EENDERS & ANDERS AFRIKAANS / NEDERLANDSE LESPAKKET - Graad 11

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE LESPAKKET

Sprokie vir ’n stadskind/ Sprookje voor een stadskind

GRAAD

11

Afrikaans Huistaal


’n Blik op die lespakket

SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands webwerf: http://sasnev.co.za © SASNEV Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, in ’n inligtingstelsel bewaar, of versend word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, meganies, deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, of andersins, sonder vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie. Eerste uitgawe: 2017, eerste druk 2017 Titel-ISBN: 978-0-9946647-5-4 Geskryf deur Marieta Nel Geredigeer deur Ronél Gouws Voorbladontwerp deur Dion Rushovich Voorbladfoto van One Dollar Photo Foto’s deur Izak de Vries en Karin Vecht Geset deur Dion Rushovich Gedruk deur Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: Foto’s: One Dollar Photo: p. iv, 1, 2, 3, 4, 5, 9, 10, 13, 14, 16, 20, 22, 27, 29; Stock Photo Secrets: p.7, 9; p. 4: Trio Records vir “Sprokie vir ’n stadskind” deur Koos du Plessis; p. 6: Tafelberg Uitgewers vir 30 Nagte in Amsterdam deur Ettiene van Heerden; p. 7: Uitgeverij Thill Bxl Staat vir Brussel en haar pracht; p. 12: Ons Amsterdam vir “Punk in Amsterdam”; p. 21: Litnet vir die artikel “Nederlandse sprokie vir kinders van die Kaap”; p. 24: Nijg en Van Ditmar vir die uittreksel uit Tirza van Arnon Grunberg; p. 24: Protea Boekhuis vir die uittreksel van die vertaling in Afrikaans van Tirza van Arnon Grunberg; p. 28 en 31: Lapa Uitgewers vir die uittreksels uit Een stad drie rooikoppe sewe dae; p. 5, 6: Marianne Liebenberg. Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.

ii

Beste Leerder Welkom by Eenders en anders Graad 11 – jou venster op die Lae Lande (Nederland en België) en Europa. Eenders en anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Hierdie lespakket sluit by kwartaal 3, week 33 en 34 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België) te bied. Gedurende die twee weke waartydens jy hierdie lespakket gebruik, wil ons jou na die Lae Lande ontvoer en jou op ’n opwindende, avontuurbelaaide reis neem. Moenie geïntimideerd voel deur die Nederlands nie – jy is in elk geval ontvoer en het nie ’n ander keuse as om dit te geniet nie! Aan die begin gaan dit dalk vir jou effens moeilik wees om die Nederlandse tekste waarna jy gaan luister en wat jy gaan lees te verstaan. Jou oor en jou oë gaan egter gou gewoond aan die Nederlands raak en aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. As jy eers kennis gemaak het met Nederlands, kan jy die wonderlikste materiaal op die internet ontdek. Onthou, die Nederlanders is tegnologies baie gevorderd en jy gaan op die interessantste video’s, toeps (apps), webwerwe, klankgrepe en speletjies af kom. In hierdie lespakket is die tekste soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Probeer voortdurend bewus wees van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Die vrae en opdragte is egter altyd in Afrikaans en jou antwoorde kan ook in Afrikaans wees. In hierdie lespakket sal jy agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word dus ’n opwindende ontdekkingstog. Ons wens is dat jy nie net vir twee weke uit jou doodgewone skoolsituasie weggevoer sal word nie, maar dat jy tydens die reis verlief sal raak op die Lae Lande. Eendag kan jy selfs soontoe gaan en eerstehands ervaar watter wonderlike geleenthede Nederlands en die twee lande jou kan bied. Dus, welkom in die Lae Lande! Geniet die reis saam met ons. Hopelik sal jy ook eendag van Nederland en België kan sê: Ek was hier. Die skrywers

iii


Inhoudsopgawe SPROKIE VIR ’N STADSKIND / SPROOKJE VOOR EEN STADSKIND

Sprokie vir ’n stadskind / Sprookje voor een stadskind

Luister en praat........................................................................................................................................................................................... 2 Lees en kyk.......................................................................................................................................................................................................... 3 Luister en praat.......................................................................................................................................................................................17 Word taalvardig......................................................................................................................................................................................22 Fokus op letterkunde..................................................................................................................................................................28 Skryf en aanbied.....................................................................................................................................................................................32 Taalhersiening..............................................................................................................................................................................................38

WEBWERF ’n Spesiale webwerf – http://lespakket.co.za – is vir die Afrikaans-Nederlandse lespakkette van graad 6 tot 11 geskep ten einde leerders interaktief met die tekste te laat verkeer en om aan te sluit by e-leer (elektroniese leer) in die onderwys. Nie net word ’n elektroniese weergawe van die pakket op die webwerf gelaai nie, maar die pakkette word voortdurend bygewerk met nuwe materiaal wat opgelaai word. Die idee is dat leerders die materiaal op die webwerf gebruik om die opdragte in die lespakket uit te voer. Julle kan dan weer foto’s, video’s of ander interessanthede oplaai vir gebruik deur en kommunikasie met ander leerders. Daar word gehoop dat Afrikaanse en Nederlandse leerders ook uiteindelik met mekaar sal kontak maak, idees uitruil en sodoende mekaar se taal en kultuur beter leer ken. Ook onderwysers word aangemoedig om materiaal soos foto’s, oulike idees, opdragte en vraestelle op die webwerf te laai. Op dié manier is daar nie net interaksie met plaaslike kollegas nie, maar hopelik ook later met kollegas in Nederland, by wie ons kan kers opsteek oor e-leer.

IN HIERDIE HOOFSTUK MOET JY: Luister en praat Lees en kyk Letterkunde Skryf en aanbied Taalstrukture en -konvensies

• • • • • • • • • • • •

illustrasies bespreek na twee liedjies luister en vrae daaroor beantwoord aan ’n informele gesprek deelneem ’n liedjie, flapteks en ’n uittreksel uit ’n niefiksieboek lees en vrae daaroor beantwoord ’n opsomming maak ’n uittreksel uit ’n roman ontleed taal-in-konteks-oefeninge doen met paragrawe werk ’n goeie beskrywing bestudeer en self een skryf ’n brief aan die pers skryf oefeninge oor woordeskatuitbreiding en taalverskynsels doen taal-in-konteks-oefeninge doen

’n Sprokie ... ’n Volksverhaaltjie waarin die meisies baie mooi prinsesse is en waarin bose karakters soos hekse, feë, towenaars en wolwe die lewe vir die arme prinses ondraaglik maak. Gelukkig is daar altyd ’n gelukkige einde. In hierdie hoofstuk gaan ons bietjie kyk na ’n sprokie vir ’n stadskind. Dalk word jy op ’n plaas groot, op ’n klein plattelandse dorpie of dak sit jy in ’n groot, besige stad. Waarna dink jy hunker stadskinders? Straatkinders? Hoe sal hulle sprokie daar uitsien? En wat is jou sprokie as jy een kon vertel?

iv

1


LUISTER EN PRAAT Kyk na die foto op die vorige bladsy en bespreek die volgende vrae met ’n maat: • Watter sprokieskarakter word in die graffiti-toneel op die vorige bladsy uitgebeeld? • Watter aanduidings is daar dat die karakter haar in ’n stad bevind? • Lewer kommentaar op hoe sy uitgebeeld word. • Kyk na die foto. Wat staan op dié muur in Berlyn? ?

LEES EN KYK

LEES SAAM Pre-lees • Luister na Koos du Plessis se liedjie “Sprokie vir ’n stadskind” (dit is beskikbaar op YouTube). Waarom word hierdie soort liedjie ’n luisterliedjie genoem? • Vind uit watter pryse die skrywer Etienne van Heerden se boek 30 nagte in Amsterdam verower het. • Luister op YouTube na die onderhoud wat met Etienne van Heerder gevoer is. • Soek op die internet foto’s van die volgende in Brussel: die Grote Markt, Manneken Pis en die Atomium.

Lees 1. Vluglees die liedjieteks (bl. 4), die flapteks, (bl. 6) en die toeristegids (bl. 7). 1.1 Hoe kom die liedjieteks met ’n sprokie ooreen? 1.2 In watter twee ruimtes speel Etienne van Heerden se roman af ? 1.3 Waarvoor is Brussel volgens die toeristegids se opskrif bekend? 2. Stiplees al drie tekste met die doel om die belangrikste inligting daarin te identifiseer.

Leestegnieke FLINK MET TAAL Dit klink soos ’n sprokie: Ek kan dit byna nie glo nie. Dit is sommer ’n storie: Dit is ’n leuen/verdigsel. Dit laat ek my nie vertel nie: Dit sal ek nie glo nie. Iets is ’n sprokieswêreld: Dit is ’n fantasiewêreld.

