder daar kan gaan keel natmaak. 5 Pasop vir lugbomme. Vermy bome wat baie vrugte en bessies dra of waarin voëls slaap. Dis net lekker om onder ’n boom te kamp totdat die eerste avokado op jou kop land of ’n tortelduif in jou Grand Cru tjorts. 6 Toets jou kampgoed. As jy nuwe toerusting soos ’n tent of kampbed koop, speel eers tuis op die grasperk daarmee om dit uit te pluis. Jy wil nie hê die hele Hartenbos moet sit en grinnik en vir jou piesangs aanbied as jy daai kitstent nie weer opgevou en in sy sak kan kry nie ... 7 Jou noedel! As jy daai verbleikte swembadnoedels wat in jou swembad ronddryf met kabelstroppe tussen die fietse en die fietsrak vasmaak, sal die fietse mekaar nie stukkend skuur nie. 8 Outomatiese wasmasjien. As jy toer, neem ’n emmer saam waarvan die deksel dig kan toemaak en gooi jou vuil wasgoed daarin. Vul dit kwartpad met water en ’n klein bietjie Omo, sit die deksel op en sorg dat dit goed geseël is. Terwyl jy per motor ry, word jou wasgoed gewas deur die geskud van die voertuig! 9 Wyk, gogga! Muskiete of hans miere kan ook stene des aanstoots by ’n kampeerplek raak. Hulle kan jou vroeg huis toe stuur. Daar word beweer dat babapoeier amper beter as sterk gifstowwe werk – strooi hierdie doepa al langs die kant van die tent.

19


10 Laat diens jou voertuig. Jou kar moet padwaardig wees, want daai mechanic op Piketberg hengel oor naweke by Dwarskersbos. Gaan self die volgende na: tyre pressure (onthou die spaarwiel!), ligte, remme, wind screen (vir krake) en wind screen wipers, asook die olie, water en brake fluid. 11 Hou die weer dop. As jy twee kinders in doeke het, wil jy nie in pop-up-tentjies in Golden Gate kamp as dit ’n week aaneen sous nie. Hou die sewedagvoorspellings dop of gebruik ’n goeie slimfoon-app). Só kan jy ook saans diep die kampvuur instaar en met gesag verklaar: “Tja ... die reën is op pad. Vrou, sit op die bredie.” 12 Panic mechanic. As jy op pad is na die diep boendoe toe, skryf die telefoonnommer neer van die plaaslike mechanic, garage en die polisiekantoor in die laaste groot dorp. Dit kan dalk net jou bas red wanneer Mabuasehube se leeus besluit om jou wiele te vreet. 13 Een kind, een boks. Kinders wil altyd ál hulle speelgoed saampiekel – gee vir elkeen hul eie klein krat of boks om vol te pak en basta, dis al wat saamgaan. Ma mag maar ook ’n boks kry vir haar kosmyniks. (Uit: Weg, 24 Januarie 2013)

1. Lees die gedig “Katwijk aan zee”, kyk na die annotasies en bestudeer die woordverklarings. Bespreek dit dan met ’n maat.

Literêre terme Alliterasie is die herhaling van dieselfde medeklinker op ’n kort afstand van mekaar. ’n Ballade is ’n verhalende gedig met of sonder ’n refrein oor ’n spesifieke insident of ’n lied van verhalende en herhalende aard. Herhaling van woorde of sinsdele het ’n bindende funksie en fokus die aandag op wat herhaal word. Personifikasie kom voor wanneer menslike eienskappe aan ’n ding of die natuur toegeken word. ’n Refrein is die herhaling van dieselfde versreëls tussen strofes of aan die einde van ’n strofe.

FOKUS OP LETTERKUNDE

ONTLEED ’N GEDIG Stef Bos is in die Veenendaal-distrik in Utrecht, Nederland gebore. Hy is veral bekend as Nederlandse sanger en liedjieskrywer, maar hy sing ook in Afrikaans. “Papa” was die treffer wat Bos bekend gemaak het en dit word tot vandag toe aan sy naam verbind. In Suid-Afrika het hy saam met Johannes Kerkorrel en Tandie Klaassen gewerk. Sy CD Van Mpumalanga tot die Kaap is saam met Afrikaanse musikante opgeneem. Hy het ook drie boeke geskryf. Die gedig “Katwijk aan zee” kom uit Alles wat was, ’n versameling lirieke met foto’s, briewe, sketse, kommentaar en ’n CD met ongepubliseerde snitte daarby. Twee-en-twintig jaar na die sukses van “Papa” skryf Stef en sy pa saam ’n boek Door de ogen van mijn vader, waarin hulle seevakansie by Katwijk aan zee pertinent bespreek word. (Luister na ’n bespreking van die boek oor die Belgiese radio – die uitsending was op 2 September 2012.)

