manne vir wie die maniolas eintlik bedoel was, het nie eens ʼn skilletjie daarvan gesien nie. Wat ʼn skande! Ter verdediging; dit was nie ons bedoeling om die manne se maniolas op te eet nie, maar was dit nie vir die groot dors nie, sou al vier kartonne hulle bestemming veilig bereik het. Die uitwerking wat die biltong en maniolas op die sensitiewe maag van die kapelaan gehad het, het hom daardie aand op sy knieë gedwing. (RB)
•
Die kapelaan en Boffin se bed.
Met die verloop van jare, en soos tevore reeds genoem, was Boffin later die senior SASP-lid op die grens. Hy was in militêre terme ʼn “ouman” op die grens. Soos wat enige ander senior lid op voorkeur behandeling kon aanspraak maak, het een van die Bevelvoerders op Oshivelo dit besef en gelas dat ʼn enkelbed vir Boffin in sy kantoor, waar hy geslaap het, ingebring moes word. Etlike honderde SASP lede het vanaf 1982 tot en met 1986 deur sy “pote” gegaan en hy verdien, op grond daarvan, om gerespekteer te word. Boffin was baie in sy skik met die verhoogde status en was opreg dankbaar vir die byna koninklike behandeling. Ek en die Nico het die spesifieke middag baie laat op Oshivelo aangekom nadat ons eers ʼn draai op Grootfontein gemaak het om die vier maniolas by die buurman se seun af te gee. Daar was twee beddens in die bevelvoerder se kantoor: sy bed en Boffin se bed. ʼn Derde bed was in die kantoor ingedra waarop ek sou slaap. Aangesien daar nie ander slaapplek vir Nico beskikbaar was nie, moes hy toe maar op Boffin se bed slaap. Dit het tyd geword om in te kruip en ons het na die kamer beweeg om te gaan slaap. Nadat die nodige roetine afgehandel was, gaan sit Nico op “sy” bed. Intussen oorval die moegheid vir Boffin en hy stap na “sy” bed, net om ʼn vreemdeling op “sy” bed aan te tref. Boffin het voor die bed gaan sit en hy en Nico het mekaar diep in die oë gekyk. Ewe ongemaklik het Nico uiteindelik gevra: “Ronnie, wat wil die hond hê?” Ek het vir Nico, met groot moeite om nie uit te bars van die lag nie, meegedeel dat ek nie honde-taal verstaan het nie en dat hy self vir Boffin moes vra wat hy nou eintlik wou hê. Nico het op sy rug gaan lê en Boffin het voor die bed stelling ingeneem. Hy het eerstens sy linker voorpoot op die bed gesit terwyl hy en Nico mekaar nog steeds in die oë gekyk. Ek en die Bevelvoerder wou ons op hierdie punt omtrent breek oor die petalje wat besig was om hom voor ons af te speel. Ons durf nie gelag het nie want dan sou Nico agtergekom dat daar ʼn storie rondom “sy” bed was – die hond sou as’t ware uit die sak gelaat gewees het. Nico wou weer, net so benoud soos tevore, weet wat dit was wat die hond wou hê. Ek het hom weer, gemaak-onbelangstellend, gesê dat hy die vraag aan Boffin moes stel. Boffin het sy kans waargeneem toe hy tevrede was dat Nico nie negatief sou reageer nie en het pens-en-pootjies saam met hom op die enkelbed gaan lê. Dit was nou net mooi op hierdie stadium dat ek en die Bevelvoerder onder die komberse ingeglip het en begin ruk het soos wat ons gelag het. Die volgende oggend het Nico kompleet soos ʼn uit gewaste waslap gelyk. Hy was bleek, moeg en kragteloos. Toe ek na sy welstand verneem het, het hy geantwoord dat hy die nag nie ʼn oog toegemaak het nie. Hy het honde verpes en hy moes die hele nag deur met Boffin stoei om ʼn plekkie op die enkelbed te kon kry. Tweedens het die maniolas en die biltong van die vorige dag sy maag so omgekrap dat dit hom die hele nag lank op sy knieë gehou het. Ek het ewe sarkasties laat val dat ek geweet het predikante bid baie, maar was dit dan rêrig vir hom nodig om die hele nag op sy knieë deur te bring? “Nee” het Nico vererg geantwoord, “afgesien van die feit dat ek en die verdomde hond die hele nag deur geworstel het, het ek het ook die nag voor die toiletbak op my knieë 121 Nongqai Vol 13 No 2