2

Vluglees: Die doel van vluglees is om vinnig ’n oorsig te kry van waaroor ’n teks handel. Lees die hele eerste paragraaf, die eerste sin van elke daaropvolgende paragraaf en die hele laaste paragraaf. Soeklees: ’n Mens gebruik soeklees wanneer jy net spesifieke inligting soek, soos aankoms- en vertrektye op ’n busrooster of ’n straatnaam op ’n kaart. Jy laat jou oë vinnig oor die teks gly. Jy ignoreer al die ander inligting behalwe dit waarna jy soek. Stiplees: As ’n mens stiplees (begriplees) gebruik om ’n teks te lees, is jou doel om die hele teks goed te verstaan. Woordaanpakvaardighede: Gebruik die volgende tegnieke wanneer jy nie ’n woord se betekenis verstaan nie: • Breek die woord in sy verskillende dele op en kyk wat elkeen beteken. • Kyk na die konteks waarin die woord voorkom.

3


Lees ’n liedjie

AGTERGRONDINLIGTING

Sprokie vir ’n stadskind Koos du Plessis ’n Vuil, besoedelde stad word beskryf.

1 As die reën van stof en roet verby is en die rook verdwyn, sal daar in die sterrelose hemel ’n neonboog verskyn.

Die voorwerpe herinner aan ’n tipiese strokie.

2 En kyk maar goed, want as jy hom vind, vertel ek vir jou ’n sprokie, my kind, van ’n skatkis, met ou kettings gebind, aan die neonboog se punt.

Die eerste voorwaarde word gestel. Die strofes se rympatrone wissel.

Let op die metafore 3 Volg hom elke nag oor swart riviere, wat die stad beskryf. oor kranse van beton; as jy aanhou stap, tienduisend ure, sal jy dalk daar kom. Variasie op ou spreekwoord

Skat aan die punt van die neonboog

4 Maar hier moet jy jou nimmer laat bind, want, so lui die ou-ou sprokie, my kind: As jy geluk en vreugde wil vind, soek die neonboog se punt. 5 Volg hom elke nag oor swart riviere; kyk nie één maal om. Dalk vind jy die land van blou saffiere ... en dalk ’n brokkie son.

Die laaste van ’n reeks voorwaardes word gestel.

(Uit: Skadu’s teen die muur, Inhuis, 1991)

4

Het werk van Koos du Plessis is door de treffende eenvoud als geen ander toegankelijk voor Nederlandstaligen. Zijn liedes worden vergeleken met Bob Dylan, Leonard Cohen en Jacques Brel. Zijn werk heeft een cruciale rol gespeeld in de ontwikkeling van het Afrikaanstalige luisterlied en de poëzie. “Sprokie vir ’n stadskind” is tydens Koos se verblyf in die “betonoerwoud” geskryf. Hy en Douglas Davis, ’n goeie vriend, het ’n woonstel oorkant Joubertpark – op die rand van Hillbrow en Johannesburg se middestad – gedeel.

5


Lees ’n flapteks VREEMDE WOORDE

30 Nagte in Amsterdam Ettiene van Heerden Zan word deur beskrywing gekarakteriseer.

1 Zan. 2 Sy’s ’n pragtige maar eksentrieke vrou, ook bekend as Xan met die onverwagte toevalle of Xusan met die geheimsinnige glaskamer. Ook Susan. As aktrise en Die agtergrond politieke aktivis het sy ’n voorliefde vir van die verhaal vreemde vriende, soos die rolprentmaker word gegee. Cecil Dimaggio en die straatmusikant Manuel D’Oliviera. 3 Henk de Melker, museumassistent in ’n Henk word klein Oos-Kaapse dorpie, ontvang onverdeur beskrywing wags ’n brief van ’n juris in Amsterdam en benaming waarin hy ingelig word dat sy lankverdgekarakteriseer. wene Tante Zan haar huis in dié stad aan hom nagelaat het. Hy, “Henk Ekskuus”, is ’n voetjie-vir-voetjie navorser, die skrywer van dun boekies waarin die lewens van onmerkwaardige mense opgeteken word – soos die beoogde een oor Cornelius van Gogh, die onbekende broer van Vincent en Theo, wat in Suid-Afrika begrawe lê. ’n Opsomming 4 Henk reis na Nederland om sy erfporsie op te eis; terselfdertyd wil hy verdere van die gebeure navorsing oor Cornelius van Gogh doen. in die storie Hy moet besluit of hy permanent wil emiword gegee. greer of nie, noudat hy eienaar word van ’n woning in Amsterdam. Mettertyd word hy ingesuig in die maalstroom van die gragtegordel met sy sakkerollers, prostitute en Die ruimte straatmusikante. Sy ervaringe in die binbeweeg van nestad konfronteer hom ook opnuut met Suid-Afrika na sy kinderjare – saam met Tante Zan in die Nederland. huis van sy ouma – en die invloed wat sy avontuurlike tante ná al die jare steeds op sy lewe het. Henk se 5 Want deur alles wat van hom weggesteek ervaringe lei tot is, eindelik oop te vlek, leer Henk de Melkselfkennis. er homself opnuut ken. Die dertig nagte wat hy in Amsterdam deurbring, verander sy besadigde lewe onherroeplik.

eksentriek – a nders as die gewone, sonderling, eienaardig toeval – aanval van siekte onstigtelike – wat aanstoot gee aktivis – i emand wat aktief besig is om ander vir ’n saak te wen juris – regsgeleerde lankverdwene – wat lank terug verdwyn het emigreer – ’n land verlaat gragtegordel – gragte in die vorm van ’n sirkel maalstroom – meevoerende verwarring binnestad – middestad besadigde – bedaarde, doodgewone onherroeplik – w aaraan niks meer verander kan word nie

Lees ’n toeristegids Brussel, de hoofdstad van Europa Atomium: ikoniese Belgiese landmerk

1 Brussel is niet alleen de stad die het Atomium, Manneken Pis en de Grote Markt als uithangborden gebruikt. Brussel is evenmin alleen de stad waar toeristen ragfijne kant en kilo’s pralines koop. Brussel is een van de weinige steden die een zekere gespletenheid etaleren en ook daardoor interessant zijn. In geen enkele andere stad staan Germaanse en Latijnse culturen immers zo scherp tegenover elkaar. 2 Het is natuurlijk absoluut onmogelijk alle bezienBrussel se swaardighede en attracties van een wereldstad soos kontrasterende Brussel in één rondwandeling op te nemen, maar kulture word alle wandelingen beginnen op de Grote Markt. beskryf. 3 Die Grote Markt is uniek en zonder enige twijfel het mooiste plein van de wereld. Die prachtige barokke gilde- en patriciërshuizen die er nu staan werden echter wel allemaal na 1695 gebouwd. Die geboue en Toen vernielde een Frans bombardement bijna besienswaardighede de hele Grote Markt. om die Grote 4 Op de spits van het in gotische stijl opgetrokken Markt word een vir Stadhuis staat een beeld van aartsengel Michaël, een beskryf. de stadspatroon van Brussel.

(Uit: 30 nagte in Amsterdam, Tafelberg, 2008)

6

7


5 Nummer 8 is De Ster, het huis van de vertegenwoordiger van de hertog van Brabant. In het huis ernaast, De Zaan, schreef Karl Marx in 1847 zijn Communistisch Manifest. Die inligting oor die 6 In De Gulden Boom op nummer 10 zal het zeker een vrolijke boel geweest zijn, want het besienswaardighede brouwersgilde was er gevestigd. Nu kunt u er in wil die leser de kelder het Brouwerijmuseum bezoeken. aanspoor om die 7 In De Gulden Boot op nummer 24 en 25 heeft plekke te besoek. men heel wat steken laten vallen, want de kleermakers waren er thuis. Het interessante Museum van de Stad Brussel is ondergebracht in Het Broodhuis (nummers 29-33). Op de 2e etage kunt u de garderobe van Manneken-Pis bewonderen. Op de hoek rechts en op nummer 1 staat Den Coninck van Spaignien, het voormalige bakkersgildehuis. Op nummer 2 en 3 moet het ooit vreselijk gestonken hebben, want in Den Cruywagen waren de vetsmelters thuis.

2. Watter negatiewe eienskappe van die stad word in strofe 1 genoem? 3.1 Wat is die enigste ligpunt in hierdie harde, onvriendelike stedelike milieu? 3.2 Wanneer sal dit verskyn? 4. Sal die kind die neonboog beslis vind? Haal twee afsonderlike woorde aan om jou antwoord te staaf. 5. Watter betekenis het neonboog binne die stadskonteks? 6. Watter elemente in strofe 2 sluit by die tradisionele strokie aan? 7. Watter opdrag word in strofe 3 aan die kind gegee? 8. Waarna verwys die volgende? 8.1 “swart riviere” 8.2 “kranse van beton”

(Uit: Teks verwerk uit Brussels en haar pracht, 1988)

VREEMDE WOORDE

als – as nep – waardelose pralines – gevulde sjokoladelekkers etaleren – uitstal elkaar – mekaar gilde- en patriciërshuizen – ambags- en adellike huise etage – verdieping Spaignien – Spanje

er – daar toen – toe stadspatroon – beskermheer van die stad ernaast – langsaan schreef – het geskryf boel – spul gulden – goue gestonken – gestink

Post-lees: Begryp jy die die teks A. Wat is die kenmerke van die tekssoorte? 1. Watter kenmerkte het ’n luisterlied soos blyk uit die liedjieteks? 2. ’n Flapteks staan ook as ’n lokteks bekend. 2.1 Hoekom? 2.2 Waar word ’n flap- of lokteks gewoonlik aangetref ? 3. Wie is die teikenmark van die toeristegids? 4. Watter teks gee die meeste feitelike inligting? Verduidelik. B. Beantwoord begripsvrae Die volgende vrae is op die liedjieteks gebaseer: 1. Wat kan jy uit die liedjie se titel aflei?