20

Die strand by Katwijk aan zee

VREEMDE WOORDE

de, het – die bladert – blaai krant – koerant wat er ist geweest – wat daar gebeur het is wat er is gezegt – wat daar gesê is gezegd naar – na tot aan de navel – tot by die naeltjie ligt – lê zie – sien boulevard – rylaan

Vuurbaak – vuurtoring staat – staan door elkaar – deurmekaar leugen – leuen keert – draai, keer terug laveert – seil sigsag tegen – teen heeft geen oordeel en spreek geen recht – veroordeel nie

21


Katwijk aan zee – 1966 (ballade van een zomerdag)

Vakansieoord aan die Suid-Hollandse kus In 1966 was die digter vyf jaar oud.

Stef Bos

22

1

Mijn vader valt in slaap op het strand. De wind die bladert door zijn krant en leest wat er ist geweest, wat er is gezegd. De wind heeft geen oordeel en zij spreekt geen recht.

Gedig word uit kind se perspektief vertel.

2

Mijn moeder neemt mij mee naar de zee tot aan de navel in het water. Mijn vader ligt nog steeds te slapen en vergeet wat er ist geweest, wat er is gezegd. Hij heeft geen oordeel en hij spreekt geen recht.

m-alliterasie

3

Ik zie de witte huizen langs de boulevard. Voor de Vuurbaak staat een kunstenaar. Hij schildert en schudt de wereld door elkaar, laat de leugen en maakt de waarheid waar.

Fokus verskuif.

4

De wind die draait. Een zeilboot keert en laveert tegen de stroom van wat er is geweest, van wat er is gezegd. Hij heeft geen oordeel en hij spreekt geen recht.

personifikasie

Refrein – laaste vyf reëls van strofe 1

Kind bewus van hoe diep hy in die water is

Herhaling Refrein

s-alliterasie Geen refrein nie

Refrein

2. Beantwoord die volgende vrae: 2.1 Bespreek die titel van die gedig. 2.2 Wie is die spreker in die gedig? 2.3 Som elke strofe in een sin op. 2.4 Noem een ding in elke strofe wat bydra tot die rustige strandtoneel. 2.5 Watter soort rymskema word aangetref in: 2.5.1 die eerste vier reëls van strofe 1 2.5.2 reël 5 en 6 van strofe 1? 2.6 Bespreek die personifikasie in strofe 1. 2.7 Kontrasteer die pa en die ma in strofe 2. 2.8 Gee ’n voorbeeld van alliterasie uit strofe 2 en bespreek die funksie daarvan. 2.9 Waarvan het die vader vergeet in strofe 2? Waarop dui dit? 2.10 Hoe skud die skilder moontlik die wêreld deurmekaar, dink jy? 2.11 Waarna strewe die skilder in sy kuns? 2.12 Hoe verskil die skilder van die vader en die wind? 2.13 Hoekom kan dit insiggewend wees dat die skilder voor ’n vuurtoring staan? 2.14 In watter opsig: 2.14.1 stem die skilder en die seilboot ooreen? 2.14.2 verskil hulle? 2.15 Hoe verskil strofe 3 van die ander strofes? 2.16 Watter rol speel herhaling in die gedig? 2.17 Hoe kom die gedig met ’n ballade ooreen? 2.18 Watter kommentaar word op of kritiek word in die gedig gelewer?

OEFEN TAAL IN KONTEKS Die volgende vrae is op die gedig “Katwijk aan zee” gebaseer. 1. Haal drie woorde aan waarin die Nederlandse ij-klank voorkom. Wat is hierdie woorde in Afrikaans? 2. Haal drie woorde aan waarin die z in Nederlands na ’n s in Afrikaans verander. 3. Kyk na die woorde “leugen” (strofe 3) en “tegen” (strofe 4). Hoe het die spelling in Afrikaans verander? 4. Vertaal die volgende in Afrikaans: 4.1 Mijn vader valt in slaap / op het strand. 4.2 De wind die bladert / door zijn krant 4.3 Mijn moeder neemt mij mee / naar de zee 4.4 wat er ist geweest, / wat er is gezegd 4.5 Voor de Vuurbaak / staat een kunstenaar. 5. Soek voorbeelde van die volgende in strofe 3: 5.1 ’n meervoudsvorm 5.2 ’n woord wat Nederlands aan Frans ontleen het 5.3 ’n drieletterwoord (in Nederlands) wat in Afrikaans met ’n af kappingsteken geskryf word om te wys ’n klank is weggelaat Wenk: Dié woord word in Afrikaans met ’n kleinletter gespel selfs as dit aan die begin van ’n sin staan. 5.4 ’n woord waarin die ch-klank ’n k is in Afrikaans 5.5 ’n woord waarin daar ’n kappie is in Afrikaans 5.6 ’n lidwoord.

