Handleiding Deur die eeue heen het mense verskillende idees gehad oor wat mooi is, soos byvoorbeeld klein voete, lang nekke, vol onderlippe, baie maer lywe, baie vet lywe, geen hare nie of baie
hare. In sommige kulturele is ’n mollige lyf ’n teken van gesondheid en welvaart. Netso kan
vandag se idees oor wat mooi of goed lyk, eendag totaal verander.
Jy mag dalk dink dat mense meer van jou sal hou as jy mooier of maerder of sterker is.
’n Glimlaggende, vriendelike mens sal altyd meer vriende hê as ’n ongelukkige, knorrige
persoon, maak nie saak hoe hulle lyk nie. Leer om jouself te aanvaar en dinge te vind wat
jou gelukkig maak.
Les 2 Vermoëns, belangstellings en potensiaal 2.1
Identifiseer eie vermoëns, belangstellings en potensiaal Dit is belangrik om te weet watter dinge jy goed kan doen en
wat laat jou goed voel oor jouself. Mense onthou altyd net die
foute wat hulle maak en vergeet van al die dinge wat hulle
goed kan doen. Jy moet die waagmoed hê om dinge aan te pak, al weet jy nie of jy suksesvol gaan wees nie. Dit is die enigste
manier hoe jy sal weet waarin jy goed is. Jy moet weet wat jou
eie belangstellings en vermoëns is, sodat jy dit kan ontwikkel
en verbeter om jou volle potensiaal te kan bereik. Jy kan dit
bepaal deur die dinge wat jou gelukkig en ontspanne te laat
voel, te identifiseer.
● ● Figuur 1.6
●
Watter sportsoorte hou jy van en is jy goed in?
Watter skoolvakke is vir jou lekker en vaar jy goed in? Watter ander aktiwiteite hou jy van?
Aktiwiteit 7 1. 20
Maak ’n lys van al jou belangstellings en vermoëns. © Optimi