8

9. Watter aspekte in strofe 3 sluit by die tradisionele strokie aan? Waarom sê jy so? 10. Verduidelik die betekenis van strofe 4 se eerste reël. 11. Van watter woord in strofe 4 lei ons af dat die sprokie al baie vertel is? 12. Hoekom word “’n brokkie son” in die reël ná “blou saffiere” genoem? 13. In strofe 2 tot 5 word elke keer ’n voorwaarde gestel. 13.1 Noem die verskillende voorwaardes. 13.2 Hoe sluit die stel voorwaardes by die tradisionele strokie aan? 14. Wat is die boodskap van die liedjie? 15.1 Watter woorde word in strofe 3 en 5 herhaal? 15.2 Bespreek die funksie van hierdie herhaling. 16. Bespreek die volgende strukturele aspekte van die liedjie: 16.1 die lengte van die reëls en die strofes 16.2 die strofes se rympatroon.

9


Die volgende vrae is op die flapteks gebaseer: 17. Watter effek word bereik deur paragraaf 1 uit slegs een woord te laat bestaan? 18. Beskryf Zan se karakter na aanleiding van die inligting in paragraaf 2. 19. Watter verband is daar tussen Zan en Henk? 20. Wat kan jy uit die woord “lankverdwene” (paragraaf 3) omtrent Zan aflei? 21. Vergelyk die ruimte waarin Zan en Henk woon en werk. 22. Wat lei daartoe dat Henk Amsterdam toe gaan? 23. Waarom, dink jy, het Henk die bynaam “Henk Ekskuus”? 24. Bespreek die moontlike betekenis van “voetjie-vir-voetjie” navorser (paragraaf 3). 25. Gee ’n moontlike rede waarom Henk beoog het om ’n biografie oor Cornelius van Gogh te skryf. 26. Met watter twee doelwitte gaan Henk Nederland toe? 27. Watter belangrike keuse moet Henk maak? 28. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Die binnestad van Amsterdam is besonder kleurryk. 29. Watter kontak het Zan en Henk tydens sy kinderjare gehad? 30. Waaruit is dit duidelik dat Zan ’n groot indruk op Henk gemaak het? 31. Wat, dink jy, leer Henk tydens sy besoek aan Amsterdam omtrent homself ? 32. Haal ’n sinsdeel aan wat aandui dat Henk se lewe onomkeerbaar verander het. 33. Hoe sluit die titel van die roman aan by wat in die storie gebeur? 34. Hierdie teks is die flapteks/ lokteks van die roman 30 nagte in Amsterdam. 34.1 Op wie is die teks gerig? 34.2 Op watter manier wil hierdie teks die leser prikkel om die boek te lees? Die volgende vrae is op die toeristegids gebaseer (soek die antwoorde in die paragrawe wat tussen hakies aangedui word): 35. Waarom is Brussel ’n belangrike stad in Europa? (opskrif ) 36. Noem drie besienswaardighede wat met Brussel geassosieer word. (paragraaf 1) 37. Watter twee aandenkings neem toeriste dikwels huis toe na ’n besoek aan Brussel? (paragraaf 1) 38. Skryf die ontbrekende woorde neer: In Brussel is daar ’n kontras tussen die ____ en die ____ kultuur. (paragraaf 1) 39. Wat is die een besienswaardigheid wat toeriste nie in Brussel kan misloop nie? Hoekom nie? (paragraaf 2 en 3)

10

40. Waarom is al die huidige geboue op die Grote Markt ná 1695 gebou? (paragraaf 3) 41. Haal twee afsonderlike woorde aan wat die styl van die geboue op die Grote Markt beskryf. (paragraaf 3 en 4) 42. Watter spesiale posisie beklee die aartsengel Michaël in Brussel? (paragraaf 4) 43. Waarom is die huis langs De Ster van spesiale belang vir geskiedkundiges? (paragraaf 5) 44. Lyk Manneken Pis altyd dieselfde? Verduidelik. (paragraaf 7)

WERK MET WOORDE Op die kaart hieronder word die herkoms en betekenis van verskeie Nederlandse idiomatiese uitdrukkings aangedui. Bestudeer die kaart en beantwoord dan die volgende vrae. 1. Wat beteken die volgende uitdrukkings? 1.1 Op zijn Antwerps weg leven. 1.2 Nijkerk op z’n Sondags. 1.3 Iemand een Rotterdams fooi geven. 1.4 Hij heeft een Bunschoter onder zijn armen. 1.5 De Poperingse was doen. 2. Hoe het die volgende uitdrukkings ontstaan? 2.1 Borst bloot van Ermuu. 2.2 De Helmondse ziekte hebben. 2.3 Een Hollandscheveld zakdoek gebruiken. 2.4 Een Lokerse hoed op hebben. 2.5 Op z’n Urker lopen.

MAAK ’N OPSOMMING Lees die volgende teks en maak ’n opsomming van 80 tot 90 woorde oor punk in Amsterdam. Beskryf punk se positiewe bydrae tot die gemeenskap in die eerste paragraaf en hul negatiewe bydrae in die tweede paragraaf. Volg die volgende riglyne wanneer jy jou opsomming skryf: • Lees die leesstuk vinnig deur sodat jy verstaan waaroor dit handel. • Moet jou nie laat afskrik deur die Nederlands nie. Jy hoef nie elke woord te verstaan nie, maar moet die strekking van die teks kan volg. • Soeklees die teks vir bewyse van die punks se positiewe en negatiewe bydrae tot die gemeenskap. Onderstreep die bewyse. • Skryf die inligting bondig in jou eie woorde en in volsinne. • Gee aandag aan jou woordkeuse, spelling, punktuasie en gebruik van hoofletters. • Tel hoeveel woorde jy gebruik het en skryf dit tussen hakies aan die einde van jou opsomming.

11


Punk in Amsterdam De eerste jongerencultuur die het stadsleven vol overtuiging omarmt: Na een aarzelend begin, maakte de Amsterdamse punkbeweging in 1979 een vliegende doorstart. Muziek en politiek raakte met elkaar verweven. Punk leverd in die jaren de soundtrack bijde stedelijke verloedering, maar midde tegelijk óók de herwaardering in van het grotestadsleven. Shockeren werd tot kunst verheven door de punks. Met gescheurde kleren, een badge van die Rote Armee Fraktion of een veiligheidsspeld door oor, neus of wang. Maar geleidelijk tekende het linkse engagement van de punks zich duidelijker af. Op 22 November 1978 vond het eerste Rock Against Racism-festival van Nederlands plaats met de punkbands Panic en Ivy Green. Punks doken groepsgewijs op in betogingeng als Amsterdam Fietst en de grote vredesdemonstrasie tegen de kruisraketten van 1981. Er vond een kruisbestuiving plaats tussen de punk- en kraakbeweging. Jonge punks die het ouderlijk huis verlieten, vonden in kraakpanden een nieuw thuis. De Do It Yourself (DIY) brachten de punkers vol overgave in de praktijk. De singles, lp’s en cassettebandjes van die Amsterdamse punkbands kwamen zonder uitzondering in eigen beheer uit. Zelf muziek uitbrengen, zelf kleren maken, zelf tijdschriften uitgeven, zelf posters drukken, zelf buttons maken … De mentalitiet van het “zelfdoen” vormde ook de bindende factor met de latere nederhop. Het zou een vergissing zijn punk in retrospectief af te schilderene als één groot feest van creativiteit en welwillend engagement. Een deel van de scene bestond uit weglopers en vroegtijdige schoolverlaters. Veel punks draaiden hun hand niet om voor kleine criminaliteit: vechtpartijen, vernieling (graffiti en gewoon ‘slopen’), winkeldiefstal, inbraakjes, openlijke geweldpleging, wapenbezit (messen), huisvredebreuk en drugsgebruik. Bier en hennep waren favoriet. Tegengesteld aan de artistieke ultra’s waren de skinheads, die zich juis voorstonden op hun volkse imago. In 1982 zetten skinheads zich steeds meer af tegen de artistieke pretenties van die punkbeweging. Een kleine groep skinheads koos de tegenovergestelde richting van de links-radicale punks en ontpopte zich als neonazi. (Uit: Ons Amsterdam, 2013)

VREEMDE WOORDE

verloedering – verval kraakbeweging – ’n beweging van mense wat onbewoonde huise beset nederhop – Nederlandse hiphop 12