23


SKRYF EN AANBIED

ORDEN PARAGRAWE Elke jaar word daar ’n vakansie-uitstalling (vakansiebeurs) in Utrecht in Nederland gehou. Duisende mense stroom daarheen om inligting oor moontlike vakansiebestemmings en -aktiwiteite te kry. Die paragrawe in hierdie berig uit die Algemeen Dagblad oor die vakansiebeurs wat aan die begin van 2014 gehou is, is deurmekaar geskommel. In watter volgorde moet die paragrawe wees sodat die berig sin maak?

Nederlander wil weer luxe tijdens vakantie

DOEN KORT SKRYFOEFENINGE 1. Jy is een van die Hollandse meisies op die foto op bladsy 1. Gebruik jou iPad en skryf ’n kort statusopdatering op Facebook oor die begin van julle kampeervakansie. 2. Op bladsy 3 word jy boaan die berig uitgenooi om jou foto’s aan te stuur. As jy enige foto’s het van die Sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika of enige kampeerfoto’s, stuur dit saam met byskrifte na fotos@Nederlandse. lespakket.co.za. Van die mooiste foto’s kom in aanmerking vir ’n prys. 3. Stuur ’n SMS met ’n wenk van die Nederlandse ambassade aan die kampeerders in teks 1. 4. Lewer kommentaar op die berig op bladsy 3 en 4. Jou respons moet tussen 500 en 1 500 karakters lank wees. 5. Twiet om jou eie wenk vir die langpad aan die lesers van die teks op bladsy 16 te gee. ’n Twiet bestaan uit 140 karakters.

SKRYF ’N OPSTEL

Pre-skryf

Nederlanders blijken weer op zoek te gaan naar luxe tijdens de vakantie. De bezoekers van de Vakantiebeurs gaven aan dit jaar per persoon 3300 euro aan vakanties te willen besteden. Dat is drie keer zo veel als de ruim 1100 euro die Nederlanders afgelopen jaar gemiddeld hebben uitgegeven. Favoriete accommodatie is een hotel, gevolgd door camping, pension en appartement. Een op de vijf bezoekers kwam naar de Jaarbeurs om zich te oriënteren op een korte of lange vakantie in Nederland. Het grootste evenement op vakantiegebied in Nederland werd zondag afgesloten. De Vakantiebeurs trekt elk jaar tienduizenden bezoekers.

1. Besluit oor watter een van die volgende onderwerpe jy wil skryf en of jy ’n verhalende, beskrywende of argumenterende opstel gaan skryf. Jou skryfstuk moet 300 tot 350 woorde lank wees. Kies jou eie titel, waar nodig. 1.1 Meer natuur, minder mense 1.2 Dit was die beste kampeervakansie ooit! 1.3 Hierdie kampeerplek is ’n móét 1.4 Soms ly die beste planne skipbreuk! 1.5 Kamp soos ’n koning 1.6 Kampeer is nie vir sissies nie 1.7 Nederland ... kampeerland 1.8 ’n Opstel oor of geïnspireer deur een van die volgende foto’s:

Op de Vakantiebeurs in Utrecht zijn ruim 117.000 bezoekers afgekomen, 13 procent meer dan vorig jaar. Dat meldde de organisatie zondagavond. Op een oppervlakte van 16 voetbalvelden toonden zo’n 160 landen sinds woensdag hun toeristische bestemmingen aan het publiek. De belangstelling voor een vakantie in Europa is toegenomen met als populairste landen Italië, Frankrijk, Duitsland en Spanje. Buiten Europa is Azië de favoriete bestemming, gevolgd door de Verenigde Staten, Canada en Afrika. (Uit: Algemeen Dagblad, 19 Januarie 2014)