DOEN TAAL IN KONTEKS-OEFENINGE Die volgende opdragte is op die teks “Sprokie vir ’n stadskind” op bladsy 4 gebaseer. Opskrif 1. Skryf die titel oor sodat dit in die meervoudsvorm is. Strofe 1 2. Maak ’n duidelike sin met “as” se homoniem. 3. Die Nederlandse vorm van “reën” is “regen”. Verduidelik hoe die spelling van die woord in Afrikaans verander het. 4. Sou jy “roet” as eiegoed, erfgoed of leengoed beskou? Verduidelik. Wenk: Die woord het reeds gedurende die Middeleeue in Nederland bestaan. 5. Vorm ’n sterk verlede deelwoord van “verdwyn” en gebruik dit in ’n sin. 6. Hoekom word “verdwyn” in Afrikaans met ’n y en nie met ’n ei gespel nie? Wenk: Die Nederlandse woord is “verdwijnen”. 7. Wat beteken die postmorfeem -loos in “sterrelose”? 8. Gee die meervoud van “neonboog”. Strofe 2 9. Skryf “want as jy hom vind” in die lydende vorm. 10. Waarom is die komma voor “my kind” nodig? 11. Gee die verkleiningsvorm van: 11.1 skatkis 11.2 kettings 11.3 neonboog. 12. Na analogie van watter ander woord is “neonboog” gevorm? Strofe 3 13. Beantwoord die vrae oor die volgende sin: “as jy aanhou stap, tien duisend ure, sal jy dalk daar kom” 13.1 Identifiseer die hoofsin. 13.2 Watter soort bysin kom in die sin voor? 13.3 Watter soort sinsdeel is “tien duisend ure”?

13


Strofe 4 14. Herskryf die eerste reël sodat nie in die ontkennende vorm is nie. ( Jou antwoord sal die teenoorgestelde betekenis hê.) 15. Gee ’n sinoniem vir “nimmer”. 16. Skryf die ontbrekende woorde neer om die idiomatiese uitdrukkings te voltooi: 16.1 Jy moet ____ of nimmer die neonboog volg. 16.2 Jy moet jou nimmer as te ____ laat bind nie. 17. Watter soort selfstandige naamwoorde kom in reël 3 en 4 voor? Strofe 5 18. Skryf die eerste reël in die ontkennende vorm. 19. Gee sinonieme vir: 19.1 dalk 19.2 brokkie. 20. Dink aan ’n intensiewe vorm waarin “saffier” die bepaler is.

LUIS TER EN PRAAT

OEFEN JOU LUISTERVAARDIGHEDE Jy gaan nou na twee Nederlandse liedjies luister en vrae daaroor beantwoord.

Pre-luister

1. Lees die vrae hieronder sodat jy weet waarna om op die uitkyk te wees wanneer jy na die liedjies luister. 2. Bestudeer die Nederlandse woordeskat in die kantstrook. 3. Soek die liedjies “Tulpen uit Amsterdam” en “Wereldmeid” op YouTube.

Tydens luister

1. Luister ten minste twee maal na die liedjies “Tulpen uit Amsterdam” en “Wereldmeid”. 2. Maak aantekeninge oor die inhoud daarvan terwyl jy luister.

Post-luister

Beantwoord die vrae oor die twee liedjies. Die volgende vrae is op “Tulpen uit Amsterdam” gebaseer: 1. Wie is die spreker in die liedjie? 2. Met wie praat die spreker? 3. In watter seisoen stuur en pluk die spreker tulpe vir die aangesprokene? 4. Wat wens die spreker met die tulpe vir die aangesprokene? 5. Watter boodskap dra die tulpe vir die aangesprokene oor, dink jy? 6.1 Noem een voorbeeld van oordrywing. 6.2 Bespreek die funksie van die oordrywing. 7.1 Watter woorde word verskeie keer herhaal? VREEMDE WOORDE 7.2 Wat is die funksie van die herhaling? Tulpen uit Amsterdam Die volgende vrae is op “Wereldmeid” gebaseer: tulpen – tulpe (blomme) 8. Hoe sal jy “wereldmeid” in Afrikaans vertaal? rode – rooi 9. Met watter woord beskryf die spreker: 9.1 haarself aan die begin van die liedjie? zeggen – sê 9.2 die aangesprokene aan die begin van die liedjie? 10. Waaruit kan ons aflei wat die verhouding tussen die spreker en die aangesprokene is? 11. Watter stede het die twee mense besoek? 12. Skryf die ontbrekende woorde neer: Volgens die spreker het haar kêrel haar van ’n ____ na ’n ____ verander. 13. Was die spreker se kêrel ooit jaloers op haar? Gee ’n rede vir jou antwoord. 14. Wat bedoel die spreker as sy haarself ’n “wereldmeid” noem? Die volgende vrae is op “Tulpen uit Amsterdam” en “Wereldmeid” gebaseer: 15. Vergelyk die mans in die twee liedjies. 16. Van watter liedjie hou jy die meeste? Waarom?

VREEMDE WOORDE

provinciaal – van die provinsies, ongesofistikeerd trok bij mij in – het by my ingetrek nam – het geneem wist – het geweet heg noch steg weten – dis heeltemal vreemd gaf – het gegee kwijt – verloor 14

zeurt – omgee flirt – flankeer ad rem – ter sake, raak een tien – ’n tien, perfek van wanten weten – weet wat gedoen moet word bij de vleet – in oorvloed

15


VOER ’N INFORMELE GESPREK In hierdie afdeling gaan julle ’n informele gesprek oor ’n onderwerp voer.

Kenmerke van ’n gesprek • ’n Gesprek is mondelinge interaksie tussen twee of meer mense waardeur inligting, idees, opvattings en gedagtes uitgeruil of oorgedra word. • ’n Gesprekvoering veronderstel ’n aaneenlopende en aktiewe vloei van inligting tussen die gespreksgenote – die senders en ontvangers. • Die sukses van die gesprek word grootliks bepaal deur die gespreksgenote se vermoë om sinvol te praat en goed te luister. • Die trant waarin gesprekke plaasvind, verskil. Dit kan onder andere ernstig, formeel, ontspanne of grappig wees. • Dit is belangrik om te let op hoe ’n persoon iets sê. ’n Mens se stemtoon kan verraai dat jy baie senuweeagtig is. Onthou, stilbly is ook ’n antwoord! • Nieverbale kommunikasie (jou lyf bewegings, uitdrukkings en gebare) is deel van ’n gesprek en kan baie omtrent jou houding verraai. ’n Frons kan aandui dat jy iets nie verstaan nie of ongelukkig is oor iets wat gesê is. Om vinnig met jou vingers of ’n pen op ’n tafel te tik, kan aandui dat jy ongeduldig is met die verloop van die gesprek. • Let daarop dat daar in Suid-Afrika baie kulture is en dat verskillende gebare en houdings verskillende boodskappe kan oordra. Oogkontak tydens ’n gesprek word beklemtoon, maar in Afrika-kulture mag dit as onbeskof beskou word om iemand reguit in die oë te kyk. • In informele gesprekke kan die sprekers, indien dit gepas is, eenstemmigheid bereik sodat hulle ’n besluit kan neem. • Onthou: Mense se behoefte aan interaksie word bevredig wanneer gesprekke interessant en aangenaam is en natuurlik en vlot verloop. Kies jou woorde versigtig en let op hoe jy iets sê! Voer ’n informele gesprek van 20 tot 30 minute oor een van die volgende onderwerpe: 1. Wat is eenders en anders aan jongmense se lewens in Suid-Afrika en in stede soos Brussel en Amsterdam?

16

2. Graffiti: versiering of ontsiering van die omgewing? 3. Watter sprokies is gepas vir ’n moderne stadskind? 4. Wie of wat is die slegte wolf waarin die stedelike Rooikappie haar kan vasloop? 5. Hoe verskil die musiektoneel in die stede en op die platteland en hoe stem dit ooreen? 6. Hoe verskil vandag se jongmense van die punks van die jare tagtig en hoe stem hulle ooreen? 7. Is dit altyd waar daar stadskinders aan meer gevare en versoekings as plattelandse kinders blootgestel word? 8. Plattelandse jongmense behoort aangemoedig te word om werk in die stede te gaan soek.

Riglyne vir ’n gesprekvoering Voordat jy praat • Verdeel in groepe van vier of vyf. • Dink na oor en bespreek wat jou groep se onderwerp behels. • Doen navorsing oor die onderwerp op die internet en in die biblioteek, en deur die relevante gedeeltes op die webwerf te raadpleeg. • Maak aantekeninge wat jy tydens die gesprek kan gebruik. • Besluit wie watter aspek van die onderwerp gaan dek. • Besluit wie die gesprekleier gaan wees, indien nodig. Terwyl jy praat • Openbaar te alle tye ’n positiewe houding teenoor die onderwerp, asook teenoor die ander sprekers. • Fokus op die persoon wat praat. Moenie toelaat dat steurnisse jou aandag van die spreker aftrek nie. • Die spreker moet duidelik en hoorbaar praat sodat daar nie misverstande kan ontstaan oor wat sy of hy gesê het nie. • Luister aktief en met volgehoue konsentrasie na ander se menings. • Gee ’n spreker kans om ’n standpunt te stel. Wees geduldig en moet ’n spreker nie sommer net in die rede val of onderbreek omdat jy jou mening wil lug nie. • Oogkontak is van kardinale belang. • Let op ’n persoon se lyftaal, gebare en handelinge. Deur na ’n persoon se stemtoon te luister, kan jy byvoorbeeld agterkom of die persoon gespanne, ongeduldig of aggressief is. • Toon belangstelling in en waardering vir ander sprekers se standpunte. • Maak beurte om te praat sodat almal die geleentheid kry om hulle sê te sê. • Elkeen is geregtig op ’n eie mening; almal gaan nie noodwendig soos jy dink en voel nie. • Moenie die ander gespreksgenote oorheers en manipuleer nie – dit is ’n oneerlike manier om mense tot jou voordeel te probeer beïnvloed. Onderhandel eerder en vind die goue middeweg.

17


Nadat jy gepraat het Sinvolle gesprekvoering is grootliks af hanklik van jou luistervaardighede. Evalueer jou luistervaardighede aan die hand van die volgende: • Het ek die ander sprekers toegelaat om hul gedagtes uit te spreek voordat ek hulle in die rede geval het? • Het ek toegelaat dat ander dinge my aandag aftrek terwyl ek na ’n spreker moes luister? • Het ek die ander sprekers toegelaat om hul gedagtes uit te spreek sonder om te raai en aannames te maak oor wat hulle gaan sê? • Het ek emosioneel geraak wanneer ’n spreker se menings nie met myne ooreenstem nie? • Het ek daarin geslaag om na ’n spreker te luister, selfs al hou ek nie van hom of haar nie? • Het ek deur my liggaamstaal gewys dat ek na die ander sprekers luister? • Het ek werklik in die gesprek belanggestel?

WORD TAALVAARDIG WOORDESKATUITBREIDING EN TAALVERSKYNSELS

In die praktyk Wanneer jy Nederlands beter leer ken, sal jy bewus raak van waarna die term erfgoed verwys – die groot persentasie woorde en uitdrukkings wat Afrikaans van Nederlands “geërf ” het. Net so dra leengoed, die woorde wat Afrikaans aan ander tale ontleen het, by tot ’n dieper kennis en waardering van ons eie taal. Kennis van eiegoed en nuutskeppinge (neologismes) maak ons bedag op die kreatiwiteit van die sprekers van Afrikaans wat nie skroom om nuwe woorde te skep om by te hou by tegnologiese en ander ontwikkelinge nie.

Die Afrikaanse woordeskat is en word op verskillende maniere opgebou: Erfgoed Afrikaans het hoofsaaklik uit die sewentiende-eeuse Hollandse volkstaal ontwikkel. Alle Afrikaanse woorde wat voor 1652 in Nederlands bestaan het, word as erfgoed beskou. Nederlandse woorde wat na 1780 ’n deel van Afrikaans geword het, word as leenwoorde uit Nederlands beskou. Die oorgrootte meerderheid van die Afrikaanse woordeskat kan as erfgoed beskou word. Leengoed Dit is ’n natuurlike proses dat tale woorde by mekaar “leen”. Leenwoorde kom uit tale waarmee Afrikaans die meeste in aanraking was en is, byvoorbeeld: Khoi-Khoi: aitsa (uitroep), abba (op die rug dra), eina (uitroep van pyn), kastig (kamma), hoeka (lankal, al die tyd), kierie (wandelstok of gevegstok), oorbietjie (klein wildsboksoort)

18

Portugees: baljaar (luidrugtig speel), bredie (vleis-en-groente-gereg), maraka (slaginstrument), ramkie (soort kitaar), tjokka (soort seekat) Maleis-Portugees: sambreel (opvoubare skerm), tjalie (omslagdoek), tamaai (baie groot) Maleis: baie, kierang (kul), pienang (doringlose palmboom of kerriegereg), sosatie (kebab), tjoekie (tronk). Die Maleise invloed kan duidelik in Kaaps gehoor word, byvoorbeeld die beginkonsonante in djy en djong. Afrikatale: ayoba (baie cool), ke naka (dit is tyd), kgotla (vergaderplek), shongololo (reënwurm, duisendpoot), woza (kom/hier), mopanie (boom) Duits: abseil (met ’n tou teen ’n rots afgly), dachshund (worshond), eisbein (vleisgereg), kitsch (swak smaak), lebensraum (lewensruimte), wanderlust (begeerte om te reis) Frans: bon appétit (smaaklike ete), bon voyage (voorspoedige reis), carte blanche (onbeperkte volmag), déjà vu (vantevore gesien), dénouement (ontknoping) Engels: blog (webjoernaal – web log), boetiekhotel (klein en eksklusiewe hotel), boffin (deskundige, meestal sonder sosiale vaardighede), hip (goed ingelig, modieus, stylvol – Amerikaanse Engels), optof (netjies of swierig aantrek). Engels is verreweg die grootste leentaal omdat dit so ’n groot rol speel in die moderne wêrelddorpie waarin globalisering blitsig as gevolg van die massamedia, die internet en wêreldhandel plaasvind. Van die meer onlangse ontlenings kom uit tale soos: Chinees (wok – roerbraaipan), Japannees (soesji – gereg gemaak van koue vis en ryskoekies), Spaans (plaza – plein) en Russies (spoetnik – kunsmatige satelliet). Eiegoed Al die woorde in Afrikaans wat ons nie geërf of geleen het nie, maar self geskep het, hetsy deur samestelling en afleiding, klanknabootsing of die vorming van nuwe woorde, word eiegoed genoem. Neologismes (nuutskeppinge) maak ’n groot komponent hiervan uit. Neologismes verwys na woorde wat aan nuwe begrippe gegee word, byvoorbeeld kuberkraker (computer hacker). Sodra die woord algemeen gebruik begin word, is dit nie meer ’n neologisme nie, maar deel van Afrikaans se eiegoed. Nog voorbeelde van neologismes is: skerpskertser, bewarea, gemorskos, glipbaan (slip lane), regskaling (right-sizing). Klanknabootsing (onomatopee) vind plaas waar woorde gevorm word deur sekere klanke na te boots, byvoorbeeld tjilp, kwêvoël, woerts-warts, tik, piet-myvrou, zoem, tjirp, krys, miaau. Analogie verwys na die vorming van ’n woord volgens die voorbeeld van ’n reeds bestaande woord, byvoorbeeld troosboekies na analogie van trooskos, en kitskonstabel en kitstent na aanleiding van kitskoffie en kitspoeding.

19


Volksetimologie verwys na wanneer mense uit onkunde of grappenderwys woorde aan die woordeskat toevoeg, byvoorbeeld die Franse eau de Cologne wat oliekolonie geword het en die Engelse martial law wat gedurende die AngloBoereoorlog Martjie Louw geword het. Nog voorbeelde is aaispaai vir I spy, konfoes vir confuse, stokvel vir stock-fair. Kontaminasie is die verskynsel waarvolgens twee woorde met min of meer dieselfde betekenis gelyktydig in ’n mens se gedagtes opkom sodat jy verkeerdelik ’n mengsel van die twee gebruik, byvoorbeeld laterhand in plaas van later en naderhand, aanpresenteer in plaas van aanbied en presenteer, afeindig in plaas van afsluit en eindig en van voornemens wees in plaas van voornemens wees en van voorneme wees. Toutologie is die opstapeling van woorde met dieselfde betekenis, byvoorbeeld damwal (dam = wal in Nederlands), tortelduif (tortel = duif ) en dubbele verkleining, byvoorbeeld meisietjie en poppietjie. Pleonasme (woordoortolligheid) is die onnodige (en foutiewe) herhaling van woorde in ’n sin, byvoorbeeld ronde sirkel, weer herhaal, noodlottig verongeluk, loop te voet. Argaïsmes is verouderde vorme van woorde en uitdrukkings wat in onbruik verval het, byvoorbeeld bulsak (outydse, sagte verematras), kwispedoor (spoegbakkie), babbeljoentjie (hemelbed), tessie (bakkie vir warm kole wat in ’n stoof kom), horssweep (kort sweep wat vir perdry gebruik word) en lunsriem (stekerriem). Laasgenoemde word nog idiomaties gebruik – ’n lunsriem is ’n baie vuil persoon. Taalfossiele is verouderde (versteende) Nederlandse vorme wat nooit verafrikaans het nie, maar nog steeds gebruik word, byvoorbeeld kooi, in der minne skik, de drommel, kind des doods, steen des aanstoots en om ’t ewe. Anglisismes is woorde of uitdrukkings wat direk uit die Engels vertaal word, terwyl daar ’n eg Afrikaanse eweknie bestaan, byvoorbeeld skoolgronde in plaas van skoolterrein of skoolgrond, parte in plaas van motoronderdele, my broer en ek in plaas van ek en my broer, huidiglik in plaas van deesdae. OEFEN WOORDESKAT EN TAALVERSKYNSELS IN KONTEKS

Die opdragte op die volgende bladsy is gebaseer op hierdie verwerkte onderhoud wat Annemarie van Niekerk met die digter Ronelda S. Kamfer in Amsterdam gevoer is.