24

1

2

25


1.9 Kies een van jou eie kampeerfoto’s, vakansiefoto’s of foto’s van die natuurlewe as prikkel vir ’n verhalende, beskrywende of argumenterende opstel. (Onthou om die foto in te sluit.) 1.10 Gebruik een van die onderwerpe vir die paneelbespreking op bladsy 16 en 17 om jou opstel oor te skryf. Jy kan die onderwerp aanpas. 2. Beplan jou opstel: • Hersien die riglyne vir die skryf van die verskillende soorte opstelle. • Dink goed na oor presies hoe jy die onderwerp gaan benader. • Gebruik ’n kopkaart en organiseer jou idees. • Dink aan ’n treffende inleiding en slot.

3

Skryf jou opstel • • • • • •

Gebruik jou beplanning en skryf die eerste weergawe van jou opstel. Gee aandag aan sinstruktuur, taalgebruik, spelling en paragrafering. Maak seker dat jou paragrawe logies skakel en ontwikkel. Gebruik, waar gepas, die direkte rede, doeltreffende beskrywings, emotiewe taal en selfs vrae om jou skryfstuk oortuigend te maak. Laat ’n reël oop tussen paragrawe. Maak seker dat jou skryfstuk die vereiste lengte (300 en 350 woorde) is.

Post-skryf • • •

Lees goed deur jou opstel en verander die dele waarmee jy nie tevrede is nie. Skryf die finale weergawe netjies oor. Proeflees jou opstel en maak seker dat jy heeltemal gelukkig met die finale weergawe is.

TAALHERSIENING

1. Wat is ’n “Ventertjie”? (1) 2. Gee die letterlike en figuurlike betekenis van ’n “Koel Ventertjie”. (2) 3. Skryf die volgende sin oor in die ontkennende vorm: ’n Mens sukkel altyd op warm dae om jou bevrore kos koel te hou. (1) 4. Wat is die stam van: 4.1 bevrore 4.2 deksel 4.3 gedurende? (3) 5. Gee ’n gepaste sinoniem vir “slim” in paragraaf 1. (1) 6. Skryf die ontbrekende versamelname neer: 6.1 ’n ____ bobbejane 6.2 ’n ____ bye. (2) 7. Gee die verkleinwoord van “sleepwa”. (1) 8. Na analogie van watter woord is “koelboks” gevorm? (1) 9. Aan watter tale is die volgende woorde ontleen? 9.1 boks 9.2 hoeka (2) 10. Gee een woord vir “kees se kind” (paragraaf 2). (1) 11. Gee die intensiewe vorm van “lam” in die heel laaste sin. (1) 12. Voltooi die idiomatiese uitdrukkings deur soorte diere in te vul: 12.1 Die ____ agter die bult gaan haal. 12.2 Al dra ’n ____ ’n goue ring, bly hy maar ’n lelike ding. (2) 13. Wat beteken die twee idiome by nommer 12? (2) 14. Met watter woord, behalwe gemaak, kan die volgende sin voltooi word? Die vrou het ’n slim plan ____ om kos koel te hou. (1) 15. Vorm ’n persoonsnaam van “toer” en gebruik dit in ’n kort sin. (1) 16. Verduidelik wat die volgende uitdrukkings binne die kampeerkonteks beteken: 16.1 Het bos is altijd groener bij de buren. 16.2 Wakker worden met merels die fluiten. Wenk: ’n Merel is ’n sangvoël. 16.3 Genieten in de laagste versnelling ... (3) Totaal: 25

’n Koel Ventertjie 1 ’n Mens sukkel altyd op warm dae in die kampterrein om jou bevrore kos koel te hou. In die ry is dit net so moeilik. My vrou het toe met dié slim plan vorendag gekom om ons sleepwa in ’n enorme koelboks te omskep. 2 Ons het dit reggekry deur silwer isolasiemateriaal, die soort wat jy in jou plafon plak, aan die binnekant van die Ventertjie se deksel te plak. Hierdie isolasiemateriaal maak ’n verskil aan die temperatuur in die Ventertjie en bring groot tevredenheid mee. Gedurende ’n onlangse toer deur die Krugerwildtuin het ons gevind dit werk uitstekend as spens om kos van die bobbejane, blouapies en bye weg te hou. Kees se kind kon hom nie soos gewoonlik vergryp aan kampkos nie en het hom hoeka lam geskrik toe hy by die Ventertjie probeer inbreek het!

26

27


28


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.