Nederlandse sprokie vir kinders van die Kaap

1 Ronelda S. Kamfer is einde verlede jaar genooi vir ’n gasskrywerskap by die Skrywershuis in Amsterdam. Dis hier waar ek Ronelda, haar man Nathan (cartoonist by die Cape Times) en hulle babadogtertjie, Seymour, gaan haal vir ’n kuier. Nathan abba Seymour, maar aangekom by Café Hoppe op die Spui, een van die besigste Amsterdamse pleine, spring sy woerts-warts na haar ma. 2 Die Skrywershuis was nie net skryf- en werkplek vir Ronelda nie, maar ook pasella wittebroodsplek: “Behalwe vir die geleentheid om Nederland te sien, in die hartjie van Amsterdam te woon en te werk soos skrywers soos Marlene van Niekerk en Etienne van Heerden, is dit lekker om as ’n gesin saam te wees. Ons is geweldig familievas.” 3 “Hier het Seymour en ek ’n hegte band ontwikkel, beam Nathan.” 4 Ronelda het ’n besige program gehad. “Omtrent 15 optredes hier in die Lae Lande … in Antwerpen, Amsterdam, Utrecht, Den Haag, Haarlem, orals oor.” 5 “Was daar darem tyd vir skryf?” 6 “Ja, ons skryf ’n boek oor die Anglo-Boereoorlog en ’n graphic novel gebaseer op my bundel Santekraam.” 7 “Hoeveel tyd en aandag verg ’n skrywersloopbaan?” 8 “My stories kom van die huis af, van my mense af. Ek is die gelukkige een wat daardie klein storietjies in gedigte kan vaslê. Daarom is dit ook vir my belangrik dat my gedigte toeganklik moet wees vir my mense … vir gewone mense. Die Afrikaanse letterkunde was té lank net bedoel vir die kastige elite. Snobs wat blasé daaroor was.” 9 Ons praat oor die andersheid van Nederland. 10 “Ons het groot kunstenaars soos Van Gogh se oorspronklike werk hier gesien. Mens besef dan hoe beperk die Suid-Afrikaanse kunswêreld is.” 11 “Maar,” voeg Nathan by, “eintlik is dit die klein local bookshops wat die ding vir ons doen, wat ons inspireer om te skryf.” 12 Ons praat oor die sjarme van Amsterdam. “Dis ’n lekker gemaklike stad,” sê Ronelda, “met konstante beweging.” 13 “Die Nederlanders het nie ’n celebrity culture nie, maar worship tog iemand soos Adriaan van Dis, wat alombekend en amper soos ’n god hier is. Ons is juis van voornemens om hom te ontmoet.” 14 Ons gesels oor huis toe gaan. 15 “Ons mis ons heimat en familie,” sê Ronelda. 16 En dan knipoog Nathan en voeg by: “En violence. ’n Lekker ou dronknes op straat.” 17 “Jy kan nie ernstig wees nie?!” wil ek weet. 18 Ronelda verduidelik: “Nee, weet jy, dis baie complicated. Dit was die mees lekkerste ding van hier wees: om te weet dat hier nie juis geweld is nie. En as daar dan niks gebeur nie, mis jy dit.” 19 “Ek het eintlik ’n diepgewortelde woede wat ek in my saamdra, ’n woede wat moet uitkomplek kry. So het ek die ander dag aspris met die pram teen ’n man voor my vasgery. Maar hy word nie kwaad nie. Dis nogal irriterend, want dan kan jy ook nie terugbaklei nie.” 20 “En hoe het die Nederlanders op jou as digter gereageer?” 21 Sy lag: “Hulle het ’n rock ’n roll poet verwag, ’n rebel. En wie kry hulle toe? ’n Mamma-poet! Ek dink mense hou nie so baie daarvan nie. Maar dis vir my om’t ewe. Poetry is nie alles in my lewe nie; my familie is.” (Uit: www.litnet.co.za/ronelda-kamfer-in-gesprek-met-annemari-van-niekerk)

20

21


1. 2. 3. 4. 5. 6.

22

Gee Afrikaanse ekwivalente vir: 1.1 cartoonist (paragraaf 1) 1.2 beam (paragraaf 3) 1.3 graphic novel (paragraaf 6) 1.4 local bookshops (paragraaf 11) 1.5 celebrity culture (paragraaf 12) 1.6 worship (paragraaf 13) 1.7 violence (paragraaf 16) 1.8 complicated (paragraaf 18) 1.9 pram (paragraaf 19) 1.10 poetry (paragraaf 21). Aan watter tale is die volgende woorde ontleen? 2.1 abba (paragraaf 1) 2.2 pasella (paragraaf 2) 2.3 kastige (paragraaf 8) 2.4 elite (paragraaf 8) 2.5 snobs (paragraaf 8) 2.6 blasé (paragraaf 8) 2.7 heimat (paragraaf 15) 2.8 baklei (paragraaf 19) 2.9 rock ’n roll (paragraaf 21) 2.10 baie (paragraaf 21) Gee voorbeelde van die volgende taalverskynsels uit die teks: 3.1 klanknabootsing (paragraaf 1) 3.2 anglisisme (paragraaf 3) 3.3 argaïsme (paragraaf 6) 3.4 toutologie (paragraaf 8) 3.5 kontaminasie (paragraaf 13) 3.6 volksetimologie (paragraaf 16) 3.7 pleonasme (paragraaf 18) 3.8 taalfossiel (paragraaf 21). Na analogie van watter woorde het die volgende woorde moontlik ontstaan? 4.1 gasskrywerskap (paragraaf 1) 4.2 familievas (paragraaf 2) Maak sinne met die volgende woorde waarin dit ’n ander betekenis as in die teks het: 5.1 plein (paragraaf 1) 5.2 tog (paragraaf 13) 5.3 mis (paragraaf 15) Wat beteken die volgende woorde en uitdrukkings? 6.1 in die hartjie van Amsterdam (paragraaf 1) 6.2 in gedigte kan vaslê (paragraaf 8) 6.3 konstante (paragraaf 12) 6.4 diepgewortelde woede (paragraaf 19) 6.5 aspris (paragraaf 19)

PRAM

ROCK ’n ROLL

TAALFOSSIEL

FOKUS OP LETTERKUNDE ONTLEED ’N UITTREKSEL UIT ’N ROMAN Arnon Grunberg is in 1971 in Amsterdam gebore en het daar skoolgegaan. In 1988 verlaat hy die Vossius College nadat hy die tweede keer gedruip het. Op 19 begin hy sy eie uitgewery en op 23 skryf hy sy eerste roman, Blauwe Maandagen, wat ’n Europese topverkoper word. Sy opvolgwerke Figuranten (1997) en Fantoompijn (2000) is net so suksesvol. Fantoompijn en De asielzoeker (2003) wen albei die AKO Literêre Prys, die Nederlandse eweknie van die Booker Prys. Hy publiseer ook onder die skuilnaam Marek van der Jagt. Vir Tirza, waaruit die uittreksel hieronder kom, wen Grunberg die Libris Literêre Prys en die Vlaamse Goue Uil. Daar is ook ’n film oor Tirza gemaak. Tirza is in Nederland voorgeskryf vir bovenbouw havo/vwo (die laaste twee jaar van hoërskool). Gaan na www. scholieren.com om te kyk wat Nederlandse leerders oor die boek sê. Sy verhaal “Klag” is in Afrikaans vertaal en kan as radioboek by www.radioboeken.eu afgelaai word. Tans woon en werk Grunberg in New York waar hy rubrieke, resensies en essays skryf. In die volgende uittreksel uit Tirza, wat “my vreugde” beteken, praat Tirza met haar pa, Jörgen Hofmeester, wat ongelukkig is oor Choukri, sy dogter se Marokkaanse kêrel. In die regterkolom verskyn die Afrikaanse vertaling van Tirza, wat deur Lina Spies gedoen is.

23


Karakterisering deur dialoog

Centraal Station is Amsterdam se hoofstasie.

Kir royal is ’n drankie met sjampanje en likeur.

Spinoza was ’n JoodsNederlandse filosoof.

24

1 “Pap, doe niet zo raar.. Je hebt Choukri nog nooit ontmoet. Je kun hem nog niet gezien hebben.” 2 “Misschien hier in de buurt?” 3 “Choukri komt hier nooit. Choukri woont in een andere buurt.” 4 “In welke buurt?” 5 “In de buurt van het Centraal Station,” zegt de man. “Op een van de eilanden.” 6 Hofmeester knikt. Op een van de eilanden. Hij maakt nog twee glazen kir royal, voor de man en voor zijn jongste dochter, zelf houdt hij het bij witte wijn. 7 “Dit,” zegt hij, als alle glazen weer vol zijn, “dit hier, waar we nu zijn, is het beste gedeelte van de Van Eeghenstraat. Verderop, na de Jacob Obrechtstraat, begint het mindere gedeelte. Ook aardig, maar ik zou er niet willen wonen. Eigenlijk is deze plek, deze paar vierkante meter, de beste plek van Amsterdam en daarmee van Nederland.” 8 Hij stoot zijn glas tegen dat van de man, daarna stoot hij het zachtjes tegen Tirza’s glas. “Op deze avond,” zegt hij. “Op het geest. Op jullie geluk en dat van alle mensen. Volgens Spinoza kun je niet gelukkig zijn als jouw geluk anderen ongelukkig maakt. Je weet toch wie Spinoza was, neem ik aan?” 9 “Pap, ook geen Spinoza vanavond. En geen Dostojevski, geen Tolstoj. Even niet, oké. Alsjeblieft, pap?”

“Pappa, moenie so snaaks optree nie. Jy het Choukri nog nooit ontmoet nie. Jy kon hom nog nooit gesien het nie.” “Miskien hier in die buurt?”

Let op die pa se houding teenoor sy dogter.

“Choukri kom nooit hier nie. Choukri woon in ’n ander buurt.” “In watter buurt?” “Naby die Centraal Station,” sê die man, “op een van die eilande.” Hofmeester knik. Op een van die eilande. Hy maak nog twee glase kir royal aan, vir die man en sy jongste dogter, self bly hy by witwyn. “Hier,” sê hy as die glase weer vol is, “hier waar ons nou is, is die beste gedeelte van Van Eeeghenstraat. Verder op, na Jacob Obrechtstraat, begin die minder goeie gedeelte. Ook aangenaam, maar ek sou nie self daar wou woon nie. Eintlik is hierdie plek, hierdie paar vierkante meter, die beste plek in Amsterdam en daarby ook die beste in Nederland.” Hy klink sy glas teen dié van die man, en dan ook liggies teen Tirza s’n. “Op hierdie aand,” sê hy. Op die partytjie. Op julle geluk en dié van alle mense. Volgens Spinoza kan jy nie gelukkig wees as jou geluk ander ongelukkig maak nie. Ek neem aan jy weet tog wie Spinoza is?” “Pappa, ook nie Spinoza vanaand nie. Ook nie Dostojewski of Tolstoi nie. Nie nou nie, oukei? Asseblief, Pappa.”

10 Hij leegt zijn glas wijn en schenkt het meteen weer vol. 11 “Je ziet het,” zegt hij. “Je ziet het, Choukri, mijn dochter heeft mij in de tang. Mijn dochter is mijn baas. Dat was ze al toen ze geboren werd. Vanaf het eerste moment. En weet je waarom?” Hij begint te fluisteren, alsof er nu een geheim komt, iets wat verder niemand mag weten. “Omdat ze de zonnekoningin is. Tirza is de zonnekoningin. Pas maar op, straks heeft ze jou ook in de tang.”

Hy drink sy glas leeg en skink dit dadelik weer vol. “Jy sien,” sê hy. “Jy sien, Choukri, ek is in my dogter se kloue. My dogter is my baas. Dit was sy al van haar geboorte af. Van die eerste oomblik af. En weet jy waarom?” Hy begin te fluister, asof hy nou ’n geheim gaan vertel; iets waarvan niemand anders mag weet nie. “Omdat sy die sonkoningin is. Tirza is die sonkoningin. Pasop, netnou is jy ook in haar kloue.”

(Uit: Tirza, Nijgh & Van Ditmar, 2008)

LITERÊRE TERME Ruimte of milieu is ’n breër begrip as net die plek waar ’n verhaal afspeel. Ruimte is die “plek” wat deur die verteller of karakters in die verhaal waargeneem of beleef word, waarop hulle reageer, waardeur hul beïnvloed word en die agtergrond waarteen hulle gevoelens, gedagtes en persepsies geprojekteer word. Soek die volgende plekke in Amsterdam op Google Maps voordat jy die vrae hieronder beantwoord: • Centraal Station • Van Eeghenstraat • Jacob Obrechtstraat • Van Gogh-museum.

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

8. 9. 10. 11. 12. 13.

Wat kom ’n mens uit die gesprek tussen Hofmeester en Tirza agter? Hoekom kom Choukri vir Hofmeester bekend voor, al het hy hom nog nooit ontmoet nie? Hoekom beskou Hofmeester moontlik nie vir Choukri as geskik vir sy dogter nie? Wat gee Hofmeester se knik (paragraaf 9) te kenne? Watter simboliese gebaar kan die kir royale wat Hofmeester aanbied, moontlik hê? Hoe gebruik Hofmeester verwysings na die ruimte om vir Choukri indirek te beledig? Op watter manier kom Hofmeester tot die gevolgtrekking dat hy die beste adres in Nederland het? Hoe, dink jy, verskil Hofmeester en Choukri se persepsies omtrent hul onderskeie woonruimtes moontlik? Hoekom, dink jy, verwys Hofmeester na Spinoza in die gesprek? Spinoza se uitspraak is een van die sleutels van die roman. Verduidelik. Wat lei jy uit paragraaf 11 af omtrent Hofmeester se verhouding met sy dogter? Hoekom noem hy haar “zonnekoningin”? Watter suggestie is daar dat die ruimte wat Hofmeester as die beste in die wêreld beskou, moontlik ook ’n donker, sinistere ruimte is?

25


DOEN TAAL IN KONTEKS-OEFENINGE 1. Hoe verskil Nederlands en Afrikaans ten opsigte van die ontkennende vorm? Verduidelik jou antwoord met behulp van twee voorbeelde uit die teks. 2. Bewys die volgende stellings aan die hand van voorbeelde uit die teks. 2.1 In Afrikaans word daar minder konsonante as in Nederlands gebruik. 2.2 Nederlandse woorde het soms meer lettergrepe as die Afrikaanse ekwivalente. 3. Hoe verskil die persoonlike en besitlike voornaamwoorde in Nederlands en in Afrikaans? Gebruik die teks om die tabel in te vul.

Afrikaans

Nederlands

ek, my jy, jou hy, hom, sy (manlik) sy (vroulik) dit ons julle hulle 4. 5.

Gee die Afrikaans vir: 4.1 welke 4.2 aardig 4.3 eingenlijk 4.4 in de tang heeft Op watter ander manier sou “hij leegt zijn glas” (paragraaf 10) vertaal kon word? Verkies jy hierdie vertaling of Lina Spies s’n? Hoekom?

SKRYF EN AANBIED PAS OPSKRIFTE EN PARAGRAWE BYMEKAAR Pas elke beskrywing van ’n soort sprokie hieronder by een van die volgende kategorieë sprokies. 1. Het volkssprookje 2. Het bruidverwervingssprookje 3. Het cultuursprookje/kunstsprookje 4. Het diersprookje 5. Het eigenlijke sprookje 6. Het grappige sprookje 7. Het moderne sprookje 8. Het realistische sprookje

26

a. Dit is een sprookje met dezelfde algemene kenmerken als het volkssprookje maar in dit geval is de auteur bekend, de gebeurtenis die beschreven wordt is veel recenter en omdat de auteur bekend is bestaat er maar een versie van. Dikwijls bevatten deze verhalen een satirische of moraliserende ondertoon. b. Dit is een sprookje, ontstaan onder het volk, en doorverteld door en voor het volk. De auteur is hierbij onbekend. Deze verhalen werden en worden mondeling en schriftelijk doorverteld en wijken daarom soms nogal van elkaar af. Ze gaan voornamelijk over de armen en hun strijd tegen de rijken (= de zogenaamde ‘slechten’); de armen stonden nooit alleen en kregen vaak hulp van een wijze mentor. Er wordt wel beweerd dat deze sprookjes vaak het overblijfsel zijn van een oude volkscultuur, maar deze theorie wordt zeker niet algemeen geaccepteerd. Ze zijn vanzelfsprekend geschreven in een volkse stijl en waren eerst voor volwassenen bedoeld. c. Dit is een grappige vertelling, die vroeger wel boerde, klucht en uien werd genoemd. Tot de grappige sprookjes (Duits: ‘Schwankmärchen’) behoorde in het verleden de anekdote. d. Het eigenlijke sprookje valt weer uiteen in onder meer het wondersprookje, het legendesprookje en het novellesprookje. Tot de wondersprookjes rekenen we de haast overbekende verhalen als de kikkerkoning, de gelaarsde kat, Aladin en Tafeltje-dek-je. Kenmerkend voor het legendesprookje is enige (christelijke) hemelse bemoeienis met het verhaalverloop, alsmede de religieuze strekking van het verhaal. Het novellesprookje is vooral een spannend avonturenverhaal. Het onderscheidt zich van het wondersprookje door het ontbreken van magische of bovennatuurlijke elementen. Het eigenlijke sprookje kennen we pas vanaf de vroege 18e eeuw als het in Zweden verschijnt, en de enorme populariteit ervan laat zich eerst vanaf de 19e eeuw vaststellen. e. Dit is een sprookje zonder toverij of wonderen. f. In dit geval is de uitkomst van een sprookje dat de held trouwt met de prinses of dat de heldin in het huwelijk treedt met de uitverkoren prins. g. Dit is een verhaal met dieren in de hoofdrol die doorgaans spreken en zich gedragen als mensen. Een diersprookje kan een korte fabel zijn, maar ook een uitgebreid dier-epos. h. Dit is een sprookje dat aangepast is aan de maatschappij en de tijdsbeleving van deze tijd.

27


OEFEN OM TE SKRYF 1. Lees die volgende beskrywing van Kaapstad uit die roman Een stad drie rooikoppe sewe dae en kyk of jy die ruimte kan visualiseer. As ek vroegoggend in my bed lê, kan ek Kaapstad voor my uitgestrek sien. Nie net die cliché wat toeriste so bewonder nie, maar die hele komplekse warboel – van die oordrewe glinster en glans van die V & A Waterfront aan die een kant tot die troostelose uitspansel van die Flats aan die ander kant. Van hier bo af, hierdie tyd van die oggend, nog voor die son behoorlik opkom, lyk dit alles baie mooi. Die mooiste stad in die wêreld. Dis wat net omtrent almal dit mos deesdae noem, en hulle is reg ook. Dit ís ongelooflik mooi. Solank jy nie ’n probleem met blou het nie. Want vanuit my bed so vroeg in die oggend sien jy dat die groenblou see eindig teen die swartblou berge, dat die grysblou skepe anker in die ligblou hawe langs die blinkblou wolkekrabbers en die vuilblou teerpaaie van die Moederstad. So ’n blou stad. (Uit: Een stad drie rooikoppe sewe dae, LAPA Uitgewers, 2012)

2. Skryf jou eie beskrywing van ongeveer 150 woorde van die plek waar jy bly. Begin jou beskrywing met die woorde “As ek vroegoggend in my bed lê ...”.

SKRYF ’N BRIEF AAN DIE PERS Pre-skryf 1. Lees die onderstaande kenmerke van en wenke vir die skryf van ’n brief aan die pers en kyk na die voorbeeldbrief op die volgende bladsy.

Wenke vir die skryf van ’n brief aan die pers • Gebruik die korrekte formaat vir ’n brief aan die pers. Verwys na die voorbeeld op die volgende bladsy. • Let daarop dat die adres van die koerant/tydskrif links bo geskryf word en jou adres links onder. • Jou brief word aan die redakteur gerig, maar jy spreek hom of haar nooit direk aan nie, want die brief is eintlik aan die lesers gerig. • Die toon en register moet gepas wees – gebruik ’n formele styl. • Al gebruik jy ’n skuilnaam, moet jou naam en adres ingesluit word, anders word jou brief nie geplaas nie. • Motiveer jou standpunte. • Skryf in eenvoudige, direkte taal.

28

2. Kies een van die volgende onderwerpe waaroor jy jou mening wil lug. Skryf ’n brief aan die pers van 180 tot 200 woorde: 2.1 Ons het sprokieshelde nodig om tot ons redding te kom. 2.2 “Sprokie vir ’n stadskind” moet herskryf word. 2.3 Die goeie kan die bose oorwin. 2.4 In ons samelewing is daar ruimte vir moderne strokies. 2.5 Die moderne Rooikappie gaan haar nie deur ’n wolf laat vang nie. 2.6 Dit is ’n skande dat die drie varkies nie almal bakstene kan bekostig nie. 3. Beplan jou brief: • Dink na oor wat jy in die brief wil sê. • Doen navorsing sodat jy gesaghebbend oor jou standpunt kan skryf. • Ontwikkel jou standpunt deur die begin, middel en einde te formuleer.

Skryf jou brief • • • •

Gebruik jou beplanning en skryf die eerste weergawe van jou brief. Maak seker dat jy dieselfde formaat as in die voorbeeldbrief gebruik. Gebruik die paragrafering doeltreffend. Maak seker jou punktuasie is korrek.

Post-skryf • Lees jou brief krities deur en maak seker dat jou standpunt duidelik en logies geformuleer is. • Redigeer en hersien jou brief. • Skryf die finale weergawe van jou brief netjies oor. • Proeflees jou brief en verbeter enige spel- en punktuasiefoute.

29


Die Redakteur Geen punktuasie

Die adres van die ontvanger verskyn links.

Huisgenoot

Posbus 1802 Kaapstad 8000 Laat ’n reël op

Rig die brief aan die redakteur.

Geagte Redakteur Maak dit in par.1 duidelik waaroor jy skryf en wat jou standpunt is.

Sprokiesvakansie aan skerwe

Hiermee wil ek my misnoeë uitspreek oor ... Ek en talle ander vakansiegangers ...

Die polisie en ander wetstoepassers ...

Stel jou saak Ek wil die volgende stappe voorstel ... duidelik en logies en staaf Indien hierdie voorstelle toegepas word, dit met bewyse. As jy nie ’n skuilnaam gebruik nie, skryf jy “Die uwe” op die reël voor jou naam en laat dan ’n reël oop voor jou adres en die datum.

30

in die adres en aanhef nie.

sal elke mens wel ’n sprokiesvakansie kan beleef. By voorbaat dank vir plasing. Die gestewelde kat Astrid Verkerk Albatrosstraat 25 Welgemoed 7530 13 Oktober 2014

na die adres, aanhef, titel.

Onderstreep die titel of skryf dit in hoofletters. Brei uit op jou argument. Maak positiewe voorstelle, indien moontlik. Laat ’n reël oop na elke paragraaf. Die slotsin is ’n afsonderlike paragraaf. Die skrywer se adres en die datum verskyn links teen die kantlyn.

TAALHERSIENING Voer die opdragte uit wat op die onderstaande teks gebaseer is. 1 Een stad, drie rooikoppe, sewe dae is ’n moderne stadsriller wat lees soos ’n kombinasie van Marita van der Vyver en Deon Meyer. Die stemtoon is modern, astrant, anti-establishment en wêreldwys, maar ook natuurlik en ongekunsteld. Vlymskerp sosiale kommentaar word gelewer. 2 Ontmoet die drie rooikoppe: 3 Fey is tegnies ’n stripper, maar met nie veel van ’n repertoire nie. Sondagaande is vir haar ’n steen des aanstoots, want dan werk sy nie omdat almal “Carte Blanche” kyk. 4 Saskia is ’n hardgebakte, siniese sosiale vlinder en geitjie met geen tyd vir mamparras of swape nie. Sy verkoop alle dwelmmiddels, behalwe tik. 5 Heleen is ’n effens naïewe, effens gekonfoesde kelnerin, geskei van haar robbies man. 6 Holderstebolder beleef hulle ’n angswekkende week waarin hulle herhaaldelik weer met Kaapstad se onderwêreld en maaifoedies slaags raak, en een van die skelms verongeluk. (Aangepas uit: Een stad drie rooikoppe sewe dae, LAPA Uitgewers, 2012) 1. 2. 3. 4.

Aan watter tale is die volgende woorde ontleen? 1.1 anti-establishment (paragraaf 1) 1.2 repertoire (paragraaf 3) 1.3 Carte Blanche (paragraaf 3) 1.4 geitjie (paragraaf 4) 1.5 mamparras (paragraaf 4) 1.6 swape (paragraaf 4) 1.7 maaifoedies (paragraaf 6) Gee sinonieme vir: 2.1 moderne (paragraaf 1) 2.2 gekonfoesde (paragraaf 5) 2.3 holderstebolder (paragraaf 6). Omskryf die volgende woorde: 3.1 wêreldwys (paragraaf 1) 3.2 hardgebakte (paragraaf 4) 3.3 siniese (paragraaf 4). Dink aan ’n woord wat na analogie van “wêreldwys” (paragraaf 1) gevorm is. 5. Watter twee woorde in paragraaf 1 kan as sinonieme beskou word? 6. Gee ’n Afrikaanse woord vir “stripper” (paragraaf 3).

(7)

(3)

(1) (1) (2) (1)

31


7. Identifiseer voorbeelde van die volgende taalverskynsels in die aangeduide paragrawe: 7.1 taalfossiel (paragraaf 3) 7.2 pleonasme (paragraaf 6) 7.3 volksetimologie (paragraaf 5). 8. Gee die rede vir die: 8.1 skuins druk in paragraaf 1 8.2 dubbelpunt in paragraaf 2 8.3 komma in paragraaf 4 se eerste reël. 9. In paragraaf 1 kom die van “van der Vyfer” voor. Maak ’n sin waarin “Van der Vyfer” gebruik word. 10. Gee die betekenis van die volgende idiomatiese benamings: 10.1 geitjie (paragraaf 4) 10.2 sosiale vlinder (paragraaf 4) 10.3 mamparra (paragraaf 4) 10.4 maaifoedie (paragraaf 6). 11. Gee antonieme vir: 11.1 moderne (paragraaf 1) 11.2 astrant (paragraaf 1) 11.3 naïewe (paragraaf 5). 12. Waarom sou dit verkeerd wees om die woord “dood” voor “verongeluk” in paragraaf 6 te gebruik?

NOTAS �����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

(3)

����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� �����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

(3) (1)

����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� �����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

(4)

����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� �����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

(3)

����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� �����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

(1)

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

Totaal: 30

����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� �����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

32

33


NOTAS

NOTAS

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

34

35


36


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.